Breederivier gazette 10 dec 2013

12
Só moet ons voortbou HILDERINE SCHRÖDER Nobelprys-wenner, leier, vry- heidsvegter en een van die wê- reld se grootste ikone. Die nalatenskap van oudpresi- dent Nelson Rolihlahla Mandela is een wat nie maklik geëwenaar sal word nie. Sedert sy dood verlede Donder- dag (5 Desember) in die rype ouder- dom van 95 is Madiba se naam en bydrae tot die Suid-Afrikaanse ge- skiedenis wêreldwyd ’n bespre- kingspunt. Terwyl die land gereed maak vir wat waarskynlik een van die groot- ste begrafnisse in die wêreldgeskie- denis gaan wees, word daar ook in die Langeberg gedink aan ’n toe- koms sonder die man wat dikwels as die land se morele kompas be- skryf is. Die heel grootste geskenk wat Madiba gelaat het, sê past. Livings- tone Ngunda, was die eenheid wat hy bewerkstellig het. “Madiba het die land verenig. Nou is dit ons beurt om daarop voort te bou deur wedersydse respek. Dit is ons plig om saam te werk om die nasie te verenig.” Dít word deur ds. Walter van Eck van die Robertson VGK beaam. “Hy het baie dinge gedoen, maar dít staan uit bo alles. Ons moet almal, ieder en elk, in sy spore volg, anders gaan dit chaos wees in die land,” sê hy. “Ons het ’n groot man verloor. Hy het reggekry waaroor baie net praat. Hy is sinoniem met vergifnis en geregtigheid. Hy het ’n verskil gemaak.” Vanuit ’n opvoedkundige oog- punt, sê dr. Adriaan Landman, hoof van die Langeberg Sekondêre Skool, is dit veral Madiba se uit- sprake ten opsigte van onderrig waarop daar voortgebou moet word. “Sy uitsprake dat ’n land geken word aan die wyse hoe hy sy kin- ders opvoed en dat opvoeding die enigste manier is om kinders uit ar- moede te bevry staan veral uit,” sê Landman. “Dit is veral nou belang- rik dat mense hierop voortbou en onstuitbaar sal veg vir hoë kwali- teit onderwys.” As elkeen in Suid-Afrika Madiba se voorbeeld nastreef en uitleef, kan die toekoms net mooi wees, meen Hein Gonzales, hoof van die Hoërskool Robertson. “Almal weet kinders het hom na aan die hart ge- lê en hy het in die openbaar baie duidelik gewys dat kinders die toe- koms van die land is en daar mooi vir hulle gesorg moet word. Dít is iets wat in die onderwys ook gedoen moet word,” sê hy. ’n Goeie voorbeeld wat Madiba gestel het, sê ds. Marius Joubert van die Robertson Moedergemeen- te, is die vermoë om nee te kon sê vir nog ’n tydperk van mag. “Hy is die enigste Afrikaleier wat nog ooit nee gesê het vir nog ’n regeringster- myn. Hy het die rede belangriker as homself geag,” sê hy. “Hy is vir almal ’n voorbeeld dat ’n mens moet leef vir iets groter as homself en só weg te kyk van homself na ander mense om só sy roeping te vervul.” Die Langeberg Munisipaliteit het in ’n persverklaring sy diepste mee- gevoel met wyle Mandela se familie en vriende betuig. Intussen is daar vyf lokale in die Langeberg munisipale area waar Valleiers hulde aan Madiba kan gaan betoon. Dit sluit in die Chris van Zyl-saal in Bonnievale, die Ash- ton Stadsaal, die McGregor munisi- pale kantore, die Willem Thys-saal in Montagu en die Robertson Stad- saal. Die lokale sal vir tien dae van 08:00 tot 18:00 oop wees vir die pu- bliek. Dit sal egter gesluit wees ge- durende Madiba se roudiens en sy staatsbegrafnis. Vyf lokale is in die Langeberg munisipale area beskikbaar waar Valleiers hulde aan wyle Nelson Mandela kan bring. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

description

Breederivier gazette 10 dec 2013

Transcript of Breederivier gazette 10 dec 2013

Page 1: Breederivier gazette 10 dec 2013

Só moet ons voortbouHILDERINE SCHRÖDER

Nobelprys-wenner, leier, vry-heidsvegter en een van die wê-reld se grootste ikone.

Die nalatenskap van oudpresi-dent Nelson Rolihlahla Mandela iseen wat nie maklik geëwenaar salword nie.

Sedert sy dood verlede Donder-dag (5 Desember) in die rype ouder-dom van 95 is Madiba se naam enbydrae tot die Suid-Afrikaanse ge-skiedenis wêreldwyd ’n bespre-kingspunt.

Terwyl die land gereed maak virwat waarskynlik een van die groot-ste begrafnisse indiewêreldgeskie-denis gaan wees, word daar ook indie Langeberg gedink aan ’n toe-koms sonder die man wat dikwelsas die land se morele kompas be-skryf is.

Die heel grootste geskenk watMadiba gelaat het, sê past. Livings-tone Ngunda, was die eenheid wathy bewerkstellig het. “Madiba hetdie land verenig. Nou is dit onsbeurt om daarop voort te bou deurwedersydse respek. Dit is ons pligom saam te werk om die nasie teverenig.”

