Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · 2016. 8. 27. · VANOGGEND SE EREDIENS DR WILHELM BURGER (MATT...

8
VANOGGEND SE EREDIENS DR WILHELM BURGER (MATT 25:31-46) MENSE VAN WAARDE VERRAS DIE SKARE Dit sou interressant wees as Jesus sy span vir die Olimpiese Spele moes kies. Hy sou 'n uitsoekgroep bymekaar kon maak, mense op wie die kerk kon reken en ons trots maak. In Matt. 25:31 en verder lyk dit egter of Sy span meer by die Para-Olimpiese spele sal tuishoort. Amakrokke! Volgens Matt. 25:31 kyk Jesus anders na mense as ons. Hy fokus nie op wat hulle kan doen nie, maar op wie hulle is. Hy fokus nie op mense wat indruk maak nie, maar op die wat weerloos is. Sy kerk bestaan nie net uit goeie, sterk gelowiges nie, maar uit brose mense wat mekaar nodig het. Só word Christus sigbaar tussen ons. Dit bring die vraag na vore oor wat "menswaardigheid" beteken. Dit lyk uit die skrifge- deelte asof dit iets is wat ons aan mekaar bedien. Ons ontvang dit van ander. Dit is die vrug van die liefde en onvoorwaardelike aanvaarding. Waar dit gebeur, hoor ons die hartklop van die Vader. Om enige mens se menswaardigheid aan te tas, is dus die wreed- ste vorm van liefdeloosheid. Om mense onvoorwaardelik te aanvaar, is weer die diepste vorm van gemeenskap. Dít is waar Christus is. Vandag is biddag vir gestremdes. Amakrokke? Nee, atlete vir Christus! Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles DEURKOLLEKTE VANDAG Spes. Kol. TRANSKEI Baie dankie vir u gebede en volgehoue ondersteuning. Wees Lig! HARTLIK WELKOM Ons het geleer: “Sorg dat jy die Sabbatdag heilig hou. Ses dae moet jy werk en alles doen wat jy moet, maar die sewende dag is die Sabbat van die here jou God. Dan mag jy geen werk doen nie”. Maar nou kom die bekende Gereformeerde teoloog, ds H Veldkamp (1895-19556) en hy leer ons om die 4de Gebod te lees binne die nood van ons tyd. Veldkamp sê: “ Dit gaan in die 4de gebod nie soseer om die onthouding van alle natuurlike arbeid nie, eerder die ver- rigting van geestelike arbeid” En dit is presies hoekom ons vandag ten minste 400 muffins gaan uitdeel. Daar is mense wat op „n Sondag noodsaaklike dienste met lewer. Ons gaan hulle seën met „n muffin in liefde toegedraai. „n Jong evangelis wou graag „n prediker word. Hy gaan toe op „n dag na die toegewyde Franciscus van Assissi en vra dat hy hom tog moet help om die Woord effektief te bedien. Franciscus stem in. En die volgende dag gaan die leerling evangelis saam met die meester na „n dorpie om te preek. Aan die einde van die dag is die leerling evangelis baie teleurgesteld: Maar meester, u het die hele dag nie eenmaal gepreek nie...?” vra die leerling. Ja, ek het. Die hele dag lank!” antwoord die meester. Nee, ek het dit dan nie gehoor nie ...?” sê die leerling. Ja, ons het. Oral waar ons by mense gaan sit het, hulle bemoedig het, vir hulle „n gebed gedoen het, „n broodjie uitgedeel het, het ons gepreek. „n Goeie prediker moet leer om nie net met woord te preek nie, maar met goeie dade!” As ons vandag 400 muffins uitdeel, is dit soos 400 preke wat gepreek word. Welkom met muffins en al. Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier 28 AUGUSTUS 2016 TEKS VIR DIE WEEK SONDAG 4 SEPTEMBER DS ANTON DUVENHAGE Matteus 15 en 16 (veral Matteus 16:1-4) Hemel op aarde... met wonderwerke Wat is die definiese van „n won- derwerk? Jesus het nie won- derwerke gedoen om mense te beïndruk nie, sy mag te wys of “shine te vang” nie. Sy won- derwerke wys dat God oral in die wêreld aan die werk is en ons kan Hom oral raaksien. In julle stiltetyd hierdie week, fokus op Matteus 15 en 16 (veral Matteus 16:1-4) en gaan dink waar jy persoonlik tekens sien van God se koninkryk in jou omgewing. Kyk of jy in elke uur van `n spe- sifieke dag `n wonderwerk kan raaksien en skryf dit neer... AANDDIENS @ 18:00 CHRISTO WOODING TRANSKEI SENDELING Ons nooi u almal graag uit om saam te kom sing, gesels, luister en deel. SPESIALE WELKOM aan DOOPOUERS Lourens en Jolani Coertzen met Madri Alida en Petrus Nicolaas Johannes (Tweeling)

Transcript of Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · 2016. 8. 27. · VANOGGEND SE EREDIENS DR WILHELM BURGER (MATT...

