Maluti News 20131127

20
TEL: 058 - 303 5411 WOENSDAG 27 NOVEMBER 2013 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE Lynda Greyling TRIA EN WILLIE BOTHA het besluit om ’n tuinskou en -kompetisie ten bate van Bybelverspreiding en Kansa te hou om só ’n verskil in mense se lewe te maak. Die Bothas het self ’n spogtuin. Bethlehem spog met talle pragtige tuine. Onder hulle is die tuine van van Abia Mabesele in Panorama-Oos, Hester Erasmus, Jeanette Jacobsz, Helena Coetzee, Grieta Naudé, Rina Swanepoel, Niel de Villiers, Hannetjie du Preez, Schalk Engelbrecht, Kevin de Villiers en Crouse Steyl. Volgens Tria kon mense hul tuin besoek, maar dié was nie deel van die kompetisie nie. Erika Lessing van Frankfort het die tuine beoordeel. Daar was twee afdelings: een vir groot tuine en een vir kleiner tuine. In die afdeling vir groot tuine is Jeanette en Christo Jacobsz se tuin as die wenner aangewys. Hannetjie du Preez se tuin het die afdeling vir kleiner tuine gewen. By van die tuine en Bethlehem Garden World is uitstallings gehou en verversings verkoop. Die skou gaan moontlik voortaan jaarliks aangebied word. Vir eers hoop almal wat tuine vertoon het die honderde mense wat dit besoek het, het genoeg inspirasie gevind om hul eie tuine te verfraai. Foto’s van die spogtuine is te sien op www.malutinews.co.za. Spogtuine op Bhm ding mee Wil met skou inspireer TRIA EN WILLIE BOTHA in hul spogtuin. Foto: Lynda Greyling SOMS moet almal van heinde en ver kom om op die jaarlikse Kersiefees hand by te sit . Van- jaar was dit weer so. Gwyneth Higgo van die Constantia-padstal het ’n kersiestalletjie op die fees bedryf, maar sy kon nie self daar wees nie. Haar dogter, Ritali Cronjé (links), ’n fisiotera- peut van Pretoria, en haar seun, Kempen Higgo (regs), het aanvanklik die stalletjie beman en die ander sou Saterdag werk. Hul ouma, Adrie Higgo, het so tussendeur kom loer of alles glad verloop. Foto: Lynda Greyling Kersiefees snoer só gesinne saam

description

Maluti News 20131127

Transcript of Maluti News 20131127

Page 1: Maluti News 20131127

TEL: 058 ­ 303 5411 WOENSDAG 27 NOVEMBER 2013 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE

Lynda Greyling

TRIA EN WILLIE BOTHA het besluit om’n tuinskou en -kompetisie ten bate vanBybelverspreiding en Kansa te hou omsó ’n verskil in mense se lewe te maak.Die Bothas het self ’n spogtuin.Bethlehem spog met talle pragtige

tuine. Onder hulle is die tuine van vanAbia Mabesele in Panorama-Oos, HesterErasmus, Jeanette Jacobsz, HelenaCoetzee, Grieta Naudé, Rina Swanepoel,Niel de Villiers, Hannetjie du Preez,Schalk Engelbrecht, Kevin de Villiers enCrouse Steyl.Volgens Tria kon mense hul tuin

besoek, maar dié was nie deel van die

kompetisie nie.Erika Lessing van Frankfort het die tuine

beoordeel. Daar was twee afdelings: een virgroot tuine en een vir kleiner tuine. In dieafdeling vir groot tuine is Jeanette enChristo Jacobsz se tuin as die wenneraangewys. Hannetjie du Preez se tuin hetdie afdeling vir kleiner tuine gewen. By vandie tuine en Bethlehem Garden World isuitstallings gehou en verversings verkoop.Die skou gaan moontlik voortaan jaarliks

aangebied word. Vir eers hoop almal wattuine vertoon het die honderde mense watdit besoek het, het genoeg inspirasie gevindom hul eie tuine te verfraai.Foto’s van die spogtuine is te sien op

www.malutinews.co.za.

Spogtuine opBhm ding meeWil met skou inspireer

TRIA EN WILLIE BOTHA in hul spogtuin. Foto: Lynda Greyling

SOMS moet almal van heinde en ver kom omop die jaarlikse Kersiefees hand by te sit . Van­jaar was dit weer so. Gwyneth Higgo van dieConstantia­padstal het ’n kersiestalletjie op diefees bedryf, maar sy kon nie self daar wees nie.Haar dogter, Ritali Cronjé (links), ’n fisiotera­peut vanPretoria, en haar seun, KempenHiggo(regs), het aanvanklik die stalletjie beman endie ander sou Saterdag werk. Hul ouma, AdrieHiggo, het so tussendeur kom loer of alles gladverloop. Foto: Lynda Greyling

Kersiefees snoersó gesinne saam

Page 2: Maluti News 20131127

2 MALUTI, WOENSDAG 27 NOVEMBER 2013

OP 6 en 7 Desember word’n Kersmark by die Metropo-litan-sentrum gehou.Benewens die mark gaan

die Metropolitan-sentrumvanjaar ’n spesiale Toy Runhou.Die jaarlikse Toy Run is

tot verlede jaar deur dieGuardian Angels-motorfiets-klub aangebied. Weensnuwe wetgewing konmotorfietse nie verlede jaaraan ’n optog deelneem nie,maar motorfietsryers hetspeelgoed ingesamel enonder minder bevoorregtekinders gaan uitdeel.Vanjaar se Toy Run word

opgedra aan Hein Brandt,wat in Februarie vanjaar in’n motorfietsongeluk gesterfhet. Brandt was vir ’n helepaar jaar voorsitter van dieGuardian Angels en het ookdie Toy Run gereël.

Vanjaar is Rudi Wolma-rans om hulp genader.Hy is ook onlangs oorlede,

en daar is besluit om dieToy Run ook aan hom op tedra.Houers gaan oral by die

sentrum geplaas wordwaarin mense speelgoed,asook nie-bederfbare kos,kan sit. Die houers sal op 24Desember op ’n sleepwagelaai word, waarna dietrekker en sleepwa deur diedorp sal ry en aan behoefti-ges die goedere uitdeel.Kom maak ’n verskil!

THE South African MunicipalWorkers’ Union’s (SAMWU) courtcase against Rural Maintenance,with regards to Maluti-A-Phofung inwhich it sought an order inter-dicting the municipality and ruralfrom implementing the electricitymanagement contract pending a

review application, has beenremoved from the roll byagreement. This was done basedon advice from their legal team,just as the case was to be heardin the Labour Court in Cape Townon Monday.Rural Maintenance is hopeful

that this will bring stability andcertainty within the municipality andfoster co-operation between ruraland the municipality.This will enable all parties

involved to focus on the primaryobjective: service delivery for thepeople by the people.

Toy Run aanBrandt opgedra

KUNSmoet geniet word. Juis daarom glo ViniaWheatley kinders moet nie teen mekaar mee­ding nie. Haar kunsleerlinge se werk is Vrydagby Die Punt uitgestal en die aand is ’n gesellig­heid gehou sodat die kinders se familielede ditkon besigtig. Hier is van die kinders met hulkunswerke op die agtergrond. Foto: Lynda Greyling

SAMWU’s court case removed from the roll

Die jaarlikse ToyRun is tot verledejaar deur die Gu­ardian Angels­motorfietsklub

aangebied.