Dít word deur ds. Walter van EckvandieRobertsonVGKbeaam.“Hyhet baie dinge gedoen, maar dítstaan uit bo alles. Ons moet almal,iederenelk, insysporevolg,andersgaan dit chaos wees in die land,” sêhy. “Ons het ’n groot man verloor.Hy het reggekry waaroor baie netpraat.Hy is sinoniemmet vergifnis

en geregtigheid. Hy het ’n verskilgemaak.”

Vanuit ’n opvoedkundige oog-punt, sêdr.AdriaanLandman,hoofvan die Langeberg SekondêreSkool, is dit veral Madiba se uit-

sprake ten opsigte van onderrigwaarop daar voortgebou moetword.

“Sy uitsprake dat ’n land gekenword aan die wyse hoe hy sy kin-ders opvoed en dat opvoeding die

enigstemanier is omkindersuit ar-moede te bevry staan veral uit,” sêLandman. “Dit is veral nou belang-rik dat mense hierop voortbou enonstuitbaar sal veg vir hoë kwali-teit onderwys.”

As elkeen in Suid-Afrika Madibase voorbeeld nastreef en uitleef,kan die toekoms net mooi wees,meen Hein Gonzales, hoof van dieHoërskool Robertson. “Almal weetkinders het hom na aan die hart ge-lê en hy het in die openbaar baieduidelik gewys dat kinders die toe-koms van die land is en daar mooivir hulle gesorg moet word. Dít isietswat indieonderwysookgedoenmoet word,” sê hy.

’n Goeie voorbeeld wat Madibagestel het, sê ds. Marius Joubertvan die Robertson Moedergemeen-te, is die vermoë om nee te kon sêvir nog ’n tydperk van mag. “Hy isdie enigste Afrikaleier wat nog ooitnee gesêhet virnog ’n regeringster-myn. Hy het die rede belangrikeras homself geag,” sê hy. “Hy is viralmal ’nvoorbeelddat ’nmensmoetleef vir iets groter as homself en sóweg te kyk van homself na andermense om só sy roeping te vervul.”

DieLangebergMunisipaliteithetin ’npersverklaringsydiepstemee-gevoelmetwyleMandela se familieen vriende betuig.

Intussen is daar vyf lokale in dieLangeberg munisipale area waarValleiers hulde aan Madiba kangaan betoon. Dit sluit in die ChrisvanZyl-saal inBonnievale,dieAsh-tonStadsaal, dieMcGregormunisi-pale kantore, die Willem Thys-saalin Montagu en die Robertson Stad-saal. Die lokale sal vir tien dae van08:00 tot 18:00 oop wees vir die pu-bliek. Dit sal egter gesluit wees ge-durende Madiba se roudiens en systaatsbegrafnis.

Vyf lokale is in die Langeberg munisipale area beskikbaar waar Valleiers hulde aan wyle Nelson Mandela kan bring.FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Page 2: Breederivier gazette 10 dec 2013

Breederivier Gazette News - Nuus Dinsdag 10 Desember 20132

Só sal hulle Madiba onthouHILDERINE SCHRÖDER

Madiba is dood.Die nuus dat een van die wêreld se grootste

ikone, Nelson Rolihlahla Mandela, Donder-dagaand 5 Desember in die ouderdom van 95

oorlede is, was Vrydag die groot besprekings-punt onder Valleiers – net soos in die res vandie land en die wêreld.DieGazette het met ’n handjievol mense ge-

praat omtehoorwathullevanMadiba sal ont-hou.

Hy onthou nog die een jaar wat hy met een van Madibase verjaardae koek geëet het by Nelson Madela House,sê Hendrik Volstoom. “Daar was ’n stukkie vir elkeenwat daar was. Ek het baie simpatie met sy familie.” Hysal die oudpresident veral vir sy ongelooflike toesprakeonthou, voeg hy by. FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER

“Hy het ’n goeie pad geloop. Dis nie hoe enigeenwou hê dit moet eindig nie, maar dit moes eenof ander tyd ten einde loop,” sê Johannes Rossouw.“Hy het baie beteken vir die land in die tyd wathy iets kon doen en daarvoor sal hy altyd onthouword. Mens kan nou net hoop dat jongmense daar-die spore wat hy getrap het, sal volg.”

Die nuus dat Madiba dood is het haar geweldig geskok,selfs al het sy dit ’n geruime tyd al verwag. “Ek hetnie gedink sy dood sal my so ruk nie,” sê sy. “Ek hetin die tagtigerjare grootgeword en dit was ’n groot voorregom só ’n persoon te kon ken. ’n Mens kan net hoopdat sy drome vir die land nie vertrap word nie, anderswas alles wat hy al die jare gedoen het, verniet.”

Madiba, sê MC Marshall, was ’n legende. “Ek is tejonk om die apartheidsjare te onthou, maar ek kanwel sê dat dinge ná 1994 baie beter was. My innigemeegevoel gaan aan sy familie en vriende.”

