08 - Innerlike Genesing

41
1 1 Geloof in die Woord Posbus 112, STANGER 4450 (032) 551 1836 / 551 2419 ISBN 0 947033 12 2 Boek Nr. 8 HOOFSTUK 1

Transcript of 08 - Innerlike Genesing

1 1

Geloof in die Woord Posbus 112,

STANGER 4450 (032) 551 1836 / 551 2419

ISBN 0 947033 12 2 Boek Nr. 8

HOOFSTUK 1

GENESING VIR ‘N GEBROKE HART

Die bediening hier op Stanger vanuit die Christelike Sentrum het begin met die klem op die genesing van liggaamlike siektes en kwale deur die Wonderwerkende Krag van God se Heilige Gees. Ons het probeer om die begrip van God se oneindige liefde oor te dra, en dat dit God se wil is om mense heel en gesond te sien, dit was nog nooit Sy wil dat Sy kinders siek en swak moes wees nie. Ons het ook nog altyd die belangrikste aspek van wedergeboorte beklemtoon, naamlik dat berou oor sonde, vergifnis en die wedergeboorte in Jesus Christus absoluut noodsaaklik is vir volmaakte genesing. Die mens se liggaam, siel en gees is onafskeidbaar, en Vader God begeer om die hele mens te genees. Die siel bestaan uit die verstand emosies en wil. Die mens het ‘n vrye wil ontvang en hy gebruik dit om keuses mee te maak. God maak nie ‘n keuse vir ons nie en die menslike wil is ‘n verbode gebied vir Satan. Ons keuses berus by onself.

Die keuses wat ons maak is ons eie verantwoordelikheid. Niemand kan vir jou of vir my ‘n keuse maak nie. God het ons geleidelik gewys, dat die meeste van Sy kinders en dit sluit baie opregte getroue mense in, rondloop met wonde en seerplekke diep in hulle emosies en siele as gevolg van onvergifinis. Hierdie neiging steek keer op keer kop uit, met die gevolglike pyn en ongelukkigheid, sodat dit vir hulle onmoontlik is om ‘n oorwinnende geestelike lewe te lei. Dit is vir hulle onmoontlik om ‘n vreugdevolle, gelukkige beeld tot die eer van Jesus Christus te vertoon. Hierdie behoefte het ons harte aangegryp, en indien jy so ‘n behoefte het, wil ons jou verseker dat hierdie artikel jou na waters waar rus is sal lei, sodat jou lewe herstel en verkwik sal word en jy by magte sal wees om ‘n nuwe lied te sing deur God’s Woord en Jesus Christus ons Verlosser. Dieselfde Heilige Gees van God, wat fisiese genesing vir ons liggame bring, is by magte om dieselfde vir ons emosionele beserings te doen, dit hang egter af of ons gehoorsaam is aan die bevele en instruksies van Vader God in Sy Woord, die Bybel, sodat die kettings van die pyniger, Satan in jou lewe gebreek kan word.

In die eerste openbare boodskap van Jesus se Bediening het Hy gesê dat Hy nie net gekom het om liggaamlike siektes te genees nie, maar ook die wat gebroke van hart is en om die gevangenis vry te maak “……omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees, om aan gevangenis vrylating te verkondig "(Luk.4 : 18 en 19) Hierdie is nie alleenlik geestelik genesing nie, maar is ook innerlike genesing, en Jesus het aarde toe gekom om hierdie seer ook te genees. `n Siek hart word deur Jesus beskryf as die bron van alle onrein, menslike boosheid (Matt.15:18 en 19). Daarom is `n gesonde hart die bron van seëninge in `n persoon se lewe! Geen nuwe ontdekking of politieke rigting of kerklike leerstelling is so belangrik as die suksesvolle genesing van `n hart deur sy verlede in perspektief te plaas in die lig van God's ewigheid. Deur innerlike genesing kan die eensame vrygemaak word van sy gevangenisskap. Die neerslagtige of dan depressiewe persoon kan lig ontvang in sy swaarmoedigheid. Die wat voel dat niemand hulle lief het nie sal aanvaarding ontvang en die vermoë om met liefde te gee en te ontvang. Die wroeging van skuld wat onuitwisbaar blyk, word verwyder. Wanneer ons bevry is van alle onderdrukkende skadelike herinneringe sal ons besef dat Skrif gerigte gedagtes magtiger is as die vyand sin, omdat die Bybel God se geskrewe Woord is en Jesus Christus is die Lewende Woord ( Joh.1:14)

Innerlike genesing is die herskepping van die mens. Gedagtes, emosies, pynlike herinneringe en seer word gevange geneem en in lyn gebring

met die Woord van God, onder die Heerskappy van die Here Jesus Christus. Dit is die proses

van die bevryding van gevoelens van minderwaardigheid, verwerping, selfbejammering, depressie, skuld, vrees, hartseer, haat, berou, veroordeling en waardeloosheid deur middel van vergifnis, gebed en deur elke gedagte gevange te neem tot die Woord van God en te kies om jou denke te vernuwe deur die Woord van God.

Rom.12;2 sê: “En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.”

Innerlike genesing is dus die vernuwing van jou denke aangaande jouself en andere. Dit is die reiniging deur die Woord en die Gees van God. Jesus het in Joh.14:27 gesê: “Vrede laat Ek julle na, vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat jou hart nie ontsteld word en bang wees nie.”

In Jes.53:5 lees ons van Jesus “Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.”

Jesus red ons van ons sondes! – “Geestelike genesing.’ Hy bring vir ons vrede – “Innerlike of emosionele genesing”, en Hy genees ons liggame –

“Fisiese genesing.” Jesus wil hê dat ons volkome moet wees! Om innerlike genesing te ontvang moet ons die volgende weet en doen: Bely ons sondes, veral die sondes van onvergewingsgesindheid en het berou daaroor. Aanvaar en verstaan die volle prys wat Jesus aan die kruis betaal het sodat ons oorvloedige lewe kan hê. Deur Sy gestorte bloed het Hy Satan aan die kruis verslaan sodat ons verlos kon word van alle bindinge en vloeke waarmee Satan ons wettiglik gebind het. Dit is gebreek en ons moet deur geloof die vryheid ontvang wat ons nou as dissipels van Jesus en kinders van die Allerhoogste God het. Na gebed vir genesing en bevryding moet ons wandel soos Jesus gewandel het deur die vernuwing van ons verstand en denke deur die Woord van God te lees en dit te gehoorsaam.

Want die Woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart (Heb.4:12)

Dit is soos ‘geestelike snykunde’ waartydens ‘groeisels’ van vrees, haat, woede, jaloesie, afguns, selfbejammering, onvergewensgesindheid, en bitterheid. Jesus is die Geneser. Daar is van Hom geskryf in Jes. 61:1­3 “Die Gees van die Here is op My omdat die Here My gesalf het om ‘n blye boodskap te bring aan die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes ‘n vrylating uit te roep en vir die geboeides, opening van die gevangenes, om uit te roep ‘n jaar van die welbehae van die Here en ‘n dag van die wraak van onse God, om al die treurendes te troos: om vir die treurendes in Sion te beskik dat aan hulle gegee word sieraad vir as, vreugdeolie vir treurigheid, ‘n gewaad van lof vir ‘n verslae gees: sodat hulle genoem kan word terebinte van geregtigheid, ‘n planting van die Here, tot sy verheerliking!”

Kyk net hoe pragtig som God innerlike genesing in hierdie gedeelte van die Skrif op, en dan herhaal Jesus dit weer wanneer Hy van Homself praat in Luk. 4:17­19.

Jesus is die Gesalfde wat troos en verbind en vry maak! ‘n Dierbare vriendin van ons gesin het bitter min liefde van haar vader ontvang as kind, wat

‘n groot ongelukkige leemte in haar lewe gelaat het. Sy het verwag dat na haar huwelik, haar man hierdie leemte sou vul, maar tevergeefs, want haar man was nie haar vader nie en kon glad

nie die plek van haar vader inneem nie. Sy het egter haar hart aan Jesus gegee en is wedergebore deur die Gees van God, en

Jesus het hierdie leemte in haar hart gevul deur die Heilige Gees. Hy sal elke leemte vul, Hy sal en elke behoefte voorsien. Hy sal alles vir ons wees, ‘n vader, ‘n moeder, ‘n vriend en selfs ‘n man (Jes.54:5). Jesus sal alle pyn, verdriet, ou gedagtes en gedagte patrone wat pyn veroorsaak weg neem, en hulle sal hul mag om seer te maak verloor. Vandag is ons vriendin vol blydskap, sprankelend, tevrede en het sy vrede binne haarself en met andere. Dit is nie omdat haar man verander het nie, maar omdat Jesus in haar innerlike behoefte voorsien het en haar herstel het.

Deur gebed en gehoorsaamheid aan God’s Woord, sal Jesus die Geneser elke wond genees deur Sy Heilige Gees, en sal Hy elke pynlike gedagte en herinnering uit vee. Soms bly die herinnering maar dit sal nie meer pynlik wees nie. Hy verdoof die pyn en die diep wond. Die olie van die Heilige Gees genees die seer plek.

Hy reinig ons en gee aan ons Sy vrede. Kol. 2:11­15 gee ‘n pragtige beskrywing van hierdie sny­proses.

Jesus is die enigste Een wat ons hartseer kan wegneem deur die innerlike mens te genees en Hy sal dit doen as ons:

1. Vrygemaak wil wees van Satan se gebondenheid. 2. Ons begeer om bevry te word van ou gedagte patrone. 3. Ons begeer om heel en nuut te wees. 4. Ons begeer om vry te bly sodat ons Hom kan dien en `n getuie vir Hom te wees sodat

andere Hom kan leer ken en vrygemaak kan word! Jesus Christus is gister en vandag dieselfde, en tot in ewigheid(Heb.13:8) Hy word nie gebind deur tyd en ruimte nie. Hy ken ons pyn en behoeftes. Hy wil hê dat ons in die teenwoordige tyd, vandag moet lewe en nie in die verlede nie.

Filp.3:13 en 14 sê “Broeders, ek reken nie dat ek dit self begryp het nie. Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.”

Sekere mense geniet dit om in die verlede te leef, hulle herleef al die seerkry van die verlede en word regte martelare, Jesus kan nie sulke mense help nie, omdat hulle nie die verlede wil los en aangaan nie. Indien ons innerlikke vrede wil hê, moet daar ‘n begeerte vir herstel by ons wees. Hy is getrou en by magte om dit ‘n werklikheid in ons lewens te maak. Lees Kol.1:13­14 om dit te bevestig: “Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van Sy liefde, in wie ons die verlossing het deur Sy bloed nl. Die vergifnis van die sondes”

Dit is baie duidelik dat as jy jou tot Vader God bekeer en Jesus toelaat om jou Verlosser Saligmaker en Here te wees, Sy kosbare Bloed jou van alle sonde sal reinig(1 Joh.1:9). Ons moet egter besef dat ons siels vyand sal probeer om alle soorte gedagtes en idees in ons denke te plaas, wat natuurlik teenstrydig met die Woord van God is. Hy probeer om ons geloof in God te steel, nie net ten opsigte van ons verlossing en bevryding nie, maar ook deur teëspoed en ons te frustreer, sodat ons oneffektiewe Christene word. Dit is so onnodig, omdat ons Hemelse Vader in Jesus Christus vir ons ‘n volmaakte weg gegee het.

Innerlike genesing is nie net om in die verlede te delf en smerige besonderhede op te grawe nie! Dit is nie om te sien hoeveel gemors ons kan onthou nie! Dit gaan oor die weggooi van die gemors wat daar is. Dit is om die Lig van die Evangelie van Vrede in Jesus Christus toe te laat

om in al die donker areas te skyn, waar Satan al die seer en pynlike wrokke en bitterheid weggesteek het. Dit is die vergifnis en loslaat van die dinge van die verlede.

Ons dink dikwels “ uit die oog, uit die hart” wanneer dit kom by onvergifnis en bitterheid en verhoudings van die verlede. Hierdie manier van dink is egter dieselfde as om artikels te vergaar in ‘n hoekie of kas. Wanneer die deur toe is sien ons nie die deurmekaar spul nie, maar uiteindelik, wanneer ons die kas oorlaai het, tuimel alles uit sodra ons die deur oopmaak. Dieselfde beginsel geld vir ons verstand. Ons kan aanhou om gemors soos vrees, onvergifnis, ongeloof, skuld en bitterheid in ons gedagtes en verstand te druk en te glo dat dit ons nie sal pla nie. Dit veroorsaak egter verrotting in ons, wat ons beïnvloed en besoedel, wat daartoe lei dat ons in die vlees reageer, teenstrydig met God se Wil en Woord. Vrees of ongeloof kan wel te voorskyn kom wanneer ons dit die minste verwag.

Daar is sovele van ons wat deur die lewe gaan besig om te stry met “As dit maar net….” Of “sê nou maar net…” Iemand het gesê ons moet twee woorde uit ons woordeskat verwyder nl. Nooit en altyd. “ Ek doen nooit iets reg nie." "Ek misluk altyd." "Jy doen nooit dit of dat nie!" "Jy maak altyd so of so." God's Woord belowe vir ons bevryding van hierdie ou gevestigde slegte gewoontes.

Bevreesde en gefrustreerde mense verorber groot hoeveelhede drank, senumiddels en slaappille in ‘n poging om hul verlede uit te wis en hul vrees vir die toekoms. Miljoene rand word spandeer deur besoeke aan dokters en sielkundiges. Ons loof God vir Christen dokters en verpleegsters. Lukas was ‘n medikus(dokter) en geïnspireer deur die Heilige Gees het hy aan ons die Lukas Evangelie en die boek Handelinge gegee. God het medisyne geskep en vir die mens die intelligensie en vernuf gegee om dit te gebruik, maar Goddelike genesing is God die heel beste. Dokters behandel, Jesus genees.

Dikwels behandel dokters die simptome, maar Jesus wil die oorsaak genees. Jesus is die Groot Geneesheer – Hy alleen kan ons volkome genees en ons herstel. Hy wil ons gebroke harte genees. Waar daar verstandelike verwarring is, wil Hy vir ons helderheid gee. Waar daar vrees is, begeer Hy om ons te bemoedig en ons vrede te gee. 2 Tim. 1:7 sê vir ons: ”Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing!”

