· Web viewDie minder goeie nuus is dat daar nie verwag kan word dat hy met hierdie toestand vir...

23
VrydagNuus 31 JANUARIE 2014 www.kaapkerk.co.za Teken In II Teken Uit WES-EN-SUID-KAAPLAND AMPTELIKE NUUSBRIEF Onthou: Trevor Manuel by US Teologiese Dag Eerskomende Maandag 3 Februarie, by die Kweekskool om 09:00, kom Kerke, Teologie en Sosio-ekonomiese kontekste in SA vandag aan die orde en hoor ons hoe min Trevor Manuel oor oa die kerk se betrokkenheid by die Nasionale Ontwikkelingsplan oordeel. Lees onderaan vir meer inligting. By die Openingserediens die vorige aand (Sondag 2 Februarie) om 19:00 in die NG Gemeente Stellenbosch-Wes, is Julie Claassen die prediker, met Almatine Leene wat as liturg optree. SINODALE NUUS 1. NGK Algemene Sinode 2013: Dokumente beskikbaar Die Notule van die Algemene Sinode 2013, Besluiteregister en Kerkorde is nou beskikbaar op die webblad van die NG Kerk by Wat is Nuut. Hierdie dokumente is ook op www.kaapkerk.co.za by Amptelike Dokumente te kry. 2. Beplan vir Biddag vir Opvoeding en Onderwys Hierdie herinnering is vir gemeentes waar dit moontlik is om 9 Februarie se erediens in te klee rondom opvoeding en onderwys: Dalk wil kollegas oorweeg om nou reeds opvoeders (skoolhoofde, onderwysers, nasorg tannies, sportafrigters en andere by ons kinders betrokke) uit te nooi na 'n spesiale geleentheid vir voorbidding tydens dié erediens. Materiaal vir gebruik tydens die Biddag sal in volgende week beskikbaar wees. 3. Arbeidsbediening nooi Vrywilligers uit

Transcript of   · Web viewDie minder goeie nuus is dat daar nie verwag kan word dat hy met hierdie toestand vir...

VrydagNuus31 JANUARIE 2014www.kaapkerk.co.za

Teken In II Teken Uit

WES-EN-SUID-KAAPLAND AMPTELIKE NUUSBRIEF

Onthou: Trevor Manuel by US Teologiese DagEerskomende Maandag 3 Februarie, by die Kweekskool om 09:00, kom Kerke, Teologie en Sosio-ekonomiese kontekste in SA vandag aan die orde en hoor ons hoe min Trevor Manuel oor oa die kerk se betrokkenheid by die Nasionale Ontwikkelingsplan oordeel. Lees onderaan vir meer inligting. By die Openingserediens die vorige aand (Sondag 2 Februarie) om 19:00 in die NG Gemeente Stellenbosch-Wes, is Julie Claassen die prediker, met Almatine Leene wat as liturg optree.

SINODALE NUUS1. NGK Algemene Sinode 2013: Dokumente beskikbaar Die Notule van die Algemene Sinode 2013, Besluiteregister en Kerkorde is nou beskikbaar op die webblad van die NG Kerk by Wat is Nuut. Hierdie dokumente is ook op www.kaapkerk.co.za by Amptelike Dokumente te kry.

2. Beplan vir Biddag vir Opvoeding en OnderwysHierdie herinnering is vir gemeentes waar dit moontlik is om 9 Februarie se erediens in te klee rondom opvoeding en onderwys: Dalk wil kollegas oorweeg om nou reeds opvoeders (skoolhoofde,

onderwysers, nasorg tannies, sportafrigters en andere by ons kinders betrokke) uit te nooi na 'n spesiale geleentheid vir voorbidding tydens dié erediens. Materiaal vir gebruik tydens die Biddag sal in volgende week beskikbaar wees.

3. Arbeidsbediening nooi Vrywilligers uit“Wil jy betrokke raak by Arbeidsbediening en sodoende die hande en voete van die kerk van Jesus Christus wees?” vra Carin Brink, Streekbestuurder: Arbeidsbediening. Belangstellendes kan meer lees oor geleenthede vir toerusting om 'n verbintenis vir hierdie belangrike saak te maak – klik hier.

4. Herinnering: Kursus in Brugpastoraat'n Laaste herinnering! Reageer voor 31 Januarie! Die Taakspan vir Predikantebegeleiding (STP) nooi alle predikante wat tans, of binnekort, nie voltyds in 'n gemeente is nie, maar nog die energie daarvoor het, uit na 'n drie-

dag voorbereiding om as Brugpredikant in gemeentes op te tree. Dit vind van 11-14 Februarie by Communitas (Stellenbosch) plaas. Skakel Pierre Goosen (021 808 9098) of Adrienne Bester (021 808 3382; [email protected] ) vir meer besonderhede en lees hier meer.

ALGEMENE NUUS EN INLIGTING1. Groote Kerk staan op vir GeregtigheidDie NG Gemeente Kaapstad beplan 'n trustfonds vir die 5 maande oue Lesray Mentor, wie se ma (Lesline, 26) verlede week op haar eerste werksdag na kraamverlof in 'n taxi op pad werk toe doodgeskiet is. Volgens Riaan de Villiers, Jeugwerker, kon die gemeente nie net langer toekyk nie. Hulle wil ook deur middel van 'n konferensie oor Kerk en Geregtigheid (14-16 Maart) tot die fonds bydra. Lees die Cape Argus se berig hier.

