Breederivier gazette 5 nov 2013

12
www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi Breederivier Year 17 • 5 November 2013 | Tel. 023 626 5212 “Friendly” dog bites toddler HILDERINE SCHRÖDER The grandparents of a three year old toddler are outraged after a dog recently bit her in the face. To add insult to injury, the dog’s owner refuses to contribute to the girl’s subsequent medical expenses. The child was rushed to the Medi- clinic Worcester after a German shepherd bit her on 27 October. According to her grandfather, who asked to remain anonymous, she was in the operating theatre for close to two hours to repair the large wound extending from the bottom of her right eye to the corner of her mouth. At the time of the incident the tod- dler’s grandparents, who are from Johannesburg, were assisting the dog’s owner with his move from a farm outside Montagu to Robertson. It is still uncertain what had caused the dog to bite the girl. The worried grandfather, howev- er, insists that residents of Robert- son should be made aware of the dog which he claims poses a danger to people passing the owners’ property. Asked about the incident, the own- er of the dog said the animal has nev- er showed any signs of aggression be- for, nor has he ever bitten anyone. According to him, the child, who had been with them in the living room, had wandered to his bedroom where the dog had been sleeping in its bed. They suspect the toddler had fallen onto the animal causing it to snap at her. “The dog would never have just at- tacked someone. All I can think is that he was startled and lashed out.” According to the dog’s owner he had repeatedly warned the child’s grandparents that she should not tease the animal, yet she continued to provoke it. This was vehemently denied by the toddler’s grandfather. Adding to the grandparents’ frus- tration is the owner’s refusal to con- tribute to the medical expenses they were left with after the toddler’s sur- gery. In reaction to this he says the child should have been supervised and that the incident would not have hap- pened had warnings not to tease the dog been heeded. The animal’s owner denies that he poses any danger to residents of the area, as alleged by the toddler’s grandfather who also voiced his con- cern about the low gate separating the property from the street. “The dog has never jumped over the gate and has never been aggres- sive to anyone,” the owner said. ADRENALIEN: Die afgelope naweek se Bonnievale Bonanza Buitelug- fees het iets vir een en elk, selfs vir adrenalienslawe, aangebied. Dié pretrit het veral groot aftrek ge- kry. FOTO: DEON VAN DEVENTER Bonanza laat inwoners gil met plesier

description

Breederivier gazette 5 nov 2013

Transcript of Breederivier gazette 5 nov 2013

Page 1: Breederivier gazette 5 nov 2013

www.bolandgazette.co.zabolandgazette.mobi

Breederivier

Year 17 • 5 November 2013 | Tel. 023 626 5212

“Friendly” dog bites toddlerHILDERINE SCHRÖDER

The grandparents of a three yearold toddler are outraged after adog recently bit her in the face.

To add insult to injury, the dog’sowner refuses to contribute to thegirl’s subsequent medical expenses.The child was rushed to the Medi-

clinic Worcester after a Germanshepherd bit her on 27 October.According tohergrandfather,who

askedtoremainanonymous,shewas

in the operating theatre for close totwo hours to repair the large woundextending from the bottom of herright eye to the corner of her mouth.At the time of the incident the tod-

dler’s grandparents, who are fromJohannesburg, were assisting thedog’s owner with his move from afarm outside Montagu to Robertson.It is still uncertain what had causedthe dog to bite the girl.The worried grandfather, howev-

er, insists that residents of Robert-son should bemade aware of the dog

which he claims poses a danger topeople passing the owners’ property.Asked about the incident, the own-

er of the dog said the animal has nev-ershowedanysignsofaggressionbe-for, nor has he ever bitten anyone.According to him, the child, who

had been with them in the livingroom, had wandered to his bedroomwhere the dog had been sleeping inits bed.Theysuspect the toddlerhad fallen

onto the animal causing it to snap ather.

“The dogwould never have just at-tacked someone. All I can think isthat he was startled and lashed out.”According to the dog’s owner he

had repeatedly warned the child’sgrandparents that she should nottease the animal, yet she continuedto provoke it. This was vehementlydenied by the toddler’s grandfather.Adding to the grandparents’ frus-

tration is the owner’s refusal to con-tribute to the medical expenses theywere left with after the toddler’s sur-gery.

In reaction to this he says the childshould have been supervised andthat the incidentwouldnothavehap-pened had warnings not to tease thedog been heeded.The animal’s owner denies that he

poses any danger to residents of thearea, as alleged by the toddler’sgrandfatherwho also voiced his con-cern about the low gate separatingthe property from the street.“The dog has never jumped over

the gate and has never been aggres-sive to anyone,” the owner said.

ADRENALIEN:Die afgelopenaweekse Bonnievale Bonanza Buitelug-fees het iets vir een en elk, selfsvir adrenalienslawe, aangebied.Dié pretrit het veral groot aftrek ge-kry. FOTO: DEON VAN DEVENTER

Bonanzalaatinwonersgil metplesier

Page 2: Breederivier gazette 5 nov 2013

Breederivier Gazette News - Nuus Dinsdag 5 November 20132

Bruide het nog kans tot VrydagDie tyd raak min om inteskryfvirdieBreederi-vier Gazette se Bruids-kompetisie.

Bruide wat tussen 1 Ok-tober 2012 en 28 Septem-ber vanjaar voor die kan-sel gestaanhet, het nog totVrydag (8 November) om16:00 kans om in te skryf.Groot pryse is op die

spel vir die wenner vandié kompetisie. Dít sluitdrie geskenkpakke vanVanLoveren (borg) inwatbestaan uit ’n bottel FourCousins Rosé, Four Cou-sinsBlushBubblyenFourCousins Strawberry.Beds B’us borg twee ge-

skenkbewyse ter waardevanR100 enBed&PineCi-ty borg twee Cloud Nine-kussings.AvonCosmeticsgee ’n geskenkpak metskoonheidsprodukte terwaardevanR1 500.Daarisook twee geskenkbewysevan Hair Illusions op diespel, terwylLeo-gastehuisverblyf vir ’n nag vir diewenpaartjie borg.

