Hartlik welkom aan elkeen vanoggend by ons ontmoeting met ... · by ons ontmoeting met die Here Ons...

17
1 18 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 5 Alle plasings in die Ligdraer per epos asseblief. Spertyd vir inhandiging: Donderdae voor 12h00 Oggenddiens 9h30 Aanddiens 18h00 (Kleuterbediening tydens oggenddiens: kleuters 3 – 7 jaar) DOELWIT: Om God te verheerlik deur as bruid van Christus die blye boodskap van die Bybel in die wêreld te verkondig en dissipels vir Christus in Roodepoort te maak! KERKWAARDES: Diepgaande kennis van Skrif en belydenis. Bybelse leer en onderrig. Hartlik welkom aan elkeen vanoggend by ons ontmoeting met die Here Ons nooi almal vriendelik uit om na afloop van die diens saam met ons ’n koppie tee/ koffie in die saal te geniet. Kom kuier lekker saam en leer mekaar ken. Bybelstudie in die Kerksaal: Maandae 19h00 Tema – Vreugdevol Vry Woensdae 8h30 Tema – Vreugdevol Vry Donderdae 9h00 Vroue Bybelstudie: Dinsdae 9h00 Bybelstudie by Ons Huis: Donderdae 15h00 Bybelstudie vir jong volwassenes: Kontakpersone: Evert of Cherése Kleynhans -0847991709 Redaksie Ligdraer: [email protected] Kerkkantoor: [email protected] (011) 6723810

Transcript of Hartlik welkom aan elkeen vanoggend by ons ontmoeting met ... · by ons ontmoeting met die Here Ons...

Page 1: Hartlik welkom aan elkeen vanoggend by ons ontmoeting met ... · by ons ontmoeting met die Here Ons nooi almal vriendelik uit om na afloop van die diens saam met ons ’n koppie tee

1

18 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 5

Alle plasings

in die

Ligdraer

per epos

asseblief.

Spertyd vir

inhandiging:

Donderdae

voor 12h00

Oggenddiens 9h30 Aanddiens 18h00

(Kleuterbediening tydens oggenddiens: kleuters 3 – 7 jaar)

DOELWIT: Om God te verheerlik deur as bruid van Christus die blye boodskap van die Bybel in die wêreld te verkondig en dissipels vir

Christus in Roodepoort te maak! KERKWAARDES: Diepgaande kennis van Skrif en belydenis. Bybelse

leer en onderrig.

Hartlik welkom aan elkeen vanoggend

by ons ontmoeting met die Here

Ons nooi almal vriendelik uit om na

afloop van die diens saam met ons

’n koppie tee/ koffie in die saal te geniet.

Kom kuier lekker saam en leer mekaar ken.

Bybelstudie in die Kerksaal:

Maandae 19h00 Tema – Vreugdevol Vry

Woensdae 8h30 Tema – Vreugdevol Vry

Donderdae 9h00

Vroue Bybelstudie: Dinsdae 9h00

Bybelstudie by Ons Huis: Donderdae 15h00

Bybelstudie vir jong volwassenes:

Kontakpersone: Evert of Cherése Kleynhans -0847991709

Redaksie Ligdraer: [email protected]

Kerkkantoor: [email protected] (011) 6723810

Page 2: Hartlik welkom aan elkeen vanoggend by ons ontmoeting met ... · by ons ontmoeting met die Here Ons nooi almal vriendelik uit om na afloop van die diens saam met ons ’n koppie tee

2

18 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 5

OGGENDDIENS 9H30 TEMA: :

DIE EREDIENS

Ons vier die nuwe lewe in Christus!

Stemmingsliedere:

Sb 1-6: 1, 3 2.

Lb 513: 1, 3

Kategese: Op hierdie dag

ONTMOETINGSDIENS Votum/Seën

Lofsang: Ps.81:1+6+11 Geloofsbelydenis:

Apostolicum

VERSOENINGSDIENS Wet: Eks.20

Skuldbelydenis: Luk.18:13 Sing: Ps.51:1

Versoening: Rom.3:21-22 Sing: Lb.245:1+2

WOORDDIENS

Gebed Skriflesing: Nehemia 8:1-13

Fokus: Neh.8:11

ANTWOORDDIENS Gebed

Sing: Ps.118:10+12 Wegstuurseën

AANDDIENS 18H00 TEMA:

Watter beeld skep EK van God?