2. Dink nuut met Fresh Expressions of Church!Ekklesia (Ekumeniese Sentrum vir leierskapontwikkeling en gemeentestudies aan die Teologiese Fakulteit US) saam met Communitas, bied die hoofkursus Mission Shaped Ministry (MSM) van die Fresh Expressions-beweging in Engeland gedurende 2014 in Kaapstad aan. Dit help in die ontwikkeling van nuwe geloofsgemeenskappe en nuwe, vars maniere van kerkwees daar te stel. Die kursusleier is Johan Els en meer inligting is hier.

3. Handleiding Kerkkantoorpersoneel bygewerkGereelde lesers, veral kollegas in kerkkantore, onthou dalk nog Mossie Mostert van die Noord-Kaapland se Handleiding vir Kerkkantoorpersoneel, waaroor ons verlede jaar berig het. Intussen het Mossie waardevolle inligting oor elektroniese oorbetalings en ander finansiële wenke bygewerk. Lees onderaan meer hieroor. Dankie vir bruikbare inligting, Mossie – Red.

4. Aandag Huweliksbevestigers: “Nuwe” Register lyk so...Huweliksbevestigers wat tot nou toe in die “vorige” huweliksregister gewerk het en binnekort die “nuwe” boek – met plek vir foto’s en duimafdrukke – moet begin gebruik, kan hier klik vir 'n voorbeeld met verduidelikende notas. Kommentaar en voorstelle is welkom – kontak Marieta by [email protected] gerus.

5. NG Gemeente Swellendam spog met SkribaUit Swellendam kry ons lekker nuus: “Gedurende Januarie 1974 het ’n jong meisie by Swellendam Moedergemeente begin werk. Sy is later getroud en nou, 40 jaar later, is sy steeds by ons! Baie dankie aan ons skriba, Barbara du Toit. Ons as gemeente is bevoorreg om haar kundigheid en lojaliteit elke dag te ervaar. Sy is ’n voorbeeld van toegewydheid en ons wens haar net die mooiste toe vir die jare vorentoe. Wat is die moontlikheid dat daar binne die NG Kerkfamilie ’n skriba is wat langer jare diens (aaneenlopend) het?” Ons hoor graag van gemeentes hieroor – Red.

6. Godsdiens-Kommissie hou Verkiesings dopDie Electoral Code of Conduct Observer Commission (ECCOC) is 'n intergodsdienstige moniteringsliggaam wat reeds sedert 2000 bestaan (NG Kerk was stigterslid). Sodra die spesifiek verkiesingsdatum van 'n Algemene Verkiesing aangekondig word, bring die ECCOC, ondersteun deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie, die verskillende politieke partye op verskeie plekke in die land byeen vir 'n ondertekeningseremonie van die gedragskode wat wetlik afdwingbaar is tydens die verkiesingstryd. Die Burger se berig hieroor is hier te lese.

7. Is jy Dopper, Gatjieponder of dalk Stoepsitter?Dalk interessant vir ons ouer lesers, wat nog hierdie benaminge sal onthou en ken. Neels Jackson (nuwe Kerkbode-redakteur) het in 1992 ondersoek ingestel na die herkoms van byname soos Doppers, Gatjieponders en Stoepsitters. Goedige name wat nie as verkleinerend of negatief beleef of gebruik is nie, het Neels uitgevind. Aangeheg is meer.

GEMEENTES BIED AAN1. NG Gemeente Durbanville: 1.1 Wêreldbiddag vir Vroue: 7 MaartDurbanville Gemeente nooi almal om op Vrydag 7 Maart 2014 om 10:00 die Wêreldbiddag vir Vroue met die tema Strome water in die woestyn mee te maak. Vanjaar word op Egipte gefokus. Die spreker is dr Almatine Leene van die NG Gemeente Stellenbosch-Wes. Lees meer op www.kaapkerk.co.za by Wêreldbiddag vir Vroue. Terloops: die bestelvorm vir programme is by NUUT op www.kaapkerk.co.za beskikbaar, terwyl die Engelse bestelvorm hier te krye is.

1.2 Werkswinkels: Emosionele IntelligensieDr Pieter van Jaarsveld bied gratis werkswinkels oor emosionele intelligensie by die NG Kerk Durbanville, op die hoek van Kerkstraat en Weyerslaan, aan. Die twee opeenvolgende sessies is op Sondag 2 Februarie en 9 Februarie van 18:00 – 20:00 in die kerkgebou. Kontak Gys van Schoor by 082 563 7441 met navrae. Geen besprekings is nodig nie – almal welkom! Klik hier vir meer oor Pieter van Jaarsveld.

1.3 Seminaar: VerhoudingsRiekert Botha, bekend vir sy optredes op RSG met Pleisters vir die Siel, en skrywer van 'n hele aantal boeke oor die onderwerp, is die gespreksleier van 'n seminaar oor verhoudings wat gedurende die naweek van 7-9 Februarie by Durbanville Gemeente gehou word. Bywoning gratis; vrywillige bydrae vir koste welkom. Vrydagaand is daar 'n gesellige worsbraai by die gemeentesentrum – kaartjies tot 5 Februarie by die kerkkantoor (021 975 6370). Die naweek sluit af met 'n erediens op Sondag 9 Februarie om 09:00.

PREDIKANTENUUSMorgenster se Henry Murray ernstig siekDit was met groot skok dat ons die nuus ontvang het dat Henry Murray van Morgenster verlede week gediagnoseer is met 'n erge kwaadaardige gewas op die brein (Glioblastoom). Henry en Susan werk al vir meer as 30 jaar in Malawi en Zimbabwe. Verdere toetse sal die prognose en behandeling bepaal. Meer inligting, onder meer oor 'n Facebook-ondersteunersgroep vir Henry, is onderaan. Henry, jy, Susan en julle gesin bly in ons gedagtes en gebede – Red.

