TEENSPANNING - zs6mrk.org file5 Erken jou foute en word sterk “As julle julle lewe deur die...

21
1 TEENSPANNING MAGALIES AMATEUR RADIO KLUB Julie & Augustus 2016 Spy radio's Geurige maalvleis Versteekte Antennas Brug oor die Olifantsrivier Erken jou foute

Transcript of TEENSPANNING - zs6mrk.org file5 Erken jou foute en word sterk “As julle julle lewe deur die...

Page 1: TEENSPANNING - zs6mrk.org file5 Erken jou foute en word sterk “As julle julle lewe deur die sondige natuur laat beheers, gaan julle die dood tegemoet, maar as julle deur die Gees

1

TEENSPANNING MAGALIES AMATEUR RADIO KLUB

Julie & Augustus

2016

Spy radio's

Geurige maalvleis

Versteekte Antennas

Brug oor die

Olifantsrivier

Erken jou foute

Page 2: TEENSPANNING - zs6mrk.org file5 Erken jou foute en word sterk “As julle julle lewe deur die sondige natuur laat beheers, gaan julle die dood tegemoet, maar as julle deur die Gees

2

VOORSITTER : Thys Maree, ZS6MJM, 0825656087, [email protected]

ONDERVOORSITTER : Pieter Myburg, ZS6PAM, 0761407562, [email protected]

SEKRETARESSE : Irene Myburg, 0845440618, [email protected]

TESOURIER : Pieter Myburg, ZS6PAM, 0761407562, [email protected]

WEBMEESTER : Thys Maree, ZS6MJM, 082 565 6087. [email protected].

TEGNIESE KOÕRDINEERDER : Sam van Zyl, ZS6JZ, 082 447 2081. [email protected].

SOSIALE KOORDINEERDE : Pieter Fourie ,ZS6CN, 082 573 7045, [email protected]

BULLETIN KOÕRDINEERDER : Chris van Eden, ZS6CVE, 0828805265,

[email protected]

REDAKTEUR : Pieter van der Walt ,ZS6BVT, 082 374 4374. [email protected].

ADDISIONELE LID : Andre Ferreira ,ZS6ANF, 082 418 9863 [email protected]

ADDISIONELE LID : Emile Venter ,ZS6V, 082 444 3004, [email protected]

KOMITEE :

Page 3: TEENSPANNING - zs6mrk.org file5 Erken jou foute en word sterk “As julle julle lewe deur die sondige natuur laat beheers, gaan julle die dood tegemoet, maar as julle deur die Gees

3

INDEKS

5 Erken jou foute

6 Belangrike datums

7 Kompakte en onsigbare Antennas

10 Klasie en oom Fanie

13 Spoor brug

17 Spioen Radio

20 Geurige maalvleis

Page 4: TEENSPANNING - zs6mrk.org file5 Erken jou foute en word sterk “As julle julle lewe deur die sondige natuur laat beheers, gaan julle die dood tegemoet, maar as julle deur die Gees

4

ROEPSEIN : ZS6MRK.

HERHALERS : 145.750MHz, 52.750MHz, 438.750MHz en 438.575MHz.

POSBUS : 13653, PRETORIA, 0135.

BANK : ABSA, TJEK REK. 060016020, TAK 335045.

WEBBLAD : http://zs6mrk.org.

E-POS : [email protected].

BULLETINS : SONDAE: 11:15 145.740 MHZ FM, 14.250 MHZ USB

7.063 MHZ LSB, ECHOLINK VIA ZS6FCS

WOENSDAE: 19:30 145.750 MHZ FM, 3.640 MHZ LSB

Bestel u nuwe klubhemp nou!