Ons Hemelse Vader wil gebroke verhoudings herstel, Hy wil verbrokkelde huwelike herbou. Hy begeer dat ons gesonde verhoudings met ander moet hê. Soos ons begeer dat hulle ons sal liefhê, om in staat te wees om andere te vergeef soos dit van ons verwag word. Hy wil hê dat ons die persoon moet wees soos Hy ons geskape het om te wees. As ons in een woord die resultate van innerlike genesing kan beskryf sal dit wees: VREDE. Dink maar aan ‘n paar Bybelse karakters wat diep behoeftes gehad het en daardie innerlike vrede ontvang het. As ons aan Salus van Tarsus dink en al die Christene wat hy vermoor het voordat hy ‘n Christen geword het, kan ons net ‘n vae begrip kry van die skuldgevoel en selfverwyt wat hom aanhoudend geteister het. Hy was werklik bedroef en het berou gehad omdat hy so opgetree het, hy het vergifnis gevra en dit ontvang. Hy het innerlike vrede ontvang en ‘n geestelike reus geword en ‘n belangrike apostel van die Here Jesus Christus.

Dink aan die vrou wat egbreuk gepleeg het. Sy het sonder twyfel verdoeming en skaamte ondervind, maar Jesus het gesê: ”….Vrou waar is daardie beskuldigdes van jou? Het niemand jou veroordeel nie?” (Joh.8:10)

Koning Dawid het nie net owerspel gepleeg nie, maar hy het ook Batseba se man laat vermoor. Sy buite­egtelike babaseuntjie het gesterf. Hy was sekerlik oorweldig met pynlike en

skandelike herinneringe. Nogtans het die Here sy seer hart genees en Dawid het ontwikkel tot ‘n man na God se hart. In Ps.16:9 skryf Dawid “Daarom is my hart bly en my eer juig.” Hy het innerlike vrede ontvang. Dawid het geweldige berou gehad en gepleit dat God hom moes vergewe, en hy het dit ontvang.

Petrus het ‘n diep skaamte ervaar en berou gehad omdat hy Jesus verloën het, maar hy het vergifnis en vrede ontvang en was uiteindelik so stabiel, dat Jesus hom ‘n rots genoem het. Die Here wil aan elkeen van ons hierdie selfde vrede in ons harte gee. Die Bybel beloof vir ons in Fil.4:7 ”…. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte, en sinne bewaar in Christus Jesus.”

”U sal ‘n standvastige gesindheid in volle vrede bewaar, want hulle vertrou op U.” Jes.26:3.

Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie. Joh. 14:27.

HOOFSTUK 2 JOU BEHOEFTE VIR GENESING

Alle mense het ‘n behoefte aan innerlike genesing. Satan is die een wat ons in staat stel om ‘n argument waarin ons betrokke was, woord vir woord te onthou. Satan is die een wat ons gedurig daaraan herinner dat ons ‘n sekere persoon nie kan vergewe omdat hy ons te seergemaak het. Satan is ‘n leuenaar!! Die Bybel sê in Mat.6:14­15: “Want as julle die mense julle oortredinge vergewe sal julle hemelse Vader julle ook vergewe, maar as julle hulle nie vergewe nie, sal Hy julle ook nie vergewe nie!”

Volkome innerlike genesing kan slegs plaasvind nadat ons hulle vergewe het wat ons seergemaak het, en nadat ons, ons hartseer en twyfel geheel en al aan die Here oorgegee het. Elke ondervinding wat ons tot dusver in ons lewens gehad het, het die vorming van ons persoonlikheid en gedrags patroon beïnvloed. Ons reaksies teenoor andere is gebaseer op vorige ondervindings. Die basis van ons gedrag(optrede) en reaksie in enige gegewe situasie in ons latere lewe, word gevorm in die eerste jare van ons lewens.

In Mat. 12”35 lees ons: “Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart goeie dinge te voorskyn, en die slegte mens bring uit die slegte skat slegte dinge te voorskyn.”

Pynlike herinneringe en ondervindings sloop ons van 50% van ons emosionele en verstandelike energie. My vrou, Meg, sal jou vertel dat toe sy geveg het om ontslae te raak van vrees, die emosionele energie wat sy gedurende intense vrees gebruik het, haar uitgeput en gesloop gelaat het. Vra enig een wat angs het en hulle sal dit bevestig. Smart sloop ook ‘n mens se energie.

Sommige mense het ‘n behoefte aan innerlike genesing weens ‘n betekenisvolle seer of vrees. Almal van ons het tot ‘n sekere mate innerlike genesing nodig. Dit kan vir sommige ‘n baie klein dingetjie wees. Het ons nie al almal op een of ander stadium uitgeroep: “Ag ek wens ek het dit nie gesê nie!” Natuurlik kan ons nie nou die situasie verander nie, maar ons Hemelse Vader kan, deur Sy Heilige Gees en in die Naam van Jesus, die skuldgevoel verwyder wat by ons

opkom wanneer ons aan die insident dink. Hy doen dit deur aan ons vergifnis te skenk wanneer ons gerou het oor ons onbesonnenheid en Sy vergifnis vir ons gedrag vra.

Daar was in almal van ons lewens ‘n tyd wat ons gevoel het dat ons misverstaan is. ‘n Vriend mag ons verraai het, ‘n huweliksmaat mag ons in die steek gelaat het. ‘n Onderwyser het ons miskien lank gelede onverdiend gekritiseer.

Hierdie is almal vernederende ondervindinge wat moontlik pynlike herinneringe gelaat het. Ons mag dalk bevryding nodig hê vir ‘n vrees wat ons by gebly het van ons kinderdae af. Daar is so baie volwassenes wat ‘n vrees het vir water of honde, hoogtes, hysers ens. As volwassenes probeer ons om hierdie vrese en fobies te bowe te kom. Ons voel skaam omdat ons hierdie vrees het. Ons probeer om met ons intellek en rede daarvan ontslae te raak, maar dikwels bind hulle ons soos swaar kettings. Jesus is die enigste Een wat hierdie kettings kan breek. God se Woord sê in 2 Kor.3:17 “Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid.”

Dink maar aan jou vrees vir honde! Jy is miskien in jou kinderdae deur ‘n hond aangeval. Alhoewel jy miskien nie fisies beseer was nie, kon die skrikwekkende ondervinding ‘n indruk in jou gemoed gelaat het, wat Satan, baie jare later gebruik om in jou ‘n onredelike vrees vir honde te fabriseer. Miskien het jy ‘n geweldige vrees vir water. Jy het dalk lank gelede, in jou kinderjare, probeer om ‘n speelding, wat in ‘n rivier of dam geval het uit te haal, onbewus van die gevaar. Jou ouer, daar naby, het skielik geskreeu om jou aadag te trek en te voorkom dat jy in die water val Die vrees vir water wat jy nou het is die herinnering aan jou ouer se vrees wat in jou gemoed ingeprent is. Satan het sy kans gesien, deurdat hy die gees van vrees by jou ouer, dadelik as ‘n opening gebruik het om vrees in jou hart te plaas – ‘n onnatuurlike vrees vir water wat jy vandag nog met jou saamdra. Dit is die strategie wat die duiwel gebruik om saad van vrees in ons kinderjare te saai. Soos hierdie saad groei, word ons volwasse lewens ernstig beïnvloed. Indien jy ‘n abnormale vrees of fobia het, onthou dat dit ‘n gees is. 2 Tim.1:7 sê “Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van drag en liefde en selfbeheersing.” Onthou ook dat vrees, die teenoorgestelde van geloof is en dit is sonde! As jy kies om God in alle situasies te vertrou, sal jy nie vrees nie! Die Heilige Gees sal die verlossings werk in jou hart doen. Jy kan jou Hemelse Vader vertrou, om die vrees en seer weg te neem, deur die werking van Sy Heilige Gees, soos jy jou vrese en jou verlede aan Hom gee. Hy sal alles nuut maak.

Satan wil hê dat daardie vrese ons moet beheer, Jesus het egter aan ons oorwinning oor vrees gegee, deur Sy voltooide werk aan die kruis op Golgota. As ons Hom in elke situasie vertrou, die verlede, hede en toekoms, sal Hy ons Sy vrede gee.

Sommige mense het behoefte aan innerlike genesing as gevolg van ‘n skadelike agtergrond. Miskien is jy in ‘n gesin gebore waar jy nie welkom was nie en sonder liefde ontvang is. Jy was miskien van die ‘verkeerde’ geslag en het opgegroei, verswelg deur jou ouers se teleurstelling. Jy was miskien die laaste van ‘n groot gesin, en was bewus van jou ouers se stryd om vir nog ‘n kind te sorg. Miskien was daar in jou ouerhuis gedurig twis en onenigheid. Een van jou ouers was dalk aan drank verslaaf. Hulle het jou dalk dikwels sonder rede geblameer en gekritiseer toe

jy ‘n kind was en jou nooit toegelaat om jou foute te vergeet nie. Een van jou ouer het jou moontlik altyd negatief benader met selde ‘n positiewe of opbouende toevoer. Die seer of litteken bestaan omdat iemand gesê het dat jy net soos ‘n sekere onaangename lid van jou familie is. As jou ouers geskei is, het jou moeder jou dalk dikwels daaraan herinner, dat jy heelwaarskynlik net soos jou vader sou wees, wanneer jy groot is, en jy weet wat sy van hom dink. Hy was ‘n mislukking wat sy gesin in die steek gelaat het. Miskien was jy in jou jeug aanhoudend geterg oor jou grootte, voorkoms, armoede, velkleur en agtergrond. Hierdie soort van terg is verkeerd en baie pynlik vir ‘n kind of selfs ‘n volwassene.

Miskien het jy ‘n ouer of ouers op ‘n vroeë ouderdom deur die dood of ‘n egskeiding verloor, en het jy eensaamheid en verwerping geken. Baie kinders word gemolesteer of wreed geslaan, en hulle word groot met daardie afgryslikheid en onregverdigheid diep in hulle gemoed gebrand. As jy as kind nie liefde ondervind het nie, sal jy geneig wees om jouself te verwerp. Jou verhouding met jou Hemelse Vader sal ook geaffekteer word daar jy Hom nie sal kan liefhê soos jy begeer nie.

Sommige mense het ‘n behoefte aan innerlike genesing weens hulle verlede. Miskien het jy ‘n fout begaan en nou is jy oorweldig deur skaamte en oneer. Sommige mense is agter werklike tronktralies, ander is gevangenes in tronke van hul eie gevoelens. Albei hierdie tronke is vernietigend. Jy het miskien aan jou ouers, of huweliksmaat diepe hartseer en smart veroorsaak. Dalk is hulle nou reeds oorlede en nou verwyt jy jouself en daar is geen manier waarop jy hulle kan vergoed of om vergifnis vra nie. Sommige mense het innerlike genesing nodig weens die plekke waar hulle was. Was jy al ooit in ‘n vreeslike ongeluk of ‘n omstander by ‘n ongeluk, wat emosionele wonde in jou gemoed gelaat het? Moontlik het jy ‘n senu­ineenstorting gehad en behandeling in ‘n inrigting ontvang. Daar is so baie skikkende gedagtes wat jou snags kan laat regop sit in jou bed. Miskien gee die vrees vir finasieële tekort jou ‘n gevoel van wanhoop en hopeloosheid. Jy het dalk ‘n geliefde verloor weens die dood of ‘n egskeiding en verdriet verteer jou.

Voordat jy Jesus as jou persoonlike Verlosser in jou lewe ingenooi het, was jou lewe vol sonde, korrupsie en onsekerheid. Jy kan egter nou seker wees dat jou Hemelse Vader al jou sondes vergewe het, aangesien jy hulle aan Hom bely het en berou gehad het! Hy sê in Heb.10:17: “En aan julle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek nooit meer dink nie” Ons lees in 1 Joh.1:9 weer (As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtiheid te reinig!) Jy is dus vergewe en nou moet jy jouself en andere wat jou verontreg het vergewe. Laat gaan die verlede,en weet dat jy ‘n wonderlike toekoms as ‘n kind van die broeders is. Hy bring skuld en veroordeling op jou. Lees wat God in Joh.3:17 sê “Want God het Sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word!” Ons moet ons Hemelse Vader vir ons innerlike genesing vra en dit deur geloof ontvang, begin dan om Hom daarvoor te dank en vir al Sy ander seëninge en barmhartigheid en die genade wat Hy ons elke dag skenk. ‘n Vreugdevolle en dankbare hart verhaas altyd die genesingwat Hy ons verleen.

Ons Hemelse Vader begeer om jou te genees! Ps.147:3 belowe: Hy genees die wat gebroke is van hart,en Hy verbind hulle wonde. Praat in gebed met jou Hemelse Vader en maak jou hart voor Hom oop. Die Here wag vir ‘n geleentheid om al daardie seerplekke en vrese,

verdriet en teleurstellings te genees, het sy julle oud is of nou net gebeur het. Hy weet wat ons nodig het, lank voordat ons Hom vra (Mat.6:8). Hy ken ons harte en Hy alleen kan genees en vervang al ons negatiewe emosies met Sy vrede, liefde en vreugde. Ons moet Sy genesing deur geloof ontvang en die vyand se leuens weerstaan. Jesus het gesê: “Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees.” Luk 4:18.

HOOFSTUK 3 OMGORD DIE LENDENE VAN JOU VERSTAND

Deut.1:21 “Kyk, die Here jou God het die land aan jou oorgegee, trek op, neem dit in besit soos die Here, die God van jou vaders, jou gesê het, wees nie bevrees en wees nie verskrik nie.”

Innerlike genesing vind plaas wanneer ons erken en bely dat ons onsself oopgestel het vir die aanvalle en versoekings van ons vyand, die duiwel, berou het en afstand doen van sonde. Jou aanvalsgebied kan verwerping, vrees, okkultiese betrokkenheid of soos (fortuinvertellery

ens.) of haat en onvergifnis wees. Om Satan se greep en vesting in jou lewe te verbreek, is dit nodig om die betrokke sonde, ongeag wat dit is, te erken vir wat dit is en berou daaroor te hê. dan kan jy jou Hemelse Vader, deur gebed vra om jou aan te raak, te genees en die gebied wat deur die betrokke sonde beïnvloed is te herstel. Hy doen dit gewilliglik en met liefde, in die Naam van Jesus en die krag van Sy Heilige Gees. Daarom is dit belangrik om te bely, vergifnis te vra, berou te hê, te verwerp,die houvas van Satan te breek in Jesus se Naam en dan die genesing te ontvang wat van ons Hemelse Vader kom weens Sy genade, barmhartigheid en liefde.

In Deut.1:21 sê die Here: ”Kyk, die Here jou God het die land aan jou oorgegee, trek op, neem dit in besit soos die Here, die God van jou vader, jou gesê het, wees nie bevrees en wees nie verskrik nie!”

Die bevel van die Here is baie duidelik, ‘neem dit in besit’ en die ‘land’ wat ons in besit moet neem, is ons gedagtes. Ons gedagte patroon is ‘n groot gevegsveld en daar kon nooit ware vrede in ons harte en lewens wees nie, voordat elke gedagte tot gehoorsaamheid aan Jesus Christus gebring word nie.

