· Web viewEekhorings weet instinktief dat voedselbronne skaars sal wees in die winter, daarom...
Transcript of · Web viewEekhorings weet instinktief dat voedselbronne skaars sal wees in die winter, daarom...
Plak eie grafiese
herelete Dit
Roodepark skool – COVID 19 werk blaaie -DKABV
Lewensorientering W 2 ,3 Kwartaal 2: Pre-Prep 1
Welkom by COVID-19 huis skool werk blaaie
Hoop almal is veilig en gesond en gereed om hard te werk
Geagte leerders die werkblad bestaan uit die volgende:
1. Inligting om te lees. Vra iemand by die huis om jou te help.2. Prente om te kyk en te leer3. Skakels om te kliek om die YouTube video’s kyk4. Opsommings tabel. Voeg by om dit vir makliker te maak om te onthou.5. Aktiwiteite 1, 2, 3, 4 en 5 om te voltooi.6. Aktiwiteit 6 - Kunswerk.7. Aktiwiteit 7: Maak 'n voëlvoerder. Intergreer met Tegnologie.8. Aktiwiteit 8: Musiek. Klik op die skakel om na die musiek te luister.
Instruksies:
Voltooi al die aktiwiteite/antwoorde in 'n aparte boek of op 'n vel papier. Skryf die opskrif, datum en aktiwiteit vir elke aktiwiteit wat jy doen. Wanneer jy weer terug kom skooltoe ,bring jou herfs kunswerk om vir ons jou skepping te wys. Neem 'n foto van die voëlvoerder wat jy gemaak het, om daarmee te spog. Klik op die skakels om na die YouTube Video’s te kyk, wat veduidelik wat migrasie en hibernasie is. Klik op die skakel en luister na VIVALDI se musiek wat handel oor die vier seisoene. Voltooi die
instruksies. Jou ouers/voogde word toegelaat om jou te help as jy sukkel, maar jy moet dit self voltooi. Bring asseblief alle voltooide werk saam wanneer die skool weer oopmaak. Geniet dit!!!!
Groete
Mev Jones
Nuwe woorde wat jy sal leer.
Woord Ander woord
Habitat Huis
Hibernasie Slaap
Migrasie Om te trek
Immergroen Het altyd groen blare
Ryp Ys op plante
Dormant Nie groei nie, rustend
Voorreg Vreugde of plesier
Isolasie In beskerming
Hoe seisoene plante, diere ons lewens beïnvloed.
Seisoene beïnvloed alle lewe op aarde.
Die verskillende seisoene verander die gedrag van-
Mense Plante Diere
Habitat is 'n ander woord vir waar mense, plante en diere leef. ( hulle huis )
Elke plant en elke dier is geskik vir die plek waar jy dit vind. As jy 'n dier of plant weg van sy huis af dra, moet jy dit 'n nuwe huis gee net soos die ou een. As jy
dit nie doen nie, sal dit doodgaan. Habitat vir plante en diere is soos jou huis vir jou is.
Hulle hou van hul huis soos jy van joune hou. Net soos ons die verskillende seisoene ervaar waar ons
bly, ervaaar plante en diere ook die veranderinge van die seisoene.
HOE DIE SEISOENE GROEIENDE PLANTE BEÏNVLOED Die aarde is bedek met plante. Plante ,soos mense en diere het hulself ook aangepas om in al vier
seisoene te bly. Plante kry kos uit die grond, water van die reën en sonskyn van die son.
Soos die seisoene verander, is daaar veranderinge in die temperatuur, reënval en sonlig.
Wanneer die somer eindig en die seisoen beweeg na herfs word die dae korter en daar is minder sonlig.
Die dae word ook kouer en daar is geen reënval in Johannesburg nie.
Die Chemiese stowwe binne die bome vertel hulle van die veranderinge van die seisoene. Die bome begin vog onttrek uit die blare en hou dit in hul groot stamme. Dit is wanneer die blare begin om van kleur te verander ( geel, rooi en oranje ).
