AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG 2 GAUTENGSE … 12 SC... · afrikaans tweede taal sg (tweede vraestel)...

18
AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (Tweede Vraestel) 102-2/2 H G b.o. 2 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG Tweede Vraestel: (Letterkunde) TYD: 2 uur PUNTE: 80 INSTRUKSIES: Beantwoord ENIGE TWEE van die volgende VIER AFDELINGS. AFDELING A NOVELLE: KRINGE IN ’N BOS Dalene Matthee Beantwoord AL die vrae in hierdie afdeling. Bladsy 3-6 AFDELING B POËSIE Beantwoord AL die vrae in hierdie afdeling. Bladsy 7-12 AFDELING C KORTVERHALE: KINDERS VAN DIE AARDE Charles Fryer Beantwoord AL die vrae in hierdie afdeling. Bladsy 1316 AFDELING D NOVELLE: GOOI HOM IN DIE SLOOT Roelf van Rensburg Beantwoord AL die vrae in hierdie afdeling. Bladsy 1719

Transcript of AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG 2 GAUTENGSE … 12 SC... · afrikaans tweede taal sg (tweede vraestel)...

Page 1: AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG 2 GAUTENGSE … 12 SC... · afrikaans tweede taal sg (tweede vraestel) 102-2/2 h g b.o. 2 gautengse departement van onderwys seniorsertifikaat-eksamen afrikaans

AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (Tweede Vraestel) 102-2/2 H G

b.o.

2

GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS

SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG Tweede Vraestel: (Letterkunde) TYD: 2 uur PUNTE: 80

INSTRUKSIES: Beantwoord ENIGE TWEE van die volgende VIER AFDELINGS.

AFDELING A

NOVELLE: KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee Beantwoord AL die vrae in hierdie afdeling.

Bladsy 3-6

AFDELING B

POËSIE Beantwoord AL die vrae in hierdie afdeling.

Bladsy 7-12

AFDELING C

KORTVERHALE: KINDERS VAN DIE AARDE – Charles Fryer Beantwoord AL die vrae in hierdie afdeling.

Bladsy 13–16

AFDELING D

NOVELLE: GOOI HOM IN DIE SLOOT – Roelf van Rensburg Beantwoord AL die vrae in hierdie afdeling.

Bladsy 17–19

Page 2: AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG 2 GAUTENGSE … 12 SC... · afrikaans tweede taal sg (tweede vraestel) 102-2/2 h g b.o. 2 gautengse departement van onderwys seniorsertifikaat-eksamen afrikaans

AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (Tweede Vraestel) 102-2/2 H G

b.o.

3

AFDELING A

NOVELLE

KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee

VRAAG 1

Beantwoord AL die vrae.

Begin ELKE STEL VRAE op ’n NUWE bladsy.

“Ons is ’n spul wurms wat die appel van binne af opvreet!”

* * * “Maar ek sê nou vir julle, ek loop nie meer ’n pad wat nêrens uitkom nie.”

VRAE

Gee SLEGS die ANTWOORD.

Nommer in die MIDDEL van die bladsy.

1.1 Gee die name van die karakters. Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die NOMMER en die LETTER neer.

1.1.1 Hy het die eerste gerugte van goud versprei.

A. Morris B. Osborne C. Patterson

(1) 1.1.2 Hy was ’n Australiese goudprospekteerder.

A. Patterson B. Conway C. Stewart

(1) 1.1.3 Net hy kon ’n mondfluitjie goed speel.

A. Oom Wiljan B. Oom Martiens C. Oom Gert Oog

(1) 1.1.4 Hy het saam met Saul gewerk en wou hom nie eerste “tackle” nie.

A. Esau B. Tanda C. Hans Oukas

(1)

Page 3: AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG 2 GAUTENGSE … 12 SC... · afrikaans tweede taal sg (tweede vraestel) 102-2/2 h g b.o. 2 gautengse departement van onderwys seniorsertifikaat-eksamen afrikaans

AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (Tweede Vraestel) 102-2/2 H G

b.o.