Stemmingsliedere:

Ps 119: 6, 11 2.

Lb 276: 1, 2

ONTMOETINGSDIENS Votum/Seën

Lofsang: Ps.34:1+6 Sing: Sb.3-2:1+4 (mel. Sb.18-

6)

WOORDDIENS Gebed

Skriflesing: Deut.4:13-19; 12:29-31

Fokus: Deut. 4:16 & 12:31 H.K. Sondag 34

ANTWOORDDIENS

Gebed Sing: Sb.9-2:1+2 Wegstuurseën

Aandgebed: Sb.10-1:1+2

Page 3: Hartlik welkom aan elkeen vanoggend by ons ontmoeting met ... · by ons ontmoeting met die Here Ons nooi almal vriendelik uit om na afloop van die diens saam met ons ’n koppie tee

3

18 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 5

Page 4: Hartlik welkom aan elkeen vanoggend by ons ontmoeting met ... · by ons ontmoeting met die Here Ons nooi almal vriendelik uit om na afloop van die diens saam met ons ’n koppie tee

4

18 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 5

PREEKSKETS: NEHEMIA 8:1-13

Die erediens is ‘n feestelike byeenkoms waar God se kinders die nuwe

lewe in Christus vier. As ons Jesus se eie woorde kan gebruik: “(O)ns kan

tog nie anders as om fees te vier en bly te wees nie” (Luk.15:32). Die

erediens is ‘n feestelike byeenkoms “IN DIE HERE”, want Hy is ons

beskutting. Omdat ons blydskap in die goedheid van God is, soos dit

gestalte kry in Christus, is dit ‘n blydskap wat nie geblus kan word nie.

Omdat die oorsprong van ons blydskap in God is, is die erediens aan

Hom gewy. Alles moet na Hom toe wys! In Nehemia 8 is daar vier

hoofmomente wat hoort in ‘n erediens.

Ontmoetingsdiens / toetrede tot God. In Christus kan ons met

vrymoedigheid toetree in die heilige teenwoordigheid van God. Hier pas

aanbidding, uitwysing wie God is, lofprysing en opregte harte wat hulle

geloof in die Drie-enige God bely. Let op dat die kinders van God daar by

die Waterpoort met hulle hele wese by die erediens op gedaag en deel

geneem het.

Versoeningsdiens. Die priesters het die “wet van God, voorgelees

en dit uitgelê”. Hulle het die wet verstaan want hulle het hulself daarin

raakgesien. Veral hulle sonde gebrokenheid. Sonde besef en belydenis

bring my altyd in die regte verhouding/gesindheid met God. Die wet vat

my aan die hand en bring my voor die kruis van Christus tot stilstand.

Woorddiens. God moet aan die woord kom deur sy Woord. Die

eerste rooilig dat ‘n “erediens” nie ‘n erediens tot eer van God is nie, is

wanneer God nie aan die woord kom nie. Biddend in afhanklikheid van

die Heilige Gees moet die “betekenis” van die Skrifgedeelte wat

voorgelees is “verduidelik” word. Elke hoorder moet die Skrif hoor en

verstaan.

Antwoorddiens God lei ons ons deur sy Gees en Woord tot ‘n

ontmoeting met Christus en met Hom. Vir ‘n oomblik kon ons iets beleef

wat ons eendag volmaak in die hemele gaan beleef. Daarom... hoe dan

anderste as dat ons met blydskap reageer. Al doen ons dit in trane omdat

ons getroos is, al doen ons dit belydend omdat die Gees ons sonde

Page 5: Hartlik welkom aan elkeen vanoggend by ons ontmoeting met ... · by ons ontmoeting met die Here Ons nooi almal vriendelik uit om na afloop van die diens saam met ons ’n koppie tee

5

18 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 5

uitgewys het, al doen ons dit met vreugde omdat ons soveel genade

ontvang het, maar ons antwoord met oorgawe.