Vir meer foto’s en nuus gaan nawww.malutinews.co.za

Page 3: Maluti News 20131127

MALUTI, WOENSDAG 27 NOVEMBER 2013 3

SY mag dalk al 95 jaar oud wees, maarSusan is nog in ’n uitstekende toe-stand.Dié stoomtrein met sy passasierwa-

ens, wat ook uit ’n vorige era kom, hetDinsdagoggend op Bethlehem aange-kom.Die trein, vergesel van nog ’n stoom-

enjin, Janine, is deel van Reefsteamerswat ou stoomtreine en trokke in standhou.So een tot twee keer per jaar reël

hulle ’n toer. Vanjaar is daar ’n groepSwitsers en Engelse, asook ’n handjie-vol Suid-Afrikaners, op die toer van tiendae.Volgens Lauren Ackerman, wat vir die

reëlings verantwoordelik was, het dietoer in Johannesburg begin. Hulle hetonder meer Magaliesburg toe gery,asook Pretoria toe, voordat die Vrystaat-se spoorlyn aangedurf is.Hulle het via Kroonstad Bethlehem

aangedoen waar die groep kon afklimen foto’s neem.Hulle is later die oggend Clarens toe

waar hulle onder meer die brouerybesoek het.Woensdagoggend vroeg het die trein

Ficksburg toe vertrek en van daar ishulle terug Kommandonek toe waarhulle soos die res van die toergroep opdie trein geslaap het.Donderdag het hulle Sandstone

Estates besoek.’n Ieder en ’n elk op die toer is

stoomtreinentoesiaste en Sandstone metsy groot verskeidenheid stoomtreine vanvergange se dae was die hoogtepuntvan die toer.Die groep het Vrydag die Kersiefees

op Ficksburg besoek voordat die treinna Johannesburg teruggekeer het.

Susan stoom na Bethlehem

’nGROEP toeriste vanSwitserland enEngeland neem foto’s van die stoomtrein byBethlehem­Lo­ko. Foto: Lynda Greyling

AT VAN DER WALT van Bethlehem helphier dat Susan en haar trokke veilig by dieLoko op Bethlehem aankom.

OP PAD Kersiefees toe.

Page 4: Maluti News 20131127

4 MALUTI, WOENSDAG 27 NOVEMBER 2013

DIE Dolksteker: (Spreuke 12:13–21)“Praat sonder om te dink kan soos

dolksteke wees; wyse mense bring gene-sing met wat hulle sê”.

Thomas lig sy kop van die kussing af op.Hy het iemand hoor snik. En nou hoor hydit duideliker. Iemand kreun. Hy beter gaankyk. In die skemerte van die kamer loop hyversigtig deur toe. Die vertrek waar hy nouinstap, lyk vreemd. Hy word bang. Diékamer is ligter en hy sien drie figure op dievloer lê: ’n seun van so ses jaar oud, ’nmeisie van seker tien, en ’n vrou. Om hulleis plasse bloed. Daar is nog iemand in diekamer. Dié een praat skielik, met ’n harde,onverbiddelike stem met Thomas: “Sien jynou hoeveel leed jy veroorsaak het?” “Ek?”roep Thomas verbaas uit. “Dis nie ek nie!Ek sal nie so iets doen nie!” “Ken jy hierdiemense?” vra die vreemdeling en wys metsy hand na die figure op die vloer. Thomaskyk en trek sy asem hard in. Dis sy ma enboetie, Hansie, en sussie, Edna. “Kyk nadie wond aan haar skouer,” beveel die man.Thomas sien dit is ’n lelike sny in Edna seskouer. Dit kon die spiere in die skouer dalkbeseer het. “Mm . . .maar . . .” stotterThomas. Dan word hy kwaad. “Wie het ditgedoen?” “Kyk na die seun se gesig,”beveel die stem. Thomas sien ’n yslike,bloeiende sny al langs Hansie se wang af.“Kyk na jou ma,” beveel die stem weer.“Daardie steek onderkant jou ma selinkerarm het amper haar hart getref.” “Onsmoet hulp kry! Van wanneer af lê hulle alhier?” roep Thomas uit. “Van vanmiddag aftoe jy hulle daar in die tuin so aangerandhet,” sê die stem onverbiddelik. “Ek het ditnie gedoen nie!” skreeu Thomas nou. Ekhet nie eens ’n mes nie en ek sal mos nieso iets doen nie.” “O, ja. Jy het ’n gevaar-like dolk. Ek was by toe julle vanmiddag indie tuin die blombeddinkies geskoffel het.Onthou jy nie? Edna wou jou met die

emmer water help, en jy het haar toege-snou: ‘Gee pad hier! Ek het nie ’n oumeisiekind se hulp nodig nie!’ Met daardiedolksteek het jy haar arm so ’n wondgegee, dat sy jou nie gou weer sal kan ofwil help nie. En onthou jy toe Hansie . . .”“Hou op!” skreeu Thomas. “Wie is jy?” ”Mynaam is Gewete,” sê die stem. “Ek onthou,”kreun Thomas, “maar ek het tog net methom geraas. Hy het my so gepla. Ek hetnie eens aan hom geraak nie. Ek kon homtog nie so gesteek het nie. Ek het nie ’nmes nie!” “Jy het ’n gevaarlike dolk. Joutong. Praat sonder om te dink kan soosgevaarlike dolksteke wees (Spr.12:18). En:Sy tong . . .sy woorde . . . is swaarde watreg is om te steek . . . (Ps.55:21).” Gewetegaan meedoënloos voort: “Toe jy vir jou magesê het . . .” “Asseblief, asseblief, moet ditnie sê nie!” huil Thomas nou. VoordatGewete kan antwoord, voel Thomas iemandtrek hom aan sy arm. Hy rek sy oë oop enkyk vas in sy ma se vriendelike, liefdevollegesig. “Toe, toe, opstaan ou seun, dis tyd.”Thomas vryf sy oë. Hy het gedroom. Ag, hyhet net gedroom! Hy gooi sy arms om syma se nek en gaan hartlik aan die huil.“Ekskuus, Mamma. Ekskuus, Mamma,” enhy snik sy droom teen haar nek uit.

“Begryp julle nie? Wat by die monduitkom, kom uit die hart.” Valse getuienis(leuens), kwaadpratery (vloek, slegsê,verwyt, afjak, skinder en so meer). As onshart reeds aan die Here behoort, moet dieHeilige Gees dit beheer. Die beheer wat dieHere op ons hart kry en handhaaf, beskryfPaulus so: “Dit het Hy gedoen deur diewedergeboorte wat die sonde afwas, endeur die Heilige Gees wat nuwe lewe gee.God het die Heilige Gees oorvloedig op onsuitgestort deur Jesus Christus ons Verlos-ser”. (Titus 3:5,6).

www.kragvirvandag.co.za; ds. ManieColyn

Die tong is ‘n dolk

Lynda Greyling

DIE woord dankie het Donderdagaand tersprake gekom.

’n Skool het ’n geselligheid gehou omsy borge vir hul bydraes die afgelope jaarte bedank. Baie skenkings was tasbaarsoos verbeteringe aan die skool, ofeerder, het waarde tot die skool gevoeg –vir huidige en toekomstige leerlinge.

