Pallas Uitgawe 1 2012

50
Uitgawe 1 Skaam Vriendinne Slimword Reëls Judgemental Liefde April 2012

description

Minerva Dameskoshuis Tydskrif

Transcript of Pallas Uitgawe 1 2012

Page 1: Pallas Uitgawe 1 2012

Uitgawe 1

Skaam

Vriendinne

Slimword

Reëls

Judgemental

Liefde

April 2012

Page 2: Pallas Uitgawe 1 2012

Liewe Minervianers

Hierdie is nie jou average Pallas nie. O Nee. Die Pallas is opgeknap, omgedop, nuutgevind en ver-beter. Die hele definisie van “Pal-las” is verander. Soveel meer as bloot ‘n swart en wit koerantjie, is Pallas nou ‘n volkleur tydskrif wat gelyk gestel kan word aan die bestes. Sarie, Rooi Rose en selfs Fi-nesse: Eat your heart out!

Pallas is ge”MACify”, gePhotoshop en be-internet. So is foto’s om voor skaam te kry iets van die verlede. Pallas fokus steeds daarop om die beste van in en om Minerva weer te gee. Artikels om oor te lag, te kwyl (sien ons eksklusiewe Ma-juBoys spread) en te vul met die kosbaarste herinneringe kan in elke uitgawe gevind word.

Hiermee beloof ons dat Pallas beter is as enige 7de Laan episode of item wat jy op DC kan down-load. Ons bring dit aan julle met liefde en met trots. Kyk en geniet.

Groete,

Nadine en Michelle

Brief van Redaktrise(s)

Page 3: Pallas Uitgawe 1 2012

InhoudsopgaweMAD² toerMAD²: Wat sê die Klingels?HKidding AroundJOOL: Something we used to knowHousewarmingCrazy Candy CarnivalMinerva Week MalligheidMajuba se eie KlasieMOVE

MajuBoysPiekniek opie maanMej. MinervaKamer KeneticsHealthy Eating‘n Mondvol AfrikaansVarsity CupTo Feedem or not to Feedem

Page 4: Pallas Uitgawe 1 2012

Vrydagoggend 10H Stellenbosch- 2 De-sember 2011: Generaal Valerie van Schalkwyk en haar bekwame span wag in spanning op Minerva se voorgras vir

die troepe om aan te meld vir diens. Hier speel ons nie meer nie, dis ernstige sake, dis JOOLtoer, o nee wag ek bedoel MAD2-toer tyd. Behalwe vir ‘n effense drama met die dames se slaapplek in Nerina, het almal hempies en blikkies gehad, gereed om te skud. Dis die vreemste gevoel as iemand ‘n blikkie in jou hand druk en jou maan: “Daarsy, maak hom vol, onthou- alles vir die huis”, eers is jy so opgewonde jy kan nie wag om te be-gin skud nie, maar na die 100ste persoon jou ‘n vuil kyk gee en weier om selfs ‘n 5-senttjie te skenk begin daai oorspronklik opgewondenheid so klein bietjie vervaag. ‘n Harde eerste dag se werk is die aand afgesluit met ‘n lekker meet-and-greet by Tiramisu. Gelukkig is Minerva en Majuba lekker mense soos bewys deur die opwindende drinking games wat die aand oorheers het.

Zane Groenewald

MAD²TOERtoer van jou lewe

Page 5: Pallas Uitgawe 1 2012

Dag 2 in kamp M&M het die bliks-kutters so bietjie meer kreatief geraak, van die dames is ingespan vir gesigverf, terwyl ander as engeltjies vir die Angels foundation geskud het. Sommige het so lekker heeldag by die see bal-jaar dat hul skoon vergeet het van hul blikkies, maar Generaal Alri het hulle gou laat boet. Een ding was verseker, almal het uitgesien na om die aand by een van ons vrygewigste borge: Opskop te kuier. Met lekker specials en lekker mens was dit defnetief ‘n aand wat ons nie gou sal vergeet nie. Een ding is bewys- die Majuba manne kan dans. Elke goeie aand word dikwels gevolg deur ‘n baie lang dag, gelukkig het ons vir Liezl “oppad, sterk oppad” Potgieter gehad om ons geeste bo te hou. Die windstil Sondagoggend is geopen deur Sucelle met ‘n boodkap wat ons almal weer hoop gegee het vir die res van die toer. Wanneer die geld knyp vind mens kreatiewe maniere om deur te druk. Dag 3 se skudstories

was net nog meer vindingryk. Van ons eie kaapse klopse tot Rohan se spesiale verskyning by ‘n bachelorette’s, we meant business. Gelukkig kon ons die aand rustig kuier by Majuba se crash pad aka Wilgenhof. Die manne het banke uitgedra en hand en voet op ons gewag, like true gen-tleman, maar almal was moeg en meeste van die troepe het toe maar vroeg gaan inkruip. As ons laaste aand in Nerina het party Minervianers egter Nerina se fontyntjie bietjie verken, net om-dat hulle kon. Dag 4 staan jy op en jy weet, daar is net R200 se blikskud tussen jou en die wonderlike vryheid van Hermanus. Die oggend het ons vin-nig-vinnig geskud en teen middagete was almal oppad Hermanus toe. By hermanus gekom het sommige die interessante verskynsel van hoe 3 meisies ‘n 2 man tent opslaan bekyk terwyl ander

langs die swembad ontspan het. Louisa het haar ingenieurs vernuf ingeslaan en tot die 3 stomme dames se redding gekom, sodat hul ten minste slaapplek het. Party het vroeg-vroeg 2 rye spore begin trap terwyl ander hul mede blikskutters beter leer ken het. Ten spyte van die koue storte is daar mooigemaak vir die dorp terwyl ander net rustig tussen die tente gekuier het. ‘n Interessante feit wat elke blikskutter moet oorweeg wanneer hy of sy probeer blikskud in so klein vakansie dorpie soos Hermanus buite vakansie tyd is: Hoekom sal hierdie mense vir my geld gee? Nogal ‘n redelike belangrike vraag om jouself te vrae as beide Equite en Aristea jou voorgespring het in die Hermanus omgewing en dit omtrent elke 2de inwoner se vraag aan jou is. Die ding is- mens raak gou negatief wanneer jy blikskud die geheim is egter om nooit op te gee nie, want as jy lank genoeg aanhou gaan jy op die ou end R200 skud, hoe vinnig jy dit regkry gaan egter oor jou gesindheid. O ja en ‘n baie belangrike faktor- Location, location, location.Weet waar om te skud! Die Hermanus Spar se parkeerarea het tot ons redding gekom en kon ons die res van die middag op die pragtige blouvlag status Onrus strand vertroef. Claudia se inner-jock het so bietjie kop uitgesteek met haar touchies vernuf en die Majuba manne het omtrent oor hulle voete geval om Sucelle wys te maak met die vang van rug-byballe.Seker een van die mooiste dae, as Louisa net onthou het om Jana en Liezl se bene ook te smeer. Later het almal ‘n paar speeletjies in die swembad gedurf en toe almal eers droog is het die manne gesorg vir vermaak met hul guitare. Na ons laaste aand in Hermanus het jy die oggend van dag 6 vir die laaste keer jou blik gaan haal met die eenvoudige instruksie: “As jy op stilbaai kom moet daar R200 in jou blik wees” . Mareli en Riana het selfs by ‘n oom koffie gedrink vir ‘n geldjie, maar die gevoel van vryheid as daai R200 eers in jou blikkie was is onbeskryflik. Teen vroegaand was almal op Stilbaai, maar stil was die baai beslis nie. Die wind het die tent opslaan bietjie moeilik gemaak en toe dit eers begin reën het party begin paniekerig raak. Die braai was bi-etjie onmoontlik, maar niks kon die gees demp nie en vroegaand is die troepe al Tapas toe, wat glo spesiaal vir ons oopgemaak het. Dag 7, die laaste dag van ‘n ongeloof-like lekker toer, elkeen was vry om sy eie rigting in

“Wanneer die geld knyp vind mens

kreatiewe maniere om deur te druk.”

Page 6: Pallas Uitgawe 1 2012

1. Die kombie 2. Generaal Alri 3. Drinking games by

Tiramisu en Opskop 4. Die free shots as sponsored

by daai lekker ou Johan in Puffies 5. Fines meeting

6. “Ek is nie hier om vriende te maak nie”

en die “Love your dove” broekies 7. Minerva en Majuba

geeskomitee en hul pretpakkies 8. Kaalbolyf Braaiers

9. Die dag by die see op Onrus 10. Klasie en Avis se

super hot broekies.

10 Bestes van MAD2 toer

te slaan hetsy strand toe of Mosselbaai toe. Die aand het ons almal heerlik saam geeet in die Seefaerer restaurant en soos tradisie vereis is dit toe tyd vir die alom bekende Fines meeting. As oor blikskud kon jy vir Ilze-Dean en Rohan niks leer nie en het hul met die duikprys weggestap, ter-wyl Avis en Klasie beloon is vir hul kreatiewe ani-malprint tights, almal het hul verdiende fine gekry en vinnig vinnig was almal in Puffies om die toer behoorlik aftesluit, gelukkig was ou Johan ook to-evallig daar wat gesorg het dat ‘n onvergeetlike aand is met sy rondtes vir die huis, ter viering van sy verjaarsdag, weereens baie dankie Johan. Gebrande lywe, onnatuurlike biceps van blikskud, ongelooflike herrinneringe en selfs nog beter vriende is net ‘n paar van die bysake wat Alri en haar bekwame span vir ons moontlik ge-maak het op die lekkerste toer ooit, ek dink nie ons sal ooit genoeg kan dankie se nie. En laas-tens baie dankie aan al die Majuba manne, julle is beslis baie lekker mense. Daar is net een ding oor om te se: Jy wil nie MAD2toer mis nie!

