Breederivier gazette 27 aug 2013

12
www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi Breederivier Year 17 • 27 Augustus 2013 | Tel. 023 626 5212 DALEEN FOUCHÉ ’n Bejaarde inwoner van Ro- bertson is verlede week vermoe- delik in sy huis op Robertson vermoor. Die Robertson-polisie het op Vrydag 23 Augustus afgekom op Raymond Clark (92) se lyk nadat personeel van die Breederivier Hospice die polisie ontbied het. Kaptein Marchel Klaasten, woordvoerder van die Robertson- polisie, sê die hospies-personeelle- de het onraad begin vermoed toe Clark nie ouder- gewoonte die per- soneel kom groet het nie. Volgens Klaasten het hy twee keer per dag ’n draai by die hospies-kantoor gemaak wat in die omgewing van sy huis is. Toe Clark Vry- dag nie die og- gend óf die mid- dag by die kan- toor opgedaag het nie, het perso- neellede onder- soek gaan instel. Hulle het die polisie ontbied, wat toe die deur na sy huis oopgedwing het. Klaasten sê die oorsaak van die oorledene se dood sal eers vasge- stel kan word wanneer die nadood- se ondersoek afgehandel is, maar sê die toestand van die huis asook ’n gebreekte venster aan die agter- kant van die huis gee die indruk dat ’n misdryf gepleeg is. Forensie- se beamptes was Vrydag op die to- neel. Clark is laas op Donderdag 22 Augustus gesien. Die Robertson-polisie ondersoek ’n moontlike konneksie tussen dié moord en ’n rooftog op Clark wat op Dinsdag 20 Augustus plaasge- vind het. Klaasten sê twee mans het Clark om 15:00 die middag aan- geval en hom beroof van R150, sy ID-dokument en sy bankkaart. Die twee onbekende mans is nog op vrye voet. Andrew le Roux, ’n buurman na- by aan die oorledene, beskryf Clark as ’n “dierbare en lieflike mens”. Hy vertel dat Clark, oor- spronklik van die destydse Rhode- sië, as Spitfire-vlieënier in die Tweede Wêreldoorlog geveg het. Clark was ’n elektriese ingenieur van beroep en het saam met sy vrou, Pat, kom aftree in Robertson. Pat is ’n paar jaar gelede oorlede. Clark word oor- leef deur sy seun wat in Australië woon. Le Roux Clark was ’n be- kende in die dorp en hy het nooit verby iemand gestap sonder om geselsies aan te knoop nie. Hy be- skryf die moord op Clark as tra- gies en sê die hele gemeenskap is geskok oor die voorval. Jane Phillips, algemene bestuur- der van Breederivier Hospice, be- skryf Clark as ’n stil en lieflike mens wat nooit enigiemand leed aangedoen het nie. “Dit is hartseer dat hy so moes sterf.” Phillips sê Clark was ’n goeie mens wat deur die hospies-personeel gemis sal word. Niemand is nog in hegtenis ge- neem nie en die polisie versoek dat enigeen met inligting oor die moord na vore sal kom. Hul identi- teit sal beskerm word. Ook waar- sku die Robertson-polisie bejaar- des wat op hulle eie woon om ek- stra veiligheidsmaatreëls te tref. Die Robertson-polisie het Raymond Clark (92) se huis op die dorp verlede week afgesper ná hy vermoedelik vermoor is. Die forensiese ondersoekspan was ook op die toneel. FOTO’S: DALEEN FOUCHÉ Raymond Clark (92) Moord skok Robertson

description

Breederivier gazette 27 aug 2013

Transcript of Breederivier gazette 27 aug 2013

Page 1: Breederivier gazette 27 aug 2013

www.bolandgazette.co.zabolandgazette.mobi

Breederivier

Year 17 • 27 Augustus 2013 | Tel. 023 626 5212

DALEEN FOUCHÉ

’n Bejaarde inwoner van Ro-bertsonisverledeweekvermoe-delik in sy huis op Robertsonvermoor.

Die Robertson-polisie het opVrydag 23 Augustus afgekom opRaymond Clark (92) se lyk nadatpersoneel van die BreederivierHospice die polisie ontbied het.Kaptein Marchel Klaasten,

woordvoerder van die Robertson-polisie, sê die hospies-personeelle-de het onraad begin vermoed toeClark nie ouder-gewoontedieper-soneel kom groethet nie. VolgensKlaasten het hytweekeerperdag’n draai by diehospies-kantoorgemaak wat indie omgewingvan sy huis is.Toe Clark Vry-

dag nie die og-gend óf die mid-dag by die kan-toor opgedaaghetnie,hetperso-neellede onder-soek gaan instel.Hullehetdiepolisie ontbied,wat

toedie deurna syhuis oopgedwinghet.Klaasten sê die oorsaak van die

oorledene se dood sal eers vasge-stel kanwordwanneer dienadood-se ondersoek afgehandel is, maarsê die toestand van die huis asook’n gebreekte venster aan die agter-kant van die huis gee die indrukdat ’nmisdryf gepleeg is. Forensie-se beamptes was Vrydag op die to-neel. Clark is laas opDonderdag 22Augustus gesien.DieRobertson-polisieondersoek

’n moontlike konneksie tussen diémoord en ’n rooftog op Clark watop Dinsdag 20 Augustus plaasge-

vind het. Klaasten sê twee manshet Clark om 15:00 diemiddag aan-geval en hom beroof van R150, syID-dokument en sy bankkaart. Dietwee onbekende mans is nog opvrye voet.Andrew leRoux, ’n buurmanna-

by aan die oorledene, beskryfClark as ’n “dierbare en lieflikemens”. Hy vertel dat Clark, oor-spronklik van die destydse Rhode-sië, as Spitfire-vlieënier in dieTweede Wêreldoorlog geveg het.Clark was ’n elektriese ingenieurvan beroep en het saam met syvrou,Pat,komaftree inRobertson.

Pat is ’n paar jaargelede oorlede.Clarkwordoor-

leef deur sy seunwat in Australiëwoon.Le Roux sê

Clark was ’n be-kende in die dorpen hy het nooitverby iemandgestap sonder omgeselsies aan teknoop nie. Hy be-skryf die moordop Clark as tra-gies en sê die helegemeenskap isgeskok oor die

voorval.JanePhillips,algemenebestuur-

der van Breederivier Hospice, be-skryf Clark as ’n stil en lieflikemens wat nooit enigiemand leedaangedoenhet nie. “Dit is hartseerdat hy so moes sterf.” Phillips sêClark was ’n goeie mens wat deurdie hospies-personeel gemis salword.Niemand is nog in hegtenis ge-

neem nieendiepolisieversoekdatenigeen met inligting oor diemoord na vore sal kom.Hul identi-teit sal beskerm word. Ook waar-sku die Robertson-polisie bejaar-des wat op hulle eie woon om ek-stra veiligheidsmaatreëls te tref.

