Police gazette 1-10

32
Die Polisie-Koerant Nie-amptelike Nuusbrief vir SAP-Veterane The Police Gazette Un-official Newsletter for SAP-Veterans Vol 1 No 10 Pretoria: Sondag 8 Augustus 2010 - Sunday 8th August 2010 This newsletter, although originating from the Republic of South Africa is not in any way an official mouthpiece of the former South African Police Force. This newsletter is the voice of police veterans, their dependents and their family and friends. PLEASE NOTE that the opinions expressed in this newsletter are not necessary the opinion of the EDITOR. Names of the persons submitting articles, photographs or letters are shown. Lees gerus wat u wil lees en ignoreer dit waarin u nie belangstel nie! Ons sal probeer om vir almal se smaak iets beskikbaar te stel. Versprei asb na hartelus! Please spread as you desire! Redakteur - Hennie Heymans - Editor Posbus/PO Box 11704, Queenswood, 0121. [email protected] Argivaris: Marius Avenant: Archivist Stellenbosch [email protected] 1. WELKOM Bem-vindo à nossa décima edição do jornal, a polícia! Hartelijk welkom bij onze tiende editie van de politie krant! Bienvenue à notre dixième édition du journal, la police! Herzlich Willkommen auf unserer zehnten Ausgabe der Zeitung, die Polizei! Baie welkom by die Oranje uitgawe van die polisiekoerant. 2. OORDENKING Ons oordenking kom van dr (ds) P.A. Rousseau van Nigel se wêreld. Hy is die seun van ‘n polisieman en self ‘n oudlid van die NOVS waar hy en genl Suiker Brits saam speurders was. Hier is sy oordenking: Rom. 12:10b Wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning” (OAV). Die sosiale waardes eer en skande/oneer het die wyse bepaal waarop mense in die kulturele wêreld van die Bybel teenoor andere geleef het en die Skrif is gepak met verwysings na eer of die dinge wat daarmee te make het. Eerlike, eerbare mense volg vandag nog geen ander leef-etiek as dié waarin eer die botoon voer en hulle lewenswyse jeens andere reguleer nie. Om iemand te eer beslaan 'n wye betekenisveld, maar die eenvoudigste begrip wat aan eer geheg kan word is dat iemand erken word: sy persoon, wese, optrede, waarde. Ons Afrikaanse woord erken kom inderdaad van die woord eer af. Eerbare optrede is tweekantig: dit spruit uit, en is bewys van integriteit; 'n eerlose mens is iemand wat omdat hy homself nie eer nie, nie kan of wil om ander te eer nie. Eer skakel ten nouste aan by liefde: nie die soetsappige, erotiese variasie van die ‘liefde’ waarmee die media werklike liefde vervals nie, maar die “...social glue that keeps people toegether...” Daar is niks wat groter eise aan enigiemand kan stel as om eerlik lief te hê nie. Om lief te hê is om God se wese na te lewe en dus is dit nie iets wat net nou- en- dan gedoen hoef te word in 'n soort van oëdiens nie, maar altyd. Dit is waarom God sy liefde aan mense gee (Rom. 5:5), om sy Wese tot mekaar te lewe. Dit is ook hoekom die Bybel God se volgelinge Sy ‘seuns’ noem (Rom. 8:14, 16) wanneer hulle Hom nalewe.

description

Police Gazette Volume 1 Issue 10

Transcript of Police gazette 1-10

Page 1: Police gazette 1-10

Die Polisie-Koerant

Nie-amptelike Nuusbrief vir SAP-Veterane

The Police Gazette

Un-official Newsletter for SAP-Veterans

Vol 1 No 10

Pretoria: Sondag 8 Augustus 2010 - Sunday 8th August 2010

This newsletter, although originating from the Republic of South Africa is not in any way an official mouthpiece

of the former South African Police Force.

This newsletter is the voice of police veterans, their dependents and their family and friends.

PLEASE NOTE that the opinions expressed in this newsletter are not necessary the opinion of the EDITOR.

Names of the persons submitting articles, photographs or letters are shown.

Lees gerus wat u wil lees en ignoreer dit waarin u nie belangstel nie! Ons sal probeer om vir almal se smaak iets

beskikbaar te stel.

Versprei asb na hartelus! Please spread as you desire!

Redakteur - Hennie Heymans - Editor

Posbus/PO Box 11704, Queenswood, 0121.

[email protected]

Argivaris: Marius Avenant: Archivist

Stellenbosch

[email protected]

1. WELKOM

Bem-vindo à nossa décima edição do jornal, a polícia! Hartelijk welkom bij onze tiende

editie van de politie krant! Bienvenue à notre dixième édition du journal, la police! Herzlich

Willkommen auf unserer zehnten Ausgabe der Zeitung, die Polizei! Baie welkom by die

Oranje uitgawe van die polisiekoerant.

2. OORDENKING

Ons oordenking kom van dr (ds) P.A. Rousseau van Nigel se wêreld. Hy is die seun van ‘n polisieman

en self ‘n oudlid van die NOVS waar hy en genl Suiker Brits saam speurders was. Hier is sy

oordenking: Rom. 12:10b “Wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die

ander voorgaan in eerbetoning” (OAV).

Die sosiale waardes eer en skande/oneer het die wyse bepaal waarop mense in die kulturele wêreld van

die Bybel teenoor andere geleef het en die Skrif is gepak met verwysings na eer of die dinge wat

daarmee te make het. Eerlike, eerbare mense volg vandag nog geen ander leef-etiek as dié waarin eer

die botoon voer en hulle lewenswyse jeens andere reguleer nie.

Om iemand te eer beslaan 'n wye betekenisveld, maar die eenvoudigste begrip wat aan eer geheg kan

word is dat iemand erken word: sy persoon, wese, optrede, waarde. Ons Afrikaanse woord erken kom

inderdaad van die woord eer af. Eerbare optrede is tweekantig: dit spruit uit, en is bewys van

integriteit; 'n eerlose mens is iemand wat omdat hy homself nie eer nie, nie kan of wil om ander te eer

nie.

Eer skakel ten nouste aan by liefde: nie die soetsappige, erotiese variasie van die ‘liefde’ waarmee die

media werklike liefde vervals nie, maar die “...social glue that keeps people toegether...” Daar is niks

wat groter eise aan enigiemand kan stel as om eerlik lief te hê nie. Om lief te hê is om God se wese na

te lewe en dus is dit nie iets wat net nou- en- dan gedoen hoef te word in 'n soort van oëdiens nie, maar

altyd. Dit is waarom God sy liefde aan mense gee (Rom. 5:5), om sy Wese tot mekaar te lewe. Dit is

ook hoekom die Bybel God se volgelinge Sy ‘seuns’ noem (Rom. 8:14, 16) wanneer hulle Hom nalewe.

Page 2: Police gazette 1-10

3. LIEF EN LEED Indien u hoor dat ‘n lid of oudlid is oorlede – laat tog asb per epos weet. Ek lees nie al die nuus op die

verskillende FB-groepe nie.

3.1 AFSTERWE

Dit is met innige leedwese dat die dood van ondergemelde oudlid van die Mag aangekondig

word:

Brig Gustav Erlank is vanoggend (2 Aug) omstreeks 09:15 oorlede. Begrafnis reëlings sal

bekend gemaak word." - Ronnie Beyl.

• Ronnie Beyl ons eer sy nagedagtenis. Hy was ‘n lid van die SASP toe ek hom die eerste keer

ontmoet het. Hy was in die SASP se taakmag en lid van die NASGOS by SAP Tin-HK.

Eendag het hy my vertel dat hy die lyke van die SAP-lede wat te Bergville vermoor is, na

Ladysmith vervoer het. Hy het ‘n aangename persoonlikheid gehad, was iemand met ‘n sterk

persoonlikheid en was ‘n aanwins vir die SA Polisie na die almalgamering van die twee

Magte. Saluut!

• Die teraardbestelling is Vrydag om 14:00 by die Roodepoort Ou-begrafplaas. Die diens

daarna om 14:30 is by die N.G. Gemeente Ontdekkerskruin in Philipslaan in Discovery,

Roodepoort.

Vingerkraal: While the young boys in Pretoria are progressing well, 4 more children died in

Polokwane this week. It is yet another setback to this community. A tragedy. 9 Children now dead

from the original 17.My utmost sympathy. Leon Bezuidenhout.

• Ons innige simpatie aan die ou Koevoet-krygers en hul families te Vingerkraal.

3.2 Siekboek

1) Nic Green: Moth Jimmy Strong (012-335-8768) skakel weer en deel mee dat oud-speur-adj-off

Nic Green, ‘n oud-hondemeester van Volksrust se wêreld in die Eugene Marais Hospitaal hospitaal

verkeer. Dit gaan goed. Nic word besoek deur Vollie en Jimmy.

2) Willie du Plessis is al tuis, hy berig soos volg: “Dankie, Hennie vir weereens so ‘n puik koerant.

Ek merk op dat my siektetoestand genoem word. Ek herstel vinnig al het ek baie pyn verduur. Dit was

toe groter operasie as wat verwag was, as gevolg van ‘n gewas wat by my niere uitgehaal is, maar

geen kwaadardigheid word opgemerk nie. Dit is weggestuur vir toetse. Loop so n bietjie swaar. Het

netnou met Alida in verbinding getree en volgens haar moes ek al in die tuin gewerk het! Ek het haar

bedank vir die bottel wyn. Sal dit nog kom afhaal. Marietjie het vergeet om my vellies in te pak toe

ek onstslaan is, sal dit ook moet gaan afhaal.”

4. SAP 55 VERMISTE PERSONE Kom ons kyk of die vorm SAP 55 (A) in die praktyk werk:

• Steve van Rooyen – Hennie Heymans soek na kol/brig Steve van Rooyen, ons was saam in

die SAP Kollege en later ook saam by Afdeling Openbare Betrekkinge. Wonder wat het van

Steve geword?

• Louis Pretorius –was ’n luitenant verbonde aan die V-Tak Klerksdorp c1980 – 1990. Op ’n

stadium was hy by die BBP-eenheid van die V-Tak. Hy is getroud met “Sanet”. Francois

Pretorius en Dr Dawid Oelofse is op soek na Louis.

Page 3: Police gazette 1-10

• Martin Aylward - Beste Hennie, Ek sal graag met my neef, Martin Aylward, wil kontak

maak. Hy was voorheen verbonde aan die kantoor van die Nas. Kommissaris. Beide sy sel en

huisfoon is buite aksie. Groetnis, Ron Aylward,

5. POLISIE-PERSOONLIKHEID VAN DIE WEEK: ZS-HMY STEVE BOSCH & GEOFF HEIM VERTEL

Ons is almal diep getref deur die helikopter ongeluk wat onlangs naby Witbank plaas gevind

het. Oud-kollega en vriend Steve Bosch was op sy dag ‘n deurwinterde veiligheidsman en het

die voorreg, vanwee sy tegniese kennis en vaardighede, gehad om die eerste boordtegnikus

van ZS-HMY te wees. Die Polisiekoerant het hom uitgevra oor die ongeluk en hier is sy

weergawe:

Steve Bosch skryf: Hallo Mnr Hennie, Hier is ‘n bietjie inligting vanaf Geoff Heim oor ZS

- HMY wat so tragies verongeluk het, sy het 26 jaar diens gehad eers kovert en toe in

uniform. Soos Geoff skryf het ons baie goeie tye met HMY gehad. Wessel v/d Berg het by

my in 1985 oorgeneem toe ek C1 toe is. Ek dink nie die SAPD-lug vleuel beskik oor haar

herkoms en geskiedenis nie. Lees maar en sien wat jy kan gebruik. Baie Groete, Steve.

Geoff Heim skryf soos volg: Fond memories of ZS-HMY

The Security Branch was convinced by Craig Williamson that they should purchase a

helicopter to offer their members a dedicated and secure means of transport. The old method

of relying on the SAAF was not sufficiently secure. I managed to assimilate the requirements

of the Security Branch and recommended that they invest R2mil in a BK117. Lansav Pty Ltd

ordered the machine for us from Germany. The Helo arrived and was assembled by the

engineers employed by that Co.

The first time ZS-HMY flew, after assembly, was at Lanseria when Marnix van Boetzelaar

and I test flew her on 29 Feb 1984. A further two test flights were required before she was

Page 4: Police gazette 1-10

ready for her duties. Steve Bosch was assigned as my assistant/ flight engineer so we worked

together with much humour.

On 13 March we were detailed to take our VIP's to Komatipoort for the accord signed

between Mozambique and SA. Due to the sensitive nature of the identity of the helo we kept

it at Krokodilbrug in Kruger National Park. It was a tense period as we had observation posts

at various positions on the Lebombo range, monitoring the situation down in the poort in case

of attack. After the "Nkomati Accord" we were able to take members over to Maputo to visit

their Mozambique counterparts. During that era we had to limit the infiltration of our

"enemy" through Swaziland as that border offered so many easy illegal crossing points. We

managed to record the whole common border on VCR.

When Steve and I went to the SAP College to evaluate a site for the helipad I asked him the

reason for the statue (at the role of honour). After his explanation I jokingly asked "What

only two guys, Servamus and Servimus?" From then onwards number one engine of ZS-

HMY was named Servamus and number two engine Servimus. In order to finalize the

formalities for the helipad we had to visit the Quartermaster General. After receiving us in his

office his seat fell over backwards and his huge frame was hidden from our view as he lay

undignified on the floor. Steve and I helped him up back onto his seat, only to see the Gen

overbalance once more and mess his mug of "moerkoffie". It must have been the most

embarrassing time for him and we were sure that he had replaced his chair with a more stable

one once we were out.

The types of flights that HMY was engaged in varied according to the circumstances. Only

during the uprisings at Evaton, Soweto and Katlehong and during the odd fights

to Maleoskop did the uniform branch make use of the machine. It was dedicated for Security

Branch work and as could be expected G section was most often transported. Steve and I

were often tasked to assist Maj Mc Keller with the erection and maintenance of relay stations

for the Security Branch’s radio communications. The locations were always on top of the

highest mountains in the different areas, enjoyable flying!

On 8 Feb 1985 we were tasked to uplift Minister Pik Botha at Jan Smuts Airport and take him

to the Presadensie in Pretoria. after requesting clearance to take-off from Smuts The air

traffic controller (ATC) said:" Negative, you will have to shut down and go pay your landing

fees." I explained that a policeman stationed at the airport would be taking care of those

formalities as we were transporting a VIP and once again requested clearance. Once again it

was denied. Our passenger, overhearing the radio comms asked me:"How much are the

landing fees?" After I replied that they were R17.50 he blurted out "Ag f... dit, kom ons ry". I

merely advised our intentions to the ATC.

During that time Leon v d Berg and Wessel v d Bergh joined up to fly HMY. The last time

that I flew her was 14 Oct 1987. I was privileged to be part of the formation of the Police Air

wing and will forever bear fond memories of that era. Fondest Regards, Geoff Heim.

Page 5: Police gazette 1-10

Kommentaar deur Hennie Heymans:

• Geoff Heim voorheen van 16 Eskader, SALM het die HC verwerf.

• Steve Bosch het die SA Polisie Silwerkruis vir Dapperheid verwerf.

