AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2...

24
1013.2 AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2) NOVEMBER 2006 TYD: 2 UUR PUNTE: 80 SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN 2006 Skryf op die buiteblad van jou antwoordboek, teenoor die woord “Vak” – AFRIKAANS TWEEDE TAAL STANDAARDGRAAD (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2) Hierdie vraestel bestaan uit 24 bladsye.

Transcript of AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2...

1013.2 AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG(ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2) NOVEMBER 2006

TYD: 2 UUR PUNTE: 80

SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN

2006

Skryf op die buiteblad van jou antwoordboek, teenoor die woord “Vak” –

AFRIKAANS TWEEDE TAAL STANDAARDGRAAD

(ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2)

Hierdie vraestel bestaan uit 24 bladsye.

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (1013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2

(ADDISIONELE TAAL)

2

INSTRUKSIES 1. Die vraestel bestaan uit Afdeling A, B en C. 2. Beantwoord slegs TWEE vrae. Kies die vrae uit verskillende boeke. AFDELING A: FEESMAAL Beantwoord Vraag 1 OF Vraag 2 AFDELING B: VERSLIG Beantwoord Vraag 3 OF Vraag 4 AFDELING C: DIE VERDWYNING

VAN MINA AFRIKA Beantwoord Vraag 5 OF Vraag 6 3. Begin elke antwoord boaan 'n nuwe bladsy. 4. Skryf die nommer van elke vraag bo elke antwoord neer. 5. Laat 'n reël oop na elke onderafdeling van 'n vraag. 6. Beantwoord die vrae volgens die voorskrifte. 7. Skryf netjies en leesbaar.

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (1013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2

(ADDISIONELE TAAL)

3

AFDELING A Beantwoord slegs EEN vraag uit hierdie afdeling. FEESMAAL (Saamgestel deur E.A. Swanepoel) VRAAG 1 TWEE GESIGTE (deur Elise Muller) 1.1 Gebruik die woorde in die woordelys om die paragraaf te voltooi. Skryf slegs die vraagnommer en die korrekte woord langsaan neer. WOORDELYS: kennis oorlede huishoudster een rand en vyftig sent tweegesig vriendelik teleurgesteld mallemeule voorkoms vyftig sent Katrien was Rinatjie se (1.1.1) se dogter. Sy was vier jaar ouer as Rinatjie, maar in ervaring, in (1.1.2) en (1.1.3) was sy baie, baie ouer as veertien. Rinatjie het niks van die (1.1.4) geweet nie; daarom het Katrien vir haar alles daarvan verduidelik. Sy’t vertel van die perdjies en die bankies en dat een keer se ry daarop (1.1.5) kos. Op daardie oomblik het Rina nie geld gehad nie, maar Katrien het gesê sy moet haar pa daarvoor vra. Rinatjie het vir Katrien gesê om ook haar pa te vra, maar sy het heeltemal vergeet dat Katrien se pa reeds (1.1.6) is. Rinatjie het saam met haar vriendin, Rosa, na die uitspanplek gegaan om te sien wat daar aangaan. Rosa het vyf rand gehad, maar Rinatjie het net (1.1.7) gehad om uit te gee. Katrien was ook daar, maar die man het haar een rand gevra omdat sy so groot was. Rinatjie het haar geld vir Katrien gegee, want sy was baie (1.1.8) en kwaad vir die (1.1.9) man. Hy was so (1.1.10) met hulle, maar hy het Katrien baie lelik behandel. [10] MY MAN IS IN LAVENTEL (deur Madeleine van Biljon) 1.2 Veelkeusevrae

• Skryf die antwoord volledig langs die vraagnommer neer. • Moenie net die letter van die antwoord neerskryf nie.

1.2.1 Die titel van die kortverhaal beteken dat die man

A in laventel woon. B lief is vir laventel. C laventel in die kos sit. D orals na laventel soek. (1)

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (1013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2

(ADDISIONELE TAAL)

4

1.2.2 As die vrou se kinders siek is, gee sy vir hulle 'n glas water, pille en

A 'n bord kos. B twee lepels medisyne. C laventelblare uit die tuin. D 'n nuwe legkaart. (1)

1.2.3 Die vrou het geen meegevoel met siek mense nie. Dit beteken sy

A gee nie om vir siek mense nie. B het nie simpatie met siek mense nie. C hou nie van siek mense nie. D het nie tyd vir siek mense nie. (1)

1.2.4 Die verteller sê dat haar gesin nie “fynproewers” is nie. Sy bedoel hiermee dat hulle nie

A lief is vir gekookte kos nie. B self kan kosmaak nie. C baie van kosmaak weet nie. D kookboeke gebruik nie. (1)

1.2.5 Die verteller sê dat dit nie lekker is om siek te wees as jy 'n vrou is nie,

want jy moet

A opstaan en die kos gaan voorberei. B kos voorberei voor jy gaan slaap. C vir mense sê wat om voor te berei. D vir mense sê waar alles is. (1) [5]

1.3 Pas die verduideliking in Kolom B by die woord in Kolom A.

Skryf slegs die vraagnommer en die letter neer.

