Police Gazette 1-16
-
Upload
hennie-heymans -
Category
Documents
-
view
328 -
download
14
description
Transcript of Police Gazette 1-16
1
THE POLICE GAZETTE
Un-official Newsletter for
SAP-Veterans Vol 1 No 16
siekoerant
DIE POLISIEKOERANT
Nie-amptelike
Nuusbrief vir SAP-Veterane
This newsletter, although originating from the Republic of South Africa is not in any way an official
mouthpiece of the former South African Police Force. This newsletter is the voice of police veterans, their dependents and their family and friends. PLEASE NOTE that the opinions expressed in this
newsletter are not necessary the opinion of the EDITOR. Names of the persons submitting articles,
photographs or letters are shown.
Lees gerus wat u wil lees en ignoreer dit waarin u nie belangstel nie!
Versprei asb na hartelus! Please spread as you desire!
Redakteur - Hennie Heymans – Editor
Posbus/PO Box 11704, Queenswood, 0121.
Argivaris: Marius Avenant: Archivist
Stellenbosch
1. WELKOM / WELCOME
Wees hartlik gegroet hier vanuit die hoofstad van Suid-Afrika, waar stoomenjins nog lekker
in die jaar 2010 stoom. Die foto is geplaas net om ons ou spoorwegpolisiekollegas met
nostalgie te vervul! Dinsdag by Rovos pragtige foto’s geneem. Die drywer is ingevoer van
Zimbabwe. Ongelukkig is misdaad ook vol stoom aan die gang – een ons gaste se motor het
Dinsdag deurgeloop hier voor die huis. Die battery is uit die motor gesteel gesteel terwyl ons
vleisgebraai het. Ons het ‘sekerheid’ wat met yslike wapens in die straat loop en soms kom
die patrolliewa hier verby! Gelukkig is my buurman, die president van Suid-Afrika, knus
agter sy R80miljoen heining. In Genl During se jong-dae het die SWE ’n gereeld ’n punt
gemaak op die h/v Tom Jenkins en Russellstrate. Petro het dan altyd afgejaag met
2
toebroodjies en koffie vir die ‘arme’ konstabel.
2. OORDENKING / MEDITATION Hierdie week se oordenkings is aan ons gestuur deur Koot van Schalkwyk:
• KEN DIE HERE IN ALLES WAT JY DOEN EN HY SAL JOU DIE
REGTE PAD LAAT LOOP (SPREUKE 3:6)
• WERP AL JULLE BEKOMMERNISSE OP HOM, WANT HY SORG VIR
JULLE (1 PETRUS 5:7)
• VERTROU OP DIE HERE, HY SAL SORG (PSALM 37:5)
3. LIEF EN LEED / LOVE, HAPPINESS & SORROWS
3.1 AFSTERWE/ DEATHS Geen berigte ontvang nie!
3.2 Amptelike Siekboek / Official Sick Book
Sterkte word die wat ongesteld us toegebid!
3.3 Verjaarsdagwense / Birthday 23 September: Hilton Drury
4. SAP 55 VERMISTE PERSONE / FRIENDS MISSING AND FOUND!
4.1. Deon van der Merwe: Dana, ek sien in die Polisiekoerant iemand soek na Percy
Hartzenberg. Hier is sy telefoon nommer 051-4333381 sy seun is in bevel van Welkom
Motorhawe, hy is lt-kol Hartzenberg. Dankie Deon vir hierdie inligting – Dana Kruger.
5. POLICE PERSONALITY OF THE WEEK: “Manie Odendaal”
POLISIE-PERSOONLIKHEID VAN DIE WEEK: JOHANNES
HERMANUS ODENDAAL: (Beter bekend as “Manie” soos afgelei uit sy naam Hermanus.)
Manie is te Vrede gebore en het groot geword in die Memel-distrik. Sy ouers het in die
Memel-distrik geboer. Toe Manie 8 jaar oud is, besluit sy pa om transportwerk vir die boere
in die distrik te doen. Sy vader is vir 25 jaar die burgermeester van Memel. Elektrisiteit en
water is onder sy beheer in die Memel distrik aangelê. Manie was tot standerd 8 op Memel op
skool.
Op die 5 de Februarie 1959 het Manie te Memel in die Suid-Afrikaanse Polisie aangesluit en
dadelik na die polisiekollege in Pretoria vir sy opleiding as polisieman. In die kollege was hy
in troep 83 met magnomer 36510, later 36510B. Hy het 6 maande opleiding ondergaan. Op
die 2 de Augustus 1959 is hy na sy polisie-opleiding na Cato Manor, Durban, verplaas. Dit
was Manie se eerste standplaas en het onmiddelik diens op die opruimings-eenheid verrig.
Die opruimings-eenheid het uit ongeveer 20 lede per skof bestaan.
3
Op 22 November 19591 het hy
oggendskof gewerk en om 13:00 van
diens rapporteer en die volgende
aflossing by hulle oorgeneem het. Sy
kamermaat ene konstabel Kunneke was
een van die afloslede. Manie en van die
lede het by die Wentworth
polisiekaserne gebly. Ander lede het
weer in die Mayville polisiestasie se
kaserne gebly. Om ongeveer 14:45 het
die opruimings-seenheid te Boothstraat
in Cato Manor geopereer toe hulle deur
oproeriges tussen die plakkershutte
aangeval en vasgekeer was. Die
opruimings-eenheid het net 'n opruktrok
en patrolliewa gehad en die bestuurders
wat ten tye van die voorval in die
voertuie was moes die gebied inderhaas
verlaat toe daar totale gaos geheers het.
Sou hulle daar gebly het was hulle ook
slagoffers van die wrede aanvalle deur
die oproeriges. Daar was 5 swart en 5
blanke lede te voet in die plakkerskamp
toe hulle aangeval was. Ten tye van die aanval was al 5 die swart lede en 4 blanke lede wreed
vermoor en die 5de blanke lid ene konstabel Smit, was ook ernstig beseer en vir dood agter
gelaat. Die lede wat die dag gesterf het is:2
119702 2/ Sersant K Buhlalo
36446 Konstabel CPJS Rademan
35490 Konstabel GJ Joubert
36496 Konstabel LW Kunneke
34624 Konstabel CC Kriel
133633 Konstabel P Jeza
130543 Konstabel F Dhludhlu
134706 Konstabel M Nzuza
136349 Konstabel P Mtetwa
Manie onthou dat hulle alreeds afgelaai was by die kaserne toe hulle inderhaas opgeroep en
na Cato Manor gebied vervoer is. Daar was egter niemand deur die polisie lede gedood nie
maar heelwat van die oproeriges is egter deur die polisielede gewond wat vir hulle lewe
geveg het alvorens hulle oorweldig en vermoor is. Vir enkele dae na die voorval was
gewonde persone nog opgespoor. Daar is ongeveer 60000 inwoners in die Cato Manor gebied
woonagtig gewees en die plakkershutte het polisiering bemoeilik deurdat daar feitlik slegs te
voet in die gebied beweeg kon word. Die omstandighede het oor die jare nie verbeter nie en
groot dele van Cato Manor kan vandag nog net te voet gepolisieer word.
Met die aankoms van addisionele polisie en weermag lede was die skare nogsteeds in die
gebied maar het daar nie verdere voorvalle tussen die polisie en inwoners plaasgevind nie.
Daar was ondermeer twee Saracens te Cato Manor op die toneel ontplooi. Die polisielede het
1 Dippenaar, 1988 p 237 verstrek 23 Jan 1960; Barnard (1967:77) verstrek 24 Jan 1960 as die datum. 2 Amptelike verslag: mev Marlene Swanepoel, SAP Museum, en hier word die datum as 24 Jan 1960 aangegee.
4
in groot getalle in die gebied beweeg om na die 10 lede wat aangeval was te soek. Die groep
polisie lede wat aangeval was, was egter opgebreek en die lyke was op verskeie gebiede
opgespoor ... 'n aanduiding dat hulle moes gevlug het nadat hulle, hulle nie meer met hul
vuurwapens kon beskerm nie.
Manie vertel dat hy op 'n lyk afgekom het wat so wreed vermink was, dat hy die lyk nie kon
uitken nie. Daar was nie 'n plek op sy liggaam waar daar nie 'n steekwond was nie ... die
oproeriges het toe 'n groot klip geneem en dit op die kop van die oorledene gegooi wat sy
skedel verbrysel het en identifikasie bemoeilik het. Manie vertel verder dat hy die oorledene
se hempsak deurgegaan het vir sy aanstellingskaart en selfs die kaart, het 'n aantal steek
wonde deur gehad. Hier het hy met skok vasgestel dat die erg verminkte lyk die van sy
kamermaat , konstabel Kunneke was. Die wreedheid van die aanval op Manie se kollegas die
dag het 'n groot impak op die jong Manie gehad. Die weermag se taak was om 'n kordon om
die hele Cato Manor gebied te gooi , terwyl die polisie met hul ondersoek besig was. Die lyke
is eers later verwyder. Die tiende lid – konstabel Smit was lewendig, maar erg beseer
opgespoor en was die enigste lid wat die aanval oorleef het. Konstabel Smit was sodanig
beseer dat hy medies uit die polisie ontslaan is. Hy kon nie eers getuienis in die hof gee nie
omrede hy na die aanval feitlik nie meer logies kon reflekteer oor die insident die betrokke
dag nie. Om ongeveer 20:00, na die dag se gebeure, is Manie weer terug geneem na die
kaserne te Wentworth. Die saracens was met groot soekligte op, om die Cato Manor gebied
ontplooi, wat in die aande die hele gebied met die soekligte verken het deur dit oor die gebied
te skyn om die gebied te fynkam vir moontlike aanvalle op die polisie/weermag. Daar het vir
dae nog sporadiese aanvalle op die polisie in die gebied plaasgevind. Dit het gelei dat daar
opdrag gegee was dat die inwoners van die gebied verwyder en elders verskuif moes word en
is alle plakkershutte afgebreek en verwyder. Inwoners was ondermeer na Inanda en
Kwamashu verskuif. Verdere opdragte was van SA Polisie hoofkantoor uitgereik dat alle
polisiebeamptes onder die ouderdom van 21 jaar van Cato Manor verplaas moes word en is
die jong Manie vroeg in 1960 na Overport polisiestasie verplaas en het ook toe daar in die
kaserne gebly. Hier het hy hoofsaaklik voetpatrollie dienste verrig en is toe in 1961 na
Umbilo polisiestasie oorgeplaas. Hier het hy ondermeer aanklagtekantoor dienste verrig
asook patrolliewa bestuurder en voetpatrollie dienste verrig. Ten tye van sy dienste aldaar
was hy weer na die Wentworth polisiekaserne oorgeplaas. Later die jaar (1961) was hy na
die radiobeheerstasie te Ridgeweg verplaas en het hier diens as bemanning en bestuurder
verrig.
Terwyl Manie by radiobeheer gestationeer is, is sy bevelvoerder hoofkonstabel Diedericks na
die Berea polisiestasie verplaas as luitenant en het hy versoek dat Manie en van sy goeie
werkers te Radio oorgeplaas word na Berea. Hierdie optrede sou luitenant Diedericks baie
help want hy wou toesien dat sy suksesse by Berea goed daarna sal uitsien. Maar die jong
Manie het egter aansoek gedoen om 'n ruilverplasing en was sy aansoek alreeds goedgekeur
na Heilbron. Die verplasing sou egter nooit uitgevoer word nie omrede die bevelvoerder van
die Durban honde-eenheid , sers. Piet van Rooyen3, Manie genader het met die versoek om na
die honde-eenheid oorgeplaas te word , vanwee sy suksesse. Manie het egter nooit aansoek
gedoen nie en is net verplaas. Hy het sy opleiding as hondegeleider in die hondeskool
gedurende Pretoria deurloop in 1963.
Na sy opleinding as patrolliehondgeleider is hy terug verplaas na die Durban radiobeheer en
3 Hy was in die omgang as “Peter” bekend, hy het ‘n groot swart hond gehad - HH
5
is die polisiehonde by die Overport polisiestasie gehuisves.
In 1967 word Manie bevorder na sersant en verskuif die honde-eenheid na Cato Manor
polisiestasie. In 1972 word hy tot die rang van adjudant-offisier bevorder. Hy het toe in
opdrag van luit. Hennie Meyer wat toe die bevelvoerder was opdrag gegee om 'n dwelmhond
D9 Chris vir 'n tydperk van drie maande onder sy bekwame hand te neem en moes toe aan
die destydes bevelvoerder van SANAB (kapt Basie Smit) bewys dat die dwelmhond 'n rol het
om te speel in die opsporing van dagga. Hulle het gereken dat vanweë Manie se goeie
suksesse hy instaat sou wees om te bewys dat die dwelmhond wel 'n rol het om te speel by
die opsporing van dwelms. Manie het ingestem, maar het egter versoek om nog steeds sy
patrolliehond te behou. Hy het ook gesê dat sy eerste verantwoordelikheid sou wees om sy
patrolliehond aan te wend , die daggahond sou egter sy tweede verantwoordelikheid wees.
Hy het geag dat dit slegs vir 3 maande sou wees, maar het met die hond gewerk vir bykans 4
jaar toe die gekeur word vanweë sy ouderdom. Sy patrolliehond A 121 Prince waarmee hy
uitpasseer het in die hondeskool en Manie het egter gou 'n gedugte span gevorm en so getuig
die aantal koerant uitknipsels. Verskeie ernstige misdadigers is deur die 2 aangekeer. Die
twee verwerf die Eric Gordon wissel trofee vir eerste bylae arrestasies 8 keer. In 1967
verwerf Manie en sy hond A121 Prince 'n medalje en word die medalje op 'n parade te
Kingspark rugbystadium aan die polisiehond oorhandig. Die voorval was die eerste voorval
waar 'n polisiehond 'n medalje ontvang het.
Na die dood van Prince vanwee hoë ouderdom lei hy vir Jungle op as patrolliehond. Jungle
het een aand 4 verdiepings van 'n gebou se dak gespring het toe hulle 'n misdaad toneel
besoek het. Die hond het egter die insident oorleef maar is toe later deur 'n veearts uitgesit
vanwee sy beserings wat hy ten tye van die voorval opgedoen het. Manie was ook ten tye van
die voorval nog met dwelmhond D9 Chris uitgereik toe die ook gekeur word vanwee sy
ouderdom. Manie is toe na die Hondeskool om dwelmhond Amor te gaan haal om mee te
werk. Met sy aankoms te Durban was die hond van hom weggeneem a.g.v. die feit dat hy toe
alreeds as luitenant bevorder is . Hy het toe as diensoffisier te radiobeheer gewerk. Hy het toe
in 1979 'n patrolliehond Duke gekry en is hy die Newcastle honde-eenheid verplaas as
bevelvoerder. Hier het hy vir 3 jaar diens verrig as bevelvoerende offisier en het in die
kaserne gebly. Sy vrou en kinders het in Durban agter gebly en was nie begerig om na
Newcastle te verhuis nie. Daarna is hy terug verplaas na Durban honde-eenheid maar het toe
nogsteeds as diensoffisier met sy hond te radiobeheer gewerk. Later was sy hond Duke
onttrek . Hier word hy toe bevorder as kaptein en aangestel as die bevelvoerder van
radiobeheer Durban. Later word hy weer oorgeplaas na na distrik 46 Durban Sentraal
oorgeplaas na die tugverhoor en siviele sake afdeling. Met sy bevordering na majoor word
hy terug verplaas na die radiobeheer Durban as bevelvoerder. Hier is hy later as luit.-kol.
bevorder en tot en met sy mediese ontslag op 1 April 1993 in die hoedanigheid as
bevelvoerder van radiobeheer.