U kan ons nuwe klubhemp, nou by Louw, ZS6LME bestel. Die prys per

hemp verander maandeliks, vind asb eers uit wat die koste is voordat jy

jou hemp bestel. Die gewone groottes is beskibaar. Betaal u geld in by

MRK se bankrekening (soos onderaan die bladsy getoon) en gee duidelik

u naam, roepsein en grootte van die hemp. Stuur ook 'n epos na

[email protected] . Voorbeeld: Sou Louw 'n hemp bestel sal hy dit

soos volg toon op die betaling: "Louw ZS6LME 5XL". Myself, Thys, se

bestelling sal soos volg lyk: "Thys ZS6MJM Spring gou

Herhalertoon (CTCSS) Op 1 Desember 2012 is die 88,5Hz subtoon op die herhaler aangeskakel. Die toonbordjies verkoop soos soetkoek. Sou u die bordjie benodig doen

die betaling by ons bankrekening (hieronder) met roepsein en "toonbordjie" as verwysing en stuur 'n epos na ons e-posadres,

[email protected]. Vir klublede is die prys R50; vir nie-klublede is die prys R150 vir gemonteerde bordjies. Posgeld is R20 sou die bordjies per

pos versend moet word.

Page 5: TEENSPANNING - zs6mrk.org file5 Erken jou foute en word sterk “As julle julle lewe deur die sondige natuur laat beheers, gaan julle die dood tegemoet, maar as julle deur die Gees

5

Erken jou foute en word sterk

“As julle julle lewe deur die sondige natuur laat beheers, gaan julle die dood tegemoet, maar as julle deur die Gees 'n einde maak aan julle sondige praktyke, sal julle lewe.” - Romeine 8:13.

As ons nie erken dat ons foute maak nie, is daar nie plek vir groei in ons lewe nie. Geestelike groei vind plaas wanneer ons ons swakhede leer ken en iets daaraan doen. Hoe meer swakhede jy sien en uitskakel, hoe sterker word jy geestelik.

Een van die belangrikste dinge wat sonde doen, is om ons oë vir ons eie sonde toe te druk. Dit is iets waarvoor Christene moet oppas (Rom. 8:5-8). Dit is soos iemand wat op die verkeerde pad is sonder om dit agter te kom. Sonder om te vra of te dink of te wonder, gaan hy maar net voort.

Gelukkig is daar hoop vir die Christin. Die Heilige Gees los ons nie sommer maar net nie. Romeine 8 vertel vir ons dat die Heilige Gees in die middel van ons pad staan en arms swaai. Hy wil ons waarsku om te kyk op watter pad ons is en saam met wie ons reis. As ons 'n slag mooi na die pad en ons reisgenoot kyk en skrik, moet ons dadelik omdraai ... sonder die reisgenoot. Ons moet liewer saam met die Gees op reis gaan sodat Hy vir ons die pad kan wys. Dan sal jy nie net 'n splinternuwe koers inslaan nie, maar ook 'n splinternuwe mens word.

Die manier om op so 'n nuwe pad te begin leef, is om jou foute te erken, want dan kom daar plek vir groei. As jy nie meer skinder nie, sal daar kans wees om mooi dinge te sê. As jy nie jou humeur verloor nie, sal daar plek wees vir vriendelikheid. As die sonde nie jou ore doodskreeu nie, sal jy die kans kry om na die Gees te luister. Dit is groei.

Gee jouself 'n kans. Kyk mooi hoe jou lewensreis lyk. Kies dan die regte pad en die regte reisgenoot.

Page 6: TEENSPANNING - zs6mrk.org file5 Erken jou foute en word sterk “As julle julle lewe deur die sondige natuur laat beheers, gaan julle die dood tegemoet, maar as julle deur die Gees

6

BELANGRIKE DATUMS

16 Julie - Klub vergadering — water en gifstowwe

20 Augustus - Mini Skattejag

17 September - Jaar Afsluiting

20 Oktober - RAE eksamen

29-30 Oktober - CQWW kompetisie

19 November - Afsluiting by Kleinfontein

Page 7: TEENSPANNING - zs6mrk.org file5 Erken jou foute en word sterk “As julle julle lewe deur die sondige natuur laat beheers, gaan julle die dood tegemoet, maar as julle deur die Gees

7

Kompakte en Onsigbare Antennas Pieter ZS6BVT

Baie van ons radio amateurs geniet die vryheid wat ons nog het om

antennas op ons plase, plotte en erwe op te sit sonder dat een of ander

wetgewing ons verhoed om ʼn toring met ʼn groot yagi op te sit. Ons is

regtig gelukkig aangesien daar heelwat lande en plekke is soos hier by ons

ook wat die opsit van enige antenna van watse aard ook al verbied. Dit

maak dan die plek vir n radioamateur onbewoonbaar. Ons sal verbaas

wees om te sien hoeveel radio amateurs wel in hierdie gebiede woon met

geen antenna in sig nie. Hierdie

areas word wel bewoon deur radio

amateurs wat die stokperdjie nog

steeds bedryf en geniet met

antennas vir al die bande.