Die boom gaan in 'n slaap. Die tyd wat hulle neem om te slaap, hang af van die klimaat van die plek waarin hulle woon .
Wanneer die koue winter kom, staan die bome so kaal dat hulle lyk asof hulle dood is, maar hulle is nie.
Baie plante lewe nie deur die winter nie. Koue en ryp kan hulle dood maak.
Ons snoei bome en roosbome in die winter Blomme vorm sade tydens die herfs
Ander plante en bome se blare bly altyd groen. Ons noem hulle immer groen bome. In die winter sal hierdie plante en
bome nie groei nie. Ons sê hulle bly dormant
gedurende die winter
Bome soos hierdie een in die prentjie gooi nie sy blare af in die winter nie. Daarom noem ons dit 'n immergroen boom
Wanneer die bome begin om warmer en langer dae van die lente te voel, begin die boom se sap weer vloei.
Die wortels suig water op en gaan saam met die sap op in die stam na elke klein takkie. Daar verskyn bloeisels en hulle maak / groei knoppies. Gou sal die bome weer groen wees.
Nuwe plante begin groei van saad en bolle. Na die eerste reën, sien ons hulle blom
Sade se ontwikkelingstadiums
Nuwe wortels begin om te groei
Blomme verskyn
Bolplante begin uitloop en blom in die lente seisoen.
Gedurende die somer groei alle plante. Sommige bome gee vir ons vrugte soos perskes en pruime.
Gedurende die winter gee sitrusbome vir ons lemoene , suurlemoene, naartjies, koejawels en pomelo’s.
Dit het baie vitamiene C, wat ons help om verkoues en griep te beveg.
Lemoenbome
Suurlemoenboom Naartjieboom
HOE BEINVLOED SEISOENE DIERE
Vreeslike dik hare, Vet, Vere, Vlieg weg & Slaap!!
Dit is Hoe hulle dit doen.
Vreeslike dik Hare en pelse Diere se hare vang lug vas teenaan die dier se liggaam. In die winter groei ekstra hare om hul
liggaam te isoleer van die koue. Sommige diere groei 'n bykomende wollerige onderpels wat hulle in die lente weer afskud. Ander diere groei eenvoudig net meer hare om hul eie dik winterjas te hê.
Voel net hoe dik jou hond se hare nou is.
In die
Lente en in die begin van die somer sal die hare weer begin uitval.
Vet
Diere wat in koue water woon, of op ys soos Walvisse, Robbe, Seeleeus en Ysbere, het aangepas by toestande deur 'n dik laag liggaamsvet onder die vel te stoor.
Die vet bied isolasie teen ys en koue water.
Dit is 'n rob Dit is seeleeu
Dit is 'n walvis Dit is 'n Ysbeer
Sommige diere eet baie om vet reserwes op te bou, nie vir isolasie nie, maar om meer daarvan te gebruik vir hulle eie energie, in tye wanneer kos skaars is.
Eekhorings weet instinktief dat voedselbronne skaars sal wees in die winter, daarom versamel hulle kos in die somer/herfs wat hulle nodig sal hê, terwyl hulle ook self baie eet om vet te word.
Dit is hoekom hulle so besig is in die herfs seisoen wanneer moedernatuur seker gemaak het dat al die akkers en neute van die bome afval.
Vere
Voëls oorleef in die winter deur hul vere te pluis om lug in lae tussen die vere vas te vang. Hul liggamshitte maak die lug warm. Voëls het ook klein, donsige vere teenaan hulle lywe wat hulle isoleer teen die koue.
Voëls sit baie naby aan mekaar om warm te bly Die hen versamel al haar klein kuikens onder haar
vlerke en liggaam om hulle warm te hou en te beskerm
Dit is ‘n donsveer
MigrasieSommige voëls soos swaeltjies hou nie daarvan om in n koue klimaat te bly nie. In
Maart sien ons dat die swaeltjies in Johannesburg begin saamkom. Hulle berei voor om die stad te verlaat, omdat hulle binnekort weet, dat die dae te koud sal word vir hulle, en kos sal ook skaars wees. Hulle vlieg weg na warmer plekke. Ons sê die voëls immigreer. Hulle sal terugkeer gedurende die lente.
