JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles Hartklop · wyn in die hand, onthou. Ons gaan ons eie dag...

8
Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles Hartklop TEKS VIR 4 MAART DR WILHELM BURGER LEES. KOL. 3:12-17 Tema: Gekoesterde mense leef net anders met mekaar 1. Hoe sal jy die kern van die verse in een sin saamvat? Dink saam wat die woorde in vers 12 binne ‘n verhouding beteken. 2. Praat oor voorbeelde uit die praktyk. Vers 13 praat oor vergifnis. Hoe werk vergifnis in die praktyk? 25 FEBRUARIE 2018 VANOGGEND SE EREDIENS DS MICHIEL DE KOCK ONS WAAG DIT MET DIE SKEPPING (ROM 8:18-30) Die skepping sug en verlang daarna om vry te kom van verganklikheid en besoe- deling. Ons as mensdom moet ernstig rekenskap gee wat ons gemaak het met God se opdrag aan ons om die skepping te bewerk en te bewaar. In watter mate is ons verantwoordelik vir die lyding van die skepping en gevolglik ook ons eie lyding? Dink maar net aan al die plastiek en gifstowwe, die lugbesoedeling deur motors en fabrieke, die vermorsing van vars water ens. John Stott skryf dat hoeveel ons vir die skepping omgee, vertel ook hoe lief ons werklik die Skepper het. Dit laat mens dink! Onthou jy en ek is God se hoop vir die herstel van die skepping. Radikale nuwe denke is nodig by almal van ons. Kom ons waag dit met die Heilige Gees om ons denke nuut te maak, en dan bid ons om waagmoed om Hom te gehoorsaam sodat ons nuut kan leef in en met die skepping as kinders van ons Skepper. HARTLIK WELKOM! Welkom met die uitdaging om dit te waag. Tydens die sewe Lydensweke sal ons nie net iets prysgee nie (soos tee, suiker, of vleis), maar ons sal ons ook daartoe verbind om iets te doen wat ons normaalweg nie doen nie. Soos wat? Sommige mense is só besorg oor die skepping dat hulle God oral in die natuur vind. Byvoorbeeld; ‘n Boom is God, ‘n rots is God, ‘n dier is God, die son is God, jy en ek is Gode. Hulle is die Panteïste en aanbid die natuur. (Die woord panteïs kon van die Grieks ‘pan’ (alles) en ‘theos’ (God) Dit wil sê: God is in alles). Teenoor diegene wat die natuur aanbid, is daar diegene wat die natuur verwaarloos. Die lug, riviere en oseane word besoedel. Woude word ontboom. Lande word oorbewei. En ons buitensporige leefwyse dra daartoe by. Kom ons waag: Kom ons waag dit om die skepping (en ons omgewing) te respekteer as ‘n gawe van God. Kom ons waag dit om onsself aan te bied as medewerkers van God en om die natuur te bewaar. Kom ons waag dit om net te koop wat absoluut nodig is, en om dit wat ons spaar, met ander te deel wat dit nie kan bekostig nie. Welkom aan ons waagmoediges! Wees LIG! AANDDIENS VANAAND @ 18:00 BELYDENIS VAN GELOOF- AFLEGGING & NAGMAAL Ons nooi u almal graag uit na hierdie besondere aand. Daar is 26 pragtige jong- mense wat hul belydenis van geloof aflê en u is elkeen uitgenooi om in die vreugde te deel. Daarna gaan ons almal saam die nagmaal geniet en met ‘n stukkie brood en ‘n glasie wyn in die hand, onthou. Ons gaan ons eie dag onthou toe ons geantwoord het: “Ja, Here God!” Bring gerus u vriende, Familie en bure en deel in die vreugde saam met kinders van God!

Transcript of JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles Hartklop · wyn in die hand, onthou. Ons gaan ons eie dag...

Page 1: JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles Hartklop · wyn in die hand, onthou. Ons gaan ons eie dag onthou toe ons geantwoord het: “Ja, Here God!” Bring gerus u vriende, ... NAVRAE:

Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS

oral, altyd en in alles

Hartklop TEKS VIR 4 MAART

DR WILHELM BURGER LEES. KOL. 3:12-17

Tema: Gekoesterde mense leef net anders met mekaar

1. Hoe sal jy die kern van die verse in een sin saamvat? Dink saam wat die woorde in vers 12 binne ‘n verhouding beteken. 2. Praat oor voorbeelde uit die praktyk. Vers 13 praat oor vergifnis. Hoe werk vergifnis in die praktyk?