Stel jou nou voor dat hier by ons

ook so ʼn algemene wet in werking

gestel word wat beteken dat alle

opsigtelike antennas binne ʼn bepaalde tyd verwyder moet word. Om mee

te begin sal ons dadelik ons gevoel teenoor die betrokke instansie bekend

maak, die wapen sal dalk opgeneem

word maar sonder enige sukses, die

antennas sal moet af. Nou hoe gemaak,

hoe gaan ons aangaan met ons afsprake

op die lug, hoe gaan ons op die lug kom,

met wie gaan ons praat, dit gaan voel of

die einde van die wêreld aangebreek

het. Nie regtig nie, ʼn Boer maak ʼn Plan.

Page 8: TEENSPANNING - zs6mrk.org file5 Erken jou foute en word sterk “As julle julle lewe deur die sondige natuur laat beheers, gaan julle die dood tegemoet, maar as julle deur die Gees

8

Kompakte en Onsigbare Antennas Pieter ZS6BVT

Voordat ons ʼn paar voorbeelde bespreek moet ek eers ʼn paar punte

uitklaar. Dit is ʼn feit dat ʼn verkorte antenna nie so doeltreffend soos ʼn

vollengte antenna gaan wees nie, dit is ʼn feit dat ʼn versteekte antenna nie

so goed sal werk soos ʼn antenna daar bo in die lug nie, dit is ʼn feit dat ʼn

antenna instemmer nie die antenna instem nie, dit is ʼn feit dat hoe meer

krag hoe groter die kans vir ʼn steuring. Hierdie verliese is glad nie ʼn

probleem nie, ons is nie in ʼn hoogste S punt kompetisie nie, ons wil net

kan kommunikeer met ander radio amateurs.

Kom ons kyk na paar antennas wat gebruik kan word.

My persoonlike gunsteling vir alle situasies is die magnetiese lus antenna.

Hierdie antenna kan in enige situasie gebruik word. Die antenna vergelyk

baie goed met ʼn dipool en kan langs jou in die

hok, op ʼn balkon, binne in die dak, in die tuin

of enige ander moontlike plek verstekk word

met uitstekende resultate. ʼn Lus met ʼn

deursnee van 2 meter kan alle bande vanaf 40

meter tot 10 meter werk, 80 en 160 meter

moet die lus ʼn deursnee van ten minste 4

meter hê.

Die lang draad antenna is net so ʼn lekker effektiewe antenna om te

gebruik. Hierdie antenna kan tussen bome weggesteek word, dit kan van

ʼn gebou afgehang word, dit kan op die dak tussen die teëls versteek word,

dit kan in ʼn vlagpaal versteek word, dit kan op ʼn heining versteek word.

Die lang draad kan ʼn baie lekker multi band antenna wees

Page 9: TEENSPANNING - zs6mrk.org file5 Erken jou foute en word sterk “As julle julle lewe deur die sondige natuur laat beheers, gaan julle die dood tegemoet, maar as julle deur die Gees

9

Kompakte en Onsigbare Antennas Pieter ZS6BVT

Die dipool kan ook baie lekker weggesteek word binne in die dak, of binne

in die huis, op ʼn heining, bo op die huis se nok.

Die dipool se bene kan korter gemaak word om

iewers in te pas deur die bene terug te vou of ʼn

spoel in elke been in te sit. Sit vir elke band

waarvoor daar plek is ʼn stel bene by en jy het ʼn

lekker multi band antenna. Voer die dipool met

ʼn oop voerlyn en jy het ʼn uitstekende multi band antenna met die gebruik

van ʼn antenna instemmer.

