JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewTema vir die jaar: ... wat deur die Departement...

12
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 1 17 - 24 Januarie 2014 Tema vir die jaar: “Jakkies vir Jesus” OUERS: VERWELKOMING: Baie welkom aan al ons nuwe leerders en ouers, asook ons nuwe Sportorganiseerder mnr Wilco van der Merwe en koshuisvader en –moeder mnr en mev Sakkie en Linda Jansen van Vuuren. Ons hoop dat u vinnig hier tuis sal voel en ons wens u ‘n lang en aangename verbintenis met Jacobsdal Primêre Skool en Kareehof Koshuis toe. Neem asseblief kennis neem van die volgende nuttige inligting Webtuiste: www.jakkies.com Eposadresse: [email protected] [email protected] [email protected] Ouers mag nie direk na ‘n klaskamer gaan nie. Meld asseblief by die kantoor aan sodat ons adminpersoneel u kan help. Reël asb. doktersafsprake vir u kind buite skoolure indien enigsins moontlik. Stel asseblief die skoolhoof skriftelik in kennis indien dit per uitsondering binne skoolure moet plaasvind en kom teken u kind in die uittekenregister by die kantoor uit. Elke oudste of enigste leerder in ons skool ontvang elke Vrydag ‘n nuusbrief met inligting en al die reëlings vir die volgende week. U moet assebief op die nuusbriefkontroleblad teken dat u die nuusbrief ontvang en gelees het. Gaan asb. die nuusbrief saam met u kind deur sodat hy/sy ook weet wat alles in die volgende week gebeur. Bewaar asseblief al u nuusbriewe aangesien ‘n mens baie keer terugverwys na ou nuusbriewe. Alle leerders kom op Woensdae met hulle sportklere skool toe. Alle skool- en sportklere moet gemerk wees. Die skool en personeel neem geen verantwoordelikheid vir klere wat wegraak nie. Kinders moet hulle besittings self oppas. Periode- en uitkomtye word by die nuusbrief aangeheg vir u kennisname. Middagetes by die koshuis (vir dagskoliere) beskikbaar @ R25. Kaartjies kan vooraf gekoop word en vóór 10:00 elke oggend in die boksie by die kantoor ingegooi word om die ete te bespreek. Leerders mag nie selfone tydens skoolure in hulle besit hê nie. Selfone mag wel vóór skool by die kantoor ingehandig en na skool weer afgehaal word. Die handboeke wat deur die Departement verskaf word, is soms nie genoeg vir alle grade nie. Ons probeer om dit so vinnig as moontlik aan te vul. Ouers moet daarop let dat die Departementele Rekenaarstelsel in 2013 alle afwesighede vir die hele jaar by die vierde kwartaal op die rapport geplaas het. Graad 4 – 6 leerders kan huiswerkboeke vir elke kwartaal by die klasonderwysers koop @ R25 elk. In die huiswerkboek is al die vakke vir elke dag aangeteken. Slegs Lapeza, koshuisetekaartjies, swemklub- en gimnastiekklubgelde word by die finansiële kantoor betaal. Alle ander gelde word by die klasonderwysers inbetaal. Ouers wat gelde elektronies inbetaal moet asseblief hulle kind se naam en van + waarvoor die betaling is, as verwysing gebruik. Faks asseblief bewys van betaling na: 053 5910103. Ouers kan kennis neem van die uitslae van die Jaarlikse Nasionale assessering (Departementeel) wat in 2013 deur graad 1 – 6 leerders geskryf is en by die nuusbrief ingesluit is. WAARDES: Personeel en kinders van Jacobsdal Primêre Skool wil graag vanaf 2014 daarna strewe om ‘n “Waardegedrewe

Transcript of JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewTema vir die jaar: ... wat deur die Departement...