Page 7: Pallas Uitgawe 1 2012
Page 8: Pallas Uitgawe 1 2012

deur die oë van ‘nKlingel

Jean-Louise Momsen

MAD2

Page 9: Pallas Uitgawe 1 2012

In die snikheet het ‘n maroen see stadig maar seker begin vorm in die Danie Cra-ven stadion. Opgewonde gesigte het verander in natgeswete ongeduldiges. Ja, so het ons die berigte Eerstejaar in-gegaan – met MINEEEEEEEEEERVA en hope sonblok!Bietjie versigtig vir die HK het ons be-gin om stadig maar seker beter vertroud te raak met die stelsels en roetines. Mia Schreuder het opge-merk: “Daai liedjies wat elke oggend ons wakker gemaak het, het my hart darm vinnig laat klop!” Wie sou kon raai dat ons later nie eers meer sou wakker skrik van die geraas nie?!Die oomblik was te groot toe “die manne van Majuba sê: ‘Haai’”. Kerse en marsh-mallows het verseker dat ons harte off-isieël gesteel is. Met twee “mooie mei-sies” vir elke man “om te lawe”, kon hulle nie juis anders as om van oor tot oor te glimlag nie! As jy nou nog rondvra in die gange, sal Hanri Ferreira vir jou sê wie’s die gunsteling manskoshuis: “Majuba. Hulle is net die beste. Ek sou in Majuba wou wees as ek ‘n ou was…”Simone de Villiers, beter bekend as Abudhabi, het haar (buitelandse) opin-ie ook gelig. “I liked the fact that we got to meet a lot of people from other res’s, it helped making friend and getting to know different people. The activities we did were an interesting experience as I got to see how the different traditions are – really enjoyed that!”

Die skakelings was vir party mense meer van ‘n wonderlike ervaring as ander – na ‘n mens jouself drie-en-vyftig keer voorgestel het, gesê het waarvandaan jy kom en wat jy gaan studeer, is daar nie twyfel dat jy nie jouself ken nie!Chare Baumgarten het die opwind-ing van die fisiese skakelings geniet. “Die tradisionele skakels met Dagbreek, Helderberg en Helshoogte was baie le-kker! Alhoewel alles lekker was en Ma-juba awesome, dink ek nie ek sal dit sommer oor wil hê nie!” Een van die le-kkerste skakels was toe ons met busse deur gery het Strand toe saam met die Pieke manne.Tussendeur al die sosialisering is daar darem ook hard ge-oefen vir die bon-delsport! Die Klingels en Jarre het mooi saamge”kokkerotjie” by die bondel-sport en die beker weer huistoe gebring! “Ek kom van ‘n skool wat baie gees het – of so het ek gedink – tot ek by Minerva gekom en besef het ‘You haven’t seen gees untill you’ve come to Minerva!’. Ek was nog nooit so trots nie.” het Va-nessa Mhlom haar gedagtes gedeel. Toe dit verby was, kon ons begin fokus op vensters. Dit was vir die meeste van ons ‘n heel nuwe ervaring! Heike Nolte het haar dans vreeslik geniet. “Vensters was vir my baie lekker – al daai mense! Ek dink die March for Madness sou lek-kerder gewees het as ons vlotte gebou het…”Die mees algemene opinie van MAD2 word mooi opgesom met Mariechen Kotze se woorde: “Dit was lekker om die mense in ons koshuis, sowel as in ander koshuise, beter te leer ken. Ons het baie nuwe vriende gemaak en ek dink dis die vriende wie jy verewig sal onthou.”Wat ons bring by die groot vraag: Was dit ‘n goeie besluit om JOOL te vervang met MAD2?

“ “You haven’t seen gees

until you’ve come to Minerva!

Page 10: Pallas Uitgawe 1 2012

HKidding around tydens

Page 11: Pallas Uitgawe 1 2012

MAL² 2012

Ek voel nou so evil, ek wens ek het ‘n kat gehad

om te streel

““

Ek voel nou so evil, ek wens ek het nou ‘n kat gehad om te streel,” soos gefluister aan Lisa Lotter deur Michelle du Toit tydens eerstejaar-

saantrede op die voorgras.Dit is met hierdie tipe sêgoed wat die ee-rste MAD² seisoen ingegaan is en so is die droom om die perfekte poker face voor die eerstejaars voor te hou, vernietig. Waarskuwing: Hierdie artikel bevat moontlike konfidentiële groepie grap-pies wat slegs die HK sal verstaan.Januarie 2012Dit het als begin by die Sandbaaistrand-huis. Tanninkompetisies op die Grottobe-ach, ‘n moontlike 14-vrou skinnydip, 30 Seconds waar vinger-op-die-lip-Michelle haarself moet keer om al die antwoorde uit te skree, 3uur in die oggend gesprekke oor politiek, Alri wat verkreef en fake ver-jaarsdae vir Inge In die Spur net om free roomys te kry was als nog deel van die tyd toe ons nog goeie indrukke op me-

kaar moes maak. Epic fail? Ons het daar en dan geweet: naamweggooi is iets wat aangesteek het onder die groep en ons was fine daarmee. Pre-Eerstejaars aankoms: Kan jy sê Skakelings?Majuba Yskaats GrandWest : Daai oomblik wat jy besef dat sekere mense net nooit op ys moet kom nie en sekere mense (Dieter Kotze) nie te sleg sal lyk in spandex om die volgende male figure skater te raak nie.So het sundowners saam met Huis Muis ook gekom en gegaan, het ons Dag-

Nadine de Wet

Page 12: Pallas Uitgawe 1 2012

breek se punch resep gesteel tydens ons ontmoeting, het ons besef daars ‘n Nicho-lis Louw lookalike op Pieke se HK met ons wyntoertjie, het ons saam met Eendrag vir treine gehardloop en gelag vir Kaapse geen-tand- trein entertainers met operasie Kalkbaai en was daar die blatante teleurs-teling op elke HK-lid se gesig toe dit uit-kom- daars meer meisies op Hippocrates se HK as ouens. Goodbye Dr. Droomman. En toe was daar Libertas. Howzit Dunman is al wat ek gaan sê.MAD ² was ‘n maak of breek tyd vir die HK en baby did we make it. Tussen vroegopstaan,verslaap, HK sleutels wat wegraak “Maar ek’t gedink dis die swart vizor” angesbevange uitroepe en HK lede wat moet terughardloop vir die regte kop-kroon, Jana wat elke oggend met ‘n meer- deur-die-mis-gesig die vlag gehys het ter-wyl sy haar plantjies se lewe as prioriteit

nommer een beskou het, my,Ruzelle en Su-zanne se rondjaag om die J.S. Marais park te red van die brandende floating lantern wat daar in neergestort het, Delene wat permanent vra: “Waars Inge?” en die HK se woordeskat wat net uit “Bitches be” en “Like a boss” begin bestaan het. Dan was daar Wilgenhof wat ons bekend gestel het aan Ducksauce se”Big Bad Wolf” en Juliana en Tineal wat dit as hulle anthem vir die volgende twee weke geclaim het.

Liewe HK: 14 onvergeetlike mense is met ‘n groot doel saamgebring. MAD² was een van die tye waaroor Tante Na-dine defnitief sal huistoe skryf, maar dis beslis nie verby nie en ek glo nie in die SA possisteem nie. Die HK beplan nog groot dinge die jaar. So watch this space. En HK hou die whatsapp group dop. Jys dalk net op diens….

Page 13: Pallas Uitgawe 1 2012
Page 14: Pallas Uitgawe 1 2012

something that we used to know

Jool vanuit die seniors se oogpunt

JOOLElzette Conradie

Page 15: Pallas Uitgawe 1 2012

MAD², 30 Januarie tot 5 Feb-ruarie 2012: die beroemde (of berugte?) tydperk in Stellenbosch, waar elke skoolkind droom om te

wees, en waar elke student vergeet hy was.

Wat is die punt om elke jaar ’n stukkie oor die jaar se jool te skryf? Kom ons wees eerlik, wat het nou regtig verander? Die liedjies? Die partners? Die temas? Ja. In effek het net dit verander, wat, om die waarheid te sê, daarvan ook maar net nog ’n cliché maak. Elke jaar gebeur dieselfde, elke jaar verander dieselfde. Goed, daar het hierdie jaar taamlik ve-randering ingetree wat die naam en gebeurtenisse aanbetref: “Jool” is nou “MAD²”. Trollies en vlotte het weggeval en plek gemaak vir ’n co-ed bondelsport en Mars vir Malligheid. Net Vensters het darem nog behoue gebly.

As seniors van die dameskoshuis, wat sekerlik die meeste gesig wys by al wat ’n kampusgeleentheid is, het hierdie veran-deringe ons egter nie veel geraak nie. Dit het ons moontlik hartseer gemaak oor die tradisies wat laat staan is ja, maar ons as seniors neem nie meer deel nie nee, woon net by wat daar by te wone is. Die nuwe, gretige eerstejaars moet nou vriendelik-verplig deelneem.

Ons ouer gardes sit rustig op grasperke en gesels met vriende oor die afgelope vakansie, net soos dit van betaamlike geheelonthouers verwag word. Ons verf so streep of twee op ’n behangsel vir Vensters, dink temas uit so tussend-eur die geheelonthouding en dans hier en daar ’n bietjie op ’n verhogie sodat die eerstejaars darem nie soos vreemde skepsels van middel-aarde lyk op die verhoog nie.

Jool is egter een van daardie dinge wat dieselfde klink, maar nooit, ooit dieselfde is nie. Een van die grootste veranderinge

wat plaasvind, is sekerlik juis die veran-dering binne onsself, die ouer word, die groeiende objektiwiteit teenoor die lewe en dit waarmee ons besig is.

Jool raak ’n tyd waarin ons desperaat is om verhoudings te bou, herinneringe te maak, en besig, baie besig te wees. Want as jy vir slegs ’n klein oomblik rus, tree die verskriklikste nostalgie in en maak jou siek van verlange na jou eerste ervaring van al die dinge. Tog vind jy jouself dankbaar om nie meer soos ’n skaap gelei te word na duisende skakels en oefeninge en blitsige etes en storte nie.