Om in te skryf, stuur ’nvollengtefoto van jou injou trourok met die in-skrywingsvorm na [email protected], of jy kandit aflewer by die Gazettese kantoor by Paul Kru-gerstraat (Absa-gebou)langs Foto First.Inskrywings kos R80.

Foto’s van deelnemers salelke week geplaas word.Diewennerwordop19No-vember indieGazette aan-gewys. Om in te skryf ofvir inligting, bel AnneldaGrootboom by0 023 626 5212.Om vir jou gunsteling

bruid te stem, SMS diewoord “Bride”, asook dienaam en van na 45527.SMS’e kos R1,50.Diesluitingstydvirvan-

deesweek se SMS’e is Son-dag10Novemberom11:00.Om verlede week se in-

skrywings te sien, besoekdie Gazette se webwerf enklik op Galleries/PhotoGalleries.Verlede week se wenfi-

nalis is Cindy Swanepoel.Adri Joubert (née Alborough) van Robertson. Liezel Snyman (née Conradie) van Montagu.

Jacqui Lukas (née Visser) van Robertson.

Mandy Moses (née Pekeur) van Montagu.

Ontmoet die visie agter Occuvision) Wat is jou naam en beroep?Schalk Koekemoer, direkteur en op-tikus.

) Wat is jou onderneming senaam enwaar is dit geleë?Occuvi-sion Oogkundiges, Badstraat 50,Montagu.

) Watter tipe onderneming isdit? ’n Oogkundige praktyk.

) Wat is jou gunstelingprodukof -diens? Voorskrifbrille en son-brille, asook volledige oogsorg tesa-me met professionele diens vir diegemeenskap.Ons streef daarna om ’n gehalte-

en professionele diens te lewer aandie gemeenskap en om elke pasiëntgelukkig hier te laat uitstap met die

beste keuse van voorskrifbril of son-bril.

) Wanneer en hoe het jy jou on-dernemingbegin? 4November 2013ná ’n geleentheid om dié diens in dieplatteland te bied opgemerk is.

) Wat is jou onderneming seslagspreuk? Gehalte en professio-naliteit.

Schalk Koekemoer,direkteur en optikusby Occuvision Oog-kundiges.

Page 3: Breederivier gazette 5 nov 2013

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 5 November 2013 3

AMPER ’N EEUFEES: OumaLena Avontuur van die Jo-seph Matwa-tehuis vir seni-or burgers in Nkqubela bui-te Robertson het op 15 Ok-tober haar 99ste verjaardaggevier. Syhet vir die grootstedeel van haar lewe in dieWorcester-omgewing en opdie plaas Klaashamershofin Doringrivier gebly. Sy issedert 2010 ’n inwoner vandie tehuis. Ondanks haarhoë ouderdom is sy nog ge-sond, al sukkel sy soms omte loop en, volgens die ver-pleegsters, gebruik sy geenmedikasie nie. Ouma Lenasêsyhoopomvolgende jaarhaar 100ste verjaardag tevier. FOTO: VERSKAF

BRBA-beamptes skitterDie Robertson Korrektiewe Sentrum hetgeskitter by die Breërivier-bestuursarea(BRBA) se jaarlikse uitnemendheidstoe-kenningsgeleentheid wat verlede week opWorcester aangebied is.

Die sentrum het verskeie groot toekenningssoos die masibambisane, goeie bestuur, open-bare veiligheid en beste gekombineerde kor-rektiewe sentrum losgeslaan.Die toekenningsgeleentheid het verledeMaandag (28 Oktober) by die Worcester-stad-saal plaasgevind en is bygewoon deur gemeen-skapsleier, Charles Beukes, en die Breedeval-lei Munisipaliteit (BVM) se hoof van projekte,Omar Valley, wat ook as gasspreker by dié ge-leentheid opgetree het.

Volgens Cecil Pietersen, areakommissarisvir die BRBA, is die doel van die toekenningsom korrektiewe beamptes wat uitstekendediens gedurende 2012 tot 2013 gelewer het, tevereer.Die BRBA bestaan uit die korrektiewe sen-trums (manlik en vroulik) van Worcester,Warm-Bokkeveld, Robertson en Dwarsrivier.Robertson se wenners is Wallace Pienaar(beste gekombineerde korrektiewe sentrum),Kobus Swart (masibambisane), Marthinus Jo-seph (onderwys en opleiding), Peter Smith(goeie bestuur) en John Scheepers (openbareveiligheid).Hierdie wenners word nou outomaties virdie algehele streeks-toekenningsgeleentheidingeskryf.

Die Robertson Korrektiewe Sentrum se wenners van toekennings by die Breederivier Bestuursarea (BRBA)se toekenningsgeleentheid is Kobus Swart, Marthinus Joseph, Diana Gagiano (uitvoerende burgemeester vandie LangebergMunisipaliteit), Cecil Petersen (BRBA-areakommissaris), Peter Smith, John Scheepers en WallacePienaar. FOTO: VERSKAF

R3-rusie lei tot mesdoodHILDERINE SCHRÖDER

’n Skamele R3.Dít is glo wat tot die dood van ’n 37-jarigeman van Ashton gelei het.Henry Swarts is verlede week oorlede násy neef (17) hom verlede Vrydag (26 Okto-ber) met ’n mes in die rug gesteek het.Swarts is later die dag in die Montagu-hospitaal oorlede.Volgens kapt. Sylvan Smith, woordvoer-der van die Ashton-polisie, is die tiener ’ndag ná Swarts se dood op Robertson in heg-tenis geneemnadat hy glo ná afloop vandie

voorval hierheen gevlug het. Hy word tansin ’n plek van veiligheid aangehou.Dievoorvalspruitglouit ’nargumentoorR3 se koopkrag.Swartshet syneef die betrokkedaggevraom R3 se koopkrag te koop. Die seun hetegter lekkergoed met die geld gekoop.Toe Swarts hom later diemiddag hieroorkonfronteer, het die seun na sy ouerhuisgegaan en met ’n mes teruggekeer waarophy Swarts glo daarmee aangeval het.Swarts se dogter het na die vrouwat homgrootgemaak het, gehardloop, wat haar nasyhuisgehaasendieambulansontbiedhet.

