Omgee-projek€¦ · ‘n Mens kan nie in jou nag van droefheid of die dofheid van jou ouderdom...

4
Verjaardae hierdie week Vrydag Geen Saterdag Ruben Du Preez 9E Sondag Taylin Brown 9B Tiaan Gouws 8F Maandag Cameron Louw Marelize Smit 11G Josua Wellman 10D Dinsdag Tatalia Barnard 9A Cleo De Beer 10C Danielle Esterhuyse 9E Karla Tait 11G Woensdag André Gerber 11C Donderdag Juandré Botha 12D Karla De Beer 11E Cameron Goliath 8E Ludevin Parkinson 12A Vrydag Kean Barnard 11D Ilke Meiring 11C Dat almal van ons nie sommer net toevallig hier op aarde is nie, is ‘n voldonge feit en probeer almal om elke dag sin te maak van ons bestaan. As gelowiges weet baie dat die Here ‘n plan met elkeen het, maar tog bly ons swak in ons geloof en smag ons deurentyd daarna dat ander ons net moet raaksien, waardeer en aanvaar. Tog kan ons dikwels só gevoelloos teenoor mekaar wees! In ‘n skoolopset is dit soveel meer belangrik dat ons mekaar sal waardeer en aanvaar. Om groot te word is nie altyd vir sissies nie, en met die oorheersende rol wat sosiale media deesdae speel, is dit nog meer traumaties. Ons kinders besef nie altyd hoe vernietigend “onskuldige” boodskappies of foto’s op die lewens van die slagoffers kan inwerk nie. Dit lyk amper asof almal maar “uitgevat” kan word, solank ek net nie tweede kom nie! Kom ons dink wat ons doen! Moenie aan ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie! Mag vandag ‘n wonderlike lentedag vir almal wees! Veels geluk aan ons nuwe hoofleiers: Hoofseun: Ruan Reinhardt Hoofdogter: Megan Tait O/Hoofseun: Luan Ras O/Hoofdogter: Vicky Oelofse Ons het twee weke gelede berig oor ‘n projek wat geloods is om komberse in te samel vir minderbevoorregtes wat in die koue weer iets warms baie nuttig kan gebruik. Al is dit vandag lentedag, is die koue weer nog nie heeltemal verby nie. Ons wil u versoek om werklik u harte oop te maak vir hierdie saak. Indien u enige ou komberse tuis het wat u nie meer gebruik nie, kan u dit skool toe stuur. Ons sal dit hiervandaan versprei na organisasies wat dit weer kan besorg waar dit werklik nodig is. Kom ons wys dat Framesby ‘n omgee-hart het! Fruk hang uit op 18 september Op 16 September bied ons toneelvereniging, Fruk, ‘n baie spesiale geleentheid in die skoolsaal aan waar bekende oud-leerders soos Suan van Noordwyk, Marli van der Merwe en Amanda Strydom eregaste sal wees, terwyl ‘n paar huidige leerders ons gaan vermaak. Die kaartjies is beskikbaar by die Algemene Kantoor en by die Frukkers teen R80 per persoon. Dit beloof om ‘n besondere middag te wees en ons gee hiermee ook baie graag erkenning aan van ons oud-leerders vir hul ongelooflike bydrae tot die uitvoerende kunste in Suid-Afrika. Weeklikse nuusflitse vir ‘n ingeligte Framesby-familie! Uitgawe 128: 18 Augustus 2017 Kontakbesonderhede: [email protected] Ons almal smag na aanvaarding Omgee-projek

Transcript of Omgee-projek€¦ · ‘n Mens kan nie in jou nag van droefheid of die dofheid van jou ouderdom...

Page 1: Omgee-projek€¦ · ‘n Mens kan nie in jou nag van droefheid of die dofheid van jou ouderdom eers na God begin vra nie, want dan is jy te uitgeput en verward. ‘n Mens moet dan

