Kindskap · 2019-03-26 · Dit is tyd dat ons vir eens en vir altyd deur daardie worsteling ....

73
Kindskap Wat dit beteken om ‘n koningskind te wees Johan Delport Tygerberg Gesinskerk www.gesinskerk.co.za

Transcript of Kindskap · 2019-03-26 · Dit is tyd dat ons vir eens en vir altyd deur daardie worsteling ....

KindskapWat dit beteken om ‘n koningskind te wees

Johan Delport Tygerberg Gesinskerk www.gesinskerk.co.za

ii

Spesiale dankbetuigingPrediker 4:9 sê: “Twee vaar beter as een. Hulle inspanning kom tot iets.” Ek dank die Here vir die span wat Hy gegee het om saam met my te werk!

Hierdie Bybelstudie is geskryf om gelowiges, jonk en oud, te help om verder te groei in hulle geloof en is spesiaal bedoel om in ‘n groep behandel te word oor ‘n 8-weke tydperk. Dit kan egter net so maklik vir ‘n gesinsbybelstudie gebruik word of selfs vir persoonlike stiltetyd.

Om ‘n Bybelstudieboekie soos hierdie te skryf, Neem baie tyd en inspanning. Maar om seker te maak dat die gehalte goed is, het mens ‘n goeie span nodig – ‘n span wat mekaar ken en die werkslading en druk van tydsbeperkinge goed verstaan.

Ek dank die Here vir die mense wat Hy in en om ons gemeente geplaas het om my te help met hierdie taak. Hierdie span werk hard en sit baie tyd in. Daar word seker gemaak dat die Bybelstudie sinvol is en geïntegreerd deel uitmaak van ons gemeente se groeiplan.

Die span is as volg:

Alex Steyn - Teologiese versorging Ronel Griessel - Taalkundige versorging Riaan le Roux - Ontwerp en vervaardiging

Baie dankie. Julle is ‘n “great” span!

Die Here seën julle vir julle harde werk.

Johan Delport

iii

Voorwoord“Aan almal wat Hom [CHRISTUS] aangeneem het,

dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om KINDERS van God te word.” (Joh 1:12)

Nie te lank terug nie kom sien ‘n vrou my... Sy en haar man het beide minder as ‘n jaar terug die Here Jesus aangeneem as Verlosser en is kort daarna gedoop. Sover ek kon sien, was hulle goed op pad met die Here!

Dit was daarom ‘n totale verrassing vir my toe sy my vra: “Johan, ek is ‘n kind van die Here, ek weet dit. Maar waarom voel dit vir my asof al die kinders van die Here om ‘n tafel sit, saam eet en kuier, maar ek staan buite en loer net deur die venster? Waarom voel dit vir my ek is nie deel van die gesin nie?” Oor die jare wat ek in die bediening is, het ek gesien dat daar ook ander gelowiges is wat met dieselfde vraag worstel...

Hulle sukkel met hulle identiteit as Kind van God: Hulle sukkel met die konsep van geestelike Kindskap!

Wanneer ‘n gelowige sy of haar identiteit in Christus aanvaar en verstaan, stel dit hom of haar in staat om baie vinniger te groei in ‘n verhouding met God. Dit is my innige gebed dat die Here elke leser van hierdie boekie sal bewus maak van die werklikheid van sy of haar kindskap.

Indien jy besef dat jy nog nie ‘n kind van die Here is nie, blaai nou na bladsy 19 en lees daardie hoofstuk heel eerste, want Johannes 1:12 is ook vir jou bedoel.

Mag hierdie reeks vir elkeen van ons ‘n verdieping in ons geloof bring.

Die Here seën. Johan Delport

1

“Julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: ‘Abba!’ Dit

beteken Vader.” (Rom 8:15)

“I am no longer a slave to fear – I am a child of God!” Bethel Music

Inleiding

In ‘n artikel op Parent24 se webtuiste skryf Margot Bertelsmann dat navorsing bevind het dat 60% van alle Suid-Afrikaanse kinders groot word sonder ‘n pa. Wêreldwyd word daar baie navorsing gedoen oor die impak wat ‘n afwesige pa op kinders het.

Johnson and Johnson het bevind dat, in gesinne waar die vader van die kinders aktief betrokke is by hul opvoeding, daardie kinders tot 9 kenmerkende voordele in hul lewens beleef.

Hierdie voordele sluit in:

• Hulle is in staat om beter verhoudings te bou en lewensmaats te kies.• Hulle vaar akademies beter.• Hulle is minder vatbaar vir depressie.• Hulle is geneig om minder met die gereg te bots.• Hulle is meer vooruitstrewend in hulle beroepe.• Hulle het sterker waardes en ‘n beter selfbeeld.

Ongelukkig het baie van ons in ‘n minder-as-ideale huis groot geword. Baie van ons het groot geword in ‘n huis waar die pa

KindsKap

Inleiding

KindsKap

2

dalk afwesig, hard of onredelik was. Partykeer besef pa’s dalk nie wat ‘n groot impak hulle op hulle kinders het nie.

Ons het almal op die beste dag ‘n gebroke pa gehad: ‘n Pa wat, ondanks sy beste pogings, ook maar net mens is en aan die sondeval onderworpe is. Dit is ook wat Paulus sê in Romeine 3:23: “Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie.”

Almal van ons het ‘n pa wat in ‘n mindere of meerdere mate stukkend was, dit is as daar enigsins ‘n pa was. Die probleem is egter dat ons in ons gebrokenheid, wetend of onwetend, hierdie prentjie wat ons van ons aardse pa’s het, op God projekteer.

Die kans is goed dat, as ek ‘n afwesige pa gehad het, ek God sal sien as ‘n afwesige Vader: As my aardse pa ‘n onredelike streng pa was, dan sal ek dink dat God ‘n onredelike streng Vader is; As my pa nooit in my belanggestel het nie, dan sal ek dink dat my God ‘n Vader is wat nie in my belangstel nie.

Met hierdie Bybelstudiereeks wil ons die wanopvattings en verkeerde beelde wat ons dalk van God mag hê, aanspreek in die lig van die waarheid van die Woord.

Ons gaan oor die volgende 10 weke kyk wat die Bybel ons leer van God as Vader.

In John Bishop se boek, God Distorted, wys hy 8 verskillende aardse pa’s uit en beskryf hy hoe ons dalk ‘n verwronge beeld van God mag hê as gevolg van die beeld wat ons van ons aardse pa’s het.

Dalk het jy ‘n wonderlike aardse pa gehad. Dalk lewe jou aardse pa steeds en het jy ‘n goeie verhouding met hom. Ek weet hierdie een belangrike ding: al is my aardse pa hoe voorbeeldig en al het my aardse pa sy heel beste gegee in my opvoeding,

Inleiding

3

bly hy nes ek en jy, ‘n gebroke mens - iets wat God nie is nie!

Hoe moet ons hierdie reeks aanpak?

i. Wees bewus van wanopvattings

Elkeen van ons het sekere idees van hoe en wie God is. Daardie idees is gewoonlik gevorm buite die Skrif. Terwyl ons hierdie studie doen, moet ons bewus wees dat ons dalk optree vanuit ‘n verwronge beeld van hoe en wie God is.

ii. Bestudeer die Woord met ‘n oop gemoed

Miskien is hierdie die ideale geleentheid om die “RESET”-knoppie in ons harte te druk, veral as dit kom by die beeld wat ons van God die Vader het. Wanneer ons hierdie studie doen, moet ons bly terugverwys na die Woord. Ons bedoeling is om te leer hoe en wie God werklik is en wat dit werklik beteken om ‘n kind van God te wees.

iii. Maak die nodige regstellings

Koersaanpassings is nie altyd maklik nie, maar is broodnodig. Wanneer daar foute in ons mondering is, veral oor hoe ons God as Vader sien, gaan daar beslis fout wees in hoe ons onsself as kinders van God sien.

Aanvaar kindskap in Christus

“Jy is dus nie meer ’n slaaf nie; jy is nou ’n kind van God. En omdat jy sy kind is, het God jou ook sy erfgenaam gemaak.”

(Gal 4:7)

Baie gelowiges worstel met geloofsekerheid; hulle worstel met hulle posisie as kind van God; hulle worstel met hulle kindskap.

Dit is tyd dat ons vir eens en vir altyd deur daardie worsteling

KindsKap

4

breek en ons kindskap in Christus aanvaar. Dit maak nie saak wie ons aardse pa is/was of hoe goed of sleg ons aardse pa is/was nie. Ons moet die volgende waarheid in ons harte vasmaak:

Ons aardse pa’s is nie klein weergawes van God nie!

Of andersom gesê:

God die Vader is nie bloot ‘n groter weergawe van ons aardse pa’s nie!

In hierdie studie

In hierdie studie gaan ons spesifiek kyk na ons kindskap in Christus. Ons gaan vir die volgende 8 weke kyk na hoe die Vader ons wil kom help om:

i) ‘n Ware verhouding met Hom te hê.

Hoe word ons kinders van God die Vader? Wat is kindskap en waar begin dit?

ii) Sekuriteit en sekerheid te beleef in Christus.

In hierdie boekie gaan ons kyk na hoe ons verhouding met die Vader ons sekerheid gee in ons geloof. As kinders van God sal ons met meer sekerheid leef. Ons sal makliker vrees kan oorwin, nie net in ons geloofslewe en persoonlike lewe nie, maar ook in die alledaagse wêreld waar ons werk en speel...

iii) Te groei in Christus tot volle volwassenheid.

Wanneer ons ons kindskap in Christus aanvaar, dan begin die geloofsgroeipad. In hierdie boekie gaan ons kyk wat die Bybel leer, die verskillende fases van ons groei is en hoe om te groei

Inleiding

5

van baba na klein kind en van klein kind tot volwasse kind in Christus.

iv) Verantwoordelikheid te aanvaar in die huis.

Soos ons groei in Christus, so gee die Vader ons verantwoordelikhede in die huis. As baba het ons geen verantwoordelikheid nie, maar ook geen sê nie. Soos ons groei, kry ons meer verantwoordelikheid, maar kry ons ook meer sê, omdat die Vader ons gebruik in die huis om ander kinders te lei.

Kom ons begin hierdie studie deur om ons harte vir die Vader oop te maak. Hierdie God en Vader het ons lief en wil ons help om ons kindskap in Christus te aanvaar...

“Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het: Hy noem ons kinders van God, en ons is dit ook.”

(1 Joh 3:1)

“Omdat ons sy kinders is, het God die Gees van sy Seun in ons harte gestuur, en in ons roep Hy uit: ‘Abba!’

Dit beteken: Vader!” (Gal 4:6)

KindsKap

6

Notas

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

7

“Jy is dus nie meer ’n slaaf nie; jy is nou ’n kind van God. En omdat jy sy kind is, het God jou ook sy erfgenaam gemaak.”