NUUSBRIEWE EN PAMFLETTEShepherd’s Square NuusbriefIn Shepherd (die Universiteit van die Vrystaat se sentrum vir die begeleiding van geestelike leiers) se jongste nuusbrief skryf Gerhard Botha oor water wat lewe en dood gee. Lees gerus meer by NUUT op www.kaapkerk.co.za.

FUNKSIES EN FEESTELIKHEDE1. Badisa Alta du Toit Nasorg: SonskynfeesDie Sonskynfees word weer op 22 en 23 Februarie by die Danie Uys Park, Bellville, ten bate van Alta du Toit Nasorg gehou. Vermaak vir die hele gesin: stalletjies, kindervermaak, pretritte, 'n sterkman-kompetisie en verskeie sangers (Nicholis Louw, Amore, Gerrie Pretorius en meer!) Sien die volkleur advertensie by NUUT op www.kaapkerk.co.za. Doen aansoek vir stalletjies by [email protected] en kry meer inligting by 021 913 2106 of [email protected].

2. NG Gemeente Suider-Paarl: Paarl FamiliefeesSuider-Paarl Gemeente bied op Vrydag en Saterdag 14 en 15 Maart die Paarl Familiefees by Die Poort, Suider-Paarl, aan. Dis ’n lekker kuierfees en daar is iets te kyk, te doen en te eet vir almal met ongeveer 60 stalletjies binne-in 'n groot tent. Dit word verhuur aan uitstallers van geskenke, dekor, skilderye, klere, juwele, eetgoed, ens. Kontak die kerkkantoor by 021 863 2700/[email protected] om ’n stalletjie vir die twee dae te huur of vir navrae.

3. NG Gemeente Die Strand: Plaasmark weer oopNa 'n lekker rustyd kan jy weer op 14 Februarie van 09:00 – 11:00 saamkuier en Die Strand Plaasmark se beroemde pannekoek geniet. Ander lekkernye en bederf sluit in: wegneemetes, basaarpoeding, tuisgebak, 'n wit olifant tafel, groente en vrugte, plantestalletjie en boeke, klere by die NGK Boutique - alles wat jou hart begeer! “Bring jou Valentyn en begin jou dag by ons,” nooi hulle.

4. NG Gemeente Helderberg: Uitreikfees

Helderberg Gemeente hou op 2 Februarie (om 08:00 en 09:30 in die kerk en om 19:00 in die kapel) Uitreikfees met prediker Nobuntu Matholeni. Die fees fokus op die uitreikbedieninge van Helderberg Gemeente en die 32 projekte sal hulle werk uitstal en meer vertel van wat hulle doen. Almal is welkom! Lees onderaan meer oor die prediker.

5. NG Gemeente Moorreesburg Kamp, Eet en Fees ook!Uit Moorreesburg stuur Carin Crous nuus oor gebeure in hulle gemeente. Moorreesburg se Mannekamp (21-23 Februarie by Bridgetown met dr ST Potgieter as aanbieder) is oop vir enige denominasie; hulle Manne-ontbyt vind op 28 Februarie plaas en die jaarlikse Familiefees is van 14-16 Maart. Lg. sluit 'n basaar, wyksbraaie, 'n Jubeldiens en gemeente-ete in! Onderaan is meer inligting.

VAKATURESVakatures op Kerkbode se webbladHeelwat vakante poste oor die land heen is tans beskikbaar. Die amptelike bekendmaking van vakatures vir predikante is by www.kerkbode.co.za. Klik by Amptelik – Vakatures.

1. Badisa Huis Andrew Murray: Kinder- en Jeugsorgwerker Huis Andrew Murray, 'n Badisa-program, beskik oor bg vakature en wag aansoeke in van belangstellendes om 'n huiseenheid met 14 dogters tussen die ouderdom van 6 maande en 18 jaar in Wellington te bestuur. Aansoeke sluit op 14 Februarie en die datum van diensaanvaarding is 1 April. Klik hier vir meer inligting.

2. Badisa Weskus (Vredenburg): Maatskaplike Werker Badisa is 'n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes-en-Suid-Kaap) en die VGKSA (Kaapland). Aansoeke word ingewag van Maatskaplike werkers vir 'n vakatures (voldag) by Badisa Weskus in Vredenburg. Reageer teen 10 Februarie en lees aangeheg meer.

3. NG Kerk Oornaghuis: Ontvangsklerk/Sekretaresse Die NG Kerk Oornaghuis in Hoheizen, Bellville, is op soek na 'n betroubare dame om 'n vakature as ontvangsklerk/sekretaresse te vul. Meer oor die take en vereistes is onderaan beskikbaar. Aansoeke sluit op 7 Februarie.

Ten SlotteDie skole het alreeds die eerste stof van die vakansie afgeskud. Nou is dit die tersiêre opvoedingsentrums se beurt. Ons beste wense vir 'n opwindende, kreatiewe en geseënde jaar vir alle studente en dosente. Mag daar genoeg wysheid tussen julle vloei om van 2014 'n wonderlik leersame ervaring te maak.

