VOORBEELDITEMS TAAL GRAAD 6 (AFRIKAANS)
Transcript of VOORBEELDITEMS TAAL GRAAD 6 (AFRIKAANS)
VOORBEELDITEMS
TAAL
GRAAD 6
(AFRIKAANS)
LET WEL
Voorbeelditems is nie volledige vraestelle nie, maar wel items wat gekies is om `n
aanduiding te gee van hoe spesifieke begrippe in die toets gedek word. Hierdie
items sal normaalweg `n gedeelte van die items vorm wat in `n volledige vraestel
gebruik word. Dit is onwaarskynlik dat geen van die items wat ingesluit is, in enige
toekomstige toetse gebruik sal word nie.
Die Sistemiese Toetse dek VIER komponente. Steekproefitems is voorbeelde van vrae wat in elk van die komponente verwag kan word.
Bladsy 2 van 17
Bestudeer die tekens en gebruik hulle om vrae 1 tot 4 te antwoord.
Tafelbergtekens : Die volgende tekens kan op Tafelberg gevind word.
1. Pas kolom A by kolom B, gebruik die antwoord kolom om die korrekte letter vir
jou antwoord te skryf.
Kolom A Antwoord Kolom B
1.1
e a. Geen oornag kampering toegelaat
1.2
b. Geen fietse toegelaat
1.3
c. Geen vure toegelaat
1.4
d. Geen pluk van plante toegelaat
1.5
e. Geen motorfietse toegelaat
(1)
(1)
(1)
(1)
Bladsy 3 van 17
Wat sê die volgende tekens? Skryf jou antwoorde op die lyne hieronder.
1.6
________________________________________________________
1.7
________________________________________________________
2. Gee een goeie rede waarom tekens gebruik word op Tafelberg in plaas
van geskrewe bordjies?
_______________________________________________________________________
_______________________________________________________________________
_______________________________________________________________________
3. Hoekom is daar reëls wat gehoorsaam moet word, as jy Tafelberg toe
gaan?
a
Veiligheid is baie belangrik.
b
Almal het die reg om die berg te geniet.
c
Fauna en Flora moet beskerm word.
d
Al die bogenoemde redes is geldig.
(1)
(1)
(2)
(1)
Bladsy 4 van 17
SKRYF
4. Ontwerp `n teken wat jy graag in jou huis wil opsit (4.1). Skryf „n sin om die
betekenis van die teken te verduidelik (4.2) en gee `n rede waarom jy die
teken nodig het (4.3). Gebruik die teken hieronder vir idees.
Teken beteken: Om `n Vuvuzela in hierdie plek te blaas word
nie toegelaat nie.
Rede: Die spasie is baie klein en Vuvuzelas maak `n harde
geraas, daarom sal dit die gehoor van mense in die nabyheid
beskadig.
4.2 My teken beteken:
_________________________________________________
_________________________________________________
4.3 Die rede vir die nodigheid vir die teken:
_________________________________________________
_________________________________________________
4.1 Ontwerp jou eie
teken in hierdie blokkie.
(1)
(1)
(1)
Bladsy 5 van 17
Lees die teks en beantwoord vrae 5 tot 10.
1.
Eendag was Kwame bo-aan sy papajaboom, besig om sy pragtige, vet, goue
papajas te pluk. Skielik is Kwame deur `n muskiet gebyt. In daardie dae het
muskiete geen geluid gemaak nie, so Kwame kon dit nie hoor kom nie. Toe die
muskiet hom byt, het Kwame so geskrik dat hy sy sak heerlike papajas laat val
het.
6. Kwame se vrou wat onder gestaan het en die leer vir hom vasgehou het, sien
die papajas val reguit af na haar toe. Sy tree uit die pad uit en trap op `n rot se
stert. Dit het die rot verskriklik laat skrik. Die rot het al die pad na die bopunt van
`n nabygeleë boom gehardloop, bewend van vrees en pyn.
10. Ons almal weet dat ape bang is vir rotte. Wel, daar was `n aap in hierdie boom
waarteen die rot gehardloop het, en toe hy die rot sien, het dit hom so laat
skrik. Die aap het die piesang laat val wat hy besig was om te eet en het `n tak
gegryp sodat hy na die veiligheid van `n ander boom kon swaai. Maar sy
hande was nat van die piesang en hy kon nie aan die tak vashou nie, daarom
val hy op die grond neer, en land in `n miernes.