Verjaardae hierdie week

Vrydag Geen

Saterdag

Ruben Du Preez 9E

Sondag Taylin Brown 9B Tiaan Gouws 8F

Maandag

Cameron Louw Marelize Smit 11G

Josua Wellman 10D

Dinsdag Tatalia Barnard 9A Cleo De Beer 10C

Danielle Esterhuyse 9E Karla Tait 11G

Woensdag

André Gerber 11C

Donderdag Juandré Botha 12D Karla De Beer 11E

Cameron Goliath 8E Ludevin Parkinson 12A

Vrydag

Kean Barnard 11D Ilke Meiring 11C

Dat almal van ons nie sommer net toevallig hier op aarde is nie, is ‘n voldonge feit en probeer almal om elke dag sin te maak van ons bestaan. As gelowiges weet baie dat die Here ‘n plan met elkeen het, maar tog bly ons swak in ons geloof en smag ons deurentyd daarna dat ander ons net moet raaksien, waardeer en aanvaar. Tog kan ons dikwels só gevoelloos teenoor mekaar wees! In ‘n skoolopset is dit soveel meer belangrik dat ons mekaar sal waardeer en aanvaar. Om groot te word is nie altyd vir sissies nie, en met die oorheersende rol wat sosiale media deesdae speel, is dit nog meer traumaties. Ons kinders besef nie altyd hoe vernietigend “onskuldige” boodskappies of foto’s op die lewens van die slagoffers kan inwerk nie. Dit lyk amper asof almal maar “uitgevat” kan word, solank ek net nie tweede kom nie! Kom ons dink wat ons doen! Moenie aan ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie!

Mag vandag ‘n

wonderlike lentedag vir

almal wees!

Veels geluk aan ons nuwe

hoofleiers:

Hoofseun: Ruan Reinhardt

Hoofdogter: Megan Tait

O/Hoofseun: Luan Ras

O/Hoofdogter: Vicky Oelofse

Ons het twee weke gelede berig oor ‘n projek wat geloods is om komberse in te samel vir minderbevoorregtes wat in die koue weer iets warms baie nuttig kan gebruik. Al is dit vandag lentedag, is die koue weer nog nie heeltemal verby nie. Ons wil u versoek om werklik u harte oop te maak vir hierdie saak. Indien u enige ou komberse tuis het wat u nie meer gebruik nie, kan u dit skool toe stuur. Ons sal dit hiervandaan versprei na organisasies wat dit weer kan besorg waar dit werklik nodig is. Kom ons wys dat Framesby ‘n omgee-hart het!

Fruk hang uit op 18 september Op 16 September bied ons toneelvereniging,

Fruk, ‘n baie spesiale geleentheid in die skoolsaal aan waar bekende oud-leerders soos Suan van Noordwyk, Marli van der Merwe en Amanda Strydom eregaste sal wees, terwyl ‘n paar huidige leerders ons gaan vermaak. Die kaartjies is beskikbaar by die Algemene Kantoor en by die Frukkers teen R80 per persoon. Dit

beloof om ‘n besondere middag te wees en ons gee hiermee ook baie graag erkenning aan van ons oud-leerders vir hul ongelooflike bydrae tot die uitvoerende kunste in Suid-Afrika.

Weeklikse nuusflitse vir ‘n ingeligte Framesby-familie!

U i t g a w e 1 2 8 : 1 8 A u g u s t u s 2 0 1 7 Kontakbesonderhede: [email protected]

Ons almal smag na aanvaarding

Omgee-projek

Page 2: Omgee-projek€¦ · ‘n Mens kan nie in jou nag van droefheid of die dofheid van jou ouderdom eers na God begin vra nie, want dan is jy te uitgeput en verward. ‘n Mens moet dan

Framesby bly besig

Program vir die week 2 tot 8 SEPTEMBER

Verlede naweek se Interskole-kragmeting met Nico Malan op Humansdorp het aan al die verwagtinge voldoen en die Framesby-spanne het oor die algemeen uitstekende vertonings gelewer. Die skrif was reeds aan die muur vir Nico toe hulle Donderdag hul rieme met 7-0 vasgeloop het op die gholfbaan. Vrydag het ons Landloop-spanne, die seuns-tennisspan en die skaak oortuigend gewen, met die dogterstennisspan, die vasvraspan en die debatspan wat ongelukkig nie die pyp kon rook nie. Saterdag het dit maar broekskeur gegaan met die Humansdorpers. Op die hokkieveld kon hulle net een wedstryd wen, terwyl ons dogters drie gewen en drie gelykop gespeel het. Ons seuns het hulle behoorlik uitmekaar gehaal en beide wedstryde baie goed gewen. Geluk aan die twee eerstespanne wat onderskeidelik 0-0 gelykop gespeel en 3-2 gewen het. Op die netbalbaan het dinge nie oral voor die wind gegaan nie. Ons het 4 wedstryde verloor, twee gelykop gespeel en 3 gewen. Baie geluk aan die eerstespan wat met pragtige spel met 24-11 geseëvier het. Pragtig, meisies! Al ons rugbyspanne het gewen, en die meeste met redelik groot tellings. Nico Malan het beslis ‘n bietjie van ‘n rugbyles geleer en ons manne het die seisoen baie goed afgesluit. Die eerstes het die kersie op die koek gesit met ‘n oortuigende oorwinning van 45-24. Mooi manne!