Ben du Toit

Marieta Visagie

Sentrum vir Kommunikasie Privaatsak X8, Bellville, 7535 Tel: 021 957 7195 Faks: 021 957 7197 [email protected]

-------------------------------------------------------------

US TEOLOGIESE DAG EN OPENINGSEREDIENSDie US Fakulteit Teologie se jaarlikse Teologiese dag, wat die amptelike opening van die akademiese jaar inlui, vind plaas op Maandag 3 Februarie om 09:00 in die Attie van Wijk Ouditorium, Fakulteit Teologie, Dorpstraat 171, Stellenbosch. Die tema vir die dag is: Kerke, Teologie en Sosio-ekonomiese kontekste in SA vandag.

Minister Trevor Manuel sal as hoofspreker optree by die geleentheid en sal fokus op die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP). Dr Nadine Bowers-Du Toit, ds Averell Rust, biskop Zipho Siwa en dr Braam Hanekom sal die paneelbespreking oor die tema lei. Die bespreking sal gebruik word om teologies te reflekteer oor die NOP, en sodoende kerke en ander godsdienstige groepe bewus maak van die uitdagings voortspruitend uit die NOP.

Vir meer inligting oor die NOP, besoek www.info.gov.za/issues/national-development-plan/.

Bywoning is gratis en almal is welkom!

Parkering by die fakulteit is beperk en gaste word aangeraai om te parkeer in die Laan of op die walle van die Eersterivier (oorkant Paul Roos Gimnasium). Laat ruim tyd toe vir verkeersdruk.

Die Openingserediens van die fakulteit vind plaas op Sondag 2 Februarie 2014 om 19:00 by die NG Gemeente Stellenbosch-Wes. Prof Julie Claassens sal as prediker optree en dr Almatine Leene sal die liturg wees.

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

ARBEIDSBEDIENING NOOI VRYWILLIGERS UITWil jy betrokke raak by Arbeidsbediening en sodoende die hande en voete van die kerk van Jesus Christus wees?

Raak bekend met die werksaamhede van Arbeidsbediening, ontvang toerusting, verkry die nodige hulpmiddels en gaan deel Jesus met iemand binne die wêreld van werk.

Dit behels 'n “commitment” om in te skakel en een maal per week en/of volgens behoefte saam met werknemers/werkgewers stil te word om die Woord voordat die dag begin.

Sien jy kans? Kontak gerus vir Carin Brink.Selfoon: 083 651 9515Kantoor: 021 952 1531E-pos: [email protected]

Terug na Hoofblad.

---------------------------------------------------------

BRUGPASTORAAT OPLEIDINGAan alle predikante wat tans of binnekort nie voltyds in 'n gemeente is nie, maar nog die energie en die roeping het om deeltyds in gemeentes betrokke te wees – en sommer ook die pensioen aan te vul.

Dit is met ander woorde alle predikante wat reeds uit diens getree het of binnekort sal emeriteer of wat reeds êrens deeltyds betrokke is en in brugpastoraat geïnteresseerd is.

Daar is natuurlik reeds predikante wat in gemeentes aflos en tot groot seën vir baie mense is. Brugpastoraat wil 'n volgende stap neem en die gemeente deur prosesse vergesel sodat die gemeente (op 'n nuwe manier) die Koninkryk laat kom in 'n bepaalde konteks

Die doel van Brugpastoraat is dus kortweg:Om 'n vakante gemeente te help om haar roeping en rol weer duidelik te verstaanOm die gemeente te help om haar eie storie / geskiedenis / konteks / kultuur te “hoor” en te verstaanOm die gemeente te help om die “ou hoofstuk” om te blaai en reg te maak vir die nuwe hoofstukOm die gemeente te help om die verandering as 'n positiewe groei-geleentheid te beleefOm die gemeente te help om voor te berei vir, en tot die volgende stap oor te gaan (bv beroeping)Om die gemeente te help met die saamstel van die profiel van 'n moontlike toekomstige predikant en te help met die Beroepingsproses.

Die STP wil julle graag uitnooi na 'n vier-dag voorbereiding sessie om as Brugpredikant in gemeentes op te tree. Hierdie sessie sal by 'n latere geleentheid met 'n volgende drie-dag sessie opgevolg word.

Kontakbesonderhede:Plek: Communitas, Noordwal-Wes 1, Stellenbosch Datum: 11-14 Februarie 2014Navrae: Pierre Goosen by 021 808 9098Adrienne Bester by 021 808 3382; [email protected]

Antwoord asb voor 31 Januarie 2014 vir die eerste opleiding.

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

FRESH EXPRESSIONS OF CHURCH 2014Die agtergrond van “Fresh Expressions” se hoofkursus.

Vars uitdrukkings van kerkwees is 'n strategie wat amptelik deur die Anglikaanse en ander kerke in Engeland die afgelope 10 jaar aanvaar is, waardeur elke gelowige en gemeente aangemoedig word om naas die bekende en bestaande maniere van kerkwees ook nuwe, vars maniere van kerkwees daar te stel vir die al groter wordende getal kerkvervreemde mense in Engeland.

Ook in die lig van die Algemene Sinode se onlangse verslag van 2011, getiteld “Die Missionale Aard en Roeping van die kerk”, wat kerkplanting aanbeveel as vaardigheid vir alle predikante, die groot demografiese veranderinge wat in die meeste Suid-Afrikaanse gemeenskappe plaasvind, asook die krimpende getalle wat baie gemeentes in SA beleef, het die oortuiging ontstaan dat ons as NG familie van kerke baie by die Fresh Expressions-beweging in Engeland kan leer.

