Hartklop · 2018. 10. 13. · Hartklop 30 SEPTEMBER 2018 VANOGGEND SE BOODSKAP DEUR DR WILHELM...

6
Hartklop 30 SEPTEMBER 2018 VANOGGEND SE BOODSKAP DEUR DR WILHELM BURGER ONTMOETING MET GOD IN DIE FLUISTERING VAN DIE WINDSTILTE ... (1 KON 19:1-18) ‘n Mens kan ook moeg word om goed te doen en goed te leef. Jy kan ontnugter word met godsdiens, met die kerk en met christene. Ek sien dikwels hoe toegewyde lidmate terug- staan en sê: “Ek het nou eers genoeg gehad hiervan! “ Heimlik bedoel hulle seker: Ek is effens ontnugter met godsdiens. Mense huiwer om dit te sê, maar hulle is soms ontnugter met Gód! Soos die kerk aarsel terwyl die wêreld sug om uitkoms, kan jy hulle nie kwalik neem nie. Skeptisisme en ontnugtering is ‘n treetjie weg van ongeloof. Soms erken mense dit dapper en verwoord hulle soeke, terwyl ander stilweg verdwyn. Dit laat ‘n mens dink aan ‘n moedelose Elia, al slapende onder ‘n besembos. As dit nie vir die engel was wat hom versorg het nie, sou die pad vir hom te lank geword het (:7). Ons kan God net dank vir die engele onder ons… HARTLIK WELKOM! Ek ry nou die dag by ‘n huis verby. Die huis se naam is ‘Taai Tye’. Waarom só ‘n naam ...? Hulle sê die gemiddelde persoon sal elke dag ongeveer 50 000 gedagtes moet hanteer. Sommige is positief en aangenaam, ander is negatief en onaangenaam. Hierdie negatiewe gedagtes skei ongelukkig ‘n streshormoon af, kortisol en dit maak jou wanhopig, mismoedig en selfs depressief. Dit is die ‘Taai Tye’. Die Here Jesus het by geleentheid gewaarsku en gesê dat ons in hierdie wêreld ‘Taai Tye’ sal hê, maar Hy het onmiddellik bygevoeg dat ons moed moet hou, want “Ek het klaar die wêreld oorwin” (Joh.16v33). Kan ons nog moed hou? Ja. Ons kan eers begin by die ‘Taai’. - Ons kan ons ‘Taai’ gedagtes verbaliseer. Praat. Praat met ‘n vertroueling. Praat met jou Vader in die hemel. Laat die Taai’ gedagtes ontsnap. Dit is soos om ou lug uit te asem en vars lug in te asem. Uit met die negatiewe. In met die positiewe. In met God se beloftes. En vanaand mag jy “onbesorg gaan lê en dadelik aan die slaap raak, want U, Here, laat my veilig woon” (Ps. 4v9). En dan kan ons ook iets doen aan die ‘Tye’. - In die ou dae het ‘n munisipale amptenaar laatmiddag deur die strate van London gestap en die olielampe aan die lamppale een vir een brand gesteek. En hulle sê daardie lamp-aansteker het nooit verder gegaan as hy nie eers ‘n lamp aangesteek het nie. En só kan ons iets doen aan die Taai Tye’. Ons kan ‘n lig aansteek vir iemand anders in die donker, en dan baat ons self van die lig. Dan eers gaan ons verder .... Kyk voor teen die muur van ons ouditorium - daar staan twee sleutel-woorde: Wees Lig. Dit is die Here se raad vir ons in hierdie Taai Tye’. Wees ‘n lamp-aansteker! Welkom! GEEN AANDDIENS VANAAND AGV VAKANSIE DEURKOLLEKTE VANOGGEND Sin Koll. Zimbabwe, Malawi, Mosambiek

Transcript of Hartklop · 2018. 10. 13. · Hartklop 30 SEPTEMBER 2018 VANOGGEND SE BOODSKAP DEUR DR WILHELM...

