SAWA KEMPTON PARK SOMER UITGAWE 2015 · Pak ‟n muskietnet vir baba in (dit help ook bedags om...

7
SAWA KEMPTONPARK SOMER UITGAWE 2015 SAWA KEMPTON PARK SOMER UITGAWE 2015 SAAMGESTEL DEUR CINDY OLIVIER Dis half ongelooflik om te glo dat bykans twee derdes van die huidige diensjaar reeds verby is en dat ons op die vooraand van die jaarlikse Presidente saamtrek staan. Tyd, liewe vriende, is deesdae ‘n baie rare en spesiale kommoditeit en een waarvan ons blyk net minder en minder te hȇ. Hierdie was sover ‘n baie suksesvolle jaar in terme van ons SAWA aktiwiteite en vandat ons die AJV agter die rug het, was die huidige bestuur druk besig met ‘n verskeidenheid aktiwiteite. Een van hierdie opkomende aktiwiteite is ons jaarlikse fondsinsameling. Hierdie jaar het ons besluit om ons lede die geleendheid te gee om twee vlieë met een klap te kan gee. Ons versoek al ons lede: oud, jonk, maer, meer gedefineer, kort, lank…ek is seker julle kry die idée…Maak jou kas skoon en pak al jou ou klere, skoene en speelgoed in ‘n boks. Ons beoog ‘n mark-geleendheid in ‘n minder-gegoede area in die volgende maand, waartydens ons al die goedere teen weggee pryse van die hand wil sit. Bring asseblief julle sakke na die volgende saamtrek! In hierdie geval is kwantiteit belangrik. Net om julle ook te herinner, hier is die name van die bestuur wat hierdie jaar so hard werk om die streek vir julle te maak werk: Lourens Botha - 2IC Gerhard Jacobs - Trevor Manuel Joleen Jacobs - Die regterhand Francois Nel – Verkoopsman Andrè Olivier – Opgaarder Cindy Olivier - Die Paparazzi Vriende, ek wil julle ook graag herinner dat die bestuur daar is om na u as die lede se belange om te sien. Voel dus asseblief vry om te enige tyd op enige van die bestuur se knoppie te druk. Ons het hierdie jaar reeds ‘n paar suksesvolle saamtrekke agter die blad en dit is vir my baie verblydend om te sien dat ten spyte van moeilik ekonomiese tye en groter werksdruk, daar nog lede is wat die tyd maak om ‘n breek te vat van die alledaagse gejaag en nog saam te kuier. Ons doel as organisasie is tog om ‘n geleendheid te skep waar vriende wat soortgelyke waardes en standaarde het, saam kan kom om te ontspan en die natuur te kan geniet. 2015 was sover ook ‘n jaar waarin ons as streek hartseer beleef het. Ons het op 1 Maart moes hartseer afskeid neem van ons gewese onder voorsitter en goeie SAWA-vriend, Deon Coleske. Deon het altyd ‘n passie gehad vir SAWA en sy vermoë om ons op die regte pad te hou op sy eie sagte manier, is iets wat ons nog lank sal onthou. Deon sal altyd in ons harte wees en ons gedagtes en gebede is by Stella en die kinders. Ons het ook moes afskeid neem van ‘n oud-Kempton Parker, Rita Swanepoel. Jan en Rita was jare terug lede by ons, wat toe streek NOVS toe oorgeplaas het toe hulle verhuis het Sasolburg toe. Ons gedagtes en gebede is ook saam met Jan en hulle familie. Ons volgende groot gebeurtenis is natuurlik die Presidente saamtrek te Klipdraai tydens Paasnaweek. Vir diè van ons lede wat nog nie hierdie geleendheid bygewoon het nie, hierdie is die ideale geleendheid om te ervaar hoe SAWA op ‘n groter skaal werk. Ons het oor die laaste paar jare , die “Brekkie-Buns” tydens die Saterdag se kermis hanteer, maar het toe ook besluit dis tyd om ons lede ‘n breuk te gee van kos-maak, so hierdie jaar pak ons die wynveiling aan. Johan Jacobs het ‘n uitdaging aan al ons lede gerig en toe self ook word by daad gevoeg: Elke gesin skenk 3 bottels wyn vir die wynveiling , sodat ons ‘n goeie bydrae kan lewer vir die Nationale kas.Ons hoop om u almal daar te sien…..met julle 3 bottels wyn!!Laaste versoek van my kant af; ons het agtergekom dat ons kommunikasie per epos nie altyd hulle bestemming bereik nie as gevolg van kontakbesonderhede wat nie op datum is nie. Ons vra dat u asseblief by Joleen Jacobs (sekretaresse) u besonderhede sal bevestig, sodat almal op hoogte bly van wat gebeur in die streek.Sien julle by ons volgende kamp en veilig sleep!! Uit die Voorsitter se pen Deur Nita van der Merwe INDEKS: Uit die voorsitter se pen Lief en Leed Ledetal & Wenke en blapse Kampe vir 2015 Kamp met kinders/babas Kamp ‘memories’