Daar is ook in die leerlinge belê.Sommige het nie skoolgeld of skoolkleregehad nie. Sportspanne se klere entoerusting is geborg.

Of dit derduisende of net ’n paar rand iswat geskenk is, elke sent wat ontvang is,het ’n verskil gemaak.

Die dankie is deur die hoof in ’n saluut

aan die borge verander, want daardeur issukses bereik.

Een van die onderwysers het sotussendeur vir ’n sakeman wat haarnetbalspan geborg het ’n geskenk gegee.

Dié man het daarna gekyk en breedgeglimlag. Hy het die bottel wyn van hoektot kant beskou, want sien, dit was ’n baiespesiale bottel: Daar was ’n spanfoto op,met die jaartal 2013, asook die woorddankie.

Dankie is baie waardevol

OOM KAROOLUSEN LENTE is geenvreemdelinge in dieAfrikaanse kindermu-siekbedryf nie.

Met meer as tweedekades se ervaringis dié duo opgewon-de om die bekend-stelling van huljongste projek (insamewerking metBrettian Productions)aan te kondig: OomKaroolus en Lente –Die Moewie.Die Moewie word

op 29 November om15:00 en 17:30 bydie Bethlehem Cinema vertoon. Dit word ookop 29 November om 19:00 in die NGkerksaalop Harrismith vertoon.Die storielyn’n Lang vergete posstuk vir Karoolsie sit ’n

groot avontuur aan die gang vir OomKaroolus (Cor Uys) en Lente (Letitia Uys).Wanneer die skobbejakke, Grootoor (LeonFerreira) en Shorty (Steyn Fourie), ’ngeleentheid onderskep en met Oom Karoolusse motor wegjaag, is daar groot moeilikheid,want Lente lê agter op die sitplek en slaap.Lente bly egter koel en kalm en verklap inhaar onskuld dat sy en Oom Karoolus op padis na sy oupa se plaas waar hulle na ’n skatgaan soek. Natuurlik stel die twee skelmsbaie belang en maak hulle planne om dieskat te kry, maar ’n groot verrassing wag ophulle almal wanneer hulle by die skat kom.Met Ghapi as Piet Posman en Bouwer Boschas Kaptein Flits Venter van die Blue Chip-soekspan is dit ’n fliek vir die hele gesin metbaie pret, spanning en ’n belangrike bood-skap.Agter die skermsDie grootste gedeelte van die fliek is op

Springbokvlakte in Limpopo rondom Tuinplaasonder leiding van Corrie Uys verfilm. Dieproduksie het ongeveer tien maande geneemom af te handel waarvan ’n maand om diefliek te skiet.

“Ons het ’n wonderlike span gehad tydensdie verfilming en die hele proses was ’n fees.Om saam met mense te werk wat sopassievol soos jy oor ’n medium is, asook dieboodskap en visie van die projek, is ’nvoorreg,” sê Uys.

Om meer oor die vervaardiging van diefliek te lees besoek http://oomkaroolusenlente-moewie.co.za. Drie gelukkige lesers staan ’nkans om ’n DVD-eksemplaar van die fliek tewen. Besoek Maluti se webblad by www.ma-lutinews.co.za om ’n DVD van Oom Karoolusen Lente: Die Moewie te wen.

Wen ‘n DVD van dié ‘Moewie’

’n TONEEL uit die Oom Karoolus en Lente – Die Moewie

RICHARD TAYLOR, Bakenpark:IN every society, every culture, every family,

leadership is exercised in one form or another.A mother in the family is looked upon to raise

the children in accordance with the norms ofthat society. She must act as a beacon of thefamily, providing advice and guidance to thechildren as they grow older. In this way, sheprovides leadership to the family and, in mostcases, the leadership effects will show on thechildren when they, themselves, are adults andhave to raise their own families.

Outside of the family unit, society defines le-adership according to its culture and the chal-lenges at that stage of its history. For a stablecommunal society, where technology is mini-mal, the challenge is to continue providingfood, shelter and clothing within the confinesof limited in-house resources. But to continueproviding for a growing population under chan-ging climatic conditions requires the storage ofinformation and the accessing of that data asand when required. And, under conditions ofminimal technology, with no computers, no ta-ping facilities, and very few written records, theelderly become the data banks. It is not surpri-sing, therefore, that in underdeveloped com-munities, old people are held in high esteem.They are regarded as leaders, with wisdom andprofound knowledge. This esteem is not be-cause people are old and cannot fend for them-selves; it is because those societies rely on theexperience and maturity of their citizens tomake rational decisions. In this instance, lea-dership is linked to age and that arrangementbenefits society.

During the transformation of society from pri-mitive communalism to slavery, and perhapsduring the evolution of man from nomadism tosettlements, strength and bravery were pre-re-quisites for survival. In these stages greatfighters emerged as leaders in their communi-ties. A distant example is that of Julius Caesar

during the time of the Roman Empire, a closerexample is that of King Shaka ka Senzangkho-na.

There are many other similar examples thatmay be used to demonstrate that, under condi-tions of strife, war and severe hardship, the re-quirements for leadership become that whichliberate society from perpetual suffering, andbravery, combined with skill in warfare, is theobvious choice. The concept of traditional lea-ders in the form of kings and chiefs, in as muchas it is linked to the nature of society – be itslavery, feudalism or capitalism – is directly re-lated to the factors that give rise to the formof leadership. When medical science was notmodernised as it is today, people relied moreon spiritual leaders to heal their ailments. Incertain instances, wars and ideas gave rise tospiritual leaders who were also generals in bat-tle. The result was the king and chiefs were spi-ritual mediums. This factor should not be confu-sed with the strategy of monarchs to adopt aparticular religion and use it to justify their conti-nued oppression of society. The transition fromfeudalism to capitalism gave rise to the conceptof democracy and, in it, the need for an electedleadership in government. Republics, in theform of elected government as opposed to mo-narchs, and capitalism as opposed to feuda-lism are, therefore advancement in society.This signifies development from one stage toanother. It is not being suggested that this newform of governance is the ultimate; capitalismhas its own shortcomings and will, finally, giveway to a more just system where modes of pro-duction and the relationship thereof will be dif-ferent.

Nothing in society happens independentlyand in isolation of the rest. Transformation ona macro scale owes its influence to the transfor-mation of organs of civil society. It is the organi-sation of people, led by elected leadership, anddemanding that the state should follow.

Different times call fordifferent leadership

Johann Ramage

IN die ou dae het vroue bloomers gedra.Tannie Voster het altyd ’n bloomer gedra.

Sy het altyd ’n pienke aangehad. Dit het totby haar knieë gekom, maar haar rokke wasdarem heelwat langer.

Een oggend kom sy oor die straat na dieRetief-boekwinkel toe aangestap.

Soos sy aangestap kom, merk tannieRita Ramage op dat haar bloomer om haarbene hang. Sy het nader gegaan en tannieVorster gesê sy moet by die winkel inkom.

Daar het sy vir haar gesê haar bloomerse rek het geskiet en dit hang nou só datalmal dit kan sien.

Sy kyk toe af en skree: “My hartjie watgaan hier tussen my bene aan!”

