Pallas Uitgawe 2 2013

38
Pallas P a l l a s Keeping it classy since 1958 Uitgawe 2 2013

description

Die tweede uitgawe van die mees stylvolle koshuis tydskrif op kampus.

Transcript of Pallas Uitgawe 2 2013

Page 1: Pallas Uitgawe 2 2013

Pallas

P a l l a s

Keeping it classy since 1958

Uitgawe 2 2013

Page 2: Pallas Uitgawe 2 2013

Editors letterA standard boxing match consists out of 9 rounds. The aca-

demic year consists out of four rounds and just like a boxing match, we spend the majority of the year fighting to come out

at the top or just to survive. With the academic pressure piling on, it is clear that round 2 of our year has come (and almost gone). Yes, the second term is with us, but not for much longer.

Net soos in die geval van koshuise, bestaan daar ‘n sekere stig-ma rondom elke kwartaal. As kwartale koshuise was, was die ee-rste kwartaal Helshoogte (cool, fun, die kwartaal wat almal love). Kwartaal drie sou seker Helderberg wees (partyyyyyy) en kwartaal vier sou Eendrag wees (ordentlik, gefokus en akademies). So wat (of wie) is kwartaal twee? Beslis meer aan die akademiese kant soos kwartaal vier, maar steeds ‘n goeie balans tussen werk en sosiaal verkeer – ja, Dagbreek is hier! And in more ways than one – we welcome our official new partners for MAD2 2013!

MAD2 uitslae, skakelings tot in ewigheid, Huisfondsdans, Kultuur Fees, Diversiteits- en Leierskapsweek – dinge het GEBEUR. It is thus clear that term 2 is full of exciting things, but the atmosphere of exams starts looming over us all as we notice the bib and the SS fill up, and the corridors quieten down. I beg your pardon for having to quote Nelly Furtado, but ‘flames to dust, lovers to friends, why do all good things come to an end’? Indeed it is so, the fun and games are (temporarily) over and the Real Work starts now. Sigh. But do not fret ladies, there is light at the end of the academic tunnel!

Die goeie nuus is: binne minder as ’n maand is elkeen van ons op vakansie! (Wel, AS dinge goed gaan in die eerste geleentheid…touch wood). ’n Heerlike 6 week lange vakansie. Wow, soeter as die soetse boksie wyn by Bohemia! Maak behoorlik gebruik van jou vakansie: rus uit, slaap uit, pass uit (van moeg wees, natuurlik), span uit, gaan uit, trek uit (ontruiming, natuurlik) en geniet dit.

Whether you’re heading home to fill in on some much needed fa-mily time, or whether you’re packing your bags and hitting the(local) roads, or getting your ticket and boarding a (international) flight – be safe. Recharge your battery, cleanse your spirit, fill your stomach with momma’s food and enjoy the beauty that is a winter vacation.

Love, Rinette and Nadia

Page 3: Pallas Uitgawe 2 2013
Page 4: Pallas Uitgawe 2 2013

Content• Die Beleid• Toneelfees• Catwalk to Campus• Brein pyn• Minerva se sporthoekie• 5Gum experience• Leaving a Legacy• Holi Huisfondsdans• Employee of the month• Top gear• Diversiteitsweek• Culture Vultures• Kaas & Wyn• Domestic Goddess• The Wheel Again• Mad²Bal 2013 en Uitslae• Brein pyn antwoord

Redaksie:Joanne LevendalSuné VoslooUnika SchonkenNina ReyneckeMaryke WijmaCarla KotzenbergSulizma SchultzMari van DeventerCelia BrinkKarin HammondKatrien SmutsErika BeukmanHanri Ferreira

Page 5: Pallas Uitgawe 2 2013
Page 6: Pallas Uitgawe 2 2013

Die woord “plasingsbeleid” het die afgelope tyd gereeld as besprekingspunt onder studente, US-alumni, Huiskomitees, die Prim Komitee en die Studenteraad geheers.

