Shemen Salwingsolie - 'n Innerlike oortuiging (Afr)

36
Kadosh Creations Salwingsolie & Literatuur kan bestel word @

description

About Us The use of anointing oil is an outer sign of an inner conviction to Christians. Our vision is to reach and teach regarding the powerfull spiritual principals of anointing. Our mission is to distribute the oils and teaching across Southern Africa. Our products and literature are available through courier services since 2009. More Information " For the weapons of our warfare are not physical weapons of flesh and blood, but they are mighty before God for the overthrow and destruction of strongholds, to refute arguments and theories and reasonings and every proud and lofty thing that sets itself up against the true knowledge into obedience of Christ the Messiah, the Anointed One" (2 Cor 10:4-5 AMP)

Transcript of Shemen Salwingsolie - 'n Innerlike oortuiging (Afr)

Page 1: Shemen Salwingsolie - 'n Innerlike oortuiging (Afr)

Kadosh CreationsSalwingsolie & Literatuur

kan bestel word @[email protected] 4414114 // 013-7440816

Page 2: Shemen Salwingsolie - 'n Innerlike oortuiging (Afr)

INHOUD

'N WOORD VOORAF ~ 1 ~

1. SALWING IS 'N UITERLIKE TEKEN VAN 'N INNERLIKE OORTUIGING ~ 5 ~

2. HOE VIND SALWING IN DIE PRAKTYK PLAAS ~ 7 ~

3. SALWING VIR SPESIFIEKE GELEENTHEDE EN SITUASIES ~ 9 ~

4. ‘N LIEFLIKE GEUR ~ 'N GEESTELIKE OFFER ~ 16 ~

5. OLYFOLIE IS DIE DRAER VAN DIE SALWINGSOLIE ~ 17~

6. PROMIMENTE OLIES IN DIE BYBEL ~ 18 ~

7. GETUIENISSE ~ 19 ~

GEBED ~ 21 ~

Page 3: Shemen Salwingsolie - 'n Innerlike oortuiging (Afr)

'N WOORD VOORAF

~ 'n Gebed vir jou

Dierbare HEILIGE GEES (Ruach HaKodesh), kom ontmoet en lei asseblief elke leser van hierdie skrywe in die waarheid. Ons is elkeen so wonderbaar en uniek geskape volgens Psalm 139, dat net U die ware betekenis van hierdie boodskap oor salwing, kan oopbreek. Help ons asseblief om die inhoud te verstaan en daaruit te neem vir ons eie lewens en bediening, volgens U volmaakte wil.

“Die geheimenis is Christus, en in Hom is al die verborge skatte van wysheid en kennis te vind” (Kol 2:2b-3)

“Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die HERE van die leërskare.” (Sag 4:6)

“Natuurlik leef ons in 'n menslike liggaam, maar ons voer nie die stryd met menslike wapens nie. Die wapens van ons stryd, is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God, wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevangene om dit aan Christus gehoorsaam te maak” (2 Kor 10:3-5)

“Ons wil nie aan hierdie wêreld gelyk word nie, maar laat God (Yahweh) ons verander deur ons denke te vernuwe. Dan sal ons ook kan onderskei wat die wil van God (Elohim-Skepper) is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is” (Rom 12:2)

“So sal My woord wees wat uit My mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur” (Jes 55:11)

Ons pleit die bloed van Jesus (Yeshua) oor ons gedagtes, sodat die saad, op vrugbare grond sal val en nie verlore sal gaan nie. “En 'n ander deel het in die goeie grond geval en gegroei en honderdvoudige vrug opgelewer” (Luk 8:8)

Ons spreek lewe, dat nie een woord vergeet sal word wat hier geleer word nie “Daarom gaan my volk in ballingskap weens 'n gebrek aan kennis”(Jes 5:13)

Help ons asseblief om nie die kennis van ons wedergeboorte, met die kennis van ons heiligmaking te verwar nie (Rom 6:22 )

Laat ons nou verdwyn en U verskyn!

~ 1 ~Koning Jesus (Yeshua) nooi jou ~

Page 4: Shemen Salwingsolie - 'n Innerlike oortuiging (Afr)

“Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien” (Open 3:18 AOV)

Hierdie “koop waarmee Jesus (Yeshua) ons nooi, beteken in die oorspronklike grieks “ruil /redeem / go to market”. As kind van God, (Rom8:14-16) het ek 'n geskenkbewys,wat ek kan kom ruil sonder geld (Jak1:5), by die winkelier (Die Heilige Gees), vir die suiwer goud, wit klere en salwingsolie. Ek het dit nodig vir my voorbereidingsproses, om vlekkeloos voor die Bruidegom te kan staan, met Sy wederkoms! Die geheimenis lê in die drie geskenke ~ goud, wit klere en salwingsolie:

Suiwer goud ~ Dit is my geloofsloutering ~ my ware rykdom “sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan, maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus” (1Petrus1:7)

Wit klere ~ Die toestand van my geestelike klere is die toonbeeld van my geregtigheid voor God! Jesus (Yeshua) waarsku self: “En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie 'n bruilofskleed aan het nie. En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder 'n bruilofskleed aan?” (Mat 22:11-14) En Hy belowe self: “Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor My Vader en voor Sy engele” (Open 3:5)

Salwing van my oë ~ “Open my oë, dat ek kan sien die wonders uit U wet” (Ps119:18) “ Om blindes te laat sien, en om gevangenes uit die tronk te bevry!” (Jes 42:7) “ verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet wat die hoop van Sy roeping en wat die rykdom van die heerlikheid van Sy erfdeel onder die heiliges is; dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee, en wat die uitnemende grootheid van sy krag is vir ons wat glo, na die werking van die krag van sy sterkte” (Eff 1:18-19)

“ Maar jy, as jy vas, salf jou hoof en was jou gesig” (Mat 6:17 ) en “ Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete ongeldig te maak nie. Ek het nie gekom om hulle ongeldig te maak nie, maar om hulle, hulle volle betekenis te laat kry!” (Mat 5:17) “En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak” (Joh 8:32)

~ 2 ~

Page 5: Shemen Salwingsolie - 'n Innerlike oortuiging (Afr)

~ Salomo

“ Laat jou klere altyd wit wees, en laat olie op jou hoof nie ontbreek nie” (Prediker 9:8AOV) “Let your garments be always white with purity, and let your head not lack the oilof gladness” (Ecc 9:8 AMP)