So uit dieoudedoos Koerant met hart The paper with heartI

Briewe / Letters

Om te wen gaan nawww.malutinews.co.za

deur

Lynda Greyling

Page 5: Maluti News 20131127

MALUTI, WOENSDAG 27 NOVEMBER 2013 5

FROM SA’s FAVOURITE SUPERMARKET*FROM SA’s FAVOURITE SUPERMARKET*FROM SA’

Festive savingsfrom South Africa’s favourite supermarket.*Festive savings

Best CustomerLoyalty Programme 2013*Best Customer Loyalty Programme 2013*

Most ReputableRetailer 2013

Most TrustedRetailer 2012

PRICESVALID26NOVEMBER-1DECEMBER2013 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERSIn Gauteng, Free State, North West, Mpumalanga, Limpopo, Upington, Kimberley, Kuruman and Vryburg. Excluding Botswana, Namibia, Swaziland, Lesotho and Express stores. smart shopper pointswill still apply in Express and Daily stores. www.picknpay.co.za CustomerCare0800112288.Toll free landlineonly.Cellphoneratesapply.

Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability. We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liablefor any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smartshopper termsandconditionsapply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, pleasesee in store or go online for more details.

R21Sir Juice Fruit JuiceBlend Assorted 1.5 Litre

Each

R69PnP 2 Ply ToiletTissue 18s

R50Skip IntelligentWashing Powder 3kg

2990

Kellogg’s Corn Flakes750g

R58Nestle Ricoffy In Tin750g

R35Olive Pride ExtraVirgin Olive Oil & Seed1 Litre and Green OlivePitted 180g

BUY BOTH FOR

R35Sunlight DishwashingLiquid (Excludes AntiBacterial) Assorted 750ml

BUY ANY 2 FOR

3kg forthe price

of 2kg

R7Mccain FrozenVegetablesAssorted 250g

BUY ANY 3 GET 1 FREE

Each

FREE

BuyAny 2

MMGTPS0118_198x390_E 1181839B

Chrissie Miles

DIE proses waardeur potensiële koringkulti-vars moet gaan alvorens dit aan boere enuiteindelik aan die huisvrou beskikbaargestel word, behels ’n hele reeks gehalte-analises.Die Landbounavorsingsraad se gehalte-

laboratorium by die Kleingraaninstituut isbuite Bethlehem op die Lindley-pad,Blydskapweg, geleë. Hier word daagliks naverskille in meel- en deeggehalte gekyk teneinde slegs die beste koringteeltlyne askommersiële kultivars bekend te stel.Van die toetse behels alveograaf-analises

waar die deeg se sterkte, rekbaarheid enstabiliteit getoets word deur ’n lugborrel teblaas en wanneer die borrel bars, is dieanalise voltooi. Dit is baie belangrik dat diedeeg nie te sterk is nie, want dan neem ditte lank om te meng. As die deeg te maklikrek, kan dit tydens die rysperiode skeurwaar die “lug” ontsnap. Lae broodvolumesword dan verkry.Indien die deeg te stabiel is, rek dit weer

nie maklik nie, dit rys dus nie voldoende nieen hier word dan ook lae broodvolumesverkry. Bakkers se wins word onder meerdeur broodvolume bepaal.Dan is eienskappe soos proteïeninhoud,

valgetal (wat bepaal of koring ontkiem hetvoordat dit geoes is), die meel se kleur endie deeg se mengtyd ook belangrik. Diedeeg se mengtyd word bepaal deur ’nmixograaf waar meel en water gemengword totdat al die water geabsorbeer is, oftotdat die grafiek wat registreer terwyl diemengaksie plaasvind ’n piek bereik. Piektyemoet verkieslik nie langer as vier minutewees nie, want dit vermors energie en tyden weer kan die bakker wins inboet deurdathy al ’n volgende baksel brood kon beginmeng het.Die finale toets van koringgehalte lê

daarin dat ’n aanvaarbare brood gebak kanword.Suid-Afrikaanse koring beskik oor uitmun-

tende gehalte. Vandat die eerste kruisinggemaak word, totdat die brood van daardiekruising op ons tafel beland, kan tot 15 jaarneem. Koringtelers moet dus van diegeduldigste wesens op aarde wees.– Navorsing is moontlik gemaak deur diefinansiële bystand van die Wintergraan-trust en die LNR.

SA koringis koning

DIE weerlig het verlede naweek die Kansa-kantoor op Bethlehem se telefoonstelseluitgeslaan. Enigeen wat personeel vanKansa dringend benodig, kan hulle intussenop hul selfoonnommers tussen 08:00 en16:30 (weeksdae) bel: Rina Desiderio(algemene navrae) 082-639-8336; MarynaSwart (Relay for Life) 082-520-8909; RichardNel (projekte-navrae) 082-521-1764; ConnieKukkuk (kliniek) 079-745-4193 en Carel deBruin 082-520-8913.

Kontak personeel hiér

Page 6: Maluti News 20131127

6 MALUTI, WOENSDAG 27 NOVEMBER 2013

ALTESAAM 28 spanne het aan vanjaar se30ste Kersierolbaltoernooi op Ficksburgdeelgeneem.

Spelers van oor die land heen het opFicksburg en Clocolan se rolbalbane gespeel.Reën het spel so hier en daar onderbreek en’n stewige bui reën het veroorsaak dat dielaaste vier spanne dit nie kon uitspeel nie.

Die organiseerders moes toe die finalepunte uitwerk, maar daar was geen twyfelnie dat Jill Atkinson en haar span vanKwaZulu-Natal die wenners was. Dié spanhet al sy rondes behalwe een gewen. Diespan waarteen, die Huppel-kruppelspan vanSchweizer-Reneke, was ironies die span watlaaste geëindig het.

Die plaat-afdeling is deur George Fouché,Laura Fouché, Duifie Botha en Iven Bothagewen. Hulle is deur ’n Bethlehem-spangevolg.

Marlene Eksteen, wat 30 jaar gelede eenvan die stigters van die Kersietoernooi was,het vanjaar die pryse oorhandig.

Spelers kom van ver vir feestoernooi

dJILL ATKINSON en haar span van KwaZulu­Natal het vanjaar se 30ste Kersierolbaltoernooi gewen. Van links is Sara Barnard, president vandie Ficksburgklub, Oscar Baleri, Lorraine Kirsten, Barbara Baleri, Jill Atkinson, Willie Smith (FNB) en Marlene Eksteen (stigterslid van die toernooi).

DIEBloed­sweet­en­tranespan vanSchweizer­Reneke het die plaatafdeling van die 30ste Kersie­toernooi gewen. Van links is George Fouché, Laura Fouché, Sara Barnard, president van dieFicksburgklub, Duifie Botha en Iven Botha.

DIE lede van die Bethlehemspan wat onder die topdrie in die 30ste Kersierolbaltoernooi geëindighet, is van links Annie Marais, Herman en Annette Kleynhans en Isa Theron.

DIE Huppel­kruppelspan wat die wenspan gewen het, is van links Anna van Heerden, EsbethRoodt, Magriet van Wyk en Johan van Wyk.

HULDENE POOLMAN (links) en Ritali Cronjé het een van die stalletjies op vanjaar se Kersiefeesbeman. Die stalletjie het ’n verskeidenheid kersieprodukte, onder meer ’n kersieroomlikeur enlimonade, verkoop.