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 1 17 - 24 Januarie 2014Tema vir die jaar: “Jakkies vir Jesus”OUERS:VERWELKOMING:Baie welkom aan al ons nuwe leerders en ouers, asook ons nuwe Sportorganiseerder mnr Wilco van der Merwe en koshuisvader en –moeder mnr en mev Sakkie en Linda Jansen van Vuuren. Ons hoop dat u vinnig hier tuis sal voel en ons wens u ‘n lang en aangename verbintenis met Jacobsdal Primêre Skool en Kareehof Koshuis toe.

Neem asseblief kennis neem van die volgende nuttige inligting Webtuiste: www.jakkies.com Eposadresse: [email protected] [email protected] [email protected] Ouers mag nie direk na ‘n klaskamer gaan nie. Meld asseblief by die

kantoor aan sodat ons adminpersoneel u kan help. Reël asb. doktersafsprake vir u kind buite skoolure indien enigsins

moontlik. Stel asseblief die skoolhoof skriftelik in kennis indien dit per uitsondering binne skoolure moet plaasvind en kom teken u kind in die uittekenregister by die kantoor uit.

Elke oudste of enigste leerder in ons skool ontvang elke Vrydag ‘n nuusbrief met inligting en al die reëlings vir die volgende week. U moet assebief op die nuusbriefkontroleblad teken dat u die nuusbrief ontvang en gelees het. Gaan asb. die nuusbrief saam met u kind deur sodat hy/sy ook weet wat alles in die volgende week gebeur. Bewaar asseblief al u nuusbriewe aangesien ‘n mens baie keer terugverwys na ou nuusbriewe.

Alle leerders kom op Woensdae met hulle sportklere skool toe. Alle skool- en sportklere moet gemerk wees. Die skool en personeel

neem geen verantwoordelikheid vir klere wat wegraak nie. Kinders moet hulle besittings self oppas.

Periode- en uitkomtye word by die nuusbrief aangeheg vir u kennisname. Middagetes by die koshuis (vir dagskoliere) beskikbaar @ R25. Kaartjies

kan vooraf gekoop word en vóór 10:00 elke oggend in die boksie by die kantoor ingegooi word om die ete te bespreek.

Leerders mag nie selfone tydens skoolure in hulle besit hê nie. Selfone mag wel vóór skool by die kantoor ingehandig en na skool weer afgehaal word.

Die handboeke wat deur die Departement verskaf word, is soms nie genoeg vir alle grade nie. Ons probeer om dit so vinnig as moontlik aan te vul.

Ouers moet daarop let dat die Departementele Rekenaarstelsel in 2013 alle afwesighede vir die hele jaar by die vierde kwartaal op die rapport geplaas het.

Graad 4 – 6 leerders kan huiswerkboeke vir elke kwartaal by die klasonderwysers koop @ R25 elk. In die huiswerkboek is al die vakke vir elke dag aangeteken.

Slegs Lapeza, koshuisetekaartjies, swemklub- en gimnastiekklubgelde word by die finansiële kantoor betaal. Alle ander gelde word by die klasonderwysers inbetaal.

Ouers wat gelde elektronies inbetaal moet asseblief hulle kind se naam en van + waarvoor die betaling is, as verwysing gebruik. Faks asseblief bewys van betaling na: 053 5910103.

Ouers kan kennis neem van die uitslae van die Jaarlikse Nasionale assessering (Departementeel) wat in 2013 deur graad 1 – 6 leerders geskryf is en by die nuusbrief ingesluit is.

WAARDES:Personeel en kinders van Jacobsdal Primêre Skool wil graag vanaf 2014 daarna strewe om ‘n “Waardegedrewe Skool” te word met die klem op waardes wat in 2013 deur ouers uitgekies is. Hierdie waardes is:

RESPEK / EERLIKHEID / SELFDISSIPLINE / HULPVAARDIGHEIDGEHOORSAAMHEID / VRIENDELIKHEID / CHRISTENSKAPOns wil graag hê dat ouers seker moet maak dat hulle kinders hierdie waardes mooi verstaan en dat kinders die waardes moet ken.