~Ons getuienis ~

Hettie ~ My brandende hartsbegeerte om soos Maria by Jesus se voete te sit en meer te leer (Luk10:39), is bevestig en bemoedig deur 'n profetiese woord om te “volhard totdat jou kruikie Mirre oopbreek om 'n lieflike geur na baie te versprei” (2 Kor 4:7) Die pad het gelei van die naspeur van Mirre se wonderlike eienskappe, na die ander olies, wat in die Bybel beskryf en gebruik word. In al drie die dimensies van menswees ~ Liggaam, Siel en Gees. En dan, die heerlike ontdekking om te besef, dat die gebruik van salwingsolie steeds net so relevant en 'n seën is vir ons wat vandag leef! Dit is my opregte gebed vir elkeen wat hier lees, dat die boodskap van 1 Joh 2:27 'n werklikheid sal wees “ En die salwing wat julle van Hom ontvang het, bly in julle, en julle het nie nodig dat iemand julle leer nie; maar soos dieselfde salwing julle aangaande alles leer, so is dit ook waar en geen leuen nie en soos dié julle geleer het, somoet julle in Hom bly” ( 1 Joh 2:27)

Thys ~ “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee”(Fil4:13) Die geloofshandeling ~ salwing ~ is so 'n kragtige geestelike wapen waarvan ek voorheen min geweet het. Ek het veral ontdek, wat salwing beteken as deel van my wapenrusting. Met wedergeboorte het ek die salwing van die Heilige Gees ontvang vir my verantwoordelikhede en gesagsposisie in Christus - as profeet- priester en koning (1Joh2:20). Vir my is dit nou 'n baie praktiese handeling in enige situasie waar die Heilige Gees my lei “Totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot 'n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus” (Eff 4:13)

Ons ~ Salwing is 'n magtige geestelike wapen. Die krag is nie in die olie nie, maar in die EEN wat die olie gee en dit uitgiet oor elke aspek van ons menswees! Ons ervaar dat hierdie praktiese uitdrukking van ons geloof nie tot die Ou Testament beperk is nie, maar vandag nog net so kragtig en relevant is in ons moderne wêreld. “dat hulle harte vertroos mag word, deurdat hulle saamgevoeg word in die liefde en tot alle rykdom van die volle versekerdheid van insig, om die verborgenheid te leer ken van God en die Vader en van Christus, in wie al die skatte van wysheid en kennis verborge is” (Kol 2:2-3) Daar is drie fases van groei na geestelike volwassenheid, wat so treffend verduidelik word deur Jesus (Yeshua) self : “En dit is hulle by wie in die goeie grond gesaai is—hulle wat die woord hoor en dit aanneem en vrugte dra: een dertig~ een sestig~ en een honderdvoudig”(Mar 4:20)

~ 3 ~

Page 6: Shemen Salwingsolie - 'n Innerlike oortuiging (Afr)

Die profeet Jesaja, verwoord die geestelike groei na volwassenheid, met die drink van melk (30 voudige salwing), dan die eet van vaste kos / brood (60 voudige salwing) en uiteindelik die versadigende vleis van die Woord (100 voudige salwing) (Jes 55:1-2)

Danie Botha sing so treffend van sy pad met die Here“As jy dit soek sal jy dit kry, dis nuwe wyn , die lewe vry, maak oop jou hart Ek sal jou lei!”

Kom ons vervul ons roeping en skeppingsdoel vandag, dis nuwe wyn in 'n nuwe wynsak, vars olie met 'n lieflike geur, sout wat nie laf is en lig wat wyd skyn!

Dit is om Jesaja 58 met oorgawe te leef! “Maar vir my gee U krag soos die van 'n buffel, ek is met vars olie gesalf” (Psalm 92:10) “Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word” (Heb 4:16)

ONS MAG NOOIT VERGEET NIE~ DIE HERE IS DIE OORSPRONG~ DIE BRON VAN DIE SALWING!“Want uit Hom en deur Hom en tot Homis alle dinge. Syne is die heerlikheid tot

in ewigheid. Amen.” (Rom 11:36)

~ 4 ~

Page 7: Shemen Salwingsolie - 'n Innerlike oortuiging (Afr)

Hoofstuk 1

SALWING IS 'N UITERLIKE TEKEN VAN 'NINNERLIKE OORTUIGING

MESSIAS is die Hebreeuse woord “Mashiach” en beteken “GESALFDE”

CHRISTUS die Griekse woord “Khris-tos” en beteken ook“GESALFDE” JESUS (Yeshua) is die MESSIAS (Mashiach), die CHRISTUS (Khris-tos) die GESALFDE SEUN VAN GOD! Soos geproklameer deur elke profeet, koning, apostel en Bybelskrywer!

Salwing is die Hebreeuse werkwoord “masach”, vandaar die Engelse woord “massage”. Die woord “ointment is afgelei van die Griekse woord “anoint”. Die betekenis van beide is “to pour over-, rub-, or smear the head-, body or object with oil” Salwing is die simboliese handeling, om salwingsolie te neem en dit op-, of oor-, of aan-, 'n person, voorwerp of eiendom te plaas. Op hierdie manier demonstreer ons, ons innerlike geloofsoortuiging.

Gesalfde is die griekse woord - “Chrisma /chrism” wat beteken om “in-gesalf ” te word. As Christene word ons ingesalf met die Heilige Gees. Jesus is tydens Sy doop “ge-chrism” met die Heilige Gees. Johannes die Doper het getuig: “Die Een op wie jydie Gees sien kom en bly, dit is Hy wat met die Heilige Gees doop!” (Joh1:33). Net so word die gelowige kind van God “in-gesalf” met 'n permanente inwoning van die Heilige Gees! By wedergeboorte ontvang ons dieselfde salwing (Heilige Gees), as wat op Jesus was! “Julle is deur die Heilige Gees gesalf, en julle ken almal die waarheid” (1Joh 2:20) “Maar Hy wat ons saam met julle bevestig in Christus en ons gesalf het, is God, wat ons ook verseël het en die Gees in ons harte gegee het as waarborg van wat ons nog sal ontvang” (2 Kor 1:21-22)

In die Bybel word daar 156 keer na die gebruik van salwing vir aanbidding, inseëning, toewyding, hande-oplegging, bevryding en genesing deur gebed, verwys. In Psalm 133 word daar byvoorbeeld so treffend beskryf hoe Aäron as Hoëpriester, met gebed en die uitspreek van 'n seën, gesalf is in die Naam van die HERE. “Soos reukolie wat van die kop af, in die baard afloop, die baard van Aäron, tot by die soom van sy klere” (Ps 133:2)

~ 5 ~

Jesus (Yeshua) verklaar “Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster (Heilige Gees) nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan,

