Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · In „n ou kerkie in Clanwilliam deel hy die geheim: Op die groot...

10
VANOGGEND SE EREDIENS DS ANTON DUVENHAGE Matteus 15 en 16 (veral Matteus 16:1-4) HEMEL OP AARDE MET WONDERWERKE Wonderwerke, ons wonder hoe Sy werke werk; deel Hy uit soos ons mooier vra? Ons twyfel baklei teen ons smart; word ons geloof bepaal opgrond van wat kom van Sy hand? Harde vrae wat ek die afgelope week vir myself afgevra het ter voorbereiding vir vanoogend se diens. Een ding is wel verseker: Jesus het nie wonderwerke gedoen om mense te beïndruk, Sy mag te wys of om daarvoor geëer te word nie. Sy wonderwerke wys dat God oral in die wêreld aan die werk is en ons Hom oral kan raaksien. Is dit die waarheid in jou lewe vandag? Kan jy steeds Jesus se wonderwerke vandag raaksien of dink jy wonderwerke is maarnet iets wat in die Bybelse tyd gebeur het? Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles DEURKOLLEKTE VANDAG Sin Koll. Instituut vir Dowes Baie dankie vir u gebede en volgehoue ondersteuning. Wees Lig! HARTLIK WELKOM Dis vandag die eerste Sondag van die Lente. Ons mense maak vrolike uitstappies om hulle aan die Namakwalandse blommeprag te gaan verwonder. En hulle sê dit is soos „n bont lappieskombers met vreemde maatjies soos bobbejaantjies, kalkoentjies en weeskindertjies. Ander vertel van die „spul bosse‟ soos die kersbos, die skaapbos, die perdebos, die kraalbos en die donkiesbos. En dan is daar die vetplante met name wat ons vromes soms laat bloos. Daar is die halfmens, die hondebal, die bababoudjies, poeierkwas, koekamakranka, kleuterviooltjies, geelkatstert, rooikatstert, witeendekos en die beestong. Waar kom hulle almal vandaan? Immers, Namakwaland is „n streek van uiterstes. Dis „n dorre wêreld. „n Klipharde aarde. En die water kan maar lekker brak wees. Dáár maak jy nie tuin nie. Hulle praat nie verniet van die Hardeveld en van Bitterfontein nie. DJ Opperman weet waar hierdie blomme vandaan kom. In „n ou kerkie in Clanwilliam deel hy die geheim: Op die groot saaidag van die heelal het reeds 'n entjie duskant Wupperthal oor die kaal Noordweste 'n sakkie van die Heer se beste saad per ongeluk gelek, gelek en uitgeval. (Namakwaland deur DJ Opperman) Wat sê die Skepper se blomme vir ons? Kyk mooi. Moet julle nie bekommer oor julle lewe nie. Let op die veldlelies; hulle swoeg nie. Julle hemelse Vader weet immers wat julle alles nodig het. Moet julle dus nie oor môre bekommer nie. Vader sorg vir julle. (Matt 7v25-34). Welkom aan jou en aan die Lente! Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier 4 SEPTEMBER 2016 TEKS VIR DIE WEEK SONDAG 11 SEPTEMBER DS MICHIEL DE KOCK 1 Kor.11 v.23 33 Ons dink hierdie week na oor die werklike betekenis van die Nagmaal. U kan bg. teks herhaaldelik lees, maar ook ander tekste wat op die Nagmaal betrekking het soos Luk. 22 v.19 en Ma 26 v.26 en 28. Dink biddend na oor die diepste betekenis van die nag- maal. Vra jouself af of hierdie bete- kenis vir jou persoonlik waar is. Dws of jy die diepste betekenis van die nag- maal met jou hele hart glo en omarm. Praat met jou geliefdes daaroor. Maak ‘n tyd in die week of oor die na- week voor Sondag en sit om die tafel met almal in jou huis, lees die gedeelte en praat met mekaar oor wat dit vir julle beteken en hoekom Jesus die nagmaal ingestel het. Vertel ook vir mekaar van julle geloof in Jesus Christus as Here en Verlosser van julle lewe. Daar is geen groter troos wat jy aan jou geliefde kan gee as die versekering dat jy in Jesus Christus as jou Verlosser glo nie. Bring dan Son- dag jou hele huis en kom na die Tafel saam met die gemeente om te deel in die tekens van die nagmaal. Hierdie tekens wat vir ons ‘n waarborg is van ons deelhê aan die sterwe en opstan- ding van ons Heer. Die Here seën u met Sy tekens van brood en wyn. Michiel AANDDIENS @ 18:00 DS ANTON DUVENHAGE Ons nooi u almal graag uit om saam te kom sing, gesels, luister en deel. Hope Collective band maak vir ons musiek. SPESIALE WELKOM AAN DIE DOOPOUERS Nico en Marna Heyns met baba Daniel Heyns Rio en Hilde Bezuidenhout met baba Benning Puren Bezuidenhout

Transcript of Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · In „n ou kerkie in Clanwilliam deel hy die geheim: Op die groot...

