JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles Hartklop · Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral,...

6
Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles Hartklop 22 APRIL 2018 VANOGGEND SE EREDIENS DR WILHELM BURGER - OLIE VIR BRANDENDE LAMPE MATT. 25:1-13 Ons sing ‘n lied in ons gemeente met die woorde: “Ek wil gereed wees, as die Koning kom, ek wil gereed wees, as Hy my wil kom haal…” Wat sou ons bedoel as ons dit sing? Hoe weet jy jy is gereed genoeg? Wat kan jy doen om meer gereed te wees? Die gelykenis van die tien meisies in Matt. 25 raak hierdie punt aan. Jesus vertel die verhaal en sê oa dié ontstellende woorde: “Terwyl die onverstandiges olie gaan koop het, het die bruidegom gekom. Dié wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof toe, en die deur is gesluit.” Dit laat ‘n mens ongemaklik voel. Die gedagte aan ‘n toe deur laat jou wonder wat gereedheid alles behels? Die Bruidegom bly lank weg. ‘n Mens is geneig om aan die slaap te raak. Jy wil nie skarrel as hulle roep: “Hier kom die bruidegom!” nie. Dit is dus goed om weer te praat oor wat “gereedwees” werklik beteken… TEKS VIR 29 APRIL DR WILHELM BURGER Kan ‘n mens regtig verander? Lees Rom.8:1-17 ‘n paar keer rustig deur. 1. Hoe gebeur verandering volgens die verse? 2. Waar het jy dit in ander mense sien gebeur? 3. Wat het al in jou lewe ver- ander? 4. Waarvoor bid jy nog steeds? HARTLIK WELKOM! ‘n Seuntjie kom die oggend na Sondagskool en vertel sy ma van die les: Moses was die bevelvoerder van die Jode. Tot sy ontsteltenis merk hy dat die Farao se infanterie hulle met tenks agtervolg. Moses gryp sommer sy iPhone en praat met Hoofkwartier. Hy versoek die geniekorps om onmiddellik ‘n brug oor die Rooisee te gaan bou. Dié opdrag is ook betyds uitgevoer en die Jode kon vinnig en veilig die See oorsteek. Maar toe die Farao se tenks by die brug kom en dit wou oorsteek, gryp Moses weer sy iPhone en versoek dat B-2 Spirit Stealth Bomwerpers die brug moet kom opblaas. Dié opdrag is ook met presisie uitgevoer en Farao se infanterie het met tenks en al verdrink. Ontsteld wou die moeder weet of die juffrou regtig die verhaal só vertel het? “Nee”, sê die seuntjie. “Nie heeltemal só nie, maar as ek dit moes vertel soos sy dit vertel het, sou julle my tog nie geglo of verstaan het nie”. (Geleen by Ferdinand Deist, maar aangepas). Sondae word ons geseën met 3 geslagte in een erediens. Ons praat een taal, maar daardie een taal het idiome en beelde uit die ou-tyd en ook die nou-tyd. Die een lees sy Bybel in ‘n boekformaat, die ander met sy slimfoon. Die oueres verlang terug na Totius se “Sing vrolik, hef die stem na bowe, regverdiges, verhef die Heer”. Die ander maak hul oë toe en harte oop met Michael W. Smith se “This is the air I breathe. This is the air I breathe, Your holy presence living in me. This is my daily bread. This is my daily bread, Your very word spoken to me.” Dit was juis die motivering vir ons verskeidenheid van Bybelvertalings. Dit was om hierdie rede dat Eugene H Peterson The Message vertaal het. Hy sê van die ou vertalings: “ ...it had gone flat through familiarity, reduced to clichés. Bored, they dropped it”. Welkom vanoggend. Ons praat nuut, hoorbaar en verstaanbaar, sonder geykte clichés, sodat oud en jonk die Ou-Ou Tyding kan hoor, verstaan en dit ter harte kan neem. Dankie vir u aanpasbaarheid! Wees LIG! AANDDIENS VANAAND @ 18:00 Ons is besig met ‘n nuwe reeks. Kom ons sing, juig, lag en kuier saam rondom die Woord. Almal baie welkom!

Transcript of JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles Hartklop · Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral,...