25 FEBRUARIE 2018

VANOGGEND SE EREDIENS DS MICHIEL DE KOCK

ONS WAAG DIT MET DIE SKEPPING (ROM 8:18-30)

Die skepping sug en verlang daarna om vry te kom van verganklikheid en besoe-deling. Ons as mensdom moet ernstig rekenskap gee wat ons gemaak het met God se opdrag aan ons om die skepping te bewerk en te bewaar. In watter mate is ons verantwoordelik vir die lyding van die skepping en gevolglik ook ons eie lyding? Dink maar net aan al die plastiek en gifstowwe, die lugbesoedeling deur motors en fabrieke, die vermorsing van vars water ens. John Stott skryf dat hoeveel ons vir die skepping omgee, vertel ook hoe lief ons werklik die Skepper het. Dit laat mens dink! Onthou jy en ek is God se hoop vir die herstel van die skepping. Radikale nuwe denke is nodig by almal van ons. Kom ons waag dit met die Heilige Gees om ons denke nuut te maak, en dan bid ons om waagmoed om Hom te gehoorsaam sodat ons nuut kan leef in en met die skepping as kinders van ons Skepper.

HARTLIK WELKOM!

Welkom met die uitdaging om dit te waag.

Tydens die sewe Lydensweke sal ons nie net iets prysgee nie (soos tee, suiker, of vleis), maar ons sal ons ook daartoe verbind om iets te doen wat ons normaalweg nie doen nie.

Soos wat? Sommige mense is só besorg oor die skepping dat hulle God oral in die natuur vind. Byvoorbeeld; ‘n Boom is God, ‘n rots is God, ‘n dier is God, die son is God, jy en ek is Gode. Hulle is die Panteïste en aanbid die natuur. (Die woord panteïs kon van die Grieks ‘pan’ (alles) en ‘theos’ (God) Dit wil sê: God is in alles).

Teenoor diegene wat die natuur aanbid, is daar diegene wat die natuur verwaarloos. Die lug, riviere en oseane word besoedel. Woude word ontboom. Lande word oorbewei. En ons buitensporige leefwyse dra daartoe by.

Kom ons waag: Kom ons waag dit om die skepping (en ons omgewing) te respekteer as ‘n gawe van God. Kom ons waag dit om onsself aan te bied as medewerkers van God en om die natuur te bewaar. Kom ons waag dit om net te koop wat absoluut nodig is, en om dit wat ons spaar, met ander te deel wat dit nie kan bekostig nie.

Welkom aan ons waagmoediges!

Wees LIG!

AANDDIENS

VANAAND @ 18:00

BELYDENIS VAN GELOOF-

AFLEGGING & NAGMAAL

Ons nooi u almal graag uit na

hierdie besondere aand.

Daar is 26 pragtige jong-

mense wat hul belydenis van

geloof aflê en u is elkeen

uitgenooi om in die vreugde

te deel.

Daarna gaan ons almal saam

die nagmaal geniet en met ‘n

stukkie brood en ‘n glasie

wyn in die hand, onthou.

Ons gaan ons eie dag onthou

toe ons geantwoord het:

“Ja, Here God!”

Bring gerus u vriende,

Familie en bure en deel in

die vreugde saam met

kinders van God!

Page 2: JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles Hartklop · wyn in die hand, onthou. Ons gaan ons eie dag onthou toe ons geantwoord het: “Ja, Here God!” Bring gerus u vriende, ... NAVRAE:

MAANDAG 26 FEBRUARIE 15:00 DIE MOSAÏEK OMGEEGROEP nooi alle belangstellendes om na ’n praatjie van die OVERBERG ROLSTOEL ASSOSIASIE se projek: LOVE.ability, te kom luister. LOVE.ability is geleë in Hawston en hulle missie is om gestremde persone op te lei in funksionele kunste en handwerk – sodat hulle selfonderhouden-de, funksionele individue in hulle gemeenskappe kan wees. Kom kyk gerus ook na 'n uitstalling van hulle produkte soos seep, sproei, keramiek, bekers, mosaïek, papiermaché , boekstutte ens. Kom gerus en nooi jou vriende saam. BY DIE DIENSSENTRUM. NAVRAE: Rika Eveleigh 082 679 1312

18:00 KERKRAADSVERGADERING in die Sysaal Baie dankie vir u voorbidding.

DINSDAG 27 FEBRUARIE SOPKOMBUIS

18:00 BASAAR 2018 VERGADERING (SENTRUM)

Ons nooi graag alle Wyksleiers, Dienswerkers,

alle Feesspanlede, alle vrywilligers en belangstellendes!! Kom beplan saam met ons om 28 April ‘n ware feesdag te maak. Die BASAARLYSTE word ook uitgedeel aan al die Wyksleiers en Dienswerkers om in die wyke mee te stap. Hoop om almal daar te sien!! Welkom.

