AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2...

34
1013.2 AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2) NOVEMBER 2005 TYD: 2 UUR PUNTE: 80 SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN 2005 Skryf op die buiteblad van jou antwoordboek, teenoor die woord “Vak” – AFRIKAANS TWEEDE TAAL STANDAARDGRAAD (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2) Hierdie vraestel bestaan uit 34 bladsye.

Transcript of AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2...

Page 1: AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../1013_2_afrikaans_2de_taal_sg_v2).pdf · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2) AFRIKAANS

1013.2 AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG(ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2) NOVEMBER 2005

TYD: 2 UUR PUNTE: 80

SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN

2005

Skryf op die buiteblad van jou antwoordboek, teenoor die woord “Vak” –

AFRIKAANS TWEEDE TAAL STANDAARDGRAAD

(ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2)

Hierdie vraestel bestaan uit 34 bladsye.

Page 2: AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../1013_2_afrikaans_2de_taal_sg_v2).pdf · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2) AFRIKAANS

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2)

AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2 (ADDISIONELE TAAL)

2

INSTRUKSIES 1. Die vraestel bestaan uit Afdeling A, B en C. 2. Beantwoord slegs TWEE vrae. Kies die vrae uit verskillende boeke. AFDELING A: FEESMAAL Beantwoord Vraag 1 OF Vraag 2 AFDELING B: VERSLIG Beantwoord Vraag 3 OF Vraag 4 AFDELING C: DIE VERDWYNING VAN MINA AFRIKA – Beantwoord Vraag 5 OF Vraag 6 3. Begin elke antwoord boaan 'n nuwe bladsy. 4. Skryf die nommer van elke vraag bo elke vraag neer. 5. Laat 'n reël oop na elke onderafdeling van 'n vraag. 6. Beantwoord die vrae volgens die voorskrifte. 7. Skryf netjies en leesbaar.

Page 3: AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../1013_2_afrikaans_2de_taal_sg_v2).pdf · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2) AFRIKAANS

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2)

AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2 (ADDISIONELE TAAL)

3

AFDELING A FEESMAAL – SAAMGESTEL DEUR E.A. SWANEPOEL VRAAG 1 POTYSTER SWEIS NIE – P.G. DU PLESSIS Lees die uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg: Ek laai dus maar die skoolseun op wat met sy kleurbaadjie staan en duimgooi. Hy groet met 'n seunstem waarin die grootword begin kraak. Ek sien die kleurbaadjie word vinnig uitgegroei en hy trek sy te lang arms bietjie terug om die moue nie te kort te laat lyk nie. Hy sê waar hy skoolgaan, dat hy op pad huis toe is vir die naweek – van die koshuis af. In ou yster is baie geld, sê hy oor die stofie, voor ek hom kan vertel dat ek eintlik met woorde boer. 1.1 Wat doen jy as jy duimgooi? (2) 1.2 Noem die TWEE tekens dat die seun “grootword”. (2) 1.3 Die seun gaan vir die …1.3.1… huis toe, want hy woon deur die week in 'n …1.3.2… . (2) 1.4 Wat bedoel die verteller as hy sê dat hy “met woorde probeer boer” ?

Begin so: Die verteller bedoel dat … (1) 1.5 Waarheen is die verteller op pad? (1) 1.6 Noem EEN rede waarom die verteller die seun 'n tienrandnoot aanbied. (1) 1.7 Die seun neem nie die geld nie, omdat hy te … is. (1) [10]

EN

Page 4: AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../1013_2_afrikaans_2de_taal_sg_v2).pdf · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2) AFRIKAANS

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2)

AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2 (ADDISIONELE TAAL)

4

RUKWIND – ELISE MULLER Meerkeusige vrae Skryf die antwoord volledig langs die vraagnommer neer. Moenie net die letter van die antwoord neerskryf nie.

1.8.1 Watter een pas NIE? Die gesin (ma, pa en twee seuntjies) ry in stilte deur 'n … omgewing. A stedelike B landelike C plattelandse D pastorale (1) 1.8.2 Die vrou se gemoedstoestand is … A blymoedig. B swaarmoedig. C opgewek. D lighartig. (1) 1.8.3 Watter een pas NIE?

Die seuntjies sien glad nie uit na die rit nie. Hulle vind dit … A lekker. B leersaam. C prettig. D onaangenaam. (1) 1.8.4 Die vrou se enigste dogtertjie is vier weke gelede deur … van haar

fiets afgeruk. A 'n haelstorm B 'n sandstorm C sterk wind D hewige reën (1) 1.8.5 Watter een pas NIE? A Die seuntjie raak “gewoond” aan die dood van hul sussie. B Die plek aan die tafel is leeg en sy bad nie meer eerste nie. C Vir Sussie se ma is dit moeilik en sy kan dit nie vergeet nie. D Vir Sussie se pa is dit maklik om alles te aanvaar en te vergeet. (1)

Page 5: AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../1013_2_afrikaans_2de_taal_sg_v2).pdf · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2) AFRIKAANS

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2)

AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2 (ADDISIONELE TAAL)

5

1.8.6 Watter een pas NIE? Die vrou ervaar 'n oomblik van vreugde wanneer sy 'n … sien. A mooi laning populierbome B gaping tussen die bome C deel van die vallei tussen die bome D boer in 'n wingerd op 'n plaas (1) 1.8.7 Watter een pas NIE? Die vrou praat met die boer omdat sy … A baie lief vir druiwe is. B dit uit hoflikheid doen. C sy bietjie skuldig voel. D dankbaar vir die druiwe is. (1) 1.8.8 Watter een pas NIE?