Page 1: JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles Hartklop · Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles Hartklop 22 APRIL 2018 VANOGGEND SE EREDIENS DR WILHELM BURGER

Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS

oral, altyd en in alles

Hartklop 22 APRIL 2018

VANOGGEND SE EREDIENS DR WILHELM BURGER - OLIE VIR BRANDENDE LAMPE

MATT. 25:1-13

Ons sing ‘n lied in ons gemeente met die woorde: “Ek wil gereed wees, as die Koning kom, ek wil gereed wees, as Hy my wil kom haal…” Wat sou ons bedoel as ons dit sing? Hoe weet jy jy is gereed genoeg? Wat kan jy doen om meer gereed te wees?

Die gelykenis van die tien meisies in Matt. 25 raak hierdie punt aan. Jesus vertel die verhaal en sê oa dié ontstellende woorde: “Terwyl die onverstandiges olie gaan koop het, het die bruidegom gekom. Dié wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof toe, en die deur is gesluit.”

Dit laat ‘n mens ongemaklik voel. Die gedagte aan ‘n toe deur laat jou wonder wat gereedheid alles behels? Die Bruidegom bly lank weg. ‘n Mens is geneig om aan die slaap te raak. Jy wil nie skarrel as hulle roep: “Hier kom die bruidegom!” nie.

Dit is dus goed om weer te praat oor wat “gereedwees” werklik beteken…

TEKS VIR 29 APRIL

DR WILHELM BURGER

Kan ‘n mens regtig verander? Lees Rom.8:1-17 ‘n paar

keer rustig deur.

1. Hoe gebeur verandering volgens die verse? 2. Waar het jy dit in ander mense sien gebeur? 3. Wat het al in jou lewe ver-ander? 4. Waarvoor bid jy nog steeds?

HARTLIK WELKOM!

‘n Seuntjie kom die oggend na Sondagskool en vertel sy ma van die les: Moses was die bevelvoerder van die Jode. Tot sy ontsteltenis merk hy dat die Farao se infanterie hulle met tenks agtervolg. Moses gryp sommer sy iPhone en praat met Hoofkwartier. Hy versoek die geniekorps om onmiddellik ‘n brug oor die Rooisee te gaan bou. Dié opdrag is ook betyds uitgevoer en die Jode kon vinnig en veilig die See oorsteek. Maar toe die Farao se tenks by die brug kom en dit wou oorsteek, gryp Moses weer sy iPhone en versoek dat B-2 Spirit Stealth Bomwerpers die brug moet kom opblaas. Dié opdrag is ook met presisie uitgevoer en Farao se infanterie het met tenks en al verdrink. Ontsteld wou die moeder weet of die juffrou regtig die verhaal só vertel het? “Nee”, sê die seuntjie. “Nie heeltemal só nie, maar as ek dit moes vertel soos sy dit vertel het, sou julle my tog nie geglo of verstaan het nie”. (Geleen by Ferdinand Deist, maar aangepas).

Sondae word ons geseën met 3 geslagte in een erediens. Ons praat een taal, maar daardie een taal het idiome en beelde uit die ou-tyd en ook die nou-tyd. Die een lees sy Bybel in ‘n boekformaat, die ander met sy slimfoon. Die oueres verlang terug na Totius se “Sing vrolik, hef die stem na bowe, regverdiges, verhef die Heer”. Die ander maak hul oë toe en harte oop met Michael W. Smith se “This is the air I breathe. This is the air I breathe, Your holy presence living in me. This is my daily bread. This is my daily bread, Your very word spoken to me.” Dit was juis die motivering vir ons verskeidenheid van Bybelvertalings. Dit was om hierdie rede dat Eugene H Peterson The Message vertaal het. Hy sê van die ou vertalings: “ ...it had gone flat through familiarity, reduced to clichés. Bored, they dropped it”. Welkom vanoggend. Ons praat nuut, hoorbaar en verstaanbaar, sonder geykte clichés, sodat oud en jonk die Ou-Ou Tyding kan hoor, verstaan en dit ter harte kan neem. Dankie vir u aanpasbaarheid!

Wees LIG!

AANDDIENS VANAAND

@ 18:00

Ons is besig met ‘n nuwe

reeks. Kom ons sing, juig,

lag en kuier saam

rondom die Woord.

Almal baie welkom!

