tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe...

76
LES 34 - SONDAG 23: VRYSPRAAK VIR SKULDIGES A. Maarten Luther. Hiernaas sien jy 'n portret van MAARTEN LUTHER. Hy het geleef van 1483-1546 in Duitsland. Mens kan sê dat met hom die groot Kerkhervorming, wat (in Latyn) ook wel die Reformasie genoem word, begin het. Luther het as jonkman besluit om 'n monnik in die Rooms Katolieke Kerk te word. Hy het baie gestudeer in die Heilige Skrif, professor geword, klasgegee aan studente. Maar hoe meer hy met God se Woord besig was, des te meer het die een groot angs hom aangegryp: "Hoe kry ek 'n genadige God?". Hou daardie vraag jou wel eens besig? Luther het orals in die Bybel gelees dat die HERE 'n regverdige Regter is wat die sonde nie kan verdra nie. En wanneer Luther homself in gedagte dan in die hofsaal van hierdie Regter verplaas het, het hy doodsbang geword: God die Regter, Luther die aangeklaagde, God se wet die maatstaf waarvolgens sy lewe beoordeel word, die duiwel die aanklaer in hierdie hofsaak..... watter ander vonnis as die ewige dood in die hel sou God kon uitspreek! Opdrag: Lees nog ‘n slag Sondag 4, antwoord 11 B. Paulus. Veral in die brief van Paulus aan die Romeine het Maarten Luther telkens die woorde "geregtigheid (of: regverdigheid) van God" raakgeloop. Het Paulus met dieselfde angs soos Luther later geworstel? Ook hy het geweet van God se regterstoe waarvoor ons almal sal moet verskyn. Lees:

Transcript of tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe...

Page 1: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

LES 34 - SONDAG 23: VRYSPRAAK VIR SKULDIGES

A. Maarten Luther.

Hiernaas sien jy 'n portret van MAARTEN LUTHER. Hy het geleef van 1483-1546 in Duitsland. Mens kan sê dat met hom die groot Kerkhervorming, wat (in Latyn) ook wel die Reformasie genoem word, begin het.Luther het as jonkman besluit om 'n monnik in die Rooms Katolieke Kerk te word. Hy het baie gestudeer in die Heilige Skrif, professor geword,

klasgegee aan studente. Maar hoe meer hy met God se Woord besig was, des te meer het die een groot angs hom aangegryp: "Hoe kry ek 'n genadige God?". Hou daardie vraag jou wel eens besig?Luther het orals in die Bybel gelees dat die HERE 'n regverdige Regter is wat die sonde nie kan verdra nie. En wanneer Luther homself in gedagte dan in die hofsaal van hierdie Regter verplaas het, het hy doodsbang geword:God die Regter, Luther die aangeklaagde, God se wet die maatstaf waarvolgens sy lewe beoordeel word, die duiwel die aanklaer in hierdie hofsaak..... watter ander vonnis as die ewige dood in die hel sou God kon uitspreek!

Opdrag:Lees nog ‘n slag Sondag 4, antwoord 11

B. Paulus.

Veral in die brief van Paulus aan die Romeine het Maarten Luther telkens die woorde "geregtigheid (of: regverdigheid) van God" raakgeloop. Het Paulus met dieselfde angs soos Luther later geworstel? Ook hy het geweet van God se regterstoe waarvoor ons almal sal moet verskyn.

Lees: 2 Korintiërs 5:10

Opdrag: Lees, verdeel oor ‘n aantal groepe, Romeine 1:18-3:20.In watter verse skryf die apostel in hierdie brief oor God se toorn, God se oordeel en straf op ons sondes?

Page 2: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

C. Poort na die paradys.

Luther het sy eie sondes geken!! Hy het baie mooi geweet daar is in sy lewe so veel wat vir die HERE onverdraaglik is.Hoe kon hy ooit sy skuld by God vereffen en sy God weer genadig stem?!Luther het alles probeer.

Vraag:Weet jy dinge wat Luther gedoen het om sy berou aan God te wys?

Maar niks het sy onrus en angs kon wegneem nie. Gods se Paradys was vir hom gesluit, so het hy gemeen.Totdat hy in die einste brief van Paulus aan die Romeine ook ontdek het dat ons hoegenaamd nie hoef te probeer om God genadig te stem nie. God ís ons alreeds genadig!Hy vergewe die grootste sondaar sy skuld sonder dat dié iets daarvoor hoef te doen. Ons hoef slegs te glo wat die Here Jesus Christus klaar vir ons gedoen het. Hy het die straf gedra wat ons verdien het.

Lees:Romeine 1: 16 en 17

Luther het hierdie Bybelverse “die poort na die Paradys” genoem. In die evangelie (blye boodskap!) kom vertel God aan ons dat daar “geregtigheid” (of: regverdigheid), d.w.s. vryspraak voor God se regterstoel is vir elkeen wat glo in die Here Jesus.

Lees:Romeine 3: 29, 5: 1 en 8:1.Hoe sê die apostel in daardie verse eintlik maar dieselfde?

D. Vrygespreek in God se hof.

Ook Paulus het homself, en ons saam met hom, in gedagte in die hofsaal van die allerhoogste Regter verplaas. Maar Paulus wys dan op die Advokaat wat God Self aan ons voorsien het: God se eie hemelse Seun! Maar dit is nie ‘n Advokaat wat Hom op versagtende omstandighede, verminderde toerekeningsvatbaarheid en so

Page 3: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

meer beroep nie, maar wat Self in ons plek in die beskuldigdebank gaan sit en ons doodstraf op Hom geneem het. Sodat God óns nou kan vryspreek. Watter advokaat maak so!

Lees en bespreek:Romeine 5:6-8Verstaan jy die voorbeeld wat Paulus gebruik?

Lees:Romeine 3:26.Verstaan jy wat Paulus bedoel as hy skryf dat God, die Regverdige Regter, steeds regverdig bly, al spreek Hy ons, onregverdiges, ook vry?

Dit is die Evangelie van die hele Bybel: hoe groot ons sondes ook al is, God kom na ons toe en sê: "jou sondes is jou vergewe. Die straf daarvoor is klaar gedra deur my Seun. Glo dit maar".

Sondag 23 HK Vraag 60: Hoe is jy regverdig voor God?

Antwoord: Slegs deur 'n ware geloof in Jesus Christus.

Wel kla my gewete my aan dat ek teen al die gebooie van God swaar gesondig en nie een daarvan gehou het nie. Ek is ook nog gedurigdeur tot alle kwaad geneig.

Nogtans skenk God aan my sonder enige verdienste van my kant uit loutere genade die volkome genoegdoening, geregtigheid en heiligheid van Christus.

Dit reken Hy my toe asof ek nooit sonde gehad of gedoen het nie, asof ek self al die gehoorsaamheid volbring het

Page 4: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

wat Christus vir my volbring het.

Aan hierdie weldaad het ek deel vir sover ek dit met 'n gelowige hart aanneem.

E. Erfgenaam van die nuwe paradys!Die HERE roep ons in sy Woord dus op om eenvoudig te glo dat die Here Jesus Christus al my sondes by God versoen het. Ek hoef self niks daarvoor te doen nie. As ek die boodskap van die Bybel glo, beskou God my nie meer as 'n sondaar nie maar as 'n regverdige.Die Kategismus neem hier die draad weer op van Sondag 7. Daar het ons al bely dat slegs die wat deur ‘n ware geloof Christus en al sy weldade aanneem, deur Hom van God se ewige toorn gered word.

Lees:Sondag 7 vraag 20Ons hoef maar net alles wat God ons in sy Woord beloof vir waar aanvaar.

Lees:Sondag 7 HK vraag 22 en 23.Hoe kan ons al se beloftes saamvat?

Die Kategismus het vanaf die Sondae 8-22 ‘n samevatting van al Gods se beloftes met ons bespreek, en vra nou:

Sondag 23 HK Vraag 59: Maar wat baat dit jou dat jy dit alles glo?

Antwoord: Dat ek in Christus voor God geregverdig en 'n erfgenaam van die ewige lewe is.

Die ewige lewe in Gods se nuwe paradys lê vir jou oop. Ja, jy is ‘n erfgenaam daarvan! Jy het van Christus die reg ontvang om daar in te gaan. Daar is nie meer, soos by die ingang van die ou paradys na die sondeval, ‘n engel wat met ‘n vlammende swaard jou sal keer nie.

Page 5: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

F. God se uitgestoke hand, nie my eie hande nie

Is ons geloof dus die voorwaarde vooraf waaraan ons moet voldoen sodat God ons kan vryspreek? Is jou geloof die kant wat jy eers moet bring om gered te kan word?Baie mense meen so.Maar kyk wat bely ons ook in Sondag 23 HK:

Sondag 23 HK Vraag 61: Waarom sê jy dat jy slegs deur die geloof regverdig is?

Antwoord: Nie dat ek op grond van die waarde van my geloof vir God aanneemlik is nie. Want slegs die genoegdoening, geregtigheid en heiligheid van Christus is my geregtigheid voor God. Maar dit kan ek nie anders as slegs deur die geloof aanneem en my eie maak nie.

Jou geloof is dus nie soveel werd, dat dit vir God die grond kan wees om jou weer in genade aan te neem nie. Slegs dit wat Christus vir jou gedoen het, is die rede. As ons in Vraag en Antwoord 60 bely: “sonder enige verdienste” impliseer dit dat ook jou geloof geen verdienste is.

Opdrag:Lees nog ‘n slag Sondag 7 vraag 21 en daarna Sondag 25 vraag 65.Waar kom jou geloof vandaan?

God kom reeds na ons toe met sy boodskap van vryspraak voordat ons glo. Hy spreek ons nie vry omdat ons glo nie, maar juis sodat ons Hom sal glo. So is sy werkswyse: Hy kom eerste na ons toe met uitgestoke hande, selfs na mense wat nog nooit van Hom gehoor het nie. Na goddelose mense.

Page 6: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

Vraag: Wanneer het God die eerste keer sy hande na jou uitgesteek?

As die HERE met uitgestoke hand na ons toekom, verwag Hy egter wel dat ons die hande na Hom uitsteek. Hy steek ons sy hand toe terwyl ons besig is om in die dodelike moeras van die sonde weg te sak. En ons hoef nie meer te doen nie as om daardie hand te gryp en ons daaraan vas te klem.Maar watter mens gaan hom dan vervolgens beroem op sy hande waarmee hy darem God se hand gegryp en beetgehou het?! Watter mens durf dus te spog met sy eie geloof asof hy daardeur gered is?

Lees: Artikel 22 NGB

G. Huiswerk.

LES 35 - SONDAG 24: ONS GOEIE DADE EN GOD SE GENADE

A. Goeie dade?

Wanneer het jy jou laaste goeie daad verrig?Wanneer mag ons iets “ ‘n goeie daad” noem?Wanneer is ‘n daad goed genoeg?

In hierdie les gaan ons oor ons "goeie dade" nadink.Ons het in die vorige les na Maarten Luther se stryd gekyk. Eintlik het Luther in die jare van sy geloofsstryd geworstel met die probleem van ons goeie dade. Moet ons nie goeie dade doen om ons skuld by God te vereffen, of in elk geval: te verminder, en die HERE genadig te stem nie?Maar Luther het na ‘n hele geloofsstryd uit Paulus se brief aan die Romeine geleer dat ons geregverdig word (= vrygespreek van ons skuld), nie deur ons goeie dade nie, maar deur ons geloof in die Here Jesus Christus as ons Advokaat.

Lees nog ‘n keer Romeine 3: 28, 5: 1 en 8: 1 die begin.

B. Goeie dade!

Page 7: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

Die Roomse teoloë het teenoor Luther en die wat in sy voetspore die Rooms Katolieke Kerk verlaat het, gewaarsku dat jy gemaksugtige en oppervlakkige, ja feitlik goddelose mense kweek as jy vir hulle leer dat hulle maar net hoef te glo. Dis nodig om hulle voortdurend tot aan te spoor om goeie dade te doen.

Daarom vra die Kategismus ook maar dié vraag:

Sondag 24 HK Vraag 64: Maar maak hierdie leer nie mense onverskillig en roekeloos nie?

Ons kan nie sê: ons doen as sondige mense glad nie goeie werke nie.Moet maar kyk: die Bybel praat op heelparty plekke van die goeie dade wat sondige mense kan, en ook: moet, doen:

Lees:Mattheüs 5: 16Handelinge 9: 36Efesiërs 2: 10Kolossense 1: 10 1 Timotheüs 2: 10Titus 2: 71 Petrus 2: 12Openbaring 2: 2

Vraag:Kyk ook 'n bietjie in Sondag 24, antw 62:daar word nie eens van ons "goeie" werke gepraat nie, maar van ons.......................?

Waar kom sulke goeie dade dan vandaan?Hulle kom ook by Christus vandaan!Christus is nie ‘n Advokaat wat, nadat Hy ‘n vryspraak vir ons reggekry het, weer afskeid neem en ons aan ons lot oorlaat nie. Maar Hy rehabiliteer ons vervolgens ook, sodat ons weer sal aanpas in ‘n lewe volgens God se gebooie.

Vraag:Ons het in vorige lesse meermale die woorde ‘regverdig(heid)’ en ‘heilig(heid)’ raakgeloop. Onthou jy nog wat daarmee bedoel word?

