Hartklop juniejulie2016

28
Junie/Julie 2016 Uitgawe 109 uit jou gemaksone in jou hartsone in!

description

SaamLeef voor 1 God

Transcript of Hartklop juniejulie2016

Page 1: Hartklop juniejulie2016

Junie/Julie 2016 Uitgawe 109

uit jou gemaksone in jou hartsone in!

Page 2: Hartklop juniejulie2016

InhoudFokus

01 Fokus: SaamLeef voor 1 God

02 Wedstrydplan na Lewensverandering

03 Word deel van 'n 'Gee Reg' voedselkoeponstelsel

19 'n Geloofsfamilie wat GEE

Algemeen04 Gemeentefees 2016

24 WEN WEN WEN

* Agterblad (binne): Preekrooster - Junie 2016

Dagboek08 Run & Walk 4 Bibles

09 Bediening van die Doop

09 Bybelskool

10 Shares: Single&Parenting/DivorceCare/GriefShare

11 SingleSonderMure

12 Kalender: Junie 2016

13 Kalender: Julie 2016

14 Kalender: Aug 2016

14 Next Steps

15 Gebedsopleiding

15 Huweliksvoorbereiding

16 4x4 Dag by Leeuwenkloof

17 Talente en Geestelike Gawes Vakansieprogram

Redakteur: Francois Schoombee 012 663 2003 x204/[email protected] en Grafiese ontwerp: Nadia Strydom 012 663 2003 x205/[email protected]

Teologiese versorging: Fanie Venter Taalversorging en proeflees: Hennie Jooste en Belinda Nel

Die Hartklop redaksie en uitgewer onderskryf nie noodwendig die menings wat medewerkers in die tydskrif uitspreek nie en behou die reg om alle bydraes redaksioneel te versorg.

Wat ‘n vraag om te vra in ‘n somtyds koue wêreld, en dan nog in die winter ook! As ek vir een oomblik my eie persoonlike opinie mag lig, sal my antwoord as volg lyk:

Ja, dit is verseker moontlik - indien die Een Gees in ons almal leef, sal ons in volle harmonie met mekaar kan leef. Ekwil een stappie verder gaan en verklaar dat elkeen wat die Een Gees in hom of haar huisves, ‘n gelukkige en verge- noegde lidmaat van sy Een Kerk sal wees wat met sy onvoorwaardelike liefde en omgee in die geloofsfamilie en ge- meenskap sal dien tot Hy ons kom haal.

In hierdie uitgawe sluit ons die 3de fase van die Wedstrydplan na Lewensverandering, nl. “Saam met die Geloofsfamilie,” af. Ek hoop werklik dat jy in hierdie eerste 5 maande van 2016 jou unieke plekkie in die kerksondermure-familie ontdek het. Ons vertel weer van ‘n klomp mense wat reeds hulle identiteit in Jesus gevind het en wat vir Hom en sy mense lewe.

As jy nog hulp nodig het om jouself in hierdie familie te vind, nooi ek jou uit om ons te skakel by 012 663 2003. Ons sal jou graag ontmoet en jou wil help om iewers in die familie in te skakel. Sien uit om jou te ontmoet!

Lekker lees tot Augustusmaand wanneer die jaar spoed begin kry met die einde van 2016 in sig…

Redaksie

Groete Francois

Is dit regtig moontlik om almal saamin harmonie voor Een God te lewe?

Kinders & Tieners06 Lewende Stene Launch

07 Belydenisaflegging

22 Kinders vat vyf

23 EE3 - Master Blender 2016

Page 3: Hartklop juniejulie2016

www.kerksondermure.org Hartklop l Junie/Julie 2016 01

Fanie Venter

Fokus

Ons kyk in hierdie uitgawe van ons tydskrif terug op die afgelope 6 maande onder die tema: SaamLeef voor EEN God.

As deel van ons Wedstrydplan na Lewensverandering het ons die afgelope maande gefokus op die geloofsvorming wat God laat gebeur wanneer ek in verhouding met my Geloofsfamilie leef. Op 31 Januarie het ons afgeskop met ʼn 7 weke lange Feesreeks oor die geloofsfamilie. Die feeste waardeur ons gereis het, was: Geloofsfees, Aanvaarfees, Dienfees, Boufees, Aanspoorfees en Visiefees. Ons het wonderlike stories gehoor en vertel van verhoudings wat gevorm, beleef en verdiep is na afloop van hierdie reeks.

Die volgende hoogtepunt was Paasnaweek waar die geloofsfamilie deur die Nagmaal hulle eenheid met Christus en mekaar gevier het. Persoonlik sal ek nooit die hoendervleis oomblikke vergeet nie, toe die woorde ‘Jesus het opgestaan’ begroet is met ʼn gejuig en dawerende ap-plous. Op 8 April is ons volgende reeks ‘God is not dead’ afgeskop met die aangrypende fliek met dieselfde naam. Tydens hierdie reeks is ons versterk in ons geloofsoortui-gings, is ons getroos en geweldig uitgedaag ten opsigte van ons roeping teenoor mense wat nie ons lewensveran-derende geloof deel nie. Ons is regtig bevoorreg vir kerk-sondermure se verhouding met die begaafde besoekende predikers wat hulle spesialis belangstellings met soveel oortuiging met ons gedeel het. Ons is opnuut oortuig dat ʼn mens nie jou verstand hoef af te skakel om te glo in ʼn lewende God wat liefdevol in ons lewens betrokke is nie.

Toe breek Meimaand aan; kerksondermure neem deel aan ʼn inisiatief met die naam “Een God, een kerk en een stad”. Op al die Sondae van Mei het ʼn groot aantal verskillende gemeentes en denominasies sigbaar uitdrukking gegee aan ons eenheid in Christus deur die hele maand lank dieselfde temas te preek. Sover ons weet is dit die eerste keer ooit dat soveel kerke in ons stad aan só ʼn inisiatief deelneem. As gemeente is ons regtig bevoorreg om deel te kon wees van hierdie grensverskuiwende inisiatief. Ons beplan ook om die momentum wat deur hierdie inisiatief geskep is, verder te benut in ons pogings om die eenheid waarvoor Jesus gesterf het, te bewaar.

Ons harte is vol dankbaarheid wanneer ons terugkyk op ʼn geloofsvormende en lewensveranderende tydperk. God is so goed! Hy seën sy geloofsfamilie met verhoudings, gawes en kreatiwiteit, sodat ons oë al hoe oper word vir Hom as die EEN lewende, liefdevolle en volmaakte Vader van sy familie. k

SaamLeef voor 1 God

Page 4: Hartklop juniejulie2016

02 Hartklop l Junie/Julie 2016 www.kerksondermure.org

WEDSTRYDPLAN NA LEWENSVERANDERING

Na een en ʼn halwe jaar se saamreis met ons Wedstrydplan na Lewensverandering maak ons gereed vir die 4de gedeelte: AS DEEL VAN DIE GEMEENSKAP.