WOENSDAG 28 FEBRUARIE 11:00 - 13:00 KLEREKAS

18:00 BYBELSKOOL BY NG HERMANUS Waag dit met die Gees en sing onder mekaar psalms, lofgesange en ander geestelike liedere. Ons ontdek die musiek en lied as gawe van God. Ons ontvang die inspirasie. Ons beleef die werking van die Heilige Gees. Notas is beskikbaar. Die lesings sal net 30 minute duur, betyds om te verdaag na die kleiner groepe. Navrae: Clifford by 028 316 4895 of 082 37 55 410.

DONDERDAG 1 MAART 09:00 BYBELSKOOL BY NG ONRUS (Konsistorie)

15:00 DIE FILMKLUB (Konsistorie) nooi u om saam ‘n wonder-like film te geniet. Slegs donasies. Film: All roads lead home.

18:00 NUWE INTREKKERSTEE (GEMEENTESENTRUM) Ons nooi alle nuwe intrekkers hartlik uit om saam met ons te kom kuier. Ons wil u graag aan die personeel en leraars voorstel en meer vertel van Onrusgemeente. Ons kuier dan ook heerlik saam om die eettafel. Kontak asb vir Hanna by die kerkkantoor teen laatste Dinsdag 27 Feb om te bevestig. Welkom!! VRYDAG 2 MAART 10:00 WÊRELDBIDDAG VIR VROUE BY NG KERK HERMANUS Manuel Escorcio en Belia Lourens gaan die hele program doen. Almal word hartlik uitgenooi en daar sal ook tee aange-bied word in die Binnehof na afloop van die diens .

SONDAG 4 MAART 08:30 GEBEDSKAMER: Ons bid saam vir die erediens, die leraar aan diens en die gemeente. Kom bid asb saam!

WYKE DIENSBEURTE Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 33)

09:00 EREDIENS: Dr Wilhelm Burger gaan voor. Welkom!

18:00 AANDDIENS: Ds Johan Bloemhof (Sendeling in Frankryk) kom gesels met ons oor hul bediening aan die jongmense van Frankryk. Almal is baie welkom!!

WAARNA KAN ONS UITSIEN?

BASAAR BY NG KERK GREYTON 10 MAART 2018 @ 09:00 Kuiertent, potjiekos, braaivleis, vars vrugte en groente, poedings en pannekoek! En ‘n heerlike snuffeltafel. Kom geniet die dag!

CANSA RELAY FOR LIFE - 17 & 18 MAART 2018 HOËRSKOOL HERMANUS (“THE POWER OF PURPLE”) Hierdie jaar is die 10de keer wat die gemeenskap genooi word om deel te neem aan ‘n deurnagbyeenkoms tbv die stryd teen kanker. Kankeroorwinnaars hou ook ‘n optog en spanne stap om die veld te ondersteuning van mense wat tans in so ‘n stryd gewikkeld is. Spanne word genooi om in te skryf (of vir meer inligting) by Dorenn Prent @ [email protected] 028 316 3678 of 072 997 1452

STAP OP GROTTO TBV LIGHTHOUSE IN MOUNT PLEASANT SATERDAG 17 MAART 2018 @ 08:00 Beginpunt is by die Grotto Lagoonmond parkeerarea. Boereworsrolle en koeldrank te koop. Inskrywingsfooi: R30pp Kontak Eda Venter by 083 331 0559

#imagine Hierdie jaar se #imagine vind plaas van Vrydag 6 -

Sondag 8 April 2018 by Bredasdorp. KOSTES Tieners R570 ITICKETS Bespreek asb self by iTickets (Onrusgemeente gaan nie hierdie jaar weer groepe reël en registreer nie, hulle doen ‘n uitreik na die Koue Bokkeveld).

KOEKSISTERS TE KOOP: 6 MAART 2018 Ons bak Koeksisters op Dinsdag, 6 Maart vir ons Dienssentrum asook om fondse te genereer vir

koeksisterbestanddele vir die Basaar. U kan die Koeksisters afhaal op Dinsdag,

6 Maart om 10:30 by die Maalruimte. Koeksisters sal ook te koop wees by ons

Dienssentrum se markie op Vrydag, 9 Maart vanaf 09:00. Koste: R30 per dosyn

Bespreek asb. by Ria Niemann voor 5 Maart: Sel 082 971 8257

Page 3: JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles Hartklop · wyn in die hand, onthou. Ons gaan ons eie dag onthou toe ons geantwoord het: “Ja, Here God!” Bring gerus u vriende, ... NAVRAE:

GEBED VIR NOOD EN SIEKTE Ons Vader wat in die Hemel en ook op die aarde

woon, baie dankie vir hierdie skepping wat U so

mooi versier het met kleure en vorme. Vader, wanneer ons Hoy-se-Koppie

stap, dan staan ons verslae teenoor die pragtige rotsformasie en dan besef

ons, dat dit net U handwerk is. Vader maak ons sensitief vir die skoonheid

van die wêreld wat U gemaak het.