Manie Odendaal is op 12 Desember 1964 met Lorna Humpfries getroud en het geen kinders
nie.Hy het wel 'n stiefseun Edward Magic. Beide Manie en sy vrou Lorna het hulle self in
Hillcrest gaan vestig waar hulle nog gelukkig saam hul ou dag geniet...
Sterkte Manie en Lorna ... mag julle nog vir jare gelukkig saam kan wees en dankie vir die
lekker kuier daar by julle. Daar is gepraat en gepraat en na albums gekyk. Manie het werklik
'n kleuryke loopbaan in die SA Polisie gehad en het al die bewyse daarvoor ... verewig in
nuusberigte in vele albums....
6
Manie Odendaal , ons SALUEER jou. Jy is 'n ROL MODEL van hoe 'n polisieman die
gemeenskap moet kan dien. Vele misdadigers is deur jou en jou polisiehonde aangekeer en
uit die samelewing verwyder. Jy het die leuse van die SUID – AFRIKAANSE POLISIE
gestand gedoen - ONS BESKERM EN ONS DIEN. Onderhoud gevoer deur Dana Kruger,
2010-08-14
• Baie dankie Dana! Ou Manie Odendaal was werklik ‘n yster. My Vader en ek het vir
Manie goed geken. In daardie dae het die Honde-eenheid baie roem verwerf. Manie
en Prince (so geel hond) het baie goeie werk gedoen. As ek reg onthou was Peter se
hond se naam “Beauty”. Durban was ’n polisieman se paradys!
6.0. PERSOONLIKHEDE / BIOGRAFIESE WOORDEBOEK
6.1. Henry Lotter SAP-Bokser – geen nuwe inligting ontvang nie.
6.2. No 39337 MJ “Matty” van der Merwe [Troep 38: 1961] Hennie, Dis vir my ‘n voorreg om vir jou te sê wie is Matty van der Merwe!
Matty is (was) ‘n polisieman in murg
en been. Hy wou reeds op 15 jarige
ouderdom, na sy st 8 op skool, by die
polisie aansluit, maar omdat hy te jonk
was, moes hy wag totdat hy 16 word.
Vir die volgende 3 maande het hy by
sy pa by die Natalse Paaie
Departement gewerk tot sy 16 de
verjaarsdag. Na sy opleiding in 1961,
magsnommer 39337 en in troep 38,
moes hy in die hof werk omdat hy nog
nie 18 was nie en volgens wet nie ‘n
vuurwapen kon dra nie. Daar het hy al
sy hof kennis en prosedures geleer, die
dag toe hy 18 word het hy by die Distrikskommandant gaan aanmeld sodat hy ‘n vuurwapen
kon kry om te kon “beat” stap. Sy werk as polisieman was vir hom belangriker as om
bevorderingseksamens te skryf. Hy het altyd grapsgewyse gesê: “Ek is eerder ‘n slim
Adjudant Offisier, as ‘n dom Luitenant! Hy het egter nadat ons getroud is, geskryf Sersant
toe en geslaag, na vele probeer slae, dit natuurlik voor my tyd. Jare daarna het hy vry
bevordering gekry Adjudant-Offisier toe. Hy was op verskeie stasies in die Pietermaritzburg
wyk gestasioneer, toe op Vryheid na sy her-indiensneming. In 1966. Ek was ‘n tikster by die
destydse Distrikskommandant se kantoor waar ons ontmoet het en is ons toe getroud in
1969. Ons word na Gluckstadt verplaas in 1970, na Ngome in 1973, terug na Vryheid in
1976. Hy was lank ‘n speurder te Vryheid, het diens gedoen by die veediefstaleenheid
Vryheid, en was ook vir 7 jaar Stasiebevelvoerder op Emanguzi, by Kosibaai. Al hierdie
standplase is in die Vryheid distrik. Emanguzi was seker die stasie waar ons die gelukkigste
was van al die buitestasies waar hy diens gedoen het. Matty het genl Van der Merwe ontmoet
op Kosibaai tydens ‘n uitstappie wat hy saam met die Veiligheidspolisie van Ndumo gehad
het - op Kosibaai met die polisieboot. Matty is weer terug verplaas na die
veediefstaleenheid te Vryheid, in 1993. Toe hy die skrif aan die muur sien in 1994, het hy
met vroeë pensioen gegaan op 50 jarige ouderdom, met 34 jaar diens. Ons woon sedert 1993
op ‘n plaas wat ek sedertdien van my oorlede vader geërf het. Hy is sedert 1994 ‘n lid van
die Bond van Oud-Polisiebeamptes en is dan ook in 2010 gekies as Voorsitter van die Vyheid
7
(Noord Natal) Tak. Hy is ook vol kwaaijongstreke en sal nie ‘n kans om iemand ‘n streep te
trek laat verby gaan nie. Matty van der Merwe het net een pad geken en dit was die reguit
pad, geen afdraaipaaie, kort paaie of om paaie, vir hom nie. Daar is net die eerlike pad na
geregtigheid en so is ons drie seuns ook opgevoed! ‘n Man na wie jong polisiemanne en
lede van die gemeenskap kan opsien! Dis my storie in ‘n neutedop - Rita van der Merwe.
• Baie dankie! Ons moet eerlik wees; dis manne soos Matty van der Merwe wat die ruggraat van die Mag is! Hulle is die deurwinterde manne wat die wet en die reg
proefondervindelik leer ken en ervaar het! Sonder sulke manne beteken ‘n Mag eintlik
niks! Dis die manne wat as rolmodelle dien en die “younsters” rig! Die polisie
benodige vandag 4 000 sulke Manne as adviseurs en die Mag is weer klop-
disselboom! Saluut!
7. AANGELEENTHERDE WAT ONS DIREK RAAK:
7. POLICE VETERANS’ VESTED INTERESTS
7.1 Die SAP Liefdadigheidstrust Ons het die 11de September 2010 bymekaar gekom te Hoffenheim vir ons jaarlikse
skaapbraai en sommer om ook fondse in te samel vir die oud-SAP-lede Liefdadigheidstrust.
Die braai was baie aangenaam. Die Trustee’s het vir genl Mike Geldenhuys ’n sertifikaat
oorhandig. So lui die sertifikaat:
Oud-SAP-lede Liefdadigheidstrust
NPO/NWO 06-532 / OWO/PBO 930023881
Leeftyd van diens aan die Suid-Afrikaanse Polisie en sy Lede
Huldebetoon aan die doyen van die ou-Suid-Afrikaanse Polisiemag
gerig aan
Generaal MCW Geldenhuys
SED, SOO & BALK, SD, OO, SOE
SALUUT
In dankbare erkentlikheid wil ons, die oudlede van die Suid-Afrikaanse Polisie wat vandag
hier by ons Oud-SAP-lede Liefdadigheidstrust se geselligheid byeen is, graag hulde aan
generaal Mike Geldenhuys, ons oudste oud-kommissasris van Polisie, bring vir sy
onwrikbare Geloof in ons Hemelse Vader, wat die Lotgevalle van Nasies en Volke bepaal,
wat as rigsnoer vir sy lewe gedien het, vir sy onbaatsugtige diens aan sy Gemeenskap, sy
Land en sy Polisiemag. Sedert sy attestasie op 8 November 1943 tot datum het generaal
Geldenhuys voorgeloop, deur sy uitmuntende diens en lojaliteit het hy ‘n voorbeeld aan alle
Lede gestel. Selfs na aftrede het hy die verskeie ledebelange van die SAP hom steeds besig
gehou. Hy is ook stigter van hierdie Trust. Sy disipline en toewyding, steeds op gevorderde
leeftyd sterk hom en die Mag tot eer.
Geteken te Pretoria hierdie 11de dag van September 2010
JV van der Merwe: Generaal
HPM de Villiers: luit-genl JH le Roux luit-genl A Geldenhuys:mev G Otto: kol
AJ Steyn: genl-maj: Sekretaris
8
Genl Geldenhuys het op sy beurt ’n sertifikaat aan genl Johan van der Merwe oorhandig met
die volgende bewoording:
‘n Leeftyd van diens en toewyding
Oorkonde aan die Laaste Kommissaris van die ou-Suid-Afrikaanse Polisiemag
Uitmuntende Diens aan die Suid-Afrikaanse Polisie en sy Lede
gerig aan
Generaal Johannes Velde van der Merwe
SSA, SOE
SALUUT!
In dankbare erkentlikheid wil ons, as oudlede van die Suid-Afrikaanse Polisie wat vandag
hier by ons Oud-SAP-lede Liefdadigheidstrust se geselligheid vergader is, hulde bring aan
generaal Johan van der Merwe, ons laaste kommissaris van die ou SA Polisie, vir sy
onwrikbare geloof in ons Hemelse Vader, wat as rigsnoer vir sy lewe gedien het. Sy
onbaatsugtige diens, nie net aan sy Gemeenskap, sy Land en sy Polisiemag nie, maar ook aan
ons lede word opreg waardeer. Sedert sy attestasie as lid van die Mag op 3 Februarie 1952 as
‘n 17-jarige junior-rekruut-konstabel tot datum, het generaal Van der Merwe “voorgeloop”.
Deur sy uitmuntende diens en lojaliteit het hy ‘n navolgenswaardige voorbeeld aan alle lede
van die Mag en die publiek gestel. As skrywer van die boek: “Trou tot die Dood toe” het hy
ook vele onderhoude aan die media toegestaan om ons saak en die van ons oudlede wat
nou weereens met hofsake getreiter word, bekend te maak. Sy volgehoue ywer, dissipline,
toewyding en loyaliteit teenoor ons oudlede word opreg waardeer.
Geteken en bevestig te
Pretoria hierdie 11de dag van September 2010
Generaal MCW Geldenhuys: Generaal: Voormalige Kommissaris
SED, SOO & BALKIE, SD, OO, SOE
7.1.2 Veiling van Boeke ten bate van die SAP Liefdadigheidstrust
Ons veil twee boeke op wat deur die outeurs geteken is.
Die eerste een deur Paul Els: They Conquer from Above ,
• Hennie Heymans het ’n bod van R260 op die 2de boek.
Die boek deur genl Johan van der Merwe: Trou tot die Dood toe ,
• Dana Kruger het ’n bod van R250 op die 2de boek!
7.1. 3 Sale of Books in Aid of the Trust: Really Inside
Boss – PC Swanepoel The following appears on the back cover:
"During the course of our stay in the game reserve I took the
opportunity to ask the PM. some searching questions. What I
wanted to find out was what actually happened in a meeting of the
cabinet...Mr. Vorster preferred to answer my question with a
description of what happened in cabinet meetings when Dr.
Verwoerd was PM. ..."
9
P.C. Swanepoel was transferred to the Special Branch of the South African Police in January
1952. He was to spend the next 32 years as a full time member of South Africa's Security and
Intelligence Services.
He describes the origins of the Service, the mystery surrounding the financing of the first
attempts to launch an armed struggle against the National Party government, the controversial
accounts of the Smit murders and the assassination of Dr. Verwoerd, the role played by the
CIA in the battle against apartheid and numerous other subjects.
"The book is a welcome addition to the literature on the murky battle between security
agencies and liberation movements. For far too long the allegations against BOSS and its
successor have been uncritically accepted. For the first time we have someone really from the
inside of BOSS telling his story from his side’s perspective." Herman Giliomee: The
Afrikaners: Biography of a People, University of Virginia Press, 2003.
• Five copies are left, signed by the author and available from Hennie Heymans at R50-
00 each. All proceeds to the Trust. A photo of the book appears under the heading;
The Library.
• Walter Vokler het een boek gekoop en een laserskyf gekoop en donasie gemaak R80-
00. Daar is nou vier boeke oor!
7.4. Vraag: Medaljes nie ontvang of toegeken, wat nou? • Is there any serving officcer who can offer advice regarding medals not to issued to
(former) members of the SA Police who qualified for their medals?
7.5 POLMED: MAJOR MARK BOYLE
• Sorry, Major Boyle no comments were received.
8. POLISIE-GESKIEDENIS / 8. POLICE HISTORY
8.1. 1960: PONDOLAND ONLUSTE – Ron Aylward. My suiker-gordyn is 'n bietjie dig op hierdie punt, maar ek dink dit was so in die omgewing
van 1960 toe ek 'genader' was om te Kokstad as klerk te gaan werk vir die Onluste Eenheid.
Ek het 'ingestem', en het alles in die Baai net so gelos en laat staan, en die pad gevat na
Pondoland. Dit blyk steeds niemand weet verseker of Kokstad in die Oos-Kaap of Suid-
Natal geleë is nie. 4 Sy registrasie was CCW, maar - .
Die Onluste Eenheid (algemeen bekend as die "Mobile Unit" en nie soos te wagte; die "Riot
Unit" nie) was op daardie tydstip te Bizana gepos, en het regdeur die hele ou Transkei-
gebied opgetree. Luitenante Hennie de Wit5 en Dries van Tonder was aan die stuur van sake
op Bizana, en hulle het dan persoonlik of telefonies verslag gedoen aan die DK te Kokstad6.
Ek moes dan die handgeskrewe stukke omskep in getikte briewe wat deur die DK geteken
kon word. So moes ek ook al hul aanvrae en Reis-en-Verblyf eise uitmaak, reel vir buite en
binnebande vir hul Land Rovers, en al daardie goedjies waarmee klerke te doen kry wanneer
4 Kokstad is in Oos-Griekwaland, landdros-distrik Mt Currie. Na die onafhanklikheid van die Transkei is die
gebied Kokstad, Matatiele en Cedarville na Natal Provinsie oorgeplaas om administrasie te vergemaklik – HH. 5 Generaal HG de Witt & genl-maj AG van Tonder - HH. 6 Die DK in daardie tyd was majoor NG Loxton – HH.
10
'n klomp manne bymekaar getrek is, tesame met al hul beserings en skete en pyne. Die
manne het in tente gewoon en het hoofsaaklik vir hulself voorsien. Ek het gewoonlik
aandete by die hotel genuttig toe ek op Bizana gebly het, en het ‘n vermoede dat daardie etes
deur die staat gesubsidieer was.
Ek het 'n kamer in die 'Top-kamp' op Kokstad gehad, waar ek op naweke ontspan het deur te
lees en by geleentheid my self vermaak het deur kitaarspel en met sing so op my manier (iets
wat ek op die Bek-en-Klou Kordon aangeleer het en wat ek by geleentheid op AKPOL aande
in die Baai beoefen het onder aansporing van Sers CJW du Plooy7). Ek was nooit 'n
wafferse 'expert' nie, maar Kokstad se meisies het daarvan gehou, en dit was goed genoeg vir
enige eensame outjie ‘affie’ Baai! (Elke ou wou mos so effens ge-‘Elvis’ het). Toe ek later
'n 1958 Volksie aanskaf was ek werklik 'een vanie top-manne' op Kokstad (Groot glimlag
soos 'n kat...). Sers. Els van die DK-personeel het hard probeer om my in te trek by die kerk-
koor, maar ek het te veel 'gesukkel' met die stemme. (Ek is in 1965 getroud met een van
daardie meisies van Kokstad. Ek het ook toe Anet vd Merwe voorgestel aan konst HPJ
Meyer (later genl-maj by Kompol X302) en hulle is mettertyd getroud!).
