JESUS CHRISTUS HARTKLOP LIG! - ngkonrusrivier.co.za · 'n versorger (iemand om na u of u geliefde...

6
VANOGGEND SE EREDIENS DR WILHELM BURGER CHRISTENE HET HEMEL OP AARDE (Kol. 3:1-3 en 12-15) Een van die mees vervullende ervarings wat mense kan hê, is om lief te hê en om liefgehê te word. God het aan ons die gawe van familieskap gegee as die plek waar ons hierdie koestering ontvang en deel. Verder is die huwelik bedoel as die verhouding waarbinne 'n mens vervulling op die innigste manier mag beleef. Onvoorwaardelike aanvaarding, aan- vulling, diensbaarheid, kameraadskap, getrouheid, vrede. Tog ervaar ons soms binne families die diepste pyn en eensaamheid. Huwelike is nie maanskyn en rose nie. Tere liefde voel pyn op sy ergste. Op Moedersdag soek ons riglyne in die Bybel sodat ons herinner kan word aan God se droom vir families . . . en om natuurlik weer sy beloftes van hoop en genesing vir onsself toe te eien. Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles H ARTKLOP TEKS VIR DIE WEEK SONDAG 21 MEI DR WILHELM BURGER JAK. 3:13-18 1. Wat is die verskil tussen slim wees en wys wees? Gee jou eie definisie van beide woorde. 2. In vers 14 word van selfsug en jaloesie gepraat. Dit is die teenoorgestelde van wysheid. Dink aan voorbeelde van selfsug en jaloesie tussen men- se. En in ons land?. 3. Vers 17-18 beskryf die ken- merke van wysheid. Ken jy sulke mense? Meet jou eie lewe aan hierdie kenmerke en praat met God daaroor. TEENTRIX AANDDIENS VANAAND @ 18:00 GEMEENTESENTRUM Ons nooi graag alle tieners spesiaal uit. Welkom! DEURKOLLEKTE VANDAG Sin Koll. Jeugwerk 14 MEI 2017 HARTLIK WELKOM! Moedersdag ... ma, ek skryf vir jou ‘n gedig sonder fênsie leestekens sonder woorde wat rym sonder bywoorde net sommer ‘n kaalvoet gedig - want jy maak my groot in jou krom klein handjies jy beitel my met jou swart oë en spits woorde jy draai jou leiklipkop jy lag en breek my tente op maar jy offer my elke aand vir jou here god jou moesie-oor is my enigste telefoon jou huis my enigste bybel jou naam die breekwater teen die lewe ek is so jammer mamma dat ek nie is wat ek graag vir jou wil wees nie Antjie Krog (Geneem uit Groot Verseboek van DJ Opperman) Wees LIG! Wees LIG! HARTLIK WELKOM DOOPOUERS Sylvia & Brünner du Toit Met baba Mia Ons bid Vader se seën vir julle.

Transcript of JESUS CHRISTUS HARTKLOP LIG! - ngkonrusrivier.co.za · 'n versorger (iemand om na u of u geliefde...

Page 1: JESUS CHRISTUS HARTKLOP LIG! - ngkonrusrivier.co.za · 'n versorger (iemand om na u of u geliefde of u moeder en vader om te sien/ of iemand wat u kan help met hantering van u en

VANOGGEND SE EREDIENS DR WILHELM BURGER

CHRISTENE HET HEMEL OP AARDE (Kol. 3:1-3 en 12-15)

Een van die mees vervullende ervarings wat mense kan hê, is om lief te hê en om liefgehê te word. God het aan ons die

gawe van familieskap gegee as die plek waar ons hierdie koestering ontvang en deel. Verder is die huwelik bedoel as

die verhouding waarbinne 'n mens vervulling op die innigste manier mag beleef. Onvoorwaardelike aanvaarding, aan-

vulling, diensbaarheid, kameraadskap, getrouheid, vrede.

