Police Gazette 1-11

36
1 The Police Gazette Un-official Newsletter for SAP-Veterans Die Polisie-Koerant Nie-amptelike Nuusbrief vir SAP-Veterane Vol 1 No 11 Pretoria: Sunday 15th August 2010 - Sondag 15 Augustus 2010 This newsletter, although originating from the Republic of South Africa is not in any way an official mouthpiece of the former South African Police Force. This newsletter is the voice of police veterans, their dependents and their family and friends. PLEASE NOTE that the opinions expressed in this newsletter are not necessary the opinion of the EDITOR. Names of the persons submitting articles, photographs or letters are shown. Lees gerus wat u wil lees en ignoreer dit waarin u nie belangstel nie! Versprei asb na hartelus! Please spread as you desire! Redakteur - Hennie Heymans - Editor Posbus/PO Box 11704, Queenswood, 0121. [email protected] Argivaris: Marius Avenant: Archivist Stellenbosch [email protected] 1. WELKOM Sluit gerus by ons vriendekring aan! Ons is ’n klompie ou polisiemanne en jong polisievroue –- met een saak in gemeen: ons is trots op ons herkoms, op die ou SA Polisiemag, sy mense en die beste uit ons verlede. Diegene wat die hoogste offers gebring het, sal ons ook nooit vergeet nie! Insgelyks is ons trots op ons land en sy nasionale simbole. Ons wil egter nie ons ou helde en ou nasionale simbole, soos ons SA Polisie-vaandel en SA Polisievlag vergeet nie! Ons is ook nie afsydig teenoor die ou SAW en sy simbole nie. Immers is ons almal wapenbroers! Dis óns polisie, óns lugmag, óns vloot, óns SAGD (al was die verpleegsters so mooi en die inspuitings so seer!) en óns Army! Hierdie nuusbrief is ’n nie-amptelike, onafhanklike koerant vir SAP-veterane, vir sommige dienende polisiemanne, vir ons polisie-familie en ons polisie-vriende. Dis ons koerant. Derhalwe sal ons graag enigiets plaas wat die polisie as primêre gesagsorgaan (en natuurlik die veiligheidsmagte) in Suid-Afrika in ’n goeie lig plaas of lede se belange in die algemeen sal bevorder. Dr Leon Wessels (oud-adj minister van polisie), ons twee vorige SA Polisie kommissasrisse, genl MCW Geldenhuys en genl JV van der Merwe asook genl JJ ‘Jannie’ Geldenhuys, ’n vorige HSAW, genl-maj Gert Opperman, HUB van die Voortrekkermonument, genl Pilot Loodts van die IPA en brig Peet Nieuwoudt – voorsitter van Servamus, ontvang ons polisiekoerant. In die lig hiervan en met die wete dat hulle ons polisiekoerant ontvang, wil ons niks doen om daardie goeie betrekkinge wat die Polisie met al sy genote gehad het, op enige wyse versteur nie! Ons wil voortbou op die grondslag wat in die verlede gelê is! Die saak wat ons dien is groter as ons self. 2. OORDENKING Rom 7 (1) “ ... dat die wet gesag het oor ’n mens so lank hy lewe.”

description

Police Gazette Volume 1 Issue 11

Transcript of Police Gazette 1-11

Page 1: Police Gazette 1-11

1

The Police Gazette

Un-official Newsletter for SAP-Veterans

Die Polisie-Koerant

Nie-amptelike Nuusbrief vir SAP-Veterane

Vol 1 No 11

Pretoria: Sunday 15th August 2010 - Sondag 15 Augustus 2010

This newsletter, although originating from the Republic of South Africa is not in any way an official mouthpiece of

the former South African Police Force.

This newsletter is the voice of police veterans, their dependents and their family and friends.

PLEASE NOTE that the opinions expressed in this newsletter are not necessary the opinion of the EDITOR.

Names of the persons submitting articles, photographs or letters are shown.

Lees gerus wat u wil lees en ignoreer dit waarin u nie belangstel nie!

Versprei asb na hartelus! Please spread as you desire!

Redakteur - Hennie Heymans - Editor

Posbus/PO Box 11704, Queenswood, 0121.

[email protected]

Argivaris: Marius Avenant: Archivist

Stellenbosch

[email protected]

1. WELKOM

Sluit gerus by ons vriendekring aan! Ons is ’n klompie ou polisiemanne en jong polisievroue –-

met een saak in gemeen: ons is trots op ons herkoms, op die ou SA Polisiemag, sy mense en die

beste uit ons verlede. Diegene wat die hoogste offers gebring het, sal ons ook nooit vergeet nie!

Insgelyks is ons trots op ons land en sy nasionale simbole. Ons wil egter nie ons ou helde en ou

nasionale simbole, soos ons SA Polisie-vaandel en SA Polisievlag vergeet nie! Ons is ook nie

afsydig teenoor die ou SAW en sy simbole nie. Immers is ons almal wapenbroers! Dis óns

polisie, óns lugmag, óns vloot, óns SAGD (al was die verpleegsters so mooi en die inspuitings so

seer!) en óns Army!

Hierdie nuusbrief is ’n nie-amptelike, onafhanklike koerant vir SAP-veterane, vir sommige

dienende polisiemanne, vir ons polisie-familie en ons polisie-vriende. Dis ons koerant. Derhalwe

sal ons graag enigiets plaas wat die polisie as primêre gesagsorgaan (en natuurlik die

veiligheidsmagte) in Suid-Afrika in ’n goeie lig plaas of lede se belange in die algemeen sal

bevorder.

Dr Leon Wessels (oud-adj minister van polisie), ons twee vorige SA Polisie kommissasrisse,

genl MCW Geldenhuys en genl JV van der Merwe asook genl JJ ‘Jannie’ Geldenhuys, ’n vorige

HSAW, genl-maj Gert Opperman, HUB van die Voortrekkermonument, genl Pilot Loodts van

die IPA en brig Peet Nieuwoudt – voorsitter van Servamus, ontvang ons polisiekoerant. In die lig

hiervan en met die wete dat hulle ons polisiekoerant ontvang, wil ons niks doen om daardie goeie

betrekkinge wat die Polisie met al sy genote gehad het, op enige wyse versteur nie! Ons wil

voortbou op die grondslag wat in die verlede gelê is! Die saak wat ons dien is groter as ons self.

2. OORDENKING

Rom 7 (1) “ ... dat die wet gesag het oor ’n mens so lank hy lewe.”

Page 2: Police Gazette 1-11

2

’n Mens is vylbaar! Toe ons in die SAP-kollege was het die Wetsersant ons geleer wat ’n

misdaad is, ek onthou nog: “Dit is enige daad of versuim .... “any act or omission”. (Versuim om

jou inkomste-opgawe in te dien, versuim om by ’n stopteken stil te hou.) Ek versuim so baie my

plig – opnuut kom ek onder die besef dat ons mekaar moet eer! Ons versuim om sekere mense te

eer, omdat ons nie van hulle hou nie. Is dit geregverdig? Nee, want ons sal eendag mbt versuime

ook moet rekenskap gee! Ek gaan nie wag vir die nuwe jaar nie! Ek gaan nou begin om ander te

eer! Eer het niks met rang te doen nie! Ek is lief (agape) vir sekere van my vriende omdat ek

hom lief het, “ag” ek hom. Kyk hoe naby is verag aan die woord ag. Kom ons bring blomme vir

mekaar terwyl ons nog leef want ons is dienare van die Ewige Reg en die Geregtigheid.

3. LIEF EN LEED

Indien u hoor dat ‘n veteraan, ‘n lid of polisievriend oorlede is – laat tog asb per epos weet. Ons

lees nie al die nuus op die verskillende “polisie” FB-groepe nie. U is welkom om siekboek en

verjaarsdae edm ook in te stuur.

3.1 AFSTERWE

Dit is met innige leedwese dat ek die dood moet aankondig van ondergemelde

oudlid van die Mag: Brig Gustav Erlank is vanoggend (2 Aug) omstreeks 09:15 oorlede." - Ronnie Beyl. Opvolg -

Gustave Zacharias Erlank, gebore 19/11/1927, oorlede 2/8/2010. Soos 'n blaar in die herfs,

wanneer die boom sy lewenssap onttrek, verwelk en verdwyn, so het ons

vader, oupa en groot oupa, Gustav uit ons lewens verdwyn in die ouderdom

van 82 jaar, 8 maande en 13 dae. Ons dank die Hemelse Vader vir al sy

vermoëns en gawes wat hy aan ons geskenk het en wat op 'n sinvolle en

vrugbare manier gebruik te word. Sy vaste geloof in die Woord van God het 'n

onmiskenbare stempel op sy persoonlike, sowel as die gesins-en- familielewe

gelaat. (Foto – R. Beyl)

• Ek het hom geken – hy was ‘n puik offisier!

Vingerkraal:

• Ons innige simpatie aan die ou Koevoet-krygers en hul families te Vingerkraal.

3.2 Siekboek

1) Nic Green: is Vrydag ontslaan en sterk tuis aan, te Noord-Natal. Dankie vir almal se

belangstelling en goeie wense - K VAN VOLLENHOVEN

4. SAP 55 VERMISTE PERSONE Kom ons kyk of die vorm SAP 55 (A) in die praktyk werk:

• Steve van Rooyen – is opgespoor.

• Louis Pretorius –was ’n luitenant verbonde aan die V-Tak Klerksdorp c1980 – 1990. Op

’n stadium was hy by die BBP-eenheid van die V-Tak. Hy is getroud met “Sanet”.

Francois Pretorius en Dr Dawid Oelofse is op soek na Louis.

Page 3: Police Gazette 1-11

3

• Martin Aylward – is opgespoor.

Dit lyk my die koerant begin nou stadig te werk - 66% oplossyfer!

4.1. KOOS BURGER - Nie vermis nie maar bel hom asb: Christo Davidson: Oud-s/a/o Koos Burger wat 'n speurder in Benoni was en later by die V/Tak

aldaar, woon tans in Kaapstad. Hy het homself nog nie in die elektroniese kommunikasie begewe

nie, maar ek het hom vertel van jou koerant. Hy het gevra dat ek sy sel nr. deurgee en vra of jy

dit sal publiseer sodat mense wat hom ken, hom asb sal skakel : 072 299 6770.

5. POLISIE-PERSOONLIKHEID VAN DIE WEEK

No 56648R konst Z.A. “Donnie” Hough

Donnie het alles veil gehad vir Suid-Afrika en die SA Polisie. Hy het in 1973 by die polisie

aangesluit en is lid van troep 2 van 1973. Die landswapen is syne. Die beker het hy verwerf as

die beste geweerskut. Donnie is begrawe op Usakos nadat hy in Rhodesië gesterf het.

POLISIE-PERSOONLIKHEDE / BIOGRAFIESE WOORDEBOEK

6.0 Ontmoeting van die Geldenhuis /Geldenhuys-strydrosse Genl Mike Geldenhuys (SAP) praat met genl Jannie Geldenhuys

(SAW) oor die ou dae! Op die foto heel links verskyn mev Marie

Geldenhuys met baba Harper Martin van Niekerk, adj/off Fred

Geldenhuis, MM, MMM,

me Illse Geldenhuys,

(s/dogter) genl Mike en

genl J Geldenhuys.

Lees die volle storie

aanstaande week – die volle

storie is deur die rekenaar

verloor!

6.1 Kapt NM Breedt: Met verwysing na die artikel in die Gazette no 1/9 wens ek graag die

Page 4: Police Gazette 1-11

4

mite op te klaar. Mnr Bokkie Breedt het in 1970 met my moeder getrou na my vader se afsterwe

in 1967. Ek was bewus van die storie oor die ‘staatsvoertuig’ voor sy woning, en het op ‘n dag in

gesprek met Oom Bokkie, hom versoek om vir my duidelikheid te verskaf oor die mite. Hy het

my vir lank stil in die oë gekyk, ‘n slukkie whisky ingeneem en weer gestaar. Intussen het het hy

gegrynslag en sy moendhoeke het na bo getrek, en hy het my geantwoord: ''Dis sommer ‘n

bogstorie !'' En ek het hom geglo! Wat die bottel in die kamaste betref, is ek bewus dat hy dit

slegs as n ''stoorplek'' gebruik het. Of die bottel ooit stadig leeg geraak het terwyl dit daar gestaan

het, sal min weet. Wat in die bottel was sal nog minder weet. Ek dink die antwoord rus saam

met hom. Ek dink hy was die enigste Kompaniebevelvoerder wat ooit op Sondagaande, na hy by

my moeder gekuier het (voor hul troue) ons troep besoek het met ‘n koekblik vol toebroodjies,

en dit aan die studente oorhandig het. Dit het nie goed afgegaan by die troep-sersant nie. Sers.

Piet Otto - seun van Wyle Kapt Karel Otto - het geweet hoe om daarna op te tree. Groete uit

Jeddah, Chris van Vuuren.

• Van 1972 tot 1988 was majoor AHJ Kotze en ek bure op die Leeufontein-landbou

hoewes. Maj Kotze was die BO van die SAP Kollege Hospitaal. Die staaltjies wat Oom

Koos vir my van die Kollege en sy personeel vertel het by ons weeklikse braaivleis vure

was kostelik. Ek was in 1964 in die kollege en in die kollege het ek ook die staaltjie van

die kruiwa of te wel die staatsvervoer gehoor. Ek sal anderdag van oom Koos se stories

vertel. O ja, later is oom Koos weer indiens geneem en is bevorder na die ere-rang van

luitenant-kolonel agv sy sport prestasies as bestuurder van die Springboktoutrekspan.

6.2. Ronald Fred Aylward

Beste Hennie, Hier is my lewenskets na die beste van my swak geheue soos versoek. Ek hoop

maar net dit is volledig genoeg: Gebore 1 November 1938, te Balmoral, tans Reenendal (of

High-Way), net buite Knysna. Gedoop in ou Belvidere, St Georges Kerkie. My Vader het

gedurende WO2 gedien as 'Flight Mechanic' in die 'RAF'-basis te Voortrekkerhoogte.

Skoolgegaan en swaar grootgeword as tweede oudste van 7

kinders op Knysna, waar werk skaars en monde baie was. My

moeder het gehelp sorg deur naaldwerk te doen. (My ouma aan

moederskant, mev ACJ Cowley (nee Kapp) (weduwee) het by ons

kom woon toe ek so 4jaar oud was, en het volstrek geweier om

Engels te praat, en ons was toe maar verplig om Afrikaans te praat

wanneer sy teenwoordig was).