Page 1: Hartklop · 2018. 10. 13. · Hartklop 30 SEPTEMBER 2018 VANOGGEND SE BOODSKAP DEUR DR WILHELM BURGER ONTMOETING MET GOD IN DIE FLUISTERING VAN DIE WINDSTILTE ... (1 KON 19:1-18)

Hartklop 30 SEPTEMBER 2018

VANOGGEND SE BOODSKAP DEUR DR WILHELM BURGER

ONTMOETING MET GOD IN DIE FLUISTERING VAN DIE WINDSTILTE ... (1 KON 19:1-18) ‘n Mens kan ook moeg word om goed te doen en goed te leef. Jy kan ontnugter word met godsdiens, met die kerk en met christene. Ek sien dikwels hoe toegewyde lidmate terug- staan en sê: “Ek het nou eers genoeg gehad hiervan! “ Heimlik bedoel hulle seker: Ek is effens ontnugter met godsdiens. Mense huiwer om dit te sê, maar hulle is soms ontnugter met Gód! Soos die kerk aarsel terwyl die wêreld sug om uitkoms, kan jy hulle nie kwalik neem nie. Skeptisisme en ontnugtering is ‘n treetjie weg van ongeloof. Soms erken mense dit dapper en verwoord hulle soeke, terwyl ander stilweg verdwyn. Dit laat ‘n mens dink aan ‘n moedelose Elia, al slapende onder ‘n besembos. As dit nie vir die engel was wat hom versorg het nie, sou die pad vir hom te lank geword het (:7). Ons kan God net dank vir die engele onder ons…

HARTLIK WELKOM! Ek ry nou die dag by ‘n huis verby. Die huis se naam is ‘Taai Tye’. Waarom só ‘n naam ...? Hulle sê die gemiddelde persoon sal elke dag ongeveer 50 000 gedagtes moet hanteer. Sommige is positief en aangenaam, ander is negatief en onaangenaam. Hierdie negatiewe gedagtes skei ongelukkig ‘n streshormoon af, kortisol en dit maak jou wanhopig, mismoedig en selfs depressief. Dit is die ‘Taai Tye’. Die Here Jesus het by geleentheid gewaarsku en gesê dat ons in hierdie wêreld ‘Taai Tye’ sal hê, maar Hy het onmiddellik bygevoeg dat ons moed moet hou, want “Ek het klaar die wêreld oorwin” (Joh.16v33). Kan ons nog moed hou? Ja. Ons kan eers begin by die ‘Taai’. - Ons kan ons ‘Taai’ gedagtes verbaliseer. Praat. Praat met ‘n vertroueling. Praat met jou Vader in die hemel. Laat die

‘Taai’ gedagtes ontsnap. Dit is soos om ou lug uit te asem en vars lug in te asem. Uit met die negatiewe. In met die positiewe. In met God se beloftes. En vanaand mag jy “onbesorg gaan lê en dadelik aan die slaap raak, want U, Here, laat my veilig woon” (Ps. 4v9).

En dan kan ons ook iets doen aan die ‘Tye’. - In die ou dae het ‘n munisipale amptenaar laatmiddag deur die strate van London gestap en die olielampe aan die

lamppale een vir een brand gesteek. En hulle sê daardie lamp-aansteker het nooit verder gegaan as hy nie eers ‘n lamp aangesteek het nie. En só kan ons iets doen aan die Taai Tye’. Ons kan ‘n lig aansteek vir iemand anders in die donker, en dan baat ons self van die lig. Dan eers gaan ons verder ....

Kyk voor teen die muur van ons ouditorium - daar staan twee sleutel-woorde: Wees Lig. Dit is die Here se raad vir ons in hierdie Taai Tye’. Wees ‘n lamp-aansteker! Welkom!

GEEN AANDDIENS VANAAND AGV VAKANSIE

DEURKOLLEKTE VANOGGEND Sin Koll. Zimbabwe, Malawi, Mosambiek

Page 2: Hartklop · 2018. 10. 13. · Hartklop 30 SEPTEMBER 2018 VANOGGEND SE BOODSKAP DEUR DR WILHELM BURGER ONTMOETING MET GOD IN DIE FLUISTERING VAN DIE WINDSTILTE ... (1 KON 19:1-18)

MAANDAG 1 OKTOBER

GEBED: “Ek sien in my gees die glorie en die almag van die Heer, die Allerhoogste wat in liefde oor Sy Koninkryk regeer!” Vandag eer ons U net as die Allerhoogste en Regeerder, Vader. Ons aanbid U vir U almag.

