Police Gazette 1-08

24
Die Polisie-Koerant Nie-amptelike Nuusbrief vir SAP- Veterane The Police Gazette Un-official Newsletter for SAP-Veterans Vol 1 No 8 Pretoria: Sondag 25 Julie 2010 - Sunday 25 th July 2010 Redakteur: Hennie Heymans: Editor Adres/Address Posbus/PO Box 11704, Queenswood, 0121. [email protected] This newsletter, although originating from the Republic of South Africa is not in any way an official mouthpiece of the former South African Police Force. This newsletter is the voice of police veterans, their dependents and their family and friends. PLEASE NOTE that the opinions expressed in this newsletter are not necessarily those of the EDITOR. Names of the persons submitting articles, photographs or letters are shown. 1. WELKOM Baie welkom by ons agste uitgawe van die polisie-koerant wat so vèr om die wêreld trek - party manne verwys nou na die “Polisie Rapport”. Dit is ons plesier wanneer ons die koerant uitstuur en almal se uiteenlopende kommentare en ontvangserkennings lees. Dankie! Ons is almal uniek en sien verskillende dinge op verskillende tye raak. Weereens wonderlik om te sien hoe ons aanmekaar knoop en daar die versugting na die ou dae – daardie kameraderie en trots! Ons twee kollegas van die weermag se twee nuusbriewe het die volgende wysheid verkondig: Guidance from Rowley Medlin in the Newsletter for the WO’s: Remember, as we become fewer and fewer, we must become closer and closer. We are a band of exceptional soldiers. Our days of fighting should be over. Let us live the rest of our days in harmony with each other. Have a lekker week”. Pragtig Rowley en Johan! Hierdie stelling is ook van toepassing op die Suid-Afrikaanse Polisiemag! Ons word ook minder by die dag – kom ons neem mekaar se hande en staan nader na mekaar, kom ons help en ondersteun mekaar. Ons moet ook nie ons kollegas in die huidige polisiediens vergeet nie!! Hulle het ook

description

Police Gazette Volume 1 Issue 08

Transcript of Police Gazette 1-08

Page 1: Police Gazette 1-08

Die Polisie-Koerant

Nie-amptelike Nuusbrief vir SAP-Veterane

The Police Gazette

Un-official Newsletter for SAP-Veterans

Vol 1 No 8

Pretoria: Sondag 25 Julie 2010 - Sunday 25th

July 2010

Redakteur: Hennie Heymans: Editor

Adres/Address Posbus/PO Box 11704, Queenswood, 0121.

[email protected]

This newsletter, although originating from the Republic of South Africa is not in any way an

official mouthpiece of the former South African Police Force.

This newsletter is the voice of police veterans, their dependents and their family and friends.

PLEASE NOTE that the opinions expressed in this newsletter are not necessarily those of the

EDITOR.

Names of the persons submitting articles, photographs or letters are shown.

1. WELKOM

Baie welkom by ons agste uitgawe van die polisie-koerant wat so vèr om die wêreld trek -

party manne verwys nou na die “Polisie Rapport”. Dit is ons plesier wanneer ons die koerant

uitstuur en almal se uiteenlopende kommentare en ontvangserkennings lees. Dankie! Ons is

almal uniek en sien verskillende dinge op verskillende tye raak. Weereens wonderlik om te

sien hoe ons aanmekaar knoop en daar die versugting na die ou dae – daardie kameraderie en

trots! Ons twee kollegas van die weermag se twee nuusbriewe het die volgende wysheid

verkondig: Guidance from Rowley Medlin in the Newsletter for the WO’s: “Remember,

as we become fewer and fewer, we must become closer and closer. We are a band of

exceptional soldiers. Our days of fighting should be over. Let us live the rest of our days in

harmony with each other. Have a lekker week”. Pragtig Rowley en Johan! Hierdie stelling is

ook van toepassing op die Suid-Afrikaanse Polisiemag! Ons word ook minder by die dag –

kom ons neem mekaar se hande en staan nader na mekaar, kom ons help en ondersteun

mekaar. Ons moet ook nie ons kollegas in die huidige polisiediens vergeet nie!! Hulle het ook

Page 2: Police Gazette 1-08

ons ondersteuning en gebede nodig! Daar is goeie manne en vroue in BLOU en hul bloed

steeds pomp steeds BLOU!

2. OORDENKING

2.1 Miskien is dit gepas om net weer ‘n oomblik stil te staan en te dink aan die etos wat ons

as polisiemanne, dienaars van die Allerhoogste, altyd uitgestraal het. GA Watermeyer het

verskeie gedigte oor die polisie geskryf, so het hy een oor die veiligheidstak geskryf, oor die

blitspartollie en talle ander. Ek dink hy was ‘n geleerde regter. Hierdie gedig is aan die

POLISIE opgedra. Dit is sekerlik van pas as ons polisemanne dit asb met biddende

dankbaarheid sal lees:

WAGTERS OP DIE MURE Ons is die wagters op die muur

wat skansgooi in die krisisuur

die manne wat gespeen van vrees

teen elke oormag sterk moet wees

Die land se klippe ken ons bloed

en voor ons uitgaan moet ons groet

Ons is die stang wat misdaad tem

die hand wat kinders straatoor klem

ons is die orde - ons is wet

die oog waarop Sy Groot Oog let

Ons is die buffelbul se buk

wat hordes witoog tru laat ruk

In nanagdonker, ryp of reën

loop ons die, paaie siel alleen

in watter weer, in watter wind

is ons nie op ons pos gevind.

• Spesiaal vir “JF” en “AvdL”. Dankie aan genl ‘Mike’ Geldenhuys wat die gedig

gehad het– ons het oral vir die gedig gesoek! Werklik ʼn mooi gedig!!

• Klassieke polisiëring: Toe ek die foto sien wou ek met alle geweld ‘n polisieman

wees! Dis in my opinie hoe ‘n konstabel moet lyk!

2.2 Sakkie Kotze skryf uit die Kaap oor die KOFFIEBONE-EFFEK:

Toe ‘n jong vrou eendag by haar ma huil en moedeloos haar lewe beskryf asof sy net wil

handdoek ingooi, neem haar ma haar sonder ʼn woord kombuis toe. Daar neem sy drie

kastrolle en vul elk met water. In die eerste plaas sy ʼn paar wortels, in die tweede ʼn paar

eiers en in die derde gemaalde koffiebone. Toe sit sy dit op die stoof en laat dit kook.

Twintig minute later skakel sy die plate af. Sy haal; die wortels uit in ʼn bakkie, toe die eiers

en laaste die heerlike geurige koffie en vra haar dogter: “Wat sien jy?” “Wortels, eiers en

koffie” antwoord sy. Die ma laat haar voel aan die wortels. Dit was sag gekook. Sy dop ‘n

eier af en laat haar voel aan die klipharde eier. Daarna skink sy vir haar van die heerlike

geurige koffie. “Elk van die drie het dieselfde krisis deurstaan - KOKENDE WATER”,

verduidelik haar ma. “Maar elkeen het verskillend gereageer. Die wortel is hard en

onverbiddelik in die water in, maar dit het sag en swak daaruit gekom. Die eier was broos en

sag. Die dun dop het die vloeibare inhoud beskerm. Maar die kookwater het die binnekant

verhard. Die gemaalde koffiebone het uniek gereageer. In plaas daarvan dat dit verander het,

Page 3: Police Gazette 1-08

het dit die kookwater waarin dit was, verander. “Watter een is jy?” vra sy die dogter. “As

krisis en pyn aan jou deur klop, hoe reageer jy? Is jy ʼn wortel, ʼn eier of ʼn koffieboon. Baie

mense swig onder die druk van krisisse en word kragteloos. Ander lyk oënskynlik maar nog

net dieselfde van buite, maar binnekant is dit kliphard. Sal dit nie wonderlik wees as ons

almal soos die koffiebone kon reageer nie. MAG U 'N PERMANENTE KOFFIEBONE-

EFFEK IN ‘N KOOKWATERWêRELD Hê!!

3. LIEF EN LEED

Sterftes 3.1. Dis met leedwese dat Andre Beukes die afsterwe van luit-kol John Martin Horak (RS

186) op Woensdag, 21 Jul 2010, aankondig. Hy het in ’n gru-botsing gesterf toe ’n motor na

bewering deur ’n rooi lig gery het en sy motor getref het. Hy is per helikopter na Milpark

Hosp gevlieg waar hy oorlede is. (Telefonies – Woensdag.)

3.2. Paul Els en Manuel Ferreira (albei SAW) het die volgende berig deurgestuur: “Dear

Members, It is with a sad regret and sense of deep sadness that I need to inform you of the

passing of our old comrade, ex Commander of the Rhodesian Armed forces, Lt. General

Peter Walls. Peter passed away this morning before boarding an aircraft up to Johannesburg.

There are no further details at this time, however we will keep you updated. Kind Regards,

Bill Wiggill, Chairman - 1RLIRA-SA”

3.3 Ambassadeur G Geldenhuys – ‘n Jare lange kollega by ‘buitelandse sake’ raporteer:

“Kollega, die kennisgewing van Oom Ghemus se heengaan, soos beloof. Groete, Marina

Minnie: ‘Dear Colleagues, It is with regret that you are informed that Mr Diederik

Geldenhuys’ father, Mr Ghemus Geldenhuys (a former South African Ambassador), passed

away on 14 July 2010. Mr Geldenhuys is attached to the Chief Directorate: Consular

Services. Memorial service details are as follows: Wednesday, 21 July 2010 at 11:00 – Dutch

Reformed (NG) Church, Moedergemeente, Riversdal. Monday, 26 July 2010 at 11:00 –

Dutch Reformed (NG) Church, Lynnwood. The family can be contacted on: 072 186 6425.