WEEK 26 FEB-4 MRT

MAANDAG 26 FEB

Here, help ons om nie so bedrywig te wees, dat

ons nie u mooi skepping sal raak sien nie. Help ons

dat die vier mure van ons kantoor of huis, ons nie sal laat vergeet van die son

en die wolkehemel daarbuite nie. Dat ons die geklots van die see sal hoor

geniet. Dat ons voetspore op die sand sal waardeer wat ons kinders en

geliefdes agterlaat waar hulle gestap het.

DINSDAG 27 FEB

Here Jesus, dankie vir elke nuwe dag wat ons van U ontvang. Help ons om hierdie nuwe dag

te begroet met vreugdeklanke, ʼn danklied op ons lippe en om U te loof en prys vir U wonderlike Skepping. Jesus, help ons om dit te waardeer en te sorg dat ons nie bydra tot die besoedeling en misbruik van die skepping nie, maar dat ons dit sal oppas en waardeer.

WOENSDAG 28 FEB

Dierbare Vader, baie dankie vir U liefde en

genade. Dankie, vir die hoop wat ons het, dat

ons almal saam met U in die Koninkryk sal wees. U het Jesus vir ons gegee,

met die belofte dat ons sonde vergewe is en dat ons gered is deur Jesus se

bloed. Here ons God, dankie vir Jesus, wat vir ons pleit en dankie dat ons U

ons onvoorwaardelik liefhet.

DONDERDAG 1 MRT

GEBED

ONS WAAG HIERDIE WEEK ...

… OM DIE SKEPPING TE

BEWERK EN BEWAAR! Dit was een van die eerste opdragte van Vader God. Vandag wil ons bely dat ons nie altyd gehoorsaam is aan hierdie opdrag nie Here. Help ons

vandag om nuut te dink en leef.

CHEMO / BESTRALING / BEHANDELING

Johan Spies, Thea Kruger, Letitia Immelman, Marie Mostert, Linda du Preez, Krappies Carstens, Lynette Crafford, Hennie Davies

IN DIE HOSPITAAL EN AANSTERK TUIS

Ben Solomon, Francois van der Merwe (na 2 maande uit hospitaal ontslaan, herstel nog), Joan Swart, Loudine Bronkhorst, Frans Snyders, Leonie Koekemoer Willem Louw, Marianna Olivier

SIEKTE / SORGEENHEID / VERSWAK

Rupert Mizon, Francois Goosen, Fanie Schmidt Flick du Toit, Hanlie Chambers – wag op lewer- en nieroorplanting (Ina & Rassie Erasmus se dogter) Pauli & Duifie Theunissen, Ina Bezuidenhout, Louis Scholtz, Tonie du Toit, Joey Rossouw, Johan & Ronel Acker

MEEGEVOEL MET Elna Lewis, vriende en familie met die heengaan van Carel Roux.

ONS BID VIR alle persone in ‘n siekeboeg. Som-mige is daar alleen met geen besoekers. Ons bid ook vir die personeel wat hulle met soveel liefde en getrouheid versorg. Dankie Here dat ons weet U hande hou ons styf vas in alle omstandighede.

Vader, ons weet dat die hele skepping tot nou toe sug

in pyne van verwagting en ons wat die Gees ontvang

het as die eerste gawe van U, ONS SUG OOK. Ons weet dat U ons as U

kinders aangeneem het. Here, die feit dat ons die Gees het, is ons waarborg

dat ook ons liggame bevry, opgewek en vir ewig lewend gemaak sal word.

Dankie vir U belofte en U genade.

VRYDAG 2 MRT

GEBEDSKLIPPE BY DIE DEURE

Ons nooi u graag om deel te word van ons Uitreik-Gebed.

Kom neem gerus ‘n klippie met ‘n

naam op in die mandjies in die maal-ruimte en by die deure. Kontak die persoon en vra waarvoor u spesifiek

kan bid. Daar is ook sekere sake / geleenthede / aksies waarvoor u

kan bid. Ons daag u uit om vir 2018 te WAAG

MET GEBED en deel te word van God se span hier in

Onrusgemeente. Welkom!