Transcript of SAWA KEMPTON PARK SOMER UITGAWE 2015 · Pak ‟n muskietnet vir baba in (dit help ook bedags om...

Page 1: SAWA KEMPTON PARK SOMER UITGAWE 2015 · Pak ‟n muskietnet vir baba in (dit help ook bedags om lastige goggatjies weg te hou) en neem sitronella-muskietweerder saam. ‟n Stootwaentjie

SAWA KEMPTONPARK SOMER UITGAWE 2015

SAWA KEMPTON

PARK SOMER UITGAWE

2015

Issue Date

SAAMGESTEL DEUR CINDY OLIVIER

Dis half ongelooflik om te glo dat bykans twee derdes van die

huidige diensjaar reeds verby is en dat ons op die vooraand van die jaarlikse Presidente saamtrek staan. Tyd, liewe vriende, is deesdae ‘n baie rare en spesiale kommoditeit en een waarvan ons

blyk net minder en minder te hȇ. Hierdie was sover ‘n baie

suksesvolle jaar in terme van ons SAWA aktiwiteite en vandat ons die AJV agter die rug het, was die huidige bestuur druk besig met ‘n verskeidenheid aktiwiteite. Een van hierdie opkomende aktiwiteite is ons jaarlikse fondsinsameling. Hierdie jaar het ons besluit om ons lede die geleendheid te gee om twee vlieë met een klap te kan gee. Ons versoek al ons lede: oud, jonk, maer, meer gedefineer, kort, lank…ek is seker julle kry die idée…Maak jou kas skoon en pak al jou ou klere, skoene en speelgoed in ‘n boks. Ons beoog ‘n mark-geleendheid in ‘n minder-gegoede area in die volgende maand, waartydens ons al die goedere teen weggee pryse van die hand wil sit. Bring asseblief julle sakke na die volgende saamtrek! In hierdie geval is kwantiteit belangrik.

Net om julle ook te herinner, hier is die name van die bestuur wat

hierdie jaar so hard werk om die streek vir julle te maak werk: Lourens Botha - 2IC Gerhard Jacobs - Trevor Manuel Joleen Jacobs - Die regterhand Francois Nel – Verkoopsman Andrè Olivier – Opgaarder Cindy Olivier - Die Paparazzi

Vriende, ek wil julle ook graag herinner dat die bestuur daar is om na

u as die lede se belange om te sien. Voel dus asseblief vry om te enige

tyd op enige van die bestuur se knoppie te druk. Ons het hierdie jaar

reeds ‘n paar suksesvolle saamtrekke agter die blad en dit is vir my baie verblydend om te sien dat ten spyte van moeilik ekonomiese tye en

groter werksdruk, daar nog lede is wat die tyd maak om ‘n breek te vat van die alledaagse gejaag en nog saam te kuier. Ons doel as organisasie is tog om ‘n geleendheid te skep waar vriende wat soortgelyke waardes en standaarde het, saam kan kom

om te ontspan en die natuur te kan geniet. 2015 was

sover ook ‘n jaar waarin ons as streek hartseer beleef het. Ons het op 1 Maart moes hartseer afskeid neem van ons gewese onder voorsitter en goeie SAWA-vriend, Deon Coleske. Deon het altyd ‘n passie gehad vir SAWA

