JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles LIG! Hartklop … · VANOGGEND SE EREDIENS DR LISEL JOUBERT...

8
Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles Hartklop 10 JUNIE 2018 VANOGGEND SE EREDIENS DR LISEL JOUBERT TYD IS GENADE In Hebreeus beteken Sabbat letterlik “stop”. Miskien stop en sien raak. Stop en word bewus dat dit nie jou inspan- ning is wat die finale sê het nie. Graham Ward skryf: “Time is the unfolding of God’s grace, of God’s gift of God’s self in and through creation and our being created…To ask about time as a Christian theologian is to accept that not time (nor any perspective) is arbitrary, that all time is time of and for redemption, all time is grace.” ‘n Kontemplatiewe manier van lewe beteken dat ek bietjies bietjies my verwysingsraamwerke skuif rondom wat is be- langrik en wat is tydmors is. Om te kan imagine en daarin te rus dat God ook besig is as ek rus. Dit is juis hoekom ek iewers in die week stop anders begin ek dink God werk net as ek werk. Miskien is dit soos swangerskap. Jy kan niks sien gebeur nie, maar tog is iets vormends aan die gang. God is swanger met ons toekoms en die aard daarvan is gekoppel aan wie die God vir ons was in die verlede. Altyd teenwoordig. TEKS VIR 17 JUNIE DR WILHELM BURGER LUKAS 15:11-32 VADERSDAG 1. Dink aan mense wat soos die jongste seun niks waardeer nie. Hoe laat dit jou voel? 2. Waarom was die oudste seun kwaad? Kan ons hom kwalik neem? 3. In watter rol sien jy jouself. Ouer of jonger broer? Hoe sal jy op Vadersdag ons Hemelse Vader beskryf? (Drie sinne) HARTLIK WELKOM! Net na die Koreaanse Oorlog (1950-1953) reis ‘n jong sendeling per trein. Hy is op pad na Seoel. By een van die stasies klim ‘n bejaarde Koreaan op en deel die kompartement met hom. Die Koreaan sien die boek wat die sendeling lees. Op die buiteblad is ‘n kruis. Die Koreaan merk die kruis en begin onbedaard met die sendeling te praat. Die arme sendeling verstaan nie ‘n woord nie. Die Koreaan maak sy enigste bagasie oop –‘n groot bondel toegedraai in ‘n wit doek. Daaruit haal hy triomfantelik ‘n boek te voorskyn –‘n Koreaanse Bybel, ook met ‘n kruis op die buiteblad. Jesu” sê die een en “Jesu” antwoord die ander. Dit was maar die begin van ’n merkwaardige gesprek. Die ou man het deur sy Bybel geblaai, ‘n teks gevind en dit vir die sendeling gewys en die sendeling het dit nageslaan en gelees. Die sendeling het op sy beurt deur sy Bybel geblaai, ‘n teks gevind, dit vir die Koreaan gewys en die Koreaan het die nageslaan en gelees. Só het die gesprek gevorder: Eers Efes,1v2. Toe Efes. 1v3. En weer Efes. 1v5. En toe Efes. 1v15-17. En verder... Toe die trein by Seoel aankom, moes die twee manne mekaar groet. Die sendelinge se laaste teks was Rom. 16v27 en daarop het die Koreaan geantwoord met Ps. 134v3. Húlle het mekaar soos ‘n vader en seun omhels en weggestap met moed vir die land. In Hermanus (en landwyd) was/is daar protestogte. Die brandende bande is ook ‘n taal. Die belangegroepe praat en moet ook praat. En die kerk? Dalk moet die dominee, die maruti en die pastoor saam gaan sit soos op die trein na Seoel, (of in Volmoed ) en saam hulle Bybels oopmaak. En moontlik sal die Gees hul wysvingers na Skrifgedeeltes lei en die kerk sal hoor dat God ook deel wil wees van die gesprek. Hy deel immers in ons geskiedenis. Hy het ‘n oplossing vir ons vraagstukke. Altans, só bely ons ...... of hoe? [Tussen twee hakies: Elke Woensdagoggend om 8:00 kom sit daar 14 van Psalm 42 se wildsbokke in die Gebedskamer met Bybels en gebede in Afrikaans, Engels en Shona. En ’n uur later stap hulle uit met ‘n loflied op die lippe!] Mag dit vir Hermanus ‘n inspirasie wees – geestelike leiers wat in tale bid, in Afrikaans, Engels, Xhosa, Zoeloe, Shona en meer. Wees LIG! AANDDIENS @ 18:00 TEENTRIX AFSLUITING Vanaand het ons ‘n baie spesiale afsluit van Teentrix vir die kwartaal. Tieners kom in die konsistorie bymekaar en ouers in die Dienssentrum. Ons gaan lekker saamkuier!

