JESUS CHRISTUS Wees LIG! HARTKLOP LIG! · 2017-03-17 · gee oor innerlike genesing en groei. Ons...

8
VANOGGEND SE EREDIENS (4 DE LYDENSWEEK) RIEKERT BOTHA (EF 2:1-3) TWEE WÊRELDE - TWEE GEBOORTES Paulus beskryf twee wêrelde. Die een noem hy spesifiek, en die tweede word uit sy ver- duidelik afgelei. Dít is wat hy sê: 1. Hierdie wêreld beweeg in 'n bepaalde rigting soos 'n rivier in 'n spesifieke rigting vloei. 2. Nie net is daar 'n algemene rigting waarin die wêreld beweeg nie, maar staan die wêreld onder die gesag van die owerste van die mag van die lug - wat op sy beurt die loop van die wêreld dikteer. 3. Nie net beweeg die wêreld in 'n algemene rigting onder die beheer van die Satan nie, maar werk die gees van die Satan in die lewens van die bewoners om uitvoering aan sy doelwitte te gee. 4. Wat is hierdie algemene rigting waarin die wêreld beweeg; die oorkoepelende agenda van die Satan? Dit is om aan God ongehoorsaam te wees. Die bewoners van hierdie wêreld word kinders van die ongehoorsaamheid genoem. 5. Wat is hulle voorland en uiteinde? God se oordeel. Dit is hul erfenis. 6. Die tweede wêreld is presies die teenoorgestelde hiervan. Dit het ook 'n bepaalde loop, staan ook onder gesag (Gods'n) en het ook 'n Gees wat in hul werk. Tot watter doel? Om aan God gehoorsaam te wees. Wat is hierdie mense se voorland? God se genade en ver- lossing. 7. Maar hier is die ding: ALMAL word in die eerste wêreld gebore - sonder uitsondering. Die enigste manier om God se wêreld te betree is deur geboorte. Maar as ons klaar in HIERDIE wêreld gebore is, hoe word ons dan in God s'n gebore? Jesus sê ons sal weer gebore moet word! 8. En dít, vriende, is die boodskap van die evangelie! Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles H ARTKLOP TEKS VIR DIE WEEK SONDAG 26 MAART DS ANTON DUVENHAGE LUK 12:8-12 TEMA: “ ... REEDS ‟N VOORBEELD” AANDDIENS VANAAND @ 18:00 MEDITATIEWE DIENS SAAM MET DR WILHELM BURGER Sondagaand dink ons verder oor die riglyne wat Kol. 3 ons gee oor innerlike genesing en groei. Ons luister na mooi musiek, oordink die teks en probeer in kontak kom met ervarings wat ons lewe ten diepste gevorm het. Ons fasili- teer 'n stil ontmoeting tussen jou en God en dink verder oor wat Olga Kirsch se gedig, Blokhuis, vir ons oopsluit. Kom met 'n verwagting, dit mag 'n baie besondere tyd vir jou wees. Geen Teentrixgroepe agv Imagine naweek. DEURKOLLEKTE VANDAG Spes Koll. Badisa Omgeeveldtog Baie dankie vir u gebede en volgehoue ondersteuning. 19 MAART 2017 HARTLIK WELKOM! Enige pelgrim of dit iemand is wat die Santiago de Compostela in Spanje stap, of een van ons wat die Lydensroete van As-Woensdag tot Paassondag stap, sal getuig dat daar ‘n dag kom dat jy begin wonder wie jy nou regte is? Dit is normaal. Dit is goed. Dietrich Bonhoeffer was „n bekende Duitse teoloog wat Hitler se beleid teengestaan het. Bonhoeffer is gevange geneem en tereggestel. Maar kort voor sy teregstelling op die 9de April 1945, het hy ook met hierdie vraag geworstel: „ Wie is ek, nou eintlik ...?Sy medegevangenes het gedink hy is baie braaf. Hy was vir baie „n inspirasie. En tog het hy gewonder en geworstel. Hy skryf „n gedig: Wie is ek? Ek hoor die mense sê ek is „n dapper man. „Kyk hoe stap hy uit sy sel.‟ „Hoor hoe selfversekerd praat hy met die soldate.‟ „Kyk hoe verdra hy alles met „n glimlag.‟ Wie is ek? - Hulle weet net nie hoe bang ek in werklikheid is nie. Nee. Ek weet werklik nie wie ek werklik is nie. En dan kom sy bekende Engelse woorde: “Who am I? Thou knowest, o God, I am Thine” Weet dit: Op hierdie Lydenspad weet die Here wie saam stap. En jy mag vir seker weet: Ek is my Heer s‟n. Of ek lewe en of ek sterwe. Ek behoort aan my Here (Rom. 14v8) Welkom. Jy is geen naamlose vreemdeling nie. God ken jou! Wees LIG! PASSIESPELE 2017 OEFENING ELKE SONDAG @ 15:00 (OU HAWE HERMANUS) Daar is baie plek vir nuwe spelers. Kom leef jou talente uit in Jesus se diens! Navrae: Fanus 078 483 3080 Wees LIG!