Wat 2012 aanbetref, was Minerva, soos gewoonlik, heeltemal “oppit”. Daar was egter ’n oomblik van huiwering ten op-sigte van die Minjuba aspek. Maar Min-juba het tog gou verander na MANjuba. Majuba se manne het hulle staal deur en deur bewys en moontlik poligamie in ’n ligter lig gestel. Ons breinkrag-tema vir Vensters, Tommorrowland, was natuurlik uitstekend (en nie net omdat ons almal ernstige vooruitsigte het om België vol-gende jaar te besoek nie). Verder het ons darem weer ere aan ons reputasie herstel in die lig van bondelsport. Nie dat dit ons reputasie is wat laasjaar skade gelei het nie, maar eerder die van die...jy weet daardie mense wat punte gee...?

Die hoof vraag wat ontstaan is sekerlik of Jool 2012 ’n sukses was. ’n Tweede vraag spruit hieruit voort: waaraan word sukses gemeet? Aan wen? Aan die hoeveel-heid goeie herinneringe en die nuwe vriendskappe? Persoonlik dink ek dit word gemeet aan die immaterialistiese dinge – waaraan ons ’n oormaat gehad het.

Kritiek opsy, jool is en bly ’n instelling met dieselfde aura oor hom, maar verskil ern-stig ten opsigte van ervaringe, herinner-inge, vriende en werksaamhede. Om dit as Minervianer te geniet, maak dit een-voudig beter, die beste.

Page 16: Pallas Uitgawe 1 2012

wyn nie, ons weet wat dit is! Wit en rooi wyn loop oral rond. Die aandkondiging van big sis little sis is altyd om een of ander rede opwin-dend, vir diegene wat natuurlik deel is daarvan. Vinninge uitroep van name en ’n heen en weer waaiery van die big sis en little sis is hul eerste kennis-making as “siblings”. Na die formele verrigtinge loop die nuwe “siblings” na

mekaar om sommer net te chit chat en mekaar beter te leer ken. Hierdie is vir menigte die begin van goeie en lang vriendskappe.Vanjaar was die afterparty by ons MAD2 partners, Majuba, se nuwe klub. Soos gewoonlik het ons net so partytjie ge-hou in ons outfits. ’n Heerlike aand was afgesluit met nog dans en nog wyn. Tot volgendejaar se daknatmaak!

Housewarming 2012 is gekenmerk deur dames in “flowers and feathers”

Housewarming is die tyd waar ons al-mal soos vanjaar ladylike opgetooi is in blomme en vere en in mooi somer rokkies op die voorgras pronk. Hier smul ons lekker aan soet en southappies, maar die beste van als ons proe heer-like wyne! Party wyne word daar nog voor gevra en ander word onder die tafel uitgegooi (ja, regtig!). Wyn word bedien deur die oulike e e r s t e j a a r s van Majuba wat graag ook geselsies aanknoop terwyl hulle die dames se glase vol hou.Die geselligheid wat in die lug hang by die housewarming is mos wraggies warm! Aan warme glimlagte en stywe drukkies en sommer nuwe ontmoeting tussen seniors en eerstejaars is daar nie ’n tekort nie. Tonne foto’s word geneem en verskillende poses gestrike- iets vir die memory box.Die inligtingsessie oor die wyn het vinnig verby gevlieg. Nou drink ons nie net die

Housewarming

Every house where love abidesAnd friendship is a guest,

is surely home;For there the heart can rest.

-Henry Van Dyke“ “

Jaydey Sass

Page 17: Pallas Uitgawe 1 2012
Page 18: Pallas Uitgawe 1 2012

‘n Eerste Crazy Candy

Picture this ... In die gange is ‘n gesuis soos almal hare droog-blaas ...Hier en daar hoor jy ’n benoude meisiestem wat raad soek oor watter rokkie sy moet aantrek of watter skoene die

beste sal werk vir dié aand...Êrens in die gang is daar ’n benoude klop aan iemand se kamerdeur gevolg deur die hulpkreet: “HELP MY OM MY HARE EN MAKE-UP TE DOEN!”Oningeligtes het seker met geligte wenk-broue gewonder hoekom daar heen en weer met “flat irons”, make up sakkies en tweezers gedraf is ... “WAT hét Minerva getref?” Ja, liewe Minervianer, dit was die eerstejaarsdans wat ons geliefde koshuis met ‘n “bang” getref het en die eerste-jaars was skoon bedwelm van opgewon-denheid oor hulle eerste dans as Minervi-aners.Buite het die opgetooide metgeselle - daar was kêrels, kennisse en natuurlik ook ’n hele paar “blind dates” - senuagtig staan en wag ... party gewapen met blomme, ander met senuagte smiles op hul gesigte. Die verligting was duidelik op almal se gesigte te sien toe hul “prinsesse” uiteindelik hul verskyning maak. Daar’s met oorgawe gegroet en die blomme het gou van hande verwissel - dis mos nie ge-pas vir ’n man om té lank met ’n blom in sy hand te staan nie, al is dit vir ’n pragtige jonge dame!Die aand het afgeskop met ’n drankie in Minerva se voortuin. Die “aptytwekker” was net genoeg om almal lus te maak vir die “regte” partytjie.Minerva se eetsaal het ‘n gedaante ver-wisseling ondergaan en het soos ’n Crazy Candy Carnival gelyk – ASEMROWEND!

Almal was sommer dadelik in ‘n par-tytjiegees en die platejoggie het nie op hom laat wag nie. Hy het die eerstejaars goed “gelees” en baie lekker musiek gespeel waarop amal lekker gedans én gesing het – Minervianers laat mos nie ‘n kans verbygaan om “Simply the Best” uit volle “borste” te sing nie!Die kos was uit die “boonste gestoeltes”, soos oom Oubaas sou sê, en die gratis spookasem en springmielies “was ‘n wen-ner”, ala Rone Osche (en net so tussen ons, die wyn ook!). Die asemrowende fo-tohoekie met al die props het gesorg vir vet fotopret ... hoe sê die spreekwoord nou weer? “’n Foto sê meer as ‘n duisend woorde ...”

Die Crazy Candy Carnival het beslis nie uit die lug geval nie. Iemand moes sorg dat die heerlike kos, prentjiemooi versierings en lekker musiek iewers in plek val. Dank-ie aan die “crazy” Eerstejaarskomitee vir baie ure se harde werk en beplanning om hierdie aand vir ons almal onvergeetlik te maak en te sorg vir heerlike “memories”.

WAT hét Minerva getref?

“”

Page 19: Pallas Uitgawe 1 2012

Carnival dans

Carien Hamman

‘n Paar aanhalings van die eerstejaars:

“Ongelooflik baie lekker, lekker mense, die meisies het stunning gelyk, almal was nogal pretty well be-haved, lekker vibe – a-a-h dit was net fantasties vir my!” – Vanessa Mhlom

“Regtig oulik met al die karnavalgoed!” - Celia de Jager

“Die dansvloer was groot genoeg en die popcorn was ’n wenner!”– Rone Osche

“Dit was regtig bitter lek-ker veral die hele theme! My date het dit ook BAIE geniet!” – Danel Liebenberg

“Dit was regtig lekker om foto’s te neem.” – Monique Hugo

Page 20: Pallas Uitgawe 1 2012

Die week wat jy jou trots afstof, die toga stryk, gillend “verversings” in die gange mag geniet en sweet vir jou seksie.

Ek wens ek kon se hierdie jaar was nog net ‘n Minerva Week, maar Jana Hall, Michelle du Toit en hul komitee het Minerva Bootcamp gehou. Indien jy nie na hierdie sewe dae oorbodig rooi wi dra, MINEEERVA tot irritasie van ander koshuise wil gil en as Tannie Tina se Simply the Best steeds nie iets in jou prikkel nie is ek bevrees jy’s ‘n tipiese geval van MHC(Minervianer Hopeless Case) sindroom. Behandeling; ‘n Intieme slowmotionsessie met die Minerva Huisliedrecording (op replay)… Nee? Opsie B: Lees die artikel…(see what I did there)

Nie jou average 7 dae nie...

Sondag:

Willows besluit om die bekfluitjies te las vir Bybels en sak neer op Minerva. ‘n Intieme huiskerk saam met die Willowsmanne en oud-Minervianer, Jutami Botha, wat getuienis aflê in die Thomsaal laat mens net weer besef waaroor dinge eintlik in die lewe gaan.

Maandag :

Dis ONS Week en almal SAL weet. Met die komitee wat al 4uur die oggend op was om die kampus rooi te verf, is dit geen verrassing dat ons die Groen Roete as Minerva Roete geclaim het nie. Varsity Cup- Minerva love mos hulle public appearances. Met Maties banners, geverfde hartjies en gillende stemme, was dit geensins anders nie. TogaRun- Ai jitte die manskoshuise weet ook altyd wanneer dit plaasvind. Ons tekkies was aan, Togas reg vir aksie en McCafe darem nie te ever nie. Totdat die Duiwe neergesak het. Majuba was blykbaar vuil, want vir stort was hulle reg. Dag 1 –Check. Check.

Nadine de Wet en Jean-Lou-ise Momsen

MINERVA WEEK

Page 21: Pallas Uitgawe 1 2012

Dinsdag :

Griekse Godinne ‘n mite? Nah! Hulle leef en elke jaar steek 250 van hulle kopuit op kampus. Of dit nou in ‘n ou bedlaken, nog jou eerstejaar toga of ‘n stuk gordyn is, solank dit wit is en om jou kan vou is meeste gelukkig. Middagete was lunch op die rooiplein en teen 5uur moes almal maar die drie ure Chemie-praktes kortknip. Dit was husfoto tyd en die Minerva plante is weer behoorlik ontbos om te sorg vir die perfekte headgear wat die Griekse voorkoms afrond.

