iKonekt - FXit · vir die kleintjies. Dit sal die grotes verveel. Hulle kom praat ons taal in ons...

8

Transcript of iKonekt - FXit · vir die kleintjies. Dit sal die grotes verveel. Hulle kom praat ons taal in ons...

  • iKonekt

    Reeks 3

    Elke pakket sluit die volgende in:

    'n Boek (die Leiersgids) 'n CD met...

    Twintig in-die-kol gesprekstukke

    'n Aangename PowerPoint aanbieding met Wenke

    wat Werk as motivering vir aanbieders

    Hierdie inligtingstuk bevat die volgende in volgorde:

    # LEIERSGIDS: grepe uit die inleiding

    So Konekt ons (inhoudsopgawe)

    Kyk na die metode (beginsels van aanbieding)

    Kyk na iKonekt 3

    # VOORBEELDLES : "Get connected"

    Aanvangsaktiwiteit (Rollespel)

    Gesprekstuk

    Riglyne vir die aanbieding

  • Kyk na die Tiener ... 3

    Kyk na die Bybel ... 4

    Kyk na die Metode ... 5

    Kyk na die Prinsiep ... 6

    Kyk na die Mentor ... 7

    Kyk na die Program … 8

    Kyk na iKonekt 3 ... 9

    Tema/inhoud Karakters

    1 Die eerste Xbox ... 10 Skepping en sondeval Adam en Eva

    2 Wanneer God huil ... 12 Verset teen God Kain en Abel

    3 Hoe dom? Sodom ... 14 Oordeel en genade Lot en sy gesin

    4 Kyk waar jy loop ... 16 Lewe of dood Lot se vrou

    5 Watter taal ?18.. שפה איזו Gerief of geloof Moses

    6 Van put na paleis ... 20 Gevolge van geloof Josef

    7 'n Storie van twee konings ... 22 Gevolge van sonde Josef en Dawid

    8 Van hero tot zero ... 24 Gevolge van swak keuses Salomo

    9 Maksimum Beskerming ... 26 Gevolge van vertroue Daniël se vriende

    10 Watter vyand ... 28 Gevolge van volharding Daniël

    11 Ekskuus Meneer ... 30 Krag vir jou roeping Gideon

    12 Seilboot in die storm ... 32 Krag in swaarkry Gideon

    13 Blind of Bold ... 34 Krag om te gaan Jeremia

    14 Hoe ryk is jy ... 36 Krag om vrugte te dra Jeremia

    15 Get connected ... 38 Krag om te konekt Jona

    16 Plêstiek planne ... 40 Krag om te gehoorsaam Paulus, Jakobus

    17 Geveg tot die dood lewe ... 42 Krag vir die stryd Petrus, Johannes

    18 Iemand soos jy ... 44 Krag van gebed Elia

    19 Blink bekers ... 46 Krag om te vas Ester

    20 Ge-fix vir die langpad ... 48 Krag vir die reis Verskeie

    Aanvangsaktiwiteite (rollespel, ens) ... 50 - 69

  • Adolessente wil ondersoek en ontdek.

    Hulle soek uitdagings; wil nuwe dinge doen.

    As sosiale wesens wil

    hulle chat&share.

    By iKonekt leer ons om

    in te zoom op die Woord.

    Lekker om te sien hoe

    die lig vir ouens opgaan.

    Ek SOEK nou my Bybel!

    Human beings are learning creatures.

    People learn all the time and in different

    ways. Rather than trying to “teach” teen-

    agers, we support their basic humandrive to learn and grow by experience.

    (NST learning experience: www.northstarteens.org)

    Groepsbesprekings:

    Aanbieder is "buite“. Hulle

    suffer self met die oplossings.

    So is daar meer eerlikheid en

    openheid; individue voel veilig

    in die groep en voel vry om

    eie menings te lug.

    Terugvoer:

    Aanbieder fasiliteer.

    Riglyne in die boek is

    om die gesprek te lei;

    dis nie die “antwoord”

    .

    Hulle ervaar: Hy gee soveel vir

    ons om dat ons behoeftes vir

    hom belangrik is. Hy hou van

    ons geselskap. Hy’s nice!

