Police Gazette 1-13

34
1 The Police Gazette Un-official Newsletter for SAP-Veterans Die Polisie-Koerant Nie-amptelike Nuusbrief vir SAP-Veterane Vol 1 No 13 Pretoria: Sunday 29th August 2010 - Sondag 29 Augustus 2010 This newsletter, although originating from the Republic of South Africa is not in any way an official mouthpiece of the former South African Police Force. This newsletter is the voice of police veterans, their dependents and their family and friends. PLEASE NOTE that the opinions expressed in this newsletter are not necessary the opinion of the EDITOR. Names of the persons submitting articles, photographs or letters are shown. Lees gerus wat u wil lees en ignoreer dit waarin u nie belangstel nie! Please send in your emails on the latest at Wednesday! Versprei asb na hartelus! Please spread as you desire! Redakteur - Hennie Heymans - Editor Posbus/PO Box 11704, Queenswood, 0121. [email protected] Argivaris: Marius Avenant: Archivist Stellenbosch [email protected] 1. WELKOM / WELCOME A word of hearty welcome is extended to our new subscribers. Policemen are like soldiers, they are fighters and not writers! Also a word of welcome to the friends of the Police, i.e. those who are not police veterans, but our brothers-in-arms from the old SADF and academicians interested in police history. Welcome in our midst. In the final analysis the SADF, Prisons, Police and NI were all part and parcel of the old SA Security Forces. Thank you for your stories and input – remember the police are also your police! 2. OORDENKING / MEDITATION: “Dink aan die wat minder het...” Liewe Vriende & Familie, Kom ons help waar ons kan en vir die res bid ons. Om ‘n Engelse term te gebruik: "I am at a loss for words!" Groete in Christus, Paul Smuts. Sien aanhangsel. Manne kom ons help waar ons kan! Dankie vir u meeleweing! 3. LIEF EN LEED / LOVE, HAPPINESS & SORROWS Indien u hoor dat ‘n veteraan, ‘n oudlid of polisie-vriend oorlede of ongesteld is – laat tog asb per epos weet. Ons weet daar is van ons kollegas en ook van hul gades wat siek is. Dra hulle asb op in u gebede. U is welkom om siekboek en verjaarsdae edm ook in te stuur. 3.1 AFSTERWE/ DEATHS Dit is met innige leedwese dat ons die dood moet aankondig van ondergemelde oudlid van die Mag: Oud-a/o Raymond Bruce – Sondag 22 Augustus 2010. Kol (afgetree) Izak Redelinghuis Du Preez @ Sakkie oorlede op Vrydag 20 Augustus 2010 op Humansdorp. Word betreur deur sy eggenote, kinders, kleinkinders en vriende.

description

Police Gazette Volume 1 Issue 13

Transcript of Police Gazette 1-13

Page 1: Police Gazette 1-13

1

The Police Gazette Un-official Newsletter for SAP-Veterans

Die Polisie-Koerant

Nie-amptelike Nuusbrief vir SAP-Veterane

Vol 1 No 13

Pretoria: Sunday 29th August 2010 - Sondag 29 Augustus 2010

This newsletter, although originating from the Republic of South Africa is not in any way an official mouthpiece of

the former South African Police Force.

This newsletter is the voice of police veterans, their dependents and their family and friends.

PLEASE NOTE that the opinions expressed in this newsletter are not necessary the opinion of the EDITOR.

Names of the persons submitting articles, photographs or letters are shown.

Lees gerus wat u wil lees en ignoreer dit waarin u nie belangstel nie!

Please send in your emails on the latest at Wednesday!

Versprei asb na hartelus! Please spread as you desire!

Redakteur - Hennie Heymans - Editor

Posbus/PO Box 11704, Queenswood, 0121.

[email protected]

Argivaris: Marius Avenant: Archivist

Stellenbosch

[email protected]

1. WELKOM / WELCOME

A word of hearty welcome is extended to our new subscribers. Policemen are like soldiers, they

are fighters and not writers! Also a word of welcome to the friends of the Police, i.e. those who

are not police veterans, but our brothers-in-arms from the old SADF and academicians interested

in police history. Welcome in our midst. In the final analysis the SADF, Prisons, Police and NI

were all part and parcel of the old SA Security Forces. Thank you for your stories and input –

remember the police are also your police!

2. OORDENKING / MEDITATION: “Dink aan die wat minder het...”

Liewe Vriende & Familie, Kom ons help waar ons kan en vir die res bid ons. Om ‘n Engelse

term te gebruik: "I am at a loss for words!" Groete in Christus, Paul Smuts.

• Sien aanhangsel. Manne kom ons help waar ons kan! Dankie vir u meeleweing!

3. LIEF EN LEED / LOVE, HAPPINESS & SORROWS Indien u hoor dat ‘n veteraan, ‘n oudlid of polisie-vriend oorlede of ongesteld is – laat tog asb

per epos weet. Ons weet daar is van ons kollegas en ook van hul gades wat siek is. Dra hulle asb

op in u gebede. U is welkom om siekboek en verjaarsdae edm ook in te stuur.

3.1 AFSTERWE/ DEATHS

Dit is met innige leedwese dat ons die dood moet aankondig van ondergemelde oudlid van die

Mag:

• Oud-a/o Raymond Bruce – Sondag 22 Augustus 2010.

• Kol (afgetree) Izak Redelinghuis Du Preez @ Sakkie oorlede op Vrydag 20 Augustus

2010 op Humansdorp. Word betreur deur sy eggenote, kinders, kleinkinders en vriende.

Page 2: Police Gazette 1-13

2

Begrafnis - Donderdag 26 Augustus 2010 om 14h00 vanuit NG Kerk Da Gamaweg,

Jeffreysbaai: Ingestuur deur Tiny Coetser 25 Augustus @ 09:08

• Ons eer hul nagedagtenis. Saluut!

3.2 Amptelike Siekboek / Official Sick Book – Nie-amptelik en informaal weet ons van

’n paar vriende en kollegas of hul gades wat ongesteld is. Beterskap word u toegebid.

3.3 Verjaarsdagwense / Birthday

• Genl JV van der Merwe – baie geluk met u verjaarsdag Woensdag, 25 Augustus! Twee

radio-onderhoude op een dag! Sjoe! Lees berigte elders.

• Jean van der Rul, oud-Belgiese Rijkswacht, op 28 Augustus in België. Saluut!

4. SAP 55 VERMISTE PERSONE EN GENEALOGIE / MISSING PERSONS • Louis Pretorius –was ’n luitenant verbonde aan die V-Tak Klerksdorp c1980 – 1990. Op ’n

stadium was hy by die BBP-eenheid van die V-Tak. Hy is getroud met “Sanet”. Francois

Pretorius en Dr Dawid Oelofse is op soek na Louis. Positiewe uitslag, baie dankie kaptein

Ben Pretorius:

SAP55: VERMISTE PERSONE: LUIT. LOUIS PRETORIUS: Nou Lt. Kol. Die laaste nommer

wat ek van hom het is .... Sover ek weet is hy nog in Klerksdorp. Groete. Ben Pretorius (Kapt.)

• Hanlie van Straaten: Met genl Mike Geldenhuys gepraat. Hy het vir my Oom John

Wagenaar in die hande gekry! Die oom John Wagenaar wat ek soek is my ouma se broer.

Hy was in Potchefstroom in die polisie en het op Vyfhoek gebly. Hy het blykbaar ook die

soldaate se hare geskeer. Hy is in September 1888 gebore en in 1951 oorlede. Ek wil

vreeslik graag 'n foto van hom hê. Groete, Hanlie v Straaten, Nigel.

• Reinier du Randt: Dis lekker om van Amor van Staden en Hennie Faber te hoor, ek dink

ook aan manne soos Johnie Coetzee, Tinus Celliers – instukteurs van daardie dae. Sal dit

geniet om te hoor waar hulle hulself deesdae bevind.

• Jan van Wyk: Hy is op soek na ou bekendes van die spesiale wageenheid en Alexanderbaai.

[Beste Jan van Wyk - Niemand het nog van hulle laat hoor nie!]

• Alex Faria, van Kaapstad vra: Dra enigiemand miskien enige kennis van ‘n oud-polisie

offisier met die familienaam Cerff, heel waarskynlik al oorlede, wat jare gelede in Kaapstad

gestasioneer was? My broer Ernest het hom destyds ontmoet deur sy oorlede swaer Hannes

Pool van Barkley Oos.

• Hello weer Hennie, Ons het so pas vasgstel dat Pieter Cerff ook ‘n brigadier is toe hy

afgetree het. Hy was glo op sy dag in Oos London, Hermanus en Kaapstad. Ons het ook

vasgestel dat hy wel nog lewe en dat hy nou +/- 90 is. Miskien ken een van jou

korrespondente brigadier Cerf? Cheers, Alex Faria.

Page 3: Police Gazette 1-13

3

• Hennie Heymans: Ek is op soek na my offisiers-maat, luit-genl Nico Slabber, iewers in Port

Elizabth se wêreld. Ons verjaar op dieselfde dag en ek wil graag die polisiekoerant vir hom

stuur.

• Hallo Hennie, kan u asb die volgende plaas? Ek soek na Percy "Ore" Hartzenberg.

Vroeër van VP Umtata (1963-67). Was laaste besoek te Bloemfontein. Was glo op 'n

stadium betrokke by Bond van Oud-Polisiemanne. Ook soek ek Riaan Visser, voorheen van

SAP Radio Tegnies Windhoek, (1968). Groetnis, Ron Aylward.

• Hi Hennie, Please find Letter from Judy Letard. She is looking for information of her father.

If you could help it would be much appreciated. From: Robert Suberg, Durban.

Hi Robert, Thank you for offering to help out with this search for me. Here are the details which

I managed to get from my Mom:

Name : Johan Christoffel (Koos) Engelbrecht (I’m inclined to think that Koos is short for

Jacobus!!)

Born : 14 January 1926; Place : Standerton, Tvl.

Stations : SAP Verulam (approx. 1946); SAP Stamford Hill (approx. 1950 to 1954)

Thanks once again for your help. Kind regards, Judy Letard.

5. POLISIE-PERSOONLIKHEID VAN DIE WEEK:

5. POLICE PERSONALITY OF THE WEEK Ons persoonlikheid van die week is ons pas oorlede kollega Raymond Bruce. Kom ek vertel u

hoe ek hom ken: Hier in Oktober 1963 het ek ‘n beurslening om na Potchefstroom Universiteit

ontvang, voordat die matriek-uitslae bekend gemaak is – maar ek was ook in elk geval van plan

om my die polisie aan te sluit. Hoe langer ek vir die matriek-uitslag gewag het, hoe meer het ek

gedink dat ek maar by die polisie gaan aansluit, want dit is wat ek eintlik wil doen! [Ek het die

SAW oorweeg – is toe nie geloot nie, maar ek dink die avontuur in die Polisie het deurslag

gegee.] Sluit ek by die polisie aan, het ek redeneer: dan sal ek in die kollege wees as die Natal

Onderwys Departement sy uitslae bekend maak en kan ek, dan indien ek gedruip het, soort van

‘asiel’ in die polisie kry. Hoe langer ek wag hoe meer seker raak ek dat ek wiskunde gedruip het.

Op die nag van 31 Desember 1963 werk my Vader nagdiens te SAP Somtsueweg, Durban. Ek

vra toe my Vader of ek saam met hom kan ‘gaan werk’ want ek het regtig belang gestel en ek

wou die nag op die patrolliewa die bemanning wees. Hy het ingestem en ek het my katkisasiepak

aangetrek en ek is saam met my Vader werk toe. Daardie jare het ons polisiemanne nog sewe dae

‘n week gewerk met een rusdag op skofte. Toe ons by die stasie kom is die wabestuurder op

rusnag en my Vader moes dan AK-sers en wyksersant wees. Ek stap toe na die kaserne by

Somtsueweg en tref die wabestuurder en wyksersant Raymond Bruce aan, waar hy op sy bed in

die enkelkwartiere sit. Ek neul toe ou Raymond om die aand te werk en dan later weer ‘n aand af

te neem. Hy stem in en trek aan. Toe die parade aantree is Raymond Bruce daar en my Vader

inspekteer die aflossing soos per SAP 15 en pos die manne. Raymond sê op die parade: “Sant

dis die laaste keer hierdie jaar wat ek my knope sal skoon maak!” My Vader wou hom net

vererg toe besef hy Ou Raymond maak net ‘n grap. Die nag het ek saam met Raymond

gepatroleer en kennis van ‘n “van crew” se pligte opgedoen. Dit was nogal ‘n openbaring vir

my as leek om die strandfront en die gebied tussen Natal Kommandment en SAP Punt se

wyk te patroleer. Duisende vakansie gangers het in die strate op en af geloop. Mense het op

Page 4: Police Gazette 1-13

4

die hotelle se stoepe gesit en drink. Die blitspatrollie in hulle Larks met die lang antennas

het ook deur die nag geswiep met skeuende bande om die straathoeke – dit was die dae van

sers Peter van Rooyen, konst’s Manie Odendaal, Fred Pautz, “Ghil” Geldenhuys, Laurie

Kaplan en daardie kaliber manne – legendes in Durban met die nuwe patrolliehonde!