WAT GEBEUR HIERDIE WEEK BY DIE KERK?

DINSDAG 2 OKTOBER

GEBED: “Hy’t belowe aan die einde op die wolke kom Hy weer, Hy is Koning, Hy regeer. Loof Hom, prys Hom, Halleluja!” Dankie vir U beloftes in die Woord Vader, ons staan daarop.

ALGEMEEN SOPKOMBUIS DIENSSENTRUM Haarkapper: Ons verwelkom ons nuwe haarkapper, Mariaan Visser. Haar telefoonnommer is 082 877 8546. Sy sal aanvanklik hare doen/sny op Dinsdae vanaf 10h00 – 12h00 by die Dienssen-trum. Haar pryse bly dieselfde as die van ons vorige haarkapper. Skakel haar direk en maak ‘n afspraak. KLINIEK: Ons kliniek is oop 10h00 - 12h00. Kontak vir sr. Calitz by 073 152 5623 en maak 'n afspraak indien u haar wil spreek. 'n Kliniekbesoek se koste is slegs R20 vir lede. NAALDWERK OM 9H30 - 10H00: Marlene Burger help om klere te verstel. Haar nommer is 028 316 3363 of 072 140 5807.

SITKAMER OM 10H00 – 11H00: ONDERSTEUNINGSGROEP vir almal wat aan MNS, MS, Spierdistrofie, Parkinsons, Alzheimer en alle vorme van Demensie ly en hulle familielede. Kom gesels saam en word ondersteun.

WOENSDAG 3 OKTOBER

GEBED: “Die Here is ons vesting wat vir altyd sal bly staan, Hy beskerm elke mens wat in geloof na Hom toe gaan. Hy’s ons skuiling, Hy’s ons wapen, Hy het die vyand reeds verslaan, Hy’s die rots wat ewig staan” Amen, Here, Amen!

ALGEMEEN 11:00 - 13:00 DIE KLEREKAS IS OOP - WELKOM! 11:00 NEGESTER KUDDE-KERK BYBELSKOOL

Dit is skoolvakansie. En die Bybelskool is ook gesluit vir die 3de en 4de Oktober. Ons hervat DV die10de en 11de. En dan vra ons weer: ‘Eenmaal gered, altyd gered..?” Kan die geredde persoon verlore raak ....? (Hebr. 5v11-6v3). Almal is onvoorwaardelik welkom. Notas is beskikbaar. (Navrae: Clifford by [email protected] of 082 37 55 410)

DIENSSENTRUM Voete- en handeversorging: Kontak vir Marilyn by 082 532 6931 en maak 'n afspraak. Daar is verskillende tariewe vir lede/nie-lede. Onthou hierdie diens is ook vir mans. Marilyn sien baie mans wat spesiaal kom vir hulp met hulle voete. Trimgim: Trimgim begin weer vir die nuwe kwartaal. Mathilda Roos (bio-kinetikus) sien u op Woensdae om 15h00 in die OnsTeater by die Dienssentrum. Trimgimfooie is R45 per maand vir lede van die Dienssentrum en R60 vir nie-lede. Kontak vir Mathilda by 082 339 1085.

DONDERDAG 4 OKTOBER

GEBED: “Kom deel nou in ons loflied, het jou hande op na bo, blaas basuine, slaan op dromme en kom dans voor God se oë” . Ons juig vandag saam oor die vreugde en musiek wat u in ons harte skryf Here.

ALGEMEEN 14:30 FILMKLUB: Ons geniet weer “Singing in the rain”. U is almal baie welkom. Konsistorie (Slegs donasies). Navrae: Ina Erasmus 082 508 7608. DIENSSENTRUM SITKAMER OM 10H00: Kom speel saam Rummikub en ander speletjies. Dis skoolvakansie. Bring u kleinkinders saam, kom sit agteroor en geniet dit.