Die aand: Amazing Race was daar om enige teken van eerste-,tweede- of derdejaarsindroom af te skud. Seksie 11 het gedomineer. Met Kaptein Du Toit as voorvatter was geen verbaas toe hulle as algehele wenners en wenners van kreatiefste fotos weggestap het nie. Seksie 2 het man gestaan deur Minjuba se MAD banner by Dagbreek te gaan steel. Dag 2 : ‘n Effense meer uitgeputte check.

Malligheid

Page 22: Pallas Uitgawe 1 2012

Woensdag : Die dag waar jy presies soos iemand anders mag lyk nie en nie hoef slef te voel nie- Roomie Day. MassaSêr was weer een van daai dinge wat mens net nie anders kan as om te geniet nie. Moenie dat die onskuldige Wielie Walie intro jou flous nie. Die MinervaDames het dit gebring. Die aand - Een Tour. En dit was Olympus. Met stalletjies waar Jelybabies vir oor ‘n week Vodka geabsorbeer het, punch in 25 liter bakke aangemaak is en melktertjies nie net meer vir afternoon high teas gebruik is nie, het Minervianers die gange gestormloop vir wat die seksies gehad het om te bied. Willows Afterparty…Ideaal.

Donderdag:

Big-Sis-Little Sis Day. Sit jou suster oorsee in Londen? Het sy jou vir ‘n week afgeskryf omdat jy in Gr. 10 haar skinny jean geleen het? Of is jy ‘n enkelkind? Die Minerva skip het vir jou ‘n suster n elke soort. Koffiedrink, roomys eet en net skinderstories deel was aan die orde van die dag. Mnr en Mej Minerva; Alri het weereens gewys dat mense van Bloemfontein ook events kan reel.Met die spoggeleentheid wat die jaar saam met Pieke by Opskop gehou is, was niemand spyt oor hul R20 kaartjiegeld nie. Tina Gellatly het weggestap met die kroon as mooiste Minervianer, Regan dos Santos as Mej Kunste en Vanessa Mhlom as Mej Wysheid.

Page 23: Pallas Uitgawe 1 2012

Saterdag :

Die 2 Vlieë met een klap :

Damesdag en Pa-en-Dogterdag. Damesdag in sy White Affair is gehou by Warrick wine estate. Amorei (baba) van der Westhuizen het haar haar nr. 5 skoene laat werk vir die geleentheid. Beeldskoon gedek buite en met almal in wit was dit ‘n geleentheid om die hart te verwarm. Pa-en-Dogterdag is by PostcardCafe gehou.In vlaggies getooi onder die bome was die pa’s baie beindruk met die geleentheid.Daar het twee keer meer pa’s opgedaag as verlede jaar wat wys Pa-en-Dogterdag het homself nou gevestig.

Sondag :

Culture Vultre Sunday met Majuba. Dit was een van die mees suksesvolste Kultuuraande wat Minerva nog gehad het. Met ‘n program van oor die twee ure, Majoscars wat uitgedeel is en die MajuBoys wat hulle coming out vertoning gehad het, kon mense net nie ophou hande klap nie. Minerva Week 2012 – Een vir die Minerva Argief !!!!

Page 24: Pallas Uitgawe 1 2012

KLASIE Majuba se hoogste gewaardeerde artefaktErika Beukman

Page 25: Pallas Uitgawe 1 2012

Nicolaas Klasie van Aardt is een van Majuba se hoogste gewaar-deerde artefakte. Hy is al vir die afgelope 5 jaar ‘n inwoner van die koshuis en was al in byna elke moontlike gang. Hy is steeds aktief betrokke by die koshuis en van sluiper-wees wil hy niks weet nie. Pallas het met Klasie ‘n onderhoud gevoer om uit te vind wat hom aan die gang hou.

Hoe voel dit om al vir ‘n halwe dekade in Majuba te wees?

Speechless.

Hoe vergelyk Minerva met die ander dames- koshuise waarmee Majuba al die afgelope 5 jaar ge- “JOOL” het?

In my eerste jaar was ons saam met Irene, dit word verwag dat jou eerste jaar die beste gaan wees. In my tweede jaar was ons saam met Heemstede, my meisie was daar so dit was vir my baie lekker. Ek was in my derde jaar op die HK en ons het mert Huis ten Bosch ge-JOOL. Baie harde werk! Serruria was my slegste van die 5 jaar, “no offence”. En Minerva was eerlikwaar die lekkerste...JOOL-toer en JOOL self!

Wat maak Majuba die beste mans koshuis op kampus?

Majuba is die enigste manskoshuis, al die ander is seunskoshuise.

Wat is sover jou mees trotse oomblik in Majuba?

In my eerste jaar het Majuba die Sauer gewen. Ek het nie self gespeel nie, maar toe ons in die finaal teen Simonsberg wen met 13-12 en die eindfluitjie blaas en almal hardloop op die veld was dit my trotste oomblik nog ooit.

Wat doen jy om jonk te bly?

Dit gaan alles oor jou ‘mindset”, as jy dink jy is jonk, dan Is jy jonk.

Gaan jy en Lulu jul gesin in Majuba vestig?

My langtermyn-plan is om inwonende hoof van Majuba te word. Ek dink dit is die perfekte plek om ‘n gesin op te bou en ‘n mens se kinders groot te maak, want hulle word blootgestel aan alles wat hulle in die lewe moet weet.

Jy hoor Majuba is aan die brand en jy kan 3 goed gryp uit die koshuis, wat sal dit wees?

Ek sal die klub se sleutel gaan soek. Die klub oopsluit en vir my ‘n bottle brandew-yn en ‘n glas kry en dan buite op die pav sit en kyk hoe die koshuis brand met ‘n glas brandewyn in die hand.

Jy is gedoop in die tye toe lyfstraf nog wettig was en menseregte nog ‘n mite was, hoe was dit om gedoop te word in jou tyd?

In my eerste week het ek gevrees vir my lewe, dit was nie dat hulle daar-die tyd vir ons fisies mishandel het nie, maar hulle het ons goed laat verstaan waar ons plek in Majuba was. Ons mag nooit op gekyk het na die sen-iors nie en moes heeltyd in ons tone vaskyk. Vandag is die jarre te hans.

Voel dit nie vir jou disrespekvol as die eerstejaars jou nie “oom” noem nie?

Nee, ek sien myself nog as ‘n student. Eers as ek begin werk, as ek ooit gaan werk, moet hulle my “oom” noem.

Na 5 jaar het jy steeds nie sluiper- status bereik nie. Wat hou jou be- trokke en jonk van gees?

Dit is wie ek is! Ek is te bang ek mis uit en dus swot ek 5 jaar en nie 4 nie.(Edditor’s note : Tipiese FOMO – Fear Of Missing Out).

Wat is die grootste les wat jy in Stel- lenbosch geleer het?

Geniet dit terwyl jy hier is! (Persoon van langsaan: Ja, dit is omdat jy jou met sul-ke k*k besig hou dat jy nog hier is!)

Jy is gestrand op ‘n verlate eiland en al wat jy by jou het is ‘n Tamag-ghocci, ‘n dooie baber en jou Browns, wat doen jy?

Eerstens sal ek met alle mag my browns beskerm. Tweedens sal ek op een of ander manier van die baber ‘n battery maak en my tamagocchi in”plug” en vir die res van my lewe daarmee speel.

Jy vind uit hulle beplan om Majuba ‘n gemengde koshuis te maak, wat is jou reaksie?

Ek sal seker maak ek kry vir my ‘n quad-kamer sodat ek in die ander kamers kan insien ;)

Wat is jou lewens-“motto”?

The secret to happiness is not doing what you like, but liking what you are doing.

Baie dinge in die wêreld het al verandert sedert jy in Majuba aangeland het, soos byvoorbeeld die ontwikkeling van tegnologie, die einde van Apartheid ensovoorts. Hoe verskil dinge vandag?

Toe ek in my eerstejaar hier aangekom het en van my dinosaur afgeklim het en vir die eerste keer op ‘n fiets… Haha (Imagine maar self die sound-effects). Ek was al vir twee presidensiële verkiesings hier in Majuba. Vandag is die beste rap-per wit (nie Jack Parrow nie), die beste gholfspeler bruin en beste basketball speller Asian.

Watter tradisie in Majuba is vir jou die “coolste”?

Majuba is die enigste koshuis wat nie ‘n interkomstelsel het nie, dit is nie regtig ‘n tradisie nie, maar die beste is twee jarre wat gestuur word om randomly in die gange te skree en ouens te soek. Dit maak dat almal meer “close” is.

Hoe wil jy graag onthou word indien jy eendag Majuba verlaat?

Vir wie ek was en nie wat ek probeer wees het nie.