BEHEERLIGGAAM:Lede word herinner aan die Finansiële vergadering om 13:30 en die Beheerliggaamvergadering om 14:00.

GRAAD 7 OUERVERGADERING:Alle ouers van die graad 7’s word uitgenooi na ‘n vergadering op Maandag,20 Januarie om 7:30 in die skoolsaal. Dit sal nie lank duur nie en ouers moet asseblief hulle bes doen om teenwoordig te wees.

BUITEMUURSE ROOSTER EN KWARTAALPROGRAM:Die finale buitemuurse rooster en kwartaalprogram word by die nuusbrief ingesluit.

GRAAD 1 “EERSTE SKOOLDAG”-FOTO’S: [AFSKEURSTROKIE]Graad 1 se “Eerste skooldag”-foto’s is deur Clivé Burger geneem. Ouers wat belangstel om so ‘n foto te koop kan dit by juffrou Marisan met die afskeurstrokie bestel. (Een foto is in die saal tydens die “kloklui”-seremonie geneem en een in die klaskamer.)Jumbo – R15 en A5 – R30Kontant met bestelling asb. Sluitingsdatum: Vrydag, 24 Januarie.

GRAAD 1 OUERVERGADERING: Ouers van graad 1-leerders het op Maandag, 20 Januarie om 12:00 ‘n belangrike inligtingsvergadering in die graad 1-klas.

TOESTEMMINGSBRIEF VIR MEDIKASIE / BRILDRAERS: [AFSKEURSTROKIE]Elke leerder in die skool het ‘n vraelys ontvang rondom medikasie en die dra van ‘n bril wat deur ouers volledig ingevul en op Maandag, 20 Januarie by die klasonderwysers ingehandig moet word.

SMS-STELSEL: [AFSKEURSTROKIE]Ons wil graag hê dat alle ouers by die skool se SMS-stelsel moet aansluit teen R60 per selfoonnommer per jaar. Ouers wat verlede jaar op die stelsel was moet weer vir 2014 aansluit. Met hierdie stelsel ontvang u gereeld dringende inligting wat u reëlings aansienlik kan vergemaklik. Vul asseblief die afskeurstrokie in en stuur dit saam met die kontant na die klasonderwysers op Maandag, 20 Januarie. Ouers het tot 31 Januarie kans om te registreer.

KLEREWINKEL: [AFSKEURSTROKIE]TYE: Maandae: 7:15 – 10:10 - Vrydae: 11:30 – 13:30Tot en met 14 Februarie sal die Klerewinkel op ‘n Woensdag vanaf 10:00 tot 11:00 ook oop wees vir die aanpas van wintersklere.Wintersklerebestelling: (Daar word slegs een bestelling vir 2014 geplaas)Ouers moet die volgende wintersklere vir alle leerders bestel. Hierdie klere kan wel oor ‘n paar maande afbetaal word maar moet ten volle betaal wees voordat u kind die klere gaan ontvang. U kan met Carin ‘n afbetalingsooreenkoms aangaan. Kostes gaan as volg wees:

Skoolbaadjie:(Windjakker) Nr.: 22 - 32 R380,00 Nr.: 34 - 46 R400,00

Sweetpakbaadjie:

Nr.: 22 - 32 R290,00 Nr.: 34 - 46 R310,00

Sweetpakbroek: Nr.: 22 - 32 R150,00 Nr.: 34 - 46 R190,00

Daar sal voorbeelde in die Klerewinkel beskikbaar wees vir leerders om aan te pas sodat u seker kan maak van die nommer wat u moet bestel. Maak asseblief gebruik van die afskeurstrokie om u kind se klere te bestel. Sperdatum vir bestellings: Vrydag, 14 Februarie.Navrae: Carin Tait 0846739993

PLAASVERVANGERS VIR ONDERWYSERS: [AFSKEURSTROKIE]

Ouers wat kans sien om ons in hierdie jaar behulpsaam te wees met toesig by klasse (geen onderwyskwalifikasie benodig) of kan onderwys gee (onderwyskwalifikasie benodig) in ‘n leerkrag se plek, kan die afskeurstrokie invul en op Maandag, 20 Januarie terugstuur. Daar is ‘n minimale vergoeding betrokke vir hierdie dienste. Baie dankie by voorbaat!