Inge Siljeur (links) en Chanté Conradie, saam met klein Chantell, sê die nuus van Madiba se dood isbaie hartseer. “Ek het gedink hy sal nog vir oulaas tyd saam met sy gesin hê, maar God het anders besluiten hom kom haal,” sê Inge. Chanté sê sy sal veral onthou hoe baie Madiba omgegee het vir kindersen hoe hy vir die land geveg het.

“Die nasie het ’n pa verloor,” sê Natasha Jansen. “’nMens kan net hoop dat die huidige regering sal voort-gaan soos wat Madiba was. Ek sal hom mis, hy was’n groot ikoon. Madiba is weggevat van ons, maar hysal in ons harte voortleef.”

Die oudpresident se dood is hartseer, selfs al het ’nmens dit eintlik ’n ruk lank al verwag, sê Dawie Cloete.“Hy sou van ons verwag het om voort te bou op dítwat hy vir ons gelos het.” Hy sal Madiba veral onthouvir iets wat hy in een van sy toesprake gesê het, datselfs ’n goeie leier steeds elke dag iets kan leer. “Dithet baie van hom as mens gesê.”

“Hy was ’n goeie president wat regtig omgegee hetvir die land en sy mense,” sê Élene Steenkamp. “Na-tuurlik sal hy veral onthou word vir sy toesprake.”

Page 3: Breederivier gazette 10 dec 2013

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 10 Desember 2013 3

Papenfus moet in hof getuigHILDERINE SCHRÖDER

Die verdediging se poging omhaar te dagvaar om in die saakteenWilhelmTreurnichttegetuigis ’n doelbewuste taktiese pogingom haar van Flippie Engebrechtte vervreem.

Só sê Carina Papenfus, sekretarisvan die Freedom Trust en Engel-brecht (19) se regsadviseur, ná ditverlede week aan die lig gekom hetdat die verdediging beoog om haaras getuie te roep.

Volgens Papenfus sal enige inlig-ting waaroor sy beskik neerkom ophoorsê. “Enige redelike persoon salook besef dat ek ’n vyandige getuiesal wees en enige getuienis wat ek le-wer slegs hul saak sal skaad.”

Papenfus hou vol sy het geen inlig-ting wat vir die verdediging van nutkan wees nie. Treurnicht se regspanhet egter verlede Woensdag (4 De-sember) gesê uit ’n video wat Papen-

fus vroeër vanjaar op YouTube ge-laai het, is dit duidelik dat sy wel oorinligting beskik wat betrekking hetop die saak.

Hiéroor sê Papenfus sy het sélf dieinhoudvandievideoeersdiedagvanhaar eerste ontmoeting met Engel-brecht gehoor.

Papenfus sowel as Engelbrechtwas afwesig met Treurnicht se ver-skyning in die Worcester-streekhof.

Die langverwagte verhoor isweens verskeie redes tot aanstaandejaar uitgestel.

’n Vol program in die hooggeregs-hof het onder meer daartoe gelei datdieaanklaerindiesaak,adv.MonreyJulies, wesenlike inligting eers in ’nlaat stadium tot die verdediging sebeskikking kon stel. Dit sluit in diemoontlike wysiging van die aanklagvan aanranding met die opset omernstig tebeseerendiemoontlikheiddat ’n tweede soortgelyke aanklagtegeskrap gaan word.

Die verdediging het die staat ver-

soek om aan te dui of enige mediesedeskundiges getuienis gaan lewer ófmediese verslae as bewysstukkevoorgelê gaan word. Indien wel, isversoek, moet hy tydig hiervan ver-wittig word.

Die staat sal ook moet aandui ofEngelbrecht se beserings die gevolgwas van sy beweerde aanranding in2008 op die Rietvallei Wynlandgoed.In die video wat destyds soos ’n veld-brand versprei het, word beweer datEngelbrecht breinskade as gevolgvan die voorval opgedoen het en se-dertdienepileptieseaanvallekry.Hyhet ook blind geword en sy handeverloor toe hy tydens ’n epileptieseaanval in ’n konka geval het.

Treurnicht, bestuurder van Riet-vallei, staan alleen op die aanklagtetereg ná sy medebeskuldigde,JohnnyBurger,dieeienaarvanRiet-vallei, in September sy eie lewe ge-neem het.

Papenfus was in Oktober vanjaarfel indiekollignáEngelbrechtsema,

Katriena, haar daarvan beskuldighet dat sy hom ontvoer het en weierdat sy ouers hom sien. Papenfus hetdit ontken en gesê hy is vir sy eie vei-

ligheid uit hul sorg geneem.Streeklanddros Ken Peters het die

saak tot 3 en 4 April uitgestel vir ver-hoor.

Wilhelm Treurnicht (in die gestreepte hemp) verlaat die hofgebou in Worcester ná syverhoor verlede week tot aanstaande jaar uitgestel is. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

DBV sien ‘afgryslike’ gevalleHILDERINE SCHRÖDER

Skaars ’n maand ná ’n honde-eienaar vanRobertson beboet is ná hy aan dieremis-handeling skuldig bevind is, het nog tweesake van dieremishandeling personeel bydie Wynland-dierebeskermingsverening(DBV) geruk.