Sluit aan by SAP op 15 Januarie 1955, en word geplaas te Nuwe Geregshowe, Port Elizabeth, as

Nr 31260(V) Konstabel (Junior) RF Aylward, as AK-reserwe totdat ek 'volwasse' genoeg was.

Iemand het goedgunstiglik 'Du Plooy se Lesings' aan my geskenk, en ek het met toeweiding in

hulle ingevaar en geweldig baie geleer van Polisiekunde oor die algemeen. Ek kon my kennis

hieruit prakties toepas deur relevante feite in verklarings van klaers en lede vas te lę. Ouer lede

was later skoon sku vir al my vrae. Baie gehelp deur sers Olivier, sers Raw, sers CJW du

Plooy1, sers Dawid v Graan, sers Davies en Bernie Nell by navrae, ao Leslie Laas en ons SB ao

1 Die bekende brig CJW du Plooy – ook bekend as “Sagmoedige Neelsie” van Veiligheidshoofkantoor. Befaamde

spreker.

Page 5: Police Gazette 1-11

5

'Blou-baard' Barnard, om nie te vergeet van ou ooms Krogg en Volker (hy het gewoonlik met my

Duits gepraat wat ek dan maar met my powere skool-'Duits' probeer antwoord het, tot groot

vermaak van sers Van Graan, wie dit goed magtig was). Ek was maar altyd baie nuuskierig en

leergierig, en het op nagdiens in die ak die hele Encyclopaedia Britanica deurgewerk, en vir

afleiding het ek 'comics', 'cowboy' en 'Swart Luiperd' boeke gelees.

Werk by Radio Beheer,(lang tydperk)

Doen ronde diens,(lang tydperk)

Doen diens te Cradock gedurende onluste,(+- 10 dae)

1957 Doen diens op 'Bek-en-Klouser' kordon vir nege maande.

Gaan vir meganiese opleiding te Benoni - waar ek meer gewerk het aan een van die lektore se

privaatmotor as iets anders. Dit was egter baie aangenaam en leersaam.

Dop eksamen (Mag Admin) na sersant met lof (weet nou nog nie wat daar gebeur het nie - dalk

net dom).

Doen diens as wa-bestuurder met serse Ben Coetzee en later 'Wollie' Wolmarans as wyksersante.

Voertuig bestuurder vir diens offisier, kolonel Van Rooyen.

Doen diens as wyk-'sersant' met konst Giel vd Merwe as bestuurder.

1960 Doen diens vir etlike maande te Pondoland as klerk en Land Rover bestuuder vir die ao en

sersant.

962 Oorgeplaas na Radio Tegnies vir opleiding en word dan geplaas te Umtata saam met ao

Stassen en konst JH du Preez.

1963 slaag na sersant en word Takbevelvoerder van radio-tegnies (RT), Umtata.

1965 Trou met Marlčne Susanna Kies. Sy kry werk as klerk by VP. (Maj PP Botha, sers Rassie

Erasmus, Percy 'Ore' Hartzenberg, Piet Crouwkamp en ? was ook daar werksaam.) Het gehelp

met sekere vertragings tegnieke en pamflette vertrooi.

1966 Verplaas na Welkom en maak nuwe stasie oop saam met ao 'Stoney' Steenkamp.

1966 Slaag na ao en word verplaas na Pretoria RT. Moes inspring en help met 'bos'-werk.

1967 My oudste seun word gebore (26/09/1967).

1968 Verplaas na Windhoek RT.

1969 Slaag na luitenant en word na opleiding geplaas te Bloemfontein as TB, waar my ander

twee kinders, 'n seun 6/1970, en 'n dogter 12/1971, gebore is.

1972 Verplaas na Pretoria, na 'misgisting' deur maj CL Scott, en na konfrontasie -

1974 Verplaas na Oos Rand as takbevelvoerder (TB) te Boksburg.

1974 Op inspeksie-toer na al die SAP-poste in destydse Rhodesië saam met brig Vic Verster2 en

kol Mouton. Ons kon gemaklik met die Rhodesiese magte gesels, en die brigadier was te alle

tye 'n 'hot favourite'.

1985 Verplaas na Pretoria

1986 Verplaas na Kimberley as TB.

1988 Verplaas na Wes Rand as TB.

1988 Bevorder na 'vol' kolonel.

1990 Bevorder na siviele graad (rang) direkteur.

1991 Gaan met pensioen uit die Mag na 36jaar diens, en gaan woon op 'n kleinhoewe op die

Wes-Rand vir een jaar, koop toe 'n kleinhoewe (ekskuus : 'n Landgoed) in die

Hartbeespoortdam omgewing, waar ons aanbly tot 2004, en toe het ons 'n huis laat bou te

Kleinkrantz, Wilderness. Hier is ons ge-'organise' met 'n dokter as buurman, (net so vir 'in

case'), en 'n GROOOOT Dam in die voortuin - waar 'n mens snags kan lê en luister na die

2 Later luit-genl HV Verster.

Page 6: Police Gazette 1-11

6

geluid van die branders as jy nie kan slaap nie.

• Dankie u is ‘n yster!

6.3 Korporaal John Jackson: Die Nongqai– Deon Fourie

Beste Hennie, Korporaal John Jackson se pragtige skerp spotprente en ander – akkurate -

illustrasies van militêre lewe het ek in die Nongqai leer ken sovêr terug as 1943 toe iemand ‘n

handvol van die tydskrifte aan my gegee het. Jy het seker geen persoonlike data oor hom

opgespoor met jou werk oor die Nongqai nie? Hy was tydens die Italiaanse Veldtog ‘n

Inligtingskorporaal (m.a.w. ‘n klerk wat met kaarte edm besig was) in die Pretoria Regiment en

het vir verskeie tydskrifte en koerante aanhou werk terwyl hy oorlogsdiens verrrig het. Hy het

een keer in die 1950s ‘n lifelike almanak vir die Pretoria Regiments Assosiasie opgestel. Toe ek

bevelvoerder van die Pretoria Regiment was, nooi ek hom om vir ‘n paar dae kamp toe te kom

om weer die militêre lewe toe leer ken en nuwe spotprente te teken – “Forget it!” het hy gesê “I

had enough camp life for the rest of my life!” Beste groete, Deon Fourie.

• Deon – het jy miskien ‘n foto van kpl Jackson? As klein seuntjie het ek dikwels op my

Vader se skoot gesit en dan het hy die Nongqai vir my gelees en ons het altyd lekker

saam vir “Jackson” se spotprente gelag.

6.4 Sergeant Lucas Majozi – Deon Fourie

Nog iets oor dapperheids medaljes van WO2 naas Reuben Moloi. Ek dink kpl Lucas Majozi het

na die Oorlog by die SAP aangesluit en ‘n sersant geword. Hy is later deur ‘’n motor omgery.

Prof Deon Fourie skryf verder: Different degrees of bravery and merit are sometimes quite

difficult to distinguish. Some bravery can be very clearly remarkable. Notable examples in

WW2 were Sgt Quentin Smythe, 1st Royal Natal Carbineers, Cpl Lucas

Majozi, a stretcher-bearer of the Native Military Corps attached to 1st/2nd

Field Force Battalion, and Stoker Petty-Officer R. Sethren, SA Naval Forces,

who each carried on with their duties although already wounded and under

fire (PO Sethren was wounded eleven times). In the face of heavy enemy fire

and despite being badly wounded, their courageous spirit took them beyond

the call of duty. Smythe was awarded one of only three Victoria Crosses

(VC) received by South Africans in WW2. Majozi received the Distinguished

Conduct Medal (DCM), while Sethren, who received the Naval equivalent, the Conspicuous

Gallantry Medal (CGM), was the only South African to receive the CGM in that war. The DCM

and the CGM were both second only to the VC.

Sgt QGM Smythe, 1st Royal Natal Carbineers, won the VC for valour on 5 June 1942, near Alem

Hanza in Libya, for alone capturing a machine gun and an anti-tank-gun and their crews and leading his

platoon into cover, although wounded in the head. Although wounded by shrapnel, Cpl Lucas Majozi,

with 1st/2nd Field Force Battalion, received the DCM for leading other bearers in the carrying of

wounded out of action all night on 23/24 October 1942 in the Battle of El Alamein when the stretcher-

bearers were under heavy enemy fire. He only stopped when he fainted from loss of blood. Petty

Officer Rene Sethren received the CGM for shooting down an enemy aircraft attacking his ship on 29

June 1941 HMSAS Southern Isles, in 1942 in the Mediterranean Sea, although he was hit by eleven

rounds of machine gun fire. A Warrior class strike craft was named after him.

Other soldiers have acted calmly and bravely when the danger was present but not immediate.

An example is that of Job Masego who planned and carried out the sabotage of a German cargo

Page 7: Police Gazette 1-11

7

ship while he was a prisoner of war. Had he been detected he would probably have been shot.

His action was brave, but he was not in immediate danger because sabotage was not suspected

by the enemy. Thus, he was awarded a bravery decoration but at a lower level, i.e., the Military

Medal (MM). Majozi's bravery was so very clear that when he was recommended for the MM,

Brig Jack Bester3 crossed out MM and replaced it with DCM and he received an immediate

award.

NOTE. The VC is awarded for "signal acts of valour in the face of the enemy" - only 1355 have

been awarded in 150 years, the DCM was awarded for 'distinguished, gallant and good conduct"

by other ranks in the Army, the CGM was awarded for 'gallantry' by other ranks in the Royal

Navy and Commonwealth navies. The CGM and DCM were replaced in 1993 in Britain by the

Conspicuous Gallantry Cross for all ranks. [Foto: http://www.delvillewood.com/majozibis2.htm]

6.5 Luit-genl Roy During: Foto-parade 1.Hallo Hennie - hoop en vertrou dat dit goed met julle gaan. Bitter koud en nat in die Kaap!

Hierby aangeheg 'n bydrae deur oud-adj-off Jan van Wyk. Soos ook ander waarderende

ontvangers van jou Polisiekoerant, het ek die vrymoedigheid om uitgawes aan ander

belangstellende oud-lede deur te stuur. Gebruik Jan se bydrae soos jy goeddink - ek glo dat jy

vorentoe van tyd tot tyd van Jan sal hoor. Met groot waarderng - Roy.

• Generaal versprei asb na hartelus - “Baie dankie!”

2 Hello Generaal, Ek het die koerant met belangstelling gelees. Baie interessante aanhalings en

stories, maar te min foto’s. 'n Mens sal graag fotos wil sien van oud-kollegas soos hulle nou lyk.

Sal u dit kan aanstuur na Brig Hennie - moontlik kan hy daarvan gebruik. Groete Jan van Wyk

2.1 JAN VAN WYK: OP SOEK NA OU BEKENDES VAN ALEXANDERBAAI EN

DIE SPESIALE WAGEENHEID.

Foto 1. v.l.n.r. Piet Haumann, (Veiligheid Tegnies). Jan (Jas) van Wyk en Cyril Gousaard.

Almal was gestasioneer in Kaapstad, Alexanderbaai, en Spesiale Wageenheid. Almal getroud in

1969 en almal nogsteeds getroud met hul oorspronklike eggenotes.

Foto 2. Knippies Van Der Merwe (75jr Verplasings WP ) woon nou in Hermanus , en Jan van

Wyk (72jr Spesiale Wageenheid) woon te Plumstead, Kaapstd. Beide het jare saamgewerk met

verplasings van Wageenheid lede.

3 Later hoof van die spoorwegpolisie.

Page 8: Police Gazette 1-11

8

Foto 3. Jan van Wyk en Brig. J.F. Erasmus (81 jr) nou in Die Kelders, Gansbaai. Bevelvoerder

Goud en Diamantak Alexanderbaai. Weer ontmoet na 50 jaar. Wat ‘n besondere voorreg was dit

nie om weer met so ‘n skerpoud -polisieman oor die verlede te gesels nie.

Foto 4. Kapt John (Bobbie) Parker. Gestasioneer te W.P., Spesiale Wageeneid, Parlement.

Bestuur nou se eie Sekuriteits onderneming.

Foto 5. Lt-genl. Roy During (Bevelvoerder van die Spesiale Wageenheid vir 21 jaar, en Jan van

Wyk sy administratiewe klerk vir 18 jaar. Daarna het hulle paaie geskei.

Foto 6. Lt-genl. Hennie Westraat. En sy eggenote (Loopbaan geeindig as Hoof van Logistiek,

maar voorheen gestasioneer in Alexanderbaai as Distriks klerk.

Foto. 7. Genl-maj. Callie Westraat, Loopbaan afgesluit in die Paarl, ook voorheen van

Alexanderbaai saam met Jan van Wyk. (l965-66-67).

Foto 8 OU GROOT WIEL - AANGEHEG. (WIE KEN

DIT NOG?)

• Jan van Wyk, so van bo af na onder: Groete vir Piet Haumman – ons het

saam gewerk in die V-Tak te Hoofkantoor. Hy het my ‘n storie oor die Paarl

vertel wat ek nooit vergeet het nie!

• Brig JF Erasmus het ek baie in die Offisiersklub gesien – hy het omtrent ‘n

pak klere gehad vir elke dag! Baie netjiese offisier! Hy het noukeurig van

Page 9: Police Gazette 1-11

9

elke dag in sy lewe boek gehou! Vra hom hy kan dit bevestig.

• Callie Westraat en ek het gedurende 1974 saam ‘n “Bos”-kursus geloop. Sy

Ouboet was toe die “kwartiermeester” van die veiligheidstak.

• Genl Hennie se gade se Vader was ook polisieman!

6.6 Small cop's big secrets: Brian Morrow Claudette Irvine from Canada – formerly from Durban - sent the following account:

Towards the end of his tour of duty in the apartheid-era security police, Brian Morrow fell out of

favour with his bosses. Where, earlier, he had been running spies on the University of Natal's

Durban campus, now he was consigned to what his hard-case action-man superiors could only

have conceived as a demotion to purgatory. Morrow was assigned to the security police archives

to work as a filing clerk in the remotest corner of the security police regional headquarters in

Durban's CR Swart police station.