Tog ervaar ons soms binne families die diepste pyn en eensaamheid. Huwelike is nie maanskyn en rose nie. Tere liefde

voel pyn op sy ergste.

Op Moedersdag soek ons riglyne in die Bybel sodat ons herinner kan word aan God se droom vir families . . . en om

natuurlik weer sy beloftes van hoop en genesing vir onsself toe te eien.

Ons almal saam in diens van

JESUS CHRISTUS

oral, altyd en in alles

HARTKLOP TEKS VIR DIE WEEK

SONDAG 21 MEI

DR WILHELM BURGER

JAK. 3:13-18

1. Wat is die verskil tussen slim

wees en wys wees?

Gee jou eie definisie van beide

woorde.

2. In vers 14 word van selfsug

en jaloesie gepraat. Dit is die

teenoorgestelde van wysheid.

Dink aan voorbeelde van

selfsug en jaloesie tussen men-

se. En in ons land?.

3. Vers 17-18 beskryf die ken-

merke van wysheid. Ken jy

sulke mense?

Meet jou eie lewe aan hierdie

kenmerke en praat met God

daaroor.

TEENTRIX AANDDIENS

VANAAND @ 18:00

GEMEENTESENTRUM Ons nooi graag alle tieners

spesiaal uit. Welkom!

DEURKOLLEKTE VANDAG Sin Koll. Jeugwerk

14 MEI 2017

HARTLIK WELKOM!

Moedersdag ...

ma, ek skryf vir jou ‘n gedig

sonder fênsie leestekens

sonder woorde wat rym

sonder bywoorde

net sommer

‘n kaalvoet gedig -

want jy maak my groot

in jou krom klein handjies

jy beitel my met jou swart oë

en spits woorde

jy draai jou leiklipkop

jy lag en breek my tente op

maar jy offer my elke aand

vir jou here god

jou moesie-oor is my enigste telefoon

jou huis my enigste bybel

jou naam die breekwater teen die lewe

ek is so jammer mamma

dat ek nie is

wat ek graag vir jou wil wees nie

Antjie Krog

(Geneem uit Groot Verseboek van DJ Opperman)

Wees LIG!

Wees LIG!

HARTLIK WELKOM

DOOPOUERS Sylvia & Brünner du Toit

Met baba Mia Ons bid Vader se seën vir julle.

Page 2: JESUS CHRISTUS HARTKLOP LIG! - ngkonrusrivier.co.za · 'n versorger (iemand om na u of u geliefde of u moeder en vader om te sien/ of iemand wat u kan help met hantering van u en

DINSDAG 16 MEI SOPKOMBUIS

WOENSDAG 17 MEI 11:00 - 13:00 KLEREKAS

BYBELSKOOL 2017 18:00 by NG Hermanus Dr Johan van gee ‘n oorsig van die OT en vertel vir ons van die onskatbare waarde. Ons sluit tot na Pinkster. Almal is welkom. Navrae: Clifford by 028 316 4895.

DONDERDAG 18 MEI BYBELSKOOL 2017 by NG Onrusrivier (09:00)

DIE VRIENDE VAN HUIS LETTIE THERON en alle belangstellendes word vriendelik uitgenooi na die Vriende se Basaarreëlingsvergadering, op Donderdag 18 MEI 2017 om 14h30, by die tehuis.

SONDAG 21 MEI 08:30 GEBEDSKAMER: Ons bid saam vir die erediens, die Leraar aan diens en die gemeente. WYKE DIENSBEURTE Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 38) Rooitrein en Bybelgroepe tydens die erediens.

09:00 EREDIENS Dr Wilhelm Burger gaan voor.

18:00 AANDDIENS: Ons nooi spesiaal al ons tieners Kom loof, sing en gesels saam. Alle volwasenes is net so welkom. Ouers, kom gerus saam met u tiener. Teentrixgroepe na die diens.