Die beslommernis met verslae aan die DK en alles wat daarmee te make het, het daartoe
aanleiding gegee dat ek later oorgeplaas is na Bizana, vanwaar verslae toe regstreeks met
hoofkantoor bevorder is, met afskrifte wat aan die lokale geeste versprei is. Dit het regtig
ook my draadjie geknip mbt my vryery onder die meisies van Kokstad. Op Bizana het ek 'n
'kantoor' in 'n tent gehad waar ek direk met die korrespondensie kon spook sonder dat ieder
en elk soos op Kokstad probeer voorskryf het. Later het 'n konst. V Niekerk by my
aangesluit om te help met die groeiende werkslas. (Ek het hom baie jare later weer te
Walvisbaai in die ak raakgeloop).
Ek was ook aangesê om die sersant en die hoofkonstabel se Land Rover te bestuur op
patrollies. Daardie grondpaaie was verskriklik sleg, veral wanneer dit gereen het en die
busse die modderige klei tot 'n pappery getrap het. Hulle het seker gereken as iemand ‘n
Volksie oor daardie paaie regop kon hou, moes hy kon bestuur!
Op 'n goeie dag moes ek my twee gewone passasiers na Flagstaff vervoer vir 'n vergadering.
Die pad was weereens gladder as seep. Teen 'n steil helling af het ek in laagste rat beweeg
toe die sersant skoon uitasem van angs sê dat ek na vier-wiel aandrywing moet oorskakel. Ek
het so kalm moontlik aan hom verduidelik dat met die laagste rat slegs op die agterste wiele
sal die gewig van die voertuig ons reguit na vore trek ipv om rond te gly met vier wiele wat
eweveel ingrawe en dus skaats op die modder. Toe ons onder in die leegte kom, het ek
toegelaat dat die momentum ons saggies teen die wal stuit, oorgeskakel na vierwiel en stadig
teen die anderkantste helling uitgeklim sonder probleme, en sonder dat die voertuig 'n enkele
skrapie opgedoen het. As daardie twee maar geweet het hoe ek innerlik gesweet en gebewe
het, sou hulle nog erger vasgeklou het. Ek was gelukkig nooit ‘n vreesbevange mens nie –
meer ‘Come what may, what the hell’ - op die Ierse, rebelse manier.
Ek het op verskeie patrollies saamgegaan wanneer daar 'n blaaskans op kantoor was en het
meegedoen aan die deursoeking van hutte vir vuurwapens. Hierdie 'vuurwapens' was
tuisgemaak en het op dieselfde manier as 'n ou voorlaaier gewerk, met potskerwe vir koeëls.
Iemand het my vertel dat, met die slag by Nqusa-hill, hulle mooi dopgehou het vir
7 Brig Neels du Plooy - HH
11
rookdampe sodat hulle betyds kon wegduik terwyl die potskerwe met 'n 'woeerrrr'-geluid bo-
oor gesuis het. Ek was nie self by daardie voorval betrokke nie. So ver my kennis strek was
daar nie veel van hierdie ANC-Classic kanonne opgespoor nie. Dit was van gewone staal
waterpyp gemaak met of sonder 'n kolf. Sommiges het 'n bykomende laag staal agter oor die
plofkamer gehad, wat vir my beperkte verstantjie sê dat daar êrens redelike kundiges was wat
raad gegee het, indien nie daad ook nie. Na die aksie het hulle bloot die ‘pyp’ in enige
heining tussen die ander stokke en ander voorwerpe wat die heining gevorm het, ingedruk tot
volgende keer. Ek kan werklik nie eens raai wie die buskruid vervaardig het nie. Ek dink
daar het ses persone op die toneel gesterf en twee later in die hospitaal, en slegs een persoon
van ons manne was beseer, maar ek is nie seker nie. Ek het een nag by Bizana kliniek twee
taamlik ernstig verwondes opgepas ‘omdat ek nie op patrollie saam met die ander manne was
nie’, maar weereens in die kantoor gewerk het. Ek kon my egter nie daarop beroep nie omdat
dit in ‘n situasie kon ontwikkel wat spanning sou kon veroorsaak het tussen die kantoor en
die operasionele manskappe, maar die dienssersant kon seker meer diplomaties opgetree het.
Ek moet nog êrens 'n krale-hangertjie8 hê wat 'n klein dogtertjie vir my gegee het nadat ek
haar ouma opgehelp het toe sy by die deur van die hut gestruikel het, en haar ondersteun het
tot by 'n dikkerige stomp waarop sy kon gaan sit. Ek sal soek en indien ek dit kry sal ek 'n
afbeelding vir jou stuur.
By een geleentheid het ons by die heer Khotso9 se 'paleis' aangedoen terwyl ons in daardie
omgewing was. Die plek is geleë naby Lusikisiki op die pad na Flagstaff. Dit het bestaan
uit die hoofgebou met 'n klompie sekondêre geboue wat saam met die hoofgebou 'n soort
sirkel gevorm het, as ek nog reg kan onthou. Ons het so entjie van die geboue af geparkeer
en het te voet nader gestaan. Voordat ons kon binnegaan, moes ons eers by die ingang wag
sodat elkeen se skoene skoon gewas kon word voordat ons kon binne gaan. Hy moes seker
darem net aan hierdie spul platpote beduie dat hulle hul nou op sy ‘turf’ bevind, en hulle
moes kennis neem dat hy 'n man van aansien as toordoktor was. Sy woning het hoofsaaklik
bestaan uit 'n ronde gebou met 'n ontvangs gebied wat half rondom die binnekamers gestrek
het en wat in die kombuis vasgeloop het. Voor die kombuis se ingang was daar nog 'n deur
wat na die binneruim gelei het. Alles was onberispelik skoon en ordelik, met tafels wat al
om die binnemuur van die ontvangs lokaal gerangskik was met talle pragtige koppies van hoë
gehalte wat met fyn net bedek was, met borde, bekers, messegoed en servette. Die reuk
daarbinne was skoon en vars met net 'n titseltjie soetheid op die luggie - so asof dit van 'n
buitenste blomtuin af ingewaai het. Mnr Khotso was eers nie teenwoordig nie, en sy dames
het ons met eetgoed en tee bedien. Na 'n ruk het Mnr Khotso binnegekom en het hy baie
vriendelik elkeen se hand geskud en het hy ons so bietjie deur middel van 'n tolk ingelig
m.b.t. sy opset. Hy het groot landerye besit waarin hy 'n verskeidenheid standaard gewasse,
asook sekere medisinale plante gekweek het, met behulp van sy pasiente wat in elk geval nie
die geld gehad het om te betaal vir sy sorg en ‘hospitalisasie’ nie. Hy het ons ook sy kluis
gewys, waar daar 'n aardige hoeveelheid versamelstukke, medisyne en geld van 'n
verskeidenheid denominasies en oorsprong, en wel ook 'n hoeveelheid Kruger ponde was!!
Net buite Kokstad is daar ook 'n redelike groot opstal, vergelykbaar met die op Lusikisiki,
wat aan hom behoort. Hy het ook ‘n besoekerslys bygehou wat ons ook versoek was om in
aan te meld, waarin ek ‘n verskeidenheid van die groot geeste van ons land, asook
buitelanders se aantekeninge gesien het. Ek was nogal heel beindruk met dit wat ek
waargeneem het op hierdie besoek.
8 Stuur gerus ‘n foto! – HH. 9 Dr Khotso het ook ‘n paleis te Kokstad gehad – sodra jy oor die spoor gaan, regs! Groot wit geboue – HH.
12
Ons was eendag op pad na Holy Cross oor Lusikisiki. Voor ons het ons gids die pad
aangewys. Ek dink hy was konst. Serfontein. Die kronkelende pad was steil, uitgetrap en
met baie diep modder. Ek het effens teruggehou om die gids genoeg ruimte te gee om te
manufreer op die skaatsbaan. Links van ons het 'n diep afgrond gegaap. Die manne agter in
ons voertuig het gelyktydig na links oorgeleun om die afgrond te bespied, wat natuurlik ons
voertuig skoon van balaans gegooi het sodat dit na links geswenk het - in die rigting van die
afgrond! Die manne het soos een uitgespring en onmiddelik die Land Rover baie ligter
gemaak sodat ek weer volle beheer kon kry op die klipperige skouer van die pad –
sentimeters van die dieptes af. Voor ons het die gids se voertuig byna reg rondom gegly en
moes ek eers baie stadig tot stilstand probeer kom totdat hy weer kon reg draai en ons verder
kon gaan. Die Hoofkonstabel het 'n klipharde sug geslaak, maar die Sersant het stilgebly
asof hy klem in die kaak gehad het. Ek kon egter niks agterkom nie.
Ek het die manne laggend en met 'n knipoog uitgeskel vir bang-gatte, en hulle versoek om
asseblief nooit weer in die modder die balaans so te versteur nie. Hulle het goedig terug
gespot en een het gevra of ek gaan kom help klere was! Ek het geantwoord dat ek eers my
eie het om na om te sien. Die sersant het net diep agter in sy keel ‘n gromgeluid gemaak –
ek wonder of hy daardie nag sy ooglede kon sluit nadat hulle so ver oopgesper was! Hy het
egter nie oorgeklim na ‘n ander voertuig nie.
Ons kon gelukkig sonder enige voorval verder gaan met die patrollie, en uiteindelik veilig
terugkeer na die basis op Bizana. Groetnis, Ron
Aylward.
8.2 POLISIE GEDENKTEKENS
8.2 POLICE MEMORIALS: Natal
Police Alexandra Rd Pietermaritzburg
8.3.1 Bergendal: The History: Peter Wood BHA Peter Wood of the Boksburg Historical Association [BHA] sent in the following:
In late August 1900 seventy four men from the Johannesburg ZARPS under Commandant
Philip Oosthuizen were ordered by General Louis Botha to hold the rocky ridge at Berg-en-
Dal, west of Dalmanuatha on the Pretoria - Komatipoort railway line.
British General, Walter Kitchener (not the Field-Marshall Kitchener of Khartoum) ordered
Colonel Metcalfe of the Rifle Brigade to take the ridge by assault. Forty British guns started
firing at the ridge on the morning of 27th August, poring in what was possibly the heaviest
bombardment of the war. ZARPS were showered by rock splinters and engulfed in yellow
Lyddite (picric acid) fumes (This was before the time when TNT was used as high
explosive.) When the bombardment ceased two battalions of the Rifle Brigade charged across
1,000 metres of open ground, and the remnants of the ZARPS not killed by bombardment
rose to shoot back.
The numbers were overwhelming and the surviving ZARPs were captured. British Captain A.
W. Speyer, aide-de-camp to General Walter Kitchener, said later "All the prisoners captured
in the koppies were suffering from the effects of the lyddite fumes and their faces has turned
to an ochre hue. They told us .. that their orders were to fight to the last. They had indeed
obeyed their instructions these brave men, and to me the names of the ZARP will ever be
13
associated with valour of the highest order..." ("The Experience of an Aide-de-Camp in the
Anglo Boer War"; Capt. A. W. Speyer. D.S.O.)
8.3 ZARP’s AND BERG-EN-DAL: Peter Wood
8.3.2 Bergendal - kranslegging deur vriende van Oorlogsmuseum 28
Augustus 2010: Huffy Potts (toerleier) Peter Wood van Boksburg Historiese-verenging het die kranslegging saam met die Vriende
van die Oorlogsmuseum bygewoon en die volgende foto’s ingestuur: No 1: Die Zarp-
monument by Berg-en-Dal, no2: die kranslegging en nr 3 Huffy Potts die toerleier.
Peter Wood writes: The SAP used to hold an annual service with a police band and a
chaplain at Berg-en-Dal on the anniversary of the battle. No SAPS members were at
110th anniversary of the battle during 2010.
• Is this true, chaps?
8.4 Kamele in die polisie
8.4.1 Kamele in Suidwes: Gawie Botha Beste Hennie, dankie het # 15 ontvang. Graag vertel ek jou die insident wat Oom Andries Le
Grange jare gelede vertel het vir my terwyl ek op plaaspatrollie was in Gobabis-polisiewyk
(Buitepos) na hy verneem het dat ek in die Berede afdeling was, maar nie waar ons met
kamele gewerk het…. !
Hy vertel: “ Ek was so ‘n opgeskote knaap, hier na die tweede wêreldoorlog, my oorlede Pa
het transport gery vir die boere hier in die Leonardville omgewing met met wa en donkies,
nie osse, donkies! Ons het so tien donkies ingespan nodig gehad om die wa met vrag mielies
oor die Kalahariduine te trek. Een middag so 4uur se kant kom ons so teen n hoë rooi duin te
staan, halfpad, vrek warm, sand is los, en twee spoor pad is half toegewaai hier teen die duin
uit. Donkies laat weet tot hier toe en nie verder, steek vierspore vas. As pa die agterste
donkies met die lang sweep bykom dan kyk die voorste donkies om, en as pa die voorste
donkies piets dan trek die agterste donkies net hulle ore plat en knyp hulle oë toe kop
omhoog! Maar verder trek ..ai..konna! Pa se toe ons moet die donkies eers bietjie blaas kans
gee.
14
Met die wat ek onder die wa se koelte inklim, wat ek die beweging van twee goed sien die
oorkanste duin afkom “ Pa! wat kom daar anderkant teen die duin af ?” vra ek - moet weet
toe het ons nog nooit n kameel of polisieman op n ‘kammeel’ gesien nie, dit was toe nog ‘n
aardigheid! Pa antwoord terug: “Ek weet nie,maar hou die Mauser reg!” Inelkgeval so staan
ek en pagoed nou nader toe ons merk dit is twee witmense met uniform aan wat die kamele
ry, kop omhoog en met so n tiepe van gewals draf kom die twee kameelruiters op ons afgery,
met ‘n ligte duinewind van hulle kant af agterna. Kyk, kameel het mos sy eie reuk, intussen
het ons nou skoon vergeet van ons donkiewa en sy probleme, nou meer geintereseert op die
twee manne op elk sy eie kameel.
Met die wat die kamele nou hier kort voor ons tot stilstand ploeg, met die groot plat voete dat
die sand sommer so opspad, druk hulle die kamele hier op die skof langs, en dink, daar begin
die twee kamele nou stadigaan kniel, eers met die twee voorbene, en dan laat hulle so ‘n
gebrul, kreun van genoegdoening, alvorens die ruiters nou kan afklim. Nou kom ek vertel vir
jou, met die gebrullery van die kamele en die reuk wat hulle toe in hulle neuse kry, was ek
net betyds om die sien, hoe die donkies met ‘n gebalk padlangs bo-oor die rooi hoe duin
wegraak dat ek net die gaterkant van die wa sien…………………..!” (Ek het my amper ‘n
boggel met ‘n skuifraam ingelag vir die storie.)
Groete, Gawie Botha nr 37424B.
8.4.2 Mark Newham – Mark het die volgende skêrsnit per epos gestuur:
8.4.3 Prof Lourens Pretorius – SWAP Hofmeyr/Stampriet Hennie, Aangeheg is kopie uit ‘n SWAP Hofmeyr voorvalleboek ( die stasie was op die plaas
Hofmeyr voor dit na Stampriet geskuif het – beide destyds distrik Gibeon). Op bladsy 2 van 2
is daar ‘n inskrywing oor wagters en kamele – die kamele getel, gevoer en gewater. Ek is nie
seker waarna “riding” verwys nie – maar ek vermoed “ridings” is geografies/administratiewe
sub-eenhede van ‘n distrik. Die term is in ou Statebondslande gebruik.
Indien ek reg is - voorbeeld: Op 30 Januarie 1939 het Daniel gerapporteer dat hy 108 kamele
in Riding 736 getel het. Ek twyfel sterk of “riding” in dié konteks “om te ry” beteken.