Sy sê … A die vallei lyk soos 'n prentjie. B dat die bome doodgewoon is. C sy is geraak deur die toneel. D sy het dit nog nooit so gesien nie. (1) 1.8.9 Die seuns kyk nuuskierig na die populierbome omdat hul ma so … is. A afgetrokke B opgewonde C belangeloos D betrokke (1) 1.8.10 Toe die boer van die wind praat, besef die vrou dat … A dit dieselfde wind is wat haar dogter se dood veroorsaak het. B die boer se vragmotor verantwoordelik vir die ongeluk is. C die werkers gehelp het om die bome te plant. D die storie wat die boer vertel, alles leuens is. (1) [10]

EN

Page 6: AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../1013_2_afrikaans_2de_taal_sg_v2).pdf · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2) AFRIKAANS

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2)

AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2 (ADDISIONELE TAAL)

6

DANKIE ELSEBET – CHRIS BARNARD Gebruik die woorde in die woordelys om die leesstuk te voltooi.

WOORDELYS Elsebet geld vuil speletjie kaalvoet sypaadjie weggeepryse Vrededorp werk middestad klokkie bewe skakelhuise Dit reën vir dae lank in Johannesburg en die verteller trek sy reënjas aan en stap weg van die middestad af. Die omgewing lyk vir hom onbekend, maar hy lees gou op die winkelvensters dat hy nou in …1.9.1… is. Flitsbatterye, pienk materiaal, broodmesse, draradio’s, kinderspeelgoed en baie ander goed word teen …1.9.2… te koop aangebied. Soos hy verder stap, sien die verteller …1.9.3… en ook kinders wat op die …1.9.4… speel. Die verteller sien 'n seun wat bedel (geld vra). Die seun is …1.9.5… en sy klere is …1.9.6…. Dit word donker in die dorp en die reën het opgehou. Die kinders speel en lag en die verteller …1.9.7… van die koue, maar die kinders is gewoond daaraan. Hulle vra hom om saam te speel en hy speel tog vir 'n rukkie saam. Dit het al harder begin reën en die verteller stap terug na die …1.9.8…. Hy het hard probeer om te …1.9.9…, maar nie kon nie. Sy linkerhand is taai en ruik na heuning. Elke keer hoor hy die kind wat soos 'n …1.9.10… lag, en sy vra: “Kan jy speel?” [10]

EN

Page 7: AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../1013_2_afrikaans_2de_taal_sg_v2).pdf · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2) AFRIKAANS

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2)

AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2 (ADDISIONELE TAAL)

7

TUISKOMS – MARGARET BAKKES In Kolom A is 'n lys van karakters. In Kolom B is 'n gebeurtenis of beskrywing. Skryf die vraagnommer neer en antwoord wat daarby pas.

Kolom A Kolom B

1.10.1 Mara se pa 1.10.2 Mara 1.10.3 Die verpleegters 1.10.4 Die spraakterapeut 1.10.5 Mara se man

A Sy probeer om Mara se ma te laat praat. B Hy moedig Mara aan om oorsee te gaan. C Hy het gesterf nadat Mara se eerste kind gebore is. D Hulle versorg Mara se ma. E Sy gaan oorsee.

(5) Meerkeusige vrae: Skryf die antwoord volledig langs die vraagnommer neer. Moenie net die letter van die antwoord neerskryf nie.

1.11.1 “Menslik gesproke was daar geen hoop dat die toestand sou verbeter nie.” Dié aanhaling beteken dat Mara se ma … A gou beter sal word. B gou weer sal opstaan. C baie siek is. D reeds dood is. (1) 1.11.2 Mara wens dat haar ma net weer … A een keer kon opstaan en tee maak. B saam met haar oorsee kan gaan. C saam met haar kerk toe kan gaan. D enkele woorde, selfs net 'n groet kan sê. (1) 1.11.3 Mara sou elke dag tydens die reis met haar ma kontak hê deur… A die blomme wat sy laat aflewer. B oproepe wat sy elke oggend maak. C briewe wat die verpleegster moet lees. D boodskappe wat sy van oorsee sou stuur. (1)

Page 8: AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../1013_2_afrikaans_2de_taal_sg_v2).pdf · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2) AFRIKAANS

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2)

AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2 (ADDISIONELE TAAL)

8

1.11.4 Watter een pas NIE? Met Mara se tuiskoms het haar ma … A 'n blou bedjakkie gedra. B met herkenning geglimlag. C haar herken en gegroet. D verwyt dat sy lank weg was. (1) 1.11.5 Mara voel gelukkig en tevrede want haar … A gebed is verhoor. B ma het rondgeloop. C ma kan saam oorsee gaan. D skoolvakansie is verby. (1) [5] /40/

OF

Page 9: AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../1013_2_afrikaans_2de_taal_sg_v2).pdf · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2) AFRIKAANS

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2)

AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2 (ADDISIONELE TAAL)

9

VRAAG 2 DIE WEDLOOP – PIROW BEKKER Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord dan die vrae wat volg: 1. “Ons roep die onder veertiens om onmiddellik by die wegspringplek aan te meld.” 2. “Vis, jy moet gaan hardloop, jong. Los my maar. Ek sal regkom.” 3. “Ons is klaar in die moeilikheid.” 4. “Ek, ja. Nie jy nie!” 5. “Ek gaan buitendien ook nie hardloop nie.” 2.1 Tussen watter twee skole vind die atletiekbyeenkoms plaas? (2) 2.2 VOLTOOI deur elke keer slegs EEN woord in die spasie te skryf. Vis en Salmon het die vorige jaar aan die …2.2.1… deelgeneem en …2.2.2… (naam) het die item gewen. (2) 2.3 Hoekom het Vis vir Salmon op sy rug gedra? (2) 2.4 Vis sê dat hy nie gaan hardloop nie. (reël 5) 2.4.1 Waarom wil hy nie hardloop nie? (2) 2.4.2 Hoe het oom Drieman druk op Salmon geplaas? (2) [10]

EN

Page 10: AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../1013_2_afrikaans_2de_taal_sg_v2).pdf · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2) AFRIKAANS

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2)

AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2 (ADDISIONELE TAAL)

10

TUISKOMS – MARGARET BAKKES Meerkeusige vrae Skryf die korrekte antwoord. Moenie net die letter neerskryf nie.