Page 4: Breederivier gazette 5 nov 2013

Breederivier Gazette News - Nuus Dinsdag 5 November 20134

Begraafplaas ’n kopseerHILDERINE SCHRÖDER

Ondanks pogings deur die Langeberg Mu-nisipaliteit om vandalisme in die White-straat-begraafplaas in Robertson hok teslaan, bly dié misdaad ’n reusekopseer.

Die Gazette het verlede week berig oor dietoestand van dié begraafplaas waar vandaleonder meer grafstene omkeer, permanenteblompotte van grafstene afbreek en in sommi-ge gevalle selfs grafte gedeeltelik opkap.’nOntstoke inwoner vanRobertson het ver-

lede week gesê meer kan gedoen word om diebegraafplaas te beveilig en dat klagtes ten op-sigte van vandalisme op dowe ore val.Soyisile Mokweni, munisipale bestuurder

van die Langeberg Munisipaliteit, het beves-tig dat vandalismeby die dorp se begraafplase’n deurlopende probleem is. Dié probleem, sêhy, is deels daaraan te wyte dat die begraaf-plaas uit ’n versameling kleiner begraafplasebestaanwaarvoorverskeiekerkeindiegebiedverantwoordelik is.Die munisipaliteit, voeg hy by, is verant-

woordelik vir die instandhouding van die

tweealgemenebegraafplaseendieheldeakkerhoewel families van oorledenes vir die in-standhouding van individuele grafte verant-woordelik is.Diemunisipaliteit, sêMokweni, het R26 000

in sy operasionele begroting vir die herstel eninstandhouding van persele en geboue in diebegraafplase van die vyf dorpe onder sy be-stuur.Mokweni het bevestig dat die heining van

die Whitestraat-begraafplaas gesteel is. Dít,voeg hy by, gebeur deurlopend wat tot gevolggehad het dat die munisipaliteit doringhei-nings op die grense van die begraafplaas aan-geplant het in ’n poging om verdere diefstalhok te slaan.Volgens Mokweni vind die meeste gevalle

van vandalisme ná ure plaas. Hy doen ’n be-roepopdiegemeenskapomvoorvallevanvan-dalisme by die plaaslike polisie aan te meld.Lt. (v) Cynthia Mngcele, woordvoerder van

die Robertson-polisie, sê die polisie is bewusvanvandalismebydie betrokke begraafplaas.Sy doen ’n beroep op lede van die gemeenskapom sake aanhangig te maak sou grafte beska-dig word.

Vandale teiken grafte in die Robertson-begraafplaas. Grafstene word omgestoot of permanente blombakkeword onder meer van grafstene afgebreek. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Bonnievale kreun onderBonanza-lekkerkryHILDERINE SCHRÖDER

Besoekers het die afgelope naweek in hulmassas toegesak op Bonnievale vir diédorp se Bonnievale Bonanza Buitelug-fees.Vanjaar se fees het rekordgetalle gelok,

soveel so dat ’n tweede kampterrein inge-rig moes word, sê Natasja Wentzel, Bon-nievale Bonanza-voorsitter. Hoewel diefinale berekenings nog gedoenword, blykdit die besoekerstal hetmet sowat 40%ge-groei van verlede jaar se bykans 6 500feesgangers. Volgens Wentzel was van-jaar se fees ’n reusesukses.Die fees het verledeVrydag afgeskop en

het vermaak vir een en almal gebied metonder meer boeresport, ’n veteraanmo-toruitstalling en potjiekoskompetisie.Die potjiekoskompetisie het vanjaar 30spanne gelok, ’n nuwe rekord vir die fees.Vanjaar se fees het vermaak uit die

boonste rakke gebied met optredes deuronder andere DJ Ossewa, Karlien van

Jaarsveld, Emo Adams, Adam, Nick Ste-vens, Pieter Mohr en Jennifer Zamudio.Die fees, wat vanjaar vir die 19de keer

aangebied is, is een van die hoogtepunteop die Vallei se feeskalender. Dit dien asdie Hoërskool Bonnievale se grootstegeldinsamelingsgeleentheid en gaanjaarliks vankrag tot krag,AldusWentzel.Die Bonanza het ontstaan as ’n berg-

fietsresies, wat op sy tyd die derde groot-ste resies in die landwas. Eie aan tradisiekon bergfietsentoesiaste vanjaar aan ’nverskeidenheid roetes deelneem, van ’n60km-rit vir dié met baie murg in hul py-pe, tot ’n 9km-roete vir dié wat nie virdie langer roetes kans gesien het nie. So-wat 600 fietsryershetdie spekebyvanjaarse Bonanza laat sing.Wentzel skryf die sukses van die Bon-

nievale Bonanza daaraan toe dat dit ietsvir die hele gesin bied, tesame daarmeedat feesgangers goeie waarde vir hul geldkry. “Dis ’n skoon familiegeleentheidwatdie hele gesin saam kan geniet.”

Die verskeidenheid fietsrykompetisies is een van die Bonnievale Bonanza Buitelugfees se groot trek-pleisters. Die roetes het vanjaar sowat 600 fietryers gelok. FOTO: DEON VAN DEVENTER

Page 5: Breederivier gazette 5 nov 2013

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 5 November 2013 5

Jakaranda-makietieVir studente en leerders wat eksamenskryf, beteken ’n jakarandablommetjieglo sukses met ’n eksamenvraestel.