Transcript of JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles LIG! Hartklop … · VANOGGEND SE EREDIENS DR LISEL JOUBERT...

Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS

oral, altyd en in alles

Hartklop 10 JUNIE 2018

VANOGGEND SE EREDIENS DR LISEL JOUBERT TYD IS GENADE In Hebreeus beteken Sabbat letterlik “stop”. Miskien stop en sien raak. Stop en word bewus dat dit nie jou inspan-ning is wat die finale sê het nie. Graham Ward skryf: “Time is the unfolding of God’s grace, of God’s gift of God’s self in and through creation and our being created…To ask about time as a Christian theologian is to accept that not time (nor any perspective) is arbitrary, that all time is time of and for redemption, all time is grace.” ‘n Kontemplatiewe manier van lewe beteken dat ek bietjies bietjies my verwysingsraamwerke skuif rondom wat is be-langrik en wat is tydmors is. Om te kan imagine en daarin te rus dat God ook besig is as ek rus. Dit is juis hoekom ek iewers in die week stop anders begin ek dink God werk net as ek werk. Miskien is dit soos swangerskap. Jy kan niks sien gebeur nie, maar tog is iets vormends aan die gang. God is swanger met ons toekoms en die aard daarvan is gekoppel aan wie die God vir ons was in die verlede. Altyd teenwoordig.

TEKS VIR 17 JUNIE

DR WILHELM BURGER LUKAS 15:11-32

VADERSDAG

1. Dink aan mense wat soos die jongste seun niks waardeer nie. Hoe laat dit jou voel? 2. Waarom was die oudste seun kwaad? Kan ons hom kwalik neem? 3. In watter rol sien jy jouself. Ouer of jonger broer? Hoe sal jy op Vadersdag ons Hemelse Vader beskryf?

(Drie sinne)

HARTLIK WELKOM! Net na die Koreaanse Oorlog (1950-1953) reis ‘n jong sendeling per trein. Hy is op pad na Seoel. By een van die stasies klim ‘n bejaarde Koreaan op en deel die kompartement met hom. Die Koreaan sien die boek wat die sendeling lees. Op die buiteblad is ‘n kruis. Die Koreaan merk die kruis en begin onbedaard met die sendeling te praat. Die arme sendeling verstaan nie ‘n woord nie. Die Koreaan maak sy enigste bagasie oop –‘n groot bondel toegedraai in ‘n wit doek. Daaruit haal hy triomfantelik ‘n boek te voorskyn –‘n Koreaanse Bybel, ook met ‘n kruis op die buiteblad.

“Jesu” sê die een en “Jesu” antwoord die ander. Dit was maar die begin van ’n merkwaardige gesprek. Die ou man het deur sy Bybel geblaai, ‘n teks gevind en dit vir die sendeling gewys en die sendeling het dit nageslaan en gelees. Die sendeling het op sy beurt deur sy Bybel geblaai, ‘n teks gevind, dit vir die Koreaan gewys en die Koreaan het die nageslaan en gelees. Só het die gesprek gevorder: Eers

Efes,1v2. Toe Efes. 1v3. En weer Efes. 1v5. En toe Efes. 1v15-17. En verder...

Toe die trein by Seoel aankom, moes die twee manne mekaar groet. Die sendelinge se laaste teks was Rom. 16v27 en daarop het die Koreaan geantwoord met Ps. 134v3. Húlle het mekaar soos ‘n vader en seun omhels en weggestap met moed vir die land.

In Hermanus (en landwyd) was/is daar protestogte. Die brandende bande is ook ‘n taal. Die belangegroepe praat en moet ook praat. En die kerk? Dalk moet die dominee, die maruti en die pastoor saam gaan sit soos op die trein na Seoel, (of in Volmoed ) en saam hulle Bybels oopmaak. En moontlik sal die Gees hul wysvingers na Skrifgedeeltes lei en die kerk sal hoor dat God ook deel wil wees van die gesprek. Hy deel immers in ons geskiedenis. Hy het ‘n oplossing vir ons vraagstukke. Altans, só bely ons ...... of hoe?

[Tussen twee hakies: Elke Woensdagoggend om 8:00 kom sit daar 14 van Psalm 42 se wildsbokke in die Gebedskamer met Bybels en gebede in Afrikaans, Engels en Shona. En ’n uur later stap hulle uit met ‘n loflied op die lippe!]