KOLOM A KOLOM B 1.3.1 Roosmaryn A. 'n Mengsel van slaaiblare,

komkommer, tamatie en uie. 1.3.2 Lasagne al Forno B 'n Soort plant waarvan daar

reukwater gemaak kan word. 1.3.3 Knoffel C. 'n Plant met harde blaartjies wat

in kos gegooi kan word. 1.3.4 Laventel D. 'n Plant soos 'n ui wat 'n baie skerp

reuk het. 1.3.5 Groenslaai E. 'n Gereg gemaak van pasta,

maalvleis en kaassous. (5x1) [5]

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (1013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2

(ADDISIONELE TAAL)

5

'N TUISNYWERHEID LANGS DIE PAD (deur Riana Scheepers) 1.4 Is die volgende stellings WAAR of ONWAAR?

Gee 'n rede vir jou antwoord. 1.4.1 Die seun het die vis in sy skoolsak gesit nadat hy hom gevang het. (2) 1.4.2 Toe die seun na die indali gegaan het, het hy gesukkel om oor die

pad te kom. (2) 1.4.3 Die vis het die hele dag vars gebly. (2) 1.4.4 Die kind wou die vis verkoop om vir homself skoolboeke te koop. (2) 1.4.5 Die vis het lekker gesmaak toe sy ma dit gaargemaak het. (2) [10] 1.5 Lees die paragraaf en beantwoord dan die vrae wat daarop volg. As sy vandag daar is, kan hy sy vis sommer by haar goed neersit. Anders sal hy maar op sy eie sit. Hy kyk of hy haar kan sien. Sy sit gewoonlik die naaste aan die boom, maar vandag is sy nie daar nie. 1.5.1 Wie wil die seun by die indali sien? (1) 1.5.2 Waarom wil hy haar sien? (2) 1.5.3 Wat verkoop sy gewoonlik by die indali? Noem TWEE goed. (2) 1.5.4 Die persoon wat hy soek is nie daar nie. Wat doen die seun toe? (2) 1.5.5 Watter leuen vertel die seun later die dag vir sy ma? (2) 1.5.6 Waarin dra die seun die vis na die indali? (1) [10] /40/

OF

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (1013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2

(ADDISIONELE TAAL)

6

VRAAG 2 DIE KRISMISBOKKIE (deur Audrey Blignault) 2.1 Gebruik die woorde in die woordelys om die paragraaf te voltooi. Skryf slegs die vraagnommer en die korrekte woord langsaan neer. WOORDELYS: verdwyn grafte Amanda gevoer mak Ouma Tant Sofie Koos Awie roosblare Rietman Kleinboet se pa het plaas toe gegaan om vir (2.1.1) en (2.1.2) te gaan kuier. Een van die plaaswerkers, (2.1.3), se kinders het ‘n bokkie gevang en Kleinboet se pa het hom saamgeneem dorp toe. Kleinboet se lewe het heeltemal verander toe hy die bokkie gekry het. Hulle het besluit om die bokkie (2.1.4) te noem. Die bokkie het vreeslik (2.1.5) geword en Kleinboet orals gevolg. Kleinboet het hom elke aand (2.1.6) en ook die (2.1.7) gegee wat afgeval het. ‘n Paar dae voor Kersfees het die bokkie (2.1.8), en Kleinboet was vreeslik ontsteld. (2.1.9), Kleinboet se suster, kon nie verstaan waarom so iets op Kersdag kon plaasvind nie. Hulle was buite in die tuin besig om blomme te pluk om op die (2.1.10) te gaan sit, toe hulle die bokkie skielik onder die denneboom sien staan. [10] POTYSTER SWEIS NIE (deur P.G. du Plessis) 2.2 Veelkeusevrae

• Skryf die antwoord volledig langs die vraagnommer neer. • Moenie net die letter van die antwoord neerskryf nie.