In die eerste hiervan het die eienaar van’n hond ’n ernstige waarskuwing gekry náhy sy hond volgens die DBV in ’n “afgrysli-ke” toestand daar aangebring het.

Die hond, Tessa, was brandmaer en het’n ernstige infeksie in haar bek gehad.“Haar hele gesig was opgeswel van die in-feksie terwyl haar oë ingesonke was as ge-volg van erge ontwatering,” sê Lesley Be-viss-Challinor, ’n inspekteur by die Wyn-land DBV.

Die eienaar, van Ashbury, hetaan haar gesê dat hy slegs ’n dagvoor hy Tessa na die DBV gebringhet, opgemerkhet sy is siek, sêBe-viss-Challinor. “Dan het hy noggesêhyhet haar behandel enallesin sy vermoë gedoen om haar be-ter te maak.”

Uit die hond se toestand is ditduidelik dat sy nooit na ’n veeartsgeneem is nie, sê Beviss-Challi-nor. “Boonop het die eienaar ingeen stadium bydie DBVomhulpaangeklop nie. Die hond moes dielaaste paar dae van haar lewe on-gelooflik gely het.”

Tessa was so swak en siek datsy uitgesit moes word.

In nog ’n voorval moes ’n piep-klein katjie uitgesit word ná hy

verlam in sy agterlyf geraak het.Die DBV het ’n oproep van ’n plaaseie-

naarontvangwatversoekhetdatdiekatjieop sy plaas, sowat 27 km buite die dorp, op-gelaai moes word.

Op ’n vraag van die DBV of daar ’nmoontlikheid is dat die diertjie nader aandie dorp gebring kan word, het die eienaargesê dat hy nie bereid is om geld te morsnie en eerder die katjie sal skiet.

Hieroor is Bevis-Challinor woedend.“Gee dit iemand ’n gevoel van mag om ’nhulpelose katjie van 500 g te skiet of is dit’n manier om die personeel van die DBVte dwing om op te tree?”

Uiteindelik het die DBV die katjie op dieplaas gaan haal. Die dier se beserings wasvan só aard dat hy uitgesit moes word.

Dié hond, wat aan ’n inwoner van Ashbury behoort het,moes deur die plaaslike DBV uitgesit word ná sy in wat dieDBV ’n afgryslike toestand noem daar aangebring is.

FOTO: VERSKAF

Polisie ondersoek 12-jarige se moord) Die Robertson-polisie ondersoek ’n saak vanmoord ná die dood van ’n 12-jarige seun vanNkqubela. Adriaan Ntabeni is dood na hy om-streeks 23:00 op 29 November met ’n onbekendevoorwerp gesteek is. Die omstandighede rond-om die voorval word steeds ondersoek. ’n Veer-tigjarige man is in verband met die voorval inhegtenis geneem.

) ’n Saak van roekelose en nalatige bestuuris deur die Robertson-polisie geopen ná ’n onge-luk op die Dassieshoek-pad die afgelope na-week. Volgens lt. Cynthia Mngcele, polisie-woordvoerder, wil dit voorkom of die bestuur-

dervan ’nblouOpelCorsaSaterdag 7Desemberomstreeks 18:10 beheer oor die voertuig verloorhet voor dit langs die pad teen ’n boom vasgeryhet. Die bestuurder en twee insittendes het ern-stige beserings in die voorval opgedoen.

Page 4: Breederivier gazette 10 dec 2013

Breederivier Gazette Spesiale fokus - Special focus Dinsdag 10 Desember 20134

Page 5: Breederivier gazette 10 dec 2013

Breederivier GazetteGeneral - AlgemeenDinsdag 10 Desember 2013 5

B’vale bederf gestremdesDie Bonnievale-polisie en die gemeen-skapspolisiëringsforum (GPF) het onlangshande gevat met die Miracle’s-gemeen-skapsdiens wat omsien na mense met ge-stremdhede van dié dorp.

Hoewel die geleentheid op kort kennisge-wing gereël is, het beamptes en GPF-lede skou-er aan die wiel gesit en het hulle seker gemaakdat die 350 mense wat tydens die geleentheidmet ’n heerlike ete bederf is, dit nog lank salonthou.

Metdié geleentheid isdaargepoogomerken-ning aan mense met gestremdhede te gee enhulle by die gemeenskap te betrek deur hul ge-stremdhede te aanvaar.

’n Verdere oogmerk is om gestremdes te be-trek in die stryd teen misdaad, veral in die ligdatmensemet gestremdhedemeesal groot delevan die dag in hul gemeenskap deurbring.

Elkeen wat die geleentheid bygewoon het,het ’n sertifikaat met die polisie se noodnom-mers ontvang, terwyl die kleingoed met ge-skenkies en lekkergoedpakkies bederf is.

