AANBIDDENDE HART: GEBROKE OF STRALEND?Terselfdertyd is dit dié liefde wat van jou ’n gelukkige...

20
Wapadrant November 2019 aadrat AANBIDDENDE HART: GEBROKE OF STRALEND? “Yes, I’m telling you heart, you’d better believe me. Save yourself for somebody new. Don’t make such a fuss there’s no hope for us …. There’s no hope in acting this way” aldus Gene Rockwell se hartseertreffer met geen ewigheidswaardes nie. Die jaar lê op sy rug. Die feestyd lê voor. Gesigte van blydskap duik oral op. Die vraag is: Straal jou gesig nog steeds aan die einde van ‘n jaar? Laat God jou gesig deur jou aanbidding verander; anders gestel: Die verandering is Sy werk, nie ons s’n nie. Dit is nie toevallig dat daar ‘n verband is tussen ‘n mens se gesig en aanbidding nie. Jou gesig is die mees openbare deel van jou liggaam en ook die mees herkenbare deel – die spieël wat jou innerlike weerspieël. Paulus stel dit so mooi in 2 Kor 3:18: “Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is”. * Stefanus se gesig het soos dié van ‘n engel geglinster nadat hy die hemel gesien het” (Hand 6:15; 7:55-56). * Mattheus skryf in Matt 17:2 “Jesus se voorkoms het voor hulle oë verander, sy gesig het begin straal soos die son”. * “Moses se gesig het geblink nadat hy met God gepraat het” (Eks 34:35). Hoor hoe besing Dawid die evangeliese krag van aanbidding: “Hy het my ‘n nuwe lied in die mond gelê, ‘n loflied vir ons God. Baie sal hiervan hoor en Hom die eer toebring ...” (Ps 40:4). Ek is seker jy het al agtergekom hoe stralend jy verander as jy sekere liedere sing: “Genade, Onbeskryflik Groot”; “Die Oorwinningslied”, “O Heer, my God” en daardie lied wat ‘n verhaal is: “Stille nag, Heilige nag”. Hierdie lied kondig ‘n Vreugdefees aan wat oor die eeue heen stralende gesigte veroorsaak het, en ook die besef dat – danksy die Kripkind, ek en jy uitgesoekte Koningskinders is. Die vraag is: Wat lees die mense daarbuite wanneer hulle na jou kyk? Een ding is seker: God verander nie net gesigte nie; Hy verander diegene wat sien hoe ons aanbid. Aanbiddende hart: Gebroke of stralend. Mag dit vir jou en my wees: “Here, skryf my gesig oor sodat mense net mooi dinge van U sal lees wanneer hulle na jou en my kyk”. Mooiloop in Christus, Alwyn Röhrs

Transcript of AANBIDDENDE HART: GEBROKE OF STRALEND?Terselfdertyd is dit dié liefde wat van jou ’n gelukkige...

Page 1: AANBIDDENDE HART: GEBROKE OF STRALEND?Terselfdertyd is dit dié liefde wat van jou ’n gelukkige mens kan maak. Belangriker nog: Dit is die liefde wat God van jou as sy kind verwag.

W a p a d r a n t

N o v e m b e r 2 0 1 9

�aa�d��ra�t

AANBIDDENDE HART: GEBROKE OF STRALEND?

“Yes, I’m telling you heart, you’d better believe me. Save yourself for somebody new. Don’t make such a fuss there’s no hope for us …. There’s no hope in acting this way” aldus Gene

Rockwell se hartseertreffer met geen

ewigheidswaardes nie.

Die jaar lê op sy rug. Die feestyd lê voor. Gesigte

van blydskap duik oral op. Die vraag is: Straal jou

gesig nog steeds aan die einde van ‘n jaar?

Laat God jou gesig deur jou aanbidding

verander; anders gestel: Die verandering is Sy

werk, nie ons s’n nie. Dit is nie toevallig dat daar

‘n verband is tussen ‘n mens se gesig en

aanbidding nie. Jou gesig is die mees openbare

deel van jou liggaam en ook die mees

herkenbare deel – die spieël wat jou innerlike

weerspieël. Paulus stel dit so mooi in 2 Kor 3:18:

“Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is”.

* Stefanus se gesig het soos dié van ‘n

engel geglinster nadat hy die hemel gesien het”

(Hand 6:15; 7:55-56).

* Mattheus skryf in Matt 17:2 “Jesus se

voorkoms het voor hulle oë verander, sy gesig

het begin straal soos die son”.

* “Moses se gesig het geblink nadat hy

met God gepraat het” (Eks 34:35).

Hoor hoe besing Dawid die evangeliese krag van

aanbidding: “Hy het my ‘n nuwe lied in die mond gelê, ‘n loflied vir ons God. Baie sal hiervan hoor en Hom die eer toebring ...” (Ps

40:4). Ek is seker jy het al agtergekom hoe

stralend jy verander as jy sekere liedere sing:

“Genade, Onbeskryflik Groot”; “Die Oorwinningslied”, “O Heer, my God” en daardie lied wat ‘n verhaal is: “Stille nag, Heilige nag”. Hierdie lied kondig ‘n Vreugdefees aan

wat oor die eeue heen stralende gesigte

veroorsaak het, en ook die besef dat – danksy

die Kripkind, ek en jy uitgesoekte

Koningskinders is.

Die vraag is: Wat lees die mense daarbuite

wanneer hulle na jou kyk? Een ding is seker: God

verander nie net gesigte nie; Hy verander

diegene wat sien hoe ons aanbid.

Aanbiddende hart: Gebroke of stralend. Mag dit

vir jou en my wees: “Here, skryf my gesig oor sodat mense net mooi dinge van U sal lees wanneer hulle na jou en my kyk”.

Mooiloop in Christus, Alwyn Röhrs

Page 2: AANBIDDENDE HART: GEBROKE OF STRALEND?Terselfdertyd is dit dié liefde wat van jou ’n gelukkige mens kan maak. Belangriker nog: Dit is die liefde wat God van jou as sy kind verwag.

2

Sunrise Naskool-UitreikDie leerders van die Sunrise Naskool kon hul geluk nie

glo nie! Graad 10-leerders van Curro Hazeldean het

hul verras met vrolike samesyn en pret vir 4 dae! Dit

het deel gevorm van hul gemeenskapsdiensprojek.

Die graad 10-leerders het gehelp met huiswerk, die

kinders geleer tafeltennis speel en vriendskapsbande

gesmee.

Juan van der Merwe, Denato Kreibrich en Johann

Coetzee - julle is ons helde!

Kom gesels gerus met my oor hoe jy kan help om

positief in die naskoolkinders se lewens in te bou.

~ Daleen de Villiers

Jesus dien1

2

3

4

5

6

Lees Johannes 13:1-12. Lees dan die leidrade en vul die antwoord in die blokkies links in

Dwars2. Jesus het ______ in die skottel gegooi

4. Jesus het elke dissipel se ______ gewas

5. Hy wat klaar gebad het, is heeltemal _____

6. _______is julle as julle dit ook doen

Af1. Jesus het ‘n ___om sy lyf vasgemaak

3. Petrus vra dat Jesus ook sy hande en ____ was

4. Jesus stel vir ons ‘n ______

Page 3: AANBIDDENDE HART: GEBROKE OF STRALEND?Terselfdertyd is dit dié liefde wat van jou ’n gelukkige mens kan maak. Belangriker nog: Dit is die liefde wat God van jou as sy kind verwag.

3

Mannebediening - Bybelstudie

Varslug-fliekaandDie gesinnebediending het n baie suksesvolle “Varslug-fliekaand” op 4 Oktober gehad. Die skerm was ‘n

massiewe 9m x 6.5m en soos meer as een keer gehoor is “dit is awesome, sal darem lekker rugby op die

skerm kan kyk”. Die fliekaand is voorafgegaan met boeresportaktiwiteite wat net so groot sukses onder

die kinders was. Dit was nogal iets om al

die kinders doodstil te sien sit vir die duur

van die fliek en daar was selfs van die ouer

garde wat die fliek net so geniet het.

Van die Gesinnebediening se kant (Pieter

van der walt en Mark Daniel) baie dankie

aan elke lidmaat wat bygewoon asook die

helpers wat die aand ‘n sukses gemaak het.

Daar kon na die tyd ‘n stewige bedrag aan

Sunrise geskenk word as die “wins “ vir die

aand.

Soos enige projek was daar n paar

tandekry-probleme en dit sal aangespreek

word volgende keer. Volgende jaar doen

ons dieselfde so hou asb 2 Okt 2020 oop!