Die nuwe plasingsbeleid sal op 1 Junie 2013 in werking tree en geld vir 2014 se koshuisplasings. Ten spyte van die feit dat die beleid beskryf word as “in lyn met die Universiteit Stellenbosch se missie, visie en objektiewe”, is daar verskeie mense en belangegroepe wat teen die instelling van dié beleid is. ‘n Storie het egter altyd twee kante en kan mens net ‘n opinie uitspreek as jy werklik weet wie, wat, hoe, waar, wanneer en die belangrikste van alles – hoekom.Die beleid, wat vasgestel is deur die Raad van die Universiteit, vereis basies dat slegs 60% van koshuisplasings van eerstejaars op grond van akademiese meriete gedoen word, en die oorblywende 40% sal geplaas word ten einde die diversiteits-vereistes te bevredig. Die diversiteits-plasings sal gedoen word op grond van die volgende vyf faktore: of jy ‘n Suid-Afrikaanse burger of internasionale student is, taal-voorkeure (Afrikaans, Engels of ander), etnisiteit (Bruin, Swart, Indiër of Wit), eerste- of nie eerste-generasie student en ekonomiese klas.

Menigte voel egter dat 60% plasings op grond van akademiese meriete heeltemal te min is vir ‘n akademiese instelling, wat die Universiteit Stellenbosch beslis is. “Dit is buitensporig om die akademiese-plasings te beperk tot 6 uit elke 10 studente. Wat hulle vergeet is dat, indien jy akademies sterk is, jy meer betrokke sal wees in die koshuis, wat sport, kultuur en leierskap behels, waar iemand wat geplaas word om te verseker dat daar aan die diversiteits-kriteria voldoen word en nie akademies op standaard is nie, ‘n “sluiper” sal moet wees om deur te kom en sodoende in die koshuis te kan bly,” is die mening van Sulizma Schultz, tweedejaar inwoner van Minerva.

Die enigste “spesiale plasings” wat eerstejaars betref is Bloemhoftrust-plasings (waardaar ook ‘n voorafbepaalde aantal van hierdie plekke aan bruin, swart en Indiër studente toegeken moet word), VGP-plasings, sportplasings (bepaalde aantal plekke toegeken aan Maties Sport, maar hulle moet steeds streef om die korrekte aantal van hierdie plekke aan BSI studente toe te ken) en weermagstudente.

Verder behels die beleid dat studente slegs vir die maksimum duur van die voorgraadse program waarvoor hul ingeskryf is, in die koshuis mag bly, tensy hul as ‘n mentor, Huiskomitee-lid of Primaria aangewys word.

“Om nou jou senior studente te benadeel in die proses is nie

slim nie.” ‘n Oud-Minervianer, Wilna Beukman beweer die dinamiek van koshuis-lewe sal beslis daar onder lei. “Die hele dinamiek van koshuis-lewe sal verander. Die oueres in die koshuis dra die tradisies oor, bewaar die vrede en bring balans tussen mal eerstejaars en ‘settled-down’ seniors. Dit is ook regtig nadelig vir honneurs studente om tassies te pak na drie jaar. As ek in my honneursjaar ewe skielik moes “worry” oor kosmaak en uitvee en parkering op kampus (“non-existant”) sou ek verseker nie die jaar oorleef het nie.

Die Beleid-Die kort en lank van die koshuisplasingsbeleid-

Deur Erika Beukman

Page 7: Pallas Uitgawe 2 2013

Koshuis is ‘n voorreg waarop daar nie op grond van ouderdom diskrimineer kan word nie. Bou nog koshuise of laat minder studente toe tot die universiteit. Dit is sinneloos om te probeer meet en pas om 30 000 studente in ‘n area met ‘n kapasiteit van 20 000 te probeer “squash”, en om nou jou senior studente te benadeel in die proses is nie slim nie.”Die crux van die saak is dat, omdat die Universiteit hul verantwoordelikheid wil nakom om die “leefwêreld” van studente ten beste te benut en te organiseer en die sukses van “ALLE” stundente wil verseker, derdejaars wie se maksimum normale duur van hul voorgraadse program drie jaar is, aan die einde van die jaar afskeid sal moet neem van Minerva en vierde of vyfde jaars “have simply overstayed their welcome”. Die enigste alternatief is om HK of mentor te word, wat slegs

‘n handjie vol is en waarvoor tweedejaars ook die geleentheid het om aansoek te doen. Verder is dit luister-, leer- en leefhuise toe of intrek in ‘n sogenaamde “senior koshuis”, waar daar heel moontlik van ‘n Helderberger en ‘n Simonsberger verwag kan word om kamermaats te wees.

Volgens Die Matie van 15 Mei 2013, mik die US dat teen 2018, 50% van die kampus Bruin, Swart of Indiër sal wees. Die plasingsbeleid is maar net ‘n meganisme wat gaan help om hierdie mikpunt te bereik en ook nie vir enige van die betrokke partye die einde van die wêreld beteken nie. En ook moet koshuisinwoners nie vergeet dat die rede hoekom hul in die eerste plek hier is, is om te studeer en nie om die koshuis en alles wat daarmee saamgaan vir so lank as moontlik en soveel as moontlik te geniet nie.