Page 1: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · In „n ou kerkie in Clanwilliam deel hy die geheim: Op die groot saaidag van die heelal het reeds 'n entjie duskant Wupperthal oor die kaal Noordweste

VANOGGEND SE EREDIENS DS ANTON DUVENHAGE Matteus 15 en 16 (veral Matteus 16:1-4)

HEMEL OP AARDE … MET WONDERWERKE

Wonderwerke, ons wonder hoe Sy werke werk; deel Hy uit soos ons mooier vra? Ons twyfel

baklei teen ons smart; word ons geloof bepaal opgrond van wat kom van Sy hand?

Harde vrae wat ek die afgelope week vir myself afgevra het ter voorbereiding vir vanoogend se

diens. Een ding is wel verseker: Jesus het nie wonderwerke gedoen om mense te beïndruk, Sy

mag te wys of om daarvoor geëer te word nie. Sy wonderwerke wys dat God oral in die wêreld

aan die werk is en ons Hom oral kan raaksien. Is dit die waarheid in jou lewe vandag? Kan jy

steeds Jesus se wonderwerke vandag raaksien of dink jy wonderwerke is maarnet iets wat in die

Bybelse tyd gebeur het?

Ons almal saam in diens van

JESUS CHRISTUS

oral, altyd en in alles

DEURKOLLEKTE VANDAG Sin Koll. Instituut vir Dowes

Baie dankie vir u gebede en

volgehoue ondersteuning.

Wees Lig!

HARTLIK WELKOM

Dis vandag die eerste Sondag van die Lente. Ons mense maak vrolike uitstappies om hulle aan die

Namakwalandse blommeprag te gaan verwonder. En hulle sê dit is soos „n bont lappieskombers

met vreemde maatjies soos bobbejaantjies, kalkoentjies en weeskindertjies. Ander vertel van

die „spul bosse‟ soos die kersbos, die skaapbos, die perdebos, die kraalbos en die donkiesbos.

En dan is daar die vetplante met name wat ons vromes soms laat bloos. Daar is die halfmens,

die hondebal, die bababoudjies, poeierkwas, koekamakranka, kleuterviooltjies, geelkatstert,

rooikatstert, witeendekos en die beestong.

Waar kom hulle almal vandaan?

Immers, Namakwaland is „n streek van uiterstes. Dis „n dorre wêreld. „n Klipharde aarde. En

die water kan maar lekker brak wees. Dáár maak jy nie tuin nie. Hulle praat nie verniet van

die Hardeveld en van Bitterfontein nie.

DJ Opperman weet waar hierdie blomme vandaan kom.

In „n ou kerkie in Clanwilliam deel hy die geheim:

Op die groot saaidag van die heelal het reeds 'n entjie duskant Wupperthal

oor die kaal Noordweste 'n sakkie van die Heer se beste saad

per ongeluk gelek, gelek en uitgeval.

(Namakwaland deur DJ Opperman)

Wat sê die Skepper se blomme vir ons?

Kyk mooi. Moet julle nie bekommer oor julle lewe nie. Let op die veldlelies; hulle swoeg nie.

Julle hemelse Vader weet immers wat julle alles nodig het. Moet julle dus nie oor môre

bekommer nie. Vader sorg vir julle. (Matt 7v25-34).

Welkom aan jou en aan die Lente!

Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier

4 SEPTEMBER 2016

TEKS VIR DIE WEEK

SONDAG 11 SEPTEMBER

DS MICHIEL DE KOCK

1 Kor.11 v.23 – 33 Ons dink hierdie week na oor die

werklike betekenis van die Nagmaal.

U kan bg. teks herhaaldelik lees, maar

ook ander tekste wat op die Nagmaal

betrekking het soos Luk. 22 v.19 en

Matt 26 v.26 en 28. Dink biddend na

oor die diepste betekenis van die nag-

maal. Vra jouself af of hierdie bete-

kenis vir jou persoonlik waar is. Dws of

jy die diepste betekenis van die nag-

maal met jou hele hart glo en omarm.

Praat met jou geliefdes daaroor.

Maak ‘n tyd in die week of oor die na-

week voor Sondag en sit om die tafel

met almal in jou huis, lees die gedeelte

en praat met mekaar oor wat dit vir

julle beteken en hoekom Jesus die

nagmaal ingestel het. Vertel ook vir

mekaar van julle geloof in Jesus

Christus as Here en Verlosser van julle

lewe. Daar is geen groter troos wat jy

aan jou geliefde kan gee as die

versekering dat jy in Jesus Christus as

jou Verlosser glo nie. Bring dan Son-

dag jou hele huis en kom na die Tafel

saam met die gemeente om te deel in

die tekens van die nagmaal. Hierdie

tekens wat vir ons ‘n waarborg is van

ons deelhê aan die sterwe en opstan-

ding van ons Heer.