• Genl-maj FMA Steenkamp is die man wat die helikopter aangekoop het deur sy

kontankte in die buiteland. Die wapenboikot het ook seker ‘n rol gespeel.

Vrae vir die rekord, deur Hennie Heymans:

• Is Geoff Heim die SAP se eerste werklike helikopter vileënier?

• Is Steve Bosch die SAP se eerste werklike boord-tegnikus?

• Vir koverte redes is die aankoop, nie soos gebruiklik, deur Kygkor hanteer nie?

POLISIE-PERSOONLIKHEDE / BIOGRAFIESE WOORDEBOEK

6.1 No 15938 Ajudant-offisier Frederick Leonard Buss

Hennie, Hier volg die besonderhede van ‘n lid wat volgens my mening die lid was met die

langste diensjare in die S.A. Polisie. Jy kan dit na jou goeddunke in die polisiekoerant

plaas. Hier volg die besonderhede van oud-ajudant-offisier Frederick Leonard Buss van Port

Natal. Permanente lid: magnommer 15938, vanaf 01/11/1933 tot 30/06/1969 - 35 jaar en 8

maande. Daarna tydelike-adjudant-offisier met magnommer 76584-8 vanaf 01/07/1969 tot

31/12 1991; 20 jaar diens. Totale diens 56 jaar en 5 maande. Sal graag verneem van ander

lede of familie van oud lede of daar n lid is wat bogenoemde diensjare kan ewenaar? Groete

Koot Van Schalkwyk.

6.2. Luit-genl WH Kotze – Genl Westraat het inligting ingewin. Sien nuus van Hermanus.

6.3. Sub-Insp C von Keyserlingk – Natal Police, SAMR & SAP

BABANANGO: It can hardly be called news, when I say we have bags of work on

this station at present, because its the usual cry here. The Detachment are out hut

taxing for all they're worth.We had a fall of snow on 17th August, and the

surrounding country was a fine sight. Cold weather lasted nearly all the week,

Babanango being elevated we manage to get more than our share of the elements.

We must congratulate Sergt. Keyserlingk on his engagement to Miss Boetz, of

Denny-Dalton— another poor Benedict to hymen. It's a sad world: buck up, ye

bachelors, and don't be in the minority. But Keyser! Keyser! I never thought it of

ye; you to desert us so. However, you have our best wishes for your future

prosperity. It mayn't be your fault after all, only your "Miss-Fortune." An election is

to take place here on the 2nd September next for the vacancy left by the appointment

of Mr. Chere Emmett — more ballot box-huhiping. We had our fill of it on the 10th

June last. 1 (Mnr Emmet is genl Louis Botha se swaer.)

We extend our sympathy to Mrs. C. von Keyserlingk, widow of the late Sub-Insp. C. von

Keyserlingk (N.P., S.A.M.R. and S.A.P.) on the death of her youngest son, Arthur, who was

killed in action while serving with the 6th Division. The late Sergt. Arthur von Keyserlingk

was, before he joined the Army, a Civil Servant in the Department of Native Affairs. Our

1 Nongqai September 1909 p 347

Page 6: Police gazette 1-10

condolences also go to his brother, Lt. Curt von Keyserlingk (Sergeant, S.A. Police), who is

attached to the Wiltshire Regiment, 8th Army.2

6.4 Brig CC “Curt” von Keyserlingk, LV.

Die ou polisiemag het baie legendes gehad. Een legende in Natal was kolonel (later brigadier)

CC ‘Curt’ von Keyserlink, LV. Sy Vader was ook ‘n ‘Natal Police’-

offisier en maj AA Wood gee in sy boek ‘n mooi getuigskrif oor die

Brigadier se vader wat ‘n veelsydige sersant op Babanango was - lank

voor die SAP gestig is.

Een maal is ‘n sersant halstarrig met kolonel Von Keyserlingk – hy was

toe nog ons afdelingskommissaris in Durban. Ek sal nie die Sersant se

naam verstrek nie. Wel, die Kolonel het opgestaan en die sersant onder sy

lessenaar ingeklap - dit was vir die ‘Sant eie beswil want die Afkom het

hom maar net teen homself beskerm. Hulle vertel toe dat die Kolonel ‘n

doos sigare op sy tafel gehad het, hy het die doos sigare oopgemaak het,

af gebuig het na die Sersant en gesê het: “Common Sergeant have a sigar!” Met polisie-

gesellighede het die Afkom sy bobbejaanpak met ‘n monokel gedra en het hy ‘n sigaar

gerook.

‘n Vriend word moeg vir stasie-werk en word die Afkom se bestuurder. Hy en kol Von

Keyserlingk woon ‘n geselligheid by. Die bestuurder raak toe aangeklam en die

afdelingskommissaris merk dit op. Na die funksie ruil hulle plekke om. Toe hulle uitry by die

geselligheid salueer die konstabel vanuit die agterste sitplek terwyl die Afkom self die swart

amptelike Mercedes bestuur!

Eendag kom die voormalige AK, brig Curt von Keyserlingk, by my stasie aan. Ons drink tee

en koffie – hy tee en ek koffie! Hy is toe met pensioen en staan toe as LV vir die Verenigde

Party in Umhlatuzana. Hy nooi my na sy toespraak. Ek bevestig dat ek sal bywoon maar

merk toe op: “Brigadier, ek het nooit geweet u is ‘n Sap nie!” Hy gee so ‘n ruk asof iemand

hom skok en sê: “As die Natte my gevra het om te staan, sou ek seker dit oorweeg het, maar

nou het die Sappe my gevra.” Ons het lekker oor die geskiedenis gepraat en hy het my vertel

dat hy tydens die tweede Wereldoorlog ‘n majoor in die Royal Wiltshire Regt was. Hy was

baie lank in die oorlog betrokke en het eers laat in 1946 teruggekeer na die Unie en het glo al

ses medaljes van WO2 verwerf. Voorts het my vertel hoe goeie leier Sir De Villiers Graaf

tydens die oorlog was en dat al die soldate gesê het, na die oorlog sou hulle vir hom stem.

Die aand toe die Brigadier in Montclair se skoolsaal gepraat het, het ek gaan luister. Hy was

‘n indrukwekkende man en ‘n goeie spreker. ‘n Lid van die publiek staan op tydens vraetyd

en vra die Brigadier wat sy beskouing van kommunisme is. Die Brigadier het nie die vraag

mooi gehoor nie en het die arme onskuldige man net daar en dan met vervolging gedreig

indien die lid van die publiek hom ‘n komminus sou noem! In sy leeftyd het die Brigadier

baie goed vir my vertel en ek het ook baie by hom geleer. Hy en genl Hennie de Witt was

seker van die beste afdelingskommissasrisse wat die polisie in Port Natal gehad het. Sy Zulu-

bynaam was u-Moba. Hy het altyd gesê: “If you don’t want to be a policeman, go and chop

2 Nongqai September 1944 p 1097

Page 7: Police gazette 1-10

sugar cane!” Vandaar die Zulu bynaam. Hy was gewild by die Afrikaners, Engelse, Duitsers

en Zulu’s in Natal. Hy was ‘n gunsteling van die pers.

7. AANGELEENTHERDE WAT ONS DIREK RAAK

7.1 Die SAP Liefdadigheidstrust

7.1.1 Die saak van die Pebco-3: Genl Johan van der Merwe Vriende, Nadat daar vir 'n geruime tyd oënskynlik geen roering was vir sover dit die vervolging van

oudlede van die Polisie betref nie, het die PEBCO 3-saak meteens weer op die voorgrond getree.

Soos u waarskynlik bewus is, is daar reeds bykans 4 jaar gelede vervolging in hierdie saak ingestel en

die verhoor uitgestel hangende die uitslag van 'n aansoek om hersiening wat deur die betrokke

oudlede by die Hooggeregshof ingedien is. Die hersieningsaansoek is reeds meer as drie jaar gelede

ingedien en deur die departement van Justisie vertraag wat nagelaat het om hulle antwoordende

verklarings voor te lê.

Na meer as drie jaar het die departement van Justisie egter nou hulle antwoordende verklarings

voorgelê en die regspan wat namens die oudlede optree het na aanleiding daarvan die repliserende

verklarings voorberei. Die regskoste tot dusver beloop R135 139.39.

Die betrokke oudlede trek reeds finansieel noustrop. Een van die oudlede ontvang daagliks dialise en

was die afgelope tyd verskeie kere in die intensiewe afdeling van die hospitaal opgeneem as gevolg

van sy toestand. Hulle het hoegenaamd nie die finansiële vermoë om hierdie koste te dra nie.

Ons worstel ongelukkig steeds met die nalatenskap van die vorige regering wat skromelik gefaal het

om die belange van lede van die veiligheidsmagte te beskerm en oogluikend toegelaat het dat 'n

proses in werking gestel word wat die voormalige lede van die veiligheidsmagte skreiend benadeel

het. Indien reg en geregtigheid geskied het sou die betrokke oudlede almal amnestie ontvang het.

Die Oud-SAP-lede Liefdadigheidstrust het ongelukkig ook nie die finansiële vermoë om die regskoste

te dra nie, maar gaan nietemin alles moontlik doen om die lede finansieel by te staan Ons neem

derhalwe die vrymoedigheid om u te nader om 'n bydrae te maak.

Ek en genl. Mike Geldenhuys het onderneem om as voorsitters van onderskeidelik die advieskomitee

en die trustkomitee van die Trust elkeen 'n R1000 by te dra. Ons sal elke bydrae, hoe gering ook al,

waardeer. R135 000 is ongelukkig 'n reuse bedrag om te delg en ons al baie hard moet werk om dit

bymekaar te maak.

Enige persoon wat graag ‘n bydrae wil maak kan dit in die volgende rekening kan stort :

Oud-SAP-Lede Trust; ABSA-BANK; REKNR. 9050207273; LYNNWOOD-RIFTAK.

Die bewys van inbetaling moet asb. per faks aan genl Bertus Steyn by 012-365-2668 gestuur word en

daar moet duidelik aangedui word of dit vir die Skaapbraai of Regskoste is.

Vriendelike groete, Johan van der Merwe, Voorsitter, TRUSTKOMITEE,

7.1.2 Jaarlikse Skaapbraai, DV, 11 September 2010: genl Johan vd Merwe

Vriende, Op 11 September 2010 hou ons DV weer ons jaarlikse skaapbraai wat deur die Oud-SAP-

Lede Liefdadigheidstrust aangebied word. Die oogmerk met die skaapbraai is eerstens om alle

voormalige lede van die Polisie en ons vriende landwyd die geleentheid te gee om by wyse van 'n

vorm van re-unie gesellig saam te verkeer en die bande van die verlede opnuut te verstewig. Ons

probeer toesprake en formaliteite beperk om ou vriende die geleentheid te bied om die mooi

herinneringe van die verlede op te diep en weer met moed vervul te word vir die toekoms.

Page 8: Police gazette 1-10

Ofskoon dit sekondêr is, probeer ons tog ook om fondse in te samel om ons oudkollegas wat in

finansiële nood verkeer by te staan. Ons het juis tans regskoste vir die 'n reuse bedrag van R135 000

wat deur ons oudkollegas in die PEBCP-3-saak gedelg moet word en die Trust wil hulle graag help

om dit te doen. Hulle het dood eenvoudig nie die finansiële vermoë om dit self te doen nie.

Tot dusver is die belangstelling om etekaartjies vir die skaapbraai te koop betreklik flou. Ons besef

terdeë dat die jare aangestap het en dat ouderdom en gepaardgaande ongesteldhede ons oudlede en

ook hulle vriende aan bande lê. Mag ons nietemin 'n beroep op almal doen om tog moeite te doen

om 'n etekaartjie te bekom.

Die skaapbraai begin om 10h00 op 11 September 2010 by die Hoffenheim Landgoed

Die ete strek vanaf 12h45 tot 14h30. Daar is 'n kontantkroeg beskikbaar. Daar sal ook verskillende

artikels te koop wees, soos tuisgebak, handwerk, duursame wyn, ens. Enige skenkings sal waardeer

word.

Die koste per persoon beloop R75 en kaartjies is by die volgende persone verkrygbaar :

Genl-maj Berus Steyn 012-803-5724 0836559145

Brig Valie Viljoen 012-331-0797

Brig Hennie Heymans 012-329-4229 0723361755

Brig. Theuns Arlow 012-548-2228 0837665661

Enige persoon wat graag ‘n bydrae wil maak kan dit in die volgende rekening kan stort:

Oud-SAP-Lede Trust; ABSA-BANK; REKNR. 9050207273; LYNNWOOD RIFTAK.

Die bewys van inbetaling moet asb. per faks aan genl Bertus Steyn by 012-365-2668 gestuur word en

daar moet duidelik aangedui word of dit vir die Skaapbraai of Regskoste is.

Hoop ons sien u daar! Vriendelike groete, Johan van der Merwe, Voorsitter, TRUSTKOMITEE

7.1.3 Veiling van Boeke ten bate van die SAP Liefdadigheidstrust

Donasies: Dankie aan Willie du Plessis wat twee boeke by Paul Els aangekoop het om op te veil en

genl Vd Merwe wat twee van sy boeke geskenk het vir die vendusie. Ons veil dan graag vier boeke op

ten bate van die SAP Liefdadigheidstrust. Al vier boeke is geteken deur die outeurs.

• Die eerste boek: They rule from Above , R260 bod deur Hennie Heymans.

• Die tweede boek: Trou tot die Dood toe , R250 bod deur Dana Kruger.

• Vier kaartjies vir 11 September verkoop – Dankie brig Zirk Gous.

7.2 GESONDHEID: DIE WONDER EN SOMS DIE IRONIE VAN DIE

INTERNET – Johan Ferreira

ʼn Paar maande gelede is ek gediagnoseer met kanker van die kolon. Na die operasie waarin die gewas

verwyder is, is ek vir ʼn paar weke aan bestraling blootgestel, wat nou opgevolg word met

chemoterapie. Chemoterapie word binneaars toegedien. ʼn Nuwe prosedure is om ʼn PORT-A-CATH

in die pasiënt se skouer in te plant. Polmed het goedgunstiglik goedgekeur dat so ʼn port in my skouer

ingeplant word.

Page 9: Police gazette 1-10

ʼn Mens is natuurlik nuuskierig om uit te vind hoe so ʼn prosedure werk en ek het gou die woord port-

a-cath op Google ingetik en op ʼn hele klomp leersame inligting afgekom. ʼn Port is ʼn eenvoudige en

relatief pynlose metode om chemoterapeutiese medikasie binneaars toe te dien. As ʼn port nie gebruik

word nie, word daar met elke behandeling ʼn hele klomp prikke in ʼn aar gedruk om bloed vir analise te

trek, en dan weer om “drips” in die are te koppel om die chemoterapie toe te dien. Soms kan dit tot

vier pogings neem om die aar te “vind” voordat die medikasie toegedien kan word. Wanneer ʼn

pasiënt ʼn port het, is daar geen gesukkel nie, en dit verg net een prikkie om die drip te koppel.

Op Google was daar selfs ʼn artikel wat in September 2006 deur ʼn pasiënt, ene Diehl Martin van die

VSA geplaas is, om sy ervaring van die port met ander pasiënte te deel. Daar was selfs ʼn hele klomp

fotos in die artikel, wat wys presies hoe die port ingeplant word, hoe die pasiënt voorberei word en

hoe eenvoudig en gemaklik die prosedure is.