Op Robertson beteken jakarandatyd ’n ma-kietie soos min met die Jakarandafees wateinde vandeesmaand aangebied word.

Die fees vind op 30 November van 10:00 tot17:00 by die Robertson Toerismekantoor separkeerterrein (waar die Robertson Farmer’sMarket gewoonlik gehou word) plaas.

Die fees word deur die Kaapse Wynland Dis-triksmunisipaliteit (KWDM), Robertson Toe-rismekantoor en Robertson Hospice aange-bied.

Die Jakarandafees beloof hope pret vir diehele gesin met onder meer dans- en gedigkom-petisies, ’n Mnr. en Mej. Jakaranda-kompeti-sie, ’n feesparade en ’n groot verskeidenheidstalletjies.

Inskrywings vir die gedigkompetisie (virkinders van 13 tot 18 jaar) is gratis. Slegs een

inskrywing per deelnemer word toegelaat. Ge-digte moet voor 22 November by die toerisme-kantoor ingehandig word.

Inskrywings vir die So jy dink jy kan dans-kompetisie is by die Breederivier Gazette- oftoerismekantoor beskikbaar. Inskrywingskos R20. Deelnemers kan enige ouderdomwees. Die kompetisie begin om 12:00.

Valleiers wat wil deelneem aan Mnr. en Mej.Jakaranda kan inskrywingsvorms by die Ga-zette- of toerismekantoor gaan kry. Deelne-mers moet tussen ses en 12 jaar oud wees endeelname kos R20.

Kontantpryse is in al die kompetisies op diespel.

Diegene wat stalletjies wil staanmaak, moetgou spring. Staanplek kos R80 en ruimte is be-perk. Die Jakaranda-parade wat om 10:00 vandie feesterrein af vertrek, moet beslis ook niemisgeloop word nie.

Vir meer inligting, bel die toerismekantoorby 023 626 4437.

Robertson se Jakarandafees lê om die draai en is ’n geleentheid wat beslis nie misgeloop moet wordnie. Onder die pretaktiwiteite op die spyskaart is die Jakaranda-parade.

RATSE VINGERS:Dié leerlinge aandie Laerskool Mon-tagu het onder lei-ding van hulle mu-siekonderwyser, Ja-co Beeslaar, baiegoed presteer inUnisa se praktieseklaviereksamen.Van links is Came-ron Hatch, BenHatch, Nicole vanZyl en Antjie vanRooyen.

Page 6: Breederivier gazette 5 nov 2013

Breederivier Gazette Leader - Hoofartikel Dinsdag 5 November 20136

Grafskending,meld dit aan’n Besoek aandie begraafplaas is altyd emosio-neel. Des te meer as jy ’n familielid se graf be-soek en vind dat dit gevandaliseer is.DieskendingvangraftehetookopRobertson

kop uitgesteek.DieBreederivierGazettehet verledeweekbe-

rig oor die hartseer toestand van die Robert-son-begraafplaas. Dit ná ’n leser oor die toe-stand van die begraafplaas gekla het.Nie net word families weer blootgestel aan

die hartseer oor die heengaan van ’n naasbe-staande nie. Nou moet hulle weer die grafteherstel ná vandale dit geteiken het.Dit lykasofdiegemeenskapenveraldie jong-

mensevandiegemeenskapnetniemeeromgeevir dit wat aan ander behoort nie.Dit isasofdiegemeenskapdeuralgehelesosi-

alevervaloorgeneemword.Asofandersebesit-tings of kosbaarhede nie meer waarde het nie.Die Gazette berig vandag dat Soyisile Mo-

kweni, munisipale bestuurder van die Lange-berg Munisipaliteit, bevestig dat vandalismebydiedorp sebegraafplase ’ndeurlopendepro-bleem is. Hy noem ook dat die vandalisme na-ure plaasvind.Dit is jammer dat daar nooit ooggetuies van

dié soort vandalisme is nie en dat gevalle soosdié nooit by die polisie aangemeld word nie.Grafskending is tog ’n ernstige saak enmoet

daarvolgens gestraf word.Die onus rus dus op die gemeenskap om die

vandaleuit tewysensodoende tehelpdathullevir hul dade boet.’n Begraafplaas het ’n gemeenskaplike doel.

Dit is immersdie finale aardse rusplekvanme-nig ’n familielid.Dit is dus die gemeenskap se plig om toe te

sien dat begraafplase nie onder vandalismedeurloop nie.

Hoender, jou lekker ding!Ek sit die afgelope na-week voor my boekraken probeer bietjie ordeskep toe ek weer op An-ton Prinsloo se Spreek-woordeboek afkom.Net daar vergeet ek

van regpak en beginblaai deur die tallespreekwoorde wat so deel is van ons Afri-kaanse taal en kultuur. My oog vang diewoord hoender en ek was heel verbaas omte sien hoeveel spreekwoorde daar in Afri-kaans is waarin dié woord gebruik word.Hulle begin met “’n hoender in die bank

hê” – dis die beskrywing vir iemand watlief is om groot te praat of te spog (of soosekookalgehoorhet, ’nbietjiegeldhet).“Disbeter om vandag die hoender te hê as môredie eier”, menende dat dit beter is om tehê as om te hoop dat jy iets gaan kry.Om iemand na die hoenders te laat gaan,

beteken dat jy nie veel omgee wat van diepersoon word nie en om die hoenders in tewees vir iemand, is ombaie kwaad tewees.Een wat ek nie ken nie is “die hoenders

aandie jakkals toevertrou”–wanneer ’non-skuldige persoon aan die genade van ’nskurkof boef se sorg gelaatword. “Loopgeedie hoenders kos” is ’n ietwat argaïese uit-drukking wat gebruik is om kinders te be-veel om pad te gee uit grootmense se gesel-skap. ’n Bekende uitdrukking is “lyk asofdie hoenders iemand se kos afgeneem het”beteken iemand is verleë of afgehaal, ter-wyl “vlieg na die hoenders” ’n beskaafdemanier is om iemand in sy peetjie te stuur.Nogeenwat ekniekennie is, “’n gebraai-