The Director-General and colleagues wish to convey their deepest condolences to Mr

Geldenhuys and his family. EWC’”

• Mnr Geldenhuys was ook lid van die SSVR en ambassadeur in Maseru waar hy ook

nou met die SA Polisie ivm grensgeskille tussen die RSA/Lesotho geskakel het. Hy

was ’n goeie kollega en ons eer sy nagedagtenis. Saluut!

3.4 Ons innige meegevoel met die sewe polisiemanne wat in die helikopter-ongeluk

omgekom het. Ons staan ’n oomblik stil by- “Vuurpeleton: Keer geweer!” Ons eer hul

nagedagtenis. Saluut! [Genl Andre Beukes deel mee dat dit die ou V-tak se helikopter was.]

3.5 Daar is nou vyf kinders van die oud-Koevoette dood in die brand te Vingerkraal.

4. SAP 55 - VERMISTE PERSONE

4.1. Konstabel DJA Brand – oorlede in Suid-Wes tydens ’n SAP-helikopter ongeluk by

Terrencebaai langs die Seekus van die Dood. Is daar iemand wat meer inligting oor hierdie

bekende polisieman het vir sy dogter? Het iemand miskien ’n foto van die gedenkteken te

Terrancebaai. Ek wil my herhinner dat daar by SAP Walvisbaai ’n bronsplaat was wat die

gebeure ook herdenk het. (Vossie hoe lyk met met die SAW/SALM; is daar iemand wat kan

help met meer besonderhede? Mev Hough u is woonagtig in Walvisbaai, kan u meer lig

werp?)

Page 4: Police Gazette 1-08

4.2 Q0 18 – Drummie Drummond het laat weet hy is besig om leidrade op te volg.

4.3 Oud-sersant Des Welthagen – Paul Els en Hennie Heymans is op soek na foto’s van

(oorlede) sers Des Welthagen. Hy was in die SALM en is ook ’n Korea-

veteraan. Later het sersant Welthagen by die SAP aangesluit en was hy in

Durban gestasioneer. Hy is een van die SAP-lede wat op 26 Augustus

1966 by die eerste slag teen SWAPO-terroriste betrokke was. In die

Mobile-eenheid Durban, onder bevel van maj FLC Engels, was Welthagen

konstabel Heymans se peleton-sersant. (Let op sy Koreanse medaljes en

“Presidential Citation.”) Na wat verneem word het hy ’n seun in Nieu-

Seeland. Sers Welthagen het op Heymans se jong gemoed ’n onuitwisbare

indruk gemaak! Hy was ’n sersant wat kon lei – en hy was wêreld-wys! Baie staaltjies kan

oor hierdie Sersant vertel word! In die 1960’s het Durban en Pietermaritzburg ’n

gesamentlike medalje-parade in Pietermaritzburg aangebied. Sers Welthagen was toe ook

peleton-sersant. Maar later meer oor Des Welthagen.

4.4 Peetpa word gesoek – Ongelukkig is rekenaarverbinding verbreek. Meer oor Chris van

Vuuren (Saudi Arabië )se soektog wat opgelos is, aanstaande week.

5. POLISIE-PERSOONLIKHEID VAN DIE WEEK - Genl-maj (ds) MVD “Doempie”

Cloete, SOO, SD, MC,1

Ds MVD “Doempie” Cloete (SAW en SAP afgetree), hierdie voortreflike bedienaar van die

Woord het 18 UVM, SAW en SAP medaljes in sy leeftyd verwerf! Op ’n stadium was hy en

genl Bob Rodgers van die SA Lugmag Suid-Afrika se mees gedekoreerde offisiere. Hy was

behalwe in die bosoorlog, ook in die Tweede Wêreldoorlog en in Korea ’n bedienaar van die

Woord. Met die vriendelike vergunning van die redakteur van “Die Generaal”, luit-genl

Hendrik Westraat, word die volgende lewensskets van genl-maj MVD Cloete geplaas wat in

die Junie 2009 (No 16 pp 9 -10) uitgawe verskyn het: DOEMPIE CLOETE: “N

LEGENDE IN SY EIE LEEFTYD Vroeër vanjaar is 'n hoofstuk in die geskiedenis afgesluit met die afsterwe van mev Anna

Cloete, eggenote van wyle generaal majoor Doempie Cloete, eerste kapelaan van die SA

Polisie. Doempie, soos hy alombekend was, is op 27 Februarie 1913 op De Doorns gebore.

Na sy skoolopleiding by Paarl Hoër Jongeskool staan sy kop na die Hugenote Seminarie,

Wellington, waar hy hom bekwaam as 'n sendeling met Victoria-Wes as sy eerste gemeente.

Hierna sou hy vir vyf jaar in die Sionskerk Paarl, arbei, totdat hy in 1941 by die Weermag

aansluit, met die oog daarop om na Noord-Afrika te gaan vir diens as 'n kapelaan. Maar dit

1 Kan iemand asb kommentaar lewer oor die volgorde van sy post-nominale titels. Is die volgorde reg?

Page 5: Police Gazette 1-08

sou sy diensbeurt in die oorlog in Italie wees waarvoor hy onthou sou word, veral in veldslae

te Castiglione. In In brief skryf hy onder andere: "Die foto’s oor ons kerkhof by Castiglione

praat met my oor baie manne wat ek in daardie berge begrawe het. Ek was die laaste mens

wat baie van hulle nog lewendig gesien het. Ek kon nog hulle arms oor hulle bors kruis en

hulle voete met elektriese draad aanmekaar bind en hulle wegbêre in In vreemde land.

Eendag in die hemel sal ek hulle weer sien en vir hulle weer In slag dankie sê dat hulle

hullewens afgelê het vir ons daardie dae in die berge van Italie. Ons wat agtergebly het, sal

hulle nooit vergeet nie."

Daar het 15 Suid-Afrikaners in Italië gesneuwel. As Doempie nie 'n predikant sou word nie,

sou hy heelwaarskynlik een van ons prominente Afrikaanse skrywers geword het. In ‘n brief

oor die geskiedenis van die Bataljon waarin hy gedien het, skryf hy: "Dit was tussen daardie

hoë kruine (in die Apennyne) dat die Bataljon geveg het van Oktober 1944 tot April 1945.

Daar teen die hange van die berge het ons ons maters wat geval het, agtergelaat. Daar het ons

gestaan by die graftes in die herfs van 1944, toe die sagte najaarswinde die natuur stadig aan

die slaap gesing het; daar het ons gestaan in die snerpende winterkoue toe die sneeu saggies

op ons skouers geval het en ook op hulle wat die koue nie meer gevoel het nie; daar het ons

gestaan in die lente van 1945 en ons het gevoel dat, net so groen en skoon en fris soos die

natuur om ons, so was ook die lewe wat hulle nou ingegaan het - hulle wat ons daar ter ruste

gele het in die kerkhofvan Castiglione. Hulle het te vroeg gegaan; ja maar hulle werk was

klaar."

Doempie Cloete het in sy loopbaan vele medaljes ontvang, waaronder die hoë Militere Kruis

getel het vir sy dapper optrede op 13 Oktober 1944. Na die oorlog het Doempie in die

Weermag gebly as kapelaan in Wynberg. Na die uitbreek van die oorlog in 1950 in Korea,

word hy kapelaan van die SA Lugmag se tweede vegters Eskader in Korea. Hier het hy sy

taak met onderskeiding en toewyding vervul. As jongmanne vertrek het met In aanval, was

Doempie op die aanloopbaan om 'n gebed op te stuur vir hulle veilige terugkeer. Met hulle

terugkoms van 'n gevaarlike missie, het die eensame figuur van Doempie Cloete op die

aanloopbaan gestaan en wag op hulle terugkeer. Dit moes 'n ongelooflike geestelike genot

aan die terugkerende vlieëniers besorg het. Hy sou daar wag, maak nie saak watter tyd van

die dag of die weersomstandighede nie.

Na byna twee jaar diens in Korea, keer hy terug en sit sy loopbaan voort as kapelaan. In 1957

ontvang hy die rang van Kommandant (Luit-kol) in die SA Lugmag. In 1960 het die behoefte

van 'n Kapelaan by die SA Polisie ontstaan. Daar hoef nie lank gesoek te word na 'n geskikte

persoon nie en Doempie word aangestel as die eerste kapelaan van die SA Polisie. Doempie

was 'n bekende gesig tydens die SA Polisie se tydperk op die SA Landsgrense. In 1973 word

hy bevorder na die rang van Generaal Majoor, 'n rang wat hy met die grootste nederigheid

beklee het. In 1975 tree hy af en vestig hy en sy eggenote, Anna, hulle in 1987 op sy

geboortedorp, De Dooms. Met sy aftrede was Doempie die hoogs gedekoreerde offisier wat

die SA Polisie nog gehad het. Voor sy aftrede het Anna Greyling 'n onderhoud met Doempie

gehad: "Wat sê iemand wat vir sy lewenswerk soveel oneindig baie toekennings en eer

ingepalm het?" Sy beskeie antwoord was: "Sê maar net ek is nog 'n mens wat die werk met

die leiding van Bo na die beste van sy vermoens gedoen het. Op 10 Mei 1992 word hy as 'n

kreupele gelaat na 'n massiewe breinbloeding en op 27 Desember 1992 sterf hy, net kort voor

sy 80ste verjaarsdag. Ons, die lede van die Generaalsklub, staan op aandag en salueer graag

'n egpaar op wie ons almal trots is. Hennie Westraat, Redakteur- Die Generaal

Page 6: Police Gazette 1-08

• Eendag vertel Gary Player ons polisiemanne van geluk: “Hoe meer ek oefen, hoe

meer gelukkig raak ek!” Om suksesvol te wees en hoog geag te wees deur jou

kollegas moet mens bereid wees om te werk – hard te werk! Respek word verdien! As

jy ’n leier wil wees, moet jy bereid wees om te dien! Ds Cloete het hard gewerk, altyd

gewerk en daarom het hy die lof en respek van sy kollegas afgedwing! Ons as lede

van die polisie staan ook op aandag en “SALUEER” sy nagedagtenis.

