WOUWTJIENUUSwouwtjies.co.za/wp-content/uploads/2018/03/Nuusbrief-11... · 2018-03-27 · -KULTUUR-...
Transcript of WOUWTJIENUUSwouwtjies.co.za/wp-content/uploads/2018/03/Nuusbrief-11... · 2018-03-27 · -KULTUUR-...
WOUWTJIENUUS Laerskool Anton van Wouw Weeklikse Nuus Nuusbrief 11 28 Maart 2018
DAGBOEK! REVUE: Oefennaweke: 13-14 April, 20-21 April, 4-5
Mei, 11-12 Mei, 18-19 Mei;
25-26 Mei. Kleedrepetisie en
fotodag vir die program:
1 Junie
REVUE OPTREDES: Ma. 18 Junie
Di. 19 Junie
Wo. 20 Junie
OUPA- en OUMADAG
Gr.1-3: Vry. 22 Junie
(terwyl Oupa en Ouma hier
is vir die groot Revue…)
VEREFEES: 15 September (Omdat die
Revue in Junie plaasvind,
skuif ons dié saamkuier
effens later…)
Byvoorbaat dankie vir u
ondersteuning!
Klerebank-tye: Maandae 07:20-08:00
Dinsdae 13:00-14:00
Woensdae 07.20-08:00
Vrydae 07.00-08:00 Kosmos... Herfs en winter se genade-blommetjies
Baie dankie aan elke leerder, ouer en personeellid vir
‘n baie suksesvolle eerste kwartaal. Ons vertrou dat u
hierdie welverdiende ruskans behoorlik sal geniet. Indien
u met vakansie gaan, reis asb. veilig. Ons sien uit na ‘n
opwindende tweede kwartaal! Skole heropen weer
op Dinsdag, 10 April.
2
KREEF-DAG
Hiermee ‘n woord van opregte dank aan élkeen
wat bygedra het tot Kreef-dag. Baie dankie vir
die verskil wat u maak!
Die volgende uitreikprojek vind in die tweede
kwartaal plaas. Ons sien uit daarna om weer ‘n
kos-insameling vir Booysens Beertjies
Kleuterskool te hou. Meer inligting vol later.
VOORTREKKERS Program: 2de Kwartaal
Maandag 16 April: Die Voortrekkers skop die tweede kwartaal af. Ons het ‘n spreker
gereël om met die kinders oor ons geskiedenis te gesels - spesifiek die tydperk rondom die
ontdekking van die Kaap en die koms van Jan van Riebeeck. Ouers is welkom om saam te
kom luister.
Maandag, 23 April: Ná Voortrekkers vind daar ‘n belangrike praatjie in die skoolsaal plaas
wat aangebied word deur ‘n kenner. Alle ouers, ook nie-Voortrekkers, is welkom om te kom
luister en ingelig te word oor die gevare van sosiale media vir ons kinders. (Sien asb. die
volledige berig bo-aan hierdie bladsy).
GGA/N
Daar word heelwat GGA/N-aktiwiteite (spesialisasies) vir alle grade in die tweede kwartaal
aangebied:
GGA - Gebieds Georganiseerde Aksie (dag)
GGN - Gebieds Georganiseerde Naweek (naweek)
4-6 Mei - GGN Garsvallei Singkamp (Graad 1 tot 7)
5 Mei - GGA dag Genl Hertzogh (Graad 1 tot 7)
11-13 Mei - GGN Rietvallei (Graad 1 tot 7)
18 & 19 Mei - GGA dag Noordpos (Graad 1 tot 7)
25-27 Mei - GGN Oord Goudrand (Graad 4—Ruimtewaarneming en
Graad 6 - Sterrekunde) - Bespreek betyds... baie gewild!
Gebiedskampe
Almal wat Jakaranda en Hoëveld gebiedskampe bywoon, geniet dit en kom veilig terug. Dankie
aan ons offisiere wat hulle tyd opoffer om saam te kamp.
Ons sien uit na ‘n besige en opwindende 2 de kwartaal. Geniet die kort ruskans!
GROETE
PIETER VAN DER ZWAARD
NB! PRAATJIE Gevare van sosiale media met
betrekking tot kinders
Datum : Ma. 23 April
Tyd : 17:30
Plek : Skoolsaal
Ons nooi álle Gr. 4 tot 7-ouers uit om na
hierdie belangrike onderwerp te kom
luister, aangebied deur Carla de Beer van
The Digital Law Company.