16 Die miere het geslaap, en hulle het ontwaak met `n groot skrik! Hulle het
hiernatoe en daarnatoe gehardloop en het hiernatoe en daarnatoe geskarrel,
toe het hulle almal in die hoenderhok gehardloop waar die hen aan die slaap
was op haar eiers. Die hen het wakker geword met `n skok toe sy die miere
voel rondhardloop tussen haar vere. Sy het opgespring en geskop en geskud
om hulle af te kry. Ongelukkig het haar geskop al haar eiers gebreek. Die hen
en die haan wou al kinders vir `n lang tyd gehad het. Hulle het na hulle
gebreekte eiers met hartseer gestaar en begin huil.
24. Daardie nag het die hen en die haan mekaar vasgehou en gehuil en gehuil.
Hulle het die hele nag lank gehuil. Toe dit tyd word om te kraai, was die haan
te moeg en te hartseer om dit te doen. Omdat die haan nie gekraai het nie,
het die son nie ontwaak en opgekom nie. Sy het die hele dag geslaap en die
aarde was in donkerte.
29. Die volgende dag was die son baie kwaad. Sy wou weet wat gebeur het. Toe
sy die volle verhaal hoor en sy geweet het dat alles die muskiet se fout was, het
sy `n besluit geneem. “Van nou af,” het die son gesê, “sal die muskiet `n geraas
maak. Hy sal zoem waar hy ook al gaan. Mense sal hom hoor aankom sodat
hy hulle nie so sal skrikmaak as hy hulle byt nie.”
En dit is hoekom die muskiet vandag zoem.
Bladsy 6 van 17
5. Wat was die gevolg van die muskietbyt?
a
Kwame het sy balans verloor.
b
Kwame se papajas het die rot se stert platgedruk.
c
Kwame se vrou het op die rot getrap.
d
Kwame het begin jeuk.
6. Die zoemende geraas wat vir die muskiet gegee is was `n ...
a
geskenk.
b
prys.
c
straf.
d
grap.
7. Rangskik die volgorde van gebeure in die korrekte orde.
a
Kwame → papajas → vrou → rot → ape
b
Kwame →muskiet → papajas → rot→ vrou
c
Muskiet → Kwame→ papajas→ vrou→ rot
d
Muskiet → boom → Kwame → papajas
TAALSTRUKTUUR EN -GEBRUIK
8. Watter vorm van spraak word gebruik in die sin “... die son nie ontwaak en
opgekom nie” (lyn 27)?
a
Alliterasie
b
Personifikasie
c
Sergelyking
d
Klanknabootsing
(1)
(1)
(1)
(1)
Bladsy 7 van 17
9. ‟n Hok (lyn 18) is ‟n …
a
plek waar hoenders gekook word.
b
plek waar hoenders slaap.
c
plek waar eiers gebêre word.
d
plek waar hoenders gehou word.
10. Watter frase uit die teks beteken “uitgeput”?
a
“… verskriklik laat skrik” (lyn 8).
b
“… bewend van vrees en pyn” (lyn 9).
c
“… met hartseer gestaar en begin huil” (lyn 23).
d
“… te moeg en te hartseer” (lyne 25-26).
(1)
(1)
Bladsy 8 van 17
Bestudeer die weerkaart en beantwoord vrae wat volg.
Wes Kaap: 3 Dae
Dorp/Stad Do Vry Sat
Vredendal 6°C/31°C
8°C/19°C 6°C/24°C
Malmesbury 9°C/23°C
6°C/16°C 7°C/16°C
Paarl 9°C/24°C
9°C/16°C 8°C/16°C
Kaapstad
11°C/19°C 12°C/15°C 10°C/15°C
Hermanus 12°C/26°C
12°C/17°C 11°C/15°C
Sleutels vir die prentjies
Sonnig
Gedeeltelik
Bewolk
Bewolk
Reën
Gedeeltelik
bewolk met reën
LEES EN SKRYF
11. Hoeveel plekke het sonnige dae gehad?
a
4
b
5
c
6
d
9
(1)
Bladsy 9 van 17
DINK EN REDENEER
12. Die bewolkste plek oor die 3 dae is ...
a
Vredendal.
b
Kaapstad.
c
Hermanus.
d
Malmesbury.
13. Watter dorp het die grootste uiterstes in temperatuur?
a
Vredendal
b
Malmesbury
c
Kaapstad
d
Paarl
14. Waar sal dit die beste wees om Saterdag ʼn piekniek te hou?
a
Vredendal
b
Kaapstad
c
Paarl
d
Malmesbury
15. Sondag sal die weer in Kaapstad 23°C bereik. Dit sal gedeeltelik bewolk
wees. Die minimum temperatuur in die dag sal 7°C wees.