Ons het reeds intensief deur 3 kontekste gereis; PERSOONLIKE VERHOUDING MET GOD (eerste 6 maande van verlede jaar), IN MY HUIS (laaste 6 maande van verlede jaar), SAAM MET DIE GELOOFSFAMILIE (eerste 6 maande van hierdie jaar) en dan vir die laaste 6 maande van hierdie jaar AS DEEL VAN DIE GEMEENSKAP. Dit is wonderlik om te hoor hoe ons swart boekies oral in huise en selfs op ander plekke in die land gebruik word.

Maak julself gereed vir die volgende boekie se reeks wat 14 Augustus gaan begin genaamd die LEEF JESUS – REEKS, wat handel oor verhale uit Handelinge! Hou jou e-posse en die bemarkingsmateriaal dop. k

Carl du Preez

Page 5: Hartklop juniejulie2016

www.kerksondermure.org Hartklop l Junie/Julie 2016 03

Origina

l4INSTRUCTIONS

VOUCHER

www.facebook.com/Moeggesukkel www.moeggesukkel.co.za

FEEDING PROGRAM

MEA

L VO

UC

HER

Origina

lFEEDING PROGRAMMEALVOUCHER

This meal voucher entitles the holder to one free meal at any one of the drop-off points as indicated on the back of tis voucher.

Hierdie maaltyd geskenkbewys maak die houer geregtig op ‘n gratis ete by een van die afset-punte, soos aangedui op die rugkant van hierdie strokie.

Lokhu voucher sidlo ilungelo umnikazi ukuba nesidlo free kwelinye amaphuzu.yokuthengisa, njengoba kuboniswe ngemuva yalesi ukushelela.

Lijo tsena voucher entitles ea tsoereng e mong ho e mahala lijo leha e le efe e mong oa.lerotholi-theoha lintlha tse joalokaha ho bontsitsoe ka morao ena voucher.

www.facebook.com/Moeggesukkel www.moeggesukkel.co.za

MEA

L V

OU

CH

ER

ONLY ORIGINAL VOUCHERS WILL BE ACCEPTED.

Carl du Preez

Persoonlike Sorg

Word deel van 'n ‘Gee Reg’ voedselkoeponstelsel...Nou kan jy bedelaars/ haweloses op Centurion se strate help...

Soos van julle reeds weet vat ons hande met verskeie gemeentes, Moeggesukkel en Helpende Hand om die gemeenskap bewus te maak om “Reg te gee”.

Ons het ʼn Christelike opdrag om na ons medemens om te sien en mense te help wat swaarkry – sonder om te vra hoekom hulle in só ʼn situasie is. Jesus was net lief vir mense, het tyd gemaak vir hulle en hulle gehelp. Juis híerdie opdrag wat die Bybel ons gee, word nou uitgebuit deur slinkse en manipulerende patrone wat goeie intensies misbruik om swak, en selfs gevaarlike praktyke, in stand hou.

Verskeie navorsing wys daarop dat meeste bedelaars/haweloses langs die paaie aan dwelms verslaaf is. Slegs ʼn klein gedeelte van hulle bedelgeld gaan vir kos en verblyf en amper alles vir die aankoop van dwelms.

Wat nou gemaak? Deur anderkant toe te kyk, oogkontak te ver-my, kleingeld so vinnig as moontlik te oorhandig of kortaf te sê: “Nee ek kan nie help nie!” kan tog nie die antwoord wees nie?

Ons as kerksondermure het besluit om ons gemeentelede aan te moedig om:

1. Nooit geld te gee aan bedelaars/haweloses langs die pad nie.

2. Voedselkoeponpakkies aan te koop en in jou motor te hou.

3. Bewus te raak van maniere om reg te gee sodat hierdie mense werklik gehelp kan word.

Hoe werk die voedselkoeponstelsel hier in Centurion:•  Die koepon voedingsprogram is in vier tale;•  Handig hierdie koepon aan enige persoon in Centurion en hulle kan 'n gratis ete ontvang, enige dag van Maandag tot Vrydag, by die verskeie afsetpunte;•  Indien die koepon nie deur die ontvanger opgeëis word nie,  sal daar nogsteeds 'n gratis ete aan 'n hawelose persoon ge gee word, wat beteken dat enige surplus wel 'n honger per- soon sal bereik. Elke koepon = gratis ete;•  As deel van die koste van elke koepon, word R2,50 daarvan  vir die akkommodasie van hawelose mense geallokeer;•  Wanneer die ontvanger die gratis ete afhaal, word sy/haar in- ligting op 'n databasis geplaas sodat ons die persoon se hui- dige omstandighede en verdere uitdagings kan bepaal; en•  Ons handig ook klere en komberse uit indien daar 'n behoef- te daarvoor is.

Jy kan ʼn voedselkoeponpakkie van 10 koepons by die kerkkan-toor aankoop.

Word deel van die gemeenskap wat bedelaars/haweloses langs die pad wil help deur iets in die hand te gee... Prys die Here! k

Page 6: Hartklop juniejulie2016

Vir die afgelope vier jaar word nie net die aanloop tot die Mid-stream kerksondermure gemeentefees gevier nie, maar ook die dag van die feestelikheid, deurspek met God se voorsiening, getroue sorg en heerlike genade. Die feeskomitee kan werklik met vreugde getuig van God se teenwoordigheid in en deur sy kinders.

Om een oomblik nog vir die gemeente vir skenkings te vra en die volgende moment reeds te beleef hoe die Here in ons be-hoeftes voorsien - dubbel betaal en bygedra – kan mos net aan ons goeie Vader toegeskryf word. Met een van ons vergaderings word ʼn aantekening gemaak dat daar nog 3 sakkies aartappels en blatjang benodig word – net om oomblikke later, na afloop van die vergadering, te ontdek dat iemand dit ten tye van die vergadering, toe die behoefte uitgespreek is, reeds in die lokaal langsaan afgelewer het. Ons het hierdie jaar weereens beleef hoe God voorsien, selfs voordat ons nog vra, en wil graag er-kenning gee aan elkeen wat gehoorsaam was aan die Bybelse opdrag om met blydskap ruimhartig te gee. Daar is soveel van hierdie stories wat ons sal aanhou vertel, omdat dit kleur aan ons gemeentefees gee waar ons uitsluitlike doel en grootste be-hoefte is dat God deur mense se saamwees verheerlik sal word.

Dit was dan ook net louter vreugde om hierdie jaar te kon beleef hoe ʼn groot aantal besoekers, wat (nog) nie deel van die kerk-sondermure-familie is nie, deur die fees byeen getrek word. Ons innige gebed is dat die hartlikheid in gelowiges se harte ʼn bly-

wende indruk in die lewens van ander gemaak het, sodat die liefde van Jesus ook in hulle lewens die deurslag sal gee. Wat die fees net nog meer spesiaal gemaak het, was dat ons ook waarlik kerksondermure vanuit Midstream kon wees en met ons broers en susters van NG Olifantsfontein gemeente kon handevat – ʼn bobaas-pannekoekspan! Ons stukkie “gee” was ook onder meer om vir PEN, Raad vir Bejaardes en Olievenhoutbosch Christian School die geleentheid te bied om fondsinsameling vir hul onderskeie projekte te doen, sodat God se koninkryk ook hier-deur uitgebou kan word. Die gemeentefees kom juis hierdeur tot sy reg én elkeen wat in die proses uitreik, word ook daardeur skatryk.