(Gal 4:7)

“We are secure, not because we hold tightly to Jesus, but because he holds tightly to us”

R.C. Sproul

WEEK 1

Inleiding

Welkom by ons studie oor Kindskap. Oor die volgende 8 weke gaan ons stilstaan op hierdie onderwerp. Waarom kyk ons na hierdie onderwerp? Want baie Christene worstel van tyd-tot-tyd met dieselfde vrae:

• Is ek werklik ‘n kind van God?• Wat gebeur wanneer ek gestruikel het?• Sal God my kindskap van my wegneem?

Die meeste van hierdie vrae ontstaan uit onsekerheid oor wat die Skrif regtig leer oor ons identiteit in Christus.

Kom ons stap saam die pad en reis deur die Skrif. Ons moet hierdie waarhede vir eens en vir altyd vasmaak in ons harte. Hoe doen ons dit? Deur om...

• Die Skrifte waarna ons kyk in hierdie studie verder te gaan

KindsKap

Hoe weet ek ek is ‘n Kind?

KindsKap

8

bestudeer by die huis. (Doen moeite om 5 verse voor en 5 verse na die betrokke vers te lees).• Elke Skrif biddend te oordink.• Deel te neem in die groepstudies.• ‘n Notaboekie aan te skaf en die waarhede te dokumen-teer en verder daaroor na te lees in die Bybel.

Kindskap - Wat is dit en Hoe word ek ‘n kind van God?

Tema teks: Joh 1:12-13, 3:1-8 en 3:16-18 Leier: Moedig deelname aan deur almal in die groep ‘n kans te gee om leeswerk te doen.

Wedergeboorte – Die grootste wonderwerk ooit Lees Joh 3:1-8

Voordat ons verder gaan, moet ons hierdie belangrike feit hoor en verstaan: God wil ons sy kinders maak deur die Here Jesus se kruisdood.

Die vraag is nie of die Here ons wil red nie, of die Here ons sy kinders wil maak nie. Dit is ‘n uitgemaakte saak. In Johannes 3:16-17 maak God sy wil en sy agenda baie duidelik! Hy wil ons sy kinders maak.

Skryf neer wat die hoofgedagte van elke vers is:

Joh 1:12 __________________________________________

Joh 1:13 __________________________________________

Joh 3:3 __________________________________________

Joh 3:5 __________________________________________

Joh 3:6 __________________________________________

Hoe weet ek ek is ‘n Kind?

9

In Romeine 5:12 lees ons dat almal in sonde gebore is. Niemand kon hierdie natuurlike geboorte vryspring nie. Nie net is ons in sonde gebore nie, maar Romeine 3:23 sê dat elkeen van ons sonde doen as gevolg van ons sondige natuur.

As gevolg van hierdie sonde en sondigheid het ons nie deel aan die heerlikheid van God nie. Van nature is die mens ‘n vyand van God. Die mens sal vanuit sy sondige natuur altyd sonde kies en rebelleer teen God. Verder is die implikasie dat nie een van ons vanuit onsself ‘n ewige plek in die hemel kan bekom nie.

GespreksvraaG:Lees weer Joh 3:5-8 aandagtig deur. Wat sou ons sê gebeur by wedergeboorte en waarom is dit nodig? ____________________________ ________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Ons het verlossing nodig, dus het ons ‘n Verlosser nodig! Lees Ef 2:13-18

“Deur sy dood aan die kruis het Hy ’n einde gemaak aan die vyandskap en dié twee met God versoen en tot een liggaam

verenig” (Ef 2:16)

Die loon wat die sonde gee, is die dood (Rom 6:23). Maar dank die Here, die straf wat op ons moes kom, het die Vader op sy Seun, die Here Jesus geplaas. Aan die kruis het die Onskuldige (Jesus) vir die skuldiges (ons) gely (1 Pet 3:18).

Christus het deur sy kruisdood vrede kom maak tussen God en die mens. Christus en Christus alleen is ons Verlosser.

Ons moet Hom aanneem! (Joh 1:12)

KindsKap

10

Ons moet Hom voor oë hou! (Heb 12:1-3) Ons moet Hom volg! (1 Kor 11:1)

GespreksvraaG:Lees Kol 1:13-14. Wat lees ons in hierdie verse het God kom doen?

1. __________________________________________________________

2. __________________________________________________________

Wat het ons daardeur ontvang?

1. __________________________________________________________

2.__________________________________________________________

Hoe weet ek ek is ‘n kind van die Here?

Hoe weet ek ek is wedergebore? Lees Heb 11:1, 6 en Rom 10:9

Hoe weet ek ek is ‘n kind van die Here? Hoe weet ek ek is deel van die gesin van God? Hierdie is seker een van die vrae wat die meeste aan geestelike leiers gevra word: Hoe kan ek seker wees ek is ‘n kind van die Here?

Elke gelowige moet positief op hierdie vraag kan antwoord en sekerheid hê oor sy kindskap.

1. Het ek in geloof Jesus Christus aangeneem? (Joh 1:12)2. Laat ek toe dat die Skrif my gedagtes gedurig vernuwe? (Rom 12:1-2)3. Leef ek ‘n lewe wat weggedraai is van ‘n sondige leefstyl? (Gal 5:24)4. Streef ek daarna om die leiding van die Gees te volg? (Rom 8:14)5. Dra ek die vrug van die Gees? (Gal 5:22-23)

Hoe weet ek ek is ‘n Kind?

11

6. Streef ek daarna om aktief deel te wees van en meelewend te wees met die huisgesin van God? (Heb 10:24-25, Ef 2:19)

GespreksvraaG:Lees Rom 12:1. Dink mooi oor hierdie 6 vrae wat ons so pas bespreek het. Hoe dra elkeen van hierdie 6 aspekte by tot die offer wat ons maak aan die Here? ______________________________________________________ ____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Opsomming:

Wedergeboorte is die grootste wonderwerk ooit. Deur wedergeboorte maak God van sondaars sy kinders. Maar daar is ‘n wedersydse verantwoordelikheid:

God roep ons om te kom, maar ons moet steeds kom.

God gee ons wedergeboorte in Christus, maar ons moet nog steeds in geloof Christus aanneem as Verlosser.

So om kind van God te word, is ‘n samewerking tussen God en mens. God neem die inisiatief en doen al die vernuwingswerk, maar elkeen van ons moet steeds kom.

NB! NB! NB! NB! NB! NB! NB! NB! NB! NB! NB! NB!

Indien jy hierdie studie gelees het en tot die slotsom gekom het dat jy NIE ‘n kind van die Here is nie, gaan asseblief nou

na bl. 19 en lees die hoofstuk aandagtig!

NB! NB! NB! NB! NB! NB! NB! NB! NB! NB! NB! NB!

KindsKap

12

WEEK 1: Hoe weet ek ek is ‘n kind?

Iets om te onthou God wil ons sy kinders maak. Hy het dit baie duidelik gemaak

toe Jesus Christus aan die kruis gesterf het.

Ek word ‘n kind van God deur wedergeboorte - deur Jesus Christus aan te neem as Verlosser.

Vers om te onthou “Aan almal wat Hom [CHRISTUS] aangeneem het, dié wat in

Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.” (Joh 1:12)

Vraag om oor na te dink Het ek die Here Jesus aangeneem as Verlosser?

Het ek al ‘n oorgawe gemaak? Beleef ek sekerheid oor my nuwe identiteit in Christus as kind

van God?

Gebed om te bid Vader, baie dankie dat U deur Christus vir ons ‘n weg gebaan het om gered te kan word van ‘n verlore lewe. Dankie dat U u Seun gestuur het sodat ons gered kan word. Dankie dat U ons U kinders maak. Help my om so te leef dat hierdie verlossing in

my lewe reflekteer. AMEN!

Hoe weet ek ek is ‘n Kind?

13

Hoe word ek ‘n kind van die Here?

Indien jy nog nie die Here Jesus aangeneem het as jou Verlosser nie en graag ‘n kind van die Here wil word, wil ek jou ten sterkste aanmoedig om die volgende paar bladsye aandagtig te lees:

Moenie uitstel nie – doen dit sommer nou...

Waarom nie nou in geloof en in gebed tot God nader nie? Kom maak nou ‘n oorgawe. Kom neem nou die Here Jesus aan as Verlosser. Doen dit deur om die volgende gebed eerlik en opreg te bid:

My Here en my God, ek het my hele lewe lank teen U gesondig en ek weet ek is op pad hel toe. Ek kan niks self doen om my saak met U reg te stel nie. Daarom kom bely ek my sondigheid voor U en kom vra ek om vergifnis. Vergewe my vir my ou sondige lewe.

Ek aanvaar Christus se versoeningswerk aan die kruis. Vir my het Hy gelewe en gesterf aan die kruis, maar Hy het ook die dood oorwin deur Sy opstanding sodat ek ook soos Jesus uit die dood kan opstaan.

Vader, kom maak my U kind. Ek draai nou my rug op die wêreld. Ek wil U dien. Ek kom met die pad wat Jesus vir my gemaak het en ek plaas my vertroue en my geloof nou in U.

Dankie dat U my nou vergewe en my nou U kind maak. Ek prys U Naam. In Jesus Naam bid ek dit. Amen!

As jy hierdie gebed eerlik en opreg gebid het, dan het die Here jou Sy kind gemaak. Jy is nou wedergebore volgens Johannes 3:1-7. Hier begin ‘n nuwe lewe vir jou!

KindsKap

14

Wat moet jy nou doen?

STAP 1: Draai jou rug op die wêreld

“Dra dan vrugte wat by die bekering pas.” (Matt 3:8)

Begin deur vir 5 mense te vertel dat die Here jou gered het en dat jy nou ‘n kind van die Here is. Ek sal ook baie graag ‘n pad met jou wil stap. Indien jy hierdie besluit geneem het saam met die Here, kontak my asbseblief by [email protected] of by 084 580 5740. Ek hoor baie graag van jou!

STAP 2: Kies die pad van groei

“Hóm verkondig ons deurdat ons alle mense met alle moontlike wysheid onderrig en leer sodat ons elke mens tot geestelike volwassenheid in Christus kan bring.” (Kol 1:28)

Kies die pad van groei. Kies die pad na geestelike volwassenheid. Hier is 3 dinge wat belangrik is vir gesonde geestelike groei:

i. Begin met ‘n daaglikse stiltetyd.ii. Skakel in by ‘n Bybelse, leerende gemeente.iii. Skakel in by ‘n weeklikse Bybelstudiegroep.