~Pieter vd Walt

Dit is 5:30 op ‘n Woensdag-oggend en 6 tot 8 manne

groet mekaar by die kerk in toringkamer 25. Die voël-

sang het ons al buite begroet en die eerste lig van die

dag is ‘n sigbare bewys dat God se somer al met ons is.

Ja, dit is die mannebybelstudie wat elke Woensdag-

oggend by ons kerk plaasvind.

Ongeveer 2 jaar gelede is hierdie inisiatief begin. Ons

kom elke Woensdag-oggend van 5:30 tot 6:30 by die

kerk bymekaar rondom God se Woord, in Sy teen-

woodigheid maar ook in mekaar se teenwoordigheid.

Wat ‘n wonderlike voorreg en geleentheid om in die

middel van die week weer nuwe perspektief, geestelike

leiding en nuwe krag te ontvang. Ons maak nie gebruik

van ‘n Bybelstudiehandleiding, ‘n spesifieke tema of

onderwerp nie, maar bestudeer die Woord van die

Here. Ons het begin met die evangelie van Johannes en

daarna die briewe van Johannes. Toe was dit Jakobus en

nou is ons besig met die pastorale briewe van Paulus.

Ons begin ons bediening met ‘n kort gebed en daarna

kry elkeen die geleentheid om te vertel hoe dit met

hom en sy gesin gaan en ook waarin hy die Genade van

die Here in sy lewe ervaar. Daarna lees ons ‘n gedeelte

(paar verse) van die Bybelboek wat ons behandel en be-

spreek dan die inhoud met mekaar. Ons is ook dankbaar

dat Peet by ons is om ook op sy spesiale manier, skrif-

tuurlik en prakties leiding te gee. Gelukkig is daar ook

‘n paar “slim” ouderlinge! Ons sluit af met ‘n gebed en

groet mekaar om 6:30.

Wat ervaar en leer ons van die Here en hoe gebruik Hy

hierdie mannebediening?

Waar ons met mekaar rondom die Woord verkeer,

daar is die Here altyd teenwoordig.

Wanneer ons die Bybel so intens met mekaar deel,

kom ons al hoe meer tot die besef hoe groot en

magtig ons Here en Sy Woord is.

Die Here het ons ook vir mekaar gegee om mekaar

geestelik te lei, te bemoedig en terselftertyd ook te

ervaar wat broederliefde is.

Hy rus ons toe deur Sy Woord en ook deur me-

degelowiges, om ware ligdraers van Jesus Christus

te wees.

Hy maak ons dankbaar vir nog ‘n geleentheid om

waarlik liggaam van Christus te wees.

As jy deel wil wees van hierdie wonderlike reis, kontak

gerus die kerkkantoor vir meer inligting.

JY IS BAIE WELKOM!

~ Mannebediening – Saam op God se pad

Page 4: AANBIDDENDE HART: GEBROKE OF STRALEND?Terselfdertyd is dit dié liefde wat van jou ’n gelukkige mens kan maak. Belangriker nog: Dit is die liefde wat God van jou as sy kind verwag.

4

Bediening: BarmhartigheidBarmhartigheid is een van die bedieninge in Wapadrant-gemeente en is deel van die groter Diakonie. Ons

werk nou saam met die Uitreikbediening, maar ook met ander bedieninge soos die Herderlike Versorging.

Die Diakonie moet getrou aan sy missie, onderlinge liefdesbetoon en eenheidsbelewenis in die gemeente

bevorder. Hy moet lidmate aanspoor en toerus om daadwerklike liefde teenoor medegelowiges en alle mense

te bewys.

Uitreik is ‘n bediening wat ten doel het om ons gemeente te begelei en toe te rus sodat ons roeping om die

Evangelie deur woord en daad uit te dra in ons plaaslike omgewing en na alle volke en nasies verwesenlik word.

Barmhartigheid is ‘n bediening wat hoofsaaklik omsien na die materiële versorging van behoeftige mense en

gesinne binne die gemeente, en om ‘n bydrae te maak tot verdienstelike sake buite die gemeente, bv.

kinderhuise.

Hoe werk Barmhartigheid in Wapadrant-Gemeente:

Rol:

Barmhartigheid het te doen met jou liefde vir ander mense omdat jy vir God liefhet.

Barmhartigheid is ’n  uitreikwoord, ’n kontakwoord, ’n omgeewoord. In Lukas 6:36 lees

ons: “Wees barmhartig soos julle Vader barmhartig is”.

Terselfdertyd is dit dié liefde wat van jou ’n gelukkige mens kan maak. Belangriker nog: Dit is

die liefde wat God van jou as sy kind verwag.

In God se koninkryk moet jy jou hart vir mense oopmaak.

Doelwitte:

Ons wil seker maak ons weet van alle lidmate wat in nood verkeer, deur noue samewerking

met ander bedieninge en groepe.

Materiële versorging van behoeftige mense en gesinne binne die gemeente.

Ons wil ‘n bydrae maak tot verdienstelike sake buite die gemeente, bv. Kinderhuise.

Ons wil soveel middele as moontlik versamel om dan uit te deel aan behoeftiges, bv. kos en

klere in die Pakhuis.

Die Barmhartigheidsbediening in Wapadrant-Gemeente het ‘n inkomstebegroting van R1,070m en ‘n

uitgawebegroting van R1,350m.

Daar is soveel verdienstelike gevalle en ons hoop om die gemeente baie meer te betrek by van die

verdienstelike sake, veral waar ons nie genoegsame fondse het nie.

Vir enige navrae kontak gerus die Kerkkantoor of Marthinus Wissing by 0834450001

Page 5: AANBIDDENDE HART: GEBROKE OF STRALEND?Terselfdertyd is dit dié liefde wat van jou ’n gelukkige mens kan maak. Belangriker nog: Dit is die liefde wat God van jou as sy kind verwag.

5

TOPIA - Opleidingsbesoek by Covenant College Julie en Augustus 2019.

Ons eerste twee dae in Zambië is gebruik om 'n tydelike werkspermit te verkry. Nadat 'n baie vriendelike immigrasie-

beampte ons gehelp het, kon ons na Covenant College in die Petauke-omgewing vertrek waar ons vir sewe weke gebly het.

Ons het die sitkamer in die huis waar ons gebly het in 'n klaskamer verander. Daar het Lizanne en die kinders lekker skool

gehou. Vanaf 15:00 is dit egter speeltyd. Dan word daar met maatjies gespeel, modderkoekies gebak en met grond, sade

en blare handel gedryf. Dit is ook vir ons kinders 'n wonderlike ervaring om die plaas en al die plaasdiere te beleef.

Covenant is 'n leersentrum van Mukhanyo en ons het in ses weke 5 diplomamodules gedoen, naamlik Evangelisasie 1 en 2

en Prediking 1, 2 en 3. Ek en die studente moes maar bontstaan om in die kort tydjie soveel kursusse te voltooi. Ons het

ook studente of oud-studente se kerke op Sondae besoek en Sondagaande heerlik saam met die kollegepersoneel geëet en

gekuier.

Op pad terug het ons so paar dae by Thys en Dorette op Motopi gekuier. Dit is tans baie droog in Botswana en hulle voer

'n klompie seekoeie. Ons kon ook die benoude voerdery meemaak. Ons is die Here dankbaar dat ons weer by die huis is

en dat ons veilig gereis het. Veral dat Hy ons tydens die onluste-insident in Malawi bewaar het. Baie dankie aan al die TO-

PIA-kerke en ons TOPIA-vriende wat dit vir ons moontlik maak om kerkleiers in Afrika te dien en saam in sy koninkryk te

werk.

TOPIA het 'n FB-blad waar foto's geplaas word. Gaan kyk gerus daar indien jy meer oor TOPIA wil sien en hoor. Ons het

ook 'n Whatsapp-groep waardeur jy beriggies en gebedsversoeke kan ontvang. Ons gebruik Whatsapp veral wanneer ons

weg van die huis is. Indien jy deur Whatsapp nuus wil ontvang, laat weet asseblief vir Lizanne by 084 555 1890.

TOPIA-MEDEWERKER: Asseblief bid, help met opleiding of maak 'n koninkryksbelegging deur Zapper, Snapscan of die TO-

PIA FNB TJEKREKENING: 62769393712 Takkode: 250655.

Na ons vaste maandelike inkomste benodig TOPIA R16 000 per maand. Ons vra dus mooi of jy nie biddend sal oorweeg om

op 'n vaste maandelikse basis 'n koninkryksbelegging by TOPIA te maak nie.

AAN GOD AL DIE EER - IN HOM, DEUR HOM EN VIR HOM!