C. Goeie dade: vrugte aan die Wynstok.

Page 8: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

De Here Jesus het Self nog ‘n baie sterker metafoor gebruik as die van ‘n rehabilitasiebeampte

Lees en bespreek saam: Johannes 15: 1-18.Hoe het ons hierdie metafoor ook al in Sondag 7 antwoord 20 raakgeloop?

Moet ons dus bekommerd wees dat ons gemaksugtige mense kweek as ons vir mekaar en vir andere mense leer dat ‘n mens deur die geloof gered word en nie deur jou goeie dade nie? Nee, glad nie. Dis eenvoudig onmoontlik, sê die Kategismus:

Vraag 24 HK Vraag 64: Maar maak hierdie leer nie mense onverskillig en roekeloos nie?

Antwoord: Nee, glad nie, want dit is onmoontlik dat 'n mens wat deur 'n ware geloof op die wynstok Christus geënt is, nie vrugte van dankbaarheid sal voortbring nie.

Maar daardie “vrugte van dankbaarheid” is dusnie 'n noodsaaklike voorwaarde om vergewing te kan bekom nie, dog:die vanselfsprekende gevolg nadat ons vergewing ontvang het.Ons goeie werke is dus ook nie eintlik óns goeie werke nie, maar die werk van die Heilige Gees van Christus in ons.

D. Geen goeie dade? Geen geloof!

Maar wat dan van wat Jakobus skryf in sy brief in die Nuwe Testament?

Lees:Romeine 3: 28 en Jakobus 2: 24.

Skryf Jakobus nie presies die teenoorgestelde van wat Paulus geskryf het nie?Nadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou sondeskuld vrygespreek word, het hy nie meer mooi geweet wat om met Jakobus se brief te moet

Page 9: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

maak nie. Pas hierdie brief wel in die Nuwe Testament?? Hy het dit “ ‘n regte brief van strooi” genoem.Jakobus stry egter glad nie met Paulus nie. Maar hy bestry wel kerklidmate wat met ‘n verkeerde beroep op Paulus ‘n lewe sonder goeie dade ly. As daardie mense op hulle sondes gewys is, was hulle nie skaam en berouvol nie. Hulle verskoning was: “Maar ‘n mens word mos nie deur jou goeie dade gered nie? Slegs deur jou geloof. Wel, ek glo ook in die Here Jesus”.

Lees:Jakobus 2: 17, 22 en 26.

Jakobus gebruik dieselfde voorbeeld as Paulus: Abraham. Moet maar kyk in Romeine 4: 3 en 20-22. Maar hy wys daarop dat Abraham se geloof nie sonder gevolge in sy lewe gebly het nie. Hy het ook kragtige geloofsdade begin doen.Kom ons gebruik nog 'n keer Jesus se beeldspraak van Johannes 15: ‘n loot wat weer op die wingerstok geënt is, sal begin groei, blom en vrugte dra. Maar, so sê Jakobus: dan mag ‘n mens dit ook omdraai: indien daar geen vrugte aan 'n loot groei nie, watter gevolgtrekking moet 'n boer dan maak? Dan moet daar iets fout wees met die verbinding aan die wingerdstok. Geen goeie dade? Dan is daar ook geen regte geloof nie!

E. God beloon sy eie werkAlhoewel ons goeie werke dus eintlik God se goeie werk in ons is, wil God nogtans ons goeie werke selfs beloon!Die Bybel praat op talle plekke van so'n beloning:

Lees: Spreuke 13: 13, 19: 17, 25: 22Mattheüs 5: 12, 6: 1-4, 20Openbaring 22: 12

Die HERE weet van jou persoonlike worsteling teen jou geaardheid, teen jou moeilike karakter, teen die trekkrag van die sonde. Hy noteer met blydskap elke oorwinning. Hy is getuie as jy by die huis en in die skool stry teen rusie en selfsug en probeer om vredeliewend en vergewingsgesind te wees. Hy sien dit as jy jou gawes in sy diens wil gebruik.Hy hoor dit as jy Hom verdedig teenoor mense war met Hom spot of die waarheid van sy Woor probeer afwaterEn Hy gee ons loon na werke.Na ons dood? Ja, maar ook nou al, in hierdie lewe.

Bespreek saam:

Page 10: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

Wat is die wins as jy nie aan die suigkrag van die sonde toegee nie?

Wat is die wins as jy jou drif beteuel en rusie vermy? Wat is die wins as jy 'n ander kan vergewe? Wat is die wins as jy jou gawes in God se diens stel? Wat is die wins as jy jou God teenoor ander durf verdedig?

Met dié wins wil die HERE ons vandag al stimuleer sodat ons ook self plesier kry in die vernuwing van ons lewe. Bekering moet vir ons geen lastige eis van 'n onverbiddelike God wees nie, maar 'n wonderlike herstel van 'n lewe wat ons eers deur die sonde verspeel het.En dan ontvang ons eendag in die toekomstige lewe die ewige vreugde as beloning.

Het ons dan aan die einde van die dag tog iets verdien?! Is God wel verplig om ons eendag ons loon uit te keer as ons vandag regtig ons bes probeer om nie meer as goddeloses nie, maar as kinders van sy Koninkryk te lewe? Natuurlik nie.Ons goeie werke het mos nie uit onsself voortgekom nie. Hulle kom uit die Heilige Gees voort. En dus beloon God feitlik maar net sy eie werk in ons lewe.

Sondag 24 HK Vraag 63: Verdien ons goeie werke dan niks nie, terwyl God hulle tog in hierdie en in die toekomstige lewe wil beloon?

Antwoord: Hierdie beloning word nie uit verdienste nie maar uit genade gegee.

F. Ons goeie dade- nie goed genoeg nie

Maar: as ons lewe algaande verander, verbeter; as ons toenemend teen die sonde begin stry en ons lewe weer in die HERE se diens stel; as ons wegbly van alles wat in 'n kind van God se lewe nie tuishoort nie -maak hierdie verbetering van ons lewe, wat Christus se Gees in osn tot stand bring, ons nie algaande tog 'n bietje meer aanvaarbaar vir God nie??

Page 11: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

Met dié vraag begin Sondag 24 van die Kategismus. Want dit is uiteindelik die hoofvraag waarmee ons feitlik almal worstel. Nie net die Roomses nie. Ons Gereformeerdes ewe goed. Want: daar het mos al baie in ons lewe verbeter!Nee, ons is nog nie volmaak nie. Maar wat as ons onsself vergelyk met baie mense in die wêreld wat nog -of: weer- in die sonde leef, is ons lewe mos reeds heel anders.Ons is nie meer heidene nie! ‘n Mens kan ons, kerklidmate, tog nie meer goddeloses noem nie? Maak dit ons dan nie meer aanvaarbaar vir God nie?

Die antwoord is: nee! Want onthou jy nog wat die HERE, die hemelse Regter, in sy wet van ons vra? Kan ons daaraan voldoen?Kan ons gedeeltelik ons skuld by God wegwerk?Maarten Luther het geleer: ons kan nie. En: ons hoef nie!

Sondag 24 HK Vraag 62: Maar waarom kan ons goeie werke nie die geregtigheid voor God of in elk geval 'n deel daarvan wees nie?

Antwoord: Omdat die geregtigheid wat voor die hof van God bestaan kan, heeltemal volmaak moet wees en in alle opsigte met die Wet van God ooreen moet stem.

Maar selfs ons beste werke is in hierdie lewe almal onvolmaak en met sondes besmet.

Die vrugte wat die Heilige Gees by ons laat groei, is goed. Maar ons hantering daarvan is nog so sleg, dat hulle dadelik weer met sonde besmet raak.Ons bly ons hele lewe lank op God se genade aangewese.Daarom onderstreep Sondag 24 slegs die boodskap van Sondag 23: die Evangelie is die Evangelie van GENADE ALLEEN.

Page 12: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

Ons word gered sonder enige verdienste van ons kant, alleen deur Jesus Christus.

G. Huiswerk

Page 13: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

LES 36 - SONDAG 25: INSPUITING OF GELOOF?

A. Twee of sewe?

Die Kategismus vra in Sondag 25:

Sondag 25 HK Vraag 68: Hoeveel sakramente het Christus in die Nuwe Verbond ingestel?

Antwoord: Twee, naamlik: die heilige doop en die heilige nagmaal.

Dit lyk 'n alte simpel vragie. 'n Kind weet mos al die antwoord. Oukei, hy ken dalk nie daardie moeilike outydse woord “sacrament” nie. Ons gaan in hierdie les ook nie ons hoof daaroor breek nie. Mens kry daardie oorspronklik Latynse woord nêrens in die bybel nie. Dit het iewers in die kerkgeskiedenis ontstaan. Maar ‘n kind weet al dat daar in die kerk twee spesiale gebeurtenisse is wat afwyk van die gewone gang van sake in ‘n erediens: wanneer die doop bedien word en wanneer die nagmaal gevier word.

Maar toe die Heidelbergse Kategismus in 1563 geskrywe is, het die kinders dit nie sommer dadelik geweet nie! En hul ouers ook nie.Hulle het groot geword in die Rooms Katolieke Kerk waarin daar nie twee nie, maar sewe sakramente was:1. die doop2. die vormsel ('n soort geloofsbelydenis)3. die mis (die Roomse nagmaal)4. die bieg5. die huwelik6. die priesterwyding7. die laaste olie salwing ('n salwing op die sterfbed)

Vraag:

Page 14: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

Was jy ooit in 'n Rooms Katolieke kerkgebou? Wat het daarin sentraal gestaan? En waar was die preekstoel? Het jy die bieghokkie gesien?

Is die verskil tussen ‘n Gereformeerde Kerk en die Rooms Katolieke kerk dus vijf? Hulle het nog vijf ander besondere gebeurtenisse ook in hul kerkdienste? Was dit die enigste moeite wat Maarten Luther met die Roomse kerk gehad het?

B. Inspuiting?

Ongelukkig is die verskil baie meer diepgaand.

'n Mens sou daardie sewe sakramente van die Rooms Katolieke Kerk met 'n reeks inspuitings by die dokter kan vergelyk.Die mens word in sonde ontvang en gebore -dit word ook in die Roomse Kerk geleer-. Ons kom doodsiek in die wêreld. Maar God het hier op aarde ‘n Mediese Sentrum: die kerk, wat die medisyne voorsien om ons weer heeltemal gesond en reg vir die nuwe aarde te maak: sewe inspuitings wat ‘n

mens op 'n gereelde basis moet ontvang.

Vraag: Waarom kan niemand al sewe sakramente kry nie?

Kom ons lees gou Sondag 30, die laaste sin van antw 80.Hoe noem die Kategismus die belangrikste van hierdie Roomse sakramente, die mis? Mag ‘n mens dit so sê??Ons moet. En ons kan dit ook maar van die ander ses Roomse sakramente sê.Waarom?

Hierdie sakramentsleer laat jou feitlik heeltemal op daardie sakramente vertrou en nie op dit wat ons Here Jesus Christus vir ons gedoen het en steeds doen nie.

Dit laat jou op die kerk vertrou aangesien jou verlossing heeltemal van die kerk se ‘medisyne’ afhanklik is.

Dit laat jou op die ampsdraers van die kerk vertrou, wat aan jou die belangrike ‘inspuitings’ moet toedien. Jy is in wese ook van hulle afhanklik.

Dit laat jou op die ou end feitlik die meeste op jouself vertrou: as jy maar op 'n reëlmatige basis die noodsaaklike ‘inspuitings’ kom haal, sal jy die nuwe aarde wel haal!

Page 15: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

Bespreek saam, eventueel in groepies: Ons ken in ons Gereformeerde kerke nie daardie sewe sakramente nie. Nogtans kan dit gebeur dat ook ons meer op die kerk en op bepaalde verrigtings van die kerk se ampsdraers as op Christus vertrou. Wanneer gebeur dit?

C. Geloof!

Ons leef nie meer in 1563 nie. Is dit steeds nodig om die Roomse leer m.b.t. die sakramente steeds so uitvoerig te bespreek?Dit dwing ons in elk geval om nog ‘n slag ekstra daaroor na te dink hoe presies die Heilige Gees die kerk gebruik om ons by Jesus Christus te bring en by Hom vas te hou.In alles wat ons inmiddels uit die Heidelbergse Kategismus bespreek het, het dit duidelik geword dat ons "slegs deur die geloof in Jesus Christus" van ons sondes gered kan word en die nuwe aarde mag beërwe.Maar wat beteken dit presies? Hoe kom ‘n mens aan so ‘n geloof? En hoe voorkom ‘n mens dat jy jou geloof weer (begin) verloor?

Ons het in Les 13, oor Sondag 7 HK, al geleer dat dit God se eie Heilige Gees is wat die geloof in ‘n mens moet bewerk.

Lees:Lees Sondag 7 vraag en antwoord 21 nog ‘n slag.En ook Sondag 27 vraag en antwoord 74.

Hier in Sondag 25 word nou effens breedvoeriger vertel hoe die Heilige Gees dit doen:

Sondag 25 HK Vraag 65: Terwyl ons slegs deur die geloof aan Christus en al sy weldade deelkry, waar kom so'n geloof dan vandaan?

Antwoord: Die Heilige Gees werk dit in ons harte deur die verkondiging van die heilige evangelie en versterk dit deur die gebruik van die heilige sakramente.