4

1.1.5 Hy het vir Saul van die dood van Jozef se seun vertel.

A. Jones B. Pearson C. Maska

(1)

1.1.6 Sy was Kate se beste vriendin.

A. Jane Stewart B. Mary MacDonald C. Beth Johnson

(1)

1.1.7 Sy was Kate se jonger suster.

A. Jane Stewart B. Mary MacDonald C. Beth Johnson

(1)

1.1.8 Sy het die MacDonalds se kos gekook.

A. Jane B. Emma C. Mary

(1) 1.1.9 Hy het hoë leerstewels gedra.

A. George Rex B. MacDonald C. Saul

(1) 1.1.10 Hy het vir Saul kos in die skuur gebring.

A. Maska B. Tanda C. Esau

(1) [10]

EN

1.2 Vul slegs die korrekte ontbrekende woord in die oop spasie in. Skryf slegs die NOMMER en die ANTWOORD neer.

1.2.1 Saul het nie die _______ gesteel nie, en hy gebruik dit later om gruis

uit te was. 1.2.2 Gedurende Prins Alfred se besoek aan Suid-Afrika het Joram die

_________ gekry. 1.2.3 Saul het ontdek dat die bloubokkie se ______ nie in sy kop sit nie. 1.2.4 Toe Saul-hulle dwarslêers gaan kap het, het Saul geweier om die

_________ te kap.

(1)

(1) (1)

(1)

Page 4: AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG 2 GAUTENGSE … 12 SC... · afrikaans tweede taal sg (tweede vraestel) 102-2/2 h g b.o. 2 gautengse departement van onderwys seniorsertifikaat-eksamen afrikaans

AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (Tweede Vraestel) 102-2/2 H G

b.o.

5

1.2.5 Saul het gaan _______ uithaal en wou daarmee vrede maak met sy pa.

1.2.6 Arend Botha het op ’n _______ geblaas om sodoende vreemdelinge weg te jaag.

1.2.7 Joram sê Saul is soos ’n stoets _______ wat nie wil kap of geslyp word nie.

1.2.8 ________ is die koningshout van die Bos. 1.2.9 ’n Mens gebruik riffelferweel om die ________ mee uit te voer en

gebruik dit om goud mee uit te was. 1.2.10 Arend het in ’n ________ getrap en dit het uiteindelik sy dood

veroorsaak.

(1)

(1)

(1) (1)

(1)

(1)

[10]

EN

Dit was ’n onderstebo tyd. Hy was soos ’n boom waarvan die blare besig was om af te val en bedags had hy die vreemdste bang gevoel vir die ontsaglike oopte om hom en bo hom.

1.3 Vul die ontbrekende woorde in. Skryf slegs die NOMMER en die ANTWOORD neer. Kies jou antwoorde uit die volgende woorde.

Groot Eiland, Kersdag, olifanttande, Izak, Joram, Jozef, verraaier, perd, os, oom Martiens, oom Wiljam, oom Gert Oog, Crompton, Morris, Arend, Botha, MacDonald, Smith

Saul het op agtienjarige ouderdom vir 1.3.1 ______ gaan werk. ’n Jaar later gaan besoek Saul sy gesin op 1.3.2 ______. Hy wou graag 1.3.3 ______ saam met hulle deurbring. 1.3.4 _______ is baie aggressief teenoor Saul en beskuldig hom daarvan dat hy ’n 1.3.5 ______ is. Joram het ’n 1.3.6 ______ verloor en hulle is baie ontsteld daaroor. Later by die houtwerf beskuldig 1.3.7 _______ en 1.3.8 _______ Saul daarvan dat hy vir Harison werk. Later as Saul vir Patterson terugneem Knysna toe, beskuldig 1.3.9 _______ en 1.3.10 ________ hom ook daarvan.

(10) [10]

EN

“Maar dit lyk vir my as jy eenmaal in hierdie bos gemerk is, bly jy gemerk en word alles wat verkeerd gaan op jou gepak!”

Page 5: AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG 2 GAUTENGSE … 12 SC... · afrikaans tweede taal sg (tweede vraestel) 102-2/2 h g b.o. 2 gautengse departement van onderwys seniorsertifikaat-eksamen afrikaans

AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (Tweede Vraestel) 102-2/2 H G

b.o.

6

1.4 Kies telkens die TWEE korrekte antwoorde. Skryf slegs die NOMMER en die LETTER neer

1.4.1 Volgens Kate en die dorpsmense is alle houtkappers

A. slim. B. dirty. C. wild.

(2) 1.4.2 Nadat Saul vir Maska gesê het dat Oupoot altyd sekere tye in sy pad kom, sê Maska dat dit dan waar is dat Oupoot vir Saul gekies het as sy _________ en dat Oupoot sy ________ is.

