JESUS CHRISTUS LIG! HARTKLOP · DRIE VAN DIE BESTES (Kevin Leo, Mathys Roets, Danie Niehaus) 26 FEB...

6
VANOGGEND SE EREDIENS (SOLA GRATIA - GENADE ALLEEN) DR WILHELM BURGER (2 KOR 1:3-11) TROOSRYKE GENADE Ons word soms oorweldig deur die slegte nuus in die wêreld. Dit lyk of die Bose oorwin teen die Goeie. Tog lyk dit nie asof dit baie mense ontstel nie. Die grens tussen goed en kwaad het vaag geword. Net die wat daaronder ly bid om uitkoms en hoop. As die grens tussen goed en kwaad vervaag, verminder die behoefte aan genade. Dit lyk of ons naby aan dié punt gekom het. Die vraag is dan of die wêreld nog 'n Verlosser nodig het? "Jesus is the answer, but what is the problem?" Is ons by die punt van 'n onwelkome Redder? Dit is asof Joh.1:9-11 steeds voor ons afspeel: "Die ware lig wat elke mens verlig, was aan die kom na die wêreld toe, maar sy eie mense het Hom nie erken nie. Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie." Paulus probeer later weer in 'n heidense stad die goeie nuus verwoord. In ons teks in 2 Kor.1:3-11 gebruik hy woorde soos "ontferm, uitkoms, bemoedig, gehelp, gered, versterk, verduur, verwagting, uitkoms, hoop, seën en dank.” As die kerk jare later ons geloof probeer verwoord in 'n belydenis, vat hulle al die begrippe saam in een woordjie: troos. Trouens, hulle stel dit selfs sterker... ons enigste troos. Maar hoe troos jy mense wat nie meer huil nie? Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles H ARTKLOP TEKS VIR DIE WEEK SONDAG 19 FEBRUARIE DS ANTON DUVENHAGE SEMPER REFORMANDA (VOORDUREND VERNUWE) Teks: Hebreërs 13: 8 - 16 Is die kerk outyds? Is daar plek vir vernuwing? Is dit verantwoordelik om te vernuwe (en te verander)? Hierdie week lees ons Heb 13 v 8 - 16 en ons dink na oor die moderne samelewing. Speel die kerk nog ‘n rol in die samelewing, of is die kerk besig om uit te sterf? AANDDIENS VANAAND @ 18:00 DS ANTON DUVENHAGE Die Heilige Gees APP “KEUSESOns nooi u almal graag uit na die diens. Kom gesels gerus saam oor die Heilige Gees. Welkom! Teentrix- groepe na die diens. DEURKOLLEKTE VANDAG Sin Koll. Studentebearbeiding Baie dankie vir u gebede en volgehoue ondersteuning. 12 FEBRUARIE 2017 Wees LIG! HARTLIK WELKOM! Van Sola gratia tot Soli Deo Gloria, Het u al opgelet, as jy in die restaurant jou rekening kry, is daar onder ‘die bedrag verskuldig’ ook ‘n oop lyntjie gemerk ‘Gratuity’? Ons weet wat dit is. Dit is die gebruiklike ‘fooitjie’ (of ‘tip’) wat jy byvoeg om dankie te sê vir die flinke en vriendelike bediening. Maar hierdie ‘gratuity’ is dieselfde woord as ‘genade’. In die Engelse idioom is die begenadigde gaste aan die einde van die maal ‘grateful’ en daarom laat hulle nog ‘n gratuity’’ om dankie te sê. Martin Luther het ons geleer dat ons verlossing ‘n groot daad van genade is. Jesus begenadig ons. Ons verdien dit nie. En nou is ons reaksie op Jesus se genade ons dankbaarheid. Ons dankbaarheid kom in beide woorde en goeie dade. Ons woorde en dade is ons gratuity’ aan die Here vir Sy genade ons betoon. Ons het die afgelope paar Sondae kennis gemaak met 4 solas, naamliksola gratia, sola fide, sola scriptura en solus Christus. Maar daar is nog ‘n 5de, die soli Deo Gloria. (Aan God alleen die eer). Kunstenaars soos Johann Sebastian Bach, George Frideric Handel en die harpspeler, Christoph Graupner het aan die einde van hul werke die 3 letters SDG geskryf - Soli Deo Gloria alle dank en eer aan God alleen. En dit is die gewoonte wat ons moet aanleer alles is genade en daarvoor sê ons SDG. Welkom met ‘n SDG. WELKOM DOOPOUERS Saroline en Jacques Duminy met baba Rihan Jaque Ons bid Vader se seën op jul gesin. Welkom!

