Leeu en die seuntjie - Wendy Maartens · 2020. 5. 19. · Wanneer jy ’n mens of ’n dier help,...

7
125 Leeu en die seuntjie Behulpsaamheid Lank, lank gelede, toe die sterre ook bedags geskyn het, was daar ’n seuntjie wat elke dag in die veld gespeel het terwyl hy skape opgepas het. Op ’n dag hoor hy ’n heuningvoëltjie fluit. Skielik kry hy so lus vir heuning dat hy heeltemal van sy trop skape vergeet en al agter die voëltjie aandraf. Toe hy sy oë uitvee, het hy in ’n donker bos verdwaal. Om alles te kroon staan daar ’n yslike leeu reg voor hom tussen die bome. Die seuntjie wil nog skree en weghardloop, toe lig die leeu sy een voorpoot op. “Help my,” soebat hy hartseer. “Moet asseblief nie weghardloop nie. Ek belowe om jou nie seer te maak nie.” Die seuntjie wonder benoud of hy nie dalk tóg moet weghard- loop nie. Netnou is die leeu se hartseer-gesig net ’n slim plan om hom te vang en op te vreet. “Kyk,” sê die leeu en hou sy groot poot met skerp naels na die seuntjie toe uit. “Daar is ’n doring in my poot en ek kan dit nie uit- kry nie.” Die seuntjie gee een treetjie nader en loer vinnig na Leeu se poot. Sowaar, dit is rooi en geswel en lyk sommer baie seer. Toe weet hy dat Leeu nie jok nie en regtig sy hulp nodig het. “Kom,” sê die seuntjie en beduie vir Leeu om sy poot op sy skoot te sit. “Dit gaan dalk seer wees, want die doring is baie diep. Maar ek sal my bes probeer om dit uit te haal,” verduidelik die seuntjie. Leeu gaan sit styf teen die seuntjie, knyp sy oë toe en hou sy asem op totdat die seuntjie die doring uitgehaal het. “Daar’s hy,” sê die seuntjie. “Jou poot sal sommer in ’n japtrap gesond wees.”

Transcript of Leeu en die seuntjie - Wendy Maartens · 2020. 5. 19. · Wanneer jy ’n mens of ’n dier help,...

Page 1: Leeu en die seuntjie - Wendy Maartens · 2020. 5. 19. · Wanneer jy ’n mens of ’n dier help, doen jy nie net vir die een wat jy help ’n guns nie, maar ook vir jouself. Wanneer

125

Leeu en die seuntjieBehulpsaamheid

Lank, lank gelede, toe die sterre ook bedags geskyn het, was daar ’n seuntjie wat elke dag in die veld gespeel het terwyl hy skape opgepas het.

Op ’n dag hoor hy ’n heuningvoëltjie fluit. Skielik kry hy so lus vir heuning dat hy heeltemal van sy trop skape vergeet en al agter die voëltjie aandraf. Toe hy sy oë uitvee, het hy in ’n donker bos verdwaal. Om alles te kroon staan daar ’n yslike leeu reg voor hom tussen die bome. Die seuntjie wil nog skree en weghardloop, toe lig die leeu sy een voorpoot op. “Help my,” soebat hy hartseer. “Moet asseblief nie weghardloop nie. Ek belowe om jou nie seer te maak nie.”

Die seuntjie wonder benoud of hy nie dalk tóg moet weghard-loop nie. Netnou is die leeu se hartseer-gesig net ’n slim plan om hom te vang en op te vreet.

“Kyk,” sê die leeu en hou sy groot poot met skerp naels na die seuntjie toe uit. “Daar is ’n doring in my poot en ek kan dit nie uit-kry nie.”

Die seuntjie gee een treetjie nader en loer vinnig na Leeu se poot.Sowaar, dit is rooi en geswel en lyk sommer baie seer. Toe weet

hy dat Leeu nie jok nie en regtig sy hulp nodig het.“Kom,” sê die seuntjie en beduie vir Leeu om sy poot op sy skoot

te sit. “Dit gaan dalk seer wees, want die doring is baie diep. Maar ek sal my bes probeer om dit uit te haal,” verduidelik die seuntjie.

Leeu gaan sit styf teen die seuntjie, knyp sy oë toe en hou sy asem op totdat die seuntjie die doring uitgehaal het.

“Daar’s hy,” sê die seuntjie. “Jou poot sal sommer in ’n japtrap gesond wees.”

vertel_vir_my_n_storie_binne.indd 125 2014/09/01 4:24 PM

Page 2: Leeu en die seuntjie - Wendy Maartens · 2020. 5. 19. · Wanneer jy ’n mens of ’n dier help, doen jy nie net vir die een wat jy help ’n guns nie, maar ook vir jouself. Wanneer

vertel_vir_my_n_storie_binne.indd 126 2014/09/01 4:24 PM

Page 3: Leeu en die seuntjie - Wendy Maartens · 2020. 5. 19. · Wanneer jy ’n mens of ’n dier help, doen jy nie net vir die een wat jy help ’n guns nie, maar ook vir jouself. Wanneer

127

“Dankie, dankie,” sê Leeu tevrede en lek die seuntjie se hand met sy lang, skurwe tong. “Ek sal jou nooit vergeet nie.”