Transcript of JESUS CHRISTUS Wees LIG! HARTKLOP LIG! · 2017-03-17 · gee oor innerlike genesing en groei. Ons...

Page 1: JESUS CHRISTUS Wees LIG! HARTKLOP LIG! · 2017-03-17 · gee oor innerlike genesing en groei. Ons luister na mooi musiek, oordink die teks en probeer in kontak kom met ervarings wat

VANOGGEND SE EREDIENS (4DE LYDENSWEEK) RIEKERT BOTHA (EF 2:1-3) TWEE WÊRELDE - TWEE GEBOORTES Paulus beskryf twee wêrelde. Die een noem hy spesifiek, en die tweede word uit sy ver-

duidelik afgelei. Dít is wat hy sê:

1. Hierdie wêreld beweeg in 'n bepaalde rigting soos 'n rivier in 'n spesifieke rigting vloei.

2. Nie net is daar 'n algemene rigting waarin die wêreld beweeg nie, maar staan die wêreld

onder die gesag van die owerste van die mag van die lug - wat op sy beurt die loop van die

wêreld dikteer.

3. Nie net beweeg die wêreld in 'n algemene rigting onder die beheer van die Satan nie,

maar werk die gees van die Satan in die lewens van die bewoners om uitvoering aan sy

doelwitte te gee.

4. Wat is hierdie algemene rigting waarin die wêreld beweeg; die oorkoepelende agenda

van die Satan? Dit is om aan God ongehoorsaam te wees. Die bewoners van hierdie wêreld

word kinders van die ongehoorsaamheid genoem.

5. Wat is hulle voorland en uiteinde? God se oordeel. Dit is hul erfenis.

6. Die tweede wêreld is presies die teenoorgestelde hiervan. Dit het ook 'n bepaalde loop,

staan ook onder gesag (Gods'n) en het ook 'n Gees wat in hul werk. Tot watter doel? Om

aan God gehoorsaam te wees. Wat is hierdie mense se voorland? God se genade en ver-

lossing.

7. Maar hier is die ding: ALMAL word in die eerste wêreld gebore - sonder uitsondering.

Die enigste manier om God se wêreld te betree is deur geboorte. Maar as ons klaar in

HIERDIE wêreld gebore is, hoe word ons dan in God s'n gebore? Jesus sê ons sal weer

gebore moet word!

8. En dít, vriende, is die boodskap van die evangelie!

Ons almal saam in diens van

JESUS CHRISTUS

oral, altyd en in alles

HARTKLOP TEKS VIR DIE WEEK

SONDAG 26 MAART

DS ANTON DUVENHAGE

LUK 12:8-12

TEMA:

“ ... REEDS ‟N VOORBEELD”

AANDDIENS

VANAAND @ 18:00

MEDITATIEWE DIENS

SAAM MET

DR WILHELM BURGER

Sondagaand dink ons verder

oor die riglyne wat Kol. 3 ons

gee oor innerlike genesing en

groei. Ons luister na mooi

musiek, oordink die teks en

probeer in kontak kom met

ervarings wat ons lewe ten

diepste gevorm het. Ons fasili-

teer 'n stil ontmoeting tussen

jou en God en dink verder oor

wat Olga Kirsch se gedig,

Blokhuis, vir ons oopsluit.

Kom met 'n verwagting, dit

mag 'n baie besondere tyd

vir jou wees.

Geen Teentrixgroepe

agv Imagine naweek.

DEURKOLLEKTE VANDAG Spes Koll. Badisa Omgeeveldtog

Baie dankie vir u gebede en

volgehoue ondersteuning.

19 MAART 2017

HARTLIK WELKOM!