3
-KULTUUR- Ons versoek ons u om alle prestasies (soos aangedui) voor of op die gegewe datums, by me. Gerda Jacobs in te handig. Gebruik die vorm wat in die Nuusbrief verskyn en ook op ons webtuiste en Skoolkommunikeerder beskikbaar is. Die afsny-datums is soos volg: Vrydag, 11 Mei, vir prestasies behaal ná die 2017-Kultuurmerieteaand, tot op hede. Vrydag, 22 Junie, vir prestasies behaal vanaf 1 Mei tot gegewe datum. Vrydag, 7 September, vir prestasies behaal vanaf 16 Junie tot gegewe datum. Vrydag, 5 Oktober, vir prestasies behaal vanaf 1 September tot gegewe datum. Donderdag, 2 November, vir prestasies behaal vanaf 25 September tot op datum. Die finale afsnydatum sal gekommunikeer word sodra die datum van die merieteaand vasgestel is. U sal sien dat die datums (effens) oorvleuel, omdat sertifikate nié altyd dadelik beskikbaar is nie. Ons rig ʼn vriendelike, dog dringende versoek dat u ons hande sterk en moeite doen om by hierdie sperdatums te hou. Die volgende kultuuraktiwiteite se uitslae word nié ingehandig nie. Dit word van die betrokke personeel ontvang. 1. Wouwtjie Kunstefees : Me M Bakkes 2. Speech Festival : Me T Lagerwall 3. Juniorkoor : Me A Friedrich 4. Seniorkoor : Me L Botha 5. Musieksentrum (eksamens): Me M du Toit 6. Voortrekkers : Mnr P vd Zwaard 7. Redenaars : Me N McCord 8. Toastmasters : Me L Bowker Proses: 1. Ouers voltooi die vorm volledig. 2. Plaas afskrifte van sertifikate in dieselfde volgorde as wat die prestasies gelys is, saam met die vorm in ʼn plastiek A4-sakkie. 3. Handig vóór of op die afsnydatum by me. Gerda Jacobs in. 4. Prestasies word in die amfi-teater gelees en verskyn in die Nuusbrief. 5. Medaljes en trofees moet in ʼn duidelik gemerkte sakkie/houer ingehandig word, indien dit in die amfi oorhandig moet word. 6. MOET ASB. GEEN OORSPRONKLIKE SERTIFIKATE SKOOL TOE STUUR NIE.
Die volgende prestasies word deur ouers ingehandig: (Kunswedstryde; Eisteddfods; Eksamens; Optredes) 1. Kuns 2. Drama 3. Dans 4. Musiek (klavier/solo-instrumente) 5. Sang 6. Enigiets nié genoem nie
KULTUURPRESTASIES - 2018
Naam: Gr. Sperdatum: Di. 11 Mei 2018
Afdeling Kunstefees/Optrede/
Eksamen Kategorie Simbool Besondere prestasie
bv. Musiek Pta. Eisteddfod Klavier A+ Trofee / Kategoriewenner / Medaljewenner ens.
4
RUITERSPORT Baie geluk aan Nicolas du Plooy wat
onlangs ‘n 4de plek in jumping behaal
het. Welgedaan!
SPORT-TOERE Rugby o.9 en o.10 : 27 Mrt.-29 Mrt.
o.11, 2des en 1stes : 3 April-6 April
Krieket o.9 en o.10 : 2-5 Julie 2018
o.11 : 12-15 Julie 2018
o.12 en o.13 : 24-30 Junie 2018
SKAAK Belangrike inligting
Skaak as sport bestaan basies uit Skole Skaak en Privaat Provinsiale/Nasionale/Internasionale skaak.
Suid-Afrika bestaan uit 9 streke/skaak-provinsies, bv. Tshwane, Jhb. Metro, WP ens.
Die 9 streke val onder die beheer van die Sambreelorganisasie "CHESSA". Chessa val onder beheer
van die wêreld-skaakorganisasie, FIDE.
Nuwe spelers sluit aan by hul streek (bv. Tshwane) en registreer op daardie webwerf (ledegeld beloop
R300 per jaar, maar o.8 slegs R150)
Elke streek bied bykans weekliks toernooie aan.
Elke streek skryf spanne in om aan die jaarlikse SA Junior Skaakkampioenskappe deel te neem
Spelers wat gekies word vir dié kampioenskappe, verwerf
provinsiale kleure.