Toe ek die artikel begin lees het, was dit gerusstellend om te weet dat chemoterapie eintlik nie so ʼn

pynlike en nare ervaring sal wees soos sommige mense jou waarsku nie. Daar is soms mense wat ʼn

behae daarin skep om ʼn nuwe pasiënt bang te praat en om te spog hoe swaar hy of sy tydens sulke

behandeling gekry het!

Dit is ook goed self vas te stel hoe die mediese wetenskap en die tegnologie deurentyd vorder en dat

die chemoterapie wat ʼn persoon selfs ʼn jaar of twee gelede deurloop het, nou heelwat draagliker is as

toe. Toe ek die artikel op die internet klaar gelees, was daar ʼn taamlik ironiese naskrif: “Diehl Martin

passed away in October 2007”.

As dit jou beurt is, is dit jou beurt! Johan Ferreira - 1 Augustus 2010.

8. POLISIE-GESKIEDENIS

8.1 Genl MCW Geldenhuys Kolleags en vriende word

asb gevra om enige

inligting, staaltjies of foto’s

oor genl Mike Geldenhuys

in te stuur. Ons is besig om

’n boek saam te stel oor die

Generaal se kleurryke

loopbaan in die Suid-

Afrikaanse Polisie. Indien

die Generaal u pad gekruis

het, u stasie besoek het of

vir u met ’n medalje vereer

het, of wat ookal - hoor ons

graag van u en so word u ook deel van ons ryke SAP-geskiedenis. Dit kan uniform,

speurders, veiligheidsmanne of Buro vir Staatsveiligheid se mense wees, stuur asb u storie

in. Ek sien genl Geldenhuys het as ‘n 1/sers by Radiobeheer Johannesburg gewerk en hy was

SB op Utrecht, offisier in Durban en DK op Keetmanshoop net om ’n paar van die plekke te

noem. Hy was natuurlik die eertse hoof van die Republikeinse Intelligensiediens – (RI) die

voorloper van die Buro vir Staatsveiligheid. In daardie dae was RI se hoofkantoor in

Johannesburg in die sogenaamde “Withuis”. Miskien het u saam diens gedoen in die Glazer-

saak, of was u by die Fox-straat-skietery of toe Henry Kissenger Suid-Afrika besoek het. Ons

sal graag u inset of foto wil ontvang. [Foto: 1/sers Mike Geldenhuys – Blitspatrollie

Johannesburg.]

Page 10: Police gazette 1-10

8.2 Konstabel Ruben Moloi, MM, van Soweto Hierdie konstabel het ook ’n boeiende geskiedenis. Ruben Moloi is gebore in

1902. Dit is nie bekend of hy leef en of hy al oorlede is nie. Hy was ’n lid

van die polisie en toe die oorlog gedurende 1939 uitbreek het hy by die

UVM aangesluit as ’n baardraer. Hy is na die Noorde en met die val van

Tobruk gedurende 1942 word hy krygsgevangene geneem. Teen hierdie tyd

is hy ’n sersant. Hy word na Mersa Maruh gestuur waar hy en lede van die

Native Miliatrary Corps in die dokke werk. Hy ontsnap saam met drywer

Shawe en later is elkeen op sy eie. Na 500 myl deur die woestyn sluit hy

weer by die geallieerde magte te El Alamein aan. Hy is die ontvanger van die

MM. Na die oorlog sluit hy weer by die polisie aan. (SA Military Who’s

Who, Ian Uys, 1992 p 158.)

’n Ander bron berig soos volg gedurende 1985: “Sgt. Reuben Moloi (NMC) of the 11th Field

Ambulance was captured at Tobruk and taken to Mersa Matruk where he was forced to work

in the docks. He escaped and with no map or compass set off for the Quattara Depression,

living off water and food found in vehicle wrecks. After ten days and some 200 km he

rejoined the allies at El Alamain, having traversed minefields, enemy sentries and shellfire.

He was awarded the Military Medal. /…/ Cmdt. Baker then introduced some of these people

to us - Reuben Moloi, … They were greeted with appreciative applause”.

(http://samilitaryhistory.org/85/85aprnl.html)

Foto verskaf deur: http://www.rememuseum.org.uk/recent/medals.htm

• Is daar iemand wat meer inligting op hierdie oudlid kan werp?

• My getroue kameraad te King’s Rest, konstabel Bekhinkosi Cele was ook in die Noorde

tydens die tweede wêreldoorlog. Hy het my op nagdiens vertel hoe Tobruk geval het en hoe

hy in die vlaktes (e-hlatini) in gehardloop het. Die Duitsers het hom nie gevang nie en hy het

ook later weer by ons magte aangesluit. Hy kon altyd lekker gesels van die klein “German-

kosaans” wat so goed kon vlieg en hulle gereeld aangeval het.

8.3 Kamele in die polisie Staan oor.

8.4 SAP Kollege Genl-maj Martin Nel van die Handelstak onthou: Uitgawe no. 9 ontvang, dankie Hennie. Ek

was ’n jaar ná Ron Aylward (Vol. 1 No. 9) in die polisiekollege – nommer 32482 (V) rekruut

konstabel in Troep 92. Ek onthou kolonel Solomon – wat ’n gentleman. Hy het vir ons

jongetjies Volkekunde, Engels en “seksvoorligting” gedoseer. Hy het ons geleer van die

twee seksueel oordraagbare siektes van daardie era (circa 1956) naamlik gonorree

(“gonorrhoea”) en sifilis (“syphilis”) en dat jy hierdie siektes nie van ’n toiletsitplek kan

optel nie want hulle kieme sterf summier by kontak met suurstof! Die Kolonel het ons ook

geleer dat indien jy een van hierdie siektes opdoen jy deur Staande Orders verplig word om

dit by die Distriksgeneesheer aan te meld en ook aan die Suid-Afrikaanse Polisie, anders

word jy gepêk. Nou met AIDS hoor mens niks van gonorree en sifilis nie wat my laat

wonder of dit nog in die sonnige Suid-Afrika voorkom? Ron, die sersant met die sterk arms

was ondersersant (later brigadier) Frans Coetzee - ’n liggaamsbouer van formaat. Ek was vir

’n paar dae onder sersant Coetzee se tender care in die kollege-hospitaal toe Douglas my

gebyt het. Wederom, M. J. (Martin) Nel.

• Generaal en vriende hier onder word die staande order herhaal om u geheue te verfris:

Page 11: Police gazette 1-10

STAANDE ORDERS: VENERIESESIEKTE.

713. (1) 'n Polisiebeampte wat aan 'n veneriesesiekte ly moet homself sonder versuim siek aanmeld.

Rekrute in die S.A. Polisiekollege en S.A. Polisie Naturelleopleidingsdepots moet spesiaal attent

gemaak word op hierdie order.

(2) 'n Polisiebeampte wat volgens die mening van 'n medikus in gebreke gebly het om sonder versuim

te rapporteer, moet van 'n oortreding ingevolge Regulasie 38 (22) aangekla word.

(3) Afgesien van die kwessie van dissipline, word nie alleen die bekwaamheid van 'n polisiebeampte

wat aan hierdie soort siekte ly benadeel deur nalatigheid om die geval onmiddellik te rapporteer nie,

maar ook kan die gevolge uit 'n gesondheidsoogpunt beskou, verreikend wees en uiteindelik tot sy

ontslag as ongeneeslik lei.

(4) Die tydperk van afwesigheid van diens van 'n polisiebeampte wat aan 'n geslagsiekte ly wat deur

sy eie wangedrag veroorsaak is, moet deur Regulasie 56 beheer word.

• Vir diegene wat nie ons perde ken nie, Whisper het baie gebyt en nou kom Douglas aan die

beurt! Ook die polisie-muile het lekker geskop en gebyt.

• Die DG vra die lid waar hy die siekte op gedoen het. Lid antwoord op ‘n toilet se sitplek. DG

vra toe of hy haar nie na ‘n beter plek kon neem nie?

8.5 SAP King’s Rest – Hennie Heymans

Een week is ek die diensoffisier se bestuurder. Die lot het op verskeie stasies in Durban-Suid geval

om ‘n bestuurder vir die diensoffisier te verskaf. In daardie dae het offisiere en onder-offisiere nie

sommer ‘n voertuig bestuur nie. Offisier het altyd ‘n ‘drywer’ gehad. Wanneer dit King’s Rest se

beurt is, het die plig om die nagdiensoffisier te bestuur, op my geval. Die s/b, mnr Marais, het dit so

gelas. Persoonlik het ek die 18:00 tot 02:00 skof baie geniet. Mens het baie pêlle gehad op die stasies

en tydens besoeke het die koffie soms reg gestaan! (Behalwe op SAP Hillcrest waar 43607 was! Daar

was nooit koffie nie – net tee!) Almal wou altyd uitvis waar ons volgende ‘n stasie gaan besoek –

natuurlik om ander kollegas te waarsku: “Chips - die diensoffier is op pad.” Een dag is dit weer my

beurt. Vroeg middag, so by 16:00 gaan haal ek B60 (“beheer 60”), ‘n bruin Chev Biscayne met sulke

vlerke! Kapt CJB Harmse – wat as ‘n jongeling uit die Kalahari in Durban polisieman en offisier

geword het - was ook baie lief vir die bepaalde motor. Ek kry die motor by die DK-kantoor, maak vol

brandstof, skakel die radio aan en hoor daar is ‘n vreeslike trein-ongeluk te Effinghamweg. Ek ry

huistoe trek my uniform aan en ry na die diensoffisier se huis. Ek vertel die offisier wat aangaan. Hy

beveel my om hom soos gewoonlik 18:00 te kom haal. Ek luister hoe die drama op die radio ontvou.

Baie mense dood – dit was SAP Greenwoodpark se wyk. Van die blanke SAS-personeel is ook

aangeval, beseer en gedood. Om 18:00 laai ek die offisier op. Hy vra wat alles gebeur het en ek vertel

hom. Ek stel vreeslik belang in treine en vra of ons nie kan gaan kyk nie – hy is immers die

diensoffisier! Hy is adamant ons gaan nie daarheen nie. Ons besoek rustig stasies in Port Natal

afdeling. Die lyke is almal na Cato Manor geneem waar die SAS-polisie die verwronge liggame

aanmekaar gesit het. Middernag kom daar ‘n stem oor die lug – al ken jy nie die

afdelingskommissasris se stem nie – weet jy instinktief dis die AK – ek meen daar is net twee mense

wat met so baie gesag kan praat; die kommissasris van polisie en die afdelingskommissasris! Hierdie

stem praat Engels, so dis die Afkom – die Kommissaris sal Afrikaans praat! Dit weet ek! Die Afkom

gebied ons om hom by die Cuban Hat op die strandfront te ontmoet. Toe ons stil hou in die

Page 12: Police gazette 1-10

nagdonker, wag hy daar. Hy is kwaad. Die Kolonel trap toe die Offisier redelik ernstig uit. O.a. sê die

Afkom dat dit ‘n ramp is, ook is daar wit mens/e vermoor agv die ongeluk, dis sy plig om die

kommissasris en die minister (van justisie) dadelik in te lig! So leer mens – ek dink die offisier het

ook geleer daardie aand!

Volgens Railroad wrecks deur Edgar A. Haine (1993) ISBN: 0845348442 verklaar hy soos volg onder

die opskrif: Derailment Kills many Africans, Durban, South Africa - October 1965 - 81 dead: “On the

night of 4 October 1965 a three-coach communter, carrying at least a thousand persons home to the

African township of Kiva Mashu, was derailed at Effingham Junction located about ten miles

northwest of Durban. The train was within two miles of its destination when the accident occurred.

This mishap, one of South Africa's worst rail disasters, took the lives of 81 Africans and injured

several hundred. After news spread concerning the tragic incident, the police reported that an incensed

mob of Africans attacked a white railroad signalman and another white man and battered them to

death.”

8.6 Polisietaal Ou Dawie Ackerman vra ons moet oor die polisietaal ’n paar woorde skryf. Dawie ek kan nie

meer alles onthou nie! Maar ek wil graag net ’n paar verwysingspunte gee – ek is die seun

van ’n sersant en het self deur al die range gevorder. Ek wil dus vanuit daardie

verwysingspunt kommertaar lewer soos ek die woorde en dies meer ervaar het. Die eerste

keer toe ek agterkom daar verskille is, is toe ek die klas-offisier tydens KO-kursus aan ’n

vriend voorstel as “lt Van Vuuren ons instrukteur!” Die offisier antwoord toe dat hy ons

“dosent” is. Toe begin ek fyn luister en het ’n lys van woorde versamel wat ek ongelukkig

weggegooi het. Min of meer het die lys die volgende woorde bevat.

Manskappe – Offisiere

’n Konstabel word siek – ’n Offisier raak ongesteld.

Konstabels kry mense – Offisiere ontvang gaste.

Manskappe word dronk – Offisiere word moeg.

Konstabels word verplaas – Offisiere word aangestel.

Kosblik – aktetas.

Instrukteur – dosent.

Die sersant se vrou – die offisier se goeie gade.

Die konstabel bly op ’n plot – die offisier woon op ’n hoewe of landgoed.

Die konstabel slaap – die offisier dut of hy dink.

Dis lekker! – dis genoeglik!

Middagete – noenmaal.

Sop – Soep (Prof P du P Grobler oudprofessor in Afrikaans-Nederlands vertel jy vang maklik

’n snob uit. Snobs sal altyd van soep praat, totdat hulle na die lepel verwys, dan praat hulle

van ’n soplepel!)

8.7 A. SA TANK CORPS – Willem Steenkamp - Kaapstad 1. The SA Tank Corps was established in 1939 on the outbreak of World War II and

provided the following sub-units for the Abyssinian Campaign:

a. 1 SA Light Tank Company.

b. 1 SA Armoured Car Company.

c. 2 SA Armoured Car Company.

d. 3 SA Armoured Car Company.

e. 1 SA Motorcycle Company.

f. 2 SA Motorcycle Company.

Page 13: Police gazette 1-10

2. These sub-units were deployed in Abyssinia in 1940 and served till after the action at the

Dadaba River in May 1941, after which all were withdrawn to the Union in preparation for

re-deployment to the Western Desert except for 1 SA Light Tank Company, which was

attached to the (British) 12 African Division for the rest of the campaign.

3. The activities of the above-mentioned sub-units up to the May 1941 withdrawal are covered in the

1957 operational analysis; however, the analysis does not extend to 1 SA Light Tank Company's

activities during its attachment to 12 African Division.

4. On their return to the Union, the sub-units (except, of course, for 1 SA Light Tank Company) were

drawn into a major re-structuring of the SA Tank Corps, which had expanded from 40 members in

1940 to more than 7 000. The upshot of this exercise was a new structure consisting of 10

regiments/battalions, as follows:

a. Four "armoured car commandos", apparently meant primarily for home defence:

(i) 1 SA Armoured Car Commando, formed out of 1 Mounted Brigade, South Africa's last

horse soldiers.

(ii) 2 SA Armoured Car Commando, similarly formed out of 1 Mounted Brigade.