2.5.1 Mara se ma het een … -oggend baie siek geword. A somer B herfs C lente D winter (1) 2.5.2 Mara se ma het 'n … gehad. A hartaanval B griepaanval C beroerte-aanval D koors (1) 2.5.3 Mara was baie bekommerd omdat haar ma … A glad nie kon praat nie. B glad nie besoek wou hê nie. C slegs die kleinkinders wou sien. D slegs met die dokter gepraat het. (1) 2.5.4 Mara se ma het by haar kom bly toe Mara … A se eerste kind gebore is. B se eerste kind skool toe is. C met vakansie oorsee wou gaan. D vir die wintervakansie tuis was. (1) 2.5.5 Mara was 'n … A verpleegster. B onderwyseres. C spraakterapeut. D fisioterapeut. (1) 2.5.6 Watter een pas NIE? Mara kon sonder bekommernisse oorsee gaan want … A haar vriendinne sou by haar ma gaan kuier. B haar man sal gereeld laat weet hoe dit gaan. C die verpleegster sou daagliks een van die briefies lees. D die verpleegster sou daagliks met haar ma televisie kyk. (1)

Page 11: AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../1013_2_afrikaans_2de_taal_sg_v2).pdf · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2) AFRIKAANS

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2)

AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2 (ADDISIONELE TAAL)

11

2.5.7 Watter een pas NIE? Mara voel skuldig om vir 'n maand oorsee te gaan, maar vind tog dat sy … A innerlike stilte en vrede ervaar. B verryk is deur alles wat sy beleef. C nie meer so gespanne is nie. D haar man nie meer wil sien nie. (1) 2.5.8 Die eerste ding wat Mara oplet toe sy weer haar ma sien, was die … op haar gesig. A frons B glimlag C pyn D vrees (1) 2.5.9 Mara se grootste wens was dat haar ma … A weer soos altyd met haar moes praat. B weer saam met haar ontbyt eet. C enkele woorde, selfs 'n groet, moes sê. D enkele treë, selfs net een beweging, moes maak. (1) 2.5.10 Mara was vir 'n maand oorsee. Die tydperk was vir haar 'n … A bedevaart. B wegkomkans. C ontvlugting. D vakansie. (1) [10]

EN

Page 12: AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../1013_2_afrikaans_2de_taal_sg_v2).pdf · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2) AFRIKAANS

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2)

AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2 (ADDISIONELE TAAL)

12

'n TUISNYWERHEID LANGS DIE PAD – Riana Scheepers Gebruik die woorde in die woordelys om die paragraaf te voltooi.

Woordelys geld ma lelik mense vakansie hoogmoedig vrugte Siyayi see indali vrot

Die kind stap met 'n geel plastieksak langs die grootpad. In die sak is 'n vis. Die seun het self die vis in die … 2.6.1… gevang. Hy wil die vis op die …2.6.2… verkoop. Verskillende items soos kleipotte, grasmatte, kleibeeldjies, …2.6.3… en groente word hier verkoop. Die seun besluit om self sy vis te verkoop. 'n Vrou wil weet waar hy die vis gekry het en hoeveel …2.6.4… hy vir die vis wil hê. 'n Hele paar motors hou stil omdat dit …2.6.5… is. Die ander vroue wonder ook hoekom hy nie die vis vir sy …2.6.6… gee om gaar te maak nie. Een van die vakansiegangers is baie …2.6.7… en sê: “Sies!” toe sy die vis sien. Net die twee seuntjies kyk na die vis. Hulle is baie eerlik en sê dat die vis baie …2.6.8… is. Die seuns se ma dink dat dit die vis is wat alles …2.6.9… maak. Die seun se ma het die vis die aand gaar gemaak, maar hy vertel haar nie dat hy die vis gevang het nie. Hy sê dat hy die vis by …2.6.10… gekry het. [10]

EN

Page 13: AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../1013_2_afrikaans_2de_taal_sg_v2).pdf · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2) AFRIKAANS

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2)

AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2 (ADDISIONELE TAAL)

13

RUKWIND – ELISE MULLER In Kolom A is 'n lys van karakters. In Kolom B is 'n gebeurtenis of beskrywing. Skryf die vraagnommer neer en die antwoord wat daarby pas.

Kolom A Kolom B

2.7.1 Sussie 2.7.2 Die boer 2.7.3 Die vrou 2.7.4 Die seuntjies 2.7.5 Die vrou se man

A Die eerste druiwetrosse gee hy weg. B Hulle is gewoond aan die leë plek aan tafel. C Hy wou sy vrou uitneem; praat nie oor sy eie hartseer nie. D Sy is beïndruk met die populierbome. E Sy sterf in 'n fratsongeluk.