Die SA-kompetisies vind jaarliks in Januarie of Desember
plaas.
Om die Tshwane-streek te verteenwoordig, moet ‘n speler
aan die Tshwane-proewe in Augustus deelneem.
Om genooi te word vir proewe moet ‘n speler ten minste
4 toernooie vóór proewe speel.
Twee van die 4 toernooie moet "Tshwane-toernooie" wees.
Die D4-toernooi wat op 10 Maart plaasgevind het, tel reeds
as een toernooi.
Alexander Louw (Gr. 6) stoei sedert hy vier jaar oud is. Hy het
reeds Noord-Gauteng kleure verwerf en twee keer aan Suid-
Afrikaanse stoei-byeenkomste deelgeneem. Alexander het in 2017
‘n silwer medalje tydens die SA stoei-byeenkoms in Johannesburg
verower.
Alexander is onlangs gekeur en uitgenooi deur Noord-Gauteng
Stoei om deel te neem aan hul Project Excellence 2018 Groep met
die doel om hom te ontwikkel (binnelands sowel as buitelands) met
die oog op deelname aan die 2024 en 2028 Olimpiese Spele.
Voorwaar ‘n jong sportman om dop te hou... ons is trots op jou,
Alexander!
STOEI
Bo: Alexander (blou) in aksie op die mat
NO GOAL
WAS EVER
MET
WITHOUT
A LITTLE
SWEAT
Kwartaal 2: Ligabepalings
(Volledige brief sal aan elke speler
gegee word)
25 April / 9 Mei /16 Mei
23 Mei / 30 Mei
5
SWEM SWEM BUITE-SKOOLVERBAND
Baie geluk aan Megan Nieman wat ‘n eerste plek behaal het tydens
die Intra-provinsiale ouderdomsgroep-kampioenskappe
(SA vlak 1 - 100m borsslag). Welgedaan!
Interlaer A-liga
Hartlik geluk aan ons swemmers wat ‘n eerste plek vir Afrikaanse skole,
en ‘n algehele vierde plek tydens die Interlaer A-swemliga behaal het.
Die uitslae was soos volg:
Goud Silwer Brons
Lise Coetzee
1M
50m vlinderslag
100m vryslag
Ruan Engelbrecht 50m vryslag
50m rugslag
Ben Johan Laubscher 50m vryslag
50m rugslag
Megan Nieman 50m borsslag
Zander van Niekerk 50m borsslag
Amber Landskron 50m borsslag
Tessa Battheu 50m rugslag
Daniel de Villiers 50m rugslag
Keila Manthe 50m rugslag
Reinardt de Jager 50m rugslag
AFLOSSE:
Dogters o.9 Vryslag
Seuns o.11 Vryslag
Dogters o.13 Vryslag
Dogters o.9 W/aflos
Dogters o.13 W/aflos
Seuns o.13 W/aflos
Ouderdom-aflos Silwer
Regs en regs onder:
Ons o.9-rugbyspelers wys hulle
staal op die veld!
6
Idioom van die week
Het jy geweet? Die Klein Vyf
Behalwe vir die Groot Vyf (leeu/olifant/renoster/luiperd/buffel),
bestaan daar ook ‘n groep diere in Afrika wat bekend is as die Klein
Vyf. Wouwtjies, wie weet... dalk sien jy een van hierdie unieke
diertjies in die vakansie!
(Dit reën baie hard en aanhoudend)
Luiperdskilpad Renosterkewer Olifantmuis Buffelwewer Mierleeu
(Bergskilpad)
7
VAKANSIE-PRET!
Soek verskille in die twee prentjies
VAKANSIE-SKOOL WOUWTJIE-NASKOOL:
Stuur asseblief voor of op Maandag, 26 Maart ‘n e-pos na [email protected]
en dui aan watter dae u kind(ers) van die vakansieskool gaan gebruik maak.
PRE-PRIMêR NASKOOL:
Stuur asseblief voor of op Maandag, 26 Maart ‘n e-pos na [email protected]
en dui aan watter dae u kind(ers) van die vakansieskool gaan gebruik maak.
Woensdag, 28 Maart Skool sluit 09:45 Vakansieskool is oop vanaf 09:45 tot 17:30
Do. 29 Maart Vakansie-skool oop 07:15 – 17:30
Vry. 30 Maart Goeie Vrydag
Sa. 31 Maart
So. 1 Apr. Ma. 2 April Gesinsdag
Di. 3 April Vakansie-skool oop 07:15 – 17:30
Wo. 4 April Vakansie-skool oop 07:15 – 17:30
Do. 5 April Vakansie-skool oop 07:15 – 17:30
Vry. 6 Apr. Vakansie-skool oop 07:15 – 17:30
Sa. 7 Apr.