~ Johannes Aucamp

TOPIA

Sunday, November 10th at 10am

Sunrise Road 3, Olympus

Pretoria

Page 6: AANBIDDENDE HART: GEBROKE OF STRALEND?Terselfdertyd is dit dié liefde wat van jou ’n gelukkige mens kan maak. Belangriker nog: Dit is die liefde wat God van jou as sy kind verwag.

6

SAMEROEPER: Véra Tollig 012 997 2678 of 082 6446 741 of [email protected]

PRETORIA-OOS HOSPITAAL: TEL: 012 422 2300

4-10 NOVEMBER 2019Bernard Tollig (Do): 082 900 1816 / 012 997 2678;

Willem de Ronde (Di): 082 923 4698/ 012 998 5070;

Lizzy Nel (Wo): 079 405 1266

11-17 NOVEMBER 2019Daleen v Wyk (Do): 991-3312 / 082 926 3498;

Henriëtte Coetzer: 076 309 5855 / 012 997 5036;

18-24 NOVEMBER 2019Bernard Tollig (Do): 082 900 1816 / 012 997 2678;

Willem de Ronde (Di): 082 923 4698/ 012 998 5070;

Lizzy Nel (Wo): 079 405 1266

25 NOVEMBER – 1 DESEMBER 2019Daleen v Wyk (Do): 991-3312 / 082 926 3498;

Henriëtte Coetzer: 076 309 5855 / 012 997 5036;

LIFE FAERIE GLEN HOSPITAAL: TEL: 012 369 5600 Jan Tollig: 807-0891 / 082 331 2756 (S); Henrikus Verhoef: 082 558 4450 / 012 993 0919

KLOOF HOSPITAAL: TEL: 012 367 400Erica Hogendoorn: 083 408 7894

WILGERS HOSPITAAL: TEL: 012 807 8100

4-10 NOVEMBER 2019Braam Gous: 361 7632 / 082 468 3808 (Wo);

Anmarie Steyn: 082 562 2839;

11-17 NOVEMBER 2019Nancy Snyman (Wo): 803 1561 / 074 588 3374; Cora

Vorster: 012 361 6727; Aly van Hoven: 012 807 1856

/ 072 275 9134; Sonia Röhrs (Do): 082 807 1698;

Anmarie Steyn: 082 562 2839;

18-24 NOVEMBER 2019Cor Meindertsma (S) (Di): 082 551 6183 / 012 991

2719; Suzette Schoeman (Wo & Do): 076 452 3371;

Truus Meindertsma (Vry): 082 551 6183 / 991 2719;

Anmarie Steyn: 082 562 2839;

25 NOVEMBER – 1 DESEMBER 2019Braam Gous: 361 7632 / 082 468 3808 (Wo);

Anmarie Steyn: 082 562 2839;

ANDER HOSPITALE:Peet en Lacia Vermeulen: 082 336 8465 (Oos van N1);

Rassie Smit 082 877 1482 (Wes van N1)

EUGENE MARAIS, JAKARANDA, MUELMED, LOUIS PASTEUR, MEDFORUM, ZUID-AFRIKAANSE HOSPITAALRassie Smit: 082 877 1482; Ben Nel: 335-2411 (W) /

083 466 1264 & Miemie Mennen;

MUELMED, HART & ZUID-AFRIKAANSE HOSPITAAL, JAKARANDA, UROLOGIERassie Smit: 082 877 1482; André Sandilands: 081 205

8669 / 071 302 4593;

KINDERBEDIENING: Rita Schoen: 012 809-1459 / 082 662 3964

ONDERSTEUNINGSDIENSGROEP (PASTORAAL):Vorster Combrink: 082 872 9725

SENIORS - TUISBESOEK:Daleen v Wyk: 991-3312 / 082 926 3498;

Petro Bouwer: 991-7229 / 082 450 5091;

KANKERPASIËNTE / ONDERSTEUNING / BESOEKEAnet Hofmeyer: 072 5312 378

BRONBERG AFTREE-OORD - 086 136 4616:Jan de Beer: 083 286 3960

Onthou om asb. die Kerkkantoor in kennis te stel

indien jy hospitaal toe gaan vir enige operasie of

mediese prosedure by [email protected]

of (012) 991 5623

Chrisante Hospitaalbediening

Page 7: AANBIDDENDE HART: GEBROKE OF STRALEND?Terselfdertyd is dit dié liefde wat van jou ’n gelukkige mens kan maak. Belangriker nog: Dit is die liefde wat God van jou as sy kind verwag.

7

Sekuriteitshekke, palissade, diefwering

en enige staalwerke, motorhuisdeure,

toegangsbeheer, elektriese heinings,

motorafdakke, enige herstelwerk of

bouwerk

Moreleta Plaza

Rekenaarherstelwerk Virusverwydering

Rekenaarverkope Rugsteunoplossing

UitroepdiensteNetwerke

Page 8: AANBIDDENDE HART: GEBROKE OF STRALEND?Terselfdertyd is dit dié liefde wat van jou ’n gelukkige mens kan maak. Belangriker nog: Dit is die liefde wat God van jou as sy kind verwag.

8

Almal se mandjie

Vir verstelwerk van klere, kontak vir Christa

Pretorius by: 066 337 7981

Vir herstelwerk aan juweliersware en herstring van

pêrels, kontak Willem by 0767611610

Veilige akkommodasie vir Selfversorgende Bejaardes – Pretoria166 Woonstelle in Arcadia,

Groenkloof en Danville.

Geen mediese versorging of

etes.

Vervoer teen minimale koste na hospitale, klinieke,

winkels.

Enkelwoonstel: R2 530,00 per maand

1 Slaapkamer: R3 550,00 per maand

2 Slaapkamer: R3 820,00 per maand

Warm en koue water ingesluit.

Kontak: Cornel by 012 343 2650

www.flowerfoundationpretoria.co.za

Babatoerusting te koop:

* Craco-stootwaentjie en -karstoeltjie

*Bababed wat in slaapkamerstel omskep kan word

* Practica Opvoedkundige Stel

Pryse onderhandelbaar.

Kontak Zondix by 072 249 5439

STUDENTE-AKKOMMODASIE IN FAERIE GLEN

Buitekamer met stort, toilet en wasbak. Parkering,

water en ligte ingesluit. Die kamer is ideaal vir 'n

manstudent wat graag op sy eie wil bly, stilte en

sekuriteit soek. Ingang heeltemal privaat.

Okkupasie 1 November 2019. Huur R2000 pm.

Deposito 'n vereiste - gelykstaande aan een maand

se huurgeld. Geen diere.

Kontak Estelle 072 785 3935

* Beroepe ontvang

Ds MH le Roux (Marco) van GK Newcastle na GK Reitz/Lindley-kombinasie

Ds GP Meijer (Gerben) van GK Vryburg/Bloemburg na GK Waterkloofrand

Ds HL Stavast (Henk) van GK Totiusdal na GK Nylstroom

Ds RA Bain (Ronald) van GK Potchefstroom na GK Oranjerivier

Ds RA Bain (Ronald) van GK Potchefstroom na GK Pretoria

* Beroepe aanvaarDs LJE Venter (Lourens) van GK Kimberley na GK Centurion as medeleraar

Ds TV Moruri (Victor) van GK Jouberton na GK Sebokeng, Sharpeville, Zamdela, Boibatong-kombinasie

* Beroepe bedankDs GM Boersema (Marnix) van GK Graaff Reinet na GK Reitz/Lindley kombinasie

Ds GM Boersema (Marnix) van GK Graaff Reinet na GK Rietvallei as medeleraar

Ds JC van Dyk (Jannes) van GK Ventersdorp na GK Rietvallei as medeleraar

Beroepenuus

WOONHUIS MET KANTORE TE HUUR IN PRETORIA-

OOS Woonhuis met 3 slaap-

kamers (115m2), 2 badkamers,

2 onderdak parkeer-areas,

plus 3 parkeer-areas langs die

huis, kantore gekoppel aan

huis, met huiskantoor-regte

(SOHO) 159 m2, 3 toesluitkan-

tore, ontvangsarea, en groot

konferensie area. Sommige

kantoormeubels asook rakke

ingesluit. Optiese vesel en Wifi beskikbaar. R16 500

per maand, W&L uitgesluit, erfbelasting en tuin-

werker ingesluit. Kontak André Hattingh by

[email protected] of 0833778581.

Page 9: AANBIDDENDE HART: GEBROKE OF STRALEND?Terselfdertyd is dit dié liefde wat van jou ’n gelukkige mens kan maak. Belangriker nog: Dit is die liefde wat God van jou as sy kind verwag.