Transcript of JESUS CHRISTUS LIG! HARTKLOP · DRIE VAN DIE BESTES (Kevin Leo, Mathys Roets, Danie Niehaus) 26 FEB...

Page 1: JESUS CHRISTUS LIG! HARTKLOP · DRIE VAN DIE BESTES (Kevin Leo, Mathys Roets, Danie Niehaus) 26 FEB 2016 @ 18:00 NG KERK HERMANUS Kaartjies R220pp beskikbaar by NG Hermanus kerkkantoor.

VANOGGEND SE EREDIENS (SOLA GRATIA - GENADE ALLEEN) DR WILHELM BURGER (2 KOR 1:3-11) TROOSRYKE GENADE

Ons word soms oorweldig deur die slegte nuus in die

wêreld. Dit lyk of die Bose oorwin teen die Goeie. Tog

lyk dit nie asof dit baie mense ontstel nie. Die grens

tussen goed en kwaad het vaag geword. Net die wat

daaronder ly bid om uitkoms en hoop. As die grens

tussen goed en kwaad vervaag, verminder die behoefte

aan genade. Dit lyk of ons naby aan dié punt gekom het.

Die vraag is dan of die wêreld nog 'n Verlosser nodig

het? "Jesus is the answer, but what is the problem?"

Is ons by die punt van 'n onwelkome Redder?

Dit is asof Joh.1:9-11 steeds voor ons afspeel: "Die ware lig wat elke mens verlig,

was aan die kom na die wêreld toe, maar sy eie mense het Hom nie erken nie. Hy

het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie."

Paulus probeer later weer in 'n heidense stad die goeie nuus verwoord. In ons teks

in 2 Kor.1:3-11 gebruik hy woorde soos "ontferm, uitkoms, bemoedig, gehelp, gered,

versterk, verduur, verwagting, uitkoms, hoop, seën en dank.”

As die kerk jare later ons geloof probeer verwoord in 'n belydenis, vat hulle al die

begrippe saam in een woordjie: troos. Trouens, hulle stel dit selfs sterker...

ons enigste troos. Maar hoe troos jy mense wat nie meer huil nie?

Ons almal saam in diens van

JESUS CHRISTUS

oral, altyd en in alles

HARTKLOP TEKS VIR DIE WEEK SONDAG 19 FEBRUARIE

DS ANTON DUVENHAGE

SEMPER REFORMANDA

(VOORDUREND VERNUWE)

Teks: Hebreërs 13: 8 - 16

Is die kerk outyds? Is daar

plek vir vernuwing? Is dit

verantwoordelik om te vernuwe

(en te verander)?

Hierdie week lees ons

Heb 13 v 8 - 16 en ons dink na

oor die moderne samelewing.

Speel die kerk nog ‘n rol in die

samelewing, of is die kerk

besig om uit te sterf?

AANDDIENS

VANAAND @ 18:00

DS ANTON DUVENHAGE

Die Heilige Gees APP

“KEUSES”

Ons nooi u almal graag uit na

die diens. Kom gesels gerus

saam oor die Heilige Gees.

Welkom!

Teentrix-

groepe na

die diens.

DEURKOLLEKTE VANDAG Sin Koll. Studentebearbeiding

Baie dankie vir u gebede en

volgehoue ondersteuning.

12 FEBRUARIE 2017

Wees LIG!

HARTLIK WELKOM!

Van Sola gratia tot Soli Deo Gloria,

Het u al opgelet, as jy in die restaurant jou rekening kry, is daar onder ‘die bedrag verskuldig’ ook ‘n oop lyntjie gemerk ‘Gratuity’? Ons weet wat dit is. Dit is die

gebruiklike ‘fooitjie’ (of ‘tip’) wat jy byvoeg om dankie te sê vir die flinke en

vriendelike bediening.

Maar hierdie ‘gratuity’ is dieselfde woord as ‘genade’. In die Engelse idioom is die

begenadigde gaste aan die einde van die maal ‘grateful’ en daarom laat hulle nog ‘n

‘gratuity’’ om dankie te sê.