Die Robertson-polisie het Raymond Clark (92) se huis op die dorp verlede week afgesper ná hy vermoedelik vermoor is.

Die forensiese ondersoekspan was ook op die toneel.FOTO’S: DALEEN FOUCHÉ

Raymond Clark (92)

Moord skok Robertson

Page 2: Breederivier gazette 27 aug 2013

Breederivier Gazette General - Algemeen Dinsdag 27 Augustus 20132

KFC Robertson Local Hero: vier finalisteDie afgelope vier weke is KFCRobertson oorval met nomina-sies van wonderlike mense uitdieBreëriviervalleiwatvanhul-self, hul tyd, hul kundigheid enin sommige gevalle hul laastestukkie brood met ander deel,omdat hulle vir hul medemensomgee. Alles as deel van diesoektog na KFC Robertson seLocal Hero. KFC Robertson istrots om aan te kondig dat LeaBooysen, Daan Calitz, Jeff A. La-key en Linda Simons as finalistein dié kompetisie aangewys is.

Lea Booysen, plaaswerker vandie Goree-landelike omgewing,dien haar gemeenskap op vrywilli-ge basis as voorsitter van Huge-nootskool se beheerliggaam, haarplaaslike gemeenskapspolisië-rings forum asook wyksverteen-woordiger van wyk 6 in die Lange-berg-munisipaliteit.Lea dien nie slegs in naam as

voorsitter van hierdie komiteesnie, maar is werklik betrokke byhaar gemeenskap om die menigtesosiaal-maatskaplike probleme

waarmee landelike inwoners temake het, aan te spreek en te be-kamp. Volgens Dawid Lucas wathaar genomineer het, is Lea ’n per-soonwathaarhelehartgeeen bete-kenisvolle en ’n positiewe verskilin die lewens van ander maak.

Daan Calitz, plaaslike sakemanin Robertson, het ’n ruim hart watgraagvanhomself gee, veral virdiejeug van Robertson.So byvoorbeeld help hy die kin-

ders van Herberg Kinderhuis methuiswerk, geldinsamelingsprojek-te en uitstappies en hy help ookgraag plaaslike sportspanne mettoerusting soos pette en klere, enhet per geleentheid selfs ’n trompetaandieOldStBlues-orkesgeskenk.Volgens Petro Uren wat hom ge-

nomineer het, is Daan iemand watpersoonlike opofferings maak om’n verskil in kinders se lewe temaak, sonder om iets terug te ver-wag.

Jeff Lakey, jarelange inwonervan Robertson se Bo-dorp en oud-onderwyser,wordbeskryfasvolks-digter, geskiedenis-skrywer, bera-der, opvoeder, bejaarde-, jeug- en

dwelmaktivis en ’n gemeenskaps-mens. Sedert sy aftrede in 1995 hetJeff begin om die bruin gemeen-skap van Robertson se geskiedenisaan te teken as deel van sy projek,Bo-Dorp se mense.Sedertdien het hy ’n verskeiden-

heidbundels,onderdieversameldetitel Bo-Dorp se mense, die lig laatsien, asook ’n uitgebreide geskied-kundige uitstalling met inligtingen foto’s by die Mountain View-biblioteek opgerig.Hy word deur sy gemeenskap as

’n raadgewer beskou en as voorma-lige Christelike Alkoholiste Bond(CAB)-hoofbestuurslid, lewer hy ’ngroot bydrae tot dwelm- en alkoholbekamping.

Linda Simons en haar manClive het in 2008 van Kaapstad naRobertsonverhuisenbeginomkin-ders vandie straat af kos te gee.Dieaanvraag het vinnig gegroei endaar is toe ’n voedingskema beginom die kinders elke Saterdag van’n ete te voorsien.Vandag het die projek uitgebrei

sodat kinders op Woensdae sowelasSaterdaevanetesvoorsienword.

Party dae, veral gedurende skool-vakansies, daag daar tot 280 kin-ders by die voedingskema op. Afge-sien van ’nwarm ete, tree Linda opasma, raadgewer,dokterennogve-lemeer vir elk vanhierdie kinders,wat sy op die naam ken.Die voedingskema ontvang geen

subsidie, toelaag of borgskappe nieen word bedryf deur vrywillige do-nasies vanuit die gemeenskap.Dit is egter Linda se ontsaglike

liefde en deernis vir kinders wat ’ngroot bydrae lewer tot die suksesvan hierdie voedingskema.KFC Robertson wil van hierdie

geleentheid gebruik maak om elkepersoonwat ’n nominasie ingedienhet te bedank, asook elke genomi-neerde wat op groot of klein skaalvan hulself gee om ’n positiewe by-drae tot Robertson en die Breë-rivier-gemeenskap te lewer.Die KFC Robertson Local Hero-

wenner sal in volgende week seBreederivier Gazette aangekondigword. Hierdie persoon sal danR5 000kontant asook toerusting terwaardevanR10000ontvangomhulwerk voort te sit.

Daan Calitz Jeff A. Lakey

Ontmoet die gesig agter Jaars BakwerkeWat is jou naam en van?Danie JaarsWat is jou besigheid se naam en

waar is dit geleë?Jaars Bakwerke is geleë by Kerk-

straat 20, Robertson.Watter tipe besigheid besit jy?JaarsBakwerke ispaneelkloppers.Wanneer en hoe het jy jou besigheid

begin?Ek het vir 25 jaar vir werkgewers

gewerk waar ek die spuitwerk ge-

doen het. Ek het toe in 2010 besluitgenoeg is genoegwant ek kan virmy-self werk en so het ek ook werksge-leenthede geskep.My kennis het ek opgebou by An-

dre’s Bodyworks en daarna het ekook by Robertson Bakwerke gewerk.By Robertson Bakwerke het ek toe-stemming gekry om voertuie reg temaak na ure en my en privaat werkte doen. Dit het later so baie geworddat ek toe besluit het om my eie pa-

neelklopbesigheid te begin.Ekbediendie gemeenskapvanRo-

bertson, Ashton, Montagu, Bonnie-valeenookMcGregor.Ekbedienooktwee van ons tophandelaars in Ro-bertson, naamlik Robertson Toyotaen Boland Motors Delta. Baie plaas-boereisgetrouekliënte.Ekwerkaanenige voertuig, van motors tot trok-ke, niks te groot of te klein vir mynie. Bel my gerus by 023 626 4972 of084 212 7992 vir kwotasies.

Danie Jaars ishier saam met syvrou Natasha enoorhandig 15komberse aanVincent Andriesvan die DoulousTrust wat werkdoen onder ha-welose mense.