9

Page 10: AANBIDDENDE HART: GEBROKE OF STRALEND?Terselfdertyd is dit dié liefde wat van jou ’n gelukkige mens kan maak. Belangriker nog: Dit is die liefde wat God van jou as sy kind verwag.

10

(Voorheen die Koningskinderskamp)

Aan alle kleingroepe, besigheidseienaars en

maatskappye:

Wapadrant-Gemeente is die afgelope vyf jaar be-

trokke by die Sunrise Naskoolsentrum wat tans suk-

sesvol bedryf word - ‘n liefdesdaad waarby

Wapadrant-Gemeente betrokke is om te help met

die versorging van minderbevoorregte kinders. ‘n

Jaarlikse Sonskynkinderkamp spesifiek vir hierdie

Sunrise-kinders word aangebied vanaf 2-4 Desember

2019 te Joy Unspeakable (naby Roodeplaatdam).

Om hierdie Sonskynkinderkamp aan te bied vir 35

Sunrisekinders beloop R41 275. Ons het werklik julle

hulp dringend nodig. Wil julle nie goedgunstig oor-

weeg om hierdie projek te ondersteun deur ‘n kind

ten volle of gedeeltelik te borg of ‘n donasie aan die

projek te maak nie? Omdat Sunrise ‘n nie-winsge-

wende organisasie is, is alle donasies dus aftrekbaar

van belasting. Julle kan help deur ‘n kind te borg ten

bedrae van R 500-00.

Jesus leer ons bid: “Gee ons vandag ons daaglikse

brood …” Jou bietjie gee kan ‘n wonderlike verskil

maak aan hierdie Sonskynkinders. Kan ek jou herin-

ner aan Jesus se woorde: “Om te gee … maak ‘n mens

gelukkiger” (Hand. 20:35).

Om te gee is een van die maniere hoe ons vir Hom

dankie kan sê. Julle kan ‘n verskil maak. Kom ons

help en borg hierdie kinders … Gee met liefde.

Enige volwassene wat meer inligting wil bekom, kan

Errol kontak. Jou hulp word waardeer.

Wapadrant-Gemeente se SunRise Road NPO is

geregistreer onder Artikel 18A vir die uitreik van

belastingsertifikate vir enige donasies.

Die bankbesonderhede is as volg:

SunRise Road NPC

Rekeningnommer:

408 027 6489

ABSA

Tjekrekening

Woodlands Boulevard

Takkode: 632005

Verwysing:

Voorletters, Van en SSK

Kontak Errol by 012 991 6429 of

[email protected]

Sonskynkinderkamp 2019

Page 11: AANBIDDENDE HART: GEBROKE OF STRALEND?Terselfdertyd is dit dié liefde wat van jou ’n gelukkige mens kan maak. Belangriker nog: Dit is die liefde wat God van jou as sy kind verwag.

11

Page 12: AANBIDDENDE HART: GEBROKE OF STRALEND?Terselfdertyd is dit dié liefde wat van jou ’n gelukkige mens kan maak. Belangriker nog: Dit is die liefde wat God van jou as sy kind verwag.

12

Wapadrant Finansiële Sake

Bedryfsurplus tot op datum in 2019: R 614 665

Opsomming:

Die totale inkomste vir die maand beloop R811k teenoor 'n begrote R885k. Alhoewel ons dit regkry om

die bedryfsurplus vir die jaar op ‘n positiewe bedrag te hou, is daar tog bekommernis vir die toekoms.

Die inkomste in vergelyking met dieselfde tydperk in 2018 is steeds R 449k minder. Totale uitgawes vir

die maand beloop R822k wat R10k hoër is as begroot. Dit laat 'n netto tekort vir die maand van R11k.

Uitgawes is egter baie minder as in 2018, hoofsaaklik agv 2 redes: daar is een predikant minder waarvoor

daar ‘n salaris betaal word, en die nuwe ramingsuitbetalingsmodel (betaalbaar aan die kerkverband) wat

die kerkraad einde 2018 aanvaar het, om ook so die kostes daarvoor in te perk.

Tot en met einde September 2019

Dankoffer-inligting

MaandAantal

potensiële *bydraepunte

Aantal punte met geen

beloofde bydrae

Aantal punte wat beloof het maar

geen bydrae maak nie

Aantal puntewat

agterstallig is

Getroue bydraers

Mei 2019*(1 111)

**(1 657)

357

32,13%

92

8,28%

122

10,98%

540

48,61%

Jun 2019*(1 106)

**(1 662)

355

32,10%

85

7,69%

142

12,83%

524

47,38%

Jul 2019*(1 112)

**(1 670)

356

32,01%

82

7,37%

137

12,32%

537

48,30%

Aug 2019*(1 108)

**(1 666)

356

32,13%

80

7,22%

148

13,36%

524

47,29%

Sept 2019*(1 115 )**(1 670)

35932,20%

776,91%

15113,54%

52847,35%

Page 13: AANBIDDENDE HART: GEBROKE OF STRALEND?Terselfdertyd is dit dié liefde wat van jou ’n gelukkige mens kan maak. Belangriker nog: Dit is die liefde wat God van jou as sy kind verwag.

13

* Bydraepunt : Getroude man en vrou = 1 bydraepunt

Belydende lidmaat in dieselfde gesin = bydraepunt

Enkellopende belydende lidmaat = bydraepunt

** Belydende lidmate

Hou asseblief in gedagte dat, vir die gemeente om effektief te kan funksioneer, daar finansiële verpligtinge

is wat nagekom moet word. Dit beteken dat finansiële bydraes vanaf die lidmate ontvang moet word

waaruit die bedryfsuitgawes gedek kan word. ‘n Deel van die bedryfsuitgawes is o.a. ook ‘n persentasie van

die gemeente se totale inkomstestaat wat aan die Administratiewe Buro te Potchefstroom oorbetaal moet

word. Meer volledige inligting oor hierdie ramings kan gesien word by

http://www.wapadrant.co.za/finansiele-sake.html.

Daarom maak ons staat op elke lidmaat se dankofferbydraes.

Indien lidmate nie oorbetalings aan die gemeente doen nie, beteken dit die ander lidmate in die gemeente

wat wel bydraes maak, “borg” die nie-bydraende lidmate, vir die genoemde uitgawes wat aangegaan moet

word.

Moet asseblief nie die genoemde finansiële bydraes (wat in kerkterme ook ‘n dankoffer genoem word), in die

liefdegawesakkie plaas nie, want die liefdegawes gaan nie vir dieselfde doel nie. (Maak asb gebruik van die

dankoffervorm.)

Maniere van afdra van Dankoffer

Direkte inbetaling op kerk se bankrekening/per internetbank of per aftrekorder by jou eie bank.

Bankbesonderhede: Gereformeerde Kerk Wapadrant, ABSA rek nr 349 0151 957, takkode 632 005. BAIE

BELANGRIK: Naam, van en doel as verwysing. (Behalwe in die geval van ‘n anonieme inbetaling.)

Indien jy anonieme bydraes wil maak, plaas kontant/tjek in `n koevert en sit in liefdegawesakkie of doen ‘n

elektroniese oorbetaling in kerk se bankrekening.

Debietorder: Reël met kerkkantoor by [email protected] of volg hierdie skakel vir vorm

http://www.wapadrant.co.za/finansieumllesake.html

Nog ‘n manier om jou dankoffer/liefdegawe oor te betaal:

Snapscan – Vir gerieflike en vinnige betaling

Gaan na http://www.wapadrant.co.za/finansiele-sake.html vir instruksies

Kersboom vir BarmhartigheidNicola (*skuilnaam) is ‘n blondekop jong dame. Sy woon tans in ‘n Wendyhuis agter in iemand se erf in Danville. Nicola

is besig om as onderwyseres te kwalifiseer. Haar ‘kamer’ is karig gemeubileer - ‘n bed, kassie en tafel. Saans maak sy

gebruik van ‘n olielamp om te studeer, want daar is nie krag in die kamer nie. Die

tannie in die huis sê sy kan ‘n verlengingskoord aanlê wanneer sy ‘n yskas het. Glo dit

as jy wil, maar Nicola het beter vooruitsigte as baie ander meisies van 19 jaar. Sy

meen dit is te danke aan die Bybelklub wat haar bekendgestel het aan haar Verlos-

ser, en die tannie wat elke middag vir haar en ‘n klomp ander kinders kos gegee het.

Hoe sou sy anders oorleef het? Nicola wil graag ‘n onderwyseres word sodat sy an-

der kinders wat in dieselfde omstandighede as sy moet grootword, kan help.