15
Ongelukkig het ek nie meer inligting oor die kamele nie – die kopie is vir ‘n ander rede
gehou: Die Inskrywing einde bladsy 1 en begin van 2 m.b.t “warrant” vir ‘n busrit na
Mariental (en terug?) vir voornemende rekruut CP Pretroius se mediese ondersoek. Groete,
Louwrens Pretorius.
• Rekrute moes 2de klas ry! Iemand moes betaal – HH.
8.5 John Harris – Dr James Myburg & Mr Pieter Swanepoel (ex-RIS10 &
NIS) Volg die bebat op PoliticsWeb, kyk: http://www.politicsweb.co.za/politicsweb /view/politicsweb/en/page 72308?oid197475&sn =Marketingweb+detail&pid=90389
8.6. RADIOTOERUSTING IN SAP VOERTUIE
10
Republican Intelligence Service.
16
8.7 “Major” Hans Lombaard - Staan oor.
8.8 Die Victoriakruis en die SAC – Drie Ontvangers - Staan oor.
8.9 Natal Police, SA Police: Ladysmith • André van Ellinckhuyzen en Jurie Wessels both from Vryheid will be sending a
report on Hans Dons and about Burger Spaarwater of Wakkerstroom.
8.10 Medals • Could one of our senior serving members please assist?
8.11 Colonial Police Lieut-Col William Marshall (SANDF)
William Marshall has sent in the following two photographs, the first of the Natal Mounted
Police. The picture was taken in front of the Barracks in Alexandra Rd with the founder of
the Force, General Dartnell. Note the guns in front of the building. They have always been
there. The Natal Mounted Police changed their name to the Natal Police.
The second picture is of Officers and NCO’s of the Cape Mounted Police. Both Police Forces
were choice forces and played an important part in the defence of both Colonies.
• Thank you William!
17
18
8.12 South African Armoured Personnel Carriers: Road and Rail: From the armoured ox-wagon to the Casspir.
• Standing over to next week. The Casspir Mk IV is great news!
8.12.1 CASSPIR MK IV: Taking off-roading to the next level Through our friend James Myburg – editor of PoliticsWebb - we are now in touch with
Denell’s PR. Denel has now manufactured the Casspir Mk IV. Here is a report received from
Denal & PoliticsWeb: 10 September 2010
Do you know what it feels like to control 1100Nm and have the ability to withstand the blast
of 21kg of TNT? Ever wondered what it would feel like to be the King of the Road? Never
to be intimidated by double-cab bakkies, bulky Hummers, daunting 4x4s and terrorising taxi-
drivers?
The CASSPIR IV may not have speed, or even beauty on its side, but for sheer show-of-
force, in-your-face presence this in the ONLY vehicle to own.
CASSPIR MK IV FACT SHEET
• It is the latest addition to the renowned CASSPIR family.
• Thirty-one years after inception of the 1st CASSPIR, MECHEM decided to bring this
legend back to life.
• It is stronger and faster due to the new technology drive train.
• It has improved protection levels and a stronger hull.
• It can be Up–Armoured (API).
• It has an improved interior.
• It is slightly wider and lower, but with the same crew comfort.
• Choice of automatic or manual transmission.
19
One of South Africa’s legendary military icons has been updated to be stronger, faster, lower
and wider and ever-
more able to protect its
occupants in their cause.
The CASSPIR has
starred in the Oscar-
nominated film District
Nine, proudly served
SA since the early
eighties, and
subsequently become an
international icon of
environmental security
as the United Nations’
preferred Mine Protection Vehicle and Armoured Personnel Carrier. It is a formidable
workhorse and a benchmark in the demining industry. Mechem recently re-launched the very
popular CASSPIR MK-II – thirty-one years after it first came off the production line (the
first CASSPIR was built in 1979 by TFM). “Mechem took the strategic decision to build this
configuration again due to the great demand still in the market. In the last few years, most of
these vehicles were re-manufactured from hulls bought from SAPS auctions and tender
processes causing depletion in actionable stock. There was also concern over the supply of
spare parts,” said Mechem CEO, Ashley Williams. The CASSPIR has a sterling battle-
proven reputation and is very reliable. The launch will coincide with the African Aerospace
and Defence EXPO held at Air Force Base Ysterplaat on 22 September 2010. “Mechem is a
world leader in the mine-action services and battle-area clearance industry,” said Williams.
20
“The company has invested a great deal of resources into conceptualising the skills and
equipment that has become the benchmark standards for demining operations – the CASSPIR
MK-IV attests to this.”
The CASSPIR is the vehicle of choice for any military or police operation and has been used
from Afghanistan to Mozambique, by the SA National Defence Force, private security
companies and police services around the globe.
CASSPIR MK IV SPECIFICATIONS
Engine Engine 6.7 Litre Cummins Model BT6 (300hp)
Power 220kw
Torque 1100nm
Transmission Allison 3000 Automatic
Transfer Case Axletech
Axle Front Axletech 9 Ton (ABS Optional)
Axle Rear Axletech 13 Ton (ABS Optional)
Air conditioner Fully Integrated
Protection Levels Triple TM-57 equivalent to 21kg TNT under the wheel and 14kg
under the hull 7.62 x 51 NATO ball ammunition
Electrical System 24v direct current
Steering box Power Assisted
Cooling system Pressurised Water/Glycol mixture
Fuel System & capacity Dieseline 220 litre
Optional Exterior Bins
Up Armouring
For further info contact: Henry Abrahams, Business Development Manager, MECHEM (Pty)
Ltd. a subsidiary of Denel; Tel: 012-640 3002.
• Thank you Elka Pakendorf.
8.13 Die Spesiale Wageenheid • Staan oor.
8.14 Rivonia and Lilliesleaf: Phil Beck – Boksburg Historical Association
• Staan oor.
8.15 A Question from Australia – Walter Volker • Geen inligting is ontvang nie.
8.16 Ossewabrandwag en die SA Polisie • Staan oor.
21
9. SO ONTHOU ONS DIE
POLISIE: 9. THIS IS HOW WE
REMEBER THE POLICE:
9.1. Oom Pieter Swannepoel
se troep van 1946 In opvolging van die handtekeninge
van sy troepmaats het oom Pieter
nou ‘n fotostaat van die foto wat
tydens die reunie op 25 Oktober
1985 geneem is, beskikbaar gestel
van die lede van Troep 35 (Berede)
van 1946. VOOR: Piet Swanepoel,
Manie van Zyl, Johan Coetzee,
Louis Snyman, Tjaart van Heerden.
MIDDEL: Louis Malherbe, Johan
Pretorius, Stoney Steenekamp, Fanie Badenhorst, Karel Pieterse, Hardus Kriel.
AGTER: Dirk Joubert, Hugo Schreuder, Alec Audie, Daniel Fourie, Piet Schoeman.
9.2 ‘n Toilet-storie – Johan Ferreira Ek was die stafoffiser van ‘n voormalige kommissaris. Ek sal maar nie name noem nie. Sy
kantoor was op die tiende verdieping van Wachthuis. Enigiemand wat
'n afspraak met die kommissaris gehad het, moes eers by my
kantoortjie inkom, en dan het ek hom aangekondig.
Kompol het 'n baie mooi, deftige kantoor gehad .... en dit was die
enigste kantoor in Wachthuis wat sy eie toilet gehad het.
By Vertroulik (kamer 1014) se kantore in die mees suidelike vleuel van
die gebou, was daar 'n hoogswanger kaptein .... as sy 'n draai wou gaan
maak, moes sy na die toilette op die agste verdieping gaan ....... Sy was
bang om in die hysbak te ry en het maar elke keer met moeite die
trappe op- en afgeloop. Die kaptein en ek het 'n verstandhouding gehad
..... op haar gereelde togte na die agste vloer, het sy by my ingeloer en gevra of sy gou by
Kompol se toilet kon inglip ..... as hy nie op kantoor was nie, het ek gesê dis goed en dan het
sy haar ding gou daar gedoen.
Nou ..... as 'n mansmens, selfs ‘n generaal, hier by die 58 rond trek, en hy was in 'n
vergadering en nog boonop in die verkeer vasgehou, het hy partykeer 'n groot nood ontwikkel
...... dit gebeur toe so dat die kaptein toevallig in die Kompol-toilet was, toe hy daar
ingestorm kom ...... toe hy al by die deur inbars, was hy al gereed om sy ritssluiter oop te
“zip” ..... net om die verskrikte dame daar te kry.
Ek weet nie wie die grootste geskrik het nie .... die kaptein, Kompol of ek nie .... maar ons het
aldrie later lekker daaroor gelag.
22
Die generaal, gentleman wat hy was, het darem ingesien dat 'n swanger vrou 'n kosbare mens
is en dat hulle beskerm en vertroetel moet word. Hy het my gladnie verkwalik dat ek sy
amptelike privaat toilet vir die dame aangebied het nie.
9.3 So onthou ons die polisie: Kordon en Radio Tegnies se Manne
Hiermee twee foto's: 1. Sers Snyman (in donker broek) besoek my in 1957 by my tent op die
Bek-en-Klou Kordon. 2. L na R PL 'Calipie' Calitz, LAR 'Les' Clarke (90jr), en Jurgens
Basson so 3jr gelede, almal nog fris en gesond. Les was en is 'n baie populere lid.
9.3 So onthou ek die Polisie: My Vader: 25028 Daniël Johannes Jacobs
SAP Profiel van Daniël Johannes Jacobs: deur sy seun Johan Jacobs Naand Hennie, Dankie vir Koerant No. 15 wat ek
ontvang het en dadelik van bo-tot-onder gelees het.
Aangeheg is my Pa se profiel soos belowe. Ek wonder
net of daar nog van sy kollegas is wat saam met hom
in die polisie en die Oos-Randse Administrasie was.
Dankie ook vir die geleentheid as ou Weermag-lid om
'n bydrae hier in die polisiekoerant te lewer. 'n ‘Chief
Petty Officer’ is inderdaad ’n Staf-Sersant. Ek belowe
ek sal vertel van die rol wat dié Mariniers in die Bos-
oorlog gespeel het en die noue samewerking met die
Suid-Afrikaanse Spoorwegpolisie. Groete, Johan Jacobs.
• Belofte maak skuld!
Daniël Johannes Jacobs is in Augustus 1947, vanaf sy geboorte plaas Springboknek naby
Taungs in die Noord-Kaap na die Suid Afrikaanse Polisie Depot in Pretoria om met sy polisie
opleiding te begin. Hy het per trein gereis via Johannesburg na Pretoria. Hy was ook 'n
ywerige skrywer en digter en skryf gereeld oor sy ervaringe in die SAP. Sy eerste storie
handel gepaslik dan oor sy reis na die Polisie-Depot in Pretoria. As ek goed kan onthou het
23
hy gesê hy was in troep 32. Na sy opleiding word hy uitgeplaas na Krugersdorp as 'n
konstabel met Magsnommer 25028 (ek hoop ek onthou die nommer reg).
Van sy kollegas op Krugersdorp was konstabels Hattingh en Wynand van Tonder
(laasvermelde het my Ma aan my Pa voorgestel). Later word hy verplaas na Kliptown in
vandag se Soweto. Tydens die Durbanse opstand tussen die Zoeloes en Indiërs in 1949 word
hy ook daar ontplooi, hy maak melding in van sy stories oor die geweld en dood wat hy daar
gaande geslaan het. Hy treë in 1952 in die huwelik met Tina Strydom van Krugersdorp. Sy
twee strooijonkers is konstabels Frikkie Truter en Crouse ook van Kliptown
Vanaf Kliptown word hy na die SAP Garage in Benoni gestuur om opleiding in die hantering
van voertuie te ontvang met die oog op 'n verplasing na die blitspatrollie (Skerpioene) en na
dié opleiding word hy verplaas na die blitspatrollie in Aucklandpark. Hy het my baie
staaltjies vertel van die vinnige karre met hulle
lang lugdrade en dat hulle slegs eenrigting
kommunikasie gehad het en hoe die omgewing
rondom daardie jare in Johannesburg gelyk het.
Na sy tydperk by die skerpioene word hy
verplaas na Rustenburg en was daar bevriend
met 'n Speurkonstabel Morris. Hy word daarna
verplaas na Dalton naby Greytown in Natal
onder Sersant Mossie (wie se van dalk Mostert
was) en saam met Konstabel Meiring. Ek onthou die lang bome wat so gefluit het as die
wind gewaai en die baie slange, vandag nog as ek bome so hoor fluit dink ek aan Dalton.
Vanaf Dalton word hy verplaas na Marshallplein en doen ook diens by Nelson Mandela se
verhoor in Rivonia en ek onthou goed die Sten masjien-geweer waarmee hy huis toe gekom
het na diens. Hier raak hy bevriend met Dave Crooks wat later by die Veiligheidstak in
Pretoria werksaam was. Hy verlaat die SAP in die laat sestigs en sluit aan by die destydse
Naturelle Sake in Randfontein en ook later te Germiston. Laasvermelde se naam verander na
die Oos-Randse Bantoe Administrasie Raad en nog later na die Oos-Randse Administrasie
Raad om tred te hou met die verandere tye in die land. (Ek onthou nog goed die polisie stasie
op Germiston met sy binne-plein en kantien en die menigte aande wat die geregsdienaars daar
snoeker en veerpyltjies gespeel het en ons kinders tussen die voertuie gespeel het, ek het
graag na die polisie radio binne-in een van die polisie voertuie geluister). Hy word gestasie in
24
Katlehong lokasie vanaf die vroeër sewentigs en gedurende Junie 1976 kry hulle inligting dat
daar opstande beplan word, die naweek van 12-13 Junie 1976 werk hy die hele naweek op
bystand. Die aand van 13 Junie terwyl hy oppad huis toe is na sy diens word hy aangerand
deur 'n klomp jeugdiges en in die kop gesteek met 'n mes. Op 16 Junie breek chaos los in
Soweto en omliggende swart woonbuurtes asook in Katlehong waar hulle die Administrasie
kantore afbrand. My pa se kantoor word ook op Tokoza aan die brand gesteek en verloor hy
van sy persoonlike items in die brand.Hy tree in 1980 as gevolg van gesondheid uit die Oos-
Randse Administrasie Raad en sterf op 12 September 1991, aan verwante diabetiese siektes.
Ek het hom geken as 'n opregte man van die gereg wat regverdig opgetree het en 'n gesonde
oordeel gehad het. As gevolg van sy lange diens in Katlehong het hy heelwat vriende onder
die swart gemeenskap gehad wat menige kere by hom kom aanklop het vir hulp en raad. Ek
het ook baie dissiplines by hom geleer wat ek in my loopbaan in die Weermag toegepas het.
Hy was ook 'n vader om op trots te wees. Johan Jacobs
Dié Man van die Gereg!
Dit is Sondag-aand 13 Junie 1976
in die woonbuurt Katlehong
hy is op pad huis toe na sy dienstyd
dis nag hy’s moeg...
sy motor nader die swak beligte sirkel
daar is mense op straat vol nyd
hulle beloer hom oë wat boor
wat soek jy hier in die lokasie?
Onse kroon!
Sy motor word omsingel hy probeer vet
gee
hy stoot die gillendes voor die motor weg
hulle is nou baie
sy kop draai
die motor word gestuit
regter voor venster breek
sy liggaam is vol glas
vloeke en gille.
Hulle soek dié man van die gereg!
Sy oë brand en traan
hy wil wegkom
weg van die chaos
hy ruik petrol
iets loop oor sy kop
hulle gaan hom brand
angs bekruip hom
hy trek sy pistool
skiet en skiet die kant toe
skiet en skiet daardie kant toe.