ʼn Vertikaal kan ook lekker weggesteek word in ʼn boom, of opgemaak word

soos ʼn vlag of lamp paal. ʼn Vertikaal wat soos ʼn weerligafleier lyk sal geen

aandag trek by ʼn gebou met ʼn grasdak nie. ʼn Mobiele vertikaal kan ook aan

ʼn tralie op ʼn balkon tydelik vasgemaak word

Daar is nog heelwat maniere om antennas weg te steek. Dit is nie altyd

nodig om die antenna weg te steek nie, ʼn 1mm draad is heeltemal

onsigbaar vir die blote oog wanneer dit daar bo in die lug gespan word as ʼn

dipool of lang draad. Som jou situasie op en kyk wat die moontlikhede is,

om ʼn antenna in die lug te kry, daar sal ʼn manier

wees om op die lug te kom. ʼn Laaste opsie kan

dalk wees om die huis se geut op te laai vir ʼn

antenna, dit werk baie goed, die geut moet net

voorberei word voordat jy dit gebruik.

Onthou ʼn boer maak ʼn plan maar ʼn radio amateur het een

Tot volgende keer.

Pieter ZS6BVT

Page 10: TEENSPANNING - zs6mrk.org file5 Erken jou foute en word sterk “As julle julle lewe deur die sondige natuur laat beheers, gaan julle die dood tegemoet, maar as julle deur die Gees

10

Die winter sonnetjie is besig om sy kop te lig, die bome gooi sulke lang

skaduwees oor die plaas en die diere staan op elke kol waar die son skyn

om warm te word.

Oom Fanie sit ook in die son op die stoep

en absorbeer die hitte van die son terwyl

hy aan ʼn stomende koppie koffie slurp.

Oom Fanie hoor Klasie se motorfiets en

hou hom dop soos hy met die grondpad

aangery kom. Klasie is onherkenbaar

aangetrek teen die koue, oom Fanie

glimlag omdat Klasie soos die mannetjie in die bande advertensie lyk.

Klasie maak sy motorfiets staan en raak van die oortollige klere ontslae,

hy vryf sy hande vinnig teen mekaar om die lewe in sy hande terug te

kry. Sy warm asem maak ʼn wit wolk om sy kop wanneer hy praat, dit lyk

kompleet of hy ʼn rookbom ingesluk het. Klasie gaan sit en kry ʼn

vuurwarm koppie koffie uit die kombuis. Nee oom sê Klasie, die winter

is nie vir my nie, oom Fanie skud sy kop op en af as teken dat hy

saamstem.

Jy weet Klasie sê oom Fanie, Klasie besef dadelik dat die politieke

opsomming aan die kom is. Wat regverdig dit om jou kind se skole af te

brand, vra oom Fanie terwyl hy sy wysvinger in die rondte om sy oor

draai, die ou kindertjies moet nou buite in die koue onder ʼn boom

skoolgaan, Ek kan mos nou nie my huis staan en afbrand omdat ek

ongelukkig is oor die droogte nie, nee Klasie hier is groot fout met die

manier wat hierdie mense dink. Ek sien die nuwe bokspan is gekies met

ʼn hele paar verrassings, dit was ook maar so sukkel sukkel teen die Iere

sê oom Fanie.

Page 11: TEENSPANNING - zs6mrk.org file5 Erken jou foute en word sterk “As julle julle lewe deur die sondige natuur laat beheers, gaan julle die dood tegemoet, maar as julle deur die Gees

