Lees: Seniors wys hulle kán dig

150
Bladsy 1 Adriaan Havenga (15) Hoërskool Lichtenburg, gr. 10 Die ding, die ding, die groot gevrese kaalkop K-ding die honende lag wat in bariton wag omsluit haar deur en deur sy ween in die arms van haar verslete lyf en smeek ootmoedig om vir haar dogter koebaai te wuif maar die donker ding wat dartel en draai glimlag tog gluiperig en vee haar speels ‘n aai sy kreun en kerm oor die kots op haar loof en vee horte stote oor haar blootse hoof en sonder skroom of skelmpies wurg Kanker finaal en heel volkoom, haar in sy vies. En steeds hoor jy in die kamer waar sy woon die eggo van die ding, die groot gevrese ding se honende lag wat in bariton wag; dit verdoof jou deur en deur... **

description

Die ATKV/Jip-gedigtekompetisie gee hoërskool-digters ’n platform vir hul skryfwerk en het vanjaar bykans 230 inskrywings van oor die land heen gelok. Jo Prins, digter en Media24- Afrikaanse dagblaaie se boekeredakteur, en die digter en joernalis Bibi Slippers was die beoordelaars. Hier is die senior inskrywings.

Transcript of Lees: Seniors wys hulle kán dig

  • Bladsy 1

    Adriaan Havenga (15) Horskool Lichtenburg, gr. 10 Die ding, die ding, die groot gevrese kaalkop K-ding

    die honende lag wat in bariton wag

    omsluit haar deur en deur

    sy ween in die arms van haar verslete lyf

    en smeek ootmoedig om vir haar dogter koebaai te wuif

    maar die donker ding wat dartel en draai

    glimlag tog gluiperig en vee haar speels n aai

    sy kreun en kerm oor die kots op haar loof

    en vee horte stote oor haar blootse hoof

    en sonder skroom of skelmpies

    wurg Kanker finaal en heel volkoom, haar in sy vies.

    En steeds hoor jy in die kamer waar sy woon

    die eggo van die ding, die groot gevrese ding

    se honende lag wat in bariton wag;

    dit verdoof jou deur en deur...

    **

  • Bladsy 2

    Adriaan Havenga (15) Horskool Lichtenburg, gr. 10

    Stempeldruk

    Die posmeesteres blaai deur haar koeverte

    wat met n stempel druk, stempel los klink. Klikkere, Klakkere, Klik.

    Die letters en sinne is vir enkle dae in die poskantoor gesloot

    en word bevry as ek die brief kan kry, maar nooit, daai was nie vir my beskoor

    En sou ek haar vra of sy maar in haar se boekie wil loop kyk

    dan draai sy ewe juts haar blinkgepoetse bakkies

    na my se myners-gammatbek en s met duiwelse laggies:

    Meneer die uwe hartverlore ding, die pos wat die wind moes bring, het in Witkop verdwaal.

    O, my liewe mens, jou pos het seker in die Stormbergse winterwind gemaal.

    Dan stap weer ek uit soos al de dae van te voor

    sonder pos en sonder haar; en dan

    nes ek weggedraal, sleepvoet en dikbek, soos al de jare wel

    dan hoor jy mos die stempel druk, stempel los of so.

    **

  • Bladsy 3

    Alet Janse van Rensburg (16)

    Cradock Horskool, gr.11

    Volstruispolitiek

    Het jy al ooit gedink

    om koffie te gaan drink

    by meneer die president

    en sy lede van parlement?

    Dis n baie slegte idee,

    want toe ek by Nkandla opdaag

    het hulle my summier weggejaag

    sonder om vir my koffie te gee.

    Toe dat ek, heel verslae,

    by die stroois langsaan

    moes gaan vra

    vir boeretroos

    inruil vir n jammer-om-te-pla.

    **

  • Bladsy 4

    Alet Janse van Rensburg (16)

    Cradock Horskool, gr.11

    Posbeskrywing

    Hy hou wag

    terwyl ek inkopies doen.

    Na tien minute, belowe ek,

    sal Madiba sy palm soen.

    Dankie, Mevrou!

    Gaan koop nou kos!

    Dadelik, Mevrou!

    Hy ken die pad so goed

    en volg dit sonder om te huiwer.

    Vir n bietjie alkohol in sy bloed

    pas hy karre op

    en lieg met ywer.

    ***

  • Bladsy 5

    Alet Janse van Rensburg (16)

    Cradock Horskool, gr.11

    Wraak uit die woude

    Wat lank terug n boom was

    het Oupa se hande en Oupa se tyd

    verander in n populierkas.

    Daar is verhale van somers en droogtes

    tussen die lyne van die woude se grotes

    wat oupa so sonder skroom kon slag.

    Oupa kry ook nou kringe.

    Ek lees oor die droogte en die somer

    in die glinster van die dromer se o.

    Tog het hy nooit so gelukkig gelyk

    soos toe sy lyk in populierpjamas pryk.

    Die grotes van die woude,

    wat oupa so sonder skroom kon slag,

    het vandag laaste gelag.

    **

  • Bladsy 6

    Alexander van Zyl (17)

    Horskool Bonnievale, gr.11

    Oorlogstye

    Dit is n geween en gekreun

    en n gekners van tande

    In die verte knal n geweer

    nog iemand is aan die oorlog afgestaan.

    Steeds gaan baie voort

    terwyl ander stert tussen die bene die land verlaat

    net n paar weet hoekom hulle veg

    en die res?

    Verlore siele

    in die see van dapperheid.

    Daar is die laaste knal van n geweer

    Na jare se gevegte is die oorlog verby

    na jare se gevegte

    is die Skeinat-toets klaar.

    ***

  • Bladsy 7

    Allestine Pieterse (18)

    Horskool Bonnievale, gr.12

    Snotkop se lolliepop soggens vroeg tot saans laat is die strate verspoel met dwalende snotkoppies op soek na daai lollies met die giftige wit poeier hulle lyk soes zombies op pad na n begraafplaas siestog os arme laaities was snotkoppe maar is nou tikkoppe verslaafde skepseltjies wat biesag is om hul toekoms te versuur saam met daai gewetenlose en hartelose tikmonster doer ver sien ek laaities met vraagtekens in hul o biesag om daai lollie te bestudeer in daardie donker doodloopstraat sit hulle vasgevang saam met n tikduiwel wat hul breine stukkend steek met sy vurk

    ***

  • Bladsy 8

    Amber Steyn (15)

    Horskool Die Brandwag, gr.10

    Die mense wat vra.

    Soos n vol met n stukkende vlerk.

    Jy glo in jouself, jy glo jy is sterk,

    maar diep binne jou weet jy dis seer.

    Donker gevoelens wat jou denke beheer.

    Jy probeer om te lag, jy probeer om te glo

    dat dit beter sal word, want almal s so.

    Maar nie almal verstaan hierdie gevoel nie.

    Die woorde wat jy s is nie wat jy bedoel nie.

    En dan kry jy mense, die mense wat vra

    hoekom jy alles alleen sa wil dra?

    Hoekom jy nooit vir enigeen s

    van al hierdie snye wat so in l?

    Tog bly jy net stil, jy s nie n word

    want aan al hierdie seerkry is jy al gewoond.

    **

  • Bladsy 9

    Amber Steyn (15)

    Horskool Die Brandwag, gr.10

    Koffie.

    Die stilte skree sonder om die broosheid van my gesonde verstand in ag te neem en

    meteens vloei my trane soos sjampane op oujaarsaand.

    Die gefrommelde papiere onder my bed, gevlek met koffie en onvertelde stories, trek my

    aandag.

    Die nostalgie vou sy arms om my en gee my die styfste drukkie ooit.

    Vir n oomblik is alles goed.

    Alles is reg.

    Vir n oomblik is daar geen liefdesterleurstelling wat rondhang in die lug nie.

    Geen smag na n ongebroke hart nie.

    Net suikersoete herinneringe en koffie gegeurde oomblikke uit die verlede.

    En ek besluit om hom so te onthou, soos n goeie koppie koffie

    -heerlik in die oomblik, maar veels te vinnig verby.

    **

  • Bladsy 10

    Amy de Wet (17)

    Horskool Lichtenburg, gr.12

    Of is j ook blind?

    Want sien,

    ek is gebore in n huis

    waar ons bid voor ons eet.

    Gebore in n huis vol gedigte sonder vloekwoorde

    en musiek sonder mineur note.

    Maar,

    die gedigte is sonder betekenis, want ons is stom

    en die musiek sonder klank, want ons is doof

    en die tuin sonder kleur, want ons is blind

    en die lente sonder reuk, want ons lei aan anosmia

    Want sien,

    ek is gebore in n huis

    waar ons bid voor ons eet-

    sonder om te weet hoe God se kos proe.

    **

  • Bladsy 11

    Amy de Wet (17)

    Horskool Lichtenburg, gr.12

    Gee my Winter

    Gee my winter

    Gee my wasem

    Gee my asem

    Gee my damp teen my koppie se rand

    Vou die bome se gryse vingerpunte toe in dou

    Skenk n koue pienk aan my wange

    Verf n gevoellose blou-pers sonsak oor my lippe

    Gee my longe kans om met wit handskoene patrone in die koue oggendmis te skilder

    Laat die wind snerpend met yskoue vingers oor my lyf se akkoorde dans

    Stuur die hemel se rykste rengode om gedigte vir die aarde voor te lees

    Ek bid vir weerlig in die ren

    Ek bid vir winter

    Gee my winter

    ***

  • Bladsy 12

    Amy de Wet (17)

    Horskool Lichtenburg, gr.12

    NCA, my lief

    (n Gedig aan die National Choir Academy, spesifiek aan die Noord Wes Jeugkoor.)

    Betaamlik nader jy my met soet Ierse neuries,

    ritmes vanuit Ghana se donker handpalms,

    en gebede uit kansellap-garings

    My kop op jou borskas,

    n warm weeklikse ontvlugting vanuit die wreld se koue kloue

    wat kras met my rondspeel.

    Luimig, volhart en vol grasie skenk jy geboorte aan een

    ineengestrengelde klank, bevrug deur n halwe honderd verskillende kleppe.

    Jou garings van mates, rustekens en sleutels

    omvou meer as net die lugsluise binne my mezzo-sopraan toonset:

    Soos nektarien vou jy my siel toe onder die soet aangesig van jou o

    Ja, n weeklikse pastil vir my binnekant.

    NCA, my lief, jy dra n vierstemmige nepotisme binne jou

    En, vierstemmig dra ons jou.