2.2.1 Die verteller sê dat hy daardie pad reeds . . . keer daardie week gery het.

A een B twee C drie D vier (1)

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (1013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2

(ADDISIONELE TAAL)

7

2.2.2 Die verteller het die stofie by 'n skrootwerf gekoop.

Dis 'n plek waar hulle ou yster

A regmaak en verkoop. B sweis en herstel. C per gewig verkoop. D skoonmaak en verkoop. (1)

2.2.3 Die verteller sien 'n skoolseun langs die pad staan. Die seun

A het gewag vir een van sy ouers. B het gehoop iemand laai hom op. C het weggeloop van die skool af. D wou iets by die winkeltjie gaan koop. (1)

2.2.4 Die seun sien dat sy skoene sleg lyk. Hy sê dis omdat hy

A nie die skoene gepoleer het nie. B in die reën gaan stap het. C in die veld rondgeloop het. D iemand anders se skoene aanhet. (1)

2.2.5 Die verteller se werk was om

A ou yster te koop en verkoop. B yster op sy bakkie te laai. C groente en kos te vervoer. D boeke en stories te skryf. (1) [5]

2.3 Pas die verduideliking in Kolom B by die woord(e) in Kolom A.

Skryf slegs die vraagnommer en die letter neer.

KOLOM A KOLOM B 2.3.1 Stem kraak A. Sy moeilike lewe het hom gevorm. 2.3.2 Potyster sweis nie B Die radio maak net sisgeluide. 2.3.3 Verneuk C Dis wat die verteller gekoop het. 2.3.4 Skoolbaadjie D 'n Fisiese teken dat 'n seun groot

word. 2.3.5 Weggooistofie E Die seun is te groot om daarin te

pas. [5]

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (1013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2

(ADDISIONELE TAAL)

8

DANKIE, ELSEBET (deur Chris Barnard) 2.4 Is die volgende stellings WAAR of ONWAAR?

Gee 'n rede vir jou antwoord. 2.4.1 Die verteller het 'n ent in die veld gaan stap. (2) 2.4.2 Die man het die omgewing nie goed geken nie. (2) 2.4.3 Die kind wat op die randsteen gesit het, was baie vuil. (2) 2.4.4 Die kinders het in 'n parkie op die swaaie gespeel. (2) 2.4.5 Die kinders het gebewe van die koue. (2) [10] 2.5 Lees die onderstaande paragraaf uit DANKIE, ELSEBET en

beantwoord die vrae wat daarop volg. As hulle die geld waardeer het, het hulle dit nie gewys nie. Ek dink hulle het meer van die speel gehou as van die geld. Wie weet, miskien het Elsebet halfpad huis toe al klaar hulle gemeenskaplike rand verloor. 2.5.1 Waarom het die verteller vir die kinders geld gegee? (2) 2.5.2 Was die kinders bly oor die geld? Skryf JA of NEE en gee 'n rede vir

jou antwoord. (2) 2.5.3 Waarom wou die verteller nie later daardie aand sy hande was nie? (2) 2.5.4 Wat was die les wat die verteller by die kinders geleer het? (2) 2.5.5 Aan die einde van die verhaal weet die verteller TWEE dinge van Elsebet.

Wat weet hy van haar? (2) [10] /40/

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (1013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2

(ADDISIONELE TAAL)

9

AFDELING B Beantwoord slegs EEN vraag uit hierdie afdeling. VERSLIG (Saamgestel deur Charles Fryer) VRAAG 3 Lees die onderstaande gedig aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat volg. DIE ELWEKONING (deur Goethe) (vertaal deur S.J. du Toit) 1. Wie ry daar so laat deur nag en wind?

Dit is ‘n vader met sy kind; Hy druk die knapie so styf in die arm, Hy hou hom veilig, hy koester hom warm.

2. “My seuntjie berg bang sy gesiggie, vir wie?” “Sien Vader die Elwekoning dan nie? Die Elwekoning met mantel en sleep?” “My kind, dit is ‘n newelstreep.”

3. “Kom, kindjielief, kom saam met my! So heerlik speel hul waar ek bly; Veelkleurige blomme groei op die strand, Van goud gaan jou kleed wees uit moeder se hand.”

4. “My pappie, is Pappie dan heeltemal doof Vir wat Elwekoning my saggies beloof?” “Bly stil, wees rustig maar, my kind! In dorre blare duisel die wind.” –

5. “Gaan jy, lief seuntjie, met my saam? My dogters ken almal reeds jou naam; My dogters dans voor in die nagt’like rei En wieg jou en dans en sing so bly.” –

6. “My Vader, kan Vader dan glad nie gewaar Elwekoning se dogters in die donker kol daar?” “My seuntjie, my seuntjie, ek sien dit heel goed: Die ou gras skyn geel aan die rantjie se voet!”