STAP 3: Volhard in die Here

“Ons behou deel aan Christus as ons end-uit volhard in die vertroue waarmee ons begin het.” (Heb 3:14)

Moenie jou oë van die Here Jesus afhaal nie. Maak soos die Hebreërs-skrywer sê: hardloop, gooi al die laste af, hou die oog gevestig op Jesus. (Heb 12:1-2)

Die Here sal jou die krag gee deur die Heilige Gees. Hou aan bid, hou aan Bybelstudie doen en hou aan tussen ander gelowiges

Hoe weet ek ek is ‘n Kind?

15

kom om jou geestelik te versterk. (Heb 10:24-25)

STAP 4: Lewe ‘n Koninkrykslewe

“Beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.”

(Matt 6:33)

Lewe ‘n lewe wat ingestel is om die Here tevrede te stel. Soek die Here se wil in alles wat jy doen en Hy sal jou op die regte pad laat loop. (Spr 3:6)

Skakel in by die liggaam van Christus. Jy het ‘n rol om te speel! Skakel in, word ‘n dissipel, soek die Here se wil – en maak weer ander dissipels!

Mag die Here jou seën op hierdie groeipad. Kontak my gerus indien jy enige hulp, ondersteuning of bystand nodig het.

Die Here seën.

Johan Delport

KindsKap

16

Notas

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

17

“As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis opneem en My volg.” (Luk 9:23)

“Our Groom (Jesus Christ) is now our identity and nothing in our past matters anymore.”

A.W. Towzer

WEEK 2

Inleiding

Wanneer ‘n mens ‘n weeskind aanneem, dan behou daardie kind steeds sy eie DNA. Al verander die omgewing waarin die kind verder groot word, het die kind reeds ‘n sekere genetika wat deur sy biologiese ouers bepaal is.

Om kind van God te wees, is om deur God aangeneem te word, maar nie soos ons aardse voorbeeld nie. Verlede week het ons vir mekaar gesê dat ons weergebore word. Die Vader neem ons dus nie net aan nie, maar deur die kruisdood en opstanding van die Here Jesus maak God ons sy kinders deur wedergeboorte. Ons word in ‘n sin heeltemaal nuut geskape as God se kinders!

Tog sukkel menige gelowiges met hierdie realiteit. Hulle leef nie in die volheid van hulle nuwe identiteit in Christus nie.

Maar wat beteken dit dat ons nou kinders van God is? Waarom

KindsKap

‘n Heel nuwe Identiteit

KindsKap

18

kan ons nie meer met die ou lewe voortgaan nie?

In vandag se studie kyk ons na die nuwe identiteit wat ons in Christus het.

Kindskap - My nuwe Identiteit in Christus

Tema teks: 2 Kor 5:16-21 en Kol 3:5-11 Leier: Moedig deelname aan deur almal in die groep ‘n kans te gee om leeswerk te doen.

Ou Identiteit - Ek doen afstand van my ou lewe Lees Ef 4:22

“Vroeër was julle die ene duisternis, maar nou in die Here is

julle lig. Leef dan as mense van die lig.” (Ef 5:8)

Voordat ons kinders van God geword het, was ons vasgevang in duisternis...

Maar ons moet weet:

Ons was nie sondaars omdat ons sonde gedoen het nie. Nee, juis andersom – ons het sonde gedoen omdat ons van nature

sondaars was!

Ons was kinders van die duisternis. Ons kon onsself nie help nie en het ons gedoen wat omstandighede ons ookal toegelaat het en dalk ook waarmee ons kon wegkom.

Dit was ons lewe voordat God ons kom red het in Christus. Dit is voordat ons weergebore was en ‘n nuwe natuur ontvang het.

‘n Heel nuwe Identiteit

19

GespreksvraaG:Lees Gal 5:19-21 en Gal 6:8. Maak ‘n lys van die praktyke van die vlees wat hier genoem word. Wat, waarsku hierdie gedeeltes ons, is die gevolg van hierdie sondes in ons lewe? ______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Nuwe Identiteit - Ek leef my uit in Christus Lees Ef 2:5 en Gal 3:26

“Iemand wat aan Christus behoort, is ’n nuwe mens. Die oue is

verby, die nuwe het gekom.” (2 Kor 5:17)

Ons identiteit is in Christus. Ons is nie meer weeskinders of kinders van die duisternis nie. Ons is nou kinders van die Lig!

Die dag toe die Here ons gered het, het iets wonderliks gebeur: Ons is geheel en al verander. Ons is nuut gemaak - getransformeer. Ons is nou kinders van God met ‘n nuwe Identiteit. Vroeër was ons die ene duisternis, verlore en het ons dalk van die een begeerte na die volgende gelewe. Maar nou het God ons kom verander. Ons wil nie meer so lewe nie.

In die Nuwe Testament word daar baie beelde gebruik wat hierdie nuwe identiteit van ons duidelik maak. Kom ons lees die volgende verse en maak ‘n lys van wie en wat ons is in Christus.

1 Kor 12:27 ______________________________________2 Kor 11:2 ______________________________________1 Tim 3:15 ______________________________________

KindsKap

20

1 Pet 2:5 (i) ______________________________________1 Pet 2:5 (ii) ______________________________________1 Pet 2:9 (i) ______________________________________1 Pet 2:9 (ii) ______________________________________1 Pet 5:2 ______________________________________1 Joh 3:1 ______________________________________

‘n Roeping tot Hoër dinge Lees Ef 4:1, 2 Tim 1:9 en Heb 3:1

God het ons Sy kinders gemaak en ons ‘n nuwe identiteit kom gee. Wat in ons verlede gebeur het, is nie meer ons identiteit nie. Ons het ‘n nuwe identiteit: ons is nou kinders van God.

Saam met hierdie identiteit kom ook verantwoordelikheid. God het ons nie net gered van ‘n verloregaande lewe nie, maar het ons ook geroep tot nuwe dinge. Ons het ‘n hoër roeping! Daarom moet ons ons losmaak van die dinge van hierdie wêreld.

“Moenie die sondige wêreld en die dinge van die wêreld liefhê nie. As iemand die wêreld liefhet, is die Vader se liefde nie in

hom nie.” (1 Joh 2:15)

Ons roeping behels juis dat ons afstand doen van die ou lewe.

Ons roeping behels dat ons anders lewe as voorheen. As ons gered is van ‘n sondige lewe, van ‘n ou natuur, dan kan ons mos nie daarin voortlewe nie. Petrus sê: “Soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees.” (1 Pet 1:15)

Later in hierdie reeks gaan ons in meer diepte kyk na wat dit beteken om soos geroepenes te lewe.

‘n Heel nuwe Identiteit

21

GespreksvraaG:Lees 2 Tim 1:9. Na aanleiding van hierdie vers en die verse waarna ons reeds gekyk het, hoe behoort ons nuwe lewe te lyk? Hoe raak ons nuwe identiteit in Christus ons alledaagse lewe? _________________________ ____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Opsomming:

In vandag se studie het ons vir mekaar gesê dat God ons nie net kom red het en Sy kinders gemaak het nie, maar ons ook ‘n nuwe identiteit kom gee het. Hierdie nuwe identiteit spruit voort uit ons kindskap. Saam met hierdie identiteit kom daar egter sekere verantwoordelikhede - verantwoordelikhede wat pas by ‘n kind van God; wat vereis dat ons die ou lewe moet agterlaat en voluit vir die Here leef.

KindsKap

22

WEEK 2: ‘n Heel nuwe identiteit in Christus

Iets om te onthou God het my Sy kind gemaak. Ek is daarom nou ‘n kind van die

Allerhoogste. Saam met hierdie kindskap kom daar ook verantwoordelikheid. Deel van hierdie verantwoordelikheid is om die ou mens met

die ou lewe te verwerp.

Vers om te onthou “Iemand wat aan Christus behoort, is ’n nuwe mens. Die oue is

verby, die nuwe het gekom.” (2 Kor 5:17)

“Hy het ons gered en ons geroep om aan Hom toegewy te wees.” (2 Tim 1:9)

Vraag om oor na te dink Hoe reflekteer my lewe my kindskap in die Here? Getuig my

lewe dat die kruisdood en opstanding van die Here Jesus werklik is? Leef ek met die identiteit waartoe God my geroep

het?

Gebed om te bid Vader, baie dankie dat U my nie net gered het en gelos het nie, maar dat U my ‘n heel nuwe identiteit in Christus kom gee het. U het my gered en geroep om vir U te lewe. Kom help my om my ou lewe geheel en al te laat staan en voluit vir U te lewe.

AMEN!

23

“Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het: Hy noem ons kinders van God.” (1 Joh 3:1)

“God is my Father, He loves me, I shall never think of anything He will forget. Why should I worry?”

Oswald Chambers

WEEK 3

Inleiding

Elke mens het ‘n behoefte na ‘n vader. God het ons so gemaak. Soos ons reeds gesien het in die inleiding, kom baie van die probleme wat ons in hierdie wêreld het as gevolg van pa’s wat óf totaal afwesig was óf, wat vaderskap betref: die kat heeltemal aan die stert beet gehad het ...

God wil ons Vader wees! As gelowiges is Hy ons Vader en noem Hy ons ook sy kinders. In hierdie week se studie kyk ons na watter tipe vader ons God is en hoe dit ons Christelike handel en wandel sal verander wanneer ons Hom as God die Vader leer ken.

Ons kan gerus die woorde van John Bishop onthou:

God is nie bloot ‘n groter weergawe van my aardse pa nie!

God is volmaak, heilig en sonder enige tekortkominge. Sonde het geen skade aan Sy karakter of persoon gedoen nie. Anders

KindsKap

Leer God as Vader ken

KindsKap

24

as ons aardse pa’s, is God perfek en is Hy die Vader wat altyd die beste weet en doen vir ons.

Kindskap - Ons leer ons Vader ken

Tema teks: 1 Joh 5:1-5 Leier: Moedig deelname aan deur almal in die groep ‘n kans te gee om leeswerk te doen.

God is ons Vader en ons is Sy kinders Lees Rom 8:15 en Gal 4:6-7

Dit is vir die aardse gewone mens dalk vreemd om te dink aan God as sy Vader. Daarom is dit belangrik om God te ken en moeite te doen om ‘n verhouding met Hom te bou deur tyd te spandeer in die Woord, tyd te spandeer in gebed en tyd te spandeer met ander gelowiges.

In die Ou Testament sien ons dat God hom ontferm oor ‘n volk en dat Hy hulle grootendeels as ‘n hemelse Koning lei en rig. Maar in die Nuwe Testament sien ons dat God sy Seun stuur om in ons plek te sterf sodat ons deur Christus ook kinders van God kan word. Nie net is ons lede van Sy volk nie, maar ons is ook Sy kinders!

Hierdie is ‘n kern waarheid van ons geloof: Elkeen van ons wat Hom aangeneem het, het ‘n nuwe identiteit - dié van ‘n kind van God. Deur Christus het ons ‘n lewende verhouding met Hom. Ons is nie meer buitestaanders nie. Ons is kinders, mede-erfgename.