Na 'n onlangse besoeke van Biskop Graham Cray, die hoof van die beweging in Engeland, het Communitas (Sentrum vir gemeentebegeleiding) besluit om Ekklesia (Ekumeniese Sentrum vir leierskapontwikkeling) te versoek om 'n vennootskap met FE Engeland aan te gaan met die oog op die aanbieding van hulle hoofkursus. Hierdie kursus word Mission Shaped Ministry (MSM) / Missionaal Gevormde Gemeentes (MGG) genoem.

Die aard van die kursus: Teologies missionaal , proses gedrewe en praktyk georiënteerd.

Waardes van die kursus:1. Ekumenies

2. Geestelik verrykend3. Aanpasbaarheid4. Gemeenskap vormend5. Diversiteit inklusief6. Volwasse onderrigtend7. Praktyk georiënteerd8. Gebed gebaseerd

Wie kan die kursus bywoon?Leraars, gemeenteleiers en sendelinge wat: 1. Besig is om 'n nuwe bediening te ontwikkel.2. Beplan om 'n nuwe bediening te begin.3. Hul bestaande gemeente wil transformeer om meer missionaal te wees en te funksioneer.

Waar word die kursus aangebied in 2014?Kaapstad: Cornerstone Institute, 127 Cecil Road, Salt River, 7925

Temas:Tydens die 9 maande opleiding sal kursusgangers 24 modules deurloop, sekere modules is opsioneel. (Sien program vir volledige temas) Voorbeelde van temas: God se sendingMissionale gemeenteweesDissipelskapEvangelisasieMissionale leierskapMissionale waardesEvangelie en kultuurKinders en jeugMissionale kleingroepeOntwikkeling van nuwe bedieninge

Aanbieders: Aanbieders uit verskillende denominasies, wat kundig en ervare is op die gebied van nuwe geloofsgemeenskap ontwikkeling gaan onder leiding van die volgende span die kursus aanbied:Johan Els (Kursusleier, NGK), David Meldrum (Anglikaans), Peter Adams(VGK), Chris Goddard (Vineyard).

Taal: Kursus sal in Afrikaans en Engels aangebied word.

Koste van die kursus: R2500 p pDie sluit die volgende in:Naweek weg – 21 23 Februarie by Bettysbaai Oord, Wallersway. 'n Lêer met volledige studente kursusmateriaal. Materiaal slegs in Engels beskikbaar.

Verversings tydens die 24 sessies.

Beurse: Leraars en lidmate van die NG Kerkfamilie (NG, VGK en RCA) wat belangstel om die kursus by te woon kan onverwyld by die volgende adres aansoek doen vir 'n beurs: GKS, Posbus 3322, Matieland, Stellenbosch, 7602 of [email protected] Suksesvolle kandidate kan van ondersteuning voorsien word.

Kerkrade: Lidmate en leraars word aangemoedig om ook by hulle Kerkrade aansoek te doen vir finansiële ondersteuning.

Deposito: R500 deposito is betaalbaar voor 17 Februarie 2014. Gratis geskenkbewyse kan gewen word!Registrasie: Philip Donald, 082 859 5919. [email protected] Kursus informasie: Johan Els, 084 672 0626, [email protected]

Indien u belangstel om die kursus ook in u omgewing in 2014 te laat aanbied, doen navraag oor die bekendstellingsnaweek by Philip Botha, 082 823 2272, [email protected].

Struktuur van die kursus:In Kaapstad sal die kursus begin met 'n wegbreek naweek by Bettysbaai Oord (21 – 23 Februarie 2014), 3 Saterdae (1 per kwartaal) en 12 Dinsdagaande bestaan.

Akkreditasie:'n Sertifikaat sal deur die Teologiese Fakulteit aan suksesvolle kursusgangers tydens 'n akkreditasie geleentheid oorhandig word. Minstens 20 modules moet bygewoon word. Geen eksamen word geskryf nie, wel lees en tuiswerk. Dertig VBO-punte kan verdien word.

Vir die volledige program, tye en temas, kontak Johan Els by 084 672 0626 of [email protected].

Terug na Hoofblad.

---------------------------------------------------------

HANDLEIDING KERKKANTOORPERSONEEL BYGEWERK“Ds Mossie, jy moet iets skryf oor die gevaar van die ‘rooi trommeltjie’... daar word baie geld ontvang by die kerkkantoor... Sondag- / Maandagoggend is dit kollektes... dankoffers (dikwels kontant in koevertjies)... basaargeld...

speletjiesaande se inkomste, huurinkomste ensovoorts. Dominee as die ‘rooi trommeltjie’ kon praat...”

Een van my afgetrede kollegas (saakgelastigde in ’n sinodale kantoor) het soos volg gereageer: “In my tyd het dit amper elke jaar gebeur dat daar by ’n gemeente geld weggeraak het – en soms sommer groot geld.”

Hy versoek: “Ek het net gewonder of jy nie nog ’n stukkie oor elektroniese oorbetalings moet bysit nie. Dit is die manier waarop meeste oordragte/betalings vandag gedoen word. En ek wonder net of alle gemeentes/kerkrade telkens seker maak dat genoegsame sekuriteit en magtigingsprosedures in plek is. Dit is so maklik vir iemand om geld na ’n ander/vals rekening oor te plaas – en as die ouditeure dit later optel (as hulle dit regkry) dan is dit dalk al meer as ’n jaar later.”

Ek het dit dus goedgedink om die Handleiding Kerkkantoorpersoneel (’n praktiese gids) aan te vul met ’n paar finansiële wenke (bladsy 74 – 87). Dit kan gebruik word om ’n beleid op te stel ten opsigte van kontantontvangstes, tjekaansoeke, kleinkasfondse en internet/elektroniese bankdienste.