Page 2: JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles Hartklop · Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles Hartklop 22 APRIL 2018 VANOGGEND SE EREDIENS DR WILHELM BURGER

DINSDAG 24 APRIL SOPKOMBUIS 18:00 BASAAR SAMEROEPERSVERG in die Maalruimte.

WOENSDAG 25 APRIL 11:00 - 13:00 KLEREKAS

18:00 BYBELSKOOL BY NG HERMANUS. Ons lees Psalm 22 - Dit was waarskynlik Jesus se sterwens-gebed aan die kruis. Almal is welkom. Navrae: Clifford by 028 316 4895 of 082 37 55 410 .

DONDERDAG 26 APRIL 09:00 BYBELSKOOL BY NG ONRUSRIVIER

16:00 GESAMENTLIKE BIDUUR BY MOUNT PLEASANT: Kom vat hande saam met die mooiste en rykste gelowiges oor kulktuur-grense heen in die klein kerkie van Mount Pleasant Navrae: Elsa Marais 082 373 6629.

18:00 SPOELKLIPPE: AANDETE BY ONRUS MANOR U word vriendelik uitgenooi na die Spoelklippe se funksie by Onrus Manor, Klubsaal, Chanteclairlaan, Onrusrivier-Noord. Koste: R100 per persoon. Sluit in Sjerrie/Vrugtesap met aankoms – Gammon met groente, Suurlemoen Meringue-nagereg en koffie. Kontantkroeg. Bring gerus u eie wyn of ander drinkgoed. Bespreek en betaal asseblief by Mer-vian, Kerkkantoor. Navrae: Marietjie Siebrits (072 768 5468) of Ria Niemann (082 971 8257).

VRYDAG 27 APRIL VRYHEIDSDAG

NEEM ASB KENNIS DAT DIE KERKKANTOOR WEL OOP IS VANDAG VIR AL DIE BASAARVOORBEREIDINGS.

SATERDAG 28 APRIL

SONDAG 29 APRIL 08:30 GEBEDSKAMER: Ons bid saam vir die erediens, die leraar aan diens en die gemeente. Kom bid asb saam!

WYKE DIENSBEURTE Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 5)

09:00 EREDIENS: Dr Wilhelm Burger gaan voor. Welkom!

18:00 AANDDIENS: Ds Anton Duvenhage nooi graag alle tieners, ouers en jonk van gees. Kom sing, gesels en kuier saam.

WAARNA KAN ONS UITSIEN?

MAANDAG 30 APRIL @ 10:00 - 12:00 MINI-BASAAR Indien daarnog iets oorbly van die Basaar, is u almal baie welkom om die laaste “bargains” te kom koop.

KLEINGROEPE Indien u belangstel om deel van ‘n kleingroep te wees, kontak gerus vir Deon Terblanche op 083 400 9010

UITREIK NA DIE TRANSKEI (KOKSTAD)

29 SEP - 6 OKT 2018

• Fokus: Herstelwerk (verf en vensters) aan kleuterskool in Aloekop, groentetuin maak en kinderbediening. • Vervoer: enige hulp vanuit die gemeente (bakkie / kombi) sal uiters waardeer word. • Maaltye: indien daar iemand saam gaan wat bereid is om in beheer te wees van die “kombuisaktiwiteite” kan hulle my gerus kontak. Ons sal sukkel om te bedien met leë magies. • Verblyf: Hoërskool Koshuis in Kokstad.

Indien U belangstel om op die uitreik te gaan of enige navrae het, kontak gerus vir ds. Anton Duvenhage. Ons wil

graag die uitreik laat realiseer, maar kort genoeg uitreikers vanuit die gemeente. Welkom!

SNAPSCAN TYDENS DIE BASAAR

Liewe vriende, daar gaan Snapscan-betalingsgeriewe beskikbaar wees by die Vleis- en Tuisteskeppingstalle-tjies. Maak dus seker dat u reeds vooraf die Snapscan- APP gaan aflaai by Google Playstore. Welkom!