Hy veg terug dié man van die gereg!
Hy gee vet die kar beweeg
vinniger hy kom nou weg
van die gillende monsters
sy kop brand soos vuur
sy regter oog is geswel
iets vloei oor sy regter wang
sy gedagtes maal rond.
Hoekom?
Vra die man van die gereg!
Hy vee oor sy kop bloed loop
vanuit ’n wond bo sy regter oog
ag Vader! hy is met ’n mes gesteek!
hy sug verlig dit is nie petrol
watse hel het nou los gebreek
hy het altyd sy tyd en familie
opgeoffer
vir ’n beter lewe – hier in Katlehong
Dit was sy hoof plig.
Vir dié man van die gereg!
In Soweto op Woensdag 16 Junie
1976
Breek die hel los en plakkate swaai...
‘Free Mandela Hang Vorster’
© Johan Jacobs 25/11/08
25
9.5 So onthou ons die polisie: SAP Mosselbaai – Chris Schoeman
Dag sê Hennie, Hierdie foto is geneem met die ingebruikneming van die nuwe polisiestasie
te Mosselbaai, dit was in 1965. In die voorste ry sit adv JC Gerber wat tans die adjunk-NVG
van Kaapstad is. Hy was ook die aanklaer in dr Boesak se saak so 3 jr gelede. Groete, CHRIS
SCHOEMAN.
9.6 Die Verwyt: Johan Ferreira Een dag kom daar 'n vrou van ongeveer 30 jaar oud by die polisiestasie op Silverton en vra sy
wil 'n offisier sien. Die aanklagkantoorsersant bring haar toe na my.
Nadat ek haar genooi het om te sit, het sy my vertel dat sy bang is vir haar kêrel en dat hy
gedreig het om haar dood te maak. Ek het 'n ellelange beëdigde verklaring van haar geneem,
en op die ou end vir haar gesê dat ons nie eintlik die man kan gaan toesluit nie, ens, ens,
ens.Ek het die vangwa na haar woonstel gestuur om die man te gaan waarsku, maar hy was
nie daar nie. Ek het die vrou belowe dat ek opdrag aan die personeel aan diens sal gee om,
indien sy weer kla, onmiddellik aandag aan haar saak te gee. Sy is toe daar uit, maar het my
26
in die oë gekyk en gesê dat die man haar gaan doodmaak ...... Die volgende oggend word 'n
klagte van aanranding by die aanklagkantoor aangemeld ..... en ek hoor dis die vrou wat
aangerand is ..... ek jaag soontoe, net betyds om te sien hoe sy op 'n stretcher in die ambulans
gelaai word. Sy was verskeie kere met 'n mes gesteek. Ek het haar gevra wat gebeur het, en
sy antwoord my: "Sien jy luitenant, ek het jou gesê hy gaan my doodmaak".Sy het in die
ambulans op pad na die HF Verwoerd-hospitaal beswyk.Vandag, 38 jaar later, sien ek nog
daardie kyk in haar oë. Ek blameer myself steeds omdat ek daardie dag nie dalk iets ekstra
gedoen het om die tragedie te voorkom nie.Snaaks, haar naam kan ek nie onthou nie, maar
die verwyt in haar oë sal ek nooit, ooit vergeet nie. ..........................................................
• Ja verwyte kan mens nogal opkeil! Ek jaag een maal doelgerig iewers met M67 heen
en ‘n nagwag stop my. Met skeeuende bande hou ek stil, ek dag hy wil informasie
gee. Toe wou die kollega net ‘n saamry geleentheid gehad het! Vloekend het ek
weggejaag na die klagte. Ou Bekinkosi Cele skud net sy kop vir die Kosaan! Ek het
myself tot vandag toe nie vergewe vir my onbedagsaamheid teenoor ‘n medemens
nie! Maar nou ja! So is die lewe!
9.7 Die Glazer-saak: Genl Mike Geldenhuys “Wonder bo wonder, skuins na 0800 dieselfde oggend lui my telefoon. ‘n Sersant Botha, van
die veiligheidstak en voorheen verbonde aan Booysens, identifiseer homself. Hy deel my mee
dat hy die huis wat ons soek “opgespoor” het. Ek deel hom mee dat hy baie selfversekerd
klink. Hy sê: “Majoor kan maar kom kyk!” Oorlede luitenant-generaal Stan Schutte (toe ‘n
speurder-sersant) en ek jaag na die plek wat die sersant aan my beskryf het. Ons kry die
sersant en sy kollega op die hoek van die straat wat hul beduie het. Hy neem ons na die
huis....”
• Wie ken hierdie sersant Botha van die 1960’s in Johannesburg? Kan kollegas asb help
om hierdie te identifiseer?
10.1 Nuusdagboek: staan oor.
10.2 Die Boekrak / The Library
10.2.1 Johan van der Merwe: Getrou tot die Dood toe Genl van der Merwe se boek verkoop fluks en is by Praag Uitgewers beskikbaar. Hennie
Heymans het ook ‘n paar getekende kopieë beskikbaar teen R220-00.
10.2.2 Johan Vorster: Nuusbrief vir Militere Veterane berig: “Trou Tot Die Dood Toe. Neels van Tonder van Afd Inl verklaar die volgende: “Die
voormalige Kommissaris van die Polisie, genl Johan van der Merwe, het die boek met hierdie
naam geskryf oor die rol wat die SAP tot en met die oorname van die huidige bewind in die
RSA gespeel het. Ek is besig om die boek te lees en is van mening dat dit 'n moet is vir almal
wat belangstel om regtig te weet wat voor en gedurende die veranderinge in die RSA
aangegaan het. As van ons voormalige lede van die SAW voel dat ons in die steek gelaat is,
dan soveel te meer die Polisie. Sonder om venynig te wees, sê hy reguit hoe hy die
veranderinge, die dubbele standaarde van die sogenaamde WVK en die politici se fokus op
hulle eie belange ten koste van die VMe, ervaar het.”
10.2.2 Boeke – Lt-genl Roy During:
27
Hallo Hennie - hoop en vertrou dat dit goed gaan. Ek verwys graag na paragraaf 3.2 van
Polisiekoerant 15 (Amptelike Siekboek) en brig. André van Ellinckhuyzen se belangstelling
in ons geskiedenis. Ek beveel ten sterkste aan dat André die volgende uitstekende
geskiedenisboek aanskaf - Zululand True Stories : 1780 to 1978 (Fourth Edition 2009),
geskryf deur Dr. J. C. van der Walt. Kontak besonderhede: Posbus 118, Richardsbaai. 3900.
Tel: 035 753 1433. Sel: 084 238 9976. [email protected] Groete - Roy.
• Dankie Generaal!
11 SPORT:
11.1 Rugby: Suid-Afrikaanse Rugby Voetbal klub, Durban: Oom Pieter Swanepoel het ‘n fotostatiese afdruk van die foto beskikbaar gestel. Die
polisiespan was die wenners van die Walker Beker, Foaden en Findlay Beker gedurende
1952. Die volgende name kom op die foto voor:
Voorstery: Luit AP Burger (Komiteelid), Luit MC Lampbrecht (Komiteelid), JJ Swart,
Majoor WH van Vuuren (President), JAN Cloete (Onderkaptein), Kapt. JA Gouws
(Voorsitter), DF van Zyl (Tweede Span Kaptein), Kapt PC Kemp (Breier), Sp.Hoof. Konst.
AJL. Geyser (Komiteelid).
Tweedery: KJ Botha, MC Martins, JA Viljoen, CH Bell, JU Bell, GC Smith, FJ Momberg,
AL van Wyk, N Russouw, CH Badenhorst.
Derdery: WG Roux, F Heydenrych, GM Smit, KJ de Bruin, JH Gouws, JA van Zyl, Q
Grobler, JD Venter, HA van Dyk.
Vierdery: PG van Oudtshoorn, JJ Labuschagne, PC Swanepoel, E de Bruin, HA
Wasserman, AL Wood, GA Gouws, EJ du Plessis, JA Rens.
Vyfdery: MSA Jaffar (Sekretaris), FFT Smit, LA du Toit, CF Zietsman (Klub Kaptein), M.
P. van Staden, BN Werner, Sp Hoof-Koust PJ Rawlins (Komiteelid).
• Mnr JJ Swart was later by RI, Oom Kippie Geyser is die vader van Springbok
Hermina Geyser – hy was ‘n legende in Durban (Port Natal Veiligheidstak), Oom Joe
Bell is Dossie se Vader, WG Roux is Oom ‘Snorre’ Roux en swaer van Q Grobler,
Kallie de Bruyn later na Grenspos met Lesotho, brig Q Grobler se Vader was die SB
Durban-Sentraal (Smithstraat); Hennie van Dyk; Natal Rugby en Port Natal
Veiligheidstak, ‘sant Wasserman van Montclair, Alec Wood van Port Natal
Veiligheidstak, mnr Rens later offisier in Durban, sers Jaffer baie bekende insamelaar
vir Weduwee en Weesfonds, genl CF Zietsman, s/a/o Ben Werner en genl Rawlins.
12 NUUS VAN HEINDE EN VERRE / NEWS FROM ALL OVER 12.1 Nuus uit die VSA: Hennie, dankie, ek het nr's 14 en 15 gekry en dit
met groot genot gelees. Ek moet se die Internetverbinding by my huidige
blyplek is nie van die beste nie en die Motel bestuurder (van Oosterse herkoms)
en ekke het sommer met die intrap moles opgetel. Eerste aand het die vlooie
(Bedbugs) my behoorlik karnuffel en toe ek die man daaroor konfronteer, toe
wil hy beweer dat ek die goed hier aangedra het!! Gelukkig het die man baie
28
"diplomaties" ingelig dat ek die Gesondheidsdepartement, Brandweer-afdeling en sommer
die immigrasie-afdeling oor die toestand van sy plek gaan inlig, het hy vinnig van deuntjie
verander. Gen Willem Smit, destyds van Veiligheidstak, Kaapstad het dan per geleentheid
gesê, ek is 'n ou aap, my ketting raas nie. Voorspoed en groete, Robert Brand, Alamosa,
Colorado.
12.2 Nuus uit Kwazulu-Natal - Dana Kruger MAANDELIKSE “OU MANNE”- BRAAI: Die maandelikse braai het op 10-09-2010 te
Pinetown MOTHS plaasgevind. Die geleentheid was soos altyd 'n sukses .Die “ou manne” se
grappies en dinge word nie minder nie. Dit verseker dat die geleentheid altyd 'n reuse sukses
is en wat nie gemis moet word nie.
Agter L na R : Frans Terblanch, Faan Weyers, Johan Buys, Dana Kruger, Rodney Hilligan,
Jan Beneke, Nic Pretorius, Rudy van der Merwe, Graham Jordan, Schalk Pienaar.
Voor L na R : Boet Nel, Bossie Boshof, Eric Moolman, Frans Wilmans, Reinier du Rand.
• Dankie Dana! Wat ‘n ‘gevaarlike’ klomp manne – lyk soos Dad’s Army!! Groete aan
almal – ook vir IBV Boshoff en Jan Beneke!
13. POLISIE-POSSAK / THE POLICE POST BAG
13.1. Lekker geselsbriewe
1. Goeie naand Hennie, Hierby aangeheg is inliging vanaf André van Ellinckhuyzen oor
Hans Dons. Ek hoop dit is leesbaar, indien nie, laat weet asseblief vir my dan maak ek 'n
ander plan om dit by jou uit te kry. Jy het melding gemaak van JH Pieters, 'n
veiligheidspolisieman, wat op Vryheid gestasioneer was. Wel, ek het hom geken. Ek het by
die Distrikskommandant se kantoor gewerk, en ons kantore was op dieselfde vloer, sodoende
29
het ons soort van saamgewerk, maar vir verskillende afdelings. Toevallig het ons in hulle
huis ingetrek nadat hy verplaas is. Ons het in 'n eenmanswoonstel gebly en ek was swanger
met ons eerste baba. Terwyl ek in die kraaminrigting was, moes Matty en my oorlede
moeder die trek werk doen en is ek vanaf die hospital na die "nuwe" huis toe. Dis darem een
trek wat ek in my lewe vrygespring het, min het ek geweet dat daar nog vele ander sou volg
waar ek maar self sou moes inspring met die pakkery en die uitpakkery. Wel, dis was maar
die lewe van 'n polisieman en sy gesin nê! Groete, Rita van der Merwe. [Baie dankie! - HH]
2. Goeie dag Hennie: Hierdie Koerant is nice! Ek was op “ou” Eenheid 19 vanaf 86 tot
2002. Kan jy my asb. op jou pos lys sit. Ek sou dit waardeer as jy dit vir my na hierdie mail
address kan stuur. Kyk ook na my FB blad: “Ex unit 19” en “eenheid 19’, daar sal jy ook ‘n
link kry wat ‘n eenheid 19 website wys. Ek is besig om inligting in te win oor die presiese
ontstaan van eenheid 19 en die doel daar agter. Groete. Brent Gerber
3. Naand Hennie, Dit is Sondagaand en ons het ‘n heerlike warm dag hier op Empangeni
beleef. Ek verlang nou eintlik na iemand wat ek nie ken nie! Ek dink dit is deels omrede ek
voel die dag moes ‘n bietjie langer gewees het.
Dana het vir my Koerant 15 gestuur (per e-pos). Ek sien dat jy ‘n bietjie baie
inligting gehad het om te verwerk. Ek dink dit is ook wonderlik om te sien dat
die ou SA Spoorwegpolisie deel van die Polisiekoerant word. As ‘n mens
aandagtig lees en die herinneringe flits deur ‘n mens se gedagtes dan ervaar jy
die ware ‘down memory lane’-sindroom; al was ‘n mens nie deel van elke
stukkie van die gebeure nie, wek dit nogtans assosiatiewe gevoelens (ek hoop
my Afrikaans is korrek), omdat die gebeure in ‘n besondere ‘taal’ met ‘n mens praat.
My vraelys (beide Afr en Eng weergawes) is so te sê gereed. Ek wil graag dat my seun my
net help om dit te proeflees (vergelyk) om seker te maak al die veranderlikes (vrae/stellings
in die twee weergawes klop 100%). My seun is Woensdag weer terug van ‘n begrafnis in
Benoni en dank an ons dit Donderdag (DV) doen.
Sodra ons dit klaar geproeflees het, stuur ek dit vir jou. Werk dit deur met die oë en die
gedagtes en as jy voel jy kan dit so plaas dat die leser/respondent dit kan beantwoord deur
kruisies (X) in die toepaslike blokkies te tik en dit vir my kan “Forward” na my e-pos adres,
sal ek spring van blydskap; deels omrede ek voel hierdie segment van die samelewing moet
ook die geleentheid gegun word om deel te wees van ‘n studie wat hulle nou raak, en deels
omrede hulle nie aan die ontvangkant van kritiek staan nie. Die vraelys is goed gebalanseerd
en ontlok bloot opinies/houding betreffende die stellings/vrae.
DIT IS NIE ‘N INSTRUMENT WAT DAAROP UIT IS OM NET KRTITIEK TE
ONTLOK NIE – GEWIS NIE! DIT VERWYS OOK NA DIE HUIDIGE VLAK VAN
POLISIëRING. DIE STUDIE MAAK STAAT OP PERSOONLIKE RESPONSE
ASOOK MEDIA-BERIGTE OOR KONTEMPORêRE POLISIëRING, D.I. ASPEKTE
WAT ‘N ‘BEELD’ OOR DIE POLISIE KAN VORM – EK WEET NIE OF DIT
POSITIEWE OF NEGATIEWE REAKSIES BY AL DIE RESPONDENTE SAL
ONTLOK NIE. EK STEUN DUS BLOOT OP OPINIES/HOUDINGS VAN OUD-
POLISIEMANNE EN –VROUE SOOS WAT HULLE REAGEER OP ELKE
30
VRAAG/STELLING EN – IN HIERDIE GEVAL – MISKIEN OOK GROOTLIKS
GEGROND OP ERVARING EN ONDERVINDING? ONS MOET ONTHOU DAT
DIE MEDIA DIE PUBLIEK SE ENIGSTE INLIGTINGSBRON BETREFFENDE
POLISIEëRING IS – GOED OF SLEG, ENS.
