Wees LIG! JESUS CHRISTUS HARTKLOP LIG! · 2017-03-31 · VANOGGEND SE EREDIENS (6DE LYDENSWEEK) DS...

12
VANOGGEND SE EREDIENS (6 DE LYDENSWEEK) DS MICHIEL DE KOCK (JOH. 12: 1 11 EN MATT 26: 6 - 13) JESUS SALF JY HOM OF KRUISIG JY HOM? Maria kom en salf Jesus met baie duur reukolie, die dissipels betig haar en Judas het baie te sê oor die verkwisting van die reukolie. Jesus sien egter deur hulle en gee hulle „n verrassende antwoord. Hy wat Homself kom gee het vir ons aan die kruis sien hierdie vrou se hart en laat haar toe om haar heel beste, haar alles oor Hom uit te stort. Die gebruik was om jou eregas se kop te salf, maar Maria salf Jesus se voete en betoon so aan Hom uitsonderlike eerbied. Sy is ook die enigste wat Sy liggaam voor die tyd vir Sy begrafnis voorberei. Daar is by haar geen te- rughouding nie, sy giet dit uit. Hy is vir haar alles werd. Die vraag kom onwille- keurig: Wat is Jesus vir ons werd? Hoe oorgegee is ons aan Hom? Salf ons Hom deur ons onbe- grensde oorgawe aan Hom of Kruisig ons Hom soos Judas deur mooi dinge voor te gee, maar met slegte of selfsugtige bedoelings? Waarvan getuig my lewe? Mag ons lewens getuig daarvan dat ons uitverkoop is aan die Lam van God. Dan sal ons waarlik geseënd wees. Michiel Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles H ARTKLOP TEKS VIR DIE WEEK SONDAG 9 APRIL PALMSONDAG DR WILHELM BURGER LUKAS 23:33-43 Die laaste woorde van Jesus het vandag nog vir ons beson- dere waarde. Probeer die tonele rondom die kruis in jou verbeelding voor- stel. Wat sou Jesus ervaar het? Wat het die omstanders gedink? Dink veral oor die betekenis van vers 34. Bedink die gebeure in vers 42-43. GEEN AANDDIENS DEURKOLLEKTE VANDAG Spes Koll. Omgeefonds Baie dankie vir u gebede en volgehoue ondersteuning. 2 APRIL 2017 HARTLIK WELKOM! Welkom op Jesus se Lydenspad. Ons het op As-Woensdag (1 Maart) saam die Lydenspad aangedurf en ons is vandag nog 14 dae weg van ons bestemming, Paasfees (16 April). Die Lydenspad het sy majeur, maar ook sy mineur oomblikke. Die majeur oomblikke is die verwondering dat jy in God se hand is en dat Hy jou dra. Niks kan jou skei van die liefde van God nie. Jy staan met uitgestrekte hande en jy loof en prys die Here. God is goed! Die mineur oomblikke is net die teenoorgestelde. Jy worstel met God. Jy is in vertwyfeling. Jy kom in opstand teen God. “Waarom, staan U so ver ...?” (Ps. 10v1). “My God, my God, waarom het U my verlaat ...? (Ps. 22v2). Ja, baie van ons en ons vriende, sal uit ervaring kan getuig dat die lewe soms baie hard kan wees. En jy is daarvan oortuig dat God óf onredelik is, óf dat God „n groot fout gemaak het en dat God vir jou nie goed is nie. Jy wonder nog of God jou aanbidding waardig is ...? Twee gedagtes: Ons volg Jesus en die pad wat ons loop is juis ʼn Lydenspad. Ons elkeen stap met „n kruis op die skouer – en dit skaaf. Jesus het ook gevra vir die beker om by Hom verby te gaan, maar Sy gebed is nie verhoor nie. Hy was ook van God verlate. Ons kan juis by die afwesige God gaan skuiling soek. M.a.w., God is die beste skuiling teen God. Dit leer Jesus ons: As Hy roep na die afwesige God (My God, my God, waarom het U my verlaat ..?”) kan Hy juis sterf met “Vader, in U hande gee ek my gees oor”. Hy skuil by die afwesige God. Onthou: God is die beste skuiling teen God. Wees LIG! PASSIESPELE 2017 OEFENING ELKE SONDAG @ 15:00 (OU HAWE HERMANUS) Daar is baie plek vir nuwe spelers. Kom leef jou talente uit in Jesus se diens! Navrae: Fanus 078 483 3080 Wees LIG! WELKOM DOOPOUERS André En Mari Kotze met babas Isla en Liam. Ons bid Vader God se seëninge oor julle gesin.

Transcript of Wees LIG! JESUS CHRISTUS HARTKLOP LIG! · 2017-03-31 · VANOGGEND SE EREDIENS (6DE LYDENSWEEK) DS...

Page 1: Wees LIG! JESUS CHRISTUS HARTKLOP LIG! · 2017-03-31 · VANOGGEND SE EREDIENS (6DE LYDENSWEEK) DS MICHIEL DE KOCK (JOH. 12: 1 – 11 EN MATT 26: 6 - 13) JESUS – SALF JY HOM OF

VANOGGEND SE EREDIENS (6DE LYDENSWEEK) DS MICHIEL DE KOCK (JOH. 12: 1 – 11 EN MATT 26: 6 - 13)

JESUS – SALF JY HOM OF KRUISIG JY HOM?

Maria kom en salf Jesus met baie duur reukolie, die dissipels betig haar en Judas

het baie te sê oor die verkwisting van die reukolie. Jesus sien egter deur hulle en

gee hulle „n verrassende antwoord. Hy wat Homself kom gee het vir ons aan die

kruis sien hierdie vrou se hart en laat haar toe om haar heel beste, haar alles oor

Hom uit te stort. Die gebruik was om jou eregas se kop te salf, maar Maria salf

Jesus se voete en betoon so aan Hom uitsonderlike eerbied. Sy is ook die enigste

wat Sy liggaam voor die tyd vir Sy begrafnis voorberei. Daar is by haar geen te-

rughouding nie, sy giet dit uit. Hy is vir haar alles werd. Die vraag kom onwille-

keurig: Wat is Jesus vir ons werd? Hoe oorgegee

is ons aan Hom? Salf ons Hom deur ons onbe-

grensde oorgawe aan Hom of Kruisig ons Hom soos

Judas deur mooi dinge voor te gee, maar met slegte

of selfsugtige bedoelings?