Kies die korrekte simboliese verteenwoordiging.
a
Son 23°C/ 7°C
b 7°C / 23°C
c
7°C/23° C
d
7/23
(1)
(1)
(1)
(1)
Bladsy 10 van 17
TAAL STRUKTUUR EN –GEBRUIK
16. Skryf die woorde uit wat die weervoorspeller sou sê wanneer die inligting
in die blok gelees word. Jy moet die presiese, gesproke woorde in
Afrikaans in twee volsinne skryf.
Stellenbosch 6°C / 23°C
(4)
Bladsy 11 van 17
Lees die volgende gedeelte en beantwoord Vrae wat volg.
Woestynwonings
Woestyne is plekke wat minder as 250 mm reën per jaar kry. Die meeste woestyne is
uiters warm soos die Sahara en die Kalahari en kan snags baie koud word. Koue
winterwoestyne soos die Gobi-woestyn in Mongolië het hoë temperatuur-verskille
tussen seisoene. Polêre woestyne soos die Noordpool en Suidpool is woestyne
omdat hulle vog opgesluit is in die vorm van ys. Koel kuswoestyne soos die Namib en
die Atakama is baie koeler met die Atakama wat die droogste woestyn in die
wêreld is. Mense woon in woestyne en hul huise is baie verskillend van gebied tot
gebied. Lees nou oor die volgende woestynwonings:
San-hutte van die Kalahari
Die San-mense was die oorspronklike
inwoners van Suider-Afrika wat in die
Kalahari-woestyn woon, alhoewel daar
nie vandag meer baie San-mense is wat
daar woon nie. Hulle was jagter-
versamelaars, wat gejag het met pyl en
boog, wat klein diere in wippe gevang
het en wat eetbare wortels en bessies
geëet het. Hulle het in rotsskuilings
gewoon, in die oopte of in ru-skuilings van
takkies en droë gras of dierevelle. Omdat
die San geheel en al van die land geleef
het, moes hulle nomadies wees. Maar
sodra hulle beweeg na 'n ander plek, het
hulle hulle hutte met vars materiaal
herbou.
Bedoeïen-tente van die Sahara
Die Bedoeïene woon in die
Saharawoestyn. Hulle maak tente van
bokhaar. Die Bedoeïene weef die
bokhaar in lappe en sprei dit oor pale uit.
Hulle bind die lappe met toue op die
grond vas. Die Bedoeïen is nomades en
soek voortdurend na vars weiding vir hul
kamele en bokke en water vir hulle
families. Hulle dwaal nie doelloos nie,
maar keer jaarliks terug na verskillende
plekke op hul grondgebied waar die
grond en water hulle vir die seisoen kan
onderhou.
Bladsy 12 van 17
Tenthuise in Mongolië
Joerte is draagbare, vilt-bedekte, hout
latwerk-geraamde woon-strukture. Joerte
word tradisioneel gebruik deur
Mongolese nomades in die steppe van
Sentraal-Asië. „n Joert is meer huislik as „n
tent in vorm en bou, met dikker mure.
Joerte word gemaak uit skaapwol wat
geweef word in plat stroke lap en
uitgesprei word oor „n houtraam. „n Joert
is ontwerp om uitmekaar gehaal te word
en op kamele of jaks gedra te word om
op „n ander plek herbou te word.
Kliphuise van Tunisië
Nie alle woestynmense trek rond nie. Die
mense van Matmata in Tunisië is die
grootste gemeenskap wat in
ondergrondse grotte woon. Die huise is
geskep deur „n groot put in die grond te
grawe. Rondom die omtrek van hierdie
put, is kunsmatige grotte gegrawe om
gebruik te word as kamers, met „n paar
huise wat bestaan uit veelvoudige putte,
verbind deur gange. Hierdie huise het
baie dik mure en klein vensters om die
hitte gedurende die dag uit te hou. Sulke
huise hou hulle ook snags warm.
Yshuise van Alaska
'n Yshuis, bekend as 'n igloe, is in die
verlede gebou deur die Inuit wat in die
Noordpool woon. Die igloe, wat gebruik
word in die winter, is in 'n spiraalvorm
gebou met behulp van die harde-
verpakte sneeu van die binnekant van
die sirkel. Blokke is gesny met 'n sneeu-
mes gemaak van been, ivoor, of metaal.