Leer God as Vader ken

25

GespreksvraaG:Lees Ef 2:4-5. Wat lees ons oor God die Vader se hart en gesindheid teenoor ons? Hoe behoort hierdie gesindheid van God die Vader ons lewens te raak? _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Ons Vader hoor as ons bid Lees Matt 7:7-12

Nie net hoor ons Vader ons as ons bid nie, maar Sy intensie is ook om die beste vir ons te gee. Jesus self het gesê:

“Julle Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van Hom vra.” (Matt 6:8)

Ons het dalk baie voorbeelde van aardse pa’s wat hulle kinders verwaarloos en nie vir hulle sorg nie. Ons sien dit om ons: pa’s wat hulle kinders in armoede dompel en oënskynlik nie omgee nie.

Maar God is nie so nie – Hy is ‘n Vader wat sorg!

GespreksvraaG:Lees Matt 6:25-34. Watter tipe vader is ons God? Hoekom hoef ons nie te bekommer nie? Hoe bied dit vir ons gemoedsrus oor ons behoeftes? ____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

KindsKap

26

NEEM KENNIS:

God is Regverdig en weet die beste vir Sy kinders Lees Matt 25:14-30

God is ‘n goeie Vader. Hy weet wat goed en reg is vir ons. God weet hoeveel om te gee en vir wie om wat te gee. Ons moet Hom vertrou met dit wat ons het wat Hy vir ons gegee het.

As goeie Vader weet God wat Hy aan ons kan toevertrou. Ons begeertes moet nooit wees om te hê wat ander mense het nie, maar liewer om God tevrede te stel met dit wat Hy reeds vir ons gegee het.

GespreksvraaG:Wat is die les wat ons leer uit Matt 25:15? __________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Lees nou 1 Joh 5:14. Watter belangrike waarheid kom na vore in hierdie gedeelte? _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Ons is ook die huisgesin van God Lees Ef 2:19 en 1 Tim 3:15

As ons kinders van God is en God is ons Vader, dan is ons tog die lewende huisgesin van God, almal broers en susters in hierdie gesin.

Paulus skryf aan Timoteus en gee aan hom baie spesifieke

Leer God as Vader ken

27

voorskrifte oor hoe dinge moet gebeur in die gemeente. In die huisgesin van die Here kry ons verskillende “ouderdomme” gelowiges. Hierdie ouderdomme wys egter nie net na fisiese ouderdomme nie, maar eerder na geestelike volwassenheid. (Volgende week gaan ons ‘n bietjie dieper hierna kyk.)

Wat belangrik is in hierdie studie, is om te besef dat ons broers en susters in die Here Jesus is.

GespreksvraaG:Lees Rom 8:29. Ons lees in hierdie gedeelte 2 belangrike waarhede rondom ons verhouding met Christus. Wat is hierdie waarhede? _____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Opsomming:

In vandag se studie het ons na verskeie teksverse in die Bybel gekyk. Ons het gesien dat ons hemelse Vader perfek is. Hy weet wat elkeen van ons nodig het, so ons mag nie bekommer oor ons fisiese behoeftes nie... Ons moet eerder onsself daarop toespits om ‘n gesonde en lewende verhouding met ons hemelse Vader te bou.

KindsKap

28

WEEK 3: Leer God as Vader ken

Iets om te onthou God is ons Vader. Anders as aardse pa’s wat soms foute maak,

kan God nie foute maak nie. Hy weet wat ons nodig het, nog voordat ons daarvoor vra. Ons

kan dus geheel en al op Hom vertrou.

Vers om te onthou “Julle Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van

Hom vra.” (Matt 6:8)

“God self het gesê: ‘Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.’ 6Daarom kan ons met vertroue sê: ‘Die Here

is my helper, ek ken geen vrees nie: wat kan ’n mens aan my doen?’ ” (Heb 13:5-6)

Vraag om oor na te dink In watter area van my lewe leef ek nie in volle vertroue teenoor

die Here nie? Watter stappe kan ek doen om my vertroue ook hier in die

Vader te stel?

Gebed om te bid Vader, baie dankie dat ek U met alles in my lewe kan vertrou. Soms kom ek onder die versoeking om te twyfel en angstig

te raak. Help my om my oë op U te hou en nie op my lewensomstandighede nie. AMEN!

29

“Julle is dus nie meer ver van God af nie, nie bywoners nie, maar medeburgers van die gelowiges en lede van die

huisgesin van God.” (Ef 2:19)

“God is not calling us to go to church! He is calling us to be His Church.”

Craig Groeschel

WEEK 4

Inleiding

Oor die afgelope paar weke het ons gesien dat God ons as Sy kinders wil hê. Met die wedergeboorte word ons God se kinders. Dít het God moontlik gemaak deur die Here Jesus te stuur om in ons plek te sterf. Ons sit ons vertroue en geloof in die Here Jesus en deur om Hom aan te neem en in Hom te glo, maak die Vader ons Sy kinders.

Wanneer wedergeboorte plaasvind, word ons deel van God se gesin. Ons moet egter onthou dat daar ook ander kinders van God in hierdie gesin is. Die huisgesin van God bestaan uit baie broers en susters uit verskillende agtergronde en met verskillende ouderdomme.

In vandag se studie gaan ons kyk na die belangrikheid om te verstaan dat ons baie kinders in die huisgesin van God is.

KindsKap

Deel van die Huisgesin van God

KindsKap

30

Kindskap - Deel van die Huisgesin van God

Tema teks: 2 Kor 6:14 – 7:1 Leier: Moedig deelname aan deur almal in die groep ‘n kans te gee om leeswerk te doen.

Ons is almal Kinders in die Huisgesin van God Lees Kol 1:28

Daar is baie kinders in die huisgesin van God. Paulus skryf aan Timoteus en moedig hom aan met hierdie woorde: “Ingeval my koms vertraag word, sal jy dus weet hoe iemand hom moet gedra in die huisgesin van God, dit is die gemeente van die lewende God.” (1 Tim 3:15)

Ons God is tog ‘n God van orde (1 Kor 14:33). God is die Vader van hierdie geestelike huisgesin. In die Bybel het Hy vir ons riglyne gegee oor hoe elkeen hom moet gedra sodat geestelike groei vir elkeen moontlik sal wees.

GespreksvraaG:Lees Rom 15:1-3. Wat was Christus se gesindheid teenoor ons nog voordat ons gered was? Hoe behoort ons teenoor mekaar op te tree volgens hierdie vers? __________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Verskillende Geestelike Ouderdomme Lees 2 Kor 13:11

In die huis van ons Vader is baie kinders met baie verskillende ouderdomme. Dit is belangrik dat ons besef dat almal in die kerk nie geestelik ewe volwasse is nie. Dit is dié wat sterk is in

Deel van die Huisgesin van God

31

die geloof se taak om dié wat swak is in die geloof te help om geestelik te groei. Of anders gestel, dit is volwasse kinders in die huis se taak om die kleiner kinders te help om te groei!

In die Nuwe Testament sien ons 5 verskillende volwassen-heidsvlakke. Kom ons kyk na elkeen van hulle:

VLAK 1: Geestelike babas – (Grieks: ARTIGINETA) Lees Heb 5:13 en 1 Pet 2:2

In die kerk is daar baie geestelike babas. Dit kan wees dat hulle onlangs tot geloof gekom het of dat hulle nog net nooit gegroei het nie. Hulle is jonk en nog nie vas in die geloof nie. Hulle moet bewaar word teen allerhande valse leringe en die ABC van Christenskap as fondasie geleer word.

Die baba se verantwoordelikheid:

Geestelike babas moet smag na die Woord van die Here en om die fondasie van hulle geloof te versterk. Dit is ook baie belangrik dat jong gelowiges gereeld tussen ander volwasse gelowiges kom. Hulle moet elke geleentheid soek om te leer.

VLAK 2: Geestelike peuters – (Grieks: NEPIOS) Lees Ef 4:14-15

Klein kinders (peuters) is dalk op die gevaarlikste stadium van hul opvoeding: hulle is nuuskierig en probeer alles. Die Grieks tref onderskeid tussen ‘n kleiner kindjie (NEPIOS) en ‘n kind wat taalvaardig is (TEKNON). Die kleiner kind is nog baie onkundig en kan nie op sy eie onderskeid tref tussen reg en verkeerd nie.

Die kleiner kind se verantwoordelikheid:

Paulus moedig ons ook aan in Efesiërs 4:15 om in liefde by die

KindsKap

32

Waarheid te bly. Ons moet hierdie kleiner kinders vasmaak aan die Woord sodat hulle kan groei.

VLAK 3: Geestelike kinders – (Grieks: TEKNON) Lees 1 Pet 1:14 en Ef 6:1-3

In die huis van die Here kry ons ook ouer kinders: kinders wat weet wat reg en verkeerd is. Net soos in ‘n gewone huis moet kinders hulle ouers eerbiedig en sekere reëls moet gehandhaaf word. Hierdie kinders is in staat om geleer te word en verantwoordelikheid te aanvaar vir hulself in kleiner take. Hulle is nog nie volwasse nie, maar hulle is oud genoeg om deel te kan neem aan die huishouding, skottelgoed te was en take in die tuin te verrig.

Die ouer kind se verantwoordelikheid:

Soos Petrus beskryf in 1 Petrus 1:14, is hierdie kinders in staat om verantwoordelikheid te kan neem. Ons sal ‘n fout maak deur hulle steeds net melk as kos te gee.

Die ouer kind moet doelbewus uitgedaag word om te groei. Hulle moet aktief deel gemaak word van die gemeentelewe. Hulle kan dalk nog nie verantwoordelikheid aanvaar vir die volwasse sake in die gemeente nie, maar hulle moet beslis deel gemaak word daarvan.

VLAK 4: Volwasse seuns en dogters - (Grieks: UIOS) Lees 2 Kor 6:17 – 7:1 en Rom 8:14

In Lukas 15:11 lees ons die verhaal van die verlore seun. Ons lees dat die twee seuns al volwasse kinders was. Hulle kon saam met hulle pa die besigheid bestuur en tot ‘n mate saam met hulle ouers volwasse besluite neem.

Deel van die Huisgesin van God

33

Die volwasse seun en dogter se verantwoordelikheid:

Dit is hulle taak om verantwoordelikheid te aanvaar saam met die leiers van die gemeente, vír die gemeente. Hierdie is manne en vroue wat hulle deur die Gees laat lei (Rom 8:14), nie deur manipulasie of vrees nie. Hulle ken die Woord en is in staat om verantwoordelikheid te help aanvaar vir dié wat nog swak is in die geloof.