de hoender vlieg niemand in diemond nie”watdaaropneerkomdat ’nmensmoetwerk

om iets te kry. Enig-een wat al gesien hethoe lyk ’n natgereën-de hoender sal metdie uitdrukking“soos ’n natgereëndehoender” kan identi-fiseer.Boereopplasestaan saam met die

hoenders op (so 04:00 as die hane beginkraai) en om rond te loop soos ’n hoenderwat nes soek, is om doelloos rond te loop.Boere gaan slaap dan ook saam met diehoenders (vroegaand). Ek het nog nooit ’nsiekhoender gesiennie, so om te sê iemandis so siek soos ’n hoender moet die persoonbaie siek wees. Ek is meer vertroud met sosiek soos ’n hond, of hondsiek (wat afgeleiis uit die Engels “as sick as a dog’’.As iemand lyk soos ’n hoender wat van

’n stellasie afgeval het, lykhy baie verwardof dronkgeslaan en as iets sal gebeur wan-neer die hoenders tande kry, is om tever-geefs te wag, terwyl jy soos ’n verkluimdehoender staan, dit wil sê beteuterd lyk.Gaan vertel dit vir die hoenders, is om

strooi te praat en as iemand lyk soos ’nhoender wat verveer, vergeet hy sy besit-tings oral waar hy kom. ’n Hoender watwindafwei is ’nwindverwaaide persoon enom in die hoenderhemel te wees, is om eente veel te drink en dan moet jy ophou voor-dat jy heeltemal hoenderkop is.Iemandwat lelik skryf krap soos ’n hoen-

derpoot en om die hoenderspoor te dra, be-teken jy is in die tronk (afgelei van ’nmerkopgevangenes seklere).As jyhoendervleisof hoendervel kry is jy bang of baie hart-stogtelik en as iets so skaars soos hoender-tande is – wel dan wag jy tevergeefs.

RubriekRubriek

Dankie Robertson, dankie HerbergDankie Robertson, dankie HerbergHiermee wil ek graag die gemeenskap van Ro-bertson en almal wat vriende is van die Her-berg Kinderhuis hartlik bedank vir hul vrien-delikheid engasvryheid teenoormy tydensmytermynaskinderhuishoofbyHerbergvan1Ju-lie 2009 tot 31 Oktober 2013.Ek het as stedeling hier aangekom en vinnig

het alles wat oor die platteland gesê word, mybeïndruk as wonderlik waar en niks anders asdie waarheid nie. Dit het my vinnig opgevaldathoewelHerbergbykansal ’neeuopdiedorpbestaan, daar steeds jarelange inwoners is watnognooitdiekinderhuisbesoekhetnie.Diesul-kes weet nie dat hier 122 seuns en dogters vanklein tot groot met besondere hartseer storiessaamgesit isondereendaknieendatdaardaag-liks omgesien word na al hul behoeftes nie.In ’n gesin met enkele kinders gaan dit dol

omalmal elke dag oral te besorgwaarhulmoetwees en knyp dit om toe te sien dat hul alleshetwat hulle benodig. Soveel temeer in ’n fasi-liteitmet so ’n groot getal kinders, dikwelsmetooreenstemmende, maar net so gereeld soveeluiteenlopende behoeftes, begeertes en talente.Herberg is ’n plek waar kinders woon en nie

’n militêre kamp nie. Hul naasbeste huis waarhulle aanvaar word met hul somtyds beperktevermoëns en vergeweword vir elke dag se son-detjiesomdievolgendedagweerskoontebeginop ’n spierwit bladsy. ’n Plek wat volwaardig

moet instaanwaargewonegesinslewediekindin die steek gelaat het en so dikwels soveel leedaangedoen het.Die personeel by Herberg voel dat hul be-

voorreg is om almal te help bou aan die lewensvandie jong inwoners sodathul emosioneel ge-sond en fisies sterk weer kan herenig met hulgemeenskappe van oorsprongwanneer die tydreg is.Dit was heerlik om geleidelik te beleef dat

meer en meer besoekers die drumpel van Her-berg betree en kom kennis maak het. Dankievir al die gebede vir die kinders en personeelvan Herberg, en dat u in liefde na hul uitreik,belangstelling toon en ’n bydrae maak.Wanneer ditmoeilik gaan, is hierdie belewe-

nis vanhierdiemedemenslikheid die broodno-dige aansporing vir kinders en personeel.Dankie dat ek vir ’n kort periode deel van

diegemeenskapslewevandiemooieRobertsonkonwees. ’n Plekwat diep inmyhart sy lê komkry het enwat ek groetmet hartseer,maar ookdiep dankbaarheid.My skuif terug stad toe is ’n weldeurdagte

eeneneksienuitnadieuitdagingdaaraanver-bonde. Mag my opvolger net so lekker woonopRobertson ennet so lekkerwerk byHerbergsoos wat dit my voorreg was. Ek vergeet mymense van Herberg nooit nie

LETTIE VISSER

Wys jy gee omWys jy gee omterwyl jy nog kanterwyl jy nog kanEk weet nie of dit net Borskankermaand is ofalle kanker nie.Maar die woord kanker is altyd ’n skok. Ek

onthou nog soos gister toe ons die oproep vanmy tannie kry om my niggie hospitaal toe teneem. Sy was in pyn, inmekaar en ons het netgedink dit is nie iets ernstig nie.Volgende dag kry my ma die oproep van my

niggie: sy het kanker.Iets tref my . . . kanker? Nie in ons familie

nie! Nog nooit het ek my tannie so gesien huilnie. Ek het nie, want ek het geglo sy sal niesterf nie.VirtweejaarwasLanainenuitdiehospitaal.