Unbeknown to his bosses, Warrant Officer Morrow was a traitor to the apartheid cause, a thief

of classified documents, and it was like punishing a kid by locking him in a sweet shop. It was

here - with easy access to the Top Secret and Secret files, marked with the legend S22/29/16/16 -

that he contrived to lift the bulk of the about 50 documents that collectively broke the

Inkathagate scandal.

"It wasn't easy getting the stuff out," Morrow recalls. "Security was pretty tight, and quite early

on they realised something was wrong. So there were random visits and regular searches when

you left work at the end of the day. But I managed to get the stuff out, stuffed into my shoes on

quick visits home in the morning, when they weren't paying that much attention."

This was in 1989. Several hundreds, if not thousands, of ANC and United Democratic Front-

supporting township dwellers and members of rural communities would lose their lives.

Thousands more would be injured, mainly in what was then KwaZulu and Natal, but also

throughout the country, before Morrow was in a position to make known what he now could

prove. In the meantime he stashed his secrets, literally, underground, in bags/boxes buried in the

garden of his parents' home.

"I signed up for the police as an alternative to military service," Morrow recalls over the

telephone from Brisbane, where he has been living for the past eight years. "I wasn't a supporter

of apartheid or anything, it just seemed better at the time than going into the army. But then after

doing my basic training in Pretoria, I was posted to the investigation unit in Point Road, Durban,

under a Major Louwtjie Lourens.

"It was just for a month. But some of the things I saw in that time made me realise I had to do

something to make some kind of difference. I had to use the situation I found myself in to

another end."

Then in 1991 - after his sojourn in the records room, his discharge from the police and, with a

young wife in tow, his remove (on a British passport inherited from his father) to the UK - he

Page 10: Police Gazette 1-11

10

was finally in a position to make that difference. He got in touch with David Beresford, the

Guardian newspaper's South Africa correspondent.

http://www.iol.co.za/index.php?art_id=vn20100725071643158C106180&set_id=1&click_id=13

&sf=

• Meer inligting oor hierdie oudlid sal waardeer word. Ons verdoem niemand nie – maar

hierdie geval is nuut in die annale van die SAP se V-Tak. Het iemand ’n foto van die

oudlid?

7. AANGELEENTHERDE WAT ONS DIREK RAAK

7.1 Die SAP Liefdadigheidstrust

7.1.1 Die saak van die Pebco-3: Genl Johan van der Merwe Genl Johan van der Merwe en genl Mike Geldenhuys het onderneem om as voorsitters van

onderskeidelik die advieskomitee en die trustkomitee van die Trust elkeen 'n R1000 by te dra.

R135 000 is ongelukkig 'n reuse bedrag om te delg en ons al baie hard moet werk om dit

bymekaar te maak. Ons sal elke bydrae, hoe gering ook al, waardeer. Vriendelike groete, Johan

van der Merwe, Voorsitter, TRUSTKOMITEE,

7.1.2 Jaarlikse Skaapbraai, DV, 11 September 2010: genl Johan vd Merwe Die skaapbraai begin om 10h00 op 11 September 2010 by die Hoffenheim Landgoed. Die koste

per persoon beloop R75 en kaartjies is by die polisiekoerant verkrygbaar.

7.1.3 Veiling van Boeke ten bate van die SAP Liefdadigheidstrust Donasies: Dankie aan Willie du Plessis wat twee boeke aangekoop het om op te veil en genl Vd

Merwe wat twee van sy boeke geskenk het vir die veiling. Ons veil dan graag vier boeke op ten

bate van die SAP Liefdadigheidstrust. Al vier boeke is geteken deur die outeurs.

Die eerste boek: They Conquer from Above ,

• Majoor Piet van Zyl het nou ‘n bod ingestuur vir R500-00.

• Hennie Heymans het ’n bod van R250 op die 2de

boek.

Die tweede boek: Trou tot die Dood toe ,

• Majoor Piet van Zyl het nou ‘n bod ingestuur vir R500-00!

• Dana Kruger het ’n bod van R250 op die 2de

boek!

Wie kan hierop verbeter? Verbeter dan op die 2de

bod!

7.1.3 Wedstryd: Raai Wie?

Page 11: Police Gazette 1-11

11

Deponeer R10-00 (of veelvoude van R10-00) in die Oud-SAP-Lede Trust; ABSA-BANK;

REKNR. 9050207273; LYNNWOOD-RIFTAK. Merk net u inbetaling “Fotokompetisie”. Die

prys is ‘n pragtige, gesogte duur boek deur Jonathan Pittaway. Die boek oor Koevoet verskyn in

dieselfde reeks. Raai wie verskyn almal op die foto? Die uitslag van die Trust is finaal.

Enige persoon wat graag ‘n bydrae wil maak kan dit in die volgende rekening kan stort:

Oud-SAP-Lede Trust; ABSA-BANK; REKNR. 9050207273; LYNNWOOD RIFTAK.

Die bewys van inbetaling moet asb. per faks aan genl Bertus Steyn by 012-365-2668 gestuur

word en daar moet duidelik aangedui word of dit vir die Skaapbraai, Regskoste of Fotowedstryd

is. Hoop ons sien u daar! Vriendelike groete, Johan van der Merwe, Voorsitter,

TRUSTKOMITEE

• Ou Bertus Steyn kom uit die “ou skool” selfs wat die inbetalings betref wil hy presies

weet wie gee vir wat vir welke “rekening” want hy wil elke skenker persoonlik bedank

en ’n belastingbewys gee – in gewone taal: skenkings aan die Trust kan van u

inkomstebelasting afgetrek word en Bertus wil vir elke ou sy sertifikaat vir

inkomstebelasting doeleindes gee en ook “baie dankie” sê!

7.2 Vingerkraal se mense Hennie, goeie more, ek was gister op Vingerkraal.

Die volgende het duidelik geword:

1. Daar was ‘n brand op die plaas wat die jong mense onder bedwang probeer bring het.

2. Daar is na bewering, deur verskeie getuies, ‘n teenbrand op die Vingerkraal plaas gestig deur

‘n aangrensende Logde eienaar.

3. Die teenbrand is na bewering gestig sonder in ag neming van die kinders. Roekeloos en

definitief nalatig.

4. Hierdie teenbrand is na bewering van agteraf en is die brand wat die kinders teen die eerte

brand vas gedruk het.

Page 12: Police Gazette 1-11

12

5. Daar is definitef met ‘n vuurwapen op die vlugtende kinders gerig.

6. Die hek waar deur die Lodge eienaar na bewering gekom het, het hy gesluit, en nie vir die

kinders oop gemaak nie.

7. Daar is na afloop van die brand ‘n SMS gestuur (na bewering afkomstig van die Lodge

eienaar) wat gelees het “3 of yours burnt, too sad”.

8. 10 kinders is sederdien in die brand dood.

Die aanvanklike “koop kontrak” met ene X, blyk toe ‘n 10 jaar “lease” te wees. Hoekom sal ‘n

gemeenskap ‘n plek vir 10 jaar huur? Vir die 10 jaar het hulle R600 000 betaal. Die Bela Bela

stadsraad het die grond ten einde by X gekoop, vir R320 000. So die grond behoort tans aan die

Stadsraad. Daar is na bewering ‘n R20 Mil ooreenkoms tussen die Stadsraad en die Lodge om

die mense van die grond aft e kry. Die Raadslede sal na bewering hiervoor vergoed word. Een

raadslid is die skoolhoof by Vingerkraal laerskool. Daarom dat daar niks by haar skool gebeur

nie. Na my oordeel is die kriminele klagtes die volgende:

1. Moord (in die ou SA sou dit reguit manslag gewees het, maar die Lodge het geweet daar is

kinders, en was dis opsetlik. Hulle het die kinders ook verhinder om uit die pad van die vuur te

kom)

2. Poging tot moord

3. Intimidasie

4. Rig van vuurwapen

5. Brandstigting

6. Verbreking van die brandwet op ‘n paar artikels, bv geen waterkar betrokke of brandbeampte.

Wie kan help? Leon Bezuidenhout.

• Leon - Ek hoop die polisie kan die saak volledig en deurtastend ondersoek – wat van

genl-maj Sharon Schutte? Dis mos kinders wat dood is – genl Schutte is in bevel van

misdade teen vroue en kinders – kontak haar gerus by polisiehoofkantoor.

8. POLISIE-GESKIEDENIS

8.1 Genl MCW Geldenhuys – Gert Coetzee

Destyds, gedurende 1976 is ek “iewers op die grens” gewond en in 1 Mil Hospitaal, Pretoria

behandel. So hoor ons toe ook by geleentheid van genl Geldenhuys se voorgenome besoek aan

die twee SAP lede in die betrokke hospitaal en word voorberei. Natuurlik was dit, in elk geval

vir my, op daardie jeugdige ouderdom (twee jaar uit die Kollege en reeds by die V-Tak) ‘n

voorreg om die Generaal te ontmoet. Ironies genoeg, met harde maar vaderlike disipline, moes

ek hoor dat dit hoogtyd is dat ek moet herstel, my hare te laat sny en my taak voort te sit.

Vandag is ek kortby normale afrteeouderdom met goeie herhinneringe aan my jare by die

V/Tak. Voorspoed met u grootse taak en bydrae tot ons trotse geskiedenis – Servamus et

Servimus! Groete, Gert Coetzee

8.2 ’n Bos-storie – Christo Davidson Oud-S/A/O Koos Burger wie 'n speurder in Benoni was en later by die V/Tak daar, woon tans in

Kaapstad. Oom Koos was in 1976 saam met my in Ovamboland as deel van 'n ondervragings-

eenheid van ons kompanie wat van April tot Julie daar afgedeelde diens gedoen het. Brig. (wyle)

Jack Cronje, destyds 'n majoor en, toe ook majoor, Dave Pretorius was die twee bevelvoerders

van ons kompanie. Ek was destyds 'n luitenant en gestasioneer op Newcastle V/Tak. Ek was in

Page 13: Police Gazette 1-11

13

bevel van die ondervragings-eenheid van ons kompanie. Ander lede in my groep was s/a/o(wyle)

Ross Henn van De-Aar, s/sers (wyle) Louis Wentzel van Cradock, s/a/o (wyle) Tony Lochner

van Pietermaritzburg V/Tak, Dirk van Heerden (destyds 'n sersant, hy was later by VHK en is op

redelik jong ouderdom in 'n motorongeluk oorlede, as ek reg onthou was hy 'n majoor toe hy

oorlede is) en destyds sersant Johan du Plooy. Johan was op Nelspruit gestasioneer en is kort na

ons Oshakathi diens uit die Mag en is 'n suksesvolle sakeman, tans in Durban omgewing.

Oud-brigadier Willlem Schoon, hy was destyds 'n lt. kol., was die V/Tak bevelvoerder op

Oshakathi en lt. genl. Piet Viljoen, hy was toe 'n majoor, was sy 2de in bevel.

Daar was ook 'n s/a/o Jorrie Jordaan van Oshakathi V/Tak wat saam met ons gewerk het om ons

te help met die omgewing en om tolke met die Ovambo V/Tak lede te reel. Jorrie was voorheen

in Johannesburg en 'n bokser van formaat. Sy vrou Netta het sulke lekker vetkoeke gebak en ons

wat so ver van huis was gereeld daarmee bederf, sowel as heerlike etes. Sulke dinge bly 'n mens

nou nog by. Hy het later teruggekom Johannesburg toe, afgetree en op Warmbad gaan woon

waar hy 'n paar jaar gelede oorlede is. Ek het gereeld kontak gehou met al die lede van my groep

en het hulle ook gaan besoek waar moontlik, veral oom Ross Henn, oom Louis Wetzel en Jorrie.

Ek en Koos Burger het nog gereeld kontak en ek en Johan du Plooy skakel ook met mekaar. Een

van die ander lede wie ek kan onthou van daardie kompanie was oud-Brig. Daan Siebert, wat

tans op Jeffreysbaai bly.

Net 'n kort staaltjie uit daardie tyd in Ovamboland. Ons was almal van die RSA en niemand van

ons groep was nog in die Etosha wildtuin nie. Ons beplan toe om darem, voor ons diens klaar is,

daar uit te kom met 'n "ondersoek". So gebeur dit ook dat daar 'n tydjie kom wat dit stil was met

die aangehoudenes wat ons moes ondervra. Een van die aangehoudenes wat ons ondervra het, het

"inligting" gegee dat die SWAPO manne beplan om deur die Andoni vlakte na die sentrale en

Suidelike deel van SWA te infiltreer. Ons sien dit toe as 'n goeie geleentheid om die inligting op

te volg.

Nodeloos om te se het Brig. Schoon ingestem dat ons hele groep die inligting moes gaan opvolg.

Ek het so 'n bruin Chevrolet C20 4X4 polisie-bakkie met 'n staalkap agter gehad en het

toestemming gekry om daarmee te ry. Een Saterdagoggend vroeg is ons agt weg is uit Oshakathi,

met genoeg van Netta Jordaan se vetkoeke, ons is deur Oshivelo hek tot by Namutoni waar ons

die Etosha in is, by Halali kamp geslaap het en die Sondag deur die Andoni vlakte terug is na

Oshakathi. Moet sê ons het baie diere gesien maar geen spoor van terroriste nie.

Met ons terugkoms was brig. Schoon op besoek aan ons kamp by brig. Jack Cronje. Hy wou

weet of ons veilig gery het en of ons die "infiltrasie-roete" gekry het. Ons kon hom nie 'n

duidelike antwoord gee en hy het nie verder uitgevra nie. Dankie oom Willem, ons het jou

goedhartigheid waardeer.

Ja Hennie, so kan mens baie stories vertel en dit is mos so dat ons soms baie "vindingryk" was en

goed kon "beplan" maar ons was toegewyd aan 'n taak en saak waarin ons almal geglo het,

sonder om op die horlosie te kyk en bereid was om alles te gee. Mooi loop. Christo Davidson.

Page 14: Police Gazette 1-11

14

8.3 ZARP’s en BERG-EN-DAL – Peter Wood BHA

1. Hello Hennie - Soos telefonies bespreek, vind daar op 28 Augustus 'n bus toer na Bergendal -

kyk nuusbrief aangeheg (Die toer word aangebied deur WA Pott - tel 013-751-3604 - vir die

Pretoria tak van die Vriende van die Oorlogsmuseum - tel Louina Marais 082-412-0854).