PINKSTER BY ONRUSGEMEENTE

PINKSTERDIENSTE

PROF STEPHAN JOUBERT 28 - 31 MEI @ 09:00 & 18:30

TEMA: GOD IS NOU HIER Sondagoggend: Habakuk: Vanaf God is nêrens

('God is nowhere') tot God is nou hier ('God is now here')

Sondagaand: Jesus is in die dorp

Maandag: Die Gees is hier

Dinsdag: Die koninkryk van God is hier

PINKSTERFEES MUSIEKAAND

HEINZ EN ALETTÉ-JOHANNI WINCKLER VRYDAG 2 JUNIE @ 19:00 - 21:00

R120pp Volwassenes R50pp Skoolgaande kinders

(Beskikbaar by die kerkkantoor)

Ter befondsing van Sendingbediening / Jeuguitreike.

Beide kunstenaars gaan sing en hul getuienisse deel.

Heinz gaan meer deel oor hoekom hy gekies het

om gospel te begin sing en die pad wat die Here

met hom vanaf Idols gestap het.

Aletté-Johanni gaan deel oor haar verhaal en vrou

wees in die post-moderne era wat Christus

in jou lewe seevier.

KINDER-

PINKSTER Ons is baie opge-

wonde dat Ds Anton

en sy span vir ons

Kinderpinkster gaan

aanbied in die Ons-

Teater elke aand

terwyl die dienste

in die sentrum aan

is. Ons nooi graag

alle Laerskool

kinders.

Welkom!!

NUWE U3A AFRIKAANSE REEKS Die University of the Third Age (U3A) bied gedurende Mei en Junie ‘n lesingreeks met relevante aktuele onderwerpe in Afrikaans aan. Koste is R10 vir lede en R25 nie-lede.

WAAR: Katolieke Kerksaal @ 10:00 - 11:00 PROGRAM 15 Mei: Prof Andreas van Wyk - Suid-Afrikaanse staatskorpo-rasies: Hoe kan dinge so verkeerd loop?

22 Mei: Prof Willie Breytenbach - Die Posisie van die ANC in 2019.

29 Mei: Dr Estan Calitz - Suid-Afrika se internasionale finansiële posisie.

5 Junie: Kerneels Breytenbach - Misdaadliteratuur in Afrikaans.

19 Junie: Prof Albert Grundlingh - “Hensoppers” en “Joiners” ge-durende die Anglo-Boereoorlog en die maak van ander oorlogs-geskiedenisse.

26 Junie: Jeanette Stais - Sy praat oor die ondervindings met die skryf van haar boek Katoog. Navrae: Therina 082 335 8797 of [email protected]

Page 3: JESUS CHRISTUS HARTKLOP LIG! - ngkonrusrivier.co.za · 'n versorger (iemand om na u of u geliefde of u moeder en vader om te sien/ of iemand wat u kan help met hantering van u en

GEBED VIR NOOD EN SIEKTE BEDIENINGE: Ons bid vir al die bedieninge by die kerk. Dankie Here vir dit wat u hier in plek

kom sit het. Ons bid vir elke persoon betrokke en wat dien, dat u hulle sal leer, inspireer en sal seën om U seën te gaan uitdra op soveel verskillende maniere. Ons bid ook dat u nog mense sal oproep om te dien en laastens bid ons vir die nuwe bedieningsleiers wat poste moet vul op die kerkraad. Ons wag op u Here!

WEEK 15-21 MEI

MAANDAG 15 MEI

PERSONEEL EN LERAARS: Ons dank Vader vir die span wat Hy by Onrusgemeente bymekaar gesit

het. Ons bid vir elkeen van hulle en ook vir hul gesinne vir beskerming, krag, baie energie, ‘n oormaat liefde en dat die Heilige Gees in elkeen se lewens sal inspreek. Ons bid vir hulle vir gehoorsaamheid aan die Heilige Gees, ‘n fyn luister na Vader se stem en om in Jesus se voetspore te bly stap.