Page 1: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · 2016. 8. 27. · VANOGGEND SE EREDIENS DR WILHELM BURGER (MATT 25:31-46) MENSE VAN WAARDE VERRAS DIE AANDDIENS @ 18:00 SKARE CHRISTO WOODING Dit sou

VANOGGEND SE EREDIENS DR WILHELM BURGER (MATT 25:31-46)

MENSE VAN WAARDE VERRAS DIE SKARE

Dit sou interressant wees as Jesus sy span vir die

Olimpiese Spele moes kies. Hy sou 'n uitsoekgroep

bymekaar kon maak, mense op wie die kerk kon reken en ons trots maak.

In Matt. 25:31 en verder lyk dit egter of Sy span meer by die Para-Olimpiese spele sal

tuishoort. Amakrokke!

Volgens Matt. 25:31 kyk Jesus anders na mense as ons. Hy fokus nie op wat hulle kan

doen nie, maar op wie hulle is. Hy fokus nie op mense wat indruk maak nie, maar op die wat

weerloos is. Sy kerk bestaan nie net uit goeie, sterk gelowiges nie, maar uit brose mense

wat mekaar nodig het. Só word Christus sigbaar tussen ons.

Dit bring die vraag na vore oor wat "menswaardigheid" beteken. Dit lyk uit die skrifge-

deelte asof dit iets is wat ons aan mekaar bedien. Ons ontvang dit van ander. Dit is die

vrug van die liefde en onvoorwaardelike aanvaarding. Waar dit gebeur, hoor ons die

hartklop van die Vader. Om enige mens se menswaardigheid aan te tas, is dus die wreed-

ste vorm van liefdeloosheid. Om mense onvoorwaardelik te aanvaar, is weer die diepste

vorm van gemeenskap. Dít is waar Christus is.

Vandag is biddag vir gestremdes. Amakrokke? Nee, atlete vir Christus!

Ons almal saam in diens van

JESUS CHRISTUS

oral, altyd en in alles

DEURKOLLEKTE VANDAG Spes. Kol. TRANSKEI

Baie dankie vir u gebede en

volgehoue ondersteuning.

Wees Lig!

HARTLIK WELKOM

Ons het geleer: “Sorg dat jy die Sabbatdag heilig hou. Ses dae moet jy werk en alles doen wat jy moet, maar die sewende dag is die Sabbat van die here jou God. Dan mag jy geen werk doen nie”.

Maar nou kom die bekende Gereformeerde teoloog, ds H Veldkamp (1895-19556) en hy

leer ons om die 4de Gebod te lees binne die nood van ons tyd. Veldkamp sê: “Dit gaan in die 4de gebod nie soseer om die onthouding van alle natuurlike arbeid nie, eerder die ver-rigting van geestelike arbeid”

En dit is presies hoekom ons vandag ten minste 400 muffins gaan uitdeel. Daar is mense

wat op „n Sondag noodsaaklike dienste met lewer. Ons gaan hulle seën met „n muffin in

liefde toegedraai.

„n Jong evangelis wou graag „n prediker word. Hy gaan toe op „n dag na die toegewyde

Franciscus van Assissi en vra dat hy hom tog moet help om die Woord effektief te

bedien.

Franciscus stem in. En die volgende dag gaan die leerling evangelis saam met die

meester na „n dorpie om te preek. Aan die einde van die dag is die leerling evangelis

baie teleurgesteld:

“Maar meester, u het die hele dag nie eenmaal gepreek nie...?” vra die leerling.

“Ja, ek het. Die hele dag lank!” antwoord die meester.

“Nee, ek het dit dan nie gehoor nie ...?” sê die leerling.

“Ja, ons het. Oral waar ons by mense gaan sit het, hulle bemoedig het, vir hulle „n gebed gedoen het, „n broodjie uitgedeel het, het ons gepreek. „n Goeie prediker moet leer om nie net met woord te preek nie, maar met goeie dade!”

As ons vandag 400 muffins uitdeel, is dit soos 400 preke wat gepreek word.

Welkom met muffins en al.

Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier

28 AUGUSTUS 2016

TEKS VIR DIE WEEK

SONDAG 4 SEPTEMBER

DS ANTON DUVENHAGE

Matteus 15 en 16

(veral Matteus 16:1-4)

Hemel op aarde...

met wonderwerke

Wat is die definiese van „n won-

derwerk? Jesus het nie won-

derwerke gedoen om mense te

beïndruk nie, sy mag te wys of

“shine te vang” nie. Sy won-

derwerke wys dat God oral in die

wêreld aan die werk is en ons kan

Hom oral raaksien.