VRYDAG 5 OKTOBER

GEBED: “Kom leef in die oorwinning van Sy woord waarin ons glo, want Sy woord sal ewig staan!” Here God, vandag kan ons waarlik LEEF in die oorwinning wat U vir ons behaal het. Ons kan vasstaan op U as ons Rots, Redder, Verlosser - God!

“Loof Hom, prys Hom, halleluja!”

DIENSSENTRUM 09:30 - 11:30 KOLWYNTJIE TEETUIN. Bring gerus u vriende, familie, kuiergaste en kom geniet die lekkerte koffie, tee en tuisgebak in die dorp!

SONDAG 7 OKTOBER

08:30 GEBEDSKAMER: Ons bid saam vir die erediens, die leraar aan diens en die gemeente. Kom bid asb saam!

WYKE DIENSBEURTE Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 28)

09:00 EREDIENS Dr Clifford Heys gaan voor. U is almal hartlik welkom!

18:00 GEEN AANDDIENS BY DIE GEMEENTE AGV VAKANSIE 18:00 ONRUS MANOR KUDDE-KERK

Page 3: Hartklop · 2018. 10. 13. · Hartklop 30 SEPTEMBER 2018 VANOGGEND SE BOODSKAP DEUR DR WILHELM BURGER ONTMOETING MET GOD IN DIE FLUISTERING VAN DIE WINDSTILTE ... (1 KON 19:1-18)

OKTOBER IS FEESMAAND! !

VERSKEIDENHEIDSKONSERT 19 Oktober 2018 om 19:00 @ R100pp

Heerlike ete en wyn beskikbaar in die maalruimte & sysaal vanaf 17:30 (slegs donasie). U is baie welkom!!

aangebied deur ons Dominees

PROGRAM: Janine Neethling en Mariette Labuschagne (klavier & sang), Gimnastiek, Paleiswagte en Poachers (drama en komedie van Kidbrooke), Rita & Hilda (tjello / klavier en sang), Marina School of Dance, Hermanus Laerskoolkoor, Voordrag deur Eisteddfod pryswenners, Die Loud band, The Bop (Elna Luwes en vriend), Ammi Schutte (sang & klavier), Boeremusiek-keurspel, Samesang-keurspel met ons eie musiekgroep, Ryno Velvet, Country musiek deur Servaas Verster, Die drie varkies deur ons eie dominees en nog vele meer!

Daar is slegs ‘n beperkte hoeveelheid kaartjies beskikbaar. Maak dus seker u kom kry u kaartjie so gou moontlik by die kerkkantoor. OUERS: Neem ook asb kennis dat ons vir al die kleintjies en laerskoolkinders oppassers gereël het in die OnsTeater. Bring hulle gerus en kom ontspan by die

konsert. Bevestig asb net by die kerkkantoor die ouderdom en hoeveelheid kinders. Welkom!

KAARTJIES KAARTJIES KAARTJIES KAARTJIES KAARTJIES

SONDAG 28 OKTOBER 10de Maand Dankoffer

Lewensvreugdefees Liewe vriende, ons is so opgewonde oor die hele Oktober, want Oktober is FEESMAAND!! Ons gaan die hele maand fokus op ons dankbaarheid aan God, Jesus, die Heilige Gees. Dit is ‘n diepe dankbaarheid wat spruit uit die ontvang van genade - ‘n genade onbeskryflik groot!!

Saam met dit gaan ons ook ons droom en visie vir Onrusge-meente vier. God het dit op ons harte kom skryf, en ons eer HOM daarvoor. Dit is ‘n visie waar ons almal saam in Sy diens is, waar ons altyd, oral en in alles in Sy diens is. Die visie lei ons daartoe dat verlore mense gered kan word, gebroke mense heling kan vind en kinders van God gehoor-same dissipels van Jesus kan wees. Amen!

Daarom, op Sondag 28 Oktober gee ons u almal die geleent-heid om ons te help om die visie waar te maak. Ons het fondse nodig om van die aksies te doen, maar ons het ook u almal se hande, ondersteuning en gebed nodig. Kom stap saam met ons op hierdie pad, die pad van God!

Ons gaan ook dan daardie Sondag die LEWE vier met vreugde in kleingroepe en verskillende belangegroepe. Hou die Hartklop dop vir meer inligting binnekort en stof solank jou feesklere af vir Oktober! Welkom!