Ons beker loop oor en ons wil graag ons dank betuig aan ieder en elk wat op een of ander wyse ʼn bydrae gelewer het. ʼn Spesiale woord van dank aan ons Midstream personeel wat nie skroom om moue op te rol en veters vas te maak nie: Dirk, Vera, Hezel, Abel, Harry en Bettie. Ons koester ons Vader se onuitspreeklike sorg en liefde en ervaar steeds die vervulling wat die reël van so ʼn dag meebring. Mag dit vir altyd ʼn fees in die harte van die geloofsfamilie wees – ʼn dienende geloofsfamilie wat met passie en blydskap die koninkryk van God oral uitleef! k

Tiesie de Coning

04 Hartklop l Junie/Julie 2016 www.kerksondermure.org

Page 7: Hartklop juniejulie2016

www.kerksondermure.org Hartklop l Junie/Julie 2016                       05

Page 8: Hartklop juniejulie2016

06 Hartklop l Junie/Julie 2016 www.kerksondermure.org

Teodor v.d. Spuy

Tieners

If you don’t know where you are going, any road will do. Dit mag partykeer die groot probleem wees met baie van die dinge wat ons in die kerk aanpak. Ons is opgewonde om af te skop met ʼn nuwe projek, maar ons is nie altyd seker waarheen ons op pad is nie. Dáárom moes ons seker gaan maak het oor wat die Here se droom is met tieners in kerksondermure.

Hier is wat ons weet oor kerksondermure se tienerbediening:

1. Ons het ʼn tiener vir net 4 kosbare jare, waarvan ons die tyd optimaal moet benut.

2. Ons kompeteer met baie ander instansies vir baie kosbare tyd.

3. Ons het geen begeerte om tieners net "besig te hou" nie.

4. Ons glo dat hierdie 4 vormingsjare ʼn geleentheid skep om lewenslange verandering mee te bring.

Met dit in ons agterkoppe het die kreatiewe span by die tieners opgekom met die konsep van “Lewende Stene”. As ons sê dat ons ʼn kerk sonder mure is, verstaan ons dat ons kerk in die wêreld moet wees. Dit vra van ons om lewende stene te wees. Stene wat God se koninkryk bring in ons skole, huisgesinne, ons gemeenskappe, asook in ons vriendekringe. Tieners in kerkson-dermure word nie voorberei om ééndag reg te wees om ʼn verskil te maak nie, maar ons werk eerder met die veronderstelling dat God hulle reeds nóú wil oprig tot agente van verandering. Je-saja 58:12 het ons gehelp om ons roeping vas te maak in hierdie 

verband: “Jou kinders sal die puinhope van jou stede herbou. Dan sal hulle jou noem: die een wat stukkende mure en stede opbou.”

Tieners in kerksondermure is dus genooi om deel te word van ons bouspan terwyl ons fokus op die drie oorhoofse temas van REPAIR, RESTORE en RAISE.

REPAIR: Ons wil ʼn bediening wees wat met deernis werk met ge-broke tieners.

RESTORE: Ons wil tieners oplei om sistematies dit wat nie reg is nie in die samelewing, te verander. Soos in die hemel, so ook op die aarde.

RAISE: Ons glo opgerigte en uitgestuurde tieners sal hulself dupliseer en ander oprig.

Ons pleidooi na die gemeente is om ons verantwoordelik te hou vir dit wat ons glo waarvoor ons geroep is hier in Centurion. Ons is opgewonde en optimisties. Ons skole in die omgewing, ons ouers en ons tieners is bereidwillig en gereed vir ʼn nuwe sei-soen. Daarom nooi ons weereens met ʼn groot verwagting alle tieners uit na Lewende Stene in Midstream en Hippolaan. Jy is ʼn lewende steen, geroep om dit wat stukkend is heel te maak; jy is gestuur om God se koninkryk ʼn werklikheid te maak en jy is opgerig om ander op te rig. k

Page 9: Hartklop juniejulie2016

www.kerksondermure.org Hartklop l Junie/Julie 2016 07

Tieners

Belydenisaflegging

01

02

03

04 04

05

Geboorte Graad 1 Belydenis

Doop BekeringVan nou

af...

Oor die laaste 2 maande het kerksondermure die voorreg gehad om meer as 120 nuwe belydende lidmate in die gemeente te verwelkom. Belydenisjaar is ʼn intensiewe en verreikende jaar. Dis die kerk se laaste geleentheid om ons belangrikste geloofsoortuigings vas te lê by die tieners. Daarom is daar ʼn groot klem op klasbywoning en deelname, aangesien die leierskap ʼn groot verantwoorde-likheid het om die tieners regtig doeltreffend gereed te maak om lidmate van die kerk te word. Ure se voorberei-ding vir al die belydenisklas se moeilike vrae word ingesit en ons is opreg dankbaar daarvoor.

Ons is altyd ook baie dankbaar vir elke ouer wat hulle doopbeloftes ernstig opgeneem het en hulle kinders ge- reeld en getrou by die kerk se strukture laat inskakel het. Ons besef dat hierdie tieners by belydenisaflegging regtig voorberei is deur soveel verskillende mense van die ouder-dom van 2 jaar af. Vir elkeen van daardie rolspelers wil ons

opreg dankie sê. Julle harde werk het uiteindelik vrugte afgewerp en gaan vir altyd hierdie tieners se lewens help rig en lei.

Vir 2016 het ons nog een geleentheid oor by Hippolaan waar tieners belydenis gaan kan aflê. Ons sien baie uit en ons glo dat hulle aktiewe en betrokke lidmate by ons kerk gaan word en uiteindelik ook hul eie kinders doop en grootmaak in die wil van die Here. Só is die voorbestaan van die kerk verseker.

Ons moedig ook alle jonger tieners en hulle ouers aan om nóú al voor te berei vir die belydenisjaar. Dis inderdaad ʼn spanpoging en verkorte middagslapies is aan die einde van die dag, om seker te maak die tieners is betyds by die klas en aktief betrokke. Die kampe, uitreike en kontakses-sies beloof om lewensveranderend te wees! k

In die fliek “The Lion King” het ons geleer van die Circle of Life. ʼn Ekosisteem waar die sirkel uiteindelik voltooi word, net om weer plaas te vind en sodoende die behoud van die natuur te verseker. Die behoud van die kerk soos wat ons dit vandag ken is ook afhanklik van sulke prosesse en wanneer ons tieners dan belydenis aflê, dan weet ons dat die kerk heel moontlik vir nóg ʼn generasie gaan oorleef.