(iii) 8 SA Armoured Car Commando.

(iv) 12 SA Armoured Car Commando.

b. Two armoured car reconnaissance battalions:

(i) 3 Armoured Car Reconnaissance Battalion (later 3 SA Armoured Car Regiment), which

was formed by amalgamating 1, 2 and 3 SA Armoured Car Companies and elements of 1 and

2 SA Motorcycle Companies. (ii) 7 Armoured Car Reconnaissance Battalion, apparently formed from scratch.

c. Four armoured car regiments:

(i) 4 Armoured Car Regiment, apparently formed from scratch.

(ii) 5 Armoured Car Regiment, formed by amalgamating 11 Armoured Car Company

(Regiment Suidwestelike Distrikte) and 12 Armoured Car Company (Regiment Westelike

Provincie).

(iii) 6 Armoured Car Regiment, formed by amalgamating 13 SA Armoured Car Company

(converted from 2 Bn Imperial Light Horse) and 14 SA Armoured Car Company (converted

from 2nd Bn Royal Natal Carbineers).

(iv) 13 Armoured Car Regiment, used as a test-bed and research and development

mechanism.

5. Of these units, five saw active service of some kind between 1941 and 1943, the extent

varying from unit to unit.

a. 1 SA Armoured Car Commando was the only one of the four mechanised commandos

ever deployed outside South Africa - one squadron served in the short Madagascar Campaign

in 1942, where it acquitted itself well.

b. 5 Armoured Car Regiment arrived in the Western Desert in September 1941, thoroughly

trained and equipped for battle, but within a month, without having had the opportunity to

fire a shot in anger, it was broken up to provide reinforcements for 3 Armoured Car Recce

Battalion, 4 Armoured Car Regiment and 6 Armoured Car Regiment.

c. 3 Armoured Car Reconnaissance Battalion saw extensive service in the Western Desert,

inter alia at Sidi Rezegh, Taib el Essom, Bir el Gubi, Agedabia, Best Post and El Marassas.

Renamed "3 SA Armoured Car Regiment" in July 1942, it served at El Alamein and appears

to have been very active after the breakout from El Alamein, inter alia capturing thousands of

Page 14: Police gazette 1-10

Italian prisoners and much equipment. Under British divisional command 3 Recce Bn then

continued towards Benghazi in hot pursuit of the retreating Afrikakorps, but was recalled on

29 November.

NOTE: The 1957 analysis does not credit 3 ACR with any activities during the Battle of El

Alamein (23 October-4 November 1942) or the subsequent breakout and pursuit, presumably

because 3 ACR was under British divisional command at the time, and because SA forces as

such were not involved in the breakout and pursuit.

d. 4 and 6 Armoured Car Regiments were the most famous of the South African armoured car

units and are discussed together because their destinies became inextricably intertwined.

i. 4 ACR saw service all over the Western Desert, inter alia at Sidi Rezegh, Taieb el Essom,

Bir el Gubi, Gazala, Mersa Matruh, Alem Halfa and the defence of Alamein. Much of this

service was while attached to the famed British 7 Armoured Division (the "Desert Rats"),

where it gained such honour that 4 ACR was given the rare honour of wearing the division's

legendary jerboa flash.

ii. 6 ACR saw widespread service in the Western Desert, inter alia at Jalo, Agedabia, Gazala,

El Marassas, Mersa Matruh, the defence of Alamein and Alem Halfa.

iii. By the of the Battle of El Alamein the two regiments were so depleted in terms of both

men and vehicles that they were amalgamated as 4/6 SA Armoured Car Regiment. The new

regiment fought at El Alamein and, in fact, served further westwards than any other South

African unit - while under British divisional command, it took part in the breakout from El

Alamain and the hot pursuit after the retreating Afrikakorps all the way to Benghazi before

being recalled.

NOTE: As in the case of 3 ACR, 4/6 ACR’s participation in the pursuit to Benghazi is not

credited in the 1957 operational analysis, presumably because it was under British divisional

command at the time of the breakout and pursuit, and because SA forces as such were not

involved after El Alamein.

iv. 7 Armoured Car Reconnaissance Battalion saw considerable service in the Western Desert

- inter alia at Jalo, Agedabia, Bardia and Halfaya in late 1941 and early 1942. It was then lost

in toto in the fall of Tobruk in June 1942. Disbandment of SA Tank Corps.

6. In February 1943 the SA Tank Corps was disbanded on the formation of6 SA Armoured Division,

and the hostilities-only units dropped out of sight. In the years since World War II various military

writers have stated or inferred - whether from carelessness or simple ignorance of military tradition

and custom - that all the hostilities-only units described above were simply "disbanded" in 1943.

While there is no doubt that some were, in fact, either disbanded or lost in action and never re-formed,

it is obviously not true in the case of several others.

7. Of the four units which went on active service in the Western Desert:

a. 3 Recce Bn was amalgamated (not temporarily "married up") with 1st Battalion Natal

Mounted Rifles, assuming the NMR's badge and title. The NMR then went on to serve

throughout the Italian Campaign.

b. 4/6 ACR was similarly permanently amalgamated with the Imperial Light Horse, assuming

the latter's badge and title, and went on to serve throughout the Italian Campaign.

c.7 Armoured Car Reconnaissance Battalion was not re-formed after being lost at Tobruk.

Page 15: Police gazette 1-10

• Baie dankie Willem Steenkamp – van belang tov van die polisiemanne wat in Abbesinië geveg het.

8.8 Die eerste Victoriakruis in Suid-Afrika aan ’n lid van die FMAP Brevet-majoor Hans Garret Moore: Hy is in gedurende 1835 in gebore en

is oorlede gedurende 1889. Hy is die seun van ’n offisier en sluit by sy

Vader se regiment, die 88th Connaught Rangers aan. Die regiment

arriveer aan die Kaap gedurende Julie 1877. Bevet-majoor HG Moore

word aan die Frontier Mounted and Mounted Police gesekondeer.

Kommandant CD Griffith is die BO van die 2de Divisie en Moore dien as

2 i/b. Op 29 Desember 1877 word die verkenners van Moore se eenheid

in ‘n lokval gelei. Majoor Moore het op onverskrokke wyse deur die

Gaika-soldate gejaag om die lewe van manskap Giese te red. Na hierdie

heldedaad word hy tot Majoor bevorder. Gedurende Augustus 1878 word

die Cape Mounted Riflemen gestig en majoor HG Moore is die eerste

bevelvoerder. ‘n Jaar later bedank hy en keer terug na Engeland waar hy in ander regimente

dien. Op 27 Junie 1879 word die VC aanhom toegeken vir sy optrede as lid van die FMAP te

Draaibosch. ‘n Mens kan dus verklaar dat die eerste VC in Suid-Afrika aan ‘n polisieman

toegeken is. (SA Military Who’s Who, Ian Uys, 1992 p 160.) [Kmdt CD Griffith het ook ‘n

luisteryke loopbaan in Suidelike-Afrika gehad en is later tot generaal bevorder – meer oor

hom later.][Foto: http://theoldcoot.blogspot.com/2008_06_01_archive.html]

8.9 Moord op maj Kjelvey- Ron Aylward Ron vertel: Ek was gestasioneer te Nuwe Geregshowe in Port Elizabeth vanaf 1955 tot 1962,

voor ek oorgeplaas was na Radio Tegnies, waar ek aangebly het tot my aftrede met pensioen

in 1992.

Een aand het ek en die wyksersant gereageer op 'n radioberig van 'n onwettige samekoms in

die swart woonbuurt New Brighton. Dit was al redelik laat. Met ons aankoms het ons 'n

groep van sowat 60 mans op 'n oop stuk grond sowat 200 treë vandie woonhuise aangetref.

Met my .38 rewolwer met vyf patrone aan my sy en my uniform as my skild het ek tot by die

groep gegaan en hulle vriendelik maar baie dringend versoek om uitmekaar te gaan. Hulle het

ietwat gemurmereer, opgestaan en begin aanstap in die rigting van die huise. Terug in die

vangwa, Pappa-Een, het ek aan Beheer rapporteer.

Toe het daar skielik vanuit alle oorde, 'n horde swart mense na vore getree en hulle by die

oorspronklike groep, wat toe tot stilstand gekom het, aangesluit. Ek en my sersant het toe

dringend met Beheer beraadslag. Beheer het ander voertuie daarheen gestuur terwyl die

skare vinnig aangegroei en ons heeltemal afgesper was van die oorspronklike groep. Ons het

stelling ingeneem op 'n posisie wat ons 'n uitsig net bo-oor die skare heen gebied het.

Vandaar kon ons sien hoedat polisie voertuie aankom, en kon ons help om hulle rondom die

skare te laat stelling inneem. Een voertuig het voor die skare inbeweeg en by 'n lamppaal tot

stilstand gekom. Twee van die persone wat uit die voertuig geklim het was aan my bekend -

die een was Majoor Kjelvei en die ander 'n A/O.

Maj. Kjelvei kon baie goed Xhoza praat, het dapper vooruit geloop, gevolg deur die A/O en

nog een of twee persone. Majoor Kjelvei het sy hande omhoog gehou nadat hy op een of

ander ding geklim het. Op daardie oomblik het die A/O omgedraai en iets aan die ander

polisieman beduie - toe die majoor na vore inmekaarsak. Hy is toe gehelp na die vangwa

toe, en vinnig daar weggevoer na die hospitaal - sowat tien myl weg, naby Kaapweg.

Iemand het toe berig dat die majoor met 'n mes gesteek was, en almal het in spanning gewag

Page 16: Police gazette 1-10

dat iemand beheer moes neem van die situasie. Niemand was op daardie tydstip toegerus of

in staat om so groot skare aan te pak nie, en Radio-beheer het die inisiatief geneem en almal

beveel om geen aksie te neem nie tensy iemand regstreeks gekonfronteer word, en om sover

moontlik hul posisies te behou terwyl Beheer verdere reëlings sou tref.

Ons is vervolgens meegedeel dat Maj. Kjelvei beswyk het aan sy wond. Die manne wou met

geweld toestemming van Beheer hê om met hul beperkte aantal rewolwers die skare aan te

vat. Gelukkig het wysheid geseëvier en kon Beheer orde handhaaf onder die polisie geledere,

waar woede en frustrasie uiteraard hoogty gevier het.

Ek is opdrag gegee om na Baakenstraat AK te gaan om vuurwapens en ammunusie te gaan

haal, waar ons nog 'n voertuig aangetref het wat reeds besig was om ook vuurwapens en

ammunusie op te laai. Dit sou uitmuntend gehelp het om die wapens vinnig uit te deel op die

operasie toneel.

By ons terugkeer het die skare reeds wegbeweeg en 'n kerk en saal beset (ek het 'n vermoede

gehad dat dit slegs 'n kleinerige groep was van diè wat later by die oorspronklike groep

aangesluit het, en dat die orspronklike groep gaande weg op pad nadie kerk, uitgefiltreer en

ongesiens tussen die huise inbeweeg het.), en het diemanne rondom stelling ingeneem onder

streng opdrag om hulle te alle tye ernstig onder bedwang te hou. Ons het verneem dat persone

van Veiligheid intussen opgedaag het, en dat hulle beheer oorgeneem het.

Ons is veel later opdrag gegee om die persone vanuit die kerk geleentheid te gee om te

vertrek, sonder enige konfrontasie van ons kant af. Dit was bitter moeilik om toe te sien

hoedat almal uitkom en in die nag verdwyn sonder dat enigeen 'n vinger kon lig om hulle te

stuit. Dit het werklik voorgekom asof hulle ook geskok was!

Ek het magteloos gevoel omdat my hande afgekap was en dat daar absoluut niks was wat ek

moontlik kon doen om die situasie te beredder en 'n moordenaar vas te vat nie, en is oortuig

dat dit die algemene gevoel onder die manne was. Ons is later terug na ons stasies waar ons

heelwat later as gewoonlik van diens gegaan het as gevolg die oordrag van inligting aan

almal wat belang gestel het.

Daardie oggend het ek baie laat eers in die bed gekom, maar kon nie slaap nie. My hele

liggaam het geruk en dit het geklink of my kop in 'n drom was waarop iemand geslaan het.

Ek het eers na 'n hele paar drankies genoeg gekalmeer om wel te kon slaap, gepaardgaande

met vele nagmerries, 'n situasie wat nog lank sou voortduur.

Aangesien hierdie voorval so vinnig so totaal buite beheer geraak het, sal dit my seker vir

ewig met 'n mate van hulpelose wrewil bybly, toe hierdie 'upstart' 'n hou op die neus

toegedien was deur omstandighede. Ek is oortuig daarvan dat daar vele ander lede

teenwoordig was wat net so gevoel het, maar niemand het daarna weer iets daarvan teenoor

my gemeld nie (behalwe vir 'n "Sh-t, dis nou 'n 'grand' f-op"!... terwyl hoofde geboë, verslae

en in skok geskud was) en ek, tot nou toe, ewe min, en ek is oortuig dat elkeen wat by hierdie

voorval betrokke was, dit ewe eens met pyn in herinnering sal oproep. Groetnis, Ron

Aylward.

• Beste Ron, Baie dankie!! Klein wêreld! Die bekende Durban-speurder en polisie-

sportman, Oom Basie Sadie en maj Kjelvei was swaers. [Indien ek reg onthou was

mevv Kjelvei en Sadie susters.] Die weduwee en kinders is toe na Durban waar die

Page 17: Police gazette 1-10

Kjelvey-kinders saam met die Sadie-kinders in ons skool was. Die skool was Dirkie

Uys op die Bluff. Marie Sadie en ek was in Matriek saam en ek het die Kjelvei -

kinders toe geken. Ek is so bly u deel met ons hierdie geskiedenis! As kind kan ek

onthou toe die Majoor gedood is – dit was oor die nuus.

Beste Hennie, Inderdaad 'n klein wêreld! Na aanleiding van jou navraag moet ek net meld dat

dit nogal amper 'n moeilike vraag was, want ons magnommers het mos 'n hele metamorfose

ondergaan so met die verloop van tyd. Ek het uitpasseer met die Magnommer 31260 (V), dit

het verander na W31260, wat weer verander het na 31260M, en het oplaas verander na

312606 toe ek uiteindelik afgetree het, met 'n siviele rang van 'direkteur' (my dogter sê dis nie

'n rang, maar 'n "oerang-utang" - terwyl sy wegspring en daar anderkand staan en giggel). Dit

was voordat die hele SAPS +- 6jaar later oorgeslaan het na die siviele gradering (en nou weer

terug).

• Beste Ron uit eerbied en tot sy nagedagtenis van maj Kjelvei plaas ek sy foto wat ek

in die volgende boek gekry het: The Official Natal Mounted Rifles History – E

Goetzsche. Ook haal ek p 291 aan. Aan my vriend Alex Faria, wat ook ons koerant

ontvang, bedank ek omdat hy eendag vir my hierdie kosbare boek as geskenk gegee

het! Dankie Alex!