Page 4: Hartklop · 2018. 10. 13. · Hartklop 30 SEPTEMBER 2018 VANOGGEND SE BOODSKAP DEUR DR WILHELM BURGER ONTMOETING MET GOD IN DIE FLUISTERING VAN DIE WINDSTILTE ... (1 KON 19:1-18)

WAARNA KAN ONS UITSIEN?

KLEINGROEPE

Liewe vriende, na die onlangse Kleingroepe Taakspanbyeen-koms, wil ons u almal graag oproep om …

* Ernstige daaraan oorweging te skenk om deel van ‘n kleingroep te raak. Dit is ‘n wonderlike manier van omgee, versorg en vriendskap. * Dat bestaande groepe (alle soorte) asb hul groepleier/organiseerder se name aan Martie Verster by die kerkkantoor deurgee. * Opgewonde uit te sien na die eerste kwartaal van 2019 aangesien iets gaan gebeur wat ons lidmate geleentheid gaan bied om mekaar beter te leer ken. Ons sien baie uit daarna!!

Vir enige navrae rondom kleingroepe, kontak gerus Deon Terblanche Tel. 083 400 9010 of E-pos: [email protected].

GEMEENTEKAMP 2-4 NOVEMBER 2018 MONTAGU KARAVAANPARK

Kom geniet ‘n heerlike ontspan en kuier saam met ons. Daar is heerlike warm swembaddens by die park en dis sommer naby die dorp vir rondloop by die klein winkeltjies. Kom kuier saam!

KOSTES Kampplek: R110pppn (volwassenes), R60pppn (kinders tot 12) R180 per paar pn (Seniors)

Bungalows: R900 per nag (vir 4 persone)

Besprekings en betalings teen laatste 8 Oktober by die kerk-kantoor. Navrae: Paul Pretorius (082 652 6979)

VIR U DAGBOEK OKTOBER & NOVEMBER

Bejaardes en Engeltjies

18 Oktober @ 10:00

Spoelklippe Uitstappie Tafelberg Kabelkar

25 Oktober @ 07:00 (Meer inligting binnekort)

Verskeidenheidskonsert

19 Oktober Vanaf 17:30 is ete beskikbaar

Vertoning begin 19:00

Belydenisgroep naweekkamp (Botrivier) 19 - 21 Oktober

Ons bid vir ds Anton en die Belydenisgroep

Gemeenskap Dankdiens Sondag 21 Oktober @ 15:00 Mount Pleasant Sportgronde

Ons vat hande met al ons broers en susters oor alle gemeenskappe in ons pragtige dorp.

Ons eer God vir wie HY is, ons neem mekaar se hande en prys HOM vir Sy sorg en liefde.

10de Maand Dankofferfees & Lewensvreugdefees

Sondagoggend 28 Oktober (Meer inligting op bladsy 3)

Kerkraadsvergadering

Gemeentekamp by Montagu 2-4 November

Spoelklippe Kersete by Onrus Manor

15 November @ 18:00 (Meer inligting binnekort)

Biddag vir Beskermingsdienste

Sondagoggend 18 November @ 09:00

Teentrix Afsluiting Sondagaand 18 November @ 18:00

Sondagoggend Erediens 25 November @ 09:00

Promusica gaan ons bederf met Kersliedere

Bybelgroepe & Rooitrein Afsluiting Sondagoggend 25 November @ 09:00

Gemeenskap Aandnagmaal

25 November @ 18:00

Kerssangdiens by Onrusgemeente Sondagoggend 2 Desember @ 09:00

Liewe Gemeente, bid asb saam met ons

vir al hierdie funksies, geleenthede en

byeenkomste. Vader, ons dra elke

geleentheid aan U op. Mag U daardeur

verheerlik word!

Amen.