So. 8 Apr. Ma. 9 Ap. Vakansie-skool oop 07:15 – 17:30
Di. 10 Apr. Skool heropen
12
FOTOBESTELLINGS Ons herinner u graag aan die
foto-bestellings wat op Vrydag,
13 April sluit. Bestel vroegtydig
u kind se foto-pakket!
8
ENVIROUW HERWINNING
Herwinning
Name van wenners sal volgende kwartaal bekendgemaak word - hulle sal dan ook wapentjies en
pryse ontvang. Ons sien uit daarna om weer volgende kwartaal te herwin!
Wêreld-gesondheidsdag: 7 April
Saterdag, 7 April is wêreldsgesondheidsdag. Hierdie jaar se tema is “Gesondheid vir almal!”
Envirouwgroete
Juffrou Anè Friedrich
0825619389
WOUWTJIE-ORKES
Baie dankie aan ons orkes wat só
hard geoefen het die afgelope
kwartaal. Ons sien uit daarna om
weer in die tweede kwartaal hande
te vat!
Juffrou Anè Friedrich
(0825619389)
KASKAR
Baie dankie aan elke ouer en leerder
wat so fluks aan die karretjie-verkope
deelgeneem het!
Datum van kaskarresies:
Woensdag, 18 April om 17:00
9
at wou jy adverteer? Jy kan ook in die Wouwtjienuus adverteer! Kontak: [email protected]
LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.
BELANGRIKE KENNISGEWING:
UITTEKEN-PROSEDURE Daar is ‘n toenemende tendens van ouers wat leerders gedurende skoolure uitteken. Wanneer ‘n ouer by die skool
opdaag om sy/haar kind uit te teken en daardie leerder uit ‘n klas geroep word, is dit uiters ontwrigtend. Hierdie
praktyk het só toegeneem dat die skool se ontvangskantoor bykans tot stilstand kom en klasse konstant ontwrig
word, veral op Vrydae. Dit geld óók vir artikels wat tuis vergeet is, en dan skool toe gebring word.
Ons vestig graag u aandag op die volgende inligting soos per die Departement van Basiese Onderwys se Beleid op
Skoolbywoning (2010):
“Geen ouer het die reg om ‘n leerder sonder ‘n geldige rede uit die skool te hou nie. Vakansie en privaatsake is
nie ‘n geldige rede nie.”
Indien ‘n leerder wel met ‘n geldige rede gedurende die skooldag die skool moet verlaat, moet die skool ten
minste die dag voor die tyd daarvan verwittig word per brief deur die ouer.
Hierdie brief word deur die leerder aan die voogonderwyser, die betrokke vakpersoneel asook ’n adjunkhoof
getoon. Die personeel teken dan die brief.
Op die gegewe dag en tyd wat die leerder die skool moet verlaat, sal die leerder self verskoning maak by sy/
haar vakonderwyser en na ontvangs gaan.
LW: Geen leerder sal meer net uit ‘n klas geroep word nie.
Koelkamers, vrieskamers, houerbakke vir
verkoelingstrokke en ander geïsoleerde ruimtes. Piet Pretoriusstraat 1, Rosslyn, Pta.
Tel (012) 541 1797/8 [email protected] www.isobodies.co.za
CUPCAKES & KOEK
Mooiste cupcakes/koek
op bestelling gebak -
billike pryse!
Enige ontwerp/styl
Kontak: 082 442 8099
DOMESTIC WORKER Agnes Skosana is looking for a part time job every second Tuesday.
CONTACT: Agnes: 076 300 6175 Reference: 082 318 5735 (S Jonker)
Glacial Air Service / Maintenance / Supplier of Aircons
& LP Gas / Gate Motor Repairs
Pieter Knox
082 871 8502
#1 in service
Kontak ons
L/s Anton van Wouw
Deystraat
Nieuw Muckleneuk Pta.
Tel: 012 460 6181/3024
Bemarking:
Advertensies:
Verhuring van fasiliteite:
Sport:
Volg ons op:
WOUWTJIEGROETE
MNR. CR HENNING
HOOF
Ons maak tyd vir jou kind