Page 16: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

Onthou jy nog wat ‘geloof’ beteken? Dan aanvaar ‘n mens vir waar wat iemand anders vir jou sê. Sê-nou jy soek ‘n bepaalde straat en jy vra vir iemand hoe om daar te kom en daardie verbyganger wys jou hoe om te ry, sal jy hom op sy woord moet glo. Hy beloof: jy sal dit kry. En hy vra van jou geloof: dis hoe jy moet ry.Dis ook hoe die Heilige Gees werk. Hy kom met God se beloftewoorde na ons toe en bly ons aanhoudend daaraan herinner. Maar Hy vra dat ons Hom sal glo.

Lees:Romeine 10: 9-15 en 17Handelinge 8: 26-35Hiervoor gebruik die Heilige Gees op aarde. Nie soos 'n Mediese Sentrum of doktersspreekkamer waar 'n mens op 'n gereelde basis inspuitings kan kom haal nie. Maar soos 'n moeder wat ons gedurigdeur aan Vader se woorde herinner en daarby vashou.En soos ons in die twee bybelgedeeltes gelees het, gebruik die Heilige Gees daarby mense. Verkondigers. Gewone medemense wat in ons eie taal met ons kom praat.In Gereformeerde kerke staan daarom nie die sakramente sentraal nie, maar die verkondiging vanaf die preekstoel. Waarin ons opgeroep word om te gló.Dit is nie die enigste manier waarop die Heilige Gees ons met onze Hemelvader se woorde aanspreek nie. Dit het by jou al begin toe jou Pa en Ma jou oor die HERE en oor sy Seun Jesus Christus begin vertel het, sodat ook jy sou begin gló.

Vraag:1. Hoe sê ons dit in die laaste gebed in ons Doopsformulier?

Toen jy deur jou ouers Christelik en Godvresend opgevoed is, is jy alreeds...............................

2. Watter ander manier nog gebruik die Gees om jou met Vader se woorde in aanraking te bring?

Op hierdie eenvoudige manier bereik die Heilige Gees nie net ore van mense nie, maar ook hul harte.

D. Waarborge by God se beloftes

Ook die Gereformeerde kerke het sakramente. Nie sewe nie, maar slegs die twee wat Christus self ingestel het. Maar dit is dus nie ‘n soort inspuitings nie. Dit is ‘n hulpmiddel bij God se beloftewoorde, waardeur die Heilige Gees die geloof wat Hy in ons harte werk, nog wil versterk.Doop en nagmaal voeg naamlik niks nuuts aan die evangelie toe nie. Daardie sakramente is maar net 'n sigbare onderstreping van dit wat God in die evangelie sê.

Lees:

Page 17: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

Rigters 6: 36-40.Watter ‘sakrament’ het Gideon gevra en gekry?Kan jy ander dergelike ‘sakramente’ in die Ou testament noem?

Doop en nagmaal is tekens en seëls sê die Kategismus.Teken: ‘n sigbare verduideliking van wat God ons beloof.By die doop word 'n mens met water skoongewas. So wil God die vuiligheid van die sonde van ons af was.By die nagmaal word brood gebreek en rooi wyn geskenk en as voedsel rondgedeel. So skenk God danksy Christus se gekruisigde liggaam en vergote bloed weer léwe aan ons.Seël: ‘n sigbare waarborg dat God sal maak soos Hy beloof.Net so seker as wat jy die water op ons kop gekry het, net so seker wil God jou sondes wegwas. Jy moet dit net glo.Net so seker as wat die brood gebreek en die wyn geskenk word en jy dit mag eet en drink, net so seker mag jy lewe danky Christus se kruisdood. Jy moet dit net glo.

So help die Heilige Gees ons om God se beloftes te glo.

E. Waarborge moet gebruík word

By 'n inspuiting is geen geloof nodig nie. As jy jou inspuiting ontvang het, hoef jy verder niks meer te doen nie: die medisyn sal sy werk doen.Maar 'n waarborg moet in geloof gebruik word. As jy dit nie gelowig gebruik, sal dit ook nie werk nie.

'n Waarborg is mos maar net 'n sigbare bevestiging van 'n mondelinge belofte. As jy 'n horlosie koop, beloof die fabriek miskien dat hulle binne 12 maande moontlike foute sal regmaak. Of selfs ‘n nuwe horlosie vir jou sal gee. Jy ontvang dan ‘n skriftelike waarborg van daardie belofte, met die bedoeling dat jou geloof in dié fabriek se belofte versterk word. Jy kan jou maar, as jou horlosie al binne 12 maande breek, vrymoedig

op daardie waarborg kom beroep.

Maar dan sal jy, ingeval jy inderdaad foute aan jou horlosie agterkom, jou waarborg wel moet gebruik. Jy sal na die winkel moet teruggaan en met 'n beroep op jou waarborg vra dat hulle die horlosie laat regmaak.

Vraag:

Page 18: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

Wat sou gebeur het as Gideon ten spyte van die waarborg van die wolvlies steeds nie die HERE se belofte sou geglo het nie?

So wil die Heilige Gees deur doop en nagmaal ook ons geloof in God se beloftes versterk. Hulle waarborg dat God sal doen wat Hy beloof het. Ons moet egter dié waarborge ook gebruik.

Vraag: Hoé kan jy konkreet elke dag die waarborg van jou doop gebruik, elke dag?

F. Tot voordeel of tot oordeel

Doop en nagmaal het dus slegs betekenis vir ons vir sover ons God se evangelie in geloof aanneem. Slegs sán help daardie sakramente ons om die evangelie nog sterker te glo.Wie egter nie glo nie, ontvang ook niks deur die sakramente nie. Hulle is soos mense wat wel 'n waarborg ontvang maar dit opskeur en weggooi, of in 'n laai van hul lessenaar bêre en nooit meer gebruik nie.

Hoe sal hulle dink jy moet voel wanneer hulle eendag voor die HERE verskyn?

Ons kan dus samenvattend sê:DIE SAKRAMENTE IS TOT ONS VOORDEEL (as ons hulle naamlik in geloof gebruik)OFDIE SAKRAMENTE IS TOT ONS OORDEEL(as ons hulle naamlik nie gelowig gebruik nie)

Sondag 25 HK Vraag 66: Wat is sakramente?

Antwoord: Doop en Nagmaal is ‘n sigbare, heilige verduideliking en onderstreping waardeur die Heilige Gees ons, as ons dit gebruik, wil help om die belofte van die evangelie nog beter te verstaan en te waarborg Hierdie belofte is dat God ons vanweë die enige offer van

Page 19: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

Christus wat aan die kruis volbring is, vergewing van sondes en die ewige lewe uit genade skenk.

Vraag 67: Is die Woord en die sakramente albei daarvoor bestem om ons geloof op die offer van Christus aan die kruis as die enigste grond van ons redding te wys?

Antwoord: Ja, seker, want die Heilige Gees leer ons in die evangelie en verseker ons deur die sakramente dat ons volle redding op die enige offer van Christus rus, wat aan die kruis vir ons gebring is.

G. Huiswerk

Page 20: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

LES 37 - SONDAG 26: DIE DOOP: ‘N PASPOORT

A. Maarten Luther.

Maarten Luther –ons ken hom inmiddels- het eendag gesê: “Wanneer ek op my sterfbed lê en die duiwel konfronteer my met al my sondes, sal ek hom gelyk gee. Maar dan sal ek in geloof my hand op my voorkop lê, waar ek met die water van die doop besprinkel is, en God se engele sal my kom wegdra om teen die bors van Abraham te rus”.Wat presies het Luther daarmee bedoel?Hoeveel beteken die doop vir jou?Is dit net daardie bietjie water wat ‘n mens soveel rus en sekerheid kan gee?Oor die vrae gaan hierdie les waarin ons na die eerste van die twee waarborge (sakramente)gaan kyk wat die Heer Jesus aan sy kerk gegee het.

B. Sondvloed en Rooisee.

In die gebed wat ons saam bid elke keer as die doop bedien word, noem ons twee voorbeelde uit die geskiedenis van die Ou Testament waarin God toe reeds die doop afgebeeld het: die redding van Noag en sy gesin deur die water van die sondvloed

en die redding van God se volk Israël deur die water van die Rooisee.

Opdrag:Lees saam daardie gedeelte uit die gebed voor die doop in ons Doopsformulier

Die skrwyer van die Doopsformulier het daardie verband met die doop in die Nuwe Testament gekry: 1 Petrus 3: 20b en 21 en 1 Korintiërs 10: 1 en 2. Daardie indrukwekkende gebeurtenisse was ‘n soort van aanduiding van wat eendag die doop met ‘n mens sal doen.

Vraag:Sien jy ‘n ooreenkoms in die massas water by die Sondvloed in die Rooisee en die handjievol water toe jy gedoop is??

Sowel by die Sondvloed as by die Rooisee het die water skeiding gemaak. Noag hulle het deur water die sondige, goddelose wêreld en sy mense agter hulle gelaat en mog ‘n nuwe lewe begin.

Page 21: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

Lees:Genesis 9: 1-3. Waaraan herinner daardie woorde jou?Die volk Israël het deur die water die hele Egiptiese weermag agter hulle gelaat, maar ook die lewe vol afgodediens in Egipte, en hulle mog ‘n nuwe lewe in Kanaän tegemoet gaan.

Vraag:Hoe het die doop in jou lewe skeiding gemaak? Wat mog jy agter jou laat? En hoe ‘n nuwe lewe mog jy begin?

C. Johannes die Doper.

Ons lees die eerste keer in die Bybel van die doop wanneer Johannes die Doper begin optree.

Johannes het sy volksgenote saamgeneem in die Jordaanwater in en hulle daarin ondergedompel. Ook hierdie simboliese handeling was bedoel om skeiding te maak. Waaraan sou die Jode by daardie vreemde ritueel gedink het?Waarskynlik was die doop bedoel as 'n uitbreiding op 'n bekende ritueel in Israel se erediens wat deur die HERE

voorgeskryf was. Die HERE het beveel om jou liggaam en jou klere te was ingeval 'n mens op die een of ander manier onrein geword het. Dit kon gebeur as iemand met ‘n lyk of ‘n kadewer in aanraking gekom het, as iemand siek geword en begin opgooi het, of as iemand hom beseer en as gevolg daarvan gebloei het, as vrouens en meisie gemenstrueer het, as iemand ‘n sweer of ‘n puisie gekry het.... Dit was vir die HERE alles late duidelike herinneringe aan die sondeval, gevolge daarvan, en daarom moes mense wat dit oorgekom het tydelik buitekant die laer (en later: buitekant die dorpe en stede) gaan. Hulle mog nie naby die HERE se heiligdom bly nie.Maar na verloop van tyd mog hulle hulself en hulle klere was en in die midde van hul broeders en susters terugkeer.Waarskynlik het Johannes dus by hierdie wasritueel aangesluit. Hy het die koms van die Here Jesus, God se hemelse Seun, aangekondig, maar terselfdertyd vir die Israeliete geleer dat hulle nie in die nabyheid van die Verlosser kon kom nie, tensy hulle gereinig sou word. Daar moes ‘n skeiding kom tussen hulle en hul sondes.

Lees:Matteüs 3: 2.Wat was die kern van Johannes se verkondiging?

Page 22: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

D. Naäman.

Die plek wat Johannes vir sy doop gekies het, die Jordaanrivier, en die feit dat hy die Israeliete nie net gewas het nie maar heeltemal in die water ondergedompel, was dalk boonop 'n herinnering aan 'n bekende geskiedenis uit die Ou Testament: Naäman se genesing van melaatsheid. Metlaatsheid: die siekte wat ‘n mens in God se volk aanhoudend onrein gehou het!

Lees:2 Konings 5: 9-14Hoe het Naäman se vel gelyk na hy sewe keer in die Jordaanwater ondergeduik het?

Daardie man was weergebore!So moes ook God se volk nie net 'n bietjie skoongewas word nie, maar almal moes hulle heeltemal nuwe mense word. "Die Koninkryk van die hemel het naby gekom", het Johannes gepreek. Maar niemand sou daardie heerlike Koninkryk kon binnegaan tensy hy opnuut gebore sou word nie.

Vraag: Hoe lui die eerste sin van ons Doopsformulier?

E. Beskamend en bemoedigend

Die water by die doop wil dus skeiding maak.Skeiding tussen jou en die vuilheid van die sonde. Jy mag die slaweband aan die duiwel agter jou laat en ‘n nuwe lewe onder die Heer Jesus Christus begin.Dit impliseer dus dat die doop allereers 'n beskamende simboliek is: dit maak duidelik dat jy gereinig moet word; dat jy moet loskom van dit wat sleg is. Jy is vuil, onrein, as gevolg van die sonde waarin jy ontvang en gebore is. En daarvan moet jy skoongewas word, anders kan jy nie in God se Koninkryk ingaan nie.Terselfdertyd is die doop egter ook 'n bemoedigende teken: dit belowe dat jy skoongewas sal word. En ‘n nuwe lewe mag begin. Die vuiligheid van die sonde en die dood bly as 't ware in die water agter.

Sondag 26 HK Vraag 69: Hoe word jy in die heilige doop daarop gewys

Page 23: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

en daarvan verseker dat die enige offer van Christus aan die kruis jou ten goede kom?

Antwoord: Christus het die uitwendige waterbad ingestel. Daarby het Hy beloof dat ek net so seker met sy bloed en Gees van die onreinheid van my siel, dit is: van al my sondes, gewas is as wat ek uitwendig met die water gewas is wat die vuiligheid van die liggaam wegneem.