Page 5: Hartklop · 2018. 10. 13. · Hartklop 30 SEPTEMBER 2018 VANOGGEND SE BOODSKAP DEUR DR WILHELM BURGER ONTMOETING MET GOD IN DIE FLUISTERING VAN DIE WINDSTILTE ... (1 KON 19:1-18)

DIENSSENTRUM KOMBUIS Ons nooi u uit om van ons spyskaart gebruik te maak. Ons gee etes die tweede Woensdag van elke maand. Die maand van Oktober (10 Oktober) begin ons met ‘n hele verskeidenheid – u kan kies en keur! Bestel asseblief voor Vrydag, 5 Oktober, by Joan (028 316 1745). (ALLE ETES KOS R55) Lasagne met hoender Lasagne met maalvleis Macaroni en kaas met ‘n twist Bobotie

ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM

028 316 1745

Die Dienssentrum is vir oud en jonk. Kom maak gerus 'n draai by ons en sien hoe lekker dit is om in

die Dienssentrum net agteroor te sit en te ontspan saam met ander mense. Kontak gerus vir Joan of

Hannie Dinsdae tot Vrydae vanaf 09:30 - 12:30 vir enige navrae. Hartlik welkom!

LEDEGELD: Ledegeld is vanaf 1 Maart betaalbaar by Hannie/Joan teen R400 per individu en R600 per egpaar.

PLAASBOTTER is beskikbaar by die dienssentrum teen R50 vir 500g van Dinsdae tot Vrydae vanaf 9h00 - 12h30.

Liewe vriende, die Teetuin het u hulp nodig. Ons soek asb nog kelners en kelnerinne wat op Vrydagoggende kan help bedien en ook in die

kombuis werk.

Ons soek ook asb nog baksters wat die Teetuin van heerlike eetgoed / gebak kan voorsien.

Kontak asb vir Siska - ons sal dit so waardeer!!

KOLWYNTJIE TEETUIN

VRYDAG 28 SEP (09:30 - 11:30)

Daar word heerlik gekuier met verjaarsdae en groepbyeenkomste. Bring al u vriende en kom kuier saam! Kom drink tee/koffie en geniet 'n eetdingetjie vir slegs R30 (R20 vir lede). 'n Tweede koppie koffie gaan u slegs R5 kos. Dit is voorwaar die lekkerste eetgoed in Hermanus.

Kontak asb vir Siska Conradie op 082 762 2732 vir enige groepbesprekings. Hartlik welkom!

OP HOË PLEKKE

Hy maak my voete soos dié van 'n ribbok; op hoë plekke laat Hy my stewig staan. Psalm 18:34 NAV Ken jy ook die lied

"Al sou die vyeboom nie bot nie"? Die koorgedeelte bevat mos hierdie woorde.

Wat beteken dit dat die Here ons stewig laat staan op hoë plekke? 'n Hoë plek is 'n posisie van outoriteit, van oor-

winning. Dit is 'n plek van waar jy kan afkyk. Geloof is inderdaad om bo die omstandighede uit te styg en daarop af te

kyk - om dit te sien soos die Here dit sien! Dan leef ons in oorwinning OOR die omstandighede en IN die omstandig-

hede. Ons is geroep om daardie hoë posisie in te neem - nie om hopeloos en moedeloos in die moeras te ploeter nie!

Dis die waarheid, maar nogtans gly ons so maklik af na die laagtes toe! Dis hoekom dit telkens weer 'n besluit is.

Neem jou hoë posisie weer saam met Christus in deur te besluit om na

jou omstandighede te kyk soos Hy daarna kyk. Ja, kry weer die ver

perspektief, die goddelike blik. Styg uit, styg op! Vra die hulp van die

Heilige Gees.

Allerhoogste God, wys my hoe U hierdie situasie van my sien.

In JESUS NAAM!!! Amen.