11

Genade Klasie, wat gaan aan met die vliegtuie, die goed val nou soos

dooie vlermuise uit die lug uit, grotes, en kleintjies, as jy hoor dan het

daar een iewers geval. Ek is nou maar bangerig om op een van die goed te

klim, ʼn mens weet nie watter idioot het die een of ander iets aan die

vliegtuig gedoen nie, bo en behalwe van ʼn bom of iets dergeliks skiet die

slegte ouens jou uit die lug uit wanneer hulle die kans kry. Ek sien ons

minister het sowaar al ons reserwe brandstof vir ʼn winskoop verkoop,

hoe op dees aarde kan ʼn mens nou so ʼn ding gaan staan en doen. Dan het

die ou veelwywer sowaar vir elke vrou ʼn motor gaan staan en koop, die

duurste op die mark, dit lyk regtig of dit goed gaan met die ekonomie

soos hierdie ouens die geld uitgee. Die bedrag wat hy nou moet

terugbetaal is ʼn belaglike bedrag. Ek sal ook daarvan hou om ʼn huis vir

300 miljoen te bou en op die einde van die dag betaal ek net so 10

miljoen vir die hele transaksie. Net toe daar lig in die tonnel is wil hulle

nou ons slim minister toesluit, dit is mos dieselfde ou wat besluit hoeveel

terugbetaal moet word. Die munisipale verkiesing kom al hoe nader en

die leiers begin nou van ʼn slaggat tot ʼn geblokte toilet uit die hoed trek

vir ʼn stem, ek se nou vir jou Klasie, dit gaan ʼn baie interessante verkiesing

wees, ek hoop net almal aanvaar die uitslag sonder om nou weer in die

straat te spring en alles aan die brand steek wat voorkom.

Was dit in die woestyn ook so koud vra Klasie om die onderwerp te

verander. Klasie jy het nie ʼn idee hoe koud die

woestyn in die nag geword het nie sê oom Fanie. Jy

weet Klasie, alles het in die nag gevries, die water in

die brandemmers, die brandstof en olie in die

voertuie, jy sal dit nou nie glo nie maar tot die

alkohol in van die vliegtuie se instrumente het gevries.

Page 12: TEENSPANNING - zs6mrk.org file5 Erken jou foute en word sterk “As julle julle lewe deur die sondige natuur laat beheers, gaan julle die dood tegemoet, maar as julle deur die Gees

12

Die soldate wat wag gestaan het in die nag het twee weke geneem om

weer warm te word na ʼn aand se wagstaan. Dit het ʼn groot probleem

veroorsaak met die wagstaan rooster. Ons het die Duitsers met die koue

baie keer heeltemal tot stilstand gebring deur ons rioolwater in die aand

met vliegtuie op hul voertuie te gaan gooi, dit het

hulle heeltemal tot stilstand gedwing deurdat alles

vasgevries het. Die spul het so gevrot wanneer dit

alles ontvries het dat geen Duitser naby sy voertuig

wou waag nie. Kyk maar op die ou foto's van die

Duitse soldate, jy kan sien dat hulle nog steeds iets ruik. Ek en ʼn paar

manskappe het ʼn idee gekry om die verskriklike koue tot ons voordeel te

gebruik. Jy weet mos die Duitsers het baie herders honde gebruik om te

help wagstaan, ons was vrekbang vir die honde want ons kon nie naby die

Duitse kamp kom met die honde wat help wagstaan nie. Ons kruip toe

een aand tot teen die honde hokke en gooi toe water pille in die honde

se waterbakke. Jy sal nie glo nie Klasie maar die volgende

aand hoor ons net honde tjank soos hulle probeer loskom.

Die water pille het veroorsaak dat die honde elke minuut hul

been moet oplig, wat veroorsaak het dat hulle aan alles en

nog wat wasgevries het. Dit het ons toe toegang gegee om

so ʼn bietjie paniek by die Duitsers te gaan saai. Generaal Smuts was so

beïndruk met my dat ek in die koue aande in sy warm tent kon slaap, ek

praat nie eers van die sakke vol medaljes wat aan my toegeken was nie.

Ek moes hierdie medaljes met ʼn spesiale vrag huis toe stuur.

Klasie groet vinnig en jaag huis toe voordat hy ook vasvries

Tot volgende keer.

Pieter zs6bvt

Page 13: TEENSPANNING - zs6mrk.org file5 Erken jou foute en word sterk “As julle julle lewe deur die sondige natuur laat beheers, gaan julle die dood tegemoet, maar as julle deur die Gees