Enige pelgrim – of dit iemand is wat die Santiago de Compostela in Spanje stap, of een van

ons wat die Lydensroete van As-Woensdag tot Paassondag stap, sal getuig dat daar ‘n dag

kom dat jy begin wonder wie jy nou regte is? Dit is normaal. Dit is goed.

Dietrich Bonhoeffer was „n bekende Duitse teoloog wat Hitler se beleid teengestaan het.

Bonhoeffer is gevange geneem en tereggestel. Maar kort voor sy teregstelling op die 9de

April 1945, het hy ook met hierdie vraag geworstel: „Wie is ek, nou eintlik ...?‟

Sy medegevangenes het gedink hy is baie braaf. Hy was vir baie „n

inspirasie. En tog het hy gewonder en geworstel. Hy skryf „n gedig:

Wie is ek? Ek hoor die mense sê ek is „n dapper man.

„Kyk hoe stap hy uit sy sel.‟

„Hoor hoe selfversekerd praat hy met die soldate.‟

„Kyk hoe verdra hy alles met „n glimlag.‟

Wie is ek? - Hulle weet net nie hoe bang ek in werklikheid is nie.

Nee. Ek weet werklik nie wie ek werklik is nie.

En dan kom sy bekende Engelse woorde:

“Who am I? Thou knowest, o God, I am Thine”

Weet dit: Op hierdie Lydenspad weet die Here wie saam stap. En jy mag vir seker weet:

Ek is my Heer s‟n. Of ek lewe en of ek sterwe. Ek behoort aan my Here

(Rom. 14v8) Welkom. Jy is geen naamlose vreemdeling nie. God ken jou!

Wees LIG!

PASSIESPELE 2017

OEFENING

ELKE SONDAG @ 15:00

(OU HAWE HERMANUS) Daar is baie plek vir nuwe spelers.

Kom leef jou talente uit in Jesus se diens!

Navrae: Fanus 078 483 3080

Wees

LIG!

Page 2: JESUS CHRISTUS Wees LIG! HARTKLOP LIG! · 2017-03-17 · gee oor innerlike genesing en groei. Ons luister na mooi musiek, oordink die teks en probeer in kontak kom met ervarings wat

DINSDAG 21 MAART VAKANSIEDAG - MENSEREGTEDAG

WOENSDAG 22 MAART 11:00 - 13:00 KLEREKAS is oop. Kom kyk gerus.

18:00 BYBELSKOOL BY NG HERMANUS Dr Johan van Schalkwyk behandel hierdie week - Woensdag 22 en Donderdag 23 Maart die profeet Obadja. Daarna kom Haggai en Sagaria aan die beurt. Baie welkom. Navrae: Clifford by 028 316 4895.

18:00 BASAAR FEESSPAN VERGADERING (Maalruimte) Indien u nog wil inskakel en deel word van die span, is u BAIE welkom!

DONDERDAG 23 MAART 09:00 BYBELSKOOL BY NG ONRUSRIVIER

SATERDAG 25 MAART 18:00 - 22:00 EARTH HOUR BY DAVIES POOL (ONRUS) Kom geniet ‘n heerlike aand van piekniek, musiek en kuns- en kosstalletjies. Daar is ook sterrekyk met die Hermanus Astronomy Centre se teleskope! Hierdie is ‘n fondsinsameling vir die OnVerWag buurtwag wat reeds al so ‘n groot verskil in ons omgewing gemaak het. Tussen 20:30 en 21:30 word al die ligte afgesit en kan ons die pragtige aand geniet! (Vir die van u wat dit nie kan bywoon nie, onthou om daardie tyd u ligte en krag af te sit. So maak ons ‘n verskil in ons omgewing). Dankie!!

SONDAG 26 MAART (5de LYDENSWEEK) 08:30 GEBEDSKAMER: Ons bid saam vir die erediens, die Leraar aan diens en die gemeente.

09:00 EREDIENS: Ds Anton Duvenhage gaan voor. PROMUSICA koor tree by ons op. Kom geniet dit saam! (Rooitrein en Bybelgroepe tydens die diens.)

WYKE DIENSBEURTE Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 30D) 18:00 AANDDIENS (Teentrix groepe na die diens)

WAARNA KAN ONS UITSIEN? DRIE VAN DIE BESTES konsert (NG Kerk Hermanus) uitgestel na 26 Maart 2017. Kaartjies nou R160pp (by die Onrus kerkkantr).