Daardie dae het die polisiemanne gereeld by die Cuban Hat, XL Restuarant, die “Pie CarPie CarPie CarPie Cartttt” en

ander plekke aangedoen. Daardie nag het die radio onophoudelik gepraat – dit was ‘n

rusverstoring hier en ‘n bakleiery daar! Dit het my ‘n ruk geneem om te hoor wat die radio

sê! Raymond het elke plekkie in die wyk geken en my gewys waar die ontugtighede edm op

die voorstrand tussen die bosse naby die Slangpark voorgekom het.

So het ek Raymond as polisieman geleer ken. So dan en wan het ek saam met hom “gewerk”

totdat ek die 12 Januarie 1964 SAP-kollege toe is. Ons het dikwels na my uitpassering

tydens polisiewerk in Durban ontmoet. Ek is toe na Pretoria verplaas. Jare later ontmoet

ons mekaar weer tydens ‘n formele geselligheid van die Afdeling Binneslandse Stabiliteit

[ABS] by die Generaal Johan van der Merwe-mobilisasie Sentrum. Ons het die aand

afsonderlik en onbewus van mekaar geniet. Ek het nie geweet Raymond is ook aan die ABS

verbonde nie. Na baie jare het ons mekaar tydens die geselligheid raakgeloop. Ons het

lekker kameradelik gestaan en gesels. Toe die hoof van ABS, genl Johan Swart, naderstap

sit Raymond se arm om my nek en terwyl hy so half aan my hang sê hy vir die Generaal:

“Generaal, sien u hierdie man? Ek het hom alles wat hy weet, van ‘plieswerk’ geleer!”

So is die polisie! Maak nie saak wat jou rang later in die Mag is nie, jou troep-sersant, jou

AK-sersant of jou SB sal jy altyd met deernis en kollegialiteit hanteer! Raymond Bruce het

ook later die afdelingskommissaris, kol CC von Keyserlingk, se amptelike bestuurder

geword. Sondag het Raymond Bruce die MOTH’s se “Border Boys” se parade bygewoon en

kort daarna gesterf, aldus lt-kol Jimmy Strong (‘n Oud-reservis van O.P.) Ons het met innige

leedwese van Raymond se afsterwe kennis geneem! Hy sal altyd my vriend bly! Ons sal

hom nooit vergeet nie!

• SALUUT!SALUUT!SALUUT!SALUUT!

6.0. PERSOONLIKHEDE / BIOGRAFIESE WOORDEBOEK

6.0. PERSONALITIES / BIOGRAPHICAL DICTIONARY 6.1 Brigadier Louis Snyman, MBE. This is the way in which the policeman-author, Lennox

van Onselen,1 descibes his then superior, Sgt-Maj Louis Snyman – RSM of 1 SAP - then both

POW’s in Camp 54: This camp had but one asset and that was its Camp Commander,

Sergeant-Major Snyman, now an officer in the South African Police, left no stone unturned

to get better conditions for his men. He is a man of strong character and a fine soldierly

presence and he dominated the Italian soldiery by the mere strength of his personality. He

did an unenviable job thoroughly and elected to remain with his men through these trying

times when he might have escaped or transferred to a camp for senior N.C.O.s. He was

decorated after the war for his services and no man more justly earned a mark of

appreciation for his devotion. 1 A Rhapsody in Blue, Howard Timmins, Cape Town: p 142.

Page 5: Police Gazette 1-13

5

6.4 Luit-genl JG “Sterk-

Hans” Dreyer: Koevoet se

Stigter

Dansky Herman “Claasie” Claasen het luit-genl JG “Sterk-Hans” Dreyer, ook by ons geledere

aangesluit. ’n Paar foto’s uit die loopbaan van genl Dreyer verskyn hierbo.

Page 6: Police Gazette 1-13

6

7. AANGELEENTHERDE WAT ONS DIREK RAAK /

7. POLICE VETERANS’ VESTED INTERESTS

7.1 Die SAP Liefdadigheidstrust

7.1.1 Die saak van die Pebco-3: Genl Johan van der Merwe Genl Johan van der Merwe en genl Mike Geldenhuys het onderneem om as voorsitters van

onderskeidelik die advieskomitee en die trustkomitee van die Trust elkeen 'n R1000 by te dra.

R135 000 is ongelukkig 'n reuse bedrag om te delg en ons sal baie hard moet werk om dit

bymekaar te maak. Ons sal elke bydrae, hoe gering ook al, waardeer. Vriendelike groete, Johan

van der Merwe, Voorsitter, TRUSTKOMITEE,

• Dansky Radio Pretoria het ons heelwat gein.

7.1.2 Jaarlikse Skaapbraai, DV, 11 September 2010:

genl Johan vd Merwe Die skaapbraai begin om 10h00 op 11 September 2010 by die

Hoffenheim Landgoed. Die koste per persoon beloop R75 en

kaartjies is by die Polisiekoerant verkrygbaar.

• “EK SIEN JULLE DAAR!” – genl Mike Geldenhuys.

7.1.3 Veiling van Boeke ten bate van die SAP Liefdadigheidstrust Donasies: Dankie aan Willie du Plessis wat twee boeke aangekoop het om op te veil en genl Vd

Merwe wat twee van sy boeke geskenk het vir die veiling. Ons veil dan graag vier boeke op ten

bate van die SAP Liefdadigheidstrust. Al vier boeke is geteken deur die outeurs.

Die eerste boek: They Conquer from Above ,

• Majoor Piet van Zyl het nou ‘n bod ingestuur vir R500-00.

• Hennie Heymans het ’n bod van R260 op die 2de

boek.

Die tweede boek: Trou tot die Dood toe ,

• Majoor Piet van Zyl het nou ‘n bod ingestuur vir R500-00!

• Dana Kruger het ’n bod van R250 op die 2de

boek!

Kom, kom, kom! Wie kan hierop verbeter? Verbeter dan op die 2de

bod indien u nie R500

wil bie nie!

Enige persoon wat graag ‘n bydrae wil maak kan dit in die volgende rekening kan stort:

Oud-SAP-Lede Trust; ABSA-BANK; REKNR. 9050207273; LYNNWOOD RIFTAK. Die

bewys van inbetaling moet asb. per faks aan genl Bertus Steyn by 012-365-2668 gestuur word en daar

moet duidelik aangedui word of dit vir die Skaapbraai, Regskoste of Fotowedstryd is. Hoop ons sien u

daar! Vriendelike groete, Johan van der Merwe, Voorsitter, TRUSTKOMITEE

Page 7: Police Gazette 1-13

7

7.1.3 Wedstryd: Raai Wie? Deponeer R10-00 (of veelvoude van R10-00) in die Oud-

SAP-Lede Trust; ABSA-BANK; REKNR. 9050207273; LYNNWOOD-RIF TAK. Merk net

u inbetaling “Fotokompetisie”. Die prys is ‘n pragtige, gesogte duur boek deur Jonathan

Pittaway. Die boek oor Koevoet verskyn in dieselfde reeks. Raai wie verskyn almal op die foto?

Die uitslag van die Trust is finaal.

7.1.4 Vleuels:Jaarprogram Radio Pretoria: Luit-Kol William Marshall [SANW]: Hiermee die program vir die res van die jaar. [ Die program is

onderworpe aan verandering.] Radio Pretoria: 104,2 kHz – U kan ook op die rekenaar

luister. Program: “Vleuels” - Maandag 20H15 met heruitsending Saterdag 13H15.

Datum Eerste deel van die Program

Persoon Onderwerp

Tweede deel van die Program

Persoon Onderwerp

02 Aug W. Marshall Bekendstelling W. Marshall Prg onderwerpe

09 Aug Col G du Toit Uvm

Gesneuweldes

Col G du Toit Blikkies Uit WO2

16 Aug Col G du Toit Medaljes oorsig Walter Volker Sein Korps Boeke

23 Aug Walter Volker Sein Korps Gesk Walter Volker Sein Korps Gesk

30 Aug Paul Els Boeke Paul Els Boeke

06 Sep S. Bouwer “SAAF at War” J Zimmerman Kunstenaar

13 Sep W. Marshall MES Robinson in

WO2

W. Marshall Newton VC

20 Sep W. Marshall Sigaret Kaarte

versamel

W. Marshall Gladych – Pools

kryger uit WO 2

27 Sep W. Marshall Harley Davidson W. Marshall Suzi – Q teen die

Japaneese

Page 8: Police Gazette 1-13

8

04 Okt W. Marshall Jackie Moggridge

Vliegenier

W. Marshall Elswick kannone uit

die ABO

11 Okt L. Jooste SANW Argiewe W. Marshall Jack Hindon die ABO

kryger

18 Okt F. Coetzee Kunstenaar W. Marshall Blokhuise uit die ABO

25 Okt W. Marshall 2 Esk Korea W. Marshall Belee dorpetydens die

ABO

01 Nov W. Marshall Forte om Pta W. Marshall Madagaskar die

kampanje

7.1.4.1 William Marshall William Marshall het my Woensdag besoek. Ons het ’n reeks van aangeleenthede van

gemeenskalike bespreek.

7.2 Vingerkraal se mense Dansky Leon Bezuidenhout is die mense se lot verlede Sondag op die TV tuisgebring.

8. POLISIE-GESKIEDENIS

8.1 1990 Smokkelary te Komatipoort: ’n Foto is ’n duisend woorde! Hiermee twee foto’s soos

ontvang van Dries van der Merwe: (Vuller kenteken: Imperial Military Railways – OVS/Tvl.)

8.2 POLICE MEMORIALS: SPCA DURBAN

The latest Police Gazette has been sent to Lieut-Gen WH

‘Colin’ Steyn, National Chairman of the League of Former

Police Officials, regarding Police Memorials in South Africa.

Friends please keep your eyes open for any Police Related

Memorials – whether Colonial, ZA Republic, OFS Republic

or modern South Africa. Also please send in your photos of

Police Graves and War Graves. We have graves and

memorials all over the country from the Cape to Namibia.

There are also Police Graves somewhere on the Olivier’s

Hoek Pass. Does anybody know about them? Photo: “Buks”

van Staden, Una Whitehorn, Brig Albert Steytler en Capt

Hennie Meyer.

Page 9: Police Gazette 1-13

9

8.3 ZARP’s AND BERG-EN-DAL

Peter Greef from George kindly invited the Police Gazette to join them on the tour to Berg-en-

Dal this weekend – due to other commitments we could not accept the invitation. However we

are eagerly awaiting Peter Wood and Peter Greef’s report. ;

8.4 Kamele in die polisie

8.5 Skouerflitse: Die Spesiale Wageenheid –

luit-genl RP “Roy” During & oud-A/O Jan

van Wyk

8.5.1 Hi Hennie - hierby die geskiedenis van die

Spesiale Wageenheid se kenteken. Jan van Wyk het

my geskakel en gemeld dat iemand navraag i.d.v.

gedoen het. Terloops, alle wageenheidlede het die

kenteken op beide skouers gedra. Na 'n aantal jare se

gebruik en nie teenstaande Kompol-goedkeuring en

Heraldiek goedkeuring/registrasie, het genl Frikkie

Engels - ek dink destyds adjunkkommissaris

(Uitvoerend), gelas dat dit onttrek word. Sy rede - daar

was te veel indetifiserende kentekens in die SAP: Ek het

daarteen baklei en sy opdrag is geruime tyd geïgnoreer.

[Daar is 'n storie aan hierdie ongemotiverde beslissing

Page 10: Police Gazette 1-13

10

van die generaal verbonde wat, glo ek, ontstaan het uit gebeure in Radiostasie Durban se dae -

1959-60 - maar liewers daar gelaat!]

Die simboliek, hoofsaaklik : 1. Arend - simbool van krag, waaksaamheid en beskerming (Die

Spesiale Wageenheid) oor die President, Ministers en ander hoogwaardighgeidsbekleders. : 2.

Die vier sentraalpanele (dubbele simboliese betekennis) - (a). die vier provinsies van die

Republiek van S.A. - ons beskermings domein, gekoppel met (b). die vier pilare van regering -

Die Staat, ons Godsdiens, raadgewing/demokratiese beraadslaging en skatkis/rykdom : 3 Die

kruis dwars oor die vier pilare wat die Republiek/ die Staat as 'n eenheid bind.