Menings oor die onderwerp op Twitter:

Page 8: Pallas Uitgawe 2 2013
Page 9: Pallas Uitgawe 2 2013

’n Mens kan ’n stewige applous gee aan die Toneelfees van 2013 se finale.Die Klein Libertas-teater was gasheer van hierdie geleentheid, en die plek was van hoek tot kant vol van al die

geesdriftige Matie-teaterondersteuners. Uit die geroep van die gehoor, kon mens ook hoor wie is nou eintlik vir wie se onthalwe hier, met Helshoogte wat hulle

akteurs uit volle bors bemoedig het. Die program het iets vir elke smaak aangebied, met die komedie wat gelukkig proporsioneel die meeste gevul het. Dit

was egter nodig om die buitengewone sware stuk wat op die einde van die fees gewag het, uit te balanseer.

Kom ons begin sommer by die einde. “Rooi Ballon” deur Lydia en Dagbreek, het die prys vir bes nuutgeskepde teks ontvang. Dit het ook tegnies en stel-gewys beslis die ander loef afgesteek. Maar sjoe, oorlogstories teen half 12 op ’n Saterdagaand na ure se gelag is dalk nou nie wat die gehoor die graagste wil sien nie. Ek het agtergekom dit gaan

oor ’n oorlog. Oor ’n groepie gevangenes lank terug. Toe skrik ek effens omdat ek nie ’n belangrike feit besef het nie, want toe begin hulle praat oor ’n groep deur FW de Klerk gestig. Ek wou ampertjies net daar en dan begin Google oor die Taakspan 99, toe praat hulle van jaar 2015 en ek besef toe dis ’n groot verbeeldingsvlug waarop ons eintlik is. Die akteurs het oortuigend gespeel, met rou emosies, woede en hartstog wat ten toon gestel is, asook voorspooksels oor

die einde van die wêreld.

Helshoogte kon met reg trots op hul spelers wees, met die vorige stuk, “Chinaman”, wat met die ereposisie weggestap het, in samewerking met Sonop. Na ’n Saterdagtoets was hierdie klugtige skaterlagavontuur presies die regte

medisyne. Dit is meer die tipe geleentheid wat ek met daardie weeksdag assosieer . . . ’n paartjie nooi hul naaste vriende oor vir ete. Oepsie! Ongelukkig is die genooides pasgeskei en die vrou het vir haar ’n wafferse katelknaap met lang hare en lae broeke en krale nadergetrek. Die arme gashere het ’n stewige balanstoertjie op hande om die aand

glad te laat verloop en te sorg vir so min as moontlik onmin. Voor dit was “Die Bording Huis”, ook deur Helshoogte, maar die keer saam met Heemstede. Hierdie stuk se

karakterisering was fantasties, ’n groot pluimpie moet gaan aan die akteurs. Saam het ek in die sypaadjie voor Rachel se losieshuis gestaan, ek het amper die koolfrikkadelle geruik! Die dialoog was wonderlik kleurryk en mens het die Kaap

gevoel in die ritme van die woorde.

En dan, die naaswenner, “Seep Inc.” Sonop het hier saam met Eendrag gespan. Wat ’n lekkere stuk wat jou sommer warm om die hart maak. Hier was baie stoele op die verhoog, met ’n klomp spelers. Verskeie dramas het tegelykertyd

plaasgevind om die storie tot ’n eenheid te snoer, waar onder ’n 7de laan-oudisie, ’n skim van die verbeelding wat uit die dood opgestaan het, ’n sukkelende seepfabriek en ’n dommerige blondine verlore in die liefde van haar eie halfbroer!

Dit is amper ’n wonderwerk hoe so vol storie so glad en netjies kan uitspeel, sonder om die gehoor te verloor. Dit het gevolg op “Geheime Kodes” deur Erika en Huis Visser. Hier het twee uiters versigtige skoolmeisies die wrede en gevaarlike naglewe van Stellenbosch betree. Spottendergewys lei hulle jou om presies te sien hoe alles nou eintlik vir ’n buitestander lyk, hierdie wêreld waarin ons so tuis voel. Gewapen met ’n flits en baie vrees, vaar hulle ’n klub binne en

drink hul eerste drankie. En die hele ekspedisie was maar bloot ’n uitvloeisel van iets wat haar ouma gesê het.Die perfekte inleiding, in my oë beslis, was “Post-It” deur Sonop en Dagbreek. ’n Stukkie nostalgie met die intrapslag.