Let fyn op: Deel van die volk se vreugde en reaksie op God se

genadewerk in die erediens, is die versorging van die armes en moet dit

nie miskyk nie... OOK die liefdevolle saam wees van God se kinders... die

liefdevolle gestalte gee aan God se liefde aan ons in Christus... Ons lees:

“Die hele gemeente het toe gaan eet, lekkernye uitgedeel en groot fees

gevier.”

Deur God se groot genade kan ons Sondag vir Sondag die opstanding

van ons Here vier. Inderdaad moet ons erediens ‘n feesdag wees aan

Hom toegewy. Ons het soveel rede om uit ons velle uit bly te wees en

God uit te wys vir sy goedheid.

VIR VÊRDERE OORDENKING! 1. Lees die doksologie (aanbiddingslied) in Rom.11:33-36. Hierdie lied

het Paulus neer gepen nadat Hy die Christetelike godsdiens in 11

hoofstukke verduidelik het. Na sy verduideliking van die goeie nuus

van die Bybel eindig hy met ‘n aanbiddingslied. Bespreek nou die

dieptesnit van die Nehemia boek: “DIE BLYDSKAP IN DIE HERE –

DIT IS JULLE BESKUTTING”.

2. In Nehemia 8 leer ons dat daar 3 partye aktief in die erediens

deelneem. Kyk na die skets en bespreek die volgende stelling: In die

erediens moet daar balans/harmonie tussen al drie die partye wees.

GOD

VOLK/GEMEENTE PRIESTER/LITURG

NB: Liturgie = dit wat ons doen in ons ontmoeting met God

Liturg = die een wat voorgaan/leiding neem in ons liturgie

3. Bespreek die 4 hoofmomente in die erdiens, nl: Ontmoetingsdiens,

Versoeningsdiens, Woorddiens; Antwoordiens.

4. Wat sal jy graag wil verander/vernuwe in die erediens terwyl jy die 4

hoofmomente in ag neem?

5. Wat is die een “take away” wat Nehemia 8 jou oor die erediens leer?

Page 6: Hartlik welkom aan elkeen vanoggend by ons ontmoeting met ... · by ons ontmoeting met die Here Ons nooi almal vriendelik uit om na afloop van die diens saam met ons ’n koppie tee

6

18 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 5

LIEF EN LEED

Weet jy van iemand wat siek is en ‘n besoek sal

waardeer, jyself dalk?

Bel asseblief vir Sonia Richards 0826331200 of

Martie Diederichs 084 011 6288. Hulle is die

bereidwillige voete vir die maand Februarie 2018.

DIAKONIEDIENSLYS

18 FEBRUARIE 2018 25 FEBRUARIE 2018

KERKNUUS BEROEPE ONTVANG Proponent JPL van Jaarsveld (Vickus) na Krugersdorp-Wes/ Magaliesburg-kombinasie.

BEROEPE AANVAAR

Ds PD Mqokolo (Piet) van Tshing na Ikageng Bophirima

OPLAAIBEURTE OPLAAIBEURTE

Ons Huis (1,2,3) Ons Huis (1,2,3)

Bettie Voges (2) 072 424 5942 Koos Richards (1) 078 883 2186

Nardus vd Walt (1) 082 453 3600 Petra Prozesky (2) 083 226 8824

D McDonald D McDonald

Nardus vd Walt (1) 082 453 3600 Koos Richards (1) 082 633 1200

Rita vd Merwe

Highway 9

011 472 0365

Klein Helderkruin:

Elize Coetsee

072 490 5402 Klein Helderkruin:

Elize Coetsee

072 490 5402

Middagdiens

Ons Huis 16:30

Middagdiens Ons Huis 16:30 Olga Venter

Rein Coetzee

0845870101

0721551690

Page 7: Hartlik welkom aan elkeen vanoggend by ons ontmoeting met ... · by ons ontmoeting met die Here Ons nooi almal vriendelik uit om na afloop van die diens saam met ons ’n koppie tee

7

18 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 5

Kerkraadsvergadering

20 Februarie – Ouderlinge vergadering 19:00

1 Maart – Ouderlinge en Diakens vergadering 19:00

Diensgroepverslae

Voorsitters van diensgroepe moet asseblief verslae instuur voor Sondag 18

Februarie 2018.