Heraldry - For our English friends the following:

1. An Eagle (Gold) :Symbol of - Power, Vigilance and Protection - "the South African Police

Special Guard Unit" - symbolising the role of this specially trained police unit in exercising its

obligation to ensure the safety and security of the S.A. State President, Prime Minister, Cabinet

Ministers, Members of Parliament, Provincial Administrators and overseas visiting Heads of

State and dignitaries.

2. The four Central Pillars (Blue-White-Blue-White) : Have a double meaning, symbolising

(a). The (original : 1910 - 1994) four provinces of the Republic of South Africa - Transvaal;

Natal; Orange Free State and Cape Province - The Unit's area of jurisdiction, coupled

with (b). the four pillars of government - Religion; Justice; Counsel and Treasure.

3. The Gold Cross Bars : Symbol of Unity embracing and protecting the four Provinces of

the Republic.

Designed in the late 70's earl 80's by Lieut-Col. Roy P. During, Officer Commanding,

The SAP Special Guard Unit, assisted by Captain Frans Lubbe - Guard Unit Staff Officer.

Approved by the Commissioner of the SAP and approved and registered by Department of

Heraldry (SA). Made of mental 7cm (height) x 6cm (broad) and worn on both shoulders.

Laat weet as daar iets anders is. Groete - Roy.

• Baie dankie Generaal During! As jong manne verbonde aan die Mobile Eenheid onder maj

FLC Engels het ons lede met sers Des Welthagen as aanvoerder gevra dat die ME ook so ‘n

kenteken, met ‘n weerligstraal en arend, moes kry. Die Afkom, kol CC von Keyserlingk het

later terugvoering gegee dat Kompol nie ten gunste van skouerflitse was nie!

8.5.2 Verkorte relaas van die Spesiale Wageenheid werksaamhede – Desember

1965 tot 30 Junie 1986 – PR During

‘n Uiters verkorte relaas van die Spesiale Wageenheid werksaamhede – Desember 1965 tot 30

Junie 1986 (tydperk van my betrokkenheid - R. P. During). Dit is verbasend hoe min polisielede

insluitend baie senior offisiere, bewus was van die omvang en verantwoordelikhede van hierdie

spog eenheid.

Eenheid amptelik gestig en in werking getree op die 1 Desember 1965. Die eerste bevelvoerder

was oorlede Kaptein J. G. Roux – later Majoor. en sy tweede-in-bevel Luit R. P. During. Die

oorhoofse Hoofkantoor Bevelvoerder was, vanselfsprekend, die Senior Stafoffisier, alhoewel sy

werklike ‘on-hands’ betrokkenheid was oor die jare minimaal.

Page 11: Police Gazette 1-13

11

Die aanvanklike werkopdrag was die beveiliging van die Staatspresident, die Eerste Minister,

die Kabinet, Provinsiale Administrateurs en besoekende BBP’e by hul onderskeie ampswonings

en die Staats Gastehuis, hotelle, ens., waar sodanige BBP’e tydens besoeke aan die RSA tuis

gegaan het. Beveiligingsdiens het ook die bewaking van die Staatspresident en die Eerste

Minister by hul vakansie plekke ingesluit: Om slegs ‘n paar te noem, bv. “De Aap” -Pres. J. R.

Swart; “Babel” - Pres. Jim Fouche: “Oubosstrand” – Eerste Minister/Pres. B. J. Vorster; ook

“Smaldeel”, “Klaserie, ” en talle ander plekke. ‘N volle komponent bewakers het ook die

Staatspresident op sy tweejaarlikse ampsbesoeke aan Durban – King’s House en Bloemfontein –

Oliewenhuis, vergesel.

Die eerste groep lede verantwoordelik vir beveiligingsdienste was in getal maar slegs 100+

konstabels, met twee offisiere, 4 Adjudant Offisiere en tien sersante! Die groep het oor die jare

gegroei tot oor ‘n duisend tweehonderd offisiere en manskappe. Die eerste groep, sovêr ek kan

onthou, was Kaptein J. G. Roux, Luit. R. P. During, Adj.-Offisiere S. D. De Wet, G. J. Smith,

H. C. Du Toit, G. F. Benade en Sersante J. M. Crafford, A. J. Muller, J. F. R. Muller, R.

Tredoux, P. E. Haumann, J. H. Van Wyk, H. A. Nicolls, J. N. R. Botha, J. P. Viljoen, N. C.

Warrington, D. M. Hechter en P. P. Odendal.

Alle lede, behalwe kaptein Roux en die enkele getroude onderoffisier, is in die Pretoria- Sentraal

kaserne tydens resesse en in die Caledonplein kaserne gedurende parlementsittings, gehuisves.

‘N problematiek reëling wat baie onbevredigend was. Die Wageenheid het egter op die 8

Februarie 1986 vir die eerste keer sy eie splinter nuwe kaserne in Pinelands, Kaapstad betrek –

wat ‘n vreugde. Die Staatspresident, meneer P. W. Botha het die geboue kompleks met ‘n

toespraak en die onthulling van ‘n gedenkplaat geopen, en die Minister van wet en Orde.

Meneer L. Le Grange het die verwelkoming, bedankings en die oorhandiging van ‘n

gedenkbeeldjie aan die Staatspresident gedoen. Die Kommissaris van die SAP – Generaal P. J.

Coetzee en Mev. Y. Coetzee was onder die eregaste.

Met die aftrede van Majoor Roux in Julie 1967 is ek, toe nog ‘n luitenant, aangestel as die

Eenheid bevelvoerder waar ek in dié hoedanigheid gedien het tot my verplasing na Afdeling

Westelike Provinsie op 30 Junie 1986. Gedurende my termyn as bevelvoerder is die

Wageenheid se verantwoordelikhede aansienlik uitgebrei om, onder andere, dié volgende in te

sluit :- Die beveiliging van alle destyds blanke Minister, Ministers en LPs van die Drie-Kamer

Parlement by hulle kantore in Kaapstad, Durban (Malgate House, Stanger Straat, en in Pretoria.

So ook hul bewaking by hulle ampswonings in die onderskei provinsies, en in die drie

amptelike parlementêre dorpe in Kaapstad – Akasiapark (Blankes); Pelican Park (Asiërs) en

Belhar – (Kleurlinge). Die laaste bykomende beveiligings verantwoordelikhede waarmee die

Spesiale Wageenheid belas is, was die oorname van die beveiliging van die Huise van Parlement

in Kaapstad, die Uniegebou in Pretoria en Polisie Hoofkantoor – Wachthuis.

Ten Tye het die Wageenheid permanente kantore beman in Pretoria – Libertas Landgoed, in

Wachthuis en in die Uniegebou; Kaapstad - Groote Schuur Landgoed, Garmour House,

Akasiapark, Pelican Park en Belhar en in Durban - Malgate House. Tydelike kantore in Durban

– King’s House en Oliewenhuis in Bloemfontein. Daar was ook ‘n paar polisie kantore by sekere

van die vakansiewonings van verskeie van ons Premiers en Staatspresidente wat slegs tydens

Page 12: Police Gazette 1-13

12

besoeke aan hierdie vakansie bestemmings beman is.

8.5.3 Oud-a/o Jan van Wyk stuur die volgende foto in:

Dag sê Hennie, Baie dankie vir die artikel wat jy êrens uitgekrap het, Dit was 'n baie groot

verrassing vir my om terug te keer na die verlede veral na 1966 toe die SARP nog bestaan het.

Aangheg is die foto wat saamgaan met daardie artikel op bladsy 32 en 33 van jou uitgawe nr. 12.

Ek onthou nie al die name meer nie. vlnr. Inlas D.M. Hechter, Brig. Crafford se Oudste seun)

dan Abraham Muller, Jorrie Jordaan (oorlede) Renier Tredoux, Piet Hauman, Jan van Wyk.

Inlas. N.C. Warrington. Middel ry , H.A. Nichols, J.N.R. Botha (middel Naam vergeet.) Sers.

J.P. Viljoen, P,P. Odendal, Voor Adj. Smith, Luit. R.P. During. (2de in bevel) Maj. J.G. le Roux

(Eerste Bevelvoerder) en almal ken Servaas de Wet, en A/O Benade. Ek het van tyd tot tyd fotos

geneem van die Wageenheid Personeel. Ek sal vir die volgende paar uitgawes een, een 'n groep

foto instuur. Baie kollegas sal graag vir sien toe hulle nog jonk is. Piet Hauman het jou boodskap

gekry, en sal terug antwoord. Ek stuur die koerantjie aan na al kollegas wie se email ek het.

Vriendelike groete, Oud-A/0 Jan van Wyk.

• Beste Jan, die SAP is maar ‘n klein wêreld! PP Odendaal was my ak-sersant te King’s Rest

sy magnommer is 43915. Genl Crafford se seun en Piet Haumman het saam met my te

Kompol x 302 gewerk. Mnr Crafford is onlangs oorlede. Soos jy kan sien het ek nie sy rang

of voornaam onthou nie. Sers Viljoen was op Wentworth gestasioneer en hy werk tans in

Pretoria by Blits Elekties – het hom weer raakgeloop na al die jare! Genl During het

natuurlik ook bande met King’s Rest. Kol Servaas de Wet het ek onlangs ontmoet in

Halfweghuis en by ‘n politieke vergadering.

• Viljoen is net links van Odendal. Dit is korrek. Die middelste persoon is Hennie, maar sy

van vergeet. Hy was later 'n klas onderwyser in die polisiekollege. My Magsnommer is

34409. Groete Jan.

Page 13: Police Gazette 1-13

13

8.6 SAP King’s Rest – Hennie Heymans – staan oor.

8.7 Natal Police Memorials - Major AA Wood (Natal Police) Do we have a member in the Natal Midlands with a digital camera who would be able to take

photographs of these Natal Police memorials as mentioned and descibed last week by Maj AA

Wood?

8.8 SAP Ladysmith –

Hennie Heymans • As a little boy we once

visited the Ladysmith

police station when it was

easier to view the fort. I

remember a plaque to

honour Hans Dons? Does

anybody have more

information on this fort

and Hans Dons?

8.9 Die Victoriakruis en die

SAC – Drie Ontvangers - Staan oor.

8.10 Natal Police, SA Police Van Reenen

The Police Station – left – just above Van Reenen’s Pass and left the Station Commander’s

house – the old Natal Police Station. My Grandfather lived at Van Reenen and I remember when

Head-Const Koos Coetzee was the station commander. Years later he moved to Wentworth

Stables and retired as station commander Louis Botha Airport. A young Constable (later a

commissioned officer in Durban) Colin Steyn – now an advocate in Durban was also a

Constable at Van Reenen. Who knows Adv Colin Steyn in Durban?

8.15 Sharpeville Dear Hennie,

Rowley has asked me to introduce myself. So, from a military point of view this, is who I am:

Page 14: Police Gazette 1-13

14

Firstly, at the age of 75 I am definitely retired; living in Port Shepstone. I was a Company Sgt

Major in the Transvaal Scottish. When there was a Post- WW2 Second Battalion I served in that

unit. I was called up for ACF training in 1956 and served officially until 1977 and un-officially

from 1985 to 1992. I am an Honorary Life Member of the Transvaal Scottish Regimental Assn.

and at present am the chairman of the Lower South Coast branch of our Assn.- all approx 10 of

us. I am also a MOTH.

In April 1960 the Transvaal Scottish (only one batalion at that time) went to a normal training

camp in Potch. The planning had been in place since the beginning of the year, at least. By

coincidence we were to report for duty the day after the Sharpeville incident. I hadn't even heard

a radio report of the event and was taken aback to be approached by a female reporter from the

"Rand Daily Mail". I had not yet entered the Union Grounds and she could not believe that I

didn't know what she was on about nor would she buy my saying that we were off to Potch for

an annual camp. After quite some pestering I invited her, in my best Australian, to leave.

After about a week the emergency was declared and after another few days we were taken to

Auckland Park (ex Transvaal Horse Artillery H/Q) where we spent almost two months on Stand-

by. During this time Dr Verwoerd was shot. I then attended the Union Festival where the Jocks

provided a platoon in the composite battalion which participated in the various demonstrations

and parades which were part of the Festival. So I was away from work for 3 months and lost my

job as a result. During this whole period was a Sergeant.Regimental history was always an

important part of our training and so I have knowledge of, and am proud of, the association

between the SAP and Transvaal Scottish; especially the 2 Transvaal Scottish. (6th S.A. Inf

Bde)I hope that this is what you wanted. As far as Sharpeville is concerned, I would like the

people of South Africa to get the full story, whatever it is; warts and all. Yours truly, Pat

Marshall.

• Thank you ver much for your interest in the SAP, likewise we are interested in the TS.