Waarvan getuig my lewe? Mag ons lewens getuig

daarvan dat ons uitverkoop is aan die Lam van God.

Dan sal ons waarlik geseënd wees. Michiel

Ons almal saam in diens van

JESUS CHRISTUS

oral, altyd en in alles

HARTKLOP TEKS VIR DIE WEEK

SONDAG 9 APRIL

PALMSONDAG

DR WILHELM BURGER

LUKAS 23:33-43

Die laaste woorde van Jesus

het vandag nog vir ons beson-

dere waarde.

Probeer die tonele rondom die

kruis in jou verbeelding voor-

stel.

Wat sou Jesus ervaar het?

Wat het die omstanders

gedink?

Dink veral oor die betekenis

van vers 34. Bedink die

gebeure in vers 42-43.

GEEN AANDDIENS

DEURKOLLEKTE VANDAG Spes Koll. Omgeefonds

Baie dankie vir u gebede en

volgehoue ondersteuning.

2 APRIL 2017

HARTLIK WELKOM!

Welkom op Jesus se Lydenspad. Ons het op As-Woensdag (1 Maart) saam die

Lydenspad aangedurf en ons is vandag nog 14 dae weg van ons bestemming,

Paasfees (16 April).

Die Lydenspad het sy majeur, maar ook sy mineur oomblikke.

Die majeur oomblikke is die verwondering dat jy in God se hand is en dat Hy jou

dra. Niks kan jou skei van die liefde van God nie. Jy staan met uitgestrekte

hande en jy loof en prys die Here. God is goed!

Die mineur oomblikke is net die teenoorgestelde. Jy worstel met God. Jy is in

vertwyfeling. Jy kom in opstand teen God. “Waarom, staan U so ver ...?”

(Ps. 10v1). “My God, my God, waarom het U my verlaat ...? (Ps. 22v2).

Ja, baie van ons en ons vriende, sal uit ervaring kan getuig dat die lewe soms baie

hard kan wees. En jy is daarvan oortuig dat God óf onredelik is, óf dat God „n groot

fout gemaak het en dat God vir jou nie goed is nie. Jy wonder nog of God jou

aanbidding waardig is ...?

Twee gedagtes:

Ons volg Jesus en die pad wat ons loop is juis ʼn Lydenspad. Ons elkeen stap met

„n kruis op die skouer – en dit skaaf. Jesus het ook gevra vir die beker om by

Hom verby te gaan, maar Sy gebed is nie verhoor nie. Hy was ook van God

verlate.

Ons kan juis by die afwesige God gaan skuiling soek. M.a.w., God is die beste skuiling teen God. Dit leer Jesus ons: As Hy roep na die afwesige God (My

God, my God, waarom het U my verlaat ..?”) kan Hy juis sterf met “Vader, in

U hande gee ek my gees oor”. Hy skuil by die afwesige God.

Onthou: God is die beste skuiling teen God.

Wees LIG!

PASSIESPELE 2017

OEFENING

ELKE SONDAG @ 15:00

(OU HAWE HERMANUS) Daar is baie plek vir nuwe spelers.

Kom leef jou talente uit in Jesus se diens!

Navrae: Fanus 078 483 3080

Wees LIG!

WELKOM DOOPOUERS

André En Mari Kotze met

babas Isla en Liam.

Ons bid Vader God se seëninge

oor julle gesin.

Page 2: Wees LIG! JESUS CHRISTUS HARTKLOP LIG! · 2017-03-31 · VANOGGEND SE EREDIENS (6DE LYDENSWEEK) DS MICHIEL DE KOCK (JOH. 12: 1 – 11 EN MATT 26: 6 - 13) JESUS – SALF JY HOM OF

MAANDAG 3 APRIL 18:00 PUBLIEKE VERG van Wyk 13 Munisipale wyk (Onrus & Vermont) in die De Wetsaal, Roosstraat, Onrus. Ons bespreek die Geintegreerde Ontwikkelingsplan asook die Begroting van die Overstrand Munisipaliteit. Die Burgemeester en Munisipale leiers gaan teenwoordig wees. Bring gerus u vrae en kom ge-sels saam. U is baie welkom.

DINSDAG 4 APRIL Sopkombuis

11:00 - 12:00 ONDERSTEUNINGSGROEP: Ons nooi almal wat aan MNS, MS, spierdistrofie, Parkinsons, Alzheimer en alle vorme van Dimensie ly en hulle familielede na 'n ondersteu-ningsgroep wat in die sitkamer van die Dienssentrum gehou sal word. Dit is nie maklik om hierdie siektes en hulle simptome te hanteer nie. 'n Mens het nodig om daaroor te praat! Kom na die dienssentrum en kom gesels saam of sit net agteroor en luister na die res van die groep en kry weer motivering! Navrae: Erika Oosthuysen

ALPHA BELEWENIS 2017 (DIENSSENTRUM) @ 18:00 Kom deel die Alpha belewenis aam met Clifford Heys en Malan en Ria Erasmus. Malan / Ria 028 316 1109 / 083 415 5046.

WOENSDAG 5 APRIL 11:00 - 13:00 KLEREKAS is oop. Kom kyk gerus.

5 & 6 APRIL: GEEN BYBELSKOOL. As gevolg van Groot Lydensweek en ons Lydensmeditasies, plus die vakansies, sluit die Bybelskool tot 3 & 4 Mei. Navrae: Clifford by 028 316 4895

WYK 9 WYKSBYEENKOMS om 19:00 aan huis van Elna Eksteen, Heron Close 14, Hoofweg, Onrusrivier, almal baie welkom.

SONDAG 9 APRIL (5de LYDENSWEEK) 08:30 GEBEDSKAMER: Ons bid saam vir die erediens, die Leraar aan diens en die gemeente.

09:00 EREDIENS: Ds Michiel de Kock gaan voor. (Geen Rooitrein en Bybelgroepe agv vakansie)

WYKE DIENSBEURTE Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 32 A - C) 18:00 GEEN AANDDIENS

WAARNA KAN ONS UITSIEN? DIE KLEUR VAN HOOP: Lize van der Walt / kanker en bran-dongeluk; Alexa Kirsten / severely injured after brutal attack; Riekert Botha / heerlikheid in gebrokenheid; Pro Musica-koor - Donderdag (Openbare Vakansiedag) 27 April om 11:00 in die NG Kerk Hermanus. Kaartjies @ R100 pp by die kerkkantoor of Mariet 071 520 4012. Moet dit nie misloop nie! 10% van verkope gaan aan die kerk.