Is by jou kerkkantoor genoegsame maatreëls en beleid in plek ten opsigte van internet/elektroniese bankdienste?

Toets jou kerkkantoor aan die volgende vrae:• Hoeveel persone moet betrokke wees om veilige elektroniese betalings te maak?• Wie “laai” die elektroniese transaksies?• Wie doen die magtiging? Is dit dalk dieselfde persoon wat die transaksie gelaai het?• Skep van rekeninge en begunstigdes: hoeveel persone is betrokke as dit geskep word?• Is die webwerf waarop jy aanteken veilig? Hoe weet ek of dit veilig is?• Moet ’n veilige webwerf van ’n bank met “https” of “http” begin? Kyk jy ooit na die webadres? [die sogenaamde “URL” (Uniform Resource Locator)].• Van kyk gepraat: is daar ’n prentjie van ’n slotjie op jou skerm? Waar verskyn dit?

Om meer te lees en die opgedateerde handleiding (Januarie 2014) af te laai, besoek die webblad van Noord-Kaapland sinode - kerkkantoor.

Ds Mossie Mostert

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

DOPPERS, GATJIEPONDERS EN STOEPSITTERSNeels Jackson het in 1992 ondersoek ingestel na die herkoms van die byname Doppers, Gatjieponders en Stoepsitters, asook Wederdopers.

'n Aanhaling uit die artikel:“... Die oudste van dié kerklike byname is die woord Doppers. Nog voor die Gereformeerde Kerk of Dopperkerk in 1859 afgeskei het, is dié naam al gebruik. Daar is verskeie teorieë oor die oorsprong daarvan, maar volgens prof Flip van der Watt, voormalige hoogleraar in Kerkgeskiedenis van die NG Kerk, is die aanneemlikste teorie dat dit kom van die Nederlandse woord dorpers. Dit is gebruik vir mense van die platteland – dus nie stedelinge nie. Volgens prof Van der Watt het dit op eenvoudige mense gedui, maar nie ’n negatiewe betekenis gehad nie. Prof Adriaan Pont, Hervormde hoogleraar in Kerkgeskiedenis, sê egter die bedoeling was selfs om agterlikheid aan te dui. Die naam is volgens hom soms ook vir Hervormers gebruik.

Die naam Gatjieponders vir NG lidmate het sy ontstaan te danke aan die soort manelle wat NG predikante soms gedra het. Predikante van ander kerke het die ronde manel of kaggelpyp gedra wat voor en agter lank was, sê prof Pont. Dié kan ’n mens nog op Kerkplein in Pretoria in die standbeeld van pres Paul Kruger sien. Van die NG predikante het egter ’n Engelse manel begin dra wat net agter oor die boude lank was. Dit is spottenderwys ’n gatjapon genoem. So het die naam Gatjaponners of Gatjieponders ontstaan met, volgens prof Pont, die effense konnotasie dat ware gelowiges die ronde manel gedra het en dié wat ligter was in die geloof, die gatjapon. Prof Van der Watt meen egter dat dit nooit ’n negatiewe naam was nie. Hy gee ook nie om om ’n Gatjieponder genoem te word nie.

Die benaming Stoepsitters vir die Nederduitsch Hervormde Kerk is volgens prof Pont ’n Wes-Transvaalse naam. ’n Mens sal vergeefs op ander plekke daarna soek. Dit dagteken van die jare twintig toe die Hervormde Kerk nie genoeg predikante gehad het nie en van die Wes-Transvaalse gemeentes daarom nie Sondae eredienste gehou het nie. Die lidmate wou egter nie saam met die Doppers of Gatjieponders kerk hou nie en het tuis gebly. Vandaar die naam Stoepsitters...”

Lees meer by http://www.nhka.org/images/stories/Web_redaksioneel/Doppers.pdf.

(Met erkenning aan Neel Jackson en dank aan Mossie Mostert in Noord-Kaapland eNuus van 28 Januarie 2014)

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

NG GEMEENTE DURBANVILLEEMOSIONELE INTELLIGENSIE

Dr Pieter van Jaarsveld bied gratis werkswinkels oor emosionele intelligensie by die NG Kerk Durbanville, op die hoek van Kerkstraat en Weyerslaan, aan. Die twee opeenvolgende sessies is op Sondag 2 Februarie en 9 Februarie van 18:00 – 20:00 in die kerkgebou.

Dr Pieter van Jaarsveld het opleiding in sielkunde en teologie, hy is 'n dosent in sielkunde en ook deeltydse konsultant vir Suid-Afrikaanse en internasionale maatskappye. Hy is 'n gereelde spreker op TV- en radioprogramme en ook 'n gesogte spreker by konferensies. Dr Van Jaarsveld is ook die skrywer van artikels en boeke, waaronder Verbeter jou kind se selfbeeld en Die hart van 'n wenner: Ontwikkel jou emosionele intelligensie.

Kontak Cindy van der Merwe by 021 975 6370 met navrae.

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

HENRY MURRAY ERNSTIG SIEKOns steier nog onder die baie slegte nuus van Henry Murray van Morgenster wat ons verlede naweek ontvang het.

Hy het skielik vreemde simptome getoon, soos 'n sekere mate van verlies aan funksies aan die een kant van sy liggaam, asook hoofpyne. Aanvanklik is gedink dis beroerte. Nadat Discovery hom uit Harare gevlieg het, is hy in die Sunninghill hospitaal in Johannesburg opgeneem waar hy gediagnoseer is met 'n erge kwaadaardige gewas op die brein (Glioblastoom).