QQ

Q

Q

Q

Q

Q

Q

Q

Q

Q

Q

Q

Q

QQ

Q

Page 26: Pallas Uitgawe 1 2012

MOVE – ‘n Bekende persoon (wie se naam my ontglip het) het eendag gesê dat die lewe met fietsry vergelyk

kan word. Solank jy aanhou beweeg, sal jy nie balans verloor nie.MOVE is hierdie jaar sonder twyfel aan die beweeg, en boonop teen ‘n spoed wat grense oorskry. Onder leiding van ons entoesiastiese HK-lid, Sucelle, het die komitee reuse planne om ons Minervianer-susters te help om ons

MOVE Annelien Robberts

geloof uit te leef. Elke Maandag nege-uur (voor seksievergadering) word daar ‘n bid-uur vir ons koshuis gehou, want sonder om te vra vir krag van Bo (en dan te vertrou) is dit so goed jy ry op ‘n fiets sonder wiele... Glo my, Sus, jy gaan nêrens kom nie. Enige iemand kan by die groepie aansluit, of jy self wil bid of selfs al wil jy net kom luister.Op ‘n warm somersdag het ons alreeds huiskerk saam met Willows gehad in die Thomsaal waar onder andere een

Page 27: Pallas Uitgawe 1 2012

van ons oud-Minervianers, Jutami Botha haar getuienis kom lewer het.Haar hele boodskap het daarop neerge-kom dat jy nie moet skaam wees om God op jóú manier te prys nie. Boonop maak dit nie saak hoe klein die verskil is wat jy maak nie, die punt is dat jy wel ‘n verskil maak. ‘n Nuwe instelling wat ons graag ten minste een keer ‘n maand wil aanbied, is ‘n koffiekroeg vir Minervianer-susters wat die behoefte het aan susterskap in geloof. Een namiddag teen sewe-uur se kant het 3 motors Botmanskop toe vertrek waar ons ‘n paar liedjies gesing het terwyl Sucelle kitaar gespeel het. Daarna het elkeen ‘n vrywillige, maar klein getuienis gedeel en ons het almal net weereens besef hoe bevoorreg ons

is! Ons kon uitkyk op die wingerde en die berge met die donderwolke wat dramaties oor die berge hang. Daar is nêrens waar ‘n mens so naby aan God voel soos in die natuur nie.Die Boiler Room (in seksie 7) beloof ook om ‘n groot verrassing te wees! Ons tema is “Journey” en spreek vanself: Dit handel oor ons reis saam met God en saam met ons medemens. In plaas daarvan dat dit ‘n ou stowwerige pakkamertjie is waar moedelose Minervianers hulle bagasie tydens ontruiming pak, gaan dit ‘n plek wees waar jy emosionele bagasie kan kom aflaai en geestelik verryk kan word.Waarvoor wag jy?! Klim op jou fiets en vat die pad saam met ons!

Page 28: Pallas Uitgawe 1 2012
Page 29: Pallas Uitgawe 1 2012
Page 30: Pallas Uitgawe 1 2012

MAJUBOYS

Meer as net ‘n HK - Nege Majubane besef wifebeater dra, lipsyncing en pelvis rondgooi is hulle calling.

Page 31: Pallas Uitgawe 1 2012

1. Koshuisdoopnaam

2. Staan in die band bekens as...

3. Dink jy die feit dat jy in ‘n Boyband is, maak dit makliker om meisies op te tel?

4. Wanneer het jy besef dis jou roeping om deel van ‘n Boyband te wees?

5. Wie het die swakste moves in die band?

6. Wat doen jy as jy nie by die band is nie?

7. Wie lyk die beste in ‘n wifebeater?

8. Wie sing die swakste?

9. Is jy gemaklik met die feit as iemand babaolie oor jou abs smeer?

10. Wat dink jy van Minerva?

11. Wat lê nog voor vir julle? Watter planne het die band nog?

Deur Nadine de Wet en Michelle du Toit

Vrae aan hulle gestel:

The moment I rolled up my jeans

and ripped my shirt off in the rain

“”

Page 32: Pallas Uitgawe 1 2012

1. Deysel

2. Strepsil

3. Die boyband kaart werk definitief

4. Eintlik al toe ek 7 jaar oud was, maar het my roeping onlangs herontdek

5. Mense moet maar self besluit

6. Ek spandeer graag tyd saam met my vriende en sorg maar dat ek my daaglikse gymsessie inkry. My groot liefde is eintlik rugby (na sing nou natuurlik)

7. Die vraag is eintlik wie lyk die beste sonder een

8. Henk dis hoekom hy offset die harde werk doen

9. Hang af wie dit smeer

10. Trouvrou koshuis

11. Ons is tans besig om aan ons nuwe single te werk en hoop om volgende jaar n suksesvolle toer deur Europa te maak. Ons tree ook op by Huisgenoot se skouspel.

1. Maverick

2. The Swan

3. I have recieved far more male at-tention than female, I’m not sure why.

4. Shortly after I heard “Larger than Life” by the Backstreet Boys at age 7.

5. Arno “Hettie” de Wet, undoubtedly.

6. I watch the “step up” movies to hone my game.

7. Henk “Flush” van der Westhuizen

8. Haydn “Plakkie/HB” Bradfield

9. Only if it’s a Minervianer...

10. You girls are awesome, I can’t really say much more than that! MAD 2012 was one to remember.

11. We are going to be working the 21st circuit for the rest of the year, and we hope to see you there! Perhaps a few more cultural evenings...

Marnus

Bryce

Page 33: Pallas Uitgawe 1 2012

1. Arrie

2. Imran Tahir

3.Ek is seker die boyband-kaart sal die ander manne in die band kan uithelp, maar ek het gelukkig nie meer daardie kaart nodig nie.;)

4. Ek het nog altyd geweet ek is geroep om deel te wees van iets groter in die lewe en toe ons band begin toe het ek geweet dit is die plek waar ek myself ten volle kan uitleef en ‘n verskil in die wêreld kan maak.

5. Definitief Henk “Flush” van der West-huizen, dit is hoekom hy maar gekies is as tegniese bestuurder.

6. Ek gebruik graag my vrye tyd om my moves te verbeter en aan my ver-hoogspersoonlikheid te werk.

7. Soos ek die gerugte hoor van vele da-mes in Minerva is dit seker Bryce “Mave-rick” Perrett.

8. Ongelukkig moet ek die keer na mys-elf wys…ek het nou nie juis die goue stem gekry nie.

9. Haha…trick question. Wel om eerlik te wees (soos julle weet) verkies ek eerder om die babaolie self oor my abs te smeer.

10. Minerva is by verre die coolste en beste koshuis op kampus...of nee wag die wêreld.

11. As ek dit reg verstaan is daar ’n versoek gewees van ’n sekere HK-lid van Minerva (die ander De Wet) dat ons ’n opvolg vertoning moet doen by haar 21st. So ons sal maar sien hoeveel sy bereid is om te betaal.

1. HKB

2. Music Director

3. Yes of coarse, im already unsure who is coming or going

4. The moment I rolled up my jeans and ripped my shirt off in the rain

5. Mauritz Zastron

6. Im usually thinking of what I would be doing if I was busy with the Band

7. Ive had my eye on Bryce ‘aka Chan-ning’

8. Nominate myself

9. Only if he, oops I mean she has a dark tan with a naughty smile

10. Absolute darlings

11. Well we’ve suffered a setback since Bryce decided to come out the closet but now that we used to it we have big plans, performing for female residences to make it rain!

1. Ek word so nou en dan Flush genoem

2. Technical Director

3. Daar is nie eintlik tyd vir sulke goed nie; die band vereis al my tyd.

4. So twee ure voor ons eerste opvoering; die adrenalien tydens die repitisie het my totaal en al oorval.

5. Mauritz

6. Ek dink aan die band.

7. Hayds

8. Dieter

9. Dit hang af wie

10. Hulle is baie oulik, hulle het my veral beïndruk met hulle “girl band” opvoering.

11. Ons is uitgebook tot 2017

Henk

Arno

Haydn

Page 34: Pallas Uitgawe 1 2012

1. El Tigre

2. Yskas

3.Meisies is seker ons grootste teikenmark, maar vir my gaan dit eerder om musiek te maak wat my aanhangers gelukkig hou

4. Die eerste keer toe ek my stem in die stort gehoor het, my vriende daarvan vertel het en ons besluit het om ‘n band te begin.

5. Ek is seker ons aanhangers weet

6. Ek is lief vir sport (rugby en krieket), hou van oefening, vriendetyd en tyd saam met my grootste aanhanger spandeer

7. Cobus “the chosen one” de Beer

8. Ons kamera en beligting tegnikus, Henk “flush” vd Westhuizen

9. Nee glad nie, maar ons het ‘n lid wat dit as ‘n moet by ons live vertonings beskou.

10. Dit is ’n nice koshuis en ek aangename vriendinne ontmoet.

11. Ons beplan ’n oorsese toer aan die einde van die jaar, maar op die oomblik werk ons aan ons volgende cd en nuwe in-noverende danspassies om ons kykers vas-genael te hou.Wil net sê as julle loopbane nie uitwerk nie, kan julle altyd terugval op modeling op die pav ;-). Geniet die vakansie. Mail dit vir my asb voor die Vrydag. Ek wil nie agter julla aanloop nie kêrels...

1. Fighter

2. Dinge te mis agv van abnormale slaapgewoontes

3. Defnitief. Ons het nog nie soveel game soos Justin Bieber en ‘The Jonas Brothers’ nie, maar ons kom daar...

4. Ek dink mens weet sulke goeters van geboorte af... Toe ek sien dat ek dieselfde lyk as die ouens op shampoo adver-tensies toe weet ek ek kan my roeping nie langer veg nie...

5. Ek moet bieg en myself nomineer...ek dink as dit nie vir my stem was nie het ek nie ‘n kans gestaan om die ‘final cut’ te maak nie. Ek dink nogals ek laat die res van die band beter lyk...

6. Ag jy weet – die gewone... Kosmaak, long walks on the beach, boeklees en blommerangskik...

7. Ek sou moet gaan met Katerak de Beer...of Cobus soos meeste mense hom ken. Hy het belowe om sy gymgelde teen die volgende vertoning te betaal so dan behoort hy sy spiere terug te hê.

8. Sonder twyfel moe ek gaan met Maverick aka Bryce... Hy het wel koor gesing en ‘choir games’ toe gegaan in sy jonger dae, maar in vergelyking met my en Arno is hy maar baie average...

9. As iemand die moeite doen om my abs te soek kan hulle daarmee doen net wat hulle wil...

10. Beste PSO op Stellenbosch! Hehe, grappies op ’n stok-kkie, julle is eintlik nogals legit. Ek sien Minerva (en ons op-trede in die Tomsaal) as die eerste tree in ’n lang loopbaan wat vir ons voorlê...sonder Minerva sou niks van dit wat nog kom moontlik gewees het nie. Soos my goeie vriendin Tina sê - you’re simply the best!