DINSDAG 16 MEI

ONRUS DIENSSENTRUM: Dankie Here vir hierdie wonderlike sentrum wat u ons

gemeente en die gemeenskap mee seën. Dankie vir die omgee, liefde en sorg wat daaruit vloei. Ons bid vir elke persoon daar betrokke en wat daar dien, dat u hulle sal seën en elke dag vul met nuwe krag en inspirasie om u werk daar te doen en waarlik hande en voete aan die evangelie te gee.

WOENSDAG 17 MEI

ALLEEN MENSE: Ons bid vandag vir mense wat alleen is in hierdie wêreld -

oud en jonk. Ons bid dat u hulle bewus sal maak van u hand oor elkeen en dat u ook mense op hul pad sal stuur wat hulle sal raaksien, ondersteun en deur die mure sal sien. Dankie dat ons weet, selfs al voel ons alleen, ons is nooit alleen nie.

DONDERDAG 18 MEI

GEBED

GEBEDSVERSOEKE Annette McMillan

072 903 9189

NOODKETTING

Sheila du Toit 082 895 9479

Basie Strydom, Mariska Wagenaar,

Chantelle Theron (Kanker)

Hester van Tonder

Piet Hoffman Herstel na operasie

Piet Haumann, Barney Els, Deon Smit,

Amanda Symington (Bestraling / Chemo)

Elize Hardy

Eben Kotze Sorgeenheid

Antoinette Wiggens Scleredoma

Hennie Botha Sterk aan

Marietjie Pieterse Chemo

Rynhardt Smit Sterk aan

Krappies Carstens

Bets Eksteen Brandwonde

Jan Siebrits Hospitaal

Lorraine & Louis Fourie Verswak

Magriet du Plessis Negester

Hanlie Chambers – wag op Lewer oorplanting

(Hanlie is Ina & Rassie Erasmus se dogter)

Alle lof en dank aan ons hemelse Vader wat deur

Ds Michiel en soveel gemeentelede ons spontaan

ondersteun het toe Franso verlede Sondag tydens die

diens ongesteld geraak het. Dit was uiteindelik vir ons

‘n geestelik verykende belewenis.

Met dank en ryke seënbede vir elkeen, ook vir die

personeel by die kerk. Marlene Olivier

DIENSTE SONDAG: Vader, ons dank U vir die voorreg om in hierdie land steeds vrylik na ‘n kerk

toe te kan gaan op ‘n Sondag sonder vervolging. Ons eer U daarvoor.

Ons bid ook vir hierdie Sondag se dienste, vir Wilhelm wat voorgaan in die oggend en vir Anton wat voorvat in die aand. Wil u deur hulle u boodskap duidelik en suiwer laat kom met die krag en salwing van die Heilige Gees.

Ons bid ook laastens vir die hele Musiekbediening. Ons bid vir Lesinda, die koragiete en musikante wat voorgaan in die oggende. Ons bid ook vir Almarie en die Teentrix band wat voorgaan in die aande. Dankie Here!!

VRYDAG 19 MEI

Page 4: JESUS CHRISTUS HARTKLOP LIG! - ngkonrusrivier.co.za · 'n versorger (iemand om na u of u geliefde of u moeder en vader om te sien/ of iemand wat u kan help met hantering van u en

AANDAG ALLE KUNSTENAARS

AUGUSTUS IS SENDINGMAAND BY ONRUS

TEMA: “STUUR MY!”

Ons nooi graag alle kunstenaars om nou reeds ‘n

kunswerk te maak, skilder, teken, verf, plak …

Ons sal graag tydens

Augustus die kunswerke

oral in die kerk wil

uitstal as deel van die

maand se aktiwiteite.

Navrae: Karin

ONS KINDERS REIK UIT!

Sondagoggend 7 Mei het die Graag 4 Bybelgroep

kinders vir die seniors by Kidbrooke gaan

bederf en muffins en baie liefde!