Die Bonnievale-polisie en gemeenskapspolisiëringsforum het onlangs uitgereik na gestremdes van die areaen hulle met ’n heerlike ete bederf. Op die foto deel Margereth Louw (in die rolstoel) geskenkies uit, met(links agter) kapt. Bertus Conradie en Christel Geldenhuys wat ook ’n hand bygesit het. FOTO: VERSKAF

KERSBOOM MET ’N VERSKIL: Maak ’n draai by die Robertson-biblioteek vir ’n Kersboom met ’n verskil.Hoeveel boeke deel is van die Kersboom is tans ’n raaisel en is ook deel van ’n kompetisie watnou by die biblioteek aan die gang is: probeer raai hoeveel boeke gebruik is om die Kersboom tebou. Die biblioteek se leuse vir die Kersgety is “Steek die wêreld aan die brand met ’n boek hierdieKersfees”. FOTO: ZELDA KLOPPERS

Page 6: Breederivier gazette 10 dec 2013

Breederivier Gazette General - Algemeen Dinsdag 10 Desember 20136

MOVEMBER! Dié lede van die Robertson Tafelronde het gewys hulle skrik nie vir ’nuitdaging nie en het hul steun gegooi agter Movember, ’n projek van die Kankerverenigingvan Suid-Afrika wat mans aanmoedig om hul snorre te laat groei om bewusmakingten opsigte van mansgesondheid (veral prostaatkanker) te kweek. Die oogmerk is omdie “gesig van mansgesondheid” te verander. Van links is Cobus Marais, Henry Marais,Phillip du Toit en Lieb Swiegers.

EVAS STEUN MOVEMBER:Gedink net die manne kanMovember ter bewusma-king van mansgesondheidsteun? Dink weer! Diévroulike werknemers vanArabella het ’n plan be-raam om ook dié veldtogte steun. Agter (van links)is Anneke de Bod, Nelma-rie Baard, Louise de Vil-liers, Helen Robinson enChristine van Deventer.Voor is Estelle le Roux, Lu-zan Pietersen, Nicola Mal-herbe en Danica Ba-rendse. FOTO: VERSKAF

Geen bouprojek te groot vir Build itTopgehalte produkte, kundige advies enuitstekende diens.

Dit is drie dinge waarvan enige klant watby Build it aanklop verseker kan wees.Build it is al vir jare sinoniem met voor-

treflikheid as dit by enigiets kom wat metbouwerktemakehet,ongeagvandiegroottevan die bouprojek.Klante sal vermoet soek omnog ’n onder-

neming op eie drumpel te vindwat spogmetdiewye produkreekswat byBuild it beskik-baar is. Hieronder tel Swartland, wat hoëkwaliteit deure en vensters bied, PPC se-ment en Medal Paints.Diegene wat ’n nuwe badkamer of kom-

buis beplan kan gerus na Malls Tiles sereeks teëls enMacNeil se uitstekende reeksloodgietersbenodigdhede kyk.Build it hou ook die Macsteel-reeks, wat

spesialiseer in die vervaardiging en ver-skaffing van dakplate, sowel as die Camfly-reeks, wat PVC-plafonne vervaardig en ver-skaf, aan.Die Kwikot-reeks bied ’nwye verskeiden-

heid geisers en wasbakke, terwyl Hamil-ton's en Academy Brushware enige soortverfkwas of -roller insluit. Vir die doen-dit-self-manne (en vroue!) bied Built it ’n wyeverskeidenheid kraggereedskap van ondermeer die Makita- en Mactec-reeks. Build itspogookmet sy eie produkreeks, dieUrban-reeks, met sy wye verskeidenheid krane.Groter items wat nie op die winkelrakke

uitgestal kan word nie, word in Build it seuitgebreide stoor geberg waar dit beskut isteen die elemente.Besoek Build it vandag nog vir enige bou-

benodigdhede of kundige advies oor ’n be-plande bouprojek.

By Build itkan klantekies uit ’n reu-se reeks pro-dukte.

In die stoorarea word ’n wye reeks produkte, onder meerdeure, vensters en sement geberg en veilig teen dieelemente bewaar.

Build it se reusestoorarea versekerdat klante ’n wyereeks produkte ge-rieflik onder eendak kan bekom.

Page 7: Breederivier gazette 10 dec 2013

Breederivier GazetteMenings - OpinionDinsdag 10 Desember 2013 7

Familiekuiersin feesseisoenDie feesseisoen is in wording. Wat ’n opwin-dende gedagte!Daar is net hierdie anderse, lekker, feessei-

soengevoel wat sy hande van weerskante afom jou maag slaan. Die gedagte van familiewat komkuier of onswat vir hulle gaan kuier,blymaar opwindend. Daar gaan so ’n lekkertedeur jou lyf as jydinkaandie langure se saam-kuier wat voorlê. Al die “onthou jy nog”-sto-ries, die lekker saamlag, laatnag se spotteryen poetsbakkery kanmet geen geld ter wêreldvervang word nie.Natuurlik is daar in elke familie ’n heethoof

of twee vir wie jy nie kan waag om te veel teterg nie, en wat sommer vir niks kwaad raak.Dis juis hierdie heethoofde se kwaadraak enuithaak wat jou weer die komende jaar gaandeurdra tot die volgende feesseisoen, want ditbly ’n onderwerp waaroor lank gepraat word.Daar is ook die onvermydelike insidente