11. Ek dink op die oomblik wil ons dit maar stil hou...wag tot ons CD platinum gaan en dalk ’n wêreld toer aan die einde van die jaar – dis nou te sê as niemand herre kry nie...maar vir die volgende twee of drie jaar wil ons nie al ons tyd en energie daarin sit nie – kyk wat het met Amy Winehouse en Michael Jackson gebeur...

Dieter

Mauritz

Page 35: Pallas Uitgawe 1 2012

1. Ruxie of Obi-1

2. Jacob?? Weet nie rêrig hoekom nie.

3. Verseker! Om te se die boyband het ‘n probleem met meisies optel is soos om te se Jackie Chan het ‘n karate probleem. Dis nie ‘n probleem as jy die beste daarin is nie!

4. Ek is nie geroep tot ‘n boyband nie, ‘n boyband is geroep tot my! Maar rêrig nou, toe my stem gebreek het, het ek geweet hi-erdie boyband is vir my.

5. Mauritz Zastron, seker omdat hy altyd slaap??

6. Ek sit in Firga!

7. Sound en lightning technician, Henk ‘’flush’’ van der Westhuizen! Dis juis as gevolg daarvan dat ons hom onder die spotlights moes uit haal.

8. Jy bedoel wie se mic sit ons altyd eerste af? Haydn Bradfield obviously, hy’s engels!

9. Watse abs?? Maar ja, ons het onlangs ons nuutste single uitgebring waar ons juis sing oor so ‘n scenario. Maar as julle meer wil weet, praat met Arno de Wet, hy het on-langs ‘n borgskap by Johnson and Johnson’s gekry.

10. Dinge soos:Shotgun small spoon!!

Waar my trou vrou is??

MAD^2 beker

Mineeeeeeeeerrva!

So om op te som: “Simply the best!”

11. Platinum CD verkope en ek weet daar is ’n paar 21st’s wat vir ons voorle. Julle kan ook uitkyk vir ’n paar nuwe danse en singles wat binnekort uitgebring gaan word.

1. Gummybear/Gummy

2. The Special One

3. Defnitief

4. Sjo, dis soos om vir ‘n Feedem swiss roll te vra wanneer hy besef het dat hy soos vis moet ruik.. Dis net in hom! Dit was nog altyd in my! Dis hoekom ek na Majuba toe gekom het in die eerste plek!

5. Dis soos om vir Alistair Coetzee te vra wie speel die swakste in die Stormers span?!? Elkeen in die band het intense MajuBand sirkusse (erger as HK sirkus) en MajuBand oefenkampe (erger as Kamp-staaldraad) deurgemaak. Hierdeur is al ons “moves” gevervolmaak en geperfeksioniseer.. Met dit in ag geneem, is dit vir my onmoontlik om die vraag te beantwoord.

6. As ons nie besig is om op te tree nie of op toer is nie, is ons tien-teen-een besig om intens te gym of Band Hero te speel in die Primflat.

7. Defnitief Rohan “Lastmanstanding” Mey-er! Hy het so te se sy hele Ingenieursweek opgeoffer vir die band deurdat hy heel week sy biceps gegym het om goed te lyk vir die shoot. Dit was defnitief die moeite werd!

8. Uhm haha ek sou sê Haydn “HKB/Tiny/Indian” Bradfield na aanleiding van die Huis-lied na HK vergaderings.

9. Nee, maar as my naam Arno was sou ek gewees het..

10. Sjo! Dis soos om vir enige Minervianer te vra hoe hulle oor Bondelsport voel!? “Simply The Best” is eerlikwaar ’n understatement! Sonder enige twyfel die beste Dameskoshuis op Stellenbosch met die awesomeste da-mes!

11. Ons is reeds vol bespreek tot Janua-rie 2013.. Dit sluit in optredes by Huisdanse, ons rugbytoer en JOOLtoer. Die HK het dit goedgedink om net die MajuBand te stuur op JOOLtoer (jammer MAD2toer) aangesien hulle genoeg geld sal maak met slegs een optrede..

Cobus

Rohan

Page 36: Pallas Uitgawe 1 2012

Op die dag van die 10de Februarie het daar groot opwinding onder die seniors van Minerva geheers. Die laaste metgeselle is opgekommandeer en rokkies

uitgeruil. Hare is hier getease en daar gestraighten. Die een doen grimering en die ander gee raad. Die entoesiasme was tasbaar in die lug.

Vanaand…is seniordans.

En was dit nou vir jou ‘n dans om te onthou?! Sucelle Olivier en haar komitee het nuwe betekenis aan die woord “seniordans” gegee. Vir die eerste keer in die geheues van Minerva se inwoners is die tafels vir ‘n dans buite geplaas. Dit beteken lekkerder kuiertjies: geen meer gegillery oor die musiek nie; minder sweet: jy kan buite op ‘n stylvolle wyse ‘n stoel gaan inneem en afkoel na ‘n meneer van ‘n danssessie; en natuurlik seergedansde voete, want, ja, die hele eetsaal is jou dansvloer! Jy hoef nooit meer ‘n dans uit te sit oor die dansvloer te vol is na jou sin nie!

Dit is die grootste geskenk wat Sucelle en haar komitee aan Minerva se seniors kon

Onder die sekelmaan

gee: ‘n dansvloer waarvan elke meisie net kan droom. Ek kan getuig dat ek lanklaas so lekker gedans het. Jou metgesel was gedwing om uit te haal en wys. Sonder die verskoning van te min spasie het hul beste draaie en “drops” navore getree.

Die tema “Piekniek opie Maan”, soos Zinkplaat se ou bekende lui, het onmiddelik ‘n atmosfeer geskep wat skrik vir niks. Behalwe vir die maan en aandster wat deur die bome loer, het stringliggies as kersies gedien – romanties genoeg vir twee geliefdes, maar tog lig genoeg vir die enkele blind dates.

Selfs die ligte reënbui wat deur die lug beweeg het kon nie dié Minervianers se gees breek nie. Inteendeel, min meisies het die die nattigheid agtergekom en het die vogtigheid in hul hare toegedien aan te veel dansery.

Michelle du Toit

“‘n Dansvloer waarvan elke meisie

net kan droom”

Page 37: Pallas Uitgawe 1 2012

Soos by elke goeie dans was die fotohoekie ‘n treffer. Die ry, wat ‘n permanente instelling geword het, het onopgelet verby gegaan soos daar ook gesels, gegiggel en gekuier geword het.

Heeltemal te vinnig het die aand verby gevlieg. Na etlike ure het die meisies hulself bevind in die dorp, meskien êrens in ‘n manskoshuis of veilig en snoesig in hul eie bedjies met ‘n hoop vol herinneringe, oë vol sterre en ‘n hart vol vreugde.

Die term “seniordans” het voorwaar na nuwe hoogtes gestyg. Dit was ‘n aand van speel, dans en selfs huil (van die lag natuurlik). ‘n Aand gevul met genot; waar beide vriendskap en liefde kon saamwerk. ‘n Aand so onder die sekelmaan.

Page 38: Pallas Uitgawe 1 2012

KamerKinetics

Voel dit asof jy ‘n tjoepie om jou middel dra? Is jy dalk besig om

eerste-, tweede- of selfs derde-jaarssindroom te kry? Wil jy in jou huisdansrok pas? Het jy nie geld of tyd om te gaan

gym nie? Of is jy sommer net lus vir bietjie pret en plesier

saam met jou kamermaat? Dan is jy ‘n uitgeknipte

kandidaat vir kamer-kinetics, Minerva se eie oefenprogram

spesiaal uitgewerk om by elke Minervianer se besige

skedule in te pas.

Die “ek het nie geweet ek het sulke spiere in my lyf nie” oefeningHierdie strekoefeninge sal sorg dat jou spiere nie so styf word nie

Sit op jou kamervloer met jou bene uitgestrek voor jou en leuen voren-toe todat jou duispiere trek. Hou hierdie posisie vir 15 sekondes en herhaal dit 3 keer.

Staan nou regop en strek jou arms. Swaai altwee arms sover jy kan na die linkerkant en dan na die regterkant. Herhaal hierdie strek 10 keer. Dit strek ook jou lae rug.

12

 

 

Deur Carien HammanModelle: Jeannique Boysen en Zelda Truter

Page 39: Pallas Uitgawe 1 2012

12

 

Die “ek het nie ‘n springtou nie, maar sokkies” oefeningHierdie oefening help om daardie sjokolade van vanmiddag te verbrand

Neem 2 pare sokkies en sit dit omtrent so 30cm uitmekaar uit op jou kamervloer neer.

Spring nou heen en weer oor die sokkies. (Jy moet basies van sokkie tot sokkie spring)

Spring vir 20 sekondes en rus dan 10 sekondes. Herhaal dit 8 keer.

123

 

Die “ek wens ek het sulke kuite soos Kevin Evins gehad” oefening.Hierdie oefening sal jou help om mooi kuite soos ‘n foetsryer te kry.

Staan op met die punte van ou voete op die platvormpie van jou kas en lig jou net op en af met jou voete. Moenie kniëe buig nie.

Herhaal 20 keer

Page 40: Pallas Uitgawe 1 2012

Die “ek hoef nie net my lessenaar vir leer te gebruik nie” oefening.Hierdie oefening help om jou arms sterker te maak – jy sal nie soos Popeye begin lyk nie, vir dit moet jy spinasie ook eet.

Staan met jou voete in lyn met jou skouers voor jou lessenaar.

Leuen vooroor en plaas jou hande op die punt van jou lessenaar.

Laat jouself stadig afsak en druk jou dan weer regop.

Herhaal 20 keer.

123

 Die “dit lyk of ek swanger is” oefeningHierdie oefening help jou om ontslae te raak van die “food baby” in jou maag

Lê plat op jou rug op jou vloer.

Kom op sodat net jou lae rug aan die grond raak

Laat jou bene effens gebuig in die lug hang

Beweeg nou jou arms 100 keer langs jou sye op en af.