[5] DANKIE ELSEBET – CHRIS BARNARD Meerkeusige vrae Skryf die antwoord volledig langs die nommer van die vraag neer. Moenie net die letter neerskryf nie. 2.8.1 Volgens die verteller het dit 'n week lank in … gereën toe hy besluit het om uit die

middestad te loop. A Pietermaritzburg B Johannesburg C Bloemfontein D Randfontein (1) 2.8.2 Die verteller sê dat 'n stad soos 'n … met baie voetpaaie is. A berg B park C woud D tuin (1)

Page 14: AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../1013_2_afrikaans_2de_taal_sg_v2).pdf · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2) AFRIKAANS

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2)

AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2 (ADDISIONELE TAAL)

14

2.8.3 Watter een pas NIE? Die kinders wat hy sien … A het gespeel en gehardloop B het gelag en gesing C was kaalvoet, sonder truie D was stil, met dik reënjasse (1) 2.8.4 As die kinders hom vra om met hulle te …, sê hy dat hy nie meer weet hoe nie. A speel B swem C reis D eet (1) 2.8.5 Wanneer die verteller die aand probeer werk, kan hy nie konsentreer nie. Hy dink aan Elsebet toe hy die … aan sy hande ruik. A vrugte en groente B heuning en geld C reën en modder D vis en broodjies (1) [5] /40/

Page 15: AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../1013_2_afrikaans_2de_taal_sg_v2).pdf · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2) AFRIKAANS

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2)

AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2 (ADDISIONELE TAAL)

15

AFDELING B VERSLIG – SAAMGESTEL DEUR CHARLES FRYER VRAAG 3 Lees die onderstaande gedig aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat daarop volg. “last grave at dimbaza” – FANIE OLIVIER 1 beauty Douglas was born 2 op 'n winternag so all forlorn 3 omring deur die sterre se liggies 4 en koerante kaal klip 5 en nuuskierige hande 6 en tien ander gesiggies 7 a 'n dogter oplaas 'n dogter 8 om beeste te kry om die wêreld 9 te wei a dis lekker 10 om 'n vader te is te is 11 die ma het 'n briefie geskryf 12 aan haar man op die myne 13 om te sê van die kind en te vra van die geld 14 want dit was sy kind die dogter 15 was syne om te sê: o my man 16 o my man ek het beeste gebaar 17 op 'n wintersnag so all forlorn 18 met die sterre soos goud en die mielies klaar 19 beauty douglas your daughter was born 20 sy hart het oopgeskiet tussen lae klip 21 opgeskiet boontoe en oopgevou 22 in 'n laatnagbrief: my vrou 23 my vrou sê aan beauty douglas 24 haar pa het haar lief. 25 hy’t sy brief gepos met sy viersentseël 26 'n lugposbrief aan beauty douglas 27 om te sê hy’t haar lief 28 die adres was mnxesha 29 oor kingwiliamstown kaap 30 saans as hy sy moegheid streel 31 het hy gedroom van sy meisiekind 32 en op 'n sonskynmiddag twee maande later 33 het 'n brief van mnxesha hom teruggevind: 34 “beauty douglas was born 35 she died” Uit: Skimmellig

Page 16: AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../1013_2_afrikaans_2de_taal_sg_v2).pdf · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2) AFRIKAANS

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2)

AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2 (ADDISIONELE TAAL)

16

Bestudeer reëls 1 – 11. Beantwoord die volgende vrae deur slegs EEN woord langs die nommer te skryf. 3.1.1 Wanneer is beauty douglas gebore? (1) 3.1.2 Soek 'n woord wat vir ons sê dat dit eensaam en verlate is. (1) 3.1.3 Die hoeveelste kind was beauty douglas? (1) 3.1.4 Watter woord sê dat hulle uiteindelik 'n dogtertjie gehad het? (1) 3.1.5 Die pa kry die nuus per _________. (1) [5] Beantwoord die volgende vrae in volsinne. 3.2.1 Waarom is die geboorte van 'n dogter vir die gesin so belangrik? (2) 3.2.2 Watter twee dinge noem die ma in die brief wat sy aan beauty se pa skryf? (2) 3.2.3 Watter boodskap het die pa vir sy dogter gestuur? (2) 3.2.4 Wat het hy (reël 30) gedoen wanneer hy saans so moeg was? (2) 3.2.5 Watter hartseer nuus het die pa later ontvang? (2) [10] Gebruik die woorde in die woordelys om die paragraaf te voltooi. winter dood Wes-Kaap myne siekte sonskyn lobola Oos-Kaap Die gebeurtenis het in die …3.3.1… plaasgevind. Die pa kon nie by wees met die geboorte nie, omdat hy op die …3.3.2… gewerk het. Dit is hartseer en ironies dat die pa die nuus van sy meisiekind se …3.3.3… op 'n …3.3.4… middag moet hoor. Die gesin sal nou nie meer …3.3.5… vir die dogter kan ontvang nie. [5]

EN

Page 17: AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../1013_2_afrikaans_2de_taal_sg_v2).pdf · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2) AFRIKAANS

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2)

AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2 (ADDISIONELE TAAL)

17

Lees die onderstaande gedig aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat daarop volg.

troetelwoorde vir ogilvie douglas – MARLENE VAN NIEKERK ('n bosbouer van 'n nedersetting by Grabouw

het op 'n reëndag met sy mongoolkind op sy skoot gesit) 1. kyk oggeliefie druppeldou jakkals trou met wolf se vrou ag die stomme wêreld wou dat jy my kind sou wees my kind hier in ons eie dorp agter die bosrug van grabouw my droomoogkind met jou oophangmond wat kwyl soos heuningdruppelsdou kyk daar’s druppels op jou mou kyk daar’s druppels teen die ruit 2. o oggeliefie Douglas elke druppel is 'n sonnetrou dit reën jou pa kan nie vandag sy boom gaan kap o nooit volprese God wat ook oor wurms wag moet hou seën die oggeliefiekind van my en my sy pa en daar sy maltrapma o oggeliefie druppeldou o jakkals trou met wolf se vrou Uit: Sprokkelster Meerkeusige vrae: Skryf die antwoord volledig langs die vraagnommer neer. Moenie net die letter van die antwoord neerskryf nie.