met oom Tienie van die Kaap wat hom lelikmisgis het met ons dorpie se heerlike muska-del eneersdievolgendeoggend langsdiedooiebraaivleiskole wakker geskrik het. En tannieMeraaiVoëltjiebeen,watontnugterwasopdieNuwejaarsparty toe sy uitvind dat sy lankalnie meer die topdanser van die familie is nieen kamstig per ongeluk skeef getrap het.Dan is daar oom Gert Ysterbors wat sy ver-

loordery in armdruk swaar verwerk het en ’ncomeback vir volgende jaar belowe as “hy netnieweer ’nkrampsal krynie”.DankdieGoeieVader dat die impulsiewe jongman, Hendrik(selfbenoemde spiertier van die familie), toenie die geleende kitaar oor Kosie se kop ge-breekhetnie. Ja,dit gaanmaarsomsrof,maarniemand kan sy familie kies nie.Of ons dit nouwil erken of nie, dit is hierdie

voorvalletjies wat soms die kosbaarste herin-neringe word wat die nageslag met hulle kansaamdra.Dit isooksomshierdieherinneringewat, as die lewe soms druk, ’n glimlag op jougesig kan bring. Die familie, elkeenmet sy eieuniekhede, laatmyaan’npragtigestukkiemo-saïek dink. Elke stukkie glas het sy eie uitge-soekte en unieke plekkie wat die meesterstuk’n voltooide pragstukmaak. Dit is hierdie tipegoed wat mens deur die jare koester en laatskaterlag wanneer daar bymekaar gekuierword en die kuiertyd weer van voor af herleefword. Dit laat jou sowaar ook weer uitsien nadie volgende deurmekaar familiebyeenkoms.Dit is hierdie karakterswat bietjie spice in diekuiers sit.Sowaar, ons sien uit na vanjaar se jolige fa-

miliekuier.Onssal sorgdat tantElisabeth (dielady van die familie) vroegaand “gedokter”word en in die bed klim sodat sy nie weer diepret kan bederf nie. Ek het klaar gehoor datvanjaar se byeenkoms beloof om die moedervan alle byeenkomste te wees. Ons hou duimvas dat daar geen ongevalle gaan wees nie.

Ondersteuning dra myOndersteuning dra mySoos baie mense nou al weet is ek al vir ’n ge-ruime tydjie, en ooknog vir die volgende paarweke, in Kaapstad besig met intensiewe be-straling. Dit is regtig nie ’n lekker ervaringnie en ek voel nie elke dag ewe goed nie, maardis baie belangrik dat ek wel die proses deur-gaan en voltooi.Tot dusver is ek oneindig dankbaar vir die

Here se groot genade vir my en dat dit nogso goed gaan met my in die omstandighede.Eintlik wil ek net opreg dankie sê vir al die

oorweldigende ondersteuning wat ek ont-vang. Baie dankie aan familie, vriende envreemdelingewatmy toevou in soveel omgee,liefde, ondersteuning en gebede. Dit betekenso baie vir my. Ek hoor elke dag van al diemense wat my voorspoed toewens, sê hullehou my in hul gebede, oproepe, SMS-bood-skappe–regtigsovreeslikbaiebystandenom-gee. Glo my, dit beteken so baie vir my en myfamilie. Dis meer as wat ek ooit verwag het.Weereens my opregte dankbaarheid aan el-

ke persoon wat my so wonderlik bystaan enondersteun en vir my bid tydens hierdie tydwaardeur ek gaan.

NATASHA VAN DER MERWE

Page 8: Breederivier gazette 10 dec 2013

Breederivier Gazette Schools - Skole Dinsdag 10 Desember 20138

OP ’N HOË NOOT: Die musikale Robbies het uitstekend presteer in hul Unisa -musiek-teorie-eksamen. Agter (van links) is Féroll-Jon Davids, Ingrid Visagie en Tanya Visagie.Voor is René Wentzel, Anaïs Drotschie, Marishan Veldsman en Lynn-Mari Solomon.Christine van der Merwe en Terche Wentzel was afwesig met die neem van die foto.

FOTO: VERSKAF

EISTEDDFOD: Dié leerders van die Laerskool Robertson het medaljesby die Worcester-eisteddfod verower. Van links is Getha Kloppers,Katinka Ellis (vier medaljes), Emma van Deventer en Harry Gilson.

FOTO: VERSKAF

UITSTAPPIE-PROJEK KRY HUPSTOOT: Wandsbeck Wyne het onlangs ’n tjek van R7 000 aan dieWillem Buchholz NGK Primêre Skool oorhandig ter ondersteuning van ’n uitstappie-projek virleerders van die skool. By die oorhandigingsgeleentheid was (agter van links) Kayla Salie (hoofmei-sie), Jacques du Toit (Wandsbeck Wyne), Jurina Swanepoel (skoolhoof) en Jean Alexander (hoof-seun). Voor is Charlene Baartman, Jo-Adene Absolon, Wilhelmina Arendolff, Jacobus Karelse,Melissa Filander, Elicia Stanfliet en Sharnel Wewers. FOTO: VERSKAF

TOPPRESTEERDERS: Dié leerders van die Laerskool Robertson is tydens die skool se prysuitdelingsgeleentheidas die toppresteerders van gr. 4 tot 7 vereer. FOTO: VERSKAF