JKJA:Ons benodig ‘n mamma (of pappa) wat elke Donderdagoggend vanaf 7:30 tot 8:00 vir ons graad 1-klas JKJA kan kom aanbied. Maak asseblief kontak met juffrou Elza van Wyk (0716876477) indien u ons kan help.

VEROOTMOEDIGINGSDIENS:Ons skool hou aan die begin van elke jaar ‘n Verootmoedigingsdiens om die Here se seën op ons skool te vra. Hierdie diens vind op Vrydag, 24 Januarie om 7:30 in die skoolsaal plaas. Alle ouers en belangstellendes welkom!

“WIN WIN PARENTING”: [INSKRYWINGSVORM]Graag wil ons alle ouers uitnooi na die “Win Win Parenting” werkswinkel wat aangebied word vir ouers wat “KINDERS MET SELFVERTROUE” wil grootmaak. Die werkswinkel word oor drie Vrydae (24 en 31 Januarie en 7 Februarie) tussen 12:30 en 13:30 by Kammaland Kleuterskool deur ervare opvoeders aangebied. Die werkswinkel word in Afrikaans aangebied en is heeltemal gratis! Vul die inskrywingsvorm wat by die nuusbrief ingesluit is, in en stuur op Maandag, 20 Januarie terug na juffrou Marisan Jacobs. Dit is werklik die moeite werd en geweldig leersaam.

KOSHUIS: Ouers moet asseblief kennis neem dat u kind se koshuisgeld op

die eerste dag van die kwartaal betaalbaar is. Linda J v Vuuren, ons koshuismoeder, kan gedurende die dag

gekontak word deur die skool te skakel (053 5910039) en ons sal u deurskakel na haar toe. Ná ure kan haar selfoonnommer vir dringende gevalle geskakel word. (0781307797)

Ouers moet asseblief muskietgoed saam met die kinders stuur. Die muskiete dra u kinders weg!!

Kennis geskied hiermee van ‘n Koshuiskomiteevergadering wat plaasvind op Maandag, 20 Januarie om 7:30.

OUERVERENIGING: [AFSKEURSTROKIE]Elke graad se ouers kry ‘n beurt om die Ouervereniging te help met ‘n fondsinsamelingsprojek in hierdie jaar.

Die graad 1-ouers is eerste aan die beurt en moet asb. met die Kleurgala met voorbereiding en verkoop van verversings help. Vul asseblief die afskeurstrokie in as jy op Donderdag, 30 Januarie tydens die gala kan help. Dit hoef nie die hele dag te wees nie, ‘n uur of twee is ook reg! Ouers wat nie op daardie dag kan help nie, kan ‘n bydrae maak deur bestandele te skenk. Hierdie bestanddele kan by die kantoor ingehandig word. Bestanddele wat benodig word is: Koekmeel, eiers, kookolie en brood.By voorbaat dankieCharmainé van Niekerk (0720677995) Voorsitster OV

LEERDERDEELNAME:SONE ATLETIEK BYEENKOMS:Die Sone-atletiekbyeenkoms is deur die organiseerders verskuif na Dinsdag, 28 Januarie. Atlete wat vir hierdie span gekies is kry elkeen ‘n inligtingstuk, asook ‘n program vir die byeenkoms. Ouers moet asseblief die vormpie invul om die kind se items te bevestig. Indien daar ‘n item onttrek moet word moet dit duidelik deur die ouer aangedui word. Hierdie vorms moet op Maandag, 20 Januarie by die sportorganiseerder ingehandig word.