Ons almal hoor hoe vinnig die lewe verby gaan, dalk ervaar jy dit al aan jou eie bas. Hier sien jy hoe vinnige skribbelings op so klein stukkie papier ‘n leeftyd kan beskryf. Sjoe.

En weer sjoe. En applous. Dit was beslis R35 goed spandeer!

ToneelfeesMari van Deventer

Page 10: Pallas Uitgawe 2 2013

By Suné Vosloo

A bad hair day can really get a girl down. We’ve all experienced one of those mornings (especially during winter time!) when the extra 10 minutes you spent in bed has left you with only

5 minutes to get to your 8 o’clock lecture. Naturally, these are the mornings when your hair takes on a life of its own, refusing to look respectable. The desperate last resort is usually a plain ponytail – but not for long. By following this simple tutorial, you will be able to transform your messy do into a ballerina bun that will leave you looking like you’ve stepped straight off the runway!

This look is inspired by Badgley Mischka’s Fall/Winter collection as shown at this year’s Mercedes Benz Fashion Week in New York. Mischka’s models wore the elaborately detailed gowns the designer is known for, their hair tied up in simple, yet striking high buns (do visit the official New York Fashion week website at www.mbfashionweek.com for amazing photos and videos of this year’s event).

YOU WILL NEED:- A hairbrush or comb

- 2 x hair elastics- Bobby pins

- Hair mouse (optional)

*TIP: This style works well with unwashed hair. Perfect for those “running-late-mornings”.

Catwalk to CampusHaute Hair

Page 11: Pallas Uitgawe 2 2013

STEP 1: Flip your hair over and separate the hair at the base of your neck into 3 pieces, ready to braid. You can use hair mouse or any other product that will keep the plait from falling out.

STEP 3: Tie the ends of the plait securely together with the first hair elastic.

STEP 4: Staying upside-down, gather the rest of your hair into a ponytail. Come up, check that the ponytail is centred and tie it using the second elastic

STEP 5: Using your brush or comb, tease your ponytail for volume.

STEP 6: Twist your hair and form into a bun, securing it with the bobby pins. Spray with some hairspray and Voila … Off to class you go!

STEP 2: Starting at the base of your neck make a French plait, stopping at the part of your head where you want the bun to be (the higher the better, I’d say!). You might want to ask your roommate to help with this part!

Page 12: Pallas Uitgawe 2 2013

Hierdie raaisel is oorspronklik deur die genie Albert Eistein opgestel en hy het na bewering gemeen dat slegs 2% van die wêreldbevolking die vermoë het om dit te voltooi alhoewel dit eintlik heel eenvoudig is!

Vyf huise, elk met ʼn ander kleur (rooi, groen, blou, wit en geel) staan langs mekaar in ʼn straat. Elke huis word deur ʼn ander persoon bewoon (Johan, Pieter, Kobus, Danie en Philip). Elke persoon het ʼn ander gunsteling drankie (Coke, Fanta, Sprite, Schwepps en Cream Soda) en besit verskillende motors (ʼn BMW, Audi, Volkswagen, Toyota en ʼn Mercedes) en verskillende troeteldiere (ʼn hond, kat, papegaai, goudvis en hamster).Gebruik die onderstaande inligting om vas te stel aan wie die goudvis behoort:

• Johan woon in die rooi huis.• Die groen huis is direk links van die wit huis.• Die eienaar van die geel huis ry ʼn Toyota.• Die eienaar van die Volkswagen se buurman het ʼn kat.• Philip woon langs die die blou huis.• Die persoon wat in die middelste huis woon, drink Coke.• Danie het ʼn hond as troeteldier.• Die persoon wat Schwepps drink, ry ʼn BMW.• Die eienaar van die groen huis drink Cream Soda.• Philip woon in die eerste huis (heel links).• Pieter ry ʼn Audi.• Die eienaar van die Volkswagen se buurman drink Sprite.• Die eienaar van die papegaai ry ʼn Mercedes.• Kobus drink Fanta.• Die eienaar van die hamster se buurman ry die Toyota.

Die Pallas doen ʼn beroep op haar lesers om al hulle breinkrag in te span om hierdie raaisel op te los.

Sterkte!

(Die antwoord verskyn aan die einde van die uitgawe.)