In julle stiltetyd hierdie week,

fokus op Matteus 15 en 16 (veral

Matteus 16:1-4) en gaan dink

waar jy persoonlik tekens sien van

God se koninkryk in jou omgewing.

Kyk of jy in elke uur van `n spe-

sifieke dag `n wonderwerk kan

raaksien en skryf dit neer...

AANDDIENS @ 18:00

CHRISTO WOODING

TRANSKEI SENDELING

Ons nooi u almal graag uit

om saam te kom sing,

gesels, luister en deel.

SPESIALE WELKOM aan

DOOPOUERS

Lourens en Jolani Coertzen met

Madri Alida en Petrus Nicolaas

Johannes (Tweeling)

Page 2: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · 2016. 8. 27. · VANOGGEND SE EREDIENS DR WILHELM BURGER (MATT 25:31-46) MENSE VAN WAARDE VERRAS DIE AANDDIENS @ 18:00 SKARE CHRISTO WOODING Dit sou

MA. 29 AUGUSTUS DI. 30 AUGUSTUS WO. 31 AUGUSTUS

SOPKOMBUIS

11:00 - 13:00 KLEREKAS is oop.

Welkom!

18:00 BYBELSKOOL (NG Hermanus)

DO. 1 SEPTEMBER VR. 2 SEPTEMBER SA. 3 SEPTEMBER

09:00 BYBELSKOOL by die NG Onrus.

09:30 - 11:30 Die KOLWYNTJIE

TEETUIN is oop. U is baie welkom!

16:00 KARWAS & BOEPENS-

BROODJIES by die kerk.

WAT GEBEUR ALLES SONDAG 4 SEPTEMBER ?

08:30 GEBEDSKAMER:

Ons bid saam vir die erediens, die

Leraar aan diens en die gemeente.

09:00 EREDIENS:

Ds Anton Duvenhage gaan voor.

Welkom!

AANDDIENS @ 18:00

Ds Michiel de Kock

Ons nooi alle tieners spesiaal uit,

maar onthou u is almal baie welkom.

WYKE DIENSBEURTE Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 9)

KLEUTERKERK 3 - 6 jr tydens Erediens (Ark)

BYBELGROEPE Gr 1 - 5 tydens die Erediens

TEENTRIX GROEPE Gr 6 - 11 @ 18:00 na die aanddiens.

BYBELSKOOL Die Bybelskool: DV Woensdag die 31st Aug. (om 18:00 by Herma-nus Moedergemeente) en Donderdag die 1st Sept. (om 9:00 by Onrusrivier). Prof Kobus Kellerman begin met ‘n nuwe reeks oor ‘Geloof’. Navrae: Clifford by Tel. 028 316 4895. Lesings beskikbaar by Mervian, by die NG Kerk Onrusrivier by Vonkpos: [email protected]

MOSAÏEK OMGEEGROEP vergader Maandag 29 Augustus 2016 om 15h00 by Dienssentrum. Ons kyk die DVD "War Room". Almal wat belangstel is welkom.

AANDAG WYKSLEIERS: Die Dankoffer koeverte vir die volgende maande is in jul rakkies by die kerkkantoor. Dankie vir die uitdeel!

DIENS BY ONRUS MANOR 4 SPT OM 18:00 met die bediening van die Nagmaal - Clifford Heys gaan voor. Almal is baie welkom.

MENGELMARKIE Daar is weer 'n gesellige Mengelmarkie op Saterdag 3 September 2016 by die De Wetsaal in Roosstraat, Onrusrivier. Kom vroeg, snuffel rond en kry iets lekker vir die naweek!

MAANDAGAAND KUIER SAAM MET CHRISTO WOODING (TRANSKEI SENDELING) Alle persone wat voorheen by Christo gaan kuier het, asook enige belangstellendes, word genooi na ‘n bring-en-braai saam Hennie Booysen op Ma 29 Aug (maalruimte) Kontak hom asb vir navrae en bevestig by 083 456 8753.

boek

KARWAS EN

BOEPENS-

BROODJIES

VRYDAG

2 SEPTEMBER

@ 16:00

Die Jeug van Onrusrivier nooi u om u motor te bring

vir „n was en dan

sommer „n

heerlike

boepensbroodjie

(jaffels vir die

wat nie verstaan

nie) te kom geniet.

Fondse tbv

uitreike.

Welkom!