• Meer inligting oor hierdie offisier is beskikbaar op Google, bv:

South African Military History Society - Journal - 'DOEMPIE ... Doempie Cloete was a tremendous rugby player with a most devastating tackle, an enthusiastic hockey player and, on route marches, would outperform many of ...samilitaryhistory.org/vol103lw.html

South African Military History Society - Journal page ... 'Doempie Cloete':A legend in his own time by L Wulfsohn; Sequel to

Zwartkoppies; The skirmish at Vet River by D Y Saks; The 1st South African Light Tank ...samilitaryhistory.org/journal.html

Regiment de la Rey - Wikipedia, the free encyclopedia Jump to Captain 'Doempie' Cloete: A regimental legend : Captain MDV Cloete,

nicknamed Doempie, was a pastor in the Dutch Reformed Church ...en.wikipedia.org/wiki/Regiment_de_la_Rey

File:CAPT (DS) MDV CLOETE MC.jpg - Wikimedia Commons 13 Jan 2010 ... English: Capt MDV (Doempie) Cloete, chaplain to

Regiment de la Rey. Later founded South African Police Chaplains Service.

commons.wikimedia.org/.../File:CAPT_(DS)_MDV_CLOETE_MC.jpg

Rustenburg in days gone by's Notes | Facebook 13 Aug 2009 ... The regiment later took part in the fighting in Italy and in one of his books,

'Doempie' Cloete: A legend in his own lifetime", www.facebook.com/notes.php?id=137713274017...20... -

• Wat die foto van ds Cloete in Korea betref: Erkenning aan ’n soldaat-vriend wat ’n

gehawende fotoalbum vir my gebring het! Wat die SAP betref gelukkig een foto van

ds Doempie Cloete! Nou kan hierdie foto ook sy eie verhaal vertel!

6. POLISIE-PERSOONLIKHEDE / BIOGRAFIESE WOORDEBOEK: F BECKER

6.1 Konstabel Frederick Becker, Verkenner, TTP, TP, SAP, UVM. Vandag, op 80-jange leeftyd, kan oom Frederick Becker van Pretoria, terugkyk op 'n vol en

avontuurlike lewe, nie alleen as verkenner van die vermaarde Boereheld, Danie Theron nie,

maar ook aan 22,5 jaar diens as konstabel in die S.A. Polisie. Oom Frederick wat vandag

rustig saam met sy dogter in haar woonstel in Andriesstraat woon, het in 1908 by die

destydse Transvaal Town Police aangesluit. Met Unie is hierdie Mag natuurlik deur die SA

Polisie oorgeneem.2 Oom Frederick kan nag baie staaltjies uit die dae vroeg vertel. "Biet een

was myne," vertel hy. "Dit was destyds die kerkhof en Marabastad. Vier keer per nag moes

ek pres. Kruger en prinses3 Christiaan se grafte besoek. 'n Zoeloekonstabel het my vergesel.

Een aand, net na ek weer 'n draai by die grafte gemaak het en ons besig was am die kerkhof te

verlaat, het ek met my flits tussen 'n struik gelig en daar het twee groen-geel oe ons vanuit die

donker struik betrag. Die Zoeloeklong het net een gil gegee en spore oor die graftes heen

gemaak. Hy het hom disnis oor 'n grafsteen geval, opgestruikel en al slingerende die

begraafplaas verlaat. Hoe ek ook daarna aan hom verduidelik het dat dit maar net 'n kat was,

kon ek hom nooit weer sover kry om saam met my die begraafplaas binne te gaan nie."

Volgens oom Frederick was misdaad destyds baie minder as vandag en jeugmisdaad was iets

ongehoords. "Ouers het destyds baie beter beheer oor hul kinders uitgeoefen as vandag." Na

sy aftrede op 50-jarige leeftyd in Julie 1930, was hy vir 10 jaar as gids en opsigter by die

Krugerhuis werksaam. Volgens ds Martins wat die oom goed ken, was oom Frederick met

die geskiedenis van elke voorwerp in die Krugerhuis bekend. Daarna, tot met sy 70ste

verjaarsdag, was hy as klerk by Verdediging werksaam. "Die dag met my aftrede, het ek

meer nooiens gesoen as wat ek ooit weer in my hele lewe sal soen." Vandaar is die regop

oud-polisieman na die Provinsiale Raad waar hy van 1950 tot einde 1957 as spesiale bode

2 Die SAC en die TTP is gedurende 1908 in die nuwe Transvaal Police opgeneem.

3 Dit moet egter lees prins Christiaan se graf. Pr Christiaan was koningin Victoria se kleinseun.

Page 7: Police Gazette 1-08

gewerk het. Vandag is dit oom Frederick se plesier om hofsake by te woon en gereeld te gaan

stap. [NONGQAI - SEPTEMBER, 1960 –p 34.]

6.2 Oud-a/o Wally de Jager wat onder die Zulu’s bekend is as “Die Leeu van Nyazara”, SAP Gingindlovu: Louis Lubbe stuur vir ons hierdie foto van ʼn skêrsnit uit ʼn fotoalbum.

Louis sê: “Die foto het ek gekry by kolonel (afg) Louis "Tiekie" de

Jager. Die koerantuitknipsel is van sy pa op wie hy baie trots is!! Ek

het Louis se toestemming om dit vir jou te stuur.

• Die knipsel raak vaag wanneer dit vergroot word. Ons sien die

a/o was een van die eerste persone wat ’n landmyn afgetrap

het in Noorde tydens die Tweede Wereldoorlog.

• Dankie Louis Lubbe! Ons wens kol Tiekie de Jager kan vir

ons die berig fotostateer en weer aanstuur met vermelding van

a/o de Jager se magnommer, medaljes ens. Wat is bron van die

skersnit en datum asb? Ons sal graag vir a/o Wally de Jager in

die Biografiese Woordeboek vir Lede van die Polisie in

Suid-Afrika wil opneem.

• Dit is op rekord dat nr 18531 (Berede) konstabel WM de Jager van No 50 Distrik,

Vryheid, gedurende die tweede wereldoorlog gewond of beseer is.

7. AANGELEENTHERDE WAT ONS DIREK RAAK

7.1. VINGERKRAAL: DRIE KINDERS DOOD IN ‘N BRAND – TUISTE VAN OUD

KOEVOET-LEDE NABY WARMBAD - LEON BEZUIDENHOUT

Op Dinsdag 13 Julie het ek ʼn baie benoude telefoon oproep gekry oor kinders wat in ‘n

veldbrand by Vingerkraal seer gekry het. Ek het reaksie afgeskryf aan adrenalien. Die impak

van die brand sou ek eers die volgende dag besef toe een van die kinders gesterf het aan die

brandwonde. Sedertdien het nog twee kinders omgekom. Die kinders was besig om sokker te

speel toe hulle die brand opgemerk het. Die oorsaak van die brand is steeds onbekend. Hulle

het gehardloop om die vuur te blus, maar ongelukkig aan die verkeerde kant van die brand

gekom toe die wind gedraai het. Die resultaat was dat hulle teen die elektriese draad van die

buurplaas beland het met die vuur voor hulle. Dit was of oor die elektriese heining of terug

deur die vuur. Beide opsie is skrikwekkend. Die kinders se gesigte, arms, bene en voete het

erg verbrand. Die wat die elektriese opsie geneem het, het waarskynlik effens beter daarvan

afgekom, maar dit moes ʼn angswekkende (en letterlik skokkende) ervaring gewees het. Drie

van die seuns is tans in die Kalafong Hospitaal se brandeenheid. Die ander 10 seuns en

dogters is in Pietersburg. Dit gaan goed met die drie in Pretoria, en die laaste seun Simon het

vandag (Woensdag) die eerste maal geëet. Simon se eenoog is steeds toe van die brand. Die

ander twee Josef en Reinord het gevra vir vrugte en leesstof. Hulle het ook vir Bybels gevra.

Ek wil tog versoek dat die kinders besoek word. Twee van hulle is in Saal 9, en Josef in Saal

12. Dit beteken baie vir hulle. Hulle ouers is ver en besoekers min. Die eerste begrafnis is op

Donderdag 22 Julie en die ander op Saterdag. Almal by Vingerkraal. Die atmosfeer by

Vingerkraal is somber, maar die gemeenskap sal ook hierdeur kom. Indien enige iemand ʼn

geldelike bydra wil lewer met die rehabilitasie koste, wil ek versoek dat die geld in die

volgende rekening betaal word:

Name: CADI (Combined Agricultural Development Initiative) :

Bank: First National Bank

Branch: 251345

Acc no: 62228131124

Page 8: Police Gazette 1-08

• Daar is nou vyf kinders oorlede.

7.2 Die SAP Liefdadigheidstrust 7.2.1 Koop asb u kaartjies by Manie van Staden of Hennie Heymans. Valie Viljoe sit ook

met kaartjies – ondersteun asb!

8. POLISIE-GESKIEDENIS

8.1 Grafskending Genl Gert Opperman het soos blits opgetree en die korrekte agentskap verwittig. Daar sal

verder met die Commonwealth War Graves Commission geskakel word in hierdie

verband. Ook ’n woord van hartlike dank aan dr Rentia Landman wat ook dadelik

reageer het – die kerkhof resorteer onder die stadsraadsowerhede hier in Pretoria.