    Koffie so af en

    toe is grOOt!

    If we do not use effective methods,

    they will not learn what we think we’re teaching.

    ~ Sam Doherty, CEF ~

  • Wat maak iKonekt 3 ?

    Na my beste wete is dit die eerste keer in Afrikaans

    dat karakters uit die Ou Testament in 'n volledige jaar-spektrum

    lewe kry in die tienerwêreld.

    Die stories van Josef en Daniël en Dawid is Onthou, daai ouens was almal tieners.

    vir die kleintjies. Dit sal die grotes verveel. Hulle kom praat ons taal in ons wêreld!

    Stories is altyd 'n treffer, want...

    "Onbewuste leer" vind plaas wanneer karakters sekere waarhede of beginsels oordra.

    Jy kan vanuit 'n ander dimensie na eie soortgelyke ervarings kyk. So kan jy idees vorm,

    selfondersoek doen en antwoorde kry.

    Wanneer jy jouself met die karakters identifiseer is dit moontlik om in iemand anders se

    skoene te staan.

    Wanneer die storie saam beleef word en emosies loskom, skep dit groepseenheid.

    In iKonekt 3 word karakters uit die Ou Testament gedownload na die tiener se leefwêreld.

    So word hulle optrede sonder moeite geïnternaliseer.

    Stories maak karakters kenbaar. In die "stories" van die Ou Testament leer ons God ken

    deur sy handelinge met mense.

    Hoe werk iKonekt 3? [Meer hieroor in die UITDAGING]

    Geen program is soos 'n les nie. Dis 'n leerervaring: leer-met-die- .

    Elke program fokus op een sentrale tema.

    Die vertrekpunt is 'n behoefte, gewoonte of tendens van die tienerwêreld.

    Elkeen word gekonfronteer met 'n uitdaging om 'n keuse te maak.

    Die keuse of lewensverandering spreek waardes/beginsels aan.

    Tieners word effektief aangespreek wanneer verrassing, variasie

    en humor deel vorm van die program.

    Die waarheid mag nie wegkruip nie. "We must speak mind-blowing truth, even if it hurts, or if we

    step on purple painted toes." [That's My Girl, issue 8: editor's letter]

    Vir xtra woema in die aanbieding is die uitdaging [PowerPoint op die CD] 'n moet!

  • iKonekt 15 GET CONNECTED: AANVANGSAKTIWITEIT [rollespel]

    Spelers: Sus en Jona [Jona is besig is om haastig klere in 'n sak te pak toe Sus inkom].

    Sus En nou Jona, waarheen gaan jy so skielik?

    Jona Moenie onnodige vrae vra nie, Sus. Kry solank my goed in die badkamer. My tandeborsel is in

    die vensterbank en die sjampoe is in die stort. Vinnig, waarvoor wag jy?

    Sus [onseker]: We-e-el, ek weet God het jou geroep om in Nineve te gaan preek, maar vertrek die

    bus na Nineve nie eers Maandag nie? Hoekom is jy so haastig?

    Jona Ek is op pad Joppe toe. Ek moet vyf-uur op die lughawe wees. Karel vat my.

    Sus Huh? Deur Joppe na Nineve? Hoekom gaan jy nie direk nie; dis net 670 km van ons af?

    Jona Kyk man, ek vlieg Joppe toe. Van Joppe af vat ek die skip Tarsis toe. Gee vir my drie goeie

    redes hoekom ek in Nineve moet gaan preek.

    Sus Jy's nie ernstig nie? Jy's 'n profeet van God. Jy weet voor jou heilige siel Hy't vir jou gesê om

    na Nineve te gaan. 'n Moewiese uitdaging! Die hoofstad van die magtige Assiriese ryk!

    Jona Presies. Die hoofstad van die simpel nasie wat heavy vyande van Israel is. Hulle kan ons nie

    vat nie en ek kan hulle nie vat nie. Nou moet ek hulle gaan bekeer? Ek meen, rêrig?

    Sus Wat dink jy gaan jy nou in Tarsis doen? Probeer jy wegvlug van die Here af? By the way ek het

    nog nooit van Tarsis gehoor nie. Waar op aarde is die plek?