Dis heerlike lente, die winter is

(teoreties) verby! :-)

Page 3: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · 2016. 8. 27. · VANOGGEND SE EREDIENS DR WILHELM BURGER (MATT 25:31-46) MENSE VAN WAARDE VERRAS DIE AANDDIENS @ 18:00 SKARE CHRISTO WOODING Dit sou

SENDINGMAAND SENDELINGE VAN DIE WEEK

TRANSKEI - CHRISTO WOODING [email protected]

Liewe Vriende, ons was gister op Aloekop buitepos, 20km buite Kokstad. Dit was `n pragtige winters-dag. Die gemeenskap van Aloekop en Waterloo het `n diens gereel in ons kerk op Aloekop vir Vroue-dag. Vroue van die verskillende kerke in die omgewing het dit bygewoon. En al was dit die herdenking van die vroue se stryd vir vryheid, het daar `n gees van liefde, versoening en toewyding aan God ge-heers. Ek en Delesté was die enigste witmense daar, maar is met respek en liefde ontvang. Die vroue was almal netjies geklee in hul kerke se drag. Ons eie kerk se vroue was trots om die geleentheid in hul pragtige kerk te kon aanbied - ons kerk is die beste gebou in die omgewing en het waardigheid aan die geleentheid gegee. Op die manier verleen `n goeie kerkgebou menswaardigheid en speel dit `n groot rol in die opheffing van `n gemeenskap.

Weereens `n groot dankie aan die gemeentes van Onrusrivier en Graaff-Reinet Grootkerk wat die kerkie op Aloekop gebou het. Die vroue wou ons nie met leë hande laat gaan nie, en ons het `n hoender, halwe potbrood en 2l Coke as padkos ontvang.

Ons was ook baie bly om te sien dat die nuwe kleuterskooltjie op Aloekop vorder. Die gemeenskap is besig om die skooltjie te omhein en water is aangele na die skooltjie. Dit is slegs wan-neer `n plaaslike gemeenskap betrokke raak by `n projek, dat dit kan slaag.

Vriendelike groete, Christo en Delesté Wooding.

UITREIKE Wou jy nog altyd 'n Sendingbasis besoek? Nou is die geleentheid om vir 'n naweek prakties betrokke te raak.

*FCE WOSLEY (Foundation of Christian Education)

Datum: 21 – 23 Oktober 2016

Doel: Ondersteun die hoofbasis van FCE met verf werk, Skakeling met sendelinge en personeel van FCE

Koste: R400/persoon vir naweek – sluit verblyf en kos in (sluit vervoer uit)

*INDIE

Datum: 1 – 19 Desember 2016

Doel: Besoek Rahul en Lorette in Varanasi, Ondersteun Rahul en Lorette met dagsorg sentrum

Besoek „n kinderhuis in Delhi – interaksie met kinders, instandhouings projekte, Besoek Himalayas berge

Koste: R14 000 – R18 000/persoon (sal finaal beinvloed word deur wisselkoers en vliegtuigkaartjies)

*FRANKRYK

Datum: 15 – 25 September 2017

Doel: Besoek Johan en Rita Bloemhof (laat hulle voel dat hulle deel is van gemeente), Ondersteun Johan-hulle

met hul werk – deel inligting stukke uit ens, Verken Frankryk – Besoek Parys, Fontainleau kasteel,

Hugenote museum, Loire valley.

Koste: R25 000/persoon (kan deur wisselkoers en koste van vliegtuigkaartjies beinvloed word

NAVRAE: Charl van der Merwe - Sel: 079 528 0854 - epos: [email protected]

Uys en Mattie Swart - Sel: 076 522 5669 - epos: [email protected]

WAAR REIK ONS NOG UIT? 19 - 23 DES (PLAASLIK) Dit is met `n groot opgewondenheid dat ek julle jeug wil uitnooi na ons uitreik in

Desember 2016. Hawston (die plek waar ons graag hoofsaaklik tyd wil spandeer), is

die gemeenskap langs Onrusrivier. Daar is „‟poaching‟‟, bende geweld, dwelms en alko-

hol ongelukkig `n groot uitdaging en ons wil „n geleentheid skep waar ons met die ge-

meenskap se kinders daaroor praat en die Evangelie met hulle deel. Buiten Hawston

wil ons ook vir die uitreikers blootstelling gee aan die plase in ons vallei, waar ons die-

selfde program onder die plaas kinders wil aanbied. Die program m.a.w. gaan oor die

volhouding van die ekologie (met groot klem op die see), sowel as die plan van God vir

my lewe. Navrae: Anton Duvenhage.

GBO BANKREKENING

Neem asb kennis dat

die GBO „n aparte

bankrekening het.