Dit was ‘n wonderlike ondervind vir jonk en oud

en almal gaan beslis hierdie energieke,

liefdevolle, breë glimlag gesiggies onthou.

Foto bo: Louise het haar vriendinne na die Kolwyntjie genooi vir ‘n

lekker kuier om die tafel.

Foto bo: Joan het haar vriendine bedank wat haar so wonderlik ondersteun

het tydens haar siek. Dankie Kolwyntjie vir so ‘n vriendelike plek en diens!

Een van die seniors by Kidbrooke doen „n

dankie dans vir die heerlike kuier!

Page 5: JESUS CHRISTUS HARTKLOP LIG! - ngkonrusrivier.co.za · 'n versorger (iemand om na u of u geliefde of u moeder en vader om te sien/ of iemand wat u kan help met hantering van u en

JUKSKEI OM 09H45: kom speel saam met Sakkie du Toit jukskei en geniet die baan agter die Dienssentrum.

10h00 - 12h00 HAARKAPPER: Kontak Ester 081 453 8130. KLERE VERSTEL deur Rita Ferreira om 09h30. Tel: 073 218 1789. KLINIEK 10h00 – 12h00: Kontak vir sr. Calitz by 073 152 5623 (Maandag - Vrydag: 08h00 - 13h00) en maak 'n afspraak. Indien u 'n versorger (iemand om na u of u geliefde of u moeder en vader om te sien/ of iemand wat u kan help met hantering van u en u huishouding) benodig kontak asb vir sr. Calitz. KREATIEF: Kom wees kreatief en werk lekker saam om 10h00 in die sitkamer van die Dienssentrum. Kom deel u talente met ons - ons is gereed om nog te leer en wil graag.

TRIMGIM WOENSDAGMIDDAG IN DIE ONSTEATER OM 15h00: Trimgim deur Mathilda Roos

(bio-kinetikus). Trimgimfooie is R45pm vir lede (R60pm vir nie-lede) Kontak no: 082 339 1085.

VOETE- EN HANDE VERSORGING Voete- en hande versorging in die Dienssentrum vanaf 8h00. Kontak vir Marilyn by 082 532 6931 en maak 'n afspraak. Ons voete en ons hande is baie belangrik - Marilyn versorg dit baie mooi en goed. Fooie mag aangepas word vir ekstra prosedures soos deur Marilyn bepaal.

10h00: KOM BREI SAAM MET . . . DR. HOEPIE HOWELL. Sit rustig, brei/wees kreatief, ontspan en luister na haar voorlesings.

Mans kan ook kom en rustig saam sit en luister.

ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM

Deur die

genade van God

DIENSSENTRUMNOMMER

028 316 1745

KONTAK VIR JOAN

OF HANNIE

(09H30 – 12H30)

MAANDAG 15 MEI (DIENSENTRUM GESLUIT)

DINSDAG 16 MEI

WOENSDAG 17 MEI

DONDERDAG 18 MEI

KOLWYNTJIE TEETUIN

VRYDAG 19 MEI 09:30 - 11:30 Baie dankie aan al die getroue ondersteuners asook nuwe gaste wat die

KOLWYNTJIE kom besoek. Dis heerlik om julle met JESUS se liefde te

ontvang en te bedien!

Vir net R30 kan jy 'n heerlike koppie vars

filterkoffie of tee saam met 'n smaaklike soet -

of soutgereg van jou keuse geniet.

Vir groepbesprekings skakel Marie 083 457 1896

en as dit moontlik is so 'n week of 2 voor die

tyd. U is almal baie welkom!!