8.2 Kamele in die polisie: Die foto links kom uit die SAP Argief terwyl die foto regs van oud-sers-maj

Biebie de Vos, Harrismith, afkomstig is.

Snaaks dit lyk of die kameelpolisiemanne nie petwapens op het nie.Kyk na die foto regs – die

manne is kollegas, drink saam koffie! Ons het

nooit in die Polisie, naakte rassisme ervaar nie –

ons is almal kollegas gewees! [Op dieselfde

onderwerp: Lees ook die byskrif by konst

Lehana van Harrismith – Sien OHS Nuus.] Ons

is polisiemanne want ons wou polisiemanne wees en ons is daar om te dien en te beskerm –

vir geld was ons beslis nie in die Polisie nie!

8.3 SAP King’s Rest, Bluff, Durban.

“Durban is all Bluff until you come to the Point”! ’n Baie interessante voorval het op King’s

Rest plaasgevind wat nasionaal ’n uitwerking op die ganse SAW gehad het! Hierdie

geskiedenis staan vir ‘n wyle oor tot later.

8.4 Polisie-etimologie – staan oor. 8.5 Die Victoriakruis en die polisie in Suidelike-Afrika – staan oor.

8.6 Tiny Coetser: Foto van Veiligheidstaklede Noord-Transvaal (Pretoria):

Page 9: Police Gazette 1-08

Hierdie foto van lede van die veiligheidstak, Noord-Transvaal (Pretoria) geneem tydens die

“Wilde Dae”: Van links na regs: Flip Loots, Johan van Wyk, Eric Goosen en oorlede

Wimpie Momberg, almal verbonde aan die Veiligheidstak, Noord-Transvaal (Pretoria). Foto:

Tiny Coetser se foto’s van die “Ou Dae”.

8.7 Hilton Kay: Sandy Evan Hanes writes: I have heard a number of stories about a chap

called Hilton Kay, commonly known as the “Hill Billy van Kallikillie”, a SAP base in

Rhodesia. …Any stories about this legend?

8.8 SAP Harrismith – weerens die kom die foto van SAP Harrismith van Biebie de Vos

(oud- sers-maj SALM) wat op Harrismith woon. Hy doen navorsing oor OHS se geskiedenis.

Konst Lehana is van die tipe polisiemanne wat ons geken het!

9. Nuus van Heinde en ver

Page 10: Police Gazette 1-08

9.1 Natal: [ Geen verbinding met Natal.]

9.2 Middelburg MP: Brigadier, Dit is al voorheen gesê maar weereens wil ek dit beaam dat

die ontstaan van die Veteraan-Nuusbrief uitstekende idee is. Ek voorsien dat die projek net

van krag tot krag sal gaan. Ek het ‘n 'ou' goeie vriend wat in die nuusbedryf was, noodeloos

om te sê dat ons Polisiemanne vanmelewe nie juis met die pers en joernaliste op goeie voet

was nie, wat nog te sê bevriend was! Die ou vriend is ‘n uitsondering op die reël. Bel hy my

nou eendag: “Jy sal my nie glo nie, ek het alles wat te lees is, in die huis opgelees, sê ek vir

jou, opgelees - kom kry ek myself in die koskas krap en lees al wat label is op die

kospakkies. Het jy nie iets om te lees vir my nie?” Hierdie koerantjie word elke week gedruk

en opgelees in die Loggies-huis. Kom wys kol Chris Deetlefs en maj Piet van Zyl ("Walk

Tall") vanuit Uganda nou die dag oë in Middelburg. Gaan eet ons ‘n ou ietsie saam met brig

Schalk Visser. Was dit nou weer eens ‘n besondere geleentheid om van die goeie ou

polisiedae en -kollegas te gesels. Moet nog vir brig Shcalk die uitgawes neem, as daar iets oor

is. Volgens die Brigadier sukkel hy nie met die rekenaars nie, baie makliker om, om te sien

na die kleinkind en om vrou Tosca te pla in die huishouding. Dit is werklik goed om van al

die manne met wie daar paaie gekruis is te lees, van Jeppe / Cleaveland / John Vosterplein en

Soweto, nie eens te praat van die veiligheidstak waar ek my grootste deel van my loopbaan

gesluit het nie. Op ‘n volgende geleentheid sal ek graag ‘n beriggie plaas van Jeppe se

kantien se kaarttafel wat ek by die hofmeester a/o Jan Brandt van Cleaveland gekry het. Die

Polisie se skrynwerker a/o Le Roux van John Vosterplein wat my leer tafel skuur het.

Groetnis - "Loggie" van Midddelburg, MP.

• Dankie Loggies! Baie dankie vir die nuus uit O/Tvl. Stuur jou herinneringe, asb. Ek

skryf my herinneringe oor SAP King’s Rest en julle DK-klerk op Middelburg was a/o

Mof Marais. Het jy hom geken? (Later was hy ʼn tydelikelid op Laersdrift.) Ek skryf

baie oor hom. Hy het my werklik polisie-werk geleer met ʼn paar klappe! Sy stokkie

het ook my sitvlak kennis gemaak! Daar was later baie ouens van Durban in

Middelburg soos ou “Skollie” Carstens, jul DK-klerk en brig. Jordaan die AK. Ook

was daar ʼn oud Durban man in julle motorhawe! (Sy naam vergeet.)

• Ou Willie van die Kalahari het sy melktande op SAP Jeppe verwissel. Willie sê as jy

nie op Jeppe of Hillbrow of JV-Plein, ʼn polisieman was nie, dan was jy nooit regtig ʼn

polisieman nie! Willie du Plessis het ook oulike stories oor Jeppe. Op offisiers-kursus

was ek saam met ʼn seun uit die Kalahari. Na die kursus word hy Hillbrow toe gestuur.

Later ontmoet ons en hy sê elke misdaad in die kodeboek het in Hillbrow voorgekom

– tot veediefstal! ( Hoog in die lug iemand het ʼn boerbok van iemand se stoep

gesteel!!)

9.3 Namibië - Dagsê Brig Hennie Heymans - Jou nuus brief het toe hier in Windhoek

Namibië Beland, en wat ʼn tydskrif. Baie dankie. Ek geniet elke artikel behalwe dat ek so min

lede sien wat iets skryf oor ons land Suidwes-Afrika. Ek verwys na die opskrif 5. Polisie

Persoonlikheid van die Week. Op die foto verskryn genl.- majoor F.L.C Engels. Ek was sy

bestuurder gedurende 1978. Ek was verplaas vanaf Buitepos in Suidwes-Afrika na Pretoria.

Ek glo jy kan jouself in dink hoe bestuur ʼn plaas-polisieman, wat op daai stadium slegs ʼn

Ford F250 4x4 kon bestuur, ʼn generaal in ʼn swart Chev in Pretoria. Kan iemand laat weet

wat van hom en tannie Bettie geword het.

Hier is ʼn kort agter grond van my diens in drie verskillende polisie dienste, naamlik SAP,

SWAP en nou NAMPOL. My SAP magsnommer was W59859F.

Page 11: Police Gazette 1-08

EMPLOYMENT HISTORY AND WORK EXPERIENCE

SAP 4.1. Pretoria Basic Training 1972

4.2. Gobabis Charge Office Duties from 1972 to 1974

4.3. Mariental Charge Office + Investigation Duties from 1974 to 1975

4.4. Witvlei Charge Office + Investigation Duties from 1975 to 1977

4.5. Steinhausen Relief Duties 1975

4.6. Oranjemund Relief duties 1975 and 1996

4.7. Buitepos Charge Office + Investigation Duties from 1977 to 1978

4.8. H.Q. Pretoria Personal Driver to Major General F.L.C.Engels of S.A. Police from

1978 to 1979

4.9. Windhoek Regional Commanders Clerk from 1979 to 1981

SWAP 4.10. Katima Mulilo Station Commander from 1982 to 1984

4.11. Rundu Staff Officer to the Regional Commander1985 to 1987

4.12. Tsumeb Staff Officer to the Regional Commander from 1986 to 1986

4.13. Windhoek Special Branch from 1986 to 1989

4.14. Katima Mulilo Station Commander from 1989 to 1990

NAMPOL 4.15 Windhoek C.O. Directives Unit from 1990 to date

Met verwysing na 9.11 van nuus brief nr. 7. Nee ek was nie in Durban nie. Miskien familie.

Groete Chief Inspector E J Holloway

Head: Policy Analysis Sub-Division

Force Policy and Planning Division

Namibian Police: National Headquarters: WINDHOEK: NAMIBIA

9.3.1 Dag Brig., Baie dankie vir die terugvoer. Ek ken vir Derek Brune baie goed. Het saam

gewerk by die Inspektoraat. Ek was twee jaar by die SSVR by die Berg Hotel. Stuur asb

groete aan mev Engels. Groete, Eddie Holloway

9.4 Nigel: Beste Hennie, Hartlik gegroet hier uit Nigel. Ek ontvang tans die koerant via

Suiker. Voortreflike man! Sal u asb. my naam op die e-pos versendingslys plaas. Ek glo

Suiker stuur die uitgawes getrou aan ander nie-ontvangers, maar ek sou nie graag 'n uitgawe

wou misloop nie. Ek vermoed dat ek dalk nie al die uitgawes het nie - is daar êrens 'n

webargief waar ek dit in die hande kan kry, of kan u dit e-pos?

Bietjie geskiedenis/oriëntering: Ek was nie baie lank 'n lid van die Mag nie - net so ietwat

meer as 'n dekade (begin 1962 - Maart 1972) en met net 1 bevordering voor ek die

haaswêreld betree het. Het grootgeword in 'n polisieman se huis in die Groot-Karoo - my Pa

was 'n bosluis (Magnommer 10176 as ek reg onthou). Die DK daardie jare was Kapt.