Major O. J. Kjelvei: In June 1961, Major Olav Kjelvei, District Commandant of Korsten,

Port Elizabeth, was stabbed to death when he tried to stop a group of

about 50 marching Africans. Olav Kjelvei, reference to whom is made on

page 291, Italian Campaign chapter, joined the S.A. Police in

1931.During World War II he served, first in the Police Brigade, and then

in the N.M.R./ S.A.A.F. in Italy, where, as already stated, he was

wounded.Although a first-class shot (in 1960 he captained a Springbok

small-bore shooting team, which visited Britain; he also competed in the

National Bisley), he never resorted to the use of fire-arms unless he felt

compelled to. Major Kjelvei, a most popular police officer, was

commended for his bravery and tact by the Commissioner of Police.

Page 291:

'C' Squadron encountered the enemy again on 19 July and in the engagement which followed

they took two P.O.W.’s: Lieutenant O. Kjelvei, unfortunately, was wounded and taken

prisoner when he dismounted from his tank at the foot of a bushy hill, to climb to the summit

and so be afforded a good position from which to observe. Two sappers, attached to his

Troop, accompanied Lieutenant Kjelvei. The trio were away and out of vision for so long that

the tank crew became alarmed. There were indications that they were in trouble and

Squadron Headquarters informed by radio accordingly. Major Haupt, the Squadron

Commander, arrived soon afterwards in an open jeep, accompanied by his driver Trooper Pat

Sinclair. The two left their vehicle and, after ascertaining exactly what had happened, headed

towards the sinister hill, which the three men had climbed.

Major Haupt was only equipped with his .38 pistol, while Trooper Sinclair carried an

American automatic rifle. In the meantime fire was coming as though from all sides and, after

a few minutes, Major Haupt and Trooper Sinclair suddenly appeared with the three lost men,

plus two German prisoners. Lieutenant Kjelvei, as already stated, had been wounded.

It was subsequently learned that Trooper Sinclair, on reaching the top of the hill, proceeded

to the right and, as soon as he was spotted by the enemy, opened fire with his automatic with

good effect. In the confusion which followed Lieutenant Kjelvei and the two Sappers, who

had been captured, escaped from their captors. Covering the enemy with his automatic

Page 18: Police gazette 1-10

Sinclair disarmed them and escorted them to his jeep. It is believed that one of the Germans

was shot through the nose when Sinclair opened fire. Five enemy Infantry were killed in that

short engagement.

Sinclair was awarded a Military Medal for his resourcefulness and courageous conduct.

The citation appears in the Appendix. [Page 291]”

• Kommentaar - Hennie Heymans: Mens kan nie help om te wonder waarom die media

so eenogig na ons geskiedenis kyk nie? Ek het met polisiemanne gepraat wat in

hewige onluste was – soos bv Sharpeville en die polisie word altyd verguis. Hoe meer

ek die geskiedenis navors sien ek dat daar sedert 1652 ‘n gedurige konflik van

belange is. Die stryd is tussen die wat “het” en die wat “niks” het. Daar is altyd ‘n

paar teen ‘n groot klomp!

• Ek ken net nie verstaan dat die SAP se Opleidingsafdeling nooit SAP-lede of studente

op gevorderde kursusse getaak het om hierdie opspraakwekkende voorvalle soos

Witsieshoek, Sharpeville en Cato Manor behoorlik na te vors nie! Dieselfde geld vir

akademici en historici. Al wat ons het is sensasie en die feite lê in muf in die argiewe.

Dankie vir mense soos brig Ron Aylward en oud-s/a/o Coetzee wat bereid is, om hul

herinneringe te deel. Sharpeville word as die mees kataklismiese voorval in Suid-

Afrika beskou! IS DIT REGTIG SO?

8.10 Nuusdagboek - Nuusitems wat van belang is:

• Op 31 Julie 1990 kondig die hoof van die SAW, genl JJ Geldenhuys, die ontbinding van

die BSB aan.

• Mev Victoria Mxenge word buite haar huis in Umlazi doodgeskiet op 1 Augustus 1985.

• ’n Bom ontplof op 2 Augustus 1982 by mnr Chris Hani se huis en een persoon sterf.

• Mnr Nelson Mandela word op 5 Augustus 1962 deur die SA Polisie gearresteer op

aanklagte dat hy die regering omver wil werp.

• 7 Augustus 1884: Die Duitse vlag word in Luderitzbucht gehys en die gebied word

onder Duitse beheer geplaas. (Nuusdagboek: Wallis 2000 pp 228; 230; 231; 234 en

236.)

9 NUUS VAN HEINDE EN VERRE 9.1 Nuus uit Kwazulu-Natal: Dagse Hennie, Wat 'n lekker tyd het ons nie hier in KZN nie ... die weer is absoluut fantasties ...

jammer ek kan nie so 'n bietjie aan ons vriende in die koue dele van die land stuur nie ... byt vas ...

min dae... dan is dit weer warm in jul kontrei ...

Die “ou manne braai” sal op 13 Augustus 2010 weer by Better ‘ole Shellhole te Pinetown plaasvind.

As u hier in die kontrei is kom loer gerus in ... daar word geklets, "shop getalk", sport gepraat en van

alles en nogwat word opgedis ... voorwaar 'n lekker geleentheid onder die manne...

Ek wil graag net bevestig dat ek alreeds 'n bod op die boek van generaal J vd Merwe geplaas het ... na

wat verneem word is die boek baie goed en nooi ek ons vriende uit om ook 'n bod op die boek te plaas

... die boek is glo baie insiggewend ...

Ek wil net bevestig dat ek die nuusbrief weekliks nou na 55 oud-lede versprei. U word net daaraan

herinner om ontvangs te erken aan die sender van die nuusbrief aan u ... dit sal meehelp dat u nie per

abuis oorgeslaan word nie ... u kan weer die nuusbrief verder versprei en sodoende verseker dat die

Page 19: Police gazette 1-10

nuusbrief heelwat oud kollegas bereik ... laat ook net die sender aan u weet na hoeveel die u die

nuusbrief versprei het.

Ek glo u sal met my saamstem dat die nuusbrief weekliks net groei en meer "lyf" kry ... dank aan

Hennie vir sy ure lange stryd om die nuusbrief saam te stel ... ek weet hy geniet dit. Ek wil ook net

rapporteer dat ek al heelwat items oor die "ou" S.A.Polisie bekom het ... ek is van plan om 'n private

museum oor die S.A.Polisie aan te lê, en is absoluut ingestel om die ou geskiedenis en

gedenkwaardighede te bewaar ...

MILITARIA EN MEMORABILIA S.A.POLISIE:

Dana Kruger versamel alles en nog wat oor die “ou S.A.Polisie” en is opsoek dan ook na die

volgende items vir sy versameling:

1.ou SAP rangtekens(mans en vroue), polisie sterre, asook die ou SAP kentekens met die

kroon

2.ou SAP kamoefleerdrag rangtekens.

3.skouer “flashes” en kentekens van verskeie polisie eenhede.

4.hy is ook op soek na 'n ou radio antenna (lang “wip” antenna) , asook 'n motorola hand

“mike” asook die ou tafelblad motorola “mike” , wat normaalweg in aanklagtekantore

aangewend was....die items is nie meer in die polisie ingebruik nie.

5.die ou buis bloulig met die woorde “POLISIE “ “ POLICE “ daarop.

6.enige artikel ,. ou polisie tydskrifte ens. Dit hou vele nuuswaardighede in wat egeskandeer

en bewaar kan word.

• Indien iemand kan help met enige iets kan hulle vir Dana Kruger 'n EPOS stuur by

[email protected]

Dan wil ek so 'n bietjie advertensie werk doen vir Barend du Plessis ... hy en P. Kruger is die

vervaardiger en verspreider van die DVD en CD stel oor "SOLDIER’S FRIEND" en bestaan uit 'n

DVD en CD stel (sien aangehegde kopie van die buite blad van die stel ... die stel kan van hulle bestel

word deur 'n epos te stuur aan [email protected] of selfoon 0837284524. Die stel is 'n

versamelitem vir enige oud kollega wat in uniform vir sy Land - Suid Afrika geveg het ... Die stel kos

R250.00 wat posgeld insluit ... maak dit vandag 'n deel van jou versameling ...

Groetnis van uit Natal...

• Baie dankie Dana! Jy het 55 lede aan wie jy die nuusbrief stuur – baie geluk en baie

dankie dit klink baie goed. Ek wonder hoeveel lesers het ons werklik? Talle lede aan wie ek

versprei stuur seker ook aan hul vriende? Lesers kan gerus van hul laat hoor!

• Dana, ek vra beleef en tong in die kies nalv ‘n navraag ontvang van Crime Intelligence, is

al die dotjies in jou briewe ‘n geheime kode? Of praat jy tussen die reëls met die ander

hondemanne in SA?

9.2 Nuus uit die Wes-Kaap gestuur van Hermanuspietersfontein

Nou ja dis hoog tyd dat ek so bietjie nuus hier uit ons geweste aanstuur. So kry ek nou die dag amper

'n noodoproep of soos ek altyd sê 'n asma-oproep van die dogter .... as ma nie sal omgee nie ... sal ma

nie so vir 'n week so bietjie na die 1-jarige kleinseun kom omsien terwyl sy en haar man vir 'n

wegbrekertjie Thailand toe kan gaan vir 'n week. Dit het nie veel gekos om vir Ina te oortuig nie en

weg is ons hier uit Hermanus om die week ons diensplig te gaan doen daar in die dorre suid kaap nl

George. Het self nie baie tyd gehad om op gebedslyste vir die week te kom nie, en die beste wat ek

kon doen was 'n ou vriend wat my op sy gebedslys kon plaas welliswaar 14de op die lys, en deel hy

my ewe plegtig mee ... ek bid net vir die eerste dosyn maar ek kyk wat ek kan doen. Wat help sulke

Page 20: Police gazette 1-10

gebedsvriende nou? Ewentewel so kry ek darem dr Christopher Green se

boek Kleutersorg in die hande en kyk so vlugtig daarin om so vir oulaas

so 'n paar eksamentips te kry, want dit voel amper of ek voor 'n groot

polisie-eksamen staan. Ja, en wat lees ek daar “kleuters word geskep

volgens die perfekte ontwerp maar het een klein defek. Al die aktiwiteite

van 'n internasionale lughawe gaan binne in hulle aan, maar die

beheertoring werk nie".En het ek nie uitgevind die week, die beheertoring

werk nie, want na so 'n dag met die kleinman is daar net een ding wat jy

wil saans doen en dit is slaap ... ja boet slaap, sê ek vir jou.

Nou ja toe ek nog indiens was het ek op 'n dag 'n tydsbestuurskursus

gehad, en het dit wat ek die dag daar geleer het goed tepas gekom want ek kon die ledige uurtjies

darem nuttig gebruik om oudkollegas met my Bejaardesorg-hoed op gaan besoek. So kon ek toe ook

vir brig Karools Mouton gaan besoek. Hy woon sedert sy aftrede hier op George, en is ook in in die

tagtigs. 83 om presies te wees. Hy en sy eggenote is kranige stappers en daar is haas nie 'n plek waar

hulle nog nie gaan loop het nie. Al byna 20000 km geloop smaak my al amper om die aarde! So vra

ek hom toe na die storie wat oor hom vertel word dat hy 'n persoon met sy trafiets ingejaag en

arresteer het. Nie heeltemal so nie, was sy woorde. Wat wel gebeur het sê hy was dat hy op 'n nag in

Norwood beat gestap het toe 'n man drie keer per motor oor die robot gejaag het, en brig Karools, toe

nog kst. Mouton saam met sers Damwal die ou probeer stop het - sonder sukses. Toe die ou eindelik

stop het Karools hom agterna gesit en hom met 'n duikslag tot halt gebring. Dit was toe dat ta sy hand

gryp en sy vinger byt ... ja amper vir afbyt!! Karools sê hy skreeu soos 'n maervark ... sersant die man

byt my vinger af. Damwal het hom te hulp gesnel. Die man is arresteer en aangekla van motordiefstal

en aanranding op Karools; 3 maande vir die diefstal en 3 weke vir Karools se byt. Drie weke late

ontsnap hy uit die gevangenis nadat hy die sipier oor die kop geslaan het. Die byt aan Karools se

vinger het hom ook drie weke siekverlof besorg, want na die eerste dag van die gebyt het daar mos

kwaad in die hand gekom. Ek en die Brigadier kon die middag ou stories gesels en later 'n drankie

gaan dring in George se SAPD se offisiereklub waarvan die brigadier nog 'n gewaardeerde lid is.

Maar tye het ook verander sedert ons laas in 'n polieskantien was, want wie dink julle bedien ons? ...

moenei raai nie, julle gaan nooit reg raai nie ... 'n barladie is aan diens. Ek kon nie my oë glo wat ek

sien nie. In elk geval ons was hartlik hanteer en ek kon later Brig Karools groet. Hy sê groete aan al sy

oukollegas.

Die volgende dag kon ek en my vrou, genl Tersius Calitz en sy vrou, genl. Jan de Waal en sy vrou en

Mev Swart eggenote van Wyle genl Johan Swart 'n broodjie saam breek en heerlik kuier! Dit gaan

met hulle baie goed en stuur hulle almal ook hul beste wense. Met my terug reis na Hermanus het ek

ook stilgehou by mev. Kotze eggenote van wyle lt. genl Willie Kotze wat in 1978 by HK afgetree het.

Gesondheid nie meer so goed nie, maar word goed versorg deur 'n oppasser. Haar man ook in die

oorlog in die SAP-brigade. Het 'n klompie waardevolle items wat sy nie meer nut voor het aan my

gegee, wat ek op my beurt weer aan Brig Heymans gee om daarmee te handel soos hy goed dink. Vir

oulaas stop ek op Swellendam en besoek mev Sannie Verster, eggenote van Wyle brig Adriaan

Verster. Dit gaan goed met haar. By my tuiskoms is daar 'n briefie aan die deur ... Jan-Jas alias sersant

Van Wyk van Kaapstad was hier en waar loop ek rond? Onnodig om te sê hy was vandag hier en kon

ons weer wielstap in Alexanderbaai, want dit is daar waar ons mekaar in die 60-tiger jare ontmoet het.

Hy kan goeie fotos vir die Gazette vir jou stuur. Nou ja ek groet hier uit Hermanuspietersfontein

overgesetsynde Hermanus. Mag dit met julle goed gaan, en het ek weer die week my ou waarheid

beleef ... samesyn het nie'n prys nie! Ek groet julle met die geliefde Ierse groet: Mag die pad vir u

nooit te steil wees nie, mag die wind saggies teen u rug wees; mag die sonskyn u aangesig koester;

Page 21: Police gazette 1-10

mag die reën saggies op u velde daal; en totdat ons weer ontmoet ... Mag God u in die holte van sy

hand hou ! AMEN.

• Baie dankie Hennie van Hermanuspietersfontein of te wel Hermanus. Lekker om u

Namakwalandseafrikaans te lees. Wens Jan Spies kon die brief hardop vir ons lees! U sien, u

sal in die polisiekoerant moet adverteer wanneer u Hermanus verlaat! (Soos die magsorders in

vanmelewe se dae! Die kommissaris sal dit moet magtig en u plaasvervanger aanwys.) ‘n

Man kan sommer sy wyk of distrik verlaat nie! Kameraadskap en samesyn het nie ‘n prys nie!

Stuur groete so ver u gaan. Ja, die ou manne – die staaltjies en die byname! Sal ons ou

kennisse ooit vergeet? Nooit. Saluut!