Mag dit vir Hermanus ‘n inspirasie wees – geestelike leiers wat in tale bid, in Afrikaans, Engels, Xhosa, Zoeloe, Shona en meer.

Wees LIG!

AANDDIENS @ 18:00

TEENTRIX AFSLUITING Vanaand het ons ‘n baie

spesiale afsluit van Teentrix vir die kwartaal. Tieners kom in die konsistorie bymekaar en

ouers in die Dienssentrum. Ons gaan lekker saamkuier!

DINSDAG 12 JUNIE SOPKOMBUIS

14:00 WYK 13 MUNISIPALE WYKSKOMITEEVERGADERING (ONRUS & VERMONT) IN DIE DE WET SAAL (ROOSSTRAAT) Die publiek word vriendelik uitgenooi na die vergadering. Kom luister gerus en gesels saam oor sake in ons gemeenskap. Vir enige navrae, kontak gerus Wyk 13 se raadslid, mnr Jean Orban op 072 955 2986.

18:00 SANSA SPACETALK - FUTURE EARTH 2030: Join the SANSA team for this fascinating Space Talk by Prof Mark Mold-win who will discuss the future of our planet. The talk will delve into climate change, po-pulation growth and disruptive technol-ogies including AI and big data. RSVP: [email protected] / 028 312 1196.

WOENSDAG 13 JUNIE 11:00 - 13:00 KLEREKAS

18:00 BYBELSKOOL (NG HERMANUS) In ons reeks oor die Kerk- en Geestelike Liedere wil ons stilstaan by dit wat vir ons na aan die hart is – ons Volkslied: Nkosi Sikelel' iAfrika". (Die woorde van Enoch Sontonga (1897) en die ‘Aberystwyth’ melodie van Joseph Parry.) Dit is ook gepas dat ons juis nou weer die woorde lees en hoor ... en ook sing. DV Woensdag die 13de by Hermanus (18:00) en Donderdag by Onrusrivier (9:00). Almal is baie welkom. Navrae: Clifford by 028 316 4895 of 082 37 55 410.

DONDERDAG 14 JUNIE 09:00 BYBELSKOOL (NG ONRUSRIVIER)

SONDAG 17 JUNIE 08:30 GEBEDSKAMER: Ons bid saam vir die erediens, die leraar aan diens en die gemeente. Kom bid asb saam!

WYKE DIENSBEURTE Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 12)

09:00 EREDIENS: Dr Wilhelm Burger gaan voor. Welkom!

18:00 GEEN AANDDIENS

SPOELKLIPPE UITSTAPPIE KUNSMUSEUM

WATERFRONT (DIE OU SILO’S) WOENSDAG 27 JUNIE 2018

Ons nooi u almal uit na ‘n wonderlike uitstappie!

Die eerste 36 persone wat bespreek en betaal by Mervian by die kerkkantoor, voor 13 Junie, sal die

uitstappie kan meemaak. Koste: R180 per persoon (ons betaal slegs vir die bus aangesien toegang by die Museum gratis is op

Woensdae). Middagete (vir elkeen se eie rekening) by die Waterfront. Ons vertrek om 07:30 vanaf die

kerkgronde en behoort teen 17:00 terug te wees.

Navrae: Hannetjie Vosloo: 082 452 0780 of Marietjie Siebrits: 072 768 5468

Ons sê dankie vir elke kos-bare Rooi-treinkind. Dankie vir Sondagog-gende waar ons soveel by hulle leer. Vader, ons bid U seën oor elkeen.

WYKSBYEENKOMS WYK 9 OP

13 JUNIE @ 19:00 Aan huis van

Veronica Schoeman (Mossopstraat 35,

Onrusrivier) Welkom!

CHEMO / BESTRALING / BEHANDELING

Ernie Stephan, Etienne Louw, Jannie Smit (Onrus), Phillip Louw, Leonie Koekemoer

IN DIE HOSPITAAL EN AANSTERK TUIS

Babs Laubscher, Veronique Naude, Bertha Koekemoer, Rupert Mizon, Annette Norman, San-Mari Kruger se moeder.

SIEKTE / SORGEENHEID / BEMOEDIGING Tjaart du Plessis, Marius Louwrens, Peet Geyser Jan-Hendrik Malan, Fransie Kühn, Johan Oosthuizen, Steward en Leonie McFarlane, Lodine Bronkhorst, Hanlie Chambers, Francois vd Merwe

GEBED VIR NOOD EN SIEKTE VOL VAN WOORDE: Heilige Gees, ons bid dat

U die Woord se woorde op ons harte sal skryf.