F. Nie net vergewing nie.

Toe Luther gesê het hy sal, as die duiwel hom sy sondes voorhou, sy hand op sy voorkop lê en hom op sy doop beroep, waaraan het hy toe gedink? Dat daar vergewing is vir al sy sondes?Ja, maar die doop waarborg méér! Die Kategismus sê dat ons met die bloed en die Gees van Christus gewas word.

Sondag 26 HK Vraag 70: Wat beteken dit om met die bloed (1) en die Gees (2) van Christus gewas te wees?

Antwoord: Dit beteken (1) om van God vergewing van sonde uit genade te ontvang ter wille van die bloed van Christus wat Hy in sy offer aan die kruis vir ons gestort het.

Page 24: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

Verder, (2) om deur die Heilige Gees vernuwe te word en as lede van Christus geheilig te wees, sodat ons die sonde hoe langer hoe meer afsterwe en godvresend en onbesproke lewe

Deur Christus se bloed word my opgehoopte sondeskuld weggedoen.Maar vervolgens werk Christus se Heilige Gees ook daaraan dat ons ‘n nuwe lewe sal begin, waarin ons die sonde haat en ontvlug. God belowe in die doop behalwe VERGEWING ook VERNUWING.Ons kan ook sê:God belowe in die doop sowelREGVERDIGMAKING asHEILIGMAKING.

Opdrag: Kyk nog 'n keer in Les 6 oor Sondag 3 - Ons eie skuld Paragraaf E. Wat het ons daar geleer oor die woorde GEREGTIGHEID EN HEILIGHEID?

Die doop waarborg nie alleen die afskeid van ons erf-SKULD nie, maar ook van ons erf-SMET.

G. Wonderwater? Paspoort!

Het daardie klein bietjie water by ons doop dus soveel krag dat ons volslae nuwe mense daarvan word? Wonderwater?Nee! Die water is gewone water en maar net ‘n hulpmiddel van die Heilige Gees wat ons wil help om in die oneindige krag van Christus se Gees en bloed te glo.

Sondag 27 HK Vraag 72: Kry ons dus deur die waterbad self die afwassing van ons sondes?

Antwoord: Nee! Alleen die bloed van

Page 25: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

Jesus Christus die die Heilige Gees reinig ons van al ons sondes.

Ons het in die vorige les geleer dat doop en nagmaal nie soos n’ inspuiting werk nie. Die doopwater is maar net 'n simboliese handeling.'n Teken (sigbare verduideliking): soos 'n mens by die doop met water skoongewas word, so wil God die sondes wegwas. 'n Seël (sigbare waarborg):net so seker as wat jy die water op jou kop gekry het, net so seker sal God ons sondes wegwas, maar slegs as jy dit van Hom vra. ‘n Waarborg werk alleen as mens dirt gebruik.Die doop onderstreep slegs God se belofte in die Evangelie dat jy in jou verbondenheid met Christus al jou sondes agter jou mag laat en onder die leiding van sy Gees ‘n nuwe lewe mag begin. Maar jy sal hierdie nuwe lewe nou ook buite jouself, by Christus moet soek.

Ons sou ons doop kon vergelyk met ‘n paspoort. Dit belowe ons dat ons by die grens van God se ryk nie geweier en weggestuur sal word nie. Christus het die inreisvisum vir ons bekom. Maar moenie hierdie paspoort êrens in ‘n laai wetgbêre en daar van vergeet nie. Neem dit saam en gebruik dit as ‘n bemoediging om op pad na daardie ryk te bly.

H. Huiswerk.

Page 26: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

LES 38 - SONDAG 27b: MOET KINDERS OOK GEDOOP WORD?

A. ’n Waarborg in kinderhande?

Sê-nou jy kry op jou verjaarsdag ‘n pragtige horlosie. Met ‘n driejaar waarborg by. Jy het nog ‘n klein bababoetie. Sal jy die papiere waarborg vir jou boetie gee om mee te speel?Jy onthou natuurlik nog dat die doop nie soos 'n INSPUITING werk nie. Jy raak daarmee nie outomaties van jou sondes ontslae nie. Die doop werk ook soos 'n WAARBORG, ‘n hulpmiddel om te glo wat aan jou is beloof. Jy sal dit in geloof moet gebruik en die vergewing deur Christus se bloed en die vernuwing deur Christus se Gees wat God daarin aan jou beloof, by Hom telkens gaan haal. Dis hoe ‘n waarborg werk.

Belofte Geloof

(onderstreping/waarborg)

Maar is dit dan wel reg dat ons ook alreeds vir klein babatjies hierdie waarborg gee?! 'n Baba kan mos 'n waarborg nog nie begryp nie, laat staan dat hy dit kan gebruik. Moet ons nie liewer wag tot 'n kind groot genoeg is om selfs God se beloftes te kan aanvaar nie? Geen kinderdoop nie maar net die doop van volwassenes?

B. Wederdopers.

Daar is heelwat mense wat tot dié gevolgtrekking gekom het. Hulle verwerp die kinderdoop en verdedig die grootdoop.Sulke mense was daar reeds eeuelank. Met 'n versamelnaam noem ons hulle WEDERDOPERS of, met die Griekse woord: ANABAPTISTE. Hulle leer dat ‘n mens, as jy as baba gedoop is, weer gedoop sal moet word, aangesien die kinderdoop geen betekenis gehad het nie

Vraag:

Page 27: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

Kan jy 'n aantal kerke en sektes noem wat uitsluitend die grootdoop toepas?In watter gevalle pas ook ons kerke die grootdoop toe?

Die verdedigers van die grootdoop beroep hulle dikwels op wat die Here Jesus in Markus 16: 16 gesê.

Lees:Markus 16: 16. Hoe meen hulle leer Christus Self hier net die grootdoop?Watter fout maak die verdedigers van die grootdoop?

C. Waarborg of sertifikaat?

Ons kan die keuse tussen kinderdoop of grootdoop nie met een of twee tekste beslis nie. As ons se dat die tronkbewaarder in Filippi “saam met sy hele huis(gesin)” deur Paulus gedoop is (Handelinge 1633, 34) gedoop is, antwoord hulle dat daar seker maar nie meer klein kinders in die huis was nie.Ons sal die onderwys van die hele Skrif in rekening moet bring. Die Kategismus sê in Sondag 27 dat die doop in die plek van die besnydenis ingestel is.Die besnydenis was ‘n verbondsteken. Maar as God ‘n teken gee, is dit nooit ‘n beseëling van iets wat jy klaar het, of bereik het nie. Die wat die grootdoop verdedig meen wel so: die doop is ‘n soort van sertifikaat van die feit dat jy tot geloof gekom het, Jesus in jou hart aangeneem het en dus ‘n weergebore mens geword het. Dus:

Belofte Geloof

(onderstreping/sertifikaat)

God se tekens is juis hulpmiddels om in jou eie te maak wat jy nog nié het nie, maar wat God al wel aan jou belowe. God se tekens onderstreep nie ons geloof nie, maar wil ons help om te glo.

Vraag:

Page 28: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

Onthou jy nog waarom Gideon die teken van die wolvlies van God gekry het?En waarom koning Hiskia op sy siekbed die teken van die skaduwee wat op die sonwyser teruggegaan het, gekry het?

D. Abraham se besnydenis.

Dit was ook God se bedoeling met die besnydenis van Abraham. God het Abraham gekies om uit hom en Sara 'n groot volk te laat groei: sy nuwe volk vir die nuwe aarde! Ontelbaar soos die sterre. Uit Abraham sou ook die Verlosser gebore word.

Dis dié dat God Abraham beveel om hom te laat besny.Daardie besnydenis van Abraham was 'n snaakse teken. Die voorhuid, die beskermende velletjie aan die manlike geslagsdeel, is weggesny.Gewoonlik is dit by seuns van ongeveer 16 jaar oud gedoen: die teken dat hulle man geword het en in staat om kinders te verwek.Maar hoe oud was Abraham reeds toe hy besny moes word??Die HERE het Abraham eers so oud laat word dat hy skaars meer in staat was om kinders te verwek nie: sien Romeine 4:19.Nogtans moes Abraham besny word. Want hy sou tog by sy onvrugbare vrou Sara ‘n seun verwek. WANT GOD HET SO BELOWE! Daardie besnydenis was dus ‘n onderstreping van, ‘n waarborg by God se beloftes wat nog in vervulling moes gaan. Om Abraham en Sara te help glo dat God al sy beloftes nakom, al lyk dit ‘n hele ruk ook glad nie so te wees nie.

Lees:Genesis 21:1,2. Wat word daar tot drie keer toe gesê?

Vraag:Sara is nie besny nie. Nogtans het die teken van die besnydenis het ook vir haar betekenis gehad.Verstaan jy nou wanneer en op watter wyse?

Die besnydenis was, net soos vandag die doop, ‘n teken en seël van God se beloftes aan Abrham en Sara:Teken: 'n sigbare verduideliking dat God Self die belemmering van die sonde by jou moet wegneem om jou bruikbaar te maak vir sy Koninkryk.

Page 29: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

Seël: 'n sigbare waarborgdat God daardie belemmering by jou wil en sal wegneem, net so seker as wat die mes by jou iets weggesny het, indien jy gelowig met God se belofte aan die werk spring.En net soos by die doop kan ons ook by die besnydenis sê:die besnydenis was allereers 'n beskamende teken: Abraham en Sara was van hul eie nutteloos vir God. Hulle kan uit hulleself die beloofte kind nie voortbring nie.Terselfdertyd was die besnydenis ook 'n bemoedigende teken: as Abraham en Sara hierdie teken vol vertroue in die huweliksverkeer sou gebruik, sou hulle tog nuttig vir God kon word: die pa en ma van 'n menigte van nasies!

E. Die kinders ook!

God het die besnydenis as die teken van sy verbond, nie net vir Abraham en Sara gegee nie. Hy het bepaal dat voortaan ook al die klein seuntjies in hul nageslag besny moes word.

Vraag:Weet jy op watter leeftyd die seuntjies in Israël besny moes word?

Dié besnydenis van daardie klein mannetjies was amper nog meer belaglik as die besnydenis van 'n ou man soos Abraham. So 'n klein seuntjie is mos nog lank nie 'n man nie. Hy is hoegenaamd nog nie in staat om vrugbare semen te produseer nieMaar hiermee wou God nogmaals duidelik maak dat Hy ons nie eers in sy verbond opneem as ons sélf daarvoor kies of daarvoor geskik geword het nie; nie eers as ons self iets bereik het nie. Ons word in God se verbond opgeneem en ontvang sy beloftes, omdat God ons daarvoor uitgekies en geroep het. As Gods jou plaas in ‘n huisgesin van sy volk, geld al sy beloftes uit die staanspoor ook vir jou. En eweseer sy waarskuwings as jy sy beloftes in ongeloof verwerp.

Soos vandag ouers wat hulle kinders laat doop het, verplig is om die kinders , terwyl hulle opgroei, hulle doop (dus: God se verbondsbeloftes) te leer verstaan, so was ouers in Israël verplig om hulle kinders die betekenis van die besnydenis, terwyl hulle opgroei, te leer verstaan.Moet ook maar daarop let dat in die tyd van die Ou Testament die kinders, selfs die babas, altyd by moes wees as die HERE ernstig met sy volk gepraat het.

Lees: Deuteronomium 31: 13 Ezra 10: 1 Joël 2: 16.

Page 30: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

Vraag:Hoe dink jy: het Johannes die Doper alleen volwassenes gedoop? Betrek Markus 10: 13-16 by jou antwoord.

Dit is die rede waarom ons glo ook vandag klein kindertjies in die kerk gedoop moet word. God se beloftes en die onderstreping daarvan deur middel van ‘n teken, was dwarsdeur die eeue ook vir die kinders van sy volk. Ook die belofte van die Heilige Gees, wat die geloof werk, sê Sondag 27.

Lees:Handelinge 2:39

F. Die doop in die plek van die besnydenis.

Jy sal nie 'n spesiale Bybelteks vind waarin dit staan dat die doop in die plek van die besnydenis gekom het nie. Maar dat God na Pinkster die besnydenis afgeskaf het, word byvoorbeeld duidelik uit Paulus se brief aan die Galasiërs.

Opdrag: Soek 'n teks in die brief aan die Galasiërs waarin dit duidelik staan.

God het die besnydenis as verbondsteken afgeskaf omdat alle godsdienstige gebruike waarby bloed moes vloei, na

Christus se kruisdood laat ophou het. (Lees: NGB Art 34, die begin)

omdat die Jode die beskamende les in die besnydenis nie meergevoel het nie, maar daarvan 'n ereteken gemaak het. Daarom het Johannes die Doper Jode wat hulle daarop beroem het dat hulle Abraham se kinders was, saamgeneem in die Jordaanwater in en deur ‘n vernederende onderdompeling laat besef hulle is nogtans te vuil om in God se Koninkryk te kan binnegaan.

Die Here Jesus het vervolgens die doop as 'n nuwe verbondsteken oorgeneem.

Lees:Johannes 3:22, Matteüs 28:19

Dis dié dat ons mag sê dat die doop in die plek van die besnydenis gekom het.Daarom moet ons ook volhou dat klein kinders al dadelik na hul geboorte gedoop moet word, omdat God hulle al dadelik in sy verbond insluit.