Martin Luther het ons geleer dat ons verlossing ‘n groot daad van genade is. Jesus

begenadig ons. Ons verdien dit nie. En nou is ons reaksie op Jesus se genade ons

dankbaarheid. Ons dankbaarheid kom in beide woorde en goeie dade. Ons woorde en

dade is ons ‘gratuity’ aan die Here vir Sy genade ons betoon.

Ons het die afgelope paar Sondae kennis gemaak met 4 solas, naamliksola gratia,

sola fide, sola scriptura en solus Christus. Maar daar is nog ‘n 5de, die soli Deo Gloria. (Aan God alleen die eer). Kunstenaars soos Johann Sebastian Bach, George

Frideric Handel en die harpspeler, Christoph Graupner het aan die einde van hul

werke die 3 letters SDG geskryf - Soli Deo Gloria – alle dank en eer aan God alleen.

En dit is die gewoonte wat ons moet aanleer – alles is genade en daarvoor sê ons

SDG. Welkom met ‘n SDG.

WELKOM DOOPOUERS

Saroline en Jacques Duminy

met baba Rihan Jaque

Ons bid Vader se seën op

jul gesin. Welkom!

Page 2: JESUS CHRISTUS LIG! HARTKLOP · DRIE VAN DIE BESTES (Kevin Leo, Mathys Roets, Danie Niehaus) 26 FEB 2016 @ 18:00 NG KERK HERMANUS Kaartjies R220pp beskikbaar by NG Hermanus kerkkantoor.

DINSDAG 14 FEBRUARIE Sopkombuis

WOENSDAG 15 FEBRUARIE 11:00 - 13:00 KLEREKAS is oop. Kom kyk gerus.

18:00 BYBELSKOOL BY NG HERMANUS Ons nooi uit na Dr Kobus Kellerman se Romeine-Reeks. Die Romeine-brief is seker Paulus se grootste nalatenskap. Notas is beskikbaar. Daar is geen kostes nie. En almal is welkom. Navrae: Clifford by 028 316 4895.

DONDERDAG 16 FEBRUARIE 09:00 BYBELSKOOL BY NG ONRUS 16:00 GESAMENTLIK GEBED by die VGK Mount Pleasant.

VRYDAG 17 FEBRUARIE SPOELKLIPPE- OPENING @ 18:30 WAAR? Agter die Dienssentrum of in die Maalruimte (afhangende van die weer). Bring eie eetgerei, drinkgoed, stoel en tafeltjie, ASOOK koue vleis en slaai vir 4 persone. Ons plaas dit op langtafels en ons almal eet van almal se heerlike verversings! GEE NAME OP BY DIE KERKKANTOOR, ASSEBLIEF! Ons nooi almal maar veral ons nuwe intrekkers uit om lekker saam te kom kuier en nuwe vriende te ontmoet. Vir meer inligting kontak Joep by 028 316 4018 of 083 297 9230 SIEN JULLE ALMAL DAAR!

SONDAG 19 FEBRUARIE 08:30 GEBEDSKAMER: Ons bid saam vir die erediens, die Leraar aan diens en die gemeente.

09:00 EREDIENS: Dr Wilhelm Burger gaan voor. Rooitrein en Bybelgroepe tydens die diens.

WYKE DIENSBEURTE Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 28) 18:00 AANDDIENS & TEENTRIX

WAARNA KAN ONS UITSIEN? SPESIALE UITNODIGING NA ‘N HEERLIKE BRAAI AAN ALLE ERE-DIENSWERKERS, GASVRYHEID, PARKERING, KLANK, MUSIEK, BLOMME, SIMBOLIEK - 21 FEB 2017 @ 18:00 (MAALRUIMTE) ‘n Worsbraai word in die Maalruimte beplan om almal te be-dank vir jul onbaatsugtige diensbaarheid wat só sigbaar is tydens die Eredienste. RSVP: 15 Februarie na Hanna de Jager 028 316 2116 of [email protected] Bring asb. eie eetgerei en ‘n drink dingetjie saam. Donasies sal baie welkom wees.