Page 4: JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles Hartklop · wyn in die hand, onthou. Ons gaan ons eie dag onthou toe ons geantwoord het: “Ja, Here God!” Bring gerus u vriende, ... NAVRAE:

HAARKAPPER: Een van die bedieninge by die dienssentrum is ons eie haarkapper. Kontak vir Ester by 081 453 8130 om u hare mooi te maak, te sny, te kleur, te knip, rollers in te draai, te "perm". Sy maak

mens baie mooi. Sy vra verskillende pryse vir lede en nie-lede. Daar is nuwe pryse vanaf 1 Maart 2018.

KLINIEK: Sr. Calitz is ons verpleegsuster. Sy het 'n kliniek by die dienssentrum op Dinsdae vanaf 10h00 - 12h00. Sy is bereid om bloeddruk te neem, suikermetings te doen en inspuitings toe te dien en om u vrae te probeer beantwoord. Kontak vir sr. Calitz by 073 152 5623 en maak 'n afspraak indien u haar wil spreek. 'n Kliniekbesoek se koste is slegs R20 vir lede.

NAALDWERK OM 9H30: 'n Verdere bediening by die dienssentrum is Marlene Burger wat ons help met klere verstel. Nie almal van ons is goed met naaldwerk nie. Haar nommer is 028 316 3363 of 072 140 5807. Bring u klere op 'n Dinsdagoggend en bespreek die verstellings met haar. Sy sal vir u noem wat haar prys vir die klere se verstel is.

SITKAMER OM 10H00: Angelique Brink van Sandbaai Country House gaan weer vir ons een van haar uitstekende kosdemonstrasies doen. Kom kyk, kom leer en kom proe. Dit is altyd leersaam.

VOETE EN HANDE: Ons is bevoorreg om by die dienssentrum vir Marilyn Prinsloo te sien wat die voete- en handeversorging doen. Dit is haar passie! Kontak vir Marilyn by 082 532 6931 en maak 'n

afspraak. Daar is verskillende fooie vir lede/nie-lede. Onthou hierdie diens is ook vir mans. Marilyn sien baie mans wat spesiaal kom vir hulp met hulle voete. Daar is nuwe pryse vanaf 1 Maart 2018.

TRIMGIM: Ons is bevoorreg om by die Dienssentrum 'n bio-kinetikus te sien wat opgelei is om die regte oefeninge vir bejaardes met hulle gesondheidsprobleme te doen. Mathilda Roos sien u op Woensdae om 15h00 in die OnsTeater by die Dienssentrum. Trimgim-fooie is R45 per maand vir lede van die dienssentrum en R60 vir nie-lede. Kontak vir Mathilda by 082 339 1085. Daar is nuwe pryse vanaf 1 Maart 2018.

10:00 DIENSSENTRUM SITKAMER Maak jy graag self geskenke soos inkopiesakke, speldeboekies, pot-pourri-sakkies en nog baie meer? Wil jy 'n ekstra inkomste verdien? Kom kuier saam met Mattie Swart (076 522 5669) en leer saam. Almal baie welkom!

Sitkamer om 10h00: Kom speel Rummikub en ander spele-tjies. Ons het twee nuwe intrekkers wat graag ons lede en nie-lede wil leer van al die verskillende kaartspeletjies. Kom speel saam. Dit is uitstekende aktiwiteit vir die brein se instandhouding.

15:00 FILMKLUB in die Konsistorie

ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM

Deur die genade van God

DIENSSENTRUMNOMMER

028 316 1745

KONTAK VIR JOAN OF HANNIE

(09H30 – 12H30)

DINSDAG 27 FEB

WOENSDAG 28 FEB

DONDERDAG 1 MRT

KOLWYNTJIE TEETUIN VRYDAG 2 MRT 09:00 - 11:30

Wat 'n voorreg om 'n wonderlike teetuin hier by die Dienssentrum te kom geniet. Daar is lekker geselskap, nuwe vriende word gemaak en ons ontmoet ook nuwe lidmate. Kom drink tee/koffie en 'n eetding teen R30 (spesiale prys van R20 vir lede). 'n Ekstra (2de) koppie koffie gaan u slegs R5 kos. Dit is voorwaar die lekkerste eetgoed in Hermanus. U word bedien deur die vriendelikste kelnerinne in die dorp. Loer in by die kombuis en ontmoet die vriendelikste mense agter die tee/koffiekanne en die skoonmakers. Nooi u verjaardaggroepe/Selgroepe/Bybelstudie-groepe en kom drink saam. Kontak vir Siska Conradie by 082 762 2732 om te bespreek vir groot groepe.