Geloof Belofte Offer Bank: ABSA Rek. 916 9799 886 Baie dankie ook vir die beloftes wat

reeds ingekom het. By die deure is nog

briewe beskikbaar om in te vul.

Page 4: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · 2016. 8. 27. · VANOGGEND SE EREDIENS DR WILHELM BURGER (MATT 25:31-46) MENSE VAN WAARDE VERRAS DIE AANDDIENS @ 18:00 SKARE CHRISTO WOODING Dit sou

GEBED VIR NOOD EN SIEKTE

1 Johannes 4: 7-21: God is liefde; wie in die liefde bly, bly in God en God bly in hom. Liefde is die grooste voedingsbron vir inspirasie wat die mens

ooit kan geniet. As iemand jou liefhet en jy reageer daarop, sal jy enigiets in jou vermoë doen om daardie liefde waardig te wees. Dankie Vader, vir U onvoorwaardelike liefde.

GEBEDSBLAD

WEEK 29 AUG - 3 SEP

MAANDAG 29 AUG

Handelinge 8: 14-25: Maar Petrus antwoord hom: ‘Gaan na die verderf met jou geld en al! Dink jy jy kan die gawe van God met geld koop?” Daar is

mense wat oortuig is dat geld alles kan koop, selfs status, aansien, mag en geluk. Dankie, Here my God, dat U die liefde, deur die Heilige Gees gratis aan al U kinders skenk.

DINSDAG 30 AUG

Spreuke 15:1-15: ‘n Sagte antwoord laat woede bedaar; ‘n krenkende word laat woede ontvlam. Verhoudings tussen mense is baie delikaat. ‘n

Onvriendelike woord, ‘n kortaf antwoord of onverskilligheid kan verhoudings tussen mense breek. Vader, laat my woorde iets van liefde aan my medemens oordra sodat my getuienis vir U kan straal.

WOENSDAG 31 AUG

Galasieërs 6:1-10: Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus. Om sensitief te wees vir die nood van

ander bring ‘n eie pyn met hom mee. Christene is egter mense wat vir ander omgee. Here Jesus, maak my sensitief vir die honger aan liefde in die harte van mense sodat ek die uitdaging van U liefde kan aanvaar.

DONDERDAG 1 SEPT

GEBEDSVERSOEKE Marietjie 076 713 4513

E-pos:

[email protected]

NOODKETTING

Sheila 082 895 9479

Adriaan van Niekerk Chemo

Hester Bekker Verswak

Wilkie du Toit Wag vir hartoor-

planting

Bets Liebenberg Verswak

Rina vd Westhuizen Depressie

Corlise Steyn Chemo

Jan Eksteen Longfibrose

Carien Viljoen Brein operasie gehad

Dawie Malherbe Siekeboeg

Piet Hoffman Chemo

Hein Steinberg Chemo

Lynette Crafford Bestraling

Okkie van Tonder

Rassie & Ina Eramus dogter

Hanlie Chambers Hospitaal

Annemé Spies (22jr) Pieter

& Rita Ferreira se k/dogter Hospitaal

Ester Bester Verswak

Stan Murie

Marie Cilliers Verswak

Psalm 37:21-26: Ek was jonk en ek het oud geword, maar nooit het ek ‘n regverdige verlate gesien of dat sy nageslag brood soek nie. Daar is mense wat soms

twyfel oor die diepte van die liefde van God, veral wanneer hulle of iemand wat hulle liefhet, beproef word. Dankie Vader dat U is altyd daar vir ons. Ons loof U daarvoor.

VRYDAG 2 SEPT

SPESIALE

GEBED TYDENS

SENDING-

MAAND Ons bid hierdie

week spesiaal vir

ons sendelinge in

die TRANSKEI -

Christo & Delesté

Wooding. Hulle

bedien heelwat

kleiner gemeentes

in die hele

Transkei. Baie

dankie vir u volge-

hou gebed vir hulle.

'N METODE VAN BID Op U, Here my God, aan wie ek behoort, is my oë gerig, by U skuil ek, moenie dat my lewe wegkwyn nie (Psalm 141:8). Iets waaroor almal wonder wat hulle met die praktyk van gebed bemoei, is of daar 'n

bepaalde metode bestaan wat gevolg kan word. Op dié vraag het die bekende Katolieke

geestelike, Thomas Merton, lank gelede 'n wonderlike antwoord gegee.

"Jy vra my na my manier of metode van bid? Streng gesproke volg ek 'n baie eenvoudige ma-

nier van bid. Dit is om my aandag volkome op die teenwoordigheid van God, op God se wil en

op God se liefde te rig. Dit wil sê, my aandag is volledig op daardie geloof gefokus waardeur

alleen dit moontlik is om God se teenwoordigheid te ken."