13

Die Sishen, Saldanha trein spoorbrug oor die Olifantsrivier Tienie ZS6HO

‘n Meesterstuk in Siviele Ingenieurswese:- Net buite Lutzville op die R363; die ekstra hoë spoorbrug wat die Olifantsrivier oorspan oor ‘n afstand van 1 035 meter. Die romp van die brug wat op land gegiet, en daarna met behulp van hidrolise domkragte in posisie gestoot is, bestaan uit 23 x 45 meter seksies (hol van binne) elk met ‘n massa van 610 ton; dus ‘n bruto romp massa van 141 000 ton. Die romp rus op 22 pilare, 45 meter uit mekaar, en in posisie gegiet is op steun-kolomme “pylons” wat 45 meter diep in die rivierbodem ingedryf is. Die langste pilaar het ‘n lengte van 52,5 meter. Die bou projek wat bestuur was deur ‘n Franse Maatskappy “Spie Batignolles” is gedurende 1976 voltooi, en was/is die langste brug van sy soort in die wêreld wat volgens die metode opgerig is

Page 14: TEENSPANNING - zs6mrk.org file5 Erken jou foute en word sterk “As julle julle lewe deur die sondige natuur laat beheers, gaan julle die dood tegemoet, maar as julle deur die Gees

14

Meegaande skets; is ‘n eenvoudige uitbeelding van die brug romp; saamgestel uit 23

x 45 meter seksies en toe in twee 495 meter aaneenlopende gedeeltes saamgevoeg

is, is geanker aan beide die brughoofde landkant van die brug met ‘n enkel vry

bewegende 45 meter middel seksie. Die twee lang rompgedeeltes is ook vry om te

beweeg weerskante van die middel seksie tydens uitsetting en inkrimping van die

rompstruktuur bo-op die pilare waarop dit rus. Die spoorstawwe op die brug is

deurlopend, en geen voorsiening is gemaak vir uitsetting van die spoorstaal nie.

Gevolglik is daar voortdurende druk- en trek spannings in die spoorstawe

teenwoordig. Kommer rondom die gevare wat die kragte inhou, is ‘n

moniteringstelsel ontwikkel om die onderskeie kragte wat in beide die spoor en die

brugstruktuur voorkom te monitor.

Die monument is nie net ‘n toeriste-attraksie nie, maar ook sekerlik ‘n nagmerrie vir elke

treindrywer op pad daarheen met ‘n gelaaide trein.

Met omgewingstemperature wat kan wissel tussen -2 ̊C in die winter en +45 ̊C in die somer in

die Olifantsrivier vallei en Vredendal/Lutzville omgewing, is die monitor van spoor temperatuur

op die brug van kritiese belang. Die rede hiervoor is dat daar twee gevare is waarmee rekening

gehou moet word; die een is trekkragte in die spoorstawwe in die winter en uitset kragte in die

somer.

Uitset kragte wat in die spoor opbou soos spoor temperatuur styg, tesame met die voorwaartse

kragte wat uitgeoefen word op die spoor deur ‘n trein en sy vrag, en in ‘n mate versterk word

deur die afwaartse gradiënt van die spoor in die rigting van die brug, is ongetwyfeld ’n resep vir

moeilikheid as dit nie reg bestuur word nie.

Page 15: TEENSPANNING - zs6mrk.org file5 Erken jou foute en word sterk “As julle julle lewe deur die sondige natuur laat beheers, gaan julle die dood tegemoet, maar as julle deur die Gees

15

Die spoorlyn op die brug, ondersteun deur ‘n ballasklip onderlaag en slegs geanker

aan die dwarslêers waarop dit rus; en vasgekeer tussen twee lae beton mure met

weinig spasie vir sywaarts uitwyking, maak dat die spoorlyn slegs vorentoe kan

padgee. Die spanningsgolf wat in die spoor voor die trein opbou kan die spoor laat

uitdop tussen die twee beton keermure, en die spoor sodoende toelaat om sywaarts

uit te skop, en die trein te laat ontspoor.

Derhalwe word spoor temperatuur asook die van die Brugstruktuur krities

gemonitor, en voortdurend deurgestuur na die beheer sentrum in Saldanha.

Indien die temperature voorafbepaalde vlakke oorskry is daar streng neer gelegde

prosedures wag gevolg moet word om veiligheid op die brug te verseker. Ter

illustrasie ‘n monitorskerm beeld en instruksies/handelinge wat bedryfskontroleurs

en spoorbaanpersoneel moet volg as temperatuuralarms afgaan.