Mark.12:30: “en jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod.”

DIE VERSTAND – Die geregs gebied. Die volgende is maniere, wat ons ‘land’ of gebied in ons lewe aan die vyand oorgee: 1. ‘n Verstand wat bedek of verblind is(2 Kor.4:4 & 3:14, Efs.2:3, Kol.1:21) Met ander

woorde, ‘n verstand wat steeds in duisternis is gee aan die vyand ‘n plek. 2. Vleeslike of wellustige gedagtes/verstand. Rom.8:6: “Want wat die vlees bedink, is die

dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede!” ‘n Wêreldse verstand dink vleeslike gedagtes en speel in die vyand se hand.

3. Ons gee plek aan Satan, deurdat ons toelaat dat leuens en misverstand in ons gedagtes kom.

4. Deur ‘n onaktiewe en passiewe verstand maak ons onsself oop vir die vyand, wees gewaarsku teen hierdie situasie. As ‘n persoon nie sy intelegensie wil gebruik nie, sal God dit ook nie gebruik nie, maar bose magte sal ‘n oop leë verstand saam met ‘n onaktiewe wil is presies wat hulle begeer! Die kenmerk van ‘n bose gees is dat sy gedagtes jou altyd van buite bestook en hoofsaaklik deur die verstand inkom. Sulke gedagtes forseer en dryf ‘n persoon om onmiddellik of impulsief op te tree, en gaan verder deur sy verstand te verwar en te verlam sodat hy nie meer helder kan dink nie.

Satan se Strategie: MISLEIDING EN ONAKTIWITEIT

Die tekens van misleiding (2 Kor.11:3) Kan gewoonlik onderskei word. Een van hulle is ‘n fanatiese gees wat deur die vyand daar gestel is. Dit is vol entosiasme en buitengewone energie, maar is onredelik, kortaf en selfversekerd. Dan word die waarheid verdraai, byvoorbeeld:

1. ‘Ek het die gedagtes van Christus.’ (1 Kor. 2:16) Die Misleiding: Ek mag glad nie gedagtes van my eie hê nie. Die Waarheid: ‘n Mens het nie outomaties die gedagtes/verstand van Christus nie, tot sy

gedagtes vernuwe is, deur die Woord van God, die Bybel en hy deur die Heilige Gees gelei word.

God se Woord moet eers ryklik binne ‘n persoon bly voordat gesê kan word ‘Hy het die gedagtes van Christus.’

2. ‘God praat met my.’ Die Misleiding: Ek word gelei deur die Heilige Gees, en daarom het ek nie my verstand

nodig nie. Die Waarheid: God spreek deur my gees, en my verstand moet in lyn wees met my gees

sodat ek kan verstaan wat God sê . ‘n Ongebalanseerde waarheid in verhouding met ander waarhede word misleidend. As een

waarheid oorbeklemtoon word ten koste van ander waarhede in God se Woord, ontstaan ‘n geslote verstand met die gesindheid van ‘Ek weet alles daarvan.’ Dit lei tot misleiding.

Die duiwel is lief om ons te mislei aangaande onsself en/of God ons Hemelse Vader. ‘n Passiewe, onaktiewe verstand vertoon dikwels die volgende simptome: Gedagtes wat met rukke en stote, kom en gaan.

Gedagtes wat om verwerping draai. Bekommernis en vrees. Gedagtes wat veroorsaak dat een dramatiese stellings maak, sonder die nodige oorweging

jeens sy omstandighede bv. ‘Ek is baie meer geestelik as andere en ek gaan my werk los om deur geloof te gaan lewe.’

Daar is gewoonlik onbeheerbare vlugte, drome, slaaploosheid, vergeetagtigheid, gebrek aan konsentrasie vermoë, kommunikasie en te onvermoë om te redeneer.

VADER GOD SE OPLOSSING

2 Kor.10:3­4: “Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie; want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp.”

1. Trek die volle wapenrusting van God aan (Efs. 6) 1. Helm van verlossing. 2. Gordel van waarheid. 3. Swaard van die Gees. 4. Skild van geloof. 5. Borswapen van geregtigheid. 6. Skoene vir die verspreiding van die evangelie van vrede.

2. Misleiding is vervang deur die waarheid: die waarheid maak ons vry, en die waarheid is die Woord van God. Mediteer en oordink dus gedurig God se Woord.

1. Stel die bron of wortel van die lyding en probleem vas. 2. Laat die Woord van God toe om jou begrip te gee. 3. Weerstaan elke leuen van die duiwel. 4. Breek met elke leuen en sy invloed. 5. Laat die waarheid toe om elke gebied van jou lewe te vul.

3. Vernuweing van jou verstand.

1. Ondersoek die bron of wortel van jou gedagtes. 2. Bring elke gedagte tot gehoorsaamheid aan God’s Woord ( 2Kor.10:5) 3. Draai jou gedagtes weg van vleeslike dinge. (Rom.8:7) 4. Selfs ‘n gelowige moet sy denke vernuwe.(Rom12:2) 5. Laat berou sy volle loop neem.

4. Passiwiteit word oorkom deur jou verstand te aktiveer 1. Neem ‘n besluit ‘My verstand behoort aan my en ek sal dit gebruik. Ek sal geen mag

van buite toelaat om my verstand te beïnvloed, te gebruik of te beheer nie.’ 2. Oefen jou verstand deur die voortou te neem in situasies, moenie altyd vir andere wag

om dit te doen nie. 3. Oefen jou verstand deur te dink, redeneer onthou en verstaan. 4. Stel vas wat die normale patroon is vir jou welsyn en streef daarna om dit te behaal.

EIENSKAPPE VAN ‘N VRY VERSTAND 1. Gedagtes word onderwerp aan Jesus Christus (2Kor.10:5) 2. Gedagtes is in ooreenstemming met jou gees en die Woord van God.(Rom.8:6) 3. Jou verstand is vry om te konsentreer, in te neem, te onthou, redeneer en verstaan.

Om ‘n verstand, wat deur die Woord van God vernuwe is, te hê, is dus om die hoogste potensiaal wat God vir die mens se verstand bepaal het, te bereik.

DIE DOEL VAN DIE MENS SE GEES. 1. Die Heilige Gees maak God se wil duidelik aan jou gees sodat jy sal weet wat dit is. 2. Deur jou verstand sal jy die betekenis verstaan van dit wat geopenbaar is. 3. Deur jou wil te oefen, gebruik jy jou geestelike gesag of mag. Gees en verstand moet

dus saamwerk om die Wil van God ten volle te verstaan.

FEITE AANGAANDE DIE VERSTAND

1. Jy sal altyd na dit strewe, waar jou gedagtes op ingestel is. a) Die ‘kop’ kan die vlees en gees van die mens oordink(uitoorlê) b) Om in ooreenstemming met jou wandel in die gees te wees, moet jou gedagtes op

geestelike dinge ingestel wees. 2. Die gees bring lewe en vrede voort, maar die vlees bring die dood voort. 3. Die leiding van God kom altyd deur middel van die gees. 4. Hierdie leiding van God plaas ons altyd in ‘n posisie waar ons ‘n keuse het. 5. Die verstand moet nie deur die emosies beheer word nie. (2Tim.1:7) 6. Die verstand moet in ‘n nederige toestand gehou word.(Hand.20:19) 7. Jy moet die Woord van God in jou verstand plaas(Heb.8:10) 8. Die verstand moet nie onafhanklik van jou gees en God’s Woord funksioneer nie.

Geestelike groei en die vernuwing van die verstand is definitief aan mekaar verbonde. JY is dus verantwoordelik vir die vernuwing van jou verstand. Die Woord vertel ons in Efs.4:23......”dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed.” Dit is ‘n bevel van God. Die vernuwing kom as jy die Waarheid van God’s Woord toelaat om elke gebied van jou gedagte

lewe te vul.

HOOFSTUK 4 NIE MY WIL, MAAR U WIL GESKIED

God die Skepper se gawe aan jou is jou wil en dit is net joune alleen. God sal nooit. Sy wil oor joune laat geld nie, net so min sal Hy jou vyand, die duiwel, toelaat om jou wil te beheer. Elke dag word jou lewe en ewige bestemming bepaal deur jou keuses wat jy maak deur jou wil te gebruik. God maak nie jou keuses vir jou nie. Deur jou wil kies jy tussen goed en kwaad, as dit in lyn kom met God se wil vir jou, sal dit heerlike harmonie tussen jou Skepper en jouself voort bring. Deur jou keuse om jou wil in lyn met God se wil vir jou lewe te bring, met elke besluit en keuse, sal jy die volle plan van God vir jou lewe ken. Sy verskriklike mags vermoë en krag wat elke dag vir jou werk.

1. Ons emosies dui aan hoe ons voel, ons verstand sê wat ons dink en ons wil dui aan wat ons wil hê! Die wil is daardie deel van ons wat ons in staat stel om ‘n keuse te maak en God het ons nie net van ‘n wil voorsien nie, maar ook aan ons die vermoë gegee om te kies.

2. Ons geestelike lewens begin met ‘n keuse, want ons kies om ons aan God se wil en begeerte te onderwerp.

God se wil word dan die doel en eindpunt vir jou lewe in plaas van die eie wil. Berou is om weg te draai van die ‘eie ek’ van sonde en rebellie en na God te keer deur Jesus Christus. Die geestelike lewe is meer as net emosies en intellek, dit gaan oor jou wil wat in lyn met God se wil kom.

3. ‘n Geestelike omhelsing vind plaas wanneer jou wil met God se wil verenig. Gehoorsaamheid ontstaan want ongehoorsaamheid is om jou eie wil te volg. Jou hart word een met God s’n. Rom.13:14: ”Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie.”

4. Die wil is ons sensor wanneer die duiwel ons verstand en emosies aanval met ondervindings en omstandighede uit die verlede. Ons het ‘n keuse om na sy leuens te luister en daarop te reageer of om dit te verwerp. As jy nalaat om daadwerklik ’n sekere gedagte te

weerstaan wat die duiwel probeer om in jou gedagtes te bring, met die doel om jou te verwoes, laat jy onbewustelik sy leuen toe om sy vuilwerk in jou lewe te doen. Dit is jou wil wat die deur vir hom toemaak. Jy het ‘n keuse om nie stil te staan by dit wat hy aanhoudend in jou gedagtes probeer voer en wat nie in lyn is met die Woord van God. Leuens van verwerping, selfbejammering, haat, bitternis ens. Elke keer wat jy die duiwel deur ‘n wils besluit weerstaan, sal God jou besluit bevestig en sal jy geestelik sterker word.

Die grootste gevaar is misleiding wanneer dit by die binding van ons wil kom. As ‘n voorbeeld lees ons in 1Thes. 5:18 “wees in alles dankbaar....” Dit beteken nie dat alles wat met ons gebeur God se wil is nie. Wat dit wel beteken, is dat ongeag my omstandigheid of gebeurtenis, ek sal aanhou om God te prys en dank vir al die goeie dinge in my lewe: Jak.4:7&8 sê: “Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug. Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges!”

Nog ‘n voorbeeld is Mat.6:10: “Laat U wil geskied!” Dit beteken nie dat jy geen keuse het nie, omdat God se wil in elk geval in jou lewe sal geskied. Wat dit wel beteken is dat jy kies om God se Wil te doen. Dit is ‘n aktiewe keuse en nie ‘n passiewe toestand nie. God se Wil sal nooit jou aktiewe wil om te kies vervang nie.

Passiwieteit en die noodlot is albei vyande van die gelowige en nie skriftuurlik nie. God kan jou nie gebruik as jy verkies om nie jou eie wil te gebruik nie en ‘n besluit te neem volgens Sy Wil vir jou. Baie dikwels trek leuen geeste voordeel uit hierdie toestand van passieweteit en gebruik dit tot julle voordeel. Onaktiwiteit van die Wil word geidentifiseer met, onvermoë om omstandighede te hanteer, onvoltooide werk, onvermoë om te konsentreer of leiding te neem.

Dit is moontlik dat jy dalk ‘n leuen aangaande jouself of jou omstandighede ontvang en geglo het en misleiding het ingekruip. ‘n Vry wil erken altyd: Ek is dalk mislei en wil in die volle waarheid wandel. Stel vas hoe ver jy die vyand toegelaat het om veld te wen in jou lewe deur die mate van die onaktiwiteit van jou wil. Jou wil moet geaktiveer word en dit is moontlik deur te reageer volgens God se Wil en die opbou van jou geloof. Rom.10:17 vertel ons: “Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die Woord van God.” Jy moet God se waarheid vir elke gebied van jou lewe en jou geliefdes s’n ken en dit kan slegs in God se Woord, die Bybel, gevind word. Begin deur besluite te neem en daarby te bly. Soms kan jy ‘n verkeerde besluit neem aanvaar egter die verantwoordelikheid.

Ons is in geestelike oorlogvoering betrokke (volgens Jak.4:7) daarom moet ons die bose een weerstaan. Jy en ek moet besit neem van ons verstand en vir Satan geen plek toelaat nie. Moenie vir een oomblik dink dat hy so maklik sal opgee nie en jy mag soms ‘n bietjie desperaat voel onder sy hernude aanvalle – maar wees bemoedig deur die wete dat hierdie gewoonlik sy finale pogings is om jou so ver te kry om op en in te gee. Die oorwinning is joune deur die voltooide werk van Jesus op Golgota.

Wanneer jou wil weereens in beheer is van jou gees, siel en liggaam – is jy waarlik bevry.

Spr.25:28, 2Kor. 10:5, 1Kor. 7:27. Die vyand se strategie in die geveg om jou wil is passiwiteit. God se bevel is aksie. Oefen jou wil om te alle tye in lyn met God se Woord en Wil te wees, dit is ware aksie en absoluut noodaaklik.

HOOFSTUK 5 GENEES DIE KNEUSPLEKKE VAN SATAN

Joh.10:10 “Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.”

Satan is die dief en vernietiger, en sy doel is om elkeen wat in hierdie wêreld gebore word, op enige moontlike manier te vernietig, gebonde en gevange te hou. Maar ons lees in Luk.4:18 dat Jesus se sending was om die wat gebroke van hart is te genees en om die gevangenis vry te laat. Jesus het aarde toe gekom as God gemanifisteer as mens om die werke van die vyand te vernietig en Hy is gister, vandag en tot in ewigheid dieselfde. (Heb.13:8). Onskuldige kinders is dikwels die vyand se prooi en hulle dra hierdie wonde of kneusplekke vir die res van hulle lewens. Hulle is nie vry om die mense te wees wat God vir hulle bedoel het nie. Vrees, onsekerheid, bitterheid en verwerping is bewyse van Satan se werk en hierdie onderdrukking van die vyand sal aanhou totdat dit geopenbaar en daarmee gedeel word in die Naam van Jesus.