BREIN PYNCelia Brink

Page 13: Pallas Uitgawe 2 2013

SQUASH: Minerva vs Heemstede 11-5 (Spanlede : Liezl, Lauren, Lizaan, Engela); Minerva vs Medies 3-11 (Spanlede : Liezl, Cara, Carmen, Anja)

Minerva seSPORTHOEKIE

deur Carla Kotzenberg

HOKKIE: Die hokkiespanne was behoorlik besig die afgelope tyd met weeklikse wedstryde. Die somer-liga is goed afgesluit en, al het die span ‘n paar nederlae agter die rug, was daar positiwiteit onder die spelers en het ons ‘n ‘n goeie aantal seges huis toe gebring.

“Hockey Players wear numbers because you can’t always identify the body

with dental records.”

SKAAK: Minerva vs Eendrag 4 – verloor; Minerva vs Huis Marais 3 – wen ; Minerva vs Dagbreek 4 – verloor. “What is chess? Chess is ruthless: you’ve

got to be prepared to kill people.” – Nigel Short

- - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -

TENNIS: Wimbledon hier kom ons! Tennis het ge-

kook hierdie semester met 2 wenne en slegs 1 verloor. Wen teen Monica en Harmonie en verloor teen Heemstede.

Minerva het tweede in die uitdungroep geëindig met die kans om nou uit te

speel vir die boonste 4 posisies in die liga. Ons hou duimvas!

NETBAL: “14 spelers. 15 Minute aan ‘n kant. Absolute oorlog.” Minerva A en B het baie goed gevaar met ‘n aantal oor-winnings in die sak (met al die gesk-raapte knieë – ALLES VIR DIE HUIS). Daar was wel ‘n verloor hier en daar, maar winter liga lê voor en ons voorspel ‘n rooskleurige uitkoms. Minerva A 10. Nerina A 8Minerva A 24. Lydia A. 10Minerva A 12. Tygerberg A 10Minerva 8. HSS 18

TAFELTENNIS: Minerva tafeltennis het weer hierdie semester skoonskip gemaak met 2 wenne en slegs 2 op die nippertjie verlore. Wen Goldfields Dames 10-3 ; Wen Irene Eerstes 12-0 (WHOOOO HOOO!) ; verloor Monica Tweedes 7-8 ; verloor

Nerina Tweedes 6-9.

Page 14: Pallas Uitgawe 2 2013

The venue was ready, the tickets were sold out, all the fans had

their transport figured out, all that was left to do, was for the music to start playing! Wait, no, that’s not quite how it goes. Let me explain exactly how 5Gum rolls…Last year saw the beginning of a (hopefully) bi-annual tradition, that we all now know as The 5Gum Experience, when 5Gum (yes, the bubble gum) brought Irish boys, Two Door Cinema Club, to the shores (and waiting fans) of South Africa. In October things got electro for the second experience, featuring DJ’S A-trak and Hudson Mohawk. This year, British indie rockers, The Kooks, were headlining shows in Cape Town and Johannesburg.

In 2006 The Kooks released their debut album, “Inside In/Inside Out”, which almost instantly propelled them to stardom. The album featured chart toppers like “She Moves in Her Own Way” and “Naïve” and eventually went quadruple platinum. “Konk” was released in 2008, which debuted at number one in the UK. Their third album, “Junk of the Heart”, was released in 2011 and congealed the fabulous four’s status as international indie-rock favourites.

The thing about 5Gum is that they don’t do anything the “normal” way and they most certainly don’t do anything on a small scale. As in the previous case with Two Door Cinema Club and A-Trak, the tickets were not on sale, instead, fans had to apply for tickets online and cross their fingers that they would be amongst the lucky winners. Yes, that means you get to go for free BUT it also means that you will not be able to buy a ticket, i.e. your place in the crowd can NOT be secured. If, however, you are one of the lucky ones to receive tickets, you are in for the night of your life! 5Gum never reveals the venue until a few minutes before the show actually begins. How does this work? Well, the ticket usually has coordinates or an address that leads you to a parking area.

All ticket holders park their vehicles and are then transported via buses to the secret venue. Yes, very mysterious indeed.

This year, a warehouse at the Salt River Production Studios played host to the raging fans. And what a gracious host it was! True to the 5Gum style, the venue was properly pimped out, adding lumo lights, big screens and big block-like structures to give a modernistic air to an otherwise raggedy warehouse. Watching everyone’s reaction as they entered the venue was priceless: surprise, amazement, but most definitely crazy (but understandable) excitement. Dressed to kill, the crowd paraded between the bars, the food stalls and the stage (where a fantastic pre-show was running) as we waited in anticipation for the Big Act to finally emerge. Local acts, Haasbroek, Beach Party and December Streets, kept the crowd dancing to their infectious tunes until well into the night, warming the stage (and the crowd) up for the beloved Brits.