"Dit gee aan my gebed die karakter van vóór God te wees asof ek God sélf kan sien. Verstaan

mooi: Dit beteken nie dat ek 'n presiese beeld van God vir my kan voorstel nie. In my ge-

dagtes sou dit op 'n vorm van afgodery neerkom. Die teendeel is eerder waar: Dat ek God

vereer en aanbid as onsigbaar en ver bokant ons begrip of verstand, dié God wat alles

omvat." Ek weet nie hoe jy bid nie, maar miskien kan Merton se eenvoudige manier jou

vandag wel help. Die kern daarvan bly die hardnekkige vertroue dat God dáár is en vandag

naby jou wil wees met God se liefde.

Here, soos baie gelowiges voor my, wil ek vandag net naby U kom sit en U aanbid as die

onsigbare, getroue God. Sien my in my armoede aan en ontferm U oor my. Amen

Carel Anthonissen

Page 5: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · 2016. 8. 27. · VANOGGEND SE EREDIENS DR WILHELM BURGER (MATT 25:31-46) MENSE VAN WAARDE VERRAS DIE AANDDIENS @ 18:00 SKARE CHRISTO WOODING Dit sou

WEEK VAN GEBED 18 - 25 SEPTEMBER 2015

PROGRAM

Die Sysaal gaan oop wees vanaf Maandag 19 Sept - Vrydag 23 Sept

(08:00 – 20:00 ) met „n verskeidenheid van Gebedstasies.

Ons nooi u graag uit om saam met u

Bybelstudiegroep te kom, as gesin, as vriende of enkeling.

Kom ons bring „n LOFOFFER aan God.

Sondag 18 September 09:00 – 10:00 Oggend Erediens - Gebedsketting rondom die kerk na die diens

18:00 – 19:00 Aanddiens - Gebedsketting

Maandag 19 September 07:15 – 08:15 Gebed by Polisie

18:30 - 19:00 Stilworddiens – Wilhelm

Dinsdag 20 September 18:30 – 19:00 Stilworddiens – Wilhelm

Woensdag 21 September 18:30 – 19:00 Stilworddiens – Wilhelm

Donderdag 22 September 16:00 – 17:00 Onrus / Mt Pleasant/

Hawston / Zwelihle Vroue biduur by

Onrusgemeente.

18:30 - 20:00 Familienagmaal en ete

Vrydag 23 September 16:00 - 17:00 Prayerwalk in Hawston

Saterdag 24 September 09:00 – 11:00 Prayerwalk Onrus Cliffpad

Sondag 25 September 09:00 – 10:00 Dankseggingsdiens

14:00 – 16:30 Worship Gathering –

Curro Sportsgronde

WAT HET ONS NODIG EN WAT KAN U DOEN?

LEVIETE (DIENS DOEN TYDENS WEEK VAN GEBED)

Ons benodig persone wat 2 of 3 uur skofte kan kom doen by die Gebedstasies

tydens die week. Kontak asb vir Marietjie as u kan help.

KOM SKRYF JOU NAAM OP BY ‘N UUR

Daar is 168 ure tydens die hele week wat gevul moet word met bidders wat

hulle self toewy vir daardie uur. Vanaf 4 September gaan daar ‟n bord in die

maalruimte wees waar u u naam kan kom opskryf. (U kan ook bid by die huis).

SKRYFBEHOEFTES VIR WEEK VAN GEBED

Ons het skryfbehoeftes nodig vir ons kleuters en jong kinders vir die week van gebed.

Indien u enige gebruikte of nuwe skryfbehoeftes het wat u kan skenk, bring dit asb na die kerkkantoor of plaas dit

op Sondag 4 of 11 September in die houer in die maalruimte.

Die volgende items word benodig: Potlode; Penne; Inkleur potlode; Kokipenne; Uitveërs; Pritt; Blinkertjies en

Sterretjies; Enige papier van enige kleur en grootte waarop hulle kan teken.

Vir enige navrae, kontak asb vir Marietjie van Wyk 076 713 4513

E-pos: [email protected]

Page 6: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · 2016. 8. 27. · VANOGGEND SE EREDIENS DR WILHELM BURGER (MATT 25:31-46) MENSE VAN WAARDE VERRAS DIE AANDDIENS @ 18:00 SKARE CHRISTO WOODING Dit sou

10h00 - 12h00 HAARKAPPER: Ester du Toit nooi u - maak gerus ‘n afspraak by haar - Tel: 081 453 8130.