3.4.1 Wie is die spreker in die eerste strofe en met wie word daar gepraat? A pa en kind B ma en kind C dokter en pasiënt D oupa en kleinkind (1)

Page 18: AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../1013_2_afrikaans_2de_taal_sg_v2).pdf · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2) AFRIKAANS

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2)

AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2 (ADDISIONELE TAAL)

18

3.4.2 Hierdie gebeurtenis speel af in … A Caledon B Grabouw C Kaapstad D Knysna (1) 3.4.3 Die pa is 'n … A opvoeder. B kunstenaar. C predikant. D bosbouer. (1) 3.4.4 Hy noem die kind ‘my droomoogkind’ omdat die kind … A mooi oë het. B baie slaap. C blind is. D anders lyk. (1) 3.4.5 Waarmee word die kwyl vergelyk? A suiker B heuning C konfyt D stroop (1) 3.4.6 Wie word gevra om te “kyk”? Die … A boswerkers B wurms C kind D ma (1) 3.4.7 Watter beskrywing sê vir ons dat die kind iets makeer? A druppels op jou mou B druppels teen die ruit C oophangmond wat kwyl D droogmoogkind wat kyk (1) 3.4.8 “jou pa kan nie vandag sy boom gaan kap” beteken dat die … A pa nie vandag werk nie. B son nie vandag skyn nie. C bosbouers vandag staak. D bome reeds gekap is. (1)

Page 19: AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../1013_2_afrikaans_2de_taal_sg_v2).pdf · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2) AFRIKAANS

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2)

AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2 (ADDISIONELE TAAL)

19

3.4.9 Hoekom kan die pa nie sy boom gaan kap nie? A Hy is met verlof. B Hy is baie siek. C Die wind waai. D Dit reën vandag. (1) 3.4.10 “o nooit volprese God” beteken dat God… A te min geprys word. B omgee vir siekes. C wurmpies ook beskerm. D al die mense seën. (1) 3.4.11 “wat ook oor wurms wag moet hou” beteken dat selfs die … A wurms die bome en sade opeet. B bosbouers die wurms moet doodmaak. C kleinste wurms beskerm word. D bosbouers vir die wurms bang is. (1) 3.4.12 Wie moet in die pa se gebed geseën word? Die … A maltrapma B bosbouers C diere D gesin (1) 3.4.13 Die pa wys dat hy sy kind liefhet deur … A troetelwoorde te gebruik. B weg te bly van die werk. C na die reën daar buite te kyk. D stories van diere te vertel. (1) 3.4.14 Die kind se van is… A Druppeldou. B Ogilvie. C Douglas. D Oggeliefie. (1) [14]

Page 20: AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../1013_2_afrikaans_2de_taal_sg_v2).pdf · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2) AFRIKAANS

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2)

AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2 (ADDISIONELE TAAL)

20

Beantwoord volgens die voorskrifte. 3.5.1 Voltooi die sin: Die uitdrukking “Jakkals trou met wolf se vrou” beteken dat dit ... (2) 3.5.2 Noem enige twee troetelwoorde wat die pa vir sy kind gebruik. (2) 3.5.3 Voltooi die sin. As ons sê iemand is 'n “maltrap,” dan bedoel ons dat … (2) [6] /40/

OF

Page 21: AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../1013_2_afrikaans_2de_taal_sg_v2).pdf · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2) AFRIKAANS

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2)

AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2 (ADDISIONELE TAAL)

21

VRAAG 4 Lees die onderstaande gedig aandagtig deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. SPROKIE VIR 'N STADSKIND – KOOS DU PLESSIS 1. As die reën van stof en roet verby is en die rook verdwyn, sal daar in die sterrelose hemel 'n neonboog verskyn. 2. En kyk maar goed, want as jy hom vind, vertel ek jou 'n sprokie, my kind, van 'n skatkis, met ou kettings gebind, aan die neonboog se punt. 3. Volg hom elke nag oor swart riviere, oor kranse van beton; as jy aanhou stap, tienduisend ure, sal jy dalk daar kom. 4. Maar hier moet jy jou nimmer laat bind, want, so lui die ou-ou sprokie, my kind: as jy geluk en vreugde wil vind, soek die neonboog se punt. 5. Volg hom elke nag oor swart riviere; kyk nie één maal om. Dalk vind jy die land van blou saffiere… en dalk 'n brokkie son. Uit: Kinders van die wind Bestudeer strofes 1 en 2 en skryf slegs EEN woord as antwoord neer. 4.1.1 'n Sprokie is 'n verhaal vir … (1) 4.1.2 Wat verdwyn voordat ons 'n neonboog kan sien? (1) 4.1.3 Watter woord in strofe 1 sê vir ons dat daar nie sterre in die hemel is nie? (1) 4.1.4 Wat is die ‘neonboog’ in strofe 1? (1) 4.1.5 Met wie praat die skrywer in strofe 2? (1) [5]

Page 22: AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../1013_2_afrikaans_2de_taal_sg_v2).pdf · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2) AFRIKAANS

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2)

AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2 (ADDISIONELE TAAL)

22

Beantwoord die volgende vrae in volsinne. 4.2.1 Wat is die sprokie wat dikwels aan kinders vertel word? (2) 4.2.2 Wat word bedoel met “hier moet jy jou nimmer laat bind”? (2) 4.2.3 Wat sal die kind, behalwe die skatkis, ook nog vind? (2) 4.2.4 Wat mag die kind nie doen nie? (2) 4.2.5 Waarna verwys die woorde “brokkie son” in strofe 5? (2) [10] Gebruik die woorde in die woordelys om die paragraaf te voltooi. besoedeling geboue strate skatkis stad Volgens die spreker moet die kind aanhou stap. Die reën, stof en roet verwys na …4.3.1… Die “hier” in strofe 4 is waarskynlik die …4.3.2… In dié plek is daar swart riviere en die kranse van beton! Die “swart riviere” is die …4.3.3…, terwyl die kranse van beton die …4.3.4… is. Die “blou saffiere” in strofe 5 hou ook verband met die …4.3.5… aan die punt van die neonboog. [5]