    Jona Nog nie van Tarsis gehoor nie? Kry 'n lewe, girl. Get connected! Tarsis is die heel verste plek

    wat vandag se mense van weet. Hulle weet nog niks van Parys en New York nie.

    Sus Nee nou praat jy in raaisels. Parys, New York? Waar kom jy aan al daai weird stuff?

    Jona Gegoogle, hoe dink jy? [Swaai sy selfoon voor haar gesig]: Get connected, sê ek. En hier's nog

    'n paar surprises vir jou. [Lees op selfoon]: Die tyd waarin ons nou lewe, is 780 jaar voor

    Christus. En selfone gaan eers oor meer as 2 700 jaar van nou af gebruik word.

    Sus Selfone? Goeie genade, die gesprek raak nou super weird. Is dit daai ding wat jy vashou?

    Jona Jip. Dis in die Tomorrowland movie gebruik. Toe koop die ou van die china shop dit by Walt

    Disney vir next to nothing. Ek het net veertig bokke by die china shop betaal.

    Sus Ai my broer, jy laat my stres. Jy sal mos weke op daai skip wees. Wie gaan jou klere was? Wat

    gaan jy eet? Ek bedoel, jy sal soort van vir jouself moet sorg.

    Jona Chill dit uit, my suster. Ek vat my visstok saam, dan vang ek nou en dan 'n grote. [Gaan af.]

    Sus Oh please. Dit wil ek nog sien. [Roep agter hom aan]: Oppas dat 'n grote jou nie dalk vang nie!

    [Gaan af.]

  • iKonekt 15 Get connected [Groepsbespreking, gevolg deur riglyne vir die aanbieder]

    Verlede keer het Jeremia jou laat wonder of jy 'n droë bossie is of 'n boom wat aanhou

    vrugte dra. Jeremia was 'n vrugteboom: Hy was nie bang om God se boodskap te

    verkondig nie, al het sy eie mense probeer om hom dood te maak.

    1 Jona het ongeveer 150 jaar na Jeremia geleef. Jy ken seker sy storie.

    Hoe sien jy Jona: as 'n bossie of as 'n vrugteboom?

    2 Hoe sou jy gevoel het as jy Jona was? Hy't probeer om "weg van die Here af" te beweeg [Jona 1:3].

    Maar hy was 'n profeet, en hy't tog geweet God is óók in Tarsis. Waarom, dink jy, beweeg hy toe

    presies in die teenoorgestelde rigting? Watter redes kan reg wees: Is dit omdat hy...

    1 duidelik vir God wil wys hy sál dit nie doen nie? 2 nog jonk en vol energie was? 3 gedink het: liewer bang Jona as dooie Jona? 4 van sy opdrag wou wegvlug?

    3 Die profeet Asarja [± 150 jaar voor Jona] het eendag 'n gesprek met koning Asa gehad. [Asa was koning

    oor die suidelike twee stamme, Juda en Benjamin.] Jy sal skrik oor party goed wat jy in 2 Kron 15 sien [nie vir

    sensitiewe kykers], maar lees eers net vers 1 tot 3.

    Die koning en sy volk kan een van drie moontlikhede kies [die eerste twee loop eintlik saam]:

    As hulle sal God

    As hulle sal God

    As hulle sal God

    a) Lyk dit logies of klink dit wreed? In watter mate geld hierdie beginsel nog steeds, meer as 29

    eeue nadat Asarja dit gesê het?

    b) Die koning het toe meer moed as Jona gehad. Wat hierna gebeur het, is 'n mooi storie wat

    plek-plek soos 'n riller klink. Wat in vers 8-19 is vir jou goeie nuus en wat klink scary?

    c) Vers 7 bevat motivering en 'n belofte. Wat sê dit vir jou persoonlik?

    4 In die Nuwe Testament is 'n beeld wat hierby aansluit. Lees Joh 15:1-5.

    Get connected [soos in iKonekt] – dis eintlik wat Jesus hier sê. [Die lote is die takke van die wingerdstok

    waaraan die druiwetrosse hang.] Hier gaan dit ook oor vrugte dra. Jesus praat van almal wat bely dat

    hulle Christene is. Dis twee groepe met 'n verskil, al lyk hulle eenders.

    a) Sommige van hierdie lote word ____________ [eish!]. Ander word reg ____________.