Diere soos die Wildebees van die Serengeti is bekend vir hul
ongelooflike migrasies.
Botterskoenlappers en Boggelrugwalvisse migreer ook na warmer dele.
Maak die skakel hieronder oop om meer te leer van Migrasie
https://www.google.com/url?sa=i&url=https%3A%2F%2Fblog.nwf.org%2F2011%2F09%2F5-great-animal-migrations-on-youtube%2F&psig=AOvVaw2pDDRbsV3EqbE5UwW5Tc3M&ust=1590614639197000&source=images&cd=vfe&ved=0CAIQjRxqFwoTCMihzbi70ukCFQAAAAAdAAAAABAD
Hibernasie Sommige diere gaan in 'n diep slaap om die koue temperature van die winter te vermy. Hul hartklop en asemhaling word stadiger en die liggaam koel af. Hulle hoef nie te beweeg, eet, of water te drink nie.
Diere wat hiberneer, sit ekstra gewig aan in die somer en herfs, wanneer die kos beskikbaar is, om genoeg vet gestoor vir hulle liggame om te gebruik wanneer hulle slaap.
Sonder die vermoë om te hiberneer, sal hulle vries en doodgaan. Slegs die eerste warm dag van die lente sal hulle wakker maak en hulle uit hul winterhuise
kom. Diere wat Hiberneer is: Skilpaaie, Paddas,slange, slakke, Bye,Liewen Heersbesies en
Krimpvarkies
Skilpaaie Paddas slange
Slakke Bye
Liewen Heersbesies krimpvarkies
Klik op die skakel om meer te leer oor hibernasie
https://www.youtube.com/watch?v=1KlDrDOy9hg
https://www.youtube.com/watch?v=6J__IPwgVDg
Diere grawe tonnels en gate in die grond en maak hul eie lêplekke om te Hiberneer.
Hulle gebruik ook hol boom stamme, grotte of vind skuiling onder stompe, rotse en Herfs blare
Diere kry hul babas gedurende die
lente, en maak hulle groot
gedurende die somermaande.
Leeutrop met welpies Die spinnekop wyfie dra haar babas op haar rug.
Olifanttrop met hulle kalfies Liefdevolle Gorilla ma
Albei Voëlouers kyk na hul babas
Ganse Nonnetjies Uile
HOE SEISOENE MENSE BEÏNVLOED.Mense hoef nie te doen, wat diere en plante doen , wanneer die seisoene verander nie.
Ons trek nie na warmer plekke nie, bou nie aspris 'n vet laag op nie, en slaap nie die hele winter deur nie, of groei meer, dikker en lang hare oor ons lywe .................. Maar..............
Die verskillende seisoene het 'n invloed op ons hele lewe.
In ons stad is ons bevoorreg om toegang tot skoon water te hê wat koud of warm kan wees . Die beskikbaarheid van water hang nie af van die seisoene nie.
Ons koop kos van supermarkte. Ons hoef nie bekommerd te wees dat ons nie kos in die winter gaan te kry nie.
Boere oes mielies en koring gedurende herfs en winter. Ons koop die kos en varsprodukte van en by ons plaaslike supermarkte.
Ons het huise om in te bly wat ons
beskerm teen weerstoestande van die verskillende seisoene.
Ons het genoeg klere vir elke seisoen om ons warm of koel te hou.
Ons het ook Elektrisiteit om ons warm te hou.
Elektriese kombers op ons beddens Elektriese verwarmer
Elektriese Waaier om ons koel te hou. Gas stoof Primusstoof om kos te maak
Ons kan vuur beheer.
Ons kan ‘n kers brand
Gebruik vuur as 'n lig om te sien Gebruik die vuur om warm te bly, om kos te kook of net om pret te hê
Ons het alle vorme van hulpbronne om ons te beskerm teen al die weerselemente tydens die verandering van seisoene.