EN

Page 23: AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../1013_2_afrikaans_2de_taal_sg_v2).pdf · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2) AFRIKAANS

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2)

AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2 (ADDISIONELE TAAL)

23

Lees die volgende gedig aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat daarop volg. LIED VIR JOHNNY SE VROU – GEORGE WEIDEMAN die fynmis lê oor langebaan in die grysvaal voue lê die mis wie sal weet altemit die maan wie sal die verdriet verstaan die harders loop voor posberg langs in skitterstrepe loop die vis wie sal weet altemit die maan wie sal die verdriet verstaan lanterns knipper af en aan daar êrens waar my johnny is wie sal weet altemit die maan wie sal die verdriet verstaan meeue begin te kere gaan spookvoëls van die verdoemenis wie sal weet altemit die maan wie sal die verdriet verstaan dolfyntjie steek neus in die sand van johnny geen beduidenis wie sal weet altemit die maan wie sal die verdriet verstaan hier sit ek by die kopklip saans en droom van jou gedagtenis en al wat weet is die maan en die grysvaal mis oor langebaan Uit: Uit hierdie grys verblyf Meerkeusige vrae: Skryf die antwoord langs die nommer van die vraag uit. Moenie net die letter van die antwoord neerskryf nie.

4.4.1 Die verhaal wat van Johnny vertel word, speel in … af. A Kaapstad en Saldanha B Mosselbaai en Oos-London C Langebaan en Posberg D Tafelbaai en Port Elizabeth (1)

Page 24: AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../1013_2_afrikaans_2de_taal_sg_v2).pdf · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2) AFRIKAANS

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2)

AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2 (ADDISIONELE TAAL)

24

4.4.2 In strofe 1 is die kus met … bedek. A rook B roet C reën D mis (1) 4.4.3 Harders is … A visse. B meeue. C haaie. D bote. (1) 4.4.4 “skitterstrepe” (strofe 2) verwys na .. A die lig van die maan op die water. B die lig van die pad op die water. C 'n trop seemeeue wat verbyvlieg. D 'n skool visse wat verbyswem. (1) 4.4.5 Die woord “altemit” (reël 3) word in elke strofe herhaal. Dit beteken … A menslik. B moontlik. C onmoontlik. D onmenslik. (1) 4.4.6 Wie of wat sal weet wat van Johnny geword het? Die … A vissers. B seemeeue. C maan. D mis. (1) 4.4.7 Die spookvoëls (strofe 4) skep 'n atmosfeer van … A blydskap. B vriendskap. C geluk. D onheil. (1) 4.4.8 “dolfyntjie” (strofe 5) verwys na Johnny se … A vriend. B vrou. C boot. D huis. (1)

Page 25: AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../1013_2_afrikaans_2de_taal_sg_v2).pdf · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2) AFRIKAANS

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2)

AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2 (ADDISIONELE TAAL)

25

4.4.9 Watter een pas NIE? Met “geen beduidenis” (strofe 5) word bedoel dat … A niemand werklik weet waar Johnny is nie. B niemand wil sê waar Johnny is nie. C daar geen teken van Johnny is nie. D daar geen nuus omtrent Johnny is nie. (1) 4.4.10 Johnny was 'n … A mynwerker. B plaaswerker. C visserman. D timmerman. (1) 4.4.11 Watter kleur word in strofe 1 en 5 genoem? A swart B wit C blou D grys (1) 4.4.12 Hierdie kleur skep 'n atmosfeer van … in die gedig. A hartseer B gelukkig C vrolikheid D opgewektheid (1) 4.4.13 Die “ek” in die laaste strofe verwys moontlik na Johnny se … A ma. B pa. C kind. D vrou. (1) 4.4.14 Watter een pas NIE? “… droom van jou gedagtenis…” (laaste strofe) beteken … A al die mooi herinneringe. B soos Johnny onthou sal word. C die beeld wat die persoon oproep. D dit wat iemand graag wil vergeet. (1) [14]

Page 26: AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../1013_2_afrikaans_2de_taal_sg_v2).pdf · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2) AFRIKAANS

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2)

AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2 (ADDISIONELE TAAL)

26

Beantwoord die volgende vrae deur slegs EEN woord in te vul. 4.5.1 Johnny se vrou sit saans by die kopklip omdat sy …4.5.1.1… voel. Sy …4.5.1.2… baie na Johnny wat op die see vermis geraak het. (2) 4.5.2 Die spookvoëls bring 'n atmosfeer van …4.5.2.1… in die gedig. Hulle word ook gewoonlik met die …4.5.2.2… geassosieer. (2) 4.5.3 Die “dolfyntjie” is Johnny se …4.5.3.1… wat uitgespoel het. Dit is leeg en ons kan aflei dat Johnny …4.5.3.2… is. (2) [6] /40/

Page 27: AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../1013_2_afrikaans_2de_taal_sg_v2).pdf · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2) AFRIKAANS

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2)

AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2 (ADDISIONELE TAAL)