en sy vermoë om ons op die regte pad te hou op sy eie sagte manier, is iets wat ons nog lank sal onthou. Deon sal altyd in ons harte wees en

ons gedagtes en gebede is by Stella en die kinders. Ons het ook moes

afskeid neem van ‘n oud-Kempton Parker, Rita Swanepoel. Jan en Rita was jare terug lede by ons, wat toe streek NOVS toe oorgeplaas het toe hulle verhuis het Sasolburg toe. Ons gedagtes en gebede is ook saam

met Jan en hulle familie. Ons volgende groot gebeurtenis is natuurlik

die Presidente saamtrek te Klipdraai tydens Paasnaweek. Vir diè van ons lede wat nog nie hierdie geleendheid bygewoon het nie, hierdie is die ideale geleendheid om te ervaar hoe SAWA op ‘n groter skaal werk. Ons het oor die laaste paar jare , die “Brekkie-Buns” tydens die Saterdag se kermis hanteer, maar het toe ook besluit dis tyd om ons lede ‘n breuk te gee van kos-maak, so hierdie jaar pak ons die wynveiling aan. Johan Jacobs het ‘n uitdaging aan al ons lede gerig en toe self ook word by daad gevoeg: Elke gesin skenk 3 bottels wyn vir die wynveiling , sodat ons ‘n goeie bydrae kan lewer vir die Nationale kas.Ons hoop om u almal daar te sien…..met julle 3 bottels

wyn!!Laaste versoek van my kant af; ons het agtergekom dat ons

kommunikasie per epos nie altyd hulle bestemming bereik nie as gevolg van kontakbesonderhede wat nie op datum is nie. Ons vra dat u asseblief by Joleen Jacobs (sekretaresse) u besonderhede sal bevestig,

sodat almal op hoogte bly van wat gebeur in die streek.Sien julle by

ons volgende kamp en veilig sleep!!

Uit die Voorsitter se pen Deur Nita van der Merwe

INDEKS: Uit die voorsitter se pen Lief en Leed Ledetal & Wenke en blapse Kampe vir 2015 Kamp met kinders/babas Kamp ‘memories’

Page 2: SAWA KEMPTON PARK SOMER UITGAWE 2015 · Pak ‟n muskietnet vir baba in (dit help ook bedags om lastige goggatjies weg te hou) en neem sitronella-muskietweerder saam. ‟n Stootwaentjie

SAWA KEMPTON PARK SOMER UITGAWE 2015 2

Lourens en Celeste Botha het ‘n ander huis gekry

Elzette en Duncan Pirie is getroud

Leon en Letitia Janse van Rensburg deel die nuus dat hulle nie meer Kaap toe trek nie

Letitia Janse van Rensburg het haar gehoorstuk gekry

Wayne Harris se oog herstel baie goed

Deon en Stella Coleske is het ‘n kleindogter ryker geword

Johan Jacobs het ‘n Nationale Eer Hoër Graad toekenning ontvang tydens die Kongres

Shane en Danica Smith het ‘n dogter ryker geword

Joey Bloem se seun het ‘n nuwe oog gekry danksy ‘n borg

Gerhard en Mariëtte Jacobs het albei nuwe werk

Gerhard en Joleen Jacobs het ‘n dogter ryker geword

Dit is dan ook Johan en Mariëtte Jacobs se 11de kleinkind

Lourens en Celeste Botha se kleinkind is gebore

Tanya & Stiaan is getroud

Lief:

Leed: Daar is by Francois en Wilma Nel se woonwa ingebreuk by hul huis

Marius en Melissa Jacobs se jongste was in die hospitaal, is ontslaan maar dit gaan baie moeilik

Gwen Harris moet ‘n gewrig operasie ondergaan

Wilma Nel se seun was in ‘n motorongeluk

Wilma Nel se susterskind het dood verongeluk

Daar is weer by Francois en Wilma Nel se woonwa ingebreuk

Bossie en Dawn Bosman is besig om te skei

Deon Coleske is oorlede op Sondag 1 Maart 2015

Jurie Dreyer se moeder is oorlede

Tannie Rita Swanepoel is oorlede

Marius Jacobs was in die hospitaal

Page 3: SAWA KEMPTON PARK SOMER UITGAWE 2015 · Pak ‟n muskietnet vir baba in (dit help ook bedags om lastige goggatjies weg te hou) en neem sitronella-muskietweerder saam. ‟n Stootwaentjie