) Verskeie flieks sal in Augustus bydie Wahnfried-teater by Breëstraat27, McGregor vertoon word. Op 30AugustuswysMyWeekwithMarilynom 18:00. Om te bespreek, bel072 601 1616 of stuur ’n e-pos [email protected].) DieMontagu-polisie reël weer huljaarlikse pretdraf/pretloop vir diebewusmakingvangeweld teenvroueen kinders op 29 Augustus. Registra-sie begin 09:00 en die wegspringtydis 09:30 by Montagu Droëvrugte seBistro in Badstraat 102. Inskrywingis R30 en sluit ’n kolwyntjie in.Gelukstrekkings sal gehou word.Vir meer besonderhede, bel sers.Suria Meyer by 082 499 3860.) Die New Inspirations Gospel-groep bied ’n sangaand op 1 Septem-ber om 17:00 in die gemeenskapsaal(civic), Robertson aan.Kaartjies is R40 vir volwassenes enR20 vir kinders onder 12. Bel FrikkieVisagie by 082 960 4928. Kaartjies isook beskikbaar by Laerskool Dag-breek.) BonnievaleseNGKerkbied ’n4x4-dag aan op 1 September om 10:30 vir11:00 vanaf die kerk. Inskrywings isR160 per voertuig.Vir meer inligting, bel vir Jakkie by083 500 6902 of stuur e-pos na [email protected].) Genietmelktert en tee of koffie dielaaste Vrydag van elke maand om10:00 by die Joubert-huis, Montagu.Groepemoet ’nweek voor die tyd be-spreek by 023 614 1774.) Geniet pannekoek en koffie elkeeerste Saterdag van die maand van09:00 af by die Museummark op Ro-bertson. Daar is ook stalletjies waartuisgebak, boeke en snuisterye tekoop is.

) Send event details to [email protected]

Lea Booysen Linda Simons

Page 3: Breederivier gazette 27 aug 2013

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 27 Augustus 2013 3

Spring brings newpremises for GazetteAs of 1 September, the Breederivier Gazettewill occupy brand new offices in Robertson.Thisstrategicmoveaimstoput theGazette

at theheartof thecommunity inorder topro-vide a better service to clients and to maketheGazette evenmoreaccessible to our read-ers.Thenewofficeissituatedin22PaulKruger

Street in the Absa building.The contact details of theGazette remains

the same.

For any editorial matters, send an e-mailto [email protected] enquire about advertising, send an e-

mail to [email protected] general office and classified enquiries

send an e-mail to [email protected] telephone numbers remain

023 626 6299 and 023 626 5212, and the faxnumber 023 626 5800.We look forward to greeting our readers

and customers at our new offices.

Stakende werkers saaichaos in BonnievaleDALEEN FOUCHÉ

Dreigemente vanbrandstigting, inti-midasie enopstoke-ry is slegs ’n paarvan die gevolgewatBonnievale moesdra ná die maandlange staking deur’n paar plaaslikeParmalat-werkers.

Die staking het op23 Julie by Parmalat-fabrieke landwydontstaan toe daargeen ooreenkomstussen Parmalat endie Food and Allied Workers Union (FAWU)gedurende loononderhandelinge bereik konword nie.FAWU eis ’n 9%-verhoging, terwyl Parma-

lat 7% aanbied. “Parmalat SA glo dat die aan-bod van 7% redelik en regverdig is in die hui-dige ekonomiese omstandighede enmededin-gend is met loonooreenkomste elders,” sêChris Vermeulen, Parmalat SA se hoof vanmenslike hulpbronne.Vermeulen sê Parmalat het in ooreenstem-

ming met standaard-arbeidsverhoudings-praktyke ’n uitsluiting van werkers wat aanFAWUbehoort inwerkinggestel,wat betekendat lede van FAWU toegang tot Parmalat-fa-briekegeweier is.Desondanks, sêVermeulen,is daar die opsie aan unie-lede gegee om terugte keer werk toe en ’n paar werkers het diéopsie aanvaar.Kaptein Bertus Conradie, stasiebevelvoer-

der van die Bonnievale-polisiestasie, sê diedrie weke lange staking het stil begin, maar

het verlede week syklimaks bereik toestakende werkerspaaie in Happy Val-ley en MountainView afgesper heten ander Parmalat-werkers geïntimi-deer het om niewerk toe te gaannie. Conradie be-vestig dat daar ver-skeie dreigementeoor brandstigtingontvang is. Hy sêdie polisie onder-soek ook verskeiegevalle van openba-re geweld, nadat

stakende werkers klippe gegooi het na verby-gaande motors. Drie mense is in hegtenis ge-neem deur die Bonnievale-polisie en dié sakeword verder ondersoek.Die Breederivier Gazette het in die eerste

week van die staking met stakende werkersgesels wat gesê het hulle was voorheen kon-trakwerkers wat deur Workforce, ’n arbeids-agent, aangestel is. Ná ’n staking deur Work-force-werkers in Desember verlede jaar hetParmalat die diens van Workforce gekansel-leer enwerkers aangestel met ’n jaarkontrak.Diéwerkers, wat nie hul name genoemwou

hê nie, het aangedring op dieselfde voordeleas permanente werkers.Gister (Maandag 26 Augustus) was daar,

volgens Conradie, ongeveer 45 werkers voordie Bonnievale Parmalat-fabriek.Hy sê die si-tuasie was rustig, maar bevestig dat die poli-sie die situasie dophou.DieBreederivierGazettekonniewoordvoer-

ders van FAWU bereik voor druktyd nie.

’n Parmalat-vragmotor ry by die Bonnievale Parmalat-fa-briek in, waar die ingang vroeg in Augustus aan diebrand gesteek is. FOTO: DALEEN FOUCHÉ

Page 4: Breederivier gazette 27 aug 2013

Breederivier Gazette News - Nuus Dinsdag 27 Augustus 20134

Nuwe hande vir FlippieFlippie Engelbrecht (19) van Ro-bertson wie se hande geamputeerisweens’nernstigebrandongelukin 2009, het op Vrydag 16 Augus-tus splinternuwe hande ontvang.

Die robothande is gemaak en ge-skenk deur Richard van As, ’n skryn-werker van Randburg wat self viervingers in ’n werksongeluk in 2007verloor het. Die hande word gemaakmet behulp van ’n driedimensioneledrukker.

Engelbrecht isverwikkel in ’nkon-troversiële hofsaak en beskuldig ’nplaaslike boer van die Rietvallei-wynlandgoed van aanranding in2009 toe Engelbrecht 15 jaar oud was.

Volgens Engelbrecht het die be-weerde aanranding ernstige medie-se nagevolge gehad.

Hy sê hy is blind gelaat ná ’n opera-sie vir bloeding op die brein weensdie beweerde aanval. Hy het voortsepileptiese aanvalle begin kry ná diebeweerde aanval en tydens so ’n aan-val in 2009 in die vuur geval.

Die saak is destyds uit die hof ont-trek weens onvoldoende bewyse. Ka-rin Papenfus van die Freedom Trust,’n organisasie wat veg vir plaaswer-kersregte, het die saak opgeneem ná’n versoek van die Engelbrecht-fami-lie tydens die plaaswerkeropstandein November 2012. Die saak komweer Woensdag 28 Augustus in dieAshton-landdroshof voor.