Die verskillende seisoene bring ook pret en opwinding vir die mens.
Menslike aktiwiteite, kos, haarstyle en selfs ons klere, verander nie net elke seisoen nie , maar verander ook jaar tot jaar en van dekade tot dekade.
Mode in 1970 .................... 1980. ...............................................1990 ................................2000
Haarstyle van 2000 ............................... 2010 .............................en .......................... 2020
Dit is so opwindend, en so 'n voorreg, MAAR dit kom met 'n groot verantwoordelikheid teenoor die planeet aarde.
Gedurende die somermaande.
Ons stad Johannesburg het baie aangename weer. Gedurende die lang sonnige dae van die somer kan ons baie buitemuurse aktiwiteite doen soos
Swem, Atletiek, Piekniek en Sportdae hê. Ons berei voor vir einde van die jaar konserte, Prys Uitdeling en Eindeksamens. Ons sien almal uit na die Desember vakansies, Kersfees, en Oujaarsaand partytjies. Daarna berei ons voor om 'n splinternuwe skooljaar te begin. Dan sien ons daarna uit om Valentinesdag te vier. Ons hou van Koeldrank,roomys, jellie en slaai.
Herfs
Die verandering van somer na herfs is baie mooi vir ons. By ons skool kan ons hierdie verandering sien wanneer die blare aan die groot bome geel,
oranje, rooi en bruin word. Uiteindelik val die blare af. Die dae word koeler en die son begin geleidelik vroeër onder gaan. Ons begin om langmou toppies en ligte baadjies te dra om ons warm te hou op koeler dae. In April vier ons Paasfees en het ons April skoolvakansie.
Die tweede Sondag in Mei vier ons Moedersdag.
Winter
Mense het baie en meer warmer klere nodig in die winter. Sokkies, Serpe , Musse, Handskoene. Dit beskerm ons voete, hande, ore en nek van baie koue temperature en koue winde gedurende Julie en Augustus.
Ons imuunstelsel veranderinge in die winter tye en ons is meer geneig om verkoues en griep te kry. Ons moet meer vrugte eet wat Vitamin C bevat.
Ons kan vure maak om warm te bly en onsself in ‘n kombers toedraai. Dit reën nie in die winter nie. Sommige dae kan baie koud word. Dan bly ons in ons huise of klaskamers. Ons drink warm sjokolade, Milo, tee, koffie, of eet sop en ‘n lekker warm bord bredie. Die boere oes die mielie – en koringgewasse. Die tweede Sondag van Junie vier ons Vaderdag.
Ons vier ook
Mandela dag 18 Julie.
Lente
In ons stad kan 'n paar lente dae amper soos 'n somersdag voel. Sommige mense ervaar 'n allergie gedurende hierdie tyd as gevolg van die bloeisels ,blomme
en gras wat weer begin groei.
Mense hou daarvan om te werk in hul tuine en plant nuwe saailinge. Dit skep spatsels van kleur na die koue vaal wintersdae.
Ons vier Lentedag
Opsomming
Voeg inligting by om dit makliker te maak vir jou om te onthou
Seisoene beïnvloed lewe op aardeMense Plante Diere
Herfs Is pragtig vir ons.Warmer klereBlare bymekaar harkApril vakansiePaasfees viering Moedersdag
Blare word geel oranje, rooi, bruin
Plante vorm sadeMinder reënMinder sonligSommige plante ophou
groei
Diere eet meer om vet te word.
Eekhorings versamel kos Migrasie Hare groei dikker, meer Wollerige hare Donsvere begin groei
Winter Boere oes mielies koring Bly meer binne Mense gebruik hout vir
vuur Dra ekstra warm klere Komberse Vere duvets Rugby, Netbal Eet warm kos Drink warm drankies kry verkoue en griep. Eet meer vrugte wat bevat
Vita c. Vadersdag Mandeladag
Geen blare Baie plante is dormant Bome slaap Dae is korter Snoei plante Minder vars groente en
vrugte Julie en Augustus winde
kan plante en takke breek
Geen reën Ryp kan plante
doodmaak Sitrus bome dra vrugte
HibernasieMigrasieLeef van die vet gestoor
in hul liggameMinder aktieweVoëls pof op.Voels sit styf teen
mekaar.