    Sekere ouens is reeds reg gesnoei [vers 3]. Wat gebruik Jesus vir 'n snoeiskêr?

    b) Om gesnoei te word, is mos ongerieflik. Hoe sal vers 3-4 jou dagprogram beïnvloed?

    Laat ons lewe tot u eer; vrugte dra vir U, o Heer. [Liedboek van die kerk, 299]

  • 1 Jona sou seker by die hemel-doeane gestop word as daar vrugteboom op sy paspoort staan.

    Pleks dat hy as profeet na die sondige Nineve gaan, kies hy koers in die teenoorgestelde rigting. [In die boek Nahum word die sondes van Nineve wyer omskryf.]

    2 Redes waarom Jona vlug:

    Die woorde weg van die Here af kom twee maal in vers 3 voor om Jona se ongehoorsaamheid te

    beklemtoon. Om dieselfde rede kom die woord Tarsis drie maal in die vers voor.

    Dit beteken nie dat hy van God wou wegkom nie [hy't geweet dis onmoontlik], maar hy vlug weg van

    sy roeping of opdrag. Nommer 4 is dus die naaste aan die waarheid. Nommer 3 kan moontlik

    onderliggend wees, want die Nineviete was bekend vir hulle gewelddadigheid. Om te impliseer

    dat Jona hardkoppig of arrogant was [no 1] kan dalk 'n bietjie vergesog wees.

    3 Bespreking van 2 Kron 15:1-3; 7-19:

    As hulle by die Here is sal God by hulle wees.

    As hulle na Hom vra sal God Hom deur hulle laat vind.

    As hulle Hom verlaat sal God hulle verlaat.

    a) Die profeet Asarja het die ou-ou boodskap verkondig: die Here is by dié wat by Hom is [vgl ook

    v 15b]; Hy is ver van dié wat ver van Hom is. Die beginsel geld steeds, want ± 27 eeue daarná

    skryf Jesus se broer Jakobus: Nader tot God en Hy sal tot julle nader [Jak 4:8].

    b) Goeie nuus: Asa verwyder die afgode en herstel die altaar in God se tempel. Daar was

    eenheid en almal is tevrede. Hulle aanbid God in Jerusalem en sluit weer 'n verbond met

    Hom. Hulle godsdiens was opreg en almal was baie gelukkig. Daar was vrede in die land.

    Scary: Die ongehoorsames wat doodgemaak word [v13] klink vandag vir ons vreemd, maar dit

    was "normale" wetstoepassing in daardie konteks. Daar was geen verskil tussen kerk en

    staat nie – die "kerk" was die regering. In dié geval is mense wat bly vasklou aan afgode en

    hulle teen die koning se opdragte verset, tereggestel. Heb 10:28 bevestig dit.

    Al vereis God eerbied vir die ouers [en grootouers], het Asa nie toegelaat dat sy ouma in die

    pad van sy gehoorsaamheid aan God staan nie. Hy onthef haar uit die koningsmoeder

    posisie, want sy verhouding tot God is belangriker as sy verhouding met enige mens.

    c) God se kinders moet sterk staan by dit wat reg is. Elkeen wat moedhou en volhard, sal

    beloon word. Vers 15 geld steeds: Dié wat God dien en sy wil doen, kry vreugde en rus.

    4 Get connected: Bespreking van Joh 15:1-5:

    a) Sommige van die lote in die wynstok word afgesny en ander word reg gesnoei. Die

    "snoeiskêr", sê Jesus, is sy woorde. Hierdie woorde het later Skrif geword. Die beginsels in

    die Bybel is bedoel om dié wat dit glo in die regte vorm te snoei. Die woord van God is

    lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante... [Heb 4:12]

    b) Jy kan nie 'n hegte verhouding met iemand hê as jy nie gereeld na hom luister nie. Jesus

    kommunikeer met jou deur die Bybel. Jy gaan Hom mis terwyl jou Bybel toe bly. Die

    snoeiskêr aktiwiteit moet eerste op jou dagprogram wees.