’n Ma van 30 jaar, iemand met die droom omhaar eie huis te hê waar sy haar kinders kangrootmaak.Selfs die laaste dag in die hospitaal het ek

geglo sy gaan vir altyd by ons wees. Sy was sovol lewenslus en vertroue. So energiek.Sy het in ons voorkamer gesit. Gesond son-

der pyn, maar die dokter het haar huis toe ge-stuurwantdaarwasniehoopnie.Daardieaandsê syvirmy: “Nanna, jykanmaarnoumy trou-idees kry.”Waarop ekniks geantwoordhet niewant steeds het ek geglo sy gaan vir ewig byons wees.Ek het myself aan die slaap gehuil.Die week voor ons haar verloor het, was ons

familie bymekaar,mingeweet dit sal die laastewees.Lana, ek mis jou. Ek probeer die trane, die

hartseer, wegsteek. Ekwens ekwasmeer daarvir jou. Nou die dag wou ek jou bel, maar toetref dit my jy is nie meer daar nie.Myboodskapaanonswatagterbly:Onsmoet

mekaar waardeer, respekteer en wys ons geeomwant wie weet of die persoon vir ewig daarsal wees?

MARITSA JANSEN

Wonderlik behandelWonderlik behandelby Montagu-hospitaalby Montagu-hospitaalEk lees met groot belangstelling en ook kom-mer oor die soort behandeling wat mense bystaatshospitale ontvang.Ditmaak ’nmensbangas jy leesdatverpleeg-

sters se optrede teenoor pasiënte aan die on-menslike grens en dat verkeerde diagnoses enmedikasiemense se lewens verwoes envernie-tig.Ek isvanjaarop17Augustus indieMontagu-

hospitaal opgeneem en is tien dae later ont-slaan. Ek kan vandag dus getuig van die ont-vangs enbehandelingwat ekdaar ontvanghet.Ek kan vir seker vandag getuig dat die Mon-

tagu-hospitaal en sy personeel die beste staats-hospitaal in die land moet wees!Ek was met soveel deernis, empatie en res-

pek behandel dat ek nie ’n enkele keer vir mydoktergevrahetwanneerekontslaansouwordnie. Ek sou selfs langer wou bly as ek kon.Ek was egter ná ’n paar dae bekommerd dat

ek dalk vir spesiale diens en aandag uitgeson-der isomdatek ’nkleinbietjienaamenaansienin die gemeenskap van Montagu het. Sien, ekwasmos jare onderwyser en skoolhoof en baievandieverpleegsters, sustersenselfdiematro-ne, was leerlinge in my klas.Ek het hulle toe een oggend met my bekom-

mernis gekonfronteer want sou my vermoedereg wees, sou ek ontsteld wees oor die “voor-keurbehandeling” net omdat ek “iemand” is.Gelykmatig enuit eenmondwasdie antwoord:“Nee, meneer, hier word almal dieselfde be-handel.”Ek het vandag die vrymoedigheid om alle

mense in ons gemeenskap aan te moedig omgebruik te maak van ons plaaslike hospitaal.Hul diens is puik, die kos is lekker en die plekis netjies en skoon.My groot dank vandag aan al die verpleeg-

sters, dokters, kombuispersoneel en skoonma-kers vir julle bydrae tot die suksesverhaal vandie Montagu-hospitaal.

IVAN PEKEUR, Montagu

VUURWA: Motoriste wat op Donderdag (10 Oktober) by die Van Loveren Wynlandgoed was, het sekergedink hulle droom toe hulle ’n parkeerterrein vol luukse Ferrari’s daar sien. Die motors behoortaan die Southern Equatorial Ferrari Automobile Club in Gauteng. Die klublede was op ’n toer deurdie Kaap en het by die landgoed aangedoen vir middagete. Die klub onderneem elke twee jaar’n toer deur die land en die Kaap is vanjaar aan die beurt. FOTO: BONITA MALHERBE

Page 7: Breederivier gazette 5 nov 2013

Breederivier GazetteGeneral - AlgemeenDinsdag 5 November 2013 7

IS THIS YOURS? The Robertson Police are lookingfor the owner of a waterpump as well as a collectionof items including taps, pipes and a pair of pliers.The items where found abandoned and/or in thepossession of suspects. Anybody who suspects theitemsmight belong to them or who knows the identityof the owners van call WO Jupiter Smith on0 084 749 1742, WO Aubrey Setera on082 778 6935 or WO Julian Stevens on023 626 8354. PHOTOS: SUPPLIED

HOSPIES BAAT BY SKENKING: ’n Skenking vanR10 000 wat onlangs deur Klub 8 op Robertson aandie Breederivier Hospies se pasiëntesorgafdeling ge-maak is, is aangewendommediese voorraad te koop.Die pasiëntesorgspanbedankKlub8 vir hierdie sken-king. Hier,k met die banier is srs. Myrtle le Roux,Marlene van Deventer, Magdel le Roux, Johan Stem-met (Klub 8) en dr. Sonia van der Spuy. Intussenword lede van die gemeenskap ook aangemoedigomKlub8se jaarliksegeldinsamelingsdans teonder-steun. Die geld wat daardeur ingesamel word, wordaangewend vir skenkings soos dié aan die hospiesen ander diensorganisasies. Die dans is op 16 De-sember by die Robertson-skouterrein. Kaartjies kosR40 en Kersvader sal daar wees om ’n geskenkieaan elke kind uit te deel. Vir verdere navrae, belFrancois Vermeulen by 0 084 626 1193.

Huisbraak, diefstaluit motors neem toeDie Robertson-polisie waarsku inwoners dathuisbraak en diefstal uit motorvoertuie ’nkommerwekkende toename in die omgewingtoon. Inwonerswordversoekomallemoontli-ke voorsorgmaatreëls te tref om hul eiendomte beveilig en om die polisie in kennis te stelas hulle verdagte mense opmerk.Die polisie bedank mense ook vir inligting

wat gelei het tot inhegtenisnemings endie op-spoor van gesteelde besittings.