Page 3: JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles Hartklop · Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles Hartklop 22 APRIL 2018 VANOGGEND SE EREDIENS DR WILHELM BURGER

CHEMO / BESTRALING / BEHANDELING

Johan Spies, Thea Kruger, Marie Mostert, Linda du Preez, Krappies Carstens, Lynette Crafford, Ernie Stephan, Etienne Louw, Jannie Smit (Onrus)

IN DIE HOSPITAAL EN AANSTERK TUIS

Francois van der Merwe (na 2 maande uit hospitaal ontslaan, herstel nog), Frans Snyders, Leonie Koekemoer, Frans Bothma, Andries van Niekerk

SIEKTE / SORGEENHEID / BEMOEDIGING Hanlie Chambers – wag op lewer- en nieroorplanting (Ina & Rassie Erasmus se dogter), Alida Cilliers, Tienie Schickerling, Ina Bezuidenhout, Philip Louw, Deon Terblanche, Quentin van Eeden, Corné Smith, Baba PW Prinsloo, Cas van Rensburg, Flick du Toit. Ons bid ook vir alle verswaktes in ‘n sorgeenheid asook al die versorgers wat hulle met soveel liefde versorg.

ONS BID VIR ONS LERAARS Here God, ons wil graag al 4 ons leraars, tesame met hul vroue, aan U voete kom neerlê. Ons bid dat U hulle sal seën en beskerm. Ons bid dat U, Heilige Gees, hulle sal inspireer, troos, lei en bemoedig. Ons bid dat U, Here Jesus, hulle sal help om fyn in U voetspore te volg. Ons bid vir hul huwelike, ons bid vir hul bediening en ons bid vir elkeen se menswees. Dankie Here, vir die spesiale Gesalfdes wat u hier kom plaas het tot U eer. Soli Deo Gloria.

GEBED VIR NOOD EN SIEKTE Ons Vader wat in die Hemel is, dankie vir hierdie

heilige oomblik waarin ons op U alleen kan fokus.

Laat die mooiheid van die dag die voorspoed en gesondheid en die lekker van

ons suksesse ons nie verblind dat ons op ons eie krag sal staatmaak nie. Alles is

genade. Alles wat goed is, kom van U. Help ons dat U ons lewe en ons talente

in u diens sal neem.

WEEK 23-29 APR

MAANDAG 23 APR

Here, U is ons Stem in die stiltes. Vul hierdie

heilige, stil oomblikke met betekenis. Herlaai ons

pap battery. Help ons om minder te praat en meer te dink. Minder besig te

wees en meer te bid. Minder te stres en meer op U te vertrou. Hou ons ,

daarom, ingeskakel op die 24-uur, te luister na u Gees wat gewillig is om ons

te lei.

DINSDAG 24 APR

Vader, herinner ons, dat die pyn en siekte,

mislukkings en teleurstellings en stres nie U

straf op ons foute is nie. Plaas ons voete in sulke tye op die stewige rots van U

belofte dat U altyd by ons sal wees, selfs al gaan ons deur donker dieptes.

Here, leer ons die moeilike les dat elke donker uur ʼn besondere geleentheid

kan wees om U liefde en genade te leer ken.

WOENSDAG 25 APR

Here Jesus, hou ons staande teen die sonde.

Gee dat ons elke keer wanneer ons aan U

dink, nie vrees en skuld sal ervaar oor wat ons alles aangevang het nie. Maar

eerder vrede en vreugde oor wat U alles vir ons gedoen het. Help ons om te

vergeet hoe ver ons afgedwaal het, en eerder te onthou dat U ons daar kom

haal het.

DONDERDAG 26 APR

GEBED

MET ‘N HART VOL

LIEFDE Here, soms is dit moeilik om U liefde te bewys aan ander. Dankie dat ons kan WEET dat U, die bron van hierdie liefde, ‘n onuitputlike bron is wat ons

daagliks inspireer en bemoedig.

Jesus, U vul ons hart met vreugde. Die smaak van U

liefde is soveel soeter as heuning. Daar is niks wat

naastenby met U vergelyk kan word nie, en daar is nie genoeg woorde om te

beskryf hoe dit voel om deur U liefde omvou te wees nie. Dankie dat ons so

wonderlik, so onverdiend begenadig word om U liefde te ervaar. Laat ons iets

daarvan aan ander probeer bewys, want ons kan dit nie verwoord nie.