KLEURGALA: As gevolg van die Sone-byeenkoms wat verskuif is, moet ons. noodgedwonge ons Kleurgala ook verskuif na Donderdag, 30 Januarie. Elke leerder het ‘n inskrywingsvorm vir die gala ontvang wat op Maandag, 20 Januarie by die klasonderwysers ingehandig moet word. Ouers wat a.g.v die nuwe datum nie meer as beamptes kan optree nie, moet asb. so gou as moontlik met Lanie in verbinding tree. Wenners van die Victor en Victrix Ludorum swembekers van 2013 (nie swemprestasiebekers nie) moet asseblief die bekers op Maandag, 20 Januarie by die kantoor kom inhandig.

SWEMBAD:Die swembad is op Vrydag, 17 en Vrydag, 24 Januarie vanaf 7:00 tot 18:00 buite perke vir enige persoon. Opknapping en herstelwerk word aan die swembad gedoen.

LAPEZA TENNIS:Lapeza professionele tennislesse neem op 5 Februarie in aanvang en die bedrag wat ouers vir Februarie moet betaal vir tennislesse is R240 per speler. U kan dit by die finansiële kantoor kom betaal. Hierdie professionele tennislesse word elke Woensdagoggend gedurende skooltyd aangebied en is elke maand vooruitbetaalbaar. Nuwe ouers kan die

sportorganiseerder Wilco van der Merwe by 0727668893 kontak indien u belangstel om u kind in te skakel. Ongelukkig is daar beperkte plekke.

SUID-VRYSTAAT TENNISPROEWE:Spelers wat geïdentifiseer is om aan die SV Tennisproewe deel te neem, het inligtingstukke ontvang. Hierdie spelers se inskrywingsgeld van R130 moet op Maandag, 20 Januarie by die Sportorganiseerder ingehandig word.

TENNIS:Geluk aan Lodewyk du Toit wat die vakansie aan die Kloppers Tennistoernooi deelgeneem het en ‘n sesde plek behaal het.

SKAAK: [AFSKEURSTROKIE]Die volgende Vrystaat kwalifiserende skaaktoernooi vind op Vrydag, 24 en Saterdag, 25 Januarie in Bloemfontein (Brebner) plaas. Spelers wat wil deelneem moet op Maandag, 20 Januarie by juffrou Naomi per afskeurstrokie inskryf. Volledige inligting sal aan spelers wat gaan deelneem, gegee word. Inskrywingsgeld: R85 per speler. Ouers moet self hulle kinders na die toernooi vervoer.

…………………. PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYS:

Felicity VorsterRohandri Masuret (hospitaal)Stassen gesin (Pa oorlede)

JNA UITSLAE: 2013KLASGEMIDDELDES:

Gr 1 Gr 2 Gr 3 Gr 4 Gr 5 Gr 6AFR: 94.3% 69.8% 66.2% 69.4% 73.5% 71.6%WISK: 73.6% 80.3% 66.9% 67.8% 64.2% 68.4%

BESTELLING: WINDJAKKERS EN SWEETPAKKE

Naam van leerder: Gr: Windjakker nommer:

Sweetpak no.: Baadjie

Broek:

Totale bedrag ingesluit: RHandtekening ouer: _________________________ Datum: _______________

Leerders kan met hierdie strokie na Tannie Carin toe kom en hulle kan eerste pouse (Maandag, Woensdag en Vrydag) by die klerewinkel voorbeelde kom aanpas om seker te maak dat hulle

die regte nommer bestel.

Baie geluk aan Hoër Landbouskool met hulle pragtige matrieksuitslae

van 2013.

Voorwaar iets om mee te spog!

Ons is veral baie trots op ons oud-jakkies wat pragtig presteer het.

AFSKEURSTROKIE: KLEURGALA (Graad 1 ouers)

Naam en van: _________________________________

Is bereid om die dag van die swemgala vir die OV te werk.