Bergendal is natuurlik waar die Johannesburg polisie geveg het in Augustus 1900. Ek het 'n

afgetrede polisie kolonel, kol Schoeman laasjaar geskakel - hy is op 013-257-7005. Kol

Schoeman en 'n toer gids, Marion Moir van Cottonwoods Tours, het in omtrent Junie of Julie

2009 'n gedenkplaat laat oprig by Helvetia, om twee polisielede te herdenk wat op 29 Desember

1900 in die slag van Helvetia geval het. By Helvetia het genls Ben Viljoen (Johannesburg

Kommando en Johannesburg Polisie) en Christiaan Muller (met die Boksburg kommando) teen

die Liverpool regiment geveg. Hulle het 'n skeepskanon, Die Lady Roberts, buit gemaak -

Francis Reitz het later 'n gedig hieroor geskryf. Ek het vandag weer Kol Schoeman geskakel.

Kolonel Schoeman het vertel dat die Bergendal monument eintlik 'n polisie-monument is - dit

herdenk nie net die slagting by Bergendal nie, maar simboliseer ook die samesmelting van 4

polisiemagte om die SAP te vorm (iets wat ek nie geweet het nie.) Kol Schoeman vertel verder

dat daar tans bye by die Bergendal monument is, wat dit gevaarlik maak om die monument te

besoek. Hy vertel verder dat die monument nou ook in slegte kondisie is - hy vertel dat

herstelwerk benodig word.

Maar in elk geval, kol Schoeman het gevoel dat genl Colin Steyn van die Bond van oud-

poliesiemanne genader moet word, om te hoor of dit nie 'n idee sal wees om ou polisielede ook te

herinner van die 110ste herdenking van Bergendal later in Augustus.

Kol Schoeman het ongelukkig nie epos nie - ek het hom vertel dat ek die boodskap van

Bergendal sal oordra.

Beste Wense - Peter Wood: Boksburg Historical Association

• Dankie Peter, ek het dadelik vir luit-

genl WH ‘Colin’ Steyn, Nasionale

Voorsitter van die Bond van Oud-

polisiebeamptes, ‘n epos gestuur.

• Dana Kruger en ek sal graag ‘n foto

van die bronsplaat bekom wat by

Helvetia oprig is.

• Ek weet dat die BHA verlede jaar die

Brixton begraafplaas besoek het. Daar

is ‘n paar grafte van polisiemanne wat

deur die Foster-bende doodgeskiet is.

Kan u miskien vir ons die verslag en

foto’s laat toekom – dit mag in Engels

wees.

• In die ou Nongqai’s het ek gelees dat die ou Jeppe Polisiestasie ‘n gedenkplaat gehad het,

om die sterftes te gedenk van die SAP-lede wat deur die Foster-bende geskiet is.

8.1.3. Genl Colin Steyn berig ondermeer soos volg: Hallo Hennie. Dankie vir die nota. Ek het

Page 15: Police Gazette 1-11

15

verlede week met kolonel Schoeman en majoor Viviers ontmoet en ons het lank en lekker

gesels. Ons het ook die Berg-en-Dal Gedenkteken besoek en daar is beslis groot nood om

aandag te gee. Dit is jammer dat die skrywe van VRIENDE VAN DIE OORLOGSMUSEUM :

PRETORIA nie hulle kontak besonderhede ook op hulle brief aanbring nie. Ek sou graag met

hulle vanuit die Bond se konteks met hulle wou geskakel het. Indien jy kan laat ek hulle

besonderhede kry asb. Ek beskik oor besonderhede van soortgelyke plekke en het reeds in die

verband met kontakpersone geskakel met die hoop om besonderhede en bevestging te verkry.

Ek weet nie of jy oor `n volledige lys in die verband beskik nie, indien wel sal ek graag wil

verneem of jy dit nie aan my beskikbaar wil stel nie?Vriendelikegroete, Colin Steyn

• Ons sal eersdaags vir u ‘n lys beskikbaar stel van alle polisiemonumente in Suid-Afrika

• Pretoria tak van die Vriende van die Oorlogsmuseum - tel Louina Marais 082-412-0854

8.4 Kamele in die polisie - Staan oor.

8.5 Fort Edward Moet nie verwar met Port Edward nie! Staan oor.

8.6 SAP King’s Rest – Hennie Heymans Te SAP King’s Rest het ek die pad van die volgende lede gekruis:

Sers ‘Hannie’ Fourie: Hy was ‘n goeie skut en het eenmaal diens gedoen op ‘n amptelike skip

langs SWA se kus om die regulasies tov seevisserye toe te pas. Hy moes sy .303 saamneem. Hy

was familie van Nannie Sauerman – Nannie en ek was op Port Natal Laerskool en later is Nannie

ook op King’s Rest, vandaar na Van Reenen en Ladysmith waar hy offisier geword het. Nannie

het die SOE vir dapperheid verwerf.4 Nannie Sauerman se Vader was Oom “Ken” Sauerman, op

‘n stadium ons hoof-oudeling. Ek het baie keer duiwe by Oom ken gekoop. Nannie is die

skoonpa van Pierre Victor wat by Servamus gewerk het. Pierre het die kunswerk in Knuppeldik

gedoen.

Sers H C ‘Harry’ Graham: Hy was ‘n oud-lid van die SA Spoorwegpolisie – as skoolkind het

hy en ek dikwels saam bus gery. Sy seun is met genl-maj Herman Stadler se dogter getroud.

Genl Stadler vertel my eendag dat Harry Graham onlangs oorlede is.5 Ek en ‘sant Graham was

wyksersante op verskillende aflossings.

Sers D C ‘Danny’ Keyter: Hy was seun van sersant EE Keyter van Wentworth, hy word saam

met my bevorder na sersant gedurende 1967. Die heel eerste dag na Danny Keyter van Benoni se

Meganiese Skool af teruggekeer het, waar hy sy meganisiekursus voltooi het, het hy die

patrolliewa omgegooi in ‘n systraatjie wat op Marinerylaan uitgeloop het, reg voor die Harcourt

Hotel. Ek dink dit is Netfordweg. Hy het later ‘n hondeman geword en was aan die Rand

gestasioneer .

Sers van Rooyen: Hy was ‘n konstabel te Seymour en is as sersant van Seymour na King’s Rest

4 King 2000: 173

5 Dit was in 2004.

Page 16: Police Gazette 1-11

16

verplaas. Met vrou en pap baba op die Bluff aangekom en eers in Crossways Hotel tuis gegaan.

Sers Van Rooyen het navrae en ondersoek gewerk. Op 13 Maart 1967 neem ek sers Van Rooyen

en konst Dirk Bisschoff na die Louis Botha lughawe om ‘n vliegtuig na Port Elizabeth te haal.

Hulle moes twee nuwe polisiemotors daar gaan afhaal. Eers het ons per trein na Port Elizabeth

gery maar dit het ‘n paar dae geneem. Met die vliegtuig was dit nie twee uur langs die kus af nie.

Laat die aand hoor ons op die nuus dat ‘n vliegtuig, die Rietbok, op pad na Port Elizabeth naby

Oos-Londen in die see neergestort het. Gelukkig was my kollegas op ‘n ander vlug!

Konst Degenaar: Sy voorletters kon CM? gewees het. Hy het by die Van Jaarsveld’s wat voor

Dirkie Uys Hoërskool gewoon het, loseer. Toe ek op King’s Rest land werk hy buite en ek binne.

Stil ou en heel te maal op sy plek gewees. Hy het nie van die woord ‘skofte’ gehou nie – hy het

die woord ‘aflossing’ verkies.

Konst ‘Skepie’ Scheepers: Later het ek hom raakgeloop toe hy ‘n kaptein te Benoni Meganiese

skool was. Ons het ‘n bruin Studebaker Champion patrolliewa, SAP 10881, te King’s Rest gehad

en hy het altyd op nagdiens die ‘baffles’ uit die wa se uitlaatpyp verwyder en dan het die ‘van’

lekker gebrul. Dan kla die publiek wat naby die stasie woon en gebeur dit maar weer totdat ek

eenmaal die “van” in Armstrongweg “gebord” het. Dit was maar ‘n klein ongelukkie. Die

patrolliewa het eers “springkane” in die Noord-Kaap iewers bekamp voordat sy op King’s Rest

aangekom het! Dit het voor in die logboek gestaan. Elke band het ‘n nommer en elke band se

‘myle’ moes ook elke maand in die banderegister aangeteken geword het. Doen hulle dit nog

vandag, ek woonder?

• Foto’s van King’s Rest sal later geplaas word!

8.7 Militere Polisie: Suidwes-Afrika - Mark Newham. Oom Hennie, Hier is bietjie inligting oor die militêre polisie in Suidwes Afrika. Ek weet nie of u

dit dalk wil gebruik as 'n aanhangsel by die volgende PVK nie? Vriendelike groete, Mark

Newham.

• Wat die polisiewese betref in Suidwes-Afrika, het hulle ‘n interessante geskiedenis

gehad. Hierdie is ‘n welkome byvoeging tot my eie studie van die polisiewese in SWA.

• Sien ook brief van Oom Pieter Swanepoel oor die Military Constabulary wat SWA

gepolisieër het voor die tot standkoming van SWAP.

8.8 Onluste Cradock: Ron Aylward Beste Hennie, Hier is 'n ou bydraetjie oor die land se onlus tydperk. Dit bevat nou wel nie al die

besonderhede oor die gebeure ooral nie - slegs hoe ek dit ervaar het te Cradock. Dit was in

daardie tye toe opstande, leuens en rumoer so alledaags was soos slaap en opstaan.

Beskuldigings teen en deur die regering, blatante leuens en valse verskonings van alle kante.

Opruiende toesprake en erg oproerige gedrag. Dreigemente en teenspraak was aan die orde van

die dag.

Elke Lid van die Mag het sy oë gerig gehad op alle tekens van opsetlike saakbeskadiging,

sabotasie, volksmoord en algemene opstand en amok. Die manne op rondediens en in

vangwaens was voortdurend bedag op enige tekens van lewe-en-dood situasies - die

wabestuurder het wye draaie om onskuldige papiersakke gery en die rondediensman het sy oë

ingespan om om donker hoekies in stegies af te kan sien. Oral was daar bedreiging en - bang of

nie - as jy nie bedag was daarop nie, kon jy jou Moses teengekom het.

Page 17: Police Gazette 1-11

17

Op 'n dag is ons sommer so in die gang van die enkelkwartiere opgekommandeer om gou 'n tas

te pak vir diens te Cradock. Ons is nie eens geleentheid gegee om ons eie stasies in kennis te

stel nie, maar is sondermeer in opruktrokke geprop en het ons die pad gevat 'Noorde' toe. Tipies

platpoot, was ons skaars buite PE, en die manne maak keel skoon en trek weg met hul 'polisie'-

liedjies. Nie lank nie of almal sing uit volle bors en heerlike kamaraadskap saam dat die trok-

geluide heeltemal vervaag in die agter grond - selfs die bestuurder sluit so nou en dan aan met 'n

geestelike 'tooet-toet' aan die einde van 'n refrein, met 'n 'sharp' teken deur die ruitjie.

Of dit nou ons polisie-opleiding was, en of dit die groot senuagtige afwagting was weet ek nie,

maar almal het so asof hulle op ‘n bevel gereageer het dadelik stilgebly toe ons die buitewyke

van Cradock bereik het. Almal het doelbewus die omgewing intensief bespied om hulle in te

stel op wat ookal kom. So asof hulle 'n prentjie wou vorm van moontlike brandpunte en

ontvlugtings roetes vir ingeval! "Om te meet is om te weet", lui die gesegde!

Ons is afgelaai by die ou stadsaaltjie, wat blykbaar ook diens gedoen het as skoolsaal. Langs

die klein verhoog het 'n taamlike mankoliekerige ou klavier gestaan, en die hele plek het meer 'n

indruk van onbruik by my gewek. Ons het beddens opgeslaan na 'n vinnige verwelkoming en

inligting sessie. Dit is aan ons gestel dat daar 'n groep swartes besig was om almal op te sweep

tot oproer en burgerlike ongehoorsaamheid. Pasboeke is in die openbaar verbrand om die

regering tot inskiklikheid te dwing. Ons moes vinnig en hardhandig optree om te bewys dat die

regering nog aan bewind is - hierdie was soos 'n noodsituasie hanteer moes word, en daardie

selfde middag en aand het die operasie 'vasvat' begin toe ons die dorp se strate moes

'skoonmaak'. Tientalle arrestasies deur ieder en elk het daartoe bygedra dat Cradock spesiale

deurnag hof hard probeer het om by te bly. Daarna het die dorp die stilste nag in 'n lang tyd

geniet.

Die volgende oggend het ons effens teruggesit en slegs sigbare polisieering in die strate

toegepas. Die manne het begin mor omdat hulle self moes voorsien t.o.v. etes. Blykbaar het

die Kerk se tannies toe ingespring in hierdie saak te voorsien totdat ander relings getref kon

word. Daardie middag en aand het die manne weer getoon waarom hulle daar was, en het hulle

die strate skoongevee van hoek tot kant. Die volgende oggend was almal afgegee tot om 2nm.,

en Harold du Plessis het so 'n rukkie getokkel op die ou klavier, maar het bes gegee toe die note

nie so lekker wou saamspeel nie.

Om 2nm het ons weer aangetree, en is ons meegedeel dat ons die swart woonbuurt gaan

'skoonmaak', en almal moes verseker dat hul vuurwapens te alle tye uiters veilig aan hul persoon

bevestig is, en om in alle kontak-situasies te verseker dat dit nie afgeneem sou kon word nie.

Daar moes te alle tye ten minste twee lede bymekaar bly. Dit was 'n uitmergelende, stink, vuil,

stowwerige operasie wat niemand se geestestoestand inskiklik gelaat het nie, totdat...