DRIE VAN DIE BESTES (Kevin Leo, Mathys Roets, Danie Niehaus) 26 FEB 2016 @ 18:00 NG KERK HERMANUS Kaartjies R220pp beskikbaar by NG Hermanus kerkkantoor.

SPOELKLIPPE-LAATONTBYT DONDERDAG 16 MAART by die GHOLFKLUB R70 per persoon (fooi ingesluit) Buffet-ontbyt wat muesli, jogurt, spek, boerewors, eier, sampioene, brood en koffie insluit. Gee name op en betaal R70 by die kerkkantoor voor of op Maandag 13 Maart DV.

SPOELKLIPPE-UITSTAPPIE DONDERDAG 19 - 20 OKTOBER DV Treinrit op die DIAZ-EXPRESS....oornag in HARTENBOSCH KOSTE: R550 pp (vervoer na Hartenbosch uitgesluit) GELDE SAL LATER INGEVORDER WORD. BELANGSTELLENDES MOET ASSEBLIEF VIR JOEP SKAKEL by 028 316 4018 of 083 297 9230 SLEGS PLEK VIR 30 PERSONE OP DIE TREIN! Gou spring want reëlings moet so gou as moontlik getref word.

ALPHA BELEWENIS 2017

21 FEBRUARIE TOT 21 MEI 2017 @ 18:00

Kom deel die Alpha belewenis aam met Clifford Heys en Malan

en Ria Erasmus. Dit is ‘n reeks oor geloof, die verstaan van die

drie-enige God en vele meer. Mark Twain het gesê: Die twee

belangrikste dae van jou lewe is die dag toe jy gebore is

en die dag toe jy uitgevind het waarom.

Alpha word een keer per week aangebied en strek oor 11 weke

op Dinsdagaande vanaf 21 Februarie tot

21 Mei 2017 @ 18:00

(Elke sessie duur ongeveer 2 ure)

Nooi iemand uit en kom woon dit saam by!

INSKRYWINGS / NAVRAE:

Tel: Malan / Ria Erasmus

028 316 1109 of 083 415 5046

E-pos: malan_erasmus@hermanus

of [email protected]

U is almal baie welkom!

18 - 20 MAART 2017

BREDASDORP (R550pp)

ALLE TIENERS BAIE WELKOM!

Registrasievorms beskikbaar by die kerkkantoor of by

die Teentrix aande. Vul dit asb so gou moontlik in en

besorg terug - Roeleen Wessels sal die registrasie op

die webwerf doen. Registrasie sluit 15 Maart 2017.

Vir enige navrae, kontak asb vir ds Anton Duvenhage.\

Page 3: JESUS CHRISTUS LIG! HARTKLOP · DRIE VAN DIE BESTES (Kevin Leo, Mathys Roets, Danie Niehaus) 26 FEB 2016 @ 18:00 NG KERK HERMANUS Kaartjies R220pp beskikbaar by NG Hermanus kerkkantoor.

GEBED VIR NOOD EN SIEKTE 1 Petrus 5:10 God sal julle self weer herstel, Hy sal julle moedig, sterk en standvastig maak.

Dierbare Vader wat in die Hemel en op die aarde woon, wanneer ons die einde van ons krag bereik het, reik ons na U om ons weer sterk te maak. Wanneer die sorge en laste van die lewe ons wil onderkry, kom ons in gebed na U toe, en U sal ons bevry van ons laste.

WEEK 13 - 19 FEB

MAANDAG 13 FEB

Markus 9: 23 “ ‘As U iets kan doen,’ se jy,” antwoord Jesus. “Vir die een wat glo, kan alles.”

As ʼn mens glo is alles moontlik. Ons weet dat geloof in U, ons God en Vader, is nie net ʼn manier om die pyn van die lewe te vermy nie. Dit is ʼn goddelike geskenk wat vir ons die krag gee om binne die storms van die lewe te oorwin.

DINSDAG 14 FEB

Hebreërs 11:1 Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te

wees van die dinge wat ons nie sien nie. God, ons weet dat U die onmoontlike kan doen, maar U kan net dit doen wat ons U in die geloof toelaat om te doen. Die gebed van iemand wie se saak met U, ons God en Vader reg is, het ʼn kragtige uitwerking.