Teodor v.d. Spuy

Page 10: Hartklop juniejulie2016

08 Hartklop l Junie/Julie 2016 www.kerksondermure.org

Page 11: Hartklop juniejulie2016

www.kerksondermure.org Hartklop l Junie/Julie 2016 09

Dagboek

Page 12: Hartklop juniejulie2016

10 Hartklop l Junie/Julie 2016 www.kerksondermure.org

Dagboek

Page 13: Hartklop juniejulie2016

www.kerksondermure.org Hartklop l Junie/Julie 2016 11

Dagboek

Page 14: Hartklop juniejulie2016

12 Hartklop l Junie/Julie 2016 www.kerksondermure.org

Woe

nsd

ag

01D

onde

rdag

02

Vry

dag

03

Sate

rdag

04

09:0

0 Se

nio

rs@

MS

09:3

0 O

ppie

kopp

ie S

nr’s

HL

19:0

0 W

IP H

L19

:00

Man

ne

Kurs

us

MS

19:0

0 Ku

ria b

yeen

kom

s H

L

09:0

0 By

belst

udi

e H

L19

:00

Mu

sieks

pan

oef

enin

g08

:00

Pers

onee

l geb

edsg

e-le

enth

eid

HL

& M

S 08

:00

Bero

epsf

oru

m H

L09

:00

Bera

ders

foru

m H

L

07:0

0 G

ebed

@H

ippo

laan

Son

dag

05

Maa

ndag

0

6D

insd

ag

07

Woe

nsd

ag

08D

onde

rdag

09

Vry

dag

10

Sate

rdag

11

08:0

0 &

10:

00 D

oop

Mid

stre

am12

:00

Doo

p H

ippo

laan

09:0

0 Sn

r Byb

elst

udi

e M

S19

:00

Ver

itas

HL

18:0

0 D

iepk

ant

18:3

0 N

ext S

teps

HL

& M

S09

:30

Snr B

ybel

stu

die

HL

09:0

0 M

aats

kapl

ike

Wer

kers

Fo

rum

HL

19:0

0 W

IP H

L19

:00

Man

ne

Kurs

us

MS

Voe

tspo

re B

inn

elan

dse

Proj

ekte

u

itsta

lling

Hip

pola

an09

:00

Bybe

lstu

die

HL

19:0

0 M

usie

kspa

n o

efen

ing

08:0

0 Pe

rson

eel g

ebed

sge-

leen

thei

d H

L &

MS

08:0

0 Be

roep

sfor

um

HL

09:0

0 Si

elku

nde

For

um

HL

Voe

tspo

re B

uite

lan

dse

Proj

ekte

u

itsta

lling

Hip

pola

an

07:0

0 G

ebed

@H

ippo

laan

Son

dag

12

Maa

ndag

1

3D

insd

ag

14

Woe

nsd

ag

15D

onde

rdag

16

Vry

dag

17

Sate

rdag

18

Gr.7

EE

III U

itrei

k M

idst

ream

09:0

0 Sn

r Byb

elst

udi

e M

S19

:00

Ver

itas

HL

18:3

0 N

ext S

teps

HL

& M

S09

:30

Snr B

ybel

stu

die

HL

19:0

0 W

IP H

L19

:00

Man

ne

Kurs

us

MS

Jeu

gda

gSk

ool v

akan

sieda

g08

:00

Pers

onee

l geb

edsg

e-le

enth

eid

HL

& M

S

07:0

0 G

ebed

@H

ippo

laan

Son

dag

19

Maa

ndag

2

0D

insd

ag

21

Woe

nsd

ag

22D

onde

rdag

23

Vry

dag

24

Sate

rdag

25

Vad

ersd

agG

een

Kin

derd

ien

ste

Gee

n T

ien

erdi

enst

e09

:00

Snr B

ybel

stu

die

MS

19:0

0 V

erita

s H

L

18:3

0 N

ext S

teps

HL

& M

S09

:30

Snr B

ybel

stu

die

HL

19:0

0 W

IP H

L19

:00

Man

ne

Kurs

us

MS

Doo

p re

gist

rasie

slu

it

09:0

0 By

belst

udi

e H

L 18

:30

Doo

preë

ling

s H

L19

:00

Mu

sieks

pan

oef

enin

g

Skol

e slu

it08

:00

Pers

onee

l geb

edsg

e-le

enth

eid

HL

& M

S18

:30

Sin

gle

Son

derM

ure

07:0

0 G

ebed

@H

ippo

laan

Run

& W

alk

4 Bi

bles

Son

dag

26M

aand

ag

27

Din

sdag

28W

oen

sdag

29

Don

derd

ag

3

0

Gee

n K

inde

rdie

nst

eG

een

Tie

ner

dien

ste

Vak

ansie

prog

ram

HL

Vak

ansie

prog

ram

HL

Vak

ansie

prog

ram

HL

09:

00 V

oets

pore

geb

ed @

pr

ojek

: Fila

delfi

a A

rk19

:00

WIP

HL

19:0

0 M

ann

e Ku

rsu

s M

S

Vak

ansie

prog

ram

HL

Junie

2016

Son

dae

ered

ien

stye

- te

nsy

an

ders

aan

ged

ui:

Hip

pola

an: 0

8:00

, 10:

00 &

18:

30M

idst

ream

: 08:

00, 1

0:00

& 1

7:30

(tie

ner

dien

s)

Kin

dere

redi

enst

e:

Hip

pola

an: 0

8:00

& 1

0:00

M

idst

ream

: 08:

00 &

10:

00; 1

6:30

(Gr.

7’s)

Tien

erer

edie

nst

e:H

ippo

laan

: 17:

00 B

elyd

enisk

las,

17:3

0 Ti

ener

dien

s, 18

:30

Klei

ng

roep

eM

idst

ream

: 16:

30 B

elyd

enisk

las,

17:3

0 Ti

ener

dien

s, 18

:30

Klei

ng

roep

e

Page 15: Hartklop juniejulie2016

www.kerksondermure.org Hartklop l Junie/Julie 2016 13

Vry

dag

01

Sate

rdag

02

08:0

0 Pe

rson

eel g

ebed

sge-

leen

thei

d H

L &

MS

07:0

0 G

ebed

@H

ippo

laan

Son

dag

03M

aand

ag

04

Din

sdag

05W

oen

sdag

06

Don

derd

ag

0

7V

ryda

g

0

8Sa

terd

ag

09

08:0

0 &

10:

00 D

oop

Mid

stre

am12

:00

Doo

p H

ippo

laan

Gee

n K

inde

rdie

nst

eG

een

Tie

ner

dien

ste

19:0

0 W

IP H

L19

:00

Man

ne

Kurs

us

MS

08:0

0 Pe

rson

eel g

ebed

sge-

leen

thei

d H

L &

MS

07:0

0 G

ebed

@H

ippo

laan

Son

dag

10M

aand

ag

11

Din

sdag

12W

oen

sdag

13

Don

derd

ag

1

4V

ryda

g

1

5Sa

terd

ag

16

Gee

n K

inde

rdie

nst

eG

een

Tie

ner

dien

ste

Vak

ansie

prog

ram

MS

Vak

ansie

prog

ram

MS

19:0

0 W

IP H

L19

:00

Man

ne

Kurs

us

MS

Vak

ansie

prog

ram

MS

08:0

0 Pe

rson

eel g

ebed

sge-

leen

thei

d H

L &

MS

07:0

0 G

ebed

@H

ippo

laan

Son

dag

17

Maa

ndag

1

8D

insd

ag

19

Woe

nsd

ag

20D

onde

rdag

21

Vry

dag

22

Sate

rdag

23

Gee

n K

inde

rdie

nst

eG

een

Tie

ner

dien

ste

Skol

e op

en09

:00

Snr B

ybel

stu

die

MS

10:0

0 G

riefS

har

e M

S19

:00

Ver

itas

HL

Mid

stre

am S

kole

ope

n18

:00

Die

pkan

t18

:30

Geb

edso

plei

din

g H

L18

:30

Hu

wel

iksv

oorb

erei

din

g

HL

09:3

0 Sn

r Byb

elst

udi

e H

L19

:00

WIP

HL

09:0

0 By

belst

udi

e H

L

18:3

0 D

ivor

ceC

are

HL

& M

S18

:30

Div

orce

Car

e4Ki

ds H

L &

MS

18:3

0 Si

ng

le&

Pare

ntin

g H

L18

:30

Grie

fSh

are

HL

19:0

0 M

usie

kspa

n o

efen

ing

08:0

0 Pe

rson

eel g

ebed

sge-

leen

thei

d H

L &

MS

08:0

0 Be

roep

sfor

um

HL

09:0

0 Be

rade

rsfo

rum

HL

07:0

0 G

ebed

@H

ippo

laan

08:0

0 Si

ng

leSo

nde

rMu

re

Potji

ekos

Kom

petis

ie

Son

dag

24/ 31

Maa

ndag

2

5D

insd

ag

26

Woe

nsd

ag

27D

onde

rdag

28

Vry

dag

29

Sate

rdag

30

KB H

artk

lopf

ees

MS

09:0

0 Sn

r Byb

elst

udi

e M

S10

:00

Grie

fSh

are

MS

19:0

0 V

erita

s H

L

18:0

0 D

iepk

ant

18:3

0 G

ebed

sopl

eidi

ng

MS

18:3

0 H

uw

elik

svoo

rber

eidi

ng

H

L

09:3

0 Sn

r Byb

elst

udi

e H

L18

:00

Gem

een

tera

ad19

:00

WIP

HL

Doo

p re

gist

rasie

slu

it

09:0

0 By

belst

udi

e H

L 18

:30

Div

orce

Car

e H

L &

MS

18:3

0 D

ivor

ceC

are4

Kids

HL

& M

S18

:30

Sin

gle

&Pa

ren

ting

HL

18:3

0 G

riefS

har

e H

L18

:30

Doo

preë

ling

s H

L19

:00

Mu

sieks

pan

oef

enin

g

08:0

0 Pe

rson

eel g

ebed

sge-

leen

thei

d H

L &

MS

08:0

0 Be

roep

sfor

um

HL

09:0

0 Si

elku

nde

For

um

HL

07:0

0 G

ebed

@H

ippo

laan

KB H

artk

lopf

ees

HL

09:0

0 V

oets

pore

geb

ed @

pr

ojek

: Hu

is D

avid

tz

Woe

nsd

ag

01D

onde

rdag

02

Vry

dag

03

Sate

rdag

04

09:0

0 Se

nio

rs@

MS

09:3

0 O

ppie

kopp

ie S

nr’s

HL

19:0

0 W

IP H

L19

:00

Man

ne

Kurs

us

MS

19:0

0 Ku

ria b

yeen

kom

s H

L

09:0

0 By

belst

udi

e H

L19

:00

Mu

sieks

pan

oef

enin

g08

:00

Pers

onee

l geb

edsg

e-le

enth

eid

HL

& M

S 08

:00

Bero

epsf

oru

m H

L09

:00

Bera

ders

foru

m H

L

07:0

0 G

ebed

@H

ippo

laan

Son

dag

05

Maa

ndag

0

6D

insd

ag

07

Woe

nsd

ag

08D

onde

rdag

09

Vry

dag

10

Sate

rdag

11

08:0

0 &

10:

00 D

oop

Mid

stre

am12

:00

Doo

p H

ippo

laan

09:0

0 Sn

r Byb

elst

udi

e M

S19

:00

Ver

itas

HL

18:0

0 D

iepk

ant

18:3

0 N

ext S

teps

HL

& M

S09

:30

Snr B

ybel

stu

die

HL

09:0

0 M

aats

kapl

ike

Wer

kers

Fo

rum

HL

19:0

0 W

IP H

L19

:00

Man

ne

Kurs

us

MS

Voe

tspo

re B

inn

elan

dse

Proj

ekte

u

itsta

lling

Hip

pola

an09

:00

Bybe

lstu

die

HL

19:0

0 M

usie

kspa

n o

efen

ing

08:0

0 Pe

rson

eel g

ebed

sge-

leen

thei

d H

L &

MS

08:0

0 Be

roep

sfor

um

HL

09:0

0 Si

elku

nde

For

um

HL

Voe

tspo

re B

uite

lan

dse

Proj

ekte

u

itsta

lling

Hip

pola

an

07:0

0 G

ebed

@H

ippo

laan

Son

dag

12

Maa

ndag

1

3D

insd

ag

14

Woe

nsd

ag

15D

onde

rdag

16

Vry

dag

17

Sate

rdag

18

Gr.7

EE

III U

itrei

k M

idst

ream

09:0

0 Sn

r Byb

elst

udi

e M

S19

:00

Ver

itas

HL

18:3

0 N

ext S

teps

HL

& M

S09

:30

Snr B

ybel

stu

die

HL

19:0

0 W

IP H

L19

:00

Man

ne

Kurs

us

MS

Jeu

gda

gSk

ool v

akan

sieda

g08

:00

Pers

onee

l geb

edsg

e-le

enth

eid

HL

& M

S

07:0

0 G

ebed

@H

ippo

laan

Son

dag

19

Maa

ndag

2

0D

insd

ag

21

Woe

nsd

ag

22D

onde

rdag

23

Vry

dag

24

Sate

rdag

25

Vad

ersd

agG

een

Kin

derd

ien

ste

Gee

n T

ien

erdi

enst

e09

:00

Snr B

ybel

stu

die

MS

19:0

0 V

erita

s H

L

18:3

0 N

ext S

teps

HL

& M

S09

:30

Snr B

ybel

stu

die

HL

19:0

0 W

IP H

L19

:00

Man

ne

Kurs

us

MS

Doo

p re

gist

rasie

slu

it

09:0

0 By

belst

udi

e H

L 18

:30

Doo

preë

ling

s H

L19

:00

Mu

sieks

pan

oef

enin

g

Skol

e slu

it08

:00

Pers

onee

l geb

edsg

e-le

enth

eid

HL

& M

S18

:30

Sin

gle

Son

derM

ure

07:0

0 G

ebed

@H

ippo

laan

Run

& W

alk

4 Bi

bles

Son

dag

26M

aand

ag

27

Din

sdag

28W

oen

sdag

29

Don

derd

ag

3

0

Gee

n K

inde

rdie

nst

eG

een

Tie

ner

dien

ste

Vak

ansie

prog

ram

HL

Vak

ansie

prog

ram

HL

Vak

ansie

prog

ram

HL

09:

00 V

oets

pore

geb

ed @

pr

ojek

: Fila

delfi

a A

rk19

:00

WIP

HL

19:0

0 M

ann

e Ku

rsu

s M

S

Vak

ansie

prog

ram

HL

Julie

2016

Page 16: Hartklop juniejulie2016

14 Hartklop l Junie/Julie 2016 www.kerksondermure.org

Maandag 01 Dinsdag 02 Woensdag 03 Donderdag 04 Vrydag 05 Saterdag 06

09:00 Snr Bybelstudie MS10:00 GriefShare MS19:00 Veritas HL

18:00 Diepkant18:30 Huweliksvoorberei-ding HL

09:00 Seniors@MS 09:30 Oppiekoppie Snr’s HL19:00 WIP HL

09:00 Bybelstudie HL 18:30 DivorceCare HL & MS18:30 DivorceCare4Kids HL & MS18:30 Single&Parenting HL18:30 GriefShare HL19:00 Musiekspan oefening

08:00 Beroepsforum HL08:00 Personeel gebedsge-leentheid HL & MS

07:00 Gebed@Hippolaan

Sondag 07 Maandag 08 Dinsdag 09 Woensdag 10 Donderdag 11 Vrydag 12 Saterdag 13

08:00 & 10:00 Doop Midstream12:00 Doop HippolaanGeen KinderdiensteGeen Tienerdienste

Skool vakansiedag09:00 Snr Bybelstudie MS

Nasionale vrouedag 09:30 Snr Bybelstudie HL09:00 Maatskaplike Werkers Forum HL 19:00 WIP HL

09:00 Bybelstudie HL 18:30 DivorceCare HL & MS18:30 DivorceCare4Kids HL & MS18:30 Single&Parenting HL18:30 GriefShare HL19:00 Doopvoorbereiding HL19:00 Musiekspan oefening

08:00 Beroepsforum HL08:00 Personeel gebedsge-leentheid HL & MS

07:00 Gebed@Hippolaan08:00 Manne-ontbyt

Sondag 14 Maandag 15 Dinsdag 16 Woensdag 17 Donderdag 18 Vrydag 19 Saterdag 20

Preekreeks: Tema 1 09:00 Snr Bybelstudie MS10:00 GriefShare MS19:00 Bybelskool MS19:00 Veritas HL

18:00 Diepkant18:30 Bemagtigingsgeleent-heid HL & MS18:30 Voetspore Ekspo

09:30 Snr Bybelstudie HL19:00 Bybelskool HL19:00 WIP HL

08:30 Bybelskool HL10:30 Bybelskool MS18:30 DivorceCare HL & MS18:30 DivorceCare4Kids HL & MS18:30 Single&Parenting HL18:30 GriefShare HL19:00 Doopvoorbereiding HL19:00 Musiekspan oefening

08:00 Personeel gebedsge-leentheid HL & MS 08:00 Beroepsforum HL09:00 Beradersforum HL

07:00 Gebed@Hippolaan

Sondag 21 Maandag 22 Dinsdag 23 Woensdag 24 Donderdag 25 Vrydag 26 Saterdag 27

Preekreeks: Tema 2 09:00 Snr Bybelstudie MS10:00 GriefShare MS19:00 Bybelskool MS19:00 Veritas HL

18:00 Diepkant 09:30 Snr Bybelstudie HL19:00 Bybelskool HL19:00 WIP HL

Doop registrasie sluit

08:30 Bybelskool HL10:30 Bybelskool MS18:30 DivorceCare HL & MS18:30 DivorceCare4Kids HL & MS18:30 Single&Parenting HL18:30 GriefShare HL19:00 Doopvoorbereiding HL19:00 Musiekspan oefening

08:00 Personeel gebedsge-leentheid HL & MS 08:00 Beroepsforum HL09:00 Sielkunde Forum HL18:30 SingleSonderMure Fliekaand

07:00 Gebed@Hippolaan

Sondag 28 Maandag 29 Dinsdag 30 Woensdag 31

Preekreeks: Tema 3Nagmaal17:30 Bybelkuier MidstreamGeen KinderdiensteGeen Tienerdienste

09:00 Snr Bybelstudie MS10:00 GriefShare MS19:00 Bybelskool MS19:00 Veritas HL

18:00 Diepkant 09:00 Voetspore gebed @ projek: Gestremdes Olieven 09:30 Snr Bybelstudie HL19:00 Bybelskool HL19:00 WIP HL

Dagboek

Augustus2016

Page 17: Hartklop juniejulie2016

www.kerksondermure.org Hartklop l  Junie/Julie 2016                       15

Dagboek

Page 18: Hartklop juniejulie2016

16 Hartklop l Junie/Julie 2016 www.kerksondermure.org

Dagboek

Page 19: Hartklop juniejulie2016

www.kerksondermure.org Hartklop l Junie/Julie 2016 17

Page 20: Hartklop juniejulie2016

18 Hartklop l Junie/Julie 2016 www.kerksondermure.org

Page 21: Hartklop juniejulie2016

www.kerksondermure.org Hartklop l Junie/Julie 2016 19

Kinders

‘n Geloofsfamilie wat saamleef voor een God en met blydskap GEE, is sekerlik een van die mooiste, dog ook bekendste gesigte in die kinderkerk! Kinders gee in-derdaad sonder voorbehoud. So is die Familie Makietie, ons feesreeks van die eerste kwartaal, afgesluit met ‘n GEE-fees ofte wel ‘n visiefees. Dit is voorafgegaan deur ‘n geloofsfees met ‘n nuwe verbintenis teenoor God, ons Vader; ‘n drukkiefees waar honderde drukkies uitgedeel is; ‘n dienfees waarin ons net weer besef het hoe lekker dit is om die Here te dien; ‘n boufees, met die opdrag om soos die wyse man te gaan bou; en ‘n “cheer”fees waar ons ge-leer het om mekaar aan te spoor, sodat ons almal gereed sal wees wanneer Jesus weer kom. Die GEE-fees was die hoogtepunt en is ingelei deur ‘n seuntjie wat bereid was om 2 vissies en 5 broodjies vir Jesus te gee. Om die konin-kryk te laat kom, moet ons bereid wees om te gee. Hoe dan anders – God het dan alles, die Beste en sy Enigste Seun, vir ons gegee! Kinders het onder meer tydens die kinderdiens ‘n geleentheid gehad om vir Jesus op ‘n briefie te skryf wat hulle bereid is om te gee. Die briefies is dan in die letters: GEE op die vloer uitgepak waarna een van die kleingroepleiers ‘n gebed gedoen het en elkeen se stukkie “gee” voor die Vader kom lê het.