8.16 SA Polisie Standerton

Willie du Plessis van Standerton was op sy dag die DK-klerk van Standerton. Standerton het

weer op sy dag drie bekende generaals opgelewer, Johan van der Merwe, Basie Smit en Bob

Beukes. Genl van der Merwe was die DK-klerk met Bob Beukes as die SB en Basie Smit die

speurder-sersant. Hier is foto’s van die ou-DK kantore in die Old Mutual-gebou en die ‘nuwe’

polisiestasie met DK-kantore. Willie vertel: “Dis hier in hierdie Old Mutual-gebou waar genl Vd

Merwe die DK-klerk was”.

Page 15: Police Gazette 1-13

15

8.17 Militere Polisie – Marius Avenant Goeiedag oom Hennie, Die argief is op datum en die kennisgewings is uitgegee. Net so 'n

notatjie hierby. Verlede week het Billy Cox gereageer (soos wat hy gereeld doen) en dankie gesê

vir die argief se opdatering. Ek het hom (soos gewoonlik bedank vir sy bedanking!!) en hierdie

was deel van my antwoord aan hom. Ek het nie meer besonderhede omtrent die voorval waarvan

ek hier skryf nie, en dit was tweedehands aan my oorgedra. Oom het nie dalk iewers op enige

verwysings na die voorval afgekom in al die rekords wat oom onder oë gehad het nie?

• Marius, Dankie vir die opdatering van ons argief! Jou gesindheid gaan nie ongemerk verby

nie! Ons sal ons oë oophou vir die voorval vaarvan jy melding maak!

8.17.1 Marius Avenant: Dankie Billy, Ek is veral bly oor hierdie week se "Ekstra" oor die

Militêre Polisie, aangesien ek die voorreg gehad het om eers in die Spoorwegpolisie, toe die

Militêre Polisie (Vlootafdeling) en daarna die Transvaal Provinsiale Verkeerspolisie te gedien

het.

En baie mense weet van die Leër MP's wat grensdiens verrig het, maar wat baie nie weet nie is

dat die SA Vloot ook Marinier Eenhede op die grens gehad het en dat die Militêre Polisie

(Vlootafdeling) dan ook 'n lid saam gestuur het om na die klomp land matrose om te sien. So het

ons dan ook minstens een lid, waarvan ek bewus is, daar verloor. Eerste Bootsman Mooi. Ons

het hom almal geken as "Babbie" - hy was 'n Moslem lid.

Hy was 'n groot joviale figuur wat maklik gelag het - so sonder sy tande!!! Hy het ook meer as

een trip Noorde toe gedoen. Ek ken nie die hele storie nie, maar wat ek verneem het is dat hy

deur 'n Koevoet Casspir raakgery was in die stofwolk van ander voertuie iewers langs die wit

pad. 'n Groot verlies van 'n goeie man wat 'n saluut werd is. Die voorval was gedurende die

vroeë 1980's maar ek is nie seker van die datum nie. Daar kan seker nie nog voorvalle gewees

het van 'n Casspir wat 'n Weermaglid raakgery het - veral met noodlottige gevolge - nie. Ek sal

dit waardeer indien oom dalk iewers op 'n verwysing hierna afgekom het en dit me my kan deel.

Ou Babbie was, soos ek hierbo gesê het, 'n Moslem Kleurling lid (Die enigste nie-blanke lid van

ons eenheid op daardie stadium) en toe ek so pas na die Militêre Polisie oorgeplaas was, moes ek

en hy observasie hou oor 'n SAWI Winkel in Da Gama Park waar heelwat diefstalle by die

agterdeur plaasgevind het tydens die aflaai van die vragmotors. Ek was maar jonk en jeukerig

daardie dae en die stil lê en dophou was sommer erg vir 'n jong mannetjie. Babbie was 'n Eerste

Bootsman (Stafsersant) en ek was 'n Bevare Seeman (Een streep Korporaal), maar nooit het hy

enige hoogwaardigheid gehad nie. Net raad en advies oor hoe om rustig te wees tydens

observasie, sonder om te rustig te raak. En ai, om hom op 'n motorfiets te gesien het, was ook

maar 'n ander bron van genot. Die ou was so 'n bietjie an die groot kant en het baie duidelik

daardie BMW geen kans gegee om weg te kom as hy eers op dit was nie, maar elke keer wat hy

by die kantoor aangekom het, het daardie tandlose mond sommer wyd geglimlag. Ek kan nie juis

dink dat ek hom ooit kwaad gesien het nie. So verloor ons maar mense langs die pad nê. Groete,

Marius Avenant, Stellenbosch.

• Ek het geweet die Mariniers en die Vloot was op die grens maar het nie geweet die Militêre

Page 16: Police Gazette 1-13

16

Polisie (Vlootafdeling) doen daar diens nie. Ook die SASP het gerensdiens verrig.

• Ons gee ‘n saluut ter ere van Eerste Bootsman Mooi. Saluut!! (Marius, sy naam moet in

genl Jannie Geldenhuys se boek voorkom – agter in is ‘n bylae met al die manne se name wat

tydens die Bosoorlog gesneuwel het. Ek is seker Paul Els sal jou kan help! ‘n Gestremde

Swart Koevoet-lid vertel my dis nogal aardig om spoor te sny en voor die Casspir te

hardloop. Die Casspir trap jou maklik raak omdat die bestuurder nie die spoorsnyer kan sien

as hy naby die Casspir beweeg nie!)

9. SO ONTHOU ONS DIE POLISIE – Ron Aylward

9. THIS IS HOW WE REMEBER THE POLICE - Ron Aylward As we receive many anecdotes and stories which are not strictly speaking pure police history but

has a cultural or historical value of its own. A new heading: “This is how we remember the

Police” has been created. Omdat ons stories ontvang wat ons laat terug dink aan die polisie het

ons besluit om ‘n eie afdeling te skep: “So Onthou ons die Polisie.”

Vandag verlang 'n mens terug na daardie jare toe Wet-en-Orde nog net dit

beteken het: WET EN ORDE! Daardie jare kon een en almal met die

grootste vrymoedigheid, vryelik in die straat gaan stap het sonder om jou

vir een oomblik te bekommer oor aanvallers of rowers. Binne afsienbare

tyd sou hierdie vryheid egter drasties aan bande gelê word wanneer alle

forms van dissipline en orde aan vlarde geruk gaan word deur die optrede

van 'n groep in ons gemeenskap wat op kriminele wyse bewys het dat

niemand hulle gaan dwing om beskaafd op te tree nie.

Die dag toe Thabo Mbeki by sy inhuldiging dit in die openbaar bevestig

het dat dit die uitgangspunt van sy regering gaan wees; "If you don't give

us what we want, we will take it", het almal besef wat dit vir my en jou beteken - dit is die einde

van ons saligheid as blankes! Dit was opmerklik hoe vinnig die wetsgehoorsames hulself agter

tralies geplaas het, terwyl die wetteloses die vryheid van plek en beweging gekry het. Ons was

gedwing om feitlik alles prys te gee. Ons het nie eens meer die vermoë behou om ons self te

verdedig nie.

Ons kan goed onthou hoe dit begin het...

Die opsetlike verset teen die mag van die staat: beplande wetsongehoorsaamheid. Eers die

dreigemente en toe die optredes! Ons weet almal van die 'Stasiebom' en beskadiging van

staatseiendom. Die moord op lede in die uitvoering van hul pligte. Alles sinnelose geweld.

Een nag was ek aan diens as besturder van die diensoffisier, kolonel x - (oorlede) - in Port

Elizabeth.

Ons het begin deur al die stasies te besoek terwyl ons terselfdertyd op ons gemak stadig deur die

strate gepatrolleer het. Dit was 'n stillerige aand, sonder veel klagtes - ma-slaan-vir-pa en

omgekeerd, bure se hond wat sonder ophou blaf, 'n dronk bestuur, ens.. Ons het eers die blanke

gebiede besoek - Mountweg, Walmer, Baakenstraat, die oop strand en toe sou ons eers na

Page 17: Police Gazette 1-13

17

Korsten beweeg het, maar die kolonel het so 'n geringe blaasprobleempie ontwikkel en ons het

eers gou by sy goeie maat stilgehou vir verligting. By sy maat aangekom, was daar 'n hele groot

makietie aan die gang. In die straat was daar 'n hele paar motors geparkeer. Ek het toe maar

heel agter in die tou ingeval en stilgehou.

Die kolonel het uitgeklim, sy stokkie net daar in die motor gelos, gou na die huis gestap en

binnegegaan. Toe die motor begin warm word van die geluier, het ek Beheer ingelig dat die

kolonel besig was om 'n vergadering by te woon, en dat ek hulle spoedig weer sou kontak,

voordat ek afgeskakel het. Ek het my sit en verkyk na die yslike kasteel van 'n plek met die

groot, helder verligte tuin en ek het so op my eentjie gesit en droom dat as ek eendag groot is,

wil ek graag so 'n plek hê!

Net nadat ek beheer weer n keer gekontak het om te hoor of alles nog in orde was, kom daar

twee opgeskote meisies vanuit die huis na my en nooi my om binne te kom op uitnodiging van

burgemeester. "Oeps, moes so 'n ding verwag het", het ek gedink. Ek het saam met hulle

gestap en het toe die burgemeester ontmoet. Ek het hom bedank vir die uitnodiging, maar het

verskoning gemaak omdat ek spoedig weer beheer moes kontak vir ingeval iets dringend sou

gebeur. Op navraag is ek toe deur iemand vergesel na waar die kolonel in 'n dringende

gesprek met 'n ander ouerige man verkeer het. Ek het rapporteer dat alles nog stil was en dat ek

steeds sou bystaan by die voertuig. Ek is toe weer saam met meisie na buite, waar sy belowe het

om vir my 'n lekker koppie koffie te stuur en dit was ook nie lank nie of 'n skinkbord met koffie,

'n stukkie braaivleis, 'n stukke wors en roosterbrood (op die kole gerooster) was afgelewer. Wat

'n fees! Nadat ek geëet het, het ek die skinkbord aan die bediende wat in die tuin gestaan en

gesels het, oorhandig.

Kort daarna het die kolonel daar aangekom met die burgemeester, en ek het die geleentheid

benut om hom te bedank vir die smaaklike ete. Ons is toe voort. So in die ry het die kolonel

verduidelik dat die man in die kamer met wie hy so 'n diep gesprek mee gehad het se seun 'n

bedrag van etlike duisend rand van sy besigheid geneem het, maar dat hy nie in 'n kriminele saak

met sy eie bloed betrokke wou raak nie. Die Kolonel se aanbeveling was dat hy 'n persoonlike

leningsooreenkoms voor 'n prokureer met sy seun moet aangan waarin die seun dan onderneem

om daardie bedrag oor 'n spesifieke tydperk terug te betaal aan die besigheid. Ek glo dat hy nie

oorspronklik bewus was van die verjaardag partytjie nie.

Terwyl ons al geselsend deur Humewood ry, het beheer ons geroep met die dringende boodskap

dat die munisipale kantore in New Brighton opgeblaas is. Die kolonel het ontvangs erken en net

gesę: "Ry, Boetman". Ons is toe met 'n redelike spoed daar weg. Ek het verkies om met

Pattersonweg te ry aangesien daar geen verkeersligte of stopstrate was nie en kon ons redelik

vinnig op New Brighton kom. Die kolonel het 'bestuur' en ek het die kontroles hanteer... Hy

het gesê: "ry vinniger man - dis nie nodig om te jaag nie. Pasop in hierdie donkerige paaie vir

die dwarsstrate, mense op hierdie soort paaie gee nie om vir stopstrate nie Waarom ry jy so

stadig, hierdie is 'n noodgeval. Jy sal my senuwees klaar maak! ......". Ek het my net daar

voorgeneem dat ek my nie gaan breek oor sy tirades nie en so vinnig as wat veilig was gery, en

het so spoedig en veilig by ons bestemming aangekom. Die kolonel het net gesê dat ek die enjin

aan die gang moes hou, en die ligte gerig moes hou op sy posisie of waar hy sou beduie.

Page 18: Police Gazette 1-13

18

Daar was redelike chaos. Ooral het daar papiere en glas en steenwerk en gemors rondgestrooi

gelę. 'n Hele aantal lede in uniform en in privaatdrag het versigtig tussen al die rommel

rondbeweeg en probeer om niks beduidends te versteur nie. Sommige persone het in groepe

beweeg en het foto's geneem vir 'n vale. Een persoon, ek vermoed hy was van die een of ander

koerant is sommer by sy aankoms vasgevat en in 'n vangwa ingegooi. Ver weg in die duister

kon ek 'n vrouestem hoor lel, maar andersinds was dit slegs die sagte stemme op die toneel en die

brandreuk wat alles oorheers het - met uitsondering van die honde wat sonder ophou geblaf het..