WEEK VAN IMPAK SAAM MET DS DIRKIE VAN DER SPUY NG Hermanus 19 - 23 Maart 2017 (Elke aand @ 18:30)

MOSAÏEK OMGEEGROEP byeenkoms op 27 Maart 2017 om 15h00 by Dienssentrum. DVD "Born to Win" sal vertoon word. Enige persoon is welkom om by die groep aan te sluit of die vertoning by te woon.

SPESIALE DATUMS VIR JOU DAGBOEK ONS BID OOK SAAM VIR ELKE GELEENTHEID

JEUG UITREIK 8 - 13 APRIL 2017

na die Koue Bokkeveld (Ds Anton)

GROOT LYDENSWEEK

Tema: Jesus se laaste woorde aan die kruis

Joh 19:17-30

PALMSONDAG 9 April @ 09:00

- Vader, vergeef hulle…

LYDENSWEEK MEDITASIES

Maandag, 10 April @ 18:30

- Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die

paradys wees

Dinsdag, 11 April @ 18:30

- Daar is u seun… Daar is jou moeder…

Woensdag, 12 April @ 18:30

- My God, my God, waarom het U my verlaat?

Donderdag, 13 April @ 18:30

- Ek is dors

GOEIE VRYDAG 14 APRIL

Vrydag, 14 April – 08:00 en 10:00 Nagmaal

- Dit is volbring

OPSTANDINGSDIENSTE 16 APR @ 06:00 & 09:00

JEUG PRAISE & WORSHIP EVENT

Vrydagaand 21 April @ 18:00

#Imagine se band kom hier optree en ons gaan groot!

Die hele gemeenskap se jeug word uitgenooi na

hierdie groot fees!

GEMEENTE BASAAR

Saterdag 29 April @ 09:00

Kom vier saam fees!

PINKSTER-

DIENSTE

(STEPHAN

JOUBERT)

28 - 31 Mei @

09:00 & 18:30

PINKSTERFEES MUSIEK-

AAND (HEINZ WINKLER)

VRYDAG 2 JUNIE

@ 19:00

Kaartjies: R120pp Volwassenes

R50pp Skoolgaande kinders

(Beskikbaar by die

kerkkantoor)

** Daar gaan ook „n gratis op-

pasdiens wees vir kleuters in

die OnsTeater.

Page 3: JESUS CHRISTUS Wees LIG! HARTKLOP LIG! · 2017-03-17 · gee oor innerlike genesing en groei. Ons luister na mooi musiek, oordink die teks en probeer in kontak kom met ervarings wat

GEBED VIR NOOD EN SIEKTE Dankie Vader dat ons in U Woord lees: “Maar God is ryk in barmhartigheid en het ons innig

lief.” Dankie dat U my sondes weggeneem het en my nuwe lewe gegee het, net omdat U dit wou doen. Net omdat U my innig liefhet. Vergewe my waar ek verkeerd opgetree het. Dinge gedoen wat ek nie moes gedoen het nie. Vergewe my as ek U, my familie en vriende in die steek gelaat het.

WEEK 20 - 26 MRT

MAANDAG 20 MRT

Here, vandag kom ek na U toe om my sonde te bely. Ek weet dat ek nie meer ʼn slaaf van die

sonde is nie. Dit beteken nie dat ek glad nie meer sonde doen nie, want dan sou ek volmaak wees. Help my om ʼn nuwe mens te word en om nie verkeerde dinge te doen nie. My lewe moet wys dat ek iemand is wat aan U, my Christus behoort.

DINSDAG 21 MRT

Vader, ek lees in U Woord: “Daar is dus nou geen veroordeling vir die wat in Christus

Jesus is nie.” Dankie Vader, met hierdie woorde hoef ek nie meer met ʼn skuldige gewete rondloop oor iets wat ek verkeerd gedoen of gesê het nie. Ek het my skuld aan U gegee en bely. Met algehele sekerheid weet ek, dat U het my vrygespreek het en daar is geen veroordeling vir my nie.

WOENSDAG 22 MRT

Here Jesus Christus, wanneer ek so skaam en verleë in gebed voor U kniel, en ek

weet nie wat om te bid nie. Dan weet ek dat die Heilige Gees vir my in my plek pleit. Die Heilige Gees staan my in my swakheid by. Dankie Vader, dat U deur U Gees vir my ʼn kind van U gemaak het. Dankie vir U liefde en genade.