Help ons om dit te verstaan, vertaal U dit. Help ons asb om getrou van U

Woord te “eet”, sodat ons nie “honger” word en verkeerde besluite maak

om die honger te stil nie. Dankie vir die leiding van U Woord.

WEEK 11-17 JUN

MAANDAG 11 JUN

DIS DINSDAG, ONS SÊ DANKIE: Here God, vandag wil ons U net prys vir wie U is. U is die

Almagtige, die Skepper, die Vader. U is Jahwe. U is Alomteenwoordig. Vandag wil ons net op U skoot sit en by U wees. Ons wil net in U LIG sit en voel hoe dit ons omvou. Ons wil lofgesange sing tot eer van U naam. U is die groot “Ek is”. Ons sê dankie vir genade, ons sê dankie dat U elkeen van ons se name op U handpalm gegraveer het. Ons loof, ons eer, ons dank!

DINSDAG 12 JUN

OUDWORD IS NIE VIR SISSIES NIE: Ons bid

vir elke bejaarde wat die uitdagings van ouer

word beleef. Ons bid vir ‘n gemoed wat moedeloos kan raak oor al die

liggaamlike pyne en om nie meer nuttig te voel nie. Ons bid dat elkeen U

krag, LIG en energie sal voel en kan WEET dat hulle nog ‘n groot verskil kan

maak in U Koninkryk. Dankie vir U deernis en liefde vir elke bejaarde.

WOENSDAG 13 JUN

‘N GEMEENSKAP WAT BRAND: Vader,

wanneer ons lees, sien en hoor hoe ons

dorpie brand, dreig ons menslike vlees om oor te neem en wil ons reageer

met woede, moedeloosheid, magteloosheid. Here God, ons bid dat U

elkeen van ons sal versterk met U Gees en net weer in ons harte sal kom

skryf. Kom skryf U boodskap van HOOP, LIEFDE en GELOOF. Kom bevestig

net weer ons identiteit in U. Bevestig asb weer die outoriteit wat elke kind

van God deur Jesus het om LEWE te spreek. Heilige Gees, help ons om nou,

meer as ooit, waarlik LIG te skyn oral waar ons gaan. Dankie dat U, die

onuitputlike bron van hierdie LIG is. Ons loof U as die God wat regeer.

DONDERDAG 14 JUN

GEBED

GOD EN TYD

Here, ons weet dat U

nie gebonde is aan tyd

nie. Dankie dat ons veilig

in U hande is, waar en

wanneer ons ookal is.

UITREIK NA MOSLEM

REISIGERS TUSSEN

MAROKKO EN SPANJE. Helene le Roux (9-Ster) vertrek

vir 3 maande na o.a. Tenerife waar sy by ‘n CCC-span

aansluit. Hulle deel by die Spaanse hawens

geskenkpakkies uit aan die reisigers uit Marokko.

(Elke pakkie bevat ‘n Bybel in Arabies, die Jesus Film

(ook in Arabies) en leesstof vir kinders). Ons vra u

voorbidding vir haar, maar ook vir ander uitreikers

wat die Goeie Nuus uitdra.

VRYDAG 15 JUN

DANKIE VIR ELKE EREDIENSTE: Ons eer God vandag dat ons vrylik en sonder vervolging op ‘n Sondag die dienste kan bywoon. Ons eer U vir die eenheid onder U kinders. Ons sing lofgesange vir U!

HAARKAPPER: Ester is ons haarkapper. Kontak vir haar by 081 453 8130 indien u enige haarbehoeftes het. Onthou daar is nuwe pryse vanaf 1 Maart 2018.

KLINIEK: Ons kliniek is oop op Dinsdae vanaf 10h00 - 12h00. Kontak vir sr. Calitz by 073 152 5623 en maak 'n afspraak indien u haar wil spreek. 'n Kliniekbesoek se koste is slegs R20 vir lede. NAALDWERK OM 9H30 - 10H00: Marlene Burger help om klere te verstel. Haar nommer is 028 316 3363 of 072 140 5807. Bring u klere op 'n Dinsdagoggend en bespreek die verstellings met haar. Sy sal vir u noem wat haar prys vir die klere se verstel is.

SITKAMER OM 10H00: KUNS KUNS KUNS KUNS: Kom leer en ervaar prakties die elemente en konsepte van kuns en hoe dit manifesteer in 'n werklike kunswerk. Aan die einde van die sessie sal 'n individuele behoeftebepaling gedoen word aangaande verdere moontlike kunsklasse. Spreker is André Venter, 'n afgetrede skole-inspekteur van kuns en dosent by Wellington.