Richard van As help Flippie Engelbrecht met sy nuwe robothande.FOTO: LERATO MADUNA/FOTO24

) OnThursday15Augusttheregion-al court in Worcester sentenced Hen-rico Minaar (25) of Môreson to sixyears in prison for robbery and 18years for rape. He was found guiltyof raping a 14-year-old girl in 2009 atRoodehoogte. The investigator,Const. W. Fourie of the Family Vio-lence, Child Protection and SexualOffences (FCS) Unit in Worcester,worked hard to have Minaar convict-ed. The FCS unit says it will striveto do everything in its power to stopthis violent action towards womenand vulnerable children.) Die Robertson-polisie waarskuplaaslike motoriste om geen waarde-volle items in hul motors te laat nie,al is dit ook net vir ’n kort ruk. Kapt.Marchel Klaasten, woordvoerdervan die Robertson-polisie, sê hullevermoed ’n sindikaat wat toeganghet tot ’n afstandbeheerder wat mo-tors kan oopsluit, doen tans die ron-de by veral die R62-inkopiesentrumby Piet Retiefstraat. Hy verduidelikdat daar sedert die begin van Augus-tus ’n drastiese toename in diefstaluit motorvoertuie is.) Die Robertson-polisie se misdaad-voorkomingseenheid het Saterdag24 Augustus om 19:00 beslag gelê op6,5 kg dagga by ’n perseel in Nkqube-la, nadat wenke en inligting van diegemeenskap ontvang is. Die dagga is

gevind in ’n wegsteekplek onder diebed. Kapt. Marchel Klaasten, woord-voerdervandieRobertson-polisie, sêdaar is die vorige week beslag gelêop 28 stoppe dagga by dieselfde per-seel. ’n Man (21), oorspronklik vanMtata, is in hegtenis geneem. Die po-lisie bedank die lede van die publiekvir hul hulp.

Ao. Enrico Naudé met die 6,5 kg-dagga-vondswaarop hulle in Nkqubela beslag ge-lê het.

BREËRIVIER BEARINGS: Die amptelike opening van Breërivier Bearings is op 2 September in Van Reenenstraat,Robertson. Breërivier Bearings is trots om alleenagente in die omgewing te wees vir Rocol Lubricants, RamAutomotive v-bande, industriële Good Year v-bande asook Tente-trolliewiele. Breërivier Bearings bied diensvan hoë gehalte, uitstekende produkte en bekostigbare pryse. Bel gerus vir Graham Scheepers by023 626 5520 vir meer inligting.

Page 5: Breederivier gazette 27 aug 2013

Breederivier GazetteGeneral - AlgemeenDinsdag 27 Augustus 2013 5

Kitaarhelde kuier indie LangebergSes Snare sal op Woensdag 4 September op-tree by die Janeza-plaasteater tussen Robert-son en Bonnievale.

Ses Snare bestaan uit ses gesoute musikan-te:BlackieSwart,PieterSmith,MDGreyling,Thean Kotze, Peter Hoven en Leon Ecroig-nard. Elkeen het al in eie reg vir homself askitaarspeler of sanger naam gemaak. Ou tref-fers soos Somebody to love van Queen, SevenBridges Road van The Eagles, Play me vanNeil Diamond,RingofFirevan Johnny Cash,SanFrancisco Bay Blues van Eric Clapton en’n interessante verwerking van Bob Marleyse Is This Love is op die spyskaart.

Kaartjies kos R195 per persoon. Bespre-kings kan gedoen word by [email protected] by 082 978 7020. Besoek www.janeza.co.zavir aanwysings.

Ses Snare tree op 4 September by Janeza op.

Ontmoet RiaanMoutonHoe lank woonjy reeds hier opRobertson?

Dis nou driejaar.Wat dink jy

van Robertsonse mense?

Die mense iswarm, vriendeliken tegemoetko-mend.Hoekom het

julle julle op Robertson gevestig?Ons het gesoek na ’n kleinerige besigheid

in die rustigheid van die platteland.Watis joubesigheidsenaamenwatbied

julle aan?Peckers. Ons verkoop skryfbehoeftes en

kunstoebehore en bedryf ook ’n koffiewinkel.Wie sal jy graag vir ete wil nooi?My vrou, Florence.Wat is jou stokperdjies?Ek speel graag tennis en gholf en geniet ook

sport op televisie.

Riaan Mouton van Peckers

Meet a localMeet a local

Bly te kenneBly te kenne

Page 6: Breederivier gazette 27 aug 2013

Breederivier Gazette General - Algemeen Dinsdag 27 Augustus 20136

Montagu-kelders kraaikoning met jongwyneDie Klein Karoo-streeksjongwynskou seuitslae is op 20 Augustus by Joubert-Tra-dauw bekend gemaak en 2013 se jongwynehet weereens nie teleurgestel nie.

Die kampioen-koöperatiewe kelder by dieKlein Karoo Jongwynskou 2013 is MontaguWynkelder met die reserwekampioenwyn(kampioen-muskaatversterkte wyn) en diekampioen-droë witwyn (kampioen-cheninblanc).Die reserwekampioen-koöperatiewe kelder

is Montagu Wine & Spirits Company met diekampioen-cabernet sauvignon wat gedeelword met die kampioen-privaatkelder, Bo-

plaas Family Vineyards. Boplaas het ook diegroot kampioenwyn (kampioen-nie-muskaat-versterktewyn), diekampioen-natuurlike soettafelwynendiekampioen-sauvignonblanc (re-serwekampioen-droë witwyn) opgelewer.Die kampioen-droë rooiwyn (’n touriganaci-

onal),diekampioen-shiraz,diekampioen-rubycabernet en die kampioen-chardonnay is deurDe Krans Wynkelder, die reserwekampioen-privaatkelder, ingeskryf.Ladismith Kelder (SKW) het die kampioen-

merlot en kampioen-pinotage opgelewer.Vindmeer uit oor die streek en sywyne deur

diewebwerfwww.kleinkaroowines.co.za tebe-soek.

Die verteenwoordigers van die wenkelders is (van links) Sonny Malan (Montagu Kelder), Chris Crafford (MontaguWine & Spirits Co.), Aldert Nieuwoudt (Montagu Kelder), Margaux Nel (Boplaas Family Vineyards), LouisNel (De Krans Kelder), Stroebel Nel (De Krans Kelder) en Ferdi Smit (Ladismith Kelder (SKW)).