SAWA KEMPTON PARK SOMER UITGAWE 2015 3

LEDE STATISTIEKE

Ons huidige ledetal vir

Streek Kempton park

soos op 31 Maart 2015:

49 gesinne

Nooi asseblief soveel vriende/

familie saam na kampe sodat

hulle kan sien hoeveel pret

dit is en ons hulle kan oorreed

dat dit die moeite werd is om

as ‘n SAWA lid aan te sluit!!

Oom Daan en tannie Elize Wenk: Sit ‘n tennisbal bo-op jou tent

pale tussen seil en paal om beskadiging te voorkom Blaps: Toe hulle die tent se afdak tuis

vergeet het en Oom Daan terug huistoe is om dit te gaan haal, oppad terug Bloekompoort toe het hy verby gery. Toe hy stop en terugstoot ry hy met die motor se agterwiel in die pad se sloot vas….. R19 000 se skade was die uiteinde

Francois en Wilma Wenk: Wanneer jy jou woonwa afhak,

sak eers die neus en dan die stutte agter. Maak dan die woonwa gelyk en kry dit dan waterpas deur die jocky wiel te laat sak.

Blaps: Dit was vir Francois en Wilma ‘n

groot skok toe hulle by Sionbergh (en toe weer by Kaia Manzi) met kosmaak begin het en toe agterkom dat daar by hulle wa ingebreuk was en hulle vermis ‘n klomp goed

Johan en Mariëtte Wenk: Sny ‘n pool-noodle in kort

genoeg stukke en sit om die tentpenne wat uit die grond steek om te verhoed dat almal oor hulle val en hulle tone stamp

Blaps: Toe hulle agterkom hulle het die

nuwe woonwa se afdak onthou maar die pale by die huis vergeet met die kamp by Sionbergh

Wenke en blapse: ‘n Paar van ons gereelde kampers deel hulle stories met ons

Page 4: SAWA KEMPTON PARK SOMER UITGAWE 2015 · Pak ‟n muskietnet vir baba in (dit help ook bedags om lastige goggatjies weg te hou) en neem sitronella-muskietweerder saam. ‟n Stootwaentjie

SAWA KEMPTON PARK SOMER UITGAWE 2015 4

Rossouw en Nita

Wenk: Dit is ‘n absolute droom vandat Rossouw vir hulle ‘n self vullende water toestel geinstaleer het vir die woonwa

Blaps: Toe hulle die porta-potty se

kasset by die huis vergeet het by Koppisol en Rossouw deur die nag huistoe gery het om dit te gaan haal

Willie en Hannele

Wenk: Sorg dat daar altyd ‘n

oorlewings tassie saam is. Hulle s’n bevat: Vaseline & watte bolle om ‘n vuur mee te begin, skerp mes om enige iets te kan sny, ‘n flint en ‘n leë toilet rolletjie gevul met was om mee vuur te maak.

Blaps: Toe hulle die vorige eienaar van

hulle nuwe woonwa moes bel om te vra waar is die tent pale

Andre, Cindy en Billie

Wenk: Die maklikste en vinnigste

manier om die kole/hout aan die gang te kry vir jou braaivleis vuur, ‘n gaspyp aansteker.

Blaps: Hulle soek altyd die staanplek

met die beste koelte bome maar by Sionbergh was die lekkerste boom ook die naaste aan die water. Die erge reën en opstoot van die dam het daardie aand vir baie sports en ‘n afgeskryfde woonwa gesorg!

Page 5: SAWA KEMPTON PARK SOMER UITGAWE 2015 · Pak ‟n muskietnet vir baba in (dit help ook bedags om lastige goggatjies weg te hou) en neem sitronella-muskietweerder saam. ‟n Stootwaentjie

SAWA KEMPTON PARK SOMER UITGAWE 2015 5

30 Jan – 1 Feb MALONJENI (saam met streek Oos-Rand) Terugvoer oor kamp: Die kamp het verander in die opsig dat daar nie veel diere oor is om na te kyk nie en die hokke is verwaarloos.