In een van die krotte het 'n klavier gestaan. Dit was so netjies skoon en vry van enige vaal

vingermerke, water-kringe en stof dat 'n mens kon dink dat dit so pas afgelewer was deur die

winkel. Op my navraag het 'n jong swartman na vore getree en aangedui dat dit ‘n klavier was

wat sy moeder ontvang het van 'n vorige werkgewer sodat hy kon leer om dit te bespeel. Ek het

hom versoek om 'n deuntjie vir ons te speel. Ons was totaal stomgeslaan ... Daardie klavier het

Page 18: Police Gazette 1-11

18

gehuil, gejubel en gesing sodat ek in totale vervoering was. So 'n voordrag het ek nog nooit

tevore beleef nie. Ek het die jongman se hand innig geskud en hom op die skouer geklop en

gesê; "Well done, young man. That was so beautiful"! Hy het ingenome en breed geglimlag en

het absoluut gestraal. My makker het buite so bietjie gespot en gesê; "Ek dog hy gaan jou soen",

maar hy het toegegee dat hy self 'n knop in die keel gekry het. Ek wonder nog steeds hoe ver

hierdie 'maestro' gevorder het met sy musiek.

Na nog 'n paar dae se klopjagte in die lokasie en strate vee in die dorp, het die groot geeste ons

bedank en is ons terug na ons stasies. Groetnis: Ron Aylward.

8.9 Die Victoriakruis en die CMP – Drie Ontvangers.

8.10 MURDER SO FOUL AT LAUCHHAMER - (BY CHIPOW) The thick black smoke which billowed from the furnace stacks standing tall and stark against a

lowering sky of the Mitteldeutsche Stalhlwerke, created a permanent and menacing pall over the

town of Lauchhamer, toying deep in the heart of Saxony, Germany, a town spawned by the steel

mill strategically placed in close proximity to surface coal deposits.

This pall added to the intensity of the dark and foreboding cloud which hung over the head of

each one of the miserable wretches who were forced to labour demoralising and energy sapping

twelve hour shifts in the mill, straining one's every nerve to breaking point.

Page 19: Police Gazette 1-11

19

Russian, British, South African, French (paroled) prisoners-of-war and Dutch civilians, formed

the forced labour complement which toiled almost ceaselessly under their German masters, who,

never-ending, extracted their pound of flesh.

The Frenchmen, incarcerated since the fall of France, were offered parole by their captors which

was readily accepted, and the Dutch civilians could, more or less, come and go as they pleased,

within the restrictions of the curfew imposed upon the town by the military command.

A condition of the parole agreement, fully documented and attested to by each paroled

Frenchman was; that no attempt at escape would be made, the consequences of which, upon

being recaptured were dire indeed, apart from which, the parole of the French contingent would

immediately be withdrawn.

The possibility of a return to a P.O.W. cage was, no doubt, a great deterrent. The French and the

Dutch had to; however, tread more than warily, cohabitation between a German woman and a

non-Aryan being a crime punishable by death. There is no evidence of any POW in the camp

having committed this cardinal crime but a prisoner in the British/South African compound

boasted that he had had sexual intercourse with a German female gantry crane operator in her

cabin, some 50/60 feet above ground level. Fortunately for the man concerned, the boast was

never substantiated. The French tended to ostracise the British prisoners - relationships in some

cases being strained - as the French avowed that their capture was due, in the main, to the British

army's failure to hold Dunkirk.

There were of course notable exceptions to the rule between the men of the different

nationalities, who toiled side by side in the mill, the common denominator being the arduous

work and the hatred of the German, making for a certain tenuous closeness. On the other hand

certain British prisoners showed much the same attitude towards the South Africans, proclaiming

that the blame for the fall of Tobruk could be laid fairly and squarely on the shoulders of the

south African garrison. In the accusation there were overtones of cowardice on the part of the

South Africans, which even went so far as to suggest that certain South African gunners failed to

spike their guns, at the crucial time!

What a travesty!!

What did the accusers know of South African valour! The valiant struggle of the Boers in the

war of 1899-1902, the courageous stand of the glorious 5th brigade at Sidi Rezegh, or of the

magnificent 1st brigade's epic defence- under the command of the wily general Dan Pienaar at

Taib-el-Essem, or of the part played by South African forces in the advance from El Alamein -

courage of the highest order in each instance, and in countless other instances, which will live

forever in the memories of those who know of these things !

What a travesty indeed!!

The Dutch civilians were a breed of men apart - they spoke to a German only when it was

absolutely necessary - maintained a clean appearance in their person under the most adverse and

trying of conditions, and who created in the minds of those who were privileged to witness it, a

lasting impression of an upright bearing and a dignity which was to be envied - and which will

Page 20: Police Gazette 1-11

20

not easily be forgotten.

In the midst of one's own abject misery, in which one became completely immersed, one's heart

bled for the Russian prisoners.

Denied the protection of the Geneva Convention, they died like flies from starvation, disease,

and a lack of the will to live. The Russian POW dead have no known graves, as these corpses

were summarily thrown into a lime pit established within the confines of their compound.

Without the saviour of Red Cross parcels, mail from home, and without hope of any description,

and considered by their German captors to be sub - human beings, they were the forgotten and

forsaken prisoners of the war! Release for these poor souls posed a threat to their safety as the

Russian high command demanded that no Russian soldier should be taken alive, but that he

should fight to the very death.

A point perhaps to ponder!

The Russians believed that should they ever be returned to the USSR they faced imprisonment,

or even worse, execution, for the heinous crime of having raised their hands in combat. Death for

these poor wretches was a happy and blessed release from the abject misery, trauma, and tragedy

of their lives. Upon the death of a Russian, his comrades would conceal the body in order to

collect an extra ration of the swill provided for them, until the stench of the decomposing corpse

eventually gave the game away.

What worse punishment can there be, but to live, without hope!

The British and South African prisoners were housed, some in wooden and some in stone

barracks, divided into small dormitories known as stubes, accommodating twenty men in double-

tiered/wooden bunks. Each stube was installed with a small coal-briquette burning stove which

became a shining beacon in the bitter cold winter months, and which brought a modicum of

comfort into the prisoner’s bleak and dreary lives.

The daily routine consisted of the never-ending drudgery of reveille at 05h00 for the all

important appel (roll-call). The shambling stumbling, trudge to the mill, some 3 to 4 kilometres

distance, to commence the shifts at 06h00 for the day workers, and 18h00 for the those who

laboured at night. The shifts were of a 12-hour duration, with but a half- hour's respite. The

march to and from the mill somehow became the time for the prisoners to berate the Germans

amongst themselves, for the inhuman treatment which was being metered out to the hapless men.

On returning to the camp after a shift the men enjoyed the luxury of a hot-water shower - the

water being rationed on a limited time basis.

On a number of occasions immediately after the completion of a 12-hour shift, certain of the

exhausted men were marched to the marshalling yards to off-load railway trucks which were

heavily laden with coal-briquettes. The daily ration consisted of 125 grams of bread, a watery-

soup made from turnip and potato peelings, and on rare occasions a heaven-sent minute portion

of horsemeat-sweet to the taste and certainly not unpalatable. The rations were hardly sufficient

to sustain life and it was necessary to barter for food with whatever one had of any consequence,

Page 21: Police Gazette 1-11

21

little enough, with the French and the Dutch who were blessed indeed to be more adequately fed

- such as this may have been.

This appalling way of life and the hunger pangs which seared ones innards were alleviated by an

all too rare heaven-sent issue of an international Red Cross food parcel, and an infrequent parcel

of clothing and cigarettes from a far-off and never to be forgotten place called home. The

succour provided by the Red Cross to World War II P.O.W.'S was one of the miracles of that war

and will forever live in the minds and hearts of the men who were fortunate enough to receive it.

Concerts were organised and brought some little relief from the permanent state of depression

from which the men suffered so deeply. A rugger match on a small area of uneven and rough

ground which was played between the springboks and the lions lifted flagging spirits somewhat

and became a talking point long before and long after the epic tussle.

Towards the end of 1944 excitement ran through the camp when men of a British air-borne

division taken prisoner after the abortive drop on Arnhem 1 on the 17th September 1944,were

brought into the camp. The intrepid parachutists brought with them a breath of clean fresh air,

and an optimism which was catching - a glimmer of hope, a taste of freedom at long last!

They disseminated the latest and authentic news of the war which had been denied to the

P.O.W.'s for so long - news of the successes on the eastern and the western fronts, of 1000

bomber raids, of mastery in the air, and of the overwhelming array of men and machines

amassed against the Germans. A ray of hope like a sharp slant of sunlight entered the minds and

souls of the beleaguered POW’s. They knew now that they had but to survive the rigours of their

lives and that one day - please dear god - one day, they would be free men once again.

Freedom a thought to be delicately savoured.

But survival and freedom were, in fact, a long way off.

The optimism of yesterday was quickly dispelled by the news of the well-nigh successful

German offensive in the Ardennes in December 1944 and with the curtailment of the issue of red

cross parcels, coupled with the bitter and unrelenting winter weather clutching the men in its icy

grip, dispirited and forlorn, they entered the new year of 1945 in a mood of great despondency.

The atmosphere was one of gloom and doom.

The compound was commanded by a despot of a man - a tyrant - Oberveldwebel Koenow who

ruled the camp with a rod of iron clutched in a mailed fist - literally as one of the prisoners (a 3rd

Jock) will testify. On returning one evening from his shift at the mill, he was set upon by the

camp guards and pistol-whipped into a bloody mass almost unrecognisable by his mates. He was

accused of disseminating anti-German propaganda amongst - the Russian prisoners what utter

nonsense!!

The man in question was something of a rebel - a courageous one at that - berating the Germans

unceasingly to any prisoner who cared to listen. He had apparently been a target for some time

and the Oberveldwebel taught him a lesson - unmercifully so!!! An informer in the woodpile? -

Page 22: Police Gazette 1-11

22

not unlikely! The Oberveld ensured that the prisoners were bombarded - almost on a daily basis -

with anti-Semitic literature. This added to the heavy burden already carried by the four Jews in

the camp.

Early in the New Year the men of Stube number 19 were awakened not by the customary

raucous shouts of the guards: "ARAUS - ARAUS - AUFSTEIN - APPEL! - APPEL!” But by a

commotion in stube 20.

The upheaval was caused by the fact that Pte. Gold - a South West African policeman, a member

of one of the police battalions - refused to rise, nor get dressed, nor to appear on the appel. He

proclaimed in a loud voice that during the night he had a visitation from God who had told him

that he was to no longer work for the Germans!

Poor Gold, little did he realise the consequence which would result from his nightmare.

He was obviously suffering from a mental aberration, not altogether unknown among P.O.W.'s

euphemistically known as being "wire happy". This most unfortunate state of mind was brought

about by one's inability to withstand the rigours, vicissitudes, and hopelessness of P.O.W. life.

It was an escape mechanism - to transport oneself to another world - Utopia perhaps!

Poor Gold indeed!

One could only guess - correctly so - at what the state of his mind would foretell. Gold's stube

mates realising the dire consequences that would result from his actions, reacted immediately,

hastily dressing him by force, & force marching him on to the appel. Appel consisted of a head-

count, and at this stage, as far as the guards were concerned, nothing appeared to be amiss.

Gold was shoulder marched the 3 or 4 km’s to the mill, and then directly to his gear-cutting

machine of which he was the minder.

Upon reaching his machine he immediately sat down. This action was one of the cardinal sins

that one could commit in the montage section of the mill. The black-clad dreaded factory

policemen instantly pounced on him ordering him in their raucous voices to "Aufstein -

Aufstein"!

Gold complied with the order but when the policemen’s backs were turned he immediately sat

down again.

This act elicited a stream of abuse and threats from the policemen.

Gold, who spoke German, calmly reiterated that which he had earlier that morning told his

comrades - God's message was clear - he was to no longer work for his captors. When it was

patently clear to the police that the unfortunate man had no intention whatsoever of carrying out

his duties, he was unceremoniously frog-marched by his black-clad tormentors out of the factory,

and down the oft-trod road which led back to the compound.

The drama which unfolded before the eyes of those who witnessed it will have it indelibly

Page 23: Police Gazette 1-11

23

imprinted on their minds for evermore. Upon arrival at the compound, Gold was taken to Cpl.

Jevans's stube which doubled as the camp office. (Jevans - the British man-of-confidence - the

senior N.C.O. in the camp - medical officer excepted.) Jevans had the onerous task of ensuring

that the Obervelds' orders and commands were carried out by the men to the letter. Gold was

dumped onto a wooden bench in front of Jevans' table and he waited! He 'did not have long to

wait. The police snapped to attention as the Oberveldwebel strode through the door of the stube,

seating himself in the chair directly opposite the prisoner.

He barked at Gold to stand up, & upon being questioned as to his refusal to work, he repeated,

once again, the message he claimed to have received from the Almighty. Upon hearing Gold’s

words the Oberveld stood up and calmly and with slow precision unbuttoned his holster,

withdrew his service pistol, and fired at Gold at point blank range, three shots hitting him in the

chest killing him: instantly.

Murder so foul was committed at Lauchhammer that day!

The body was placed in a plain wooden coffin and lay that night in an empty stube. A hush fell

over the camp - men spoke only in whispers, and shuffled instead of walking. The Jews in the

camp trembled with anxiety and anguish. What if their cover was exposed! What would their fate

be at the hands of the tyrant! The next day the coffin was placed on a small horse-drawn cart, and

with those men not on shift standing stiffly to attention on either side of the pathway, the cart and

it’s burden trundled slowly out of the camp to some obscure burial ground, to be laid to rest

presumably in an unmarked grave.

Cpl. Jevans’ entreaties that Pte. Gold be given a military funeral attended by a contingent of his

comrades, fell upon the heartless Obervelds' deaf ears - true to his form. And so Gold lies - God

knows where - in ground which forever will be a part of South Africa.

Footnotes

1) Koenow, was swallowed up in the maelstrom of the Russian invasion of eastern Germany.

One can only hope that he received his just deserts.

11) The owner of the Mitteldeutshe Stahl-Werke appeared; it is alleged, at the Nuremberg war

crimes tribunal. It is further alleged that he was charged with employing slave labour in his

factories. The result of these allegations is not known.

III) The Geneva Convention states that ill treatment of a P.O.W. constitutes a war crime.

IV) Countless atrocities committed against P.O.W.s are chronicled. One of the most infamous

being the massacre at Malmedy. William Gilbert (in his History of World War II writes:- (the

Ardennes offensive):- the slaughter took place on the 17 December 1944 when 72 American

soldiers, having been captured by a German SS unit, south of the Ardennes town of Malmedy,

were led into an open field, lined up and machine gunned. About 12 of the men managed to

escape the massacre and hid in a cafe. The Germans surrounded the cafe; set it on fire and then

shot the men as they fled the flames. William Gilbert in his magnificent history chronicles many

other atrocities committed on POW's particularly during the German invasion of Poland.