Page 8: Shemen Salwingsolie - 'n Innerlike oortuiging (Afr)

sal Ek Hom na julle stuur” (Joh16:7) “Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei” (Joh16:13) en aan die gelowige die gawes van die Gees skenk soos Hy wil (1Kor 12:4-11) “En die salwing wat julle van Hom ontvang het, bly in julle,en julle het niemand anders nodig om julle te leer nie” (1Joh 2:27)

Jesus (Yeshua) self sê ons moet salf ~ “Maar jy, as jy vas, salf jou hoof en was jou gesig” (Matt 6:17) Hy skryf aan die gemeente in Laudisea “Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan rykword; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien” (Openb 3:18) Die Heilige Gees woon in die wedergebore kind van God ~ “Julle sal My getuies wees!”(Hand 1:8) Salwing is vir my as Christen belangrik en relevant as 'n wapen, wat saam met my ander wapenrusting, soos beskryf in Effesiers 6 (Eff 6: 10-18), gebruik word.

~ 6 ~

Hoofstuk 2

Page 9: Shemen Salwingsolie - 'n Innerlike oortuiging (Afr)

HOE VIND SALWING IN DIE PRAKTYK PLAAS

Salwing bedien al drie dimensies van menswees ~ Liggaam, Siel en Gees.

“En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!” (1Tes 5:23)

Die ware krag van salwing lê altyd in die erkenning van

(1) die Heilige Gees se gesag(2) die Naam van Jesus (Yeshua)(3) die beskermende krag van die Bloed van Jesus (Yeshua). Terwyl ons in(4) - gebed dankie sê (5) - lewe spreek en (6) - hande oplê (7) nadat elke woord en gedagte getoets is aan die Bybel!(8) Alles geskied met lofprysing!

(1) Erkenning van die Heilige Gees se gesag ~ “Wanneer Hy kom, die Gees van die Waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei. Wat Hy sal sê sal nie van Homself kom nie; Hy sal net sê wat Hy hoor, en Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle verkondig” (Joh 16:13)

(2) Die uitspreek van die NAAM van Jesus (Yeshua) wat onaantasbare gesag en beskerming uitoefen in elke situasie ~ “Ons moet ons outoriteit as koningskinders (Rom 8:16-17) opneem en dan uitoefen! “Voorwaar, Ek (Jesus )sê vir julle, wie in My glo; die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan. En wat julle ook al in My Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word. As julle iets in My Naam vra, sal Ek dit doen.” (Joh 14:13-14) “En Jesus het met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde” (Matt 28:18) “In My Naam sal hulle duiwels uitdryf”(Mar 16:17) “Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy My Naam ken” (Psalm 91:14) Praat reguit met jou reuse & berge -soos Dawid met Goliat gepraat het “ek kom na jou in die Naam van die HERE van die leërskare, die God van die slagordes van Israel” (1Sam 17:45)

~ 7 ~

(3) Pleit die beskerming van die BLOED van Jesus (Yeshua) ~ “ In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade” (Eff 1:7)

Page 10: Shemen Salwingsolie - 'n Innerlike oortuiging (Afr)

“En hulle het hom (satan) oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis” (Opb 12:11)

(4) Gebed ~ “Die vurige gebed van 'n regverdige het groot krag” (Jak 5:16) “Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie; want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp” (2 Kor 10:4-5) en “Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel” (Jak1:6) en dan die belofte “aan Hom wat deur Sy krag in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink” (Eff 3:20) “Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God” (Fil 4:6) Vergifnis is die Beginsel van Vryspraak ~ Die Bybel is baie duidelik i.v.m. hierdie beginsel ~ Vergewe eers sodat jy vergewe kan word. “Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry. Maar wanneer julle staan en bid, vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemele is, ook julle jul oortredinge mag vergewe. Maar as julle nie vergewe nie, sal julle Vader wat in die hemele is, ook julle oortredinge nie vergewe nie” (Mar 11:25 -26)

(5) Spreek lewe met geloof~ “dood en lewe is in die mag van die tong” (Spr 18:21) “maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel” (Jak1:6) “Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe” (Joh 6:63)

(6) Salwing geskied saam met hande-oplegging ~ “Ek herhinder jou daaraan om die genadegawe van God aan te wakker wat in jou is deur die oplegging van my hande” (2 Tim 1:6) Dit dui op 'n fisieke geloofsaksie “... en hulle het gebid en hulle die hande opgelê” (Hand 6:6) ook (Hand 5:12 / 9:12/ 13:3 / 14:3 / 19:11 en 28/8) “laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het” (Jak 5:14)

(7) Toets alle leering aan die Bybel ~ “En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak” (Joh 8:32) “wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe” (Matt 10:16) “Ons neem elke gedagte gevangene om dit aan Christus gehoorsaam te maak” (2 Kor10:3-5)

(8) Met Lofprysing ~ vind wonderwerke plaas! “ Die Here woon onder die lofsange van Sy volk!” (Psalm 22:3) Fisiese en geestelike kettings asook bindings breek! “Paulus en Silas het gebid en lofliedere tot eer van God gesing, terwyl die gevangenes na hulle geluister het. En skielik kom daar 'n groot aardbewing, sodat die fondamente van die gevangenis geskud het. En onmiddellik het al die deure oopgegaan en die boeie van almal het losgeraak” (Hand 16:25-26)

Ons lofprysing en aanbidding aan God skep 'n atmosfeer waarbinne gebede en noodroepe beantwoord word. Lees die verhaal van redding vir Israel in 2 Kronieke 20:21 “ En op die oomblik toe hulle die gejubel en die lofsang aanhef, het die HERE 'n hinderlaag opgestel.. sodat hulle verslaan is” (2 Kron 20:21-29)

~ 8 ~

Hoofstuk 3

Page 11: Shemen Salwingsolie - 'n Innerlike oortuiging (Afr)

SALWING VIR SPESIFIEKE GELEENTHEDE EN SITUASIES

Uitbundige Vreugde, Lofprysing, Herstel, Dankbaarheid en Aanbidding~

Enige situasie of gebeurtenis waar ons wil eer betoon en dankie sê aan ons Here “Daarom het, o God, u God, U gesalf met vreugde-olie bo u megeselle. Al U klere is mirre en alleweë en kassie, uit ivoorpaleise maak snarespel U bly” (Psalm 45:7-8) Dawid verwys in Psalm 23 daarna, dat ware vreugde duur kos. Die kwaliteit van Jesus se salwing skep ware en permanente vreugde. Dit het Hom absoluut alles gekos en dus is vreugde iets wat jy kan besit ten spyte van jou uiterlike omstandighede. “ U maak my hoof vet (salf my) met olie! My beker loop oor” ( Ps 23:5)