SPESIALE DATUMS VIR JOU DAGBOEK ONS BID OOK SAAM VIR ELKE GELEENTHEID

JEUG UITREIK 8 - 13 APRIL 2017

na die Koue Bokkeveld (Navrae: Ds Anton)

GROOT LYDENSWEEK

Tema: Jesus se laaste woorde aan die kruis

Joh 19:17-30

PALMSONDAG 9 April @ 09:00

- Vader, vergeef hulle…

LYDENSWEEK MEDITASIES

Maandag, 10 April @ 18:30

- Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met

My in die paradys wees

Dinsdag, 11 April @ 18:30

- Daar is u seun… Daar is jou moeder…

Woensdag, 12 April @ 18:30

- My God, my God, waarom het U my verlaat?

Donderdag, 13 April @ 18:30

- Ek is dors

GOEIE VRYDAG 14 APRIL

Vrydag, 14 April – 08:00 en 10:00 Nagmaal

- Dit is volbring

OPSTANDINGSDIENSTE 16 APR @ 06:00 & 09:00

JEUG PRAISE & WORSHIP EVENT

Vrydagaand 21 April @ 18:00

#Imagine se band kom hier optree en ons gaan groot!

Die hele gemeenskap se jeug word uitgenooi na

hierdie groot fees!

GEMEENTE BASAAR

Saterdag 29 April @ 09:00

Kom vier saam fees!

PINKSTER-

DIENSTE

(STEPHAN

JOUBERT)

28 - 31 Mei @

09:00 & 18:30

PINKSTERFEES MUSIEK-

AAND (HEINZ WINKLER)

VRYDAG 2 JUNIE

@ 19:00

Kaartjies: R120pp Volwassenes

R50pp Skoolgaande kinders

(Beskikbaar by die

kerkkantoor)

** Daar gaan ook „n gratis op-

pasdiens wees vir kleuters in

die OnsTeater.

Wyksdienste: (Clifford se wyke) Onrus Manor: Sondagaand 2 April om 18:00

Kidbrook: Woensdagoggend 5 April om 10:00

Nege-Ster: Woensdagoggend 5 April om 11:00

Page 3: Wees LIG! JESUS CHRISTUS HARTKLOP LIG! · 2017-03-31 · VANOGGEND SE EREDIENS (6DE LYDENSWEEK) DS MICHIEL DE KOCK (JOH. 12: 1 – 11 EN MATT 26: 6 - 13) JESUS – SALF JY HOM OF

GEBED VIR NOOD EN SIEKTE Here, ons leef in verwagting vir die dag wanneer U kom. Dit maak dit die moeite werd om nou

vroom en aan U, ons Vader, toegewyd te leef. Dankie Vader, vir U Woord wat ons kan uitdra en dat ons U kan dien. Here, dit wat ons doen, moet wys dat ons op U wag en dat ons uitsien na U koms. U het aan ons ʼn nuwe hemel en ʼn nuwe aarde belowe waar U sal heers.

WEEK 3 - 9 APR

MAANDAG 3 APR

Vader, ware liefde is nie ʼn teorie nie maar ʼn daad. Dit is ook nie net ʼn gevoel nie. Vader, is ons

dade sprekend van ons geloofsoortuigings of skram ons weg van die volle implikasies van ons geloof? Vader ons besef dat ons nie net jammer moet voel vir die wat in nood is nie, maar eerder liefdebetoon en vir die persoon ʼn kombers gee as hy koud kry en kos as hy honger is.

DINSDAG 4 APR

Jesus, U se dat almal wat in U glo, die ewige lewe het. Ons weet dat dit beteken dat die

ewige lewe begin die oomblik as ʼn mens weer gebore word. Om die ewige lewe te hê, is om die Goddelike geestelike lewe te hê, en dit is die ewige lewe. Dankie Jesus as ek hierdie lewe aanvaar, is ek verseker dat ek vir ewig by U sal lewe, niks sal my uit U hand ruk nie.

WOENSDAG 5 APR

Here, ons het mekaar se bemoediging baie nodig. Ons ken al U beloftes, ons weet dat

U, ons God, ons bestem het om deur Jesus Christus verlos te word. Here, help ons om sensitief te wees om ander mense wat moedeloos lyk en wanneer hulle aan U waarheid twyfel, om hulle moed in te praat en vir hulle te bid. Ons weet dat U altyd by ons is, en dat ons enige tyd met U kan praat.

DONDERDAG 6 APR

GEBED

GEBEDSVERSOEKE Annette McMillan

072 903 9189

NOODKETTING

Sheila du Toit 082 895 9479

Vader, ons dra ons Leraars ,

Kerkraad en Bedienings aan U op. Here, ons weet dat die Heilige Gees gee aan mense gawes, bedienings en take om die gemeente van die Here tot sy eer te dien. Alle Christene het geloof. Daar is sommiges wat in besonder die geestelik gawe van geloof ontvang het. Ons bid dat U ons Vader, die regte mense op die regte tyd sal stuur vir ons bedienings.

VRYDAG 7 APR

Basie Strydom Kanker

Mariska Wagenaar Kanker

Chantelle Theron Kanker

Piet Hoffman Chemo

Piet Haumann Behandeling

Berry Pfügler Sterk aan

Muller Ballot Herstel na operasie

Barney Els, Deon Smit Behandeling

Antoinette Wiggens Scleredoma

Tillie Nel Heup

Marietjie Pieterse Chemo

Eben Kotze ICU

Rynhardt Smit Sterk aan

Krappies Carstens, Piet Hugo

Eulogy Kroon Herstel na operasie

Johanna van Oordt Onrus Manor

Hanlie Chambers – wag op Lewer oorplanting

(Hanlie is Ina & Rassie Erasmus se dogter.

Woon in Brits. Bis asb vir „n orgaanskenker.

Die familie is baie hoopvol. Die Mediese Fonds

het vandag die groen lig gegee!)