Club Activ vier een jaarNá ’n jaar se swoeg,sweet en oefen is ClubActiv steeds ’n onder-neming om mee reke-ning te hou.Dié gewilde gimnasi-

um in Robertson vierin Augustus sy eerstebestaansjaar.Die eienaars, Done-

sio (Danny) Davids enHeinrich Vermeulen,sêClubActiv is ’n “eer-steklas fasiliteit” mettopgehalte-oefenma-sjiene, maar bekostig-baar vir die man opstraat.Die twee manne ver-

duidelik dat hulle ’ngimnasium wou oop-maak wat loshande kan kompeteer met be-kende handelsmerke, maar nie ’n plaas seprys kos nie. Dit is wat Davids en Vermeulenreggekry het deur die swembad en saunas uitdie prentjie te haal en bloot te fokus op diefiksheid en gesondheid van kliënte.Die klasse wat Club Activ aanbied is onder

meer Pilates, Joga, Spinning en Steps. Daaris geen ekstra heffing om klasse by te woonnie enword ingesluit by diemaandelikse hef-fing.DietweepersoonlikeinstrukteursvanClub

Activ, is tans besig om geakkrediteerde kur-susse te voltooi in die klasse wat hulle aan-bied.Die opleiding word geborg deur Club Activ

om die besigheid sodoende ’n aktiewe rolspe-

ler in werkskepping in Robertson te maak.DietweeeienaarssetoekomsplannevirClub

Activ is alles behalwe klein en hulle wil tansnog ’n tak oopmaak en eendag landwyd bekos-tigbare gimnasiums besit.Club Activ beoog om langtermynverhou-

dingsmetkliënteoptebouenhulleaantespoorom vol te hou met voorgestelde oefen- en eet-planne.ClubActiv isookbetrokkebyplaaslikesportsterre deur borgskappe. ClubActiv is oopvan Maandae tot Vrydae van 05:00 tot 21:00 enop Saterdae, Sondae en openbare vakansiedaevan 07:00 tot 16:00.Vanaf 1 September is ’n 12 maande-kontrak

R169,95 per maand.Vir meer inligting, bel Club Activ by

023 626 4706.

Die personeel van Club Aciv is (van links) Donesio (Danny) Davids (mede-eienaar), Ryall Neethling (persoonlikeinstrukteur), Craig Arends (algemene assistent), Michael Januarie (persoonlike assistent), Heinrich Vermeulen(mede-eienaar), Lee-Ann September (skoonmaker) en Daniel (Danny) Pietersen (verkope).

Club Activ lyk so aan die binnekant.

Page 7: Breederivier gazette 27 aug 2013

Breederivier GazetteGeneral - AlgemeenDinsdag 27 Augustus 2013 7

Retief-neefs vereer vir bydraeDie vier Retief-neefs agterdie alombekende Four Cou-sins-handelsmerk –Hennie,Bussell, Phillip enNeil – hetby die Robertson Jongwyn-skou-toekenningsgeleent-heid die Pon van Zyl-trofeeontvangvirdieonontbeerli-ke bydrae wat hulle ter be-vordering vanRobertson as’n wynstreek lewer.

Van Loveren se intensiewebemarkingstrategie, sowel asdieverskillendeaktiwiteiteopdie plaas, lok jaarliks duisen-deplaaslike en internasionaletoeriste enwyn-entoesiastenadie plaas en tegelykertyd ookna die Robertsonvallei.Die gesogte trofee is 26 jaar gelede

deurPonvanZyl,destydsebestuurdervan die Robertson Wynkelder, inge-stel en die eerste keer aan Danie deWet van De Wetshof oorhandig.

“Die Robertsonvallei met sy vrug-bare grond en lewegewende Breederi-vier, maar ook sy hardwerkende engasvrye mense, bied al vir generasies’n heenkome én inkomste aan die Re-

tief-familie op Van Loveren – enhiervoor is ons dankbaar,” sêPhillip Retief, Van Loveren seuitvoerende hoof.“Diewynbedryf is ’n uitdagen-

de bedryf met fel kompetisie,maar deur innoverende vernu-wing, gedryf deur ’n toegewydespan,blyVanLoveren ’ngewildekeuse onder wynliefhebbers.”DieRetiefs isnienetSuid-Afri-

ka se grootste privaat produsentin diewynbedryf nie,maar besitook die bekende handelsmerkFour Cousins – die land se besteverkoper van alle glasbottel-handelsmerke.Hul ander bekende handels-

merke sluit in Van Loveren,ChristinaVanLoveren, Tangled

Tree, Five’s Reserve en Papillon.Dié vier neefs is verlede jaar ook ge-

samentlik aangewys as die Landbou-skrywers SA (Wes-Kaap) se Boer vandie Jaar.

Bussell, Phillip, Neil en Hennie Retief van Four Cousins metdie Pon van Zyl-trofee.

Kinderhuis sê dankieDALEEN FOUCHÉ

DieHerbergKinderhuishet tydenshuljaarvergadering op Woensdag 15 Au-gustus ook ’n donateursfunksie by dieNG gemeente Robertson-Oos gehou.Donateurs het van so ver asWorces-

ter,VilliersdorpenselfsHeidelbergge-reis om die funksie by te woon.Gaste is bederf met heerlike sop en

brood terwyl die kinders van die Her-bergKinderhuis konsert gehouhet virhul donateurs.Petro Uren, bemarker van die kin-

derhuis, sê die meeste gaste het ’ntraantjie gepink toe die twee inwonersvan die Herberg wat tans in matriekis, vertel het watter impak die kinder-huis op hulle lewe gehad het.Driedonateurshetookverteloorhoe

hulle ’n bydrae lewer om die kinder-huis, die personeel en die inwoners teondersteun.Adriana Albertyn, voorsitter van

die Herberg se beheerliggaam, het diejaarverslag sowel as die finansiële sy-fers voorgelê waarin ’n oorsig oor diekinderhuis gegee is.

Petro Uren van die Herberg Kinderhuis, Tobie van Rooyenen Johanna Malherbe van die NG gemeente Villiersdorphet die jaarvergadering bygewoon.

Alet Bruwer van Springfieldhet die donateurs meer ver-tel vandie Thunderchild-pro-jek waar wyn onder dié etiketse fondse aan die HerbergKinderhuis gaan.

Louise Abrahams van die Herberg Kinderhuis is hier saammet Hester Conradie en Elmien van Deventer.

Kleuters vandieHerbergKin-derhuis het konsert gehou virdie donateurs en personeelvan die kinderhuis tydensdie donateursfunksie.

Page 8: Breederivier gazette 27 aug 2013

Breederivier Gazette People - Mense Dinsdag 27 Augustus 20138

Robertson inmatesdo community workParticipants in The Presi-dent’s Awards programme(TPA) from the Robertson Cor-rectionalCentreassistedtwen-ty TPA participants from theNetherlands in communityprojects at the Herberg Chil-dren’sHomeandtheSchoonge-zichtChildCareCentre inRob-ertson from 4 to 11 August.

The President’s Award, foryouth empowerment, is a fullmember of The Duke of Edin-

burgh’s International AwardFoundation, which is a recog-nised organisation in over 140countries.The Robertson Correctional

Centre is proud to have offenderswho are enrolled as participantsin The President’s Award pro-gramme.Through this programme, of-

fenders are encouraged to lead apurposeful life and not to enrichonly themselves, but the commu-nity as well.