“Die Gees van die Here het oor my gekom, die HERE het my gesalf om 'n blye boodskap te bring aan die mense in nood. Hy het my gestuur om die wat moedeloos is op te beur, om vir die gevangenes 'n vrylating aan te kondig, Vryheid vir die wat opgesluit is. Om aan te kondig dat die tyd gekom het waarop die Here genade betoon, die dag waarop die Here sy vyande straf maar almal wat treur, vertroos, die dag waarop aan hulle gegee word vreugde in plaas van droefheids, vreugde-olie vir hartseer, 'n gewaad van lof vir 'n verslae gees; sodat hulle genoem kan word bome van redding. Die Here het hul geplant om Sy roem te vermeerder. Hulle sal die ou puinhope bou, die verwoeste plekke uit vroeër dae weer oprig en die verwoeste stede weer nuut maak wat geslagte lank verlate was” (Jes 61:1-4)

Weet julle nie dat julle liggaam 'n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is nie? (1Kor 6:19) Salf jouself en jou geliefdes se harte, verstand en sintuie, terwyl jy die wapenrusting van Effesiers 6:11-18 bevestig en blink vryf! So word ons Gees-mens (geloof) ons Siels-mens (wil, intellek, emosies) en ons Liggaam (gesondheid) versterk en beskerm terwyl Ruach Ha Kodesh (Heilige Gees) ons al dieper inlei in hierdie seëninge uit ABBAVADER se skepperhart!

Salf van voete is 'n teken van diensbaarheid en nederigheid, asook van vergifnis en eer betoon. Jesus het voete gewas en verwag dieselfde van ons. Net soos Bybelse reisigers (meestal voetgangers) se voete versorg en gesalf is met olie, om vermoeienis en skaafplekke te versorg, so is hierdie nederige liefdesdaad vandag, simbolies van vergifnis en eerbetoon, aan mede gelowiges en die wêreld “As Ek dan, die Here en die Meester, julle voete gewas het, is julle ook verplig om mekaar se voete te was” (Joh 13:14) Maria het Jesus se voete gesalf as 'n liefdesdaad, as skuldbelydenis en met eerbetoon ( Luk 7: 46) Laat die Heilige Gees (Ruach HaKodesh) jou lei in spesifieke situasies. Ons is getuienis van herstel van verhoudings en genesing van bindings waar hierdie liefdesdaad tot sy reg gekom het.

~ 9 ~

Page 12: Shemen Salwingsolie - 'n Innerlike oortuiging (Afr)

In ons gemeente byeenkomste is salwing so 'n kosbare geloofshandeling

Geestelike oorlog ~ “Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing”(2Tim 1:7)

Salwing is 'n hulp in ons stryd as Christene, teen satan en sy magte, die wêreld en ons “ou mens” se sondige begeertes en gewoontes. “Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug” (Eff 6:12) “Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind” (1Petrus 5:8)

“Weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug” (Jak 4:7)

HOE? Pas die beginsels, soos in hoofstuk 2 bespreek, toe. “Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie; want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp, terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus” (2 Kor 10:3-5)

“en hulle het baie duiwels uitgedryf en baie siekes met olies gesalf en gesond gemaak” (Mar 6:13)

Onthou, wanneer 'n mens se geestelike “woning” skoon en bevry is van bose geestelike wat weg gevlug het, is dit belangrik om die Heilige Gees in te nooi (Jes 11:2) om permanent “in te woon”, anders kom die bose magte net sterker terug (Mat 12:43-45)

Breek van Jukke (Bindings) en Vestings (denk patrone) ~

Ons is in 'n geestelike oorlog wat in al drie dimensies van menswees ~ Liggaam, Siel (wil, intellek, emosies) en Gees ~ plaasvind.

“Is dít nie die vas wat Ek verkies nie? dat julle losmaak die bande van goddeloosheid, dat julle afhaal die stroppe van die juk en vry laat weggaan die verdruktes en elke juk stukkend breek” (Jes 58:6) “alles wat julle op die aarde bind, sal in die hemel gebonde wees; en alles wat julle op die aarde ontbind, sal in die hemel ontbonde wees” (Matt 18:18) Beveel die vyand om dit wat hy oor jare en selfs geslagte gesteel het, sewevoudig terug te gee. “en as hy uitgevind word, moet hy sewevoudig vergoeding gee; al die goed van sy huis moet hy gee” (Spr 6:31)

~ 10 ~

Jukke en Vestings wat gebreek word ~

Page 13: Shemen Salwingsolie - 'n Innerlike oortuiging (Afr)

Angs en Teneergedruktheid Depressie Verslawing en Gewoontes Buite Egtelike Verhoudings (sielsbindings) Versoekings Siektes en Oorerflike Siektes Vloeke van Armoede en Vernietiging Hantering van Onrein dinge nie

Jesus (Yeshua) bemoedig en belowe ons “Want My juk is sag en My las is lig” (Mat 11:30) “En in dié dag sal sy las afgly van jou skouer en sy juk van jou nek, en die juk sal tot nietraak vanweë die vettigheid (salwing) (Jes 10:27) “Wat sal ons skei van die liefde van Christus? - verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard” (Rom 8:35)

Genesing van alle soorte siektes ~

'n Praktiese geloofshandeling is om in tye van siekte en ongeluk jou te beroep op die Woord “Is daar iemand siek onder julle? Laat hy die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie salf” (Jak 5:14) “… en na hom gegaan, sy wonde verbind en olie en wyn daarop gegooi” (Luk 10:34) “En hulle het baie duiwels uitgedryf en baie siekes met olie gesalf en gesond gemaak” (Mar 6:13) “En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle... op siekes die hande lê, en hulle sal gesond word” (Mar 16:17) Onderdrukte emosies wat nie verwerk word nie, word gestoor in die liggaam en kan in enige van die drie dimensies van menswees manifesteer as pyn, siekte en geestestoestande. Salwing is die geloofshandeling wat bindings breek! “en hulle het baie duiwels uitgedryf en baie siekes met olies gesalf en gesond gemaak” (Mar 6:13)

Reiniging en Beskerming~ “Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarom, neem die volle wapenrusting van

God op. Daarmee vernietig ons die redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die

kennis van God(Elohim) gerig word. Ons neem elke gedagte gevangene om dit aan

Christus gehoorsaam te maak” (Eff 6:12)