DONDERDAG 23 MRT

GEBED

GEBEDSVERSOEKE Annette McMillan

072 903 9189

NOODKETTING

Sheila du Toit 082 895 9479

1 Johannes 5: 1-4: Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is ʼn kind van God; en elkeen wat vir die

Vader liefhet, het ook die ander lief wat kinders van die Vader is. Hieraan weet ons dat ons die kinders van God liefhet: wanneer ons God liefhet en sy gebooie onderhou. Die liefde vir God bestaan dan daarin dat ons sy gebooie gehoorsaam. Sy gebooie is ook nie moeilik om te gehoorsaam nie.

VRYDAG 24 MRT

Francois Goosen Chemo

Mariska Wagenaar Kanker

Chantelle Theron Kanker

Piet Hoffman Chemo

Arina Kruger Hartoperasie

Piet Haumann Behandeling

Berry Pflügler Sterk aan

Muller Ballot Hart operasie

Barney Els Kanker behandeling

Deon Smit Behandeling

Willem Espag Operasie gehad

Marietjie Pieterse Chemo

Sadie Welgemoed Herstel

Eben Kotze ICU

Rynhardt Smit Sterk aan

Krappies Carstens

Joan Olwagen Herstel na operasie

Ons bid vir al die baba‟s wat tans in die hospi-

taal is agv van lugweginfeksie. Ons bid Vader

se hand van genesing oor elkeen en ook sterkte

en seën vir hul ouers.

Meegevoel met Riekert en Pippa Botha met die

heengaan van Riekert se pa Chris.

Meegevoel met Anne & Annerie met die heen-

gaan van Eugene Laubser.

SPESIALE GEBED #IMAGINE JEUG - KAMP BY BREDASDORP 18-20 MAART

Ons bid in besonder vir elke tiener wat die kamp die naweek

bywoon. Ons bid ook vir al die aanbieders, die musiek, elke

groepleier en al die reëlings rondom die naweek.

Kom Heilige Gees en waai deur die tente, die geboue, die jong-

mense en vul hul harte met u liefde, leiding en u seën. Amen!

Page 4: JESUS CHRISTUS Wees LIG! HARTKLOP LIG! · 2017-03-17 · gee oor innerlike genesing en groei. Ons luister na mooi musiek, oordink die teks en probeer in kontak kom met ervarings wat

GEMEENTE BASAAR 29 APRIL 2017

Liewe Feesvriende, die beplanning is aan die gang en ons is

besig om vere reg te skud vir ons volgende Familiefees!

Ons sien so uit na die saamwerk, saamspeel en saamkuier.

Mag ons Vader ook daarin verheerlik word. Ons bevestig

ook dat al die Basaarlyste uit is en besig is om in die wyke

rond te gaan. Indien daar nie iemand by u uitkom nie -

daar is ook lyste by die kerkkantoor. Baie dankie!

DIE VOLGENDE STALLETJIES HET REEDS HULP EN SKENKINGS NODIG VAN DIE VOLGENDE:

KOEKSISTERS: Ons benodig dringend 'n

ervare koeksistervlegster om op 29 April

te help wanneer ons koeksisters bak.

Skakel asb vir Ria op 082 971 8257.

WIT OLIFANTE: Gaan soek bietjie deur

die kaste. Ons soek veral huisgoed en

breekgoed en baie speelgoed asb.

Groter items is ook baie welkom.

PLANTE: Groot en klein plante in potte asook blomme is baie welkom.

KONTANT Kontant skenkings bly „n wenner, want dan kan die stalletjies presies aankoop wat hulle nodig het, en sit

ons dan nie met „n oorskot eenkant en „n tekort anderkant. Dankie!

BESTANDDELE:

Heelwat stalletjies benodig meel,

eiers, olie, suiker. U kan asb heelwat

bring hiervan - ons gaan dit oral gebruik.

Ons sien uit na „n

wonderlike dag!

BASAAR BESTUURSPAN

Algemeen Bemarking Basaar Lyste Logistiek Gebou Binne Buite aktw.

Borgskappe Willie Moolman

083 448 0822

Karin

de Bruin

084 305 2086

Bertie Kotze

071 320 5210

Hans Herbst

082 569 9845

Muriël

Pretorius

083 335 5195

Paul

Pretorius

082 652 6979

Hanlie Britz

082 256 8093

Linda Kotze

081 589 9513

Johan Symington 082 546 7415

Floris Hamman

082 524 8691

HANDE

Laastens (vir eers) het ons nog

hande nodig wat kan help met

voorbereidings asook verkope

op Basaardag.