MEEGEVOEL met Selby van Rooyen en Ria

Erasmus wat beide „n broer verloor het.

DANKIE: Joan Olwagen sê baie dankie vir al

die liefde, gebede en ondersteuning.

SPESIALE GEBEDSVERSOEK

Ons wil graag vra dat u vir die Kerkraad sal bid. In Meimaand

maak heelwat van ons kerkraadslede klaar met hulle termyn

van bediening. Ons bid dat Vader die regte mense op die

regte tyd sal stuur.

In Meimaand moet die volgende bedieninge nuwe leiers kry:

Erediens Gawes & Toerusting

Evangelisasie Eiendomme

Vermont Wyke Onrus Wyke

Kommunikasie Kerklike Samewerking

Barmhartigheid Ons soek ook nog „n Jeug Diaken

Ons vra ook dat u sal stil word en luister in gehoor-

saamheid na Vader se roepstem. Dalk roep HY u op

vir een van hierdie bedieninge!

Indien u graag meer inligting verlang oor enige van

die bedieninge of indien u wil antwoord op hierdie

roepstem, is u baie welkom om enige van ons leraars

te kontak. Ons bid saam met u.

Laastens vra ons ook dat u sal saambid vir

onderskeidingsvermoeë vir ons leierspan.

Baie dankie ook vir elke persoon wat reeds

vorentoe gekom het en kom aanmeld het!

Page 4: Wees LIG! JESUS CHRISTUS HARTKLOP LIG! · 2017-03-31 · VANOGGEND SE EREDIENS (6DE LYDENSWEEK) DS MICHIEL DE KOCK (JOH. 12: 1 – 11 EN MATT 26: 6 - 13) JESUS – SALF JY HOM OF

LEER MY U WIL HEER Leer my u wil, Heer, u doel met my - Have Thine own way, Lord, have Thine own way

U, Pottebakker, met my, die klei. Thou art the Potter, I am the clay.

Vorm my en maak my volgens u wil Mould me and make me after Thy will,

op U vertrou ek, nederig stil. While I am waiting, yielding and still.

Leer my u wil, Heer, u plan vir my Have Thine own way, Lord, have Thine own way

laat ek nie doelloos, nutteloos bly. Search me and try me, Master, today.

Hou my erkentlik, Heer, in u werk; Open mine eyes, my sin show me now,

As ek dan swak is, maak U my sterk. As in Thy presence humble I bow.

U gee u gawes net soos U wil; Have Thine own way, Lord, have Thine own way

almal is diensbaar, elk met verskil, Wounded and weary, help me, I pray.

Vul met u Gees my, breekbare kruik, Power, all power, surely is Thine.

Dat U my oral nuttig gebruik. Touch me and heal me, Saviour divine.

LEES ASB LUKAS 11 : 14 – 23 PASOP VIR NEUTRALITEIT!! Dit is 'n dringende waarskuwing wat Jesus self aan ons rig. Hoe sien mense hulle eie neutraliteit ? Hulle sê : “Ek sal nooit teen die

Here laster nie; of teen die Kerk wees nie,maar ek hou nie daarvan om op die voorgrond te wees nie, daar is ander wat dit kan doen.

Die Here sê , dit is nie net genoeg om die lelike dinge te laat staan nie, maar dit is gevaarlik om die goeie na te laat,

Hy noem twee dinge in die teks wat mense nalaat.

EERSTENS : As jy nie aktief aan Sy kant is nie; vir Hom kies nie; in jou hart Hom liefhet en Hom aanbid en 'n innige verhouding met

Hom het nie, is dit net so goed asof jy teen Hom is.

TWEEDENS : Hier gaan dit oor dade. Mense sal nog sê “natuurlik is Hy die Here, die Seun van God. Moet net nie verwag ek moet

iets doen nie.” Die Here sê as jy nie aktief saam met Hom versamel nie is jy besig om te verstrooi. Soos vuur of verhit of vernietig,

so is jy dan 'n bouer of 'n vernietiger.

Moet ek gaan met leë hande, moet ek so my Heer ontmoet? Nie een dag aan Hom gewy nie, niks te offer aan sy voet?

NEUTRALITEIT MAAK VAN JOU 'N VYAND! Pawiljoen Christenskap laat jou outomaties vir die span van die opponente speel.

SONDEBELYDENIS “Al my sonde bring ek Jesus, wat my reinig deur sy bloed; Hy bewaar my rein en heilig deur sy Gees in my gemoed.

Slegs vertroue, vol vertroue, slegs vertroue op sy Woord ” (2x)

Ons bely opreg, alles wat skeiding maak tussen ons en God, sodat ons skoon voor Hom kan kniel.

GEBED In Onrusgemeente is daar 'n hele aantal Kerkraadslede wat moet uittree. U word gevra om asb te bid dat ons Vader die mense wat

Hy daar benodig, na vore sal laat kom om hulle plekke in te neem.

Ons bid vir die JEUG UITREIK 8 – 13 April na die Koue Bokkeveld. Ons bid vir Ds Anton en al die jongmense wat saam sal gaan,

dat dit 'n besonderse geleentheid vir hulle sal wees om hul Christenskap uit te leef en dat hulle begeesterd sal terugkom.

Ons bid oor al die gebeure gedurende die PAASTYD : dat die Here se seën sal rus op die ; LYDENSWEEK MEDITASIES;

GOEIE VRYDAG ; OPSTANDINGSDIENSTE. Ons bid dat elke persoon wat dit gaan bywoon die seën en aanraking van die Here

sal beleef en dat dit'n besonderse tyd in ons lewens sal wees en dat die naprediking sal vrugbaar wees.

Ons bid ook vir die JEUG SE PRAISE EN WORSHIP AAND op 21 April. Dit gaan 'n baie groot geleentheid wees vir die hele

omgewing. Bid asb vir die organiseerders en almal betrokke om die aand te laat gebeur. Ons bid dat die jeug dit in groot getalle

sal bywoon en dat dit tot groot seën sal wees.

Ons hou BASAAR op die 29ste April. Bid asb dat dit die seën van die Here sal geniet. Bid vir almal betrokke wat reël en werk.

Ons bid vir goeie weer, goeie gesindhede en 'n groot familiefees.