As u betrokke wil raak by die maak van eetgoed vir die teetuin of om Vrydae by die teetuin te help - ons soek altyd vrywilligers. Kontak vir Siska en meld aan! U hulp sal opreg waardeer word.

ONDERSTEUNINGSGROEP: U word vriendelik uitgenooi na ons

ondersteuningsgroep vir almal wat aan Spierdistrofie, MNS, MS, Parkinsons, Alzheimer en Demensie ly. Ons vol-gende byeenkoms van die jaar is op

Dinsdag, 6 Maart 2018 @ 11h00 in die sitkamer van die Dienssentrum. Vic Hamilton-Attwell gaan by hierdie geleentheid 'n CD speel wat handel

oor Alzheimers.

FILMKLUB DONDERDAG 1 MRT @ 15:00 (KONSISTORIE) Die Filmklub is weer oop!! Kom geniet pragtige films op

‘n BAIE groot skerm met goeie klank. Slegs donasies. Navrae: Ina Erasmus 082 508 7608

ALMAL WELKOM!

Page 5: JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles Hartklop · wyn in die hand, onthou. Ons gaan ons eie dag onthou toe ons geantwoord het: “Ja, Here God!” Bring gerus u vriende, ... NAVRAE:

HONINGKLIP UITSTAPPIE: Ons gaan op Dinsdag, 13 Maart, om 11h00 vanaf die Dienssentrum vertrek om Honingklip te gaan besoek. Ons gaan leer hoe maak hulle bier. Daarna gaan ons bier/koffie/tee en 'n eetdingetjie geniet. Die prys daarvan is R40 per per-soon. Skakel dadelik vir Hannie/Joan by 028 316 1745 en bespreek en betaal u plek voor/of op Vrydag, 9 Maart.

BREIPROJEK: Ons het besluit om hierdie jaar slaapsokkies vir Sofca en Huis Lettie Theron se inwoners te brei. As u weet van 'n persoon wat 'n behoefte het aan slaapsokkies is u meer as wel-kom om die persoon se naam en besonderhede te gee. Kom Donderdae na die Boekklub en kom brei saam aan hierdie slaapsokkieprojek. Ons sal sorg vir 'n patroon of indien uself 'n patroon het wat goed werk, bring dit saam. Indien daar mense is wat vir ons wol kan skenk, sal dit baie waardeer word. Bring dit asseblief na die dienssentrum. Indien u nie wol het nie, maar 'n donasie vir die aankoop van wol wil gee, is u ook meer as welkom om dit te doen.

KUNS: Ons wil graag meer van kuns leer by die dienssentrum. Indien u enige vorm van kuns beoefen en 'n goeie leermeester is, sal u asseblief vir ons meer van u kuns kom leer en vertel? Kontak vir Joan/Hannie by 028 316 1745 en gee u naam en besonderhede.

GROOT NUUS - na baie navrae oor of ons weer kos sal voorsien by die dienssentrum het ons besluit om dit te waag en te kyk of daar werklik 'n behoefte is. Op 7 Maart 2018 gaan ons die lekkerste tuisgemaakte (vars) lasagne verkoop teen R45 per houer (17 x 12 x 4 cm). Dit is lasagne vir ongeveer twee persone. Bestel asseblief so gou moontlik by Joan/Hannie by 028 316 1745 tot Dinsdag 6 Maart - ons kan nie laat bestellings aanvaar nie.

ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM MARKIE vind weer plaas op Vrydag, 9 Maart, om 9h00 - 11h30. Kontak vir Joan/Hannie by 028 316 1745 en bespreek u tafel teen R20. Ons gaan meer fokus op eetgoed aangesien die handwerk nie so goed verkoop nie.

Page 6: JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles Hartklop · wyn in die hand, onthou. Ons gaan ons eie dag onthou toe ons geantwoord het: “Ja, Here God!” Bring gerus u vriende, ... NAVRAE:

Die Skepping vir Kinders (Uit: Bybelgenootskap van SA) Lees Genesis 1. Dit handel oor die skepping van die aarde en alles wat daarmee saamgaan. Dit het God sewe dae geneem. Hier veskyn nege prentjies. Elke prentjie bestaan uit ‘n tekening, ‘n voorstelling en ‘n klein blokkie waarin die dagnommer geskryf moet word. Met die lees van Genesis, skryf in die blokkie langs die prentjie die dagnommer van die dag wat dit geskep is. Beantwoord die volgende vraag: Wat het God op die sewende dag gedoen?................. Wanneer jy klaar is, kan jy die prentjies mooi

inkleur. Vra vir jou ouers of die antwoorde

reg is. Lekker inkleur!!