Kontak gerus vir Karin of

Muriël indien u kan help.

Page 5: JESUS CHRISTUS Wees LIG! HARTKLOP LIG! · 2017-03-17 · gee oor innerlike genesing en groei. Ons luister na mooi musiek, oordink die teks en probeer in kontak kom met ervarings wat

NO TAFEL SAMEROEPER KONTAK NR E-POS

1 Saterdag Modeparade & Fancy Dress

Hanlie Britz 082 256 8093 [email protected]

2 Kleinkoekies Ria Niemann 082 971 8257 [email protected]

3 Pannekoek Muriël Pretorius 083 335 5195 [email protected]

4 Tuisgebak: Beskuit / Brood/ Koeke

Madri Grobbelaar 082 697 1107 [email protected]

5 Groente Carel van der Merwe Francois Brink

083 444 9581 028 316 1895

[email protected]

6 Poedings Rina Smit 083 234 6376

7 Teetuin Muriël Pretorius 083 335 5195 [email protected]

8 Tuiste Skepping Brenda Strauss Vera Joubert

083 390 0838 063 634 6194

[email protected]

9 Vleistafel Hans Herbst 082 568 9845 [email protected]

10 Wit Olifante Gezina Franken 028 316-2528 / 083 961 9927

11 Breakfast Buns Johan Koekemoer 083 252 6645 [email protected]

12 Lekkergoed, Spele-tjies, Kindervermaak

Judy Zeelie

072 271 5291

[email protected]

13 Plante Reinhardt Singleton 082 859 0997 [email protected]

14 Potjiekos Tutu Jansen van Rensburg 082 872 3414 / 028 316 3263 [email protected]

15 Vetkoeke Johan & Jennifer Matthee 082 443 7640 [email protected]

16 Boeke Hettie Roux 028 316 2342 / 073 143 8270 [email protected]

17 Koeldrank Stefan Herholdt 083 454 0890 [email protected]

18 Pasteie Mirjam Dreyer 072 904 0415 [email protected]

19 Kerrie & Rys Deon van der Kooi 072 273 1494 [email protected]

20 Braaiers Anton Duvenhage 072 477 3185 [email protected]

21 Worsrolle & Hoender-sosaties

Louis Woensdregt 083 344 7796 [email protected]

22 Boepensbroodjies Francois Theron 072 433 7970 [email protected]

23 Koffie / Tee Dalene Pauls Koba van der Merwe

083 298 6145 082 787 5190

[email protected] [email protected]

24 Wyn Carel Roux & Elna Lewis 082 940 8957 [email protected]

BASAAR 2017 SAMEROEPERS

Kontak gerus enige van die sameroepers om u

hulp aan te bied by „n stalletjie. Ons sê reeds

baie dankie vir al die liefdevolle hande!

Page 6: JESUS CHRISTUS Wees LIG! HARTKLOP LIG! · 2017-03-17 · gee oor innerlike genesing en groei. Ons luister na mooi musiek, oordink die teks en probeer in kontak kom met ervarings wat

.

TRIMGIM WOENSDAGMIDDAG IN DIE ONSTEATER OM 15h00: Trimgim deur Mathilda Roos (bio-kinetikus). Trimgimfooie is R45 per maand vir lede (R60 per maand vir nie-lede) Kontak no: 082 339 1085.

VOETE- EN HANDE VERSORGING Voete- en hande versorging in die Dienssentrum vanaf 8h00. Kontak vir Marilyn by 082 532 6931 en maak 'n afspraak. Ons voete en ons hande is baie belangrik - Marilyn versorg dit baie mooi en goed.

10h00 - 12h00 KOM BREI SAAM in die sitkamer. Brei saam met dr. Hoepie Howell. Sit rustig, brei, ontspan en luister na haar pragtige stem terwyl sy voorlesings doen. Kom uit u huis en kom ontspan rond-om 'n koppie tee/koffie by die dienssentrum. 14:30 ONSTEATER - FILM - VIR DIE VOËLS

ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM

Deur die

genade van God

PROGRAM

20 - 24 MAART

MAANDAG 20 MAART (DIENSENTRUM GESLUIT)

DINSDAG 21 MAART (GESLUIT AGV VAKANSIEDAG)

WOENSDAG 22 MAART

DONDERDAG 23 MAART

DIENSSENTRUM VRYDAGMARKIE

10 MAART 2017

Baie dankie vir al u ondersteuning en lekker

saamkuier. Ons maak weer so!