A. mens-broer. B. vyand. C. dier-broer.

(2) 1.4.3 Toe Saul die bloubokkie se kop oopkap, het hy die brandmerk gekry dat hy ’n _______ is. Toe hy nie die Kalander wou kap nie, was hy ’n _______.

A. weggejaagde B. oproerling C. opstandeling

(2) 1.4.4 Watter TWEE soorte bome in die Bos is geelhoutbome?

A. Upright B. Kalander C. Stinkhout

(2) 1.4.5 Twee mense het by die Barnards gebly wat nie familie was nie. Hulle is _________ en _________.

A. Sanna B. Ou-Anneries C. Izak

(2) [10] [40]

TOTAAL VIR AFDELING A: [40]

Page 6: AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG 2 GAUTENGSE … 12 SC... · afrikaans tweede taal sg (tweede vraestel) 102-2/2 h g b.o. 2 gautengse departement van onderwys seniorsertifikaat-eksamen afrikaans

AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (Tweede Vraestel) 102-2/2 H G

b.o.

7

AFDELING B

POËSIE

Beantwoord AL die vrae.

Beantwoord elke vraag op ’n NUWE bladsy.

HANSIE EN GRIETJIE – Eveleen Castelyn

daar was eendag ’n woud aan die kant van die son, die maan is ’n flou olielamp, saans brand honderde kersies, die volgende môre word die kindertjies afgelaai by die heks se huisie hulle huil tot vanaand na-vyf, na-werk kom die stiefmammies en -pappies hulle haal met ’n ysterswaan die nuutste model blaas rook en jaag oor riviere teer tot by kelders parkering dan word hulle opgehys gebad en gevoer in ’n hok moet hulle soet gaan slaap eennag het hansie en grietjie weggeloop, bo-oor die tralies geklim en fyn en flenters geval op die paadjies sement ver van die huis af

[Uit Tussen hemel en aarde – E. Castelyn]

VRAE

Skryf die TITEL van die GEDIG neer.

Gee SLEGS die ANTWOORD.

Nommer in die MIDDEL van die bladsy.

2.1 Die woud verwys na die

A. tralies. B. stad. C. plaas.

(1) 2.2 Waar is die woud geleë? (1) 2.3 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die NOMMER en die LETTER neer.

Page 7: AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG 2 GAUTENGSE … 12 SC... · afrikaans tweede taal sg (tweede vraestel) 102-2/2 h g b.o. 2 gautengse departement van onderwys seniorsertifikaat-eksamen afrikaans

AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (Tweede Vraestel) 102-2/2 H G

b.o.

8

Die maan word vergelyk met ’n

A. flou olielamp. B. son. C. ster.

(1) 2.4 Voltooi: Honderde kersies verwys na die _______ van die stad. (1) 2.5 Waarheen word die kinders die volgende oggend geneem? (1) 2.6 Die woord ongelukkig beklemtoon dat die kinders nie in die bewaarskool wil wees nie, want hulle

A. huil. B. lag. C. slaap.

(1) 2.7 Waarmee kom haal die ouers hulle kinders by die heks se huis? (1) 2.8 Die frase moet hulle soet gaan slaap beteken hulle moet nie

A. hulle ouers pla nie. B. dans nie. C. bewaarskool toe gaan nie.

(1) 2.9 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die NOMMER en die LETTER neer. in ’n hok beteken die ruimte in die stad is

A. genoeg. B. klein. C. wyd.

(1) 2.10 Waar het hansie en grietjie hulle flenters geval? (1)

[10]

EN

Page 8: AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG 2 GAUTENGSE … 12 SC... · afrikaans tweede taal sg (tweede vraestel) 102-2/2 h g b.o. 2 gautengse departement van onderwys seniorsertifikaat-eksamen afrikaans

AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (Tweede Vraestel) 102-2/2 H G

b.o.

9

VRAAG 3

Voël – R. K. Belcher

Met gras en waaisand half bedek lê muf en benerig ’n voël met stywe bene en wydoop bek.