Champion (De Aar Distrikshoofkantoor). Ek het na skool in my pa se spore gevolg. Amor

van Staden was ons troepsersant (troep 57); ons troepleier was Chris Smit en onderleier Adri

de la Rosa. Hennie Faber (na ons uitpassering aan die drilpersoneel van die Kollege

verbonde) was ook in ons troep. My magnommer was 39962 en saam met ons was die houer

van die magnommer 40000, Pieter Louw, afkomstig van Krugersdorp.

Het in 1966 saam met Suiker in die ou K.O.D. te Welkom gedien (ons was saam

proefspeurders in plaaslike opleiding onder bevel kapt Frank Gerber (DSO), maj. Coen van

Tonder (ASO). Ek weet nie hoe dit daardie dae gewerk het nie, maar na my kennis het nie

Page 12: Police Gazette 1-08

een van ons groep ooit 'n formele Speurderkursus bygewoon nie - dit was iets wat ons net van

gehoor het. 'n Kleurvolle figuur met wie ons saamgewerk en van geleer het was (later genl.)

Gryper Muller. Iemand (ek vermoed Skippie) het hom "Madala" begin noem, en dit het sy

naam vir ons geword. Hy was vir ons soos 'n pa (ofskoon daar nie 'n baie groot

ouderdomsverskil tussen ons was nie) en ek dink met deernis aan hierdie mense terug - hulle

het mooi spore in my lewe getrap.

My en Suiker se paaie het geskei toe hy en Skippie Scheepers êrens in 1967 (dink ek, Suiker

sal beter weet) na Bothaville verplaas is en ek na Welkom se buurstasie, Virginia in 1968.

Het daar vir sowat 6 maande saam met 'n (hedendaags) omstrede persoonlikheid gewerk -

Piet Rudolph was ons takbevelvoerder. Omstrede of te nie, dis 'n mens met 'n werksetiek en

pligsgetroue integriteit as polisieman wat by my die grootste respek afgedwing het en van wie

ek as jongman lewenslesse geleer het wat vandag nog geld. Ek het hom eendag in 'n baie

negatiewe situasie iets hoor sê wat my verhouding met teologiestudente in my latere

loopbaan bepaal het: "Respek is nie iets wat vanuit die hoogte afgedwing word nie, maar die

hoogste vorm van wedersydse respek. Een van 'n leier se grootste verantwoordelikhede is om

sy volgelinge te respekteer soos hyself gerespekteer sou wou word." (Klink amper soos

familie van die tweede gebod.)

Na my polisiediens het ek vir 'n baie kort rukkie Harmonymyn in Virginia se goud help oppas

en in 1975 teologie gaan swot. Na 'n kort gemeentebediening was ek van 1980 tot 2004

teoloog aan die Kweekskool van ons Kerkgenootskap. Sterkte met die koerant. Wanneer dit

kom, is die hele dag sommer veraangenaam. Groetnis. Pieter Rousseau.

9.3.1 Op my epos antwoord Pieter soos volg: Ek onthou Jac Kloppers - hy was destyds een

van die senior aanklaers in Welkom en 'n voorslag. As Jac 'n saak hanteer het, was die Kaap

Hollands en ons het regtig lekker saamgewerk. Ek dink ek onthou toe hy Justisie verlaat het

om in die regte voort te gaan, wil my al verbeel dit was nie lank na ek Virginia toe is.

• Jac Klopper het my juis (Woensdag) geskakel en hy stuur groete aan al die ou

polisiemanne en speurders van Welkom! (Dit sluit ‘Suiker B’ ook in!) Ek moes

‘Gryper’ Muller vir Jac opspoor – Jac hou steeds kontak met al die ou Welkom-

polisiemanne. As distrik het ons distrik vir Jac en ’n paar gemeenskapleiers met

sertifikate tydens ’n formele dinee beloon vir hul ondersteuning aan die polisie. Met

my aankoms in Welkom was daar baie onluste. Eendag het Jac my uit die bloute kom

spreek en sy hulp mbt regsdienste aangebied. Die SAP, SAW se Groep [kol Willie

Louw], Justisie, Mynsekuriteit, die media en die res van die gemeenskap op Welkom

het hartlike verhoudinge met die polisie gehandhaaf. Oorlede Hennie Muller van

Blanke Veiligheid en ek het vroeg ’n potjie geloop en daarna “vriende” geword. So

dan en wan sou Hennie skakel en vra: “Kolonel, moet ek die dorp weer so bietjie

roer!” Dan lag ons maar!

• Pieter ek sal bly wees as jy eendag’n hoflikheidsbesoek by genl Geldenhuys op Nigel

sal aflê.

• Pieter indien ek reg is, is julle 39xxx-reeks die eerste manne wat blou en khaki gedra

het?

9.4 Rhodesië Manny Ferreira oud-SAW stuur die volgende berig oor genl Peter Walls – baie van ons het

in Rhodesië gedien: “Obituary Lieutenant-General G. Peter Walls GLM, DCD, MBE.

Lieutenant-General G. Peter Walls GLM, DCD, MBE. Served as Commanding Officer of

Page 13: Police Gazette 1-08

1RLI from 1 December 1964 to 18 June 1967. Peter Walls was born and educated in

Rhodesia. He first served in the military with the Black Watch at the end of World War Two.

He returned to Rhodesia after the war and served in the Staff Corps, before being

commissioned into the Northern Rhodesia Regiment (NRR). In 1951, he was selected to take

an all-white unit, The Malayan Scouts, to Malaya to assist with that Emergency. He was

promoted to captain as 2IC of the unit with an experienced British officer as OC. On reaching

Malaya it was decided that, as it was an all-Rhodesian unit, it should be commanded by a

Rhodesian - he was thus promoted to major and became OC. The unit stayed in Malaya for

two years, becoming C (Rhodesia) Squadron SAS. On return to Rhodesia in March 1953 the

unit was disbanded. For his services in Malaya he was awarded an MBE. After various staff

appointments he attended Staff College at Camberley in the UK, before assuming command

of RLI in 1964 and transforming the battalion into a commando unit. He was responsible for

introducing the regiment’s Green Beret, which subsequently distinguished it from all other

regiments on parade. On relinquishing command he became Commander 2 Brigade. He later

became Chief of Staff as a major-general, before becoming Army Commander in

1972. He was appointed Commander of Combined Operations (ComOps) in 1977, an

appointment he held until he retired to South Africa in late 1980 after Zimbabwean

independence. General GP (Peter) Walls and Eunice were about to board an aircraft yesterday

morning (20 July 2010) bound from George to Johannesburg. The General succumbed to a

heart attack prior to boarding the aircraft. He was a man of great integrity and grit and led the

armed forces of Rhodesia well in the toughest of wartimes. General Walls will be sadly

missed by all the members of the 1RLIRA and we extend our deepest sympathies to Mrs.

Eunice Walls, the family and Peter’s friends.

"How sleep the brave, who sink to rest,

By all their country's wishes blest!

By fairy hands their knell is rung,

By forms unseen their dirge is sung.

God and a soldier all people adore

In time of war, but not before;

And when war is over and all things are righted,

God is neglected and an old soldier slighted.

Enough of merit has each honoured name

To shine untarnished on the rolls of fame,

And add new lustre to the historic page."

Chairman: 1RLIRA-SA”

• We from the old South African Police – COIN as well as SB, salute his memory!

10 POLISIE-POSSAK

10.1 Korrespondensie

Baie dankie – Groete, Ben Venter.

Hennie, Goeie More, If you are using Outlook you can program it to request a "receipt

acknowledgment". I use Thunderbird which does it automatically! Regards. Bruce Jones.

Page 14: Police Gazette 1-08

Het die koerant ontvang Hennie. Veels geluk met julle inisiatief. Dit is lekker dat julle die

nuus met ons deel. Doen so voort. Mooi loop. Leon Wessels.

Hennie, Great Newsletter as always. Brig Daantjie Van Wyk was never attached to Murder

and Robbery Brixton. His son Francois was with us for a short while before being transferred

to SANAB Durban. Have a great day. Billy Cox.

Dankie het koerant ontvang en gedruk ... kan nou gaan lees. Groete uit ‘n koue Ashton ... Die

kokkewiete byt vanoggend. Frans & Alida van der Linde

Big improvement, Getting better and better. Pics are still fuzzy. J. P. – Durban.

• Dear Friends – JP is publisher of fine books on the Special Forces! He talks like that

to Paul Els and me everyday!!

Ontvang 10/10 – Leon Bezuidenhout

Dankie Hennie, ons kom nou uit die kerk. Wil net sê ons het nou Polisiekoerant nr 7

ontvang. En sal daardeur werk. Dankie vir jou moeite. Nelet Stemmet.

Hennie - het 1/7 ontvang in 'n bloedige 42 grade C Kurdistan (noordelike provinsie van

Irak) – Wickus Hattingh

Hallo Hennie, PK no. 7 ontvang, dankie. Groete, MJ (MARTIN) NEL.

Dankie Hennie ons het jou nuusbrief Nr 7 ontvang. Groete Johnny Zinzerling.

Hello Hennie , ontvangs erken van nuusbrief....groete Dana Kruger, Durban.

Ontvangs word erken. P.J. Venter.

Baie dankie Hennie - Vol 1 Nr. 7 ontvang. 'n Omvattende taak wat deur ons terdeë geniet

word. Sterkte - Roy. Lt-Genl. Roy P. During.

I/S die Polisiekoerant: Die koerant meng nou in met my leefwyse ... ek moet nou al

smeek en soebat vir ‘n koppie tee. Frans geniet die koerant. Hy vind dit heel interessant.

Wag hier is darem ‘n koppie tee. Groete. Alida.

Koerant ontvang, dankie. Ben Pretorius (Kapt.)