Liewe broers en susters, almal weet seker al dat oom Fanie

van Deventer baie siek is. Hy en tannie Lettie raak ontslae van

hulle goed met groot wiele. Hier word pryse genoem, maar ‘n

mens mag altyd meer bied.

- Ford Ranchero 2,5 l. 1973 bakkie, in lopende / werkende toestand R 25,000-00, - Twee (2) sleepwaens. Die ene is 'n grote wat 'n voertuig kan vervoer en die ander is 'n kleintjie R 10,000-00 & R 5,000-00, - 'n Karavaan, met gasstofie & -yskas in R 20,000-00. Al hierdie pryse is onderhandelbaar met die eienaars (0117606368)

Daar is nog 10 eksemplare van GKSA se Almanak 2018 beskikbaar teen R80-00. Lidmate wat belangstel kan die kerkkantoor kontak

Ons is in die mark! Enige lidmaat wat iemand aanbeveel en ons huis word daardeur verkoop, ontvang R5 000.00 as ‘n dankie-sê presentjie.

Oribistraat 8, Constantiakloof.

Edgar en Petra Prozesky.

Page 8: Hartlik welkom aan elkeen vanoggend by ons ontmoeting met ... · by ons ontmoeting met die Here Ons nooi almal vriendelik uit om na afloop van die diens saam met ons ’n koppie tee

8

18 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 5

Vandag vier ons susters

Val JOUBERT haar 80ste en op

die 21ste van die maand mag

Magriet HARTZER haar 82ste

verjaardag herdenk.

Residentia Ons Huis hou kermis. Baie stalletjies en Lekkernye te koop.

Stalletjie te huur teen R150 eie tafel en stoele R200 1 tafel en 2 stoele

ingesluit.3 Maart 2018.110 Madeline Straat, Florida Vir meer inligting of

om stalletjies te bespreek kontak Ronel/ Marita by

0116725018 of epos [email protected] Indien u

enige verdere vrae het moet asb nie huiwer om ons te

kontak nie.

Page 9: Hartlik welkom aan elkeen vanoggend by ons ontmoeting met ... · by ons ontmoeting met die Here Ons nooi almal vriendelik uit om na afloop van die diens saam met ons ’n koppie tee

9

18 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 5

Me, myself and I” - ons grootste vyande

Deur Stephan Joubert

Fransiskus van Assisisi (1182-1226) was ’n bekende kerklike wat sy lewe vir God

en vir ander mense gegee het. Daar word vertel dat as hy iemand raakgeloop het

wat nog armer was as hyself dat hy al sy klere uitgetrek het en dit vir daardie

persoon gegee het. Daarom dat sy volgelinge altyd sakke gereed gehad het sodat

Fransiskus nie keer op keer kaal moes wegstap nie. Ook was dit Fransiskus se

gebruik om, wanneer hy by kerke gepreek het, altyd eers uit te vind wie is op

skoonmaak-diens wat die toilette aanbetref. Gewoonlik was dit priesters se straf

om die kerk en klooster se toilette skoon te maak as hulle sekere reëls oortree

het. Dan het Fransiskus aangebied om eers hulle diensbeurt waar te neem

voordat hy gepreek het.

Fransiskus het die hartklop van geloof verstaan. Nog meer, hy het ook die wysheid

gehad om te besef dit kos ’n duur prys om ware geloofsgemeenskap te laat wen,

daardie soort wat die Nuwe Testament koinonia noem. Koinonia is om lewe saam

met mekaar te doen in Jesus se teenwoordigheid. Dit het egter ’n ander inhoud

en tekstuur as daardie soort gemeenskap wat die res van die wêreld hier in ons

dag beoefen. In die regte lewe is dit elkeen vir homself of haarself. Daar tel net

drie mense: “me, myself and I.” Daar stel mense net belang in “community”

solank as wat dit een vraag reg beantwoord: “what’s in it for me?”