Aan hierdie kant van die Apiesrivier is dit maklik om verstrik te raak in ons eie nood:

die brandstofprys maak die vakansie baie duur; die kinders het weer Levi’s nodig; kyk net wat kos parfuum

nou! Nicola (en ander jong mense soos sy) het veral swaar gekry gedurende skoolvakansies wanneer die

skool se voedingsprogram nie in werking was nie. Wapadrant wil graag hier ‘n verskil maak. Hoe kan jy

help? Kry vir jou ‘n kaartjie of koevert aan die Kersboom in die portaal. Bring dan jou bydrae teen 24 No-

vember kerk toe. Koeverte kan in die liefdegawesakkies en kospakkies onder die boom geplaas word. Elke

kospakkie bestaan uit 2.5kg suiker, 2.5 kg meel, 2.5kg mieliemeel, 2kg rys en 2 blikkies groente.

Kontant en kospakkies word vir die Danville-kosprojek asook Huis Ebenhaeser in Daspoort geoormerk.

Page 14: AANBIDDENDE HART: GEBROKE OF STRALEND?Terselfdertyd is dit dié liefde wat van jou ’n gelukkige mens kan maak. Belangriker nog: Dit is die liefde wat God van jou as sy kind verwag.

14

Verhouding met KlassisVERHOUDING GK-WAPADRANT EN KLASSIS OOSTELIKE PRETORIA

Probleemstelling:

Tydens die vergadering van Werkgroep Kerkverband

(WGKV) het die behoefte ontstaan om GK Wapadrant

(WPR) se kerkbegrip opnuut duidelik uit te klaar, te

verstaan, te omlyn en toe te pas, sodat ons nie by me-

kaar verby praat nie. Ons formuleer ons standpunt aan

die hand van ‘n paar eenvoudige vrae.

1. Hoe selfstandig en volledig is ‘n plaaslike kerk (bv WPR)?

Christus het, in die goedheid van die Vader, deur sy Gees

en Woord, elke kerk, op watter aardse plek ookal,

toegerus om volkome kerk van Christus, en daarom Sy

funksionele en kragdadige liggaam op daardie beson-

dere plek te wees (bv Ef 1:23; Jak 1:4). In die sin is elke

plaaslike kerk totaal selfstandig en volkome liggaam van

Christus. Streng gesproke het plaaslike kerke niks meer

nodig as die Vader, Christus, die Woord en die Gees nie

(1 Tess 1:8-10). So het baie kerke op aarde bestaan, en

leef steeds so selfstandig en dien die koninkryk van God.

Die plaaslike kerk is die kern van Christus se regering,

diens en krag in die wêreld. (Natuurlik is daar ook ander

koninkryksgestaltes, soos Christelike skole, universiteite,

besighede, ens, maar die kerk is uniek, bruid van Chris-

tus, spesiaal toegerus vir besondere bedieninge en

werkinge (1 Kor: 12-14)

2. Is daar ‘n band met ander kerke van Christus in die omgewing, lands- of wêreldwyd?

Ja, alle kerke is deel van die een liggaam van ons Here

Jesus Christus, en tog het elke kerk sy eie plek, roeping,

konteks, spiritualiteit en gawes ontvang om sy spesifieke

omgewing te dien en aan die koninkryk van God op talle

terreine gestalte te gee (vgl Efese, Galate, Romeine ens).

Net soos ons eie liggaam uit verskillende ledemate

bestaan, elk met ‘n eie taak en plek, is dit ook gesteld

met die universele kerk van Christus. Elke kerk ontvang

eie besondere gawes, toerusting, geleenthede, style, om

die koninkryk van God ter plaatse te dien. Plaaslike kerke

is nie kloninge van God nie, maar weerspieël die ryke

genade, krag, werkinge van God (vgl veral 1 Tessalo-

nisense; Opening 2 en 3)!

3. Waarom is daar kerkverband(e)?

Aangesien alle kerke een in Christus is, en saam die

universele liggaam van Christus vorm, erken en aanvaar

hulle mekaar as mede-kerke (liggaamsdele) in die lig-

gaam van Christus.

Alle “ware” kerke van Christus behoort mekaar so wyd

en ver as moontlik te erken, te aanvaar, lief te hê, sodat

die wêreld kan glo dat die Vader, Seun en Gees, ook een

is

(Joh 17:1ev).

Selfstandige kerke behoort verder ook mekaar te help,

te bou en te versorg waar nodig (vgl Hand 15:1ev; 2 Kor

9:1ev). Maar kerkverbande (kerke wat mekaar in Chris-

tus erken en aanvaar op grond van hul gemeenskaplike

Belydenisskrifte) mag nie saamgestelde en opgerigte

vaste strukture word wat as permanente instellings met

reëls en reglemente, plaaslike kerke in dieselfde

boksie/vorm wil dwing nie.

Daar bestaan byvoorbeeld nie iets soos DIE klassis,of DIE

GKSA, as struktuur iewers daar buite nie. Die enigste

permanente werklikheid van die liggaam van Christus is

die plaaslike kerk. ‘n Klassis bestaan net vir die vergade-

ringtyd wanneer kerke saamgeroep word (deur Christus

en die Gees) vir ‘n bepaalde saak(e), (bv Hand 15:1 ev;

Sinode van Dordt 1618/9). So bestaan daar ook nie so-

iets soos DIE Algemene of Streeksinode nie, maar alleen

byeenkomste vir die tyd wanneer hulle saamgeroep

word en vergader.

Ons moet ernstig waak teen strukture en reglemente

wat mense skep “van buite of bo” en op plaaslike kerke

afdwing. Dit vernietig ons vryheid in Christus, strem ons

roeping, versmoor ons indentiteit, dreineer ons lewe in-

en vir die koninkryk van God (vgl B Spoelstra, verskeie

artt).

Meerdere vergaderinge behoort so min as moontlik

opgeroep te word om slegs uiters noodsaaklike besluite

in en vir Christus en sy koninkryk te neem (vgl Hand

15:1ev se drie besluite; Art 30 KO). Meerdere verga-

deringe ontaard soms in ‘n mag- en heersspel tussen

plaaslike kerke. Pasop vir die strukture en menslike reg-

lemente.

4. Strek ons eenheid as kerke in Christus verder as Klassis Oostelike Pretoria (KOP) en die GKSA?

Ja, ons moet alle ware kerke in Christus erken en aanvaar

as mede “liggaamsdele” (Ef 2: 11-22). Ons behoort met

hierdie kerke, veral in ons omgewing, waar nodig, bande

te smee en kragte saam te snoer in die koms van die

koninkryk van God. Maar ook dit moet op ‘n heel natuur-

lik-organiese wyse gebeur en nie bloot as pligpleging nie.

Dit werk nie.

~ Dr NP Heystek

Page 15: AANBIDDENDE HART: GEBROKE OF STRALEND?Terselfdertyd is dit dié liefde wat van jou ’n gelukkige mens kan maak. Belangriker nog: Dit is die liefde wat God van jou as sy kind verwag.

15

Gemeentekamp“Die naweek van 11 Oktober het 54 lidmate ontspan by Thaba-Morula. Party het vroeg

Vrydgoggend gearriveer ander weer laat.... Jaco en Donette se “pastorie” is opgeslaan met

Saterdagaand heerlik saamgebraai (kyk die swartpot wat vol pap was). Peet het Saterdag kom

inloer of die “doppers” nie handuit ruk nie. Sondagoggend het Jaco ons laat stilword onder die

“As nuwelinge was ons aanvanklik skepties om die gemeentekamp by te woon. Met wie sou ons gesels? Waar sou

ons inpas? Met ons aankoms het ons uitgepak en nes geskrop en ongelukkig die kenmekaargeleentheid gemis. Die

volgende oggend het ons met ons bure begin kuier en gou was ons vreemdheid iets van die verlede!

Ons het meer mense deur die dag ontmoet en teen die aand met die braai het ons al ‘n oorvloed gasvryheid ervaar.

Die Else het baie nuwe mense leer ken – om kos te deel bring mos ‘n ander tipe nabyheid wat moeilik is om in

woorde om te sit. Na die kerkdiens die Sondagoggend het ons geweet dat ons in Wapadrant Gemeente ‘n holte vir

ons voete gevind het, asook ‘n veilige hawe waar ons, ons-self kan wees. Ons is dankbaar dat ons deel kon gehad

het in hierdie kamp en ons sien uit om te bou op nuwe vriendskappe en geestelike groei as gesin.” ~ die Else

VAKATURES VAN KINDERVERSORGERS BESKIKBAAR BY DIE PRESIDENT KRUGERKINDERHUIS PRETORIA

VEREISTES: * Inwoning is verpligtend

* Afrikaanssprekend

* Geen rokers, sober gewoontes

* Bestuurderslisensie verpligtend. Die bekom van ‘n

PDP-permit tydens indiensneming ‘n vereiste.