~ 11 ~

Page 14: Shemen Salwingsolie - 'n Innerlike oortuiging (Afr)

Neem gesag oor jou grondgebied, huis, werkplekke asook enige besittings. Ons besef hierdie onderwerp mag radikaal en vreem klink. Ons het egter prakties geleer en bevel

dus aan dat 'n mens sensitief moet wees vir wat die Heilige Gees aan jou openbaar, jou

van oortuig, die dinge om te reinig en te beskerm bv. Voertuie, rekenaars, selfone,

elektronika en veral beeld en klanktoerusting “ Kyk, Ek (Jesus) gee aan julle die mag om

op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit

skade doen nie” (Luk10:19) “Moses het toe met die salfolie, die tabernakel en alles wat daarin was, gesalf” (Lev 8:10-12)

Beskerming ~ Salwing van alle ingange en uitgange van huise, geboue, persele en grondgebied is 'n kragtige geloofsaksie wat beoefen word volgens die beginsels soos in Hoofstuk 2 bespreek.

Terugname ~ die vyand moet sewevoudig teruggee, as hy uitgevang word, waar hy gesteel en verwoes het! Neem outoriteit in Christus op met die geloofsaksie van salwing! (Spr 6:31)

Voedsel-, water- en kragbronne word gesalf met dieselfde beskerming waarmee priesters die brode in die tempel beskerm en geseën het~ sien Num 6:15“ Sy voedsel sal Ek ryklik seën, sy behoeftiges versadig met brood” ( Ps 132:15) 'n Belangrike strategie vir areas en eiendom wat deur water- en grondgeeste geteister word ~ veral in die konteks van Afrika godsdienste en die aanbidding van voorvadergeeste.

Kunswerke ~ alle vorme van beeldhoukuns en skilderkuns, word dikwels as geskenke of aandenkings bekom. Enige afbeeldings van byvoorbeeld Antieke-, Oosterse-, Afrika-, en Indiaanse gelowe/gode ens, is wettige gronde vir demoniese besetting. Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie. Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie” (Ex 20:3-5) Dit is die betroubare getuienis van persone wat uit die okulte bevry is, dat sulke items vermy / verwyder of vernietig moet word. (Deut 7:25-27, 1 Kor 10:19-20 en 2 Kor 6:14) As dit nie prakties moontlik is en die eiendom nie joune is nie, soos in ‘n werksplek of hotelkamer, is dan kan enige invloed wat moontlik uitgeoefen is, gebind word met salwing terwyl die gesagsposisie soos in Hoofstuk 2 bespreek is, opgeneem word.

Beskerming in oproer, oorlog en gevaar situasies ~ Christene in gevaar situasies of beroepe in die bediening, sendingveld, nooddienste en veiligheidsmagte, behoort salwing met geloofs-vertroue toe te pas.

“Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die HERE van die leërskare”(Zag4:6)

Page 15: Shemen Salwingsolie - 'n Innerlike oortuiging (Afr)

~ 12 ~

Soldate in die Bybelse tye het hulself gesalf met olie voor en na gevegte “Leiers wees gereed, smeer die skilde met olie!” (Jes 21:5) “Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing” (2 Tim 1:7)

“Wie sal ons skei van die liefde van Christus verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard?” (Rom 8:35)

“Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken” (Ps 91:4)

Diere / Die Skepping ~

Dit is ons persoonlike getuienis, dat ook ons diere gesalf kan word om siektes en probleme te oorkom “Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die vise van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip” (Gen1:28)

“U laat die mens heers oor die werke van U hande; U het alles onder sy voete gestel” (Ps 8:6) “Want die hele skepping sug en wag in die hoop om ook self vrygemaak te word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God” (Rom 8:19-22)

Diere het net 'n liggaam en 'n siel (wil, intelek en emosies) en kan dus nie sondig nie (Hul het nie 'n gees dimensie nie). Deur hande oplegging en salwing kan siektes en probleme aangespreek word met outoriteit wat volgens die beginsels in hoofstuk twee bespreek is. Alle christene, is betrokke in 'n oorlog met 'n geestes dimensie. Ons diere, veral troeteldiere word soms geteister deur bose geeste vir verskeie redes. Salwing is 'n magtige wapen om te beskerm en te genees in sulke gevalle.

Salwing vir Wysheid, asook die uitleef van jou Kreatiwiteit en die ontdekking van jou Skeppingsdoel~

Hierdie salwing is vir seën op jou lewensstyl, jou beroep, studies en eksamens, asook om kennis en wysheid, sowel as kreatiwiteit te vermeerder!

Beveel die vyand om dit wat hy oor jare en selfs geslagte gesteel het, sewevoudig terug te gee. “en as hy uitgevind word, moet hy sewevoudig vergoeding gee; al die goed van sy huis moet hy gee” (Spr 6:31)

Page 16: Shemen Salwingsolie - 'n Innerlike oortuiging (Afr)

~ 13 ~

“in die woning van 'n wyse man is altyd kosbare besittings en olie” (Spreuke 21:20) “En julle het die salwing van die Heilige en weet alles. En die salwing wat julle van Hom ontvang het, bly in julle, en julle het nie nodig dat iemand julle leer nie” (1 Joh 2:20-27)

“En hulle sal die ou puinhope bou, die verwoeste plekke uit vroeër dae weer oprig en die verwoeste stede weer nuut maak wat woes was van geslag tot geslag” (Jes 61:1-4)

Opneem van Gesag, 'n Amp, Verantwoordelikheid, sowel as Posisie en Toewyding~

As kinders van God (Joh1:12), word ons beskryf as konings en profete (Op1:5-6), sowel as deel van ‘n koninklike priesterdom (1Pet 2:5&9). Neem jou gesag as kind van God (Elohim) en daarom prins/prinses van die hemele op!

“Want julle het nie ontvang 'n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader! Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is; en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede erfgename van Christus” (Rom 6:15-18)

Beoefen die geloofshandeling wanneer 'n nuwe werk, amp of bediening aanvaar word. As voorbeelde ~ Aäron se priesterskap ~ “Vat die olie en salf hom deur dit op sy kop uit te giet” (Ex 29:7)

Dawid se koningskap ~ “Samuel het die horing met olie geneem en hom voor sy broers gesalf, en die Gees van die Here het van daardie dag af kragtig in Dawid gewerk” (1 Sam 16:13)

Jesus is gesalf ~ om eer te betoon aan Hom (Mar 14:3 & Mat 26:7)

As gelowige ouers ~ het ons die wonderlike voorreg, verantwoordelikheid en outoriteit, om ons kinders met hierdie tasbare geloofshandeling te beskerm en te seën, terwyl hul van kleins af die kragtige werkinge ervaar en aanleer.