  • Bladsy 13

    Andr Smith (18)

    Curro Langebaan, gr.12

    jou o is vir my soos die heelal

    jou pupille: twee swart gate wat my by die vensters van jou siel inasem

    jou irisse: twee van Saturnus se brons ringe wat trou beloof

    jou sklera: die melkwit melkweg

    die glinstering in jou oog: die hoopvolle mrester

    maar tog is om deur n teleskoop te kyk vir my minder merkwaardig

    as n oomblik in jou o

    ***

  • Bladsy 14

    Andr Smith (18)

    Curro Langebaan, gr.12

    n poging tot posie

    in plaas daarvan dat my pen ink uitspoeg

    kots dit kak uit

    ek het eintlik net lus om n lighter te vat

    en die papier hel toe te stuur

    nee

    ek sal skryf tot my arm in gips is

    ek sal skryf tot ek m Heilige Graal vind

    want ek weet hy l hier binne

    tussen my ingewande

    hy wag net tot ek sy klop leer ken

    ***

  • Bladsy 15

    Andrea Hendricks (17)

    Horskool Bonnievale, gr.11

    Verharde hart Soos dit ren in my hart, trap jy modderspore wat verhard Modderspore van pyn en hartseer fossiliseer in die binnekamers van my hart Elke klop van my hart skreeu na geluk Geluk van vrede vernietig die verlede Tog, ja tog, na die donker, is daar weer lig Die lig van vrede kuier in my verharde hart. Hy versag die modderspore waar groenigheid hulself kan vestig vir ewig waar geen modderspoor getrap kan word nie. ***

  • Bladsy 16

    Andries Meyer (17)

    Horskool Durbanville, gr. 11

    Die Ooievaar (se naskrif)

    Oop vlerke skuur soos n geheim op haar ore

    En haar kyk soek die koue klip ogies van haar engel;

    Doodsengel van geboorte.

    n Marmer staar weerklink haar stilte van vrae

    (Haar nege-maand-belofte

    Verkort tot nege weke)

    So ironies

    So selfsugtig

    So wreed.

    Hoe durf hy

    Sy belofte soos n naskrif

    So vroeg by haar kom uitruk (?)

    ***

  • Bladsy 17

    Andries Meyer (17)

    Horskool Durbanville, gr. 11

    Gebroke

    Ek wil val n breek;

    Gemaklik soos n glas

    Bars met suiwer klank en skerwe

    En dan stil wees.

    Andries Meyer (17)

    Horskool Durbanville, gr. 11

    Die Beeldskone Stilte

    Ek dink n god loop gemaklik op die wolke daarbo

    (Of die gedagte van een, altans)

    Gelukkig met sy keuses

    Van skadu blou aande,

    Die skuldige dade van onskuldige kinders

    En ons liefde.

    Is Hy dan n sadis?

    Of bloot n gedagte

    Goedkeurend van ons beeldskone stilte.

    ****

  • Bladsy 18

    Annemarie Wst (17)

    Horskool Stellenberg (gr.12)

    In die klaskamer

    die kinders kekkel en

    die juffrou babbel voort en

    die woorde waai oor hulle koppe en

    hulle werk min

    maar buite

    Vlieg die kraai,

    Die mossie maak n nessie,

    Die spinnekop vang n vlieg

    En die mier maak moleste

    ***

  • Bladsy 19

    Annika van Niekerk (17)

    Hor Volkskool Heidelberg (gr.11)

    n Prentjie spreek n duisend woorde

    In jou o word di aanhaling bewaarheid

    In my oor fluister jou twee

    Ligblou kunswerke: opregtheid

    Reinheid.

    Saans bewonder ek die sterre

    Maak ek n verskietende wens

    Vertel ek die man op die maan van die Engel-se periodes

    Dan wals ons weer op Pluto.

    Ridder op jou skouperd

    Jou hart is meer as goud werd

    Betas met jou hardwerkende hande my gloeiende wang

    Soen saggies my smekende lippe.

    Engel uit die Hemel vir my:

    Vir jou wil ek my hart verruil.

    ***

  • Bladsy 20

    Ansa van der Merwe (16)

    Horskool Bonnievale

    Daar is stilte in jou gille omdat jy vanaf n wit

    gesoleerde

    gevegveld jou hart vrylaat om te hardloop

    waar niemand jou met die swart realiteit kan slag nie.

    Jou trane

    verdamp

    nog voordat dit die oppervlak bereik,

    want jou hartsverlange

    is nie waardevol

    genoeg om die revolusie se oseaan te help vul nie.

    En dan vra jy nog vir die wreld

    Hoekom?

    ***

  • Bladsy 21

    Arissa Petersen (17) Malibu Horskool, gr.12

    Die pimpel en pers porselein pop

    Die glaskas vol misteriuse karakters... Here, waarsku dat hulle nou nie klip gooi nie

    anders loop die naakte waarheid van my meester soos eiergeel die strate van my geboorte af.

    Vergewe maar vir hom, want hy weet nie wat hy doen nie. n Afkrakende verlede,

    n swart hede, die donker uur breek aan

    Hang my aan die laaste stukkie garing van my rooi rok dan. Hiers my laaste asem Here, ek het n vraag,

    Is dit dan die enigste manier hoe my siel Huiswaarts terugkeer? ***

  • Bladsy 22

    Aroma Theron (16) Midstream College, gr.11

    Haar Naam

    Sy is gedoop as Moeilikheid, Toe haar ouma n kerkbasaar-sjokoladekoek-snor Van haar mond moes afvee het. Haar derde naam was Vrou, En die rede waarom sy middernag moes huis toe ry Na Vrydagaand se rugbywedstryd. Haar gunsteling naam was Ma. Haar oorlewing in die praktyk Is egter te danke aan haar rooiwyn aptyt. Haar laaste naam was Susanna Magtamaria de Klerk: Die woorde wat op haar graf bly staan. Maar onthou hul nog al die name wat daarin skuil? Mag sy dan onthou word as: Die indrukwekkende, beterweterige, misterieuse Vrou - en dis genoeg. *** Arthrodene van Zyl(18)

    Horskool Bonnievale, gr. 12

    My hart huil O Heer, U weet dat ek sukkel om te herstel. My eensaamheid groei staaf op staaf terwyl rendruppels soos trane vloei. Tog luister die huis hoe ek om genesing navors. Die verlange bou op teen n toring En dan wonder ek hoekom ek nie kan vergeet Heer, U weet hy het my die hemelruim beloof.

    ****

  • Bladsy 23

    Axzel van Wyk (18)

    Horskool George, gr. 12

    Geheim

    Ons elkeen het n geheim

    want waarhede bring pyn

    Jou lewe vou soms wawyd oop

    al skuil jy agter n gordyn

    Jy is onsigbaar

    al is jou vriende daar

    alhoewel jy soms nie wil

    bly jy liewer stil

    Laat ek dit beter explain

    Hou jou eerder klein

    Sit daai vinger op die lip

    Hou die mond toe gezip

  • Bladsy 24

    Bernedette Botha (16)

    Horskool Outeniqua, gr.10.

    Die Mensvreter

    Lippe aflek, rooi granaat

    Ekstaties smaaklik, eufories hoog

    Drup vir drup haar bloed se proe, soos moedersmelk vir suigeling

    Haar oogbal sag en sponsig op sy tong, brein materie voorgereg

    Die borskas oop, die lewer taai

    Rubberig op sy tong die nier se vlies

    Skarlaken aansig, waansin kyk in flets van oog

    Genotlik suig aan vrug van murg

    Tap die bloed, dis vrugwater

    Onthou die naels vir langsaam kou

    Bedrieg jouself, jou kannibaal

    Jy suig die aarde leeg

    Jy vreet jouself, verwoesting wag

    JY, wat jou eie Moeder Aard moor

    ***

  • Bladsy 25

    Bernedette Botha (16)

    Horskool Outeniqua, gr.10.

    Glasvlinders

    Worstelend weifelend vlindersag fladder

    die skoenlapperkind teen onsigbare muur

    so naby die takkie, die grashalmspriet

    koestersag die blomblaar wat roep

    Hy skuifel en skaffel, skarnier om en om

    beweginkies bang desperaat beklem

    lang wag verby, ontkiemingsryp wag hy om sy vlerkies te sprei

    deursigtige wonder wat anderkant wink

    nimmerland vr in onreikbaarheid sink

    die geur van die lug deur die gate bo sy kop

    soos n wekroep tot lewe net buite bereik

    die tronk se muur barbaars teen sy bors

    ewigheidsvreug vryheid verdoem

    Die glasbottel blink in die son

    ***

  • Bladsy 26

    Bernedette Botha (16)

    Horskool Outeniqua, gr.10.

    Labirint

    Spiraal, spelonk spekulerend aant bedonk

    die raaisel se riepraai ontwykend verskuil

    Verraai verloor deur rigting versaak

    gebonde deur doolweg soos muil

    Verdiepend verdonker teen rysige muur

    al draaiend, kolkend, tergend verdween

    Verduisterd verdwalend teen labirintsmuur

    slakhuis se kronkels slymerend weg

    tot natdonker duisternis dwaaltuin se kind

    Dolosgebed om uitweg te vind

    Voorspelling ontwapen

    Openbaring is die laaste Boek

    ***

  • Bladsy 27

    Brigitte Geyer (16) Afrikaanse Hor Meisieskool Pretoria, gr.10

    Kragonderbreking

    Koplamp kollig

    bewevingers blaai deur n biologieboek

    koue ketel, hoendervleis en handpalms in hoesnat hare

    primitief, maar dankie tog! nie permanent nie

    die afgod is af

    n somber swart skerm langs beenwit gordyn

    die yskas sterfstil terwyl lywe om my lewe kry

    dis net een aand se nag is belowe, dae terug

    maar, dring dit tot my deur

    wanneer lont in was l en smeul

    sal die kassie weer verkleur

    die radio begin speel en die yskas saggies mor

    minstens is ek een wat weet dat ons ganglig weer sal brand

    een van min in ons land.

    ***

  • Bladsy 28

    Brigitte Geyer (16) Afrikaanse Hor Meisieskool Pretoria, gr.10

    Douglas Adams se sebrastreep-teorie

    (na aanleiding van n aanhaling uit The Hitchhikers Guide to the Galaxy deur Douglas

    Adams)

    Evolusie

    doring in die vlees van die Christelike menswees

    die teendeel van Eva in die Paradys

    wat Adams se sebrastreep-teorie finaal bewys

    Oerknal

    identiteitskrisis van die gelowige wetenskaplike, n bedreigde spesie

    want die splyting van n atoom tussen die vingers van die Vader

    is (glo) die ontwyfelbare bewys van sy nie-bestaan

    Aha! s die kenners en die kundiges, voor hulle vergaan

    op die wit-en-swart sebrakruising van hul rotsvaste bestaan

    Hyt homself ingedoen, hou hul vol

    met die knal wat duidelik die begin van alle lewe is

    Maar hoe sien jy n ster gebore uit n perdekop gasbol

    en bly steeds n ates?

    ***

  • Bladsy 29

    Brigitte Geyer (16) Afrikaanse Hor Meisieskool Pretoria, gr.10

    x + y2 = ??

    Blou op wit sien ek deur

    skrefies

    o nougevou soos n

    posbusgleufie

    swak my moed en

    strak my blik

    soos ek die retoriese vraag

    bedink

    wie se inisiatief was dit

    van als wat mens met jou tyd kan doen

    om die grens van syfers te versit en

    alfabet met algebra te versoen?

    ***

  • Bladsy 30

    Brutney Singrew (17)

    Horskool George, gr.12

    Spieltjie teen die muur

    Wys mooi net na buite, nie binne?

    So my lot is onvoltooide sinne

    wat nie skoonheid kan sien

    Is dit wat ek verdien?