DIENSSENTRUM ALGEMENE INLIGTING

JAARGELD: Jaargelde is betaalbaar vanaf 1 Maart. As 'n mens aan 'n organisasie/klub behoort moet jy jaarliks jaargeld betaal - dit is ook so met die

Dienssentrum. Om aan die dienssentrum te behoort vra ons jaargeld. Uit die jaargeld kry u goedkoper haarversorging, goedkoper voete- en hande ver-sorging, goedkoper tee en eetgoed by die teetuin en gaan u ook goedkoper op uitstappies. Ons het die jaargeld vir 2017 aangepas. Ons vra R400 vir 'n en-kelpersoon en R600 vir 'n egpaar. U kan die jaargeld afbetaal of u kan dit eenmalig betaal by Joan/Hannie. Indien u nie die jaargeld kan bekostig nie praat asseblief met Hannie/Joan. Ons sal luister en 'n aanpassing maak.

PRAATJIES: Dinsdag, 23 Mei, om 10h00 praat dr. Hoepie Howell (psigiater) oor hoe dink mens aan/oor jou dood. Dit is en bly 'n moeilike

onderwerp vir baie mense. Kom luister en hoor wat u kan doen om oor die dood te kan praat en om ook mense rondom u te help daarmee.

ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM MARK: Daar word weer 'n markie gehou op Vrydag, 2 Junie, om 9h00 - 12h00 by die Dienssentrum. Die koste is

R20 per tafel en word betaal wanneer die tafel bespreek word by Joan/Hannie (028 316 1745).

ONRUSRIVIER MARK: Ons verwelkom vir Charlotte Swanepoel wat die Onrusrivier Markie oorneem by Ina van Rooyen. Charlotte gaan die Onrus-

rivier Mark as 'n bediening van die Onrusrivier Dienssentrum hanteer. Dit beteken dat sy 'n deel van haar wins met ons deel. Mag die Here haar seën in haar projek/bediening!

ONSTEATER FILMS Daar sal GEEN vertoning wees die

25ste Mei nie, as gevolg van Hem-

elvaartdiens. Daarna sluit die

Teater vir die wintermaande. Baie

dankie vir almal wat die flieks so

getrou ondersteun het. Dit was net

'n groot vreugde om saam met julle

dit te geniet. Sal die persoon wat in

die toekoms die flieks wil vertoon

asseblief met Erika kontak maak

of skakel Marie (028 316 4018).

Baie dankie!

Page 6: JESUS CHRISTUS HARTKLOP LIG! - ngkonrusrivier.co.za · 'n versorger (iemand om na u of u geliefde of u moeder en vader om te sien/ of iemand wat u kan help met hantering van u en

DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K)

083 468 8194 [email protected]

DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K)

083 448 1651 [email protected]

DS ANTON DUVENHAGE 072 477 3185

[email protected]

DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895

[email protected]

VOORSITTER KERKRAAD Piet van Zyl

082 339 9871 [email protected]

EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633

[email protected]

MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen

028 316 3115 (K) 079 322 0998

[email protected]

KOMMUNIKASIE BEAMPTE

Karin de Bruin 084 305 2086

[email protected]

ONTVANGS Mervian van der Merwe

084 875 7875 [email protected]

REK BEAMPTE Rika Eveleigh 082 679 1312

[email protected]

ADMIN BEAMPTE Hanna de Jager 082 441 9759

[email protected]

KOSTER Johan Symington

082 546 7415

Vir navrae en kommentaar

op die Hartklop [email protected] (Advertensies sluit Dins 12:00)

KERKKANTOOR ma - vry 08h00 - 13h00

Tel (028) 316-2116 [email protected]

www.ngkonrusrivier.co.za

DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier

Bank: ABSA

Rek. 406 215 2718

SENDING (GBO) Geloof Belofte Offer

Bank: ABSA

Rek. 916 9799 886

Groot dank en waardering vir ons Hartklop borg van die maand (‘n besigheid in ons

dorp wat verkies om nie genoem te word nie, maar dit net uit dankbaarheid te

doen). Ons eer God vir julle gehoorsaam-heid en liefde en bid Vader se seën oor jul

besigheid en gesinne.