VRYDAG 27 APR

SPESIALE GEBED VIR DIE BASAAR

Here God, ons bid vir U seën op die Basaar. Nie net vir die finansies nie, maar ons bid dat elke persoon wat kom, waarlik U sal raaksien in elke lid-maat se oë. Ons bid dat u nuwe bande sal bou tussen vriende, kollegas, sameroepers en werkers. Ons bid dat Basaardag waarlik ‘n fees sal wees waar U karakter duidelik sigbaar sal wees. Ons bid dat dit mense nader na U toe sal bring, veral die wat twyfel, die wat sinies geraak het, die sonder hoop. Ons bid dat hulle ‘n tuiste hier kan vind, en welkom voel in ‘n nuwe familie. Dankie dat ons WEET vir U is niks onmoontlik nie. Here God, mag U waarlik verheerlik word deur hierdie dag. Aan U alleen al die lof en dank en eer. Amen.

Page 4: JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles Hartklop · Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles Hartklop 22 APRIL 2018 VANOGGEND SE EREDIENS DR WILHELM BURGER

HAARKAPPER: Ester is ons haarkapper. Kontak vir haar by 081 453 8130 indien u enige haarbehoeftes het. Onthou daar is nuwe pryse vanaf 1 Maart 2018.

KLINIEK: Ons kliniek is oop op Dinsdae vanaf 10h00 - 12h00. Kontak vir sr. Calitz by 073 152 5623 en maak 'n afspraak indien u haar wil spreek. 'n Kliniekbesoek se koste is slegs R20 vir lede. NAALDWERK OM 9H30 - 10H00: Marlene Burger help om klere te verstel. Haar nommer is 028 316 3363 of 072 140 5807. Bring u klere op 'n Dinsdagoggend en bespreek die verstellings met haar. Sy sal vir u noem wat haar prys vir die klere se verstel is. SITKAMER OM 10H00: Kom luister na Wessels wat by Cafe Blue werk. Hy kom praat oor sy ondervinding as semi-finalis (hy het 2de gekom) by Kokkedoor. Hy kan uitstekend kos maak en kan lekker gesels oor alles wat by Kokkedoor gebeur het.

VOETE- EN HANDEVERSORGING: Kontak vir Marilyn by 082 532 6931 en maak 'n afspraak. Daar is verskillende fooie vir lede/nie-lede. Onthou hierdie diens is ook vir mans. Marilyn sien baie mans wat

spesiaal kom vir hulp met hulle voete. Sitkamer om 10h00: Maak jy graag self geskenke soos inkopiesakke, speldeboekies, potpourrisakkies en nog baie meer? Wil jy 'n ekstra inkomste verdien? Kom kyk en doen saam met Mattie Swart (076 522 5669). Dit is 'n heerlike, gratis, leergeleentheid!

TRIMGIM: Mathilda Roos (bio-kinetikus) sien u op Woensdae om 15h00 in die OnsTeater by die Dienssentrum. Trimgimfooie is R45 pm vir lede van die Dienssentrum en R60 pm vir nie-lede. Kontak vir Mathilda by 082 339 1085.

SITKAMER OM 10H00: Die Boekklub. Kom sluit aan by ons eie unieke Boekklub. Enige persoon wat 'n boek wil voordra, of bietjie net oor die boek wil gesels, kontak asseblief vir Joan/Hannie by

028 316 1745. Die luisteraars luister net of sit met hulle eie handewerk/breiwerk. Ons is besig om slaapsokkies vir Sofca te brei. Kom brei saam. Kom luister vanoggend na 'n voorlesing van dr. Hoepie Howell uit een van haar boeke.

ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM

Deur die genade van God

DIENSSENTRUMNOMMER

028 316 1745

KONTAK VIR JOAN OF HANNIE

(09H30 – 12H30)

DINSDAG 24 APR

WOENSDAG 25 APR

DONDERDAG 26 APR

KOLWYNTJIE TEETUIN VRYDAG 27 APRIL - GEEN TEETUIN AGV BASAAR

Nooi gerus u verjaardaggroepe/selgroepe/Bybelstudiegroepe en kom kuier saam. Kontak asb vir Siska Conradie by 082 762 2732 om te bespreek vir groot groepe. Sien julle weer Vrydag 4 Mei by die lekkerste Teetuin in die dorp!

Die Dienssentrum is vir oud en jonk. Kom maak gerus 'n draai by ons en sien hoe lekker dit

is om in die dienssentrum net agteroor te sit en te ontspan saam met ander mense.

Johan en Bets Prinsloo vier hul 50ste huweliks-herdenking by die Kolwyntjie Teetuin. Baie geluk julle! Julle is beslis vir ons almal ‘n voorbeeld. Alle seën vir die jare vorentoe.