* Alomvattende versorging van 12-14 seuns/dogters

vanaf die ouderdom 4-18 jaar.

* Christelike waardes en norme.

* Liefde en geduld vir kinders.

Aansoeke geskied by wyse van die inhandiging van ‘n CV

en stawende dokumente by epos-adresse:

[email protected] / [email protected] of per

hand by die kantoor.

Page 16: AANBIDDENDE HART: GEBROKE OF STRALEND?Terselfdertyd is dit dié liefde wat van jou ’n gelukkige mens kan maak. Belangriker nog: Dit is die liefde wat God van jou as sy kind verwag.

16

Verslag aan die gemeenteGereformeerde Kerk Wapadrant (GKWPR): Verhouding

met die kerkverband.

AGTERGROND Dit is algemeen bekend dat die Gereformeerde Kerk

Wapadrant (GKWPR), sedert ons in 2006 besluit het om

vroue-ouderlinge te beroep, verskil van die Gereformeerde

Kerke Suid-Afrika (GKSA) se amptelike standpunt daaroor.

Die Algemene Sinode en GKWPR, sowel as verskeie ander

plaaslike kerke, motiveer almal hul onderskeie standpunte

oor vroue in kerklike ampte, uit die Skrif.

Na indringende eksegese deur aangewese deputate, het

die 2008 Sinode interessant genoeg, self ooreengekom dat

daar twee geldige interpretasies van die Skrif oor die saak

is. Op grond van meerderheidbesluit deur stemming, het

die beslissing egter geval op die interpretasie waarvolgens

vroue nie in die ouderlingamp bevestig mag word nie,

teenoorgesteld dus van die ewe geldige interpretasie,

waarvolgens vroue wel as ouderling in die kerk mag dien.

Die onmiddellike implikasie hiervan was dat vroue-

ouderlinge van GKWPR nie, soos die manlike ouderlinge,

by meerdere vergaderings (Klassis, Streek en Algemene

Sinode) as afgevaardigdes ontvang mag word nie. Ons het

dit vir `n paar jaar teësinnig verdra omdat ons met elke

opvolgende Algemene Sinode geglo het dat die saak

reggestel sal word. Na die mees onlangse Algemene Sinode

se besluit (2018) waar daar weereens besluit is om nie

vroue tot die amp van ouderling toe te laat nie, het ons

egter besef dat ons nie so durf aangaan nie, omdat ons

daardeur die beginsel van gelykheid van almal voor God, in

gedrang bring en die roeping van ons vroue-ouderlinge

misken.

Ons het toe die Klassis gevra om, op grond van die beginsel

van onderlinge verdraagsaamheid oor `n saak wat nie teen

die Skrif is nie, wel vroue-ouderlinge as volle

afgevaardigdes van plaaslike kerke te aanvaar. Die Klassis

het deputate aangestel om hul oor die saak te adviseer. Na

wye konsultasie het die deputate by die klassis aanbeveel

dat GKWPR se versoek nie toegestaan word nie.

Ons is teleurgesteld met die besluit. Dit het ons toe verplig

om weer in diepte te besin oor die aard en wese van die

verhouding tussen `n plaaslike Gereformeerde Kerk soos

Wapadrant en die wyer Kerkverband.

Hierdie verslag gaan dus oor die uitkoms van ons besinning en is deur die Kerkraad goedgekeur vir

verspreiding aan lidmate

1. OOR GEREFORMEERDE KERKVERBANDDie Gereformeerde Kerke het met hul stigting in 1859

besluit om `n Presbiteriale kerkregeringstelsel

(onafhanklike selfstandige kerke met eie

gedesentraliseerde Skrifgehoorsaming en besluitneming )

te volg. Dit impliseer dat GKWPR, soos al die ander

plaaslike Gereformeerde Kerke in SA, ook een van die lede

van die Gereformeerde Kerke-denominasie is. In

teenstelling hiermee is daar ook `n kollegiale

regeringstelsel (gesentraliseerde Skrifgehoorsaming en

besluitneming) van byvoorbeeld die Nederduitse

Gereformeerde Kerk. Dit lyk soms asof die Gereformeerde

Kerke in Suid-Afrika in die praktyk al hoe meer neig na `n

gesentraliseerde kollegiale besluitnemingstelsel. Dit is

nodig dat ons weer die waarde van die Presbiteriale

kerkregeringstelsel sal afstof en waardeer want dit is die

meer Skrifgetroue model. Dit stel ons in staat om ware

Eenheid in Christus te midde van die groot verskeidenheid

van tale en volke in Suid-Afrika en ook regoor die wêreld,

te kan beoefen.

`n Presbiteriale regeringstelsel beteken dat elke plaaslike

Gereformeerde Kerk (gemeente in algemene omgang), `n

onafhanklike selfstandige kerk is, met Christus as haar

enigste Hoof. Predikante en ouderlinge is dus direk aan

Christus verantwoordelik vir die geloofslewe en

geloofsgroei van lidmate wat aan die kerk toevertrou is,

asook die bestuur en Skrifgetrouheid van die kerk. Geen

meerdere vergadering (meer kerke saam in getal, nie

vergaderings hoër in rangorde), het enige

bestuursbevoegdheid oor `n plaaslike kerk nie en mag ook

nie die gewete van plaaslike kerke deur meerderheidstem

bind nie.

Ons beskou dus die Sinode se besluit om deur

meerderheidstem GKWPR te verplig om `n sekere

Skrifuitleg te aanvaar, terwyl ons `n ander ewe

Skrifgetroue en geldige interpretasie uit die Skrif huldig, as

ongelukkig en nie-bindend op plaaslike kerke nie. Die

Algemene Sinode het oor die jare op die wyse

besluitnemingsbevoegdheid aan homself toegeëien

waaroor dit nie beskik nie. Ons moet onthou dat dit in

alles gaan oor hoe ons elkeen as gelowige voor God staan

en nie in die eerste plek voor ‘n meerdere vergadering soos

die Klassis, Streeksinode of Algemene Sinode nie.

Die vraag het nou ontstaan of GKWPR nog steeds in die

Gereformeerde Kerkeverband moet bly as ons so direk oor

`n saak verskil. Om die saak beter te verstaan is dit nodig

om in gedagte te hou dat daar hoofsaaklik drie eienskappe

van `n plaaslike kerk is wat kerkverband rig.

* In die eerste plek is daar die leerstellige identiteit,

wat hoofsaaklik deur die belydenisskrifte verwoord word.

* in die tweede plek staan die kerkregeringstelsel

(Presbiteriaal), wat die onafhanklikheid van ‘n plaaslike

kerk binne `n breër kerkverband erken.

* In die derde plek is daar die funksionele identiteit,

wat verwys na die manier hoe `n plaaslike kerk haar eie

sake binne haar verstaan van die Skrif, reël. Hier word

verwys na aspekte soos die liturgie van `n erediens, wat

gepreek word, watter liedere gesing word, hoe katkisasie

aangebied word, wie tot die nagmaal toegelaat word, tug

Page 17: AANBIDDENDE HART: GEBROKE OF STRALEND?Terselfdertyd is dit dié liefde wat van jou ’n gelukkige mens kan maak. Belangriker nog: Dit is die liefde wat God van jou as sy kind verwag.

17

en verskeie ander sake met `n plaaslike gerigtheid. Geen

van sulke sake val onder die jurisdiksie van `n meerdere

vergadering nie.

Die GKWPR se leerstellige identiteit is deel van ons

Reformatoriese geskiedenis en dieselfde as die van die

ander Gereformeerde Kerke. Ons wil dus in die

Gereformeerde kerkverband bly want ons deel dieselfde

leerstellige identiteit. Vanuit hierdie perspektief is ons

integraal deel van die Gereformeerde Kerkverband.

Boonop aanvaar GKWPR die beginsels van die Presbiteriale

kerkregeringstelsel, wat die onafhanklikheid van die

plaaslike kerk, maar ook die onderlinge verbondenheid

tussen plaaslike kerke, erken. Ons funksionele identiteit, is

per definisie `n saak waaroor ons volgens die Presbiteriale

regeringstelsel, self seggenskap het en solank as wat ons

Skrifgetrou ons eie sake reël, val dit buite die jurisdiksie

van enige meerdere vergadering. (Kyk die berig op bl. 14:

Verhouding Gereformeerde Kerk Wapadrant en die Klassis

Oostelike Pretoria wat dr Klasie Heystek opgestel het)

GKWPR het dus geen rede om ons van die Gereformeerde

kerkverband af te skei nie. Boonop moet ons onthou dat

die spesifieke saak waaroor ons verskil, die vrou as

ouderling, al hoe meer deur ander Gereformeerde

gemeentes in die GKSA aanvaar word asook deur twee

buitelandse kerke met wie ons bande van Ekumeniese

eenheid beleef, nl.die Nederlandse Gereformeerde Kerken

en die Gereformeerde Kerken Vrijgemaakt. Ons tree nie in

isolasie op nie. Dit is dus net `n kwessie van tyd voordat `n

Algemene Sinode na verwagting sal besluit dat dit `n saak

is wat op die funksionele identiteit van gemeentes inspeel

en daarom deur elke gemeente self bepaal moet word.