V) There are no known successful escapes from Lauchhamer. There were one or two

unsuccessful attempts.

VI) The POW’s of Lauchhammer were marched back to the mother camp at Muhlberg-on-Elbe

Page 24: Police Gazette 1-11

24

in April 1945, and were released by 4 Cossacks who entered this main camp on horseback,

followed a day or two later by a few Americans in a jeep.

Vii) On the arrival of the South African survivors in Brighton England, in may of 1945 the facts

of the murder at Lauchhammer were reported to the unit which was established to monitor

atrocities committed in POW cages. The facts were also reported to the South African authorities

on their return home.

An interesting aspect in this matter is that + 3 years after the facts were reported in South Africa

one of the returnees was called to Wit Command HQ Drill Hall, Johannesburg, to recount, once

again the details of the case as he remembered them. Nothing further was ever heard, concerning

the murder.

Viii) At a time when a stroke of a pen, the wrong queue, transport turning left instead of right,

had the effect of separating POW, mates who had been together in cages for years, it was indeed

a strange. Quirk of fate that brought 7 members of the 3rd Battalion to labour at Lauchhammer.

An even stranger twist lies in the fact that they were all "B" company lads. The only pleasing

note in this report is that they are still "survivors" praise be to the good Lord:- Mac, Cussy, Ben,

Bunny, Chippy, Stan (Tich) and Vic. (since deceased)(The 3rd Battalion being the 3rd Battalion

of the Transvaal Scottish Regiment).

Die konstabel Gold is identies met nr 12794 konstabel LR Gold wat op 19 Februarie 1944 as

krygsgevangene geskiet is. Sy UVM nr is SAP 196019. Hy was ‘n lid van nr 47 Distrik

(Dundee)6 en is ‘n Nataller – sy dogter woon in Durban.

8.11 ‘n Veiligheidstorie: Positiewe veiligheidskeuring Kat “A” – Toffie Risk Brig Hennie, Ek het hierdie handgeskrewe veiligheidskeuringsverslag van t/sers Okkie

Caithness tussen die bladsye in my adresboek van 1980 gekry. (Op die voorblad van die boek is

gedruk B20 RSA Kode 81/5517) Dit is die formaat hoe dit gewoonlik gelyk het vir die tiksters

om te tik indien daar niks van veiligheidsbelang is voordat dit na veiligheidshoofkantoor gestuur

is ter inligting.

Op die agterkant van die verslag is die kontaknommers en name met wie ons geskakel het

tydens beveiligingsdienste (Dit lyk na kol Rupert Y Anelich dit geskryf het en vir my gegee het.)

Staatspresident ... Majoor Steyn. (Mnr Barker en Truter se name ook)

Eerste Minister ... Scholtz en Kellerman

Vise President ... Kapt Hattingh

AG Mnr Hough ... Sers Vivier

Groete, Toffie Risk.

• Ek soek steeds vorm SAP 67 – veiligheidsverslag.

8.12 Veiligheidstak Noord-Transvaal: Toffie Risk verlang terug na die ou dae Brigadier Hennie, Goeie More...dit is nou 01h58 Sondag oggend.

Gisteraand het ek gaan fliek met die gesin en daarna 'n koffiekombbinasie met ek weet nie wat

6 King 2000: p 284

Page 25: Police Gazette 1-11

25

met varsroom gedrink naby die Monte Casino Nu Metro. Weergawe no 10 van die polisekoerant

gelees en is nou nog wawyd wakker. Ek het in die fliek, soos gewoonlik geslaap!

Hiermee 'n gedeelte koerantuitknipsel oor John Vorster 1915-1983 met foto's van Henry

Kissinger en Ian Smith en andere. Ek is heelagter op die foto met die das. In die middel is een

van die Amerikaanse agente. Ons het met groot walkie-talkies gewerk. Hulle het in die mou

gepraat met gehoorstukke in die oor.

Ek het die voorreg gehad om deel van die beveiligspan te gewees het toe hulle ...Ian Smith,

Henry Kissinger en Cyrus Vance, Lord David Owen ens die RSA by geleentheid besoek het. (

Burgerspark Hotel ) Saam met Dries van der Merwe ( wyle generaal) en sy geel VW Kewer. Die

Wes-Duitse Kanselier was beindruk met ons geel VW Kewer.

'n Amerikaanse Agent met die naam van "Don" het saam met ons gewerk tydens dr Henry

Kissinger se besoek. (Genl Mike Geldenhuys se dae !) Die Springbok-wapen wat ons gedra het

vir identifikasie as SAP-lid is ook êrens in my trommel. Jack Buchner was in die Beheerkamer

te Burgespark Hotel.

Die Amerikaanse agent was nie beindruk die voertuig wat ons gery het, maar Dries het vir hom

'n storie vertel dat die voertuig 'n nie standaard model is en die nodige krag het om by die hulle

groot karre te kan bly indien nodig !

Ek het ook by geleentheid my Amptelike vervoer (Honda CB 350 four) gebruik vir sekere

beveiligings tydens Henry Kissinger se besoek. Een van die vroue-agente wou net vir die

"Sports" by 'n geleentheid agter my op die motorfiets ry, maar ons kon skaars wegtrek. Sy was

ongeveer ses voet lank en te swaar gewees.

Ek kan nie presies onthou by watter geleentheid die "Mossad" my wou bykom (Skiet) agv van 'n

misverstand tydens een van die beveiligingsdienste nie. Ek was nooit bewus daarvan tydens die

beveiligingsdiens, maar het agterna daarvan te hore gekom !

Die "Boere" by die Pretoria Skougronde ( Landbou Unie byeenkoms) was ook nogal

ongemaklik toe hulle my by hulle funksie gewaar waar Adv Vorster was. Gelukkig was Kol

Rupert Anelich by om my te "Red " en verduidelik dat ek 'n lid van die Mag is en deel van sy

beveiligingsspan is by die funksie.

By die verhoor wat ek bygewoon het van die "Terroris" Alexander Mombaris en Hosey is ek ook

uit die Hof geneem en is gevisenteer deur lede van die ondersoekspan van die saak en was nie

bewus was dat ek 'n lid van die Mag was nie.

Ek het êrens 'n foto van, Royce Merton wyle Advokaat John Vorster en myself wat ek sal

aanstuur. Groete, TR.

• Vir diegene wat Toffie Risk nie ken nie, hy is ‘n Vrystater in murg-en-been en is van

Lebanese afkoms. Eendag wou die Mossad amper vir Toffie in Pretoria skiet toe hy met

sy SAP-motorfiets by een of ander BBP-begeleiding aangesluit het. Die Jode het hom

Page 26: Police Gazette 1-11

26

dadelik as ‘n “Arabier” geidentifiseer.

8.13 Nuusdagboek: 5 Augustus 1962 – Nelson Mandela word inhegtenis geneem op aanklagte dat hy die regering

omver wil werp.

6 Augutus 1916 – admiraal HH Bierman is gebore.

7 Augustus 1884 – die Duitse vlag word in Luderitzbucht gehys en die gebied word deur

Duitsland geannekseer.

8 Augustus 1873 – Op versoek van pres T Burgers word ’n pro-regeringskoerant De Volksstem

uitgegee.12 Augustus 1976 – in Kaapstad en Johannesburg sterf minstens 27 mense in onluste.

15 Augustus 1990 minstens 150 mense sterf in geweld in woongebiede buite Johannesburg.

(Nuusdagboek: Wallis 2000 pp 234 - 244.)

9 NUUS VAN HEINDE EN VERRE 9.1 Nuus uit Kwazulu-Natal:

9.2 Nuus uit die Wes-Kaap gestuur van Hermanuspietersfontein

Dis vroegoggend – Donderdag - die oud-kwartiermeester skakel: “Ou Heymie! Die Generaals

kom vandag in Hermanus bymekaar – almal sal daar wees – sal kyk of ek ‘n foto kan stuur!!!”

9.3 Nuus uit die VSA

9.4 Versoek van Australië

9.4.1 Hennie, Charles Leach has given me your contact (refer the email below) as I have a keen

interest in the Pretoria-Pietersburg Rail line. I have attempted to look for maps but none appear

to have the detail required. Any thing to do with that rail line, armoured trains on that line

and the train wreckers that worked that line would be of interest to me. I will let you ponder

the email below and leave you to respond to me at your leisure. In anticipation, yours, Ted Robl

(Australia).

--------------------

Hi Ted, I have a book in my study at home - unfortunately written in Afrikaans by a guy named

Odendaal. The translated title is 'Military Affairs in Northern Transvaal'. in which he deals with

Jack Hindon and the PPR (Pretoria / Pietersburg Railway)

I will see what I can find on railway attacks by the comdo. - primarily the Waterberg Commando

- but assisted by Jack Hindon. I also have the original unpublished manuscript of a local

historian, Sarel Lee - now nearly 100 years of age. I will likewise see what he has to say.

Incidentally, in our museum at Lalapanzi Hotel, we actually have one of the very detonating

devises that Hindon and his men used. It is a short, hair-trigger

operated 'gun' that is wired to the cross-tie and loaded with -

what seems to be a Mauser round. It would have been aimed

into the bag of explosives and be released, either by pulling a

wire or rope from a distance - once the wagon / truck with the

Boer women had passed over - or the wire / string / rope could

Page 27: Police Gazette 1-11

27

be stretched over the track itself to be cut when the locomotive wheels passed over it.

We also have a piece of the actual rail that was blown up at

Tobias station with the ill-fated Gordons. Give me a few days and

I will take pics of both items for you.

One of our researchers found a cache of gelignite (spelling?) in

the old Fort Edward graveyard. He was busy with a metal

detector and picked up the corrugated iron sheet that had been

used to cover the buried box. There were about 30 'sticks' of

waxed brown-paper wrapped rolls - about 25-30mm diam. We

took the lot to a retired mine captain for identification. He stated

categorically that was very old, widely used in the mining

industry or whatever else, and that under the right conditions it

would still explode. He failed to explain what the 'right conditions' were and in our

present climate of police paranoia about Right-wingers and unregistered weapons of mass

destruction, we requested the finder to drop the parcel off in some disused borehole.

We took some good pics and I still have the little torn booklet - The Golden Butterfly - I think it

is titled- that was printed in about the 1870's I will send you some of those pics as well, though

there is no guarantee that it was the stuff that Hindon used. We also know that Capt Taylor used

explosives in this area and his HQ was only about 3kms from where this stuff was found.

There were probably many more attacks - opportunistic rifle attacks - on the PPR than the

actual use of explosives. The line passed thru some very hilly, rugged country with many

cuttings, particularly from Nylstroom to Pietersburg and would have provided excellent hit-and-

run attack sites.

We know that on 24 Jan. 1902 when Morant, Handcock and Witton were taken to Pretoria in an

attempt to access Kitchener's written orders 'to take no prisoners', the train was stopped near

Warmbaths and the men were armed in order to repel an expected attack. Nothing happened and

they proceeded to Pretoria.

I know an outstanding authority on the railway lines of the Republics. He is the very man would

provided me with the info I used for my newspaper article. I have no doubt what-so-ever that he,

Hennie Heymans, will assist you with info such as a map of the line northwards etc. He might

have more info on actual ABW attacks as well. He will also have info on the Jack Hindon

Regiment that served SA for many years. Please mention my name - or even send him this mail -

as introduction.

Contact him ... Regards, Charles Leach.

Vriende, u sal vra wat het hierdie met die polisie se

geskiedenis te make?

• Jack Hindon was ‘n Zarp.

• Fort Edward is ‘n ou polisiestasie wat deur die SAC en

later deur die Transvaal Police en SAP beman is.

Page 28: Police Gazette 1-11

28

• Die rooihuid – konstabel William Eagle van Kananda -

was daar gestasioneer en die Fort Edward begraafplaas

bevat sy graf en ander ABO-grafte is ook daar naby

geleë.

• Mr Charles Leach van Louis Trichart doen baie vir

bewaring, ook vir polisie-geskiedenis. Hy het ‘n pragtige

boek oor konstabel William Eagle die lig laat sien.

• Breaker Morant: Something interesting on Breaker

Morant is that it is alleged that he said: “I received my

commission when I transferred to the Transvaal

Constabulary”.

• Breaker Morant en sy manne het ook dr Heese – oupa

van prof Malie Smuts, vermoor.

• Kapt “Bulala” Taylor en ander manne van die Bushveld

Carbineers het dood en verwoesting onder die Boere

gesaai. (Foto’s – Hennie Heymans)

9.4 Versoek van Kanada: Ek het juis ‘n versoek om inligting mbt konstabel William Eagle ontvang. Niemand beskik oor ‘n

foto van konst William Eagle nie. Wie kan help?

10 POLISIE-POSSAK

10.1 Korrespondensie:

1. Beste Hennie, Ek staan verstom oor wat jy besig is om weekliks te produseer. Die Nuusbrief

vir Militêre Vetrane is nie ‘n kwart van die grootte van jou Koerant nie, maar dit het vir my

onmoontlik geword om dit by te hou. Jou lesers besef nie wat dit verg om so ‘n poging te lewer

nie en besef veral nie dat jy tans voltyds besig moet wees om elke publikasie saam te stel nie.

Hoe lank gaan jy dit nog kan volhou voordat jy jouself uitbrand? Ek wil voorstel dat jy nou reeds

begin om effens af te skaal. Met goeie wense, Johann Vorster.

• Beste Johan – ons plan was om die polisiekoerant eers onder die SAP-Veterane te

versprei en dan gelydelik af te skakel, maar daar is so ‘n geweldige behoefte onder die

oudlede om met mekaar te kommunikeer. Met die Diaspora word meer en meer van die

ou-manne ook rekenaarvaardig. Andersyds is dit my missie en lewenstaak om die SA

nasionale veiligheidsgeskiedenis te bevorder. Polisie-geskiedens is my stokperdjie en vir

jare werk ek al aan die SAP se geskiedenis, ook mal oor treine en die twee onderwerpe

hou my nogal besig. Op die oomblik geniet ek dit baie – die tikwerk hoop net op!