Hullo Hennie, Ek het ontvang en geniet. Groete. Piet Swanepoel.

Beste Hennie, Ek is geweldig beindruk met al die werk wat in hierdie blaadjie gegaan het. Dit

is werklik uitstekend. Ek het die stukkies oor kamele gelees en geniet. ... Nogmaals geluk

met jou blad. Dit is duidelik ’n wonderlike kontak-kanaal vir oud-polisiemanne. Hartlike

groete. Malie Smuts.

Thanks Hennie, Received. I see that Walter (Volker) and I are both mentioned in this edition

– though his mention is far less frivolous than mine !! LOL. Cheers. Porra (Alex Faria –

Cape Town)

Page 15: Police Gazette 1-08

More oom Hennie, Ek het die "Polisie Rapport” ontvang en verder versprei. Lekker dag!

Patrick (Kimberley).

Baie dankie Hennie en Dana, Het Nr 7 ontvang, Tobie Tolken.

Hi Oom Hennie, What happened to our Battle Honours? Die Polisie Vaandel (…spelling?...)

Do we know what they were and in which order? Regards, Drummond Hammond.

• Here you

are

!Drummie

.

(Toevallig ‘n baie interessant epos ontvang van prof Deon Fourie oor hierdie

spesifieke onderwerp. Maar ek is ‘aflyn’ – aanstaande week meer, hieroor!!)

Beste Hennie, Baie dankie! Ontvang! Groete, Jan Calitz.

Ontvang, baie dankie ! Willem de Beer

Dankie, het koerant ontvang, Ilse Geldenhuis

Ontvang. Baie dankie Hennie. Vriendelike groete, Suiker B.

Geagte Brigadier, Hiermee geliewe ek ontvangs te erken. Oud lt-kol HJ Bezuidenhout

(0406898-0). Groete Hein.

Page 16: Police Gazette 1-08

• Myns insiens is daar nie iets soos ʼn oud-luitenant of oud-generaal nie! Wanneer u die

kommissie van die staatspresident ontvang het, verval die rang nie by aftrede nie! ʼn

Afgetrede offisier behou sy kommissie – u is in my oë ʼn luitenant-kolonel (afgetree).

Wat sê ons ander lesers hieroor?

Beste vriend, Kyk, my hele wese het sommer weer ineengekrimp toe ek jou koerantjie lees!

Ek het maar nou wel ʼn skrale 35 jaar diens, maar hierdie tipe van kameraderie wat ek nou

gelees het kry 'n mens net nie meer nie! 'n Mens kan seker 'n hele boek skryf oor alles en nog

wat...... Ek waardeer dit regtig dat ek die koerantjie ook kan ontvang, ek voel sommer weer

soos 'n ware offisier in 'n eens werklik trotse Mag. Dankie, ek voel geëerd. Opregte polisie-

groete! En o ja, ek sal daai foto van al die generaals so 'n bietjie na die militêre historiese

afdeling toe stuur en sien of ons darem al die weermag-generaals kan eien! NAAM

WEERHOU.

DANKIE HENNIE HET GEKRY EN BAIE GENIET – CHRISTA STOMAN

Dagsê Hennie, Dankie weereens vir die stuk nuus. Dit is waar dat die polisie 'n 24/7/365

bedryf is. Waar begin mens en waar hou jy op, elke dag was mos nuut, met soveel

onbekendes opgesluit in 24 uur en as mens nie op 'n manier soos hierdie, daardie tye in

herinnering roep nie, gaan dit in die vergetelheid verdwyn. Dankie vir moderne tegnologie,

anders sou dit 'n onbegonne taak gewees het om die stuk dokument gereeld die lig te laat

sien. Het jy my e-pos gekry oor Kingsley Holgate (die bebaarde avonturier) wie sy liefde vir

Land Rovers ontdek het toe ons saam op Nqutu gestasioneer was. Ek het nou 'n e-pos adres

by die huis. Stuur asb. in die toekoms eerder daarheen. Dankie en groete aan almal wie

groete wil hê. Christo Davidson.

• Dankie Christo – ek plaas een van die dae ʼn foto van SAP Nqutu.

Dankie Hennie, Het die “koerant” ontvang. Groete, Louis Lubbe.

Het No. 7 vandag ontvang. Jammer, ek het wel No. 6 ook ontvang maar ongelukkig nagelaat

om ontvangs te erken. Sterkte, Manie

Baie baie dki vir die Polisiekoerant... al is ek nie meer deel van die SAPD is die trots steeds

in my are op te sê ek was deel van die Polisiemag. Paula Roeland.

Hennie, Brig Arlow vrae of jy vir hom die koerant kan e-pos waarin jy sy Comrades genoem

het. Baie dankie

Ontvang dankie. Casper Kruger.

Het baie goed met die operasie gegaan, is Dinsdag 13/07/2010 gedoen, en Saterdag

17/07/2010 ontslaan. Net 'n klein regstelling my huis is in Virginia en nie Kroonstad nie, my

broer is van Kroonstad, Dankie Dries van der Merwe

Jis H - Dit is reuse werk om die saam te stel! Z.

• Dis nou my ou kollega AZB Gous! Ons het in die 1970’s saam gewerk.

Page 17: Police Gazette 1-08

Beste Johan (Ferreira) en Hennie: Eerstens, Hennie, baie geluk met jou nuusbrief - jy was

altyd iemand vir nuwe idees. En dan, Johan, dankie vir jou voorbeeld van altyd netjies en die

beste. Ons Polisiemanne is mos nie flentergatte nie. Alles moet volledig en reg wees. Ek is

ook bevoorreg om gereeld met my matriekmaats te gesels en die wel en wee maar veral ook

goeie skindernuus te versprei. Vir die korter brokkies gebruik ek sommer die gewone E-pos

geriewe met foto's aangeheg of daarin opgeneem (RTF). Die langer stukke stuur ek in Word

1997 - 2003 formaat (SAVE AS ... in Word 2007) - die meeste mense kan dit lees. (Ek is nog

steeds verbind met WordPerfect, die heel beste, maar oningeligtes gebruik MS Word.)

Hennie is egter nie 'n outjie wat 'klein gaan' nie! Internasionaal is daar net een opsie en dit is

PDF. Die meeste woordverwerkingspakkette het 'n funksie om 'n dokument as 'n PDF-lêer te

'save'. Die resultaat is egter, soos julle self ondervinding, soms nie 100% bevredigend nie.

Die oplossing is om 'n PDF skrywer te gebruik. Mens installeer dit as 'n drukker en en 'druk'

dan jou dokument, ipv op papier, na 'n PDF lêer toe. Mens kan die gehalte van jou

eindproduk bepaal (bv. 150, 200, 300 dpi, ens) wat ook die grootte van die dokument wat jy

uitstuur bepaal. Indien mens in gedagte hou dat e-posse se grootte die aflaaityd daarvan

bepaal én dat sommige diensverskaffers groot e-posse eenvoudig net wegwys, is die grootte

van die dokument baie belangrik. Ek gebruik 'NovaPDF Lite' wat ek gratis van die Internet

verkry het. Indien mens dit registreer (ook gratis), verdwyn die advertensies op die PDF

dokumente wat jy skep en eindig jy met 'n baie netjiese produk wat enigeen enige plek kan

'lees'. Soek gerus op die Internet vir "PDF Writers" en laai een af en installeer dit as 'n

bykomende drukker. Die ander opsie is om R 600 - R 800 by Incredible Connection te

spandeer om so 'n pakket te koop - wat werklik onnodig is. Ek sal natuurlik ook graag op die

poslys van die Nuusbrief wil kom. Baie sterkte, Groete, Willem vd Merwe.

Ek het vir Willie gevra of hy kan raad gee ...... as daar iemand is wat KEN, is dit ou Willie.

Ek hoop nie jy gee om nie! Johan

• Geen probleem nie Willie en Johan – ek leer elke dag iets nuuts!

Marius Avenant: Ek vertrou dit is in orde. As ek so na die foto van die AO kyk, dan onthou

ek hoe netjies en "smart" hulle - en die offisiere - gelyk het met daardie stokkie onder die

arm. Wanneer het die Polisie opgehou om dit te gebruik? Ek sien dit immers nie meer nie.

Nog 'n groot verlies vir die Magte in die algemeen. Dieselfde geld seker

ook vir die seremoniële swaarde of sabels? Die polisie-offisiere het mos

ook seremoniële swaarde gebruik of laat my geheue my nou in die

steek? Ek het lanklaas 'n regte parade gesien, so ek weet nie eens of dit

nog gebruik word nie. Ek glo die Weermag - of ten minste die Vloot -

gebruik dit nog? Ek het gisternuusbrief 7 aan oom Ronnie (Beyl)

gestuur, maar dit het na my toe terug gekom - "rejected" deur sy e-pos

server aan sy diensverskaffer se kant. Ek het die diensverskaffer ‘n e-

pos gestuur om te vra wat aangaan, en natuurlik geen antwoord gekry

nie - tipies!! Ek gaan dit nou weer afstuur en kyk of dit nou sal

deurgaan. Groete, Marius – Stellenbosch

• Marius - Dankie dat jy die foto’s kleiner gemaak het.

• Net so jammer dat die offisier en a/o van sy stokkie ontneem is! Dit is ʼn besluit van

die generalestaf om die stokkie nie meer te dra nie. Gedurende 1990 het die gebruik

van die stokkie verval. Die Britte se tradisies is honderde jare oud – maar ongelukkig

het die a/o se stokkie, sy vergulde pet wapen met gaatjies in en sy vergulde knope ook

in die slag gebly! Toe ek weer sien dra konstabels en sersante dieselfde pet wapen as

Page 18: Police Gazette 1-08

a/o’s en junior-offisiere. ʼn Vriend by die kwartiermeester, luit-kol (later brig) SJP du

Toit, het vertel dat hulle te veel voorraaditems moes hou en daarom die gelykmaak

proses. So iets sou nooit in die SA Vloot voorgekom het nie. Tradisie is pragtig.