VLAK 5: Geestelike vaders Lees 2 Tim 1:2, Tit 1:4 en Fil 10

Paulus noem homself die geestelike vader van Timoteus, Titus en Onesimus. Daardeur wys Paulus dat hy persoonlik mentorskap-verantwoordelikheid aanvaar vir hulle.

Die geestelike vader se verantwoordelikheid:

Paulus het opgetree as ‘n geestelike leier en as mentor vir dié om hom, nie net jong gelowiges nie, maar ook volwasse gelowiges. Hierdie tipe leierskap moet ontwikkel word, ook in die hedendaagse kerk.

GespreksvraaG:Lees weer Kol 1:28. Bespreek in die groep hoe ons moontlik ons gemeente kan rat om jonger gelowiges te help om te groei na volwassenheid? __________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

KindsKap

34

Opsomming:

In vandag se studie het ons gekyk na die 5 vlakke van geestelike volwassenheid. Hierdie vlakke is nie daar vir ons om mense in die gemeente te evalueer en te kategoriseer nie. Nee, dit is bedoel om ons bewus te maak dat ons in ons midde al hierdie verskillende vlakke van geestelike volwassenheid het en dat ons mekaar in liefde met sensitiwiteit moet benader.

Verder moet ons ook sekerheid hê oor waar ons self staan en weet waartoe ons groei in die Here. Soos Paulus sê: “Streef na geestelike volwassenheid” (2 Kor 13:11).

Deel van die Huisgesin van God

35

WEEK 4: Deel van die Huisgesin van God

Iets om te onthou Elkeen van ons het ‘n verantwoordelikheid in die huisgesin

van God. Hierdie verantwoordelikheid pas by my geestelike volwassenheid.

Elkeen van ons behoort seker te wees van ons eie dissipelskap-pad asook sensitief te wees om ander te help om verder te

groei.

Vers om te onthou “Verder, broers, wees bly, streef na die geestelike

volwassenheid, aanvaar vermaning, wees eensgesind, leef in vrede.” (2 Kor 13:11)

“Hóm verkondig ons deurdat ons alle mense met alle moontlike wysheid onderrig en leer, sodat ons elke mens tot geestelike volwassenheid in Christus kan bring.” (Kol 1:28)

Vraag om oor na te dink Waar staan ek tans op my geloofsgroeipad? Wat is die dinge

wat my terughou van geestelike groei?

Gebed om te bid Vader, baie dankie dat ek deel kan wees van U huisgesin. Kom help my dat ek sal groei in U. Help my om ander te vertel van Christus Jesus sodat ek hulle ook kan help om op hierdie pad

in U te groei. AMEN

KindsKap

36

Notas

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

37

“Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal.” (Gal 5:25)

“It is a great act of eternal love when Christ once for all absolves the sinner and places him in the family of God.”

C.H. Spurgeon

WEEK 5

Inleiding

In verlede week se studie het ons gesien dat, as gelowiges, elkeen van ons deel IS van die huisgesin van God. Daar bestaan nie iets soos ‘n “Lone Ranger” Christen nie. Ons is deel van ‘n gemeenskap: die liggaam van Christus.

Die vyand het dit tot ‘n mate reggekry om sommige Christene om die bos te lei deur hulle te oortuig dat hulle op hulle eie, sonder enigiemand anders, die Here voluit kan dien. Dit is waarom ons soveel “sitkamerkerke” kry (mense wat slegs kerk kyk op die TV). Dit is egter nie die Here se wil vir ons dat ons onsself isoleer nie.

Ongelukkig is dit ook waar dat sommige mense opgehou het om kerk toe te gaan omdat die kerk van tyd tot tyd uitdagings en probleme ervaar het wat daardie mense dalk teleurgestel of seergemaak het...

In vandag se studie kyk ons juis na hierdie probleme en uitdagings

KindsKap

‘n Huis met Huisreëls

KindsKap

38

en waarom ons nie mag ophou om aktief deel van die gemeente te wees wanneer daar uitdagings of probleme kom nie.

Kindskap - Daar is Huisreëls

Tema teks: Gal 5:22-26 en 1 Tim 3:14-16 Leier: Moedig deelname aan deur almal in die groep ‘n kans te gee om leeswerk te doen.

Regte, egte huisgesin met regte, egte probleme Lees Ef 2:19, 1 Tim 3:15 en Ef 1:23

Ons hoef nie te diep in die Nuwe Testament te lees om agter te kom dat die gemeentes van daardie tyd ook maar probleme en uitdagings gehad het nie. In amper elke hoofstuk in Handelinge sien ons die kerk het sekere uitdagings en probleme gehad wat hulle moes oorkom.

Elke Huis het sy Kruis

Daar is ‘n mooi Afrikaanse uitrukking wat lui: “Elke huis het sy kruis!” Dit beteken dat elke huis of persoon maar sy moeilikheid of leed het. Dit is dus baie belangrik dat ons moet onthou dat die kerk ons geestelike gesin is. Die feit dat ons soms probleme in die kerk ervaar, beteken nie dat ons net opspring en weghardloop nie.

GespreksvraaG:Lees weer Ef 2:19, 1 Tim 3:15 en Ef 1:23. Kyk mooi na elke vers. Wat word die kinders van God genoem in hierdie verse? Wat is die meegaande verantwoordelikheid wat die verse op ons plaas? ____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

‘n Huis met Huisreëls

39

Waarom is daar probleme in die kerk vandag? Lees Ef 4:13-16

Waarom is daar probleme en uitdagings in die kerk vandag? Ons is mos almal Christene en ons almal is vrygekoop van die slawerny van sonde deur die bloed van Jesus Christus. Ons is mos almal in ‘n lewende verhouding met die Vader deur die Here Jesus.

Lees hierdie verse in die groep en skryf die redes neer waarom ons soms probleme kan ervaar in die kerk:

Jak 4:1 __________________________________ Jak 4:4 __________________________________ Jak 4:6 __________________________________ Rom 8:14 __________________________________ 1 Kor 2:1-2 __________________________________

Daar is baie redes waarom ons van tyd tot tyd uitdagings en probleme in die kerk beleef. Soms is dit omdat ons te doen het met jong gelowiges wat in onkunde optree, soms is daar persoonlikheidskonflik tussen gelowiges en soms ervaar ons probleme omdat gelowiges in sonde volhard.

Paulus gee vir ons goeie raad in Efesiërs 4:15-16: “Ons sal in liefde by die waarheid bly en so in alle opsigte groei na Christus toe... 16en uit Hom groei die hele liggaam...”

GespreksvraaG:Lees Heb 10:24-25. Watter raad gee die Hebreërs-skrywer aan ons in hierdie gedeelte? Hoe kan dit ons help om uitdagings en probleme te oorkom in die gemeente? ___________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

KindsKap

40

Die huisreëls vir die huisgesin van die Here Lees 1 Tim 3:15

Paulus skryf aan Timoteus en moedig hom aan om die gemeente te leer oor hoe hulle hulself moet gedra in die huisgesin van God.

Jesus het self vir ons die goue reël gegee. Hierdie reël is veral van toepassing op die gemeente, die huisgesin van God:

“Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit is tog waarop dit neerkom in die

wet en die profete.” (Matt 7:12)

Kom ons maak ‘n studie van die MEKAAR-verse in die Nuwe Testament. Hierdie MEKAAR-verse kan genoem word: “Die huisreëls vir die huisgesin van God”.

Lees elke vers sorgvuldig en skryf dan neer wat elke keer gesê word wat die MEKAAR-reël is:

20 Mekaar-Huisreëls vir die Huisgesin van God

1 Joh 3:23 ______________________________________

Rom 12:10 ______________________________________

Rom 12:16 ______________________________________

Rom 14:13 ______________________________________

Rom 15:7 ______________________________________

Gal 5:13 ______________________________________

Gal 6:2 ______________________________________

Ef 4:2 ______________________________________

Ef 4:16 ______________________________________

Ef 4:32a ______________________________________

‘n Huis met Huisreëls

41

Ef 4:32b ______________________________________

Kol 3:13 ______________________________________

Kol 3:16 ______________________________________

1 Tess 4:18 ______________________________________

1 Tess 5:11 ______________________________________

1 Tess 5:13 ______________________________________

Heb 3:13 ______________________________________

Jak 5:16 ______________________________________

1 Pet 4:9 ______________________________________

1 Pet 5:5 ______________________________________

Opsomming:

Om vandag se studie op te som, kan ons mekaar bemoedig met hierdie woorde: Ons is die gemeente van Christus, die lewende huisgesin van God! Gaan ons soms uitdagings en probleme ervaar? Wees verseker ons gaan! Maar onthou die woorde wat Jesus vir Petrus in Matteus 16:18 gesê het:

“Ek bou my kerk! Die magte van die doderyk sal dit nie kan oorweldig nie!”

Ons, die gemeente van Christus, staan nie net onder ons Hoof se gesag nie, maar ook onder Sy beskerming!

KindsKap

42

WEEK 5: ‘n Huis met Huisreëls

Iets om te onthou Ons is die huisgesin van God. Soos in enige gesin gaan ons

van tyd tot tyd uitdagings en probleme ervaar en moet hanteer. Ons taak is om seker te maak ons bly gewortel in die Woord van God, ons hou ons oë op ons Hoof, Christus Jesus ons

Here, en ons het mekaar onvoorwaardelik lief.

Vers om te onthou “Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot

liefde en goeie dade. Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar

mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom.”

(Heb 10:24-25)

Vraag om oor na te dink Dink weer oor die huisreëls vir die huisgesin van God...

Op watter manier kan ek hierdie “huisreëls” integreer met my alledaagse gemeentelewe?

Gebed om te bid Vader, baie dankie dat ek die voorreg het om deel te wees van

U huisgesin. Dankie dat U deur die Here Jesus my deel kom maak het van hierdie gesin. Help my om my broers en susters

lief te hê en nie op hulle foute en tekortkominge te konsentreer nie. AMEN

43

“God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor

Hy ons bestem het.” (Ef 2:10)

“We must show our Christian colours if we are to be true to Jesus Christ” C.S. Lewis

WEEK 6

Inleiding

Ons het in Week 2 oor ons identiteit as kind van God gesels. Daardie identiteit moet ons in Christus aanvaar en deel maak van ons lewens. In vandag se studie gaan ons weer kyk na ons kindskap, maar ook na ‘n paar ander rolle wanneer dit kom by ons Identiteit, Verantwoordelikheid en Posisie in Christus.

Paulus skryf aan Timoteus en sê vir hom: “Hy het ons gered en ons geroep om aan Hom toegewy te wees.” (2 Tim 1:9) Paulus herinner Timoteus dat God ons geroep het om aan Christus toegewy te lewe. Dit is ons lewensroeping en ons verantwoordelikheid.