Page 16: TEENSPANNING - zs6mrk.org file5 Erken jou foute en word sterk “As julle julle lewe deur die sondige natuur laat beheers, gaan julle die dood tegemoet, maar as julle deur die Gees

16

Wintermaande:

Die alarm sal afgaan indien die trekkrag 1300 kN oorskry. Optrede: Trekkrag tussen 1300 en 1400 kN Treine word gewaarsku en treinspoed verminder na 15 km/h. Trekkrag tussen 1400 en 1500 kN Trein word gestop en spoorbaan personeel moet die brug patrolleer. Indien geen fout gevind word nie kan die trein deur bevoegde spoorbaan personeel (Baanmeester) oor die brug geloods word. Trekkrag hoër dan 1500 kN mag geen treine oor die brug beweeg nie. Somermaande: Die alarm sal afgaan indien die drukkrag 800 kN oorskry. Optrede: Drukkrag tussen 800 en 900 kN Treine word gewaarsku en treinspoed verminder na 15 km/h. Drukkrag hoër as 900 kN Trein word gestop en spoorbaan personeel in kennis gestel.

Op 24 September 1982, kort voor die implementering van die moniteringstelsel, het 3 elektriese lokomotiewe, plus 11 gelaaide ertstrokke kort agter die lokomotiewe, in die middel van die brug ontspoor. ‘n Aantal van die trokke het van die brug afgeval en in die rivier beland; waarvan sommige vandag nog, begrawe in die modder, dien as stille getuies van die gebeure daardie dag.

Lekker lees.

Saamgestel deur Tienie ZS1HO

Page 17: TEENSPANNING - zs6mrk.org file5 Erken jou foute en word sterk “As julle julle lewe deur die sondige natuur laat beheers, gaan julle die dood tegemoet, maar as julle deur die Gees

17

Type 3 Mk. II (B2)

British WW-II clandestine Spy radio The British Type 3 Mk. II, commonly known as the B2, is arguably the most well known spy radio set used during WWII. It was designed in 1942 by (then) Captain John Brown at SOE Station IX, and manufactured by the Radio Communication Department of the SOE at Stonebridge Park. The set was issued to agents and resistance groups and special forces operating on occupied territory. The official designator is Type 3 Mk.II but the radio is also known as Type B Mk.II, B.II and B2.

The B2 came in two flavours. The initial version came in an unobtrusive leather suitcase that allowed an agent to travel inconspicuously. This is the most well-known variant. Later in the war it was dropped by parachute in two water-tight containers, that were more suitable for use by resistance groups operating in the field. The image shows the Type 3 Mk.II in itsoriginal brown/red leather suitcase, which can easily be recognized as it has three locks at the front: two simple locks at the sides, and one that can be locked with a key at the center.

Page 18: TEENSPANNING - zs6mrk.org file5 Erken jou foute en word sterk “As julle julle lewe deur die sondige natuur laat beheers, gaan julle die dood tegemoet, maar as julle deur die Gees

18

he radio set consists of three units: a receiver (RX), a transmitter (TX) and a Power Supply Unit (PSU), plus a box with spares and accessories. When mounted in the suitcase, the transmitter is located at the center top, with the receiver mounted below it. The PSU is at the right in such a position that the two other units can be connected to it. The spares box is generally positioned at the left, with the Morse key mounted on its lid. When operating the B2, the lid of the spares box should be placed on the table, so that the Morse key can be operated. The Type 3 Mk.II (B2) was relatively small for its day and produced an HF output power of 20 Watts. Nevertheless, it was too big to carry around unobtrusively especially when travelling by public transport. For this reason, later radios, such as the Model A Mk. III (A3) were made much smaller, albeit with a limited frequency range (3.2-9.55 MHz) and reduced power output (5 Watt).

Controls

The diagram below gives a clear view of the controls, as seen from the top. The case has four compartments; one for each of the modules. At the left is the spares box or accessory kit, here shown without its lid. The spares box has two compartments: one for the spare valves and one for the accessories. The PSU is at the right, with the AC and DC connections at the right edge.