Na ’n sewe-uur lange operasie op Dinsdag 28 Januarie berig sy oudste dogter, Cecile, op die “Henry Murray Support” Facebook-blad: “Dad is out of surgery safely! He recognises us and is laughing and joking!” Die minder goeie nuus is dat daar nie verwag kan word dat hy met hierdie toestand vir langer as ses maande kan lewe nie. Ons bid vir hierdie besondere gesin en weet dat die Here almagtig is en hulle in alle opsigte versorg. Kobus Odendaal vlieg Vrydag om hom te gaan besoek.

Vir diegene wat nie so op hoogte is nie: Henry is gebore in Zimbabwe. Sy pa en ma was ds George en Ina Murray van Morgenster en hulle is direkte afstammelinge van die Murray’s wat diep Gods-spore in Afrika in die kerk/sending getrap het. Henry en Susan het destyds hulle bediening in Malawi begin en was daarna by CAVA in Harare werksaam. Sedert 2001 is hy betrokke

by die Teologiese Kollege op Morgenster, Zimbabwe waar hy tans vise-rektor en dosent in Missiologie is.

Die jongste inligting is by 'n Henry Murray-ondersteuningsgroep op Facebook. Belangstellendes kan by www.facebook.com/groups/HenryMurraySupport/?fref=ts of by www.facebook.com/groups/HenryMurraySupport meer lees en saamleef met die gesin.

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

NG GEMEENTE HELDERBERGUITREIKFEES

Helderberg Gemeente hou op 2 Februarie Uitreikfees met prediker Nobuntu Matholeni.

Die fees fokus op die uitreikbedieninge van Helderberg Gemeente en die 32 projekte sal hulle werk uitstal en meer vertel van wat hulle doen. Almal is welkom!

Meer oor die prediker:Nobuntu Matholeni doen deurbraak-werk as 'n pastorale berader in Chris Nissen Park en is in diens van die ‘Hoop in Aksie’ projek van Helderberg Uitreik.

Sy is 'n opgeleide Baptistekerk-leraar en het 'n meestersgraad in teologie aan die Universiteit van Stellenbosch behaal.

Sy het as een van agt kinders van 'n enkelouer-ma in 'n “township” in Queenstown grootgeword. In haar naskoolse jare het sy in Kaapstad as 'n huishulp vir 'n teologiese student en sy vrou gewerk. Die boeke op haar werkgewer se lessenaar het haar interesseer. Hulle het haar saamgenooi na hul kerkdienste. Nadat Nobuntu die Here in 'n kerk in Khayelitsha aangeneem het, het sy by 'n Bybelskool ingeskryf en na vier jaar het sy die kursus by die Baptiste Teologiese skool voltooi. Sy getuig van God se voorsiening in die tyd. Na haar studies is sy as leraar in die Baptiste Gemeente in Vishoek bevestig. Sy is passievol om ander mense te bemagtig, veral vroue wat as randfigure deur die gemeenskap weggestoot word. Dit is waarom sy haar meestersgraad in pastorale-sorg en berading verwerf het.

“I am the missionary of a White Afrikaans Church in a Coloured Community as a Black Woman. Isn’t that awesome?” – Nobuntu Matholeni.

Navrae: Louise TheronHelderberg Uitreik

Tel 021 851 5582

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

NG GEMEENTE MOORREESBURG1. MANNEKAMP 2014Van 21 tot 23 Februarie 2014 hou ons 'n Mannekamp te Bridgetown.

Die welbekende Dr S.T. Potgieter gaan die gespreksessies aanbied en Adri Theron sal die manne met sang begelei. Dit beloof om 'n insiggewende, LEKKER kamp te wees! Oop vir persone van enige denominasie.

Onkostes: R 150.00 per persoon. Nooi jou vriende om saam te kom kamp! Inskrywingsvorms is beskikbaar by die kerkkantoor, asook by die kerkdeure. Jy kan selfs met jou eie karavaan gaan kamp of tent opslaan op Bridgetown.

Sluitingsdatum vir inskrywings: Vrydag 14 Februarie 2014Kontakpersoon: Mariba Koegelenberg (022 433 1069)

2. MANNE-ONTBYT Ter viering van die Wêreldbiddag vir Mans (Saterdag 1 Maart), hou ons ʼn Manne-ontbyt op Vrydag 28 Februarie 2014 om 06:30 in die kerksaal.

Boodskap om 06:30-07:00 en ontbyt vanaf 07:00. Koste: R40 pp

Indien u belangstel, kontak asb. die kerkkantoor (022 433 1105) vóór 26 Februarie om u naam op die lys te plaas.

3. FAMILIEFEES 2014Ons jaarlikse Familiefees vind hierdie jaar op 14 - 16 Maart 2014 plaas. Die formaat is min of meer dieselfde as verlede jaar en behels dus die volgende:

Vrydagaand 14 Maart – Basaar, kerkgrondeSaterdagaand 15 Maart – Wyksbraaie (Wyksbraaie kan ook op enige ander geleë tyd gehou word)Sondag 16 Maart – Jubeldiens om 09:30 met Wian Vos Tee na die erediens by die Braai-AreaSondag 16 Maart - Gemeente-ete om 12:00

Gemeente-ete kaartjies:R65 – Maksi-ete / R45 – Mini-ete

Kaartjies by die kerkkantoor beskikbaar. Skakel 022 433 1105.