Die Here seën u met Sy tekens van

brood en wyn. Michiel

AANDDIENS @ 18:00

DS ANTON DUVENHAGE

Ons nooi u almal graag uit

om saam te kom sing,

gesels, luister en deel.

Hope Collective band maak

vir ons musiek.

SPESIALE WELKOM

AAN DIE DOOPOUERS

Nico en Marna Heyns

met baba Daniel Heyns

Rio en Hilde Bezuidenhout

met baba Benning Puren

Bezuidenhout

Page 2: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · In „n ou kerkie in Clanwilliam deel hy die geheim: Op die groot saaidag van die heelal het reeds 'n entjie duskant Wupperthal oor die kaal Noordweste

GBO BANKREKENING

Neem asb kennis dat die GBO

„n aparte bankrekening het.

Geloof Belofte Offer Bank: ABSA Rek. 916 9799 886

Baie dankie ook vir die beloftes wat reeds ingekom

het. By die deure is nog briewe beskikbaar om in te

vul. Dankie vir u deelwees van hierdie uitreik ook.

SONDAG 4 SEPTEMBER 18:00 DIENS BY ONRUS MANOR met die bediening van die Nagmaal - Clifford Heys gaan voor. Almal is baie welkom.

MAANDAG 5 SEPTEMBER 11:00 - 12:00 ONDERSTEUNINGSGROEP (Dienssentrum) Ons nooi u graag na ‘n ondersteuningsgroep vir almal wat aan MNS ,MS, Spierdistrofie, Parkinsons, Alzheimer en Dimenssie lei of daaroor wil praat. Kom gesels saam, ons luister graag. Welkom!

DINSDAG 6 SEPTEMBER Sopkombuis

19:00 WYKSBYEENKOMS WYK 9 by Johan en Marie Louw Moltenostraat 6, Onrusrivier Spreker: Ds Michiel de Kock

WOENSDAG 7 SEPTEMBER Ons bid die 24een GEBEDSWAG vandag. 11:00 - 13:00 KLEREKAS is oop. Welkom!

10:00 HUISKERK by Kidbrooke (Clifford gaan voor) 11:00 HUISKERK by Negester (Clifford gaan voor)

18:00 BYBELSKOOL (NG Hermanus) Prof Kobus Kellerman is besig met ‘n nuwe reeks oor ‘Geloof’. Navrae: Clifford by Tel. 028 316 4895. Lesings beskikbaar by Mervian, by die NG Kerk Onrusrivier by Vonkpos: [email protected]

DONDERDAG 8 SEPTEMBER 18:00 BYBELSKOOL (NG Onrus)

VRYDAG 9 SEPTEMBER 09:30 - 11:30 DIE KOLWYNTJIE TEETUIN is oop.

09:00 - 12:00 VRYDAGMARKIE by die kerk. Kom kyk al die heerlike stalletjies, mooigoed en lekkergoed om te koop.

18:00 BYBELSKOOL (NG Hermanus)

SONDAG 11 SEPTEMBER 08:30 GEBEDSKAMER: Ons bid saam vir die erediens, die Leraar aan diens en die gemeente.

09:00 EREDIENS: Ds Michiel de Kock gaan voor. Dit is ook nagmaal.

WYKE DIENSBEURTE Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 10)KLEUTERKERK 3 - 6 jr tydens Erediens (Ark) BYBELGROEPE Gr 1 - 5 tydens die Erediens

18:00 AANDDIENS Dr Clifford Heys gaan voor. Die LOUD band van Hoërskool Hermanus gaan ook speel en heerlik musiek maak. Ons nooi alle tieners spesiaal uit, maar onthou u is almal baie welkom. Teentrix groepe na die diens. 11 - 12 SEPTEMBER: RINGSITTING Ons bid vir ons leraars en kerkraad wat dit bywoon.

WAARNA KAN ONS UITSIEN? WEEK VAN GEBED 18 - 25 SEPTEMBER Lees gerus meer daaroor op die Gebedsblad. MAANDAG 19 SEPTEMBER @ 19:00 by die Scout Hall Hermanus Astronomy Centre bied aan: Prof. Bruce Bassett of UCT and AIMS (the Africa Institute of Mathematical Sciences) presents 100 Years of General Relativity: Gravitational waves and Beyond.

23 - 25 SEPTEMBER 2016 Mighty Men konferensie (Malmesbury) R160pp. Vir besprekings en navrae, kontak 082 850 4559 of [email protected] SONDAG 25 SEPTEMBER @ 14:00 Worship event by Curro Skool as deel van die Week van Gebed. Ons nooi u almal nou reeds om saam met die hele gemeenskap te kom loof en prys. VRYDAG 30 SEPTEMBER @ 19:00 Stargazing Event by die NG Gemeente Onrusrivier. Ons gaan kyk na die “Big 5 of the Sky”. Die Hermanus Astronomy Centre se teleskope gaam beskikbaar wees om al die wonders te geniet. Navrae: Karin.