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (1013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2

(ADDISIONELE TAAL)

10

7. “Jou skoonheid bemin ek, my siel is ontsteld;

En as jy nie wil nie, gebruik ek geweld!” “My Pappie, my Pappie, nou vat hy my raak!

Elwekoning het my seergemaak!” 8. Die vader skrik; hy ry soos die wind,

En hou in sy arms die kreunende kind, Bereik sy plaas in bange nood; Die kind lê in sy arms dood.

Uit: Die vreemde boord

3.1 Gebruik die woorde in die woordelys om die paragraaf te voltooi. Skryf slegs die vraagnommer en die korrekte woord langsaan neer.

kleed vra sterwende mantel knapie dogters beskerm wind jaag dood

'n Man ry met sy (3.1.1) kind huis toe. Die woord (3.1.2) word gewoonlik net vir 'n jong seuntjie gebruik. Die man hou sy kind vas en (3.1.3) hom sodat hy nie val en seerkry nie. Die seun sien die Elwekoning wat ‘n (3.1.4) en sleep aanhet, maar sy pa sien niks nie. Die Elwekoning (3.1.5) die seuntjie om saam met hom te gaan. Hy belowe hom dat sy vrou vir hom 'n pragtige goue (3.1.6) gaan maak. Sy pa dink dat hy die (3.1.7) hoor waai, maar dis Elwekoning se (3.1.8) wat sy naam ken. Uiteindelik besef die pa dat daar iets verkeerd is en hy (3.1.9) so vinnig as wat hy kan. By die plaas sien hy dat die seuntjie (3.1.10) is. (10) 3.2 3.2.1 Watter TWEE verskillende woorde in strofe 1 wys dat die pa regtig

probeer het om sy kind te red? (2) 3.2.2 Waarom gaan dit vir die seun so lekker wees om saam met die

Elwekoning te gaan? (2) 3.2.3 Skryf in jou eie woorde wat met die volgende bedoel word:

“Van goud gaan jou kleed wees uit moeder se hand.” (2) 3.2.4 Wat belowe die Elwekoning die seun in strofe 5? (2) 3.2.5 Wie “kry” uiteindelik die seun? (1) 3.2.6 Haal 'n versreël aan wat bewys dat Elwekoning nie 'n vriendelike

persoon is nie. (1) [20]

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (1013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2

(ADDISIONELE TAAL)

11

3.3 Lees die volgende gedig en beantwoord die vrae wat daarop volg. EK IS OEK IMPORTANT (deur Peter Snyders)

As al julle geldgatte

julle geld gespendit, en julle bananaskille

innie slooitjie gegooi het, en julle bustikkits soes confetti gestrooi het, en julle staain en cool drinks

opgedrink het, en julle borrels en blikkies

in 'n gangetjie gesit het, en julle visgraatbolle

en vrot vrugte en stukkene boksies

en papiere r o n d g e g o o i h e t . . . dan kom ek en maakie wêreld weer skoon: soe, ek is oek important. Uit: 'n Ordinary mens Veelkeusevrae • Skryf die antwoord volledig langs die vraagnommer neer. • Moenie net die letter van die antwoord neerskryf nie. 3.3.1 Hierdie gedig is in . . . geskryf.

A Standaardafrikaans B Kaapse Afrikaans C Tsotsitaal D kombuistaal (1)

3.3.2 Die digter kan woorde gebruik soos hy wil, want hy het

A die reg om so te skryf. B die geleentheid om dit te doen. C digterlike vryheid. D disleksie. (1)

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (1013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2

(ADDISIONELE TAAL)

12

3.3.3 Die persoon wat hier praat, is 'n

A rondloper. B bergie. C skoonmaker. D verkeersman. (1)

3.3.4 Die volgende is rommel wat in 'n straat rondlê. Watter van die volgende

word NIE in die gedig genoem nie?

A piesangskille B blikkies C papiere D blare (1)

3.3.5 Hoe voel die spreker oor sy werk? Hy is

A moeg vir die morsige mense. B trots op die mense se werk. C teleurgestel deur die mense. D trots op sy belangrike werk. (1) [5]

3.4 Pas die verduideliking in Kolom B by die woord(e) in Kolom A.

Skryf slegs die vraagnommer en die letter neer.