Maatjies, gesels bietjie met

jou ouers oor hoe julle by die

huis meer produkte kan

herwin en so ‘n verskil maak.

Jesus, ek wil graag bid vir elke maatjie dat ons as kinders van Jesus ‘n verskil gaan maak. Dat ons papiere sal optel, minder plastiek gebruik en dat ons sommer baie versigtig met water sal wees. Dankie Jesus dat ons weet u ons handjies sal vashou om goeie keuses te maak. Ons is lief vir buite speel en in die see swem. Dankie Jesus vir die mooi bome, strand en see. Amen.

Page 7: JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles Hartklop · wyn in die hand, onthou. Ons gaan ons eie dag onthou toe ons geantwoord het: “Ja, Here God!” Bring gerus u vriende, ... NAVRAE:

Engeltjieprojek Ons is baie opgewonde om weer die Engeltjieprojek bekend te stel. Dit is waar ons “Engeltjies” nooi (enige persoon) wat ons 80-plussers bietjie besoek, omgee en Jesus-liefde uitdra. Heelwat van hulle is nie in ‘n Aftree-oord nie, en hulle vereensaam by hul huise. Ons het ‘n lys van by die 300 mense wat wag vir ‘n Engeltjie!!

WAT BEHELS DIT? U ontvang ‘n naam van ons koördineerders, Kontak die persoon en reël ‘n afspraak. U besoek daardie vrou/man en luister ook watter behoeftes hulle het. Dalk net ‘n koffie/tee besoek nou en dan, of ‘n bederf met hul verjaarsdag, of ‘n lekker saamkuier in die dorp. (ONTHOU, hierdie is net ‘n omgee-projek, nie versorging nie.) HOE KAN EK AANMELD? Marietjie en Brenda sal vir die volgende paar Sondae by die Nagmaaltafel wees na die diens. Kom gee gerus u naam. Daar sal ook ‘n naamlys beskikbaar wees by die kerkkantoor en by die Dienssentrum. KOM WAAG DIT - KOM MAAK ‘N VERSKIL IN ‘N BEJAARDE SE LEWE! NAVRAE: MARIETJIE LE ROUX (083 455 1455) BRENDA STRAUSS (083 3900 838)

SPORE VAN SEËN DIE GODSTORIE VAN

ONRUSGEMEENTE

Wil u graag inspireer word? Gehoor van al die wonderwerke wat al in hierdie gemeente gebeur het?

Clifford het God se storie van Onrusgemeente gaan soek, gaan luister na vriende en neergepen soos net hy kan. Maak seker u mis nie een kosbare verhaal van hoe ‘n Vader sorg vir Sy kinders nie. Hierdie is ook ‘n pragtige geskenk vir iemand wat inspirasie en bemoediging nodig het. Beskikbaar by die kerk-kantoor teen ‘n donasie van R150. U is baie welkom.

Groot dank en waardering vir ons Kalenderborg vir Februarie wat die druk van ons pragtige kalender moontlik gemaak het. Ons bid Vader God se seën

oor jul gesinne en besigheid. Baie dankie!

OOP 07:00 - 21:00 TEL: 028 316 3711 SEL: 083 500 5397

[email protected]

Do not be dismayed by the

brokenness of the world.

All things break.

And all things can be mended.

Not with time, as they say,

but with intention.

So go!

Love intentionally,

extravagantly, unconditionally.

The broken world waits in

darkness for the light that

is you.

Page 8: JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles Hartklop · wyn in die hand, onthou. Ons gaan ons eie dag onthou toe ons geantwoord het: “Ja, Here God!” Bring gerus u vriende, ... NAVRAE:

DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K)

083 468 8194 [email protected]

DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K)

083 448 1651 [email protected]

DS ANTON DUVENHAGE 072 477 3185

[email protected]

DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895 082 37 55 410

[email protected]

VOORSITTER KERKRAAD Piet van Zyl

082 339 9871 [email protected]

EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633

[email protected]

MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen

028 316 3115 (K) 079 322 0998

[email protected]

KOMMUNIKASIE BEAMPTE

Karin de Bruin 084 305 2086

[email protected]

ONTVANGS Mervian van der Merwe

084 875 7875 [email protected]

REK BEAMPTE Rika Eveleigh 082 679 1312

[email protected]

ADMIN BEAMPTE Hanna de Jager 082 441 9759

[email protected]

KOSTER Johan Symington

082 546 7415

Vir navrae en kommentaar op die Hartklop

[email protected] (Advertensies sluit Dins 12:00)

KERKKANTOOR ma - vry 08h00 - 13h00

Tel (028) 316-2116 [email protected]

www.ngkonrusrivier.co.za

DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier

Bank: ABSA

Rek. 406 215 2718

SENDING (GBO) Geloofbelofteoffer

Bank: ABSA

Rek. 916 9799 886

Baie dankie vir ons Hartklopborg wat die druk van die Hartklop moontlik

maak. Ons bid Vader se seën vir jou.