Van ons maats in die Midstream Gr. 1-3 groep het so ge-gee… (oorspronklike skryftaal van kinders word weerge-gee):

Liefte en hart

Liefte en gee

Mamma (getekende hart en blom)

Tekening en woorde

'n Geloofsfamilie watGEE

Sê vir my maatjie jy is bly hy is my maatjie

I "getekende hart" U Mumma Pappa

Blomme en balonne geteken

Vir mamma blommetjie gee

Nie boetie seermaak nie

Getekende hart en blomme

Vir nefies sê jy is lief vir hulle

Mamma pappa liefte (en harte geteken)

Mamma Pappa Jesus (en harte geteken)

Jeses (en tekening)

Mamma en pappa (en harte geteken)

Omgee vir iemand, drukkie gee

Woorde en blomme geteken

Ek gee my girlvrend

Ek wil geld gee by die kerk en met kos deel my hart gee

Harte en ouers geteken

Ek wil grag vir iemand help wat seer is en dekomerd is geld hier gee by die kerk en met maats speel wat nie 'n maatjie het nie

Ek i lif hom

Ek gaan My Maatjie help as sy hyl en neks maatjie het nie

Geld liefde klere

Ek gaan vir armes wat hulp nodig het help

Vir iemand langs die pad kos gee

Ek sal sam nooi

arm mense brood of geld gee

Tiesie de Coning

Page 22: Hartklop juniejulie2016

20 Hartklop l Junie/Julie 2016 www.kerksondermure.org

Kinders

Page 23: Hartklop juniejulie2016

www.kerksondermure.org Hartklop l Junie/Julie 2016 21

Kinders

Page 24: Hartklop juniejulie2016

Tiesie de Coning

Kinders

KINDERSVAT VYF!

Kinders se saamleefreis voor een God het vanuit die Familie Makietie feesreeks oorgespoel in ‘n Vat Vyf-feesreeks vir die tweede kwartaal. Dié reeks is ‘n kinderweergawe van die “One Church” inisiatief waaraan kerksondermure saam met soveel an-der gemeentes gedurende Mei en Junie in ons land deelneem.

Dit skop af met die één fees waar God se plan vir die kerk duide-lik uitgespel word: eenheid! Paulus se lewe is vir eens en altyd verander op ‘n eensame pad tussen Damaskus en Jerusalem toe hy dié Een ontmoet het waaroor alles gaan – die enigste Een wat ware eenheid kan bring. Gelowiges se leuse is: Een vir almal en almal vir Een. Dié Een maak ons koninkryksbouers - nie brek-ers nie. Peuters en kleuters roep Bob, the Builder asook Tommie Som-Tjommie en Sally Tel-Pêllie se hulp in – hierna verbind kinders hulle tot die een fees – in die kerk tot eer van God!

Die “take two”-fees fokus op die roeping van die eerste dissipels – sowaar ʼn “takes 2 times 2” ge-leentheid. Dié verhaal uit die 2de boek van die 2de deel van die Bybel vertel hoe dié 2 pare broers op Jesus se roepstem gereageer het - sowaar wat die idioom sê: “It takes 2 to tango". Kinders word uitgedaag om ‘n 180 grade draai te maak – weg van die sonde en weg van die kwaad. Om Jesus te volg, “takes 2”: 2 ogies om sy werk te sien, 2 handjies om die Heer te dien, 2 oortjies om sy Woord op te vang, 2 lippies wat Hom loof met sang en 2 voetjies om sy pad te betree – ‘n heerlike avontuur waar jy ‘n “platter for 2”-oorwinningsfeesmaal saam met Jesus hou.

Die 3-in-1-fees is ʼn fees der feeste waar die geloofsfamilie fees-vier, omdat God volledig vir ons sorg. Hy sorg as God Drie-Enig vir ons. Om dit beter te verstaan, word die beeld van ‘n appel ge-bruik. Die skil wat die appel teen insekte beskerm, die “vleis” wat ons so kan geniet en die binneste gedeelte met die sade, waarin

die lewe is, vorm alles deel van die appel. Ons leer dat God sy arms om die kerk wil sit om ons te beskerm: God, ons Vader, om ons. Jesus het ʼn Mens geword – net soos ons. Jesus is die Bruide-gom en die kerk is sy Bruid. God, die Heilige Gees, woon in ons hartjies. Hy maak ons hartjies nuut en help ons om ons liggies te laat skyn – soos die sterretjies in die middel van ʼn appel.

Die geloofsfamilie 4 fees oor Jesus se vier-punt-plan vir die kerk. Dié plan is op die koördinate (N 1 28 19-20) gebaseer. Kinders ontrafel die koördinate en lees die Skrifgedeelte in ‘n poging om die 4 werkwoorde daarin te identifiseer. Dan word elkeen van die werkwoorde onder die vergrootglas geplaas. “Gaan” word in terme van bergklim vertolk; “doop” bring ons by die

vraag of Jesus net 2000 jaar gelede uit die graf opgestaan het en of Hy ook in ons harte opgestaan het; “leer” laat ons oor die meto-diek van leer dink soos wat ons dit in die skool toepas; en “onthou” bring die heerlike belofte van  God  se  teenwoordigheid  vir  365  dae van die jaar! Ons stel hierdie plan van aksie in werking wanneer ons groen “Go!”-skoene maak. Vir ons peuter en kleutermaatjies word die voorbeeld van ʼn verkeerslig gebruik om saam met Tommie Som-Tjommie en Sally Tel-Pêllie fees te 4!

Die Vat vyf-fees neem kinders op ‘n ontdek-kingsreis waar hulle self uit leidrade die kenmerke van die eerste geloofsfamilie moet ontdek. Dit alles kos 5 minute se speurwerk om die eerste kerk se spore in die 5de boek van die Nuwe Testa-ment op te spoor. Wat dit ‘n bietjie makliker maak, is dat dit 5 “g”-woorde is. Die 5de “g”-woord maak dit toe sommer ‘n dubbele Vat  5-fees,  want  hierdie  kenmerk  van  die  kerk  bevat  sommer 5 bonus kenmerke. Ons leer ook by Livingstone en ontdek die bome in ‘n digte woud se geheim. Dis sowaar nou tyd vir moue oprol en veters vasmaak. God wil kinders gebruik om sy kerk, een kerk tot eer van dié Een, weer mooi te maak. k

22 Hartklop l Junie/Julie 2016 www.kerksondermure.org

Page 25: Hartklop juniejulie2016

www.kerksondermure.org Hartklop l Junie/Julie 2016 23

Kinders

EE3 - Master Blender 2016

Die graad 7 EE3 groepleiers het met die idee vorendag gekom om die kinders meer betrokke te kry asook ‘n platform te skep waar almal mekaar beter kan leer ken en so verhoudings te versterk wat hul op ‘n ander wyse voorberei vir hoërskool. Eers was daar net die idee van ‘n koffiekroeg.