ONSTEATER

DONDERDAG 23 MAART 14:30

FLIEK: VIR DIE VOËLS

Uittreksel in DIE BURGER van PAUL

BOEKKOOI se resensie van die fliek:

"Romantiese drama 4 sterre.

Nie sommer enige fliek nie, maar gegrond op

'n ware verhaal rondom 'n doodgewone paartjie

se lewe wat ietwat verder uitgebou is om die

lief en leed in ons land van dekades gelede te

weerspieel. Simone Nortmann( sy speel die

hoofrol) is 'n ontdekking"

Kom geniet die fliek saam met vriende.

Slegs donasies vir ons Dienssentrum.

Page 7: JESUS CHRISTUS Wees LIG! HARTKLOP LIG! · 2017-03-17 · gee oor innerlike genesing en groei. Ons luister na mooi musiek, oordink die teks en probeer in kontak kom met ervarings wat

KONTAK NOMMERS

DIENSSENTRUMNOMMER

028 316 1745 KONTAK VIR JOAN OF HANNIE

(09H30 – 12H30)

VIR ENIGE INLIGTING

ERIKA OOSTHUYSEN

Maatskaplike Werker

O28 316 3115 / 079 322 0998

[email protected]

KOLWYNTJIE TEETUIN

VRYDAG 24 MRT

09:30 - 11:30

Kom maak 'n draai en geniet

die samesyn van vriende en

vriendelike bediening van die kelners.

En dit vir net R30 ! Koek en 'n heerlike koppie

tee of koffie.

Kontak Marie by 083 457 1896 of 028 316 4018

vir groepbesprekings. Welkom!

ALGEMENE INLIGTING

JAARGELD: Jaargelde is betaalbaar vanaf 1 Maart. As 'n mens aan

'n organisasie/klub behoort moet jy jaarliks jaargeld betaal - dit is ook so met die Dienssentrum. Om aan die dienssentrum te behoort vra ons jaargeld. Uit die jaargeld kry u goedkoper haarversorging, goedkoper voete- en hande versorging, goedkoper tee en eetgoed by die teetuin en gaan u ook goedkoper op uitstappies. Ons het die jaargeld vir 2017 aangepas. Ons vra R400 vir 'n enkelpersoon en R600 vir 'n egpaar. U kan die jaargeld afbetaal of u kan dit eenmalig betaal by Joan/Hannie. Indien u nie die jaargeld kan bekostig nie praat asseblief met Hannie/Joan. Ons sal luister en 'n aanpassing maak.

DVD SPELER: Die Dienssentrum se DVD speler is verwyder uit die

sitkamer. Ons benodig dit asseblief vir die kyk van DVD's. Sal die per-soon wat dit verwyder het dit asseblief so gou moontlik terug bring? Dit sal regtig waardeer word.

KOÖRDINEERDER KOLWYNTJIE TEETUIN: Baie dankie vir

Amanda Klaassen wat na vore gekom het om die koordineerder vir die teetuin te wees. Amanda, ons waardeer dit. Ons hoop, bid en glo dat jy baie gelukkig in ons midde sal wees.

KOÖRDINEERDER FLIEKS IN DIE ONSTEATER: Ons wys

die vierde Donderdag van elke maand 'n fliek in die OnsTeater. Marie en Joep wil bietjie gaan rus. Ons is hulle baie dankbaar vir dit wat hulle ge-doen het om lekker flieks in die hande te kry en om dit te wys. Indien iemand sou belangstel om dit oor te neem, kontak asseblief vir Erika Oosthuysen.

VIC HAMILTON-ATTWELL PRAATJIE: Dr. Hamilton-Attwell

bied vir ons 'n praatjie oor die natuur aan op Dinsdag, 28 Maart, om 10h00. Die onderwerp is: Die wondere van Fernkloof en Fynbos van die sigbare wereld wat ons daagliks beleef tot die onsigbare wereld waarin ons elke dag leef, maar NIKS van weet nie. Ons wil die oggend muffins en tee/koffie bedien teen R5 (lede) en R15 (nie-lede). Indien u belang-stel om te kom kontak asseblief vir Hannie Koch (028 316 1745) voor/op Vrydag, 24 Maart.