2. Beste Hennie, Dankie vir jou koerantjie vol nuus ek het regtig baie geniet en jy kan dit maar

IPA se naam op jou verspreidingslys sit. Hier kom die SSO karakter van my weer deur – ek het

die bladsye deurmekaar ontvang – en glo my dit het ‘n tydjie geneem om van begin tot die einde

te kom en na my mening om sin te maak is daar nog ‘n bladsy of twee weg. Sal dit onder andere

nie makliker ook wees as die bladsye net genommer kan wees want die paragrawe was ook nie

so lekker nie. Hennie – net ‘n gedagte. Groete, Pilot (J) Loots, President IPA (SA).

Page 29: Police Gazette 1-11

29

• President Pilot, wees verseker van my steun! Ek sal die bladsye voortaan dadelik

nommer! Ek wil net tong in die kies repliek lewer: Julle SSO’s by Kompol x94 het my

ook geleer die lewe is nie regverdig nie! Die ‘senior’ SSO (dis nou genl HPM de V) het

gesê: “Ou seun jy kan ‘n DK word en jy mag kies waarheen jy wil gaan!” Ek wou toe DK

in Durban-Suid word! En, waar stuur julle my heen? Na my keuse? Nee, Welkom!

Sterkte!

3. Beste Hennie, Redding Internasionaal; Die dokument wat jy net in hoofletters het, kan baie

maklik omgeskakel word in kleinletters met hoofletters aan die begin van elke sin. Jy sal dan net

die hele dokument moet deurgaan want woorde in die middel van sinne wat met hoofletters moet

wees, gaan ook omgeskakel word in kleinletters in geheel. Metode een: E-pos die dokument na

my en ek doen dit gou. Metode twee: Selekteer die hele document deur Ctrl + A te druk en volg

dan die volgende...Willem van der Merwe.

• Dankie Willem – ons vriend Johan Ferreira het u voorgespring!

4. Good evening Hennie, Hope you are keeping well. I've had the opportunity of going through

your 11th July, 2010 edition which was sent to me by an ex-colleague. It's a most welcome

publication. I never knew it existed. It would seem that this is not the first but already the 6th

edition. Many of those mentioned in this edition are known to me especially Col. Fred

Geldenhuys when he was stationed in P.E. How can I get hold of your publication in future?

Regards. Mike Boyley.

5. Hello Hennie, hoop die voorspoed verveel jou, Ron Aylward het aangedui dat hy op soek is na

sy neef Martin Aylward. Wel ek ken Martin Aylward persoonlik. Martin het die SAP ‘n aantal

jare gelede verlaat en hy en sy gesin het hulle in Kaapstad (Durbanville) gevestig. Hy is die

eienaar van Easylife Kitchens en opereer vanaf die Tygervallei Area. Het met hom persoonlik

gepraat vanoggend en sy sell. Goete, Glenn Schooling (Ass. Komm. Afget.)

• Dankie Kommissaris! Ek het die regte telefoonnommers deurgegee aan Ron.

6. Geagte Mnr Heymans, Sal U so gaaf wees om my ook op U verspreidings lys te plaas. Ek is

Gert Petrus Aucamp, magsnommer 69967, 1976 tot 1977, seun van lt-kol Carel David Aucamp,

16 Februarie 1929 tot 29 Augustus 2009. Baie Groete, Gert Aucamp.

7. Haai daar, Hennie. Ek het Nommer 10 ontvang, dankie. Hoeveel bladsye beslaan daardie

manuskrip wat in hoofletters getik is en hoe gou wil jy dit oorgetik hê? Indien jy alreeds ‘n

vrywiiliger oortikker/oortikster gevind het, bied ek aan om dit te proeflees. Groetnis Martin Nel Martin Nel Martin Nel Martin Nel

32482 (V).

• Dankie Generaal – die takie is voltooi deur genl Johan Ferreira! Ek plaas in ieder geval

die storie. Ek sien u is 32482 – ons senior konstabel op die stasie was konst JD Uys. Hy

was ook ‘n 32xxx. “Bobbie” Welman was my wyksersant, hy was nr 32873 sers (later

kol) RL Welman. Ons was later albei by Port Natal V-Tak. Hy het aandiens gesterf as

plofstofdeskundige.

8. Hennie, Ek het verneem dat jy graag Steve se kontakbesonderhede wil bekom. (Dan word die

besonderhede verstrek). Plaas my asb. op jou adreslys en baie geluk met jou nuusbrief. Groete,

Page 30: Police Gazette 1-11

30

Vic Haynes.

• Dankie vir Steve van Rooyen se besonderhede. Ons maak so! Volgens een van ons

‘groot’ bronne in die media - toe ek destyds in die V-Tak was - is (destyds) kol Vic

Haynes van afd. openbare betrekkinge. Bron sê as Vic die feite deurgegee het, is dit

absoluut korrek – die ander offisier wat hoog aangeskrewe by die media van destyds was,

is maj Othniel Mazibuko. Wonder wat het van hom geword?

9. Dag Hennie, Ek sal ook graag die Polisiekoerant wat jy uitgee gereeld wil ontvang. Dankie

byvoorbaat, lt- kol R Tredoux, (Afgetree)

10. Dag sê Hennie, Genl During het u koerant aan my gestuur en dadelik daarop geantwoord

met fotos wat ek oudlede gaan opsoek het. Hoop jy kan dit gebruik. Soos ek die koerant lees vind

ek persoonlik 'n klein leemte. Ek sal graag met die persone per epos wil gesels as 'n mens hoor

van hulle as hulle nog leef, en later opsoek as 'n mens op vakansie is.

VOORSTEL.

Lede wat bydrae stuur kan u asb hulle e-pos in hakkies sit, waar sy berig eiendig. Dit sal

onskatbare waarde wees as 'n mens iemand wil kontak. Ek was goed bekend met Freddie Buss

van Port Natal. Sal net graag wil “hello” sê, of 'n boodskap oordra, dat ek ook nog lewe. Ek

bevorder die koerant aan lede wat aan my bekend is. Ek was 23 jaar verbonde aan die Spesiale

Wageenheid. In my Administratiewe pligte het ek duisende jong manne gewerk wat die kollege

verlaat. het. Dit is 'n gedagte, en sal dit waardeer. Baie dankie vir 'n pragtige koerant. Groete Jan

van Wyk. Kaapstad.

• Beste Jan – kom ons hoor wat ons lesers sê. Dis mos ons almal se koerant. Ek is nie ten

gunste daarvan om mense se epos en ander kontakbesonderhede in die openbaar vry te

stel nie! Die ganse lys is dinamiet in die verkeerde hande want so ‘n ledelys is ook baie

geld werd. Daar moet ‘n balans wees tussen reg op toegang van informasie vis-a-vis reg

op privaatheid. Ek sal later van jou ‘n artikel plaas!!!

11. Thank you for a very interesting “Polisie-koerant” It is great to identify with the old names

though I was then a young Police Official. I do not know how you obtained my particulars but I

am glad that you did. Thanks again and keep sending. Regards PAT LEE.

• Dear Pat, you must thank your friend Herman “Claasie” Claasen, he forwarded it to you.

12. Ek het die laaste 3 koetante by ‘n ander lid per epos gekry. Kan ek dit asb in die toekoms

direk vanaf die verspreider ontvang? Groete, Kaptein Francois Rossouw, Provincial

Inspectorate, Complaints Investigation.

• Die verspreider voldoen graag aan die versoek!

13. Geagte Hennie, Groete uit Saudi! Hiermee wens ek graag vir Dana Kruger en uself te

bedank dat julle my instaat gestel het om eerstens vir Brig Daantjie van Wyk in Durban, en

tweedens vir Oom Fred Geldenhuis te kon opspoor dmv hierdie Polisie Gazette. Ek het 22 jaar

gelede kontak verloor met Brig van Wyk en dit was voorwaar aangenaam om weer met hom te

Page 31: Police Gazette 1-11

31

kon praat. Groetnis, Chris van Vuuren.

14. Hallo Hennie, Genade ons! Waar kry jy die tyd, krag en energie vandaan om al jou take met

soveel toewyding en deursettingsvermoë aan te pak? Soos die gesegde dit dan ook wil hê - as jy

iets gedoen wil hê, vra 'n besige man. Ek het die grootste vertroue in jou goeie oordeel, gebruik

enigiets wat ek vir jou stuur net soos jy goeddink. Die opmerking oor die 'pote' was maar 'n flou

grappie. Ek werk aan staaltjies uit die Mag en sal dit so met verloop van tyd vir jou deurstuur vir

oorweging en handeling soos vermeld. Ek sal hard probeer om die tydsverloop reg te volg,

maar ek kan ongelukkig geen beloftes maak nie, aangesien die suikergordyn voorkeur geniet.

Wat my CV aanbetref is ek bevrees dat dat ek 'n probleem het met datums, maar ek belowe om

daaraan te werk in samewerking met met my sekretaresse (my vrou, Marlène). Mooi bly,

Groetnis, Ron Aylward.

15. Baie, baie dankie vir die polisiekoerante 8,9, en 10 wat ek sover ontvang het. Dit is werklik

wonderlik om van so baie oudkollegas se doen en late en ander polisienuus te verneem. Die

staaltjies en geskienenisbrokkies van die verlede maak goeie en interessante leesstof. Sterkte vir

jou en jou helpers se gewaardeerde inisiatief. Wolf Pelser.

16. Hallo Hennie, Ek wil graag my hartlike dank betuig aan generaal-majoor Martin Nel vir die

waardevolle aanvullende inligting wat hy verstrek het om my suiker-gordyn so effens oop te

skuif. Saluut, generaal, oudword is nie vir sussies nie. Pas u-self mooi op - met so 'n mooi

helder geheue kan 'n mens nie te versigtig wees nie. Ek wil my verstout om te sę dat ek meen die

BO van die Kollege was kolonel Vorster? Beste wense, Ron Aylward.

• Ou Ron – genl Martin Nel is een van die offisier vir wie ek groot waardering het. Hy is ‘n

voorbeeld vir baie! Ons het dikwels in die offisiersklub gesels. As ‘n ambassade ‘n klagte

gehad het, dan was dit sy werk om die klagte op te los! Al was hy verbonde aan die

handelstak!

17. Dagsê Hennie, Ek het my koerant gekry. Baie dankie. Dis 'n reuse taak wat jy verrig en

verdien groot akklamasie!! Groetnis. Herklaas Meyer.

18. Hennie - Police GAZETTE 10 - Great as always. I will give you an answer on the negatives

in the coming week. Greetings, Billy Cox.

19. Brig Heymans - Koerant No 10 ontvang, baie dankie.Vriendelike groete, Pieter J Venter.

20. Wickus Hatting van vêr in die wêreld skryf: Hennie - 1/10 ontvang - baie dankie. So 'n

stukkie vir jou om te lees: AIZER NGWENYA onthou ’n Selebi van ’n ander era.

IN ’N donker stegie agter die Via Afrika-boekwinkel in Westgate, Johannesburg het ek as jong

lat my eerste voorsmakie van onwettige bedrywighede gekry. Hier, het ek en my vriende gehoor,

kry jy winskopies by ’n student wat as winkelassistent daar werk en skelm vir jou voorgeskrewe

boeke en skryfbehoeftes sal verkoop.Dit was in die vroeë sewentigerjare en die bonkige

entrepeneur met sy Afro-haarstyl en rammetjie-uitnek houding was niemand anders nie as Jackie

Selebi, later Suid-Afrika se nasionale polisiehoof en die man wat nou pas skuldig bevind is aan

Page 32: Police Gazette 1-11

32

bedrog. In 1973 het ons die gladdebek boekverkoper nog beter leer ken as ons geskiedenis-

onderwyser in matriek by Musi High in Pimville, Soweto .

Sy vakgebied was Suid-Afrikaanse en Europese politiek, maardie helfte van sy klasse het hy

gewoonlik afgestaan aan politieke praatjies, opruiende toesprake wat hy so met ’n sigaret in die

hand gelewer het. Hy was ’n goeie leermeester, en ook ’n regte dwarstrekker, ’n vet kêrel in

stywe jeans en bruin leerstewels, en ons was dol oor hom. Hy was vol bewondering vir die

skoolhoof, Colbert Cokile, en het sy manier van stap, sy gewoontetjies en die manier waarop hy

sy kop skuins gehou het wanneer hy oor die een of ander historiese gebeurtenis gepraat het,

slaafs nagemaak.

Ons het vir Jackie “die dansende oliebol” genoem oor die manier waarop hy deur die klas

gewaggel het. Sjebiens was sy gunsteling-uithangplek en hy was nie skaam om ’n paar biere

saam met ons ouens te knak as hy ons daar raakgeloop het nie. Niks het hom blykbaar gepla nie,

ook nie die feit dat van sy leerders strawwe rokers was nie. Jackie het trouens gereeld sigarette

by ons gebedel.

Een oggend het iemand gevra of hy toilet toe kon gaan om ’n sigaret te gaan rook. Jackie het

gesê hy moet bly sit. “Ek wil nie gesteur word deur jou wat uitstap terwyl ek klas gee nie,” het

hy gesê. “Rook hier in die klas.” En die meeste van die ouens het toe sigarette aangesteek en

rookbolle uitgeblaas. Hy was in die sop daaroor, en dit was nie die eerste keer dat hy in die hoof

se kantoor beland het nie. Daar was ook die verhouding wat hy met ’n meisie in ons klas, ene

Bontle, gehad het . . .

Glen Agliotti

Toe die fluisteringe ’n paar jaar gelede begin het dat Jackie vriende is met Glenn Agliotti,

selferkende rampokker en dwelmbaas, het ek met ’n ou skoolvriend gesels. “Ek’s nie verbaas

nie,” het hy gesê. “Dit klink soos Jackie van ouds. Onthou jy hoe dol was hy oor Mafia-stories?”

Ek het onthou, ja. Een van sy gunsteling-boeke was juis Honour Thy Father, die biografie van

“Crazy Joe” Bonanno, die berugte New Yorkse Mafiabaas. Iemand wat jou baie laat dink aan

Jackie se beste pel, Glenn . . .

SES jaar later het ek Jackie weer gesien by die kantoor van die Post-koerant waar ek toe gewerk

het. Hy was woedend, en op soek na ’n fotograaf wat verantwoordelik was vir ’n foto van sy

meisie wat in die koerant geplaas is. Jackie het hom opgespoor, hom verwoed aangerand en soos

’n besete olifant getrap. Die man was drie dae in die hospitaal en het steeds ’n duik in sy skedel.