KOLOM A KOLOM B 3.4.1 Geldgatte A. Oek important 3.4.2 Confetti B. Visgrate in papiere 3.4.3 Staain C. Buskaartjies rondgooi 3.4.4 Visgraatbolle D. Soort wyn 3.4.5 Skoonmaker E. Ryk mense (5x1) [5] 3.5 Is die volgende stellings WAAR of ONWAAR? Gee 'n rede vir

jou antwoord. 3.5.1 Die gedig handel oor die belangrikheid van eenvoudige werk. (2) 3.5.2 Die skoonmaker dink dat ryk mense baie mors. (2) 3.5.3 Confetti word tydens rugbywedstryde gegooi. (2) 3.5.4 Die skoonmaker sien dat al die gemors op 'n hoop geplaas is. (2) 3.5.5 As die mense klaar geëet en gedrink het, gooi hulle die bottels en blikke

in die vuilgoeddrom. (2) [10] /40/

OF

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (1013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2

(ADDISIONELE TAAL)

13

VRAAG 4 Lees die onderstaande gedig aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat volg. STADSMENS (deur S.V. Petersen) 1. 'n Agtermekaar mens,

die stil stomme stadsmens! 2. Smart is hy, 'n wié

saans voor sy eie TV, 3. Gesellig saam met

sy high bucks vir company! 4. Sy savingsbank-boekie

lyk treurig, bra kapot, 5. Want sy vrou pick 'n pay

hom so halfpad bankrot! 6. Maar daar’s ook niemand

wat Kenilworth ken soos hy, 7. En Saterdag moet sy voshings

die voorste bly! 8. So lewe hy luilekker

lank, 'n optimis: 9. want dis gister wat was,

maar vandag is wat is!

Uit: Nag is verby

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (1013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2

(ADDISIONELE TAAL)

14

4.1 Gebruik die woorde in die woordelys om die paragraaf te voltooi. Skryf slegs die vraagnommer en die korrekte woord langsaan neer.

winkels lewe bankrot televisie stadsmens tevrede wen pessimis perde oomblik

Die spreker in die gedig beskryf die (4.1.1) van 'n gewone (4.1.2). Hy hou daarvan om saans (4.1.3) te kyk. Almal dink dat hy heeltemal (4.1.4) is met die situasie waarin hy hom bevind. Hy lyk altyd goed, maar sy finansies is soms 'n probleem, want sy vrou hou daarvan om baie geld by die (4.1.5) uit te gee. Hy dink dat sy hom nog (4.1.6) gaan maak. Hy hou daarvan om Saterdae die (4.1.7) by Kenilworth te gaan speel. Hy hoop dat 'n voshings by Kenilworth-resiesbaan sal (4.1.8). Gelukkig is hy 'n optimis en nie 'n (4.1.9) nie. Hy leef net vir die (4.1.10), want hy kan niks aan die verlede of die toekoms doen nie.

[10]

4.2 Lees weer die gedig Stadsmens en beantwoord dan die vrae wat volg.

4.2.1 Watter TWEE verskillende woorde in strofe 1 en 2 dui aan dat die stadsmens

tevrede met homself is? (2)

4.2.2 Wie is die “high bucks” van wie daar in strofe 3 gepraat word? (1) 4.2.3 Kom kuier hulle regtig vir hom? Sê net JA of NEE. (1) 4.2.4 Waarom lyk sy spaarboekie treurig en kapot? (2) 4.2.5 Wat doen hy gewoonlik Saterdae? (2) 4.2.6 Wat sê die volgende woorde van die stadsmens: “so lewe hy luilekker

lank”? (2) [10]

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (1013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2

(ADDISIONELE TAAL)

15

4.3 Lees die onderstaande gedig aandagtig deur en beantwoord dan die

vrae wat volg. MA (deur Antjie Krog) 1. Ma, ek skryf vir jou 'n gedig

sonder fênsie leestekens sonder woorde wat rym sonder bywoorde net sommer 'n kaalvoet gedig –

2. want jy maak my groot in jou krom klein handjies jy beitel my met jou swart oë en spits woorde jy draai jou leiklipkop jy lag en breek my tente op maar jy offer my elke aand vir jou Here God. jou moesie-oor is my enigste telefoon jou huis my enigste bybel jou naam my breekwater teen die lewe

3. ek is so jammer mamma dat ek nie is wat ek graag vir jou wil wees nie. Uit: Dogter van Jefta

Veelkeusevrae • Skryf die antwoord volledig langs die vraagnommer neer. • Moenie net die letter van die antwoord neerskryf nie. 4.3.1 Die spreker skryf 'n kaalvoet gedig vir haar ma. Dit beteken

dis 'n . . . gedig.