27

AFDELING C DIE VERDWYNING VAN MINA AFRIKA – ZURETHA ROOS VRAAG 5 Gebruik die woorde in die woordelys om die paragraaf te voltooi. Skryf slegs die vraagnommer en die woord wat jy gekies het neer. skoonma werker boeregemeenskap ma plaasnooi ouma oud kuns Gert Afrika was 'n goeie …5.1.1… op Erik de Graaf se plaas. Hy het hulp gesoek met klein Mina, want haar …5.1.2… is kort na haar geboorte dood en haar …5.1.3… wat onlangs na Mina gekyk het, is ook dood. Erik sê dat Tietser Meraai na Mina moet kyk, maar Gert meen dat sy te …5.1.4… is. Sara hou onmiddellik van Mina. Sara is nie 'n tipiese …5.1.5… nie en het …5.1.6… gestudeer. Aletta het geglo dat sy nie by die …5.1.7… sou in pas nie. Aletta is Sara se …5.1.8…. (8) Gebruik die woorde in die woordelys om die paragraaf te voltooi. Skryf slegs die vraagnommer en die woord wat jy gekies het neer. Tietser Meraai onderwyseres werker ontsteld slaaptydstories Kleinmond “hotnotskind” eensaam kinderversies Aletta was baie …5.2.1… toe sy hoor dat Mina by Erik en Sara woon. Mina het goed aangepas. Elke aand het hulle vir haar …5.2.2… en …5.2.3… gelees. Die hele vallei het gepraat oor die …5.2.4… wat Sara en Erik ingeneem het. Wanneer Sara inkopies doen, het Mina graag by Elsie Lubbe gebly. Sy het Mina se kuiertjies geniet, want sy was maar …5.2.5….

Page 28: AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../1013_2_afrikaans_2de_taal_sg_v2).pdf · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2) AFRIKAANS

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2)

AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2 (ADDISIONELE TAAL)

28

Mina gaan nie daardie eerste Desember saam met die De Graaffs …5.2.6… toe nie. Sy bly by …5.2.7… (7) [15] Meerkeusige vrae: • Kies die korrekte antwoord en skryf dit langs die nommer neer. • Moenie net die letter neerskryf nie. 5.3.1 Na die vakansie, vind Sara uit dat sy 'n … A nuwe huis gaan kry. B nuwe bediende het. C baba verwag. D besoeker verwag. (1) 5.3.2 Erik de Graaff boer met … A skape. B beeste. C koring. D druiwe. (1) 5.3.3 Watter een is NIE waar van Tietser Meraai nie? Sy … A was voorheen onderwyser. B onderrig vir Mina na st. 5. C sterf op 92-jarige ouderdom. D bemaak haar huisie aan Mina. (1) 5.3.4 … is Sara en Erik se twee seuns. A Sarel en Pieter B Boeta en Dylan C Schoeman en Deon D Sarel en Vleis (1) 5.3.5 Mina wil na st. 5 by … gaan leer. A Tietser Meraai. B Juffrou Lubbe C die convent-skool D die lokasie-skool (1)

Page 29: AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../1013_2_afrikaans_2de_taal_sg_v2).pdf · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2) AFRIKAANS

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2)

AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2 (ADDISIONELE TAAL)

29

5.3.6 Schoeman kry 'n sportmotor as geskenk toe hy … A matriek slaag. B goed bestuur. C agtien word. D verloof raak. (1) 5.3.7 Bettie Els sê dat Mina haar … afgebrand het. A motor B huis C skool D plaas (1) 5.3.8 … gee Julie slaapplek in ruil vir kombuiswerk. A Antie Sêra B Rona Daniels C Dollie Davids D Mavis White (1) 5.3.9 … het gekeer dat Julie selfmoord pleeg. A Deon du Toit B Dylan Appollis C Dominee Venter D Tietser Meraai (1) 5.3.10 Deon du Toit … die polisieverslag nadat hy Mina se storie gehoor het. A ignoreer B liasseer C verbrand D verander (1) [10]

Page 30: AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../1013_2_afrikaans_2de_taal_sg_v2).pdf · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2) AFRIKAANS

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2)

AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2 (ADDISIONELE TAAL)

30

Skryf die nommers en die name in kolom A onder mekaar neer. Kies uit kolom B die antwoord wat by A pas en skryf dit volledig neer.

KOLOM A KOLOM B

5.4.1 John Dylan Appollis 5.4.2 Tietser Meraai en Elsie Lubbe 5.4.3 Katriena Pypers 5.4.4 Deon du Toit 5.4.5 Poppie Willemse 5.4.6 Sara de Graaff 5.4.7 Iris Oortzen 5.4.8 Bettie Els 5.4.9 Erik de Graaff 5.4.10 Dominee Venter

A Hy help Mina om Tietser Meraai se huisie te verbeter. B Hy hoor by Bettie van Mina se baba. C Sy vra Mina om haar restaurant te bestuur. D Sy glo dat Mina se kookkuns haar nog ver sal bring. E Die eerste persoon in die Vallei wat Mina na haar tyd in die Kaap raakloop. F Die polisieman wat Mina se saak ondersoek. G Sy is 'n pasiënt in Valkenberg- hospitaal. H Hy gee Mina se kind 'n naam. I Sy erf al hulle besittings. J Sy gee vir Mina 'n “make-over”.