Page 6: Hartklop · 2018. 10. 13. · Hartklop 30 SEPTEMBER 2018 VANOGGEND SE BOODSKAP DEUR DR WILHELM BURGER ONTMOETING MET GOD IN DIE FLUISTERING VAN DIE WINDSTILTE ... (1 KON 19:1-18)

DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K)

083 468 8194 [email protected]

DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K)

083 448 1651 [email protected]

DS ANTON DUVENHAGE 072 477 3185

[email protected]

DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895 082 37 55 410

[email protected]

VOORSITTER KERKRAAD Piet Vorster 081 399 0557

[email protected]

EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633

[email protected]

MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen

028 316 3115 (K) 079 322 0998

[email protected]

KOMMUNIKASIE BEAMPTE

Karin de Bruin 084 305 2086

[email protected]

ONTVANGS Mervian van der Merwe

084 875 7875 [email protected]

REK BEAMPTE Hanna de Jager 082 441 9759

[email protected]

ADMIN BEAMPTE Martie Verster 084 510 4618

[email protected]

KOSTER Deon van der Kooi

074 503 9271

KERKKANTOOR

Maandae - Vrydae

08h00 - 13h00

Tel (028) 316-2116

Bergstr 57, Onrus

SENDING (GBO) Geloofbelofteoffer

Bank: ABSA Rek. 916 9799 886

GEBED VIR NOOD EN SIEKTE CHEMO / BESTRALING / BEHANDELING

Sugnet Sieberhagen, Annette Norman, Leonie Koekemoer

IN DIE HOSPITAAL EN AANSTERK TUIS Jannie Smit, Anne-Marie Olivier, Babs Loubser, Peet Geyser, Hannie Koch, ds Michiel de Kock

SIEKTE / SORGEENHEID / BEMOEDIGING Johann Spies, Aletta Stegman, Francie Kuhn, Joan Mills, Hillary Schreuder, Tertia van Onselen, Nonnie Blignaut, Ernie Stephan, Nikki Strauss, Des Kruger, Trixie Nortje

SPESIALE GEBED VIR ONS GEMEENSKAP Here, ons staan vandag in eenheid voor U, as U kinders, en ons bid U beskerming, seën, sorg oor ons gemeenskap. Ons bid vir vrede, U vrede Here. Ons bid vir geduld met mekaar, ons bid vir ware omgee en luister - regtig luister na mekaar. Ons bid dat U, Heilige Gees, met ‘n nuwe wind deur ons strate sal waai - ‘n wind van lewe, lig en genesing. Ons bid dat U elke lid van hierdie gemeenskap sal aanraak met U heilige vuur - raak ons harte aan Here, want U is heilig! Mag U vereer word as die ware God en Heerser van die groter Hermanus gemeenskap.

ngkonrusrivier.co.za

Gaan “like” ons gerus

NG Onrusrivier

TEKS VAN DIE WEEK VIR SONDAG 7 OKT 2018

CLIFFORD SAL DV NOU KOMENDE SONDAG VIR ONS VOORGAAN. DIE SKRIFLESING IS PSALM 78. Gaan blaai deur jou foto-albums ter voorbereiding: As julle die dag 50 jaar getroud is, en julle blaai nostalgies deur ou foto-albums, dan wonder julle wie is die vreemdsoortiges en aliens op planeet aarde? Ons of hulle ...? Daar is die foto’s van ons ouers wat die swaar tye beleef het (die Silent Generation). Daar is ons eie prettige foto’s. Ons was die die Baby Boomers. Daar is die weemoedige foto’s van ons kinders wat destyds grensdiens gedoen het (die Generation X). Ons kleinkinders staan op die foto’s elk met ‘n slimfoon en hulle bevraagteken alles met ‘n ‘Why ..?’ (die Y Generation / Millennials). En ons kyk na ons jonger kleinkinders met die vinnige vingers en noem hulle die Clickers (die Generation Z ). Hulle het verander. Ons is skynbaar die vreemdsoortiges en aliens op planeet aarde. Psalm 78 sê vir ons ouers: (a) God verander nie. Vertel jou kinders en kleinkinders van jou God. En: (b) Moenie jou geloof verander nie.

Posbus 25 Onrusrivier 7201

DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier

Bank: ABSA Rek. 406 215 2718

LIGHUIS GEBED (Lewe In Gebed) Ons herinner u almal aan u 5 persone waarvoor u daagliks bid as deel van die LIGhuis Gebed. Ons bid vir die volgende:

B - Body (Bid vir hul gesondheid) L - Labor (bid vir hul werk en besigheid) E - Emotional (Bid vir verhoudinge met ander) S - Spiritual (Bid vir verhouding met God) S - Social (Bid vir aanpassing in die lewe, in die gemeenskap ens.