Terug by die motor het die kolonel kortliks aan Beheer bevestig dat daar waarskynlik 'n

ontploffing was, maar dat hy later volledig telefonies sou rapporteer. Op pad na die

klagtekantoor het hy gesê dat hy nie ‘oor die lug’ inligting wou gee nie, aangesien daar

instansies kon wees wat onbetroubaar is en wat radio-inligting kon bekom en misbruik.

Die personeel by die klagtekantoor het heel verskrik voorgekom, maar ek is oortuig dat dit niks

met die offisier se besoek tedoen gehad het nie.

Daarna is ons na Korsten, waar die kolonel die stasie besoek het voordat ons weer voort is. Hy

het my gaan aflaai en sou dan na sy kantoor gaan om sy verslag op te stel.

Na hierdie voorval het die ewige bystaandienste by stasies begin, en het ek later al skoon vreemd

vir my vriende gevoel. Ek kon my vriendin net gaan sien wanneer ek gaan stort en verklee het,

en ek is oortuig dat die ander manne dit ook soortgelyks beleef het. Dit was egter ons plig en

ons trots! Groetnis, Ron 10.1 Nuusdagboek: staan oor.

10.2 Die Boekrak / The Library 10.2.1. 6TH SOUTH AFRICAN ARMOURED DIVISION - Hennie, My boek kos R250.00

sonder posgeld en kan by my bestel word. Stuur ‘n epos na [email protected] Dan stuur

ek die bank besonderhede en ek pos die boek. Groete, William Marshall.

10.2.2. APPEAL: “KOEVOET – The Men Speak” We are making an appeal for policemen who were in Soweto on the 16th of June 1976 and who

were eyewitnesses to the riots there. We have found two eyewitnesses who were on duty at

Sharpeville and one who was on duty in Pondoland during the 1960 uprising. We thank the

generals and members who have come forward to help with this interesting and historical book

and other Koevoet-members who have given us their stories. Some 30 members have promised

us stories – when we receive these stories the book can be published – we thank those members

who have come forward and gave us their stories – contact Jonathan Pittaway, Sakkie van Zyl,

Hennie Heymans or even the Police Gazette.

Page 19: Police Gazette 1-13

19

10.3 Radio Pretoria - Trou tot die Dood toe – Johan van der Merwe Genl Van der Merwe praat die heel week oor Radio Pretoria. Dit is ‘n skitterende onderhoud en

ons sal met mnr Clem de Klerk reel dat ons miskien ‘n CD opname van die onderhoud kan kry.

10.4 Boeke – Navraag: Ron Aylward Beste Hennie, Kan jy moontlik die volgende navraag vir my plaas asb? Boeke gesoek teen

vergoeding:

1. Alfred Aylward; Fenian Editor of the 'Natal Witness' by Donal P McCracken.

2. The Transvaal of Today; 1881 (1st or 2nd Edition) by Alfred Aylward.

Groetnis, Ron.

11 NUUS VAN HEINDE EN VERRE / NEWS FROM HERE AND THERE

11.1 Nuus uit Kwazulu-Natal: (Hulle braai vleis?)

11.2 Nuus uit die Wes-Kaap gestuur van Hermanuspietersfontein (Ons korrespondent loop hier in Pretoria rond.)

11.3 Nuus uit die VSA

Hennie, Gegroet van hier, dankie weereens vir koerant nr 12.

Page 20: Police Gazette 1-13

20

Ons is tans in die San Luis Vallei, Colorado. Die vallei is gemiddeld 7500 voet bo seevalk en is

dit effe moeilik om aan hierdie dun lug gewoond te raak. Al daardie ou pyprokery haal my nou

sterk in.

Praat so van pyp rook, terwyl ek by veiligheidstak, Oos-Londen was, moes ons 'n aantal senior

offisiere na Umtata neem vir die een of ander vergadering met Bantu Holomisa. Genl Loutjie

Malan, 'n Brigadier en 'n Kolonel het saam met my in die voertuig gery. Ons was net so ent uit

Oos-London toe die Generaal sy pyp uithaal en begin stop. Toe ek hom uitvra na watter soort

pyp hy gebruik, toe nooi hy my uit om ook my pyp op te steek. Tot groot ergernis van die ander

twee senior lede. Ek moet erken ek het dit so stil stil geniet om ondero pdrag my pyp te rook.

Nodeloos om te se, die Brigadier het summier vir hom 'n ander voertuig gekies om te terugreis

na Oos-Londen aan te pak.

Daar is tans "mid-term elections" in die VSA wat dan ook neerkom op die verkiesing van

Sheriff's. Orals waar mens ry sien jy net advertensie borde van kies die een of herkies daardie

een.

Ek het gister 'n lang gesprek met 'n Deputy Sehriff van die Alamosa County in Colorado gehad

en hom een en ander uitgevra na hierdie verkiesing. Die Sheriff word gekoppel aan 'n politieke

party en kom dit daarop neer dat indien die bestaande Sheriff die verkeising verloor, die "nuwe"

Sheriff in teorie al die lede by die kantoor kan afdank en van voor af vir hom nuwe Deputies

aanstel.

Dit klink vir my regtig vreemd en is ek seker daarvan dat indien so iets in onse land gedoen sal

word, sal mens net hoor hoe gil en skree al wat 'n vakbond is. Ek moet se dit moet seker maar

senutergend wees vir 'n lid van 'n County se Sheriff kantoor om te weet dat jy net verseker is van

'n werk vir vier jaar!!!.

Deurmekaar besigheid hierdie.

Hartlike groete van hier uit die San Luis Vallei in Colorado. Robert Brand, Alamosa, Colorado.

11.4 Versoek van Australië/ Kanada:

12. POLISIE-POSSAK / THE POLICE POST BAG

12.1 Korrespondensie: 11.1.1 Ontvangs erkennings – Verstrek maar net u rang, naam, stad en land. As u dit reg doen

hoef ek net te “plak en te sny”. Die volgende kollegas het ontvangs erken:

• Baie dankie Hennie. Geniet die naweek. Ben Venter van “Elders”.

• No 12 ontvang en gedruk. Dankie. Die manne begin nou tou staan vir die gedrukte een. Alida

van der Linde – Montagu. (Dankie vir die oproep oor die negatiewe!)

• Nogmaals hartlike dank, Hennie! Oulike krant en ook vir die plaas van ons Wonder-

Page 21: Police Gazette 1-13

21

Kersmark advertensie. Groetnis. PS. Ek hoop my ooms Bossie Boshoff en Pierre le Roux

laat ook binnekort van hulle hoor! Ds Du Bruyn, Pretoria.

• Brig. Baie dankie vir Polisie koerant 11 en 12. Groete, Pieter J Venter.

• Baie dankie, Hennie. No. 12 pas ontvang. Groete, Eugene Truter (Springs).

• Genl Van der Merwe skryf nalv sy versoek om sekere mense op die verspreidingslys te plaas:

Hallo Hennie, Ek het groot waardering daarvoor.Groete, Johan van der Merwe, Pretoria.

• Dankie, ontvang en uitgestuur- het die foto’s oor ou SAP toe uitgekom? Groete, Dana

Kruger, Brighton Strand. [Hulle sal geplaas word dankie!]

• Thanks Hennie - No 12 is great........ Billy Cox, Johannesburg.

• Baie dankie Hennie vir Polisiekoerant nr 12. Le Roux en Nelet Stemmet, Pretoria, Suid-

Afrika.

• Ontvang no. 12 - baie dankie , Wicus Hattingh – Iewers.

• Hennie en Dana, Baie dankie vir ‘n puik produk dit verg baie aandag en deursettings vermoe.

Ontvang nr 12.Groete, Tobie (Tolken)

• Middag Hennie. Baie dankie vir die koerant lees baie lekker aan die ou tyd en groete ook

tuis. Hilton en Mara Drury.

• Baie dankie Hennie.Groete. Pierre van Rensburg.

• Beste Hennie, Hemel dankie ek lees die koerant vanaand in my bed. Wonderlik! Elrena van

der Spuy, Kaapstad.

• Brigadier middag, Generaal Dreyer vra of u dit na bogenoemde adres kan stuur. Groete,

Claassie – Klaasman, ons maak so! Welkom Generaal!

• Hi Hennie, Cliff Tetley vra of jy hom op die lys vir die nuusbrief kan sit? Hy het lank by die

drukkers- afdeling van Lëer HK gewerk, Groetnis, Paul Els, Valhalla. (Welkom Cliff!)

• Dag Brigadier, No 8 ontvang - L van Loggerenberg, Middelburg.

• Hi Hennie – het nr 12 ontvang, baie dankie. Reinier du Rand.

• Dagse Hennie, Ek het nr 12 gekry en dit onmiddelik verslind. Groete, Johan Deyzel. (Johan,

V-Tak Natal is darem goed ingegrawe - tot die ou ABV is met ons!)

12.1.2. Epos- en lekker geselsbriewe 1. Hullo Hennie, Baie dankie vir nog ‘n uitgawe van jou koerant. Was bly om iets van Maritz

Spaarwater te lees. (Gewone prokureurs het ‘n LLB, maar ek weet Maritz het minstens ‘n

LLM) Ek lei af dat sy oupa en sy oupa se broer by gevegte in Amersfoort betrokke was. My

oupa, Gerhardus Jakobus Beukes, was die veldkornet van die Wakkerstroom Kommando.

Page 22: Police Gazette 1-13

22

Amersfoort was destyds ‘n gehuggie in die Wakkerstroom distrik. (Ek weet, want ek is kort na

die oorlog daar gebore!) Interessant van die dogter wat seunsname gegee is. Ek het altyd

gewonder hoekom die ou mense sulke dinge gedoen het. My oom, George Diederick

Badenhorst, het sy een dogter met sy name laat doop. Die geheim is vir my opgelos toe ek meer

gaan lees het oor die Russelliete, van wie hy ‘n volgeling was. Russell het voorspel dat die aarde

op ‘n sekere dag in 1914 sou vergaan. Toe die dag nader kom en tant Kobie, wat op daardie

stadium nog net dogters in die lewe gebring het, weer moes geboorte gee, het Oom Org daarop

aangedring dat sy kind, as dit weer ‘n dogter is, minstens met seunsname die ewigheid sou

ingaan. Dit was toe ‘n dogter en sy moes haar hele lewe sit met die name George Diederick. Het

jy dalk Maritz se e-pos adres? Groete. “Pietertjie”. P.C.Swanepoel. (Majoor toe ek in 1969 na

die Buro vir Staatsveiligheid oorgeplaas is. ( As ek aangebly het sou ek minstens ‘n kaptein

geword het. Ek het so-by-so later agteruit geboer.)

• Nooit Oom Pieter! Van majoor in die polisie het u hoër-hoogtes by NI bereik. Gerugte wil dit

hê dat u so hoog op was by NI dat toe dr Barnard by NI begin, hy u kantoor in die interim

gebruik het! Ek wag nog vir ‘n kans om u troepmaats se herunie se handtekeninge te

publiseer sodra ek plekkie kry! Genl Johan Coetzee, genl Manie van Zyl, prof Van Heerden

net om ‘n paar te noem! Vir die jong polisiemanne: “Pietertjie” is die skuilnaam van die

Nongqai se korrespondent in SWA. Maritz se epos onder aparte dekking versend.

2. Beste Hennie, Baie dankie vir jou uiters interessante brief. Alhoewel ek nie 'n antwoord kon

kry oor hoe my groot-oom op die Berg-en-Dal-gedenkmaal gekom het nie, lyk dit of burgerlike

gesneuweldes van elders ook daar herdent word. Ons hoop om volgende maand Pretoria toe te

kom en dan sal ek beslis ook na die polisie-museum en -argief gaan kyk. Dit lyk my daar lê dalk

van my geheimenisse ook opgesluit. Baie dankie, nogmaals. Ek ontvang graag vorentoe jou

verdere geskrifte.Groetnis, Maritz Spaarwater.

3. Dagsê Vriend Hennie, Ek onthou (nou-al, nadat ek van hoek tot kant gelees het) om ontvangs

te erken. Jammer oor die verkreupelde stelwyse in die oordenking (...stel Jesus vergestelt...) - dit

was veronderstel om net te wees "...Jesus vergestalt..." Maar, so lyk dit as mens voor sonop op

pad na 'n hele-dag vergadering is en 'n kollega se dieselbakkie staan en luier om jou aan te jaag

om klaar te kry om te ry. Ek kan nie eers 'n drukkerduiwel blameer nie, dis my eige handewerk.

Sorriiiieee.