Page 8: Breederivier gazette 5 nov 2013

Breederivier Gazette Schools - Skole Dinsdag 5 November 20138

HULLE NEEM DIE LEISELS OOR: Die Hoërskool Robertson se leerlingraad vir 2014 isonlangs aangewys. Agter is Almo Brewis, Edna Smit, Renske Oosthuizen, Nicola Neeth-ling, Marishan Veldsman, Lize Neethling, Eloïse Oosthuizen en Dehan Stipp. Voor isRuben Prinsloo, Je-hann Adendorff, Curtley Rossouw, George Channon, Toshief Mominen Ferrol-Jon Davids.

’n Nuwe wêreldmet boekeDie ATKV-jeugtak van dieHoërskool Robertson, DieTaalture, het onlangs dieVrolike Vinkies-bewaar-skool in Robertson besoek.

Gedurende hierdie besoekis leesboeke aan die skool oor-handig nadat ’n behoefte hier-voor raakgesien is.Tydens die oorhandigings-

geleentheid het taklede inkleingroepiesmetdiekindersgesit en stories aan die klein-goed voorgelees en, as ’n bo-nus, lekker soetgoed geëet.Ophul beurt het die kinders

die takledemethulengelstem-me vermaak.Die boeke wat oorhandig is,

is ’n skenking wat die Taal-ture ontvang het.Hierdie projek is ’n inisia-

tiefwat in2012begin isendaarword gehoop dat dit ’n jaarlik-se projek van die tak kan bly.DieTaalturepoogomlees in

die Robertsonse gemeenskapte bevorder deur skole te na-der en vas te stel wat die be-hoefte van daardie skool is,omsodoendeAfrikaansook indie gemeenskap ’n hupstoot tegee.

Die Hoërskool Robertson se ATKV-jeugtak, die Taalture, het onlangs dieVrolikeVinkies-bewaarskool besoekenAfrikaanseboekeaanhulle oorhan-dig.

RUITERKUNS: Tanya Grové (9) van dieRobertson Voorbereidingskool het on-langs ’n bronsmedalje in PerformanceRiding (laer skole) by die South AfricanNational Equestrian Schools Associati-on (SANESA) se onlangse prysuitde-lingsgeleentheid verwerf.

KLAWER-KONINGIN: Izel Stemmet vandie Hoërskool Montagu het onlangs bydie Riversdal Eisteddfod uitstekend inklavieritems gevaar waarvoor sy onder-skeidelik 85% en 90% gekry het.

MAKIETIE: Die Hoërskool Langeberg het onlangs symatriekafskeid gehou.

Page 9: Breederivier gazette 5 nov 2013

Breederivier GazetteSchools - SkoleDinsdag 5 November 2013 9

KISHOU:ArrabellaWin-shaw (gr. 3)van die Voor-bereiding-skool Robert-son is onlangsin die o.10-Boland-Plat-telandtennis-span opge-neem. Dít is ’nbesondergroot presta-sie aangesiensy nog maaro.9 is.

REDENAARS: Dié leer-linge het onlangs aan ’nredenaarskompetisie,wat in samewerkingmet die Robertson Vry-burgers aangebied is,deelgeneem. Van linksis Suné Grové (Laer-skool Robertson, wen-ner), Christine van Zyl(Laerskool Robertson,tweede plek) en HildaJonker (Hoërskool Bon-nievale, derde plek).

FLINKDINKERS: Die HoërskoolMontagu het onlangs uitgeblinkin ’n nasionale olimpiade in wis-kundegeletterdheid. Dié leerlin-ge het almal goue of silwertoe-kennings verower. Agter is JacoConradie (goud), JJ Bezuiden-hout (silwer) en John-Ross Swa-nepoel (silwer). Voor is Guswinde Wee (silwer), Jowheen Plaat-jies (silwer) en Pieter Booysen(goud). Pieter het boonop ookdie 32ste plek in die olimpiadelosgeslaan.

RUITERKUNS: Matthew Oosthuizen van die LaerskoolRobertson is in die Wes-Kaap-skolespan vir perdryopgeneem. Dié kampioenskaptoernooi is onlangs inGeorge gehou en Boland het die trofee vir die netjies-ste span met die meeste gees gewen. Die South Afri-can National Equestrian Schools Association (SANE-SA) se kompetisie en liga is die grootste en groeisteeds danksy ál meer leerlinge wat perdry as skool-sport beoefen.

SLIMKOP METSYFERS:Robyn Broodrykvan die Hoër-skool Bonnieva-le het onlangs ’nderde plek indie KaapseWynland-on-derwysdistrik sefinale ronde vandie Cami MathsSprint-kompeti-sie behaal.

Page 10: Breederivier gazette 5 nov 2013

Breederivier Gazette Schools - Skole Dinsdag 5 November 201310

FAMILIE-KENNISGEWINGS

FAMILYNOTICES

07

Gelukwensing

Congratulations

CAROLUS CARONGeluk met jou 17deverjaarsdag.Jy moet jou oëgevestig hou op Jesus.Hoop jy geniet jou dag.Van: Mamma, Jean-Marien Cassidy.

11

InMemoriam

SAULS JOHANNESDANIëLGeb.6/11/1945-Gest.08/09/2013Pa, dis u eersteverjaarsdag weg van ons.Die verlange is ontsettend.Van jou vrou Rosaline, kin-ders, kleinkinders, agter-kleinkinders, familie envriende.

TEKOOPFORSALE

72

Bote en Toerusting

Boats&Equipment

TWOSEATER PEDDLEBOAT. R11 000. Call Nico084 837 5374 /www.avantimarine.co.za.