Dit is in hierdie dae baie duidelik, dat dit dikwels die kinders van God is. lede van die Liggaam van Christus, wat ly as gevolg van hierdie wonde en kneusplekke van Satan. Kneusplekke veroorsaak skeiding tussen lede van ‘n gesin, en tussen lede van Jesus se liggaam, die kerk. Vrees en wantroue bring altyd skeiding en die vyand heers waar daar verdeeldheid is.

Satan se mikpunt en doel is om te kneus en dit is in Gen.3:15 voorspel. God het met die slang(Satan) gepraat en gesê: “En ek sal vyandskap stel tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel en jy sal hom in die hakskeen byt.” Jesus self was verbrysel. Jes.53:5 “Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur Sy wonde het daar

vir ons genesing gekom.

Jes.53:10 “Maar dit het die Here behaag om Hom te verbrysel; Hy het hom krank gemaak; as sy siel ‘n skuldoffer aangebied het, sal Hy ‘n nakroos sien; Hy sal die dae verleng, en die welbehae van die Here sal deur sy hand voorspoedig wees.” ’n Intieme vriend het Hom verraai en Hy was bespot (Jes.53), beskuldig (Mat.12:24), gehaat en verlaat.

Onskuldige kinders is van Satan se uitgesoekte doelwitte, soms selfs voor geboorte. Vrees kan jou kinders aanval en verwerping kan ‘n vastrapplek in ‘n jong gemoed kry, sodat die kind as ‘n volwassene dit moeilik sal vind om liefde te toon of te ontvang. ‘n Kind wat misbruik en mishandel was, sal vol vrees, teruggetrokke of rebels opgroei, kinders van die Here is ook Satan se teikens. Nuwe Gees – vervulde gelowiges is teikens vir agterdog en verwerping en dan word julle diens vir die Here belemmer deur leuens en verdeeldheid. Satan gebruik misverstande, vals aantygings, verwerping en vrees om te breek en te vermink.

Heb.12:1 “.....laat ons ook elke las aflê.... wat ons so maklik omring....... Kneusplekke bind ons aan die een wat die seer toegedien het. Hulle verslaaf ons deur te veroorsaak dat ons bitterheid en onvriendelikheid ontvang en reageer met bitterheid en onvriendelikheid. So hou Satan se plan ons in sy kloue. Prys die Here dat Jesus gekom het om hulle wat gekneus is te genees en vry te maak. Hy maak hulle wie se verstand en gees gebind is vry en genees elke indiwidu se liggaam sowel as Sy Liggaam (Die Kerk) hier op aarde.

Baie kinders van die Here is soos ‘n appel wat geval en gekneus het – daar is vir ‘n paar dae geen uiterlike teken van skade nie, maar dan verskyn ‘n donkerkol wat uiteindelik verrotting bring. Dit is presies soos bitterheid in ‘n mens se lewe werk.

Heb.12:15 “Pasop dat niemand in die genade van God veragter nie, dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie.

Bitterheid werk soos gif in die siel en spruit voort uit seerplekke wat opgedoen word in menslike verhouding. Die mees algemeenste voorkoms van bitterheid word in die verhoudings kind/ouer en man/vrou gevind. Ons weet dat die diepste seer van diè naaste aan ons kom.

Bitterheid besoedel jou hele wese! Dit word in jou spraak, houding en gedrag waargeneem en dit val jou gesondheid aan. Jou bitterheid besoedel ook andere. Bitterheid bou mure van afsondering uit vrees dat jy weer sal seerkry. Dit bou mure van wantroue en vrees dat jou kneusplekke blootgestel sal word, wat weer op sy beurt mure van eensaamheid skep. Dit neem mense weg uit die gemeenskap en hulle raak baie krities teenoor andere.

Verbreekte verhoudings veroorsaak dikwels blindekolle wat verhoed dat ons redelik optree. Ons word mislei aangaande onsself en andere en sien dinge nie soos dit werklik is nie. Gebrek aan gevoel en deernis ontstaan en ons lewens raak self gesentreerd. Min agting vir andere se behoeftes word getoon en ‘n onvermoë om na andere uit te reik is die gevolg.

Onvolwassenheid is ook een van die gevolge van wanverhoudings, want alhoewel ‘n persoon fisies volwasse raak, eindig sy emosionele ontwikkeling daar waar hy die kneusplek opgedoen het. Emosionele ontwikkeling hervat wanneer hy sy probleem verstaan, slegs dan kan vrymaking en genesing plaasvind, in die Naam van Jesus. Onvergifnis is die wortel van bitterheid, en beskuldiging word haar. Ontkenning van die probleem in jou lewe sal uiteindelik geweldige vernietiging veroorsaak. Bitterheid is in werklikheid die groei akker van elke bose werk. Dit sal enige kind van God vermink. Die teengif is om ‘n konstante en aanhoudende gees van vergifnis te hê. Wanneer Satan wil kneus, seermaak en onvergifnis wil bring, moet niks daarvan ontvang nie, maar bevry jouself deur dadelik te vergewe! Mat.18:27 “En die heer van daardie dienskneg het innig jammer vir hom gevoel en hom losgelaat en hom die skuld kwytgeskeld.” Onvergifnis gee aan Satan ‘n wettige reg in jou lewe wat hy aangryp om jou te onderdruk en te martel. Satan het geen respek vir ‘n Christen wat met onvergifnis rondloop. Bitterheid volg altyd op onvergifnis en is weereens vernietigend en dra aaklige vrugte en besoedel lewens.

As jy seerplekke, bitterheid en onvergifnis met jou saamdra is jy aan die verlede gebonde en kan jy nie in die hede leef nie. Hierdie bitterheid loop deur na jou huidige verhoudings en die seer bind jou aan persone in die verlede. Tyd sal nie onvergifnis heel of verander nie. Ons moet deur ‘n wilsbesluit kies om te vergewe en indien ons dit nie doen nie sal marteling en pyn die gevolg wees.

Lees Mat.18:21­35. Ons vergifnis teenoor andere stel God se vergifnis teenoor ons vry.

Mat. 6:14&15 “Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.

Lees ook Mark.11:23­26 en Efs. 4:32. Vergifnis stel God se genesing in jou vry. Vergifnis bly altyd ‘n keuse. Jy kies om te vergewe! Moenie volgens gevoelens gaan – dit sal later kom. Sodra jy iemand vergewe kan God jou seer genees.

1. Maak ‘n lys van slegte verhoudings, verlede en hede. 2. Ondersoek hulle en kry die rede vir die swak punte in daardie verhoudings. 3. Vergewe die persoon of persone wat betrokke was by elkeen van hierdie verhoudings. 4. Jy sal dalk moet regmaak deur die persoon om vergifnis te vra indien die Heilige Gees so

lei. Fil.4:7: “En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.”

Die mens is geskape na die beeld van God. Sy basiese behoeftes is liefde en kommunikasie. Wanneer blootgestel aan verwerping, word die persoon liefde, sekuriteit, aanvaarding, identiteit en erkenning ontsê. Hy sal dit dan moeilik vind om liefde te gee of te ontvang. Die gevolg is die verminking en aftakeling van die hele mens. Jesus verstaan verwerping omdat Hy self verwerp was.

Jes. 53:1­3: “Wie het geglo wat aan ons verkondig is? En aan wie is die arm van die Heer geopenbaar? Hy tog het soos ‘n loot voor sy aangesig opgespruit en soos ‘n wortel uit droë grond. Hy het geen gestalte of heerlikheid gehad, dat ons Hom sou aansien nie, en geen voorkoms, dat ons Hom sou begeer nie. Hy was verag en deur die mense verlaat,

‘n man van smarte en bekend met krankheid, ja, soos een vir wie ‘n mens sy gelaat verberg. Hy was verag en ons het Hom nie geag nie.”

Ernstige verwerping word dikwels in ouer/kind verhoudings gevind. Soms gebeur dit voor geboorte of met aangenome kinders. Sommige kinders ly aan verwerping omdat hulle ouers nie hulle liefde kan toon nie, hierdie ouers het moontlik ook, as gevolg van dieselfde redes, onder verwerping gely. Verwerping by kinders volg gewoonlik wanneer ouers alkoholiste, materialiste, altyd werk, sosiaal, oor krities is en perfeksionisme verwag. Soms vergoed besige ouers hulle kinders met geskenke en geld omdat hulle nie genoeg tyd aan hul kinders bestee nie.

Die effek daarvan is dikwels: 1. ‘n Kind wat nie die nodige liefde van sy vader ontvang het nie, sal dit moeilik vind om ‘n

blywende en bestendige verhouding met Vader God te hê. 2. ‘n Kind wat opgroei met verwerping verwag in aanvaar eerder verwerping as liefde van

God. 3. Die ouerfiguur is die model waarop die kind sy verhouding met God bou.

Verwerping word ook ervaar wanneer iemand voel dat hy misluk het in die ‘aanvaarbare’ vereiste voorwaardes van die gemeenskap. Wanneer dit kom by die mens se verhouding met God, vind ons dat hy ontvangklik is vir verwerping weens sonde in sy lewe, die skuldgevoel bring self verwerping. Die gevolge van verwerping is eindeloos, en persone wat die probleem onderving dat hulle ander wantrou, het oor die algemeen diep wortels van verwerping. Emosionele onvolwassenheid spruit voort uit verwerping wat weer vedere afwykings en wanverhoudings bring, veral in huwelike. Dan is daar nog eensaamheid en vrees, die ontsettende ellende van self­verwerping waar ‘n negatiewe selfbeeld gehandhaaf word vol self kritiek en kritiek oor andere. Self­identiteit gaan dikwels verlore, maar omdat die mens na God se beeld geskape is, kan hy slegs in sy Hemelse Vader deur Jesus Christus sy identiteit vind. ‘n Onstabiele verhouding met God kom dikwels ook weens verwerping en ons liefde vir God word vervang met ‘besig wees’ vir God in plaas van geloof en vertroue in Hom en aanvaarding van Sy onvoorwaardelike liefde. Begin deur hulle te vergewe wat jou verwerp het en gee al jou verwerping oor aan Jesus Christus. Hy het klaar die prys betaal, ­ Hy was verag en verlaat deur mens en God (Jes.53:3) Hy verstaan. Lees dan God se beloftes in Jes 54:4­6 en Jer.30:17. Dit is noodaaklik dat jy jou ware identiteit in Jesus moet verstaan. 2 Kor.5:17 sê “Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel, die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.” Aanvaar jouself, vergewe jouself vir jou verlede en ontvang die oneindige liefde van jou Hemelse Vader. Onthou met God is daar nooit verwerping!

As ‘n kind van God is jy deel van Christus se Bruid wat deur die Heilige Gees voorberei word vir die Bruidegom om te wees sonder vlek of rimpel, volgens Efs.5:27. Die sleutel tot volkome genesing van emosionele pyn word gevind in Fil.3:13­14: “....Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.”

Vergifnis maak jou vry van die verlede en pyn wat jou daaraan gebind het. Dit skenk jou vrede en jy ondervind die teenwoordigheid en liefde van die Here. Kies vandag om te vergewe en word vrygemaak van die kneusplekke van Satan in Jesus se Naam.

HOOFSTUK 6 GOD SE VOORWAARDES

God het die mens gemaak – die heel laaste van Sy skepping, ‘n voortreflike gekompliseerde wese! Satan haat natuurlik alles wat God geskape het en is daarop uit om dit te vernietig en sy hoofdoelwit is natuurlik man en vrou! Daarom moet ons bewus wees van sy taktieke en gedurig op ons hoede wees. Ons mag aan hom geen plek gee om in ons lewens in te kom nie. (Efs.4:27) “en gee aan die duiwel geen plek nie.” Prys God vir die feit dat ons in Hom volkome beskerming het as ons volgens Sy Woord en Sy Weë wandel en Sy wil te alle tye doen. As ons, ons lewens heeltemal aan Hom oorgee, kan ons verseker wees van Sy volkome beskerming.

Mens bestaan uit liggaam, siel en gees, en die Here het ons in die afgelope jare geseën met wonderlike fisiese genesings vir duisende mense. Hierdie genesings vind plaas omdat ons ons posisie, as Nuwe Testamentiese kinders van God, baie ernstig opneem. Ons word nie langer verblind deur menslike tradisies wat sê dat die oplê van hande op siektes, uitdryf van duiwels en spreek in tale, volgens Mark. 16 vers 15 net vir die vestiging van die vroeë kerk was, en daarna opgehou het.

God sê aan ons dat sy Woord nooit verander. Ps.119:89: “Vir ewig, o Here, staan U woord vas in die hemele”. Jesus, die woord wat vlees geword het volgens Joh. 1:1 en 14, is gister, vandag en tot ewigheid dieselfde (Heb.13:8) en deur sy wonde het ons genesing ontvang (1Pet. 2:24). Jesus vertel vir ons in Joh. 14:12­13: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo

– die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan, en wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word.

Ek kan bladsye vul met getuienisse van mense, vir wie ons die afgelope meer as 20 jaar gebid het, wat Goddelike genesing van ons hemelse Vader ontvang het. Hulle is genees van kanker, bloed kanker, maagsere, hartkwale, epilepsie, verlamming, blindheid, doofheid, longkwale, vigs, suikersiekte en enige ander kwaal waaraan jy kan dink! Ons gratis maandelikse nuusbrief bevat altyd getuienisse van baie mense wat God daagliks genees!

Die mees algemene vraag is, waarom nie almal wat vir gebed kom genees word nie. Ons wil nie voorgee dat ons al die antwoorde het nie, maar het oor die jare gevind dat die volgende redes die hoof versperrings is vir die ontvang van genesing.

1. Onbelyde sonde in ‘n persoon se lewe, en hier is onvergifnis die algemeenste. 2. Deelname aan, okkultiese bedrywighede (kry ons boek ‘Ken jou vyand’) 3. Gebrek aan geloof wat na vore kom deur die woorde wat jy spreek.