Lente Werk in tuine Saai sade Dra igter klere Goeie skoonmaak van
huise Vier Lentedag
Dae word warmerDag is langer.Eerste reën valNuwe blare op bome begin
om te groeiSade ontkiem
Verloor winter hare vereKry kleintjies.
September vakansie Allergie as gevolg van t
bloei blomme en gras
BloeiselsVoëls bou neste
Somer Koel klere Swem Atletiek Einde van die jaar
eksamen. Konserte, Prys Uitdeling.
Desember vakansie Kersfees Skool begin weer vir die
nuwe jaar. Valentine's Day Speel buite Koeldrank, roomys slaaie
Insekte bestuif planteBlomme groeiBome bied skuiling en
skaduweeAlles is Groen
Meer kos beskikbaarMeer aktieweMaak babas groot
Beantwoord die vrae in jou huiswerk boek of op papier.
Aktiwiteit 1
1. Teken 'n 4 verskillende prente elkeen op sy eie bladsye van jou huiswerk boek of 4 stukke papier.
Hierdie prente moet wys wat is die invloed van elke seisoen op jou en jou gesin persoonlik het.
Dink daaroor
Wat is jou gunsteling dinge van elke seisoen? Waaarna sien jy uit in elke seisoen? Hoekom of waarom nie? Hoe lyk jou huis en straat in elke seisoen? Wat doen jy en jou familie in elke seisoen. Wat se kos eet jy en jou familie in elke seisoen? Watter klere dra jy in elke seisoen ? Wat is jou aktiwiteite gedurende elke seisoen? Watter dae vier jy en jou familie vier in elke seisoen Watter tradisies vier jou familie in elke seisoen.
Ek weet dat nie almal van ons ‘n kunstenaar is nie, maar jy moet altyd probeer om jou beste te teken. Wees trots op jou eie skepping. Jy is uniek en jou poging sal iets wees om trots te wees ! Dit is die denkproses wat belangrik is wanneer ons besig is om kreatief te wees!
Aktiwiteit 2
1. Skryf 5 of meer sinne oor elke prentjie wat jy geteken het.
2. Dink oor hoe kan jy ekstra sakgeld verdien in elke seisoen? (Hark blare, Lewens Reddingswag )Skryf 'n lys van dinge wat jy kan doen.
Aktiwiteit 3
Wat is my behoeftes vir elke seisoen?a. Teken 'n sirkel rondom die dinge wat jy nodig sal hê tydens die SOMER.
b. Teken 'n driehoek rondom die dinge wat jy in die winter sal nodig hê WINTER.
c. Teken 'n reghoek rondom die dinge wat jy nodig het in die LENTE
d. Teken ‘n vierkant rondom die dinge wat jy sal nodig kry in HERFS
Aktiwiteit 4
Trek ‘n lyn vanaf die seisoen sodat dit ooreenstem met die menslike aktiwiteit.
Gebruik elke keer 'n ander kleur om die lyn te trek.
Lente
Winter
Herfs
Somer
Aktiwiteit 5 Temperature beïnvloed ons daaglikse lewe
Vir hierdie aktiwiteit versamel jy die inligting van jou selfoon, koerante, televisie of radio.
a. Hou boek van 5 dae oor die temperature waar jy woon.b. Skryf die Oggend , Middag en Aand temperature in die ruimte wat voorsien is.c. Skryf langsaan watter klere jy gedra het op daardie tydstip.d. Watter kos het jy op daardie spesifieke tye geëet.e. Watter aktiwiteit het jy op daardie spesifieke tye gedoen?
Wanneer jy goeie rekord hou , sal jy sien hoe die winter temperatuur 'n invloed op jou lewe het, op wat jy dra, eet, en doen elke dag.