Kobus Swart, TPA Award leader at the Robertson Correctional Centre, is photo-graphed here with the award leader and participants from the Netherlands.

Matrieksspog metuitrustingsOp13Augustushetdiematriekmode-paradevandieHoërskoolMontaguindie skoolsaal plaasgevind. Tydenshierdie spoggerige geleentheid krydie gr. 12-leerlinge kans om hul defti-ge matriekafskeid-uitrustings te ver-toon.Hierdiegeleentheidhetdieafge-lope paar jaar baie gewild geraak ensoos gewoonlik was kaartjies lankvoordie tydreedsuitverkoop.Terwyldie gr. 12’shul spoggerigeuitrustingsvertoonhet, het trotse ouers se kame-ras aanhoudend geflits. Ná die tyd isgesellig rondom die tafels gekuier.Die aand is deur Ina van Heerden endie gr. 8-ouers gereël en was weereens ’n reusesukses.

Talita Myburg en Christoff Brand Raynard de Kock en Hannelie Zulch Danel Dreyer en Herman le Roux

Odelia Mills en Rudolf Snyman Hermoney Williams en Pieter Booysen

Page 9: Breederivier gazette 27 aug 2013

Breederivier GazetteGeneral - AlgemeenDinsdag 27 Augustus 2013 9

OndersteunLoslitdagLoslitdag vind vanjaar op Vrydag 6 Sep-temberplaas.Dietemais“Doenditgroot”.

Kry vir jou ’n plakker of tien, of trek virjou ’n groot baadjie aan, of ’n groot hoed, of’n groot broek, of ’n groot snor. Suid-Afrika-ners se individuele bydraes van R10 per plak-ker maak ’n groot verskil in die lewens vanmense met gestremdhede.Diegeld wat ingesamelwordgaanaanorga-

nisasies wat werk met mense met gestremd-hede.Vir meer inligting oor Loslitdag of om ’n

bydrae te lewer, bel Loslitdag se kantoor by011 609 7006 of besoek die webtuiste bywww.casualday.co.za.

Mej. SA, Marilyn Ramos, ondersteun Loslitdag. Syis hier saammet Toro Poen, ’n leerling van ’n leersen-trum wat baat by die Loslitdag-insameling.

CARING FOR COMMUNITY: Nedbank Robertson re-cently donated blankets to the Bram Care Centrein Ashton. “The Bram Care Centre is doing excellentwork and we felt that we wanted to support themas well. They have 16 beds at the centre and mostof the time they are fully booked. They take careof these patients day and night,” says Cecile Burger,branch manager of Nedbank Robertson. From theleft are Cecile Burger (branch manager, NedbankRobertson), Pam Verrall (administrator of the BramCare Centre), Francis Eksteen (nurse, first in com-mand) and Gilda Curran (banker, Small BusinessServices Nedbank Robertson).

MAGICAL MUSIC: The Robertson Literary Societypresents “Exploring the World of the Piano Trio”, per-formedby the Ewens triowithShaneMundell (piano),Barbara Ewens (violin) and Phil Ewens (viola). Theirprogramme includesmusic byHandel, Rachmaninov,Haydn, Franck, Bridge and Fauré. They will performin the Robertson Town Hall on Monday 2 Septemberat 19:00. Donations can be made at the door.

Page 10: Breederivier gazette 27 aug 2013

Breederivier Gazette General - Algemeen Dinsdag 27 Augustus 201310

FAMILIE-KENNISGEWINGS

FAMILYNOTICES

07

Gelukwensing

Congratulations

PAULSENCHANDRéVeels geluk met jouverjaarsdag. Mag die Herejou vele jare spaar en datdaar nog vele verjaarsdaesal wees.Van almal watjou liefhet. Daniëlle, Andy(Mr. Lonely), Sashin,Nevonique en Nevlynn.RAAIWIE VERJAAR28/08/2013?

CARELSE ELLAAan die wonderlikste mavan my, baie geluk metMammie se verjaarsdag.mag dit ‘n geseënde enbesonderse dag wees.Mammie, jy's mysuperster, en skuil by dieHere. Want Hy is jou an-ker. Mammie, jy's soos ’nhen haar kuikens beskerm,en altyd daar vir ons. Jouwaarde is ver bo korale,woorde is te min om dan-kie te sê vir die wat jy inons lewe beteken. Van:Mercia, Dennis, broers ensusters, kleinkinders enagterkleinkinders.

08

Sterfgevalle

Death Notices

KRIEL JOEYMet hartseer in ons harteneem ons afskeid vanoumsie. Die gemis isgroot. Van:Alta & Jeremy,Irma & Wimpie, JB &Nicolene en ouma se6 kleinkinders.

TEKOOPFORSALE

73

Diere en Voëls

Pets and Livestock

JACK Russel hondjies tekoop.Skakel 076 818 2266.

ALGEMENEDIENSTEGENERALSERVICES

1141

Algemene

Dienste

General Services

3513

JF

41C

68

3513

JF

41C

66

3513

JF

41C

67

KOM geniet die avontuuren ontspanning van perdryby die Robertson Ry-skool.* Ons bied verskei-denheid van rylesse virkinders en grootmense virbeginners en ervare rui-ters *Outrides tussen diewingerde en langs dieBreërivier * Wynproë op‘n perd se rug of met diewaentjie by Majors Hill enSpringfield. *Perdrykampe vir kindersgedurende skoolvakansies* Mini kommando’s opSaterdae*Kinderpartytjies. Skakelons gerus by 072 291 7631of 082 402 7088.RIETDAK dekker. Virmeer as 30 jaar ondervin-ding. Skakel 079 545 3806(Mcgregor).

OPLEIDING: ’n Rekordgetal mense het verlede week die internasionaal erkende Signia Spuitoperateurskursusop 22Augustus bygewoon. Die kursus, aangebied deur Bemchem, is gehou by die skoulosie op die Robertson-skouterrein. Altesaam 120 plaaslike operateurs het dit bygewoon.

So hittete vir VillagersNORMAN EVERSTON

DieMontagu-rugbyvoetbalklub het Sater-dag 24 Augustus sy posisie boaan die pun-teleer in die Eersteliga Breërivier-afde-ling verstewig toe hy Growing Stars vanMcGregor met 26-18 geklop het.Die rustydtelling was 21-6 in Montagu,

die tuisspan, se guns. Die tuisspan se pun-te indie eerstehelftehet gekomvan ’ndoel(7), ’n drie (5) en drie strafdoele (9) vir ’neerstehelfte-totaalvan21punte.Diebesoe-kers het geantwoord met twee strafdoele(6). In die tweede helfte het die span vanMcGregorbetergespeel en12punteaange-teken. Dit het ingesluit ’n verdoelde straf-drie (7) en ’n drie (5).Die strafdrie is toegeken na herhaalde

oortredings by die dryfmaal-bewegingsdeur die tuisspan wat stoom verloor hetin die tweede helfte. Hulle kon slegs vyfpunte (’ndrie) indiéhelfte aanteken.Mon-tagu, wat tans die pas aangee in die liga,het nou 63 puntemet Growing Stars in dietweede plek met 59 punte.