Page 3: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · In „n ou kerkie in Clanwilliam deel hy die geheim: Op die groot saaidag van die heelal het reeds 'n entjie duskant Wupperthal oor die kaal Noordweste

UITREIKE Wou jy nog altyd 'n Sendingbasis besoek? Nou is die geleentheid om vir 'n naweek prakties betrokke te raak.

*FCE WOSLEY (Foundation of Christian Education)

Datum: 21 – 23 Oktober 2016

Doel: Ondersteun die hoofbasis van FCE met verf werk, Skakeling met sendelinge en personeel van FCE

Koste: R400/persoon vir naweek – sluit verblyf en kos in (sluit vervoer uit)

*INDIE

Datum: 1 – 19 Desember 2016

Doel: Besoek Rahul en Lorette in Varanasi, Ondersteun Rahul en Lorette met dagsorg sentrum

Besoek „n kinderhuis in Delhi – interaksie met kinders, instandhouings projekte, Besoek Himalayas berge

Koste: R14 000 – R18 000/persoon (sal finaal beinvloed word deur wisselkoers en vliegtuigkaartjies)

*FRANKRYK

Datum: 15 – 25 September 2017

Doel: Besoek Johan en Rita Bloemhof (laat hulle voel dat hulle deel is van gemeente), Ondersteun Johan-hulle

met hul werk – deel inligting stukke uit ens, Verken Frankryk – Besoek Parys, Fontainleau kasteel,

Hugenote museum, Loire valley.

Koste: R25 000/persoon (kan deur wisselkoers en koste van vliegtuigkaartjies beinvloed word

NAVRAE: Charl van der Merwe - Sel: 079 528 0854 - epos: [email protected]

Uys en Mattie Swart - Sel: 076 522 5669 - epos: [email protected]

Die Omgee-muffins uitdeel

verlede Sondag was „n GROOT

Godstorie! Baie dankie vir almal

se aanddeel aan die uitreik!

Page 4: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · In „n ou kerkie in Clanwilliam deel hy die geheim: Op die groot saaidag van die heelal het reeds 'n entjie duskant Wupperthal oor die kaal Noordweste

GEBED VIR NOOD EN SIEKTE

Vader, vandag buig ek in verwondering voor die feit dat U my liefgehad het toe ek nog ‘n sondaar was en voordat ek U liefgehad het. Gebruik my as’n in-

strument om U liefde te versprei. Vader, ek het my medemens eers werklik lief wanneer my liefde vir hom/haar ontstaan uit my liefde vir U, my Vader en Koning.

GEBEDSBLAD

WEEK 5 - 11 SEP

MAANDAG 5 SEPT

Dierbare Jesus Christus, blus die branding van my woede deur die teerheid van u liefde. Gee aan my selfbeheersing in wat ek sê en doen wanneer ek

kwaad is. Jona 4:4 het U ook aan Jona gevra: “Het jy rede om kwaad te word?” Help my om te onthou dat U het geen woede gevoel nie, alleen maar volkome liefde.

DINSDAG 6 SEPT

Here, ek weet dat naas liefde, is simpatie die grootste behoefte van die mens. Help my om my-self in staat te stel om opregte simpatie te betoon

in hul oomblik van droefheid en spanning. Help my om die regte woord op die regte tyd te sê. Maak dat my gebede sesitief en begrypend is.

WOENSDAG 7 SEPT

Dierbare Vader wat in die Hemel en op die Aarde woon, ek weet dat ek niks behalwe my liefde uit hierdie lewe saam op my ewigheidsreis neem

nie. 1 Kor 13:13 En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde! Dankie Vader, vir U Woord en die belofte van ‘n ewigelewe.

DONDERDAG 8 SEPT

GEBEDSVERSOEKE Marietjie 076 713 4513

E-pos:

[email protected]

NOODKETTING

Sheila 082 895 9479

Francois Goosen

Elna Uys

Betsie Liebenberg Verswak

Annette Norman Operasie gehad

Anna Andersen Been operasie

Jan Eksteen Longfibrose

Carien Viljoen Brein operasie gehad

Dawie Malherbe Siekeboeg

Hein Steynberg In hospitaal

Lynette Crafford Bestraling

Okkie van Tonder Verswak

Rassie & Ina Eramus dogter

Hanlie Chambers Hospitaal

Annemé Spies (22jr) Pieter

& Rita Ferreira se k/dogter Hospitaal

Stan Murie

Pieter Cilliers Negester

Meegevoel met Wilna du Toit en familie met

die heengaan van Wilkie.

Ons bid ook spesiaal vir alle bejaardes.

Here, baie dankie vir ons sendelinge. Dankie, omdat U so dikwels, met woord en daad, U volgelinge op-geroep het tot barmhartigheid en deernis. Here,

dankie vir hulle wat hul medemens in liefde dien. Ons dra elkeen op aan U Vader, en bid ook vir hulle gesinne en vir hulle veiligheid. Seën elkeen met U oorvloedige Vaderliefde en genade.