The two compartments at the center hold the transmitter (top) and receiver (bottom), that both are connected to the PSU by means of a 6-pin plug. The PSU can be powered from the AC mains or from a 6V DC source. The headphones are connected to the socket marked PHONES L.R. at the front. A suitable telegraph key should be connected to the socket marked KEY on the transmitter. The transmitter further needs a crystal at the top right and a tank coil at the left, just below the meter. The antenna and ground should be connected to the two screw terminals at the top left of the transmitter. A short green wire with a banana-plug connects the antenna to the receiver.

Page 19: TEENSPANNING - zs6mrk.org file5 Erken jou foute en word sterk “As julle julle lewe deur die sondige natuur laat beheers, gaan julle die dood tegemoet, maar as julle deur die Gees

19

Container version

CONTAINER VERSION

Although the suitcase version is arguably the most popular one amongst collectors, it was by no means the most popular during the war. Many B2 spy radio sets were brought into an occupied country, by means of air droppings or over sea. Most suitcases would not survive such a trip.

Furthermore, many of the radio stations were intended for use by the resistance, in which case they often had to be stored in moist places, such as a forest or a farm. In such cases, a suitcase was not the most appropriate packaging. As the war progressed, more and more sets were supplied in two water-tight metal containers with sufficient padding to survive a dropping. Several brackets were present at the sides of these containers, allowing them to be attached to a parachute or to carry them at the back of the agent by using appropriate webbing.

The transmitter and receiver were packed together in a container that was marked 'G'. A second - slightly smaller - container, held the power supply unit and the spares box. It was marked with the letter 'H'. After removing the lids, the two containers would be placed side-by-side and the transmitter and receiver were connected to the power supply unit. A nice example is in [1]. The example shown above is from the collection of Museum Jan Corver in Budel (Netherlands). The accessory box is missing from this one, and has been replaced by a carton box, which is visible at the right. The marking 'G' is visible at the front of the leftmost container.

Container version

Page 20: TEENSPANNING - zs6mrk.org file5 Erken jou foute en word sterk “As julle julle lewe deur die sondige natuur laat beheers, gaan julle die dood tegemoet, maar as julle deur die Gees

20

20 ml kanola- of olyfolie

4 groot uie, gekap

2 knoffelhuisies, fyngekap

2,5 kg baie maer maalvleis

2 blikkies lensies met sous

4 wortels, gerasper

6 selderystingels, gekap

4 x 410 groot blikkies heel tamaties, gekap

80 ml tamatiepuree

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

5 ml droë oreganum

5 ml suiker

hand vol gekapte pietersielie

Verhit die olie in ’n groot swaarboomkastrol en soteer uie tot sag en glansend. Voeg knoffel by en soteer nog 1 minuut. Roer maalvleis by met ’n groot vurk om los te maak en roerbraai tot bruin. Voeg lensies, wortels en seldery by en roer deur. Voeg tamaties en vloeistof in blikkies en tamatiepuree by en geur na smaak met sout en swartpeper asook die oreganum en suiker. Verhit tot kookpunt en prut so 2 uur. Roer elke 10 minute. Verwyder van hitte en roer gekapte pietersielie in. Laat afkoel tot kamertemperatuur, verdeel in 5 porsies en vries.

GEURIGE

MAALVLEIS

Page 21: TEENSPANNING - zs6mrk.org file5 Erken jou foute en word sterk “As julle julle lewe deur die sondige natuur laat beheers, gaan julle die dood tegemoet, maar as julle deur die Gees

21

Ons is nou in die hartjie van die winter wat natuurlik die beste tyd is om

met die elektronika binnenshuis te speel. Stuur asseblief vir my ʼn

artikel of twee oor waarmee julle besig is. Kom deel julle belangstellings

met ons. Kontak my indien jy nie self wil skryf nie, ek sal die skryfwerk

vir jou doen.

Baie dankie oom Tienie vir jou baie interessante artikel wat jy vir ons

ingestuur het. Oom Tienie het nog ʼn artikel vir ons ingestuur oor ʼn

magnetiese lus antenna se beheerstelsel waarmee hy besig is, meer

daarvan volgende keer, dankie oom Tienie.

Probeer gerus die maalvleis resep, ek en Maryna het dit gemaak en dit

Was die moeite werd.

Groete tot volgende keer

Pieter ZS6BVT