Tydgleuf: ___________

Ek kan nie werk nie maar is bereid om die volgende bestand-dele te skenk:

Koekmeel Kookolie Eiers Brood (Merk asb. die toepaslike)

Handtekening: ___________________

Kontaknommer: ___________________

(Bestanddele moet asb. voor Dinsdag, 28 Januarie by die kantoor ingehandig word.)

AFSKEURSTROKIE: SKAAKTOERNOOI

Naam en van _____________________________ wil graagmy kind/ers:

_______________________ __________________________

Vir die Skaaktoernooi op 24 en 25 Januarie inskryf.

HANDTEKENING: ____________________ DATUM: __________

KONTAKNOMMER: ______________________

AFSKEURSTROKIE: SMS-STELSEL

AANSLUITING BY SMS-STELSEL VIR 2014:

OF

(Merk asb. jou keuse met ‘n X)

LEERDERS IN ONS SKOOL SE NAAM, VAN EN GRAAD:

____________________________ GRAAD: ______

_____________________________ GRAAD: ______

_____________________________ GRAAD: ______

_____________________________ GRAAD: ______

(Elke leerder in die gesin se naam en graad word aan die selfoonnommer gekoppel)

SELFOONNOMMER: 1 (Gewoonlik Mamma!)

NAAM EN VAN: __________________________________

SELFOONNOMMER: _______________________

SELFOONNOMMER: 2 (Gewoonlik Pappa!)

NAAM EN VAN: __________________________________

SELFOONNOMMER: ________________________

NB: Ouers wat verlede jaar op die stelsel was, moet weer vir 2014 registreer en betaal.

Graad R-leerders mag ook by die stelsel inskakel.Indien u wil “reply” op ‘n sms is u welkom.

Dit kom dan as ‘n epos na die skool toe deur.

1 X Selfoonnommer :R60 per jaar

(gewoonlik ma se nr.)

2 X Selfoonnommers: R120 per jaar

(gewoonlik pa se nr.)

AFSKEURSTROKIE: GRAAD 1 EERSTEDAG FOTO’S

HIERMEE WIL EK _________________________________

OUER VAN __________________________________

DIE VOLGENDE GRAAD 1 FOTO(’S) BESTEL:

JUMBO @ R15 ELK: Klokfoto Individuele klasfoto

A5 @ R30 ELK: Klokfoto Individuele klasfoto (Skryf aantal foto’s in blokkies)

BEDRAG INGESLUIT: ________

HANDTEKENING: ______________________ DATUM: _____________

AFSKEURSTROKIE: AFLOSSE VIR ONDERWYSERS

Geagte ouers:Ons wil nie graag klasse sonder toesig laat nie en benodig plaasvervangers (ouers) om vir onderwysers wat kursusse in skooltyd moet bywoon, siek is of dringend verlof moet neem, in te staan.Vul asseblief die onderstaande in as u ons kan help.

Naam en van:Hou van

toesig:

Gee van onderwys:

(Slegs gekwalifeerde onderwysers)

( Merk asseblief die toepaslike)

HANDTEKENING: ______________________ DATUM: _____________

KONTAKNOMMER: ________________________

TOESTEMMINGSBRIEF BASIESE MEDISYNE

(Alle leerders by die skool en koshuis)

Hiermee gee ek: ____________________________________ ouer van die volgende leerders:

___________________________ / _______________________________

___________________________ / _______________________________

Toestemming dat my kind/ers basiese medisyne (sien onder) by die skool en koshuis mag ontvang.

Ek neem volle verantwoordelikheid vir hierdie besluit en vrywaar die skool- en koshuispersoneel van enige vervolging in hierdie verband.

HANDTEKENING: _______________________ DATUM: ______________

Neem asseblief kennis: Koshuiskinders moet elkeen sy/haar eie 2L-roomysbak met basiese

medisyne in hê wat onder toesig aan u kind uitgedeel word. In hierdie houer plaas die ouer medikasie wat sy/haar kind mag gebruik.

Leerders wat medisyne by die skool kry se name word in ‘n register aangeteken.