KOM WEES KREATIEF: Sitkamer om 10h00 – 12h00: Die groepie wat op 'n Dinsdagoggend bymekaar kom het besluit om die gemeenskap te bedien met hul kreatiwiteit. Hulle gaan vir die volgende winter fokus op 'n winkel/kafee/motorhawe in die dorp en serpe, musse en handskoene brei vir die personeel. Indien u saam wil kom brei op 'n Dinsdagoggend is u meer as welkom. Hierdie groepie brei nie net nie - hulle kuier, lag en gesels baie lekker saam - daar is ook altyd iets lekkers om te eet. NAALDWERK: Rita Ferreira nooi u om herstelwerk te bring. Kontak haar gerus op 073 218 1789 Baie dankie!

10h00: SKAAK Johan Oosthuizen is baie lief vir skaak en wil sy belangstelling/liefde graag met u deel. Kom speel saam met hom by die Dienssentrum. Indien jy nie kan speel nie is Johan bereid om vir jou te leer. Kontak asb vir Johan op ‘n Maandag om te bevestig op 082 804 6715 of 028 316 4961 indien u wil kom saam skaak speel op ‘n Dinsdag. U is baie welkom! Dit is die regte tydverdryf vir die winter aande.

KLINIEK 10h00 – 12h00: Kontak sr. Ronel Calitz by 073 152 5623 en maak 'n afspraak. Sy kan gekontak word Maandag tot Vrydae: 08h00 – 13h00. Kontak sr. Calitz direk indien u versorger benodig.

TRIMGIM VIR VROUE in Ark om 10h00 - 11h00: Trimgim deur Mathilda Roos (bio-kinetikus). Trimgimfooie is R35 per maand vir lede. (R50 per maand vir nie-lede) Kontak no: 082 339 1085. TRIMGIM VIR DIE MANNE in die Ark @ 11:00 - 12h00: Mathilda nooi alle manne wat graag wil deelneem om 11h00 om in die Ark

bymekaar te kom en saam te kom oefen. Welkom!

VOETE- EN HANDE VERSORGING Marilyn gaan met vakansie vanaf 11 Augustus tot 3 September. Bespreek nou om te sorg dat jou voete en hande reg is vir die tyd wat Marilyn met vakansie is. Ons gun haar die rus! Sy is amper elke Woensdag hier vanaf 8h00 tot laat in die middag. Ons bid haar ook ‘n geseënde rustyd toe.

10h15: SPELETJIESOGGEND saam met Kosie, Hannie en Joan. Kom speel, lag en kui-er saam. Almal is baie welkom!

Ons almal saam in diens van

Jesus Christus

Oral, Altyd en in Alles

PROGRAM 29 Aug - 2 Sept

Onrusrivier Dienssentrum

“Deur die genade

van God”

MAANDAG 29 AUG (DIENSSENTRUM GESLUIT)

DINSDAG 30 AUGUSTUS

WOENSDAG 31 AUGUSTUS

DONDERDAG 1 SEPTEMBER VRYDAG, 2 SEPTEMBER

KOLWYNTJIE TEETUIN

09H30 – 11H30

Elke Vrydag kan julle die koue

kom afskud met 'n heerlike

warm koppie koffie of tee vir

net R10. Kies van die heerlike

geregte op die tafel vir net R20 maar as

jy lus is vir nog 'n tweede GROOT happie,

betaal jy net R10! ALMAL WELKOM!

Page 7: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · 2016. 8. 27. · VANOGGEND SE EREDIENS DR WILHELM BURGER (MATT 25:31-46) MENSE VAN WAARDE VERRAS DIE AANDDIENS @ 18:00 SKARE CHRISTO WOODING Dit sou

KONTAK NOMMERS

DIENSSENTRUMNOMMER

028 316 1745 KONTAK VIR JOAN OF HANNIE

(09H30 – 12H30)

VIR ENIGE INLIGTING.

ERIKA OOSTHUYSEN

Maatskaplike Werker

O28 316 3115 / 079 322 0998

[email protected]

VRYDAG MARKIE

9 SEPTEMBER 2016

Die Dienssentrum het weer op

Vrydag, 9 September, 'n mark

hier by die kerk vanaf

09h00 - 12h00.

Die koste is R20 vir 'n tafel.

Kontak asb vir tannie Joan by die Dienssentrum.

Ons vra dat u asb eers betaal en dan word die

tafel bespreek. Baie welkom!

DIE SPOELKLIPPE KUIER SAAM

28 SPOELKLIPPE het heerlik ge-”brunch” by

Angelique Brink se gastehuis. Die ontvangs

en kos wat uit die boonste rakke! Baie

dankie vir almal se ondersteuning van die

Spoelklippe. Waardeer!

Indien u graag wil deelwees van die Spoel-

klippe of enige navrae het, kontak gerus vir

Joep en Marie Korf by (028) 316-4018.