WOENSDAG 15 FEB

Psalms 17:8 Beskerm my soos die appel van U oog, steek my weg in die skaduwee van u

vleuels. Vader, daar is tye in ons lewe wanneer ons ons alleen in die wildernis van die lewe bevind en alles druk so op ons gemoed, dan weet ons verseker dat U ons onder U genadevlerke beskerm en ons nooit sal verlaat nie. Dankie vir die versekering en die beskerming van U liefde.

DONDERDAG 16 FEB

GEBED

GEBEDSVERSOEKE Annette McMillan

072 903 9189

NOODKETTING

Sheila 082 895 9479

Psalm 37:23 Die Here bepaal die koers van die mens met wie se pad Hy tevrede is, en Hy ondersteun

hom. Here, baie dankie dat u nooit belowe om vir ons antwoorde te gee op al die lewe se vrae nie. U gee egter vir ons die nodige rigtingwysers as ons op U vertrou. U bepaal die rigting van ons, wie U liefhet, en U Woord lees, en alleen op U vertrou.

VRYDAG 17 FEB

Francois Goosen Chemo

Basie Strydom

Mariska Wagenaar Kanker

Chantelle Theron Kanker

Coleen Louw G/Harvest

Jannie Smit Operasie (kanker)

Piet Hoffman Chemo

Sarel Vorster Onrus Manor

Amanda Symington

Piet Haumann Behandeling

Mike Swart Hospitaal

Hannatjie & Ronnie

Oosthuizen

Eben Kotze ICU

Berry Pflügler Sterk aan

Krappies Carstens

Marita Cook (Taz Cook) Leukemie

Marichen van Wyk Herstel

Barnie Els Kanker

Jan Eksteen Longfibrose

Marie Nel

Antoinette Wiggins

Jan Vrey Kanker

Meegevoel met vriende en familie met die

heengaan van Paul Venter.

‘N GESKENK VAN

LIEFDE

Gee die grootste

moontlike geskenk:

ORGAANSKENKING

Oortuig ook jou familie en vriende.

Ná jou dood kan jy meer as 7 mense se

lewens drasties verander.

Skenk jou organe hier, jy het dit nie in

die Hemel nodig nie!

www.odf.org.za

of skakel 080022661

Ons bid hierdie week spesiaal vir alle huwelike.

Page 4: JESUS CHRISTUS LIG! HARTKLOP · DRIE VAN DIE BESTES (Kevin Leo, Mathys Roets, Danie Niehaus) 26 FEB 2016 @ 18:00 NG KERK HERMANUS Kaartjies R220pp beskikbaar by NG Hermanus kerkkantoor.

10h00 - 12h00 HAARKAPPER: Kom maak u gerus mooi vir 2017. Vir ’n afspraak, kontak Ester op 081 453 8130. Welkom! KLERE VERSTEL deur Rita Ferreira om 9h30. Tel: 073 218 1789. 10h00: KOSDEMONSTRASIE deur Angelique Brink van Sandbaai Country House. Angelique gaan vir ons vinnige vingerhappies wys. Kom kyk, kom leer en kom proe.

KLINIEK 10h00 – 12h00: Ons kliniek bied vir die eerste twee weke van Februarie gratis bloeddruk en suiker toetse aan. Kontak vir sr. Calitz by 073 152 5623 (Maandag - Vrydag: 8h00 - 13h00) en maak 'n afspraak. Indien u 'n versorger (iemand om na u of u geliefde of u moeder en vader om te sien/ of iemand wat u kan help met hantering van u en u huishouding) benodig kontak asb vir Ronel. RONEL KAN WEEKSOGGENDE (MAANDAE TOT VRYDAE) VAN 08H00 - 13H00 GEKONTAK WORD.

TRIMGIM IN DIE ONSTEATER OM 15h00: Trimgim deur Mathilda Roos (bio-kinetikus). Trimgimfooie is R35 per maand vir lede. (R50 per maand vir nie-lede) Kontak no: 082 339 1085.

VOETE- EN HANDE VERSORGING Voete- en hande versorging in die Dienssentrum vanaf 8h00. Kontak vir Marilyn by 082 532 6931 en maak 'n afspraak. Ons voete en ons hande is baie belangrik - Marilyn versorg dit baie mooi en goed.

10h00: KOM BREI SAAM met 'n groep persone en luister na voorlesings.