“En julle het die salwing van die Heilige en weet alles” (1 Joh 2:20)

“ En leer dit aan julle kinders deur daaroor te spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan” (Deut 11:19)

“Maar Jesus het hulle na Hom geroep en gesê: Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God” (Luk18:16)

~ 14 ~

Page 17: Shemen Salwingsolie - 'n Innerlike oortuiging (Afr)

Belangrike Kontrakte asook Fondamente van Geboue en Strukture ~

'n Ooreenkoms of kontrak tussen partye en selfs ook die fondasie van 'n nuwe gebou, spreek van beloftes wat nagekom moet- of sal word. Salwing van die dokumentasie en die basis van 'n nuwe struktuur, is 'n geloofsdaad, 'n vertroue en danksegging, dat God se volmaakte wil sal geskied. Jakob se salwing van die pilaar, waar God aan hom verskyn het en sy naam verander het na Israel is 'n sprekende voorbeeld “Toe staan Jakob die môre vroeg op en neem die klip wat hy onder sy hoof gesit het, en rig dit as 'n gedenksteen op; en hy het olie daaroor uitgegiet” (Gen 28:18)

Ons word herinner om op God se seën te vertrou en nie op ons eie insig staat te maak nie. Dit geld vir alle situasies, ook in besigheid (Jak 4:13)

Page 18: Shemen Salwingsolie - 'n Innerlike oortuiging (Afr)

~ 15 ~

Hoofstuk 4

'N LIEFLIKE GEUR, 'N GEESTELIKE OFFER ~

Ons wil kinderlik glo dat ons, ons Koning en Bruidegom sal kan erken aan Sy lifelike geur, wanneer Hy met Sy wederkoms aan ons verskyn en dat ons vreugde geen perke of einde sal ken nie – die geur van Mirre, Allewee & Kassie- die vreugdesolie van Psalm 45:7 ~

“U het geregtigheid lief en haat goddeloosheid. Daarom het, o God, U God U gesalf met vreugde-olie bo U metgeselle. Al u klere is mirre en allewee en kassie, uit voorpaleise maak snarespel U bly ” (Ps 45:7-8)

Hy sal ons dan graag as Sy bruid wil sien, gegeur met 'n vars salwing, besig in Sy tuin (die wêreld) om die Vrugte van die Gees te dra “En wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en Hom vir ons oorgegee het as 'n gawe en offer aan God tot 'n lieflike geur” (Eff 5:2)

“ Stel jul liggame as 'n lewende, heilige en aan God welgevallige offer” (Rom 12:1)

“ en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot 'n geestelike huis, 'n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus” (1Pet2:5)

Wanneer ons, die bruid van Christus, se denke en dade getuienis is van Sy geregtigheid en reddende genade, sal ons 'n lieflike geur versprei wat ons onderskei van die wêreld en ander aantrek!

Page 19: Shemen Salwingsolie - 'n Innerlike oortuiging (Afr)

~ 16 ~

Hoofstuk 5

OLYFOLIE AS DRAER VAN DIE SALWING ~

Essensieële olies, waarmee salwingsolie berei word, is te sterk om direk deur 'n mens se vel-, reuk- en smaakorgane opgeneem te word. Dit word “ge-dra” deur dit te verdun. Hoewel daar baie “draerolies” is, word 'n baie spesifieke en kosbare olie deur ABBA Vader self afgesonder, as die “draer” vir salwings olies naamlik Olyfolie! (Ex 30:24-25)

Destyds is die eerste olie wat uit die parsproses kom – die “First Beaten / Fine oil” gebruik vir salwing en heiligmaking. Vandag word die olie wat in eerste uur van die parsingsproses verkry word, gebruik die sogenaamde “Extra Virgin Oil”

Regdeur die Bybel, word die Heilige Gees versinnebeeld met die Olyftak en Olyfboom – dit is wat die woord “Getsemane” beteken Geth (to press) + shemen (oil ) (Rom 11:19)

Die kragtige werking van die Heilige Gees word altyd gesimboliseeer deur olie, die salwing wat in ons lewe uitgegiet word, om kragtig Abba Vader se skeppingsdoel te volbring (1 Joh 2:27)

Die Heilige Gees is die draer van elke salwing! “en jy wat 'n wilde olyfboom was, onder hulle ingeënt is en deel gekry het aan die wortel en die vettigheid van die olyfboom” (Rom11:19)

Dankie Here Jesus Christus!

~ 17 ~

Page 20: Shemen Salwingsolie - 'n Innerlike oortuiging (Afr)

Hoofstuk 6

PROMINENTE OLIES IN DIE BYBEL ~

Alewee (Sandelhout) ~ Lofprysing en aanbidding en selfdissipline

Granaat (Pomegranate) ~ Vrugbaarheid, seën, oorvloed en goedhartigheid

Galbanoem (Galbanum) ~ Gebrokenheid en verootmoediging

Henna (Henna) ~ Heiligmaking, vergifnis, teerheid

Hissop (Hyssop) ~ Reiniging, emosionele bevryding en die breek van bindings

Kalmoes (Calamus) ~ Bevryding en vergifnis

Kaneel (Cinnamomum Verum)~ Heiligmaking, integriteit, vrede

Kassie (Cinnamomum Cassia) ~ Nederigheid

Lelie van die dale (Lily of the Valley) ~ Rein hart, intieme kommunikasie

Mirre (Myrrh) ~ Bittersoet waarde, voorbereiding en oorgawe, sterf-aan-jouself, vreugde

Nardus (Spikenard) ~ Intimiteit, uitbundige lofprysing en onvoorwaardelike liefde

Naeltjie (Onycha / Styrax Benzoin) ~ Gehoorsaamheid

Roos van Sharon (Rose of Sharon) ~ Skoonheid en oorvloed

Safraan (Safron)~ Delikate Goddelike detail

Sederhout (Cederwood) ~ Geestelike krag, verwyder blokkasies, herstel van helder denke en konsentrasie

Wierook (Frankencense) ~ Gebed, intersessie, voorbidding, bevryding en genesing.

~ 18 ~

Page 21: Shemen Salwingsolie - 'n Innerlike oortuiging (Afr)

Hoofstuk 7

GETUIENISSE

Ons vertrou hierdie getuienisse sal seën inspireer, en bemoedig!