Ons bid vir ons dorp Hermanus en al sy mense. Ons bid dat ons mekaar sal respekteer en elke mens waardig sal ag soos ons almal

deur ons Vader waardig geag word. Ons bid vir vrede en veiligheid en goeie buurskap.

Ons bid altyd vir al die Christelike Kerke in Hermanus en al die dominees en pastore. Ons bid ook dat mense wat Jesus nie ken nie

deur ons leefwyse na Hom getrek sal word.

DANKIE: “Neem my lewe laat dit Heer, U gewy wees meer en meer. Laat my hart gedurig juig en van dank-

baarheid getuig. ---- Neem my hande maak hul sterk, diensbaar in u goeie werk. Neem my voete, skoei hul, Heer,

met bereidheid tot u eer.”

Ons dank die Vader vir almal se stemme; voete; hande; goud en silwer; kennis en verstand, en ons bid met dank

dat ons harte Sy troon sal wees as Hy ons “ wil, gevoel en daad” sal rig volgens Sy wyse raad.

EEN GEBEDSWAG 5 APR 2017 Onrusgemeente bid saam met die VGK Gemeentes van Hawston, Zwelihle en Mount Pleasant. Bid asb saam met ons! Vir enige navrae, kontak Annette op 072 903 9189.

Page 5: Wees LIG! JESUS CHRISTUS HARTKLOP LIG! · 2017-03-31 · VANOGGEND SE EREDIENS (6DE LYDENSWEEK) DS MICHIEL DE KOCK (JOH. 12: 1 – 11 EN MATT 26: 6 - 13) JESUS – SALF JY HOM OF

Efesiers 6 herhinner ons daaraan dat ons stryd nie teen vlees en

bloed is nie maar teen die magte van die duisternis. Dit is beslis

duidelik wanneer ons na die wrede en sinnelose plaasmoorde kyk.

Net so is dit duidelik wanneer ons na moord en Huisaanvalle en

verkragting en aborsie op aanvraag ( sonder enige stem of respek vir die lewe van die ongebore kind ), en die

sinnelose vernietiging van ons natuurlewe , kyk . Haat en weerwraak , geld en mag en disrespek vir Skepper en

Sy skepping speel „n baie groot rol. Die troos is dat ons Vader in CHristus die bose oorwin het.

Ja, dat ons God Here van SA is en niemand of niks anders nie. Hoe behoort ons dan te bid? Die enigste

riglyn is die Hart van ons Vader. Daarom die volgende gebedsvoorstelle :

Ons bid vir alle Kinders van God ongeag taal of kultuur om mekaar se hande te vat, mekaar te bemoedig,

met mekaar te versoen en te vergewe waar nodig en die boodskap van God se liefde sigbaar in SA te maak.

Ons bid vir n nuwe kultuur van Liefde, respek en verdraagsaamheid teenoor mekaar.

Ons bid dat mense in SA „n nuwe respek vir God sal kry en dan vir Sy ganse skepping. Mense vir mekaar,

sowel as die natuur.

Ons bid vir kleurblindheid sodat alle mense mekaar sal sien deur die oë van God.

Ons bid vir God se kinders om in eenheid te staan vir alles waarvoor God se hart lewe en dit wat Vader se

hart en eer beledig duidelik en moedig tot Sy eer en met Sy gesindheid teen te staan.

Ons bid vir God se kinders om orals vir Hom te leef, in besture, op die plase in regeringskantore in die

myne, letterlik orals en lewe te spreek.

Ons bid ook dat Christingemeenskappe alle praktyke wat mense sleg en onregverdig behandel sal uitroei en

mense wat hulle daaraan skuldig maak aan die kaak sal stel.

Ons bid ook vir die regstelsel en howe en die SA polisie en veiligheidsdienste om genoeg bronne en

hulpmiddels te hê en gemotiveerde mannekrag om met trots en selfrespek hulle werk met oorgawe te

doen.

Ons bid vir plaaswerkers en boere om voor God te buig en mekaar se hande in geloof en wedersydse ver-

troue te neem.

Ons bid vir nuwe visie oor grondeienaarskap en bemagtiging van mense in ons land. „n Visie waaroor God sal

glimlag en kos op almal se tafels sal sit.

Ons bid vir mense, dws alle mense in SA om mekaar se hande te vat teen misdaad en geweld. Om mekaar te

beskerm en om paraat te leef. Om „n duidelike boodskap te leef dat alle mense van alle kulture in SA wel-

kom is maar dat misdaad en korrupsie en alle afbrekende dinge nie geduld sal word nie.

Ons bid vir sovele mense en instansies van alle kultuurgroepe wat hulle bes doen om ons land op te bou, om

nie moedeloos te word nie, maar om in die oorwinningskrag van ons Here Jesus CHristus te volhard.

Ons bid vir die slagoffers van geweld en moord op plase en besighede, in woonbuurte en plakkershutte

om weer genade, vrede en heling te vind. Om hulle self aan God oor te gee en nie aan haat nie.

Ons bid vir die beskerming van elke mens in SA. Elke weerlose mens dat Vader se engele om hulle sal wees

en dat die Heilige Gees leiers sal oprig wat hulle gemeenskappe lei om paraat te wees en voorkomend op te

tree en veilige omgewings te help skep. Dat ons dit egter nie volgens ras en kleur sal doen nie, maar dorpe

en plaasgemeenskappe sal saamstaan. Ons bid

dat die kerk van Christus „n wesenlike rol sal

speel om mense en gemeenskappe op te bou en

met mekaar te versoen.

Ons bid vir die leiers van politieke partye en

die regering om verantwoordbaar op te tree.

Om van selfsug en korrupsie vry te kom en

eens en vir altyd die land en al SY mense

eerste te stel.

Ons bid vir alle misdadigers en die wat met

haat en slegte planne rondloop om God te

ontmoet en daarvan vry te kom. Om nuwe lewe

in ons Heer te ontdek … AMEN!

HOE BID ONS VIR

PLAASMOORDE?