Ons weet dat die liggaam, siel en gees so nou saamgevleg is dat ons nie die feit kan miskyk dat fisiese simptome soms te wyte is aan innerlike spanning, angs, skuldgevoel en stress. Maagsere en spastiese dikderms is dikwels die gevolg van bekommernis, wrokke of haat. Nadat met hierdie innerlike probleme gedeel en (vir goed) ontslae geraak is, volg genesing. Dit help nie om dit goed te praat nie. Intense vrees en bekommernis kan hart probleme veroorsaak. Onthou vrees en bekommernis is sonde! Jy het ‘n Hemelse Vader wat vir jou omgee, wat jou nooit sal verlaat of in die steek laat nie, en is in staat om vir jou, in elke situasie, te onderneeem! As jy dit glo, sal jy nie vrees of bekommerd wees nie – indien nie, wys dit aan God dat jy nie geloof in Sy Woord, Sy beloftes en Sy vermoë het nie! Ons besef dat God Soewerein is en ons kom hom nie beperk of manipuleer deur ons gevolgtrekkings of woorde nie – ons weet egter dat dit Sy wil is dat ons heel en gesond (3Joh.2) moet wees en ons moet gewillig wees om onsself te ondersoek as genesing nog nie plaasgevind het nie.

Laat ons na ‘n paar noodaaklike dinge kyk voordat ons verder oor innerlike genesing gesels. Jou Hemelse Vader weet alles van jou af en Jy het jou onvoorwaardelik lief. Hy wil aan jou die Ewige lewe gee. Hy wil jou vrymaak van alles wat jou nog gebonde hou. Hy begeer om jou liggaam te genees. Hy begeer ook om alle kneusplekke, pynlike en emosionele wonde weg te neem uit jou innerlike.

Daar is egter nog sekere voorwaardes wat jy moet nakom voordat Hy jou volkome kan herstel. Dit sluit in, bekering, breek met die okkult, vergifnis, eerlikheid en nederigheid. Gaan baie noukeurig deur al hierdie aspekte van jou lewe, beskou elkeen as ‘n baie belangrike stap vir jou genesing. Maak baie seker dat jy saamstem met dit wat God van jou verwag.

Wedergeboorte: (Bekering en neem Jesus as Verlosser aan)

Met baie liefde in my hart wil ek jou vra of jy al êrens in jou lewe ‘n besluit geneem het om Jesus aan te neem? Is Hy jou PERSONNNLIKE SALIGMAKER? Is jy Wedergebore volgens Joh.3:3? As jy hieroor seker is en met oortuiging kan sê: “Ja! Amen! Ek is seker dat my naam in

die Lam se Boek van die Lewe staan,” (Openb.13:8) dan is ek verheug en dank God. Maar as jy nog nie ‘n wedergebore kind van God is nie, moet jy hier begin om ‘n oplossing vir jou probleme te soek. Stel jou eie lewe in volgens God se plan vir jou, word Syne en as Sy kind sal jy jou Hemelse Vader se beloftes in Sy Woord, die Bybel, ontvang. Loof die Here! As jy nie ‘n geredde kind van God is nie, blaai na die agterste gedeelte van hierdie boek vir meer inligting: Volg die stappe sorgvuldig en eerlik en gee jou hart aan Jesus.

OKKULT OF BOSE PRAKTYKE.

Jy was miskien voor of na jou bekering betrokke by akkultiese of bose praktyke. Ek stel voor dat jy die volgende stappe biddend volg. Hierdie magte van die duisternis kan jou verhinder om ʼn vol geestelike lewe tel lei en kan onnodige probleme, siektes, vrees en mislukking veroorsaak.

1. BELY AAN GOD jou betrokkenheid by verbode okkultiese praktyke. 2. BREEK ONVOORWAARDELIK en heeltemal met enige vorm van die okkult, heksery

ens. 3. VERBRAND EN VERNIETIG enige artikel of item wat jou met die okkult verbind. Dit mag

ʼn foto, boek, hangertjie of stuk juwliersware, kledingstuk, ornament bv.Buddha, beeld van ʼn oosterse of Egiptiese “god”, Tarok kaarte, pendelum, joga, karate of judo toerusting ens.

4. BREEK JOU VERBINTENIS en betrokkenheid met Satan, denomiese magte en diegene wat nog betrokke is. Breek met die sonde van jou voorouers. Bekeer jou opnuut tot God en bid die onderstaande gebed:

Dankie Here Jesus dat U vir my gesterf het sodat my sondes vergewe kan word en vir u opstanding uit die dood in Heerlikheid en oorwinning. Dankie dat U my nuut geskape het deur U kosbare bloed.

Hemelse Vader ek moet aan U bely dat ek die bo­na­tuurlike, buite U wil en Woord, gesoek het. Ek was ongehoorsaam aan U Woord en was betrokke met dinge wat vir U ʼn gruwel is. Help my asseblief om met al hierdie betrokke dinge te breek en reinig my, gees, siel en liggaam in Jesus naam.

Ek verwerp en breek met alle spiritistiese sittings, medium en helder siendheid (ouijabord) en ook alle onrein speletjies van okkultiese oorsprong soos glasie­glasie.

Ek verwerp en breek met alle duiwelskunste en heksery soos swartkuns, ‘charits’, towerspreuke en beswerings. Ek verwerp en breek met buitesintuiglike waarneming

(ESP) telepatie en hipnose. Ek verwerp en breek met fortuin vertellery, lees van teeblare, kristal balle lees. Tarok kaarte, hand palm en kaart lees. Ek verwerp en breek met alle horoskoop lees en sterrewiggelary.

Ek verwerp en breek met die dwaalleer van reïnkarnasie en alle ander vorms van akkultiese genesing, holistiek en alternatiewe medisyne met akkultiesewortels.

Ek verwerp en breek met vorme van hipnose, ‘medies’ en andersins.

Ek verwerp en breek met alle pogings om die toekoms of verlede te weet deur fortuinvertellery of enige ander manier wat buite U wil is.

Ek verwerp en breek met waterwysery met ʼn wiggelstok, pendullum swaai, swewing van liggame of dinge, psigometrie en outomatiese skrywe.

Ek verwerp en breek met alle literatuur wat ek gelees het, wat met al die bogenoemde te doen het.

Ek verwerp nou in Jesus se Naam en breek alle begeerte na en deelname aan bonatuurlike ondervindings buite die Woord van God, en alle bindinge van die derde en vierde geslag, en enige demoniese houvas op my familie as gevolg van ongehoorsaamheid in enige van hierdie areas deur een van my voorsate.

Ek verwerp en breek met alle valse leerstellings wat nie in lyn met die Woord van God is nie (Jehova Getuies, Christian Science, Mormone, Vrymesselaars ens.)

Ek breek met yoga, karate en judo. In die Naam van Jesus breek ek nou elke mag en gesag van elke bose gees wat die wettige reg gehad het om my tot hiertoe te beïnvloed, en ek roep tot U, my Hemelse Vader, in die Naam van U Seun en my Verlosser, Jesus Christus, om my vry te maak.

Dankie dat U dit nou doen volgens U Woord. Amen. (My advies is dat jy ons boek ‘Ken jou Vyand’ bestel. Dit bevat ‘n uitgebreide lys van verskeie okkultiese praktyke)

EERLIKHEID

Die gedagtes van die regverdiges is wat reg (eerlik) is, die slim planne van die goddelose is bedrog. (Spr.12:5)

Hy wat die waarheid spreek, vertel wat reg is, maar ‘n valse getuie bedrog. Spr.12:17.

Jy moet heeltemal eerlik wees met jouself, met enige persoon wat saam met jou bid oor hierdie saak, en ...die mees belangrikste, met God. Hy weet tog in elk geval alles in verband met jou, selfs as jy lieg!

Soms is die verlede so pynlik en vernederend dat jy dit eerder diep in jouself wil wegsteek as om dit te ontbloot. Jou Hemelse Vader weet dit en wag dat jy jou foute en sondes sal erken sodat Hy jou kan aanraak en genees.

NEDERIGHEID

Maar Hy gee groter genade, daarom sê Hy: God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade. Onderwerp julle dan aan God, weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.

Jak.4:6­7. Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige

gebed van ‘n regverdige het groot krag. Jak.5:16.

Eerlikhied en nederigheid gaan hand aan hand as jy voor die Here kom. Die meeste mense weier om hulp te soek omdat hulle te trots is. Hulle wil nie dat ander weet van hulle verlede nie en sodoende bly hulle vasgebind aan hulle pynlike herinneringe. Ons dra so dikwels ‘n masker vir andere, maar ons sal moet ontslae raak van huigelary, verradelikheid, valse verbeelding en ons ego. Tot dan hou Satan ons in sy kloue, maar met eerlikheid en in nederigheid sal ons die oorwinning kry wat Jesus vir ons voorsien het.

HOOFSTUK 7 JOU ERFDEEL

Toe jy ‘n kind van God geword het, onlangs of lank gelede, het jy ook ‘n mede­

erfgenaam met Jesus Christus geword (Efs.3:6) en ‘n erfgenaam van die Vader se rykdom – fisies, maar belangriker geestelik. Jy het ‘n erfenis in die hemel en ook hier op aarde.

Rom.14:17: “Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees.” As gelowige is dit jou regmatige erfdeel. Laat ons dit oorweeg.

1. Jy het geregtigheid: ‘n Regte verhouding met God, versoen met God die Vader. Jy is in ‘n posisie waar jy voortdurend met God kan verkeer. Jesus het hierdie verhouding herstel, nadat Adam se sonde dit vernietig het. Jy kan nie hierdie posisie verdien nie, dit is ‘n geskenk vn God en jy moet dit net aanvaar. Dit is moontlik gemaak deur die offerdood van Sy Seun Jesus. Ons versoening met ons Hemelse Vader vind plaas wanneer ons Jesus as ons persoonlike Verlosser aanvaar.

2. Jy het vrede. Daardie kalmte versekering dat God in beheer is van alles en oor jou waghou, en jou nooit sal los of in die steek laat nie. Sy vrede, wat jou verstand te bowe gaan en dit moontlik maak dat jy kan uitstyg bokant jou omstandighede. Dit is ‘n vrede, wat dit vir jou moontlik maak, om die stille versekering rond te dra dat God jou lief het en jou lewe veilig in Sy hande is.

3. Jy het blydskap. Die Heilige Gees plaas dit in jou gemoed en dit is nie afhanklik van ‘n oomblik se plesier of vermaak nie, maar dis ‘n ware innerlike blydskap omdat jy ‘n kind van die Lewende God is. Dis ‘n sprankelende, maar standvastige vreugde wat gegrond is op die Ewige Rots. Hierdie blydskap bruis in jou op en jy wil sommer net vir God loof en prys vir wie Hy is,die wonderlike Verlosser van jou liggaam, siel en gees.

Geregtigheid, Vrede, Blydskap Hierdie erfenis van jou is volkome bevredigend vir alle omstandighede. Net soos Satan vir

Adam en Eva aangeval het, kom hy vandag nog met dieselfde tegnieke na ons toe. Adam en Eva het gemeenskap gehad met die Vader, die Bybel vertel ons dat God met Adam gewandel en gepraat het in die Tuin van Eden. Satan het egter met sy leuens en misleiding gekom en die verhouding tussen God en die mens verbreek. Satan het nog nooit verander nie, en hy kom vandag nog met dieselfde leuens, deur mense te ontmoedig wat God volg en hulle aan te moedig om hulle eie pad te loop en hulle eie ding te doen! Hy vertel jou dat God jou nie kan liefhê nie as gevolg van al die slegte dinge wat jy gedoen het en jy herinner jou aan die talle kere wat jy misluk het in jou wandel met God.

Dikwels, omdat daar ‘n klein bietjie waarheid steek in Satan se woorde, glo jy alles wat hy sê van jou onwaardigheid. Die feit dat God alles van ons af weet en ons nog steeds liefhet is een van die moeilikste dinge vir ‘n Christen om te aanvaar. God se weë het nog nooit verander nie. Net soos Hy in die Ou Testament Sy volk tot in die beloofde land gelei het, waar hulle nadat hulle binne gegaan het, die reuse moes oorwin om hul erfnis in besit te kon neem. Net so doen Hy vandag dieselfde met ons.

Jy het ‘n erfdeel aan geregtigheid, vrede en blydskap in die Heilige Gees en al wat jy moet doen is om die geestelike reuse te verslaan wat Satan teen jou stuur. Is dit ‘n reus van ongeloof, weersin, verwerping, vrees, haar, rebellie of depressie? Miskien is dit die vreeslike reus van

onvergewenis gesindheid of selfmoord – hulle wil jou beroof van jou erfenis van die Koninkryk van God. Hulle sal jou vrede en blydskap steel en voorkom dat jy ‘n naby verhouding met jou Hemelse Vader het. Satan se doel is om jou te weerhou daarvan om die reuse te oorwin en te verslaan, sodat jy nie indring en jou erfdeel in besit neem nie, maar uiteindelik afkoel teenoor God en die dinge van Sy Koninkryk en uiteindelik jou rug heeltemal daarop keer. Dit is Satan se doelwit en hy kan slegs in jou lewe wen as jy nie met elke individuele reus deel nie. Neem vandag ‘n besluit om elkeen te oorwin, sodat jy die volheid wat God vir jou voorberei het kan ontvang. Moenie dat Satan die oorhand kry deur jou te mislei en te laat glo dat die weersin, bitterheid, onvergewensgesingheid, haat, jaloesie, ongeloof ens. wat jy dra, geregverdig is. Hy sal jou beroof van jou erfdeel hier op aarde en verder ook van jou ewige erfdeel, as jy na sy leuens luister! Moenie bedrieg word nie!

God sal saam met jou veg totdat jy oorwinning oor Satan se reus behaal het.

Jesus is ons oorwinning! In 1Kor.15:57 spreek Paulus die gebed van ons hart uit as hy sê: ”Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus!” Jesus het reeds daardie vyand aan die kruis oorwin, DIE OORWINNING IS REEDS VIR JOU BEHAAL! Jy moet dit net in die Naam van Jesus vir jouself toeeïen. Jak4:7 sê vir ons: “Onderwerp julle dan aan God, weerstaan die duiwel en hy sal van julle vlug! Weerstaan Satan in die Naam van Jesus en herinner hom aan sy neerlaag op Golgota, en hy en sy reus moet vlug. Neem besit van jou regmatige erfdeel en deur die krag van die Heilige Gees is dit joune.