Page 10: Hartlik welkom aan elkeen vanoggend by ons ontmoeting met ... · by ons ontmoeting met die Here Ons nooi almal vriendelik uit om na afloop van die diens saam met ons ’n koppie tee

10

18 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 5

As indiwidue geen voordeel uit hul lesaamwees met ander kry nie, dan stel hulle

nie meer belang nie. Helaas het hierdie selfsug-virus ook die kerk getref. Luister

maar net hoe praat mense oor kerke wat vir hulle werk: “Ek kry geestelike kos

daar.” Daar is soveel oulike mense.” “Die leiers is vriendelik met my.” “Hulle groet

my en gee vir my om.” Al klink sulke uitdrukkings mooi, is dit steeds maar net

geskoei op die vraag: “what’s in it for me?

Min Christene sien regtig kans om selfloos te lewe, of om hulle lewens vir ander

te gee. Die verbruikerskultuur van die dag het ons opgeslurp en ingesluk. Ons

almal is slagoffers. Ons het van ons geloof ’n verbruiksartikel gemaak met gebed

as dié manier om alles wat ons van God wil hê in die hande te kry. Ons geestelike

behoeftes en begeertes, ons “wants and needs,” is eindeloos lank. Geen wonder

dat egte geloofsgemeenskap tweede kom binne sulke omgewings nie Geloof laat

ons opkyk In Filippense 2:5 skryf Paulus dat ons die hart, die ingesteldheid, van

Christus moet hê. Dit beteken dat ons moet leer om op te kyk na ander. Ons leer

al hoe meer om deur die oë van Jesus na ander te kyk. Dan sien ons hulle foute

meermale mis en ontdek daardie unieke talente wat die Here in hulle lewens

ingebou het. O ja, en dan vier dit saam met hulle.

Geloof laat ons saam eet

Geloof gebeur; dit is nie teoreties van aard nie. In die vroeë kerk het mense hulle

gedeelde geloof sigbaar gemaak deur saam brood te breek van huis tot huis. Hulle

het in die teenwoordigheid van die Here feesgevier en mekaar se laste gedra.

Hulle het gewys dat hulle saam deel uitmaak van God se nuwe aardse familie.

Wanneer een lid gely het, het almal saam gely. En wanneer een bly was, was almal

saam bly. Leer by hulle en gaan doen dit agterna.

Gebedsversoek- afskeurstrokie. Plaas in kollektesak. Ek sal as

gebedskoördineerder dit na die diens insamel. Ja, jy kan anoniem bly of die

versoek onderteken

Page 11: Hartlik welkom aan elkeen vanoggend by ons ontmoeting met ... · by ons ontmoeting met die Here Ons nooi almal vriendelik uit om na afloop van die diens saam met ons ’n koppie tee

11

18 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 5

Radio Kansel se “Woord van vandag” . . .[DIE] HOëPRIESTER IS IEMAND ... UIT DIE MENSE...' HEB 5:1 NLV

Daar is vier Bybelse beginsels oor waardering vir jou leraar. Eerstens, '[Die]

Hoëpriester is iemand wat uit die mense aangewys word... hulle sake voor God

te behartig. 'Jou leraar is 'n mens, nie 'n hemeling nie. Tweedens, omdat hy mens

is, '[het hy] empatie...met die onkundiges en dwalendes omdat hy self aan

swakheid oderhewig is' (Heb 5:2 NLV) Jou leraar is ook in 'n stryd betrokke.

Charles Spurgeon het gesê "n Leraar wat nog nie beproef is en die littekens

daarvan dra nie, kan nie vir God ten volle nuttig wees nie.' Derdens, 'Hy is verplig

om nie net vir die volk nie, maar ook vir sy eie sondes offers te bring' (Heb 5:3

NLV) Jou leraar maak ook foute en het ook God se genade nodig.