F. Sekerheid of

Page 31: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

onsekerheid? Voorstanders van die grootdoop sê:Ons moet wag totdat 'n kind self vir God kiesOns sê op grond van die Skrif:God het klaar vir daardie kind gekies deur dit uit gelowige ouers binne sy verbondsvolk gebore te laat word, nes die seuntjies wat besny moes word.Verstaan jy dat die verdedigers van die grootdoop die doop, wat God juis aan ons as ‘n ekstra sekerheid gegee het (‘n waarborg!) baie on-seker maak?Die doop het ‘n sertifikaat van jou keuse vir God geword, ‘n onderstreping van jou geloof. Maar dan is God nie meer ten volle die God van genade nie. God het van jou, van jou geloof in Hom, afhanklik geword, pleks van dat jy van Hom en sy genade afhanklik is.Hoe onseker word dan jou doop! God het die doop bedoel as troos en bemoediging:al val jy ook in 'n hoe ernstige sonde, mag jy daaruit opstaan en met God verder gaan. God was jou weer skoon en vergewe jou jou sonde om Christus ontwil.Vir die voorstanders van net grootdoop kan die doop egter baie twyfel veroorsaak. Die doop was die sertifikaat by jou aanneming van Jesus in jou hart. As jy daarna in 'n ernstige sonde val - was jou doop dan dalk te vroeg? Was jy nog nie regtig weergebore nie? Was jou geloof dalk nie eg nie?? Of het jy met hierdie sonde jou doop weer verspeel?

Vir ons mag die doop, juis ook as ons in ‘n ernstige sonde val, ‘n ekstra troos en sekerheid gee. God het geweet dat soiets kon gebeur. Juis daarom het Hy die waarborg gegee dat ons met ons sondeskuld weer by Hom vergewing mag kom soek. Ontelbaar baie male.

Klein kinders kan die betekenis van hul doop self nog nie begryp nie. Hulle kan hul doop nog nie as 'n waarborg gebruik nie. Dit kom eers later. Hul ouers moet dit geleidelik vir hulle leer.Maar dit is vir God geen rede om voorlopig nog met die waarborg van die doop te wag nie. Want die HERE wil nie hê die ouers en die gemeente moet jarelank heeltemal in onsekerheid verkeer of daar vir daardie kind wel plek in God se Koninkryk is nie. Sê nou die kind sterf skielik as baba of kleuter of laerskoolleerling. Moet ons nou vir die res van ons lewe bly twyfel wat daar van daardie kind geword het? Sal ons daardie kind wel eendag weersien in God se Koninkryk? Nee, dan mag die doop ons troos! Daar is geen twyfel moontlik nie: daardie kinders het ons voorgegaan op die weg na God se Koninkryk.

Lees:Dordtse Leerreëls, hoofstuk I, art.17.

Page 32: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

En wat van kinders wat verstandelik ernstig gestremd is en nooit soos ons God se beloftes in geloof kan aanvaar nie? Sou ons hulle daarom van die doop moet uitsluit? Wanneer God so ‘n kind in die gemeente van Christus geplaas en in ‘n gesin van gelowige ouers gebore laat word het, geld sy beloftes ook vir so ‘n kind. En dus ook die waarborg daarby.

Sondag 27 HK Vraag 74: Moet die jong kinders ook gedoop word?

Antwoord: Ja, aangesien hulle net soos die volwassenes in die verbond van God en in sy gemeente ingesluit is. Ook aan hulle word nie minder as aan die volwassenes nie deur die bloed van Christus die verlossing van die sondes en die Heilige Gees, wat die geloof werk, belowe. Daarom moet hulle ook deur die doop as teken van die verbond in die Christelike kerk ingelyf en van die kinders van die ongelowiges onderskei word. So is dit in die Ou Verbond deur die besnydenis gedoen en in die Nuwe Verbond is die doop in die plek daarvan ingestel.

G. Huiswerk.

Page 33: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

LES 39 - SONDAG 28: DIE NAGMAAL: ‘N MONUMENT VAN GOLGOTA

A. Monument.

Daar staan orals in ons land monumente. Gedenktekens wat die herinnering aan belangrike persone of gebeurtenisse uit die verlede lewendig wil hou.

Vraag:Ken jy ‘n paar van sulke gedenktekens?

Vandag se les gaan ook oor ‘n monument. ‘n Gedenkteken wat aan die kruisdood van ons Heiland op Golgota wil herinner.so kan ons naamlik die tweede sakrament wat ons Here Jesus Christus ingestel het, die heilige Nagmaal, beskou.

‘n Aantal kere per jaar staan daar voor in die kerk 'n tafel met gebreekte brood en bekers rooiwyn.Almal wat aan daardie tafel eet en drink, of vanaf daardie tafel brood en wyn op hul sitplekke ontvang, word weereens nadruklik daarby bepaal dat die Here Jesus sy liggaam oorgegee en sy bloed vergiet het tot 'n volkome versoening van al ons sondes.Net soos die Doop is die nagmaal 'n teken en seël waarmee Christus ons geloof wil versterk:'n Teken (sigbare verduideliking):soos die brood gebreek en die rooiwyn geskenk word, so het Christus sy liggaam en bloed vir ons in die dood oorgegee om ons sondes te versoen.'n Seël (sigbare waarborg):net so seker as wat ek die brood en die wyn ontvang en mag eet en drink, net so seker het Christus ook vir my Homself in die dood oorgegee.

Vraag:Is die Nagmaal slegs ‘n monument vir die wat saam eet en drink? Sou jy dus net so wel op die Nagmaalsondae uit die kerk kon wegbly?

B.

Page 34: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

Pasga.Vir ons is dit maar 'n snaakse monument: geen standbeeld of 'n gedenknaald of iets dergeliks nie, maar 'n tafel.Waarom het Christus 'n maaltyd gekies om sy dood in ons herinnering lewendig te hou? Hoekom 'n tafel met brood en wyn?Christus het, toe Hy die nagmaal ingestel het, aangesluit by 'n maaltyd wat die volk Israël eeue lank al as 'n monument gevier het: die Pasgaviering

Lees : Exodus 12: 1-14 Wat het God se volk deur middel van daardie maaltyd

jaarliks herdenk? Alle huisvaders moes 'n lam uitsoek. Aan watter twee

vereistes moes daardie dier voldoen? Hoe veel dae moes hierdie lam apart van die ander diere in

bewaring gehou word? Met watter bedoeling is dit gedoen? Wat moes die vaders met die bloed van die lam maak?Wat

moes hulle met die lam se vleis maak? Hoé moes die Israeliete die Pasgamaaltyd eet?

Die HERE wou sy volk met hierdie simboliek iets leer wat hulle nooit meer mog vergeet nie:in daardie nag sou sy verderfengel alle eersgeborenes in Egipte doodmaak. Maar óók die Israeliete het dit verdien om doodgemaak te word. Hulle is nie eintlik beter as die Egiptenaars nie. Net danksy die pasgalam mag hulle bly lewe en met die HERE op reis gaan na die beloofde land Kanaän toe.

Twee dinge spring vorentoe in hierdie simboliek:1. Die bloed van die lam red die volk van God se toorn.2. Die vleis van die lam gee vervolgens vir die volkvoeding vir die reis na Kanaän.

C. Verlede, hede en toekoms.

Die HERE het hierdie Pasgaritueel voorgeskrywe as 'n insetting wat voortaan elke jaar opnuut gedoen moes word. Die dag van die uittog moes 'n gedenkdag wees met die Pasgamaaltyd as 'n gedenkmaaltyd.Elke jaar moes God se volk op daardie spesiale dag 'n lam slag, sy bloed rondom die deur smeer en sy vleis eet; en daneers na die verlede kyk, vervolgens na vandag kyk en dan ook na die toekoms kyk.

Page 35: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

Hulle moes terugkyk na die VERLEDE: na die wonderlike verlossing uit Egipte. Danksy die lam is hulle verlos!Hulle moes nadink oor die HEDE:hul lewe vandag, in die wonderlike land Kanaän mog woon, God se seëninge wat hulle daagliks geniet, is alles die gevolg van daardie redding uit Egipteland.Hulle moes verlang na die TOEKOMS: die verlossing uit Egipte het nog nie die volkome verlossing van die lewe gebring nie. Die sonde verwoes nog aanhoudend die verkeer met God en met mekaar. Daar moes 'n beter Pasgalam kom wat Homself sou offer tot 'n volkome versoening van alle sondes: die Messias.Vraag: Die Israeliete het tydens hul jaarlikse Pasgaviering in later jare altyd die sogenaamde "Hallel", die "Lofsang" gesing: Psalm 113-118. Hoe lui die gebed in Psalm 118:25?

D. Nagmaal pleks van Pasga.

Hierdie jaarlikse Pasgamaaltyd het die Here Jesus in die nag voor sy kruisdood nog een keer met sy dissipels gevier.Maar tydens daardie Pasgaviering het die Here plotseling die pasgalam eenkant geskuif, brood geneem, wat ook tot die maaltyd behoort het, dit gebreek en gesê: “Neem, eet, dit is my liggaam wat vir julle gegee word. Doen dit tot my gedagtenis”.Hy het vervolgens die beker geneem en gesê:“Hierdie beker is my bloed, die nuwe verbond in my bloed wat vir baie uitgestort word. Doen dit tot my gedagtenis.”

Voortaan moes God se volk dus nie meer aan die lam uit die nag van die bevryding uit Egipte terugdink nie. Hy, die Here Jesus Christus is die beter Lam waarna God se volk al so lank uitgesien het. Hy sou op Golgota die bevryding uit die slawerny van die sonde bewerk. Danksy sy bloed kon daar voortaan ’n nuwe en beter verbond met God wees. Dus moet ons voortaan aan Hom terugdink.Christus vervang dus die Lam se bloed en vleis met brood en wyn. Dit sal voortaan die monument van sy liggaam en bloed wees.Soos by die Pasga red sy bloed ons van God se toorn.En sy liggaam gee ons die voeding vir die reis vorentoe

Page 36: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

Na Christus se dood en opstanding het die kerk daarom telkens op die eerste dag van die week die Nagmaal gevier en die dood van die Here verkondig.

Vraag: Hoe word die Nagmaalsviering genoem in Hand 2: 42 en 46 en 20: 7?

Bespreek:Vier ons die nagmaal nie te weinig nie?Sou daar maniere wees om die viering van die nagmaal korter te laat duur?

E. Verlede, hede en toekoms.

Vandag, omtrent 20 eeue later, vier ons nog steeds die nagmaal op 'n gereelde basis. En nes die volk Israël kyk ons ook eers na die verlede, vervolgens na vandag en dan ook na die toekoms.

By brood en wyn kyk ons terug na die VERLEDE: na die offer van Christus op Golgota waarmee Hy ons uit die slawerny van die sonde verlos het.Ons dink ook na oor die HEDE: danksy Christus se dood mag ons lewe, God wil weer ons Vader wees en Christus woon met sy lewendmakende Gees in ons om ons te begelei op die pad na die hemelse Kanaän.En ons verlang na die TOEKOMS: as Christus weerkom, breek die totale verlossing van die lewe aan.

F. Beskamend en bemoedigend

Nes die doop is daar in die nagmaal ‘n beskamende en ‘n bemoedigende simboliek.Beskamend: die monument van Golgota herinner ons aan ons sondeskuld by God. Óns moes daar aan die kruis gehang en gesterf en hel toe gegaan het!Bemoedigend: die monument van Golgota herinner ons daaraan dat Christus se dood ‘n lewensmiddel vir ons geword het: brood en wyn. Deur sy dood mag ons nou vir ewig leef! Deur sy krag kan ons in hierdie lewe weer vorentoe.

Page 37: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

So dikwels die nagmaal gevier word, word almal opgeroep om eers hulle self te ondersoek: besef ons nog die beskamende en bemoedigende betekenins van die Nagmaalmonument?

Vraag:Hoe is die Israëliete opgeroep om hulleself met die oog op die Pasgaviering eers te ondersoek?

Lees:Die gedeelte oor die selfondersoek in die nagmaalformulier.

Sondag 28 HK

Vraag 75: Hoe word jy in die heilige nagmaal daarop gewys en daarvan verseker dat jy aan die enige offer van Christus aan die kruis en aan al sy sy weldade deel het?

Antwoord: Christus het my en alle gelowiges beveel om tot sy gedagtenis van hierdie gebreekte brood te eet en van hierdie beker te drink.

Daarby het Hy beloof dat sy liggaam so seker vir my aan die kruis geoffer en gebreek en sy bloed vir my gestort is as wat ek met my oë sien dat die brood van die Here vir my gebreek en die beker aan my gegee word en ek dit met die mond geniet.

G. Huiswerk.

Page 38: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

LES 40 - SONDAG 29 en 30a: GEMEENSKAP DEUR DIE GEES

A. Christus se liggaam in die kerk?

Het jy geweet dat daar in die Rooms Katolieke kerk geen gewone brood gebruik word vir hul Nagmaalviering nie? Hulle gebruik 'n spesiale soort brood wat nie maklik krummel nie. Want hulle wil nie hê daar moet tydens die Nagmaal broodkrummels op die tafel of op die grond val nie.Daarom mag die mense ook nie almal self 'n stukkie brood vat nie, maar word dit

deur die voorganger op hul tong gelê. Want sê-nou iemand laat val 'n stukkie brood!En weet jy wat maak hulle met die brood wat na die Nagmaal oorgebly het?Óns gooi dit weg of gee dit aan die hoenders, maar húlle bêre dit sorgvuldig in 'n kassie aan die altaar voor in die kerk, wat hulle tabernakel noem.Volgens die leer van die Rooms Katolieke kerk mag die lidmate ook nie ‘n teug wyn uit die beker neem nie. Want sê-nou hulle mors bietjie. Dan val daar van Christus se bloed op die vloer!