WAT KAN U AL BRING VIR DIE BASAAR?

Ons is reeds besig om bymekaar te maak. Gaan loer gerus bietjie deur die motorhuis, op u boekrakke, in die bokse - sonder u bydraes en

spanwerk kan (en wil) ons nie. Ons het veral die volgende nodig:

Boeke, CD’s, DVD’s, legkaarte, speelgoed. En natuurlik ...

Wit olifant items (groot en klein). Bring dit asb na die kerkkantoor.

Ons het stoorplek, ons sal dit baie graag van u hande afneem.

Baie, baie dankie!!

REMEDIËRING EN SPRAAKTERAPIE As daar afgetrede remediërende onderwysers en spraakterapeute is wat bereid is om gratis dienste te verskaf kontak asseblief vir Erika (Maatskaplike Werker) by 028 316 3115 of laat 'n whatsapp boodskap by 079 322 0998. SPYSENIERINGSPAN (Mans & Vroue) Ons wil graag weer ‘n kosmaakspan op die been bring (of in die kombuis?) Het u die liefde, gawe en passie vir kosmaak? Ons het u baie nodig!! Kom meld asb aan by die kerkkantoor en word deel van die “LEKKER” span. KOSPAKKIEPROJEK Baie dankie aan al die gemeentelede wat hierdie maand reeds hul produkte gegee het. Ons gee tans kospakkies aan 9 gesinne per maand en dan is daar ook altyd noodpakkies wat gegee word aan persone wat skielik sonder kos en finansies is. Meeste van die produkte op ons paklys kos nie meer as R20 nie, wat binne die meeste van ons lidmate se vermoë is. By voorbaat baie dankie vir u bydraes. Lidmate is ook baie welkom om maandeliks ‘n finan-siële bydrae te maak /inbetaal (EFT) spesifiek vir hierdie doel. Die gemeente se bankbesonder-hede is op die agterblad. Verwysing asb: Kospakkies Navrae: Ronelle van Zyl (072 288 1439)

NOVIS VITA LOFDANSE GROEP “For You Lord, we dance!”

Ons nooi graag enigeen van 8 tot 80 om die Here dmv Lofdanse te dien en ander met die Goeie Nuus

te bedien! Beginners baie welkom!

Ons groepe kom op die volgende tye bymekaar: Woensdagoggende 11h00- 12h00 (Volwassenes)

Sondagoggende na die erediens: (Bybelgroepe Gr 1 tot 6)

Sondagmiddag voor die aanddiens 17h00- 17h45 (Tieners)

Navrae: Veronica Brand 083 751 4319

Is daar dalk iemand in die gemeente wat vir ons musiek van die internet of elders kan aflaai op ‘n cd asook op ‘n geheuestokkie? Die musiek is nie

meer in die handel verkrygbaar. Ons soek ook iemand om asb vir ons 1 groot vlag en 6 kleiner

vlae te maak. Het dit nodig vir Paasfees. Sal baie waardeer! Kontak Veronica by

083 7514319 of laat u besonderhede by die kerkkantoor en sy sal u skakel. Baie dankie!

PANNEKOEKBAKKERS DRINGEND GESOEK

VIR SAT 2 MRT Ons bak by die Hermanus

Laerskool en het hande nodig. Kontak asb vir Helen 083 650 7131

LYDENSWEKE 14 FEB - 30 MRT

Ons is tans besig om in Jesus se voetspore te volg met die Lydensweke. Dit is ‘n tyd van ont-hou, ‘n tyd om stil te word in Sy teenwoordig-heid, ‘n tyd om net weer introspeksie te doen.

Maar hierdie is ook ‘n tyd waarin ons WAAG om in Jesus se spore van liefde te stap. Om meer geduldig te wees, meer te help waar ons kan, te vergewe en hoop uit te deel. Dit is ‘n tyd waarin ons juis LEEF dít wat Jesus ons kom leer het om te doen op hierdie aarde, hier en nou.

Ons gebed is dat u elkeen hierdie voorbeeld (spore) van Jesus, u eie sal maak. Ja waarlik, WEES LIG! Amen.