VRYDAG 9 SEPT

WAT HET ONS NODIG EN WAT KAN U DOEN?

LEVIETE (DIENS DOEN TYDENS WEEK VAN GEBED)

Ons benodig persone wat 2 of 3 uur skofte kan kom doen by die Gebedstasies

tydens die week. In die maalruimte is daar Leviete diensbeurte plakkate, kom

skryf asb u naam daar op. BAIE DANKIE!

KOM SKRYF JOU NAAM OP BY ‘N UUR

Daar is 168 ure tydens die hele week wat gevul moet word met bidders wat

hulle self toewy vir daardie uur. In die maalruimte is daar ‟n bord waar u u

naam kan kom opskryf. (U kan ook bid by die huis). Kom ons verenig in gebed!

KERSE VIR WEEK VAN GEBED

Ons benodig asb groot hoeveelhede kerse vir by die gebedstasies. Ons sal enige skenkings baie waardeer!

SKRYFBEHOEFTES VIR WEEK VAN GEBED

Ons het skryfbehoeftes nodig vir ons kleuters en jong kinders vir die week van gebed. Indien u enige gebruikte of

nuwe skryfbehoeftes het wat u kan skenk, bring dit asb na die kerkkantoor of plaas dit op Sondag 4 of 11 Septem-

ber in die houer in die maalruimte. Die volgende items word benodig: Potlode; Penne; Inkleur potlode; Kokipenne;

Uitveërs; Pritt; Blinkertjies en Sterretjies; Enige papier van enige kleur en grootte waarop hulle kan teken.

Page 5: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · In „n ou kerkie in Clanwilliam deel hy die geheim: Op die groot saaidag van die heelal het reeds 'n entjie duskant Wupperthal oor die kaal Noordweste

God never shuts His

storehouse until you

shut your mouth. CH Spurgeon

GEBED KAN JOU LEWE VERANDER

Daar is niks meer krities in `n Christen se lewe as gebed nie!

Lukas 11:1 “Here, leer ons bid…”

DIE VIER DOELWITTE VAN GEBED

Gebed is TOEWYDING

Ek is die druiwestok en julle die lote. Wie aan My verbonde bly en Ek aan hulle, dra baie vrugte, want sonder My kan

julle niks doen nie” Joh. 15:5

Gebed is KOMMUNIKASIE

“Ek noem julle nie meer slawe nie, want `n slaaf weet nie altyd wat sy eienaar doen nie. Nee, Ek noem julle vriende,

omdat Ek alles wat Ek van My Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het” Joh 15:15

Gebed is AFHANKLIKHEID

“ Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles. Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook

dank vir alles wat Hy doen. As julle so bid, sal julle God se vrede beleef” Fil 4:6-7

Lees ook… Jakobus 4:3-4; Psalm 37:4; Psalm 84:11; Lukas 11:11 -13; Johannes 16:24

Gebed is SAMEWERKING

“Ek verseker julle, wie aanhou om in My te glo, sal

ook die werke doen wat Ek doen; hy sal selfs nog

groter dinge as dit doen omdat Ek na die Vader toe

op pad is. “ Joh 14:12

WEEK VAN GEBED 18 - 25 SEPTEMBER 2016

ONS BID 7 DAE – 24 UUR PER DAG – 168 UUR !!!

Hemelse Vader, hoor ons gebede. Maak ons `n biddende gemeente. Ons is opgewonde om gedurende die Week

van Gebed, ons families, ons gemeente, gemeenskap en die wêreld aan U op te dra. Amen!

In die maalruimte staan „n kennisgewingbord. Klein papiertjies soos in die voorbeeld hieronder, word voltooi waarop jy

jouself verbind om een uur lank gedurende die week van gebed te bid.

Steek asseblief jou papiertjie teen die bord vas!

Every great movement of God can

be traced to a single praying,

kneeling figure. DL Moody

Neem gerus ook „n

herinner kaartjie

sodat u maklik kan

onthou vir watter

uur u verant-

woordelikheid vat

en bid. Baie

dankie vir almal se

samewerking!

WEEK VAN GEBED

18 – 25 SEPTEMBER 2016

Awaken – Sons & daughters of God unite in prayer

DATUM EN TYD VAN MY GEBED

________________________________________

Kinders van God, word wakker!

Kom verenig in gebed.

NAAM : ………………………………………..

DATUM: ……………………………….………..

TYD : ………..……………………………..

Week van Gebed : 18 – 25 September 2016

Page 6: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · In „n ou kerkie in Clanwilliam deel hy die geheim: Op die groot saaidag van die heelal het reeds 'n entjie duskant Wupperthal oor die kaal Noordweste

222444 eeneeneen

NGK & VGK GEMEENTES 24 UUR GEBEDSWAG EERSTE WOENSDAG VAN DIE MAAND

Vir enige navrae, kontak asb vir Marietjie van Wyk by 076 713 4513.