Saterdag 2 September

Sondag 3 September

Maandag 4 September

Dinsdag 5 September

Woensdag 6 September

Donderdag 7 September

Vrydag 8 September

VCSV

Kringleierskamp

VCSV

Kringleierskamp

Dag 1

Gr 12 Eksamen BL

Personeelkomitee

Dag 2 Gr. 12 Eksamen

Dag 3 Gr. 12 Eksamen

Dag 4 Gr. 12 Eksamen BL Finanskomitee

Dag 5 Gr. 12 Eksamen Gholfdag Humewood

De-leon in op-skaakspan

Nico malan trek aan die kortste ent!

De-Leon Strydom, ons voorste skaakspeler, het die

besondere eer te beurt geval om ingesluit te word in

die Oostelike Provinsie se skaakspan wat hierdie

naweek in Bloemfontein aan die Suid-Afrikaanse

Interprovinsiale Skaaktoernooi deelneem. Dis ‘n

besondere prestasie as in ag geneem word dat dit

die senior OP-span is. Ons vertrou dat dit baie goed

met hom sal gaan. Baie geluk, De-Leon! Trots op

jou. “Die Kleine Prinsie” se sterre!

Page 3: Omgee-projek€¦ · ‘n Mens kan nie in jou nag van droefheid of die dofheid van jou ouderdom eers na God begin vra nie, want dan is jy te uitgeput en verward. ‘n Mens moet dan

“die kleine prinsie” blink by atkv Ons twee toneeproduksies is beide onlangs baie suksesvol op die planke gebring. Eers het “Môre is ‘n Lang Dag” die lang pad gevat en baie suksesvol in Fraserburg en Montagu aan onderskeidelik die Logan-fees en die Montagu-fees deelgeneem. Daarna het ‘Die Kleine Prinsie’ in die Operahuis aan die Port Elizabeth streekskompetisie van ATKV se landwye Tienertoneel-kompetisie deelgeneem. By hierdie geleentheid is 18 produksie uitgevoer en Framesby het 4e uit die 18 produksies geëindig. By die geleentheid is die volgende aan ons leerders toegeken: Brons sertifikate (65-75%) is aan Karla Basson, Roché O’Neill, Nicole Kruger en Huné Erwee vir hul spel, asook die hele groep vir hul ensemble-spel, toegeken. Siwer sertifikate (75-85%) is aan Ruan Reinhardt vir sy spel, Ingebörg Jordaan vir verhoogbestuur, en Franco Hay vir beligtingsontwerp toegeken. Anja Spreeth, Janha du Plessis, Carus Kruger en Karla Basson het uitstekend presteer deur Goud te verwerf vir skadupoppe, terwyl die stuk ook goud ontvang vir stelontwerp en kostuums. Baie geluk aan al ons toneelspelers! Die ure en ure se harde werk wat julle insit word nie altyd raakgesien en waardeer nie, maar ons is baie trots op julle! Die groep se foto verskyn op die vorige bladsy. Nicole Cornelius in op o/21 hokkiespan

Nicole Cornelius, een van die staatmakers in ons eerste dogtershokkiespan, het ‘n baie groot eer te beurt geval toe sy opgeneem is in die O/21-span van die Oostelike Provinsie wat van eerskomende Maandag tot volgende Saterdag aan ‘n toernooi in Potchefstroom gaan deelneem. Baie geluk, Nicole! Dis ‘n wonderlike prestasie en ons wens jou alles van die beste toe. Ons vertrou dat die span uitstekend sal vaar en dat jy baie sal leer uit die ondervinding. Framesby is baie trots op jou!

Seunshokkie-matrieks sê totsiens

Hierdie manne was almal deur die afgelope paar jaar ware staatmakers en het ons hokkie op ‘n baie besondere manier gedra. Onder die uiters bekwame en entoesiastiese leiding van mev. Marikie Landman en mev. Charlene Loftus het hierdie manne gegroei van ‘n onervare maar gewillige groep spelers tot ‘n formidabele groep wat regtig vir mekaar gespeel het. Ons moenie vergeet dat hulle, nes ons dogters, baie moes opoffer om ure in te sit om op die Astro te gaan oefen en speel nie. Baie dankie manne! Ons gaan julle mis. Die harde werk begin nou weer van voor af, maar julle “legacy” sal vir altyd bly staan. Sterkte vorentoe! Baie dankie ook aan al die ouers wat hierdie span deur dik en dun ondersteun het!

Ons 1ste seunshokkiespan het verlede Saterdag hul seisoen op ‘n hoogtepunt afgesluit toe hulle Nico Malan tydens die Interskole met 3 – 2 verslaan het. Hiermee het die span ook aan die einde van ‘n besondere era gekom, deurdat hulle nou afskeid neem van 13 matrieks.