Page 5: JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles Hartklop · Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles Hartklop 22 APRIL 2018 VANOGGEND SE EREDIENS DR WILHELM BURGER

LEDEGELD: Ledegeld is vanaf 1 Maart betaalbaar by Hannie/Joan teen R400 per individu en R600 per egpaar.

GESKENKBEWYSE OF GESKENKE: Dit is nie altyd so maklik om geskenke uit te soek nie. Onthou dat u altyd 'n geskenkbewys by Marilyn Prinsloo (082 532 6931) kan kry vir 'n voete- en/of handeversorging. Onthou ook dat ons by die Kolwyntjie Teetuin (028 316 1745 vra vir Joan/Hannie) geskenkbewyse het. U kan u vriendin/vriend van 'n geskenkbewys voorsien om heerlik by die teetuin te kom ontspan. U kan selfs 'n maand of meer se Trimgim by Mathilda (082 339 1085) borg vir u vriend/vriend. Wat van 'n haarversorging by Ester (081 453 8130). Ons vrouens wil tog altyd mooi lyk! Bettie (076 129 3788) bak koeksisters, op bestelling, op die laaste Maandag van elke maand. Wat van 'n pakkie heerlike koeksisters as 'n geskenk vir 'n vriend/vriendin? Die Dienssentrum kan u help met die besluit vir 'n geskenk!

PLAASBOTTER: Die Dienssentrum verkoop plaasbotter teen R50 per 500gram. Kom koop by Hannie/Joan.

KOMBERSE: Ons het al ons komberse wat ons versamel het vir wanneer hier weer 'n brand uitbreek en die kerk word gebruik vir die versorging van Onrus Manor se bejaardes, uitgedeel aan die mense wat in die Sandbaaisaal geslaap het tydens die onlangse probleme in ons gemeenskap. Ons sal enige skenkings baie waardeer sodat ons weer die voorraad kan aanvul.

LASAGNE: Na baie versoeke het ons besluit Bettie sal weer vir ons haar heerlike lasagne maak op Woensdag, 9 Mei. Die koste is R50. Bestel asseblief voor Vrydag, 4 Mei, by Joan of Hannie (028 316 1745).

Liewe Gemeente, ons gaan die gebruik van SnapScan implementeer by Onrusge-meente. Ons gaan dit reeds begin gebruik tydens die Basaar by sekere stalletjies.

Dit is ‘n maklike manier om te betaal vir goedere of ook Dankoffers te gee met die gebruik van u “smartphone”. Gaan laai gerus solank die APP af op Google Play. Ons sal dan die nodige stafiekode beskikbaar maak vir onder andere Dankoffers. Vir enige navrae, kontak gerus vir Hanna by die kerkkantoor.

ENGELTJIEPROJEK Ons is baie opgewonde oor die Engeltjieprojek. Dit is waar ons “Engeltjies” nooi (enige persoon) wat ons 80-plussers bietjie besoek, omgee en Jesus-liefde uitdra. Heelwat van hulle is nie in ‘n Aftree-oord nie, en hulle vereensaam by hul huise. Ons het ‘n lys van by die 250 mense wat wag vir ‘n Engeltjie!!

WAT BEHELS DIT? U ontvang ‘n naam van ons koördineerders, Kontak die persoon en reël ‘n afspraak. U besoek daardie vrou/man en luister ook watter behoeftes hulle het. Dalk net ‘n koffie/tee besoek nou en dan, of ‘n bederf met hul verjaarsdag, of ‘n lekker saamkuier in die dorp. (ONTHOU, hierdie is net ‘n omgee-projek, nie versorging nie.)

HOE KAN EK AANMELD? Daar is ‘n naamlys beskikbaar wees by die kerkkantoor en by die Dienssentrum, of kontak Marietjie of Brenda.

KOM WAAG DIT - KOM MAAK ‘N VERSKIL IN ‘N BEJAARDE SE LEWE!

NAVRAE: MARIETJIE LE ROUX (083 455 1455) BRENDA STRAUSS (083 3900 838)

Groot dank vir ons Kalenderborg vir Maart wat die druk moontlik gemaak het. Alle seën vir julle.