    Is my glimlag n onwelkome gas, my

    refleksie niks anders as n las met seer

    en pyn se spore... Is

    my toekoms verlore?

    Ek haal asem sonder n siel

    terwyl onsigbaarheid my verniel

    dobberend in my lewensboot Sweef

    ek tussen lewe en dood?

    ***

  • Bladsy 31

    Carla de Vries (16)

    DF Malan Horskool, gr.11

    Die dans van die nag

    saans

    is dit ek wat saam met die heelal in die hemel dans

    ek sweef soos n arend deur die kraakvars naglug

    en streel gereeld die maan se rug

    ek het wipplank tussen Venus en Mars gery

    en die helder blink sterre knipoog vir my

    die romerige melkweg is my dansbaan

    party aande gly ek oor die boeppens van die maan

    Venus, so vroulik, toegedraai in satyn

    speel met my hare en sing ballades vir my

    uiteindelik klim ek in die holte van die halfmaan

    en dans heelnag tot die son ons wakker maak

    ****

  • Bladsy 32

    Carla de Vries (16)

    DF Malan Horskool, gr.11

    Ek is nie vergete

    die ontelbare seninge

    laat my getuig van n lewe vol geluk

    ek kry nie omdat ek verdien nie, maar as gevolg van Sy genade groot, is

    my Hartseerdae vergete

    bevryding enorm groot

    laat my getuig van n lewe vol hoop

    iets moois waaraan ek elke dag vasklou en daarom is

    my Woestyndae vergete

    met n huis vol van my hartsmense

    laat my getuig van n lewe vol genot

    my hart is deurdrenk van alomteenwoordige liefde en daarom is

    my Alleendae vergete

    die Here is my Herder

    daarom is ek nooit vergete

    ***

  • Bladsy 33

    Carla de Vries (16)

    DF Malan Horskool, gr.11

    My taal

    Afrikaans

    Sy klanke is songebak

    soos Karooklippers

    Sy klanke is vloeiend

    soos die waaigras wat op hul

    stingellyfies dans

    Sy klanke is die harsteer kreungeluid

    van n windpomp op die plaas

    Saans as ek met my God in die hemel praat

    dan praat ek in my taal

    en as ek droom, dan droom ek in my taal

    ***

  • Bladsy 34

    Carli Coetzer (17)

    Tuisskool, gr.11

    Sonneblom

    Sonneblom, Sonneblom

    Wat sou ek doen sonder hom?

    Wie sou ek wees sonder hom?

    Sou die geraamtes in die kas

    En die mens wat ek was,

    Weer uitgekruip kom?

    Sonneblom, Sonneblom

    Waar sou ek wees sonder hom?

    Sou ek oor myself kon kom?

    Want ek het geveg,

    Maar die pil was so sleg,

    Ek het gedoen wat ek kon...

    ***

    Carli Coetzer (17)

    Tuisskool, gr.11

    Kaalvoetkind

    Die lug is wyd en blou bo my kop

    En die pers berge strek oor die horison

    Die wind wip liggies deur my los krul hare

    En ek word omvou deur die aardse stilte

    Deur die sagte, wit, verekombers wolke

    Raak die son saggies aan my skouers

    En in die ewige grasvlaktes

    Staan ek, kaalvoet

    Vergenoegd.

    ***

  • Bladsy 35

    Carli Coetzer (17)

    Tuisskool, gr.11

    Weerkaatsing

    Haar o laat my dink aan die naglug

    Geheime skuil binne haar donker pupille

    Maar die sterre in haar staar

    Laat jou dit skoon verbykyk.

    Die glans in haar donkerbruin iris

    Is so bevredigend soos gesmelte sjokolade

    En ng meer haar wimpers

    Wat fladder soos n vrye skoenlapper.

    Haar o vertel n storie van gister

    Maar niemand kyk verder as dit nie

    Die diepste hoeke van haar hart is stomp

    En dalk is die sterre in haar o

    Net n weerkaatsing

    Van die sterre in my eie o

    ***

  • Bladsy 36

    Christereen Kamfer (17)

    Horskool George, gr. 12

    Vra is vry

    Het jy al gewonder...

    wat om te bestel

    van die lewe se spyskaart

    Met of sonder voorgereg

    hoofgereg met groente of nie

    en n warm of koue nagereg

    Iets bly maar fout

    Dis te vars of te soet

    die vleis is te sout

    lyk mooi, maar proe oud

    Het jy geweet...

    ons is gemaak om te kla

    want dis vry om te vra

    ***

  • Bladsy 37

    Christo de Kock (16)

    Horskool Stellenbosch, gr.10

    Yzerfontein

    Die water dreun.

    Die wind fluister vele verhale.

    Die see is koud

    Maar dis 'n eindelose staar na die

    kalmte wat binne my broei.

    Sy sagte sand en rowwe branders,

    Die bleek mis voltooi die prentjie.

    As die son sink in die see en Meeurots

    saam met die seevols gaan slaap

    Is daar vele o wat begin blink

    langs die strand en

    in die rooi, blou, oranje, geel.

    Waar l die skat

    op Yzerfontein se strand?

    ***

    Christo de Kock (16)

    Horskool Stellenbosch, gr.10

    Liggies

    Die donker dae

    word verhelder deur die

    liggies wat soos

    lag-laggies knipoog.

    Maanlig sing saam met

    die paddas-koor.

    Die kriek-kriekies speel graag 'n party.

    Die geraamtes dink

    dis 'n absurde geraas.

    Maar hulle moet maar

    die varkies gaan soek

    Want sonder die

    maan en die sterre

    kan ons nie sien nie.

  • Bladsy 38

    Christo de Kock (16)

    Horskool Stellenbosch, gr.10

    Terughunkering

    Van ver af sien ek voete

    wat dans in die sand.

    Doer in die son sien ek

    klein kindertjies wat lag en speel.

    Ek sien 'n terughunkering

    Ek sien myself nog.

    Ek sien hoe ek daar sit.

    Ek hoor hoe hard ek lag.

    Ek sien 'n gelukkige klein

    seuntjie wat lag en speel.

    Daardie klein voetspore is al jare gelede weg gespoel.

    Daardie gesiggie kan ek net op vaal foto's vind.

    Daardie seuntjie het

    lankal in die koue see verdrink.

    ***

  • Bladsy 39

    Christopher van der Westhuizen (16)

    Randburg Horskool, gr.11

    S.M.S taal

    die tik tik tik op keyboards van fone

    kan misverstand na misverstand

    wa-ragtig laat tot stand

    kom

    want al tak tak tak

    jou duimpies

    vinnige -kort- rympies

    met sms taal

    galore

    dan tik tik tik

    l die druk druk druk min sin,

    want sin na sin

    sal daar steeds min hiervan

    kom

    **

  • Bladsy 40

    Christopher van der Westhuizen (16)

    Randburg Horskool, gr.11

    Kant

    Almalt kant.

    Nie kant wat almal kant ken,

    Maar kant weggesteek.

    Die kant, kant min sien.

    Nee.

    Nie eers min.

    Net die self.

    Maar as daar self bykom

    dant jy dit wat baie wil he

    want dant jy twee, kant aan kant,

    en elk een kant

    wys die kant

    wat min kant verstaan en nie almal kant kans kry om te ken.

    Want kantt almal.

    ***

  • Bladsy 41

    Christopher van der Westhuizen (16)

    Randburg Horskool, gr.11

    Jou Land

    Du-Du

    Sal jy sien

    as kriminele bo staan.

    Du-Du

    gaan jou oor

    as mas ng wag vir n kraan.

    Du-Du

    Sal jy voel

    as hammers sement slaan.

    Du-Du

    gaan jou siel

    as jou land n swart skaap kraam.

    ***

  • Bladsy 42

    Claudine Beukes (17)

    Horskool Waterkloof

    Blou

    Net nog n blou-oorpak-bont-hemp lyf

    net nog n asem; wat angs en sweet dryf

    maar op die ongewone woensdag

    bly dit vir te lank namiddag en donker nag

    Geen mens moet so benoud en sielloos voel

    terwyl blou oorpakke in my sakke, kaste, binneste en gedagtes woel

    neem alles wat blink en sinnelose waarde het

    sonder om my raak te sien

    met angs en trane en n gil wat nie wil klank

    die woensdagmiddag en nag

    duur nou al maande lank

    Terapeute s ek is n oorwinnaar

    insidente gebeur daagliks en tyd heel maar die blou oorpak se vrese

    klou daagliks, lewensgroot in my jong wese.

    **

  • Bladsy 43

    Daleen van Zyl (16)

    Horskool Noordheuwel, gr.11

    Die Vuur.

    In die vorm van rook

    brand die vuur uit;

    afgestorwe met twee hande

    geblus en verdwaal.

    Manifisteer in n onreelmatige

    onrealistiese wreld.

    Op die uitkyk na iets,

    maar niks vind nie

    Die warm as steek die dro gras aan:

    Een vir een,

    beheer ons die vuur in ons harte,

    want iewers in die lewe staan ons soos Moses

    by die doringbos,

    die vuur wat nooit geblus kan word nie.

    ***

  • Bladsy 44

    Danelle Pretorius (16)

    Horskool Oosterlig, graad 10

    Ek verlang, ek verlang na jou

    My uitsig is mistig en grou

    My gemoed is swaar

    Ek probeer onderskei tussen vals en waar

    Hoekom moes jy gaan

    Hoekom moes ek alleen hier staan

    Jou beloftes is yl en vaag

    Kan jy niks onthou my vraag

    Nooit gaan ek jou seker weer sien

    Nooit is n lang tyd wat ek nie verdien

    Die snikke wil deur my ruk

    Ek wil dit onderdruk...ek misluk

    Wie gaan my troos en omvou

    My hart versigtig in hul hande hou.

    ***

  • Bladsy 45

    Danelle Zeeman (18)

    Worcester Gimnasium, gr.12

    Die ding

    S nou maar ons jaag net wind

    en dwing verniet ons koppe blind?

    Is appels en arke en weergebore vlees

    eintlik net n skild teen ons grootse vrees?

    En wat as daar niks is, geen ewige lewe of hellelange straf?

    Net vir ewig stof word in ons graf?

    Geen Swart Ander of Groter Krag

    Net n ewige wandeling in die ewige nag?

    Nou sit ons op ashope, gemoedere swaar

    te heilig om die moontlikheid in die gesig te staar

    dat iets uitloop op niks.

    Maar is niks werklik so verskriklik?

    Net niks wat goed is, niks wat sleg is

    ons sluit ons o en rus.

    ***

  • Bladsy 46

    Danelle Zeeman (18)

    Worcester Gimnasium, gr.12

    Blikskud vir n siel

    In die helder oggend kry hy my

    en saam dans ons die lente verby

    Ek geklee in jeug, die dood in swart

    Hy met my hart, ek met sy smart.

    Ons sit langs die snelweg in die warm dag,

    en skud my blikkie sag

    Ek sit en bedel bakhand

    en hy teken prentjies in die sand

    Munt vir munt begin die son agter berge kniel

    terwyl ek blikskud vir my siel.

    Niemand dink aan die vuur in die hitte dag

    so almal bedel harder hoe nader die nag.