• Die SAPD dra nie meer die Sam Browne en sabels nie. Onlangs was ek in Durban –

baie van die Brits-georiënteerde ABM-eenhede in Natal dra steeds die Sam Browne

met parades. Tradisie is so belangrik. Daarom moet ons, altyd ons tradisies koester.

Dit is hoe trots gebou word! 100 jaar na Uniewording in 1910 is daar steeds Ierse en

Skotse regimente in Suid-Afrika en hul hou hul tradisies met trots in stand!

• Gelukkig kan ek as oud-veiligheidsman en ‘nuwe’ uniformman verklaar dat ek ʼn paar

keer my uniform met Sam Browne en sabel tydens parades gedra het. Mens lyk (en

voel) immers soos ʼn polisieoffisier!

Dagsê Brig, Sal dit waardeer as U my ook op die verspreidingslys kan plaas van die

“POLISIE RAPPORT” Dit is verskriklik interessant en as dienende lid probeer ons nog

vasklou aan die ou herinneringe. Dit maak die hart sommer weer sterk klop om van die

Legendes te lees asook oor die wel en wee van ons Mentors te lees. Johann Snyman,

Johannesburg

10.1 Oproepe

• Blackie ‘Blackjack’ de Swardt (verlede Saterdagaand) skakel vanuit die Kaap ivm die

geskiedenis van die Spesiale Taakmag. Hy pos glo al die inligting van die

ontstaansgeskiedenis. [‘Goofy’ dankie vir die skakelwerk.]

• Zirk Gous (Maandag) – hy koop kaartjies vir 11 September 2010 se skaapbraai en hy

wil ook ’n kopie van genl Vd Merwe se boek koop. [Dankie Zirk!]

• Genl Mike Geldenhuys: Dinsdag-vroeg: Die foon lui en Heymans antwoord – “Yes

Jonathan!” want ons het pas eposse vir mekaar gestuur ivm die KOEVOET-boek.

Toe is dit genl Mike Geldenhuys. Verleentheid – hy het nog altyd die kuns verstaan

om ‘n mens altyd uit te vang, selfs op hoofkantoor. So sal daar 1000 goed reg wees en

hy sal die enigste fout kry! Ons het lekker gesels oor die verlede – ek was immers een

van sy junior stafoffisiere. Die Generaal is besig om inligting en foto’s beskikbaar te

stel en ons praat “polisie-geskiedenis”. Ek vertel hom van Oom Fred Geldenhuis en

hy sê: “Dis die smaartse verdomde troepsersant in die Depot! Waaragtig die

smaartste, wat ek geken het!” Ons praat verder oor die Geldenhuyse en ek vertel

hom van ds Harpir Martins, die polisiekapelaan. Die Generaal vertel dat toe hy

stasiebevelvoerder te Utrecht was, hy ds Martins goed geken het. Eenmaal het ds

Martins hom besoek en twee “homer”-duiwe daar aangebring. Die mense wat die

Generaal ken weet hy is lief vir diere. Op hoofkantoor skakel die Generaal eendag en

ek antwoord. Die Generaal wil weet waar majoor Piet Rossouw is? Ek sê ewe in

gedagte hy is gou “Witbank” toe. [Dit ons ons seksie se eufemisme wanneer iemand

gevra het om die kantoor-te-verlaat.] “Nou wat op die aarde maak hy daar! Ek weet

dan nie daarvan nie!”, sê die BO van die Veiligheidstak. Toe vra ek om verskoning en

sê die Majoor is toilet toe! So was daar ’n paar insidente waar hy meer as een ou op

hoofkantoor uitgevang het.

• Manie van Staden (Dinsdag) – hy skakel ook ivm die skaapbraai en genl Vd Merwe se

boek. Manie wil sommer meer as een boek koop. Dankie Manie!

• Hennie Westraat (Woensdag) – hy stuur groete uit die Kaap!

• Koot van Schalkwyk en Robbie Jubber (Donderdag) – dankie vir die bystand en raad!

• Koot dankie vir al jou oproepe en dat jy saam met my die kommer deel oor die

volgende uitgawe. My ADSL-lyn is steeds buitewerking.

Page 19: Police Gazette 1-08

• A vH B baie dankie vir al die inligting en oproepe!

• Chris van Ginkel besoek my Vrydag. Sy broer was te Veiligheidstak, Noord-Tvl

terwyl Chris sy NDP by AMI gedoen het. Hy is teenwoordig toe Telkom opdaag om

my lyn te probeer herstel. “Hennie : Geen probleem! Kom versend die Polisie

Rapport van my rekenaar Sondag!” So is ons polisie-vriende – hulle het alles veil

gehad vir ons land en sy magte!

10.2 Besoeke

• Lieb Liebenberg (seun van Keetmanshoop) – nooi my na die Brigadiersklub se “Sop

& Sjerrie” by die Willie Marais Afrikaner-sentrum op Donderdag 22 Jul 2010. Hy sal

die uwe kom haal. Foto’s is van die ou legendes is geneem. Hier is een foto:

Op die foto van links na regs heel agter: Wolf Pelser, Johannes Beetge, Willie Marais (pet -

voorsitter), JB Willers en Arnoldus Mentz (pet). Staande: Hans du Plessis (brig-baadjie),

Lollo van Vuuren, Valie Viljoen, Jorrie Jordaan, Magnus Wessels en Jakes Jacobs. Voor:

Frans van der Merwe, Johnnie Zinserling, TB Arlow en Lieb Liebenberg.

Dit is nogal ’n unieke groep manne met bewese kundigheid op op ’n veelvoud van terreine en

disiplines. Die Brigadiers het almal interessante loopbane gehad. Net ’n kort woordjie,

Arnoldus Mentz – sy Vader was ook ’n senior polisie-offisier, ’n adjunk-kommissaris. Sy

skoonvader is sersant Cooke. Sers Cooke was ’n hoefsmit te Kokstad en is ou “ou”

Suidwester. Sers Cooke het aan die epiese tog deelgeneem om die mense van die “Dunedin

Star” langs die Seekus van die Dood te red. Hulle was onder bevel van kapt Smith. Brig

Wolf Pelser is in Duitsland gebore en het na Suid-Afrika gekom saam met die jong Lothar

“Neethling”. Brig Mentz was weer luit-genl Neethling en die FWL se SSO.

11. FOKUS OP NASIONALE VEILIGHEID, REGSPLEGING, POLISIE EN DIE PERS

11.1 Defenceweb

Page 20: Police Gazette 1-08

11.1.1 NY lawyer in terrorism case gets 10 year sentence Written by Reuters Friday, 16 July 2010 11:35

A New York lawyer who helped a terrorism suspect smuggle messages to his followers from

prison was sentenced to 10 years in prison. Lynne Stewart, 70, has been in prison since

November after she was initially sentenced to 28 months for helping her client, blind

Egyptian cleric Sheikh Omar Abdel-Rahman, contact the Islamic Group in Egypt, Reuters

reports.

The Islamic Group is listed by the U.S. government as a terrorist organization. Abdel-

Rahman was convicted in 1995 of conspiring to attack the United Nations and other New

York City landmarks, following the 1993 World Trade Centre truck bombing. Stewart, who

was convicted by a jury in July 2005 and has been disbarred, was sentenced in 2006. But U.S.

prosecutors wanted a 15- to 30-year sentence for Stewart and appealed the first sentence. The

appeals court said in a ruling that the 28-month sentence imposed by U.S. District Judge

John Koeltl was insufficient. It urged him to consider several other factors at resentencing,

namely the terrorism-related aspect of Stewart's actions, comments she made following the

sentencing, that she may have lied and that she took advantage of her position.

Koeltl said his original sentence was "not trivial," but that Stewart had expressed "a lack of

remorse for a conduct that was illegal and potentially lethal." After the October 2006

sentencing, Stewart said she could serve the time "standing on my head." In court on

Thursday, she said she regretted those remarks. During a 2 1/2 hour hearing on Thursday,

Koeltl took note of Stewart's age, her fight with breast cancer and the unlikelihood of her

repeating her actions. He underscored her commitment to serving poor and unpopular clients.

But Assistant U.S. Attorney Andrew Dember told the judge "she's just frankly, your honor,

another criminal who refuses to accept responsibility for what she did." Prosecutors accused

Stewart of willingly and knowingly supporting Abdel-Rahman's "efforts to continue to lead

the Islamic Group from his jail cell." When Koeltl mentioned the heavier sentence, some

people in the crowded courtroom gasped and began to cry. Stewart told the court said she was

"somewhat stunned" by the sentence. Lawyers for Stewart argued the judge should reapply

the same initial sentence, and denied government claims she had lied in court.

http://www.defenceweb.co.za/index.php?option=com_content&view=article&id=8946:ny-

lawyer-in-terrorism-case-gets-10-year-sentence&catid=49:National+Security&Itemid=115

• Kan u u indink dat so iets hier gebeur? Amerika sou verskerpte sanksies teen ons

instel!!