Indien jy voel dit is nie aanvaarbaar vir publikasie in die Polisiekoerant nie, sal ek dit so
aanvaar sonder enige navrae. Ek sien die Polisiekoerant bloot as ‘n uitstekende
verspreidingsmiddel. Dit is aan dieselfde kritiek verbonde soos byvoorbeeld telefoon-
opnames (telephone surveys). Nie elke potensiële respondent het ‘n telefoon (nou ook
selfone) nie En ook nie ‘n E-pos adres nie. Die studie berus op ‘n nie-waarskynlike
steekproef (oftewel “purposive or judgmental sampling”). Al nadeel van hierdie prosedure is
dat ek nie op grond van die resultate sal kan veralgemeen na die totale populasie in SA nie.
Gelukkig is dit ook nie ‘n doelwit (aim) van die studie nie. D.m.v. die steekproef-metode wat
ek volg, kan ek mense (soos oud-SAP lede) betrek wat andersinds vir die ondersoek verlore
sou gewees het.
Hennie, ek het klaar te veel gepraat. Jy is besig en ek wil jou nie onnodig opsaal met my
goeters nie. Mooi bly en as jy reken dit is nodig om my te antwoord voordat ek die vraelyste
stuur, sal ek dit waardeer. Veral m.b.t. die proses van terugsending van die vraelyste per e-
pos nadat die respondente dit ‘beantwoord’ het. Vriendelike Groete en Mooi bly, Pottie.
• Prof Pottie stuur gerus – enigiets in belang van die Polisie sal ons dra!
4. Hennie, Lanklaas gesien ! Dankie vir die uitgawe van die polisiekoerant. Dankie vir jou
entoesiasme en harde werk en dankie dat jy aan my gedink het. Ek sal dit graag wil ontvang.
Dit is so goed dat daar altyd iemand is wat die geskiedenis lewend hou. Basie van Eeden.
• U moet vir genl Johan van der Merwe bedank! Hy het gevra dat u ook die
Polisiekoerant moet kry.
5. Hi Hennie, Ek het via my 'lewenslange' vriend Dana Kruger verneem van die koerant
waarmee jy vorendag gekom het. Ek wil jou ook komplimenteer met die mooi gedagte en is
oortuig daarvan te oordele aan die paar vorige uitgawes wat Dana vir my gestuur het dat dit
‘n groot leemte by oudlede gaan vul. Sal jy ook asseblief my naam op jou verspreidingslys
plaas?
Na aanleiding van Christo Davidson se berig - Jam Tarries se familienaam is Adendorff,
voorwaar ‘n legende soos reeds gesê (sommer ook groete aan Christo!)
Ek sal graag met van my troepmaats van troep 24 wat in 1963 in die kollege was in aanraking
wil kom. Ek dink spesifiek aan onder andere Koos Venter en Johan Nel. Groetnis tot later.
Frans du Toit - Nr.41036K lt-kol FJ du Toit, Newcastle sel 076 946 2226 tel.034 3152807.
• Hier is nou ‘n man wat kan lees!
6. Hi Hennie, het nr 15 met groot plesier ontvang. Laat weet tog asb die voorgenome “Braai
Kommissie” (wanneer aangestel) dat ons elke twee Vrydag van die maand probeer om dinge
reg te braai in Natal, dit sal dan ook die beste tyd vir hulle wees om hul ondersoek te doen,
intussen sal ons voortgaan met ons pogings! Verder is ons ook dankbaar dat ons nog ‘n ou
vleisie het om te braai en so hier en daar tande het om dit te kou.
31
Ek hoop en vertrou dat die skaapbraai gister (11/09/2010) ‘n reuse sukses was en dat almal
dat daar was dit baie geniet het, het aan julle gedink.
Baie groete en waardering met wat jy doen.
Reinier du Rand.
• Dankie vir jou goeie wense die skaapbraai was ‘n reuse sukses!
7. Alec Carte stuur ‘n paar foto’s:
1) DIE MANNE WAT VIR TUBBIE GEKEN HET - MET SY GROOTSTE WAPEN IN SY
HAND. 2) ALEC CARTE IN DIE DRK OP EEN VAN SY VELE ESKURSIES.
3) HIERDIE KLEIN OOMPIE MOF PAS OOK NET-NET IN DIE FOTO IN!
32
• Wie is die manne, behalwe Oom Mof Myburg?
4) DIAMANTTAK PTA - NOU KAN ALMAL SIEN WAT GEBEUR AS JY VERDWAAL!
5) TERWYL UNTAG IN SWA IS -
STEEK EK DIE POND BY OCTA OM OOR OM NA ROSS PINA TOE TE GAAN
8. “Claasie van Koevoet” - het ook ‘n paar foto’s ingestuur:
Waterval te Taung. Hy loop
so 1 keer in 30 jaar.
“Ja, ons werk steeds op die “Ops K”- manier. Net nie met ‘groot gewere ens’. ‘n Weermag
of polisiemag sal nooit groot genoeg wees om dit te beheer. Verskeie Perlemoen plase word
beskerm. (Noem net nie name nie!) Wanneer die natuurlike bron uitgeroei is, dan is dit tyd
vir die plase en daarom ‘verhard’ ons die plekke. Korrupsie speel ook ‘n groot rol. Dit is
beter om voorkomend op te tree. Indien die skulpe uit die water is, dan is dit te laat! Ook ‘n
bose kringloop van perlemoen, dwelms en prostitusie. ‘n Klein Gidions-bende werk. Word
nie geintimmideer!” [Hy vertel hy het intussen baie stories oor Koevoet ingestuur.]
9 Ron Ayalward stuur foto in: Hallo Hennie, Die Kerk wat 'n Kroeg geword het in
Pelgrimsrus. Kyk net hoe lekkerrr gorrrel Calipie Calitz [l] en Leon Marryatt [r] in hierdie
Krip! “A man's got to do what a man's got to do!” Groetnis, Ron
10. Baie dankie vir iets nuut. Ek het die land nou werklik deurkruis en ek glo daar is min
polisiestasies waar ek nie by was nie. Eers as radio tegnikus van die uniformtak en my laaste
jare as tegnikus van die Veiligheidstak. Die helikopter HMY (foto aangeheg) wat met groot
lewens verlies neer gestort het, het ons vir baie jare met groot sukses gebruik om toerusting
33
Calipie Calitz en Leon Marryatt ZS-HMY
op moeilike plekke te kry of om toerusting met die kortste af-tyd te gaan herstel en
kommunikasie te verseker. Baie dankie aan al die Bevelvoerders en lede met wie ek kon
saam werk vir soveel jare. Nogmaals baie dankie vir `n puik nuusbrief en plaas my ook op u
e-pos lys. Groete van uit die Suid Kaap. Tubby Myburg
11. In Sake: Riaan Visser: Hennie, Ek het 'n navraag laat plaas ivm Riaan Visser, waarop
GAWIE BOTHA in Berig Nr 2, PK 1/15 gereageer het met die berig dat Riaan die lewe
gelaat het in 'n motor ongeluk in die noorde van SWA. Dit laat maar sand tussen die tande by
die ontvangs van sulke nuus, maar dit is noodsaaklik om 'n ewig wonderlike hoofstuk in die
lewe af te sluit met sulke helder beelde van ruwe genot en avontuur uit die verlede in SWA
saam met so 'n wonderlike mens wat soveel veil gehad het vir sy werk en sy medemens.
Ewige dank aan jou, Gawie Botha, dat jy na vore gekom het met hierdie inligting, en ek is
seker dat jy saam met my net 'n oomblik sal verwyl om te sê SALUUT aan gestorwe makker
RIAAN VISSER! Groetnis, Ron Aylward.
12. Hallo Hennie, My kollega hier op Bishop Lavis, Eduard Wessels, het sy opleiding
destyds in die polisie gedoen en ken ‘n aantal polisiemanne en oud-polisiemanne. Hy stuur
die Polisiekoerant aan na die ouens wat hy ken en blykbaar geniet hyself dit baie. Hou jou op
hoogte, Groete, Paul Louw, Landdros: Athlone.
13. Beste Hennie. Ek het nuusbrief 15 ontvang ..... met groot waardering en bewondering vir
jou stamina ..... ek sal dit maar in paaiemente moet lees ..... die koerant word al lywiger. Ek
was uit die veld geslaan toe die naam, Maritz Spaarwater, in ons koerante verskyn het .....
My weduwee moeder (en ons ses skoolgaandekinders) het vanaf 1959 tot omtrent 1963 'n
paar studente-loseerders in ons huis in Hildastraat 554, Hatfield ingeneem. Daar was vier
studente, en die losies was vier pond per maand. Die mense wat die omgewing ken, weet dat
talle huiseienaars 'n paar ekstra kamers verhuur het aan die Tukkie-studente. Maritz was een
van die studente wat ook daar geloseer het. Ek onthou dat Maritz een aand my splinternuwe
Raleigh Sport fiets geleen om iets by die Japies kafee te gaan koop ....... Hy het skoon van
die fiets vergeet en teruggeloop huistoe. Die volgende oggend ontdek ons eers dat die fiets
34
weg is. Maritz het onmiddellik vir 'n 'n nuwe fiets by die fietswinkel in Parkstraat, agter die
Rissik spoorwegstasie gaan koop. Ek sal graag vir hom wil groet as hy nie sal omgee as ek
sy eposadres kan kry nie. Groete, Johan Ferriera.
14. Eerstens Jan (van Wyk) en Hennie (Heymie) ‘n groot woord van dank aan julle twee vir
die huldeblyk aan Oupa Piet Goosen! Op tye soos hierdie besef ek net weer HOE ‘N
GROOT GEES HY WAS, HOE GROOT SY HART WAS EN HOE VERSKRIKLIK BAIE
EK, EN EK IS SEKER, ALMAL HOM NOGTEEDS ELKE DAG MIS!!! Hennie, Sus en
Eric, ek wens Ina was nog by ons om dié met ons te kon deel!!! Baie lief vir julle almal, Boet
(Johan Goosen)
15. Hallo Hennie, sal jy my asb. op jul adreslys plaas. Is ek iets verskuldig of hoe werk dit.
Ek ontvang die koerant deur iemand anders maar dit is ‘n gesukkel. Dankie en vriendelike
groete, Pieter Scholtz.
16. Ek is Jurgens Basson (Jurie Basson) nr 41886 en het ook die foto gehaal van
bevelvoerders van Radiotegniese Eenheid wat in die onlangse Polisiekoerant bl,13 ( Vol 1 No
14) verskyn het en is die einste en enigste sersant op die foto.
Ek begin my loopbaan in die mag op 17 Janewarie 1963 en word ‘n blikhuis bewoner teen
Yskor se draad, net bokant die voetblok. Ek is deur Kapt Rossouw (Gen. Rossouw by
aftrede) van die Paarl omgepraat om nou nie by die SAUK werk te gaan soek nie, maar om
my as radiotegnikus by die polisie te laat oplei. Daar ontdek ek toe dat ‘n radiotegnikus
voetdril en al die ander vaardighede eers moet aanleer voor hy ‘n radio kan herstel. Sers.
Lesch se kompanie.
Julie 1963: My aansoek na radiotegnies slaag en ek sleep die helfte van my blikhuis maats
saam na Jan Hofmeyer (Brixton) om radiotegnici te word. Ek slaag die kursus en Parow is
my eerste stasie (Okt 1963).
Maart 1965 is ek deel van die span wat ‘n radiowerkswinkel in Kimberley vestig. 4mnde later
rui l(verplasing) ek met die B.O radiotegnies se seun en Pretoria is weer my voorland. 7mnde
later is ek weer te Kimberley as aflos na ‘n motorbotsing waar van ons tegnici beseer is.
Terug Pretoria toe na 3mnde om 5 mnde later Sept, 1966 weer na Parow verplaas te word.
Julie 1968 word ek tydelik verplaas na Port Shepstone om ‘n radiotegniesetak daar te vestig.
Februarie 1975 pak ek sak en pak die tegniesetak en my huisraad en open ‘n radio-
werkswinkel te Eshowe. Einde 1980 is my tydelike verplasing na 12 1/2 jaar verby en ek
trek terug na my standplaas in Kaapstad. Ek tree met vervroegde pensioen uit die Mag as ‘n
kolonel op 31 Julie 1995. Ek het my lewe lank gebrei - as ek praat en brei ook in Engels
waaraan baie lede van ons liewe ou Mag my nog onthou.
‘n Beter loopbaan kon ek nie gekies het nie. Ek is werkloos nadat ek ‘n ruk vir my swaer
gewerk het en hystoestelle by motorhawens ingesit en herstel het, na hy sy besigheid
verkoop het.
‘n Hoogtepunt: Genl van der Merwe roep ons op ‘n Saterdagmiddag saam en hy deel ons
mee dat mnr Mandela die volgende oggend vrygelaat word. Ek waag die vraag waar? Hy sê
Victor Verster. Van sy eerste vrae :- is sal ons kommunikasie in plek wees. Ek vra die Genl.
of ek met die bevelvoerders onluste-eenheid agter sy kantoordeur kan vergader en hy sê reg.
Die Mag se radionetwerk is ‘n lappies- kombers. Elkeen wil mos se eie netwerk hê. Man dis
35
nou soos ‘n sak gekleurde albasters wat jy op die grond uit gooi. Hoe groepeer jy dit? Ek
weet hier kom ‘n ding – hier word ek nou gevra om my naam krater te maak. Dis haas
onmoontlik om almal met mekaar te verbind. Manne van Oudtshoorn, Beaufort-Wes,
Springbok, Vredendal, Stellenbosch, Worcester en twee onluseenhede plaaslik wat nie eens
met mekaar kan gesels nie. Ek vra die manne die vraag: wie is in bevel en van waar gaan die
bevelvoerder wees vir die operasie? Ek word koud. Vanaf Kaapstad. My vergadering is oor.
Met ‘n swaar hart belowe ek die Generaal dat dit reg sal wees, maar ek vra hom my te
verskoon sodat ek aan die werk kan spring! Ek bel a/o Bernardo want ek weet ek kan op hom
staat maak. Ons werk deur die nag – ons bou daardie nag goeters wat met mekaar kan
koppel. Voordag vat ons pad Paarl toe – Victor Verster - toe. Ons gaan sit bo die gevangenis
in die berg met ‘n vragmoter as gedeeltelike bevelsvoertuig. Alles werk klop disselboom –
die Here vergeef ons vir daardie Sondag! By Viktor Verster sit daar ‘n man wat aan sy
medemens dink, hy stuur ‘n roomkan water na ons. Hy is ons held van die dag. Sononder en
ons is die laaste om bo van die berg af te kom. Ons laai polisiemanne op wat daar deur hul
makkers gelos is in hul haas om huis te haal. Ek laai hulle in die Paarl by die Polisiestasie af.
Ons tak se naam is nie deur die modder gesleep nie. Lank lewe Radiotegnies!