Die vlerke wat eers hoog en blink gestyg het in die môreson lê sonder vere en effens stink

en waar ’n vloed van sange was is alles stil, is alles dood onder die waaisand en die gras.

O moenie dat jou hande beef want alles wat die dood afsny moet jy laat leef.

Haal dan jou sakmes uit en sny ’n hol, wit beentjie uit sy bors en maak daarmee ’n fluit.

[Uit: Ver land – R.K. Belcher]

VRAE

Skryf die TITEL van die GEDIG neer.

Gee SLEGS die ANTWOORD.

Nommer in die MIDDEL van die bladsy.

3.1 Voltooi die stellings in Kolom B deur dit by die korrekte antwoorde in Kolom A te pas. Skryf slegs die NOMMER en die LETTER neer.

KOLOM A KOLOM B

3.1.1 Die voël is met waaisand … A. … hoog en blink styg

3.1.2 Die voël lê muf en … B. … is alles stil, is alles dood

3.1.3 Die voël se vlerke kon eers… C. … beef nie

3.1.4 Waar daar ’n vloed van sange was... D. … moet jy laat leef

3.1.5 Die leser se hande moet nie… E. … half bedek

3.1.6 Alles wat die dood afsny… F. … onder die waaisand en die gras

G. … benerig (6)

3.2 Wat moet die persoon uit sy sak haal? (1)

3.3 Wat moet die persoon daarmee maak? (1)

3.4 Waar sal die persoon die wit beentjie kry? (1)

Page 9: AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG 2 GAUTENGSE … 12 SC... · afrikaans tweede taal sg (tweede vraestel) 102-2/2 h g b.o. 2 gautengse departement van onderwys seniorsertifikaat-eksamen afrikaans

AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (Tweede Vraestel) 102-2/2 H G

b.o.

10

3.5 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die NOMMER en die LETTER neer.

Die persoon moet ’n ________ met die beentjie maak.

A. been B. voël C. fluit

(1) [10]

EN VRAAG 4

BEGRAFNIS VAN ’N OUMA – E. EYBERS

Vandag sal hulle jou weglê in die aarde, die groen heuwelland van die Noord-Vrystaat, boervrou met breë, betroubare hande: die klein swart skaar familie, die agterkleinkind met sy blom, die dominee en die gepaste teks. Ek was jou eerste naamgenoot, jy het my liefgehad, maar kleinkinders is tydeliker as kinders, ontgroei hul eie molligheid en oumenshande wat lateraan deug net vir ’n transistor op die skoot terwyl die oë straat af speur na die posman met sy brief van ’n onvervreemde. Jy kon nog lees, toe het ek ophou skryf, jou “waarheidstories” was vergeet, en in my onbetreurde afwesigheid, geliefde vreemdeling, bêre hulle jou vandag. Longontsteking het jou agterhaal voor ’n oop venster, jy wat die seerkry van die hoes kleintyd uit my bors kon vryf. Ek onthou die kalfie voor jou koolstoof en ruik kamferolie op die winterlug.

[Uit: Dagreis – E. Eybers]

VRAE

Skryf die TITEL van die GEDIG neer.

Gee SLEGS die ANTWOORD.

Nommer in die MIDDEL van die bladsy.

4.1 Wanneer sal die ouma begrawe word? (1)

Page 10: AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG 2 GAUTENGSE … 12 SC... · afrikaans tweede taal sg (tweede vraestel) 102-2/2 h g b.o. 2 gautengse departement van onderwys seniorsertifikaat-eksamen afrikaans

AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (Tweede Vraestel) 102-2/2 H G

b.o.

11

4.2 TWEE van die antwoorde voltooi nie die sin korrek nie. Watter antwoord is korrek? Skryf slegs die LETTER en die NOMMER neer.

Ouma het die spreekster liefgehad, want sy was haar _______ naamgenoot.

A. tweede B. eerste C. derde

(1) 4.3 Waarna luister die ouma later? (1) 4.4 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die NOMMER en die ANTWOORD neer.

Ouma wag vir die posman om

A. die brief van ’n onvervreemde af te lewer. B. hom van die onvervreemde te vertel. C. na die transistor te luister.

(1) 4.5 Voltooi: Ouma se stories was altyd ________. (1) 4.6 Haal die sinsdeel uit strofe 3 aan wat wys dat die spreekster nie teenwoordig was by haar ouma se begrafnis nie.