’n OUD­BETHLEHEMIET en deesdae ’nFicksburger, Madelein Hattingh, het een vandie stalletjies op die 46ste Kersiefees bemanen allerlei handgemaakte produkte verkoop.

ARNOLD EN VALERIE NEUHAUS van Preto­ria het vanjaar die eerste keer ’n stalletjie opdie Kersiefees gehad. Goodies Gourmet ver­koop net tuisgemaakte produkte. DieNeuhaus­egpaar sê hulle het die fees terdeë geniet ensal beslis weer kom.

TWEE oud­Hongare, Erika en Gorgi Gorgiev,deesdae van Gauteng, het vanjaar die eerstekeer hul tuisgemaakte kase – van Edam­, Par­mesaan­ tot gegeurde hoalloumi­kaas – op dieKersiefees op Ficksburg verkoop. Lynda Grey­ling vanMaluti het die egpaar ’n paar jaar gele­de op dieHillfox­mark in Johannesburg raakge­loop. In daardie stadium kon hulle skaars En­gels praat en het hulle mense met “come comenice cheese” nader gelok. Deesdae besoekhulle verskeiemarkte en feeste. Hulle het intus­sen Engels bemeester. Foto: Lynda Greyling

Page 7: Maluti News 20131127

MALUTI, WOENSDAG 27 NOVEMBER 2013 7

SOLOMONS MI­CA se Santa’s ToyShop bied ’n ver­skeidenheidspeelgoed. Môre­aand is Solomonsse ChristmasCrawl. Kom kykgerus na die grootverskeidenheidspeelgoed en an­der geskenke wathier gebied word.

MOENIE Solomons se Christmas Crawl misloop nie! Daar is groot spesiale aanbiedingswat slegs môreaand geldig is. ’n Verskeidenheid demonstrasies gaan gelewer word. Daargaan ook vermaak vir almal wees. Dit sluit van wynproe tot gesigverf in.

DIE Solomons Mica- Ope Waterswemvind op 4 Januarie in die Loch Athlone-dam plaas. Swemmers sal weer in drienommers oor drie verskillende afstande

kan deelneem. Hulle kan kies om3,2 km, 1,6 km of 500 m te swem.

Belangstellendes kan Tina Nel by083-459-1363 bel.

Swemmers kan weer aantree

DIE lede van die Waterbronse Vroue­Landbou­unie het hul jaarafsluiting­ en prysuitdelinggesel­ligheid as ’n piekniek by Die Punt gehou. Vanjaar se wenners is van links Clara Jones (derde),Corna Barnard (tweede), Elrina Gunter (eerste) en Suzette Ferreira (voorsitter).

LUCY CLARKE (left),human resourcemanager of Shoprite/Checkers who is aregular client of theManhattan Square,popped in at TimesSquare on Thursday.With her is TraceySterley, owner of bothguest houses.

Sluit jaar gesellig met piekniek af

Page 8: Maluti News 20131127

8 MALUTI, WOENSDAG 27 NOVEMBER 2013

DIE Bethlehem-Rapportryers-korps het 12 laerskoolseunsvan die Charlotte Theron-kin-derhuis (CTK) vir ’n naweekna die plaas Karmel vanJohan du Preez geneem.Die doel was om seuns wat

nie ’n vaderfiguur het nie inhengel, boeresport, Christen-skap en plig teenoor diegemeenskap te onderrig.Die seuns is per bussie,

deur Tiaan Labuschagnebestuur, na die plaas vervoerwaarna hulle hout vir vleis-braai en stokbroodbakbymekaargemaak het.Hoede met nommers op,

met verskillende kleure virelke nommer, is aan dieseuns uitgedeel om hulle inspanne te verdeel. Die spannehet die naweek in aktiwiteiteteen mekaar meegeding.Laatmiddag is aan elke

groep ’n knypbord met ’n blaai

met raaisels op gegee. Dieraaisels is deur verkenningopgelos. Dit is deur ’nbokkuttelspoegkompetisiegevolg. Ná aandete is ’nnagmars gehou en die seunshet meer oor die maan geleer(die Vrydagaand was ditvolmaan). Die aand is metlanternbekruip afgesluit.Die Saterdagoggend het ds.

Dougy Bubb praatjies oorChristenskap, manwees enoptrede teenoor ander mensegelewer. Ná ontbyt het HaraldMoll hulle in hengel touwysgemaak, wat deur kleilatspeelgevolg is. Die boeresport hetná middagete plaasgevind.Die naweek is met ’n

sertifikaatoorhandigingafgesluit. Die Blouspan is asdie beste span aangewys enGielie van der Westhuizen isas die beste presteerder vandie naweek aangewys.

Plaaspret vir CTK-seuns

VAN die CTK­seuns wat aan die Bethlehem­Rapportryerskorps seouboet­projek deelgeneem het.

VERTONING van geskiedkundige vlae deur ’n plaaslike perderuiterkommandoen die Jordania­Voortrekkerkommando.

AFVUUR van ’n skoot met ’n voorlaaier.

AMPTELIKE oorhandiging van dieknapsak deur Danie Eichstädt (regs)van die Bethlehem­Rapportryersaan Johan Roos by Bloedrivier.

DIE Bethlehem-Rapportryers-beweging se knapsak is opSaterdag 16 Novemberamptelik aan die korpse vanNatal by Bloedrivier oorhan-dig. Die verrigtinge is deurSkriflesing en gebed geopen,waarna ’n plaaslike perderui-terkommando en die Jorda-nia-Voortrekkerkommandotradisionele vlae vertoon het.’n Kranslegging deur verteen-woordigers van al die korpse,die Voortrekkers van Jordaniaen die Vrouemonument (watvanjaar 100 jaar oud word)het daarna plaasgevind.Danie Eichstädt het die

Rapportryerskorps vanBethlehem se groetebood-

skap voorgelees en dieknapsak amptelik aan JohanRoos, vise-president van dieRapportryersbeweging endeel van die Newcastle-korps,oorhandig. Die Rapportryers-korpse van Newcastle,Dundee en Vryheid hetdaarna hul groeteboodskappevoorgelees en die groete-boodskappe in die knapsakgeplaas. Elke groeteboodskaphet inligting bevat oor diegeskiedenis van die dorpe enwat die skakel van die dorpis met die Voortrekkergeskie-denis. Die verrigtinge isafgesluit deur ’n demonstrasievan hoe ’n voorlaaier gelaaien afgevuur word.

Knapsak oorhandig

PLAASLIKE kunstenaarshet Woensdagoggend ’nKersuitvoering vir die be­jaardes by die Bergprag­af­treeoord gegee. Van links isLainey Strapp (inwoner),Sêre­Sue Beytel (inwoner),Jeanette Jacobzs (sanger),Moira van der Merwe (klok­kespel), Riana van Rooyen(organiseerder/begeleier)en Hennie Cronjé (voorsit­ter: beheerliggaam).

Page 9: Maluti News 20131127

MALUTI, WOENSDAG 27 NOVEMBER 2013 9

PYTHON ALARMS is agt jaar in bedryf enlewer ’n diens op Bethlehem en omliggendedorpe. “Ons dank ons Hemelse Vader vir nog’n gespaarde jaar saam in ons onderneming,vir die groei van die besigheid en vir insig enleiding. Ons streef daarna om aan besigheid-,huis- en plaaseienaars die perfekte produktevir hul eie gemoedsrus te verskaf. Onsspesialiseer in koord- of koordlose binne- enbuite-alarmstelsels, koordlose interkomstelselsen kamerastelsels.”