    En terwyl die duiwel boos vir my lag,

    sal ek en die dood sit en wag.

    ***

  • Bladsy 47

    Danelle Zeeman (18)

    Worcester Gimnasium, gr.12

    Die dooie man

    Want die dooie man kan homself nie verdedig

    en die lewende durf hom nie oordeel of beledig.

    Vlymskerp tonge dans nou in knope om die sombere graf

    omdat argitipes en kwetse die lewendes moet straf

    In sy kis sak die dooie duiwel af,

    maar almal getuig oor die engel in die graf.

    Want deur die haat en jaloesie en lus

    raak elke lewende duiwel skielik van sy sterflikheid bewus

    En die rasende hart raak stil met wit vlerke wat

    swart horings toesmeer

    want wie durf die dooie op sy sondes takseer?

    So blyk vergifnis en vryheid vir elk geskik

    wat snakkend aan sy laaste asem stik

    ***

  • Bladsy 48

    Danille Luttig (15)

    Horskool Stellenbosch, gr.10

    realiteitssindroom

    jy herken nie die persoon in die spiel nie

    wat het van haar geword?

    gestenig met woorde, opgesluit in n donker kelder

    n siel vasgeketting

    Welcome to reality, my darling.

    niks kan haar red nie, want brandmerke is permanent

    smagting na n persoonlikheid wat pas

    die soeke na menswaardigheid

    Waar sal sy, die tiener, ooit tevrede wees met die refleksie?

    ***

  • Bladsy 49

    Danille Luttig (15)

    Horskool Stellenbosch, gr.10

    Inspirasie

    Die soeke na inspirasie

    Iets om oor te skryf, te dig, te skilder

    Uitlaatklep

    Passie

    n Lewensaar vir die waansinnige?

    Uitkry, gedoen kry, genesing vind

    Soek en soek en soek

    O, van waar sal my inspirasie kom?

    ***

  • Bladsy 50

    Danille Luttig (15)

    Horskool Stellenbosch, gr.10

    oop kaarte

    jy leef vir die spel

    jou poker face my dood, want ek bly jou glo

    niks hou vir altyd nie

    ek kan die einde sien soos dit begin

    dis die perfekte hand

    nes Alice het ons Wonderland gevind

    en verlore geraak sonder om te dink

    ek is nugter, ek is skoon

    het my pad gevind

    jou poker face bluf my nie meer

    ***

    Delene M. van Wyk (18) Afrikaanse Hor Meisieskool Pretoria, gr.12 Brief uit die Boland Soms as jy vir my n glimlag pos met pienk-rooi proteas gesel - gepluk uit n Kaapse tuin waarin wilde ganse wegkruipertjie speel wonder ek of jy ooit sal kan weet dat ek my boordenstoe vol sal eet aan die broodkrummels van ons liefde wat ek uit jou oop handpalms steel. ***

  • Bladsy 51

    Delene M. van Wyk (18) Afrikaanse Hor Meisieskool Pretoria, gr.12 Weggooilammers (pleegsorg) vir L.S.

    Vals slaaptydliedjies eggo deur gange van n huis voorheen in stilte omvou. Donssagte haartjies kielie haar wange as kleinseuntjie arms haar vrou-lyf vashou. Soms as die maan oor die huis kom waak nes klein lyfies teen haar sagte bors aan - bid haar moederhart, tot in menswees geraak, vir di tyd van liefh om stil te gaan staan. Vetterige vingertjies verf potskerf renbo al om die mure van haar bewaakte hart. Haar Jerigo val tot haar eie misnoe - haar grootste vreug word haar diepste smart : selfs die dood is genadiger as haar verlies wanneer die wegloop-ooi kom en hr lammers terugkies. ***

  • Bladsy 52

    Delene M. van Wyk (18) Afrikaanse Hor Meisieskool Pretoria, gr.12 K uitgeteer is sy arms en bleek are bult blou van keer-op-keer se naalde steek reg kan sy ma dit nie soen verdryf ook nie met drukkies letsels l soos legkaartstukkies

    oor sy kaalgeskeerde kinderkop. wrelde wat ek nog nie ken nie dryf hol soos eilande in die se van sy oumens-o as hy sy krulkop boetie soms soen op sy sagte seuntjiewang

    fluister hy vir die kleintjie om nie te veel te verlang. ***

  • Bladsy 53

    Dirk Coetzee (17)

    Horskool Ben Vorster, gr.12

    Lang gras met Gedagtes

    (geskeurde huis[gesin] weer heel en n voorbeeld vir ander)

    n Ligte blou kombers dek die lug.

    geen enkele wolk

    Oop vlaktes gevul met geluk en Bloedherinneringe

    Eens.. gewapend en dood

    Vandag. familie, tyd en vreugde

    Merke van die verlede

    lok toeriste en loop oor van vrede

    Hier word liefde gedeel, slegs haat vlug.

    Gedagtes dwaal

    en digters raak verlore in die prag

    Hierdie veld sal nuwe insig bied

    Skreeuende swaeltjies en laggende sonbesies

    dra die atmosfeer van hierdie grasveld..

    ***

  • Bladsy 54

    Dirk Coetzee (17)

    Horskool Ben Vorster, gr.12

    Ma

    n Engel wat op verskillende name genoem word,

    n Son wat verskillende strale skyn.

    Nie altyd gewaardeer, maar altyd benodig.

    Snorkelende laggie is al wat jy hoef te hoor,

    Of n opgewonde dansie is al wat jy hoef te sien

    Die boek van raad, die hart van liefde,

    die prag van mooi. dis alles in n kort kinderwensie.

    Te min woorde om die goedheid aan hierdie hemeljuweel te beskryf.

    Sy is die oorsaak van die rykste glimlag en die warmste liefde.

    Vanaf die dag wat haar hart klop gekry het,

    Tot die laaste dag wat sy Die Woord verkondig,

    sal liefde n goeie naam h.

    n Engel wat God vir ons geleen het,

    ..en ek noem haar Ma.

    ***

    3.

  • Bladsy 55

    Dirk Coetzee (17)

    Horskool Ben Vorster, gr.12

    ~Groen Vrede ~

    (ousus)

    n Lopende sonskyn-glimlag

    met hartverskeurende herinneringe

    Topvlak desibels en koningsblou o

    Dis die voorkoms wat in jou gedagtes hang

    Fluweelhart wat bedek is

    met die opgewondenheid van n sons-opkoms,

    onverstaanbare beeldspraak en liefde vir die verkleindes,

    sleep sy liefhangers agterna

    Van die eerste naelloop-wegspring

    tot die laaste oorwinnings-uitblaas,

    sal di naam in die lug bly hang

    soos die reuk van lente-bloeisels.

    ***

  • Bladsy 56

    Elandr Brenkman (15)

    Horskool DF Malan, gr.10

    Beurtkrag.

    Agter n kers is waar ons nou skuil,

    rens is daar n kind wat huil

    beurtkrag maak sy verskeining

    in die donker wat ons omring

    ligte af en woede aan

    in die donker waar ons saam staan

    ons moet n plan beraam,

    want met beurtkrag is hul nie skaam

    bring die kragopwekker nader

    in kerslig moet ons vergader

    kry die flitse gereed

    die beurtkrag-ding is wreed

    Di vlammetjie brand maar flou!

    Waar is Eskom nou?

    ***

  • Bladsy 57

    Elizma Burger Augsburg Landbougimnasium, gr.12

    Dink ek met my hart Kers wat flicker vertel die verhaal van tyd wat tot einde kom Die skyn van n kers gee lig, laat selfs die uitgesprokenes stom Hoof doel is om lig te gee, maar lig is net lig in die teenwoordigheid van donker en donker is net daar as die waarheid verdwaal. Dink ek met ,y hart, skyn die kers helder, Maar ook net vir die wat sien. Daar is min mense wat rerig sien as hulle kyk. My enigste wens vir jou is om nie te dink met jou brein nie, maar met jou hart. n Hart vol liefde n Konsep wat selfs my laat struikel, n konsep wat jou seer laat, teleurgesteld laat. Maar kerse is lig en so ook God En wat anders is God, as liefde. *** Elizma Burger Augsburg Landbougimnasium, gr.12 Tonnel is see Onder deur, binne die tonnel. O toe en ek hoor die see. Tonnel is see. Rustig lyster ek. Rustig sag. Tot ek besef die verbykomende karre is branders en ek is besig om te verdrink, Snik, snik see is geluk. Branders breuk en my geloof ook soms. O toe en ek hoor die see. Tonnel is see. Rustig en stil.

  • Bladsy 58

    Elreza Jantjies (15)

    Augsburg Landbougimnasium

    Sy was n prinses in haar eie wreld,

    haar standaarde hoog en drome groot.

    Die hart binne haar het oorgeloop van liefde,

    sy was n vriend en altyd daar in tye van nood

    vir haar lippe het sy die waarheid gebruik.

    Sy het geglo sys al een en elk van haar drome bereik.

    Deesdae is sy te kry in die naaste pub,

    met hohakskoene en rokkies heelwat te kort.

    Die enigste hart wat sy het is Red Heart Rum

    en mense wonder wat het van haar geword

    sonder rooi lippe sien jy haar maar min

    nie een van haar drome maak meer vir haar sin

    Sy was n doodgewone meisie

    Snaaks hoe liefde mens verander.

    ***

  • Bladsy 59

    Elreza Jantjies (15)

    Augsburg Landbougimnasium

    Drastiese veranderinge

    Wat het geword van droomverlore tieners

    met geen bekommernisse in die lewe.

    En sokker speel in die straat?

    Wat het geword van saamstaan

    Om n ware vriend te wees in tye van nood,

    en n helpende hand vir n hulpelose boemelaar?

    Ons drome l aan skerwe,

    bekommernisse regeer ons jonkwees

    X-box het straat-speletjies oorgeneem,

    elkeen is op sy eie.

    Die naaste wat ons aan n vriend sal wees, is Facebook

    ons almal is gans te besigom n helpende hand te bied.

    Iewers moet ons n verskil prober maak

    Iewers moet ons weer begin leef.

  • Bladsy 60

    Elreza Jantjies (15)

    Augsburg Landbougimnasium

    Die gewilde Fobie virus

    Zenofobie

    Hoekom oordeel ons, hoekom nie net aanvaar

    hulle is ook maar net mense wat vrees vir die gevaar

    Die gevaar van dreigemente, diskriminasie en moord

    Vergeet van wat mense s en stel God aan die word

    Ons behoort n land van trots te wees, wat almal openhartelik ontvang

    maar intussen brand ons huise, vloek en maak die wreld buite bang

    Suid Afrika is n diversiteit en ons almal maak daarna

    Om saam te staan, is dit te veel gevra?

    Ons land is n pragtige geskenk vir ons om uit ted eel

    Hoekom nie toelaat dat Suid Afrika ander mense se harte ook steel?

    Kom ons vat hande en staan saam teen xenofobie soos een

    Buitelanders is die mense wat met n glimlag vir jou hulp sal verleen

    Xenofobie? meer soos s nee fobie!

    ****

  • Bladsy 61

    Gameedah Riffel (17)

    Pinelands High School, gr.12

    Dit is

    Dis die manier wat jy nie na my kyk.