Let wel: Indien u kind hoofpyn, maagpyn, diarree, keelseer of naarheid ervaar en u nie ‘n toestemmingsbriefie geteken het nie, sal u geskakel word om u kind dadelik te kom haal.

BASIESE MEDISYNE: Kopseer Maagpyn Diarree Naar Keelseer

Naam van medisyne (of iets soortgelyk)

Painamol Spasmol Prodium Nauzine Iodisedtroat loz

Medisyne vir toestande soos allergieë, verkoue, griep, hoes ens. sal nie deur die skool of koshuis voorsien word nie.

Kontakpersone:Skool - Maryka van Straaten: 0833686202

Koshuis - Linda Jansen van Vuuren: 0781307797

CHRONIESE MEDIKASIEBv. Ritalin, Concerta ens.

(Nie antibiotika nie)

Hiermee vra ek toestemming dat chroniese medikasie deur personeel by die skool / koshuis aan my kind verskaf word.

Naam van kind: ____________________________

Medikasie (naam): __________________________

Waarvoor dit gebruik word: _______________________________

Naam van ouer: ____________________________

Handtekening: _________________________

‘n Mediese voorskrif/sertifikaat vir hierdie medikasie moet verskaf word voordat personeel hierdie diens mag verrig. Handig dit asseblief saam met die medikasie by die skool of koshuis in.

LEERDERS WAT ‘N BRIL DRAHiermee stel ek u in kennis dat my kind:

Naam en van: _________________________________ graad: ________

‘n moet dra by die skool.

(Merk die toepaslike)

Naam van ouer: ____________________________

Handtekening: _________________________

Leesbril / Permanente bril

PERIODETYE – 2014 (Somer en Winter)

PERIODES: MAANDAE, TOTDONDERDAE: VRYDAE:

1 7:30 – 8:00 7:30 – 8:002 8:00 – 8:30 8:00 – 8:303 8:30 – 9:00 8:30 – 9:004 9:00 – 9:30 9:00 – 9:305 9:30 – 10:00 9:30 – 10:00

Langpouse 10:00 – 10:20 10:00 – 10:20 6 10:20 – 10:50 10:20 – 10:50 7 10:50 – 11:20 10:50 – 11:20 8 11:20 – 11:50 11:20 – 11:509 11:50 – 12:20 11:50 – 12:20

Kortpouse 12:20 – 12:30 12:20 – 12:3010 12:30 – 13:00 12:30 – 13:0011 13:00 – 13:30 13:00 – 13:3012 13:30 – 14:00

GRAAD 1-LEERDERS VERDAAG VIR DIE EERSTE TWEE WEKE VAN 2014 OM 12:00

Graad 1 & 2 verdaag elke dag om: 12:48 (23-uur onderrig per week)Graad 3 verdaag elke dag om: 13:12 (25-uur onderrig per week)Graad 4 – 7 verdaag Maandae tot Donderdae om: 14:00 en Vrydae om 13:30. (27 uur 30 minute onderrig per week.)

Dinsdae: 7:30 – 8:00 KOOR OF SANG: [Koor oefening begin reeds om 7h20 vir leerders]

Donderdae: 7:30 – 8:00 KOOR/JKJA & PERSONEELVERGADERING: [Koor oefening begin reeds om 7h20 vir leerders]

KOSHUISUITNAWEKE:Geen leerders word na 8:00 op ‘n Saterdagoggend in die koshuis geakkommodeer nie.Ouers moet kennis neem dat daar 2 uitnaweke per kwartaal is. Met uitnaweke sluit die koshuis om 14:00 op ‘n Vrydagmiddag en maak weer op ‘n Sondagmiddag 17:00 oop.

SKOOL HEROPEN AAN DIE BEGIN VAN ELKE KWARTAAL OM 8:00. SKOOL SLUIT AAN DIE EINDE VAN ELKE KWARTAAL OM 11:00

---------------------///--------------------