Python Alarms beskik oor 24 uur-monite-ringsdienste op Bethlehem en omliggendedorpe, asook ’n 24 uur-gewapendereaksie-diens op Bethlehem.Dit is die kliënt se verantwoordelikheid

om toe te sien dat:) ’n alarmstelsel in werking is;) ’n alarmstelsel minstens twee keer permaand getoets word en die beheerkamerdaarvan in kennis te stel;) die reaksiebeamptes toegang het tot hulperseel (om geboue);) die beheerkamer in kennis gestel wordwanneer hulle met vakansie gaan;) sou die kliënt self die alarm laat afgaan,die beheerkamer gebel word vir die voorko-ming van onnodige reaksie sodat PythonAlarms ’n beter diens aan kan lewer.

“Baie dankie vir elke kliënt se ondersteu-ning. Ons gee om vir elkeen se veiligheid.Hiermee word u ’n geseënde Christusfees envoorspoedige 2014 toegewens. Ons verwel-kom en herinner nuwe kliënte wat hulle byons wil aansluit om vroegtydig te bel aange-sien ons reeds drie weke vooruitbespreek is.Besoek gerus Python Alarms se webtuiste bywww.python-alarms.co.za. Aan ons perso-neel: Julle is ’n wonderlike span. Dankie virelkeen se harde werk en bydrae tot die groeivan ons onderneming. Julle is awesomemense om mee saam te werk. PS, julle blydie beste!”

Jou veiligheid vir Python voorkeursaak

ERENS EN ADRIE GROBBELAAR, eienaars van Python Alarms.

Page 10: Maluti News 20131127

10 MALUTI, WOENSDAG 27 NOVEMBER 2013

DIE manspersoneel van Python Alarms is van links Deon Smit, Marius Beneke, Erens Grobbelaar, MG Botha, Christo van Straaten en Joe Byrnes.

Manne vat vas

Page 11: Maluti News 20131127

MALUTI, WOENSDAG 27 NOVEMBER 2013 11

DIE vroue­personeel van Python­alarms op Bethlehem is van links Colleen Rothman, Christelle Badenhorst, Adrie Grobbelaar, Kim du Plessis, Magrietha Beneke en Thea Kleynhans.

Page 12: Maluti News 20131127

12 MALUTI, WOENSDAG 27 NOVEMBER 2013

PYTHON ALARMS het onlangs hul voertuig­vloot uitgebrei. Hulle het onder meer vier voertuie by Bethlehem­Volkswagenaangeskaf. Hier is Junaid Docrat, eienaar van Bethlehem­Volkswagen, en Erens Grobbelaar, eienaar van Python Alarms.

PYTHON ALARMS het onlangs nuwe voertuie aangeskaf. Hulle het onder meer twee Kia Sportage­motors by Kia Bethle­hem gekoop. Hier is Corné Cronje, verkoopsman van Kia, en Erens Grobbelaar, eienaar: Python Alarms.

PYTHON ALARMS biedafstandtoesig- (off-site) monite-ring 24 uur elke dag. Hy bieddie volgende keuses.) Installering van analoogkame-ras en DVR’s, asook netwerk-HD-IP-kameras en NVR’s.) Hou ’n oog oor jou plaas,pakhuis of sakeondernemingdeur middel van

Smartphone-telefone wat joukameras lewendig vertoon.) Monitering van die kliënt sekamerastelsel na Python Alarmsse beheersentrum is beskikbaar.) Dit is die enigste kameramo-niteringsentrum op Bethlehem.) Inbraakvermindering danksykameramonitering op Bethle-hem.

Hou eiendom veiligmet Python Alarms

PYTHON ALARMShet ’n verskeidenheidkameras waaruit sykliënte kan kies.

PYTHON ALARMSse kameramonite­ringsentrum op Beth­lehem van waar kliën­te se eiendomme ge­moniteer word.

Page 13: Maluti News 20131127

MALUTI, WOENSDAG 27 NOVEMBER 2013 13

CONNIE DE JAGER is een van die Berprag­af­treeoord se inwoners. Die stokroos staan netlinks van haar voordeur. Dit het so gegroei ditraak bykans die geut.

AFRIFORUM het sy 121ste tak op Reitzgestig. Dit is die burgerregte-organisasiese 15de tak in die Vrystaat.Soos menige ander dorpe in die Vry-

staat ondervind inwoners wat deur dieNketoana- munisipaliteit bedien word,wat Reitz en Petrus Steyn insluit, ernsti-ge watertekorte. Dié en ander probleme,insluitend chaotiese munisipale rekenin-ge en die afsny van elektrisiteit sonderdat die nodige wetlike voorskrifte nage-kom is, sal nou deur die splinternuweReitz-tak van AfriForum gehanteer word.Van die probleme is reeds deur AfriFo-

rum die hoof gebied en die heraanslui-tingstarief van elektrisiteit wat afgesny is,is drasties verlaag. “Ons ondervind datdie rekeningprobleme nie net aan onge-kwalifiseerde amptenare toegeskryf kanword nie, maar ook aan die stelsels watsekere munisipaliteite gebruik,” sê CWEls, Afri-Forum se organiseerder vir dieVrystaat.AfriForum bied aan inwoners die ge-

leentheid om eienaarskap van hul dorpeterug te neem en ommunisipaliteite aan-spreeklik te hou vir hul grondwetlike ver-pligtinge.“Ons is reeds besig met ’n klomp ak-

sies, ondermeer omdieminimumkwalifi-kasies van amptenare te bekom, asookom die begrotings van munisipaliteite teontleed waar ons takke het.Dit stel ons in staat om problememeer

volhoubaar aan te pak,” het Els gesê.“Samewerking met munisipale ampte-

nare is vir AfriForum van uiterste belang,en dit is wat ons nastreef om beter dorpevir alle Suid-Afrikaners te skep.”AfriForum moedig inwoners aan om

hulle by die burgerregte-organisasie aante sluit deur hul dorp se naam na 31336te SMS. SMS’e kos 50c.

Tak gestig

DIE Leratong­kleuterskool het onder leidingvan dr. Rosemary Orpen ’n Kersspel vir die be­jaardes by dieBethlehem­aftreeoord opgevoer.Hier geniet Josef en Maria die Jesus­baba.

Foto: Lynda Greyling’n TONEEL uit die Kersspel van die Leratong­kleuterskool op Bethlehem.

DR. ROSEMARY ORPEN was een vandie eerste inwoners by die Bethlehem­aftreeoord. Haar mede­inwoners hetWoensdag afskeid geneem van haar. Syverhuis binnekort na Bergprag.

Foto: Verskaf

Page 14: Maluti News 20131127

14 MALUTI, WOENSDAG 27 NOVEMBER 2013

HYUNDAI BETHLEHEM/HOCHLANDAUTO se diensafdeling beskik steeds oordieselfde kundige personeel en geriewewaaraan kliënte hul Hyundais, BMW’s enBMW-motorfietse, asook ander fabrikate, indie verlede toevertrou het.