Page 8: JESUS CHRISTUS Wees LIG! HARTKLOP LIG! · 2017-03-17 · gee oor innerlike genesing en groei. Ons luister na mooi musiek, oordink die teks en probeer in kontak kom met ervarings wat

DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K)

083 468 8194 [email protected]

DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K)

083 448 1651 [email protected]

DS ANTON DUVENHAGE 072 477 3185

[email protected]

DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895

[email protected]

VOORSITTER KERKRAAD Piet van Zyl

082 339 9871 [email protected]

EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633

[email protected]

MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen

028 316 3115 (K) 079 322 0998

[email protected]

KOMMUNIKASIE BEAMPTE

Karin de Bruin 084 305 2086

[email protected]

ONTVANGS Mervian van der Merwe

084 875 7875 [email protected]

REK BEAMPTE Rika Eveleigh 082 679 1312

[email protected]

ADMIN BEAMPTE Hanna de Jager 082 441 9759

[email protected]

KOSTER Johan Symington

082 546 7415

Vir navrae en kommentaar

op die Hartklop [email protected] (Advertensies sluit Dins 12:00)

KERKKANTOOR ma - vry 08h00 - 13h00

Tel (028) 316-2116 [email protected]

www.ngkonrusrivier.co.za

DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier

Bank: ABSA

Rek. 406 215 2718

SENDING (GBO) Geloof Belofte Offer

Bank: ABSA

Rek. 916 9799 886

Groot dank en waardering vir ons Hartklop borg van die maand (‘n besigheid in ons

dorp wat verkies om nie genoem te word nie, maar dit net uit dankbaarheid te

doen). Ons eer God vir julle gehoorsaam-heid en liefde en bid Vader se seën oor jul

besigheid en gesinne.

KOSPAKKIES 27 MAART DV Ons nooi persone uit wat meer inligting wil kry oor die doen en late van die KOSPAKKIES om die Maandagoggend die 27ste Maart om 8:30 'n draai by die Moederskamer te kom maak. Die pakkies word dan opgemaak en afgelewer by die betrokke gesinne. BAIE DANKIE vir al die bestanddele ontvang!

DRAMA: Daar is 'n jong ongeveer 11 jarige dogtertjie wat baie goed is in drama/toneelkuns. Daar is nie geld om hierdie dogtertjie se talent te ontgin nie. Indien enige iemand dalk vir haar lesse kan gee/ kan help hiermee kontak vir Erika by 079 322 0998 of 028 316 3115. TUISGEBAK: Annette Norman, eienaar van Elements, het haar winkel uitgebrei van handwerk na ook tuisgebak. Indien u koeke/terte bak of produkte inlê - dus enigiets wat in 'n tuisnywer-heid verkoop kan word kontak asseblief vir Annette by 081 426 5205 . Hulle werk op "consignment." Die persoon wat bak maak haar/sy eie prys en die winkel sit 25% by. Die per-soon sit self 'n vervaldatum op en moet dit self kom haal of toestemming gee dat dit vir organ-isasies/kerke wat met barmhartigheid werk geskenk kan word na die vervaldatum.

KARAVAAN OF WENDY HUISIE TE HUUR dringend gesoek vir ‘n ma en seuntjie om in te bly (sal by huis in Fisherhaven opgesit word). Kontak asb vir Jill by 072 4777 120 of Chookie vir enige verdere navrae. Baie dankie!

DIE BESTUURDER BY LEARN TO EARN HERMANUS het dringend bekostigbare verbly nodig. Hy is net ‘n enkelpersoon met baie sober gewoontes. Baie dankie vir u hulp. Kontak asb vir Bets Prinsloo op 028 316 2893.

wees

SPOELKLIPPE LAAT-ONTBYT DON 16 MRT - Baie dankie vir die HEERLIKE samesyn !

Dit was 'n riem onder die hart

om te sien hoe almal mekaar se

teenwoordigheid geniet het.

Dit is ons gebed dat die Here die

regte persoon sal stuur om die

SPOELKLIPPE te lei op 'n nuwe

pad.

Ons groet julle met die volgende:

SDG.. SOLI DEO GLORIA...

ALLE DANK EN EER AAN

GOD ALLEEN

Groete, Joep en Marie