7 SEPTEMBER 2016

1. LOFPRYSING

Soos „n wildsbok wat smag na water smag my siel na U, o Heer

U alleen is my hartsverlange en ek bring aan U die eer

U alleen is my bron van krag, in U teenwoordigheid wil ek wag

Ek dors na U o Heer, my hart begeer meer

om nader aan U hart te leef, laat daar geen einde wees

ek wil net by U wees, Om u te soek in al my weë.

Ek soek meer en meer en meer van Jesus in my lewe.

Soos „n wildsbok smag na water, so smag ek na U, o God.

Ek verlang na God, die lewende God.

Wanneer kan ek ingaan en weer voor Hom verkyn?

My trane is my kos dag en nag,

Terwyl teenstanders my

aanhoudend tart en sê:

“Waar is dié God van jou?…….

(lees verder vanaf vers 5 – 12)

6Waarom is ek so in vertwyfeling

en waarom kerm ek so?

Vertrou op God!

Ja, ek sal weer vir Hom ‟n

loflied sing.

Hy is my helper 7en my God!

2. KOM ONS LEES UIT

PSALM 42

Page 7: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · In „n ou kerkie in Clanwilliam deel hy die geheim: Op die groot saaidag van die heelal het reeds 'n entjie duskant Wupperthal oor die kaal Noordweste

4. ONS BELY ONS SONDE Here ons hou ons lewens so besig, en dan leef ons by

die diep dors verby, omdat ons nie wil of kan stil

word en na ons diepste hartsverlange luister nie.

Ons het soveel ander begeertes, en maniere waarop

ons die dors probeer vervang, onderdruk of ontken.

Ons dink dat dors na gewildheid, of dors na rykdom

sal dalk ons diep dors stil. So is daar baie tipes

legitieme dors in ons, waarvan ons te veel verwag.

Ons besef ons kan nie die dors met allerhande ander

tipes vervulling probeer les nie, maar net U kan ons

ware diepste dors les!

5. ONS BID ... vir nuwe kanale waardeur strome van Lewende Water na mense wat dors het se harte kan vloei.

dat God mense se dors sal les sodat almal volledig lewendig kan wees en goeie vrug kan dra.

vir nederigheid omdat hoogmoed en onegtheid ons dors na God onderdruk.

vir elkeen wat met sonde worstel, wat begeer, wat siek is, wat pyn het, wat eensaam is, wat smeek, die wat twyfel,

die wat sukkel om te bid en te glo, mense in hulle dorre woestyn van omstandighede wat dors het…. dat elkeen se

oë oop sal gaan sodat hulle bewus kan raak van God se liefde, en dat Hy hulle sal omarm en hulle dors sal les.

Vir die digter van Ps. 42 is die diepe dors die begin

van alles. Sy diep soeke en verlange na God en „n ver-

vulde lewe is die beginpunt en kragbron van sy geloof

en sy lewe! Hy is letterlik uitgehonger vir God. Die

teks verwys daarna dat die digter dit geskryf het

nadat hy in die Juda woestyn was. “Die woestyn se

wind en stof laat jou „n dors ervaar wat jou hele wese

laat smag na water, jou tong swel op en klou aan jou

verhemelte vas, jou vel begin barste toon van die

dehidrasie. Hierdie fisiese simptome van dors het die

psalmskrywer laat dink aan die geestelike dors wat hy

ervaar, en dat sy siel ook tekens toon van die geeste-

like dehidrasie”. (bron I van Tonder)

Vra ons soms onsself af, hoekom is ek mismoedig of so ontsteld, hoekom kan ek nie „n passievolle lewe ervaar nie,

wat is dit waarna ek smag? Is ek geestelik dors? Dors ek na God self, nie net Sy gawes, of kennis oor Hom nie, of om

te hoor van Hom nie, maar het ek „n dors na Sy troue liefde. Besef ek dat ek eintlik God meer as enige iets anders

in my lewe begeer omdat ek smag na „n vervulde lewe. Wanneer ons dan die redes van ons dors ontdek en die kanale

van Lewende Water begin in ons vloei sal ons geestelike reis vervuld wees want ons ontmoet God in ons dors, ons

ontmoet God in ons drome oor ons lewe….dan ontplof „n passievolle lewe. God kom les ons dors met Sy teen-

woordigheid.

In die woorde aan die kruis “My God, My God waarom het u my verlaat?”, verwoord Jesus die diep dors van mens

sonder God! Jesus was Godverlate... Sodat ons nooit deur God verlaat sal word nie! Dit is die vervulling van ons

dors!

3. OORDENKING

Dankie Vader dat ons, ons hoop op U kan

plaas en dat u ons dors les. Ons prys U

ons Redder en ons God.

6. ONS DANK GOD

Ons gees is

rusteloos en

kan net rus

vind in GOD.