“As ek dink aan die tyd wat ons seun in ICU en Hoë Sorg gelê het , en ook in die rehabilitasie sentrum, asook die tyd by ons huis (altesame 'n jaar), het ons hom elke dag met olie gesalf en die bed en kamer. Dit was simbolies vir die Heilige Gees se teenwoordigheid en beskerming teen die vyand wat wou kom slag en verwoes. Ons het 'n geweldige geestelike aanslag ervaar. Die salwing was ook 'n teken van die kragtige beslaglegging op my kind se lewe , dat hy nie weggeruk sal word nie. Ons het die Bloed van Jesus ook elke dag oor hom gepleit. Die Woord is so kragtig en lewendig en skerper as 'n twee-snydende swaard! Stefan is genees, getroud en word binnekort pa, prys die Here!” ~ Elsabe

“Salwing was vir my 'n volksvreemde idee wat in die dae van die Bybel tuishoort. Ek het in 2000 die boek van Stormy Omartian “The Power of a Praying Parent” gelees waarin sy aanbeveel dat mens jou kind se kamer en jou huis salf. Ek kon nie regtig verstaan wat die waarde daarvan was nie en het gedink dit is Amerikaanse charismatiese idees. Maar die Here het met my 'n pad met olies geloop (veral die vreugde-olie van Jes. 61:3) Vandag kan ek net getuig van die kragtige verklaring wat salwing in die geestesrealm is. Hier is 'n paar voorbeelde van hoe en wanneer ek gesalf is of self iets of iemand gesalf het: Ek was verantwoordelik vir die reëlings vir 'n 24 uur gebedswag tydens Pinkster in ons gemeente. Ek sou die nagskof van 3h00 to 4h00 bid. 'n Week voor ek sou begin, het ek wakker geword van 'n krapgeluid by ons kamerdeur. Ons het 'n buitedeur na 'n stoep gehad. 'n Man was besig om die slot los te skroef. Dit was net voor 3h00 die tyd wat ek die volgende week elke nag moes uitry om te gaan bid. Die volgende oggend het 'n vriendin my huis se deure en vensters kom salf en my ook in die Naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees gesalf en ons het saam alle vrees en planne van die Bose gebind. Dit was my eerste praktiese kennismaking met salwing. Ek het toe sommer die gebedslokaal by ons kerk ook gaan salf. Ek kon 10 nagte na mekaar sonder ENIGE vrees opstaan en in die donker alleen ry en gaan bid. Die vrug van daardie 10 dae se gebed is steeds sigbaar in mense se lewens. 'n Jong man het van alkoholisme vrygekom en my eie man het sonder my wete ook een aand laat daar gaan bid en sy lewe weer aan die Here toegewy. Hy het 'n baie werklike ervaring met die Here in daardie vertrek gehad wat die begin van 'n nuwe, dieper verhouding met die Here was.

~ 19 ~

Page 22: Shemen Salwingsolie - 'n Innerlike oortuiging (Afr)

Sedert daardie eerste ervaring, salf ek my gesin gereeld. Soms sommer so terwyl hul slaap. Veral as ons deur moeilike, besige tye vol spanning gaan. Ons was bevoorreg om 'n nuwe huis te kon bou. Ek het met die oliebottel geloop en die fondasies gesalf en Woord in die sement gesit. Ons bouprojek het sonder enige probleme verloop en ons het presies op die regte tyd kon intrek. Dit was ‘n wonderlike ervaring en ons geniet die seën van ons nuwe huis. Ek het ook by berading (innerlike genesing en bevryding) betrokke geraak. 'n Jong vrou het na die eerste dag van bediening in die nag in angssweet uitgeslaan en haar hele lyf het begin bewe. Toe ek net na middernag 'n benoude oproep van haar ontvang, het ek haar gestuur om olyfolie in haar kombuis te soek. Sy het net gewone sonneblomolie gehad. Sy het haar gesalf en ons het in die Naam van Jesus verklaar dat die olie die teken van God se beskerming oor haar is en die inwoning van die Heilige Gees. Die bewerasies en angs het onmiddellik beter geword. Ons het nog so oor die telefoon saamgebid vir 'n ruk, tot sy rustig kon slaap en het die volgende dag tydens bediening GROOT deurbrake in haar lewe gesien. Sy is nou self betrokke by berading en lei mense na hul eie bevryding.

Toe my kinders onderskeidelik 9 en 11 jaar oud was, het ons besluit om 'n toer van Nelspruit na Kaapstad aan te pak. Voor ons vertrek het ek gebid en die motor gesalf (al vier wiele). Naby 'n dorpie, Petrus Steyn, is ons bewaar van 'n baie slegte ongeluk. Ons motor is naelskraap deur 'n motor wat op 'n blinde hoogte verbygesteek het, gemis. Die ander motor het van die pad gerol en 5 grootoog passasiers het ongedeerd uit die wrak gekruip. Selfs die ou babatjie op die mamma se skoot het niks oorgekom nie. Ons kar het nie 'n skrapie op gehad nie. Tydens hierdie toer het ek ook elke dag my seun en dogter gesalf en ons het byna 5 000 km in die grootste vrede en liefde afgelê. Dit opsigself is 'n wonderwerk! Alle eer aan ons Vader!

Salwing is nie “white magic” nie, maar 'n geloofsverklaring en handeling in die geestesrealm. Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie en ek glo dat salwing 'n kragtige wapen in die hand van die gelowige is. Ons redding en beskerming kom nie uit 'n bottle olie nie, maar van Jesus Christus van Nasaret. Deur te salf, verklaar ons hierdie kragtige waarheid elke keer!” ~ Fransien

“Haleluja dat die wonderwerk sommer so voor my oë gebeur. My ma en ek het by 'n restaurant saam vriende gesit toe sy sê haar rug en nek is vreeslik seer en Ek kon sien sy was ongemaklik. Heel impulsief neem ek toe my botteltjie Oil of Joy en salf haar rug en skouers so ongemerk in die restaurant terwyl ek in my gedagtes bid vir haar. Toe ons 'n half uur later by die huis kom, toe sê sy maar sy kan dit nie glo nie, die pyn in haar rug en nek is weg. Wow wat 'n Fantastiese Awesome God het ons!” ~ Lisa

~ 19 ~

Page 23: Shemen Salwingsolie - 'n Innerlike oortuiging (Afr)