Page 6: Wees LIG! JESUS CHRISTUS HARTKLOP LIG! · 2017-03-31 · VANOGGEND SE EREDIENS (6DE LYDENSWEEK) DS MICHIEL DE KOCK (JOH. 12: 1 – 11 EN MATT 26: 6 - 13) JESUS – SALF JY HOM OF

JUKSKEI OM 09H45: kom speel saam met Sakkie du Toit jukskei en geniet die baan agter die Dienssentrum. Hulle speel nou elke Dinsdag om 09h45

10h00 - 12h00 HAARKAPPER: Kom maak u gerus mooi vir 2017. Vir ’n afspraak, kontak Ester op 081 453 8130. Welkom! 10h00 KOM WEES KREATIEF en werk lekker saam. KLERE VERSTEL deur Rita Ferreira om 09h30. Tel: 073 218 1789. KLINIEK 10h00 – 12h00: Kontak vir sr. Calitz by 073 152 5623 (Maandag - Vrydag: 08h00 - 13h00) en maak 'n afspraak. Indien u 'n versorger (iemand om na u of u geliefde of u moeder en vader om te sien/ of iemand wat u kan help met hantering van u en u huishouding) benodig kontak asb vir sr. Calitz. ONDERSTEUNINGSGROEP om 11h00: Ondersteuningsgroep vir almal wat aan MNS, MS, Spierdistrofie, Parkinsons, Alzheimer en alle vorme van Dimensie ly en hulle familielede (Sitkamer).

TRIMGIM WOENSDAGMIDDAG IN DIE ONSTEATER OM 15h00: Trimgim deur Mathilda Roos (bio-kinetikus). Trimgimfooie is R45 per maand vir lede (R60 per maand vir nie-lede) Kontak no: 082 339 1085.

VOETE- EN HANDE VERSORGING Voete- en hande versorging in die Dienssentrum vanaf 8h00. Kontak vir Marilyn by 082 532 6931 en maak 'n afspraak. Ons voete en ons hande is baie belangrik - Marilyn versorg dit baie mooi en goed.

10h00 - 12h00 SPELETJIESOGGEND in die sitkamer. Kom speel rummikub en ander speletjies. U is almal baie welkom!

ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM

Deur die

genade van God

PROGRAM

3 - 7 APRIL

KONTAK NOMMERS

MAANDAG 3 APRIL (DIENSENTRUM GESLUIT)

DINSDAG 4 APRIL

WOENSDAG 5 APRIL

DONDERDAG 6 APRIL

DIENSSENTRUMNOMMER

028 316 1745 KONTAK VIR JOAN OF HANNIE

(09H30 – 12H30)

VIR ENIGE INLIGTING

ERIKA OOSTHUYSEN

Maatskaplike Werker

O28 316 3115 / 079 322 0998

[email protected]

KOLWYNTJIE TEETUIN

VRYDAG 7 APRIL 09:30 - 11:30 Kom maak 'n draai en geniet die samesyn van vriende

en vriendelike bediening van die kelners. En dit vir

net R30 ! Koek en 'n heerlike koppie tee of koffie.

Kontak Marie 083 457 1896 / 028 316 4018 vir groepbesprekings.

ONSTEATER

DONDERDAG

27 APRIL 14:30

ME BEFORE YOU

Op soek na werk

aanvaar LOU

CLARK die pos as

versorger vir

WILL TRAYNOR wat verlam is. Ondanks sy

nare houding kry Lou dit tog reg om dit te

verander . . . na vele lagwekkende situasies!

'n Pragtige verhaal! Slegs donasie vir die

Dienssentrum.

Baie dankie vir die 46 fliekgangers wat

verlede keer kom saam fliek het!

'n REKORD! NEGESTER se

Bybelgroep het ons kom verras met hulle teen-woordigheid. BAIE DANKIE!

Dit was 'n voor-reg om julle met JESUS se liefde

te bedien.

Page 7: Wees LIG! JESUS CHRISTUS HARTKLOP LIG! · 2017-03-31 · VANOGGEND SE EREDIENS (6DE LYDENSWEEK) DS MICHIEL DE KOCK (JOH. 12: 1 – 11 EN MATT 26: 6 - 13) JESUS – SALF JY HOM OF

DIENSSENTRUM ALGEMENE INLIGTING

JAARGELD: Jaargelde is betaalbaar vanaf 1 Maart. As 'n mens aan 'n organisasie/klub behoort moet jy

jaarliks jaargeld betaal - dit is ook so met die Dienssentrum. Om aan die dienssentrum te behoort vra ons jaargeld. Uit die jaargeld kry u goedkoper haarversorging, goedkoper voete- en hande versorging, goedko-per tee en eetgoed by die teetuin en gaan u ook goedkoper op uitstappies. Ons het die jaargeld vir 2017 aangepas. Ons vra R400 vir 'n enkelpersoon en R600 vir 'n egpaar. U kan die jaargeld afbetaal of u kan dit eenmalig betaal by Joan/Hannie. Indien u nie die jaargeld kan bekostig nie praat asseblief met Hannie/Joan. Ons sal luister en 'n aanpassing maak.

PRAATJIE OOR FERNKLOOF: Baie dankie vir dr. Vic Hamilton-Attwell wat in sy bedrywige program nog tyd ge-

maak het om met ons te kom praat oor die wonders van Fernkloof. Dit was, soos altyd, ontsettend interessant en

leersaam.

KOÖRDINEERDER FLIEKS IN DIE ONSTEATER: Ons wys die vierde Donderdag van elke maand 'n fliek in die OnsTeater.

Marie en Joep wil bietjie gaan rus. Ons is hulle baie dankbaar vir dit wat hulle gedoen het om lekker flieks in die hande te kry en om dit te wys. Indien iemand sou belangstel om dit oor te neem, kontak asseblief vir Erika Oosthuysen. Wat is u taak: om 'n lekker fliek (DVD) in die hande te kry, om dit op die vierde Donderdag van die maand te kom wys, om te sorg dat die OnsTeater oopgesluit word en om te sorg dat die mense die tyd saam geniet.

GEMEENTE BASAAR 29 APRIL 2017

Liewe Feesvriende, die beplanning is aan die gang en ons is besig om vere reg te

skud vir ons volgende Familiefees! Ons sien so uit na die saamwerk, saamspeel en

saamkuier. Mag ons Vader ook daarin verheerlik word. Ons bevestig ook dat al

die Basaarlyste uit is en besig is om in die wyke rond te gaan. Indien daar nie iemand by u uitkom nie -

daar is ook lyste by die kerkkantoor. Baie dankie!