Moenie dink dat net omdat hy 'n goeie prediker is, hy nie met sy gesin, finansies,

vrese en sy vlees worstel nie. Hy mag dalk nog meer worstel, want Satan sal

eerder 'n generaal as 'n honderd voetsoldate wil uitskakel. Wanneer jy misluk,

wend jy jou tot jou leraar, maar waarheen gaan hy? Vierdens, '...niemand kan 'n

hoëpriester word bloot omdat hy graag daardie ereposisie wil hê nie. Hy moet

deur God daartoe geroep word...' (Heb 5:4 NLV). God het aan jou leraar die

roeping gegee, nie hy self nie. Voor jy hom dus kritiseer, dink eerder of jy al vir

hom gebid het. Voor jy hom veroordeel, vra eerder of God miskien met hom

besig is. Jy en jou geliefdes sal soms jou leraar se raad en gebede nodig hê. Moet

dus nie vandag vernietig wat jy dalk môre sal nodig kry nie.

Page 12: Hartlik welkom aan elkeen vanoggend by ons ontmoeting met ... · by ons ontmoeting met die Here Ons nooi almal vriendelik uit om na afloop van die diens saam met ons ’n koppie tee

12

18 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 5

DIE BYBEL EN MY VRIENDE- deur Roedolf Botha

Baie mense soek vandag antwoorde maar hulle wil nie ‘n antwoord wéés nie.

Ander mense soek wonderwerke maar hulle wil nie ‘n wonderwerk vir ander

wéés nie. Sommige ander mense wil die boodskap van die Bybel deel sonder om

die boodskap van die Bybel te wéés vir mense. Om in ‘n Bybelstudie te sit saam

met vriende is natuurlik uiters noodsaaklik en ons sal nie maklik kan groei

daarsonder nie.

Vir vriende wat oop en ontvanklik is om die Bybel te wil verstaan is dit baie nuttig

om saam te dink oor sekere teksgedeeltes, saam te bid daaroor en dalk soms

saam uiting te gee aan die boodskap deur sekere liefdesprojekte saam aan te pak.

Maar wat as sommige vriende nie regtig so oop is hiervoor nie maar steeds die

boodskap nodig het?

Wel, Paulus sê in 2 Korintiërs 3:3:

Dit is tog duidelik dat julle 'n brief van Christus is, deur ons diens geskrywe, nie

met ink nie, maar met die Gees van die lewende God, nie op klip nie maar op die

harte van mense. Paulus sê hierdie gemeente is briewe deur Christus self geskryf.

Alhoewel die Korintiese Christene natuurlik nie altyd sulke goeie briewe was nie,

gee Paulus ‘n baie belangrike deel weer van Bybel-deel met mense: die ideaal is

nie om slegs die woorde te deel nie maar dat die woorde van die teks gestalte kry

in jou lewe. Mense moet jou kan lees! Trouens die slegte nuus is dat mense ons

in elk geval lees! Die vraag is egter of ons goeie briewe is, of ons ons vriende

voorsien van goeie “leesstof” en of ons lewens ‘n teks is wat vol is van Jesus se

oorweldigende liefde, onwrikbare geloof en vaste hoop! Dis die uitdaging van

enige Jesus-volgeling: om self die lewende boodskap van Jesus te wórd!

Jeug uitstappie 10 Maart 2018. Ons gaan lekker swem en braai vir die

dag by Lost Horizon Resort Almal

welkom. Bring jou pieniek mandjie of

vleisie. Ouers betaal self maar daar is n

groep afslag. RSPV asb voor 28 Feb. Ons

moet bespreek voor die tyd. Kom en

geniet die dag saam met ons jeug.

JC 0720870932 of Heleen 0833044812

Page 13: Hartlik welkom aan elkeen vanoggend by ons ontmoeting met ... · by ons ontmoeting met die Here Ons nooi almal vriendelik uit om na afloop van die diens saam met ons ’n koppie tee

13

18 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 5

Vergewe en vergeet

Daar het ’n doringboompie

vlak by die pad gestaan,

waar lange ossespanne

met sware vragte gaan.

En eendag kom daarlangs

‘n ossewa verby,

wat met sy sware wiele

dwars-oor die boompie ry.