) Saterdag 3 Augustus klop VillagersMontagu vir Bella Vista van Ceres op hultuisveld in ’n spannende rugbywedstrydvan die Superliga-Oos-afdeling met 28-24.Die rustydtelling was 17-16 in Bella Vistase guns. Die Montagu-manne teken eerstepunte aan toe losskakel Emeal Saundersslaag met ’n strafdoel (3-0). Die tuisspan

slaan egter vinnig terugmet ’n onverdoel-de drie (5-3). Na ’n pragstukkie agterlyn-spel deur Villagers rond senter WarrenSwanepoel af met ’n drie agter die doelpa-le. Saunders slaag met die doelskop (10-5).Kort hierna neem Bella Vista die voortoutoe hulle gaan druk en oorskop (12-10).Hierna val die tuisspan verwoed aan enword beloon met nog ’n drie. Hul skopperverbrou egter ’n maklike doelskop vlakvoor die pale (17-10). Saunders sorg intus-sen dat Villagers in die prentjie bly deurnog twee strafdoele deurdie pale jaagvoorrustyd (17-16).In die tweede helfte vergroot BellaVista

hul voorsprong met ’n verdoelde drie nágoeie ondersteunende spel tussen voor- enagterspelers (24-16). Villagers kom met ’ngeweldige aanslag vorendag en steek tweekeerdie tuisspansedoellynoor.Eersdrukvleuel Virgel Pekeur Villagers se tweededrie en kort voor die einde van die wed-stryd gaan kuier Saunders self agter diedoellyn. Hy verdoel slegs een van dié tweedrieë (28-24).

) In ’nvorigestrydhetVillagersMonta-gu op Saterdag 27 Julie, ná ’n ruskans vantwee weke, sy verpligtinge in die Superli-ga-Oos met ’n oorwinning hervat. Hulleverslaan Hamlets van Ceres op Montagumet 26-12. Die rustydtelling was 12-12. Vil-lagers moes egter diep delf om ’n agter-stand van twaalf punte uit te wis.

Page 11: Breederivier gazette 27 aug 2013

Breederivier GazetteSchools - SkoleDinsdag 27 Augustus 2013 11

RUGBYHELD:MerlonOctober, ’nVergesigPrimêr-leer-ling, het op 9 en 10 Augustus die Noord-Boland-rug-byspan op Bredasdorp verteenwoordig. Dit was dieeerste ronde van die o. 12-Boland-proewe. Octoberis ’n kranige vleuel en Vergesig is baie trots op diérugbyspeler.

Montagu-leerlinge presteerDie leerlinge van LaerskoolMontaguwat aan die onlangseWorcester Eisteddfod deelge-neemhet,hetskitterendepres-tasies behaal.Uit 71 inskrywings behaal

drie leerlinge,NienkeStrauss,JaydenKamies en Lia du Ples-sis, medaljes. Sewe leerlingebehaal cum laude-toeken-nings. Altesaam 32 inskry-wings spog met goud, 24 metsilweren5metbrons.Die juni-orkooronder leidingvanElizeThiart sowelasdieseniorkooronder leiding van MadeleneVictor en begeleier Jaco Bees-laar behaal goud.

Hierdie leerlinge het cum laude (90% – 94%) by die Worcester Eisteddfod behaal. Agtervan links is Jacobus Uys, Kyra Conradie, Shanne-Lee Plaatjies en Antjie van Rooyen. Vooris JG van Deventer, Andreas Joubert en Nienke Strauss.

Nienke Strauss, Lia du Plessis en Jay-den Kamies wasmedaljewenners (95%en hoër) by die onlangse WorcesterEisteddfod.

MOOI GETOOI: Die personeel van Robertson Voorbereidingskool het tydens dieJAVA Bergfiets-uitdaging op 10 Augustus by Van Loveren spoggerig gelyk in hul“JAVA Ladies”-uitrustings. Die JAVA-uitdaging is gehou om geld vir die skool inte samel.

Robertson youth produce own filmNine youth partici-pants of The Presi-dent’sAwards (TPA)experienced aunique opportunityrecently to createtheir own film.From 4 – 10 Au-

gust, the local partic-ipants receivedtraining in the firststages of film pro-duction, resulting inthe production oftheir first “short”film.This opportunity

was made possible by a UK-basedfilming company called Films with-out Borders (FWB), whose aim is totrain the youth in the first stages offilm production.

FWB shares an independent asso-ciate partnership with the Duke ofEdinburgh International AwardFoundation. The organisation hasdone film training in Palestine, Isra-

el, Rwanda and now forthe first time in SouthAfrica.Thebest filmselected

from each country willbeenteredintoaninter-national film festival,where the productionteam will accompanytheir film to the festivaland represent theircountry in the Filmswithout Borders cate-goryon theworld stage.What made this op-

portunity so muchmore amazing, is that

four offenders from Robertson Cor-rectional Centre, who are also TPAparticipants, were offered the oppor-tunity to be part of this unique expe-rience.

The participants are (from left) Heinrich Adendorff, Lusanda Mhlungulwana,Robertha Nomdo, Jason Coldi-Cott, Wayne Oliphant, Renaldo Idas, UrsulaCupido and Clive Visser.

RIVERSIDE PRIMÊR TOPS: Die Wes-Kaapse onderwysdepartement se Kaapse Wynland-distrik het Dinsdag 6 Augustus ’n spelkompetisie gehou waartydens die leerlinge teenmekaar meegeding het. Die leerlinge van die intermediêre fase wat by Riverside Primêrgekies is, het al drie sertifikate ontvang. Hier spog ’n trotse Wian Jors (graad 6) metbrons, Anneline Deeman (graad 5) ook met brons en Charmaine Swartbooi (graad4) met goud.

Page 12: Breederivier gazette 27 aug 2013

Breederivier

Year 17 • 27 Augustus 2013 | Tel. 023 626 5212

Kaptein mik virOlimpiese SpeleWilliam Kaptein, ’n talentvolle atleetvan Robertson is onlangs gekies deurElana Meyer om deel te wees van die En-durocad-programwatkan lei tot sydeel-name in die volgende Olimpiese Spele.