(1)

4.7 Pas die woorde in Kolom B by die woorde in Kolom A. Skryf slegs die NOMMER en die LETTER neer.

KOLOM A KOLOM B

4.7.1 ouma se siekte A. ruik

4.7.2 geliefde vreemdeling B. longontsteking

4.7.3 kamferolie C. ouma

4.7.4 groen heuwelland D. seerkry

E. Noord-Vrystaat (4)

[10]

EN

Page 11: AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG 2 GAUTENGSE … 12 SC... · afrikaans tweede taal sg (tweede vraestel) 102-2/2 h g b.o. 2 gautengse departement van onderwys seniorsertifikaat-eksamen afrikaans

AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (Tweede Vraestel) 102-2/2 H G

b.o.

12

VRAAG 5

SPROEIREËN – D.J. Opperman

My nooi is in ’n nartjie, my ouma in kaneel,

daar’s iemand … iemand in anys, daar’s ’n vrou in elke geur!

As ek ’n stukkie nartjieskil tussen my vingers buig of knak, breek uit die klein sproeireën wat geurend om my hand uitsak, die boorde weer van Swartfoloos en met die nartjies om by heen weet ek hoe dat ’n vrou kan troos.

O my nooi is in ’n nartjie my ouma in kaneel, daar’s iemand … iemand in anys, daar’s ’n vrou in elke geur!

[Uit: Engel uit die klip – D.J. Opperman]

VRAE

Skryf die TITEL van die GEDIG neer.

Gee SLEGS die ANTWOORD.

Nommer in die MIDDEL van die bladsy.

5.1 Voltooi die volgende paragraaf. Skryf slegs die NOMMER en die ANTWOORD neer. Kies jou antwoorde uit die volgende woorde.

Nartjieskil, kaneel, geurend, sproeireën, vrou, Swartfoloos, troos, buig, iemand, uitsak

Die spreker vertel dat sy 5.1.1 ______ in ’n nartjie is, en sy ouma in 5.1.2 ______. Hy weet daar is 5.1.3 ______ in anys, maar kan nie meer sê wie dit is nie. Daar is volgens hom ’n 5.1.4 ______ in elke geur. As hy ’n stukkie 5.1.5 _______ tussen sy vingers 5.1.6 ______, breek uit die klein 5.1.7 ______ wat 5.1.8 ______ om sy hand uitsak. Hy en sy nooi het altyd by 5.1.9 ______ se boorde gaan stap en met die nartjies om hulle heen weet hy hoe ’n vrou kan 5.1.10 _______.

[10] [40]

TOTAAL VIR AFDELING B: [40]

Page 12: AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG 2 GAUTENGSE … 12 SC... · afrikaans tweede taal sg (tweede vraestel) 102-2/2 h g b.o. 2 gautengse departement van onderwys seniorsertifikaat-eksamen afrikaans

AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (Tweede Vraestel) 102-2/2 H G

b.o.

13

AFDELING C

KORTVERHALE

KINDERS VAN DIE AARDE – Charles Fryer

VRAAG 6

DIE WEDLOOP – Pirrow Bekker

Beantwoord AL die vrae.

Beantwoord ELKE STEL VRAE op ’n NUWE bladsy.

Dié dag het Vis Pieterse sy bors net voor my teen die lint gestoot in die naelloop. Maar met die hoogspring het ek oorgekom waar hy die lat afgespring het. Dit was ook blote geluk, want die lat het eintlik ’n paar keer gewip nadat ek oorgeskuur het.

VRAE

Skryf die TITEL van die KORTVERHAAL neer.

Gee SLEGS die NOMMER en die ANTWOORD.

Nommer in die MIDDEL van die bladsy.

6.1 Hieronder volg ’n aantal aanhalings met die name tussen hakies. Sê net elke keer wie die woorde gesê het. Skryf slegs die NOMMER en die REGTE NAAM neer.