Elke mens het ‘n

vakuum wat net

deur God gevul

kan word!

Page 8: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · In „n ou kerkie in Clanwilliam deel hy die geheim: Op die groot saaidag van die heelal het reeds 'n entjie duskant Wupperthal oor die kaal Noordweste

10h00 - 12h00 HAARKAPPER: Ester du Toit nooi u - maak gerus ‘n afspraak by haar - Tel: 081 453 8130.

KOM WEES KREATIEF: Sitkamer om 10h00 – 12h00: Die groepie wat op 'n Dinsdagoggend bymekaar kom het besluit om die gemeenskap te bedien met hul kreatiwiteit. Hulle gaan vir die volgende winter fokus op 'n winkel/kafee/motorhawe in die dorp en serpe, musse en handskoene brei vir die personeel. Indien u saam wil kom brei op 'n Dinsdagoggend is u meer as welkom. Hierdie groepie brei nie net nie - hulle kuier, lag en gesels baie lekker saam - daar is ook altyd iets lekkers om te eet. NAALDWERK: Rita Ferreira nooi u om herstelwerk te bring. Kontak haar gerus op 073 218 1789 Baie dankie!

10h00: SKAAK Johan Oosthuizen is baie lief vir skaak en wil sy belangstelling/liefde graag met u deel. Kom speel saam met hom by die Dienssentrum. Indien jy nie kan speel nie is Johan bereid om vir jou te leer. Kontak asb vir Johan op ‘n Maandag om te bevestig op 082 804 6715 of 028 316 4961 indien u wil kom saam skaak speel op ‘n Dinsdag. U is baie welkom! Dit is die regte tydverdryf vir die winter aande.

KLINIEK 10h00 – 12h00: Kontak sr. Ronel Calitz by 073 152 5623 en maak 'n afspraak. Sy kan gekontak word Maandag tot Vrydae: 08h00 – 13h00. Kontak sr. Calitz direk indien u versorger benodig.

TRIMGIM VIR VROUE in Ark om 10h00 - 11h00: Trimgim deur Mathilda Roos (bio-kinetikus). Trimgimfooie is R35 per maand vir lede. (R50 per maand vir nie-lede) Kontak no: 082 339 1085. TRIMGIM VIR DIE MANNE in die Ark @ 11:00 - 12h00: Mathilda nooi

alle manne wat graag wil deelneem om 11h00 om in die Ark bymekaar te kom en saam te kom oefen. Welkom!

VOETE- EN HANDE VERSORGING Marilyn gaan met vakansie vanaf 11 Augustus tot 3 September. Bespreek nou om te sorg dat jou voete en hande reg is vir die tyd wat Marilyn met vakansie is. Ons gun haar die rus! Sy is amper elke Woensdag hier vanaf 8h00 tot laat in die middag. Ons bid haar ook ‘n geseënde rustyd toe.

08h30: DIENSSENTRUMSPAN vergadering by die Dienssentrum.

10h15: KOM BREI SAAM. Ons nooi alle breiers graag uit om die oggend saam met ons te kom geniet. Bring jou breiwerk, kom gesels en kuier saam en geniet ‘n heerlike koppie tee/koffie. Welkom!

Ons almal saam in diens van

Jesus Christus

Oral, Altyd en in Alles

PROGRAM 5 - 11 Sept

Onrusrivier Dienssentrum

“Deur die genade

van God”

MAANDAG 5 SEPTEMBER

DINSDAG 6 SEPTEMBER

WOENSDAG 7 SEPTEMBER

DONDERDAG 8 SEPTEMBER

ONDERSTEUNINGSGROEP Ons nooi u graag na ‘n ondersteuningsgroep vir almal wat aan MNS ,MS, Spierdistrofie, Parkinsons, Alzheimer en Dimenssie lei of daaroor wil praat op 5 September 2016 @ 11h00-12h00 by die Dienssentrum. Kom gesels saam, ons luister graag. Welkom!

Lida Louw 6

Esther Nortjé 9

Rassie Erasmus (G/Harvest) 11

Pieter Linde 12

Maria Hugo 13

Wilna Snyman 14

Anna Gauche 19

Nella van Niekerk 19

Piet Liebenberg 20

Marie Mostert 21

Fanie Loubser 22

Marie du Toit 24

Celia van Rensburg 24

Anna Fourie 26

Maureen Theron 26

Nico Ferreira 28

Sid Viljoen 30

VERJAARSDAE BO 80

SEPTEMBERMAAND

BAIE GELUK!

Page 9: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · In „n ou kerkie in Clanwilliam deel hy die geheim: Op die groot saaidag van die heelal het reeds 'n entjie duskant Wupperthal oor die kaal Noordweste

KONTAK NOMMERS

DIENSSENTRUMNOMMER

028 316 1745 KONTAK VIR JOAN OF HANNIE

(09H30 – 12H30)

VIR ENIGE INLIGTING.