Weereens let ons op die Ou Testament, in die opsig dat, toe die kinders van Israel die een oorwinning na die ander gehaal het was dit nie soseer as gevolg van hulle eie militêre vernuf nie, maar omdat hulle nougeset God se instruksies ghoorsaam het. Maar toe Agan ongehoorsaam was, het Israel die onderspit gedelf in die volgende aanval. Lees 1 Sam.15:22 “Daarop sê Samuel: Het die Here behae in brandoffers en slagoffers soos in gehoorsaamheid aan die stem van die Here? Kyk, om gehoorsaam te wees is beter as die vet van ramme.” Dit geld vandag nog net so veel soos destyds. Gehoorsaamheid is beter as offerhande! Jy neem jou erfenis in besit deur gehoorsaamheid aan die waarheid wat God aan jou geopenbaar het in Sy Woord en deur Sy Heilige Gees. Breek met elkeen van hierdie bose reuse in die Naam van Jesus en beveel elkeen van hulle om jou te verlaat en nie langer enige invloed op jou lewe uit te oefen nie. Ons wil dikwels sonde verdeel in ‘klein’ sondetjies en ‘groot’ sondes. God sien alle sonde in dieselfde ernstige lig as rebellie teen Hom. Vra jou Hemelse vader dat Sy Heilige Gees al die onrein geeste aan jou openbaar, wat Satan gestuur het om jou te verstrik sodat jy sukkel en val, breek met jul bose werke een vir een soos Hy hulle aan jou openbaar dat ‘n gees van verwerping jou teister, sê met oortuiging: ‘Gees van verwerping, verlaat my nou in die Naam van Jesus!’ Jy moet dan op jou hoede wees en voorkom dat dit terugkom. Indien jy ‘n toegewyde Christen ken, vra hom of haar om saam met jou te bid, en stem saam dat die vyand moet gaan. Hier is die name van sommige van die reuse waarmee jy dalk moet deel: trots, angs, leuens, humeur, kritiek, minderwaardigheid, ongeloof, jaloesie, bekommernis, spanning, twyfel, rebellie, veroordeling, verwerping, gekrenktheid, selfmoord, eensaamheid, onvergifnis, twyfel, haat, selfbejammering, passiwiteit, bitterheid, vrees, agterdog, vraatsug, egbreek en verwarring. Werk deur hierdie lys, voeg ander by as daar is. Vra die Here om deur Sy Gees aan jou te wys, watter reuse in jou lewe is, en om jou te alle tye waaksaam en op jou hoede te maak, sodat jy elke aanval van die vyand kan weerstaan. Onthou om sterk standpunt in te neem teen enige bose

gees, deur dit te weerstaan en dit te beveel om jou te verlaat in Jesus se Naam. God het aan jou die gesag gegee om Satan te weerstaan en om beheer oor jou lewe te neem . As jy daardie gesag toepas, sal jy sterker word in die krag van die Here om heeltemal oor enige reus te triomfeer.

Vra jou Hemelse Vader om aan jou die gees van vreugde, blydskap en vrede in jou hart te gee, deur die werking van Sy Heilige Gees in jou, en om jou te vul met LIEFDE: nie die van die wêreld nie, maar God soortige liefde, wat ‘n keuse is. Vra Hom om toe te laat dat die vrug van die Heilige Gees sigbaar in jou word.(Gal.5:22­23)

Net ‘n waarskuwing, pasop dat jy nie agter alles wat jy of iemand anders doen soek vir ‘n bose gees nie. Dit sal nie help om Satan vir elke probleem te blameer nie, as net meer selfbeheer beoefen moet word. Moet nie in Satan se strik trap deur aan hom te veel aandag te gee nie, en onthou altyd dat “Hy wat in jou is, is groter as hy wat in die wêreld is.” (1 Joh.4:4)

HOOFSTUK 8 DEEL MET DIE VERLEDE

Mooi herinneringe is van die mens se kosbaarste besittings en die oordenking daarvan bring groot vreugde en vrede. Maar herinneringe aan die onaangename dinge, die swart kolle in jou verlede, kan so ‘n ongelukkige toestand in jou hele lewe skep dat dit jou op elke gebied affekteer, maar weereens is Jesus Christus ons Lig, Geneser, Hersteller en Raadgewer.

Ons lees in Jes.61:1­3: “Die Gees van die Here is op My, omdat die Here My gesalf het om ‘n blye boodskap te bring aan die ootmoediges. Hy het my gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenis ‘n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis, om uit te roep ‘n jaar van die welbehae van die Here en ‘n dag van die wraak van onse God, om al die treurendes te troos, om vir die treurendes in Sion te beskik dat aan hulle gegee word sieraad vir as, vreugdeolie vir treurigheid, ‘n gewaad van lof vir ‘n verslae gees, sodat hulle genoem kan word terebinte van geregtigheid, ‘n planting van die Here, tot sy verheerliking.

Ons moet in gebed uitreik na ons Hemelse Vader, en in die naam van Jesus ons Verlosser en Geneser vra dat Hy ons aanraak en herstel. Soek ‘n stil, afgesonderde plekkie waar jy rustig en ongehinderd met jou Hemelse Vader kan gesels. Soek sy aangesig nederig en eerlik met lof en danksegging, begin deur jou sonders te bely en vra Hom om vergifnis. Dit is belangrik dat jy die versekering in jou hart het dat Jesus die Here in jou lewe is. Indien jy nog nie vir Jesus as jou Verlosser aangeneem het nie, is hierdie die tyd om die noodsaaklike stap te neem. Gebruik jou gesag as gelowige, wat aan jou as dissipel van Jesus gegee is in die Groot Opdrag volgens Mark.16:15 Neem gesag in die Naam van Jesus oor elke bose mag wat Satan teen jou gestuur het. Vra die Vader om hulle aan jou te openbaar deur Sy Heilige Gees. Vra Hom om hierdie leemtes met Sy Heilige Gees, Sy liefde, blydskap en vrede te vul. Die volgende gebed is ‘n riglyn van hoe jy tot die die Here, moet bid, wanneer jy met die verlede deel en bevryding van skadelike herinneringe wil ontvang.

Vader, ek dank U vir U Seun, Jesus, wat nie net aan die kruis gesterf het vir my sonde nie, maar vir elkeen van my seerplekke en vrese. Ek dank U dat Jesus dieselfde is gister, vandag en tot in ewigheid en dat Hy begeer dat ek volkome heel moet wees na verstand, siel, liggaam en gees.

Vader, ek dank U vir U begeerte en vermoë om elke gebied van my lewe, insluitend die verlede, te heel. Ook vir die wete dat U my volkome sal herstel in die wonderlike Naam van Jesus. Ek gaan terug na die derde en vierde geslag in my bloedlyn en breek elke binding en vlek in die Naam van Jesus, en ek vra dat U my vrymaak.

Vader U Woord sê dat U my geken het voordat ek gebore is. Dankie vir die versekering dat U daar was toe ek in my moeder se skoot gevorm is, en ek vra dat U enige bose invloed wat probeer het, selfs vanaf my geboorte, om my lewe te beïnvloed sal verwyder en my vry te maak. Dankie dat U daar was toe ek gebore is en dat U my altyd liefgehad het. Ek hoef nooit verwerping te ken nie, want U was altyd by my. Here al die kere waar ek deur moeilikhede gegaan het – (noem hulle hier, bv. egskeiding van ouers, verwerping, skeiding, dood van ‘n geliefde, verraad ens.) vul my met U liefde, vergewensgesindheid en krag. Verwyder die seer van verwerping, elke vrees, alle traumatiese ondervindings en skaamte. Gedurende tye waar ek gevoelens ondervind het van mislukking, minderwaardigheid, onvoldoendheid, verlies, onbekwaamheid, mense in die steek gelaat en te kort skiet aan hulle standaarde. Here maak my asseblief vry van al hierdie dinge in my verlede en gee my die vermoë om dit te laat gaan. Ek loof en dank U dat U my vry maak.

Vader ek dank U vir my vader en moeder. Laat asseblief U Goddelike liefde tussen ons vloei, heel asseblief misverstande en herstel die gebroke verhoudings. (sommige mense groei op in huise sonder liefde en vertroue) Gee dat vergifnis plaasvind, en nuwe bande van liefde geknoop word.

Vader ek bring my broers en susters voor U troon van genade. As daar gevoelens van kompetisie of jaloesie was, laat U genesende krag nou uitwissing en herstel bring, en skenk ‘n nuwe liefde en begrip tussen ons sodat ons mekaar kan aanmoedig en ondersteun.

Baie dankie Here vir U liefde wat my deur my tienderjare gedra het. Al die vrese en emosies wat ek ondervind het, die beskerming wat U aan my voorsien Het in tye toe ek onverantwoordelik opgetree het. Die tye toe ek verleë was en skaam gekry het of vir watter ander rede ookal, was U liefde altyd daar. Dankie vir U beskerming gedurende eie tye toe ek blootgestel was aan sondes soos drank, verdowingsmiddels en seks. U beskerm my van alle kante. Bevry my asseblief van al heirdie dinge in my verlede, soos ek hulle aan U deur gebed bely en reinig my van dinge uit die verlede wat my lewe beïnvloed het. DANKIE VIR DIE BLOED VAN JESUS WAT MY WITTER AS SNEEU WAS.

Dankie dat U deel van my huwelik is. Heel alle seer wat gedurende hierdie tyd plaasgevind het, elke kneusplek en seer, elke harde woord wat in ‘n oomblik van woede gespreek is. Laat U Goddelike liefde weereens tussen ons vloei, en gee aan ons die begeerte en vermoë om mekaar te vergewe en van voor of ‘n verhouding te begin wat deur U liefde beskerm word. (Daar is mense wat deur die hartseer van egskeiding, bitterheid en eensaamheid gegaan het) Here, raak my aan en heel my nou en gee aan my ‘n nuwe insig in my huweliksmaat se hart en lewe. Dankie Vader vir my kinders. Neem asseblief elke gevoel van mislukking en skuld, as ‘n ouer weg. Toe ek onreverdige straf uitgedeel het of te steg was om my liefde te toon. Toe ek woorde van kritiek en woede gespreek het en nagelaat het om hulle te bemoedig en te vertroos. Vader heel asseblief al die pyn wat as gevolg van my handelinge ontstaan het. Ek vra hulle om vergifnis en ek vergewe hulle onvoorwaardelik vir enige seer wat hulle my aangedoen het.

Vader ek dank U dat U by my was gedurende tye van siekte, ongeluk en verdriet. Ek gee al daardie tye uit die verlede aan U en vra dat U my sal aanraak en heel van elke hartseer, smart en trauma. Dankie vir nuwe vrede en blydskap.

Dankie Here vir die werk wat U in my lewe gedoen het, dankie dat U my genees, bevry en gevul het met U liefde. Help my asseblief om myslelf te aanvaar en om andere lief te hê met my hele hart, siel en krag. Dankie dat U my liggaam, siel en gees skoongemaak het en my vernuwe het. Dankie dat U my volkome heel gemaak het, ek gee aan U al die lof en eer in Jesus se Naam, Amen.

Hoe om jou genesing te behou

1. Bid aanhoudend en dank die Here vir die volmaakte bevryding wat Hy in jou lewe gedoen het, en dat Hy sal aanhou om jou te beskerm en lei. Ps. 138:8 belowe dat: Die Here sal dit vir my voleindig!

2. Lees jou Bybel gereeld want dit is jou Geestelike voedsel en daarsonder kan jy nie groei nie.

3. Prys die Here IN alle omstandighede – ongeag! 4. Leer om God se Woord oor jou omstandighede te spreek – Sy beloftes, Sy voorskrifte.

Onthou dat die woord van jou mond ‘n aanduiding is van dit wat in jou hart is! Let op daardie woorde want daar is lewe en dood in die tong. Mark.11:23 “Want, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg sê Hef jou op en werp jou in die see – en nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, sal gebeur – HY SAL VERKRY NET WAT HY Sê.

5. Begin elke nuwe dag met die Here en trek die volle wapenrusting van God aan wat Hy aan ons in Efs.6:10­18 gee.

6. Wy jou huis aan die Here toe. Jesus moet tuis voel in elke vertrek.

7. Onderwerp jou aan God. Weerstaan die duiwel, en hy sal van jou wegvlug. Spreek God se Woord in tye van teenspoed wanneer die duiwel aanval en jy in ‘n geveg is.

8. Aanbid en hou gereeld gemeenskap met gelowige Geesvervulde kinders van God. 9. Bid gereeld saam met ‘n gebedsmaat. 10.Vergewe elkeen wat jou seergemaak het en probeer om versoen te raak, soos Sy Gees

jou lei.

Jy mag vind dat die behoud van jou genesing ‘n opdraande stryd is, maar jy het die hef in die hand en dis jou keuse om in die lig van God se Woord te bly wandel en vas te hou aan dit wat jy nou het! God sal dit vir jou moontlik maak indien jy Sy weë kies. Onthou dat daar terugslae, teleurstellings en mislukkings sal kom, maar die oorwinning daaroor word bepaal deur hoe ons dit hanteer. Ons Hemelse Vader,wat ons liefhet, begeer dat ons, ons geloof sal beoefen deur in tye van beproewing in Hom te glo, en volgens Sy Woord op te tree. Dit bou ons geloof, versterk en maak ons volkome. Jak.1:2­4 vertel vir ons: “Ag dit louter vreugde, broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge(beproewings, toetse) val, omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk.” Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie! Volgens die Woord, kan ons alles deur Jesus Christus doen, wat ons die krag gee, ongeag ons omstandighede. Fil.4:13 sê: “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.”

Ons moet in Hom rus, alles vir Hom gee, aan Hom gehoorsaam wees, op Hom staat maak en Hom vertrou. Wanneer die ‘lewenssee’ rof raak en die wind sterk, en daar donder en weerlig is, moet ons onthou dat Jesus saam met ons in die ‘boot’ is! Hy is by magte om die golwe en storm stil te maak Hy is gister, vandag en tot in ewigheid dieselfde. Heb.13:8 vertel ons dat: ”Jesus Christus is gister, vandag en tot in ewigheid dieselfde” Ons Hemelse Vader het aan ons Sy Heilige Gees gestuur om ons te troos, te lei en te versterk, ons is nooit alleen en ons Vader is in volle beheer!

Jesus sê in Joh.14:27: “Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle, nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.

HOOFSTUK 9 VERWERPING, VREES EN SKULDGEVOELENS

Verwerping, vrees en skuldgevoel is die drie geestelike euwels wat die meeste deur Satan gebruik word om diep in ons gemoed te grawe, en op die manier doen hy sy verwoestings werk in ons lewens. Hy gebruik hierdie drie geeste baie suksesvol in sy aanvalle om ons in slawerny te hou, deurdat ons toelaat dat hulle in ons manifisteer en ons dus weerhou om in volkome oorwinning te wandel, soos Jesus Christus aan elkeen van ons gegee het. Ons het reeds in vorige leringe hierdie wrede projektiele van Satan aan die kaak gestel en hoe om hulle te bestry om volkome bevryding te ontvang. Verwerping, vrees en skuldgevoelens het so baie fasette, daarom voel ek om praktiese hulp by te voeg wat van groot hulp kan wees. Die oplossing bly natuurlik altyd dieselfde – VERGIFNIS!