Die hartseerste van Jackie se verhaal is dat hy ’n man met soveel potensiaal was. Ons het

toegekyk hoe ons eertydse onnie se loopbaan saam met ons jong demokrasie van krag tot krag

gaan.

In 1994 het hy ’n parlementslid geword en toe ’n baie bekwame ambassadeur vir ons land by die

Verenigde Nasies. In 1998 is hy selfs met ’n internasionale menseregtetoekenning vereer vir sy

toewyding aan reg en geregtigheid. Kyk hoe bedrewe en wel ter tale is die man, het mense gesê.

Hy’t groot lof gekry toe hy die departement van buitelandse sake as direkteur reggeruk het. Toe

stel Jackie se groot vriend en struggle-kameraad oudpres. Thabo Mbeki hom in 2000 aan as

nasionale polisiehoof.

Page 33: Police Gazette 1-11

33

En in 2005 bereik Jackie die hoogste sport toe hy verkies word tot president van die

internasionale polisie-organisasie Interpol. Van flambojante boeksmous tot die wêreld se

toppolisieman – wie sou dit ooit kon raai?

Lewenstyl

As polisiehoof het Jackie byna ’n miljoen rand per jaar verdien, net ’n rapsie minder as die

president, maar dit was blykbaar nog nie genoeg vir die lewenstyl wat die “chief” begeer het nie.

Jackie se polisie-uniform was nog kraaknuut toe die geld begin inrol het van sy vriend Glenn.

Eers was dit net R5 000 hier, dan nog R10 000. Later sommer reuse kontantbedrae op ’n slag –

R120 000 en R200 000. Die twee vriende het dikwels saam gaan inkopies doen in Sandton City

en die peperduur pakke en skoene was vir Glenn se rekening. Dan het hulle gaan uiteet by een

van die spogrestaurante in Sandton. Vir haar verjaardag het Jackie se vrou, Anne, ’n Louis

Vuittonhandsak van R10 000 van Glenn present gekry, en Jackie se twee seuns is bederf met

ontwerpersklere van die spogboetiek Fubu in Sandton. Uiteindelik het al die geskenke meer as

R1,2 miljoen beloop, het die hof gehoor. En in ruil vir die luukses het Jackie se pel strategiese

inligting en insae in geheime polisiedokumente gekry. Miskien sou niks hiervan ooit uitgekom

het as die mynmagnaat Brett Kebble nie vermoor is nie, want toe kom Jackie en Glenn se

vriendskap op die lappe. Maar dat Jackie uiteindelik vasgetrek is, is ook te danke aan die

onverpoosde speurwerk van die sekerheidsman Paul O’ Sullivan wat die korrupte polisiehoof

byna 10 jaar lank ondersoek het. Dié vurige Ier het lont begin ruik nadat hy onregmatig as

veiligheidshoof van die lughawemaatskappy afgedank is. Paul het op inligting afgekom wat

Jackie se betrokkenheid by die skaduwêreld van georganiseerde misdaad onteenseglik bewys het,

en die Skerpioene het sy spoor gevat. Dit was die begin van die einde vir Jackie. Al sekerheid

wat Jackie nou het, is dat sy glanslewe iets van die verlede is. Hy sal iewers R15 miljoen moet

kry om sy regsgelde te betaal en om te appelleer gaan hom meer as R500 000 uit die sak jaag.

Die seuns wat destyds in sy klas gesit en elke woord ingedrink het wat by sy mond uitgekom het

– wie van hulle sou ooit gedink het dit sou so eindig? Jackie wou die lekker lewe hê, maar êrens

langs die pad het hy vergeet dat vraatsug tot korrupsie kan lei. En nou is die lekker lewe sekerlik

vir altyd verby.

20.1 Is glad nie seker nie, dit was 'n stuk wat in een van die dagblaaie gepubliseer was - watter

weet ek nie - het van 'n maat van my af ontvang - ek is nog in die noorde van Irak in Kurdistan -

sal vlogende Sondag van hier af uitvlieg huistoe - wat Pretoria is - die stuk is per Blackberry na

my gestuur vanuit London waar die vriend vakansie hou.

• Ek soek ‘n verwysing na die bron van die skets op Jackie Sello Selebi. Kan iemand

miskien help?

21. Dankie Hennie, Ek het ontvang en deurgelees. Baie interessant soos gewoonlik. Hou so aan.

Ek het ‘n hoofstuk vir daardie boek waaraan ek werk gemaak oor die South African Military

Constabulary, die mag wat Suidwes Afrika polisieer het voordat die SWA Polisie geskep is. Ek

meen ek het eendag vir jou die artikels gewys wat ek in die sestigerjare oor die ouens geskryf

het. Dit is tydrowend om sulke ou koerantknipsels oor te tik, maar ek het dit nou gedoen en

eendag as die boekie voltooi is, sal ek vir jou ‘n eksemplaar stuur. Groete. Piet Swanepoel.

• Genl Mike Geldenhuys sê hy hoop hy sien julle op die 11de September 2010.

Page 34: Police Gazette 1-11

34

22. Vol 1 No 10 Ontvang en gedruk .... Reg vir lees. Dankie – Alida van der Linde.

23. Baie dankie Hennie en sterkte - Roy P. During.

24. Dankie Hennie vir nommer 10.Dis ongelooflik hoe vinnig die koerant hierdie uitgawe bereik

het.Soos die ou gesê het : “Gister het dit nie bestaan nie en vandag kan ek beswaarlik

daarsonder.” Groete, Louis Lubbe.

25. Hennie, Dankie ek het nr 10 ontvang. Die "Under" Sherrif is die tweede in bevel van die

County Sherrif Department en as ek dit dan reg het, is alle ander lede se titel Deputy

Sherrif.Groete, Robert Brand, Brighton, Colorado.

26. Hello Hennie, Baie dankie vir die nuutste (10de) uitgawe van ons koerant. Dis baie lekker

om so baie bekendes se name te sien. Wens ek kon vir almal “hello” sê. Stuur maar op hierdie

manier groete aan al die bekendes, hier van ver af. Net 'n klein regstelling - ek dink dit was my

fout. Ek sien op "Doempie" se medalje foto hy het die Suiderkruis medalje, en nie die

Suiderkruis dekorasie nie. Ek dink nie die medalje het die na-naamse titel SD gehad nie. My

medalje kennis het bietjie geroes, maar sal waardeer indien iemand dit kan opvolg vir ons.

Groete en nogmaals dankie vir die groot taak wat jy op jouself geneem het. Ons waardeer dit.

Charl Steyn (VSA).

27. Brig. Hennie, Baie dankie ek het uitgawe nr. 10 ontvang en baie lekker gelees. Kan ek nog

hiermee n bod insit vir die twee boeke soos volg:

Trou tot die dood….R 500.00

Rule from above…..R 500.00?

Ek het nie vergeet van fotos en nie en sal aanstuur sodra ek meer tyd het. Sterkte daar met die

groot taak en ek waardeer en geniet werklik die leesstof hier ver van die huis.Walk Tall, Piet

Van Zyl - Uganda

• Paul Els sal hom nog wat verbeel, sy boek die selfde bod as ons Generaal sin? Toemaar

Paul ons korswil maar net – jy is al ten minste ‘n senior boek-skrywer!!

28. Hallo Hennie, Dit gaan nog goed Hennie. Net bedrywig soos altyd.Groete, Peet Nieuwoudt.

29. Baie dankie Hennie. Groete. Pierre van Rensburg.

30. Received and read. Thank you. Paul Du Preez.

• Dear Paul – So far nobody knows where Brig Gert Uckerman lives here in Pretoria. As I

said I met him at IPA, Johan Rissik House!

31. Dankie Brig. Al die koerante tot en met nr. 10 ontvang Willem Fourie.

32. Brig Hennie,Baie dankie het die koerant ontvang en gaan vanaand lekker lees. Groete, Steve

Bosch.

• Beste Steve – ons moet een of ander tyd ‘n storie oor die Bosch-familie en hul medaljes

doen. U Oupa is maj ID Bosch, u Vader adv Bosch, direkteur van veiligheidswetgewing,

Page 35: Police Gazette 1-11

35

en uself het ‘n ook ‘n gesogte medalje verwerf. Maak solank die foto’s bymekaar!!!

33. SIEN BAIE UIT NA JOU VOLGENDE UITGAWE!!!!! WONDERLIK EN BRILJANTE

IDEE EN OM TE DINK DAT DIT OOR DIE HELE AARDBOL AGV TEGNOLOGIE

GELEES KAN WORD! Dink baie aan die ou dae in die 60s ... al die roepseine van die

vangwaens; M16 Umbilo, M17 Rossburgh, M18 Berea, 28 Malvern, 33-36 Pinetown 42 Hillcrest

68 Kingsrest, waar jy was , 72 Amanzimtoti plus nog heelwat ander. Kan ook nog heelwat

leernrs onthou by x302 , die personeel by hk asook ander plekke waar ek was....wonderlik!! Laat

dit goed gaan – 43607

• Een laat-aand vra “Beheer” wat M67 ligging is, ek antwoord dat ek by die Bluff se

uitsigterrein staan en toe chip jy van Pinetown in: “M67 ek kan jou SAP-tjies sien blink

daar bo op die bult!”

10.2 Oproepe – staan oor

10.3 Besoekers – Willem van der Merwe 10.4 Besoeke gebring

1. Op Maandag 9 Augustus 2010 het ek genl en mev Mike Geldenhuys besoek te Nigel. Het dr

Pieter Rosseau ook daar ontmoet. Dinsdag 10 Augustus 2010 het genl Mike Geldenhuys, Oom

Fred Geldenhuis en genl Jannie Geldenhuys ontmoet by lg se huis waar verskeie geskiedkundige

foto’s van die “Vegtende-Geldenhuyse” geneem is. Berig en foto’s elders.

2. Radio Pretoria: Genl Mike Geldenhuys, genl Johan van der Merwe en Hennie Heymans het

aan ‘n praatjie oor die polisie, die Trust met spesiale verwysing na die Pebco-3 se saak wat nader

staan en die Skaapbraai van die 11 de September 2010 deelgeneem. Meer besonderhede volg.

11. REGSPLEGING, NASIONALE VEILIGHEID POLISIE EN DIE PERS

11.1 Defence Web reports

Minister Sisulu and State Security Cwele thank Russia for support -

http://www.defenceweb.co.za/index.php?option=com_content&view=article&id=9188:minister-sisulu-and-state-security-cwele-thank-russia-for-support&catid=54:Governance&Itemid=118 12. HENNIE SE LESSENAAR – staan oor

13. HUMOR IN UNIFORM

1. As die polisie ‘n “Baron von Münchhausen” gehad het, was dit ‘n sekere a/o Ras van Durban

wat bekendheid met sy staaltjies verwerf het.

1.1 X-Staal met Harvey-International se logo op

As ek die storie reg onthou, het die voorval min of meer soos volg gebeur: “Manne ek sê vir julle

die opleiding in die ou polisie-depot was kwaai. Baie kwaai! Met al die selfverdedigingsklasse

by sers Claude Sterley is ons geleer om altyd jou skouer te gee vir die gevaar. Nou kom dit so dat

ek eendag in ’48 ‘n botsing in Bereaweg moet bywoon daar naby Old Dutchweg. Terwyl ek die

opmetings doen peil ‘n 1950 Chev trok reg op my af! Ek sien die ding gaan my tref. Ek gee toe

maar my skouer! Dit is die laaste wat ek toe van die botsing onthou!

‘n Paar dae later word ek in die Addington Hospitaal wakker. Hier met ‘n witjas aan, staan ‘n

Page 36: Police Gazette 1-11

36

bekommerde geneesheer. Aandagtig bestudeer hy die ekstraalfoto’s. Hy sien ek is wakker en

toe wys hy vir my die ‘ekstrale’. Mooi suiwer in die middel van by borskas staan Harvey

International – die “H” met die “I” in die middel - net daar waar die vragmotor my getref het is

die logo van HI. Duidelik, sê ek vir jou man, duidelik dat almal kon sien!”

• Lees, DV, a.s. week van die jaagtog met die Harley Davidson en syspan.

1.2 Ken u kandidaat - Die Aap van Pretoria-Noord. Piesang Nel – voorheen van “Vertroulik”

en later op ons personeel te Veiligheid onthou die voorval soos volg:

• More Brig - Geniet die koerant vreeslik en onthou Oom Ampie se bobbejaan-poets met

Brig Jackson soos gister... Hy het goeie rede gehad om jou te vermoed as ‘main suspect’.

Baie groete uit die mooie Kaap, Piesang.

14. NETWERK & “KOM ONS ONDERSTEUN MEKAAR”

14.1 Terugvoer: Willie van der Merwe het aangebied om brig Len van Rensburg – daardie

unieke speurder - se manuskrip vir my af te tas!!

• Baie dankie! Dis gedoen – ek wag nog net vir Oom Pieter Swanepoel hy wil ook sekere

dele lees voordate ek dit sal terugbesorg. Ou Willie en die SAP-eksamenraad is vir my

sinoniem.

14.2 Ek is in besit van ’n aantal ou negatiewe van die SAP se motorfiets-manne in Abbesinië ...

• Billy Cox het laat weet hy sal aandag skenk. (Sy Vader en Mareen Dillon se Vader was

daar!) Ons sal dit ook met die militêre historikus, Willem Steenkamp, deel sodra ons

weet of die negatiewe afgetas of ontwikkel kan word.

14.3 Het iemand raad? Ek het ’n verhaal deur ’n getuie van die moord op konstabel Gold (SAP-

brigade) tydens WO2 in ’n Duitse krygsgevangenekamp. Die verhaal is in hoofletters getik.

• Dankie Johan Ferreira het dit vir ons regestel en ook die taal verbeter. Geniet saam met

ons die verhaal wat elders sal verskyn.

15. VOLGENDE UITGAWE: 22 Augustus 2010

16. SLOT Stuur asb u artikels en briewe vroegtydig in voor Woensdag asb. Stuur sommer u

foto saam! Ons wil mos sien hoe die kolleags lyk/gelyk het. Geniet u week verder!

U kan die koerant ook op Facebook lees kontak ons argivaris, Marius Avenant (kyk

voorblad) Groete / Greetings Saluut/ Salute

U wabestuurder en wyksersant – Your Van Driver & Section Sergeant:

No 43630(B) Hennie Heymans.

© 2010