17. Hi Hennie, Ek is bly om weer kontak te maak. Ek het ’n groot versameling ou SAP en
koloniale polisemag kentekens en uniforms van Suid-Afrika. Ek het min inligting oor drag
regulasies, fotos, ens en sal graag meer wil weet en leer.Groete,William Endley (Sudan)
• Baie welkom William!
18. Hallo Hennie, Jou “Polisiekoerant” is werklik ’n puik idee. Sal jy my ook op jou adreslys
plaas asseblief? Is dit dalk moontlik om iewers die vorige eksemplare te bekom? Baie groete
en sterkte, Johan Giliomee.
• Dankie Johan – raadpleeg die argivaris, hy sal met graagte help. Dis nie my
Polisiekoerant nie, dis ons koerant!
12.4. FACEBOOK: Suid-Afrikaanse Polisie - Afgetrede Lede
Hennie Heymans: Dankie Fanie - mag ek in die foto in die Polisiekoerant plaas, asb?
Fanie Vermaak: Geen probleem, ek onthou nog meeste van die ouens se name, ek sal dit
''tag''.
Fanie Vermaak: Hennie ek het vir jou twee foto`s ge e pos,, kry die name van die ouens op
face book, groete, AS JY DIE FOTO`S NIE KRY NIE LAAT WEET ASB.
Fanie Vermaak: Naand Hennie, Ek het vir jou twee foto`s gestuur, kry die name by die foto
op face book ek het dit nou daarop aangebring. As jy nie die foto`s kry laat weet dan stuur ek
weer. Ek dink jy verwys na Neville Heyns, hy was na die tak verplaas nadat ek weg is daar,
ek was toe oorgeplaas Veiligheidstak toe. Groete, Fanie Vermaak, Mananging Director,
Swazi Lube.
Hennie Heymans: Behalwe genl Smit het ek nie weer kontak gehad met enige van die manne
nie! Fanie Vermaak: Ek was in 1975 vir so drie maande by Corsen huis en is toe verplaas na
die veiligheidstak op Stanger. Ek was drie jaar op Stanger Veiligheidstak, het graad klaar
gemaak en is toe Justisie toe, was daarna so 14 jaar landdros, Noord Natal
Johann Langeveld: FANIE HY WAS ‘N PAUL IEMAND.!!!!!!!! DAARDIE VAN
ONTBREEK. JOHANN. IN DIE BOOT LANGEVELD.
Fanie Vermaak: JA JY IS REG, EK SAL NOG VERDER DINK WAT SY VAN WAS!
Foto: Sanab – Durban 1974
36
Dawie Venter, Willem Jonker, v Greuning, Kevin Moran, Johan v Rooyen, Paul Smuts, Lieb
Liebenberg, Gert Oosthuizen, Willem Kok, Johann Langeveld (Photos), Mev.de Wet, Coen
Oelofse, Bobby Loque, Andre Fourie, King, Genl. Basie Smith, Gert Grobbelaar, James v
Rooyen, Pat Brown, Fanie Vermaak (Photos), Louw, Paddy Moran, HEUER en Louis Steyn
13.5 Oproepe / Calls: Ek het hierdie week ‘n oproep onder uit die Suid-Kaap uit ontvang! Dankie Kollega vir jou mooi woorde en die mooi gesindheid wat jy openbaar!
Geniet die vakansie in Sedgefield. Dis oproepe soos joune wat dit die moeite werd maak om
‘n dag of twee aan die Polisiekoerant af te staan – my beloning is oproepe soos joune!
Calipie Calitz – het gebel en stel voor ons na byname (nick names) in die Mag kyk! Dankie
vir die SP se toespraak in die SAP Kollege! Volgens die SP se kantoor is dit al toespraak wat
hulle nie het nie!
Leon Bezuidenhout – hy hou vakansie in Durban en gee pragtige terugvoer oor
Vingerkraal.
Cris Kantewa – hy het uit Ovamboland gebel, hy bring Bybels saam vir die mense op
Vingerkraal.
13.6 Besoekers / Guests Walter Volker het kom boeke koop! Dankie vir die ondersteuning en die donasie aan die
Trsut!
13.7 Besoeke gebring / Visits
37
Ons het die besoek aan Hoffenhyeim baie geniet! Hier is ‘n aantal foto’s van die gaste was
die Oud-SAP-Lede Trust ondersteun het:
Willie du Plessis, genl’s Johan van der Merwe, Le Roux Stemmet & HPM de Villiers
Johan Ferreira, Tienie Cronje (43631) en Willem van der Merwe
Genl Van der Merwe oorhandig
vir genl Geldenhuys sy sertifikaat
van Diens! Genl Geldenhuys het
gedurende 1943 by die SA Polisie
aangesluit.
38
Brig & mev Frik Nel en skoondogter.
Genl’s HW McDonald (gebore in Ashton) en Fourie. Regs Dieks Dietrichsen, Die
Olifantman. Genl Stemmet kom ook van Ashton en eendag wys hy my waar genl Mac gebore
is! Daardie olifant het genl Hennie de Witt eendag laat by die GVS laat kom. Tesourie wou
weet of die olifant ‘Koevoet’-kos of privaat rantsoene eet!!
Genl’s Herman Grobler en Mike Geldenhuys, a-komm en mev Sakkie Pretroius, Zirk Gouws
39
en dan Wolf Pelser, agter hom Bertus Steyn en Dieks Dietrichsen.
11 Sept 2010: Die Braai by Hoffenheim tbv die Trust - Hennie Heymans Die jaarlikse braai is ‘n hoogte punt op my sosiale kalender! Die volgende “ou” bekendes is
daar raakgeloop: Brig Duveen Botha - die moeder van die vrouepolisie, genl en mev “Mac”
MacDonald, dr en mev Johan Burger, genl en mev ‘Jan-Hoed’ Truter, brig Jakes Jacobs en sy
pragtige metgesel; genl en mev JJ Viktor, Die Majoor van Uganda – Piet “Walk-Tall” van
Zyl en sy goeie gade; Dieks Dietrichsen, kol en mevr Gawie Richter (hy word ook nie ouer
nie!); genl en mev Herman Stadler, Willie en Marietjie du Plessis (Standerton), genl en mev
Johan Fourie – serimoniemeester, genl Bertus Steyn, genl en mev Mike Geldenhuys (Nigel),
Jan Wagner – ons regsman, Oom Pieter & Tannie Marina Swanepoel (SAP, RI en NI) , genl
en mev Tienie Cronje, mev Jan du Preez, mev Frik van Zyl, mev Alwyn Conradie, mev Pilot
Loots (Pilot is weer in die buiteland op een of ander missie!); genl en mev Johan Le Roux,
Dave Baker; genl en mev Stemmet en gesin, genl HPM de Villiers, brig en mev Zirk Gous,
kol en mev Wille van der Merwe, brig Steyn – oud Vereniging & V-Tak later Kompol x302;
kol en mev Gert Otto; mnr en mev Daan Arend; Louis Lubbe, Paul de Kock (Bloemfontein);
kol en mev Manie van Staden en sy dogter, die kaptein en haar man en hul vriende; kol en
mev Hilton Drury, brig en mev Valie Viljoen, Hans du Plessis, JB Willers en indien ek
iemand vergeet het is ek jammer – dis die manne en vroue wat ek daar gesien het. O ja, Louis
van Rensburg het die geskenke opgeveil! Ja, en van die Wes-Rand a-komm Sakkie Pretorius.
Party van ons het ouer geword, ander het soos Sophia Loren; mooi verouder met die tyd!
• Altyd lekker om “ou” vriende te sien – daar is ‘n paar wat ek beslis nie daar gesien het
nie! Ons mis julle!
14. REGSPLEGING, NASIONALE VEILIGHEID POLISIE EN DIE
PERS 14. LAW ENFORCEMENT, NAT SECURITY, POLICE AND
MEDIA: Hier onder is aspekte van polisiebelang:
14.1 Defence Web reports https://mail.google.com/mail/?hl=en&shva=1#inbox/12b1b201be3c03d2
14.2 Politics web https://mail.google.com/mail/?hl=en&shva=1#inbox/12b179ae0ef76e53https://mail.google.c
om/mail/?hl=en&shva=1#inbox/12b179ae0ef76e53
14.3 Praag https://mail.google.com/mail/?hl=en&shva=1#inbox/12b195efed2eee7f
14.4 ISS Pretoria: Johan Burger: Institutional schizophrenia and police
militarization: The South African Police Service (SAPS) currently finds itself facing a serious dilemma in
relation to changes that are described by some as a process of militarisation. This dilemma,
constantly faced by many police organisations, is best described by Neil Walker in a book by
40
Stephens & Becker titled Police Force - Police Service: Care and Control in Britain (1994)
as a form of 'institutional schizophrenia'. In essence this refers to the tension between the
ethos of law enforcement (control) and the ethos of community orientated policing (care). A
police 'force' would represent the ethos of control, while a police 'service' would represent the
care ethos. The dilemma facing policy makers is in finding the most appropriate ethos or an
acceptable balance that would best serve South Africa's constitutional imperatives as well as
effectively addressing our security needs.
In October 2009 President Zuma, in a meeting with more than a thousand police station
commissioners, made it clear that in his view the SAPS is a 'force' and not a 'service'. He
argued that what the police do is much more than 'service delivery' and implied that, given
South Africa's 'abnormal crime problem', the service orientation should make room for law
enforcement and the use of force. In this regard he expressed support for proposed
amendments to section 49 of the Criminal Procedure Act of 1977 that would give the police
additional powers to use deadly force. It was also during this meeting that he mooted the
possibility of reintroducing the previous (military style) rank system of the police.
Five months later, on March 11, 2010 the Minister of Police, Nathi Mthethwa, released a
press statement announcing that the new ranks of the police would be implemented on 1
April 2010. In his statement he said, amongst others, that:
Police forces around the world are referred to as the Force and their ranks are accordingly
linked to such designations. We have taken a stance as this Government of fighting crime
and fighting it tough ... [t]his should not be misinterpreted as merely the militarization of
the police but as part of our new approach of being fierce towards criminals, while lenient
to citizens’ safety and maintaining good discipline within the Force.
This was followed by a letter on March 31, 2010 signed by the National Commissioner of the
police, General Bheki Cele, informing members about the introduction of the new ranks and
claiming that this was necessary:
[f]or protocol, command and control purposes including the need to ensure mutual respect
between members of the South African Police Service and the South African National
Defence Force, who are on a regular basis involved in joint operations, [and] it was
deemed appropriate to adopt some of the military ranks utilized by the South African
National Defence Force, which ranks are also used by some police forces across the
world.
Some supporters of the military rank system argue that much more than the introduction of
military ranks is necessary to 'militarise' the police, but not everyone agrees. Those opposed
to these ranks such as POPCRU (Police and Prisons Civil Rights Union), have openly
rejected the change to the ranking system on the basis that it demonstrates an unconstitutional
attempt to militarise the police. POPCRU is currently in the process of taking the matter to
the High Court.
It is true that the Constitution refers to a 'police service' and refers to the head of the service
41
as the 'national commissioner' and provincial heads as 'provincial commissioners'. However,
these are specific posts within the police service and are not necessarily related to a rank.
Indeed, none of the other organisational posts are referred to by the Constitution. The
frequently used term of 'station commissioner' to refer to the officer in charge of a police
station irrespective of his or her rank was created as part of the administrative development of
the new police service.
In practice this could lead to confusion such as when an incumbent was addressed by his or
her post rather than his or her rank. For example, a station commissioner with the rank of
Captain, Superintendant or Director would often erroneously be addressed as
“Commissioner” when this title should only be used to address a rank reserved only for
Assistant Commissioners and above.
It would appear that three major factors are driving the current search in the SAPS for a new
identity: firstly, the pressure for more effective policing (including law enforcement) and a
safer society; secondly, the dangerous working environment of the police; and thirdly, the
apparent loss of morale and discipline within the police. It appears that there is the belief that
the kind of discipline that existed in the police before demilitarisation in the mid-nineties
could be restored with a return to the status quo ante. It is also believed that a better-
disciplined police would be better able to achieve its main objects of combating and
preventing crime.
Nevertheless, statements in favour of moving the SAPS from a 'service' to a ‘force’ did not
result in any constitutional or other legislative amendments. This means that in spite of all the
talk of rank-change and discipline in the police, on paper the organisation remains a 'service'
as determined by the Constitution. There is evidence that the change from a 'force' to a
'service' in other police agencies has been largely superficial and of little practical value. The
irony is that attempts at demilitarising the police elsewhere and at aligning the unique police
sub-culture with a new 'service' and 'community oriented' ethos, did nothing to change the
dangerous working conditions of the police and their authority to use force, including deadly
force, in the execution of their duties.
There can be little doubt that police agencies will always, albeit in varying degrees, exhibit
elements of militarism. Like the military the police are armed and legally authorised to use
coercive force when required and justified, they are authorised in particular circumstances to
limit the free movement of people and even to arrest and detain; and like the military they
normally perform their duties in uniform and visibly display their ranks. It is often argued
that these formidable powers and the fact that police officials are forced to operate either
alone or in small groups and constantly in extremely dangerous and unpredictable situations,
require that they align themselves with the kind of strict discipline, training, and command
and control practices that are normally associated with the military. However, the police are
also different from the military in many ways. The functions of the police are prescribed by
the Constitution and other legislation and are clearly different from that of the military.
Unlike the military the police are normally only lightly armed and their training is focused on
42
their policing functions. The police's doctrines are also different, for example, in terms of
“search and arrest” as opposed to “search and destroy.”
The question is what constitutes militarisation of the police? Should the adoption of ranks
similar to those of the military and reference to a 'force' justify concerns that the police could
become an alternative military organisation? Nobody really knows what the threshold is
between the police displaying elements of militarism and the military institution itself. What
we do know is that we do not want and cannot afford to have an alternative military
institution policing our country. We also cannot ignore the unavoidability of militarism in the
police. The challenge therefore is in preventing police militarism or elements of it from
dragging the police over that undefined threshold. It is for this reason that strong and
effective civilian oversight structures such as the Secretariat of Police and the envisaged
Independent Police Investigative Directorate are crucial.
• Thank you Johan! Johan Burger, senior researcher in the Crime and Justice
programme,For those that don’t know Dr Johan Burger is a former assistant-
commissioner of the South African Police Service.
15. HENNIE SE LESSENAAR / 15. HENNIE’S DESK
Trots: Is ons trots op ons Polisie-geskiedenis en ons verlede? Ek weet nie of u is nie, maar
ek is! Op enige plek in die wêreld en in enige geselskap sal ek my verbintenis met die SA
Polisie erken. Ek wil hê ons moet ons ou polisiemag koester en oudlede wat die hoogste offer
gebring het, se nagedagtenis eer! Dinsdagaand braai dr Peter “Die Engelsman” Lamb (sy
Vader was ‘n brigadier in die SALM) en my broer Nico en ek vleis, ons sit by die vuur en
gesels. So praat ons oor die kinders en Peter het ‘n hele paar kinders. Na vele keurings edm is
sy jongste seun is tans verbonde aan die Britse SAS. Peter vertel die seun het tydens sy
basiese opleiding in Engeland die hele Engeland en Europa amptelik deurkruis om die
geskiedenis van sy regiment te bestudeer en aan gevalle kamerade hulde te bring. Na
opleiding het sy seun op die mediese-terrein gespesialiseer en eers ‘n Black Serpent geword
– dis nou ‘n vegter wat ‘n para-medikus is. Voor hulle Afghanistan toe is is hulle eers in
Kenya om te aklamatiseer. Die jongman was al in die VSA vir kursusse en ook by die
Noordpool en het opleiding in duikbote en vliegtuie ondergaan. Iets interessant is dat elke
SAS-span ook ‘n speurder van Scotland Yard het om die inligting en bewysstukke in te
samel. Die jongman is ‘n bewese vegter en ek het al baie van sy operasionele foto’s gesien.