Page 4: Omgee-projek€¦ · ‘n Mens kan nie in jou nag van droefheid of die dofheid van jou ouderdom eers na God begin vra nie, want dan is jy te uitgeput en verward. ‘n Mens moet dan

Die vaste grond Daar is nie baie ervaring voor nodig om te weet dat ons in ‘n enkele oomblik alle aardse dinge kan verloor wat ons lewe gevul het nie. Ons lewe soms so selfversekerd, so asof alles maar altyd sal bly soos dit nou is. Ons aanvaar die gesondheid wat ons geniet, asof dit iets vanselfsprekends is. Ons beplan en ons redeneer asof die dinge en persone rondom ons maar altyd daar sal wees. Ons bou ons lewe rondom die aanvaarding deur andere, die posisie in die samelewing wat ons beklee, die materiële voorspoed waarin ons deel en die ideale wat ons koester. Daaraan heg ons onsself en daarin vind ons ons sekuriteit. Maar al hierdie dinge kan in ‘n oogwink van ons weggeneem word. Die onverwagte diagnose van die dokter wat ons besoek het, die motorongeluk, die telefoonoproep met die doodstyding van ‘n kind, die ineenstorting van die ekonomie, die afskeid van ons lewensmaat – dit is maar enkele van die dinge wat die hele bodem uit ons bestaan kan laat wegval. Skade, skande en verdriet is nooit ver van ons nie, en niks is so seker as dat elkeen van ons ‘n bepaalde kwota daarvan in ons aardse lewe sal moet verwerk nie. En selfs al kom hierdie dinge nie in ‘n oogwink oor ons nie, moet ons almal weet dat die voortgang van die tyd ons vanself na ‘n situasie heenvoer waar die lewe self om ons heen verkrummel. Die dae kan so baie voel en eindeloos lyk, en die son kan duisende kere oor ons opkom met die lig van ‘n nuwe dag. Tog lei dit onafwendbaar na die ouderdom met sy swakheid en gesukkel, na die wegglip van die lewe uit ons gedagtes en ons vingers. Die ouderdom is eensaam en meestal diep pateties. In sulke situasies word ons skielik voor die groot toets gestel of ons kan standhou teen die storm wat oor ons lewe heenbreek of die groot leegte wat in ons lewe neerdaal. Dit is betreklik maklik om wellewend en selfs met ‘n sekere vroomheid op te tree as dinge normaal vir ons verloop. Die toets vir ons Christenskap kom egter wanneer ons al die dinge waaraan ons ons geheg het, in die donkerte van ons beproewing of die eensaamheid van ons ouderdom verloor. Dan moet dit blyk of ons lewe op ‘n vaste fondament rus. En dan sal dit blyk dat ons in ons self geen vastheid het nie, tensy ons dit besit in die vaste grond van Gods genade. Daarom wek die Prediker ons daartoe op om aan ons Skepper te dink in ons jongdae, voordat die ongelukkige dae kom waarvan ons sê: Ek het daar niks aan nie (Pred.12:1). ‘n Mens kan nie in jou nag van droefheid of die dofheid van jou ouderdom eers na God begin vra nie, want dan is jy te uitgeput en verward. ‘n Mens moet dan al opgevang wees in die guns van die Almagtige. Dan, of jy dit weet en verstaan of nie, word jy gedra en is jy geborge op ‘n wyse wat jou bewussyn te bowe gaan. Uit Die Burger, 5 November 1988

Gr. 12 eksamen hierdie week

Ons Graad 12’s is nou voluit besig met hul voor-bereidende eksamen. Hul vraestelle word ekstern opgestel en dit bly maar ‘n spanningsvolle tyd! Baie sterkte aan al ons matrieks. Die volgende vraestelle word hierdie week geskryf:

09:00 14:00

Ma. 4 Sept. Rek. (3h)

Di. 5 Sept. IT

V2 (3h)

Wo. 6 Sept. CAT

V2 (3h) Eng HL & FAL

P1 (2h)

Do. 7 Sept FW

V1 (3h)

Vr. 8 Sept. LO (2h)

Afr HT V1 (2h)

Framesby gholfdag

Die 2017-Framesby Gholfdag vind vanjaar op Vrydag 8 Augustus plaas. Die dag word by die Humewood Gholfklub aangebied en beloof om ‘n baie goeie kompetisie te wees. Uitstekende pryse kan gewen word, onder ander ‘n verwerkte koedoe! Skryf nou in om teleurstelling te voorkom!