ONDERSTEUNINGSGROEP 8 MEI 2018 U word vriendelik uitgenooi na ons ondersteu-ningsgroep vir almal wat aan Spierdistrofie, MNS, MS, Parkinsons, Alzheimer en Demensie ly. Ons volgende byeenkoms van die jaar is op Dinsdag, 8 Mei, om 10h00 - 11h00 (let wel die veranderde tyd) in die sitkamer van die Dienssentrum. By hierdie geleentheid gaan ons weer lekker gesels

oor ons bekom-mernisse en raad/advies/ondersteuning bymekaar kry.

Hartlik welkom!

Tel: 028 212 1159 Sel: 083 258 4990 [email protected]

Page 6: JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles Hartklop · Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles Hartklop 22 APRIL 2018 VANOGGEND SE EREDIENS DR WILHELM BURGER

DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K)

083 468 8194 [email protected]

DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K)

083 448 1651 [email protected]

DS ANTON DUVENHAGE 072 477 3185

[email protected]

DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895 082 37 55 410

[email protected]

VOORSITTER KERKRAAD Piet van Zyl

082 339 9871 [email protected]

EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633

[email protected]

MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen

028 316 3115 (K) 079 322 0998

[email protected]

KOMMUNIKASIE BEAMPTE

Karin de Bruin 084 305 2086

[email protected]

ONTVANGS Mervian van der Merwe

084 875 7875 [email protected]

REK BEAMPTE Rika Eveleigh 082 679 1312

[email protected]

ADMIN BEAMPTE Hanna de Jager 082 441 9759

[email protected]

KOSTER Johan Symington

082 546 7415

Vir navrae en kommentaar op die Hartklop

[email protected] (Advertensies sluit Dins 12:00)

KERKKANTOOR ma - vry 08h00 - 13h00

Tel (028) 316-2116 [email protected]

www.ngkonrusrivier.co.za

DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier

Bank: ABSA

Rek. 406 215 2718

SENDING (GBO) Geloofbelofteoffer

Bank: ABSA

Rek. 916 9799 886

WAT HET ONS NOG NODIG?

Plante en veral bosse blomme (Kontak Reinhardt op 082 859 0997)

Wit Olifant items (groot en klein), veral elektroniese toestelle.

Boeke, CD’s, DVD’s, legkaarte, kinderspeelgoed, sporttoerusting.

Handgemaakte items asb: Mooigoed, kunsgoed, juwele. Ons vra ook asb

vir popklere, hout klerehangers, vadoeke en waslappe. Laastens enigie-

mand dalk lus om mooi hondejassies te maak asb? Kontak Veronica vir

meer info op 082 776 4848.

Leë bierbokse (vir verpakking).

Handgemaakte lekkers en eetgoed vir die kindertafel. Kontak asb vir

Leatitia op 083 380 0816.

Enige lekker wyn vir die wynstalletjie asb.

Beskuit (500g pakkies asb). Bring die week voor basaar na die kantoor.

Laastens, ons het jul gebede nodig - bid saam vir ‘n ware familiefees!

NOG NIE ‘N SKENKING GEMAAK NIE?

Indien daar nog nie ‘n Basaarlys by u uitgekom het nie en u wil graag ‘n skenking maak, is daar vele maniere

Kontantbydrae - betaal in by kerkkantoor of direk per EFT (Verwys: Basaar)

Daar is Basaarlyste beskikbaar by die kerkkantoor, kom vul dit gerus in.

Kontak vir Mervian by die kan-toor indien u bestanddele skenk.

LAMSVLEIS BESKIKBAAR

Half of heel lam @ R90 p/kg

Afval (heel) @ R140 p/kg Afval (pens & pootjies) @ R100 p/kg

Plaas asb u bestellings voor MAANDAG 23 APRIL 2018 by die kerkkantoor of

James Joubert 084 676 6014.

NOOI U VRIENDE, FAMILIE EN

BURE NA DIE BASAAR Een van ons gemeentewaardes is “Ons werk saam in ‘n span”. Daarom maak ons staat op u almal om moeite te doen en al u vriende, familie en bure uit te nooi na die Basaar.

Dankie!

Groot dank vir ons Kalenderborg vir April wat die druk moontlik gemaak het. Alle seën vir julle.

Indien u graag ‘n Dankoffer-betaling wil doen dmv Snap-Scan en u “Smartphone”, ge-bruik gerus die kode hier links.