Laat my dink aan 'n ou grappie van 'n pastorieseuntjie wat sy pa op 'n Saterdagmore staan en

dophou terwyl die goeie dominee besig is om vir die Sondag 'n boodskap voor te berei. Kort-

kort krap hy dood, skrywe oor en skeur uit en frommel op. Vra die knaap: "Nou wat maak pa?"

Antwoord "the man of the cloth": "ek skrywe die Woord van die Here vir more." Vra die

mannetjie toe: "en hoekom moet pa kort-kort so baie daarvan weggooi?" Hoe feilbaar

tog.......

Weet iemand dalk iets van Hennie Faber? Ek het Amor vroeg in 2004 te Petrusburg besoek.

Hy was nog sy ou lewensentoesiastiese self, maar ook al deur 'n omleiding of twee. Ek probeer

om hom daar op te spoor, maar is nog onsuksesvol. Adios. Pieter Rosseau - Nigel

Page 23: Police Gazette 1-13

23

4. Hallo Hennie - baie dankie vir eksemplaar Nr. 12 - baie geniet. Hierby Jan se volgende bydrae

met 'n foto wat in Desember 1968 geneem is. Ek heg hierby aan ook 'n bylaag wat 'n baie

verkorte relaas gee van die Spesiale Wageenheid se werksaamhede tydens my betrokkenheid

aldaar. Groete en nogmaals baie dankie – Roy During, Kaapstad.

5. Dagsê Hennie - Ek het uitgawe 12 ontvang. Ek het veral die berig oor die Spesiale

Wageenheid geniet. Gedurende 1983 is die Staatspresidentseenheid op die been gebring wat

spesifiek getaak was om na die veiligheid van die eertydse Staatspresident om te sien. Dit het

amptelik in Januarie 1984 begin funksioneer. Hierdie eenheid het slegs na die president se

woning en kantoor in Pretoria en Kaapstad omgesien en ook alle binnelandse bestemmings. Die

eenheid het die oranje wit en blou skouerflitse en gordel gedra asook die eertydse landwapen as

lapelwapens en petwapen. Ek was verbonde aan hierdie eenheid sedert ek my basiese opleiding

in die kollege voltooi het in Desember 1983 tot Oktober 1989 toe ek as 'n luitenant die eenheid

verlaat het. Ek sal baie graag van lede wil verneem wat aan hierdie eenheid verbonde was veral

gedurende die eerste ses jaar. Groete. Drikus Oosthuizen (Lt-kol uitgetree.)

• Ek het nou een dag vir genl Ben Groewewald by Polmed raakgeloop. Ek kan onthou hy en ‘n

SAW-offisier was mede-bevelvoerders van die Staatspresidentseenheid wat uit SAP- en

SAW-lede bestaan het.

6. Goeiemore, Ek is ‘n afgetrede lid wat aan die ou V/T Hoofkantoor verbonde was en het in

1995 gepensioneer. Deur vriende het ek verlede week ’n kopie van koerant 9 en 10 ontvang. Dit

was baie lekker om weer die name van ou bekendes te lees en te sien waar sommige hulle

bevind. Ek sal dit waardeer indien my naam by die adreslys gevoeg kan word om in die toekoms

ook die koerant te kan ontvang. Baie sterkte met die koerant. Ek dink dit vervul ’n groot behoefte

by oud lede wat graag in kontak met mekaar wil bly. Groete, Schalk de Klerk.

• Baie welkom Schalk!

7. Ek het in ‘n vroeër nuusbrief vir Militêre Veterane ‘n soortgelyke aanhaling ingestuur, maar

hierdie een is eie aan ons sonnige land:

“You cannot legislate the poor into freedom by legislating the wealthy out of freedom. What one

person receives without working for, another person must work for without receiving. The

government cannot give to anybody anything that the government does not first take from

somebody else. When half of the people get the idea that they do not have to work because the

other half is going to take care of them and when the other half gets the idea that it does no good

to work because somebody else is going to get what they work for, that my dear friend, is about

the end of any nation. You cannot multiply wealth by dividing it.” Dr. Adrian Rogers, 1931.

Daan Nell – Pretoria.

• Dankie Daan!

8. Baie dankie ons het nr 11 en 12 ontvang. Ek kon nie wag vir nr 12 nie. Het vandag vroeg reeds

die rekenaar aangeskakel om te kyk of dit nie al vir ons wag nie. Ek en my vrou lees dit van

Page 24: Police Gazette 1-13

24

hoek tot kant deur. Ons wil u gelukwens met hierdie unieke koerant en bewonder u vir die moed

en ywer aan die dag gelê om weekliks so ‘n besonderse publikasie die lig te laat sien. Dankie

ook aan almal wat meedoen om die nuus te verskaf, dit helder nie net ou herinneringe op nie

maar verskaf werklik groot genot aan almal wat dit te lese kry. Doen so voort! Matty en Rita

van der Merwe, Vryheid, KwaZulu Natal.

• Dankie Matty & Rita! Belangrike punt – sonder insette en nuus is die polisiekoerant gedoem!

9. Ons ou vriend van Onderwys en Opleiding, NasGis en NasGos berig: Hi Hennie, Dankie vir

die inligting. Ek het dit deurgegee vir al my vriende en kennisse wat verbintenisse met die SAP

het of gehad het. Ek het juis gewonder waarom jy so stil is. Dit is 'n formidabele dog baie

belangrike taak waarmee jy besig is. Alle sterkte daarmee. Doe zo voort. Groete. Gerrit Theron.

• Dankie Dr Gerrit Theron – ons onthou nog die dae met brig (later genl) Viktor as die

voorsitter!

10. Hi Hennie, Ek het as ‘n Direkteur (nou weer gelukkig Brigadier) einde Desember 1999 na 35

jaar diens in die Speurtak met ‘n skeidingspakket uitgetree. Ek is nogsteeds baie besig in die

korporatiewe forensiese ondersoek wêreld, bly saam met my vrou op ons wildsplasie naby

Tshipise in die verre Limpopo vallei en pendel weekliks op en af na waar my ondersoeke my

heen vat. Ek dink dit is ‘n wonderlike nuusbrief wat julle saamstel, iets waarna ek al baie na

uitgesien het en wil graag inskryf. Ek het ook al my hand aan 3 boeke gewaag. My eerste boek,

Chimurenga, wat oor die Rhodesiese bosoorlog gaan, is al uitverkoop en ek is in die proses van

druk van die ander twee. Laat weet wat die inskrywingskostes is en ek sien baie uit na die

volgende Polisie-Koerant. Groete, Henk Heslinga, Tshipise.

• Baie welkom Henk! Dit kos niks – vriendskap en kollegialiteit het nie ‘n prys nie!

11. GEAGTE BRIGADIER, EK HET TOEVALLIG N NUUSBRIEF VAN SONDAG 15

AUGUSTUS BY IEMAND ANDERS PER E-POS ONTVANG. EK HET DADELIK ‘N

AFSKRIF VIR MY PA GEPOS. HY IS BRIGADIER DJ ‘BOKKIE’ CRAFFORD (afgetree).

MY PA HET IN 1985 AFGETREE AS AFDELINGSKOMMISSARIS OOS-RAND. HULLE

WOON IN SOMERSET-WES. MY PA IS ONLANGS GEDIAGNOSEER MET KANKER

MAAR HY IS BAIE RUSTIG, KRY GEREELD SUURSTOF, MAAR SY GEES EN

WILSKRAG IS ONTSETTEND STERK. ONS HET HOM LAASWEEK GAAN BESOEK EN

HEERLIK GESELS OOR AL SY WEDERVARINGE. EK WAS GEDURENDE 1989 TOT

1993 GESTASIONEER TE SOWETO EN EK VERMOED DIS WAAR EK U ONTMOET

HET, EK WAS BEVELVOERDER BY PKRS SOWETO ( DIE OU PVAK ).

BESTE WENSE AAN U EN ALLE OUD-LEDE, DIT IS MY OPREGTE GEBEDE DAT

ALLE OUD-LEDE HUL PENSIOEN GENIET EN NET ONTSPAN. EK SAL DIT OPREG

WAARDEER AS U NUUSBRIEF OOK AAN MY GESTUUR KAN WORD, EK SAL ENIGE

KOSTES MET GRAAGTE BETAAL. BAIE DANKIE.

ANTON J CRAFFORD, LT COLONEL, CRIME SCENE PROCESSING TEAM,

DIRECTORATE PRIORITY CRIMES INVESTIGATION, SOUTH AFRICAN POLICE

SERVICES, MIDDELBURG, MPUMALANGA

Page 25: Police Gazette 1-13

25

• Baie welkom Kollega! Dankie dat u ook vir u Vader ken in hierdie verband. Dra asseblief

ons lesers se groete oor aan u Vader! Ons dink ook aan hom in hierdie tyd! Ek onthou jou

van Soweto se dae!

12. Geagte Hennie; Volume 1, Uitgawes nommers 11 en 12 met groot waardering ontvang, baie

dankie. Na aanleiding van uitgawe no. 11: Ron Aylward se vermoede oor wie die

Kommandant van die Kollege destyds was, is effe uit. (Ja, dit was die benaming van die

bevelvoerder van die SAP Kollege op 30 Junie 1956 toe Voet Troep 92 uitpasseer het.) Op

vermelde datum was majoor JJ Kotze die Kommandant en luitenant LG Snyman, MBE was sy

Adjudant. Ek kan onthou dat gedurende 1959, toe ek in die Kollege was met die

Speurderskursus, was kolonel JPD Vorster die bevelvoerder van die Kollege.

Hennie, ek merk nou dat ek in besit is van ’n fotostatiese afdruk van Spesiale Magsorder

(Algemeen) 22A van 1960 deur Luitenant-Generaal HJ du Plooy, MVO – Kommissaris van die

suid-Afrikaanse Polisie, gedateer 26 Oktober 1960, onder die opskrif: “Bevorderingseksamens

gehou op 12-15 Julie 1960: Uitslag. “ (Onderstreping nié my eie nié!)

Ek sien daarin, onder andere, dat no. 29931 konst HJM Beyl van die WWR afdeling, die

eksamen na Tweedeklassersant (Uniformafdeling) in posisie 309 geslaag het, dat

speurderkonstabel J. de V. Joubert (wyle luit.-genl. Jaap Joubert) van Transvaal, in die eerste

posisie, en proefspeurder MJ Nel, in die vyfde posisie, die eksamen na

Tweedeklasspeurdersersant geslaag het. Interessant om te sien dat in daardie jaar 12

kleurlingkonstabels die eksamen tot Kleurlingtweedeklassersant (Speurtak) geslaag het. Stel jy

en/of iemand anders in hierdie Magsorder belang? Vriendelike groete, M. J. (Martin) Nel

Genl – maj. PRETORIA.

• Dankie Generaal – en baie geluk!!! Ek en Dana stel belang in afskrifte van die ou magsorder.

13. Goeie dag Brig. Heymans, Baie dankie vir die Sitrap. Sterkte aan ‘Ons Generaal’. Ons luister

graag. Dit is so dat sekere subjektiewe joernaliste en politieke karakters die geleentheid sal wil

aanwend vir hul eie doeleindes...o.a. weerlig afleiding tov hul wandadige handelinge. Nietemin,

die geleentheid weet ek sal deur genl vd Merwe met sukses hanteer word. Beste groete, Tom

Louw en gesin. (oud lid - W88346P, Kompol x302, Seksies A1, I-J, G1, G3, GMIE ).

• Tom: Namens genl Van der Merwe baie dankie vir die ondersteuning. Ek is seker hy sal

mettertyd ook van hom laat hoor.

14. Brig. Kyk hier onder. Regards/Groete Wouter Mentz, Papau Nieu-Guinie: “Om 06 minute

en 07 sekondes na 5 op 8 September hierdie jaar sal dit 05:06:07 08/09/10 wees. Augustus het 5

Sondae, 5 Maandae en 5 Dinsdae en volgens die slimmense gebeur dit slegs elke 823 jaar.

Geniet die geskiedenis wat jy besig is om te maak, want nie jou oupagrootjie se oupagrootjie of

jou agteragterkleinkind se kleinkind het of sal dit kan beleef nie”.

• Dankie Wouter!

12.2 Oproepe / Calls

Page 26: Police Gazette 1-13

26

Ek het met groot vreude en lekker-kry met mnr Joe Usher Bell geskakel. (Dossie se Vader!)

Genl Geldenhuys het my na hierdie wandelende enseklopedie verwys. Mnr Bell is ‘n oud-

Durban polisieman. Toe ek my voorstel toe gee hy my Vader se magnommer en later talle ander

bekendes se magnommers. Hier is ‘n paar bekendes se magnommers wat hy onthou: genl FLC

Engels 20310, brig PC Kemp 15079 en sers McDuling 25017. Hy onthou het ‘n helder brein die

lede van RI se name. Ons praat oor RI en hy verstrek tot adv Bram Fischer se VW Kewer se

registrasie nommer die dag toe adv Fischer gearresteer is! Ek gaan beslis a.s. week vir mnr Bell

kuier.