VOETE- EN HANDEVERSORGING: Kontak vir Marilyn by 082 532 6931 en maak 'n afspraak. Daar is verskillende fooie vir lede/nie-lede. Onthou hierdie diens is

ook vir mans. Marilyn sien baie mans wat spesiaal kom vir hulp met hulle voete. Daar is nuwe pryse vanaf 1 Maart 2018. Tydens die wintermaande begin Marilyn eers om 08h30.

ONS MAAK GESKENKE OM 10H00: Maak jy graag self geskenke soos inkopiesakke, speldeboekies, potpourrisakkies en nog baie meer? Kom kyk en doen saam met Mattie Swart (076 522 5669). Dit is 'n heerlike gratis leergeleentheid!

TRIMGIM: Mathilda Roos (bio-kinetikus) sien u op Woensdae om 15h00 in die OnsTeater by die Dienssentrum. Trimgimfooie is R45 pm vir lede van die Dienssentrum en R60 pm vir nie-lede. Kontak vir Mathilda by 082 339 1085.

LASAGNE BESTELLINGS: Onthou asseblief om u lasagne te kom afhaal voordat die Dienssentrum om 12h30 sluit. U is meer as welkom om saam om die tafel te kom sit en lekker saam te eet. Dit is mos lek-kerder om saam met ander mense te eet as alleen by die huis.

SITKAMER OM 10H00: Die Boekklub saam met dr. Hoepie Howell. Die

Boekklub is werklik vir enige ouderdom - oud en jonk. Dit is 'n ge-leentheid om te luister na boekvoorlesings/bespreking en kom bied selfs 'n nuwe boek aan wat u gelees het om te bespreek. Aan die luisteraars: kom werk saam aan ons "brei slaapsokkie" projek vir Sofca of luister of doen enige ander tipe handwerk terwyl die voorlesing aan die gang is. U kan selfs net rustig agteroor sit en ontspan terwyl u luister.

ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM

Deur die genade van God

DIENSSENTRUMNOMMER

028 316 1745

KONTAK VIR JOAN OF HANNIE

(09H30 – 12H30)

DINSDAG 12 JUN

WOENSDAG 13 JUN

DONDERDAG 14 JUN

KOLWYNTJIE TEETUIN

15 JUN 2018 (09:30 - 11:30)

Kom drink tee/koffie en geniet 'n eetdingetjie vir slegs R30 (R20 vir lede). 'n Tweede koppie koffie

gaan u slegs R5 kos. Groepbesprekings: Siska Conradie 082 762 2732.

Die Dienssentrum is vir oud en jonk. Kom maak gerus 'n draai by ons en sien hoe lekker dit

is om in die dienssentrum net agteroor te sit en te ontspan saam met ander mense.

TROETELDIERSKOU: Ons nooi u nou reeds uit na ons troeteldierskou wat op Dinsdag, 26 Junie, om 10h00 by die Dienssentrum gehou word. Alle vorme van troeteldiere kan gebring word. Ons het verskillende kategorieë van beoordeling. Dit is die tyd wanneer kleinkinders kom kuier - bring hulle ook saam. Indien u dalk pryse het wat by die huis rond lê en wag om gebruik te word bring dit asseblief vir Joan/Hannie/Erika. Dit sluit in honde/kat kombersies, honde/kat houers waarin hulle slaap, honde/kat kos, honde/kat beskuitjies, honde/kat speelgoed - enigiets waarvan 'n troeteldier en haar/sy eienaar sal hou. Welkom!!

Plaasbotter is beskikbaar by die

Dienssentrum

teen R50 vir 500g van Maandae

tot Vrydae vanaf 09h00 - 12h30.

Die Dienssentrum het serpe en bedsokkies vir die inwoners van Huis Lettie Theron gebrei. Tannie Joan en Erika het verlede

Dinsdag dit gaan aflewer. Aangeheg is twee fotos van Gerrie Uys en Andre Viljoen - twee huis-komiteelede wat dit in ontvangs geneem het en sal versprei onder die inwoners. Ons sê baie dankie vir almal wat hard gewerk het aan hierdie slaapsokkies en serpe. Terselfdertyd het tannie Dorothy van Vuuren 76 truitjies vir kinders oor-handig. Dit is gebrei deur die inwoners van Huis Lettie Theron vir kinders wat nie truie het nie. Baie dankie vir tannie Dorothy en haar helpers wat so hard brei aan hierdie truie gedurende die jaar.

TRANSKEI-UITREIK: KOKSTAD (29 Sept - 7 Okt 2018)

HELE GEMEENTE WELKOM!