The DJ set played by Haasbroek ensured that all the Kooks sycophants’ heads were bobbing and heels were stomping to keep track with his slick beats. For lack of a less obvious comparison, Beach Party’s chilled out style reminds me of a younger, slightly more up-beat version of the Beach Boys from back in the day. December Streets followed shortly afterwards and surprised the crowd with a couple of very impressive covers. But of course, the crowd would not be pleased until the kings of cool made their entrance.

Anyone who has ever seen any of their favourite bands or musicians perform should know the weird feeling of nauseating excitement and disbelief when The Moment finally arrives. It’s something you will dismally fail at explaining to someone who has not yet experienced it themselves. The hyped-up crowd went crazy (not Rainman crazy, but full on protest/riot crazy) as we saw (during our temporary blindness due to the bright lights) the dim outlines of four figures walking across the stage. Finally, The Kooks had arrived! With a polite “Allo CapeTown!” (grrr, you’ve got to love a British accent), Luke Pritchard (lead vocalist and guitarist) gave the cue that would signal the start of an amazing

THE 5GUM EXPERIENCE: THE KOOKS

Nadia Gava

Page 15: Pallas Uitgawe 2 2013

set, during which they played all the right songs.

Never have lyrics of a Kooks song been so directly applicable: “All of us, we're going out tonight. We're gonna walk all over your cars, The Kooks are out in the streets. Oh we're gonna steal, steal your skies.” Yes, The Kooks were out indeed. And yes, they stole the sky. (But no, we didn’t walk over anyone’s cars)

The evening was definitely one for the books and had me answering the hit “How’d you like that” – I liked it guys, I liked it quite a lot indeed. 5Gum, we salute you and we humbly ask that you keep up the good work! You are the only people who can organise a music concert where everyone’s breath smells minty fresh! Thank you.

Page 16: Pallas Uitgawe 2 2013

‘n Plek wat al van die begin van die jaar af in ‘n handjie vol Minervianers se harte begin inkruip het, is die Legacy centre in Kayamandi.

Om net ‘n vinnige prentjie van die alghele stand van sake te skets, kan daar terug gedink word aan die onlangste brand en verwoesting wat dit op die Kayamandi gesaai het. Dit is ook geen geheim dat die werkloosheid- en MIV/Vigs-syfer in hierdie gebied oor die afgelope paar jaar met ‘n kommerwekkende persentasie gegroei het nie. Lewensstandaarde is sterk besig om agteruit te gaan en die meeste kinders voel onveilig in hul eie huise.

Wat, onder hierdie mengelmoes doemprofeet-feite, is dan werklik die probleem? Die antwoord is eenvoudig. Net ‘n rapsie meer as ‘n klipgooi weg van Kayamandi leef duisende Maties salig in hul eerstewêreldborrel voort - ‘n sprekende voorbeeld van een van die grootste sosio-ekonomiese probleme wat Suid-Afrika tans in die gesig staar. Verder is Suid-Afrika se inkoms-ongelykheidsyfer tans die tweede hoogste ter wêreld. Ons handhaaf ‘n direkte korrelasie met die oormaat geweldadige misdaad wat tans beleef word.

Om MGD en MAD 2013 se tema voort te sit, moet die volgende belangrike vraag

afgevra word: wie gaan dit op hulself neem om ‘n held vir die behoefdiges in ons gemeenskap te wees?

Dit is waar die Legacy centre intree met die missie om Jesus se hande en voete te wees vir dié wat in nood verkeer.

Hierdie konsep, begin deur ‘n verre weg droom, is vandag ‘n veilige hawe vir talle leerders uit die Kayamandi omgewing.

Die Legacy Hall is in 2002 reeds in samewerking met die Stellenbosch munisipaliteit gebou om deur die dag te dien as ‘n veilige plek vir leerders om huiswerk te doen en word saans vir gemeenskapsfunksies gebruik. Die Joseph Selela Hall is in 2006 aangebou en het grootliks bygedrae tot die akademiese ontwikkeling van leerders in die omgewing.