Hochland Auto sal soos in die verledespesialiseer in alle Hyundai-voertuie (binne,sowel as buite ’n diensplan), alle BMW-voertuie en BMW-motorfietse (buite ’nfabrikaat-waarborg en -diensplan).

Die voertuie sal soos vantevore deurdieselfde kundige personeel en metuitstekende geriewe versien en herstelword.

’n Merkbare verskil sal wees in dietariewe per uur op arbeid in die geval vandie BMW-voertuie.

Verskeie diensplan- en waarborgopsies,vir alle fabrikate sal ook uitgeneem kanword, wat dan deur Hochland Auto versienen geëis kan word.

“Ons vertrou dat, ondanks die onaange-name en ongegronde aanmerkings watteen Hochland Auto se diens gemaak is,ons steeds ons getroue kliënte mettoewyding, ywer en entoesiasme kanbedien,” sê Jaco Odendal, besturendedirekteur.

Gehalte steeds gehandhaafKliënte kan dieselfde kundigheid, geriewe verwag

DIE werkswinkelpersoneel van Hyundai Bethlehem/Hochland Auto is van links, voor: Alfred Ram­moko, Francois Botha en Shaun Greene; tweede ry: SamsonMsibi, Buda Lebona, Michael Swart(werkwinkelbestuurder) en Amos Nhlapo; agter: Godfrey Beukes (produksiebestuurder), LeoniBekker, Eduard Botha, Danie van Dyk en Armand van Deventer.

PERSONEELLEDE van Hyundai Bethlehem/Hochland Auto se werkswinkel is van linksAmos Nhlapo, Michael Swart (werkswinkelbe­stuurder), Alfred Rammoko enGodfrey Beukes(produksiebestuurder).

SHAUN GREENE, ’n vakleerling by Hyundai Bethlehem, werk hier aan’n Hyundai­voertuig.FRANCOIS BOTHA, ’n werktuigkundige by Hyundai Bethlehem/

Hochland Auto.

EDUARD BOTHA (regs) is ’n motorfietswerk­tuigkundige by Hyundai Bethlehem/HochlandAuto. Hy en Armand van Deventer, vakleerling,herstel BMW­motorfietse waarvan die fabrieks­waarborg en diensplan verval het.

HYUNDAI BETHLEHEM/HOCHLAND AUTOse diensadviseurs is van links Danie van Dyk,Leoni Bekker (waarborge en eise) en Pieter deVilliers.

EDWARD MBELE (links) en Wilfred Radebewat by die onderdele­afdeling byHyundai Beth­lehem en Hochland Auto werksaam is.

Page 15: Maluti News 20131127

MALUTI, WOENSDAG 27 NOVEMBER 2013 15

Page 16: Maluti News 20131127

16 MALUTI, WOENSDAG 27 NOVEMBER 2013

MANDLA RAMAGOMA has finished hishonours degree in B Sc (Dietetics) at theUniversity of the Free State.A former matriculant of the Bethlehem

Comprehensive School, Ramagoma had atough upbringing with only a mother andsister.Ramagoma’s dream was to become a

dietician. With a sponsorship of the FrontierInn Dihlabeng Community Trust (FIDCT) hecould start working on his dream. Ramago-ma was amongst the first students toreceive sponsorship from the FIDCT.His mother was a big inspiration to him.

Unfortunately she passed away in his thirdyear. This inspired him further to succeed,regardless of the hardship he wentthrough.Ramagoma’s results varied from 68% tot

70%. He will be graduating as a dietician.His new dream is to complete his

masters degree one day, as he has asister with three children and feels it is hisresponsibility to assist them with theireducation.He has to do a year of practical work for

the government and this will commence inJanuary 2014 at the Jagersfontein Hospital.

FIDCT helps youngman to reach his dream

MANDLA RAMAGOMA visited the Frontier Inn & Casino where he met with members of theFrontier Inn Dihlabeng Community Trust, which sponsored his studies. From the left are MikeKgwatela, member of the trust, Grant Robinson, chairman of the trust, Anthony Oliver, generalmanager of the Frontier Inn &Casino,WimpieWagner, Frontier Inn &Casino, Mandla Ramagomaand Banzi Tollie, general manager of corporate service of the Free State Gambling and LiquorAssociation.

ABOVE: The gr. R learners of the Anchor Pre­Primary School sang their graduation songs,The B-I-B-L-E, Happy all the time and Every promise, during the graduation ceremony heldin the Methodist Church on Wednesday.

BELOW: Some of the gr. R learners of the Anchor Pre­Primary School that graduated.

Fill graduation day with song

Page 17: Maluti News 20131127

MALUTI, WOENSDAG 27 NOVEMBER 2013 17

LEDE van die Bethseals wat die jaarlikse prysuitdeling bygewoon het, is van links, voor: Miasvan der Linde, Robbie Hattingh en Sharon Atkinson; tweede ry: Janko Breytenbach, Janro Grob­belaar, Rion Labuschagne, Erenst Shannon, Alwyn van der Linde, Eric le Roux, René Shannonen Margo le Roux; derde ry: WJ Hattingh, Heinz Mittemaier, Ruan Strydom, Johan Grobbelaar,Guido Postma en Sakkie van den Bergh; agter: Julian Pretorius, Riaan van Zyl en George Baden­horst.

“AGRI SA verwelkom gemeenskapsbetrok-kenheid soos dié van Projek Suiderkruisom plaasmisdaad en veral plaasmoorde tebekamp.“Groter bewustheid van die veiligheidsuit-

dagings waar landbougemeenskappe voorte staan kom en geldelike ondersteuningvir landelike beveiligingsprojekte kandaartoe bydra om die kwesbaarheid vanlandbou en landbouers te verminder,” sêKobus Breytenbach, voorsitter van Agri SAse beleidskomitee oor landelike veiligheid.Met projek Suiderkruis word geld

ingesamel vir die Agri Securitas-trustfondswat landelike veiligheidsprojekte onder-steun.Dié projek begin op 30 November in die

Musina-omgewing waar Leon van Dijkhorstvan Bethlehem met sy landwye fietstoervan nagenoeg 4 200 km gaan begin. Hysal ook ’n gedeelte van die toer op dieOranjerivier roei.Agri SA se beleidskomitee oor landelike

veiligheid het sy volle ondersteuning aanprojek Suiderkruis gegee en doen ’nberoep op sy lidverenigings en almal wat’n belang in die landbou het om die projekte ondersteun.“Misdaad op plaasvlak hou nie net ’n

bedreiging in vir landbouers se veiligheidnie, maar benadeel ook die produksiever-moë van die landbou weens diefstal vaninsette, produkte en toebehore.“Daarom het dit ook ’n effek op die

landbou se waardeketting wat insetverskaf-fers insluit. Veediefstal is aan die orde vandie dag en die trustfonds ontvang ál meerversoeke om dié misdaad ook te helpvoorkom,” sê Japie Grobler, voorsitter vandie Agri Securitas-trustfonds.“Projek Suiderkruis is ’n ideale geleent-

heid vir die landbouwaardeketting om ’nbydrae te lewer tot die bekamping vanmisdaad op plaasvlak en om die sektor tehelp beskerm in belang van volgehouevoedselproduksie,” sê Grobler.