Dr. Hoepie Howell kan nie vandag teenwoordig wees nie - daar sal iemand anders wees wat die voorlesing doen. Oom Stan Murie brei nie, maar

kom drink elke week 'n koppie tee en luister saam na die voorlesings. Dalk is daar nog mans wat graag wil kom - julle is meer as welkom.

ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM

Deur die

genade van God

PROGRAM

13 - 17 FEB

MAANDAG 13 FEBRUARIE (DIENSENTRUM GESLUIT)

DINSDAG 14 FEBRUARIE

WOENSDAG 15 FEBRUARIE

DONDERDAG 16 FEBRUARIE

Page 5: JESUS CHRISTUS LIG! HARTKLOP · DRIE VAN DIE BESTES (Kevin Leo, Mathys Roets, Danie Niehaus) 26 FEB 2016 @ 18:00 NG KERK HERMANUS Kaartjies R220pp beskikbaar by NG Hermanus kerkkantoor.

KONTAK NOMMERS

DIENSSENTRUMNOMMER

028 316 1745 KONTAK VIR JOAN OF HANNIE

(09H30 – 12H30)

VIR ENIGE INLIGTING

ERIKA OOSTHUYSEN

Maatskaplike Werker

O28 316 3115 / 079 322 0998

[email protected]

FACEBOOK Die Dienssentrum het 'n facebookblad. Word

asseblief vriende met ons. U gaan net in op

Onrusrivier Dienssentrum en "invite" ons.

VERSORGING: So baie keer is daar iemand wat versorg moet word,

maar die eggenoot/eggenote/kinders is te versigtig om so iemand by die persoon te plaas wat siek is. Ongelukkig kom daar 'n dag wat mens nie meer die versorging van jou geliefde kan hanteer nie. Vir jou eie beswil en vir jou eie gesondheid is dit belangrik om 'n versorger te kry. Iemand het eendag vir ons gesê sy is so dankbaar dat sy 'n versorg-er kon kry want nou kan sy weer die eggenoot/geliefde van haar man wees wat sy so graag wil wees en die tyd saam met hom geniet in plaas daarvan om sy versorging te hanteer. Dit is ook belangrik om te onthou dat uself die besluit moet neem en dit eers moet verwerk voordat u 'n versorer kry. Moet ook nie dink 'n mens pas binne een week aan by 'n nuwe persoon (versorger) in die huis nie. 'n Mens het nodig om ten minste een maand saam met 'n versorger die pad te stap voordat jy besluit dit gaan nie werk nie. Kontak sr. Calitz by 073 152 5623 (maandae - vrydae: 8h00 - 13h00) en maak 'n afspraak. Sy kom na u huis en doen 'n evaluering van u omstandighede en bespreek dan die moontlikhede met u. Dit bly u besluit. Ons sorg dat ons versorgers (huishousters) Vlak 1 van die Rooikruis Opleiding het.

MARKIE: Ons eerste markie vir die jaar sal wees op Vrydag, 10 Maart,

vanaf 9h00 - 12h00. Die koste is R20 per tafel en word betaal wanneer die tafel bespreek word by Joan/Hannie (028 316 1745)

WYNPROE GELEENTHEID BY

WINE VILLAGE: Ons gaan

Dinsdag, 21 Februarie, om 10h30 wyn proe by die Wine Village in Sand-baai. Koste daaraan verbonde is R5 (lede) en R10 (nie-lede). Bespreek asseblief voor 17 Februarie by Joan en Hannie (028 316 1745). Ons ver-trek om 10h00 vanaf die kerk.

KOLWYNTJIE

TEETUIN

VRYDAG 17

FEBRUARIE

09:30 - 11:30

BAIE DANKIE aan

diegene wat die

teetuin so gereeld

besoek! Sonder julle ondersteuning

het die KOLWYNTJIE lankal ophou bestaan.

EN DIT SOU N KWADE DAG WEES!

Vir net R30 bedien ons jou met die heerlikste

koffie/tee en 'n groot porsie koek/tert van jou

keuse. As jy lid van die Dienssentrum is betaal jy

net R20! Daar is ook R10

porsies op die tafel.

Vir enige navrae en groep-

besprekings, kontak

Marie by 028 316 4018.