6 – 8 Maart KAYA MANZI Terugvoer oor kamp: 10 woonwaens saam gekamp Die algehele toestand van die oord was teleurstellend.

3-7 April KLIPDRAAI - PRESIDENTE

24 – 27 April DE VOETPADKLOOF (Kampkommandante-Gerhard&Frans*)

29-31 Mei BASS LAKE (Kampkommandant – Francois)

3-5 Julie BOSVELD OASE (Kampkommandante – Bossie & Paul*) 7-10 Aug MARULA MOUNTAIN VILLAGE – AJV 24-27 Sep NATIONALE SAAMTREK 16-18 Okt BUFFELSPOORT – KONGRES

2-4 Okt SIONBERGH (Kampkommandante – Nita&Andre*)

4-6 Des SOETDORING – KERSKAMP

Kampe vir 2015

Page 6: SAWA KEMPTON PARK SOMER UITGAWE 2015 · Pak ‟n muskietnet vir baba in (dit help ook bedags om lastige goggatjies weg te hou) en neem sitronella-muskietweerder saam. ‟n Stootwaentjie

SAWA KEMPTON PARK SOMER UITGAWE 2015 6

Maak ‘n lekkerny vir die voëltjies:

Vat „n ou toiletrolletjie en smeer dit

met grondboontjiebotter. Rol dan

die rolletjie in voëltjiesaad. Ryg dan

„n mooi lint deur die rolletjie en

hang dit in die boom by jou

tent. Bon appétit liewe voëltjies.

Maak klip-diertjies. Hiervoor het jy verskillende kleure

verf en „n “permanent marker”

nodig.

Neem „n ekspidisie deur die

kamp/veld en laat elke kind sy eie

klip op 2 optel en saamsleep kamp

toe. Verf die klippe in jou

gunsteling kleur en laat dit droog

word. Neem die merker help jou

kind om sy eie gogga te maak wat

kan waghou by die tent.

Kampeer met ’n baba

Kampeer met klein babatjies is glad

nie so moeilik nie, want hulle slaap

die meeste van die tyd. Baie ma‟s

vertel hul babas is gelukkiger in die

tent as by die huis!

Borsvoed is bobaas wanneer jy

kamp, maar bottelvoed is ook glad

nie moeilik nie. Belê in ‟n termosfles

of twee (Cadac se metaalflesse is

duursaam) om water warm te hou vir

bottels en kry ‟n melkpoeierhouertjie

waarin jy voedings vooraf kan afmeet.

As julle nie elektrisiteit het nie,

gebruik Sterilon of Milton om jou baba

se bottels in ‟n emmertjie te

steriliseer.

Purity is ‟n wenner wanneer jy kamp.

‟n Dra-kot werk lekker vir ‟n klein

babatjie, veral in ‟n klein tent. Vir ‟n

groter baba is ‟n kampkot ‟n goeie

slaap- en veilige speelplek. As baba

nie tuis in ‟n kampkot slaap nie, laat

slaap hom daarin ‟n paar dae voor

julle kamp sodat hy dit gewoond raak.

Pak ‟n muskietnet vir baba in (dit help

ook bedags om lastige goggatjies

weg te hou) en neem sitronella-

muskietweerder saam.

‟n Stootwaentjie is ‟n moet, veral vir

wanneer baba sukkel om te slaap.

Indien moontlik, moenie gaan

kampeer as baba siek is nie. Dit gaan

vir niemand ‟n plesier wees nie.

Vat jou Kango-drasak saam vir jou

kleinding, of belê in ‟n abbasak vir jou

ouer baba.

Geniet die avontuur!

Hou die kindertjies besig

Page 7: SAWA KEMPTON PARK SOMER UITGAWE 2015 · Pak ‟n muskietnet vir baba in (dit help ook bedags om lastige goggatjies weg te hou) en neem sitronella-muskietweerder saam. ‟n Stootwaentjie

SAWA KEMPTONPARK SOMER UITGAWE 2015

Kersvader kom aan by die Kerskamp by Klipdraai

Boekevat saam met streek Oos-Rand by Malonjeni

Die paparazzi…. Letitia

Mnr Higiënies… Francois