Ons gaan die sending kleuterskooltjie by Kokstad by Aloekop buitepos waar ons gemeente reeds vantevore bouwerk gedoen en speelapparaat opgerig het, van binne beter toerus en opknap. (Hennie Booysen en Charles Oberholzer het so pas in Meimaand weer op hulle eie daar gaan werk)

BEHOEFTES:

Omdat ons baie ver moet reis kan ons nie swaar boumateriale saamneem nie, maar kwaste, verfrollers, kleiner spykers en skroewe sal waardeer word.

Die reiskoste vir 2 dae op die pad is baie hoog en daarom sal enige finansiële bydrae besonder hoog waardeer word. Merk enige bydrae : “Transkei uitreik”

Biltong, koekies en beskuit is altyd welkom asook kinder- en babaklere vir die skooltjie.

Dis ‘n gemeente uitreik. Daar is nog plek vir enigeen, ook jongmense, wat wil saamkom en kom help werk. .

Kontak Ben Marais by 082-824-4431 of [email protected]

U NAVRAE OOR VERLEDE SONDAG SE EKOLOGIEDIENS: Jammer daar is geen opname van die diens nie. Maar die volgende sal jul navrae beantwoord.

BIRDLIFE OVERBERG: Dr Anton en Elaine Odendal (Tel 082 316 1105 of 082 550 3347) Vonkpos: [email protected] / www.westerncapebirding.co.za vir al die inligting moontlik en die mooiste foto’s.

Skakel Elaine vir die maandelikse skoonmaak van ons kus. Ook vir die maandelikse vergaderings, uitstappies en sprekers.

SWOP SHOP: Narina Howard by 082 339 5768 of Vonkpos: [email protected]

Dr Vic Hamilton-Attwell by 028 316 2853 is ook ‘n bron van inligting en inspirasie.

BOEKE AANBEVEEL: VOËLS VIR BEGINNERS IN SUIDELIKE AFRIKA, Philip Coetzee (Human & Rousseau). Hierdie boek help die kinders om enige tuin voël-vriendelik te maak. Baie prakties en baie humor! Die kinders sal dit geniet (Oupa en ouma ook)!

GARDEN BIRDS, Duncan Butchard (Struik Nature). Hierdie is ‘n móét in die huis. Baie prakties vir beginners (en almal wat skaam-skaam bely hulle ken nie soveel voëls nie) Duncan is van Hermanus.

GEOLOGICAL JOURNEYS, Nick Norman & Gavin Whitfield (Struik Nature). Hou dit in die motor. Dit vertel jou van die berge en rotsformasies langs die pad. Baie interessant en insiggewend.

DIE VERHAAL VAN LEWE & DIE OMGEWING, Jo van As, Johann du Preez, Leslie Brown & Nico Smit (Struik Nature). Hier vind u die verhaal van die lewe in varswater, in die oseane, op land en die bewaring van ons planeet. ‘n Waardevolle openbarings-bron.

Enige ander navrae by Clifford (028 316 4895)

BLOKRAAI: EXODUS EN DIE TIEN TEKENS / PLAE

Exodus beteken bevryding. Die Israelliete het meer as 400 jaar in Egipte gebly. God het gevoel dat die tyd aangebreek het om sy volk te bevry . Hulle het getrek na die land van melk en heuning. Dit was nie so maklik nie. Die prentjie hierby is n samevatting van wat die volk van Israel moes verduur.

Voltooi die blokraai deur die skrifgedeeltes te lees en die antwoorde op die aangewese blokkie(s) in te vul. A5 is die beginblokkie vir vraag 1. Antwoorde van vrae 1 tot 15 is van bo na onder.

1. Die sewende plaag (A5) (Eks 9:18)

2. Die ongeneeslike siekte wat die leier van volk gekry het (B1) (Eks 4:5-6)

3. Die regeerder van die land wat die Israeliete verlaat (C3) (Eks 6:27-29)

4. Die water van Nyl en alle ander bronne is nie drinkbaar nie. (D1) Eks 7:17-19)

5. Die vierde plaag (E1) (Eks 8:20-22)

6. Die leier wat die volk gelei het ((F4) (Eks3: 7:10 )

7. Die tweede plaag (G5) (Eks 8:3-4)

8. Die vyfde plaag (H5) (Eks 9:2-4)

9. Die agste plaag (I2) (Eks 10:4-7)

10. Moses se kierie het verander na ‘n ....................(J1) (Eks 4:1-4 )

11. Bloed moet met ........................ takkie aan deurkosyne gesmeer word (K5) (Eks 12:22-24 )

12. Die sesde plaag (L3) (Eks 9:10-12 )

13. Deur watter see het die Israeliete getrek (M2) (Antwoord in prent)

14. Die negende plaag. Hoeveel dae? (N5) (Eks 10:22-23 )

Antwoorde van vrae 15 tot 16

15. Farao het na elke plaag verhard en die Israeliete weer terug gebring na Egipte. Hy is van ..................... Beskuldig (antwoord in ry (B5).