“Jy het mos doringstruikie

my anderdag gekrap;

en daarom het my wiele

jou kroontjie plat getrap.”

Die ossewa verdwyn weer

agter ‘n heuweltop,

en langsaam buig die boompie

sy stammetjie weer op.

Sy skoonheid was geskonde;

sy bassies was geskeur;

op een plek was die stammetjie

so amper middeldeur.

Maar tog het daardie boompie

weer stadig reggekom,

want oor sy wonde druppel

die salf van eie gom.

Ook het die loop van jare

die wonde weggewis –

net een plek bly ’n teken

wat onuitwisbaar is.

Die wonde word gesond weer

as jare kom en gaan

maar daardie merk word groter

en groei maar aldeur aan

TOTIUS SE DORINGBOOMPIE

Page 14: Hartlik welkom aan elkeen vanoggend by ons ontmoeting met ... · by ons ontmoeting met die Here Ons nooi almal vriendelik uit om na afloop van die diens saam met ons ’n koppie tee

14

18 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 5

Wat IS WAARHEID?

Kan jy onthou hoeveel keer die dominee die 10 gebooie voorgelees het? Lees julle

dit by die huis? Saam met pappa en mamma? Dalk saam met oupa of ouma?

Kyk hoe begin dit: “Ek is die Here jou God.” Dan spring ons na vers 16 toe. “ Jy

mag nie vals getuienis teen ‘n ander gee nie.” Hierdie woorde van die Here is

seker bedoel vir mense wat in die hof staan en nie mag lieg nie. Nee, dis nie net

vir hierdie mense bedoel nie. Hierdie wet van die Here gaan oor die mag van die

woord. Net mense kan praat, diere kan nie. Omdat ons ‘n verstand gekry het, kan

ons praat. Woorde met ander mense wissel. Deur te praat kan ons mekaar opbou

of afbreek.

“Maar ek moet tog altyd die waarheid praat?” Miskien is dit wat jy gehoor het

iets wat regtig gebeur het. Is dit nodig om daardie sappige brokkie nuus oor te

vertel? Veral as dit die ander seun of dogter skade aandoen? Deur dit wat ons van

ander mense vertel, oordeel ons. Is dit dan nog steeds die waarheid? Elkeen van

ons het die mag van die woord gekry. Ons moet dade oordeel, nie mense nie. Ons

is deur God as konings, priesters en profete aangestel. Ons het die voorreg om

onderkonings te mag wees. Ons werk is om regters te wees. Dit gaan oor die

manier waarop ons dit doen.

As ‘n gesprek by ‘n kuier

begin met “het jy gehoor wat

die en die gedoen het?” – is

die geselsie op die regte

spoor? Nee, dit word skinder

en nie ten gunste van die een

waaroor ons praat nie.

Sou dit nie beter wees om self

na daardie persoon toe te

gaan en met hom of haar te

praat nie? Hoekom moet ons

Page 15: Hartlik welkom aan elkeen vanoggend by ons ontmoeting met ... · by ons ontmoeting met die Here Ons nooi almal vriendelik uit om na afloop van die diens saam met ons ’n koppie tee

15

18 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 5

oor ander mense praat? Ons dien nie op so ‘n manier ons Koning in die Hemel

nie. Ons is besig om ander kinders van God af te breek.

Vra die Here om jou te help. Ek wil anders wees, meer betroubaar, maar voordat

ek dit besef val ek opnuut in hierdie ou sonde.

Skinder gebeur so maklik en om iemand anders ligtelik te veroordeel begin

vanself. Sonder Christus is hierdie gebod oor die leuentaal onmoontlik. Die goeie

nuus is dat Hy ook vir die sonder van skinder, dus vir my leuens gesterf het. Hy is

die Waarheid, die Weg en die Lewe. Vir ons het Hy gewillig die slagoffer van valse

getuies geword, sodat ons van Satan, die vader van die leuen bevry kon word.

Is dit nie ‘n verbasende liefdesdaad nie?

Daar is nog ‘n deel van die goeie nuus. Ons Here Jesus Christus het nog veel meer

gedoen. Hy vergewe nie net ons sonde nie, Hy verander en vernuwe ons.