God het ons nie net gered om gered te wees nie. Ons redding in die Here Jesus is nie ‘n einde opsigself nie, maar net die begin. Hy het ons gered en geroep om aan Hom toegewy te lewe.

KindsKap

Identiteit, Verantwoordelikheid en Posisie

KindsKap

44

Ons Verantwoordelikheid, Identiteit en Posisie in Christus

Tema teks: Gal 4:1-7 en Ef 4:1-6 Leier: Moedig deelname aan deur almal in die groep ‘n kans te gee om leeswerk te doen.

Identiteit – Ons is Kinders van God Lees Fil 2:15 en Gal 4:6

Ons is uit God gebore. Dit beteken wedergeboorte is die inisiatief wat God neem om ons te red en ons Sy kinders te maak. Dit het gebeur toe ons Jesus Christus aangeneem het en in geloof God se pad na redding aanvaar het.

Kindskap is dus iets wat God vir ons gee uit Sy groot genade. God het dit kom doen omdat Hy ons eerste liefgehad het. Dit is genade en nie ons eie werke nie (Ef 2:5). Maar nou is ons verander. Ons is nuwe mense. Ons dra nou die familienaam in Christus en is klaar met die dinge van die ou lewe. Maar saam met hierdie genade van God kom daar ook verantwoordelikheid.

Ons nuwe identiteit bring nuwe verantwoordelikheid. Lees die onderstaande verse.

Skryf by elke vers wat ons verantwoordelikheid is volgens daardie vers:

1 Joh 3:9 ___________________________________

2 Tim 1:9 ___________________________________

Rom 8:14 ___________________________________

Heb 3:14 ___________________________________

Heb 6:12 ___________________________________

Kol 3:16 ___________________________________

Identiteit, Verantwoordelikheid en Posisie

45

GespreksvraaG:Lees Ef 2:4-5. Wat lees ons in hierdie verse oor God se hart vir Sy kinders? Dink nou aan die lys verantwoordelikhede hierbo... Hoe hou God se genade verband met ons verantwoordelikhede? ___________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Verantwoordelikheid – Ons is Ambassadeurs vir Christus Lees 2 Kor 5:20 en Fil 3:20

Ons is kinders van God. Dit beteken ons is deel van die familie van Christus. Die volgende rol wat ons speel, is teenoor die wêreld. Ons is Ambassadeurs vir Christus. Wat beteken dit? Dit beteken ons verteenwoordig Christus.

Paulus skryf en sê dat hy soos ‘n ambassadeur optree en namens Christus by die gemeente pleit: “Aanvaar die versoening met God wat Hy bewerk het!” (2 Kor 5:20). Dit is presies wat ons werk is. Ons volg Christus. Ons is tog almal dissipels van Jesus. Maar ons doen meer as dit – ons verteenwoordig Christus.

Teenoor die gemeente (Heb 10:24-25)

Ons verteenwoordig Christus eerstens binne die kerk. Dit gebeur wanneer ons mekaar aanmoedig om voluit vir die Here te leef. Wanneer ons die mense in die gemeente aanmoedig om in dieper toewyding aan God te lewe, dan doen ons dit tog namens Christus. Ons verteenwoordig Christus.

Teenoor die wêreld (Hand 2:40)

Toe Petrus op Pinksterdag die evangelie aan die Jode verkondig

KindsKap

46

het, het hy nie sy eie boodskap, sy eie evangelie, verkondig nie, maar die boodskap van Christus. Waarom? Want dit is die boodskap van krag!

Ons het dus ‘n verantwoordelikheid as kinders van God – ‘n verantwoordelikheid om Christus te verteenwoordig, eerstens teenoor die mense in die kerk, maar ook teenoor die mense buite die kerk.

GespreksvraaG:Lees Kol 4:5-6. Kyk na die spesifieke instruksies in hierdie verse. Wat is ons verantwoordelikheid teenoor mekaar en teenoor die wêreld? ____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Posisie – Ons is Volk van God, Kinders van Abraham Lees Gal 3:7-9, 28 en Kol 3:11

In Christus word ons deel van die volk van God. Wanneer ons ons geloof en vertroue in Christus plaas, maak God ons deel van Sy volk. Ja, almal wat glo, is nou die geestelike kinders van Abraham.

Hierdie is ‘n fundamentele waarheid. Elkeen van ons wat die Here ken, is ‘n kind van God. Ons is nou reeds volkome deel van God se volk. Ons word dit nie meer en meer soos ons in geloof groei nie! “Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie lief het.” (Kol 3:12)

Wanneer ons hierdie waarheid vasmaak in ons harte, dan gee dit ons sekerheid in Christus. Ons is daarom nie meer buitestaanders nie. Ons is deel! Of ons nog babatjies is in die geloof en of ons al volwasse is, elkeen van ons is ‘n kind van God en is deel van Sy volk.

Identiteit, Verantwoordelikheid en Posisie

47

GespreksvraaG:Lees 2 Kor 1:18-22. Wat lees ons in hierdie verse oor ons posisie in Christus en die impak daarvan? __________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Ons is die Kerk van Christus Lees Ef 1:22-23

Ons is die liggaam van Christus. Die kerk is die gemeente van God en het ‘n baie belangrike roeping. Ons het 3 hooftake:

• Verkondigingstaak (Kol 1:28) Ons verkondig die evangelie aan alle mense. Ons wil ongelowiges tot redding bring en ons wil gelowiges tot volle volwassenheid in Christus bring.

• Verhoudingstaak (Matt 22:37-40 en Fil 1:11) Ons wil die gemeente help om in die regte verhouding met God te staan en ons wil hulle help om in die regte verhouding met mense te staan (gelowiges en ongelowiges).

• Versorgingstaak (Gal 6:10 en Jak 2:14-16) Ons neem verantwoordelikheid waar ons kan ook vir die fisiese behoeftes van ons gemeente en die mense buite die kerk. Die versorgingstaak ondersteun ons verkondigingstaak.

Opsomming: In vandag se studie het ons gekyk na ons Identiteit, Verantwoordelikheid en Posisie in Christus. Ons moet verstaan dat ons posisie nie iets is wat progressief is nie, m.a.w. dit word nie méér namate ons groei in Christus nie. As ons weergebore is in Christus, dan is ons reeds volkome kinders van God; ons is ambassadeurs vir Christus; ons is die volk van God en ons is die gemeente van die Here Jesus Christus.

KindsKap

48

WEEK 6: Identiteit, Verantwoordelikheid en Posisie

Iets om te onthou Wanneer die Here my red, maak Hy my deel van die gemeente. Ek word dit nie meer en meer namate ek groei in Christus nie.

Met wedergeboorte is ek volledig: Kind, Ambassadeur, Volk en Kerk.

Vers om te onthou “Laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die

roeping wat julle van God ontvang het.” (Ef 4:1)

“Julle, daarenteen, is ’n uitverkore volk, ’n koninklike priesterdom, ’n nasie wat vir God afgesonder is, die

eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy

wonderbare lig.” (1 Pet 2:9)

Vraag om oor na te dink Dink weer oor jou identiteit, verantwoordelikheid en posisie in Christus. Op watter manier bied dit my sekerheid om te weet

dat ek hierdie vaste posisie het in Christus?

Gebed om te bid Vader, baie dankie dat U die inisiatief neem om my U kind

te maak. Help my om my identiteit, verantwoordelikheid en posisie in Christus te verstaan en uit te leef. AMEN

49

“As iemand in die een of ander sonde val, moet julle wat julle deur die Gees laat lei, so iemand in ’n gees van sagmoedigheid

reghelp. En pas op: jy kan self ook in versoeking kom.” (Gal 6:1)

“The difference between mercy and grace? Mercy gave the prodigal son a second chance. Grace gave him a feast.”

Max Lucado

WEEK 7

Inleiding

In vandag se studie kyk ons na die verhaal van die verlore seun. Jesus vertel die verhaal nadat Hy twee kort gelykenisse, die verlore skaap en die verlore muntstuk, vertel het.

Ons gaan die verhaal van die verlore seun gebruik as basis om te kyk hoe kinders van die Here ook soms sukkel om hulself agtermekaar en uitgesorteer te kry. In die kerk vandag is daar ook mense, gelowiges, wat sukkel met dinge in hulle lewens. Sulke onafgehandelde sake kan groot hartseer en skade in ‘n mense se lewe veroorsaak.

Dit is ons taak as gelowiges om mekaar te akkommodeer en mekaar aan te moedig en reg te help waar ons kan. Ons kyk in vandag se studie na elke rolspeler in hierdie verhaal. Dan trek ons ‘n parallel na die kerk en kyk watter lesse die Here vir ons wil

KindsKap

Die Verhaal van 2 Gebroke Seuns

KindsKap

50

leer oor hoe ons met mekaar moet werk.

Gebrokenheid in die Gesin van God

Die verhaal van 2 gebroke seuns

Tema teks: Luk 15:11-32 Leier: Moedig deelname aan deur almal in die groep ‘n kans te gee om leeswerk te doen.

Die Verlore Seun(s): Kindskap verkeerd verstaan

In die verhaal van die verlore seun het ons te doen met ‘n seun, die jongste, wat in ‘n sekere sin dalk gewens het dat sy pa reeds gesterf het sodat hy kon erf.

Op ‘n dag vra hy toe na sy erfporsie en die pa betaal hom toe sy deel uit. Die pa kon dalk gedink het dat dit beter is dat sy seun sy erfporsie kry as dat sy seun hom dood wens vir die res van sy lewe... Watter kans op herstel dink ons kon daar werklik wees vir hierdie verhouding?

Ons almal ken die verhaal: hy het al sy geld verkwansel en toe baie spyt gekry en teruggekeer huis toe. By die huis gekom, was sy pa baie bly om sy verlore seun weer te sien, maar die ouer broer het (net soos die jonger broer!) nie die volle omvang van ware kindskap verstaan nie.

Kom ons kyk na die rolspelers...

Die Vaderhart van God Lees Luk 15:20 en Ef 2:4

Die eerste belangrike punt wat ons in hierdie verhaal moet verstaan, is dat ons ‘n liefdevolle Vader het. Die dag toe ons die Here Jesus in geloof aangeneem het, het God ons kom nuut

Die Verhaal van 2 Gebroke Seuns

51

maak. Hy het ons wedergeboorte geskenk!

Die tweede belangrike punt wat ons moet verstaan, is dat hierdie Vader van ons perfek is! Hy is nie net ‘n groter weergawe van my aardse pa nie. Ons Vader maak nie foute nie.

In hierdie parallel weet ons die vader verwys na ons hemelse Vader. Die seuns verwys na God se kinders en dat beide seuns hulle kindskap verkeerd verstaan het.