Elke keer wat jou arms op beweeg moet jy in asem en as dit afbeweeg dan asem jy uit.

12345

Die “my bobene dril en ek het selluliet” oefening.Hierdie oefening help om jou bobene ferm te maak.

Gebruik vir hierdie oefening jou “free” Captain Morgan strandbal wat jy tydens die MAD2 gekry het of enige ander bal.

Vat die bal bo jou kop. Doen lunges. Elke keer wat jy afkom vir die lunge laat sak die bal tot op die grond en as jy dan weer op kom lig die bal weer tot bo jou kop.

Doen 3 stelle van 10 elk.

1234

4

 

Page 41: Pallas Uitgawe 1 2012

Die “ek het ‘n tjoepie om my maag” oe-feningHierdie oefening sal jou help om ontslae te raak van jou tjoepie

Lê plat op jou mat met jou voete ingehak by jou kamermaat s’n

Kom nou op soos ‘n sit-up, maar kom net op tot in die helfte – dit word crunches genoem – en sak dan weer af

Doen 3 stelle van 30 elk

123

 Die “ek het ‘n sugar rush” oefeningHierdie oefening is vir die meer fiksheidsgedrewe Minervianers

Trek jou tekkies aan

Kies ‘n stel trappe in die koshuis

Hardloop trappe totdat jy voel jou bene wil nie meer nie

123

Die “ek is lus vir dans” oefeningHierdie oefening is lekker

Sit vir jou lekker dans musiek aan

Dans jou hart uit!12

 

So, trek jou funky gymklere aan, ruk

jou kamermaat van haar bed af

op, sit lekker musiek aan en doen die kamer-kinetics!

Page 42: Pallas Uitgawe 1 2012

?Healthy EatingDaar is dae wat ons almal met ’n tikkie heimwee kyk na die plat gestote stuk aarde hier voor Minerva. Eerstens weet jy jy’s oud as jy die plek beleef het wat daar was. Jy onthou nog steeds die hond wat daar uitgehang het se blaf. Maties kan basies in twee groepe opge-deel word – pre- en post-Tapas. Huidige tweedejaars sal vertel hul seniors het hulle vertel van die heerlike plek om die draai waar jy gou vinnig enigiets kan koop. Huidige eerstejaars sal weet daar is ’n leë stuk grond vol klippe op die pad tussen Minerva en Majuba.Maar derdejaars en op sal dink aan laataande se warm chips, om altyd melk vir jou koffie te hê. Hulle sal onthou hoe maklik dit was om oor die straat te stap en hierdie wye keuse van KOS te hê – net daar gaar gemaak en hoe daar dan baie mislik na jou geroep word om dit te kom kry. No judging oor hoekom ons so maklik ee-rstejaarsindroom gekry het nie. Die geure wat uit daardie kombuis ontsnap het, kon enige mens verlei om net gou-gou ietsie te kry om te eet. Om tot die punt te kom, die afbreek van Tapas het ons die guns gedoen om meer gesonde eetgewoontes aan die dag te lê. Want maak nie saak hoe nie, as jy nou aan iets soortgelyks wil smul, sal jy meer inspanning aan die dag moet lê as om net oor die straat te stap. Dus verbrand jy meer energie en kanselleer soortvan bi-etjie van jou ongesonde ete uit. Geagte eerstejaars, julle hoor dit seker gereeld en julle wil dit seker nie eintlik hoor of glo nie . . . MAAR laat ek nou vir julle sê eerstejaarsindroom is ’n werklikheid! Eerstens geen meer mal afrigter wat aan-dring dat jy elke dag per week netbal of hokkie oefen en dink dis baie snaaks om

eerstejaar-sindroom is ’n werklikheid!

““

julle in die strate te laat hol teen die vies-likste bulte uit nie. Nee, en al sê jy jy stap so baie op kam-pus, dit kom nie naastenby aan die oe-fening wat enige aktiewe matriekmeisie kry nie. En nou kom jy agter jy moet eintlik baie leer hier. Jy moet eintlik baie net sit en passief verkeer terwyl jou kop oortyd werk. Daardie toestand maak jou so honger, so lus om enigiets en alles te eet. En jy maak wel so . . . nie goed nie mense. Vandag wil ek jou sê, gesonde eet-gewoontes gaan maak of jy jou lyfie gaan behou op Stellenbosch. Want daar is bewys 70% van hoe jy lyk is weens wat jy eet, die ander 30% is weens oefening.En eintlik is dit baie makliker om weg te spring en sê ek gaan elke dag draf en dit wel te doen. Maar om te besluit om bv. geen wit brood meer te eet nie is ’n an-der ding. Nou wat nou. Eerstens, sorg dat jou kam-er so vol as moontlik van gesonde kosse is sodat die versoeking minder is. Kry goed soos rosyntjies en ProVitas en jogurt, ba-sies kos waaraan jy jouself sal vergryp nie. Vibes van All-Bran eerder as al daai ander lekker kinderpap met die bont prentjies op die bokse wat my ma nooit vir my wou koop nie. As jy lus is vir iets, eet dit. Moenie jou lyf uithonger nie. Maar altyd – MATIGHEID. (’n Giant DCM muffin klassifiseer bv nie as matigheid nie. Wel om een te deel!)

Page 43: Pallas Uitgawe 1 2012

70% van hoe jy lyk is weens

wat jy eet, die ander

30% is weens oefening.

“ “

Mari van Deventer

Sorg dat jy elke dag gebalanseerd eet. Om in die koshuis te eet is daar ’n groot hulp. As mens self kos maak of uiteet is dit gewoonlik stysel. Niemand besteel ooit of maak self groenboontjies nie. Daar is min dinge wat ek op skool geleer het wat nog elke dag op my lewe van toepassing is as SSVV0 soos ons dit afge-kort het om in toetse te onthou. Dit is eet minder suiker, eet minder sout, eet minder vet, eet meer vesel en moenie ooreet. Onthou dit, dit werk. En laastens, “moenie almal se poeding in die eetsaal eet nie.” Vra vir jou ma as jy so gelukkig is om gebak van die huis te kry (dankie mamma), om dit voedsaam te maak. Ja, dit beteken good bye brownies. Maar hello volgraan brownies. Bak beskuit met goed soos haw-ermout en appel en sade en rosyntjies (die sleutel na gesonde eetgewoontes is rosyntjies).

Page 44: Pallas Uitgawe 1 2012

WoordFEES

Woordfees 2012 net soos elke ander Woordfees is die ideale kans om in jou eie taal te kuier! Van dramaprogramme tot musiekopvoerings - dis alles deel van die lekker vet woordpakket. Geen won-der dié fees het in 2011 die KykNET Fies-ta-prys ontvang vir die gewildste fees nie.Vir diegene wat nou nog verward is oor die Woordfees, wonder oor wat al die plakkate hier maak, waarom almal so opgepsyche is en hoekom Marita van der Vyfer dalk in Eikestad Mall chill, hier is ’n kort oorsig van Woordfees. Van-jaar is Stellenbosch se 13de Woordfees. Woordfees se mikpunt is om Afrikaans as taal te bevorder asook ander tale onder andere Afrikatale en Nederlands.Vanjaar se tema was “Groen” wat aansluit by ons koolstofvoetspore waar-oor almal so op ’n high is. Oral was groen plakkate en alle soorte baniere wat uitbasuin wat ons op hoogte hou van produksies. Jy kon kies van ver-skillende programme van musiekop-tredes, dramas, boekbesprekings en straatpartytjies(soos die by De Vette Mossel).

Jaydey Sass

Woordfees is ’n moet vir almal wat gou bietjie wil cool wees! Produksies is goed-koop en selfs gratis, so daar is geen ver-skoning om nie te gaan nie. Mens kon kies en keur tussen 250 items op die program om by te woon. Vanjaar wat musiek betref, was onder andere Die Heuwels Fantasties, Romanz, Chris Cha-meleon en Kaleidoskoop teenwoordig. Dan was daar verhoogproduksies soos Vaselientjie, Ellen Plakkies, N is vir Neuro-se en Die rebellie van Lafras Verwey. Vir sommige vertonings moes daar ekstra optredes geskeduleer word as gevolg van die groot aanvraag. As mens in ag neem dat daar ongeveer 90 000 fees-besoekers was klink dit heel moontlik!As jy hierdie jaar Woordfees misgeloop het omdat daar toetse of te veel op-dragte was, maak ’n plan en betaal ie-mand om dit met volgende jaar se fees vir jou te doen. Dit gaan (Woord)FEESTE-LIK wees !

Page 45: Pallas Uitgawe 1 2012
Page 46: Pallas Uitgawe 1 2012

Varsity Cup

Go support a Maties game dur-ing Varsity Cup” is nie verniet op die Matie-“bucketlist” nie, en as jy nog nie het nie is daar

‘n gaping in jou Matie-opvoeding. Dit is daar in die see van maroon waar jy ware gees ervaar en “Dis altyd lente” uit volle bors sing (soms met danspas-sies hier en daar) elke keer was Maties so gereeldelik ‘n draai agter die doellyn gaan maak. Dit is daar waar jy gegooi word met Energy-bars of dalk ‘n vol blik-kie Black Label as die ”Mexican-wave” bietjie handuit ruk. Varsity Cup 2012 stel beslis nie teleur nie!

“Die gees is onbeskryflik, daar is niks so lekker soos om deel te wees van die maroon-skare nie! Behalwe die feit dat Maties al hul wedstryde gewen of ge-lykopgespeel het, was elke wedstryd ‘n belewenis! Dit was so lekker om te sien hoe trots almal is in hul Maties-hempies en “Dis altyd lente” uit volle bors sing,” het Charé Baumgarten te sê gehad.“Alhoewel ek min van die rugby gesien het, was dit “awesome” om in ‘n ander omgewing saam met die Minervian-ers te “bond” as Maties,” het Monique Hugo, ‘n eerstejaar in Minerva, te sê ge-had oor haar eerste stukkie Varsity Cup-ervaring.