A gelukkige B ernstige C eenvoudige D lieflike (1)

4.3.2 Sy gebruik nie die woorde “Liewe Ma” nie omdat sy

A nie 'n brief skryf nie. B eintlik kwaad is vir haar ma. C nie daaraan gedink het nie. D altyd so met haar ma praat. (1)

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (1013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2

(ADDISIONELE TAAL)

16

4.3.3 Die ma “beitel” die kind. Dit beteken dat sy haar

A ernstig aankyk. B karakter vorm. C hard slaan. D vriendelik help. (1)

4.3.4 Haar ma se hande is krom omdat sy

A seergekry het. B koud gekry het. C oud is. D siek is. (1)

4.3.5 Die spreker sê haar ma “breek haar tente op”. Dit beteken dat haar ma

A altyd met haar raas. B nie tyd het om met haar te praat nie. C vir haar planne lag. D haar kamer netjies maak. (1) [5]

4.4 Pas die verduideliking in Kolom B by die woord(e) in Kolom A.

Skryf slegs die vraagnommer en die letter neer.

KOLOM A KOLOM B 4.4.1 Breekwater A. Bid vir my 4.4.2 Leiklipkop B. Kwaai, harde woorde 4.4.3 Spits woorde C. Ma beskerm haar kind 4.4.4 Offer my elke aand D. Tydelike blyplekke 4.4.5 Tente E. 'n Hardkoppige persoon

[5]

4.5 Is die volgende stellings WAAR of ONWAAR? Gee 'n rede vir jou antwoord. 4.5.1 Die spreker en haar ma het 'n wonderlike verhouding. (2) 4.5.2 Die spreker se ma is kwaai. (2) 4.5.3 Die spreker se ma is nog jonk. (2) 4.5.4 Die kind glo aan God. (2) 4.5.5 Die spreker wil graag 'n goeie dogter vir haar ma wees. (2) [10] /40/

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (1013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2

(ADDISIONELE TAAL)

17

AFDELING C DIE VERDWYNING VAN MINA AFRIKA – ZURETHA ROOS VRAAG 5 5.1 Gebruik die woorde in die woordelys om die paragraaf te voltooi.

Skryf slegs die vraagnommer en die woord wat jy gekies het neer.

Erik boerekosse agtiende Aletta verjaardagpartytjie ma koskook onderwys

Mina is van kleins af reeds lief vir bak en brou. Een middag vra Mina vir Sara of sy 'n loopbaan van …5.1.1… kan maak. Sara sê dat sy sal help en gee vir Mina haar eerste groot geleentheid. Mina moet kos voorberei vir …5.1.2… se …5.1.3… . Selfs …5.1.4… bied aan dat Ida Mina meer omtrent bredies, sosaties en ander …5.1.5… leer. Mina is baie opgewonde en maak 'n groot sukses van die aand. Tot haar ontsteltenis vra Schoeman se…5.1.6… haar dié aand om die kos te maak vir haar seun se …5.1.7… verjaardagpartytjie.

(7)

5.2 Gebruik die woorde in die woordelys om die paragraaf te voltooi.

Skryf slegs die vraagnommer en die woord wat jy gekies het neer.

plakkate seuntjie bendeleier tafels eie trou oppas gelukkig

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (1013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2

(ADDISIONELE TAAL)

18

Mina probeer om nie aan haar baba te dink nie. Sy is reeds ses weke by Sêra. Distrik Ses is vuil en vervalle, maar Mina hou van die …5.2.1… atmosfeer. Dylan Apollis hou baie van Mina en wil graag met haar …5.2.2… . Hy is bereid om die baba soos sy …5.2.3… groot te maak. Mina hou baie van hom, maar dit pla haar dat hy 'n …5.2.4… is.

Met Mina se hulp en die bendelede wat die plek taamlik goed ….5.2.5 ..., het Sêra se besigheid heeltemal verander. Daar word nuwe stoele en …5.2.6… gekoop, die mure word geverf en Dylan-hulle bring selfs …5.2.7… om teen die mure te sit. Mina verduur baie pyn tydens die geboorte, maar uiteindelik word 'n …5.2.8… gebore.

(8)

5.3 Veelkeusevrae

Kies die korrekte antwoord en skryf dit langs die nommer neer. Moenie net die letter neerskryf nie.

5.3.1 … jaag Mina weg toe hul uitvind dat sy swanger is.