9.3 Nuus uit die VSA

Hennie, So paar woorde van hierdie kant van die wêreld. Ek het die afgelope week so bietjie tyd op

hand gehad en het van die gelentheid gebruik gemaak om by die plaaslike Sheriff, Brighton City

Polise asook die Colorado State Patrol besoek af te lê. Wat 'n ervaring was dit nie. Moet sê een van

die opvallendste dinge was die lede se absolute netjiese voorkoms. Ek weet dat die SAPD se

uniforms (veld-drag) moontlik prakties maar werklik, hierdie manne se fisiese voorkoms is darem net

uitstaande. Wat ook opvallend is, is dat om dit sommer prontuit te sê, nie een vet (skuus) oorgewig

lid te siene is nie. En die uitrusting en voertuie is om van te droom. Ek weet dat die SAPD die laaste

tyd nogal netjiese voertuie gekry het maar hierdie mense se voertuie skep darem net 'n baie netjiese

indruk.

Die lekker polise spraak was natuurlik vir my regtig baie lekker. Ek moet sê om die die konsep van 'n

minibus taxi vroeg oggend op die N2 Kaapstad in, aan die manne van die State Patrol te verduidelik

was maar moeilik. Hulle kan nie verstaan dat so iets / gesindheid amper moontlik is nie.

Die "Under sheriff" van Adams County, ene RK Engelsman, vra my toe uit oor die Selebi saak. Hoe

de dinges verduidelik jy aan so 'n mens hierdie saak sonder om iets soort van verkeerd te sê? Die

mees opvallendste van die polisiëring hier in die VSA wat ek ervaar het, is die algemene publiek se

gesindheid. Dit wil vir my voorkom asof die publiek of dan gemeenskappe die polisie hulle huille eie

gemaak het. Ek bedoel nie dat hulle interveer en probeer inmeng nie maar dat hulle trots is op hulle

manne en vroue in uniform. Voorspoed en groete, Robert Brand, Brighton, Colorado.

Ps. Het jy die paar ander foto's van Treine en dinge al gekry?

• Baie dankie Robert! Is daar verskil tussen under- en deputy-sheriff?

10 POLISIE-POSSAK

10.1 Korrespondensie: Dankie aan almal wat ontvangs erken – dis ou Dana daar in Durban wat wil

hê sy klieënte moet ontvangs erken! Nie te min, ek erken hier ontvangs van alle eposse. Die

verspreiding van die nuusbrief loop mooi en daar is nuwe nuwe intekenaars en nuwe lesers elke week.

1. Hennie, ek sien die FB groep “Koevoet Vingerkraal Development Project” het nie julle lys

gehaal nie! Lyk ook nie of my e-posse van verlede week jou bereik het nie. Groetnis, Konst (D) Leon

Bezuidenhout, W303837P - met ‘n volle magshandtekeing

Page 22: Police gazette 1-10

• Jammer, ek bied my verskoning aan. Ek is redelik nougeset om alle eposse erkenning te gee.

Merk tog net die epos “polisiekoerant” aangesien ek talle eposse per dag ontvang. Dana

Kruger van Durban sal in die toekoms ook Vingerkraal by ons opgawe betrek.

2. Baie dankie. Ben Venter.

3. Dankie Hennie, het nr. 9 gekry. Ek het anderdag kol Jan Augustyn, wie by X302 finansies was, se

e-pos adres vir jou gestuur, hy sê hy het nog nie die publikasie gekry nie, moet ek weer die adres kry

en stuur? Mooi loop, Christo Davidson.

• Stuur gerus Jan se eposadres andersinds kan hy net my adres bo afpluk en self vra vir die

polisiekoerant. Dis eintlik beter so, want dan het ek sy eposadres korrek op my stelsel.

4. Naandsê Hennie, Dankie vir die koerant - kan dit amper soos 'n rerige papierkoerant op jou skoot

sit en lees. Wat is die mikrotegnologie tog nie 'n wonderlike ding nie! Pieter Rosseau.

5 Bert Swart: Ontvang dankie.

6. H.H. Ontvang een gawe koerant. DANKIE. Robbie Jubber.

7. Baie dankie Hennie - Polisiekoerant Nr. 9 ontvang. Groete - Roy.

8. Dankie oom, uitgawe ontvang. Dankie vir die moeite wat oom insit m.b.t die koerant. Groete,

Jacques.

9. Dankie Hennie, Ek het hom! Ek het hom! Groete, Louis Lubbe.

10. Brigadier dankie. Dis lekker om die stories te lees, defnitief beter as ons Afrikaanse koerante!

Groete, Claassie Claassen.

11. Hi Hennie, Veteran Gazette 9/2010 received. Thanks for the accolades which were written out of

devotion towards our Fallen Heroes. Again a job well done! Have a great weekend, Billy.

12. Ontvang - vol 1/9 - baie dankie - Wicus Hattingh.

13. Het koerant gekry, sal laat weet as ek hom nie kry nie, dankie, Dries vd Merwe.

14, 14. Ontvang, dankie. Louis Visser

15. Dankie Hennie, Polisiekoerant nr 9 ontvang. Le Roux en Nelet.

16. Ontvangs erken, met dank en groot waardering! Johan Ferreira.

17. Me J Hough stuur no 9 sommer aan baie mense!

18. Beste Hennie, Ek het nr 9 ontvang en geniet, baie dankie..Groetnis, Ron Aylward.

19. Hallo Hennie, Baie dankie vir die polisiekoerant. Dit was nou onverwags en ek het die hele

koerant deurgelees. Was lekker om weer van ‘vergete’ ou kamerade te lees en mens net weer laat

besef dat ons deel van ‘n baie spesiale verlede was. Iets waarop ons vandag kan terug kyk en trots

wees. Ek wil verseker alle toekomstige uitgawes kry. Terloops, saam met die konsepwet oor die

Sekretariaat is daar ook ‘n konsepwet gepubliseer (hierby aangeheg) wat ten doel het om ‘n nuwe

‘onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat’ te skep in die plek van die bestaande ‘onafhanklike

Page 23: Police gazette 1-10

klagtesdirektoraat’ wat maar redelik tandeloos is. Die konsepwet bevat heelwat van die aanbevelings

wat ek (en die medeskrywer) in die bygaande verslag gemaak het. Uiteraard het ons by die ISS ook

reeds verskeie bykomende aanbevelings tov die konsepwet gemaak wat hopelik aanvaar sal word.

Groete en beste wense, Johan Burger, ISS.

20. Hennie. Dankie, ek kry die Polisiekoerant gereeld. Dankie ook vir al jou insette in

hierdie verband.Ek ontvang dit ook tyd-tot-tyd ook van Dana Kruger af. Groete. Gerhard.

• Prof ek haal u naam van my lys af – Dana kan dan voortaan gereeld vir u stuur.

21. Dankie Hennie, ek het uit my ‘cap’ geraak ... die dat ek so gesukkel het, moes nou wag vir nuwe

maand ... stuur uit aan 55 persone .... sal epos vir ander ou stuur oor SAP webblad ... sal sien wat ek

oor Manie kan doen .... groete, Dana Kruger.

22. Hallo Hennie, baie dankie weer vir die Polisiekoerant..Ek was baie bly vir die foto wat jy geplaas

het waar Peter Scales op is, hy was my wyksersant in Orkney, ek het altyd geweet hy was ‘n

Polisieman in murg en been en is dit dus nie snaaks dat hy bo uitgekom het nie, ek sal baie bly wees

as Peter met my kan kontak maak. Natuurlik ken die meeste van ons vir kolonel Lesch, hy was

luitenant van ons peleton (33b groep) in 1971, ek is bly dit gaan goed met hom .. Ons is terug in

Georgia, die vakansie in SA was baie lekker, ek sal fotos van hier af aanstuur soos ek hulle neem,

groete en dankie,Willem de Klerk.

23. Hello daar, geniet en versprei asb ... groete, Dana.

24. Polisiekoerant nr 9 ontvang en gedruk ... Dankie, Alida van der Linde.

25. Hallo Hennie, Ek het die koerant gekry. Dit het wraggies meer nuus as die Sondag rapport. Doen

so voort. Groete, Johan Deyzel.

26. Hallo Hennie, Baie dankie vir die PK wat ek so gereeld ontvang - lekker leesstof, maar duidelik 'n

BAIE groot taak, geluk en sterkte! Interessant hoe 'n mens se lewe paaie vat. Ek is tans 'n ware

pensioenaris, getroud met ’n ou skoolliefde, het kanker opgedoen en groot operasie ondergaan, stoei

daagliks met die vriende van die ouderdom en geniet die natuurprag, skoon lug en verkeerlose paaie

van Worcester en die Boland. Na aanleiding van die brokkie oor ds Doempie Cloete meld ek net dat

daar by die Bejaardesorgfonds 'n bronsbeeld van die ds is wat na sy afsterwe vir bewaring geskenk is,

met die hulp van ds Colyn (self 'n man oor wie baie staaltjies vertel kan word!) Jy het eenkeer 'n

kostelike artikel geskryf oor die terminologie van o.a. die Polisie – iets soos die vrou van 'n

onderoffisier en die gade van 'n offisier. Plaas dit in die PK vir ander se plesier ook asb. Laat my dink

aan 'n gesegde uit ons tyd - as jy enigiets gedoen wil hê, vra net 'n poliesman om dit te doen! Groetnis,

Dawie Ackerman.

• Dankie Dawie – Lekker om weer van jou te hoor – so baie lesers ken vir jou. Sal graag ’n foto

van die bronsbeeld wil bekom.

• Ek het foto’s van bronsbeelde wat gemaak is tov genl’s Verster en Wandrag.

27. Liewe en hoog geagte (rang?) Hennie HEYMANS- Ek neem aan u is een van ons ware veteraan

polisie-offisiere - Kan u my asseblief so bietjie meer van uself vertel? Ek het as 'n "Direkteur" oftewel

"Brigadier" uitgetree. My pa - Hendrik Myburgh Koekemoer was ook al sy jare tot pensioen-uittrede

in die Suid-Afrikaanse Polisie diens en het as 'n Kolonel te Benoni uitgetree, hy woon tans in Nigel.

My pa se jongste broer Eben Koekemoer was ook in die Suid-Afrikaanse Polisie diens en het te

Page 24: Police gazette 1-10

Provinsiale Hoofkantoor Johannesburg as Brigadier afgetree, hy woon tans te Weltevredenpark- beide

van hulle is nou in hul vroee 70's. Toe ek die stukkie koerantnuus lees wat u vir my aangestuur het

i.v.m. Die eertydse "sersant" Lesh, wat ek gedurende 1976 met my basiese kollege opleiding leer ken

het as "kolonel" Lesh, het dit sommer baie ou herinneringe wakker gemaak- ek het die wereldese

respek vir kolonel Lesh gehad en kan hom nou-nog so fier en fors, absolute toonbeeld van disipline en

waardigheid met die offisiersstokkie styf onder die regter arm vasgeknyp sien waar hy op die parade-

grond bevele uitblaf.. En o-wee!!! Was ek nou bang vir hiedie offiesier vir wie ek 'n heilige respek (en

vrees) gehad het tydens opleiding...

Tog het ek jare later toe ekself al 'n senior-offisier was baie deeglik besef dat hy inderdaad 'n hart van

goud had en dat dit waarlik maar net blaf en nie byt was nie!! Baie dankie vir die wonderlike wyse

wat u die herinneringe aan die goeioe ou dae op hierdie mooi manier lewendig hou!! Groete uit

Randpark, Uitbreiding 3, Randburg, Emmi UYS.

• Beste Emmie – baie dankie vir jou mooi briefie! Stuur asb vir ons foto’s van uself en u Vader

en Oom Eben! Ek het in Soweto saam met ‘n kol Koekemoer gewerk. Stuur my groete vir

Oom Eben. Ja, dis mooi briefies soos u-sin wat die koerant vir almal die moeite werd maak!

Hoe ouer ons word, hoe nader moet ons aan mekaar staan. In baie gevalle het ons kollegas

ons beter geken as ons familie! Jy deel partykeer slaapplek op die grens/kursus met iemand

vir drie maande en dan werk jy bedags ook saam!

28.1 Hallo Hennie kan u asseblief my besonderhede ook byvoeg op die lys vir die “Genuine SAP

Koerant”. Groete, Ivan Myers.

28.2 I was the Commander of the Maitland (Cape Town) Dog Unit before I was fired from the SAPS

in 2007 as a Lieutenant Colonel for exposing an issue of starving dogs in the media. Currently

challenging them in the Labour Appeal Court. It will take a month to tell you even a little about

myself. Was een van die min permanente (nie reservis) Jode in die SAP en is in 1979 aangestel. Ivan

Myers.

• Dankie Ivan. Daar was deur die jare talle Jode in die SA Polisie. Ook was daar in die 1990’s

’n Skotsman wat ’n Jood is en verbonde was aan die SAP Orkes – ek het ongelukkig sy naam

vergeet. Hoe pas julle in die SAP/ SAPD aan mbt tot kos, godsdienstige periodes en kleredrag

aan? Vertel asb indien jul met uniform Sinagoge toe gaan, hou jy die pet op die kop? Of dra

julle een van daardie swart goedjies op die kop met uniform?

30. More Hennie, Ek het die uitgawe ontvang. Jammer ek laat weet effens laat.Groete en sterkte met

jou taak. Drikus Oosthuizen.

31. Hymie, hierdie lied het baie nostalgie vir die manne wat wiel-gestap het in Alexanderbaai. Jy kan

dit gerus in ons Gazette plaas as jy eendag 'n spasietjie het. Groete Hennie Westraat.

• Maak so Generaal. Die generaal het vir ons ‘n fotostaat gestuur en ons sal dit, DV, in die

volgende uitgawe plaas.

32 Geagte Hennie, Daar gebeur dit toe weer: ek het uitgemis op jou e-pos boodskappie. Jammer man,

maar ja, ek was toe daar (Waverley) en het die begrafnis van prof Tjaart van Heerden bygewoon. Was

ook goed om weer oud-kollegas in die polisie EN die akademie te sien en met hulle ‘n paar woorde te

wissel. Vir my was dit ‘n hartseer oomblik toe ek van oom Tjaart afskeid geneem het, want hy het so

baie vir my beteken toe ek nog relatief jonk was en die akademiese studie-gogga my gebyt het. Hy

was vir my soos ‘n tweede pa, want ek het ‘n goeie aantal jare saam met hom gewerk by UNISA. Hy

Page 25: Police gazette 1-10

was geweldig beginselvas en baie gedissiplineerd. Net wat ek nodig gehad het om rigting aan my lewe

te kon gee nadat ek die ou SAP bedank het. Nietemin, ek sal nou weer volle aandag kan gee aan

dingetjies wat my daagliks raak, maar sal oom Tjaart se twee oproepe per week regtig baie mis.