Jongmense vandag wil meer uit die lewe put en daarvandaan is besluit dat ‘n kompetisie meer belangstelling sal lok. Dus het die titel “Master Blender” ontstaan vir die kind wat die beste kan “blend”.

Kinders dink maklik dat Jesus ‘n ‘Fun spoiler' is, daarom het ons besluit om ‘n koffie kuier geleentheid te skep waar speletjies ‘n groot deel daarvan uitmaak. ‘n Gesonde positiewe deelnemende gesindheid word aangemoedig.

Gevolglik het die “Minute to Win It” spel die platform geword. Die eerste “Minute to Win It” het afgeskop in die eerste kwartaal met reuse sukses en belangstelling.

Die eerste kwartaal se “Minute to Win It” het uit 6 verskillende speletjies bestaan waar kinders ook ‘n blaadjie ontvang het om kerngedagtes by hul vas te lê wat gekoppel was aan elke speletjie.

Ons eerste “Master Blender” wenner is Marco Karsten.

Op Vrydagaand 6 Mei 2016 het ons die tweede “Minute to Win It” It spele gehad, die 4 speletjies was aangevul met ‘n geluk-kige trekking vir pryse en elke kind kon op die wyse iets wen.

Die tweede kwartaal “Master Blender” wenner is Michelle Bester.Ons poog om ‘n totaal van 4 uitdunne te hou deur die 4 finaliste te laat kompeteer vir die amptelike “EE3 Master Blender 2016”-titel. Die finale “Minute to Win It” wenner sal in die 4de kwartaal bepaal word

Aangesien die graad 7’s reeds in die middel van die 2de kwartaal hul EE3 kursus mondelings aflê, hoop ons om met die vol-gende twee kwartale se ‘Miniute to Win It’ spele meer fokus op geloofsgesprekke onder mekaar te vestig.

Die kinders se belange is ons 1ste prioriteit en ons eer God vir die voorreg om te kan sien hoe groot sy handewerk is! Ook al die lof aan God vir Sy genade en die geleentheid tot soveel verryking in die lewe van elke kleingroepleier. God se belongings vir ‘n opregte hart maak die lewe soveel mooier!

GroeteGraad 7 Groepleiers.

Page 26: Hartklop juniejulie2016

Skandeer hierdieQR-kode en laai

die app af!

WEN WEN WENGedurende Junie en Julie kan jy een van Retief Burger se nuutste CD’s “Nou en vir Altyd” wen as jy op ons mobile app registreer:

Dit is baie eenvoudig: •   Maak die app oop en kyk heel bo by kerksondermure. Kies op die “i“ wat bo-oor die “re” van kerksondermure geplaas is.•  Nou  sal  jy  3 opsies  kry:  Information, Settings en Login. Kies op Register en voltooi die kort registrasie vorm met jou naam, van, e-posadres en sel nommer. Kies dan vir jou ʼn persoonlike “password”•  Nou is jou app weergawe geregistreer en jou e-pos plaas jou in lyn om een van Retief Burger se CD’s te wen. (As jy reeds op die app geregistreer is, kwalifiseer jy outomaties vir die kompetisie.)

24 Hartklop l Junie/Julie 2016 www.kerksondermure.org

Page 27: Hartklop juniejulie2016

Preekrooster

Webwerf: www.kerksondermure.orge-pos: [email protected]: kerksondermure Twitter: @kerksondermure1Instagram: kerksondermurekerksondermure app: Google Play Store & Apple iStore: kerksondermure

Na-ure predikant op roep: 083 489 0180

Finansiële bydraes: elektroniese betalings kan gemaak word aan:kerksondermure, ABSA Centurion, rek no: 289 058 0095, takkode: 630 445, verwysing: naam en waarvoor

Adres: Gemeentesentrum Hippolaan: H/v Hendrik Verwoerdrylaan & Hippolaan, Zwartkop x4Midstream: Mountain Quraystraat 23, Midstream EstatePosbus 7545, Centurion, 0046

Kerkkantoor: Hippolaan - 012 663 2003/Midstream - 012 940 9480

* Neem asb. kennis dat die preekrooster kan verander.

PREEKROOSTER Junie 2016

5 Junie 12 Junie 19 Junie 26 Junie

Hippolaan Doop

08:00

Fanie Venter Annelize de Wet Stephan Joubert Colin Smith

10:00

Fanie Venter Annelize de Wet Stephan Joubert Colin Smith

18:30

Louis Brittz Louis Brittz Colin Smith Annelize de Wet

Midstream Doop

08:00

Teodor van der Spuy Fanie Venter Teodor van der Spuy Christo Woite

10:00

Teodor van der Spuy Fanie Venter Teodor van der Spuy Christo Woite

17:30

Teodor van der Spuy Tinarie van der Merwe

Geen Geen

Gratis CD’s met kerksondermure se prekeElke Sondag stel kerksondermure die vorige week se preke op CD beskikbaar by albei die kerkkantore.

Ons versprei tans 250 CD’s elke Sondag. Dankie dat jy ook op só manier help om die boodskap van die Evangelie verder die wêreld in te stuur.

Neem gerus die vrymoedigheid om addisionele behoeftes te registreer by die kerkkantore soos en wanneer nodig.

*Preke is ook beskikbaar via die webwerf.

Page 28: Hartklop juniejulie2016

SnapScanOok nou ‘n addisionele betaal metode by kerksondermure.

Hierdie betaal metode is baie veilig, eenvoudig en vinnig. Volg die volgende 3 stappe:

•  Laai die SnapScan App af op die Google Play Store/Apple I-Store.

•  Laai jou kredietkaart, tjekkaart of debietkaart op die App, en kies jou eie geheime kode om betalings mee te doen.

•  Nou is jy gereed om betalings te doen by enige besighede of restaurante wat hierdie betaal  metode akkommodeer.

•  Maak nou jou App oop, druk die “SCAN” knoppie aan die onderkant van die App, skandeer      die QR kode op hierdie advertensie. 

•  Nou sien jy kerksondermure se naam op jou skerm, tik nou die bedrag in wat jy wil betaal, kies     die toepaslike verwysing op die “drop down menu” en druk dan betaal, sit nou jou geheime kode in en druk volgende. Dit is so maklik en eenvoudig soos dit.

•  Jy sal voortaan die kerksondermure QR kode op die agterblad van ons tydskrif kry,  by die kerk-     kantore op die ontvangstoonbank, op die webwerf se voorblad (regs onder by die kerksonder-     mure se bankbesonderhede), op die App onder Connect, op funksies se advertensies en ook op     'n plakkertjie of boekmerkie wat elke lidmaat sal ontvang. 

•  Dit is baie belangrik om altyd te kyk, ná jy die QR kode geskandeer het, dat die regte begun-     stigde betaal word. Die begunstigde se naam sal onder op jou foon se skerm vertoon.

Geniet hierdie nuwe tegnologie waar geld en beursies nie meer rondgedra of verloor hoef te word nie.