KOSPAKKIES 22 MEI DV Mag ons vra vir HAWERMOUT en SARDYNE IN TAMATIESOUS? Baie dankie vir al die gereëlde bestanddele wat so getrou in die kratte by die deure geplaas word. Dit word BAIE waardeer! Vir enige navrae oor die Kospakkies, kontak asb Joep/Marie 028 316 4018.

KLEREKAS - WINTERSKLERE DRINGEND NODIG ASB

Die klerekas vra dringend enige wintersklere (kinders, mans en vroue) - die kaste

is leeg en dit raak koud!! Gaan loer gerus deur u kaste vir klere wat u nie dra nie. ..

iemand het dit nodig. Baie dankie!

CHILD WELFARE HERMANUS (CWH) SEEKS TO APPOINT A GENERAL MANAGER, based in Her-manus, to take responsibility for the operational functions of the organisation. S/he is expected to be passionate and committed to the protection of children, and the mission and vision of the organisation. To apply, please submit the following to [email protected]: Closing Date: 1 June 2017 (MEER INLIGTING BY DIE KERKKANTOOR) NOTULE-SEKRETARESSE GESOEK Kidbrooke Place Aftree-oord benodig die dienste van `n bedrewe persoon om een maal per maand die notule van hul bestuurskomiteevergadering af te neem. Vergaderings word op die 4de Woensdag van die maand gehou vanaf 10h00 tot ongeveer 12h30. Eie skootrekenaar is nodig en `n elektroniese opname van die verrigtinge sal beskikbaar wees. Vergoeding kan onderhandel word. Rig navrae asseblief aan Johan Prinsloo by tel. 028 316 2893.

wees

PARKEERDIENS OP SONDAE Ons het dringend u hulp nodig asb. Ons kort nog parkeerbeamptes op Sondagoggende om almal te verwelkom en help reg parker. Wat behels dit?

Elke Parkeerdiens Beampte doen ‘n maksimum van 40 min. diens voor Kerk; +- 1 Sondag in die maand. ‘n Diensrooster word opgestel as riglyn; waar die beamptes diens verrig – ‘n lys van telefoonnommers van alle Beamptes word voorsien, sodat hulle kan uitruil soos dit hulle pas. (Indien ons meer as 6 Beamptes kry, kan daar aflos Beamptes op die lys geplaas word om ook te help met uitruil beurte.) Vir enige navrae, kontak asb vir Willie of Poppie op 0827712944 / 0845155290 / Tel. No. (H) 028-3161024 of e-pos: [email protected]

CALITZDORP UITREIK (15 - 21 JULIE)

Ons het hierdie jaar weer die geleentheid om 'n uitreik span na Calitzdorp in die

Klein Karoo te neem. In Calitzdorp gaan ons deel van 'n groter span vorm wat saam

met twee sendelinge vanuit die Kaap (wat nou in Calitzdorp bly), 'n paar gemeen-

skapsprojekte gaan aanpak. Buiten die projekte gaan ons ook spesifieke programme

met die die kinders en die tieners hardloop en ons gaan tyd kry om familiese by

hulle huis te besoek.

Voorbidding sal waardeer word!

Calitzdorp raak gedurende die wintermaande ysig koud en ons vra dat die gemeente

serpe en "beanies" brei vir die die kinders van die gemeenskap. Hierdie uitreik is 'n

week lank (15-21 Julie) en die finansiele implikasie wat daarmee gepaard gaan is

taamlik uitdagend. Die kostes is R1100 per uitreiker en ons wil die gemeente

aanmoedig om hande te vat en indien moontlik, finansieël te ondersteun.

Hierdie uitreik is verseker 'n geleentheid waar die "tekkie die teer slaan" wanneer

dit kom by ons geloof en ons sê byvoorbaat dankie vir al U ondersteuning!

Vir enige navrae, kontak asb vir Ds Anton.