Interessant sodra hulle bv ‘n gebou of skip gepeneertreer het, dan stig hulle dadelik ‘n
eerstehulppos en die eerstehulp beweeg voorwaarts met die voorste linnie. Die Britte het ‘n
geweldige belegging in hul manne gemaak en ek dink so word lojaliteit gekweek! Die punt
wat ek wil maak is ons moet ons geskiedenis begin koester – ons het so baie om op trots te
43
wees! Waar was ons toe die Vriende van die Oorlogsmuseum die slag van Berg-en-Dal
gevier het en die Zarp’s wat gesterf het, gehuldig het?
15.1 A Point to Ponder: Paraprosdokians • Light travels faster than sound. This is why some people appear bright until you hear
them speak.
15.2 “Nice to Know”: Sestien bakkies is nodig om dié miljard te vervoer deur Dr. Hennie Kloppers van Pretoria skryf in Beeld: 2010-09-15 23:38. Deesdae word daar
altyd in die nuus na bedrae van miljarde rande verwys. In Beeld se hoofberig op Saterdag 11
September word berig dat meer as 90 000 staatsamptenare toelaes van die staat steel. As 100
000 mense elk R1 000 per maand steel, is dit altesame R1,2 miljard per jaar wat gesteel is.
Besef ons altyd hoeveel 1 miljard is? Dit is 1 000 miljoen of 1 000 000 000. ’n Persoon wat
100 jaar oud is, het 52,56 miljoen minute geleef. As Jesus vandag nog geleef het (2010 jaar
ná Sy geboorte), sou Hy 1,056 miljard minute oud gewees het. As iemand R1 000 per uur
bestee (24 uur per dag) sal dit hom 41,67 dae neem en om R1 miljoen te bestee en 114,16 jaar
om R1 miljard te bestee. As R100-note op gewone A5-kantoorpapier gedruk word (sê ses op
’n bladsy), sou vir R1 miljard 3333,3 pakke van 500 velle nodig wees.Al dié papier sal
ongeveer 8 000 kg weeg en 16 halfton-bakkies sou nodig wees om dit te vervoer.R1 miljard
is baie geld. http://www.beeld.com/MyBeeld/Briewe/Sestien-bakkies-is-nodig-om-die-
miljard-te-vervoer-20100915
16. HUMOR IN UNIFORM: 16.1 GOTTA LOVE THIS COP: A police motorcycle cop stops a driver for running a red light.The guy is a real jerk and
comes running back to the officer demanding to know why he is being harassed by the
Gestapo! So the officer calmly tells him of the red light violation. The motorist instantly goes
on a tirade, questioning the officer's ancestry, sexual orientation, etc., in rather explicit
terms.The tirade goes on without the officer saying anything. When he gets done with writing
the ticket he puts an "AH" inthe lower right corner of the narrative portion of the ticket.He
then hands it to the 'violator' for his signature. The guy signs the ticket angrily, and when
presented with his copypoints to the "AH" and demands to know what it stands for. The
officer says, "That's so when we go to court, I'll remember that you're an asshole!" Two
months later they're in court. The 'violator' has such a bad driving record he is about to lose
his license and has hired a lawyer to represent him. On the stand the officer testifies to seeing
the man run the red light.
Under cross examination the defense attorney asks: "Officer is this a reasonable facsimile of
the ticket you issued my client?"
Officer responds, "Yes, sir, that is the defendant's copy, his signature and mine, same number
at the top.
Lawyer: "Officer, is there any particular marking or notation on this ticket you don't normally
make?"
"Yes, sir, in the lower right corner of the narrative there is an "AH," underlined."
"What does the "AH" stand for, officer?"
"Aggressive and hostile, Sir."
"Aggressive and hostile?"
"Yes, Sir?"
“Officer, are you sure it doesn't stand for asshole?"
"Well, sir, you know your client better than I do!"
44
• Life is short .... forgive quickly, love truly, laugh uncontrollably........... and never
regret anything that made you smile... Roy During, Cape Town.
Die grappie hierbo laat my dink aan die volgende ware kruisverhoor:
Prokureur aan swart lid van die Mag: “Het julle hierdie saak onder mekaar bespreek?”
Lid: “Ja, Edelagbare!’
Prokureur: “Wat het julle bespreek?’
Lid: “Edelagbare ons het gesê dat ons die beskuldigde jammer gekry omdat hy hierdie
prokureur aangestel het om sy saak aan die Hof te stel!”
• The moral of the story is, in cross-examination you must know the answer, to
each question!
16.2 SA Military Veterans
Newletter: Traffic Control in the R of SA. Paul Els has joined the local
Community Watch in an attempt to
prevent incidents like the following:
“Congratulations”, said the Metro Cop.
“As you are wearing your seat belt you
have just won R5 000 in an Arrive
Alive safety competition”. Sipho could
hardly believe his luck. “What are you
going to do with your cash?” asked the
Metro Cop. “Well I guess I'm going to
get a driver's license”, Sipho answered.
‘Oh, don't listen to him”, yelled Dipuo
in the passenger seat. “He tries to be
smart when he's drunk”. This woke up
Ndlovu in the back seat who took one
look at the cop and moaned, “I told
you stealing the BMW was a bad idea.
A Mazda would have been better”. At
that moment there was a knock from
the boot and Zakeles' voice said,
“…are we over the border yet?”.
The cop then said: “… OK my
brothers, how are we sharing this R5
000?!”
16.2 Jeanette Hough,
Walvisbaai het ‘n aantal prentjies, advertensies en foto’s van die 1980’s
ingestuur en op een foto veskyn een
van ons vriende in Kimberley, Patric
Coetzee. Na bestudering van die foto
sien ek net die Sersant het ‘n fiets met
‘n lig! Nou dink ek ver terug! Is dit
45
omdat hy Sersant is dat hy ‘n lig het? Wat van die konstabels? Werk hulle dan net in die dag
ens ens. Kan net sê dit was R1-00 of partykeer R0,50c erkenning van skuld by SAP King’s
Rest “for riding a bicycle with out a light!”
17. NETWERK & “KOM ONS ONDERSTEUN MEKAAR”
17. NETWORKING & “LET’S SUPPORT ONE ANOTHER” VERSAMELING VAN OU SAP-ITEMS: Dana Kruger versamel van alles en nogwat rakende die
ou SA Polisie. Hy kan op [email protected] gekontak word.
18. LAAT BERIG: DEBAT Die debat tussen genl Johan van der Merwe en dr Piet Croukamp wat onlangs op RSG
plaas gevind het, word hier voortgesit:
Hallo Hennie,
Piet Croucamp is of baie stadig van begrip of andersins uiters kwaadwillig en verdraai feite
doelbewus. Dit is moeilik om te beryp hoe hy die volgende feite nie gesnap het nie:
Ø Eugene de Kock het om 68 moorde amnestie gevra, maar het in baie gevalle 'n onbenullige
rol gespeel. Ek het in die volgende gevalle om amnestie gevra waar persone om die lewe
gebring is –
§ MK-lede wat gedurende 1985 in Lesotho deur Eugene de Kock en lede van sy eenheid
doodgeskiet is. Die MK-lede het op- die punt gestaan om die RSA binne te sypel om dood
en verwoesting te saai. Dit was vir alle praktiese doeleindes noodweer gewees.
§ Die Zero hand granate waar die lede van Cosas onderweg was na wonings van lede van
die Polisie om hulle en hulle gesinne koelbloedig uit te wis. Hulle is gedood toe hulle
handgranate na die wonings van polisie geslinger het. Weer eens vir praktiese doeleindes
noodweer. Eugene de Kock het ook in hierdie gevalle om, amnestie gevra ofskoon hy 'n baie
onbenullige rol gespeel het. Dit vorm deel van sy 68 moorde.
§ Lede van MK wat in Swaziland doodgeskiet is wat die lewens van weerlose persone
bedreig het. Eugene de Kock en lede van sy eenheid was ook by hierdie optrede betrokke en
dit vorm deel van sy 68.
Ø Daar was verskeie ander gevalle waarby Eugene de Kock en lede van sy eenheid
betrokke was, wat beslis ook binne die bestek van noodweer geval het.
Ø Talle ander lede van die veiligheidstak was by dieselfde gevalle betrokke.
Met die uitsondering van die Nelspruit voorval het die amnestiekomitees in al die ander
gevalle waarby Eugene de Kock betrokke was, bevind dat die voorvalle in die loop van en
binne die omvang van sy pligte en binne die omvang van sy nadruklike of versweë
bevoegdhede geskied het. Hy is in twee sulke gevalle amnestie geweier omdat die
amnestiekomitee van mening was dat hy nie 'n volle blootlegging gedoen het nie. Ek daag
Piet Croucamp om aan die hand van feite aan te toon dat die lede van die Veiligheidstak meer
as tussen 200 honderd en 300 persone doodgemaak het. Die ondersoekeenheid van die
WVK het uit hulle pad gegaan om lede van die Veiligheidstak aan die pen ten laat ry en die
Nasionale Vervolgingsgesag het ook alles in hulle vermoë gedoen om ons te vervolg. Daar
moet tog noodwendig aanklagte hangende wees van die duisende wat vermoor is, name
datums, plekke en ander besonderhede moet tog bekend wees. Eugene de Kock het op sy eie
alles moontlik gedoen om elke greintjie inligting aan die Nasionale Vervolgingsgesag
beskikbaar te stel en na al die jare is nog geen feite bekend nie – Johan van der Merwe.
46
Dr Piet Croukamp antwoord:
Op die radio-program het genl J van der Merwe gesê daar is nie meer as 200 sterftes agv
polisie optrede nie, en sedertdien het hy sy syfer aangepas na soveel as 300. Sien ook dat hy
nou baie spesifiek net van die Veiligheidstak praat en nie van die SA Polisie nie - wie sal
verantwoordelikheid neem vir sterftes wat nie deur die toedoen van die Veiligheidstak
gepleeg is nie? Die WVK het dit oor sterftes gehad waarby die hele SA Polisie (en selfs die
weermag) betrokke was sedert die 1960’s. Die Generaal het nie 'n idee hoeveel mense deur
die apartheidstaat vermoor is nie en blaas sommer oor sy duim. Maar, sy duimblasery maak
ook van Eugene de Kock die grootste moordenaar in die apartheidstaat se arsenaal. As
Eugene verantwoordelik was vir 86 moorde (sommiges indirek) uit 200, het apartheid hom
grootliks op een man verlaat, wat maar 'n paar jaar aan die hoof van Vlakplaas was, om te
"elimineer" en te moor namens die staat. Die Generaal het na my wete ook nie aansoek om
amnestie gedoen vir alle moorde waarby hy betrek kan word nie. Ek hoor hy het ook nou vir
'n pardon aansoek gedoen van die staatspresident. Ons weet ook dat baie ander generaals en
voetsoldate nie aansoek gedoen het om amnestie nie. By wie se rekening voeg ons daardie
moorde?
Wat het dit alles met my vriend Eugene de Kock se saak te doen.
1. Die Generaal se ontkenning van die breër prentjie maak van Eugene die meester-
moordenaar. Hy staan nou pa as sou hy apartheid se moordmasjien gewees het. Terwyl die
Generaal behoort te weet Eugene was deel van 'n groter stelsel laat hy toe dat Eugene
uitgesonder word asof hy sonder die wete van die Generaal en die NP-leiers opgetree het. In
daardie opsig is die Generaal nie beter as die polisie-manne wat teen Eugene getuig het nie,
almal manne wat maklik gemoor het. En, Eugene hou dit nie teen hulle nie, hy besef die
generaals se rug was nie reguit genoeg vir die waarheid nie en die politici soos De Klerk is
nooit anders as lafhartig gewees nie. Maar die relativering van die werklikheid en die
waarheid, wat die generaal in retireer en en op die agtervoet pleeg, gooi 'n donker wolk oor
Eugene se betrokkenheid.
2. Die Generaal se vraag in sy boek "waar kom die persepsie vandaan dat die generaals en die
politici van alles geweet het?" is seker die mees siniese ontkenning van 'n generaal wat ek
ooit gesien het. Dit is dieselfde man wat die vertragingsmeganismes van handgranate
verwyder het sodat sg terroriste hulself kan opblaas. Hoekom daai mense nie net gevang en
verhoor was nie, weet nugter, behalwe vir die logiese veronderstelling dat die Generaal deur
sy totale loopbaan bereid was om elke internasionale konvensie en Suid-Afrikaanse wet te
oortree in die formulering van sy werkswyse. Die Generaal en die politici het 'n stelsel
geskep wat net deur wandade, korrupsie en moord instand gehou kon word, en nou is die
generaal verbaas as dit wel plaasvind en beweer hy hy het maar net van sowat 14 moorde
geweet. Generaal, die statuur van jou waarheid word verdwerg deur die eerlikheid van jou
grootste soldaat, Eugene de Kock.
3. As die Generaal en die politici by die WVK opgestaan het en gesê het, ‘ja ons neem
verantwoordelikheid vir die beleid van apartheid, as sook vir die konsekwensies van daardie
beleid’, het Eugene ook 'n tweede kans gekry.
4. Die Generaal doen Eugene se saak skade deur sy pogings om apartheid te regverdig (wat
Eugene verfoei), en deur 'n ideologies-regse regverdiging aan te bied vir wat gebeur het by
Vlakplaas. Sy bewerings dat Eugene 'n sikofantiese, maar dividentlose verhouding met die
ANC probeer smee is om Eugene se eerlikheid op 'n redelik laakbare manier te bevlek.
47
Met die generaal en die Natte wat onder die dekmantel van "ons het nie geweet, en ons het
nie so baie moorde gepleeg nie" hul stories plooi, is daar vandag niemand kredietwaardig van
die ou orde wat vir Eugene opstaan nie. Die Generaal se brief aan Thabo Mbeki waarin hy
vra om begenadiging vir Eugene is so 'n naïewe politieke gebrabbel dat daar nooit ooit iets
van sou kon kom nie. Ek sien Eugene gereeld, hy is 'n rateltaai, maar ‘bright bliksem’ wat
neersien op die wyse waarop hy op die slagveld agter gelaat is. Die Generaal was nooit 'n
soldaat nie, en sou dit waarskynlik ook nie kon wees nie. Groete, Piet Croucamp.
• Baie dankie aan genl Johan van der Merwe en dr Piet Croukamp! Ons plaas DV
aanstaande week genl Johan van der Merwe se antwoord hieop en die daarop
volgende week dr Croukamp se antwoord. Debatvoering is in ons almal se belang.
19. VOLGENDE UITGAWE / NEXT EDITION: DV Sunday 26 Sept 2010
Polisie is afgevlieg na Durban in 1949 met SALM
Dakota’s en die 1ste eie SAP-vliegtuig 1965
20. SLOT / CONCLUSION Stuur asb u artikels en briewe vroegtydig in voor Woensdag asb. Stuur sommer u foto saam!
Ons wil mos sien hoe die kolleags lyk/gelyk het. Geniet u week verder! Kontak gerus ons
argivaris, Marius Avenant (kyk voorblad) vir advies om vorige uitgawes op te roep.
• Never argue with idiots! Remember the advice from our friend, “The Major”, in Uganda: “Walk tall!”
Greetings
Salute!
Your Van Driver and Section Sergeant: No 43630 (M) Hennie Heymans.
© 2010