ERIKA OOSTHUYSEN

Maatskaplike Werker

O28 316 3115 / 079 322 0998

[email protected]

VRYDAG MARKIE

9 SEPTEMBER 2016

Die Dienssentrum het

weer op Vrydag,

9 September, 'n mark

hier by die kerk vanaf

09h00 - 12h00.

Die koste is R20 vir 'n tafel.

Kontak asb vir tannie Joan by die Dienssentrum.

Ons vra dat u asb eers betaal en dan word die

tafel bespreek. Baie welkom!

Ons nooi u almal uit om saam te kom kuier, mooigoed,

bederfgoed en smaaklike goed te kom geniet.

Nooi gerus u vriende, bure, familie en kom geniet

die oggend saam met ons.

VRYDAG, 9 SEPTEMBER

KOLWYNTJIE TEETUIN

09H30 – 11H30

'n Hartlike uitnodiging aan

almal wat die MARKIE in die

sentrum gaan besoek: Kom

drink 'n koppie koffie/tee met

'n groot stuk koek/tert vir net R30 by die

KOLWYNTJIE net links van die kerk by die

Dienssentrum.

ONS ONTVANG EN BEDIEN JULLE MET DIE LIEFDE

VAN JESUS. ALMAL WELKOM!

FOTO ONDER: Verjaarsdae word gereeld gevier by

die Kolwynjie. Tafels word mooi versier en die gebak is

heerlik! Bespreek gerus by Marie indien jy jou vriende

hier wil bederf op (028) 316-4018.

ONSTEATER WANNEER?

Donderdag 22 September DV

TYD? 14:30

DVD?

MIRACLES FROM HEAVEN

" If you don't believe in Mira-

cles, you will after watching

this film!"---The Insider

Slegs donasie vir die

Dienssentrum.

BAIE DANKIE VIR DIE

PRAGTIGE BYWONING VAN

"RISEN". WAARDEER!

Page 10: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · In „n ou kerkie in Clanwilliam deel hy die geheim: Op die groot saaidag van die heelal het reeds 'n entjie duskant Wupperthal oor die kaal Noordweste

DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K)

083 468 8194 [email protected]

DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K)

083 448 1651 [email protected]

DS ANTON DUVENHAGE 072 477 3185

[email protected]

DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895

[email protected]

VOORSITTER KERKRAAD Piet van Zyl

082 339 9871 [email protected]

EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633

[email protected]

MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen

028 316 3115 (K) 079 322 0998

[email protected]

KOMMUNIKASIE BEAMPTE

Karin de Bruin 084 305 2086

[email protected]

ONTVANGS Mervian van der Merwe

084 875 7875 [email protected]

REK BEAMPTE Rika Eveleigh 082 679 1312

[email protected]

ADMIN BEAMPTE Hanna de Jager 082 441 9759

[email protected]

KOSTER Hennie Davies 061 300 4577

Vir navrae en kommentaar

op die Hartklop [email protected] (Advertensies sluit Dins 12:00)

KERKKANTOOR ma - vry 08h00 - 13h00

Tel (028) 316-2116 [email protected]

www.ngkonrusrivier.co.za

DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier

Bank: ABSA

Rek. 406 215 2718

SENDING (GBO) Geloof Belofte Offer

Bank: ABSA

Rek. 916 9799 886

Your local Manufacturer of Timber

* Skirting * Ceiling * *Flooring * Decking *

028 313 2183 www.coastaltimbermouldings.co.za

DIE KLEREKAS vra asb vir KINDER KLERE. Hulle het groot hoeveelhede klere uitgedeel en die kaste is maar leeg! Gaan loer gerus deur u kaste en bring na die kerkkantoor. BAIE DANKIE! KOSPAKKIES 19 SEPTEMBER DV Op die voorraadrakke is SUIKER en TAMATIESOUS nog effens min. BAIE DANKIE vir al die bestanddele wat ons so gereeld ontvang! KOEKSISTERS TE KOOP VIR ONRUS DIENSSENTRUM Koeksisters word gebak op 8 September in die Maalruimte vir die Onrus Dienssentrum se Markie wat op 9 September plaasvind. Kom haal dit af op 8 September vanaf 11:00, so nie op 9 September by die Markie in die Maalruimte. Koste: R30 vir 1 dosyn. Bestel asb by: Ria Niemann Sel 082 971 8257 (bestel per sms of skakel my asb.)

wees

Women to Women in Zwe-lihle: Die dames kuier heerlik saam.

Belydenisklas bid saam vir Ds Christo Wooding (Transkei)

Ds Anton besoek die Rooitrein in die Ark

Tieners reik ook uit met muffins verlede Son.

Ds Michiel het onlangs ‘n 3 jaar kursus “Gevorderde sertifikaat in Bedienings-vernuwing” voltooi . Sy dogter Anne-marie was by toe hy sy sertifikaat ontvang. Baie geluk Michiel!