[10] Skryf die nommers 5.5.1 tot 5.5.5 onder mekaar neer en skryf langsaan of die stelling WAAR of ONWAAR is. 5.5.1 Julie Columbus is Mina se skuilnaam in die Kaap. (1) 5.5.2 Die skooltjie in die bruin woonbuurt word na Tietser Meraai vernoem. (1) 5.5.3 Die polisieman, Deon du Toit, wil graag bouer word. (1) 5.5.4 Albei Mina se ouers is dood. (1) 5.5.5 Mina besoek Schoeman se graf en sê dat sy hom vergewe. (1) [5] /40/

OF

Page 31: AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../1013_2_afrikaans_2de_taal_sg_v2).pdf · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2) AFRIKAANS

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2)

AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2 (ADDISIONELE TAAL)

31

VRAAG 6 Gebruik die woorde in die woordelys om die leesstuk te voltooi. Skryf slegs die vraagnommer en die woord wat jy gekies het.

stoep skoon mooi Goedemoed verlief baba polisie 'n Paar dae na Dylan se dood, besluit Mina om terug te gaan …6.1.1… toe. Mina ontmoet vir Poppie en hoor van die …6.1.2… wat op die Oortzens se …6.1.3… gelaat is. Mina maak Tietser Meraai se huisie …6.1.4…, maar voel onrustig toe sy hoor dat die …6.1.5… haar soek. Deon du Toit klop aan haar deur. Hy ondersoek haar saak. Deon vind Mina besonder …6.1.6… en raak op haar …6.1.7…. (7) Gebruik die woorde in die woordelys om die leesstuk te voltooi. Julie’s Bistro wet wegkom lief geld Schoeman restaurant skaam Mina is ook baie …6.2.1… vir Deon, maar weet dat hul verhouding nie kan werk nie, omdat dit teen die …6.2.2… is. Mina vertel aan Sara de Graaff wat …6.2.3… aan haar gedoen het. Mina vertel hoe …6.2.4… sy was en dat alles vir haar te veel geword het. Sy moes net …6.2.5… Erik voel jammer vir Mina en gee vir haar …6.2.6… sodat sy nie hoef te sukkel nie. Op 'n vreemde manier raak Mina weer betrokke by die Oortzens. Hulle vra haar om hul …6.2.7… te bestuur en Mina noem die plek …6.2.8… (8) [15]

Page 32: AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../1013_2_afrikaans_2de_taal_sg_v2).pdf · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2) AFRIKAANS

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2)

AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2 (ADDISIONELE TAAL)

32

Meerkeusige vrae: • Kies die korrekte antwoord en skryf dit langs die nommer neer. • Moenie slegs die letter skryf nie. 6.3.1 Mina het op 'n koue grys dag in Julie … by Sara en Erik de Graaff ingetrek. A 1960 B 1955 C 1945 D 1969 (1) 6.3.2 Voor die geboorte van Sara se kinders, moes Mina by … gaan woon. A Juffrou Lubbe B Tietser Meraai C Poppie Willemse D Bettie Els (1) 6.3.3 Mina hou nie van skool nie, want die… A kinders is arm. B kinders terg haar. C skool is te klein. D skool is te ver. (1) 6.3.4 Sara sê aan Mina dat dit nie oor jou velkleur gaan nie, maar oor dit wat in jou … is. A vriende B familie C huis D hart (1) 6.3.5 Aletta wou hê dat Mina op Kleinmond by die … slaap. A kleinkinders B kampeerders C bediendes D besoekers (1) 6.3.6 Sara noem Mina haar … A ligkopkind. B slimkopkind. C huishoudster. D gelukbringer. (1)

Page 33: AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../1013_2_afrikaans_2de_taal_sg_v2).pdf · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2) AFRIKAANS

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2)

AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2 (ADDISIONELE TAAL)

33

6.3.7 Mina het niemand vertel dat sy verkrag is nie, omdat … A daar nie 'n polisiekantoor is nie. B daar glad nie getuies was nie. C niemand haar sal help nie. D niemand haar sal glo nie. (1) 6.3.8 … het die kos gemaak vir Erik se partytjie. A Sara B Iris C Mina D Poppie (1) 6.3.9 Die bruin gemeenskap vereer Tietser Meraai deur die … haar naam te gee. A straat B skool C saal D kerk (1) 6.3.10 Mina besoek Schoeman se graf en sê dat sy hom nie meer … nie. A liefhet B haat C vrees D onthou (1) [10]

Page 34: AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../1013_2_afrikaans_2de_taal_sg_v2).pdf · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2) AFRIKAANS

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1013.2)

AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2 (ADDISIONELE TAAL)

34

Skryf die nommers en die name in kolom A onder mekaar neer. Kies uit kolom B die beskrywing of gebeurtenis wat pas en skryf dit volledig neer.

KOLOM A KOLOM B

6.4.1 Deon du Toit 6.4.2 Dylan se vriend, Johnnie 6.4.3 Jerry en Rona Daniels 6.4.4 Vleis Viljoen 6.4.5 Rose en Mavis White 6.4.6 Sarel de Graaff 6.4.7 Ansie de Graaff 6.4.8 Lien Afrika 6.4.9 Julie Columbus 6.4.10 Erik de Graaff

A Julie’s Bistro is van dié naam afgelei. B Mina doen hulle kookwerk. C Hy boer met uitvoerdruiwe. D Die De Graaffs se oudste kind. E Gert Afrika se tweede vrou. F Hy vra Erik se toestemming om op die plaas te draf. G Die eerste Kapenaars wat Julie ontmoet. H Boeta Bantjies werk by hom. I Hy sing soos Elvis Presley H Stefaans en Julia se tweede kind.

[10] Skryf die nommers 6.5.1 tot 6.5.5 onder mekaar neer en skryf langsaan of die stelling WAAR of ONWAAR is. 6.5.1 Motjie Sêra se seun Stephen werk op die see. (1) 6.5.2 Mina se pa is 'n skrynwerker en haar ma 'n kleremaakster. (1) 6.5.3 Dylan Appollis sal Julie se kind as sy eie aanvaar. (1) 6.5.4 Mina loop weg saam met Deon du Toit. (1) 6.5.5 Tietser Meraai se naam is eintlik Maria van Wyngaard. (1) [5] /40/ TOTAAL: /80/