SLIMKOPPE: Dié leerders aan die Laerskool Robertsonis tydens die skool se prysuitdelingsgeleentheid aangewysas dié wat die hoogste gemiddelde persentasie in wiskun-de behaal het. Agter (van links) is Getha Kloppers (gr.6), Emma du Preez (gr. 7) en Aliza Rossouw (gr. 5). Vooris Nahian Hossain (gr. 4). FOTO: VERSKAF

Vakansiehuis in Strand te koopVandeesweekse toonhuis is ’nveelsydigedrie-slaapkamerhuis in die Strandwat privaat ver-koop word. Dit kan as woon- of vakansiehuisgebruik word en is drie straatblokke van diesee af geleë.Daar isdrie slaapkamers,waarvaneen inge-

rig is as ’n aparte woonstel met hoekbad enbuitedeur.Diebadkamers isbogemiddeldstyl-vol. Die sit-eetkamer komplementeer die ka-raktervolle kombuis.Baie goeie sekuriteit, ’n garage, ’n afdak vir

twee motors en moontlike parkering vir vierop die erf is ekstra pluspunte. Dié ommuurdehoekerf is volledig geplavei en het ’n kleingroente- en vrugtetuintjie. Daar is ’n grootswembad, braaihoekie beskut teen wind metafdakenpragtigeblommeenplante. ’nWendy-huisie geskik vir slaap is ook op die erf.Hierdie is ’n dringende verkoop omdat die

eienaar verhuis. Die prys van R1,3 miljoen isonderhandelbaar.KontakBertha by 084 407 4111 of 021 853 2536.

Page 9: Breederivier gazette 10 dec 2013

Breederivier GazetteGeneral - AlgemeenDinsdag 10 Desember 2013 9

) Enjoy a Christmas showwith Johan Swartand Heinrich Gunter on Wednesday 11 De-cember at 18:30 at Café Rosa. Swart will alsobe launching his new CD. Money raised willgo towards theWinelands SPCA. Tickets costR50 each and are available at Café Rosa andIllusions Hair & Beauty. Only 80 seats availa-ble. Call 0 023 626 5403.

) Die MAG-Opleidingsentrum, ’n gemeen-skapsontwikkelingsorganisasie in Montagu,bied op Sondag 15 Desember om 17:00 ’n sang-middag met die Saint Messengers-gospel-groep vanKaapstad in dieWilhelmTheys-ge-meenskapsaal in Montagu aan. Die tema virdie dag is “Christmas Joy – The ChristmasMessage in Song and Praise”.Kaartjies kos R40 elk en is verkrygbaar by

Tim Banda by 0 072 326 0589, asook anderMAG-lede.

) As in previous years, there will be anot-her opportunity this year to sing well-lovedChristmas carols in the Robertson Dutch Re-formedMotherChurch onSunday evening 22December at 18:30. This is not a church serv-ice, but there will be Bible readings that tellthe Christmas story in between the carols.There will also be special organ and trumpetmusic. There is no charge, and no collectionwill be taken. Dress is casual. More detailsfrom Dave Reid, 0 084 703 2755.

GROOT HART: JP de Villiers, ’n leerder aandie Laerskool Robertson, is by die skool setoekenningsgeleentheid met die Janse vanRensburg-trofee vereer. Dié trofee word toe-geken aan die leerder wie se nederigheid,hulpvaardigheid, vriendelikheid en meele-wendheid baie opvallend is.

Gedigwenner gekiesValleiers het in hul massas gestem vir hulgunstelinggedig in die afgelope Jakaranda-fees se gedigtekompetisie.Uit die vyf gedigte wat vir die kompetisie

ingeskryf is,wasdituiteindelikMeganJansevan Rensburg se gedig “Purple beauty” watas wenner aangewys is.

Page 10: Breederivier gazette 10 dec 2013

Breederivier Gazette Geklassifiseerd Dinsdag 10 Desember 201310

DIENSTE2420

FAMILIE-

KENNISGEWINGS

STERFGEVALLE

1005

SOLOMON ADONISJOHANNESGeb.05/03/1973Gest.6/12/2013Die Roudiens vind plaasWoensdag 11 Desember2013 in Jasmynstraat 90en die begrafnisdiens Son-dag 1.30nm by die huis en2nm in die kerk. Salonthou word deur sy maAmelia, seun Enrico enChristine.

IN MEMORIAM

1015

DANIELS ADAMMOSESOp 14/12/2013 is Daddyeen jaar van ons geneem.Ons mis Daddy so baie,diegrappe, geselsies en raad.Daddy se stoel is leeg asons saamkuier. Altyd liefvir Daddy. Van André,Richardene, Richandré enJadé.

DANIELS, ADAMMOSESMy dierbare man, my allesop 14/12/2013 is jy eenjaar weg van my. Die ver-misting raak elke dag gro-ter. Jou plek in my hartkan niemand vul. Lief virjou altyd. Jou vrou Evelyn.

DANIELS, ADAMMOSESOp 14/12/2013 is Daddyeen jaar van ons geneem.Ons mis Daddy so baie, diegrappe, geselsies en raad.Daddy se stoel is leeg asons saamkuier. Altyd liefvir Daddy. Van: Peter, Carolen Cassidy.