‘n Oud-polisieman van Newcastle het ook gebel – ek het my adres vir hom gegee, ek hoop hy

skryf vir ons. Hy het in Rhodesië diens gedoen toe die SAP-basis aangeval is. Die man is baie

ongesond en dit is jammer dat lede na 20 en meer jaar diens bedank om dan nie oudlede se

mediese voordele te kan kry nie! Hy sukkel nou op ‘n staatsongeskiktheidspensioen agv

beserings.

Met generaal Van der Merwe Woendag op RSG het my foon/sel geklink soos radiobeheer se

fone op ‘n Staerdagaand. Die eerste persoon om deur te kom na die Polisiekoerant was genl

Mike Geldenhuys. Hy was baie trots en tevrede! Hy wens genl Van der Merwe geluk met sy

verjaarsdag en is hoogs te vrede met die verskillende radio-onderhoude wat met genl van der

Merwe oor die lug gevoer is. Oud-minister Leon Wessels het later ook verneem hoe die

onderhoud afgeloop het. Manne met wie ek jare en jare gelede gepraat het, het geskakel om genl

Van der Merwe geluk te wens met sy skitterende vertoning! Ook lede van die publiek het my

geskakel. Een Boer van Standerton het ook gebel en ‘n bydrae tot die Trust gemaak.

Ons is gemeenskaplike eienaars van die ou-SAPolisie. Ons is trots op ons manne in die Magte –

ons het nog altyd in die wenspan gedien! Wie is soos ons? Bitter min! Ons hou almal ons koppe

hoog as oud lede van die SA Polisie en die ou-Veiligheidsmagte. Ons kritici vergeet dat ons

ingeswore beamptes is – ons het ‘n eed afgelê om te dien en te beskerm! Toe ons adjudant-

offisiere en kommissierang bereik het, het ons geskrifte van die Staatspresident en ons ministers

ontvang waarop sekere opdragte ook vervat is! Lees dit weer deur.

Brig Andre van Ellickhuisen van Vryheid het geskakel en ons meegedeel dat die bekende Mof

Myburgh die week verjaar het. Ons wou juis die week vir Mof besoek en u groete aan hom

oordra.

Oom Pieter Swanepoel het ook van hom laat hoor.

12.3 Besoekers / Guests Genl Johan Ferriera het kom kuier en hy bied sy hulp aan om my te help met al die admin tov die

geskiedskrywing. Insgelyk het kol Willem van der Merwe ook kom kuier. Beide here help my

om dokumente en foto’s af te tas en Johan Ferriera het ook sy hulp met tikwerk aangebied. Ek is

‘toe’ onder die tikwerk en die moet ook ‘inligting’ sinvol rangskik voor ek kan skryf. Wie is soos

ons ou polisiemanne en soldate? Niemand! Ons is enig in ons soort!

12.4 Besoeke gebring / Visits Die afgelope week het ek twee besoeke aan ‘n weduwee gebring wat wonderlike diep verhale

Page 27: Police Gazette 1-13

27

oor haar oorlede man op die Grens vertel het met soveel trots, liefde, insig en weemoed! Ek het

sover een en ‘n half verhaal neergepen van ‘n wonderlike polisieman-vegter! ‘n HELD.

Gelukkig het sy baie nota’s en foto’s – en saam met die herinneringe kom die trane van trots,

verlange en liefde! Liedfe is nie “praat” nie – liefde is “doen”! Ek sal later meer van hierdie

wonderlike dame vertel! Ons het sonderlinge en wonderlike mense in die veiligheidsmagte

(gehad)!

Ek het Woensdag-oggend by genl Jannie Geldenhuys gaan koffie gedrink en ek is later na

Oom Fred Geldenhuis. Lank het ons op die bank gesit - droë-wors en biltong en geëet! Tannie

Alice het die koffie, melktert en worsrolletjies aangedra. Sonder notas en sommer net gesit en

geluister hoe Oom Fred praat en ‘wonderlike waar-stories’ opdiep. Hy is glashelder en amper 90.

Hy vertel van prinses Margaret wat hy weer ontmoet in Engeland het. Ons kyk na die foto’s van

vergange se dae – ook saam met genl Smuts is hy afgeneem waar Oom Fred die funksionaris

saam met die Generaal was! Hy vertel van generaal George Patton wat hy ontmoet het in hul

krygsgevangnekamp in Duitsland. Hoe hy as sersant-majoor die Duitse wagte aan generaal Paton

en sy geselskap oorhandig het, toe die Amerikaners hulle kom bevry het. Van die stories toe hy

weer daarheen, op 80 jaar, na die oorlogteater is! Ons gesels oor sy dae as troep-sersant in die

Depot. Hy vertel sy rybroeke is deur John Scott gemaak en sy uniforms is deur ‘n snyer gemaak.

Ek weet dat ‘sant Leasch my eenmaal vertel het dat hy wat ‘sant Lesch is, baie keer tweekeer per

dag aangetrek het. Oom Fred sê hy het ook baie maal tweekeer per dag aangetrek! Hy vertel hy

was al 0400 by sy troep en dan moes die manne begin! Hy vertel my van die junior-troepe

waartydens daardie lede in die Depot moes bly tot 18 jaar! In die hoek tussen al die sertifikate –

‘n geraamde Bejaardesorgfondssertifikaat toe Tant Alice 80 geword het! Onbekend maak

onbemind en so stil weg adverteer die BSF van die SAPD. Ongelukkig kon ek nie hul aanbod vir

middagete aanvaar nie aangesien ek nog vir Jan-Jaks wou gaan kuier. Ek is weg by Oom Fred

met die gedagte dat dit mense is soos hy wat die polisiemag help vorm en bou het!

• In die veiligheidstak het ek by geleentheid gesien ons destydse BO, genl Johann Coetzee,

het ook in die dag van hemde verwissel.

13. REGSPLEGING, NASIONALE VEILIGHEID POLISIE EN DIE PERS

13. LAW ENFORCEMENT, NAT SECURITY, POLICE AND MEDIA

13.1 Defence Web reports: https://mail.google.com/mail/?hl=en&shva=1#inbox/12aa9d48c021b2ac

13.2 Praag: https://mail.google.com/mail/?hl=en&shva=1#inbox/12aad37369eaf6b4

13.3 Politics web: https://mail.google.com/mail/?hl=en&shva=1#inbox/12aab75ed6f1c67f

14. HENNIE SE LESSENAAR / HENNIE’S DESK 14.1 For the veterans of the South African Police it has been a hectic week. Your editor had to

set his alarm to listen to the former Commissioner of the SA Police, General Johan van der

Merwe who, for this week appears on a daily interview with Radio Pretoria at 0715. He is talking

frankly on his book: “Trou tot die Dood toe!” (Available from Radio Pretoria or Praag.)

Page 28: Police Gazette 1-13

28

At the same time we publicised that he would appear Wednesday the 25th

of August 2010 on the

SABC’s Radio Sonder Grense on Lynnete Francis’ talk show: “Praat saam.”

The Police Gazette has been inundated with calls from the public and from veterans expressing

their satisfaction with the General’s interview! The cherry on the cake is the young General was

also commended by our doyen, General Mike Geldenhuys. General Geldenhuys is our most

senior veteran police officer. General Geldenhuys also wished General Van der Merwe a happy

birthday on Wednesday the 25th

of August! One member of the public was so impressed with the

interview that he donated a substantial amount to out Trust.

To those critics of “the generals”, I hold no brief for the Generals, but in all fairness please take

note that some general officers – and I include General Mike Geldenhuys - are daily still busy

with matters from the past concerning the vested interests of our VETERANS! Since my

retirement I have come to learn General van der Merwe more intimately on the level of

members’ interests and I can vouch that he has not yet outspanned! – On a daily basis he is being

kept occupied with matters from the past. In the same breath I know of various junior officers

who are also loyal veterans. Let’s remember these people in our prayers. Thanks chaps!

14.2 As a member of the police force in South Africa, also through the auspices of International

Police Association, your editor has always liaised with various interesting people in the world.

During his tenure in the Security Branch he officially liaised with various police and intelligence

services. Since your editor’s retirement he has continued to liaise with people of different

organisations and political orientations. He is busy collecting information on the history of the

old Security Branch of the South African Police. He speaks to Swapo (Plan), to ANC (MK)

members, former cabinet ministers, retired generals and privates alike, as well to former spies

and journalists. He also speaks to Ossewabrandwag, AWB, HNP, CP, old-NP, to so-called right

wingers as well as to left wingers. We certainly have interesting people in South Africa!

14.3 This week your editor had the privilege to meet a young, charming and beautiful lady-

officer who is in the Police. She is a 2nd

generation police officer. She is highly intelligent and

beautiful – somebody who does the police proud!! I was saddened to learn that she has been a

junior commissioned officer – in the same rank for more than a decade and a half!! My heart

goes out to her and many others in her position. Their only drawback: Being white!! Likewise I

met an Army officer who can do all the tricks in the book! He is also white and very senior - in

his rank!

14.4 We had a very interesting conversation with General Jannie Geldenhuys, the former Head

of the SADF. The discussion was: “How do we in the new South Africa say thank you to our

people who render good service or who had rendered good service?” Not in a thousand years will

a veteran who rendered good service or a veteran in a veteran’s organisation on a national level,

be honoured by the new Chancellor of Orders. How do we go about it to honour a veteran who is

a hero? Many people render sterling service to their communities. We must think along the lines

of an own Chancellor of Orders. Some people are thinking about a “Vrye-Afrikaanse”

University. Shouldn’t we be start thinking? I mean if a fully qualified, junior, officer is the best

of the best, but has a handicap how are we going to give recognition where recognition is due!!

Page 29: Police Gazette 1-13

29

• We certainly live in a crazy world where you win the race and come last!

14.5 Die lewe is nie regverdig nie. Toe ek aan die SSVR verbonde was, het die slim manne vir

ons polisiemanne vertel dat hoe gouer die ANC aan bewind kom hoe beter! Redes: Die nuwe

regering sal legitiem, verantwoordbaar en deursigtig wees en ons sal ooral rugby kan speel, en

voorts daar sal geen onderskeid tussen ras en geslag wees en, en, en ... Ons sal ’n demokrasie

wees – vryheid van assosiasie is gewaarborg.

Die geskiedenis van die Afrikaner na die Anglo-Boere Oorlog het getoon dat hy die stof en kruit

van homself afgestof het en dadelik begin het om die verwoeste en verskroeiede aarde weer op te

hou. Die Boer het gewerk en gestudeer. Hy het heel onder begin en homself stadig opgewerk. Hy

het ’n wesenlike bydrae op elke lewensterrein gemaak om die land op te bou.

En nou?

15. HUMOR IN UNIFORM 1. As die polisie ‘n “Baron von Münchhausen” gehad het, was dit ‘n sekere a/o Ras van Durban

wat bekendheid met sy staaltjies verwerf het.

15.1 Die konst Ras is laat vir diens! Eendag is konstabel Ras is laat vir diens! Maar kom ek begin voor. Die Wentworth Polisiekamp

was op die suid-punt van die Bluff. Eers was dit ’n groot militêre basis tydens en na die tweede

wêreldoorlog – ’n deel van die kamp is bekend as ‘Assegai Village’. Vir die polisie was daar was

enkelkwartiere, getroudekwartiere, ‘n kapel, polisiestasie, stalle, polisie-motorhawe, opleidings-

kollege vir Indiërs en swartes, ‘n distriksgeneesheer, distrikskommandant, menasie, haarkapper,

tapkantiene, rolbal geriewe, poskantoor met die bypassende naam Austerville. (“Because of all

the austerity!”) Ook was daar ’n ou Royal Navy kaserne en kwartiere - daar was DRAKE en

NELSON op van die kwartiere geverf, want toe het Salisbury Eiland nog aan die RN behoort.

(Die Wentworth SAP Indiër Kollege was eers ’n militêre tronk.) Die swembad te Brighton

Strand is seker so sewe km van die ou Wentworth Polisiekamp. Eendag gaan konstabel Ras

swem. Hy is ’n groot fris man wat maklik dryf.