ONSTEATER

DONDERDAG

23 FEBRUARIE @ 14:30

TOEGANG:

SLEGS DONASIE VIR

ONS DIENSSENTRUM

Kom geniet HEIDI in lewende lywe (nie animasie

nie!) Daar is oupa, Almohi, Peter, Klara en natuur-

lik juffrou Rottenmeier met pragtige stemwerk in

AFRIKAANS deur Jenna Dunster, Louis van

Niekerk, Sandra Prinsloo en ander bekende

stemme. Welkom!

Page 6: JESUS CHRISTUS LIG! HARTKLOP · DRIE VAN DIE BESTES (Kevin Leo, Mathys Roets, Danie Niehaus) 26 FEB 2016 @ 18:00 NG KERK HERMANUS Kaartjies R220pp beskikbaar by NG Hermanus kerkkantoor.

DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K)

083 468 8194 [email protected]

DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K)

083 448 1651 [email protected]

DS ANTON DUVENHAGE 072 477 3185

[email protected]

DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895

[email protected]

VOORSITTER KERKRAAD Piet van Zyl

082 339 9871 [email protected]

EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633

[email protected]

MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen

028 316 3115 (K) 079 322 0998

[email protected]

KOMMUNIKASIE BEAMPTE

Karin de Bruin 084 305 2086

[email protected]

ONTVANGS

Mervian van der Merwe 084 875 7875

[email protected]

REK BEAMPTE Rika Eveleigh 082 679 1312

[email protected]

ADMIN BEAMPTE Hanna de Jager 082 441 9759

[email protected]

Vir navrae en kommentaar

op die Hartklop [email protected] (Advertensies sluit Dins 12:00)

KERKKANTOOR ma - vry 08h00 - 13h00

Tel (028) 316-2116 [email protected]

www.ngkonrusrivier.co.za

DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier

Bank: ABSA

Rek. 406 215 2718

SENDING (GBO) Geloof Belofte Offer

Bank: ABSA

Rek. 916 9799 886

Groot dank en waardering vir ons Hartklop borg van die maand (‘n besigheid in ons

dorp wat verkies om nie genoem te word nie, maar dit net uit dankbaarheid te

doen). Ons eer God vir julle gehoorsaam-heid en liefde en bid Vader se seën oor jul

besigheid en gesinne.

KOSPAKKIES 20 FEBRUARIE DV As daar net EEN bestanddeel is wat ons kan aanvra is dit BOELIEBEEF (corned meat) ASSEBLIEF! So BAIE DANKIE vir oop beursies, hande en harte van ons gemeentelede. BAIE DANKIE!

ROOMYS BAKKE GESOEK: Laerskool Hermanus benodig leë 2 liter roomysbakke (100) vir hul jaarlikse Karnaval op 3 Maart 2017. Leë roomysbakke kan by die Grobbelaarsaal afgegee word. Kontakbesonderhede: Lizel Kuchar 028-3122515.

wees

PRAGTIGE HEMDE MET

ONRUSGEMEENTE LOGO OP

BESKIKBAAR BY DIE

KERKKANTOOR (SLEGS DONASIES)

T-Hemde met kragie

1 x 81 cm

1 x L

5 x XL

10 x 2XL

2 x 3XL

Kortmou hemde

1 x M

3 x L

2 x XXL

Langmou hemde

1 x XL

2 x 2XL

2 x XXL

1 x 3XL

OMGEE-KOMBERSIE VOL LIEFDE "Soos ons ander predikante se gades almal al 'n omgee-kombersie gekry het, was dit Dinsdag, 7 Februarie ds Anton Duvenhage se vrou Bianca, se beurt om haar kombersie te ontvang.

Ons is 'n klein groepie van ses vrouens van Hawston en Onrus wat blokke brei en dan aanme-kaar werk en hekel vir 'n mooi, bont omgee-kombersie. Ons getuig daarmee dat Jesus ons liefhet en ons ons naaste liefhet en omgee. So het ons deur die jare al talle kombersie aan mense in Hawston, Mt Pleasant en Onrus gegee wat omgee en liefde nodig het.

Tannie Soes van Hawston en Pollie Botha van Onrus het namens ons breigroep die kombersie oorhandig. Tannie Soes het afgesluit met 'n gebed waarin sy die jong egpaar aan die Here opdra - vir hulle huwe-lik en hulle roeping as predi-kantsegpaar."