Die blokke is gevorm en gestapel om 'n
koepelvormige struktuur te skep. In die
igloe het die Inuit geslaap op 'n lae sneeu
platform bedek met takkies en kariboe
pelse. Elke igloe het 'n dakvenster
gemaak van varswaterys. Wanneer die
somer kom, het die iglo gesmelt,en die
gesin moes terug beweeg in tente wat
van dierevelle gemaak is.
Bladsy 13 van 17
LEES EN SKRYF
17. Watter woestynwoning moet koue toestande in plaas van hitte trotseer?
a
Igloes
b
San-hutte
c
Kliphuise
d
Joerte (1)
18. In watter woestyn sal jy Bedoeïen-tente aantref?
a
Kalahari
b
Sahara
c
Mongoolse
d
Noordpool (1)
19. Watter woning is ‟n permanente struktuur?
a
Kliphuise
b
Joerte
c
Bedoeïen-tente
d
Geen van bogenoemde nie (1)
20. Watter woestynmense is nie nomadies nie?
Die mense van .... is nie nomadies nie.
a
Mongolië
b
die Saharawoestyn
c
Matmata
d
die Kalahari-woestyn (1)
Bladsy 14 van 17
21. Waarom het die kliphuise nie groot vensters nie?
Kliphuise het klein vensters ...
a
om die hitte in die dag uit te hou.
b
omdat glas nie altyd beskikbaar is nie.
c
om inbrekers uit te hou en veiligheid te verseker.
d
omdat mense daarvan hou om privaat te wees. (1)
22. Verduidelik in jou eie woorde wat „n woestyn is, nadat jy hierdie artikel
gelees het.
_______________________________________________________________________
_______________________________________________________________________
_______________________________________________________________________
____________________________________________________________________(2)_
DINK EN REDENEER
23. Watter twee soorte wonings word uit soortgelyke materiaal gemaak?
a
Joerte en kliphuise
b
San-hutte en joerte
c
Bedoeïen-tente en joerte
d
Kliphuise en hutte (1)
24. Antarktika word ook as ‟n woestyn gereken. Waarom is dit so?
Antarktika ...
a
is baie hoog bo seespieël geleë.
b
kry baie min reën in ‟n jaar.
c
is so koud dat dit as ‟n woestyn geklassifiseer is.
d
is ‟n woestyn omdat die water daar bevrore is. (1)
Bladsy 15 van 17
SKRYF
25. In „n volsin, verduidelik waarom die mense wat in Matmata, Tunisië woon
hulle huise ondergronds bou.
_______________________________________________________________________
_______________________________________________________________________
_______________________________________________________________________
___________________________________________________________________(4)__
26. In ʼn volsin, verduidelik waarom die San nie in permanente wonings woon
nie.
_______________________________________________________________________
_______________________________________________________________________
_______________________________________________________________________
___________________________________________________________________(4)__
27. Dit is die jaar 2070. Ontbossing en aardverwarming het al die woestyne
vergroot. Verbeel jou jy kan ‟n woestyn kies om in te woon. Watter een sal
dit wees en waarom? Skryf sinne om jou antwoord te verduidelik.
___________________________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
_____________________________________________________(4)_
Bladsy 16 van 17
TAALSTRUKTUUR EN -GEBRUIK
Skryf die sinonieme (woorde met dieselfde betekenis) van die teks van die
vet onderstreepte woorde in die spasie.
Sinoniem
28. Die Bedoeïen en die San is mense wat
rond trek.
29. Die Joert kan gedra word.
(2)
Skryf die antonieme (woorde met die teenoorgestelde betekenis) van die
teks van die vet onderstreepte woorde in die spasie.
Antoniem
30. Natuurlike grotte is gebruik as huise.
31. Pikkewyne leef in die Noordpool.
(2)
Onderstreep die korrekte trap van vergelyking.
32. Die Atakamawoestyn is (droog, droër, droogste) as die Saharawoestyn. (1)
33. Die Tunisiese wonings het die (dik, dikker, dikste) mure van al die
woestynwonings. (1)
34. Bedoeïen-tente is (maklik, makliker, maklikste) om af te breek as
Mongoolse joerte. (1)
Vrae 35 na 36. Wat is die korrekte voegwoord om die sinne te verbind?
35. Die Bedoeïene gebruik hulle kamele om hulle tente mee te vervoer. Die
kamele sak nie in die sand in soos motors en vragmotors nie.
a
alhoewel
b
as
c
totdat
d
omdat (1)
Bladsy 17 van 17
36. Die Mongole gebruik skaapwol om hulle joerte van te maak. Die
skaapwol is al materiaal wat beskikbaar is.
a
as
b
aangesien
c
voordat
d
totdat (1)
DIE EINDE