Ons geskil met die Sinode en ons reaksie daarop is dus

tydelik van aard.

Ons bly dus `n plaaslike kerk binne die Gereformeerde

Kerkverband.

2. OOR SKRIFGEBONDENHEIDDie GKWPR stel Skrifgebondenheid as voorvereiste vir hoe

ons ons verhouding met ander gelowiges en kerke bepaal

en ook hoe ons ons eie sake bedryf. Ervaring oor eeue

heen het gewys dat daar soms verskille ontstaan oor die

interpretasie van Skriftekste/gedeeltes. In ons soeke na

die sinvolste manier om die Bybel te lees, het prof Amie

van Wyk `n goue riglyn opgestel. (Kyk die berig bl. 20:

Gedagtes oor `n Christoskopiese lees van die Bybel)

Hiervolgens behoort ons die Bybel Christoskopies te lees

en verstaan. Dit geld ook vir die lees van ons

belydenisskrifte en kerkorde. Die gebruik van hierdie

kragtige riglyn sal baie daartoe bydra dat ons nie in

argumente oor Bybeltekste wat uit konteks gebruik word,

verstrengel raak nie. Sodanige Skrifbeskouing sou in die

verlede heelwat argumente oor hoede, kelkies, liedere wat

gesing mag word, ensovoorts kon voorkom het. Vroue in

die amp van ouderling is volgens Christoskopiese lees van

die Bybel, `n saak wat ooglopend Skriftuurlik korrek is.

3. IMPLIKASIES VIR AFVAARDIGING NA MEERDERE VERGADERINGS: * Soos uit voorgaande afgelei kan word, gaan ons voort

met die beroeping van vroue-ouderlinge in ons

gemeente.

* Ons bly in die Gereformeerde Kerkverband.

* Omdat ons nie toegelaat word om vroue-ouderlinge na

meerdere vergaderings af te vaardig nie, het die

Kerkraad besluit dat ons ook nie manlike ouderlinge

gaan afvaardig nie, om so, na die voorbeeld van

Christus, nie diskriminerend teenoor vroue-ouderlinge

te handel nie. In praktyk beteken dit dat WPR dus slegs

predikante na meerdere vergaderings sal afvaardig.

Afhangende van die agenda mag ons selfs by

geleentheid een of meer van ons lidmate met die nodige

kennis oor `n betrokke saak op die agenda, saam met

die predikante afvaardig.

* Ons sal ook voor elke Klassis die betrokke agenda

nagaan vir sake wat die aandag van meerdere kerke

vereis. Dit wat op die vlak van `n plaaslike kerk

afgehandel kan word, hoort nie op die tafel van die

Klassis nie.

* Ons neem wel deel aan ander Klassisaktiwiteite, soos die

viering van Hervormingsdag, onderlinge visitasie,

aanwys van konsulente en ander sake waar daar nie

teen vroulike lidmate se deelname gediskrimineer word

nie.

* Hierdie reëlings bly staan tot tyd en wyl ons vroue-

ouderlinge op meerdere vergaderings net so welkom sal

wees as manlike ouderlinge.

* Intussen sal GKWPR direk met die ander plaaslike

Gereformeerde kerke in die Klassis skakel wanneer ons

mekaar se hulp benodig om ons roeping as Kerk van

Christus na te kom.

4. TOEKOMSDie GKWPR het na baie gesprekke met, en voorleggings

aan meerdere vergaderings, tot die gevolgtrekking gekom

dat ons ons energie en hulpbronne eerder moet herfokus

op ons eie roeping as Kerk van Christus in die ooste van

Pretoria. Ons glo en vertrou dat die Algemene Sinode die

openlike diskriminasie teen vroulike lidmate sal ophef en

dat ons hele kerkverband met gefokusde ywer ons roeping

as kinders van God-drie-enig sal nastreef. Ons glo en bid

dat die meerdere vergaderings wat betrokke is by verdere

hantering van die saak van die vrou in die ampte, tot insig

sal kom en sal doen wat ons glo, Christus van hulle verwag.

Indien daar enige van ons lidmate is wat verdere toeligting

oor die sake wat in hierdie verslag genoem word, sou

verlang, of `n bydrae wil maak, kontak asb die kerkkantoor

en `n spesiale gespreksgeleentheid sal dan gereël word.

Mooi loop in Christus.

Werkgroep Kerkverband-aangeleenthede

18 Oktober 2019

Page 18: AANBIDDENDE HART: GEBROKE OF STRALEND?Terselfdertyd is dit dié liefde wat van jou ’n gelukkige mens kan maak. Belangriker nog: Dit is die liefde wat God van jou as sy kind verwag.

18

Attestate / Bewys van Lidmaatskap ontvang van:Attestate / Bewys van Lidmaatskap ontvang van:Attestate / Bewys van Lidmaatskap ontvang van:Attestate / Bewys van Lidmaatskap ontvang van:Ronald en Stephne Christine van Lochem (Viljoen) en dooplidmate Leané, Lerissa en Samea RoshelleVan NG Valleisig: Liezl RossouwVan NG Hulp en Hoop Gemeenskapskerk: Erla Terblanche

Attestate / Bewys van Lidmaatskap aangevra van:Attestate / Bewys van Lidmaatskap aangevra van:Attestate / Bewys van Lidmaatskap aangevra van:Attestate / Bewys van Lidmaatskap aangevra van:Delmarie JonkerNicolaas Jacobus VenterDewald Renier en Lenique Hutten (Lombard) en dooplidmate Dewan Casper, Miané en JohaniqueNa GK Laeveld: George Booyens (snr)Na NG Oosterlig: Renske SlotNa GK Brooklyn: Johann Jacobus en Karin Huysamen (Buys) en dooplidmaat Gian

Attestate

“Dra mekaar se laste . . . moenie moeg word nie . . Solank ons die geleentheid het, moet ons

goed doen...” - uit Gal.6:6 - 10

In 1937 het ‘n ma, wie seun oorlede is, en haar vriende besluit om “goed te doen” aan kinders met epilepsie. So het Jan

Krielskool ontstaan. Hierdie inisiatief het so vinnig gegroei dat daar finansiële nood onstaan het.

jaar is aan Jan Kriel se kinders aandag gegee. Die liefdegawes of deurkollektes van die dag is aan Jan Kriel gestuur. En vandag, na byna 80 jaar, het gemeentes nog nie moeg geraak nie!

Dit is onberekenbaar hoeveel kinders met ‘n verskeidenheid leerhindernisse en gestremdhede ‘n kans op die lewe gegee is. Jan

Krielskool het ongeveer 580 kinders van Graad R tot Matriek – met ‘n gereelde slaagsyfer van 95% en meer.

Kontak ons indien jy ‘n bydrae wil maak.

Mag die Here jul elke dag gebruik in Sy diens!

Seën wense

Anetha Hattingh

Kerklike koördineerder

Page 19: AANBIDDENDE HART: GEBROKE OF STRALEND?Terselfdertyd is dit dié liefde wat van jou ’n gelukkige mens kan maak. Belangriker nog: Dit is die liefde wat God van jou as sy kind verwag.

19

Brief van KuratoreINSAKE TSP EN VERWANTE SAKE

Die Kuratore Dagbestuur wil graag die volgende inligting

aan u deurgee.

1. Verhouding GKSA en NWU insake predikantsopleiding Die huidige ooreenkoms wat die GKSA met die NWU het,

is steeds onder bespreking aangesien die NWU versoek

het dat die ooreenkoms gewysig moet word. Die Kuratore

poog om hierdie ooreenkoms op die bes moontlike manier

te gebruik om steeds die bes moontlike opleiding vir ons

predikante aan die NWU te verseker. Die Kuratore

onderneem om kerke op hoogte te hou met die vordering

van die gesprek sodra daar meer duidelikheid kom oor die

uitkoms van die gesprek.