6.1.1 “Vandag gaan jy hulle droog hardloop.” (Die atletiekonderwyser / Salmon se pa)

(1)

6.1.2 “Nee, Meneer. Ja Meneer.” Die ou vrae. (Salmon / Die aankondiger)

(1)

6.1.3 “Salmon! … Julle is vanmôre darem betyds.” (Die afrigter / Vis) (1) 6.1.4 “Moenie nou bang word nie, ek sit twee rand op die Swartkoppie.” (Oom Drieman / Tool Hanekom)

(1)

6.2 Kies die antwoord wat korrek is. Skryf slegs die NOMMER en die ANTWOORD neer.

Die eerste jong seun wat Salmon daardie môre ontmoet het, was

A. Jan. B. Vis. C. Simon.

(1)

Page 13: AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG 2 GAUTENGSE … 12 SC... · afrikaans tweede taal sg (tweede vraestel) 102-2/2 h g b.o. 2 gautengse departement van onderwys seniorsertifikaat-eksamen afrikaans

AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (Tweede Vraestel) 102-2/2 H G

b.o.

14

6.3 Kies die antwoord wat korrek is. Skryf slegs die NOMMER en die ANTWOORD neer.

Vis is vol

A. selfvertroue. B. mismoedigheid. C. selfbejammering.

(1) 6.4 Voltooi die paragraaf hieronder deur die ontbrekende woorde in te vul. Skryf slegs die NOMMER en die ANTWOORD neer. Kies jou antwoorde uit die volgende woorde.

Blad, sien, roomys, kuite, kordaat, afgelope, tent, swaai, grond, hardloop, geroeste blikke, pront

Met die 6.4.1 ______ half onder my 6.4.2 ______ volg ek gedwee. Hy mag nie 6.4.3 ______ dat ek bang is nie. Ek hou my oë op die skraal, harde 6.4.4 ______ wat so 6.4.5 _____ voor my uitgaan, by die tent uit. Hoeveel keer het ek nie die 6.4.6 ______ jaar daardie hakskene gesien wat so binnetoe 6.4.7 _____ as hy hulle van die 6.4.8 _____ optel nie! Agter die 6.4.9 _____ teen die muur waar daar ’n klomp 6.4.10 _____ lê, en waar ons uit die gesig is, eet ons in stilte.

(10) 6.5 Na wie se huis het Salmon en Vis gegaan? (1) 6.6 Hoe ver is die huis van die pawiljoen af? (1) 6.7 Kies die korrekte antwoord om die sin te voltooi. Skryf slegs die NOMMER en die LETTER neer.

Vis het vanjaar nie baie geoefen nie, want hy het ’n

A. Super Fast-baan. B. linkerbaan. C. roomys.

(1) 6.8 Wie het sy hakskeen met ’n bottelstuk gesny? (1)

[20]

EN

Page 14: AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG 2 GAUTENGSE … 12 SC... · afrikaans tweede taal sg (tweede vraestel) 102-2/2 h g b.o. 2 gautengse departement van onderwys seniorsertifikaat-eksamen afrikaans

AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (Tweede Vraestel) 102-2/2 H G

b.o.

15

VRAAG 7

’N MAN KOM TUIS – Chris Barnard

Ek nooi hom saam en ons ry. Hy sit baie kordaat en regop langs my, ’n klein koffertjie op die skoot, ’n week se baard op sy wange en ’n tamaai glimlag om die mond. Sy ander bagasie – ’n halwe sakkie lemoene – lê agter op die sitplek.

VRAE

Skryf die TITEL van die KORTVERHAAL neer.

Gee SLEGS die NOMMER en die ANTWOORD.

Nommer in die MIDDEL van die bladsy.

7.1 Waarom is die verteller gewoonlik doodgelukkig alleen op ’n lang rit? (1) 7.2 Is die volgende stelling WAAR of ONWAAR? Die middag soek die verteller ’n stem om na te luister. (1) 7.3 TWEE van die stellings is nie korrek nie. Watter stelling is korrek? Gouws is op pad na

A. sy vrou en kinders. B. die myne. C. sy werk.

(1) 7.4 Kies die antwoord wat korrek is. Skryf slegs die NOMMER en die LETTER neer.

Gouws is ’n

A. mynwerker. B. prokureur. C. padmaker.

(1) 7.5 Kies die antwoord wat korrek is. Skryf slegs die NOMMER en die LETTER neer.

Gouws het ______ kinders.