PERSOONLIKE

DIENSTE

LENINGS

1445

LOANS and Consolida-tion. R1 000 to R120 000,00, 5minutes pre-approval.Same day pay-out. Fiona082 4222271.

SAKE

DIENSTE

2420

KOM geniet die avontuuren ontspanning van perdryby die Robertson Rys-kool.*Ons bied verskeiden-heid van rylesse vir kin-ders en grootmense virbeginners en ervare rui-ters*Outrides tussen diewingerde en langs dieBreërivier.*Wynproeë op’n perd se rug of met diewaentjie by Major's Hill enSpringfield *Perdrykampevir kinders gedurendeskoolvakansies.*Minikommando's op Saterdae.*Kinderpartytjies. Skakkel072 291 7631 of 082 4027088.

KRUIE DOKTER vir mansen vrouens, moenie sukkelnie. Kom sien my nou ver-voer is beskikbaar.Skakel061 086 9941.

TE KOOP

3201

VOERTUIE

MOTORS TE KOOP

3025

MERCEDEZ 230E, 1990model. Engin nuut oorge-doen. Skakel 076 5417595

Page 11: Breederivier gazette 10 dec 2013

Breederivier GazetteAdvertisement - AdvertensieDinsdag 10 Desember 2013 11

Page 12: Breederivier gazette 10 dec 2013

TENNIS TOURNAMENT: The Robertson Tennis Club recently hosted its Christmas Tournament.The event was widely supported by players from the BAR Valley. The winners at the event were(back from left) Muller Bruwer, Mari Kloppers, Getha Kloppers and Pieter-W Cilliers. In frontis Thean Swanepoel, Balti Kloppers, Danell Crous, Marli Gotze and Joshua de Jongh.

GOLF: Local golfer Jacquin Hess recently played inthe SA Open Qualifier at Wingate Country Club, Preto-ria. Unfortunately his score of 74was not good enoughto qualify for the SA Open at Glendower Golf Club.Hess also took part in the qualifier for the AlfredDunhillChampionship (held at Leopard Creek Country Club)at Irene Golf Club on 26 November. Hess’ golf tipfor the week is: Hit more greens in regulation. Thiswill give you more opportunities for birdies and willlead to easy pars and lower scores.

BESTE ATLETIEKPRESTEERDERS: Die Laerskool Robert-son se atletiek-bekerwenners is by die skool se onlangsesportprysuitdeling vereer. Hulle is Mieke Matthyser (vic-trix ludorum) en Theo Louwrens (victor ludorum).

KARATE: Dié leerders van die Hoërskool Montagu isin die SA karatespan opgeneemwat in die Desember-vakansie aan die wêreldkampioenskap in Indië gaandeelneem. Agter (van links) is Arnot Joubert, JacquiKriel, Jeanne Joubert en Alrich Sauer. Voor is GregGabriel en Jason Benjamin.

BOLAND-TENNIS: Dié leerders van die Ashton PrimêreSkool het onlangs aan die Boland-tennisproewe deelge-neem.Van links isNishaFabricius, FredeMellet enMare-tha Burger. Maretha is in die Boland A-span opgeneem,terwyl Nisha as reserwe vir die B-span gekies is.

WP-DANSERS: Dié leerders vandie Hoërskool Robertson het aandie WP-danskampioenskappedeelgeneem. Hulle het deurge-dring na die SA kampioenskappewat volgende jaar in Rustenburggehou word. Agter (van links) isManisha du Plessis, Jana vanStaden, Anke Nielsen von Reizig,StephanieKriel, Liné Fernhout enMarezé de Kock. In die middelis Marishan Veldsman, ChaneVisser en Tiffany Presens. Vooris Carli Kriel en Anaïs Droschie.Stephanie gaan ook volgendejaar as lid van die Cape TownDance Team deelneem aan dieWorld Dance Movement in Italië.

R’son klopWeskussers mettwee paaltjiesDie Robertson-krieketklub het die afgelopenaweek koning gekraai tydens sy wedstrydteen Vredenburg/Saldanha toe hy dié spanmet twee paaltjies op die vissermanne se eieturf geklop het.

Vredenburg/Saldanhahetdie lootgeweninSondag (8 Desember) se eendag-kompetisie,enbesluit omeerste tekolf.Danksyuitsteken-de boulwerk van Robertson is die tuisspan sekolwers almal vir 183 lopies in die toegelate50 boulbeurte uitgeknikker.

Vredenburg se uitblinkerkolwers was S.Summers (32), A. Newman (31) en J. Erasmus(20), terwyl Robertson se I. Lekay (2/17), W.Ibrahim (2/34) en B. Erasmus (1/19) die tuis-span se kolwers laat klippe kou het.

Ná ’n stadige begin (13/1 ná 13 boulbeurte)bereikRobertsondiewentotaalmet drie balleoor. Vir Robertson het W. Abrahim (55), I. Le-kay (24), A. Philander (23) en F. Adams (22)met die kolf uitgeblink.

Robertsonlêmet11puntenávierwedstrydetans tweede op die punteleer. Die span se vol-gendewedstrydisop14DesemberteenWorce-ster United op laasgenoemde se tuisveld.