Daar is baie te sê oor die vader in hierdie verhaal: Ons sien dat hy ryk was; ons sien dat hy regverdig was in die verdeling van die erfporsie tussen die twee kinders (v12); ons sien dat hy goed gesorg het vir sy dagloners (v17) – hy was goedhartig.

Wat ons hieruit leer van ons hemelse Vader is dat Hy saggeaard is en dat Hy sy kinders innig lief het.

GespreksvraaG:Lees Ps 145:8, Jes 42:3 en Heb 4:16. Wat leer ons oor die Vaderhart van God? Watter impak behoort dit te hê op hoe ons die Vader sien? ____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Die Jongste: die wegloopkind Lees Luk 15:1-10

Dit is belangrik om die verlore seun te verstaan teen die agtergrond van die ander twee gelykenisse. Ons lees tog God se hart ook in Lukas 19:10: die Vader het Jesus na hierdie wêreld toe gestuur om te soek en te red wat verlore is.

Hierdie wegloopseun (Grieks – UIOS) was eintlik ‘n volwassene,

KindsKap

52

‘n seun wat saam met sy pa in die familie-besigheid gewerk het. Ons het hier te doen met ‘n wegloopseun, maar hy is ‘n volwassene! Hy het goed verstaan wat hy doen en hy het doelbewus sy rug gedraai op sy vader.

Die jongste seun se sonde het nie begin toe hy by sy vader se huis uitgestap het nie. Hy was lankal reeds vasgevang in sonde nog voordat hy sy pa gevra het vir sy erfporsie. Die wegloop en verkwanseling van sy erfporsie was maar ‘n resultaat van die sonde wat reeds in sy hart was.

Hy vertrek toe na ‘n ver land en verkwis al sy geld. Toe die hongersnood die land tref, het hy niks oorgehad nie en moes hy varke oppas, maar steeds het hy honger gely. Dit neem hom toe lank om tot sy sinne te kom en te bekeer en terug te gaan na sy vaderhuis toe.

Net so ‘n bietjie agtergrond: Na aanleiding van die ander twee gelykenisse wat Jesus vertel, die verlore skaap en die verlore muntstuk, is dit belangrik om daarop te let dat daar nie ‘n groot soektog na die verlorene is nie! Die skaap en die muntstuk kan hulleself tog nie vind nie, maar die verlore seun weet waar sy vaderhuis is en hy weet hy moet bekeer en teruggaan huis toe.

GespreksvraaG:Lees Luk 15:9-10 en 24. Wat is God se reaksie wanneer ‘n mens bekeer en na die Here toe draai? Wat behoort ons gesindheid teenoor sulke mense te wees? _____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Die Verhaal van 2 Gebroke Seuns

53

Die Oudste: die seun wat van buite af inkyk Lees Luk 15:25-32

Eintlik behoort baie aandag aan die ouer broer geskenk te word in ons studie. Baie van die verhaal se boodskap lê eintlik in die vader se interaksie met die ouer seun. Jesus vertel hierdie gelykenis juis as gevolg van sy interaksie met die Fariseërs en tollenaars in Lukas 15:1-2.

Dalk kan ons identifiseer met die ouer broer? Hy was sy hele lewe lank onderdanig aan sy pa; het elke oggend vroeg opgestaan; het weggebly van sonde; was ‘n goeie en getroue seun. Hoe sou ons gevoel het toe die rebelse, jonger broer terugkeer en sommer dadelik ter ere herstel word in plaas daarvan om gestraf te word?

Die ouer broer het baie emosies beleef. Nes die jonger broer het die ouer broer ook nooit sy identiteit as seun reg verstaan nie. Ons lees in Lukas 15:29 die wortel van die probleem: “Kyk, al die jare werk ek soos ’n slaaf vir Pa. Nog nooit het ek ’n opdrag van Pa verontagsaam nie, en vir my het Pa nog nooit eers ’n bokkie gegee sodat ek saam met my vriende kan feesvier nie.”

Die ouer broer se woede was gegrond op die feit dat hy nooit sy identiteit as kind verstaan het nie. Omdat hy homself oorgegee het aan hierdie woede, kon hy nie sy pa se blydskap deel toe die ander broer terugkeer huis toe nie.

GespreksvraaG:Lees Luk 15:28 en 31-32. Hoe antwoord die pa die ouer broer? Wat leer ons uit hierdie gesprek? ________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

KindsKap

54

Opsomming

Daar is ‘n paar duidelike lesse wat ons uit hierdie verhaal kan neem. Dit is belangrik om die toepassing hiervan op die huisgesin van God te verstaan.

In die gemeente gaan ons van tyd tot tyd te doen hê met beide hierdie broers. Ons gaan soms ‘n broer sien in sonde val en ons sal soms broers sien wat hulle harte verhard.

Elkeen van ons moet egter self seker maak dat ons ons identiteit in Christus, as kind van God, vasgemaak het in die hart. Dan sal ons self ook in staat wees om nie in sonde te val (soos die jonger broer) of om ons harte te verhard (soos die ouer broer) nie.

Die Verhaal van 2 Gebroke Seuns

55

WEEK 7: Die verhaal van twee gebroke seuns

Iets om te onthou Ons is ‘n geestelike gesin en ons is almal broers en susters in

Christus. Ons moet mekaar daarom liefhê. Soms sal van ons gesinslede fouteer en in sonde val. Ons werk is om ons te beywer in hulle herstel, want dit is wat ons Vader

wil hê.

Vers om te onthou

“Ek sê vir julle: Net so is daar blydskap onder die engele van God oor een sondaar wat hom bekeer.” (Luk 15:10)

“Ons kan tog nie anders as om fees te vier en bly te wees nie, want hierdie broer van jou was dood, en hy lewe weer; hy was

verlore, en ons het hom teruggekry.” (Luk 15:32)

Vraag om oor na te dink Verstaan ek my kindskap? Kan ek in my verhouding met die

ander gesinslede sien dat ek my identiteit in Christus verstaan en uitleef?

Gebed om te bid Vader, leer my om na die ander gesinslede te kyk soos wat U na hulle kyk. Leer my deur U Gees om ook ‘n diepe begeerte

te hê dat mense hulle moet bekeer na Christus en saam met U en die engele bly sal wees wanneer die verlore seun terugkom

huis toe. AMEN

KindsKap

56

Notas

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

57

“Waak en bid, sodat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is gewillig, maar die vlees is swak.” (Matt 26:41)

“Remember that if you are a child of God, you will never be happy in sin”

C.H. Spurgeon

WEEK 8

Inleiding

Welkom by die laaste studie in die reeks oor Kindskap. In die vorige week se studie het ons gekyk na die verlore seun. In vandag se studie kyk ons spesifiek na Christene wat teruggeval het.

Elkeen van ons kom van tyd tot tyd in versoeking. Dit is nie ‘n sonde om in versoeking te kom nie, maar wanneer ons persoonlike verhouding met die Here nie sterk is nie, kan ons maklik in sonde val en verval.

In vandag se studie kyk ons na hoe om op te staan en terug te keer na die Here. Hierdie studie is eerstens bedoel om ons te help om, wanneer ons self in ‘n situasie is waar ons vasgevang is in sonde, uit dit uit te kom. Tweedens kan hierdie studie ons help om iemand anders deur die proses te lei wanneer hy/sy wil terugkom na die Here toe, maar nie weet hoe nie.

KindsKap

Teruggeval, seergekry, opgestaan en weer probeer

KindsKap

58

Teruggeval, seergekry, opgestaan en weer probeer...

Tema teks: Heb 3:12-15 Leier: Moedig deelname aan deur almal in die groep ‘n kans te gee om leeswerk te doen.

Hoe nou gemaak? Iemand tussen ons het teruggeval in sonde. Dalk was dit ek; dalk was dit jy! Ons lees baie duidelik in die Skrif: “Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind.” (1 Pet 5:8)

Jesus waarsku ook Sy dissipels soos Hy Petrus gewaarsku het: “Luister! Die Satan het daarop aangedring om julle soos koring te sif.” (Luk 22:31)

Niemand word deur die versoeker gespaar nie. Almal gaan versoek word en soms tot die uiterste versoek word.

Lees die onderstaande verse en skryf die kerngedagte van die gedeelte/verse neer (plaas die klem op hoe ons uit die sonde se kloue gaan bly...):

Ps 25:15 ____________________________________________

Ps 119:9-11 ____________________________________________

1 Kor 10:12 ____________________________________________

1 Kor 10:13 ____________________________________________

Jak 4:7 ____________________________________________

Heb 12:3 ____________________________________________

Teruggeval, seergekry, opgestaan en weer probeer

59

Die pad na Herstel en Rehabilitasie

Kom ons kyk na die 4 stappe wat ons kan help om weer op te staan wanneer ons in sonde geval het. Dit is van kardinale belang om te onthou dat ons moet opstaan en terugkeer na die Here, sou ons ooit val. Ons mag nie dat die skande en skaamte van sonde ons weghou van ons liefdevolle en genadige Here nie.

“Die Here help almal op wat geval het.” (Ps 145:14)

STAP 1: Bely en bekeer Lees 1 Joh 1:8-9

Salomo leer sy seun die volgende beginsel in Spreuke 28:13: “Wie sy sonde wegsteek, moet niks goeds te wagte wees nie; wie sy sonde bely en daarvan afsien, sal genade ontvang.”

Wanneer iemand in sonde val, is die eerste stap om te begin op die pad na herstel, om die sonde te erken en daarvan te bekeer. Bekering is baie meer as om net jammer te voel oor wat gedoen is. Natuurlik moet ons berou hê en jammer wees oor die verkeerde in ons lewens, maar bekering is soveel meer as dit. Soos Salomo sê, daar moet afgesien word van die verkeerde gedagtes en aksies!

GespreksvraaG:Lees Ef 4:22-24. Watter raad gee Paulus vir ons in hierdie gedeelte? Hoe kan ons dit toepas? ____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

KindsKap

60

STAP 2: Maak reg Lees Num 5:5-7

In die Ou Testament moes iemand wat sy medemens benadeel het, ook skadevergoeding gedoen het. Die beginsel is duidelik: soms is om jammer te sê net nie genoeg nie.

Ons moet, binne ons vermoë, regmaak dit wat ons stukkend gemaak het. Wanneer ons iets gebreek het, moet ons dit vervang; wanneer ons iets gevat het, moet ons daarvoor vergoed.

GespreksvraaG:Lees Matt 5:23-24. Wat is die opdrag wat Jesus hier vir ons gee? Wat is die beginsel wat ons hier sien en waarom is dit belangrik? ________________ ____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

STAP 3: Maak ‘n nuwe toewyding Lees Rom 12:1-2

Paulus moedig ons aan in Romeine 12:11: “Moenie in julle toewyding verslap nie!” ‘n Verslapping in toewyding lei maklik tot geestelike verval en om uiteindelik vasgevang te word in sonde. Daarom is dit noodsaaklik om altyd die vlam van ons toewyding aan te blaas en geesdriftig te bly oor die Here en oor ons geloof.