Mnr Ras vertel: “Eendag gaan ek in die see swem. Ek neem toe vir my ’n boek saam om te lees

in die waters agter die branders. Ek was so ent in die see in, so agter die brekers in, toe keer ek

my op my rug en begin lees aan die boek terwyl ek lekker in die see dryf. So al drywende lees

ek. Die boek was nou nie so boeiend nie en ek raak aan die slaap met die boek op my gesig. Toe

ek wakker skrik, sien ek dat ek reg oorkant Port Edward is! Dit moes die Mosambiekseestroom

wees wat my so ver afgevoer het. Ek skrik en kyk op my horlosie: dis 10 voor 11 en ek werk

‘twee – tien!’ Terwyl ek so wonder oor die penarie waarin ek my bevind toe kom daar ’n dolfyn

en stamp my met haar neus in die ribbes. Sy wys toe al die tyd vir my ek moet op haar rug klim

en daar gaan ons in die rigting van Brightonstrand. Sy klief deur die water en gou is ons terug by

Brighton Strand en sy gooi so ’n mooi draai dat ek sommer so kaalvoet verder ski tot op die

strand! Vinnig jaag ek Wentworth toe, trek aan en haas my na die Aanklagtekantoor waar ek

presies vyf minute laat vir diens rapporteer!”

15.2 Paul Els. Excuse me, who else? Paul Els! Paul Els is stirring the pot

Page 30: Police Gazette 1-13

30

General Cele just announced the discovery of an arms cache of 2,000 semi automatic rifles with

250,000 rounds of ammunition, 4 grenade launchers, 2 tonnes of heroin, R5 million in forged

ZA banknotes and 5 trafficked Thai prostitutes all in a semi- detached house behind the Public

Library in Soweto. Local residents were stunned!!!! A certain ANC Youth League leader said,

"We are totally shocked!!! We didn’t even know that Soweto had a Library!!"

15.3 Trots Suid-Afrikaans? Oud-Hillbrow polisieman en gereelde korrespondent van Kimberley, Patrick Coetzee, hom met

verstommende wysheid voor die dag: In 'n onlangse studie deur Wits is bevind die gemiddelde

Suid-Afrikaner stap omtrent 1200km per jaar. Intussen is in 'n studie deur die KWV bevind Suid-

Afrikaners drink gemiddeld sowat 50 liter alkohol per jaar.

Dit beteken Suid-Afrikaners kry gemiddeld sowat 24km op 'n liter..!

Dit maak mens mos TROTS Suid-Afrikaans !!!

16. NETWERK & “KOM ONS ONDERSTEUN MEKAAR”

16. NETWORKING & “LET’S SUPPORT ONE ANOTHER”

16.1 Ek soek na verhale toe genl Mike Geldenhuys u pad gekruis het. Enige foto’s toe hy

Koevoet besoek het word benodig.

16.2 Eiendom te Huur: Ds Carel-Johann du Bruyn: Weet u dalk van enige persone of instansie

in die mediese beroepsveld wat 1 km vanaf Eugene Marais Hospitaal 'n eiendom sal wil huur ?

16.3 Wonder-Kersmark: Beste Vriend/Vriendin - Help asseblief met die bemarking van ons

Wonder-Kersmark. Dank by voorbaat. Ds Carel-Johann de Bruin.

Wonder-Kersmark: Saterdag 30 Oktober 2010 - Hervormde Kerk Wonderboompoort,

Eloffsdal, Pretoria. (Naby Eugene Marais Hospitaal).09:00-15:00.Uitstallers @ R50 (of enige

groter donasie aan kerk), wins is joune. Betaal op 30 Oktober by kassier. Bespreek by

0827333951 of [email protected] - Gee asb. volledige beskrywing van goedere wat verkoop

sal word. Kerk verkoop vetkoek, kerrie-en-rys, pannekoek, poeding, tee & koek, tuisgebak,

lekkers en koeldrank.

‘Wonder Christmas Market’ - 30 October 2010 Hervormde Church Wonderboompoort, Eloffsdal, Pretoria. 09:00-15:00 @ R50 stalls available

(Pay your R50 or any larger donation on the 30th Oct.) The church is selling food like

pannekoek, vetkoek, cake and tea, etc.Booking 0827333951 or [email protected]

• Uitstekende geleentheid om boeke te verkoop!

17 Laat berigte: Stop Press 17.1 Lesers hou van ‘n netjiese koerant met keurige taalgebruik. Ons het ‘n probleem met die

uitleg van die koerant – sodra hy gegiet is in sy vorm dan wil hy nie hê jy moet aan die inhoud

torring nie! Reël 1: Sodra die foto’s in plek is, dan is die koerant in beton gegiet. So, ons gaan in

die toekoms die sogenaamde ‘laat berigte’ hier aan die einde plaas.

Page 31: Police Gazette 1-13

31

10.5 RSG – Praat Saam – genl Van der Merwe 1. Vriende baie dankie vir al die geluk- en seënwense met my verjaarsdag. Dankie ook vir al die

onderskraging en meelewing met die gesprek wat ek die oggend van 25 Augustus op “saam

praat” gehad het. Ek het opnuut besef watter wonderlike voorreg dit is om vriende te hê wat

deur dik en dun by jou sal staan en dat die kameraadskap wat tydens die dae toe ons lang ure

moes werk, talle ontberings moes verduur en daagliks aan vernynige kritiek blootgestel was,

gevorm is, nog steeds net so heg is. Ek dank ons Hemelse Vader dat die S A Polisiemag sulke

manne en vrou opgelewer het. Ek wens julle almal gesondheid en krag en die seën van die

Goeie Vader toe. Groete, Johan van der MerweJohan van der MerweJohan van der MerweJohan van der Merwe

• Kyk gerus op genl Van der Merwe se Facebook vir verdere kommentaar.

2. Brigadier more, alhoewel nie meer in uniform, salueer ek generaal Van der Merwe. Hy het

bewys vanoggend dat ‘n Polisieman nie vir universiteite hoef terug te staan! Dit kom van die dae

toe die publiek regshulp by die aanklagte kantoor kom vra het. Groete, Claassie.

3. Volgens al die berigte wat ek ontvang het, het genl Vd Merwe los hande gewen! Kom ons laat

dit daar! [Ons werk aan ’n moontlike opvolgprogram –’n soort van ‘n “om die kampvuur”

waartydens vrae vooraf aan die Generaal gestel kan word. Die vrae kan dan gelees word en hy

sal dan gteleentheid kry om daarop te antwoord. Kom asb met u gedagtes en voorstelle.]

Ander berigte

17.2 Standerton Hennie, ter inligting, let op na die haatspraak wat rym met Juluis Malema se beleid. Die stakings

lyk dit vir my word gekoppel aan oorlog teen die Wit-bevolking van die land. Dit is

kommerwekkend vir die toekoms. Ek wonder of die regering en die polisie die mas sal opkom

as daar werklik teen die blankes oorlog verklaar sal word. More staak die polisie ook en kan nou

sekerlik by die ander stakers aansluit. Willie du Plessis, Standerton.

• Ek heg Willie se koerantsnit aan. Die Popcru-staking is deur die hof verbied.

17.3 Rhodesian Troopie – Johan Viktor Toffie Risk: Rhodesian Troopie: Message from Jim Smith (Dubai) “The Troopie or RLI

memorial is now at Hatfield House in Hertfordshire at the residence of the Marquis of Salisbury.

The dedication on Saturday 27 September 2008 was attended by 150 or so ex-RLI members. The

Rifles provided a Bugle Troop and the event was hosted by the Marquis in the Residences

Armoury and Gardens. Despite what a lot of people think about Britain during those heady days,

a lot of Brits including officers, soldiers and airmen lost their lives fighting for Rhodesia and

South Africa, including the Marquis who lost his brother (ex British Army) who was a reporter

attached RAR during the conflict. Hope you find this interesting.”

• Toffie thanks for passing on the post of our friend, Jim Smith.

17.4. Middelburg, Oos-Tvl Brigadier, Het nie vergeet om te antwoord op ons laaste kommunikasie nie. Jou nuusbrief hou ‘n

man besig, baie lekker om te lees.

Page 32: Police Gazette 1-13

32

Ek wonder of Mof Marais nie dieslfde A/O Willie Marais is, wat ek in 1983 by die

Veiligheidstak Middelburg ontmoet het nie. Willie was ‘n tydelike lid van die mag. Wat ‘n goeie

admin lid met ondervinding uit die boeke! Willie is ‘n paar jaar gelede oorlede. Kort voor sy

afsterwe kry my vrou Ada hom by die dokters spreekkamer net so opgewonde en vol lewenslus

met gepaste grappies om die lyding weg te praat.

Die motor werktuigkundige van Durban kan dalk a/o Zietsman wees, hy is ook ‘n paar jaar

gelede in ‘n motorongeluk oorlede. Baie jare by die motorhawe gewees en so ook daar uitgetree.

Met my aankoms te Oos Transvaal Veiligheidstak in 1983 vanaf Soweto Veiligheidstak trek ek

in die huis van Skollie Carstens in, wat toe, as ek reg onthou na Johannesburg verplaas is. Brig

Jordaan wel bekende AK op Middelburg.

Soos belowe wil ek graag die foto plaas van ‘n kaarttafel uit SAP Jeppe se dae soos in jou nuus

brief no 8 verwys. Miskien kan die ou Jeppe manne meer lig werp op die naam plaatjie en of dit

wel aan die tafel behoort. Toe ek die tafel begin restoreer het ek die plaatjie op die tafel gekry.

Inskripsie “Presented By Ex Segt J E Thewles to Jeppe Police 1.5.22”

Goed om verder te sien dat die Durban manne die braaitegniek nie vergeet het nie. Groete aan

Brig Frans Wilmans. (My bevelvoerder Julestraat Speurtak Jeppe.) Laat weet tog hoe dit gaan

met jou Brigadier! Loggie (53440W) Kaptein, Middelburg.

• Dankie Ou Loggie – Ou Dana sal moet spring en brig Frans Wilmans se reaksie kry!

• Ja Loggie dis die einste Mof, die ‘boffin’ op polisie-administrasie! ’n Yster SB! Hy was

deel van die ruggraat van die Mag! Ons het almal by hom geleer – veral tov parade-

inspeksies edm.

• Sal soek vir inligting tov oud-sers JE Thewles.

Page 33: Police Gazette 1-13

33

17.5. Durban: Sosiaal – Dana Kruger (Durban steeds aan die Braai!) Onder

verskyn: Frans Wilmans, Rudy van der Merwe en Eric Moolman:

Hier onder (r) Rodney Hilligan en Boet Nel, en links onder oud-speurder sersant

(prof) Gerhard Dekker (IPA Pta) langs

die see by die Faro-eilande.

The Faroe Islands are an island group situated between the Norwegian Sea and the North Atlantic Ocean, approximately halfway between Great

Britain and Iceland. The Faroe Islands are a constituent country of the Kingdom of Denmark, along with Denmark proper and Greenland.The

Page 34: Police Gazette 1-13

34

Faroe Islands have been an autonomous province of the Kingdom of Denmark since 1948. Over the years, the Faroese have been granted control

of most matters. Some areas still remain the responsibility of Denmark, such as military defence and foreign affairs.The Faroe Islands were politically associated with Denmark in 1380, when Norway entered the Kalmar Union with Denmark and Sweden, which gradually evolved into

Danish control of the islands, but this association ceased in 1814. The Faroe Islands have two representatives on the Nordic Council, as members

of the Danish delegation.- http://en.wikipedia.org/wiki/Faroe_Islands.

17.6. Afgetree aan die Oos-Rand – Peter Wood.

Genl-maj Gert de Lange, welkom by die Veterane! Dankie Peter Wood (Boksburg Historical

Society)! Foto

geneem uit Oos-

Rand Beeld.

17.7. Militêre Begrafnis - SAP Depot – Hennie Heymans - Word die foto hierbo noukeurig bestudeer, sien mens ‘n 18 ponder

kanonwa met kis en die polisie se beredemanne in Rebeccastraat op pad na die begraafplaas. Die

foto is in die SA Nasionale Argief gevind sonder enige byskrifte. Dit lyk asof die foto miskien

voor die eerste wereldoorlog geneem is. Let op die Union Jack wat die kis bedek. Ek besit ander

foto’s van die polisie met perde-waens, bv met genl Smuts as passasier van Pretoria

spoorwegstasie na die Uniegebou.

18. VOLGENDE UITGAWE / NEXT EDITION DV Sunday 4 September 2010

19. SLOT / CONCLUSION

Stuur asb u artikels en briewe vroegtydig in voor Woensdag asb. Stuur sommer u foto saam!

Ons wil mos sien hoe die kolleags lyk/gelyk het. Geniet u week verder! Kontak gerus ons

argivaris, Marius Avenant (kyk voorblad) vir advies om vorige uitgawes op te roep.

Remember the advice from our friend, “The Major”, in Uganda: “Walk Tall!”

Greetings / Groete

Salute / Saluut

Your Van Driver & Section Sergeant - U wabestuurder en wyksersant No 43630(M) Hennie Heymans. © 2010