16. Een plaag is nie genoem nie. Dit is die .................. (nommer van plaag) en is ....................

A B C D E F G H I J K L M N

1 M B S S

2 E L T S L R

3 L F O E P A S O

4 A A E E M R N W O

5

6 A T A V S A E N I R S R

7 E S O L E D S G S E E I

8 L I S D K S E E

9 E A A O

10 E S N P

11 E

12

KINDERS: Kleur gerus die prentjie onder in

CALITZDORP- EN ZOAR-UITREIK 7 - 13 JULIE 2018 (TIENER-UITREIK)

‘n Uitreik deur die jeug van die hele Overstrand na die jeug van Zoar en Calitzdorp. BEHOEFTES: Nie alle tieners kan op die uitreik gaan weens die finan-siële implikasie nie - indien lidmate gelei voel om by te dra, sal ons dit baie waardeer. Die koste beloop teen R1250 per kind en die gemeente dra reeds R300 (per kind) by. Sopkombuistoerusting: Ons ondersteun ‘n egpaar wat in die gemeenskap kos maak (behoeftige mense wat vir meer behoeftige mense kos maak), en hulle toerusting is ver van standaard af. Enigiets van gasbottels tot gasbran-ders, snyborde tot skillers ens, sal hoogs waardeer word (sopbestanddele sal ook nie weggewys word nie). Sop self: Verder gee ons ook elke oggend vir ongeveer 400 en in die aande vir ongeveer 150 kinders en volwas-senes sop. Indien u bereid is om sop te maak sal dit ons BAIE help. Die resep kan by die kerkkantoor (of by my via epos) gevind word. Met die sop uitdeel kort ons ook ‘n groot hoeveelheid plastiekkoppies om sop in uit te deel. Mussies, serpe en sokkies: Ons wil graag weer mussies, serpe en sokkies uitdeel en vra die gemeente om ons te help deur biddend, breidend te word. LW: Enige finansiële bydrae (wat ons baie sal waardeer, moet asb die verwysing "Jeuguitreik" bevat).

KOSTE: R950 per tiener BESPREKINGS & NAVRAE: DS ANTON

VOSBURG UITREIK 22 - 26 AUG 2018 (JONG MANNE-UITREIK)

• Fokus op die lewe as ‘n man van God & help met die ontwikkeling van VGK Vosburg se gemeentesentrum. • Indien lidmate belangstel om op die uitreik te gaan, moet hulle my asb so gou as moontlik kontak - daar is nog enkele plekke beskikbaar. BEHOEFTES: Moederskamer: Ons wil graag ‘n mobiele moederskamer binne (agter in die VGK-sentrum) bou/opslaan. Enige materiaal vir die bou, sowel as kindervermaak, sal waardeer word.

Klanksisteem: Die gemeente is tans sonder genoegsame klanktoerusting (daar is geen mikrofone, 'n baie klein menger en 'n onbruikbare klawerbord). Indien lidmate in die musiekindustrie is en van hierdie toerusting het wat rondlê, sal dit ’n voorreg wees om vir u spasie te skep deur die toerusting by u oor te neem. Verder is enige finansiële bydraes ook baie welkom.

Lemmetjiesdraad: Ons kort 200m lemmetjiesdraad om die gemeente te help om onder andere hulle nuwe klanksisteem en moederskamer te beveilig.

Industriële vloerpoleerder: Die skoonmakers by die VGK Gemeente poleer die hele Gemeente se vloer op hul knieë! Enige hulp hiermee sal baie waardeer word.

Vervoer: Indien lidmate gewillig is om hulle bakkie of kombi beskikbaar te stel vir die vervoer van die uitreikspan (en al die bagasie/toerusting), sal ons dit BAIE waardeer!

LW: Enige finansiële bydrae (wat ons baie sal waar-deer, moet asb die verwysing "Jeuguitreik" bevat).

KOSTE: R850pp (R400 dep om jou plek te verseker) BESPREKINGS & NAVRAE: DS ANTON

Anton, Michiel en Wilhelm het verlede Vrydag ‘n draai gaan maak by Zoar en Calitzdorp. Die tafel is gedek, ons sien

baie uit na die uitreik.

Van die strate in Zoar

Met verlede jaar se Vosburg uitreik het die manne ‘n klimraam gebou vir die kinders.