VERWERPING

Daar is baie regverdige redes waarom ons verwerp voel. Baie mense voel verwerp omdat hulle onwelkom was vanaf die oomblik van bevrugting. Miskien het ‘n moeder swanger geraak voordat sy getroud was en het sy aborsie oorweeg om van die onwelkome indringer ontslae te rrak. Dit is vasgestel dat as ‘n kind voor geboorte ongewens was, hy met die gevoel van verwerping in die wêreld sal kom. So ‘n kind mag fisiese probleme hê maar hy sal waarskynlik emosionele probleme hê. Daar is ‘n vorm van verwerping waar ouers graag ‘n seun wou gehad het en jy ‘n dogter is of die teenoorgestelde. Hulle teleurstelling is aangevoel in die vorm van verwerping, want verwerping is ‘n gees.

Ek weet van ‘n moeder wat haar kind altyd bekendgestel het as: ‘Dit is Anna, ons klein ongelukkie!’

Dan is daar die moeder wat sê ‘Hierdie is Johan, hy was veronderstel om ons dogter te wees.’

‘n Verdere voorbeeld is: ‘Hierdie is Joan, ons laat lammetjie. Ek was al veertig toe sy gebore is, en glo my, my man wou my vermoor toe hy uitvind dat ek swanger was.’ Staan ons ooit lank genoeg stil om aan die pyn en/of verleentheid te dink wat sulkke onbedagsame woorde in ‘n kind se hart kan bring, en wat hom miskien sy lewe lank kan bybly. ‘Ek was nie beplan nie, My ouers wou my nie regtig gehad het nie. Ek was eintlik ‘n teleurstelling vir hulle’ – ens. Ons kan en behoort ons Hemelse Vader te vra om ons kinders emosioneel en geestelik te genees, en volkome te maak, soos Jesus se doel vir hulle was. Ons moet hulle egter aanvaar vir wie hulle is, veral aangaande diè dinge wat nie verander kan word nie, soos bv. hulle geslag, grootte en talente.

Baie pyn en seer word ondervind wanneer ‘n huwelik op ‘n egskeiding uitloop. Jou man of vrou, raak verlief op iemand anders en wil met die trou. Wanneer jy ‘n huweliksmaat in ‘n ongeluk of as gevolg van ‘n egskeiding verloor, stort jou hele wêreld in die en Satan sal die uiterste verwerping gebruik om jou te probeer oorweldig. Onhou net, jy is nooit alleen! Jou Hemelse Vader het jou lief. Voor jou geboorte het hy jou al geken, en Hy sê dit vir jou in Psalm 139:13­16. Indien jou kinderjare ongelukkig was, moenie daaroor tob nie, en moet nie aanhoudend jou ouers en omgewing vir jou hartseer blameer nie. Ons Hemelse Vader sê in Sy Woord, dat ons die verlede moet vergeet en vorentoe kyk. (Fil.3:13)

Jy is baie spesiaal vir jou Hemelse Vader: Jesus sou vir jou alleen aan die kruis gesterf het, al was jy die enigste mens op aarde. Jy is Sy oogappel, en Hy wil in elkeen van jou behoeftes voorsien. Hy wil ALLES vir jou wees: jou vader, familie, vriend, advokaat, voorsiener en skild. Hy wil elke leemte in jou lewe met Sy liefde vul. Jy is baie spesiaal vir jou Hemelse Vader, en dit is nodig dat jy ‘n pragtige verhouding met Hom ontwikkel om hierdie waarheid te ervaar.

Oordink die volgende Skrifgedeeltes sorgvuldig en ernstig, laat hulle jou gedagtes deurspoel. Memoriseer hulle, spreek dit hardop, en gebruik hulle om Satan te weerstaan wanneer hy probeer om jou depressief te maak met sy influisteringe en leuens van verwerping.

SKRIFTURE AANGAANDE VERWERPING.

Ps.139:13­14: “Want U het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef. Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is, wonderbaar is U werke! En my siel weet dit alte goed.”

1 Pet.1:2: “Ek is uitverkore volgens die voorkennis van God die Vader, in die heiligmaking van die Gees, tot gehoorsaamheid en besprenkeling met die bloed van Jesus Christus. Genade en vrede sal vir my vermenigvuldig word.”

Ps. 68:6: “God laat die eensames woon in ‘n huisgesin, Hy lei die gevangenes uit in voorspoed, maar die wederstrewiges woon in ‘n dorland.”

Ps. 139:17­18:”Hoe kosbaar is dan vir my U gedagtes, O God! Hoe geweldig is hulle volle som nie! Wil ek hulle tel, hulle is meer as die sand, word ek wakker, dan is ek nog by U.”

VREES

Daar is min mense wat eerlik kan sê dat hulle nog nooit vrees op een of ander manier ondervind het nie. Vrees is die mees aftakelende emosie, en vrees verwek vrees. Satan bou vrees op vrees totdat sy slagoffer later op die punt kom, waar vrees gevrees word en so word ‘n bose kringloop gevorm. Vrees is so oud soos Adam en Eva, want ons lees in Gen.3:10 dat Adam vir God sê: “Ek het U geruis gehoor in die tuin en gevrees...”

Ons ken almal die kere toe ons in ‘n situasie was waar ons hart in ons keel geklop het, ons keel droog was en ons maag vol skoenlappers was – hierdie is egter gewoonlik van korte duur. ‘n Werklike probleem ontstaan, wanneer vrees so geweldig word, dat dit ‘n persoon se vermoë belemmer, om sekere verantwoordelikhede en aktiwiteite uit te voer. Wanneer dit voorkom moet ons besef dat Satan in geheer is, en dat die vrees in ‘n obsessie of fobie ontwikkel het – waarvan daar baie is. Daar is die welbekende vrees, uit jou kinderjare, vir die tandarts se stoel en sy snaakse instrumente. As ouers behoort ons aan ons kinders presies te verduidelik wat die tandarts, dokter of verpleegster gaan doen, want dis gewoonlik die vrees vir die onbekende wat ‘n kind ontstel meer as die prosedure self! Die ouer maak gewoonlik ‘n gerusstellinde aanmerking soos: “Moenie bang wees, dit sal nie seer wees nie.” Dit is in werklikheid ‘n leuen, wat wantroue sal veroorsaak. Meer vertroue en minder vrees word verkry, met ‘n vertaanbare verduideliking aan die kind, soos bv.: “Jy sal die steek van die naald voel, maar dit is baie vinnig. of “Ek weet dat jy ‘n bietjie bang voel, maar ek is by jou, en die pyn wat jy dalk gaan voel, gaan jou later baie beter laat voel.”

Wanneer jy iets vrees, erken dit. Jy kan sê: “Ek weet dat ek vrees toegelaat het om my vir jare aan te val, maar deur die Bloed van Jesus, kan ek enige vrees oorwin!”

Onthou dat jy enige ‘gees van vrees’ kan bind in die Naam van Jesus, die Naam bo alle name – SELFS VREES!

Dikwels maak onnadenkende volwassenes, kinders baie en onnodig bang met ‘hekse, spoke of Ou Groot­Oog’ of selfs om die kinders te dreig met publieke beamptes, bv. ‘n polisieman of slagter, wie die kind in werklikheid kan vertrou en vriende mee kan wees. Vrees vir die donker word baie keer diep in ‘n kind se gemoed geplant deur onverskillige ouers, dit kan nie net ‘n kind se lewe ondraaglik maak nie, maar kan hom ook vir ‘n leeftyd gevange hou.

Dit is nie my bedoeling om ‘n skuldlas op ouers te plaas nie, want dikwels blameer mense hul ouers verkeerdelik vir probleme wat later in hul lewens ontstaan het. Hulle moet dit liewer na hul Hemelse Vader in die Naam van Jesus neem, wat dit sal oplos en aan hulle oorvloedige lewe sal gee. Hulle staar hulle dikwels blind teen die probleem, in plaas van te kyk na die ‘Oplosser’ van daardie probleem. Daar is egter ‘n paar dinge waarteen ons as verantwoordelike ouers moet waak en sodoende verhoed dat Satan, met sy vernietigende vrees, ‘n vastrap plek in ons kinders se gedagtes gegee word.

1. Moenie jou kinders blootstel aan gruwel stories op TV, radio of boeke nie. Hou hulle weg van sulke dinge, veral terwyl hulle jonk is. Selfs sogenaamde ‘onskuldige’ spookstories is heeltemal onnodig vir ‘n ontwikkelende kind.

2. Moet nooit ‘n kind in ‘n klein vertrekkie of kas opsluit as straf nie.

3. Moet jou kind nooit straf omdat hy bang is nie (bv. vir die donker)want dit sal slegs veroorsaak dat sy vrees sal toeneem, en hom boonop ‘n gevoel van verwerping gee.

4. Voorkom dat jou kind ‘n vrees vir honde en ander diere ontwikkel deur hom te leer om hulle met respek te behandel en verstandig te gedra ten opsigte van hulle.

5. Gee aan hom ‘n mooi verduideliking van donderweer en weerlig sodat dit vir hom moontlik is om dit as God se skepping en krag te bewonder en nie ‘n vrees daarvoor te ontwikkel nie. Leer hom egter om die nodige voorsorgmaatreëls te tref in ‘n storm.

6. Wees eerlik met jou kind oor alles. As jy op reis moet gaan of ‘n afspraak moet nakom, vertel hom daarvan en moet nie net verdwyn nie. As jou kind uitvind dat jy aan hom ‘n leuen vertel het, sal hy sy vertroue in jou verloor, onseker raak en vrees ontwikkel.

7. Sê gereeld aan jou kind dat jy hom liefhet en moet nooit probeer om hom tot gehoorsaamheid te skok met woorde soos: “Jy is só stout, ek dink ek gaan jou sommer weggee.” of “As jy dit weer doen, gaan ek jou nie meer liefhê nie.” of “Ek gaan jou koshuis toe stuur.”

8. As jou kind ‘n traumatiese ervaring beleef het wat tot vrees of skok gelei het, bid onmiddellik saam met hom en deel net hom wat God se Woord oor vrees sê (2Tim.1:7) Moenie sê “Groot seun soos jy huil mos nie” – moet hom nie spot of terg oor sy vrees nie.

As jy gebuk gaan onder ‘n vrees las, wil ek weereens vir jou sê dat God jou baie lief het en dat Hy jou wil vul met vrede en vreugde, heilige moed en vertroue. Hy het jou nie geskape om belas te word met enige soort vrees en angs nie, hetsy donder, siekte, dood, mislukking, skare, water, diere, insekte, slange, openbare optrede,vliegreise, hysers of kieme. Wat dit ookal mag wees, jy kan jou Hemelse Vader vertrou en Hy sal jou van daardie vrees bevry! (Lees ons boek ‘Vry van Vrees’ beskikbaar van Stanger Christelike Sentrum)

Die volgende skrifture sal jou gees­mens opbou sodat jy die vyand kan weerstaan wanneer hy met vrees aanval. Skryf hulle uit en plak julle op jou spieël, yskas of muur. Memoriseer dit en spreek dit hardop. God se Woord is Gees en Waarheid, en sal uitvoer waarvoor dit bedoel is. Jou oorwinning kom, omdat God Sy Woord eer. Dit hang van jou af of jy Sy Woord glo en spreek in jou omstandighede.

SKRIFTURE AANGAANDE VREES

2Tim.1:7: “Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.”

1Joh4:18: “Daar is dan geen vrees in die liefde nie, maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.”

Luk.12:32: “Moenie vrees nie, klein kuddetjie, want julle Vader het ‘n welbehae daarin gehad om aan julle die koninkryk te gee.”

Jes.41:10: “Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou, kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.”

Jes.12:2 “Ja, God is my heil, ek sal vertrou en nie vrees nie, want die Here Here is my krag en my psalm, en Hy het my tot heil geword.”

Ps.46:3­4: “Daarom sal ons nie vrees nie, al waggel die aarde en al wankel die berge weg in die hart van die see. Laat sy waters bruis, laat julle skuim, laat die berge bewe deur sy onstuimigheid!”

Heb.13:6: “Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê: Die Here is vir my ‘n Helper, ek sal nie vrees nie, wat sal ‘n mens aan my doen?”

Ex.14:13: “Maar Moses het aan die volk gesê: Wees nie bevrees nie, staan vas en aanskou die verlossing van die Here wat Hy vandag vir julle sal bewerk, want soos julle die Egiptenaars vandag sien, sal julle hulle nie weer sien in ewigheid nie.”

Deut.31:8: “En dit is die Here wat voor jou uit trek, Hy sal met jou wees, Hy sal jou nie begewe of verlaat nie, jy mag nie bevrees of verskrik wees nie.”

Joh.14:27: “Vrede laat Ek julle na, my vrede gee ek aan julle, nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.

Ps.91: “Die hele psalm. – lees dit van tyd tot tyd hardop. Skryf hierdie Skrifture uit en plak dit op jou spieël, yskas of muur. Memoriseer hulle en

spreek dit hardop. God se Woord is Gees en Waarheid, en sal dit volbring waarvoor dit bedoel is. Jou oorwinning sal kom, omdat God Sy Woord eer, wat jy in jou omstandighede glo en spreek.

SKULDGEVOELENS

Jy sal moet onderskei of enige skuldgevoelens wat jy het, valse skuld is wat Satan op jou gelaai het en of dit geregverdig is as gevolg van sondige dade. Onthou altyd, dat Satan lief is om te beskuldig en valslik te blameer! Hier volg ‘n gebed as voorbeeld, indien jy vind dat jy platgedruk word onder ‘n skuldlas. Dit is egter belangrik om berou te hê en aan jou Hemelse Vader enige sonde wat jy begaan het, wat ‘n skuldgevoel op jou geplaas het, te bely. Hy belowe in 1Joh1:9 om jou te vergewe. As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.

Dit mag wees dat jy met iemand wat betrokke is, sal moet regmaak. Voordat jy hierdie gebed bid, moet jy jou Hemelse Vader vir wysheid en leiding vra, deur Sy Heilige Gees.

Hemelse Vader, ek dank U vir Jesus wat aan die kruis gesterf het vir my sonde, skuld en skande. Satan jy is gebind in Jesus se Naam en het nie langer ‘n houvas op my nie. Vader, bevry my asseblief van al die drukkende magte van skuld, skaamte, selfveroordeling, minderwaardigheid en onvergewingsgesindheid.

Neem asseblief al die pynlike herinneringe van sondes wat ek gedoen het en foute wat ek gemaak het weg. Reinig asseblief die diep wonde wat nagelaat is en genees dit volkome. Ek lê my skuld, vals of waar, aan U voete Jesus.