Bewustheid verwelkom

BY die Bethseals-klub se prysuitdeling, gehouby die Athlone-seilbootklub, is verskeie ledevirhul prestasies deur die loop van dieseisoen vereer. Vier lede – Riaan van Zyl,Johan Grobbelaar en Jacques en Tina Nel –het aan die Ysterman deelgeneem en goedgevaar. Lede was ook in verskillendesportsoorte op provinsiale vlak betrokke –Vrystaat-swem: Eric le Roux; Vrystaat-biathle:Guido Postma en Vrystaat-driekamp: HeinzMittemaaier. Lede wat trofeë ontvang het, issoos volg:) Beste vordering: WJ Hattingh, RobbieHattingh.) Beste bywoning: Heinz Mittemaaier.) Beste senior volwassene: Johan Grobbe-laar, Riaan van Zyl.) Beste junior seun: Erens Shannon.) Beste junior meisie: Margo le Roux.) Beste senior seun: Heinz Mittemaaier.) Beste senior meisie: Marna van den Berg.) Bethseals-presteerder: Julian Pretorius isaangewys as die klub se beste presteerderen Eric le Roux as swemmer en atleet.) Vier atlete het vier swemmyle geswem:Margo le Roux, Eric le Roux, Heinz Mitte-maaier en Guido Postma.

Klub vereer sy uitblinkers

ERIC LE ROUX is op die Bethseals­klub seprysuitdeling as die swemmer en atleet van diejaar aangewys. Hy het die trofee van sy afrigter,Tina Nel, ontvang.

LEON VANDIJKHORST

Page 18: Maluti News 20131127

18 MALUTI, WOENSDAG 27 NOVEMBER 2013

DIE gr. O­leerlinge van die Johanna Fourie­plaasskool het onlangs hul gradeplegtigheidbygewoon. Die 20 kleuters sal volgende jaaraan dieselfde plaasskool skoolgaan. Die skoolis sowat 20 km buite Bethlehem op die Meets­pad. Hier is Joseph Mhlambi (in die middel, ag­ter), die hoof, saammet die onderwysers en diekleuters.

PERSOONLIKE

DIENSTE

LENINGS

1445

Want a Loan?R1 000 to R15 000.

Call 058 303 0530 or send a'Please Call Me' to 073 560 7857.

ALGEMENE &

HUISDIENSTE

TE HUUR

1820

VLOERLENGTE TAFELDOEKE,kandelare, eetgerei. Peto Odendaal.Lombardstraat 7. 058 303 2392.

TUIN &

BESPROEIING

1825

FLOWER FUN KWEKERY: Nuwevoorraad, vars blomme en vrugte-bome beskikbaar. Groot verskeiden-heid rose. 058 303 8423. Cambridge-straat 58. By silo's. Oop Ma. tot Sa.

ALLERLEI

1845

GRANITE & MARBLE: Kitchentops, vanities, bar counters , etc.Tel. 058 303 4840/082 807 7456.

BETREKKINGS

3600

GESOEK

3601

CELL CLINIC/NASHUA MOBILEBETHLEHEM IS LOOKING FOR ATECHNICIAN. PLEASE FAX CV TO086 644 0833 OR CALL 082 335 6939.

SOEK, KOOP, VERKOOP

Hou gradeplegtigheid

Virmeerfoto’sen

nuus

gaan

nawww.malutinews.co.za

Page 19: Maluti News 20131127

MALUTI, WOENSDAG 27 NOVEMBER 2013 19

VANJAAR se Salomon SkyRun-uithouwed-loop was een van die taaistes nóg.Die gure weer het die organiseerders

van dié wedloop, wat op Lady Grey gehouis, gedwing om dit kort te knip.Winde van tot 100 km/h, harde reën en

digte mis het voortdurend deur die loopvan die wedloop, wat oor die Witteberg-reeks gehou is, gewoed.Ses atlete van die Bethlehem-marathon-

klub het deelgeneem. Hulle is MihanBester, Liesel en Johan Wessels, MCBotha, Corné Vermaak en Jaco Labu-schagne.Liezel Wessels sê wat die wedloop

besonders maak, is dat ’n mens jou eiekos en water moet saamdra. Boonop moeshulle die roete met ’n kaart of GPSnavigeer.Die wedloop het uit ’n 100 km-roete, of

’n 65 km-roete vir die SkyRun Lite, bestaanen moes binne 32 uur voltooi word.Die roete het op Lady Grey begin en het

van daar oor die Witteberge gestrek met ’nhoogste punt van amper 3 000 m boseevlak. Die roete het by die Wartrail-bui-teklub geëindig.“Ons moes ysreën, stormwind, hael, mis

en ysige koue trotseer,” sê Liezel.Sommige van die atlete het in die mis

verdwaal, maar darem weer die spoorgevind.Baie van die atlete, onder wie die

wenner, Iain Don-Wauchope van KwaZulu-Natal, en die naaswenner, Hylton Dunnvan Pretoria, het hipotermie (ondernormaleliggaamstemperatuur) opgedoen.Hoewel dit wel bewolk en reënerig was

toe die deelnemers weggespring het, hetdie weer van 11:00 af vinnig versleg.Toe besluit is om die wedloop te

beëindig, was die atlete oor ’n radius van50 km in die bergreeks versprei. Sommigehet reeds 70 km en 80 km van die 100 km-wedloop voltooi voordat hulle gestop konword.Liezel sê die eerste veilige plek waar

deelnemers gestop kon word, was op65 km. Sy en haar man, Johan, het daargeëindig. Albei se tyd was 12 uur. MihanBester het op 12:26 geëindig terwyl MCBotha en Jaco Labuschagne op 10:30 enCorné Vermaak op 11:26 geëindig het.Behalwe vir Corné het die ander vyf die

wedloop die eerste keer aangedurf.Volgens Adrian Saffy, die organiseerder,

het een deelnemer ernstige hipotermieopgedoen. Aangesien daar nie selfoonseinop die berg was nie, kon sy hulle niedadelik in die hande kry nie.Saffy en nog vier mans het ses uur lank

na haar gesoek voordat hulle haar gekryhet.

SkyRun-uithouwedloop vanjaar besonder uitmergelend

DIE groep atlete van die Bethlehem­marathonklubwat vanjaar die straw­we Salomon SkyRun­uithouwedloop aangedurf het. Van links is CornéVermaak, Mihan Bester, MC Botha, Johan en Liezel Wessels en JacoLabuschagne. Foto: Verskaf

Page 20: Maluti News 20131127

20 MALUTI, WOENSDAG 27 NOVEMBER 2013

SportSportKoerant met hart The paper with heartI

ATLETE by die wegspringpunt tydens die Kersiewedloop wat Saterdag op Ficksburg gehou is. Inlas: Susan Wessels (links) en Eloise Petersen van Ficksburg het ook aan die Kersiewedloopop Ficksburg deelgeneem. Nog foto’s by www.malutinews.co.za. Foto’s: Vince Aslett

HANMARI LOMBARD van die Bethlehem­ma­rathonklub tydens die Kersiewedloop.LEDE van die Harrismith­marathonklub het ook aan die Kersiewedloop deelgeneem.

YVETTE WATSON van die Bethlehem­mara­thonklub tydens die Kersiewedloop.

Hou bene, hou tog net