ALGEMENEDIENSTEGENERALSERVICES

1141

Algemene

Dienste

General Services

MOTORSVEHICLES

159

Motors te Koop

Vehicles for Sale

24/7 Cash of your bakkieor car. Just SMS orPHONE 072 620 1126.

TEMADAG: Die Ashton Primêre Skool het onlangs ’n temadag gehad waartydens leerderstot hul groot vermaak soos hul idol moes aantrek. Hulle was omtrent uitgevat – vansportsterre tot sangers, met selfs ’n pres. Barack Obama in hul midde. Hier pryk diewenners in hul onderskeie klasgroepe. Agter is Tamsyn Tromp, Janika Fabricius en JohaneCockrell. In die middel is Mullan Janse, Lyall Kleinhans en Eben Carstens, met RynoEsau wat voor hurk.

VELE TALENTE: Bonnievale se leerlinge wat vanjaar die veelsydigste opdie sportveld was, is onlangs aangewys. Hulle is Ruach Wessels en HildaJonker (laerskool) en Jana Wessels en Johannes Jonker (hoërskool).FOTO:VERSKAF

HOOFLEIERS: DieHoërskool Robertson se hoofleiers vir 2014 is AlmoBrewis(onderhoofseun), Nicola Neethling (onderhoofmeisie), Renske Oosthuizen(hoofmeisie) en Dehan Stipp (hoofseun). FOTO: VERSKAF

Page 11: Breederivier gazette 5 nov 2013

Breederivier GazetteSchools - SkoleDinsdag 5 November 2013 11

KLAVIER-KO-NINGIN: IzelStemmet vandie HoërskoolMontagu hetonlangs by dieRiversdal Ei-steddfod uit-stekend ge-vaar in klavier-itemswaarvoor syonderskeide-lik 85% en90% gekryhet.

LANGASEM: Marieta Willemse, ’n leerder aan dieLe Chasseur Primêre Skool, het onlangs aan die Bo-land-landloopbyeenkoms deelgeneemwaar sy in dieWes-Kaapspan opgeneem is. Tydens die onlangseSA-kampioenskappe in Bloemfontein het sy ’n 14deplek behaal. FOTO: VERSKAF

WOORDELOSE WYSHEID: Dié drie leerlinge aan dieLe Chasseur Primêre Skool het onlangs aan ’n spel-kompetisie deelgeneem en die eerste, tweede enderde plekke onderskeidelik losgeslaan. Van linksis die “spel-kundiges” Petro-Zane Fortuin (gr. 3), Aki-lah Fortuin (gr. 1) en Rusca Lombaard (gr. 7).FOTO:VERSKAF

Page 12: Breederivier gazette 5 nov 2013

Breederivier

Year 17 • 5 November 2013 | Tel. 023 626 5212

Montagu-jaerwys sy vernufMontagu se Altus de Wet isdie nuwe E1-kampioen(oopklas) ná die segewat hyin die onlangse MatatieleWFONasionaleEnduro-renbehaal het.

Dit was De Wet (HusqvarnaRacing) se tweede rensege envyfde agtereenvolgende E1-oorwinning dié seisoen.’n Klein meganiese pro-

bleemhethomverhoedomdieeerste ren van die seisoen tevoltooi en hy moes van agterterugveg.DeWet het die vinnigste tye

ná drie van die spesiale snel-trajekte aangeteken terwyl hyen Blake Gutzeit (Sherco Ra-cing), wat tweede algeheelklaargemaak het, identiesetye vir die negende trajek aan-getekenhet.Daarwas 70punte

(sekondes) tussen De Wet endie 18-jarige Gutzeit wat ook’n voormalige junior nasiona-le veldrenkampioen is.Voor die ren het die stryd

om die E1-titel tussen De Weten die pasgekroonde nasiona-le veldrenkampioen, KennyGilbert (Proudly Bidvest Ya-maha), gewoed.’n Vierde plek algeheel en

derde plek inE1 ná die vinnig-ste tyd in die agtste sneltrajekwas genoeg vir Gilbert om dieseisoen in die derde plek alge-heel en tweede agter De Wetin die E1-kampioenskap af tesluit. Timmy Young (KargoRacing Yamaha) was vyfde byMatatiele (vierde in E1) – net11 punte agter Gilbert – en hetdie finale podiumposisie indie E1-kampioenskap vir dieseisoen verseker.

Altus de Wet (Husqvarna Racing), van Montagu, was die wenner van dieLiquorland Matatiele WFO National Enduro. Daarmee het hy die E1- (Ope-klas) kampioenskappe vir die seisoen gewen. FOTO: VERSKAF

TENNIS: Dié leerders van die Laerskool Robertson is in die Boland-plattelandtennisspan opgeneem.Hulle is Philip Falck, Emma van Deventer, Keanan Barnard, Karla Bruwer, Conrad Prins, Getha Kloppersen Theo Louwrens. Getha, Karla, Theo en Philip is ook in die Bolandspan opgeneem.

RUITERKUNS BELOON: Suné Gro-vé (12) van die Laerskool Robert-son het onlangs ’n string toeken-ningsbydieSouthAfricanNationalEquestrian Schools Association(Sanesa) se prysuitdelingsge-leentheid verwerf. Sy het goue me-daljes vir dressuur (dressage) enprix caprilli ontvang, asook brons-medaljes vir vertoonkunsry (per-formance riding) en veelsydigewerksperd (working riding). Syspog ookmet die trofee vir die bes-te laerskoolruiter in prix caprilli.

NAASWENNERS: Die afgelope naweek se Robertson Touchies wat by die LaerskoolRobertson se sportterrein aangebied is, het weer ’n groot aantal deelnemersgelok. Die Blou Blitse, een van die baie spanne, was die naaswenners in dieeindronde van die vrouekompetisie. Die span, wat sy eerste wedstryd met 3-0teen die Supergirls gewen het, moes uiteindelik met 0-2 die knie buig voor dieverdedigende kampioene van 2012, die Oepsie Daisies.