Temperatuur Klere Kos AktiwiteitDAG 1 Oggend:
Middag:
Aand:
DAG 2 Oggend:
Middag:
Aand:
DAG 3 Oggend:
Middag:
Aand:
DAG 4 Oggend:
Middag:
Aand:
DAG 5 Oggend:
Middag:
Aand:
Watter dag het die koudste temperatuur? ___________________________________________
Wat het jy op daardie dag gedra? _______________________________________________________
Wat het jy op daardie dag geëet en gedrink? __________________________________________
Aktiwiteit 6 Kunswerk
1. Versamel 'n plastieksak van die mooiste herfsblare 2. Wees kreatief, sien hoeveel prentjies jy met die blare kan maak.3. Kom en spog in die klas met jou skepping!!
Voorbeelde.
Aktiwiteit 7 Mense sorg vir diere
In die winter, het die voëls in ons voorstede hulp nodig om kos te vind.
1. Maak 'n voëlvoerder met enige van die herwinde materiaal wat jy in jou huis het.2. Maak seker dat jy 'n foto van jouself en die voerder wat jy gemaak het neem.3. Sit die voerder iewers waar die voëls kan eet sonder enige versteuring van geraas, katte, honde
en mense.
Voorbeelde van wat jy kan maak.
Om interessante voëlvoerders te bou , benodig jy:
1. Enige soort houer wat jy kan gebruik.
bv. Lemoen of suurlemoen netsakkies, Toiletrolletjies, plastiekbottels, koffieblik, Halwe lemoenskil,
2. Margarine of vet of grondboontjiebotter .
3. Sterk tou om houer in die boom op te hang.
4. Sade, Grondboontjies, droë broodkrummels, vrugtestukke , koekies,Gekookte rys, pampoensade, mielies, sonneblomsade, Voëltjiesaad wat jy koop in die Supermark ens.Meng alles saam.
Rol die margarien, vet of grondboontjiebotter in 'n bal. Rol die bal in die saadmengsel Plaas die bal in die netsakkie Hang dit in 'n boom.
Of
Smeer die grondboontjie/margarien/vet op die toiletrol.
Rol dit in die saadmengsel. Maak 2 gate aan die bo-kant. Sit 'n tou deur die gate. Knoop die tou en hang die rol êrens waar dit
veilig is.
Of Sny n lemoen in die helfte. Skep die lemoen uit en maak n lee
bakkie. Jy kan dit eet of meng met die sade, Vra 'n volwassene om jou te help om 'n
tou deur die skil van die lemoen te sit. Hierdie tou moet sterk genoeg wees om
die gewig te hou. Skep die saad mengsel in die
lemoenbakkie.
Aktiwiteit 8 Musiek
Die vier seisoene het mense van die vroegste tye af gefassineer. Tot vandag is dit 'n onderwerp vir baie liedjieskrywers om musiek te skryf
Vraag 1
Dink aan 2 liedjies wat deur die seisoene geïnspireer word. Doen 'n bietjie navorsing op die Internet.
Skryf die liedjie en die naam van die kunstenaar in jou boek. Indien moontlik, hou dit in jou playlist sodat jy die vreugde van die musiek kan deel met jou klasmaats later in die jaar.
Instruksies
1. Luister na Die Vier Seisoene, viool konserto deur VIVALDI. Klik op die skakel2. Bespreek die verskillende klanke wat jy hoor.3. Dink en bespreek hoe jy kan hoor hoe die musiek klink soos elke seisoen.
https://www.youtube.com/watch?v=GRxofEmo3HA
Die vier seisoene,
Is pragtige Klassieke musiek deur Italiaanse komponis Antonio VIVALDI.
Die musiek gee 'n uitdrukking aan elke seisoen. Mens kan hoor hoe elke seisoen klink.
Hy het die musiek in 1720 gekomponeer.
VIVALDI, AntonioAntonio VIVALDI by sy skryf lessenaar. Photos.com/Thinkstock