Groot opgewondenheid in Vosburg toe daar gespeel en geklim kon word.

DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K)

083 468 8194 [email protected]

DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K)

083 448 1651 [email protected]

DS ANTON DUVENHAGE 072 477 3185

[email protected]

DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895 082 37 55 410

[email protected]

VOORSITTER KERKRAAD Piet van Zyl

082 339 9871 [email protected]

EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633

[email protected]

MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen

028 316 3115 (K) 079 322 0998

[email protected]

KOMMUNIKASIE BEAMPTE

Karin de Bruin 084 305 2086

[email protected]

ONTVANGS Mervian van der Merwe

084 875 7875 [email protected]

REK BEAMPTE Rika Eveleigh 082 679 1312

[email protected]

ADMIN BEAMPTE Hanna de Jager 082 441 9759

[email protected]

KOSTER Johan Symington

082 546 7415

Vir navrae en kommentaar op die Hartklop,kontak Karin [email protected] (Advertensies sluit Dins 12:00)

KERKKANTOOR Maandae - Vrydae

08h00 - 13h00

Tel (028) 316-2116

DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier

Bank: ABSA Rek. 406 215 2718

SENDING (GBO) Geloofbelofteoffer

Bank: ABSA Rek. 916 9799 886

KOSPAKKIES: Baie dankie vir al die lidmate wat so

getrou maandeliks hul kospakkiebydraes (kontant en/of produkte) gee. Tans is daar min van die volgende produkte op die rakke nie: boeliebeef, hawermout, koffie, konfyt, sardyne in tamatiesous, spaghetti, suiker, tandepasta, teesakkies, toiletpapier, tamatiesous, margarine, koffie. Indien u verkies om eerder maandeliks ‘n finansiële bydrae te gee, kan u die kerkkantoor kontak om die bankbesonderhede aan te vra of u bydrae in ‘n gemerkte (Kospakkie) koevert by die kerkkantoor in te betaal. Vir enige navrae, kontak gerus vir Ronel van Zyl op 072 288 1439. Baie dankie!

PASLAKENS GESOEK: Ons soek asb enkelbed paslakens vir Huis Lettie Theron se siekeboeg. U kan dit asb na die kerkkantoor bring. Baie dankie!!

Gaan “like” ons gerus

NG Onrusrivier

ngkonrusrivier.co.za

Liewe Gemeente, na Maandag 28 Mei 2018 se kerkraadsvergadering, deel

ons u graag die volgende mee:

Verkies tot die Kerkraad Servaas Verster (Eiendomme)

Verkies tot Voorsitter van die Kerkraad Piet Vorster (081 399 0557)

[email protected]

Verkies tot Onder-Voorsitter van die Kerkraad Frans Wessels (082 557 1440) [email protected]

Mag Vader God verheerlik word deur elkeen van julle se bediening hier by Onrusgemeente. Ons bid SY oorvloed van seëning vir u elkeen. Amen.

HUIS LETTIE THERON BASAAR 28 JULIE 2018

Liewe Vriende. Huis Lettie Theron se jaarlikse basaar vind DV op Saterdag, 28 Julie 2018, plaas. Baie dankie dat ons weer met vry-moedigheid kan vra vir oop harte en hande. Soos julle weet, raak alles duurder en is daar 36 inwoners wat nie hulle verblyf ten volle kan betaal nie. Ook moet breekware, lakens ensovoorts weens sly-tasie gereeld vervang word.

Ons wil vra dat ons as gemeente, asseblief, as 'n span sal bydra om die basaar 'n groot sukses te maak sodat daar steeds gehaltediens aan al die inwoners gelewer kan word.

Daar is 'n kollektelys by Mervian in ons kerkkantoor beskikbaar. Sal u asseblief betrokke raak. Hierdie basaar word net een keer per jaar aangebied.

SOPKOMBUIS SOEK DRINGEND BROOD ASB

Ons broodvoorraad is redelik uitgedun. Enige donasies sal baie

welkom wees - veral rolletjies. Baie, baie dankie!

HERMANUS ANIMAL WELFARE (HAWS) HET ONS HULP

DRINGEND NODIG!

Dit is winter en die honde kry koud! Die voorraad kos bly ook altyd ‘n groot

uitdaging vir beide honde en katte.

Enige skenkings van kombers, hon-dekos en katkos sal BAIE welkom

wees. U kan dit direk na HAWS to neem of by die kerk-kantoor aflaai, ons sal

sorg dat dit daar uitkom.

Baie dankie vir u ondersteuning en hulp vir ons dierevriende.