ONDERSTEUNINGSGROEP

Ons nooi u graag na „n ondersteuningsgroep

vir almal wat aan MNS ,MS, Spierdistrofie,

Parkinsons, Alzheimer en Dimenssie lei of

daaroor wil praat op

5 September 2016

@ 11h00-12h00

by die Dienssentrum.

Kom gesels saam, ons

luister graag.

Welkom!

Dienssentrumspan vergadering op 8 September

@ 08.30 by die Dienssentrum.

Page 8: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · 2016. 8. 27. · VANOGGEND SE EREDIENS DR WILHELM BURGER (MATT 25:31-46) MENSE VAN WAARDE VERRAS DIE AANDDIENS @ 18:00 SKARE CHRISTO WOODING Dit sou

DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K)

083 468 8194 [email protected]

DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K)

083 448 1651 [email protected]

DS ANTON DUVENHAGE 072 477 3185

[email protected]

DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895

[email protected]

VOORSITTER KERKRAAD Piet van Zyl

082 339 9871 [email protected]

EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633

[email protected]

MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen

028 316 3115 (K) 079 322 0998

[email protected]

KOMMUNIKASIE BEAMPTE

Karin de Bruin 084 305 2086

[email protected]

ONTVANGS Mervian van der Merwe

084 875 7875 [email protected]

REK BEAMPTE Rika Eveleigh 082 679 1312

[email protected]

ADMIN BEAMPTE Hanna de Jager 082 441 9759

[email protected]

KOSTER Hennie Davies 061 300 4577

Vir navrae en kommentaar

op die Hartklop [email protected] (Advertensies sluit Dins 12:00)

KERKKANTOOR ma - vry 08h00 - 13h00

Tel (028) 316-2116 [email protected]

www.ngkonrusrivier.co.za

DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier

Bank: ABSA

Rek. 406 215 2718

SENDING (GBO) Geloof Belofte Offer

Bank: ABSA

Rek. 916 9799 886

DIE KLEREKAS vra asb vir KINDER KLERE. Hulle het groot hoeveelhede klere uitgedeel en die kaste is maar leeg! Gaan loer gerus deur u kaste en bring na die kerkkantoor. BAIE DANKIE!

DRINGEND GESOEK: Kleiner mobiele suurstofmasjien. Skakel asb 082 339 7067. Baie dankie, Elna Eksteen.

KOSPAKKIES 15 AUGUSTUS BAIE DANKIE vir al die bestanddele ontvang! Namens al die gesinne sê ons BAIE DANKIE vir kos op ons tafels! Mag ons VADER julle ook oorspoel met Sy goedheid.

LEKKER SOET MAKATAAN-STUKKE TE KOOP BY KERKKANTOOR. t.b.v. SENDING UITREIK NA INDIË - minimum R25 donasie.

KOEKSISTERS TE KOOP VIR ONRUS DIENSSENTRUM Koeksisters word gebak op 8 September in die Maalruimte vir die Onrus Dienssentrum se Markie wat op 9 September plaasvind. Kom haal dit af op 8 September vanaf 11:00, so nie op 9 September by die Markie in die Maalruimte. Koste: R30 vir 1 dosyn. Bestel asb by: Ria Niemann Sel 082 971 8257 (bestel per sms of skakel my asb.)

wees

Tel: 028 313 1400

Charl Frick 084 240 2991 Stoffel Frick 082 376 5118

E-pos: [email protected]

Mimosastraat, Hermanus Industrial

BORGE GESOEK VIR WEEKLIKSE

HARTKLOP GEMEENTEBLAD

Ons nooi graag besighede uit om die

Hartklop gemeenteblad wat op Sondae

uitkom se drukkoste te borg.

Die koste beloop R1200pm en daarvoor

ontvang u blootstelling vir u besigheid

vir die hele maand se Sondae dmv „n

advertensie op die agterblad.

Kontak asb vir Karin by die kerkkantoor

so gou moontlik om die volgende paar

maande te bespreek.

Baie dankie!

Baie dankie vir al die gebede, oproepe,

boodskappe en besoeke tydens my

operasie tyd. Word opreg waardeer.

Magda Marais.

HARTKLOPSPAN EN

VOU-ENGELTJIES

Van Kommunikasie se kant wil

ons graag baie dankie sê aan

Mervian wat al die bladsye

“vang” wat gedruk word elke

Vrydag. Ook „n GROOT

dankie aan Gezina (links op

foto) en Anita (regs) wat

getrou elke Vrydag die

Hartklop kom vou. Sonder

julle kan ons beslis nie!

Ook dankie aan Clifford vir

die wonderlike woorde op die

voorblad elke week. Seën!