A Dollie en Gatiep B Rona en Jerry C Sara en Erik D Mavis en Rose (1)

5.3.2 Die De Graaff-familie het elke jaar in … gaan vakansie hou.

A Distrik Ses B Citrusdal C Worcester D Kleinmond (1)

5.3.3 Mina is baie ongewild by die skool omdat sy A so naar en geniepsig soos 'n witgatspreeu is. B mooi en slim is en by die De Graaffs woon. C die beste kok en bakster in die Vallei is. D 'n uitstekende Sondagskooljuffrou is. (1)

5.3.4 Tietser Meraai praat met Sara oor Mina se probleme. Tietser Meraai stel voor dat Mina A met haar eie mense moet meng. B geen mansvriende moet hê nie. C weer in die huis moet gaan bly. D by haar eie pa moet gaan bly. (1)

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (1013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2

(ADDISIONELE TAAL)

19

5.3.5 Aan wie sê Mina die volgende woorde:

“Ek smaak jou baie…Ek gaan nie jonk-jonk my lewe opfoes nie… Ek het nou die kans om iets te word.” A Schoeman Oortzen B Dylan Apollis C Boeta Bantjies F Deon du Toit (1)

5.3.6 Die kinders in die eerste bruin skool in die Vallei het leer lees en skryf A in 'n sinkgebou. B in 'n werkershuis. C onder 'n boom. D in die oop veld. (1)

5.3.7 Mina was opgewonde omdat Missara sou uitvind of die … in Kaapstad bruin studente sou toelaat. A kosskool B kookskool C hoërskool D meisieskool (1)

5.3.8 Die laerskool in die dorp, word na … vernoem.

A Juffrou Lubbe B Mina Afrika C Tietser Meraai D Julie Columbus (1)

5.3.9 Mina het die eerste nag in Distrik Ses deurgebring in A Sarah’s Café and Diner. B Tower Mansions. C Majestic Mansions. D Stakesby-Lewis. (1)

5.3.10 Wie het die geboorte van Mina se kind geregistreer?

A Juffrou Lubbe B Antie Sêra C Poppie Willemse E Dylan Apollis (1) [10]

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (1013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2

(ADDISIONELE TAAL)

20

5.4 Skryf die nommers en die name in kolom A onder mekaar neer.

Kies uit kolom B die antwoord wat by A pas en skryf dit volledig neer.

KOLOM A KOLOM B 5.4.1 Dylan Apollis 5.4.2 Dollie Davids 5.4.3 Maria van Wyngaardt 5.4.4 Bettie Els 5.4.5 Boeta Bantjies 5.4.6 Juffrou Lubbe 5.4.7 Ouma Aletta 5.4.8 Pieter de Graaff

A Tietser Meraai se regte naam B Hou glad nie van die gedagte dat Mina by Sara-hulle moet bly nie C Sara se jongste seun D Sou Mina met die aborsie help E Hy is 'n naambordskilder F Sy beskuldig Mina van brandstigting G Sy sê dat bruin mense menswaardige lone moet verdien H Hy is beïndruk met Mina se planne

(8) 5.5 Beantwoord die onderstaande vrae in volsinne. 5.5.1 Waarom voel Mina so ongelukkig wanneer die kinders haar

“Mina Witgatspreeu” noem? (2)

5.5.2 Waarom het Mina voorgestel dat Bettie Els 'n uitverkoping van die voorraad moes hou? (1)

5.5.3 Verduidelik waarom Mina nie 'n ernstige verhouding met Boeta Bantjies wou aanknoop nie. (2)

5.5.4 Gert Afrika, Mina se pa, het gesê dat hulle van Afrika is sodat

Mina nooit sou . Voltooi die sin. (2) [15] /40/

OF

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (1013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2

(ADDISIONELE TAAL)

21

VRAAG 6 6.1 Gebruik die woorde in die woordelys om die paragraaf te voltooi.

Skryf slegs die vraagnommer en die woord wat jy gekies het neer.

bang weggooibaba haarstyl Goedemoed polisieman Poppie verdwyning

Na Dylan Apollis se dood, gaan Mina terug …6.1.1… toe. Die mense herken haar nie omdat sy 'n nuwe …6.1.2… het. Sy is egter baie …6.1.3… omdat sy nie seker is hoe Sara-hulle gaan reageer nie. Sy wonder wat van die baba geword het . …6.1.4… is die eerste bekende persoon wat sy in die Vallei raakloop.

Terwyl Mina besig is om Tietser Meraai se huisie skoon te maak, klop 'n jong …6.1.5… aan die deur. Hy ondersoek die saak van die …6.1.6… en doen navraag oor Mina se skielike …6.1.7… .