Die Legacy centre bied verskeie programme aan wat reeks van huiswerkhulp, werkswinkels op verskeie onderwerpe en die bou van ‘n groentetuin, om ‘n

standvastige bron van voedsel te verseker, insluit. Hulle werk elke dag aktief hul visie na om families en gemeenskappe te sien transformeer.

Minerva se gemenskaps-dienskomitee het hierdie jaar besluit om deel te word van hierdie ongelooflike projek. Die tema van die jaar is om diep te gaan, nie wyd nie. Daarom het hulle ‘n reeks projekte begin aanpak wat daarop fokus om ‘n persoonlike verhouding met elkeen van die kinders te bou. Hulle gaan op ’n rotasie-basis elke Dinsdag of Woensdag om hulself beskikbaar te stel aan die leerders vir huiswerkhulp. Dit sluit leerders van graad agt tot twaalf in en die werk wat die meeste behandel word, is Wiskunde.

‘n Hoogtepunt was toe hulle en ongeveer twintig van die leerders gaan bergklim het. Die kombinasie van die natuur en al die tyd om te gesels het elkeen teenwoordig gehelp om hegte bande te smee en in die proses te besef omstandighede mag verskil, maar ons almal is mense onder God se genade. In hierdie spasie het leerders en studente almal veilig gevoel om hul drome en vrese met die groep te deel.

Om vir ons nuwe vriende te wys dat hulle nie alleen is ten tye van krisis nie, het Minerva vir almal oliebolle geneem. Die idee van hierdie aksie was om vir elkeen teenwoordig erkenning te gee vir die innerlike sterkte wat dit vereis om alles te verloor en weer op te staan. Dit is iets waaruit elke Matie kan leer - om elke dag te leef met die wete dat alles wat jy besit vervangbaar is. Die dinge wat regtig belangrik is, is dié wat nie deur vuur geraak kan word nie.

eavinga legacy deur Unika Schonken

Page 17: Pallas Uitgawe 2 2013

‘n Plaaslike produksie maatskappy, Blindspot production, het onlangs ‘n informatiewe video oor die Legacy Centre gemaak. In ‘n onderhoud het hulle die volgende te kenne gegee.

Wat is die fokus van die video?Om mense bekend te stel aan die

aktiwiteite van die Legacy Centre. Wat is die doel van die video?Meestal om vir informatiewe

doeleindes gebruik word, maar ook om mense betrokke te kry (veral finansieel). Dit is ‘n goeie manier om mense in te lig oor wat die Legacy Centre is en hoe hulle betrokke kan raak indien hulle sou belangstel.

Wie is die teikengehoor van hierdie video?

Die onmiddelike omgewing van Stellenbosch en veral Stellenbosch gemeente omdat hulle so groot rol in die ontwikkeling van die Legacy Centre gespeel het. Dit is ook vir gemaak met die oog op die breër Stellenbosch gemeenskap en die algemene publiek.

Waar het julle die video geskiet?Hoofsaaklik in Kayamandi self en

veral by die Legacy Centre. Die video is ‘n goeie oorsig van alles

van die Legacy Centre verteenwoordig en beoog om meer mense bewus te maak van wat net buite ons daaglikse lewe in ons eie gemeenskap aan die gang is.

Die video verskyn op Youtube: http:/legacykayamandi.blogspot.com/p/about.thml?m=1www.facebook.com/legacykayamandi

vasgevang op video

Page 18: Pallas Uitgawe 2 2013

Na afloop van hierdie jaar se ‘Colour Fest’ Huisfondsdans op Saterdag 27 April, is ek gevra om oor hierdie hoogtepunt

op die Minerva-kalender verslag te lewer. ‘n Ontydige geval van writer’s block het my egter beetgehad en ek besluit toe maar om die oorsporng van die Indiese Holi-fees, waarop die dans se tema gebaseer is, na te vors. Na ‘n kort Google-soektog het ek net weereens besef hoe goed Liezl Potgieter en haar Huisfondsdanskomitee hulself van hul taak gekwyt het. Alhoewel daar natuurlik verskille is, het die oorspronklike Holi-fees en HFD’13 baie ingemeen.

Hierdie jaar se dans-tema het gemengde reaksies onder Minervianers ontlok. Sommiges was baie opgewonde vir verf gooi en laf wees. Ander was skepties en het gevoel die tema is beperkend en kon potensiëel tot ‘n groter gemors as die berugte “food-fight” van verlede jaar se dans lei. Tog het die kaartjies (weereens te vinnig) uitverkoop en op ‘n sonnige Saterdag laatmiddag is ‘n groep Minervianers en hul metgeselle oppad na Jan Marais Park, reg om hul wit uitrustings met verskillende kleure te versier.