Hoekom dink hulle dit??Hulle glo dat die brood tydens die Nagmaal werklik verander in Christus se liggaam. En dat dat dus ook die wyn in Christus se bloed verander. So het Christus mos, toe Hy die Nagmaal ingestel het, vir sy dissipels gesê.

Lees:1 Kor 11: 24, 1 Kor 10: 16Joh 6: 53

Die Roomses vat dit baie letterlik op. Hulle glo dat die HERE Jesus Christus elke keer wat die Nagmaal gevier word (hulle praat van Mis of Eugaristieviering), fisies neerdaal in die kerk en die brood en die wyn verander in sy eie liggaam en bloed.\

B. Christus se liggaam in die hemel!

Page 39: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

Wat glo ons?

Lees:die gedeelte in ons Nagmaalsformulier wat die predikant uitspreek voordat hy die brood neem en breek, die sogenaamde ‘opwekking’ of ‘hartverheffing’.

Ons glo dat Christus tydens ons Nagmaalvierings daal Christus nie in die gedaante van brood en wyn in die kerkneerdaal nie, maar dat die gemeente opgeroep word om die harte na die hemel op te hef.

Die Roomse Misviering lyk daarom veel ryker as ons Nagmaalsviering. In die Roomse Kerk kom die Here Jesus baie naby, liggaamlik. By ons bly Hy ver weg in die hemel.Maar in der waarheid is die Roomse Mis juis arm. Want die groot vraag is: hoe kry ons vergewing van ons sondes?

Lees:Sondag 30, vr en antw 80

C. Die verskil.

Kom ons sit die Roomse Mis en ons Nagmaal hieronder langs mekaar om te sien hoe verskillend die Rooms katolieke ker=k en Gereformeerde kerke hierdie vraag beantwoord:

MIS

Ons kry vergewing van sondes:1. slegs indien Christus nog

daagliks deur die mispriesters geoffer word.

2. Christus is liggaamlik in die brood en die wyn aanwesig en moet derhalve daarin aanbid word.

3. Die brood en die wyn gee ons gemeenskap aan Christus se liggaam en bloed.

NAGMAAL

Ons kry vergewing van sondes:1. deur die enige offer van

Christus wat Hy self eens en vir altyd aan die kruis volbring het.

2. Christus is nou na sy menslike natuur in die hemel en moet daar deur ons aanbid word.

3. die Heilige Gees lyf ons by Christus in.

Page 40: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

Volgens die Roomse Misleer was die enige offer van Christus aan die kruis op Golgota eintlik nie voldoende om vergewing van sondes vir ons te bewerk nie. Daardie offer moet nog telkens in die kerk herhaal en toegepas word.Christus moet Homself steeds opnuut laat offer.Deesdae ontken Rooms Katolieke teoloë wel dat die Here Jesus in die mis opnuut ‘geoffer’word. Maar hulle praat steeds van ‘n ‘altaar’ en ‘n ‘priester’ en van die ‘misoffer’.

Voordat die Roomse voorganger die brood uitdeel, staan hy ook eers met sy rug na die kerkvolk toe en bied die brood en die wyn (wat dus "Christus" geword het!) aan die HERE aan, om sodoende vergewing van die sondes te bewerk.Die Mis is een van die duidelikste voorbeelde van die verkeerde sakramentsleer van die Roomse Kerk wat ook die Nagmaal tot ‘n soort van ‘n inspuiting gemaak het: as mens die brood (en die wyn?) afsluk, sluk jy die vergewing van jou sondes daarmee af.

Vraag:In Sondag 30 HK, vraag en antwoord 80 , word die Roomse mis “ ’n afgodery wat vervloek is” genoem. Mag ‘n mens dit so sê??

D. Een offer was genoeg.

God se Woord leer vir ons, dat Christus se een offer op Golgota genoeg was om ons sondes by die Vader te versoen. Hy hoef nie meer telkens aarde toe te kom nie, maar bedek nou in die hemel ons skuld by die Vader.

Lees: Hebreërs 9:24-26

Waar verrig Christus vandag sy hoëpriesterswerk? Watter twee woordjies staan in hierdie verse teenoor

mekaar?

Lees: Hebreërs 10:11-14Watter twee werkwoorde staan in hierdie verse teenoor mekaar?

Page 41: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

Christus het sy priesterwerk op aarde klaar gedoen. Dit is nie nodig om dit elke keer weer te herhaal en toe te pas op 'n altaar in die kerk nie. Sy offer vir die versoening van ons sondes moet geglo word.Toe Hy gesê het: "Dit is my liggaam .... dit is my bloed", en toe Paulus gesê het: "Die brood wat ons breek, is die gemeenskap met die liggaam van Christus", was dit natuurlik nie letterlik bedoel nie. Ons is mos nie kannibale nie.Christus het maar net die taal gebruik wat by 'n sakrament pas. Brood en wyn is ‘n waarborg dat Christus se liggaam ook vir my gebreek en sy bloed ook vir my vergiet is tot ‘n volkome versoening van al my sondes.

E. Christus tog aanwesig in die kerk.

Maar is ons Nagmaalsviering so tog nie armer as die Roomse Misviering nie? Moet ons dit sonder Christus se aanwesigheid vier? Is die Nagmaal by ons maar net 'n herinneringsmaaltyd van ons as gelowiges saam, waarby ons mekaar se geloof versterk?Nee, Christus is, wanneer ons die Nagmaal vier, darem wel aanwesig in die kerk. Al kom Hy nie liggaamlik na ons toe nie, is Hy is wel in die Persoon van die Heilige Gees by ons nagmaalsviering aanwesig.

Vraag: Hoe dikwels word in die Sondae 28-30 (vraag 75-80) die werk van die Heilige Gees tydens die Nagmaalviering genoem?

Dit is nie net óns wat tydens die Nagmaal iets doen nie. Die Heilige Gees van die Here Jesus doen veral iets: Hy gebruik daardie eevoudige maaltyd van brood en wyn as ‘n teken (sigbare verduideliking) en seël (sigbare waarborg) om ons geloof in Christus versterk. En om sodoende Hy ons band aan Christus te versterk.Die Gees help ons deur daardie brood en wyn om dit weer des te sterker te glo:soos 'n mens daardie stukkie nagmaalsbrood en daardie slukkie nagmaalswyn in jou opneem, so mag ons ons Verlosser as 't ware heeltemal in ons opneem. As ons ons in geloof aan Hom uitlewer, word ons een met Hom. Daar ontstaan dan so 'n sterk eenheid tussen Hom en ons, dat dit word: "Ons in Hom en Hy in ons"

Vraag: Ons het dit in die Kategismus al 'n hele paar keer raakgeloop dat ons by die Here Jesus ingelyf word, of die lede van sy liggaam is. Soek bietjie terug: in watter Sondae?

Deur die Heilige Gees is ons een met Christus (“Ons in Hom”):ons mag saam met Hom, in Hom, na die Vader gaan en voor die Vader staan.

Page 42: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

Omdat ons aan Christus verbonde is, veroordeel die Vader ons nie meer oor ons sondes nie, maar neem Hy ons weer in genade as sy kinders aan.Deur die Heilige Gees is Christus ook in ons (“Hy in ons”):ons hoef nie alleen deur hierdie lewe vol moeite en aanvegting te gaan nie. Christus gaan saam. In die persoon van die Heilige Gees. Soos hny beloof het: “Ek is by julle...” Matt 28:20).Hy gee die krag, die voeding vir ons wat ons benodig op ons reis na die hemelse Kanaän. Ja, Hy sal ons hele lewe so vernuwe dat ons al hoe meer aan Christus gelyk word: mense wat die sonde haat en ontvlug.

Ons Nagmaalsviering is dus beslis nie leër en armer as 'n Roomse Misviering nie!

Sondag 29 HK Vraag 76: Wat beteken dit om die gekruisigde liggaam van Christus te eet en sy bloed wat vergiet is, te drink?

Antwoord: Dit beteken nie slegs om met 'n gelowige hart die hele lyding en sterwe van Christus aan te neem en daardeur vergewing van sondes en die ewige lewe te verkry nie.

Dit beteken boonop om deur die Heilige Gees, wat tegelyk in Christus én in ons woon, al hoe meer so met sy geseënde liggaam verenig te word dat ons vlees van sy vlees en been van sy gebeente is, al is Christus nou in die hemel en ons op die aarde.

Dit wil sê dat ons deur een Gees -soos die ledemate van een liggaam

Page 43: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

deur een siel- ewig lewe en geregeer word.

F. Huiswerk.

LES 41 - SONDAG 31: DIE SLEUTELS VAN GOD SE KONINKRYK

A. Sonder die sleutel kom jy nie in nie.

Het dit jou al ‘n keer oorgekom dat jy voor ‘n toe deur gestaan en nie die sleutel gehad het nie?Of, en dit was dalk nog erger, dat daar ‘n deur agter jou in die slot geval het en jy het nie ‘n sleutel gehad om dit weer oop te sluit nie?In dergelike situasies besef ‘n mens hoe belangrik 'n sleutel is. Die Koninkryk van God het op 'n manier

ook ‘n deur waarvoor ‘n mens ‘n sleutel benodig.

Lees: Matteüs 16: 19.

Jy kan dus nie sommer in God se Koninkryk binnegaan nie. Daar is ‘n deur wat eers vir jou oopgemaak moet word.

Vraag:Hoe lui die eerste sinne van ons doopsformulier?

B. Kennis is die sleutel.

Hierdie metafoor van ‘n sleutel is die eerste keer deur die Here Jesus gebruik.

Lees:Lukas 11: 37-52

Wie het, voordat Christus die sleutels van God se Koninkryk aan Petrus gegee het, die sleutel in beheer gehad?

Wat het hulle egter met die sleutel gedoen? Hoé het hulle dit gedoen?

Page 44: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

Hoe noem Christus in hierdie hoofstuk die sleutel van God se Koninkryk?

Wanneer Christus praat van “die sleutel van die kennis”, bedoel Hy nie: die sleutel tot die kennis, die sleutel wat die deur na die kennis oopsluit nie. Die kennis is sélf die sleutel wat die poort na God se Koninkryk oopsluit.Ons sou Christus se woorde daarom eerder so kon vertaal: "Julle het die sleutel: die kennis, vir die mense weggeneem".

Wanneer kan iemandin die Koninkryk van die hemele binnegaan? As hy ook die regte kennis beskik!

Vraag: Kan jy 'n aantal dinge noem waarvan jy moet kennis hê om in die Koninkryk van God te kan ingaan?

Eintlik moet ons nie ‘n aantal dingen weet om in God se Koninkryk te kan ingaan nie. Ons sal Iémand moet ken. En nie net met ons verstand nie. Maar met 'n kennis waar ons met ons hele hart en siel by betrokke is. Ons sal die Heer Jesus Christus as ons Redder moet ken.

Lees:Johannes 10: 9

Christus moes aan die skrifgeleerdes hul sleutelposisie ontneem omdat hulle juist hierdie kennis by die mense wou wegneem. Toe het Hy dit aan Petrus en die ander apostels toevertrou.

Lees:Matteüs 16: 13-20Waaruit het dit geblyk dat Petrus die regte kennis het?

C. Die evangelie verkondig: die sleutel aangee.

Die apostels ken die Christus van God. Hulle weet die “Die Weg” (Johannes 14: 6) na God se Koninkryk is. Hulle weet Wie “Die Deur” (Johannes 10: 9) van God se Koninkryk is. Daarom kan hulle die sleutel aangee aan almal wat in God se Ryk wil ingaan.Wat moes die apostels dan doen?Eintlik maar net een ding: die evangelie verkondig, mense die regte kennis oor Christus bybring. Daarvoor het Christus hulle geroep en in die geheime van God se Koninkryk ingewy: hulle moes die mense die weg na die Koninkryk wys en hulle oproep om te glo in die Seun van God wat vir ons die toegang tot God se Koninkryk oopgesluit het.

Page 45: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

En so staan daardie eenvoudige visserman Simon Petrus op die eerste Pinksterdag in die hart van Jerusalem sommer en preek. ’n Preek waarin hy sy kennis oor Christus as die Vervuller van God se beloftes met ander mense deel. En daardie preek –nie ’n maklike praatjie nie: die Bybel gaan op verskeie plekke oop- blyk regtig ’n sleutel te wees. Sommer 3000 mense vind die deur na God se koninkryk. En die deur gaan vir hulle oop. Hulle laat hulleself doop. Hul lewe verander. Die glans van die hemel oorstraal hulle!En die het nie by daardie een preek gebly nie. Petrus het aangegaan. Saam met die ander apostels. Paulus en Barabas het by gekom. Silas, Timoteüs...Inmiddels word orals in die wêreld die kennis oor die Here Jesus versprei. Ook in Suid-Afrika.