Dan: moet ek die vraelys “scan” en laai op die Polisiekoerant se e-pos adres – as “an attachment”, dan

aan hulle dmv die computer ‘n kruisie (X) plaas waar hulle voel dit tuishoort EN dit FORWARD na

my my e-pos adres toe, of wat sou jy voorstel? Ek voel baie sterk hieroor, want oudlede het nie deel

aan die nuwe polisiëringsraamwerk nie, en is eweneens deel van ons samelewing wat ‘n mening kan

uitspreek oor die stellings/vrae wat opgeneem is in die vraelys. Anders as met die gewone ‘burger op

straat’, behoort oudlede nie te twyfel wat die korrekte, aanvaarbare opsies behoort te wees nie. Laat

weet asb. Ek aanvaar jy is baie besig en vra om verskoning as ek so lastig is, maar ek is nie so

vertroud met die werking van computers nie, maar my seun is en as ek hom kan vertel hoe jy dit wil

hê, sal dit geen probleem wees nie.Vriendelik groete en beste wense vir ‘n mooi dag en week. (En ek

verlang baie dae na Naas Stoltz! Glo my). Wanneer ek St. Lucia toe ry, gaan sit ek altyd eers

blommetjies op sy graf in Mtubatuba). Pottie.

• Prof Pottie, dankie vir die mooi woorde oor prof T van Heerden. U is welkom om u vraelys as

‘n aanhangsel in te stuur en die lesers kan dit net antwoord en vir u terugstuur. Ja ek het Naas

Stoltz ‘n paar keer ontmoet! Hy was ‘n oudlid van die handelstak.

33. More Hennie, Ek het die uitgawe ontvang. Jammer ek laat weet effens laat. Groete en sterkte met

jou taak. Drikus Oosthuizen.

34. Beste Hennie en Bruce - Brig 'Tshabalala' se boekies het my 'n bietjie geboul. Ek het die eerste

een in die skandeerder geplaas en dit het heerlik deurgevoer: Nie een storing nie. Nadat ek die eerste

helfde klaar skandeer het, het ek gou na die resultaat gekyk. Pragtig! Ek het sommer die oom se storie

begin lees. Baie interessant. Tot by bladsy 99 ...... toe net 'blank screens'! Terug na die oorspronklike

sien ek toe daar is vanaf p 99 met 'n ligte blou ink geskryf wat op geen manier op die selfvoerder

skandeerder leesbaar wil verskyn nie. Ek het toe maar die res (152 bladsye) een-vir-een met die hand

in die enkelskoot skandeerder gevoer en die storie klaar gelees soos ek dit skandeer het.

Die eerste boekie gaan oor die oom se jeugjare en eerste jare in die Polisie. Dit lees lekker. Ek het toe

sommer al drie die ander boekies ook gelees. Die tweede boekie oorvleuel baie met die eerste een. Die

derde boekie bevat vertellings oor spesifieke sake en 'n paar interessante name word genoem bv genl

Stoffel Buys, Fly Coetzee en dan Caterina Valente. (Laasgenoemde was nou die een geval waar ek

hom waarlik beny het maar, soos hy self erken, was hy nie 'n onaansienlike man nie en kon die mooie

Caterina haar sekerlik nie inhou om hom te omhels en te soen nadat hy haar pelsjas en haar man se

kameras teruggevind het nie!) Die laaste een gaan oor hengelprestasies en ondervindings met diere.

Soos dit met hierdie soort stories gaan, is die hengelaar se oog-hand-maatband-koördinasie nie van die

beste nie. Ek het darem self 'n paar reuse geelvisse in die inloop van die Wakkerstroom Dam gesien

wat met Oom Tshabalala se visse kon meeding. Die verwysing na Natal Spa het ook die gedagtes ver

teruggeneem. Die Pongola rivier met sy sandwalle was ook 'n speelplek - onthou julle hoe ons

kinders met olie gesmeer is om teen sonbrand te help!!!

Soos reeds genoem is die storietjies baie interessant maar slegs indien mens 'n persoonlike belang in

die Oom het. Vir sy kinders, kleinkinders en familie sal dit heerlike leesstof wees. Die waarde van

sy boekie oor sy ondersoeksuksesse is ongelukkig ook beperk tot mense wat daarby betrokke was. 'n

Mens moet die boek deur Bill Joyner lees (ek wonder wie nog oor die boek beskik - Murder Squad :

Page 26: Police gazette 1-10

William B Joyner) om hierdie verhaaltjies te evalueer en te besef dit kort nog iets om tot die

ondersoek- of Polisiegeskiedenis by te dra.

Die kleur ink waarmee die boekies geskryf is, maak dit nie moontlik om dit met my

selfvoerskandeerder te verwerk nie. Self op 'n fotostaatmasjien moet die verstelling op die heel

donkerste geplaas word om 'n leesbare afskrif te verkry. Om al daardie bladsye een-vir-een in die

skandeerder te plaas is egter nie enige man se maat nie! Dit lewer ook nie so 'n bydrae tot die

geskiedenis van die Polisie om verdere uitgawes daarmee aan die gaan nie.

Dit sal miskien goed wees indien jy die derde boek oor die ondersoeke so hier en daar lees om jou eie

mening oor die waarde daarvan te vorm. Ek merk dat iemand bereid is om die R400,00 te borg om

fotostate van die boeke te maak. Indien daar duidelike fotostate gemaak is, sal dit ook maklik wees

om dit te skandeer en in PDF-formaat te stoor.

Die boekies was nietemin heerlike leesstof op 'n Vrydagaand. Nogmaals sterkte met die koerant!

Willem vd Merwe.

• Baie dankie Willem! Ons het groot waardering vir wat jy gedoen het mbt brig Len van

rensburg se manuskripte.

35. Dagsê Hennie - Dankie vir die “Weeklikse Oorsig” soos ons hom in ou VHK genoem het. Wil

graag ietsie instuur oor my vader, S/A/O Walter James ‘Oom Walla” NEL, W29263, wat jare aan die

Speurtak in Roodepoort, later Pretoria en die Wetafdeling in die SAP Kollege, deurgebring het, sal ‘n

foto ook aanstuur. Groete vanuit Kaapstad - Piesang Nel.

• Baie dankie Piesang – ek onthou u Vader, u het hom eenmaal by VHK aan my voorgestel.

Ons wag vir die storie.

36. Hennie, Kan u my assebleif ook as een van die ontangers van die SAP Koerant plaas? Groete,

William Marshall: Lt Kol – SANW.

36.1. Ek doen navorsing oor WO2 en spesifiek die UVM waarvan die Polisie Bde vir my interesant is,

Brig R.J. Palmer met 'n DSO en twee balkies is 'n held, wat kan ek nog sê? Groete, William. NB: ek is

besig om materiaal op te neem vir die Radion Pretoria radioprogram "Vleuels" wat handel oor die

Magte se geskiedesnis en sal graag vir julle lugtyd gee met 'n onderhoud of twee, sou julle beland

stel?

• Kolonel dis vir ons ‘n voorreg om die polisiekoerant vir u te stuur. Ons moet eendag oor die

SAP-brigade se organigram gesels.

• Ons as ‘n groep oudlede van die SA Polisie, is altyd beskikbaar vir onderhoude, hetsy polisie-

geskiedenis of ledebelange. U moet ook onthou daar is formele groeperinge van oudlede van

die SAP wat nie buiterekening gelaat moet word nie! Ons kan ook daardie persone se

besonderhede beskikbaar stel.

37. Hennie, goeie dag! Die Suster van wie ek jou vertel het se naam is Adri Conradie. Haar man is

wyle Frans Conradie wat saam met kol De Kock in Oshakhati gestasioneer was. Frans is op die

ouderdom van 30 jaar op die grens oorlede. Hy was n baie bekende figuur in die bosoorlog. Sy noem

ondere andere dat hulle groot huisvriende was en altyd saam vleisgebraai het. Hulle is ook op Kol. De

Kock se troue gewees. Van die kinders besit nog steeds geskenke wat Kol De Kock aan hulle gegee

Page 27: Police gazette 1-10

het. Sy berig dat Frans nooit oor sy Polsiewerk gepraat het nie, maar dat sy geweet het wat hy soms

moes deurmaak. Sy was baie openlik met my gewees en op ‘n kol het ek agter gekom dat sy hartseer

geraak het. My teenwoordigheid en gesprekke wat ons gevoer het haar laat terugdink aan daardie dae.

Sy wil bitter graag met Kol de Kock in verbinding tree en hom gaan besoek indien dit moontlik is. Ek

het haar van jou vertel en sy het haar telefoonnommer vir my gegee om dit aan jou te oorhandig. Ek

het haar die versekering gegee dat sy van jou gaan hoor. Dit sal ook goed wees om ander staaltjies en

inligting te bekom. Sy het my op haar hande gedra en baie aandag aan my geskenk na die operasie tot

ek ontslaan was. By my ontslag voor al die ander Susters het sy my geloof dat ek ‘n baie goeie

pasieënt in die Hospitaal was. Ek sal baie bly wees as jy haar kan kontak.

• Dankie Willie. Ek het haar gekontak en ons sal ‘n storie oor haar ervaringe skryf. Ek het kol

de Kock laat weet.

38. Hennie, Jammer ek reageer nou eers maar baie dankie vir nommer 9. Weereens is dit regtig

genotvol en vol pitkos. Waar daar na van die "groot" name gesels word dan besef ek net weereens

watter voorreg dit was om van hulle persoonlik te ontmoet. Soms onder minder goeie omstandighede.

Van daardie "groot" manne soos bv Karools Mouton het natuurlik die ewige vrees by 'n jong lid

ingeboesem. As ek so na van die ou stories en veral na die kameel-stories luister dan sal jy kosbare

stukke van daardie dae in SWA uit daardie "boek" van genl Pretorius kry om te deel met lede. Ek het

‘n antwoord van sy seun op Facebook gekry en dit skyn dan of hy wel die manuskrip het. Voorspoed

en groete, Robert Brand,Brighton, Colorado.

• Ek sukkel al jare om die manuskrip van genl CP Pretorius in die hande te kry.

39. Baie dankie Hennie. Groete. Pierre van Rensburg

40. Goeie môre Hennie, Baie dki vir die puik idee en koerant wat ek ontvang. Ek lees dit van hoek tot

kant en sit met 'n trotse glimlag op my gesig omdat ek deel kon wees van die Mag en staaltjies kan

lees in die dae toe ek maar net 'n jong en onervare konstabeltjie was. Ek het in 1984 aangesluit en in

2006 as Superintendent die Diens verlaat. Die trots druis steeds deur my are!!! Lekker dag, Paula

Roeland.

41. More, Ek het iewers 7 en 8 uitgemis. Kan jy weer aanstuur asb. Dki. Evert Ross

42. Net die volgende inligting - die polisiestasie van De Wildt is nou 'n gastehuis in privaat besit - die

De Wildt boom is ongelukkig dood (van ouderdom seker) maar stukke van die gedenkplaatjie is nog

oor. Kontak Gertjie Davel hy sal die stomp uitwys wat oor is. Groetnis Elize Knoetze.

• Dankie Elize. Die koperplaat is gesteel en die beton monumentjie is in die proses verwoes.

43. Baie Dankie Brig Hennie, Ek het nou nommer 9 ontvang is dit moontlik om die vorige 2-8 ook te

kry.Baie dankie vir al hierdie harde werk. Baie Groete, Steve Bosch.

• Dankie vir jou artikel!

44. Beste Hennie, Ek het Polmed na 'n jaar se gesukkel so ver gekry om "Buddies" Barnard [ Z4,

Delta, Arendsnes Rundu] se medies reg te stel. Hy moet meer as R3000 in betaal alhoewel sy medies

gestaak is. Die arme man kry R5000 per maand en sy huishuur is R3600. Hy sukkel 6 jaar met sy

Page 28: Police gazette 1-10

ongevalle gedeelte. Hy is 'n oudKoevoetlid en dit is die dank. Jy moet dit sommer in die Koerant skryf

dat .... kan sien hoe word ons behandel. Ek het lus en lui vir .... Groete, Sakkie.

10.2 Oproepe

1. Genl Mike Geldenhuys skakel en diè slag vang hy my nie uit nie!! Dankie vir al die inligting

Generaal.

2. Dr Piet Rosseau van Nigel. Baie dankie vir u oproep. Ons het baie lekker gesels oor Welkom en sy

mense. Ons het ‘n diep gesprek oor ‘eer’ en ‘integriteit’ gevoer. [Sien asb die oordenking.] Is daar nog

iets in die polise soos “scouts honour” – op my ‘ere-woord’ of op my woord van eer? ‘n Offisier, ‘n

a/o en ‘n o/o se woord was altyd bo verdenking. Is dit vandag nog die geval?

3. Talle lede van die publiek skakel oor genl J van der Merwe se boek – ek het alle kopië, in my besit,

van die boek reeds verkoop. [Ek dink die boek moet in Engels en Nederlands vertaal word!]

4. Oud-speurder-a/o Koot van Schalkwyk van Hillbrow het geskakel en ook ‘n nuusberig ingestuur.

Baie dankie vir die groete van ons oud-polisieman in die VSA, Robert Brand wat Koot oorgedra het.

Ons plaas ook iewers ‘n inset van Robert Brand – “ons man in die VSA”.

5. Piet Rosseau– baie dankie vir die lekker gesels:”Wanneer iemand eerbaar is, het hy nie ‘n probleem

om ‘n ander te eer nie! Integritet gee groot hart bevatlikheid!’ Diep dinge wat u noem!

10.3 Besoekers

1. Mnr van Vuuren, ‘n derde geslag polisieman – nou ‘n oudlid – kom haal vir sy Vader in Saudi-

Arabië ‘n kopie van genl vd Merwe se boek. Ons kon darem lekker oor die SAP Kollege en sy

legendes gesels! Baie dankie vir die besoek!

2. Willem van der Merwe – baie dankie dat jy sekere dele van brig L van Rensburg se manuskrip

afgetas het en die oorspronklike m/s teuggebring het. Baie dankie vir die CD.

3. Genl en mev Mike Geldenhuys – Generaal en mevrou baie dankie vir die besoek en vir al die

inligting, dokumente en foto’s.

11. REGSPLEGING, NASIONALE VEILIGHEID POLISIE EN DIE PERS

11.1. Adv Louis Visser, SC, skryf: Vriende, na aanleiding van die e-pos wat ek ontvang en

aangestuur het: Sommiges dink dat ek dit opgestel het. Dit is nie so nie. Ek stem egter

daarmee saam, maar daar kan die volgende daartoe bygevoeg word:

1. Die doel van ‘n arrestasie is om die teenwoordigheid van die gearresteerde in die Hof te

verseker.

2. Dus, selfs waar ‘n lasbrief bestaan, mag die beampte nie ‘n persoon arresteer van wie hy

die woon- of sakeadres kan vasstel nie. Hierdie inligting sal normaalweg blyk uit die lasbrief

self.

3. In sulke gevalle is die beampte verplig om aan die persoon ‘n waarskuwing uit te reik om

in die hof te verskyn op ‘n bepaalde dag, en nie om hom/haar te arresteer nie.