Die sinode het ook opdrag gegee dat alternatiewe

moontlikhede van opleiding ondersoek word en die

Kuratore is ernstig besig om uitvoering aan hierdie opdrag

te gee en sal by die Sinode daaroor rapporteer.

Die senaat van die TSP wil dit graag baie duidelik stel dat

die inhoud van ons onderrig uitsluitlik deur onsself bepaal

word en dat daar geen druk op ons is om dit te verander

nie. Ons kan dus die opleiding van die studente

ongenuanseerd volgens die Woord van God en die

belydenis doen.

2. Finansies van die TSP Die Kuratore Dagbestuur het op sy laaste vergadering aan

die hand van die finansiële verslag kennis geneem van die

uiters kommerwekkende tendens dat al hoe meer

gemeentes nie meer hulle ramingsverpligtinge nakom nie.

Tot op hede het slegs sowat 67% van die TSP se

ramingsinkomste gerealiseer.

Die Kommissie vir Finansiële Ondersteuning van ons

tweedehandse skootrekenaars vir ons studente. Indien u

gemeente op enige manier kan help, kontak asb. vir sr Ami

du Toit by die TSP.

Ons afstandstudente het ook ‘n groot tekort aan

studiemateriaal en naslaanboeke. In die lig hiervan

versoek ons ons predikante om te oorweeg of u dalk

Engelse boeke (vakboeke, kommentare, woordeboeke,

ens.) vir hierdie studente beskikbaar kan stel wat u dalk

nou elektronies gebruik. Kontak ook vir sr Ami in die

verband.

Die Kuratore vertrou dat kerkrade en lidmate begrip sal hê

vir die geweldige moeilike tyd en omstandighede

waarbinne die TSP sy rol moet vervul en roep almal op om

voorbidding te doen dat die Here vir ons in hierdie

veranderende tye sal lei en ook wat die toekoms van die

TSP betref, op die regte pad sal stuur.

Groete in die Here

Ds Piet Venter Prof G Breed

Namens die Kuratore Dagbestuur Namens die Senaat TSP

(Bodenoemde is slegs ‘n uittreksel. Die volledige verslag is

by die kerkkantoor beskikbaar)

Versoek van CachetTe wyte aan die feit dat die NWU in 2017 die verhuringstarief van R15 000 na R48 000 per jaar verhoog het, was

Cachet-gemeente genoodsaak om ‘n gedeelte van hul gemeentesentrum te vergroot sodat ongeveer 250 mense

gemaklik daarin kon pas. In 2018 is ‘n derde van die nodige

fondse ingesamel en die noodsaaklste veranderinge m.b.t.

badkamers, stoep en kombuis aangebring. Hulle het tans

‘n werkbare spasie, maar die ruimte is beperk. Teen die

einde van 2019 wil hulle graag die vertrek waarin eredien-

ste plaasvind, vergroot. Hiervoor word sowat R400 000

benodig. Fonsinsamelingsprojekte soos brownie-, boek- en

klereverkope, biltongprojek, jagpakette en ontbyte is

reeds geloods. Wil jy help? Bydraes kan gemaak word aan:

Gereformeerde Kerk Cachet, ABSA-rekening 0670340023,

takkode 335 138, Verwysing “Bou” Voorletters en Van. ‘n

Bevestigings-epos kan aan Jan-Hendrik van Wyk gerig word by [email protected].

~ Kontak ds CB Robinson by 079 494 7360 vir inligting.

Page 20: AANBIDDENDE HART: GEBROKE OF STRALEND?Terselfdertyd is dit dié liefde wat van jou ’n gelukkige mens kan maak. Belangriker nog: Dit is die liefde wat God van jou as sy kind verwag.

20

Christoskopiese lees van die Bybel GEDAGTES OOR ‘N CHRISTOSKOPIESE LEES VAN DIE BYBEL

In die reformatoriese tradisie word die Bybel aanvaar as die betroubare Woord van God, maar verder ook dat

hierdie Woord onder leiding van die Heilige Gees reg gelees, reg verstaan en reg toegepas moet word. ‘n Blote

aanhaling van ‘n bepaalde teks, buite konteks van die tyd waarin dit geskryf is en ook die tyd waarin dit gelees en

toegepas moet word, is onvoldoende en kan tot ‘n totale misverstaan van daardie teks lei.

Wat verder baie belangrik is wanneer ons die Bybel lees, is om dit Christoskopies te lees, maw dat Christus die bril

is waardeur ons die Bybel lees en verstaan. Dit geld natuurlik in die eerste plek vir die Ou Testament maar ook vir

die Nuwe Testament. Ons vind hierdie gedagte veral duidelik uitgedruk in Hebreërs 1:1-2 waarin meegedeel word

dat God in die verlede met die voorvaders deur die profete gepraat het, maar in hierdie laaste dae deur die Seun.

Dit is ook baie duidelik te sien in Christus se ontmoeting met die die Emmausgangers toe Hy van Moses af die

Skrifuitsprake wat op Hom betrekking het, uitgelê het (Luk 24:27). Hierna het Hy ook aan sy dissipels verduidelik

dat alles vervul moes word wat in die wet van Moses en in die profete en die psalms van Hom geskrywe is (Luk

24:44). Hierdie gedagte word op talle ander plekke in die Nuwe Testament verwoord (kyk 1 Pet 1:10-12).

‘n Baie duidelike voorbeeld vind ons ook by die Etiopiër wat in Jesaja 53:7-8 lees van die skaap wat geslag gaan

word en ‘n lam wat stil is, terwyl hy nie begryp wat hy lees nie. Hy het nie verstaan nie totdat Filippus by hom op

die wa klim en vir hom duidelik maak dat hierdie gedeelte oor die “evangelie van Jesus” handel.

Christus het die wet van Moses op ‘n nuwe manier gelees en verstaan – die wet is in Hom vervul (Matt 5:17) - wat

Hom die gramskap van die Skrifgeleerdes en Fariseërs op die hals gehaal het. Hy het dit “evangelies” gelees waarin

die genade van God vir sondige mense sentraal gestaan het. Hy het dit as versoeningsboodskap verstaan en nie as

wet om gered te word nie (so ook Paulus: Rom; Gal). Ons sou kon sê: Hy het dit Christoskopies gelees.

As dit waar is, sou ‘n mens die vraag kon vra waarom Hy byvoorbeeld nie ‘n euwel soos slawerny afgeskaf het nie –

of vroue in die amp (VIDA) toegelaat het. Dis moeilike vrae om te antwoord, maar indien ons bogenoemde

vetrekpunt van ‘n Christoskopiese lees van die Bybel aanvaar, kan ons sê dat die konsekwensie van die lewe en

werk van Christus nie anders verstaan kan word as dat slawerny uiteindelik afgeskaf sou móés word nie. Dit bots

eenvoudig met die intensie van die evangeliese boodskap as boodskap van bevryding en herstel van die mens as

beeld van God. Ons sien ook dat Paulus al hierdie konsekwensie trek ( 1Kor 7:23; Filem v 16).

Wanneer die vraag of vroue tot die ampte toegelaat mag word, Christoskopies benader word, val daar nuwe lig op

hierdie vraagstelling. Dan moet verreken word dat Christus tydens sy aardse omwandeling steeds vergesel was van

‘n breër vrouekring wat in ‘n bepaalde sin deel gevorm het van sy dissipelkring. Dan was daar ook ‘n kleiner kring

van vroue wat Hom bykans altyd gevolg het en nou is die opvallende dat Christus na sy opstanding nie eerste aan

sy dissipels verskyn nie maar juis aan hierdie enger kring van vroue. So word vroue die eerste getuies en

verkondigers van die opgestane Christus – ‘n ongehoorde daad vir daardie tyd, aangesien vroue destyds nie

toegelaat is om in ‘n hof te getuig en hulle getuienis as waardeloos geag is.

WPR-gemeente aanvaar dat sy deur die Heilige Gees gelei is om die konsekwensie te trek - dat vroue in die ampte

mag dien - vanuit ‘n Christoskopiese lees van die werk van Jesus Christus (Joh 16:13). In ons nuwe kultuurkonteks

waar geen ‘swyggebod’ vir vroue in die samelewing geld nie, waar talle toegeruste vroue betrokke is by

sendingwerk, huisbesoeke en kategetiese onderrig, werk waartydens die evangelie uitgedra en oorgedra word, sien

ons geen probleem dat vroue ook tot die ampte in die kerk toegelaat mag word nie. In gemeentes waar dit al wél

plaasgevind het, doen hulle werk van onskatbare waarde.

Hierdie voorstel is veral ook belangrik vir die sogenaamde ‘jonger’ kerke, waar daar ‘n groot tekort aan manlike

ampsdraers is.

~ Amie van Wyk