In die boek Jakobus staan dat geen mens die tong kan tem nie. Dis soos ‘n wilde

dier wat niks kan leer nie. Daar is Een wat ons ‘wilde dier’ kan tem en dit is Jesus

Christus.

Page 16: Hartlik welkom aan elkeen vanoggend by ons ontmoeting met ... · by ons ontmoeting met die Here Ons nooi almal vriendelik uit om na afloop van die diens saam met ons ’n koppie tee

16

18 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 5

1. die Here sal ons harte . . . .

2. Lelike stories rondvertel noem ons . . .

3. Wat is ons wilde dier?

4. Met ons mond sing ons ook geestelike . . .

5. Wie is die Waarheid?

6. Wie het oor die gevaar van die tong geskryf?

7. ‘n Gesprek met die Here is ‘n . . .

8. Met ons woorde moet ons mense . . .

9. . . . . is die vader van die leuen.

10. Hoeveel gebooie is daar in die wet?

My God is so groot

My God is so groot, so sterk en so magtig daar's niks wat my God nie kan doen!

My God is so groot, so sterk en so magtig daar's niks wat my God nie kan doen!

Die berge maak Hy, die riviere daarby, die see en alles daarin. My God is so groot, so sterk en so magtig

daar's niks wat my God nie kan doen!

Page 17: Hartlik welkom aan elkeen vanoggend by ons ontmoeting met ... · by ons ontmoeting met die Here Ons nooi almal vriendelik uit om na afloop van die diens saam met ons ’n koppie tee

17

18 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 5

GEBEDSLEIDING Daar is verskillende dinge wat jou gebedsgemeenskap met die Here kan kelder.

Kyk wat staan daar in Jesaja 59: 1 en 2 “Die arm van die Here is nie te kort om te

help nie en sy oor is nie te doof om te hoor nie. Dit is julle oortredinge wat

skeiding gebring het tussen julle en julle God, dit is julle sondes wat maak dat Hy

Hom nie aan julle steur nie.

Die profeet Jesaja het nie doekies omgedraai nie.

Kom ons begin met danksegging en lofprysing. “Geloofd sy U, Here, God van ons

voorvader Israel, van ewigheid tot ewigheid, glans, die roem en die majesteit

behoort aan U, ja, alles in die hemel en op aarde. Aan U, Here, behoort die

heerskappy; U is bo almal verhewe. Van U kom rykdom en eer. U heers oor alles.

Mag en krag word deur U geskenk en dit berus by U om enigiemand groot en

sterk te maak. En nou loof ons U, ons God, ons prys u glansryke Naam, want wie

is ek en wie is my volk dat ons die vermoë sou hê om sulke gawes te bring? Alles

kom tog van U af en ons gee aan U wat ons van U gekry het.

(2 Kron. 29: 10 – 14)

“Bewaar my siel en red my; laat my nie beskaamd staan nie, want by U skuil ek.

Laat vroomheid en opregtheid my bewaar, want U verwag ek.” (Ps. 25: 20-21)

Laat U my ‘n troue dienaar wees, oor die tyd wat ek uit U hand ontvang, laat my

verstandig met U gawes omgaan, die aardse dinge wat ek gekry het. Gee my

genoeg om ook my naaste daarmee te dien. “Elke mens moet hom onderwerp

aan die owerhede wat oor hom gestel is. Daar is immers geen gesag wat nie van

God kom nie, en die owerhede wat daar is, is daar deur die beskikking van God.

Wie hom teen gesag verset, kom dus in opstand teen die ordening van God; en

wie in opstand kom sal sy verdiende straf kry.” (Rom. 13: 1-2)

“Abba, Vader, ons het nie ‘n Gees van vrees by U ontvang nie, maar ons het die

Gees van aanneming ontvang. Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons U

kinders is.” (vgl. Rom. 8: 15-16)

BEGIN JY JOU DAG REG? Dit is die dag wat die HERE gemaak

het; laat ons daaroor juig en bly wees

Dit het van die HERE gekom;

dit is wonderbaar in ons oë.

Psalm118:23 en 24