A. vyf B. ses C. vier

(1)

Page 15: AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG 2 GAUTENGSE … 12 SC... · afrikaans tweede taal sg (tweede vraestel) 102-2/2 h g b.o. 2 gautengse departement van onderwys seniorsertifikaat-eksamen afrikaans

AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (Tweede Vraestel) 102-2/2 H G

b.o.

16

7.6 Voltooi die paragraaf hieronder deur die sinne te voltooi. Skryf slegs die NOMMER en die LETTER neer.

Medemens, bymekaar, naaste, lekker, vandag, vat, werp, brood, water

En die ander ding, sê hy, wat so 7.6.1 _______ is van pad maak: jy maak dit vir jou 7.6.2 _______. “Jy dien,” sê hy. “Jy dien jou 7.6.3 ______ soos die Bybel sê ons moet. Jy maak dit makliker vir ander mense om 7.6.4 ______ uit te kom. Kyk nou hierdie pad wat ons 7.6.5 ______ ry. Ek het hom help maak. Vandag 7.6.6 ______ hy my na my vrou en kinders toe. En dis mos wat die Bybel sê – 7.6.7 _______ jou brood op die water en na baie dae…”

(7)

7.7 Hoeveel blokke is Gouws se huis van die hoofstraat af? (1)

7.8 Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf slegs die NOMMER en die KORREKTE antwoord neer.

7.8.1 (Sienie / Gawietjie) is nou nege jaar oud. 7.8.2 Daar was ’n tweeling tussenin: (Petrus en Andries / Andries en

Hestertjie). 7.8.3 Petrus het tot by die (agtmaal-tafel / viermaal-tafel) geleer nog voor

hy in ’n skoolbank gesit het. 7.8.4 Gouws wil (huis toe stap / by die huis afgelaai word).

(1)

(1)

(1) (1)

7.9 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die NOMMER en die LETTER neer.

By die werk slaap Gouws in die

A. huis. B. motor. C. tent.

(1)

7.10 Sê of die volgende stelling WAAR of ONWAAR is.

Die verteller wou nie glo dat Gouws die waarheid gepraat het nie. (1)

7.11 Kies die antwoord wat korrek is. Skryf slegs die NOMMER en die LETTER neer.

Die geskenk vir sy vrou was

A. dameskoene. B. seunskoene. C. manskoene.

(1) [20] [40]

TOTAAL VIR AFDELING C: [40]

Page 16: AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG 2 GAUTENGSE … 12 SC... · afrikaans tweede taal sg (tweede vraestel) 102-2/2 h g b.o. 2 gautengse departement van onderwys seniorsertifikaat-eksamen afrikaans

AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (Tweede Vraestel) 102-2/2 H G

b.o.

17

AFDELING D

NOVELLE

GOOI HOM IN DIE SLOOT – Roelf van Rensburg

VRAAG 8

Beantwoord AL die vrae in die afdeling.

Gee SLEGS die ANTWOORD.

Begin ELKE STEL VRAE op ’n NUWE bladsy.

BRAAM EN MADELINE

Die kamertjie waarin oom Sampie die tuingereedskap bêre, glim in die maanlig voor hom. ’n Sesde sintuig lei hom daarheen.

8.1 Lees die aanhaling in die raampie goed deur en beantwoord die vrae.

8.1.1 Wie is die hom in die aanhaling? 8.1.2 Watter funksie was daardie aand by die skool? 8.1.3 Watter DRIE leerlinge het die persoon in die kamertjie gevind? 8.1.4 Wat het die leerlinge in hierdie kamertjie gedoen? 8.1.5 Hoe het die een leerling verduidelik het hulle die kamertjie

oopgemaak?

(1) (1) (3) (1)

(1)

8.2 Is die volgende stelling WAAR of ONWAAR?

Die meneer het onmiddellik besef hulle rook dagga. (1) 8.3 By die klein hekkie wag Braam Welthagen. “Stadig man,” sê Braam later. “Jy’t g’n rede om vir mý kwaad te wees nie. Ons ry in dieselfde bootjie.”

8.3.1 Met wie praat Braam in bogenoemde aanhaling? 8.3.2 Waarom sê Braam dat hulle in dieselfde bootjie is?

(1) (1)

8.4 Is die volgende stellings WAAR of ONWAAR?

8.4.1 Die Welthagens is skatryk. 8.4.2 Madeline is verslaaf aan dwelms.

(1) (1)

8.5 Casper besoek vir Braam by sy huis.

8.5.1 Wie sien Casper by Braam se huis wat hom laat wonder oor die omstandighede?

(1)

8.6 Watter leuen het Braam vroeër die dag vir Casper vertel in verband met sy motor? Skryf slegs die NOMMER en die ANTWOORD neer.