D. Bediening van die versoening.

Lees: 2 Korintiërs 5:18-20

Hoe noem die apostel Paulus die taak wat God aan hom en sy medeampsdraers gegee het (vs 18)

Wat het God daarvoor aan hulle toevertrou (vs 19)? Wie is dit wat eintlik praat as 'n iemand jou oproep om in

Christus te glo (vs 20)?

Paulis gebruik die beeld van ‘n kelner in ‘n restourant wat besoekers “bedien”: die besoekers hoef die self koffie maak, of dit self uit die kombuis uit haal nie. Hulle hoef nie self in die kombuis die kos berei nie. Die kelner bring dit vir hulle en sit dit voor hulle op die tafel.So plaas bedienaars van die evangelie die verlossing deur die Here Jesus en ons versoening daardeur met God so te sê voor ander mense op die tafel. En hulle gee toeligting by hoekom dit sulke ‘gesonde koffie’ of ‘voedsame kos’ is.

E. Die sleutel gebruik.

Omdat die evangelieverkondiging soos 'n sleutel is, kan niemand dit vryblywend aanhoor nie. ‘n Mens moet de evangelie nie net aanhóór nie, maar aannéém. As nie maar net woorde van ‘n mens nie, maar as ‘n oproep van God.

Lees:Dordtse Leerreëls, hoofstuk 2, art.5.Hoe moet die belofte van die evangelie verkondig en bekend gestel word?

Page 46: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

Elkeen word gedwing om te kies: jy aanvaar die evangelie, òf jy verwerp dit. Daar is geen tussenweg nie. Alles hang nou daarvan af of jy die sleutel ook gebruik.As die sleutel vir jou aangegee word, sal jy self daarmee die deur na God se koninkryk moet oopsluit. Deur in geloof Christus as ook jou Redder, as die weg na sy Vader, as deur deur na God se ryk, aan te neem. As jy dit nie doen nie, bly die deur toe.Maar jy weet mos wat dit beteken? Die wat buite God se koninkryk bly staan, staan nie op neutrale grond nie. Of op sy eie nie. Toe Christus vir Petrus die sleutels van die hemelrijk gegee het, het Hy amper in één asem ook oor die dóderyk gepraat: die koninkryk van Satan en die eeuwige dood. Dit is die alternatief. Die wat nie in die hemelryk ingaan nie, sal in die doderyk ten onder gaan.

Dalk moet ons daarom ook ‘n ander voorbeeld gebruik. Denkende aan ‘n kamer waarin jy jouself toegesluit het.Sê-nou jy is, deur ou eie skuld, opgesluit in ‘n donkere en vogtige kelder. Vol met gevaarlike rotte en vieslike gogga’s. En jy kan nie meer uitkom nie. Jy het ook geen kos en drinkgoed nie. Maar dan staan daar skielik iemand by jou wat sou sommer die sleutel in die handen gee om die deur oop te maak en uit die kelder weg te vlug. Dis wat die Gees van God doen as Hy met die evangelie na ‘n mens toe kom. Hoe dom is jy dan as jy nie die sleutel aanvat en die deur oopmaak nie? Dan bly jy as gevolg van jou eie dom skuld opgesluit in die kelder!

F. Die sleutel aanhoudend gebruik.

Is dit nou so dat die Evangelie net een keer aan ‘n mens word voorgehou en dat jy dit dan net een keer in geloof moet aanneem en dat jy dan vir altyd in God se Koninkryk mag wees nie.

Lees:Sondag 31 HK vraag en antwoord 84.Wat bely ons daar met betrekking tot die aanneem met ‘n ware geloof van die belofte van die evangelie?

Ons is nog op pad na die Koninkryk van die hemel. Kom ons vergelyk die sleutel van God se koninkryk met ons karsleutel deesdae. Of met die afstandbeheerder van die hek by die huis. Op ’n afstand kan ons solank die kardeure, of die hek oopmaak. Maar as ons vervolgens nie ook so gou as moontlik in die kar klim, of deur die hek die oprit van ons huis op ry nie, gaan die kardeur al taamlik gou weer op slot. En skuif die hek

Page 47: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

weer toe. So is dit ook met die deur van God se Koninkryk solank ons nie definitief daar binnegegaan het nie.Dus moet ons aanhoudend die sleutel gebruik. En ons dus ook elke keer weer die sleutel laat aangee. En dit dan aanvat.

G. Die sleutel nóu gebruik.

Lees:2 Korintiërs 6: 1, 2

Moet dit nie uitstel om die sleutel van God se koninkryk aan te neem en te gebruik nie! Wanneer God nóu die sleutel vir jou laat aangee, moet jy dit nóu aanvat. Jy weet nie of Hy dit môre, of volgende week ook nog doen niet. Jy kan vanaand sterf. ‘n Ongeluk op pad huis toe, een hartversaking...Hierdie katisasieklas kan die laatste van jou leven hier op aarde wees. Miskien kom daar vir jou geen môre meer nie. En dan kan dit vir ewig te laat wees.

Sondag 31 HK Vraag 83: Wat is die sleutels van die Koninkryk van die hemel?

Antwoord: Die verkondiging van die heilige Evangelie en die christelike tug.

Met albei hierdie handelinge word die Koninkryk van die hemel vir die gelowiges oopgesluit en vir die ongelowiges toegesluit.

H. Huiswerk.

Page 48: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

LES 42 - SONDAG 31 HK (vervolg I) : PREDIKANTE EN OUDERLINGE.

A. Preke en huisbesoeke.Bespreek saam:

Onthou jy ‘n preek wat jou beïndruk het? Hoekom? Onthou jy ‘n preek wat bo jou vuurmaakplek gegaan het?

Hoekom? Onthou jy ‘n huisbesoek waarin die ouderling goeie vrae

gevra het? Onthou jy ‘n huisbesoek waarin die ouderling geen goeie

vrae gevra het?

Ons het in die vorige les geleer hoe belangrik die taak van die predikante en ouderlinge in die kerk is. Hulle moet die Evangelie aan ons bedien. En dit hang van hulle woord af of ons in God se Koninkryk sal ingaan of moet buitestaan. In hierdie les fokus ons daarom op daardie ampsdraers. Oor die diakens praat ons later, in ‘n les oor die Agste Gebod.

Vraag:Wat is die verskil tussen ‘n ouderling en ‘n predikant?

B. Preekmaak: ’n teks kies.

Kom ons kyk eers 'n bietjie na die belangrikste werk van ‘n predikant se werk: die maak van ‘n preek. Jy sal verstaan: dit moet baie sorgvuldig gebeur. Want nie die boodskap van die predikant nie, maar God se Woord moet gebring word.

Vraag:Wat alles dink jy moet ‘n predikant elke week doen om ‘n goeie preek te kan hou?

Page 49: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

Die eerste voorbereiding op 'n preek is die kies van 'n teks. 'n Predikant mag nie steeds in dieselfde Bybelboek sy tekste soek nie, maar moet die hele Bybel tot sy reg laat kom. Oor watter Bybelgedeelte sou jý graag ‘n preek wou hou?

Lees:Handelinge 20: 27.

Wat het die apostel Paulus aan die gemeentes waar hy gepreek het, verkondig?

Kan jy uit die preke wat jou leraar die laaste tyd gehou het, agterkom dat hy 'n bepaalde lyn volg?

Waarom word daar in die Gereformeerde Kerke regdeur die wêreld elke Sondag uit die Heidelbergse Kategismus gepreek? (sien art 68 (66) van die Kerkorde).

C. Preekmaak: die tekst reg verstaan.

As die teks gekies is, moet die grondteks (Hebreeus of Grieks) gelees word om presies vas te stel wat daar staan. 'n Woordeboek en 'n grammatika is onmisbaar. Vergelyking van verskillende vertalings kan ook nuttig wees.

Opdrag: Kyk nog 'n keer na Les 10 (Sondag 6 vervolg I) die paragrafe D, E en F oor die verskil in bybelvertalings.

Vervolgens word die teks in sy verband gelees om in die eerste plek 'n antwoord te vind op die vier W-vrae:

Wie is hier aan die woord? (die HERE, die Heer Jesus, die bybelboekskrywer, 'n koning, 'n profeet...).

Vir wie word dit gesê? (vir Israel, vir 'n heiden, vir ‘n Skrifgeleerde, vir 'n gemeente in Rome of Korinthe, vir 'n medewerker van Paulus...).

Wanneer word dit gesê? (voor of na Christus se koms in die wêreld, in watter omstandighede het die eerste hoorder(s) verkeer, in watter omstandighede verkeer hy wat hier praat...).

Waarom word dit gesê? (wat was die aanleiding en wat die doel van die woorde van die teks?)

Opdrag: Kies saam, of in groepies, 'n Bybelgedeelte en probeer bostaande vrae beantwoord.

Dikwels moet die predikant hierby ook studie maak van die hele bybelboek waaruit hy sy teks gekies het. As daar in die teks 'n aanhaling

Page 50: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

uit die Ou Testament staan, of as die teks in die Nuwe Testament aangehaal word, moet ook daardie gedeelte bestudeer word.Dit kan ook nodig wees om iets na te soek oor die geskiedenis, die aardrykskunde, of die biologie.

Vraag: In watter tyd het die profeet Hosea geprofeteer? Watter onkruid het die vyand in die gelykenis van Matteüs

13: 24-30 gesaai?

Dikwels staan daar in 'n teks opvallende woorde wat veelvuldig in die Skrif voorkom. 'n Predikant neem dan 'n Konkordansie om na te gaan waar en hoe daardie woorde op die ander plekke in die Bybel gebruik word.

Dit is ook belangrik dat 'n predikant by elke teks die voortgang van die geskiedenis in rekening bring.

Opdrag: Kyk nog 'n keer in Les 12 (Sondag 6, vervolg III), oor die historiese lyn in die Bybel.Watter vrae moet 'n mens jouself afvra en probeer beantwoord om noukeurig die verskil tussen die tyd van die teks en ons tyd vandag vas te stel?

D. Preekmaak: meditasie.

Hierna begin die tyd van die oorpeinsing. Die leraar moet nou oordink hoe die boodskap van sy teks die gemeente vandág aanspreek. Wat is die hoofboodskap? Hoe kan hy sy gemeente vandag daarmee onderrig, vertroos, bemoedig, waarsku?Daarvoor sal die leraar op hoogte moet wees van wat vandag in die lewens van sy lidmate en in die wêreld waarin hulle leef afspeel.Party predikante probeer daardie hoofboodskap in 'n tema en verdeling saamvat sodat almal dit maklik sal kan onthou.

Vraag: Onthou jy nog van 'n onlangse preek die tema en punteverdeling?

Ander predikante probeer om die hoofboodskap as die vertrekpunt ter neem en in ‘n aantal ‘moves’ die aspekte van die boodskap in hul preek te bewoord.

Opdrag:

Page 51: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

Probeer saam die hoofboodskap van die Bybelgedeelte wat julle flussies gekies en ondervra het in 'n tema te formuleer.

E. Preekmaak: skryf en hou.

Dan kom die laaste werk: 'n skets vir 'n preek opstel en vervolgens die hele preek uitskrywe. Sommige predikante skryf maar net die hoofgedagtes, of 'n paar hoofpunte op omdat hulle die preek in hul hoof kan onthou.

En omdat hulle nie hul preek net wil voorlees of voordra nie, maar God se boodskap aan hul gemeente wil voorhou. Dit is mos God se bedoeling met die verkondiging van sy Woord: dat mense regstreeks in hul eie taal aangespreek word.

Vraag:As daar nie ‘n predikant is wat in die diens kan voorgaan nie, word daar ‘n preek van ‘n predikant deur iemand anders gelees. Ons praat in so ‘n geval van ‘n “leesdiens”. Hoe voel jy: mag daardie broeder die preek slegs voorlees of mag hy die preek nes ‘n predikant vryelik aan die gemeente voorhou?

Bid jy by die huis gereëld vir die predikante of ‘preeklesers’ dat hulle goeie preke mag hou?

F. Huisbesoeke.God se Woord word nie net vanaf die preekstoel verkondig nie.

Die leraar besoek die lidmate van die gemeente ook in hulle huise om met hulle te praat. Maar nie net hy doen dit nie. Dié taak word veral ook deur die ouderlinge verrig.

Page 52: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

Die eerste doelwit van 'n huisbesoek is nie om ook by die huise ‘n tipe van prekies te hou nie. Pleks van om te praat moet de ampsdraers by die huis in die eerste plek na die lidmate kom luister. Om sodoende uit te vind hulle met die prediking doen: laat hulle hulleself vertroos, bemoedig en waarsku? Leef hulle volgens die Woord van die Here? Is daar ‘n daaglikse bekering?As herders soek die ampsdraers hul skape in hul eie huise op om te sien of hulle nog saamgaan op die regte pad.

Vraag: In die Rooms Katolieke Kerk moet die lidmate daarvoor na

die ampsdraer toe kom. By hulle is dit selfs een van die 7 sakramente (Sien Les 33 oor Sondag 25). Watter een?

Van ouds is in die Gereformeerde Kerkorde die huisbesoek direk aan die Nagmaalviering verbind. Verstaan jy waarom?

Die ampsdraers kan egter nie alleen luister nie. Hulle sal vervolgens ook moet praat: misverstande opruim, twyfel probeer oorwin, gemaksug oopvlek, sonde bestraf....Sodoende verrig hulle die bediening van die versoening (2 Korintiërs 5: 18).

Vraag: Sou jy dit verkies om afsonderlik, pleks van saam met jou

ouers en miskien ook broers en susters, huisbesoek te kry? Waarom?