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

HUIS ANDREW MURRAYKINDER- & JEUGSORGWERKER

Huis Andrew Murray (HAM), 'n Badisa-program, beskik oor 'n vakature en wag op aansoeke van mense wat daarin belangstel om 'n huiseenheid met 14 dogters tussen die ouderdom van 6 maande en 18 jaar te bestuur.

Die take behels die volgende:

volle fisiese versorging van die kind toesig oor huiswerk en skooltake versorging van klerasie vergesel kind op uitstappies en ander buitenshuise aktiwiteite verteenwoordig ouer by oueraande en ander skoolfunksies toon belangstelling in kind se sport-, akademiese-, kulturele- en geestelike ontwikkeling voorbereiding en toesighouding oor inpak van skoolkos skoon en netjies hou van huiseenheid skep van huislike atmosfeer binne huiseenheid rapportering van kind se gedrag en funksionering binne huiseenheid vergesel kind na mediese ondersoeke

Die geskikte kandidaat sal emosioneel goed aangepas wees, hoë morele en etiese waardes nastreef, 'n navolgenswaardige voorbeeld kan stel, gedissiplineerd wees, georganiseerd wees, selfstandig en binne spanverband kan werk, oor 'n geldige rybewys beskik, geletterd wees (graad 12 en hoër) en werklik 'n passie vir kinders en kinderopvoeding hê. 'n Gekwalifiseerde aansoek in Kinder en Jeugsorgwerk sal die aansoeker tot voordeel strek.Die persoon sal ook bereid en in staat wees om verdere indiensopleiding te deurloop.

Die markverwante vergoedingspakket sluit in: lidmaatskap van 'n groep mediese- en pensioenfonds, verpligte vakansieverlof, gratis maaltye en verpligte inwoning.

Rig kort CV met kontakbare verwysings aan Die Hoof, Huis Andrew Murray, Posbus 129 Wellington, e-pos aan: [email protected] , faks na 021 873 5265.

Aansoeke sluit Vrydag 14 Februarie 2014. Datum van diensaanvaarding 1 April 2014.

Indien u nie binne drie weke na die sluitingsdatum enige reaksie van ons ontvang het nie, kan u aanneem dat u aansoek onsuksesvol was.

Terug na Hoofblad.

-----------------------------------------------------------

BADISA WESKUSVREDENBURG

MAATSKAPLIKE WERKER

Badisa is 'n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes-en-Suid-Kaap) en die VGKSA (Kaapland).

Badisa is 'n Christusgesentreerde, waardegedrewe organisasie wat staan vir diensbaarheid, rentmeesterskap, geregtigheid en uitnemendheid.

Aansoeke word ingewag van Maatskaplike werkers vir 'n vakatures (voldag) by ons kantoor teBadisa Weskus in Vredenburg.

Kandidate wat BADISA se waardes onderskryf en oor die volgende vereistes beskik, kan aansoek doen:

• Registrasie by die Raad van Maatskaplike Diensberoepe as maatskaplike werker• Minstens kode B-rybewys• Die vermoë om gevalle-, groep en gemeenskapswerk op 'n gebalanseerde, geïntegreerde wyse, effektief te verrig• Ondervinding van Kinder- en Gesinsorgwerk• Vaardigheid in verslagskrywing en statutêre werk• Rekenaarvaardigheid op woordverwerkingsprogram• Vermoë om in ʼn span saam te werk en vennootskappe te sluit.• Afrikaans eerste taal spreker en vaardigheid in die ander twee amptelike tale van die Wes-Kaap sal 'n aanbeveling wees.• As deel van ons diensgelykheidplan sal aansoekers uit die aangewese groepe voorkeur geniet

Voordele:Ruim verlofvoordele, mediese fonds en pensioenskema.

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik

Voorsien volledige CV met twee referente teen 10 Februarie 2014 aan

Bestuurder MaatskaplikediensprogrammePosbus 372, St Helenabaai E-pos: [email protected] Faks: 022 736 2350Navrae: Marianne Heyns by 082 317 3122.

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

NG KERK OORNAGHUISBo-Lincolnstraat 80, Hoheizen, Bellville

Pos beskikbaar: Half-dag Ontvangsklerk / Sekretaresse

Vereistes: Vroulik / Ouderdomsgroep tussen 30 – 55 jaar / Eie vervoer.

Take: Neem van telefoniese / aanlyn-besprekings. Ontvang van gaste. Kontrolering van besprekingsregister. Algemene kantoor- en tikwerk. Toesig oor algehele skoonmaak en netheid van die Oornaghuis (soos nodig).

Verlangde vaardighede: Moet selfstandig, verantwoordelik en probleem-oplossend kan dink en werk. Rekenaarvaardigheid 'n aanbeveling. Goeie mense-verhoudinge handhaaf. Goeie telefoon-etiket gebruik. Vlot tweetalig wees. Moet met geld kan werk. Moet soms onder druk kan werk.

Ondervinding: Minstens 5 jaar administratiewe ondervinding (géén kansvatters, asb.)

Werksure: Dis 'n halfdagpos wat meestal middagskofte behels en afgewissel word met vier, soms meer, oggendskofte per maand. Daar sal ook van die ontvangsklerk verwag word om per geleentheid in die Oornaghuis te oornag wanneer die aflos met verlof is.

Stuur volledige CV na:Faks: 021 913 3736E-pos: [email protected]

Sluitingsdatum: Vrydag 7 Februarie 2014

Terug na Hoofblad.

-----------------------------------------------------------