“Sjoe,” sê die seuntjie met ’n glimlag, “niemand sal my glo dat Leeu my hand gelek het nie.”

Nie lank daarna nie kom kla Boer dat die seuntjie van sy skape gesteel het. Dis natuurlik nie waar nie, maar niemand behal we die seuntjie weet dit nie.

In die ou dae is mense baie swaar gestraf as hulle iets gesteel het. Die regter besluit dat die seuntjie tussen ’n klomp wilde diere in­gegooi moet word. Al wat die seuntjie kan doen, is om ’n stuk hout te gryp en hom self te probeer verdedig.

Terwyl nuuskierige mense saamdrom om te kyk wat gebeur, stap die leeu in die hok stadig nader. In plaas daar van om die seuntjie te verskeur, begin hy die seuntjie se hand met sy skurwe tong lek.

“Onthou jy my nou?” vra Leeu met ’n vriendelike stem. “Jy het my gehelp toe ek ’n doring in my poot gehad het. Kyk, dit is nou gesond.” Hy hou sy poot uit dat die seuntjie daarna kan kyk.

Toe die ander wilde diere sien dat Leeu en die seuntjie mekaar ken, wil hulle die seuntjie glad nie meer aanval nie.

“Die seuntjie moet vrygelaat word!” roep die mense wat gesien het hoe Leeu die seuntjie lek.

Die koning het toevallig alles uit sy paleisvenster dopgehou en sy bediendes gestuur om Leeu en die seuntjie te gaan haal.

Nadat die koning ’n spesiale ete vir hulle laat berei het, sê hy: “Jong man, jy en jou vriend is vry om te gaan. Pas mekaar mooi op.”

Toe stap Leeu en die seuntjie deur die paleis se hekke terwyl die paleisorkes die mooiste musiek speel.

Die twee was vir die res van hul lewe goeie vriende en geen dief sou dit waag om naby die seuntjie se skape te kom nie, want hy het glo die grootste hond met die langste tande en die woesste maan hare gehad wat hulle nog ooit gesien het – én hy het nes ’n leeu gebrul.

vertel_vir_my_n_storie_binne.indd 127 2014/09/05 12:05 PM

Page 4: Leeu en die seuntjie - Wendy Maartens · 2020. 5. 19. · Wanneer jy ’n mens of ’n dier help, doen jy nie net vir die een wat jy help ’n guns nie, maar ook vir jouself. Wanneer

Vir die kindWanneer jy ’n mens of ’n dier help, doen jy nie net vir die een wat jy help ’n guns nie, maar ook vir jouself. Wanneer jy iemand help, kry jy ’n lekker warm gevoel in jou binneste wat maak dat jy dit sommer gou weer wil doen. So word jy nie net ’n beter mens nie, jy maak ook die wêreld stukkie vir stukkie ’n beter plek. Glo dit of nie – behulpsaamheid is aansteeklik, amper net soos lekker lag. As jy vandag gehelp word, is dit môre vir jou makliker om iemand anders te help. En die dag daarna is dit weer daardie persoon se beurt om iewers anders iets goeds te doen. Verbeel jou elke goeie daad is ’n liggie. Voor jy jou oë uitvee, strek die string liggies deur jul hele straat en dorp en land totdat dit uiteindelik reg rondom die wêreld strek.

Soms voel ’n mens skrikkerig of skaam om ander te help, veral in die straat of by die skool waar almal jou kan sien. Onthou, ander mense voel net soos jy.

Help volgende keer die maatjie wat geval het of beskerm die hondjie wat afgeknou word of neem die skoenlapper wat in die huis rondfladder terug tuin toe. Elkeen van ons is kosbaar genoeg om ’n verskil te maak.

Probeer om ten minste een keer per week ’n goeie daad te verrig waarvan net jy weet.