“ Ek was in kettings van pronografie, wellus, onrein gedagtes en prostitusie vasgevang as gevolg van voorhuwelikse seks met verskeie vroue. Ek het nie geweet dat elke daad 'n geestelike band (soul tie) met daardie persoon tot gevolg het, en 'n vloek meebring nie (Gen 2:24 / Matt 19:5 / 1 Cor 6:16-19 / Heb13:4 /Rom 1:24 / 1 Tim 4;3-7) Nadat ek tot wedergeboorte gekom het, het die Heilige Gees my gedurende my reis van heiligmaking uit die Bybelteks oortuig om elke daad te bely met gebed en salwing. Die salwing was vir my 'n simboliese daad om gewas te word met die bloed van Jesus en so die gedagtes gevangene te neem en uit te wis. Die gevolg was die breek van 'n jarelange juk en Vryheid van soveel skuldgevoelens. Die detail is vergete en ek het geen begeerte daarna meer nie. Prys Jesus!” ~ Mark

“Ons het in 'n huis ingetrek waar daar tevore 'n treurspel plaasgevind het ~ 'n moord en 'n gevolglike selfmoord. Verskeie manifestasies van donker beelde het in my slaapkamer plaasgevind. Ek het ook baie onrustig geslaap. Ons het die kamer en alle ingange en uitgange (deure en vensters) van die huis gesalf, gebid en die outoriteit wat Jesus ons gee in Sy Naam, opgeneem en die geeste beveel om ons huis te verlaat. Daar was onmiddelik vrede in my gemoed en die huis en die spesifieke insidente het gestop. Alle eer aan ons Here wat beskerm en krag gee in alle situasies!” ~ Cinderella

“ Ons het baie jare gelede die krag van salwing ontdek toe ons vernuwe geraak het in Jesus. Van al die baie getuienisse, is die kragtigste een die ervaring van mense naaste aan jou, jou kinders. Twee jaar gelede het my jongste seun oornag siek geraak met ernstige maagkrampe, diarree en dehidrasie. Mamma die gekwalifiseerde verpleegster, het gedokter en als moontlik gedoen, maar sy toestand het so versleg dat hy in die hospitaal beland het. Hy het net sieker en sieker geword en boonop het ek aangesteek en is ook in die hospitaal opgeneem. Geen behandeling wou help nie en ons het sieker geword, totdat my man besluit het, dis genoeg! Hy het ons uit die hospitaal geboek en sy outoriteit as hoof van ons gesin opgeneem – dit was vir ons duidelik teen die tyd dat hierdie siekte 'n aanval op ons gesin is in die geestesrealm. As deel van ons geestelike oorlogvoering, het hy ons gesalf. Ek was onmiddelik 100% genees en my seuntjie het sy kop opgelig en dadelik begin herstel! Sedertdien word ons kinders op 'n gereelde basis gesalf en is hul so oulik om self te vra vir gebed en salwing as hul sleg voel of voel iets val hul aan. Ek beleef ook in my beradingskamer die krag van salwing. Ons besef dat die salwingsolies verteenwoordig Jesus se Bloed! Wanneer ek iemand salf, vind daar in die gees 'n skuif plaas! Daar is krag in Sy bloed! Ons glo ook daarin om ons huis gereeld te salf om ons as gesin te beskerm teen die vyand, want die olie simboliseer ook die bloed (beskerming teen die laaste plaag in Egipte, waar die doodsengel die Israeliete verbygegaan het (Ex 12:21-30)” ~ Vivia

“Die voorreg om ons eie huis te kon bou was vir ons ‘n WONDERWERK. Ons het God se vrede dwarsdeur die hele proses ervaar. (Fil. 4:7) Alles het volgens Sy plan verloop. Niemand het ernstig seergekry met die bouery nie en niemand het regtig baklei nie. Met ‘n Bybel en salwingsolie in die fondasie van die huis, weet ons dat ons huis op Rots staan.(Mat. 7:24-27) Ons ervaar elke dag Sy wonderlike genade en leiding” ~ Ronel

~ 20 ~

Page 24: Shemen Salwingsolie - 'n Innerlike oortuiging (Afr)

“Ons het die voorreg gehad om saam met my pa te kon bid, voor hy in teater opgeneem is, vir 'n ernstige operasie. Ons het hom gesalf en hande opgelê (Jak 5:14). Die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan (Fil 4:7) het ons almal toegevou, meeste van almal vir pa, 'n gelowige man wat ons Here in gees en waarheid dien. Die prosedure was 'n sukses. Alle eer aan Yahweh Rapphia – ons Here wat genees!” Wanneer enigeen van ons gesin siek of beseer word, is dit 'n eerste reaksie om te bid, hande op te lê en te salf volgens die beginsels wat in hoofstuk 2 vervat is. Ons Yeshua is so getrou en het nog elke keer ons gebede op wonderbaarlike wyse verhoor volgens Sy volmaakte plan vir ons lewens!” ~ Thys

“Ons troetelhond, Kalla, het rustig by my voete gelê, tydens die finale proeflees van hierdie manuskrip. Skielik het hy stuiptrekkings en spierspasmas gekry. Hy was verlam in die bene en het asemnood gehad. Ons het aanvanklik geskrik, maar toe met vurige gebed en salwing vir hom hande opgelê. Hy het onmiddelik herstel en daar was tot vandag geen herhaling nie.” “Ons gesin is almal baie lief vir musiek en fliek! Ons het prakties ervaar dat TV en fliek kyk, musiek sowel as rekenaar speletjies en die Internet maklike maniere is om 'deure verhoudings tot gevolg het. Ons vertrou op die Heilige Gees om vir ons die Gawe van Onderskeiding te gee soos nodig, om hierdie aanvalle op ons en ons kinders teen te staan. Gebed, Beleidenis van sonde waar ons oortree het en Salwing van onsself, die toerusting en huis het elke keer herstel, beskerming en vrede gebring! Weet dat die swaar ding / konflik is partykeer om van die artikel ontslae te raak (musiek, fliek,program) wat die probleem veroorsaak. Ons probeer nou eerder onderskei in ons gees, waar moontlik voor enige aksie geneem of aankoop gedoen word ” ~ Ons

GEBED ~

ABBA VADER (YAHWEH my Elohim), ek vra U om my vandag te seën, met 'n vars salwing. My begeerte is om alles in my hart te ontvang wat U vir my wil gee, sodat ek ook ander kan

seën. Lei my asseblief, dierbare HEILIGE GEES (Ruach HaKodesh). Om alles reg te verstaan en te doen sodat U skeppingsdoel met my lewe volbring kan word In JESUS MESSIAS

(Yeshua HaMasiach), U gesalfde Seun, my Koning en Saligmaker se kosbare Naam.

Amen ~ dit is waar en seker!

Page 25: Shemen Salwingsolie - 'n Innerlike oortuiging (Afr)

~ 21 ~