11.1.2 SAA suing former CE for R30.8 million: South African Airways (SAA) is

demanding that former CE Khaya Ngqula repay it more than R30 million allegedly misspent

during his tenure from August 2004 to March 2009. SAA chair Cheryl Carolus says the move

– highly unusual in a South African state owned enterprise – follows a forensic audit by

KPMG.

http://www.defenceweb.co.za/index.php?option=com_content&view=article&id=8999:saa-

suing-former-ce-for-r308-million&catid=35:Aerospace&Itemid=107

11.2 Die Selebi-saak 11.2.1 Mail & Guardian: State wants Selebi's assets: State prosecutor Gerrie Nel told the

South Gauteng High Court on Wednesday the state would apply to confiscate the former

police chief's assets. http://www.mg.co.za/article/2010-07-14-state-wants-selebis-assets

Page 21: Police Gazette 1-08

11.2.2 Beeld berig dat Selebi sekuriteit van R230 000 moet bied na 'n aansoek dat hy

sekuriteit tov sy bates in die Johannesburgse hooggeregshof toegestaan is. Die vonnis sal op

2 Augustus gelewer word.

11.2.3 Vir diegene wat belangstel in die uitspraak, ‘n Advokaat dit aangestuur en dit word

a.s. week aangeheg as ’n word.doc.[Tans van lyn af.]

11.3 Uit Praag se stal die Volgende

11.3.1 'Ons gaan julle f***en wittes doodmaak,' sê polisieman

http://praag.co.za/nuus-magazine-402/suider-afrika-magazine-400/8480-ons-gaan-julle-

fen-wittes-doodmaak-se-

polisieman.html?utm_source=feedburner&utm_medium=email&utm_campaign=Feed%3A+

praag+%28Pro-Afrikaanse+Aksiegroep%29

11.3.2 Gauteng bestee R4m aan sokkerkaartjies

http://praag.co.za/sport-magazine-233/sokker-magazine-423/8487-gauteng-bestee-r4m-

aan-

sokkerkaartjies.html?utm_source=feedburner&utm_medium=email&utm_campaign=Feed%

3A+praag+%28Pro-Afrikaanse+Aksiegroep%29

11.3.3 Polisie kook plaasmoordsyfers http://praag.co.za/nuus-magazine-402/afrikaanse-nuus-magazine-401/8502-polisie-kook-

plaasmoordsyfers.html?utm_source=feedburner&utm_medium=email&utm_campaign=Feed

%3A+praag+%28Pro-Afrikaanse+Aksiegroep%29

11.3.4 Webblad vir plaasmoorde Woensdag, 14 Julie 2010 07:55 sapa. Die Rustenburgse boer wat die ANC-jeugleier, Julius

Malema, by die internasionale strafhof in Den Haag van volksmoord en misdade teen die

mensdom gaan verkla het, het 'n webblad geskep om plaasmoorde in Suid-Afrika te monitor.

Die man, wie se naam nie bekendgemaak is nie, het gevra dat enigiemand met inligting

aangaande plaasaanvalle, dié besonderhede vir hom stuur sodat hy weekliks hierdie inligting

na 'n aanklaer van die internasionale strafhof kan aanstuur. "Die idee vir die weeklikse

aanstuur van statistieke aangaande plaasaanvalle aan die aanklaer het sy oorsprong in

onvoldoende en onbetroubare statistiek wat deur ons regering verskaf word," het Fanie van

der Walt, die man se regsverteenwoordiger, in 'n verklaring gesê. Dié webblad,

www.stopafrikanergenocide.co.za, sal ook gebruik word om mense in te lig van

verwikkelinge tydens die hofsaak.

http://praag.co.za/nuus-magazine-402/afrikaanse-nuus-magazine-401/8475-webblad-vir-

plaasmoorde.html?utm_source=feedburner&utm_medium=email&utm_campaign=Feed%3A

+praag+%28Pro-Afrikaanse+Aksiegroep%29

11.3.5 McBride dalk Pretoria se volgende metropolisiehoof

http://praag.co.za/nuus-magazine-402/suider-afrika-magazine-400/8534-mcbride-dalk-

pretoria-se-volgende-

metropolisiehoof.html?utm_source=feedburner&utm_medium=email&utm_campaign=Fee

d%3A+praag+%28Pro-Afrikaanse+Aksiegroep%29

Page 22: Police Gazette 1-08

• Jonathan Pittaway se broer was beseer deur een van McBride se bomme in Durban.

11.4. Diefstal van twee Stoom lokomotiewe: Die

Wepeners van Riebeeckstad in die Vrystaat, naby

Welkom, skryf op ‘n spoorwegwebwerf soos volg:

“Hi all. We reported recently about the 2 x 16CR's

that have been cut up at St Helena. Today we heard

that they were never out on a tender but they were

STOLEN! Cut up illegally for scrap. As soon as the

Police stopped one group, the next would start

cutting. Again, only in SA. J & J.” (Foto van ’n klas

16CR – Hennie Heymans]

• As daar iets in die Vrystaat gebeur, dan gebeur dit op die Goudvelde! Daar is mense

wat goudstof smelt, nou is daar onwettige myners wat goud diep ondergronds delf en

nou die diefstal van twee stoomlokomotiewe. Dit moet ’n wêreld-rekord wees.

• “Rapport” het ’n paar jaar gelede berig van geelhout-stompe wat in die Natalse

Middelande met ‘n “gesteelde” trein vervoer is. Die polisie het op die diesel

lokomtiewe, trokke en hout beslaggelê. Ek wonder hoe het die SAP 13 inskrywing

gelees?

• Talle van ons gedenkwaardighede is ook al vernietig – bv die Erasmus-woning uit die

Voortrekkertydperk in Pretoria-Noord.

• Die historiese O’Niel se kothuis by Majuba (1881) is nog rede tot kommer.

12. HENNIE SE LESSENAAR Die week het verby gevlieg. Ja, die munisipale rekening het gekom – ons munisipale

rekening is R600-00 meer hierdie maand! Ons wonder waar gaan dit eindig? Een van die dae

sal die hulle nie meer die gewillige koei kan melk nie – dan sy het opgedroog of is sy dan

dood. Iemand moet betaal!!! – dis water, ligte, stadions, oorsese-reise, diefstal,

geldverduistering, vrugtelose uitgawes en wie weet wat?

My motor is gesteel – ek sukkel nog met die munisipaliteit om die motor van my naam af te

kry. Die speurder wat die saak ondersoek het my nog nie gebel nie! Ek glo nie dat sluiting

van spesiale eenhede so ’n goeie idee is nie! Alhoewel spesialisasie tot fragmentering kan lei

– het dit tog in die praktyk bepaalde voordele! Ek dink bv aan die toename in die

beskikbaarheid van dwelms in ons gemeenskap en korrupsie. Ons het altyd in Umbumbulu

dagga “gekap” en verbrand – ek wonder hoeveel mense verbou vandag dagga in Suidelike-

Afrika?

Die versekering het my R20,000 vir die motor aangbied. Ek weet nie waar om enige motor in

goeie kondisie met 90 000km en nuwe bande vir daardie prys te koop nie! Ek dag nou die dag

- ek sal nooit weer ’n motor hoef te koop nie want ‘n Cressida doen maklik 3000 000. Maar

daar is dit – en ons het baie om voor dankbaar te wees.

’n Man het my kom sien. Hy sê die nuusbrief is te lank! Hy gaan my help om ’n een-bladsy

nuusbrief uit te gee – dws met verskillende skakels en dan kan u net kliek op dit wat u wil

lees! Hou maar duim vas – ek sukkel nog so op die ‘Boere-manier’ met die rekenaar om die

koerant aan mekaar te slaan. Om die spasies reg te kry en die foto’s by die onderwerpe te

plaas is nogal ’n storie – as jy nie weet hoe nie!

Page 23: Police Gazette 1-08

13. HUMOR IN UNIFORM: IN LIGHTER VEIN

13.1 Hierdie prentjie kom uit die Nongqai van 1910:

13.3 Judges Rules & License for an Arm:

13.1 Biology -How to Tell the Sex of a Fly? Paul Els, a wise old Sgt-Major, tells us how:

Page 24: Police Gazette 1-08

A woman walked into the kitchen to find her husband stalking around with a fly swatter.

'What are you doing?' she asked.

'Hunting flies'- he responded.

'Oh. ! Killing any?' - she asked.

'Yep, 3 males, 2 females,' he replied.

Intrigued, she asked: 'How can you tell them apart?'

He responded: '3 were on a beer can, 2 were on the phone!

14. NETWERK & “KOM ONS ONDERSTEUN MEKAAR”

14.1 Afdrukke: Ek soek iemand wat my asb kan help. Ek het ’n manuskrip van ’n 95-jarige

oud-speurder bekom. Hy is brig Len “Tshbalala” van Rensburg van Vryheid. Die manuskrip

is bietjie meer as 1,000 bladsye. Ek was by ’n kennis wat drukwerk doen hy vra my +R400-

00 om ’n afdruk van die manuskrip te maak. Oom Len het een van sy sakeboeke saamgegee

wat ek met genoë deurgelees het - hy bereken dat hy meer as 95% van al die sake wat hy

moes ondersoek, suksevol opgelos het. Ek wil graag die manuskrip vir die Oubaas teruggee

en die afdruk bêre totdat ek eendag daaraan kan werk. Ongelukkig moet elke bladsy

afsonderlik gefotostateer word – ’n redelike arbeid intensiewe operasie. Ek wil dit nie verniet

laat doen nie – maar ek dink +R400 plus is baie kwaai!!!

15. VOLGENDE UITGAWE: DV 1

Augustus 2010. [Ons

hoop ons is a.s. week

aanlyn!!]

16. SLOT Stuur asb u artikels en

briewe vroegtydig in

voor Woensdag asb.

Stuur sommer u foto

saam! Ons wil mos sien

hoe die kolleags

lyk/gelyk het.

Indien u dit nie die

koerant wil ontvang nie

– laat ook net weet! Foto ingestuur deur Louis Lubbe – Baie dankie! Lyk soos JF se heimat naby Agtertang.

Groete / Greetings

Saluut! / Salute!

U wabestuurder en wyksersant – Your Van Driver & Section Sergeant:

© 2010 - Hennie Heymans No 43630(B) / (M).