Braam se eerste storie was dat hy vir ’n 8.6.1 ______ uitgeswaai het, maar later verander hy sy storie. Hy sê toe dat hy vir ’n 8.6.2 ______ op ’n 8.6.3 ______ uitgeswaai het en in ’n 8.6.4 ______ vasgery het.

(4)

Page 17: AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG 2 GAUTENGSE … 12 SC... · afrikaans tweede taal sg (tweede vraestel) 102-2/2 h g b.o. 2 gautengse departement van onderwys seniorsertifikaat-eksamen afrikaans

AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (Tweede Vraestel) 102-2/2 H G

b.o.

18

8.7 Watter TWEE negatiewe gewoontes van Braam het vir Casper ontstel? (2)

8.8 Braam was later in die moeilikheid in die Afrikaanse toetsperiode. Wat het Braam in die toetsperiode gedoen wat mnr. Lategan ontstel het?

(1)

8.9 Watter verskoning gebruik Braam sodat mnr. Lategan nie sy ouers skakel nie? (1)

8.10 TWEE stellings is korrek. Watter stelling is nie korrek nie?

Braam Welthagen se gedrag was

A. onvoorspelbaar. B. heeltemal normaal. C. buierig.

(1)

8.11 Casper maak kennis met die Mari-klub. Wat het die lede by die Mari-klub gedoen?

(1)

8.12 Voltooi: Kies die korrekte woord uit die gegewe lys:

polisie, sigarette, spioen, motor, verraaier, driewiel, sloot,

Casper sien vir Madeline by die Mari-klub. Sy sê Casper is ’n 8.12.1 _______ en ’n 8.12.2 _______. Madeline besluit om na die 8.12.3 _______ te gaan en hardloop in die straat af. Casper en Braam hardloop agter haar aan. ’n 8.12.4 _______ se buffer tref Madeline en Braam gelyktydig. Gelukkig lewe hulle altwee. Casper sien ’n pakkie 8.12.5 _______ wat op die sypaadjie lê. Toe stap hy met sy een been van die sypaadjie af en stoot die pakkie ongemerk by die 8.12.6 _______ in.

(6) 8.13 Is die volgende stellings WAAR of ONWAAR?

8.13.1 Al die leerlinge, behalwe Braam en Madeline, het teruggegaan na Kroondal.

8.13.2 Braam het die daggaverskaffer se naam aan die polisie gegee.

(1)

(1) [31]

EN

8.14 Lees die stellings/beskrywings en gee slegs die naam van die karakters.

8.14.1 Hy is gespierd en atleties gebou. Hy is ook ’n goeie atleet. 8.14.2 Hy is die sproetgesig prefek. 8.14.3 Hy is die matriekleerling wat rook. 8.14.4 ’n Groot standerd nege-leerling en snelbouler van die eerste

krieketspan. 8.14.5 ’n Bekende chirurg.

(1) (1) (1)

(1) (1) [5]

EN

Page 18: AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG 2 GAUTENGSE … 12 SC... · afrikaans tweede taal sg (tweede vraestel) 102-2/2 h g b.o. 2 gautengse departement van onderwys seniorsertifikaat-eksamen afrikaans

AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (Tweede Vraestel) 102-2/2 H

EINDE

19

CASPER HEFER 8.15 Waarvan word Casper beskuldig? (1) 8.16 Waarom dink Casper dat hy nie met sy pa oor sy probleme kan praat nie? Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die NOMMER en die LETTER neer.

A. Sy pa stel belang in hom. B. Sy pa kuier by tant Flori en het nooit meer tyd vir hom nie. C. Casper se pa werk te hard.

(1) 8.17 Is die volgende stellings WAAR of ONWAAR?

8.17.1 Casper se ma was iemand wat hom kon raad gee vir sy probleme. 8.17.2 Sedert Casper se ma se dood kook sy pa vir hulle kos.

(1) (1) [4]

[40]

TOTAAL VIR AFDELING D: [40]

TOTAAL: [80]