Here, help my asseblief om die verlede te vergeet en uit te sien na ‘n toekoms saam met U. Dankie Here vir U vergifnis. Vul my asseblief met liefde en meegevoel sodat ek gewillig en dit vir my moonlik sal wees om andere te vergewe soos U my vergewe het. Ek vergewe elkeen (noem hulle) wat geassosieer word met my skuld gevoelens en ek vergewe ook myself.

Ek het U lief Hemelse Vader en ek dank U dat U, U Seun Jesus geskenk het, my Here en Verlosser, wat hierdie vergifnis moontlik gemaak het. Dankie dat U my vry gemaak het. U Woord vertel vir my dat: As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.

Ek vra dit alles is die wonderlike Naam van Jesus, met dankbaarheid.

Amen!

SKRIFTURE AANGAANDE SKULD GEVOELENS

Jes.43:25. “Ek is dit wat jou oortredings uitdelg om My ontwil en aan jou sondes dink Ek nie.”

Rom.8:1. “Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.”

Efs.1:7. “In Hom het ons die verlossing deur Sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van Sy genade.”

Titus 3:5. “Nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na Sy barmhartigheid het Hy ons gered, deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees.”

Heb.10:17. “En aan hulle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek nooit meer dink nie.” Rom.3:23 en24. “Want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid

van God, en hulle word deur Sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.”

Ps.3:7. “Ek sal nie vrees vir tienduisende van mense wat rondom teen my gereed staan nie.”

Ps.4:9 “Ek wil in vrede gaan lê en meteens aan die slaap raak, want U, o Here, alleen laat my in veiligheid woon.”

Ps.56:5 “Deur God sal ek sy woord prys, ek vertrou op God, ek vrees nie, wat kan vlees my doen?”

Ps.9:6 en 7 “U het die heidene gedreig, die goddelose laat omkom, hulle naam uitgedelg vir ewig en altyd. Die vyande het omgekom – puinhope vir ewig, ook die stede wat U verwoes het, hulle gedagtenis, ja, diè het vergaan.”

Spr.3:24 – 26 “as jy gaan lê, sal jy nie skrik nie, en lê jy, dan sal jou slaap soet wees. Jy hoef nie bang te wees vir ‘n skielike skrik of vir die ondergang van die goddelose as dit kom nie, want die Here sal jou vertroue wees, en Hy sal jou voet bewaar vir die strik.

Weereens wil ek jou aanspoor om hierdie Skrifture neer te skryf en hulle teen jou spieël, yskas of muur vas te sit. Memoriseer hulle en spreek hulle hardop uit. God se Woord is Gees en Waarheid, en sal uitvoer waarvoor dit bedoel is. Jy kan verseker wees van jou oorwinning oor skuldgevoelens, want God sal Sy Woord eer, wat jy geglo en oor jou omstandighede gespreek het, en sodoende weerstaan jy die duiwel se aanvalle en leuens. c

Innerlike Genesing Innerlike Genesing

Hoe om die Verlede te Begrawe Hersien Februarie 2002

I N H O U D HOOFSTUK 1

GENESING VIR ‘N GEBROKE HART

HOOFSTUK 2 JOU BEHOEFTE VIR GENESING

HOOFSTUK 3 OMGORD DIE LENDENE VAN JOU VERSTAND

HOOFSTUK 4 NIE MY WIL, MAAR U WIL GESKIED

HOOFSTUK 5 GENEES DIE KNEUSPLEKKE VAN SATAN

HOOFSTUK 6 GOD SE VOORWAARDES

HOOFSTUK 7 JOU ERFDEEL

HOOFSTUK 8 DEEL MET DIE VERLEDE

HOOFSTUK 9 VERWERPING, VREES EN SKULDGEVOELENS

HOOFSTUK 10 HOE OM WEERGEBORE TE WORD

HOOFSTUK 10 HOE OM WEERGEBORE TE WORD

1. ERKEN: Want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God (Rom 3:23) o God, wees my, sondaar, genadig! Lukas 18:13) In die lig van God se Woord moet jy erken dat jy ‘n sondaar is.

2. BEKEER: Nee, sê Ek (Jesus) vir julle; maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal net so omkom. (Lukas 13:3) Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan … (Handelinge 3:19) Kom tot die besef hoe afskuwelik sonde is en draai weg daarvan.

3. BELY: As ons ons sonde bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig. (1 Johannes 1:9) Want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding. (Rom 10:10) Bely jou sondes voor God

4. VERLAAT: Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes, en laat hy hom tot die Here bekeer … want Hy vergeef menigvuldiglik. (Jesaja 55:7) Net om jammer te wees oor jou sonde is nie genoeg nie. Ons moet begeer om die vir ewig te verlaat.

5. GLO: Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy Sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. (Johannes 3:16) As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; (Rom 10:9) Glo dat Jesus Christus jou geheel en al verlos het by die Kruis.

6. ONTVANG: Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie. Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; (Johannes 1:11 en 12) Jy moet glo, deur geloof, ontvang nou vir Jesus Christus in jou hart sodat jy die ondervinding van die wedergeboorte van hê.

7. SKRYF NEER: Vandag se datum, op die binneblad van jou Bybel of lang ‘n Skrif gedeelte of vers wat vir jou spesiale betekenis het. Laat dit altyd vir jou ‘n bevestiging wees dat jy jou hart en lewe aan die Lewende God toegewy het, en dat Hy jou in Sy Liefde ontvang het. Weerstaan satan deur aan hom hierdie spesifieke vers uit te wys wanneer jy jou aanval met onsekerheid en verwardheid.

8. LEES: Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die Woord van God. (Romeine 10:17) Begin om elke dag ‘n hoofstuk uit die bybel te lees en pas God se instruksies in jou daaglikse wandel met Hom toe.

9. BID: God is nou jou Hemelse Vader: praat elke dag met Hom. Bely jou sondes, loof Hom en prys Hom omdat Hy jou vry gemaak het, vertel Hom van jou behoeftes, en dank Hom dat Hy in al jou behoeftes voorsien: liggaamlik, finansieel en emosioneel (Fil. 4:19) Hier volg ‘n gebed wat jy kan as ‘n riglyn kan gebruik om te bid. ”Hemelse Vader, ek erken dat ek ‘n verlore sondaar is. Ek dank U dat Jesus vir my sondes gesterf het. Ek vra U om my sondes te vergewe. Ek maak nou die deur van my hart en lewe vir U oop. Kom asseblief binne en reinig my. Neem die leisels van my lewe: Ek wil deur U Heilige Gees gelei word. Vader, ek dank U dat Jesus Christus nou my Verlosser en Heer is en dat ek U kind is. Amen.”

10. LAAT U DOOP: U is nou ‘n kind van God, ‘n gelowige in die Here Jesus Christus. Die volgende stap is om gedoop te word (onderdompel). Mark 16:16 sê Jesus hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word. Onthou nou dat u ‘n kind van God is. U naam is in die boek van die Lam geskryf, omdat u gehoorsaam was aan God se instruksies. Almal in die Nuwe Testament was gedoop NADAT hulle geglo het. Nadat Paulus ’n ontmoeting met Jesus gehad het op die pad na Damaskus, was hy gedoop. Daarna het hy twee derdes van die Nuwe Testament geskryf. Die klein doop of “besprinkeling” is totaal onbybels. Nêrens in die Bybel was babas gedoop nie, want jy moet eers glo voordat jy gedoop word.

11. WEES GEVUL MET DIE HEILIGE GEES: Volgens God se beloftes in Hand 2:38 en 39. Die gawes wat met die doop in die Heilige Gees gepaard gaan is noodsaaklik om oorwinnaars in die Here te wees.

12. GEMEENSKAP: Kry ‘n groep Wedergebore, gelowige Christene en hou samesyn op ‘n gereelde basis. Hou altyd die prentjie in gedagte van die kooltjie wat in die vuur is aan gloei terwyl dit in kontak met die vuur is, maar wat koud en dood gaan as dit te lank uit die vuur is.

13. SKRYF AAN ONS: Ons sal graag van hulp wil wees in jou geestelike groei en sal enige vrae oor hierdie onderwerp beantwoord. Skryf net aan ons by Stanger Christelike Sentrum, Posbus 112, Stanger, 4450.

Afrikaans Boeke-R8.00 elk

£ 3 God wil jou genees £ 5 Die Tweesnydende Swaard £ 6 Oorwinnaarstaal £ 7 Ken jou Vyand £ 8 Innerlike Genesing £ 9 Bybelse antwoorde oor Genesing £ 10 Ondervind die Heilige Gees £ 11 God se Wil oor siekte £ 12 Die Christen en Job £13 God eis `n Heilige Lewe £ 14 Vry van Vrees £ 15 Verloor gewig volgens God se Instruksies. £ 17 Geloofsbrood vir die Somer £ 18 Geloofsbrood vir die Herfs £ 19 Waarom sommige nie Genees word nie £ 20 Geloofsbrood vir die Winter £ 21 Geloofsbrood vir die Lente £ 22 Soldaat wees vir Jesus £ 23 Laat die Woord lewe (Bybelstudie bk nr. 1) £ 24 Slaankrag in Lofprysinge £ 25 Kerk oppad na Volmaaktheid £ 26 Die Nagmaal en Genesing £ 27 Die Doop en Tradisie £ 29 Wat moet ons doen Broeders £ 36 `n Suksesvolle Huwelik £ 38 Getuinesse – Vol Een £ 39 Getuinesse – Vol twee £ 42 Getuinesse – Vol Drie £ 44 Die Karakter van God £ 45 Die Groot Verleier £47 Waarom­Bybel­ Enigste Woord van God is £ 51 Die Feestye van die Here £ 52 Die Wederkoms van Christus in Daniel £ 57 Jesus Wys die Pad na die Hemel £ 59 God se Ewige Plan vir Israel £ 60 Misleiding ­ Naam van die Heilige Gees.

Mosterdsaad Boekies-R4.00 elk

£ 2 Geloof soos `n Mosterdsaad £ 4 Paulus se doring in die Vlees £M1 Waarom moet ek Weergebore Word? £M2 Is Goddelike Genesing vir almal? £M3 Hoe kan ek my finansies verbeter? £M4 Wat verwag God van die Huisgesin? £M5 Kan woorde jou lewe regeer? £M6 Wat sê die Woord van God oor die doop £M7 Hoe kan ek verlos word van vrees? £M8 Krag in die doop in die Heilige Gees £M9 Hoe moet ek bid? £M10 Kan ek die duiwel se aanvalle oorwin? £M11 Hoe kan ek my erfenis in besit neem? £M12 Wat is die Verbond? £M13 Wat is die New Age? £M14 Hoe Groot is jou God? £M15 Wie veroorsaak rampe en siektes £M16 Wat is die gevare van Karate? £M21 Mag `n Christen Oordeel? £M23 Genesing en die Okkult £M26 Wat gaan met hierdie wêreld aan? £M27 Die Drie­Enigheid van God £M29 Wat is die ware Bybelse geloof? £M33 Besluite

£M34 Van Edentuin tot by die Kruis £M38 Laat God siekte toe? £M39 Krag van God:Jesus Christus Gekruisig £M40 Jesus was nie in die hel nie! £M41 Hoe belangrik is die Ou en Nuwe Testament van vandag? £M45 Paasfees en Kersfees £M46 Die Naam van ons God £M48 Die Egte en Misleide Christelike Kerk £M49 Wat is die Islam Geloof? £M51 Waarvandaan kom Die­lag­in­die­Gees? £M54 Die Bybel en Siektes £M55 Vas en Gebed

Bande deur Dr James-R10.00 elk

£ A1 Die gesag van die gelowige £ A2 Ontdek God se Wil £ A3 Oorsprong van Christelike Kerke £ A4 Die Doop(Nr 1) gesag van die gelowige £ A5 Die Doop(Nr 2) Bybelse Opdragte.. £ A9 God die Heilige Gees £ A14 Nagmaal en Genesing £ A17 Genesingsdiens by die Sentrum £ A21 Getuienis van Dr. van Zyl £ A23 Die Eenvoud van die Bybel £ A26 Struikelblokke (Nr 1 en 2) £ A27 Waarom is daar geen oorwinning nie £ A31 Die Antwoord vir ons Hoekoms en Waaroms £ A32 Die waarheid sal jou vrymaak

Bande –ander spreukers-R10.00

£ D3 Die Doop 'n Bekeerde Dominee £D19 Genesingsgetuienis van ‘n Mediese Egpaar £ D27 Rookskerms £ D31 Toronto Blessing – Waar of Vals £ D37 Toronto Beroering in die kerk – Pst Horak

Hoe om te bestel:

Hieronder is ‘n paar maniere waarop u ons boekies kan bekom 1. Deponeer die bedrag in ons bankrekening en faks of pos die deposito strokie saam met die lys van u bestelling. (Baie

belangrik)

1. Stuur ‘n gekruisde tjek of poswissel aan ons saam met die lys van boeke.(baie belangrik)

Ons bank besonderhede:

Eerste Nasionale Bank Stanger Tjek Rekening No : 53730091667 Takkode : 22012940

Fax asseblief deposito strokie aan (032) 552 5411

Dr Jacobus Johannes van Zyl is op 24 Desember 1929 op Tarkastad gebore. Hy het op Cradock skoolgegaan en in 1958 aan die Universiteit van Pretoria gekwalifiseer as mediese dokter. Hy trou in 1959 met Meg Goslett, ‘n gekwalifiseerde apteker en lidmaat van die Presbiteriaanse Kerk. Hulle het vier kinders, en dr James soos hy alom bekend is, stel baie belang in sport. Vanaf 1949 tot 1954 was hy die Suid­Afrikaanse Universiteit se ligswaargewig boks kampioen, hengel graag in die diep see en lê hom ook toe op die

kweek van anthiriums en orgideë. Vir 20 jaar praktiseer hy op Stanger in Natal as mediese dokter waartydens hy ook die poste van Distriksgeneesheer, mediese Gesondheids Beampte en Spoorweg Mediese Beampte beklee het. In Desember 1980 verkoop hy sy praktyk om voltyds sy aandag te bestee aan sy genesings bediening vanuit Stanger, maar mense eer en sosiale status het vir hom en sy gesin kleurloos geword in die Lig van God se Genade toe hulle Jesus Christus aangeneem het as hulle Verlosser en Heer.

Dr. James was lidmaat van die NG Kerk, maar het in 1981 bedank, aangesien die bediening vanuit die Christelike Sentrum, wat ook landwye literatuur verspreiding insluit, plaasvind op ‘n interkerklike grondslag want dr. James besef dat die gawes van God se Heilige Gees aan die mens toevertrou word om die hele Liggaam van Christus hier op aarde te bedien, volgens Mark 16:15 tot 18.