Erika Beukman

Die Minervianers het hul eie see van rooi in die skare gemaak tydens Minerva-week toe Maties gespeel het, en natu-urlik gewen, het. Minêêêêêrva het net weereens gewys hoekom hul die Bon-delsport-kampioene is en bietjie gees gewys. Die pawiljoene is nie al plek waar die Minervianers uitgestaan het tydens Varsity Cup 2012 nie.Minerva is nie verniet die godin van wy-sheid, SKOONHEID en kunste nie. Nie minder nie as 4 Minervianers was inges-luit in die Miss Varsity Cup 2012 Top 10 nie. Dié skone dames was Angelique Coetzee, Marnelia Scribante, Vanessa

Mhlom en Lizelle Brown. Hulle is beslis nie net met skoonheid geseën nie, maar wysheid ook! Va-nessa, Lizellle en Angel-ique is BRek-studente en Marnelia studeer BIng. Van hierdie 4 het Vanes-sa en Marnelia deurge-

dring tot die Top 5, waarna Vanessa op Maandag 19 Maart as Miss Varsity Cup gekroon is . Die wenner van die nasion-ale kompetisie is op 9 April aangekon-dig tydens die finaal op Tuks Stadion van Maties vs. Tukkies.

“Die Minervianers het hul eie see van rooi in die skare gemaak...”

Page 47: Pallas Uitgawe 1 2012

Hoe voel dit om Miss Varsity Cup 2012 te wees?

Ek weet nie, dit voel maar soos dit voel om ‘n normale eerstejaar te wees. Ek het die hele proses van Miss Varsity Cup saam met my wonderlike vriendin, Mina van Minerva, gedoen en ons het van die be-gin af besluit dat die kompetisie nie ons gaan maak of breek nie. So, ja my lewe het so bietjie verander maar dit hang maar alles van jou “attitude towards” dit.

Q

Hoe voel jy oor die nasionale komp - etisie wat voorlê?

Ek is baie opgewonde oor die “nation-als”. Die naweek gaan ek soveel “memo-ries” probeer maak soos wat ek kan en lekker baie “networking” doen. Ek is nie regtig veel gepla oor die “actual” kom-petisie nie, want ek het van die begin af net die Here se plan gevolg en ek weet alles is in Sy hande. As ek dit wen sal ek weet ek sal die nodige krag daarvoor hê, maar as ek dit nié wen nie dan gaan dit regtig nie vir my saakmaak nie, want die Here se planne is ongelooflik groot en ek het so baie ander dinge om voor dank-baar te wees.

Q

Hoe verskil Miss Varsity Cup teenoor a ander skoonheidskompetisies?

Ek het die jaar aan drie sulke skoon-heidskompetisies deelgeneem en elkeen was baie anders. Miss Varsity Cup is meer “chilled” in die sin dat jy nie op ‘n ”ramp” voor mense moet loop nie en dis vir my baie lekker. Dit maak so baie deure oop en jy ontmoet ontsettend baie mense wat jou kan help in die toekoms. Dit gee my die geleentheid om in nog mense se lewens ‘n verskil te probeer maak en die Here kan my gebruik om dinge te laat ge-beur en dis maar vir my die belangrikste ding – om regtig net in die hele ding Sy naam te “glorify”, want dis Hy wat dit vir my beplan het.

Q

Hoe was die “vibe” onder die meisies?

Ongelooflik baie “amazing” mense ont-moet. Dit was in die begin baie lekker en soos ons minder geword het, het dit net nog lekkerder geword, want ons het me-kaar net nog beter leer ken. Ek het altyd ‘n Minerva-sussie by my gehad en dit was vir my baie spesiaal ! Ons 4 Minerva girls - Lizelle, Angelique & Mina - het alles saam gedoen en was altyd daar vir mekaar. Ek was dankbaar om dit saam met hulle te doen!

Q

Het jy enige “celebs” ontmoet?

Uhmm haha, nee ek het net vir Pokkel as mens gesien en hy is ‘n “awesome gin-ger” en ek LOVE gingers ( ANKE ;) )!

Q

Wat was vir jou die spesiaalste oomblik?

Ek wou amper huil toe Mina as 2de prins-es gekroon was, ek was regtig baie bly vir haar want sy verdien dit baie, sy is ‘n “amazing” mens – van binne en buite mooi en dis baie goed vir Minerva. Ek het Maandagaand aandete saamet die Ma-ties en UJ span, die Rektor van die Univer-siteit, FNB se manager van die Wes-Kaap en nog sulke “influencial” mense gehad. Dit was ‘n baie groot eer vir my. Ek het al ongelooflik baie by die mense geleer al was dit so ‘n kort tydjie en het net wee-rens besef ek moet so dankbaar wees dat ek die geleentheid het om Maties te verteenwoordig. Nog iets wat vir my baie spesiaal is, is die ondersteuning van al my vriendinne, vriende, Minerva-sussies en al-mal! Almal is regtig net baie “loving” en “supportive” en ek is oneindig baie dank-baar.

Q

Die resultate van die daaglikse a anlyn-stemme is konstant bekend, is dit nie baie senutergend nie?

Nee, ek “worry” nie so baie daaroor nie. Ek probeer maar so min as moontlik kyk. My “manager” WJ, eintlik net ‘n goeie pel wat my baie ondersteun, hou dit baie dop en laatweet my elke uur hoe dit gaan haha

Q

Het jy ooit gedink dat jy aan so ver gaan kom met die kompetisie?

Glad nie, ek het eintlik vanaf Novemeber verlede jaar begin bid vir “discipline” en dat ek regtig hard sal werk dat ek in 2012 voluit die Here sal loof en prys en regtig net om die Here se plan te volg. Ek het net orals gehoor, “maar Vanessa die Here het groot planne vir jou” en toe probeer ek maar nog net rustig wees en nog hard-er probeer luister. Op die 12de Desember 2011 was Miss SA Teen en een van my vriende het my hard probeer oorreed om daaraan deel te neem, maar ek het nie geweet of ek dit regtig moet doen nie, want ek weet alleen sal ek dit nie kan “handle” met my akademie en al die ander drome wat ek het nie, en van toe af het ek begin hard bid dat die Here my mooi sal wys wat ek die jaar moet doen, want ek wil hê Hy moet my gebruik nes Hy wil. Ek sal net volg. Toe word ek hiervoor genomineer en toe bid ek baie hieroor en ek sien nou die Here wil my hier gebruik. Ek gaan nou maar sien of die Here my daar ook wil probeer gebruik.

Q

Wat het deur jou kop gegaan die oomblik toe hulle jou as wenner aankondig?Ek weet nie, “wow” ek kan eintlik nie eens dit onthou nie. Ek was eintlik net so bly vir Mina ek vergeet wat om my aangaan, haha! Om verby 100de Min-erva-“girls” te ry was “out of this world amazing”, en as jy hoor hoe hulle skree “Minêêêêêêrvaaaaaaa” – ja ek veruil dit vir niks!

Q

‘n Kort onderhoud met ons eie

Vanessa Mhlom Blom

Page 48: Pallas Uitgawe 1 2012

To Feedem or V

ervelige disse, beperkte op-sies, swak voorraad omsette by die deli en vreemde deli tye, ou groente, dis alles terme wat

sinoniem geraak het met Feedem om die eetenstafel die afgelope paar maande. Gerugte van Heemstede se verskillende feesmaal opsies het meinge Feedem ondersteuners suur gelaat. Daar was selfs sprake van n moontlike skuiwing van voedsel dienste. Ten spyte van lip lek le-kker wraps, lasanges, groente en slaaie tydens JOOL het dit gelyk asof Feedem ondersteuners moes boet vir die JOOL menu gedurende die kawrtaal en is sommige na die genade van hul eie braaipaane in hul kamers gedryf. Daar was egter n paar wat kon vasbyt en hulle het graag hulle menig gedeel.

Hoekom eet jy in die eetsaal?Vir die geselskap

Vir die kos

Sou jy by Feedem eet indien hulle meer opsies bied? Net vir interessantheid het ek meisies

gevra wat nie by Feedem eet nie

Maak nie saak nie

Ja, health option

Page 49: Pallas Uitgawe 1 2012

not to Feedem

Volgens Feedem statisties is daar gemi-ddeld 100 dames wat van hul dienste gebruik maak, hoofsaaklik middagetes, slegs 30 van hierdie 100 dames benut ontbyt of aandete ookVir die Minervianers wat nie geweet het nie verval Minerva se kontrak met Fee-dem op jaareinde en is daar die opsie vir ons om die Feedem kontrak te hernu of om te verander na Royal Pitseng.

Die Feedem ondersteuners het as volg reageer:

Nee, gee hulle nog ‘n kans

JAAAA!

Duidelik het ons n penarie op ons hande en sal Feedem gou moet sokkies optrek as hulle die dames van Minerva as onder-steuners wil behou. Dalk sien ons n einde aan die “Wat eet ons vandag?” “Dit lyk soos hoender” vrae, dalk is die eetsaal weer propvol met etenstye, soos in die goeie ou dae, dalk kry ons weer Burger Woensdae en Wrap Vrydae. As jy egter n mening het wat jy baie graag wil gee, gaan praat gerus met Sucelle, HK van Feedem.

Zane Groenewald

96 % van die meisies is glad nie gelukkig met die opsies wat Feedem bied nie

Sou jy ‘n skuif van Feedem na Royal verwelkom?

*Let wel 30 dames is gebruik in hierdie steekproef bestaande uit seniors, HK lede en eerstejaars. Geen Minervianer of Feedem personeellid is tydens die gebeure beseer nie.

Page 50: Pallas Uitgawe 1 2012

Uitleg deur

Kelly PooleMichelle du ToitNadine de Wet