Vir die kindWanneer jy ’n mens of ’n dier help, doen jy nie net vir die een wat

Vir die kindWanneer jy ’n mens of ’n dier help, doen jy nie net vir die een wat

vertel_vir_my_n_storie_binne.indd 128 2014/09/01 4:24 PM

Page 5: Leeu en die seuntjie - Wendy Maartens · 2020. 5. 19. · Wanneer jy ’n mens of ’n dier help, doen jy nie net vir die een wat jy help ’n guns nie, maar ook vir jouself. Wanneer

Vir die ouer en onderwyserDis belangrik dat kinders van kleins af leer dat hulle ’n waardevolle deel van ’n gesin, klas, gemeenskap, nasie en uiteindelik die hele mensdom is. Hiermee saam ontwikkel die besef dat elkeen van ons, maak nie saak hoe jonk nie, verantwoordelikhede teenoor mekaar, ons dierevriende en ons planeet het. Hoe gouer ’n kind leer dat hy ’n unieke plekkie binne hierdie opset het, hoe gretiger gaan hy wees om ander te help – veral as sy pogings raakgesien en gewaardeer word.Hou die volgende in gedagte:

Die beste manier om ’n kind te leer om behulpsaam te wees, is om van kleins af van hom te verwag om met sekere take in en om die huis en klaskamer te help. Maak dit pret. Skryf ’n paar take op strokies papier, sit dit in ’n hoed en gee elke gesinslid of klasmaat kans om ’n taak te trek en te verrig.

Vir die ouer en onderwyserDis belangrik dat kinders van kleins af leer dat hulle ’n waardevolle

Vir die ouer en onderwyserDis belangrik dat kinders van kleins af leer dat hulle ’n waardevolle

vertel_vir_my_n_storie_binne.indd 129 2014/09/01 4:24 PM

Page 6: Leeu en die seuntjie - Wendy Maartens · 2020. 5. 19. · Wanneer jy ’n mens of ’n dier help, doen jy nie net vir die een wat jy help ’n guns nie, maar ook vir jouself. Wanneer

130

Verduidelik aan die kind dat hoewel behulpsaamheid geen on mid dellike beloning inhou nie, gaan geen goeie daad ooit on gesiens verby nie. Die een of ander tyd sal daar weer iets goeds met hom gebeur. Sorg dat jy te alle tye ’n goeie rolmodel is. Hou vir iemand wat ná jou kom die deur oop, tel iets wat val op of gee iemand wat minder items in die trollie het voorkeur in die ry. So word behulpsaamheid deel van jou kind se leefwyse. Word as ouer betrokke by die gemeenskap en neem die kind soms saam as jy byvoorbeeld hulp verleen by ’n sentrum wat maaltye of klere aan minderbevoorregtes verskaf. So leer die kind minderbevoorregtes is ook mense met gevoelens en ver-dien om met respek behandel te word. ’n Kind wat gereeld saam met sy ouers hulp aan ander verleen, sal sonder om twee keer te dink die hand na iemand anders uitreik as hy alleen is. Vrywillige werk kweek nie net deernis, empatie, selfvertroue en verantwoordelikheid nie, dit stel ’n kind ook bloot aan moont like loopbaankeuses. Prys die kind vir behulpsame optrede en laat nou en dan ’n spe siale vergunning as beloning toe. Gebruik spesiale dae soos Moedersdag, Erfenisdag of Men se-reg tedag om as klas ’n helpende hand te verleen. Besoek byvoorbeeld ’n ouetehuis om ’n Moedersdagprogram met rympies en liedjies aan te bied. Span saam met ’n plaaslike organisasie om ’n rivier of park op Erfenisdag skoon te maak. Kinders het van nature ’n sagte plekkie vir diere. Hou ’n klas-konsert, of koek- of kattebakverkoping en skenk die opbrengs aan ’n dierewelsynsvereniging. Moedig kinders aan om elk ’n blikkie troeteldierkos of ’n oortollige kombers saam skool toe te bring wat as ’n klasprojek geskenk kan word. Besoek die DBV een Saterdagoggend per maand as gesin om honde vir ’n wandeling op die terrein te neem. Hul baldadige vreugde is op sigself ’n beloning.

vertel_vir_my_n_storie_binne.indd 130 2014/09/01 4:24 PM

Page 7: Leeu en die seuntjie - Wendy Maartens · 2020. 5. 19. · Wanneer jy ’n mens of ’n dier help, doen jy nie net vir die een wat jy help ’n guns nie, maar ook vir jouself. Wanneer

131

Moedig selfstandige kinders aan om die kleuters in die buurt by mekaar te maak vir ’n halfuur van storietyd of outydse speletjies soos vroteier, aan-aan en wegkruipertjie. Menige moeë ma sal ewig dankbaar wees en die weldoener dalk net onverwags bederf. Gee Sondagmiddag ná ete geleentheid vir gesinslede om te vertel hoe hulle die afgelope week ’n verskil in ’n mens of dier se lewe gemaak het ... en op watter onverwagse manier hulle dalk beloon is vir ’n goeie daad van lank gelede! Vestig die kind se aandag daarop dat persoonlike veiligheid altyd eerste kom wanneer daar hulp verleen word.

vertel_vir_my_n_storie_binne.indd 131 2014/09/01 4:24 PM