    Dis die woorde wat jy nooit vir my s.

    Dis die gevoelens wat jy nie vir my voel.

    Dis jou arms wat nie rond my l.

    Ek het altyd gewens vir die dag waar ek kon s:

    Dat dis die manier wat jy na my kyk.

    Dat dis die woorde wat jy vir my s.

    Dat dis die gevoelens wat jy vir my voel.

    Dat dis jou arms wat rond my l.

    Dat dit waar is.

    Dat jy my lief het.

    **

    Handr Jankowitz (16) Jim Fouch Horskool, gr.11

    Moederskoot ek fop my stoute seuntjie probleemkind-prentjie ek weet Ma ken my gewis beter

    suutjies vir ma het ek in fluisterstem gevra daardie vroegoggend met my bloedgeboorte om geduldig te wees met my, Ma se eerste trots ek lewe, Ma ek stamp my kop en word gedurig deur die wreld en sy dinge op my sitvlak geraps, maar dis net om vir die eerste keer asem te haal my naelstring is geknip, Moederlief, maar my naeltjie-letsel sal altyd hier groot en stil binne-in my siel l

  • Bladsy 62

    Handr Jankowitz (16) Jim Fouch Horskool, gr.11

    Stroomop

    Ek beur deur geringe kinders elk gevestig op eie wil. Ek trap oor fyne adders met n leeu wat voorlangs vir my brul. Ek wag langs n wolkekrabber met miljoene te danke aan sy majesteit. Ek swem en trap deur mos en slyk - stroomop teen visse wat my verwyt. Ek treur alleen voor n skare van twee: noodlottig voor Voorkoms en Liefde, gedwee. Ek ry bepaald nader aan die cul de sac, en versuim ek in die son my plek. Menige wil n kleimpie in die son h, maar waarom verskans jy die maan as hy snags in jou kom l? ****

    Handr Jankowitz (16) Jim Fouch Horskool, gr.11

    Adolessensie

    Elk vasgevang in eie glans; eie glorie Hul hou die lippe oop vir steek en skans ieder en elk met eie fopstorie Hoe sal ons dan inpas teen wie sal ons mag vergelyk? Jul tienerpopulasie almal op een Krismismatras wyle ons van buite staan en toekyk. Met hol beloftes word jy genspireer (n halwe dekade in horskoollewe). Trek aan jou baadjie; almal takseer, geliefde graad sewe!

  • Bladsy 63

    Hardus Engelbrecht (16)

    Gereformeerde Horskool Dirk Postma, gr.11

    Die middag-drafsessies

    In die middag-drafsessies

    is my voete die vlugte

    my o die bespeurders

    my lyf 'n waterkraan.

    Ek draf verby:

    honde blaf vir hygfigure

    mense oordeel vreemdes se fiksheid

    hul kinders gil sommer net

    motoriste smyt hulle kyke

    en ek

    die gevoelens verdwyn

    maar ek steun vorentoe.

    ***

    Hardus Engelbrecht (16)

    Gereformeerde Horskool Dirk Postma, gr.11

    Pouse

    My vriende gesels oor goudvisse

    iets oor renosters se punteloosheid

    en wiskunde se ongelykheidslogika.

    Hulle kekkel oor hulle meisiestukkies

    oor die noodsaaklikheid van rym

    eintlik oor niks besonders nie,

    behalwe hulle onbenullige manlikheid.

    Dit is maar goed dat hulle lieg,

    dan hoef ek nie te luister nie.

    ***

  • Bladsy 64

    Hardus Engelbrecht (16)

    Gereformeerde Horskool Dirk Postma, gr.11

    Van oggend tot aand

    Ek word gebore in die ses-tot-agt-oggende:

    buite is dit pajamas en konfytverkeer,

    wegneemkoffie en enkele drawwers.

    Ek leef in die nege-tot-vyf-dagsiklus:

    my kop maal alles fyn, my o bespeur

    ek dra aan myself totdat ek kromloop.

    Ek sterf in die ses-tot-agt-aande:

    binne is dit pajamas en konfytverkeer,

    wegneemetes en enkele drawwers.

    Net voor ek sterf, kom ek tot die slotsom:

    Vanoggend kon ek net sowel bly slaap het

    ***

  • Bladsy 65

    Ilana Wolfaardt (18)

    Horskool Paarl Gimnasuim, gr.12

    Tydlose liefde:

    Koud is haar hande

    warm is haar o

    jonk in hart en siel

    maar lyfie oud en gebo

    Aardse tyd verloop

    figure raak vermik

    liggies begin verdof

    maar helder skyn haar moerderinstink

    My ma se tyd raak min

    ek voel dit nader kruip

    maar hoe kan ek haar s

    dat die dood nader sluip

    Ek weet die lewe kan nie veralyd hou,

    Maar onthou net mamma ek bly liefe jou.

    ***

  • Bladsy 66

    Ilana Wolfaardt (18)

    Horskool Paarl Gimnasuim, gr.12

    Halwe hart..

    Blomme op my bed, soet en geel

    wolf in skaapklere het my hart gesteel

    spog by jou vriende, `n vinnige vry

    maar ek wil weet, is jy liefe vir my?

    Ek was dom, ek moet dit toegee

    ek het half verwag die antwoord is nee

    met `n gebreekte hart kon ek die trane nie keer

    maar die volgende dag dan soen jy my weer

    Jy is onregverdig,selfs arrogant

    jy hou my hart in die palm van jou hand

    wat beplan jy om volgende te maak?

    Wil jy h ek moet van my kop af raak?

    Weet jy wat, jy kan my stukkende hart maar hou

    weet net dat ek lief was vir jou.

    ****

  • Bladsy 67

    Ilana Wolfaardt (18)

    Horskool Paarl Gimnasuim, gr.12

    Grenspos:

    Kaalvoet kind, nuwe diploma in hand

    groot glimlag,gaan veg vir sy vaderland.

    Skaars uit standerd tien

    sal hy ooit weer sy geliefdes sien?

    Slaapsak en waterkan vasgebind op sy rug

    kyk hy `n laaste maal na sy familie terug.

    Die pad strek nou voor hom uit

    sit koud en bibberend in die trok se kajuit.

    Magesyn in die hand, oortrek met vrees

    tyd het aangebreek om dapper te wees.

    Troepe staan op aandag, emosieloos en hard

    monde gepers en o verward.

    Maar vir `n kind met `n geweer

    maak die oorlog baie seer.

    ***

  • Bladsy 68

    Inge Venter (16)

    Horskool Schoonspruit, gr.11

    Droom van begeerte na

    My kiaatvenster is n TV-skerm sonder sein.

    Ongeslypte saffier o staar terug na my.

    n Donkerkop, sproetgesig Aspoestertjie;

    die hoofkarakter.

    Zeus, my prins.

    My siel is n verdwaalde ster in die hemelruim.

    Die son is my middernagklok.

    Op vlug na my winterkaalhuis,

    gestroop van liefde.

    My prins agterna om die woord te bring:

    my perfekte aand was n droom van begeerte na

    My brein stuur die boodskap na my le hart,

    my vingers skryf die woorde teen my rendruppel venster,

    my ouers skree die antwoord met warm woede vir mekaar.

    ***

  • Bladsy 69

    Ingrid Hedenrch (18)

    Horskool Transvalia, gr.12

    Regstellende Aksie

    My kriewelende, krapperige, katteraklose o

    snik-snik in die donker

    terwyl my meer-as-daar longe hyg-hyg

    na lug van Bo.

    Ek's 'n net-generasie, eintlik 1800's kind

    wat alles gekry het

    en vir alles moes gesloof het.

    A-plus, B-plus, C-plus, F.

    Ef die boeke, ef die morele,

    ef die Mense Wat Weet se

    allewige, aanhoudende gekef.

    Weg met glinster-glinster, glimlag, ignoreer.

    Kennis, krag en kinkels in die Kabel

    is ons voorland.

    ***

  • Bladsy 70

    Ingrid Hedenrch (18)

    Horskool Transvalia, gr.12

    Skande

    Vandag het di seun in my klas

    sy een-en-'n-half-jarige-sonder-'n-ma

    in die kerk

    (van alle plekke!)

    gedoop.

    Die diakens het gefrons,

    sy pa was een van hulle,

    sy ma wou wegsink-wegloop.

    Toe di seun oogkontak maak met

    sy een-en-'n-halfjarige-sonder-'n-ma

    gaan hemelpoorte

    (van alle dinge!)

    oop.

    ***

    J.D. Wentzel (16)

    Horskool Bonnievale, gr.10

    n Gejaag na lug

    Is vandag se jeug

    besig met n gejaag na lug?

    Mense wat lugkastele bou

    en teen die einde

    nie daarvan sal hou?

    Ons lewe word regeer deur tyd,

    mense ly aan depressie,

    want almal is spyt.

    Kon hulle nie net kies

    om die regte pad te vind,

    en weer te word

    soos kinders van die wind?

  • Bladsy 71

    ***

    Jaco Hamersma (15)

    Horskool Bonnievale, gr.10

    Die silwertongduiwel Ek kreun soos bloed die wasbak vul Depressie staar terug na my n Bleek gesig gevlek met bloed Ek voel swak Lighoofdig Gaan dit ooit ophou? Ek was net nog n verlore siel Die aarde het nog n engel verloor.

    ****

    Jaco Hamersma (15)

    Horskool Bonnievale, gr.10

    n Brief na die hemel Die lewe het so vinnig verby beweeg Alleen en vol vrees het ek my beind Die leemte het my beste vriend geword So skielik was jy van my weggeneem Al wat ek nou het, is jou foto in n raam Gee my nog een dag Waar ons die onbekende nastreef ***

  • Bladsy 72

    Jamie-Leigh Miggels (17)

    Horskool George, gr.12

    My reis

    Ons begin by die top

    van die Outeniqua berge

    af en affer

    verby die dam

    die geil groenigheid

    tot daar waar glimlagte vals is

    en troos

    skaars is stap ons

    soekend

    aan en aan

    ***

    Janke van Schalkwyk (17) Horskool Parys, gr.12 Generation X-poets (vir al die dooie digters op Facebook) Jy skryf oor sex en drugs, soms rock n roll. Jy skryf oor jou laaste trip en die scars wat dit tot gevolg gehad het. Emosioneel of fiesies, scars bly scars. Dis n google-prentjie saam met jou 5 sinne wat rym, want jou ego glo dis goed en maak van jou n poet. Dis n vloekwoord hier en daar, want dan lyk jy nonchalant en so nou en dan mention jy die Here. Om te wys dat jy nog glo (of miskien nie?) Want daai ou het dit begin en cool laat lyk. Nou doen almal dit, what a cruel world, Selfs ons poets is deesdae fake. ***

  • Bladsy 73

    Janke van Schalkwyk (17)

    Horskool Parys, gr.12

    Die studentelewe van n horskool ou

    Jy soek Mystics. Jy soek Vark jou tweede huis in Langenhovenpark. Jys boos want Barbas is toe en Cubana is nie jou scene nie. Jy soek jou buddy se stoep en die barman wat jou kroeg toe roep. Jy soek n babe in die badkamer, n poppie in die parking lot. Sys n dame op die dansvloer, maar n baas op jou backseat Daar is sy in beheer! Jy soek liggies se view, met net n bottel as jou date. Jy wil die wreld verander, maar eers as jy nugter is. Gaan jy ooit nugter wees? Jy soek Mystics. Jy soek Vark, maar skat wat van jou hart? **** Janke van Schalkwyk (17)

    Horskool Parys, gr.12

    n Elegie vir liefde met t veel verwysings na FPK (vir Bloemfontein)

    Vry my weer in jou kar op die backseat met Francois van Coke wat ons sr in die agtergrond, want by jou is dit hemel op die platteland. Hou weer my hand vas dan staar ons oor die stadsliggies en Hunter se woorde wat my hart vol is sal by my mond uitspoel, want hierdie stad het jou by my gesteel. Sit dan jou hand op my bors as die sterre dof raak en die wolke beheer neem voel hoe dit klop, klop vir jou op Snake se beat want ek bid vir jou, ek bid vir ons en ek bid vir weerlig in hierdie ren. Mag Johnny se guitar cords jou tevrede huis toe dra as die pad lank raak met die son op jou gesig sal jy jouself oopmaak vir misinterpretasie, want jou jong hart glo. En laastens? Mag jy elke keer wat jy vir Valkie hoor hierdie woorde onthou: dat ek wens die somer kan jou terug bring na my toe, want als wat in my gis gee my hoendervleis as dit November is. ***

  • Bladsy 74

    Jean-Mari du Plessis (17)

    Horskool Bellville, gr.12

    Die lewe

    Die lewe is n clich,

    n sterk stroom stigmas

    wat my noodgedwonge meesleur,

    my tesinnig laat doen wat die wreld van my verwag.