Iemand wat tot bekering kom en regmaak waar hy verkeerd gemaak het, maar homself nie weer aan die Here verbind en toewy nie, sal net eenvoudig weer terugsak en sonde doen.

Wanneer ons in toewyding leef aan die Here, dan hou ons ons

Teruggeval, seergekry, opgestaan en weer probeer

61

oë op die Here Jesus. Ons spandeer tyd in gebed en bestudeer die Woord soveel as wat ons moontlik kan. Dit is hoe ons die stamina in die Here ontwikkel om nee te sê vir sonde. Dit is al manier hoe ons staande kan bly in die Here Jesus, want ons kan nie staan in ons eie krag nie.

GespreksvraaG:Lees 1 Tim 4:8 en 1 Tim 6:11. Dink mooi oor hierdie verse. Lees weer Rom 12:1-2. Watter impak het toewyding op my verhouding met die Here en op my lewe? ________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

STAP 4: Keer terug na die gesin Lees Heb 10:24-25

Ongelukkig sien ons male sonder tal dat wanneer iemand in sonde val, dan val hy of sy ook uit die gemeenskap van die gelowiges. ‘n Persoon wat in sonde val, kan maklik ervaar dat die skande en skaamte te groot is. Verder kan daar ook ‘n groot mate van veroordeling en selfveroordeling wees.

Ons wat staande bly, mag dit nie moeilik maak vir iemand wat in sonde geval het, om dit reg te maak en weer deel van die gemeenskap van die gelowiges te wees nie.

In 2 Korintiërs 2:7 pleit Paulus by die gemeente dat hulle ‘n man wat moeilikheid gemaak het, moet vergewe. Hy pleit by hulle en vra hulle mooi om die man te vergewe, anders, sê hy, gaan die man se hartseer so groot wees dat hy heeltemal moed verloor.

KindsKap

62

Die gemeente moet ‘n plek wees waar ons mense help om gesond te word. Die gemeente is die hospitaal vir geestelike siek en gebroke mense. Dit beteken egter nie dat daar nie dissipline is nie, maar die dissipline is altyd gefokus op herstel en genesing. Ons moet daarom mense wat in sonde geval het, aanmoedig om terug te keer tot die gemeenskap van die gelowiges en sulke broers en susters met blymoedigheid ontvang.

GespreksvraaG:Lees Ef 4:32 en Kol 3:13. Wat is die gesindheid wat ons teenoor mekaar moet hê? Wat sê Heb 10:24-25 moet ons teenoor mekaar doen? _________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Opsomming

Wanneer iemand geval het, is dit belangrik dat ons, wat sterk staan in die Here, soos ‘n vangnet moet optree. Ons moet vir so ‘n persoon bid en moeite doen om aan so ‘n persoon liefde te toon.

Ons moet ons harte bewaar om nooit in ‘n gees van oordeel teenoor ons medegelowiges (of teenoor die ongereddes) te staan nie. Onthou, die Here Jesus het gekom om te soek en te red wat verlore is (Luk 19:10), nie om hulle te verwerp nie (Joh 3:17).

Teruggeval, seergekry, opgestaan en weer probeer

63

WEEK 8: Teruggeval, seergekry, opgestaan en weer probeer

Iets om te onthou Wanneer een van ons in sonde val, is dit belangrik om so gou

as moontlik weer die Here se aangesig te soek, vergifnis te vra, op te staan en aan te gaan met die Here.

Indien iemand in die gemeente in sonde geval het, moet ons eerlik en opreg poog om so ‘n broer of suster te help op die

pad na herstel in die Here Jesus.

Vers om te onthou “Broers, as iemand in die een of ander sonde val, moet julle

wat julle deur die Gees laat lei, so iemand in ’n gees van sagmoedigheid reghelp.” (Gal 6:1)

“Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.” (1 Kor 10:12)

Vraag om oor na te dink Op watter manier kan ek iemand wat dalk in sonde geval het,

opvolg, bemoedig en aanmoedig om weer terug te kom na die Here toe?

Gebed om te bid Vader, ek is bewus dat die vyand my en ander gelowiges tot ‘n val wil bring. Help my om my oë op die Here Jesus te hou

en in my toewyding aan U te volhard deur gereeld in U Woord te kom, gereeld te bid en gereeld in die gemeenskap van

gelowiges te wees. AMEN.

KindsKap

64

Notas

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

Teruggeval, seergekry, opgestaan en weer probeer

65

Slotwoord“’Ek sal vir julle ’n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees,’ sê die Here, die Almagtige.” (2 Kor 6:18)

Baie dankie dat jy die 8-weke pad saamgestap het. Ek vertrou dat dit vir jou tot groot seën was.

My gebed is regtig dat jy ná hierdie studie jou identiteit as kind van God beter verstaan. Wanneer dit kom by kindskap moet ons die volgende gedagte vasmaak:

My aardse pa is nie ‘n klein weergawe van God nie!

Of andersom gesê:

God die Vader is nie bloot ‘n groter weergawe van my

aardse pa nie!

Ons God en Vader van die Here Jesus is perfek, sondeloos en Hy het sy kinders innig lief.

Wat nou? Wat is die volgende stap?

STAP 1: Hou aan om tyd in die Woord te spandeer.STAP 2: Maak gereeld tyd vir gebed.STAP 3: Gebruik elke geleentheid om saam met die gesin (die gemeente) tyd te spandeer.STAP 4: Strek geestelik uit na volwassenheid in Christus.

Dit is vir my ‘n groot voorreg om jou broer in Christus te wees en saam met jou deel te wees van die huisgesin van God.

Die Here seën.

Johan Delport

KindsKap

66

Notas

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

67

Ander Beskikbare Bybelstudies:

5 Solas - 5 Ankers

Daar is vyf ononderhandelbares vir ons geloof wat gedurende die Protestante Reformasie gedefinieer was. In hierdie reeks bestudeer ons die 5 Ankers en ons maak seker dat ons geloof hierop geanker en gewortel is.

Genesis

Die Ou Testament en Genesis is nét so van toepassing vandag. In hierdie studie kyk ons na Genesis deur die bril van die Nuwe Testament en bied ‘n verfrissende perspektief op die belangrikheid van Genesis in ons geloof.

Volg My

Dissipelskap is elkeen van ons se ware roeping. Hierdie studie volg die dissipels van waar hulle geroep is tot waar hulle uitgestuur is. Dit bied ‘n uitdaging tot ons as Christene om onsself af te vra: “Volg ons Jesus werklik?”

68

Karakter van God

‘n Studie van God se karaktereienskappe. Deur na God se karaktereienskappe te kyk, leer ons God beter ken en verstaan ons beter wat God van ons verwag.

Dis Oorlog

‘n Verfrissende studie oor die Christen se Wapenrusting. Wanneer dit kom by Geestelike Oorlogvoering is daar baie wanopvattings daar buite. Hierdie studie bied ‘n eenvoudige, Bybelse benadering tot hierdie onderwerp.

Kindskap

Wat beteken dit om ‘n kind van God te wees? Hierdie studie kyk na hoe ons ons identiteit in Christus vind en ons kindskap aanvaar.

69

Jabes

Hierdie studie bied ‘n nuwe blik op Jabes se gebed waar dit weg beweeg van voorspoedteologie. Jabes se gebed word besigtig vanuit ‘n Nuwe Testamentiese perspektief. Ons kyk na die belangrikheid van gebed en ‘n goeie verhouding met die Vader.

Waardes

Waardes definieer ons lewens en is soos ‘n kompas wat ons op die regte pad hou. In hierdie studie kyk ons na die waardes wat ons op die pad van die Woord hou en hoekom waardes belangrik is in ons lewens.

Waarde van die Woord

Sekularisme het ons lewensbenadering baie kom verander. Ook die hoofstroom kerk het ongelukkig nou ‘n meer liberale teologiese aanslag. Hierdie studie daag ons uit om die Bybel weer as die Woord van God te ag en daarvolgens te lewe.

70

Vir Botter of vir Wors

Die huwelik is bedoel om “For Better or for Worse” te wees. In hierdie studie kyk ons na relevante onderwerpe waarmee getroude paartjies gekonfronteer kan word. Doen hierdie studie as ‘n voorhuwelikse of huweliksverrykingskursus.

Internet vIr ChrIstene

“Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe.” - Rom. 12:2a

J.L. D

elport

Johan Delport

Internet vir

Christene

Die tyd waarin ons leef, word gekenmerk aan ‘n oorlading van kommunikasie en inligting. Dit sluit ‘n bonte verskeidenheid

van onderwerpe en temas in. Vryheid van spraak en die spreekwoordelike “mag van die pen” word dikwels as ‘n grenslose reg beskou. Sosiale media en die internet skep dus ‘n omgewing waarin die kinders van God, van alle ouderdomme, baie versigtig moet wees oor hoe om hierdie inligting oordeelkundig aan te wend. Onthou, alles is nie noodwendig geestelik opbouend of “gesond” nie.

Die vraag is dus nie oor wat oor ons pad kom nie, maar eerder oor hoe ons dit hanteer wat oor ons pad kom. Hierdie Bybelstudie skep ‘n platform vir gesprek waar die kind van God kan besin oor alles wat deur die sosiale media en internet op ons skoot land.

“Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig.” (Fil 4:8).

Ds. Chris Heunis

Wie is Johan Delport?

Die Here het Johan gered op 15 Augustus 1994 op die ouderdom van 15. Kort na sy drastiese bekering het hy die roeping van die Here op sy lewe ervaar om voltyds vir die Here te werk.

Johan het na skool by die Baptiste Seminarium sy lisensiaat in teologie gedoen. Hy en sy vrou Tanja is getroud op 2 Desember 2000. Johan en Tanja het eers in Kemptonpark 'n klein gemeente van 20 lidmate bedien vir 2 jaar en is daarna na Bloemfontein Baptiste gemeente beroep waar hulle vir 5 jaar deel was van een van die land se grootste Afrikaanse gemeentes. Op 3 Februarie 2008 het Johan en Tanja Tygerberg Gesinskerk in Durbanville geplant.

Internet vir Christene

Hierdie reeks bied die Christen Bybelse filters vir hoe om die internet, sosisale media en selfoonkommunikasie tot eer van God te gebruik. Dit help die Christen om seker te maak dat hy/sy ‘n goeie “aanlyn-getuienis“ uitleef.

Radikaal

Om ‘n dissipel van die Here Jesus te wees is radikaal - dit is anders as die wêreld. Hierdie reeks kyk na die verskillende fasette van ons geloof en daag ons uit om ‘n radikale lewe in Christus te leef.