4. Dit geld vir beide die minagting en die verkeersoortreding.

5. Sien: Louw en ‘n Ander v. Minister van Veiligheid en Sekuriteit en andere, en sake wat

daarop volg. (Sien aanhangsel)

• Advokaat - In ons jong dae, wanneer ons lasbriewe vir werkende mense gehad het, het ons

hulle gevra om op ’n bepaalde oggend na die aanklagtekantoor te kom waarna ons hulle hof

toe geneem het. ’n Landdros in Durban het ons daarop gewys dat ons minagting van die hof

Page 29: Police gazette 1-10

pleeg. Sy uitspraak was, wanneer hy ’n banklasbrief uitgereik het, moet ons die persoon fisies

arresteer en ‘deur die boeke sit’ en dan hof toe neem met staatsvervoer. Ek vertel u maar hoe

ons dit in die praktyk ervaar het. As ’n offisier die selle besoek het is talle persone wat werk

of wat vaste adresse gehad het, vrygelaat en gewaarsku vir hof. (Later as offisier het ek

dieselfde praktyk gevolg wanneer ’n werkende of iemand met ’n vaste adres opgesluit is.)

11.2 Uitspraak in die Selebi-verhoor is aangeheg.

• Vir geregtigheid om te seëvier, moet regspleging gesien word waar dit plaasvind.

“Justice must be seen to be done”. Uitspraak aangeheg, dankie adv Gaum.

11.3 Defence Web reports: Probe after top cop's party – refer to:

http://www.defenceweb.co.za/index.php?option=com_content&view=article&id=9138:probe-after-

top-cops-party&catid=3:Civil+Security&Itemid=113

11.4 Mnr Joe Mamasela en Vlakplaas

Twee manne het feite gestel oor Joe Mamesela en die Vlakplaas-eenheid t.w. Snor

Vermeulen het vir ons geskryf en Francois Pretorius het telefonies meegedeel dat Joe

Mamesela, ’n askari was, wat deur Veiligheidstak Noord-Transvaal gehanteer is. Hy was nie

op kol Eugene de Kock se Vlakplaas-eenheid, soos die media beweer, nie. Die name van sy

hanteerders is genoem.

11.5 Polisie betrokke by veediefstal

Vrydag, 06 Augustus 2010 08:57 praag: "Die Christen-Demokratiese Party (CDP) is geskok deur die

nuus dat polisielede betrokke is by die meeste veediefstalgevalle in die Vrystaat. Volgens die jongste

beskikbare syfers verloor Vrystaatse boere jaarliks sowat R170 miljoen aan vee- en oesdiefstal.

Boonop word sowat R44 miljoen se gereedskap en implemente elke jaar vasgelê," sê ds. Theunis

Botha, leier van die CDP.http://praag.co.za/nuus-magazine-402/suider-afrika-magazine-400/8645-

polisie-betrokke-by-

veediefstal.html?utm_source=feedburner&utm_medium=email&utm_campaign=Feed%3A+praag+%

28Pro-Afrikaanse+Aksiegroep%29

12. HENNIE SE LESSENAAR

Hartlik welkom by ons 10e uitgawe van die polisiekoerant – ek wil sommer die

polisiekoerant met twee woorde skryf en hoofletters gebruik vir die “P” en die “K” want dit

lyk vir my mooi – maar taalkundig is dit totaal verkeerd! In Afrikaans is dit kleinletters en

aanmekaar. Afrikaans is deel van Dietse tale. Die woord ‘gazet’ kom egter in Vlaams voor,

maar genl Johan vd Merwe is ’n taalkenner en sê die woord ‘gazet’ bestaan nie in Afrikaans

nie. Dankie Generaal. Nie te min, dis Vrydagaand die 30ste

Julie en ek het pas die

polisiekoerant uitgestuur en dr Pieter Rousseau skakel – ons ken mekaar van geen kant nie –

dog ons het gemeenskaplike vriende. Hy is ‘n oudlid. Polisieman se seun! Ons het lekker

gesels oor die begrip “eer” (honour) in ‘n Bybelse sin. In die praktyk, as polisiemanne, ken

ons “saluut en eerbetoon” en hof-etiket Maar by oordenking van die Woord sien ons, dat ons

MEKAAR moet eer. Die konstabel moet die generaal eer en ook anders om!

Kom laat ek ‘n praktiese voorbeeld gee: ‘n Kolonel sien dat ‘n troep vir ‘n luitenant

aanmekaar staan en salueer. Hy stap nader en vind uit die troep is besig om die luitenant ‘n

100 keer te salueer omdat hy nie die luitenant in die eerste plaas gesalueer het nie. Die

kolonel bevind dat die luitenant se ‘vonnis’ korrek is maar voeg by: “Onthou elke saluut

MOET beantwoord word!” So, dis eenvoudig ons moet mekaar nie net salueer nie, maar ons

Page 30: Police gazette 1-10

moet ook vir mekaar lief hê. Ek het al as konstabel in marsjeer by ‘n vol-kolonel. Die offisier

was in uniform en het opgestaan en my gegroet, na my saluut het hy sy kop geknik en my

hand gevat. As jong man sal ek mos nooit so Kolonel in die steek kan laat nie!

Daarom sê ek sonder sentiment: “Bring blomme en gee ‘n ruikers vir jou vriende en familie terwyl u

nog kans het”! My Vader is onlangs oorlede. Nooit het ek gedink die ou strydros sal sterwe nie – hy

is dan so groot en sterk en wys! Vandag het ons groot tevredenheid dat ons menslik alles vir hom

gedoen het. Die rol van die bejaardesorg van die SAPD is ook nie buite rekening gelaat nie! Ek wil

graag die volgende met u deel oor eer en liefde (agape): Hier op die einde van my Vader se lewe vra

ons vir hom wat hy wil hê? Biltong kom die antwoord. Dis ‘n antwoord waarvoor ek bang was. Hy is

toe al met buise gevoer en hy is ook sonder tande. Ons het biltong gekoop en dit in repe gesny sodat

hy dit kon suig. “Dit is tweede beste!” het ek gedink. Ons hond het die meeste van die gesuigde

biltong geëet. Ons is mos familie – ek en Pa, toe kou ek maar ‘n blokkie biltong mooi sag en toe gee

ek dit vir hom. Hy suig behaaglik daaraan en maak sy oë toe van die lekkerte, en sluk dit toe in!

Daardie uitdrukking sal my altyd bybly! Hy is net daarna oorlede en ons almal is tevrede. Ons as

gesin en familie het altyd vir Oupa blomme (lees: biltong) gebring terwyl hy geleef het!

Pieter Rosseau dankie vir die gedagtes rondom die polisie: die eer, eerlikheid, eerbaarheid – ook dat

ons op ‘n sekulêre, strategiese vlak oor die onsigbare magsvermenigvuldigers in polisiewerk kan

gesels.

13. HUMOR IN UNIFORM

1. As die polisie ‘n “Baron von Münchhausen” gehad het, was dit ‘n sekere a/o Ras van Durban. Ek

hoor hy het later ‘n offisier in die Oos-Kaap of Oos-Griekwaland geword het. As jongeling was ek

saam met hom op die mobiele eenheid onder die bevel van maj FLC Engels. Ons Afkom, kol Curt

von Keyserlingk, het ons gereeld besoek tydens opleiding en ‘dagga kap’. Die SALM het ons geleer

om in choppers in te klim en uit te klim en ook touwerk. Glo my ‘n Magal met ‘n FN moes leer hoe

klim jy in en uit – Bosluise het darem iets geweet van “mount” en “dismount”. Ons moes met 50-voet

toue afklim grond toe en die laaste gedeelte grond toe spring. Dan was daar ‘n kaptein Louis Heap,

Natal Kommandement, wat ons ‘soldate-werk’ geleer het. In die aande om die kampvure het

verskillende groep ouens maar nonsens gepraat en stories vertel. Dit was in die dae voor die TV’s en

die deurnagdiens op die SAUK. Toe kon manne nog gesels en mooi stories vertel. Hier is die eerste

storie in ‘n reeks wat aan mnr Ras toegedig word:

1.1 Die Uil en die Vinke

Ons held is op nagdiens en doen rondtediens. Hy stap sy rondte en is op en wakker. Skielik hoor hy 'n

uil wat roep. Hy skakel sy flits aan en begin na die uil te soek. Heel bo, op 'n lamppaal, sit die uil en

roep.

Hy hou sy flits op die uil en stap so paar keer om die paal en kaplaks val die uil morsdood neer! Toe

hy die 'post mortem' hou sien hy die uil het sy nek mors af gedraai terwyl uil-se-kind die heeltyd die

flitslig dopgehou het.

Op die plaas het die vinke en spreeus vreeslik gepla, vertel mnr Ras Hulle maak toe voëlent

bymekaar en smeer die die hele vyeboom met die voëlent. Hulle is besig om te eet en die hond wat by

hulle voete lê hoor iets buite raas en die hond storm na buite en klap die sifdeur toe. Weer 'n snaakse

geraas - toe het daar so baie voëls in die vyeboom gesit en hulle het geskrik en weggevlieg met die

toeklap van die sifdeur - maar hulle was so baie dat hulle met die vyeboom weggevlieg het!

Page 31: Police gazette 1-10

• Volgende week die X-Staal met Harvey-International se logo op.

1.2 Ken u kandidaat - Die Aap van Pretoria-Noord. Manne - die ou offisiere was baie

kwaai, baie streng en vol dinge! Hier is nou 'n ware verhaal: In Pretoria het ons destyds Die

Oggendblad gehad. Hulle het begin met 'n reeks: "Ken u Kandidaat" vir die munisipale

verkiesings. Ons Groepshoof van Afdeling "A" is kolonel MJ "Jakson" van Zyl - 'n man

onder die Manne! (Let op die hoofletter.) Hy was 'n deurwinterde speurder en

veiligheidsman. Nou gebeur dit so dat Oom Jackie - dis nou hoe ek hom agter sy rug genoem

het - toestemming kry om as raadslid in Pretoria te staan. Hy het nog so 'n maand diens oor

en dan tree hy af. Die dag het goed begin! Die Oggendblad het nou vir Oom Jackie aangehaal

met foto en al. Hy vertel oor sy loopbaan, sy medaljes en sy suksesse op misdaadfront! Net

die man om voor te stem in Pretoria-Noord!

Ons seksiehoof van “A1” was ook 'n vol-kolonel – kolonel (later brigadier) BF “Ampie”

Kotze. Oom Ampie neem toe 'n foto van 'n bobbejaan en plak dit toe mooi oor Oom Jackie se

foto in die koerant. Hy fotostateer die gewraakte dokument en plaas dit as naamlose brief in

'n koevert. Die koevert word toe aan die BO Kompol x302 geadresseer. Op die sesde vloer

aan die einde van die gang sit: kol Van Zyl, brig Jan du Preez en dan genl CF Zietsman.

Hulle drink almal saam tee. Genl Zietsman gee toe vir brig Du Preez die brief met die koevert

koevert en sê: "Kyk Jan, wat kry ek in die pos!" Brig Du Preez lag uitbundig en kol Van Zyl

stap op daardie oomblik in om sy tee te drink en verneem wat lag die manne die oggend dan

so lekker? Hy kry die koevert en inhoud by brig Du Preez en word net daar vreeslik kwaad -

wit van die woede! Hy gaan na speurhoof en verwittig dié generaal dat hy dadelik 'n

strafregtelike injuria saak gaan open en hy gaan die saak self ondersoek!

Hy neem toe Kompol X302 op horings. Maj Johan Pieters, kapt Heymans en luit Herman

Koegelenberg - Namakwalander daar van Kammieskroon - staan in ’n ry voor die Kolonel.

Hy gluur ons aan en intimideer ons - ek moet erken dat hy my sterk verdink het! (Wie kon

hom nou blameer? Veral as my bewese rekord vir kattekwaad te Kompol x302 in berekening

gebring word.) Terwyl die verbale marteling voortduur storm Oom Ampie by hom in en gooi

'n legger op sy tafel neer en die twee olifante begin stry en voor die gras vertrap word raai ek

toe my twee kollegas vriendelik aan, dat ons maar takties moes verkas! Ek hoor nog Oom

Ampie erken dat hy die skuldige is!

Die volgende oggend is daar kalmte in Veiligheidshoofkantoor. Ek dag "Nee", dis darem te

stil!! Ek suiker toe op na kol Jackie se kantoor. Ek klop. "Binne" en ek stap in en die Kolonel

loer vir my beskuldigend oor sy bril. Nadat ek gegroet het, deel ek die Kolonel formeel mee

dat ek sy gedrag aan die Kommissaris gaan rapporteer omdat hy my berispe het en dit nogal

voor ’n luitenant terwyl ek onskuldig is!

Ek sien Oom Jackie is nie lus vir moeilikheid so op sy aftrede nie en 'n glimlag verskyn op sy

ou streng gesig: "Ag Ou Heymie man, ek het net 'n ou grappie gemaak!" Net voor sy aftrede

het hy bevordering na die rang van brigadier gekry en was hy vir baie jare die raadslid vir

Pretoria-Noord. Hy het altyd kontak met sy ou kollegas behou. Hy is so paar jaar gelede

oorlede. Brig Ampie Kotze leef nog en woon daar in George se wêreld, aldus genl Westraat.

14. NETWERK & “KOM ONS ONDERSTEUN MEKAAR”

14.1 Terugvoer: Willie van der Merwe het aangebied om brig Len van Rensburg – daardie unieke

speurder - se manuskrip vir my af te tas!! Hy sê dis baie interessant. Die m/s beslaan meer as 400

folio’s netjies geskryf. Ek wil graag die m/s terug besorg aan die Brigadier. Een of ander tyd sal ek die

Page 32: Police gazette 1-10

m/s deurgaan en dan kan ons kyk of ons dit kan publiseer – al is dit slegs vir die kultuur-historiese

waarde daarvan! Oom Pieter Swanepoel vir u sal ek ’n afdruk gee.

14.2 Ek is in besit van ’n aantal ou negatiewe van die SAP se motorfiets-manne in Abbesinië - ek

weet s/a/o Bill Joyner, sers Folscher, konstabels Cox en Mickey Dillon was daar. Die negatiewe is

afkomstig van Maureen Dillon van Van Reenen. Is daar ’n vriend wat asb kan help om die foto’s op

‘n rekenaar af te tas. Die foto’s is ongeveer, in die ou taal, ongeveer drie duim x twee duim.

14.3 Het iemand raad? Ek het ’n verhaal deur ’n getuie van die moord op konstabel Gold (SAP-

brigade) tydens WO2 in ’n Duitse krygsgevangenekamp. Die verhaal is in hoofletters getik. Wie kan

my asb help om die verhaal in gewone skrif om te sit? Ek het ook ’n foto van konst Gold se graf in

Duitsland maar kan nie die verhaal so met hoofletters publiseer nie. (Tot dusver weet ek van twee

lede van die polisiebrigade wat koelbloedig vermoor is, die ander een is Piet Zulu te Tobruk – voor

die oë van sers Folscher van die polisie-brigade.)

15. VOLGENDE UITGAWE: 15 Augustus 2010

16. SLOT Stuur asb u artikels en briewe vroegtydig in voor Woensdag asb. Stuur sommer u foto

saam! Ons wil mos sien hoe die kolleags lyk/gelyk het.

Indien u dit nie die koerant wil ontvang nie – laat ook asb net weet! U kan hom ook op Facebook

lees kontak ons argivaris: Marius Avenant.

Groete / Greetings Saluut/ Salute

U wabestuurder en wyksersant – Your Van Driver & Section Sergeant:

© 2010 - Hennie Heymans No 43630(B).