    My innerlike vuur stry teen die donderbuie,

    veg verbete vir n teug suurstof

    om te bly brand, lig te gee en hoop te bring

    in hierdie verlore wreld.

    Ek sukkel om myself uit te druk:

    My rou woorde weergalm in die massa niks.

    Wie is verkeerd? Ek of die wreld?

    Is elkeen nie geregtig op sy eie interpretasie van die lewe nie?

    ****

  • Bladsy 75

    Jean-Mari du Plessis (17)

    Horskool Bellville, gr.12

    Woordeloos

    Die skryfbegeerte brand,

    maar die woorde bly wyk.

    Die hart loop oor,

    geen letters om gevoel te verwoord.

    Iewers tussen hart en kop

    verdwaal woorde in die melkweg

    en bly buite bereik

    van die verdruktes.

    ***

    Jean-Mari du Plessis (17)

    Horskool Bellville, gr.12

    Sielsnaef

    Ons l ons siele bloot:

    Laat toe dat woorde dit verbrand

    en mense dit vertrap,

    totdat ons so rou is

    dat slegs trane ons wonde kan heel.

    Keer op keer kry ons seer,

    leer nooit ons les.

    Bly glo in die goedheid van die mens.

  • Bladsy 76

    Jedidja van der Walt (16)

    Tuisskool, gr.10

    Mmmm

    (Rispetto Styl)

    Die enigste hamburger,

    Of n bakkie vol roomys,

    Lekker tjips en n frankfurter,

    Of n coke met baie ys,

    n Groot sny koek, o ja,

    Of die laaste skyf pizza,

    Dis net baie sleg...

    Die yskas is te ver weg!

    ****

  • Bladsy 77

    Jedidja van der Walt (16)

    Tuisskool, gr.10

    n Spesiale Plek

    Omring deur donker nag,

    In n gehuggie van lig soos dag.

    Styf toe teen die koue,

    Van Winter se kloue.

    Sonder kommers en vrese,

    Soos mense verwese.

    Warm toegedraai,

    Met komberse wat paai.

    Gemaklik op die bank,

    Van my keuse, goddank.

    Starend vooruit,

    Wil my o amper sluit,

    By die gesinskamer, se kaggel, se vuur wat brand.

    ***

  • Bladsy 78

    Jedidja van der Walt (16)

    Tuisskool, gr.10

    Tyd Masjien

    (Ottava Rima Styl)

    n Herder vir die vee van die Khoisan,

    Jagter in n groep van Sotho setlaars.

    n Soldaat wat Dias se skip beman,

    Lid van die Oos Indiese handelaars.

    n Oue, getroue Zulu krygsman,

    Matroos wat seil saam Briste gierigaards.

    n Boek kan n tyd masjien deur eeue wees,

    As jy net jou verbeelding gebruik en lees.

    *****

    Jemima Meyer (17) Horskool Jim Fouch, gr.12 Nagedagtes n.a.v. Finis Vir n maand lank was jy April ek kon lag ten spyte van skielike kouefronte en toe: koue voete jy het jou al my flaters aangetrek vir jou was ek n Aprilgek Miskien wanneer die lewe met jou sokkie, sal jy die perfekte paar vir jou koue voete kry. ***

  • Bladsy 79

    Jemima Meyer (17) Horskool Jim Fouch, gr.12 Agtertuin haikoes die wind gooi tantrums - hy smyt lewe heen en weer

    knik bome koppe arme mossie ry wild wipplank, wik en weeg

    op 'n kareetak geel-alleen herfsblaar verkeerde legkaartstukkie

    tussen groen eenheid

    hoep-hoep hop net rond maar lyster hol oor wenstreep soos 'n ware Bolt *** Jemima Meyer (17) Horskool Jim Fouch, gr.12 Kersvader Hy brand sy Seun soos n kers: hoe warmer sy Liefdesvlam, hoe meer stroom die was soos bloed by sy Sye af. ***

  • Bladsy 80

    Jessica Jordaan (15) Horskool Alberton, gr.10 Verworpeling kind Alleen kind, stil kind, op haar eie kind alleenlik op n swaai in die koue en die wind sy het soetgoed in haar hand , haar hart verweer die lekkertjie is soet , maar die pyn bly bitterseer n Traan l in haar o toe sy na ander kinders kyk sy wonder hoe dit is hoe ware vriendskap lyk die jaar , laasjaar , die jaar voor dit nog altyd is dit sy wat alleen bly sit Haar hartjie is opreg en haar liggaam is klein haar hare lieflik sag en haar o so fyn klein verworpeling , geeneen aan haar sy want sy is die kind wie almal so vermy Alleen kind , stil kind , op haar eie mens teerhartig staan sy , vriendeloos , maar met n lewenswens *** Jessica Jordaan (15) Horskool Alberton, gr.10 Oorlog in Dubai Die kaptein beveel sy kompanie en hul stap uit op die veld elke man wens in sy hart hy is eendag iemand se held een van die mans, die jongste soldaat , hoop hy keur vanaand terug want more oggend wag sy vrou in die koue winters lug By die huis l sy seun, knus in sy wieg en slaap hys besig om te veg in Dubai en hulle sit in die Kaap hortend haal hy asem en sy moed l in sy skoen maar hy het gekies om mense te help, dit is wat hy wou doen n Veld vol Dissels met die son wat skree en gewere en missiele wat hulle antwoord gee hy baklei met trots , die oorlog het begin die vyand kry die vegtog volgens hul gewin Die koel het deur sy hart getrek , die brawe man is weg hy het sy lewe opgegee om vir sy land te veg

  • Bladsy 81

    Johan Alberts (16)

    Horskool Swellendam, gr.10

    Seewandeling

    Op die kus van L'Agulhas loop die sagte sandduine

    links by my verby... en voor my uit

    kronkel hardloop daar 'n voetpaadjie groen wit groen

    om by die duine by te bly.

    Die ertjiesop-groen see knaag die klippertjie-sandjie kus in -

    met rotse wat uit sy mond uitskiet soos skewe skerp tande.

    Die bamboes l letsels op die strand se gesig

    en tussendeur glim die allikruk blink soos hemeljuwele en edelstene.

    'n Paar bloublasies vergader hier

    en daar en op 'n rusbankie sit 'n seemeeu

    en staar.

    Nou staan ek en kyk hoe die son breed sak

    en dink aan hoe God sy handewerk

    so perfek gemaak het en laat staan.

    ***

  • Bladsy 82

    Johan Alberts (16)

    Horskool Swellendam, gr.11

    Imagine

    Die Here sweef oor die saal soos die strobe lights

    in hierdie donker wat nog nooit so helder was nie.

    Stralende gesigte is beeldskoon vervlam

    met jubelende hallelujahs,

    waterige o en goue glimlagte

    wat die Here verkoor.

    Die engele op stage verkondig

    sy heerlike heerskappy.

    Elke tong vereer en elke hand

    lig op in 'n afhanklike gebed tot U Heer.

    Elke hart word vervoer

    deur U oorweldigende teenwoordigheid hier.

    Die hemel hou op aarde fees.

    Dis die gees wat sevier.

    ***

  • Bladsy 83

    Jolene Spangenberg (17)

    Horskool Wagpos, gr.12

    Sondaars

    Hulle trippel om ons rond

    en struikel om die volgende draai.

    Hulle spoeg gif

    en hoop op n skoon mond.

    Hulle steek hul koppe hier uit

    en verongeluk vorentoe.

    Hulle gee voor,

    maar hou hul gewete wyd.

    Hulle eet selfs van ons voedsel

    en loop uit ons geselskap uit.

    Hulle sluk gal

    en verbeel dis n soet pil.

    Hulle probeer sonde vermy,

    maar misluk nes ek en jy.

    ***

  • Bladsy 84

    Jolene Spangenberg (17)

    Horskool Wagpos, gr.12

    Mammon

    Hier waar ons met kredietkaarte betaal

    en wag vir petrolprys om te daal

    en daagliks hoop jy boemelaars steel

    en net te veel geld het om te deel

    Hier waar ons wegneemetes oor die foon bestel

    en dan gerieflik note uit tel

    Hier vra ons nie vir ons daaglikse brood

    Want ons ken geen kommer of nood

    Ons vra nie om vergifnis

    Want met geld probeer ons ons eie porbleme uitwis

    Want al wat saak maak is die koers van die rand

    Maar die is nie die geldgod se land

    ***

  • Bladsy 85

    Kanja van der Merwe (18)

    Hor Meisieskool Bloemhof, gr.12

    Mamma

    Sonder jou beteken my lewe niks

    Jy is die son in my dag

    Jy is die maan in my nag

    Jy is die rots wat keer dat ek wegspoel

    Jou bruin o betower my

    Jou mond praat goed

    Jou oor is my spesiale fluisterplek

    Waar ek my geheime en vrese uitlap

    Jy straal jou liefde uit deur

    jou elke dag se doen en late

    vir my

    Tussen die sand en skulpies by die see

    Pryk n blinkrooi uniekheid,

    want mamma is een in n miljoen

    ***

  • Bladsy 86

    Kanja van der Merwe (18)

    Hor Meisieskool Bloemhof, gr.12

    Afskeid

    Ek streel koesterend oor die uitgekerfde woorde

    op die boomstomp- Stillewe Paradys

    en ek staar na die prentjie-mooi plaasuitsig voor my

    dan ruk wrede, koue noodlot my terug na werklikheid.

    Ek sidder as die stadsgedagte by my kom spook

    binnekort is die verwagte werklikheid n onbereikbare droom

    Ek het tyd nodig om dit te verwerk, en te groet

    Hier is my hart begrawe, en hier sal dit altyd bly.