Wat dink jy kan verbeter word om die huisbesoek beter te laat slaag?

Sondag 31 HK Vraag 84: Hoe word die Koninkryk van die hemel deur die verkondiging van die Evangelie oop- en toegesluit?

Antwoord: Volgens die bevel van Christus word aan die gelowiges gesamentlik en afsonderlik verkondig en openlik betuig dat al hulle sondes hulle waarlik deur God vergewe is terwille van die verdienste van Christus so dikwels as wat hulle die belofte van die Evangelie met 'n ware geloof aanneem.

Daarenteen word aan al die ongelowiges en huigelaars

Page 53: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

verkondig dat die toorn van God en die ewige verdoemenis op hulle rus solank hulle hulle nie bekeer nie.

Volgens hierdie getuienis van die Evangelie sal God sowel in hierdie as in die toekomstige lewe oordeel.

G. Huiswerk.

Page 54: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

LES 43 - SONDAG 31 HK (vervolg II) : TUG OM MEKAAR TEREG TE HELP.

A. Skokkende afkondigings.Kan jy onthou dat jy 'n tugafkondiging in die kerk vanaf die kansel gehoor het?Voor die gebed doen die leraar 'n skokkende mededeling namens die kerkraad:'n broeder of suster het ernstig teen een van God se gebooie gesondig en wil nie na die vermanings van die kerkraad luister nie.Wanneer so'n mededeling die eerste keer gedoen word, noem die predikant geen naam nie. Watter sin maak so'n mededeling dan?Moet die gemeente dan raai wie bedoel word?!As daar geen bekering kom nie, volg daar 'n nuwe mededeling vanaf die kansel.Dié keer word wel die naam van die sondaar genoem. Nou weet dus almal wie daardie groot sondaar is. Waarom vertel die kerkraad dit aan die hele gemeente? Sodat ons almal oor hom (of haar) kan skinder? Mag ons hom (of haar) nou met die vinger nawys?

B. Tug wil terugbring.Ons gaan in hierdie les oor die tug in die kerk praat. Waarom word daar tug geoefen? Hoe word die tug toegepas? Het jy ook 'n taak as daar tug geoefen moet word?

Die woord ‘tug’ het vir baie mense ‘n onaangename betekenis. Maar dalk help dit jou om te onthou dat tug ‘n mens terug roep, wil terugbring. Die bedoeling van tug is om kinders van die HERE wat begin wegglei het, betyds tereg te help.

Die tug behoort ook tot die sleutels van die Koninkryk van die hemel. Tug is mos eintlik ook maar net 'n vorm van Evangelieverkondiging, maar dié keer met die klem op waarskuwing en vermaan. En dié vermaan kan gevolge kry: die kerkraad kan 'n lidmaat afhou van die tafel van die Here. En as daar glad nie bekering kom nie, moet die kerkraad op die ou end so'n lidmaat van die gemeente afsny. Hy is geen lid meer van die gemeente nie, maar –en dis baie erger- hy staan ook

Page 55: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

heeltemal buite God se Koninkryk; hy mag nie langer deel in die voorregte van die lewe met die Heer nie. Dikwels verstaan mense Sondag 31 HK daarom so, dat God se Koninkryk deur die verkondiging van die Evangelie oopgesluit word en deur die toepassing van tug toegesluit. Dit is egter ‘n misverstand. Kyk nog bietjie hoe ons dit in vr. en antw. 83 bely:

Sondag 31 HK Vraag 83: Wat is die sleutels van die Koninkryk van die hemel?

Antwoord: Die verkondiging van die heilige Evangelie en die christelike tug.

Met albei hierdie handelinge word die Koninkryk van die hemel vir die gelowiges oopgesluit en vir die ongelowiges toegesluit.

Lees:Die begin van artikel 29 van die Nederlandse Geloofsbelydenis oor die kenmerke van die ware kerk.Die tug in die kerk is dus so belangrik dat ‘n mens daaraan die ware kerk kan uitken. Verstaan jy waarom tugtoepassing so belangrik is?

Tug is nie altyd aangenaam nie. Maar wel heilsaam.

Lees: Hebreërs 12: 5-11

C. Selftug.Ons kan onderskei in drie soorte tug:

Selftug onderlinge tug kerkraadstug

Elke kind van God moet daagliks aan SELFTUG werk. Ons moet ons belydenis en gedrag aanhoudend toets aan die Woord van die Here en ons daarvolgens bekeer. Want daar is by ons almal nog "die daaglikse sondes van swakheid" (D.L. V,1 en 2).

Page 56: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

Lees: Mattheüs 5: 29 en 30.

Wat moet jy bereid wees om af te kap of uit te ruk?

Die Here Jesus het dit natuurlik nie letterlik bedoel nie. Wat het Hy wel bedoel?

Vir watter gevaar moet ons altyd op ons pasoppens wees?

Ons moet 'n gewete hou wat ons aankla vanweë ons sondes (sien Sondag 23 HK vr. en antw. 60) én ons moet ook daarna luister!

Vraag:Hoe kan ons mekaar help om dat ons gewete bly spreek en ons ook daarna bly luister?

D. Onderlinge tug.Daar kan egter 'n situasie ontstaan dat by iemand die gewete nie meer reg funksioneer nie en daar geen stryd teen en bekering van die sonde kom nie. Dan het dit tyd geword vir die ONDERLINGE TUG.Ons laat nie die sonde van 'n broeder of suster vir sy eie rekening nie. Maar ons gaan uit ons pad uit om daardie broeder of suster se oë op te maak vir die gevaar van die sonde wat hy of sy blykbaar nie meer raaksien nie.

Lees: 1 Korintiërs 12: 12 en 13.

Waarmee vergelyk die apostel Paulus die gemeente van Christus?

Wat sê hy in vs. 26?

Soos 'n liggaam koors ontwikkel om 'n ontsteking wat êrens in die liggaam is, te bestry, so ontwikkel Christus se gemeente 'n koorsagtige ywer om die sonde in sy midde te bestry. Want Christus se gemeente wat uit die mag van die sonde verlos is, wil mos nie weer daarmee besmet raak nie.'n Gemeente wat algaande weer aan die

sonde gewoond raak, is soos 'n liggaam wat die kanker maar laat voortwoeker: dit word sy dood!

Sondag 30 HK Vraag 82: Moet dié mense ook aan die nagmaal toegelaat word

Page 57: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

wat met hulle belydenis en lewe wys dat hulle ongelowig en goddeloos is?

Antwoord: Nee, want so word die verbond van God ontheilig en sy toorn oor die hele gemeente opgewek.

Daarom is die Christelike Kerk volgens die bevel van Christus en sy apostels verplig om sulke mense met die sleutels van God se Koninkryk uit te sluit totdat hulle verbetering van hulle lewe bewys.

Lees: Levitikus 19: 17Ons voel dikwels maar ongemaklik wanneer ons iemand moet teregwys. Maar wat sê hierdie Bybelvers daaroor?

Dit is wel belangrik dat ons op die regte wyse 'n dwalende broeder of suster op sy verkeerde weg aanspreek. Boonop word die tug in Gereformeerde kerke gekenmerk deur baie geduld. ‘n Sondaag word nie sommer in ‘n japtrap uit die gemeente verwyder nie.

Lees: Galasiërs 6: 1.

God se Woord leer ons ook, in Matteüs 18: 15, om die sondes van 'n broeder of suster nie uit te blaker vir andere mense nie, maar eerstens onder vier oë met hom of haar te praat, sonder om ander mense daarin te betrek.As daar ten spyte van so 'n gesprek geen verandering kom nie, moet ons een of twee ander lidmate saamneem, om saam te probeer die dwalende broeder of suster tot bekering te beweeg: Matteüs 18: 16.

Vraag:

Page 58: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

As jy een of twee lidmate moes saamneem om iemand te gaan vermaan, watter soort mense sou jy by voorkeur kies?

Daardie ander lidmate maak die vermaan sterker en indringender. Maar hulle moet moontlik ook as getuies kan optree wanneer jy die kerkraad moet waarsku. E. Kerkraadstug.Want as alle onderlinge vermaan sonder resultaat bly, moet die kerkraad aan die werk spring: Matteüs 19: 17. Nou begin die fase van die KERKRAADSTUGDie kerkraad gaan vermaan nou ook self daardie dwalende lidmaat en ontneem hom tydelik die voorregte as burger van God se Koninkryk:

daardie lidmaat mag nie meer nagmaal vier nie; as hy in daardie tyd 'n baba kry, mag hy dit nie ten doop hou nie; hy mag ook nie meer deelneem aan die verkiesing van nuwe

ampsdraers nie.

Hierdie maatreëls word egter in stilte geneem. Die gemeente word nie daarvan nog in kennis gestel nie. Daar is mos steeds die hoop dat die lidmaat hom met berou bekeer.Eers as ook sulke maatreëls nie tot inkeer en bekering lei nie, word die gemeente ingeskakel:

die eerste afkondiging vanaf die preekstoel word gedoen.Sonder om 'n naam te noem.Wat moet die gemeente met so'n afkondiging sonder naam maak?Skrik en bid!Skrik, omdat die duiwel weer 'n inkomplek in Christus se gemeente gekry het. Bid dat die Heer die duiwel wil oorwin en die sondaar red.

Lees: 1 Korintiërs 5:1 en 2.

Hoe het die gemeente te Korinthe op 'n geval van sonde in hul midde gereageer?

Hoe moes hulle gereageer het?

As daar ook op die gebed van die hele gemeente geen bekering kom nie, word

'n tweede kanselafkondiging gedoen. Nou word egter ook die naam genoem. Sodat die gemeente behalwe om te bid ook kan werk: met die sondaar praat, briewe skryf....

Vraag: 'n Kerkraad mag eers die naam van 'n sondaar aan die gemeente bekend maak as dit in ‘n Klassis bespreek is en hy daarvoor die toestemming van die susterkerke in die kerkverband het.Waarom dink jy het die kerke so afgespreek?

Page 59: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

Indien selfs die vermaan van die hele gemeente sonder die begeerde resultaat bly, moet die kerkraad tot afsnyding oorgaan.

'n Derde kanselmededeling kondig die afsnyding aan. Enkele weke later vind die afsnyding plaas in 'n erediens.

F. Afsnyding.

Om ‘n lidmaat van die gemeente te moet afsny en hom buite God swe Koninkryk te sluit is een van die moeilikste dinge wat van ‘n kerkraad en gemeente gevra word.

Lees:1 Korintiërs 5: 4, 5

Wat impliseer volgens Paulus ‘n uitsluiting uit die gemeente?

Maar wie sluit eintlik wie uit? Die sleutel van God se ryk is mos ook vir die lidmaat wat nou buite te staan kom, aangegee. Hy wou dit egter nie gebruik nie. Wie sluit dus wie uit?

Lees:Die Formulier vir die ban of

afsnyding van 'n lidmaat van die gemeente. Waarom is volgens die formulier ‘n afsnyding van en

uitsluiting uit die gemeente ook vir die gemeente self noodsaaklik?

G. Opsomming.

Kom ons vat nou die hele verloop nog 'n keer saam:

1. Selftug

2. Onderlinge tug: a. vermaan onder vier oë b. vermaan saam met getuies

3. Kerkraadstug: a. stil vermaan en afhouding van die sakramente en deelname aan die verkiesing van ampsdraers b. eerste afkondiging aan die

Page 60: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

gemeente sonder naam c. tweede afkondiging aan die gemeentemet naam, na toestemming van die kerkverband d. derde afkondiging met aankondiging van die datum van afsnyding e. afsnyding

H. Onttrekking.Dit gebeur nie dikwels dat die tugoefening end-uit toegepas word nie. Die rede daarvoor is egter nie dat die meeste lidmate hulle betyds bekeer nie. Dikwels verhard hulle hul hart sodanig dat hulle hulleself aan Christus se gemeente onttrek. Soms skryf hulle nog ‘n ordentlike onttrekkingsbrief, maar dit gebeur ook dat hulle hulleself daadwerklik onttrek deur uit die eredienste weg te bly, nie meer die aan die nagmaalviering deel te neem nie, die ampsdraers nie meer te wil ontvang en op hul briewe nie meer te reageer nie. Die kerkraad moet dan op die ou end vasstel dat so ‘n lidmaat homself aan die opsig en tug van die kerkraad onttrek het. Dit maak dan nie meer sin om nog met die tugoefening aan te gaan nie. Maar die gevolge bly dieselfde: ‘n lidmaat kies vir ‘n lewe buite die ryk van Christus.

I. Die weg terug bly oop.Lees:1 Korintiërs 5: 11.Wat mag ons volgens Paulus selfs nie meer met ‘n hardnekkige sondaar doen nie?Wat sou die apostel daarmee bedoel?

Nogtans moet ons ook na 'n afsnyding of onttrekking steeds aanhou om die behoud van die sondaar te soek. Daar is mos ook 'n Formulier om 'n afgesnyde lidmaat weer in die gemeente van Christus op te neem.

Page 61: tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewNadat Maarten Luther uit Paulus se briewe geleer het dat ‘n mens deur jou geloof, en nie deur jou goeie dade nie, van jou

En die doel van die tug was mos steeds dat 'n sondaar sou terugkeer en lewe! Indien dit gebeur is daar blydskap op aarde en in die hemel.

J. Huiswerk.