(7)

6.2 Gebruik die woorde in die woordelys om die paragraaf te voltooi.

Skryf slegs die vraagnommer en die woord wat jy gekies het neer.

kok restaurant gewild vergewe vakansie toergroepe haat graf

Mina besoek Schoeman se …6.2.1… twee jaar nadat sy teruggekom

het. Sy sê dat sy hom …6.2.2…het en dat sy hom nie meer …6.2.3… nie. Tot Mina se verbasing vra die Oortzens haar om hul …6.2.4… te bestuur en die …6.2.5… te wees. Die plek word baie …6.2.6… en selfs …6.2.7… doen besprekings.

Toe die Oortzens met …6.2.8… gaan, kyk Mina na die baba.

(8)

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (1013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2

(ADDISIONELE TAAL)

22

6.3 Veelkeusevrae

Kies die korrekte antwoord en skryf dit langs die nommer neer. Moenie net die letter neerskryf nie.

6.3.1 Waar woon Mina terwyl sy by die White-susters werk?

A Majestic Mansions B Tower Mansions C Sarah’s Café D Stakesby-Lewis (1)

6.3.2 Wanneer die White-susters hoor Mina het nie beddegoed nie,

A is hulle onsimpatiek. B raas hulle met haar. C help hulle dadelik. D bid hulle vir haar. (1)

6.3.3 Toe Mina by Sêra slaapplek kry, betaal sy deur

A skottelgoed te was. B vloere te skrop. C te was en stryk. D te bak en kook. (1)

6.3.4 Mina sien nie kans om met Dylan te trou nie, omdat hy 'n … is.

A letterskilder B bendeleier C rondloper D kunstenaar (1)

6.3.5 ... was gelukkig daar toe Mina probeer selfmoord pleeg het.

A Boeta Bantjies B Dylan Apollis C Dominee Venter D Deon du Toit (1)

6.3.6 Aan wie vertel Mina haar verhaal toe sy weer terug in die Vallei is?

A Sanet B Susan C Sara D Sêra (1)

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (1013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2

(ADDISIONELE TAAL)

23

6.3.7 Waarom het Deon die verslag oor Mina se kind stukkend geskeur?

Hy …

A glo nie haar storie nie. B wil haar graag beskerm. C wil weer ondersoek kom doen. D mag dalk sy werk verloor. (1)

6.3.8 Hoe het Deon, nadat hy die verslag stukkend geskeur het, vir die laaste keer kontak gemaak? Hy het A Mina besoek. B 'n boodskap gestuur. C 'n briefie gestuur. D Mina uitgeneem. (1)

6.3.9 Na wie word die Kleurling-laerskool vernoem?

A Sara de Graaff B Erik de Graaff C Tietser Meraai D Juffrou Lubbe (1)

6.3.10 Watter guns vra Mina die Oortzens toe sy by hulle restaurant oorneem? Sy wou A baie “specials”aanbied. B die plek opknap. C die plek groter maak. D die naam verander. (1) [10]

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (1013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2

(ADDISIONELE TAAL)

24

6.4 Skryf die nommers en die name in kolom A onder mekaar neer.

Kies uit kolom B die antwoord wat by A pas en skryf dit volledig neer.

KOLOM A KOLOM B 6.4.1 Jacques du Plessis 6.4.2 Schoeman Oortzen 6.4.3 Sanet de Graaff 6.4.4 Tietser Meraai 6.4.5 Iris Oortzen 6.4.6 Deon du Toit 6.4.7 Gert Afrika 6.4.8 Martha Botes

A Mina wil van haar erfgeld vir hom gee B Organiseer 'n groot partytjie vir Mina C Mina doen die spyseniering vir sy partytjie D Juffrou Lubbe se spesiale vriend E Sy en Mina ontdek juffrou Lubbe se briewe F Die eerste Kleurling- onderwyseres in die Vallei G Sy vra Mina om vir haar te werk H Hy is verlief op Mina

(8) 6.5 Beantwoord die onderstaande vrae in volsinne. 6.5.1 Mina vertel vir Deon die waarheid. Wat is sy reaksie daarop? (2) 6.5.2 Watter TWEE emosies ervaar Mina toe sy haar baba by Iris Oortzen sien? (2) 6.5.3 Waarom is Mina hartseer by die groot fees van die laerskool? (2) 6.5.4 Waarom is die naam “Julie’s Bistro” vir Mina so spesiaal? (1) [15] /40/ GROOTTOTAAL: /80/