    Ek groet die boomstomp met vlak trane

    en die afwagting begin in my opdam

    toe kondig die stem die einde van n rustige lewe aan

    my emosies toegesluit, en outomaties kry ek my tasse

    Ek waardeer die laaste sterverligte aand wat ek ooit sal sien,

    terwyl n onhoorbare noodkreet my liggaam verlaat.

    ***

  • Bladsy 87

    Kanja van der Merwe (18)

    Hor Meisieskool Bloemhof, gr.12

    Moordwoorde

    Jou woorde het my n knou gegee

    my selfbeeld gedruk, gesny en gebrand

    Nagte het ek omgehuil

    met die wens dat ek aan myself kon verander

    om die ou ek agter n masker te laat skuil

    tog sal ek nooit goed genoeg wees in jou o nie

    Want jou hart is so koud soos n winternag

    Jy het die wag verwyder wat jou mond verg

    en jou ysige, jammer-kry kyke

    het my gebring tot die eindstreep op die hoogste berg

    en die keuse wat ek nou maak

    sal jy verewig in jou hande moet dra

    ***

  • Bladsy 88

    Karen Venter (16)

    Afrikaans Hor Meisieskool Pretoria, gr.10

    Wrede wreld

    Die bloeisel val,

    dit dryf met prag

    na die skone leliedam,

    maar die wreld het ander idees.

    Deur wind word die bloeisel meegesleur

    en dorings gryp gulsig daarna.

    Die blaartjies word geskeur en

    smyt

    dan op 'n teerpad neer.

    ***

  • Bladsy 89

    Karen Venter (16)

    Afrikaans Hor Meisieskool Pretoria, gr.10

    Universiteit

    Gister se kinders is nou mooi groot,

    maar ek rou vir dit

    wat ek in my kinderkamer agtergelaat het:

    om die mengbak uit te lek

    en om drome op te voer

    en om iemand te h wat omgee,

    luister as jou hartetjie seer is sug.

    Want nou is ek alleen en bang

    in 'n vreemde, nuwe plek met

    'n vreemde bed met my lakens op

    en bokse vol herinneringe op 'n vreemde vloer.

    Wat maak ek hier?

    Ek wil huis toe!

    Terug na my kinderjare en moeder toe.

    ***

  • Bladsy 90

    Karla Mller (16)

    Horskool Framesby, gr.10

    Het jy al ooit die strelende stem van die viool in n verlate saal gehoor?

    Die passievolle hartklop van die drom?

    Het jou vingers al ooit die snare van n guitar gestreel?

    Gegly oor die wit en swart trappe van die klavier?

    Het jy al ooit toegelaat dat jy saam gesweep word met die dwarsfluit se golwe?

    Dat die trompet se klanke jou hare op jou nek laat op staan?

    Het jy al ooit musiek gevoel?

    Musiek geleef?

    ***

    Karla Mller (16)

    Horskool Framesby, gr.10

    See blou o in n verrimpelde raam

    Wat het julle al alles gesien?

    Miskien het hulle met afwagting na nuwe uitvindings gestaar

    Revolusie, oorlo en vieringe beleef.

    Het hulle gesien hoe n land hergebore word?

    Was die paar o al verdrink in trane?

    Trane van geluk of pyn

    Het hulle aanskou hoe hul kinders en hul kinders groei?

    Wat het die paar o in hulle negentig jaar al alles beskou?

    Die see blou o in 'n verrimpelde raam, wat nou glimlag met hul laaste asem.

    ***

  • Bladsy 91

    Karla Mller (16)

    Horskool Framesby, gr.10

    Die dreunende egos van verlate slagoffers

    Dans in die donker skadus

    n Traan hardloop oor n jong seun se wang soos hy treur oor sy ouers

    Die moeder klou aan n teddie beer vol gedagtes van glimlagte en geluk.

    Pyn l soos n swaar staal vangnet oor ons

    Die vrees klou ons hart in hulle hande

    Onkunde oorheers.

    Maar soos lig aan die einde van n tonnel

    Brand daar n waarheid in di donker.

    Dis immers ons Suid- Afrikaners se sinspreuk

    Daar waar ons val, sl ons weer opstaan.

    ***

    Karli Potgieter (16) Horskool Oudtshoorn, gr.11 Digterlike ontwaking Ek was nog nooit veel van n digter nie, Maar hier, in die eksamenlokaal, Elke senuwee-spier, Elke hartklop en klier Tot die uiterste gespan: Intelektualiteit in volle prag en praal. Rukkerige draal, gaan ek faal Of met vliende vaandels van n swael Die lente lewe lieflik haal? Bespiegelings! Frustriegelings! Naelbyt, naelskraap, Hier n gawe, daar n gaap. Oorlogsuitslag in die hand: Nou is ek n luitenant.

  • Bladsy 92

    Kata Steyn (17) Horskool Gimnasium Paarl, gr.11

    Gim gedig

    Terug in tyd, meer as n honderd-jaar. n Span is gevorm, n skool het ontstaan Met net vyf om te begin; gelukkig het dit begin. Min het hul geweet, dat roemryke tradisies sou ontstaan, By n skool van drie kleure. Begin by een nog aan die gang met twee Van oraloor, is daar mense wat bestaan; Iets anders binne-in, iets anders mee begin. n Trots by hul naam n Trots op hul skouers; waarmee hul regop staan. Bekend vir wat hulle doen, bekend vanwaar hul kom Opgeklim teen n leer, om iemand anders weer te lei Van ou roemryke tradisies, vorm n eie storielyn Hulle staan saam, want hulle glo in mekaar, Min het hul geweet, wat hul gaan mis na vyf jaar ! ***

  • Bladsy 93

    Komien Smit (17)

    Horskool Gimnasium Paarl, gr.12

    Somersverdriet

    Sipreslaning waai rusteloos in die wind

    Saggies val die ren soos n treurende kind

    Sy het geweet hierdie dag sal eendag kom

    Roerloos langs die graf staan die verlepte blom

    Emosie verlate en koppie wat hang

    Staan die blom langs die graf vol pyn en verlang

    Swaar hang die varklelies se rouende geur

    Hoekom moet s iets in die somer gebeur?

    Die wolke trek oop en die treurbui verdwyn

    Die verlepte blom draai na die son wat skyn

    Sy voel nou die snikke sit vlak in haar keel

    Haar man het deur die strale haar wang gestreel

    Onder al die smart gee haar knie mee

    Bukkend op die graf sit die rouende weduwee

    ***

  • Bladsy 94

    Komien Smit (17)

    Horskool Gimnasium Paarl, gr.12

    Die Sewentiende Jaar

    Kan ek vir jou n geheimpie vertel?

    Meisie jonk en gelukkig in haar eie vel

    Van kindwees in jou sewentiende jaar

    Sal jy my geheimpie stil kan bewaar?

    Sal jy my storie glo as ek dit s?

    Bly staan langs my terwyl ek roerloos l

    My woorde inneem oor sonde en haat

    Belowe jy dat jy nie sal uitpraat?

    Kan ek vir jou die lelike waarheid wys?

    n gebreekte hart van n vroeg-ryp kys

    Merke op my polse en onskuld gebreek

    Is jy seker jy wil die res ook weet?

    False liefde het my baie gekos

    Want in my sewentiende jaar moes ek my kindwees los

    ***

    Lance Plaatjies (18)

    Humansdorp Sekondre Skool, gr.12

    Hartskeurende kalwerliefde

    Opgekropte emosie verskuil in jou stem

    waarna swaarde in jou woorde my hart afrem.

    Die somer in my lewe

    die huppel in my stap

    word skielik deur die skadu skadeer

    my hart is in twee geskeur!

    Die winter is hier

    my lewe is opgesuur

    waar is die hout

    my liefdesvuur kry bitter koud!

    n Slagoffer van aardse geluk

    het hemelse beloftes my ingesluk?

  • Bladsy 95

    Lieze Lourens (17)

    Horskool Dr. EG Jansen, gr.12

    My Perd

    My Perd, my pa

    Sy goue hand

    Soos 'n hoef

    Gevleg deur elke vinger

    Voel hy my hartklop, doef doef

    Soos Hy my daagliks dra.

    Neem hy my tussen tulp en lelie, sou ek vra

    Sodat syne se hart kan galop.

    Waar Ons by waterval en water ws

    voel ek die warm lug uit sy neus.

    Luister hy terwyl ek fluister

    My hart word gevul

    Van: Vreugde... My tien tone omgekrul

    Hy hoef nie, Hy wl.

    ****

  • Bladsy 96

    Louise-Mari Muller (17) Potchefstroom Gimnasium, gr.12

    Chemo

    Wat meer is n rok

    as n paar stukke lap en gare?

    n roos

    as n versameling kelkblare

    hier staan ek

    met my hand vol hare.

    ***

  • Bladsy 97

    ***

    Louise-Mari Muller (17) Potchefstroom Gimnasium, gr.12

    Katjiepiering-winterklag

    Soos die sekelmaan skelm inloer onder die skuiling van die nag

    Die wind kondig sonder huiwer aan

    Die katjiepiering-winterklag

    Sonder wik of weeg

    Het jy eenvoudig uit my nag beweeg

    Nou moet ek in die leemte leweloos leef

    Op geen manier vind ek die regte omdigting

    Vir die strewelose strofes

    Ek vind geen gepaste verklaring

    Vir die somber siel ervaring

    Geen ware weg.

    Net verdwaalde we

    Net die koue asem van die nag

  • Bladsy 98

    Louise-Mari Muller (17) Potchefstroom Gimnasium, gr.12

    Somber Skepping

    Het jy al ooit n wolk sien ween?

    nie drup ren

    nie stort ren

    net eenvoudig kreun.

    Het jy al ooit die wind hoor swyg?

    nie pluk nie

    nie warrel nie

    net eenvoudig hyg.

    Het jy al ooit die son gesien as somber?

    Nie n sonsverduistering

    Of die mis se wit verbystering

    Net eenvoudig bleek oordonder.

    Dalk is die sterre net iets waaragter die donker skuil?

    Dalk is dit eenvoudig net die maan wat huil.

    ***

  • Bladsy 99

    Lourien Leeuwner (18)

    Hor Landbouskool Jacobsdal, gr.12

    Spesiaal vir die mans

    Mans dink mos hulle is superhelde

    want Adam was eerste gemaak

    en nou's ek bietjie jammer vir hulle

    as hulle hierdie gespog moet staak

    Mans was eerste, dis waar,

    maar daar's 'n heel logiese rede

    vir hoekom Adam nou voor Eva gemaak was

    milleniums en eeue gelede

    elke kunstenaar maak maar so,

    anders sal hy dalk misluk:

    Eers bou hy 'n aaklige rofwerk

    voor die skepping van die meesterstuk.