DIE VOLGENDE STALLETJIES HET REEDS HULP EN SKENKINGS NODIG VAN DIE VOLGENDE:

WIT OLIFANTE: Gaan soek bietjie deur die kaste. Ons soek veral huisgoed en breekgoed en baie speelgoed asb.

Groter items baie welkom.

BOEKE / DVD’s / CD’s: Ons het nog baie nodig asb vir ons boeketafel. Bring asb na die kerkkantoor.

PLANTE: Groot en klein plante in potte asook vars blomme is baie welkom.

KONTANT Kontant skenkings bly „n wenner, want dan kan die stalle-tjies presies aankoop wat hulle nodig het, en

sit ons dan nie met „n oorskot eenkant en „n tekort anderkant. Dankie!

BESTANDDELE: Heelwat stalletjies benodig meel, eiers, olie, suiker. U kan asb heelwat bring hiervan - ons gaan

dit oral gebruik.

TUISTESKEPPING: Het u juwele by die huis wat u nie dra nie? Ons sal dit baie waardeer indien u dit kan skenk.

Ons soek ook mooi huis décor items en mooi handgemaakte werke asook kunswerke. Baie dankie!

PS. Ons het reeds ‟n groot hoeveelheid van die mooiste katoenserpe vir baie goedkoop gekry. Sit gerus reeds „n

geldjie opsy daarvoor!

Ons sien uit na „n wonderlike dag!

Liewe Rooitrein maatjie, ons gaan op 29 April „n lekker kerkbasaar hou. Ons wil so graag hê dat julle

die hoogtepunt van die dag moet wees! As jy „n lekker prys wil wen moet jy vir mamma en pappa vra

of jy aan ons "FANCY DRESS" kompetisie kan deelneem die oggend van die basaar.

Ons gaan baie pryse hê!

Daar gaan 3 groepe wees: 3+4 jaar, 5+6 jaar en 7+8 jaar oud. (Seuns & Dogters afedelings)

Laat jou ouers die vorm by ontvangs

invul en gee dit dan weer terug.

Ons sien baie uit daarna om saam

met julle die dag te geniet.

Liefde, tannie Hanlie Britz

(082 256 8093)

SPROKIES IS ONS TEMA!

Page 8: Wees LIG! JESUS CHRISTUS HARTKLOP LIG! · 2017-03-31 · VANOGGEND SE EREDIENS (6DE LYDENSWEEK) DS MICHIEL DE KOCK (JOH. 12: 1 – 11 EN MATT 26: 6 - 13) JESUS – SALF JY HOM OF

#Imagine vir my, is baie spesiaal. Hierdie was my tweede jaar. Ja, #Imagine is "fun." Die musiek, kos, atmosfeer, nuwe mense, en ou vriende. Al hierdie is 'great' maar wat #Imagine vir my anders maak van al die an-der jeug kampe is hoe persoonlik dit is. Meeste mense gaan na sulke kampe net om hulself te geniet. #Imagine se grootste sterk punt is hoe dit mense wat dalk nie 'n ver-houding met God het nie, Jesus se karakter wys. #Imagine vir my persoonlik voel asof dit my motiveer en inspireer. Laas jaar het dit my geinspireer om 'n jeug groep te begin wat vandag baie suksesvol is. Maar dis nie net dat dit my motiveer om te verander nie, maar ook leer hoe om te verander. To me Imagine doesn't only motivate me to make a difference, but teaches me to be a differ-

rence. George Botha

Hello☺ I just want to say that the #imagine camp was awesome. The worship was amazing and the food was deli-

cious. The group leaders from our schools were caring, funny and approachable. It was cold at nights and early

morning, but it was worth every second to be at #imagine. #imagine was my first outing and I enjoyed it. Thank you

for making that weekend amazing. From Chiara

Page 9: Wees LIG! JESUS CHRISTUS HARTKLOP LIG! · 2017-03-31 · VANOGGEND SE EREDIENS (6DE LYDENSWEEK) DS MICHIEL DE KOCK (JOH. 12: 1 – 11 EN MATT 26: 6 - 13) JESUS – SALF JY HOM OF

Vader God,

ons gee aan

U al die eer,

lof en dank

vir „n baie

geseënde

naweek!

#imagine was regtig baie awesome. Ek dink die woord

het verandering gebring in ons lewens en siens wyse.

Elke getuienis kon ons van leer. Die musiek was baie

goed en geskik vir ons jeug om hul te geniet in Christus.

Ons kon defnitief ander jeug ontmoet en meer van hul

agtergrond en kennis van christus leer. Tyd gewys was

alles goed beplan en volgens tyd gedoen. Die prys en

aanbidding was baie awesome ek glo elke jeuglid van

S.A moet #imagine ervaar om n breër prentjie van God

te sien en ervaar. #imagine was great!! Ek sal defnitief

weer gaan.

Groete, Curwin Beukes

Page 10: Wees LIG! JESUS CHRISTUS HARTKLOP LIG! · 2017-03-31 · VANOGGEND SE EREDIENS (6DE LYDENSWEEK) DS MICHIEL DE KOCK (JOH. 12: 1 – 11 EN MATT 26: 6 - 13) JESUS – SALF JY HOM OF

NOVIS VITA

Lofdanse “For you Lord we dance” Naweekkamp 17 - 19 Mrt 2017

Ons dansbediening het „n WOW-WOW!

(en ons oordryf nie!) naweek op

Volmoed in die Hemel-en-aarde vallei

gehad. „n Totaal van 12 dansers, 7 vol-

wassenes en 5 tieners en 2 mammas

om na die tieners om te sien het die

kamp oor 3 dae bygewoon. Die getalle

spreek vanself , gaan soek maar die

betekenis daarvan self. Daar is gesels,

gebid, stories vertel, uit die Woord

met mekaar gedeel, gekuier en ure

gedans! Tyd het letterlik gaan

stilstaan! Sondagoggend is daar in die natuur gestap en ja, ook gedans en pêrels met mekaar gedeel! Wat „n wonderlike

manier om die kamp af te sluit!

Die groepfoto (bo) is by die silwer bak is

geneem na ons handewas – en seën sere-

monie.

“Dit was amazing om te beleef hoe passievol

hierdie jongmense oor die lofdanse is en hoe

ernstig hulle dit opneem!”