Kaptein, die 21-jarige atleet vanDroëheu-wel, is ingeskryf vir die Endurocad-pro-gram en is vir vyf dae intensief en sielkun-dig getoets by die Sport Science Institute byNuweland en Stellenbosch.Die doel van die program is om 40 van die

beste Suid-Afrikaanse atlete te identifiseerwat die potensiaal het om ’n goue medaljete verwerf by die volgende Olimpiese Spelein Rio De Janeiro.Op 25 Julie het Elana Meyer op SABC 2

die eerste atlete wat gekies is vir die pro-gram aangekondig tydens die nuus.Kaptein is een van die atlete, saam met

ChristineKalmer,BlandinaMkahatsi,Lan-di Greyling, Lebo Shange, Lloyd Bosman,

Gladwin Mzazi, Tumisang Monnatlala enEttienne Plaatjies.Kapteinhetalverskeieatletiekprestasies

op sy kerfstok en is onder meer vir drie ag-tereenvolgende jare (2009–2011)dieBoland-kampioen vir landloop o.17 en o.19.Vir dieselfde tydperk was hy die Boland

kampioen vir Padwedlope in die junior af-deling.Kapteinneemooknasionaalen internasi-

onaal deel as deel van die Suid-Afrikaansespanenhet al vele prestasies bereik enwed-lope gewen.Kaptein word tans finansieel ondersteun

deurdieRobertsonAtletiekklubensyafrig-ter, Edward Salies.Salies sê die klub het ook beperkte finan-

sies envra dus enigeenwat kanhelp opwel-ke klein manier om hom te bel op078 812 1069 of 074 469 7810.Salies bedank Club Activ asook die Bree-

derivier Gazette vir hulle betrokkenheid.

William Kap-tein, Droëheu-wel se talent-volle atleet.

Bonnievaler hengel vir SAChristelleOosthuizen, ’nBonnievale-inwoner,is vanjaar vir die derde agtereenvolgende jaargekiesvirdieProteaHengelspanensal inOkto-ber 2013 in Spanje deelneem aan die wêreld-kampioenskap.In 2011 is sy saammet die Protea-span na Ita-

lië en in 2012 na Holland vir die wêreldkampi-oenskapstoernooi, waar sy algeheel derde(bronsmedalje) geëindig het. Christelle het ’npaar insigte oor hengel met dieGazette gedeel.Waar kom jou belangstelling in hengel van-

daan?Ek het op ’n jong ouderdom saam met my

pa, ooms, neefs en oupa vis gevang, vandaardie belangstelling en passie.Op watter ouderdom het jy begin hengel?Ekhengelalvandatek ’nvisstokkonvashou.

Ek het in 2003 by ’n eetvisklub aangesluit enin 2009 by Drostdy-klub en kompeterend beginhengel.Watter hoogtepunte kan jy identifiseer in jou

hengelloopbaan?Definitief 2012 toe ek by die Suid-Afrikaanse

kampioenskappe eerste plek gekry enmy alge-hele posisie in Suid-Afrika oor drie jaar wasook eerste. Ons is na die 2012-toernooi in Hol-land waar ek algeheel derde geëindig het en’n bronsmedalje verower het.Wat was die gevoel in die kamp, en veral in

jóú gemoed,met die aanbreek vandie laaste dagvan die 2012 wêreldkampioenskap in Holland –en jy is in ’n posisie om ’n medalje te ontvangop hengel se grootste verhoog?Ons as span was ongelooflik positief. Ek het

hard gewerk vir die eerste vier dae en het ge-weet as ek net volhou kan ek goed doen. Myspanlede was ongelooflik ondersteunend enons hetmekaar die heeltyd aangemoedig. Elkeoggend het ons as span ons liedjieWackaWac-ka gespeel en vuvuzella geblaas, baie spandrukkies gegee en natuurlik elke oggend onsHemelse Vader gevra om ons te beskerm enHom gedank vir die geleentheid. So, ons wasen ’n span duisend.Wie is/was jou grootstementors in die hengel-

sport?

Sekerlik my pa, ooms en neefs langs die wa-ters. Danmymaenhele familie en vriendewatmy altyd ondersteun en natuurlik die LieweVader wat my hierdie talent gegee het.Kushengel word, veral in die publiek se oë, ge-

sien as ’nmanswêreld.Watter impakhet hierdiesiening op jou sukses gehad?Ja, dit word seker so gesien, maar ek staan

glad nie terug vir die manne nie. As hulle kanswem tot op die voorste bank, dan kan ek ook.Ek is glad nie bang om tussen ’n klompmanneop ’n klein klip te staan nie. Ek het genoeg ver-troue inmyvermoë omook daar ’n vis te haak.Diemannehetgesiendat eknie terugstaannie,en het by ligas glad nie omgegee om my saammet hulle te neem na moeiliker hengel areasnie. So het ek baie by hulle geleer en net verbe-ter.Watter raad sal jy veral aan vroue wat die

hengelsport betree, bied?Stel vir joudoelwitte.Alhoe jyditkanbereik

is om hard te werk, vrae te vra en gebruik dieraad wat vir jou gegee word. Elke keer wat ekdie visstok in my hand het, probeer ek nuwedinge en leer ek nuwe dinge. Dit is ’n fantastie-se sport en jy is so naby aan die natuur en ditis definitief nie net vir die manne nie.

Christelle Oosthuizen

Montagu- en Bonnievale-muurbal op dreef vir liga-eindstrydMontagu enBonnievale sal vandees-week kragte meet in die muurbal-eindstryd vir die tweede liga, nadatdie twee spanne boaan die punteleerin die uitdunronde geëindig het.

In vandeesweek se uitdunrondehet Heidelberg verloor teen Monta-gu met 136 punte teen 160 (6 stelleelk).Maartin Gildenhuys verloor teen

Cobus Stander (0-3), Theodore Gil-denhuys klop LP Stander (3-0), BenCoetzee klop Francois van Deventer(3-0) en Charl Rademan verloor teenMark Hardy (0-3).Swellendamverloor teenMontagu

met 3 potte teenoor 12.Marnitz Steyn verloor teen Cobus

Stander (0 - 3),HermanSwartverloorteenMornèFourie (2 -3),JCSmitver-loor teen LP Stander (1 - 3) en FransBadenhorst verloor teen Mark Har-dy (0 - 3).

In die vorige week het Bredasdorpen Bonnievale gelykop gespeel met8 potte elk en 204 punte elk.RowanRabe verloor teenWilhelm

de Wet (0-3), Jurgen Lesch klop Gus-tav Swanepoel (3-0), Gert van Nie-

kerk klop Jean Aubry (3-2) en LeonBinneman verloor teen NicolaasJonker (2-3).BonnievaleklopHeidelbergmet10

potte teenoor 4.Wilhelm de Wet klop Martin Gel-

denhuys (3-0), Gustav Swanepoelklop Gerhard Groenewald (3-1), Ni-colaasJonkerverloor teenTheodoreGildenhuys (1-3) en JeanAubry klopPieter Janse Geldenhuys (3-0).Montagu klop Bredasdorp met 10

potte teenoor 8.Cobus Stander klop Jurgen Lesch

(3-2),MornèFourieklopRowanRabe(3-2), LP Stander verloor teen Gertvan Niekerk (1-3) en Mark Hardyklop Leon Binneman (3-1).

DieBonnievale-span isWilhelmdeWet, JeanAubry,Nicolaas Jonker enGustavSwanepoelDie Montagu-span is (van links) Cobus Stander, LP Stander, Mark Hardy en MornèFourie.