    ****

  • Bladsy 100

    Lourien Leeuwner (18)

    Hor Landbouskool Jacobsdal, gr.12

    Kiepie

    Eendag was daar

    n onskeibare paar

    wat bymekaar kon pas

    soos Kiepie en Kandas

    Saam het hulle gedroom

    oor n wit rok se patroon

    en n kindjie of twee

    in n huisie by die see

    Maar toe het jy besluit

    om vir Kiepie uit te sluit

    buite jou hart se deur

    en kyk hoe ek in stukke skeur

    ***

  • Bladsy 101

    Lourien Leeuwner (18)

    Hor Landbouskool Jacobsdal, gr.12

    Afrikaans

    soos tjops sonder sout

    en n braai sonder hout

    Morn Steyn sonder bene

    die derde varkie sonder stene

    Soos tante Koba sonder groottoon

    en Kallis sonder sy kolf.

    Soos Trompie sonder die bende

    en Jakkals sonder Wolf

    Die ashoop sonder n lappopkoningin,

    nes Blommeland sonder Rosekrans

    so is ek en jy ook maar

    sinneloos sonder Afrikaans.

    ***

  • Bladsy 102

    Macdean Alexander (17)

    Horskool Grenswag, gr.12

    Jesus is altyd daar As ek opkyk na die hemel, voel dit daars nie plek vir my nie. As ek stilstaan en langssaan kyk, sien ek Hys nie langsaan my nie. As ek huil Vra ek vir Hom Hoekom dit met my gebeur. In die donkerste skuil Plant ek my emosionele bom en my gevoelens val net daar neer. Somtyds wil ek nie glo nie, maar dit is waar. Dit voel dalk nie so nie, maar Jesus is altyd daar.

    ***

    Macdean Alexander (17)

    Horskool Grenswag, gr.12

    Die waarheid van liefde Wat die o nie kan sien nie Maar wat die hart voel. Wat die bloed nie kan bloei nie maar wat die woorde bedoel wat die hand nie kan raak nie maar steeds bly dit gevoel. Waarmee ons mekaar seermaak En in diep donker los. Om elkeen aan sy eie eer te laat En hom net daar te los. Dit wat tel, is die gevoel wat baat En bly ewig die ongesiene. Die leuen van haat, Is die waarheid van liefde.

    ***

  • Bladsy 103

    Marionette Booysen (18)

    Horskool Bonnievale, gr.11

    Die Kombuiswerker

    Soggens dou voor dag in die strate af

    Karre wat toet met n oggendlug wat woed

    In die kombuis loer sy deur die venster

    met o wat die suidewind se trane roep

    Onder die heuwel daar sit die huisie wat blink van binne

    n Horlosie wat tik

    Dis amper tyd, maar mre kom sy weer

    ***

  • Bladsy 104

    Marizanne Delport (17)

    Horskool Hennenman, gr.11

    Pa, wat as?

    Wat as sy bottel-blonde hare aan sy skouers raak

    n Inkfabriek, hart, skip- swart gekleur

    As Pa se dogter hom goedkeur

    As waarskuwings my nie traak?

    Neus-, oog- en oorring

    Pakkie Camels in sy broeksak

    Aan my vinger kleef sy ring

    Sy o op my broeksak?

    Hy is n musikant, Pa...

    In Amerika, Pa...

    Ek ken hom nie, Pa, maar wat as?

    ***

  • Bladsy 105

    Marizanne Delport (17)

    Horskool Hennenman, gr.11

    In die geheim

    Jou nommer is uitgevee

    jou foto weggegooi

    google ken jou nie meer

    my hart voel leeg

    Jy weet nie ek ken jou naam

    hoe sal jy weet dat die gedig oor jou gaan?

    ****

    Marizanne Delport (17)

    Horskool Hennenman, gr.11

    Gister

    Ek verlang na die dae toe

    krels pret was

    vry, vryheid was

    en bytjies net insekte was

    ***

  • Bladsy 106

    Marshin Cupido Horskool Paarl Gimnasium, gr.12

    Sommige kere

    Sommige kere wens ek ,ek kan ontsnap.

    Verdwyn , verdrink of net wegsink in n bak mieliepap

    My lewe is opwindend , glo my

    Ek sal dit vir niks verruil

    Nie eers vir die avontuurlustige lewe van n uil

    Maar net sommige kere wil ek weg

    Van alles en almal , goed of sleg !

    Ek wil droom oor die toekoms , mooi plekke , my lewe !

    Sonder om vir een oomblik aan jou te dink en te bewe.

    Maar my lewe is opwindend glo my .

    Ek wens net jy was hier aan my sy

    Sommige kere wens ek , ek was by jou.

    In n plek , donker , stil , dood , sonder n enkele traan of rou

    Tenminste tenminste is ek by jou

    ***

  • Bladsy 107

    Megan Muller (16)

    Horskool Noordheuwel, gr.11

    Vir nou

    Uit die blou van ons ryke erfenis trou

    Uit die groen van die groei van bos en vashou

    Uit die rooi van die Afrika son wat vroegdag groet

    Uit die reenboogharte van vasberade volksgemoed

    Ons vir jou

    Oor die foute van ons verlede

    Oor die roepstem van ons rou

    Ons vir jou

    Uit die grys wolke van onrus en vrees

    Uit die grou woede van selfsugtig wees

    Uit die gruweldade van haat drup bloed

    Rooi vir nou

    ***

  • Bladsy 108

    Megan Muller (16)

    Horskool Noordheuwel, gr.11

    n Ewigheid

    n Ewigheid vasgevang tussen die harte van twee

    As jy iemand vind vir wie jy alles sal gee

    n Wa(R)relwind van passie en pyn hand aan hand

    Jo(U) lippe soos vuur wat my oor en oor brand

    Oom(B)likke vasgevang in wat kan wees

    Ek v(E)rdrink in jou o, ek verdrink elke vrees

    As jy my tee(N) jou vashou

    En dis net ek

    En jy

    Besef ek n ewigheid saam sal te kort wees vir my

    ****

  • Bladsy 109

    Megan Smit (18)

    Horskool Oos-Moot, gr.12

    Elektrisiteit Gloeilampland

    Elektrisiteit Gloeilampland

    jou lig wil nie meer helder brand.

    Stadium 1,2,3 dryf ons na fase vuur

    ons beurt om donker-krag te duur.

    Kragopwekkers wat nasie probeer bou

    gesteelde koperkabels om ons lig aan te hou.

    Ons in die donker alleen gelaat

    die land met die ESKOM-mandaad.

    Met n vlammende kers in my helpende hand

    Hier in die Elektrisiteit Gloeilampland.

    ***

  • Bladsy 110

    Megan Smit (18)

    Horskool Oos-Moot, gr.12

    Blom Suid Afrika

    Suid Afrika, jy moet blom waar jy geplant is

    jou renboog, jou passie, jou lewenslus

    moet jy waak oor jou mense, die Sonneblomland

    swart-wit-bruin neem ons mekaar met eenheidhand

    want die verlede wortels klim uit hul grafte om ons te anker

    en ons stadig oor tyd op te vreet soos n klouterende kanker

    O, Heer dis my Nkosis sikelela uitroepgebed:

    Om sy mense uit apartheid te red

    Soos saad diep onder eeue oue grond geberg

    Wag nuwe herinneringe om hede te terg

    Ons moet groei en bloeisels optower

    Want so sal ons die rasis verower

    Van ho berge, le woestyne en die groen Kaappunt

    Sal jy Suid Afrika jou blomplek eendag vind.

    ***

  • Bladsy 111

    Melischa van der Merwe (18)

    Afrikaanse Horskool Sasolburg, gr.12

    Ou geld loop op rente..in September.

    Vroeg in September...

    Die maand van lente,

    kom haal God Sy laaste ou sente.

    Sy Sent met klomp rente..

    Kinders , klein kinders !

    In lente vlieg die vlinders ,

    soos huilende wees-kinders.

    Graf of ver-as.

    Hemel toe was sy sonder enige tas.

    Skielike groet , grooter as die skok van die groot vloed!

    Die Bybel haar paspoort en die Hemel haar akkomudasie.

    Jesus was altyd haar insperasie.

    Haar rente bly agter vir bou van nasie.

    Sy maak so lank hulle spasie.

    ***

  • Bladsy 112

    Miah Burns (16)

    Afrikaanse Hor Meisieskool Pretoria, gr.11

    Verbeel jou net

    Verbeel jou net

    n wreld sonder haat.

    n Wreld vol liefde.

    Ja, verbeel jou net.

    Verbeel jou net,

    Heeldag speel, heeldag lag

    Kinders hardloop kaalvoet in die straat, mens groet mens.

    Ja, ek wag vir daardie dag

    Verbeel jou net

    as almal tog net wou glo.

    Glo in liefde en hoop en n vrye wreld.

    Ja, verbeel jou net.

    ***

    .

    Miah Burns (16)

    Afrikaanse Hor Meisieskool Pretoria, gr.11

    Song van n tiener

    People, luister nou na ons.

    Ons het ook feelings.

    Ons is maar net tieners.

    Met ons eie storms en probleme.

    Julle dink mos

    Oor ons teenagers is,

    Dink ons als is gemors n?

    Dit issie so nie, julle kyk net mis.

    Maar laat ek nou explain,

    Hoekom is ons so n pyn.

    Ons feelings is ok maar fyn.

    Daar is net soveel meer in die lewe om te gain.

  • Bladsy 113

    ***

    Michelle Jacobs (16)

    Tuisskool, gr.11

    Agter groen gordyne van vermyding

    skuil n mens;

    n kluisenaar van die wreld

    se kritiek.

    Soms wil hy die sluiers lig

    dan slaan die wind die vensters toe.

    Waarvoor kruip hy weg?

    Wat mag ons nie sien?

    Dalk weet hy net nie hoe

    n mens jouself aan hierdie

    wrede wreld moet vertoon.

    ***

    Michelle Jacobs (16)

    Tuisskool, gr.11

    Kom ons maak braaihout

    van die kragpale,

    en plant Kosmos op die teerpaaie.

    Verbrand die baksteen-grotte

    en maak die sterre ons plafonne.

    Plant bome in die Sahara woestyn

    en swem in riviere van die Karoo.

    Kom ons maak Eden weer

    ons koskas

    en hou die Aarde soos hy was

  • Bladsy 114

    Michelle Jacobs (16)

    Tuisskool, gr.11

    Alles draai ook deesdae net

    oor geld en rykdom

    mag en status.

    Liefde is nie meer genoeg,

    ook nie lag en sing

    en blydskap nie.

    Waar is dan die lewe heen?

    Die glinster in jou o?

    Nou is ons net vlees robotte

    n Klip waar eers n hart moes wees.

    ***

    Mizanne Hattingh (16)

    Bergsig Akademie, gr.11

    WINTER:

    Die donkerte van winter het aangebreek,

    warm klere en koue siele.

    Die kuns van swetsende koue ontwikkel.

    Elke dag, meer en meer.

    Die depressie van onveranderende winter,

    die koue ring van n pistool teen die voorkop.

    O tog, waar sal my hulp vandaan kom?

    Die nood van ontwikkeling, die moderne brolloks en bittergal.

    Liefde word doodgedruk soos n brandende kers,

    of liefde word gekweek in die nood.

    Mense vind en verloor mekaar in die sneeustorms van die lewe.

    die hartseer en woede van onvermydelike dood.

  • Bladsy 115

    Mizanne Hattingh (16)

    Ber