Die foto (links) dans ons op „n oop stuk gras

op die staproete, deel van “Above all”! In die

natuur voor Vader God!

Die foto‟s onder is van die tieners (links) wat

saam was en (regs) waar ons as groep saam in

die Kapel by Volmoed dans. Wat „n vreugde!

Indien u by die groep wil inskakel, kontak

gerus vir Veronica Brand by 083 751 4319.

Page 11: Wees LIG! JESUS CHRISTUS HARTKLOP LIG! · 2017-03-31 · VANOGGEND SE EREDIENS (6DE LYDENSWEEK) DS MICHIEL DE KOCK (JOH. 12: 1 – 11 EN MATT 26: 6 - 13) JESUS – SALF JY HOM OF

GEMEENTEKAMP IN MONTAGU

24 - 26 MAART 2017

Vir ons was ook die heerlike rustige kuier saam met

almal besonders. Hier in die gemeente sien ons mekaar

vlugtig met die gebruiklike "hoe gaan dit" en hier en

daar 'n woordjie. Maar die werklike ken kom met so 'n

samekoms. Dit is goed om elke keer iemand anders van

naderby te leer ken, saam te kuier, te deel en heerlik

saam te lag. Wilhelm se aanbieding was ook besonders

en ek dink dit het elkeen aangeraak (daar was emo-

sionele oomblike vir elkeen) en laat nadink. Die kamp

moet voortgaan en ander gemeentelede moet aange-

moedig word om ook in te skakel. Dit bly 'n besonderse

ervaring.

Rika & Tinus Eveleigh

Vir my het Wilhelm se Sondagpreek oor:

"Onrusrivier... die plek waar gebroke mense heel

word" uitgestaan en saam met dit die heerlike ge-

meenskaplike braai Saterdagaand en dan die lekker

saam kuier met Rika, haar gesin en ook die res wat

kom inloer het en saam gesels en saam koffie gedrink

het. Die gemeentekamp staan elke jaar vir my uit

want daar leer ons weer nuwe mense ken - elke jaar

is daar 'n paar nuwe gesinne wat bykom.

Erika & Oosie Oosthuysen

Lekker ontspan en kuier by die Saterdag-

mark in Montagu.

Page 12: Wees LIG! JESUS CHRISTUS HARTKLOP LIG! · 2017-03-31 · VANOGGEND SE EREDIENS (6DE LYDENSWEEK) DS MICHIEL DE KOCK (JOH. 12: 1 – 11 EN MATT 26: 6 - 13) JESUS – SALF JY HOM OF

DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K)

083 468 8194 [email protected]

DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K)

083 448 1651 [email protected]

DS ANTON DUVENHAGE 072 477 3185

[email protected]

DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895

[email protected]

VOORSITTER KERKRAAD Piet van Zyl

082 339 9871 [email protected]

EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633

[email protected]

MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen

028 316 3115 (K) 079 322 0998

[email protected]

KOMMUNIKASIE BEAMPTE

Karin de Bruin 084 305 2086

[email protected]

ONTVANGS Mervian van der Merwe

084 875 7875 [email protected]

REK BEAMPTE Rika Eveleigh 082 679 1312

[email protected]

ADMIN BEAMPTE Hanna de Jager 082 441 9759

[email protected]

KOSTER Johan Symington

082 546 7415

Vir navrae en kommentaar

op die Hartklop [email protected] (Advertensies sluit Dins 12:00)

KERKKANTOOR ma - vry 08h00 - 13h00

Tel (028) 316-2116 [email protected]

www.ngkonrusrivier.co.za

DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier

Bank: ABSA

Rek. 406 215 2718

SENDING (GBO) Geloof Belofte Offer

Bank: ABSA

Rek. 916 9799 886

Groot dank en waardering vir ons Hartklop borg van die maand (‘n besigheid in ons

dorp wat verkies om nie genoem te word nie, maar dit net uit dankbaarheid te

doen). Ons eer God vir julle gehoorsaam-heid en liefde en bid Vader se seën oor jul

besigheid en gesinne.

KOSPAKKIES BAIE DANKIE dat ons weer deur ons gemeente se oop harte en beursies weer kos op tafels kon sit. Ons is dankbaar vir elke bestanddeel wat uit liefde geskenk is.

SPOELKIPPE – WHATSAPP As jy op ons Spoelklippe se whattap groep wil kom, stuur asb jou nommer aan Joep & Marie Korf by 083 4571896. DIE VRIENDE VAN HUIS LETTIE THERON en alle belangstellendes word vriendelik uitgenooi na die Vriende se Basaarreëlingsvergadering, op Donderdag 6 APRIL 2017 om 14h30, by die tehuis. MEDIATEEK: Het u dalk nog die DVD Mamma Mia! in u DVD speler? Die houer het leeg te-ruggekom. Bring asb. na die kerkkantoor. Baie dankie.

WAAR KAN EK DIEN? HET JY GEWEET agter in die Gemeente kalender is al die informasie van Onrusgemeente se bedieninge? Gaan kyk gerus deur dit, lees en bid - daar is dalk ‘n plekkie wat jou naam op het! Ons soek altyd nog mense wat kan help by die sopkombuis, klerekas. Ons het beraders en omgeemense nodig wat ons bejaardes en alleen-mense kan besoek. Ons het heelwat mense nodig in die wyke (Dienswerkers en Wyksleiers). Ons gaan binnekort mense nodig he wat met klein kindertjies kan werk as deel van die ECD program (Early Childhood Develop-ment). Die Kolwyntjie Teetuin soek altyd mense om hulle te help met bediening of om al die heerlike eetgoed te voorsien. Daar is soveel geleenthede waar u ‘n ver-skil kan maak. Raak stil, luister na Vader God se roep-stem, laat toe dat Heilige Gees u leiding gee, en kom meld aan. Ons het jou nodig!

wees

NAGSKUILING IN HERMANUS

Die Hermanus Nagskuiling is opsoek

na „n selfaangedrewe persoon met

„n sterk agtergrond in bemarking

en befondsing, om besighede te

nader met die doel om invordering

van fondse te bespoedig. Die werk

kan op „n deeltydse basis hanteer

word en goeie rekenaarvaardigheid

is nodig. Vir meer besonderhede,

kontak asb vir Ray Hartmann op

088 731 0678. Baie dankie!