Volgens die offisiële Holi-fees webtuiste is Holi ‘n fees wat in Maart, die begin van lente in Indië, gevier word. Die fees is gebasseer op verskillende spirituele tradisies en legendes, afhangend van die streek waarin dit gevier word, maar die gees wat met hierdie fees van kleur gepaard gaan, is universeel. Dit is ‘n tyd van absolute vreugde en samesyn met klem op die geluk en hoop wat ‘n nuwe seisoen bring. Hierdie gees is deur elke Minervianer ervaar nadat die eerste sakkies poeierverf oopgeskeur en in blou, oranje, geel, groen en pienk wolke die lug ingestuur is. Asof dit nie kleurvol genoeg was nie, het ‘n ongelooflike sonsondergang die lug helder oranje-rooi verkleur. Al was dit nou nie die begin van lente nie, was dit beslis die begin van ‘n onvergeetlike aand.

Holi-fees se webtuiste vertel verder dat mense vir weke voor die fees begin met voorbereidings. Hul dorpe word versier, bakke gulal en abeer (hul gekleurde poeier) word uitgestal en veral die kinders koop Pichcaris watergewere (want in sommige streke word gekleurde water, eerder as poeier gegooi). Met aankoms by Minerva se eetsaal, was dit duidelik dat die HFD-komitee ook deeglik voorberei het vir ons fees. Elke detail is aan aandag gegee, van die reuse reënboog by die ingang tot ons helder ‘verfemmertjie-glase’

Holi Huisfondsdans!Minerva vier fees in kleur en geur

Zelda Truter: “Beste pizza van my lewe!”

Juliana Kotzé: “Dit was amazing! Ek dink dit was die beste tema ooit en daar gaan nog baie koshuise dit naboots. Ek het dit gelove dat almal belaglik simpel kan lyk en niemand worry nie, want almal lyk so. Die verf kon dalk net op ‘n beter manier uitgedeel geword het, want van my vriende het niks verf gekry nie. Maar die res was belaglik goed! Ons het nou ‘n trendsetter geraak vir Huisfondsdans temas.”

Page 19: Pallas Uitgawe 2 2013

en gekleurde kolle met vetkryte op die tafels. Ballonne het uit die dak gehang, die saal het pragtig gelyk en almal net nog meer opgewonde gemaak om te begin met die partytjie. Tradisionele Holi-lekkernye is skynbaar ook ‘n hoogtepunt van die Indiese fees en word op die dag tussen vriende uitgedeel. Hier is HFD’13 weereens in perfekte korrelasie met Indiese tradisies, want die kos by die dans was baie gewild. Die jaarlikse Feedem/Fedics schnitzel en pampoenkoekie is verruil vir klein pizzas wat in aparte boksies vir elke persoon by die dans bedien is – ‘n baie oulike alternatief.

In Indië het Holi ook ‘n romantiese konnotasie. Legende vertel dat die Heer Krishna sy geliefde Radha met kleur geverf het, sodat sy van hom sal hou. Sedertdien is Holi-fees die tyd waarin geliefdes graag hul kleur verf oor mekaar strooi en ek is seker dat hierdie tradisie beslis by HFD’13 voortgeleef is, hetsy deur ou geliefdes of om die begin van nuwe, kleurvolle verhoudings te laat blom.

Alhoewel alkohol glad nie eintlik deel vorm van die feesvieringe by die tradisionele Holi-fees nie, is daar wel ‘n natuurlike dwelmmiddel, bhang, wat in drankies en eetgoed deur sommiges ingeneem word. Deel van die Holi-tradisie is dan vir die andersins nugter feesgangers om die draak te steek met bhang gebruikers. Ek is verlig om te rapporteer dat daar wel geen bhang by Minerva se kleur-fees teenwoordig was nie, maar ook dat alkohol en die misbruik daarvan glad nie ‘n prominente rol in die aand gespeel het nie. Die verf-gooi aan die begin van die aand het gesorg dat almal kinderlik-laf was, selfs nog voor die eerste slukkies punch of rooiwyn en dit spreek van die goeie gees van beide Holi-fees en HFD’13.

Uiteindelik sit ek Sondagoggend saam met Hanri op haar bed en drink ‘n glasie druiwesap. Een vir een kom my vriendinne die kamer in, ‘n bruin voorkop, blou oog en oranje wenkbroue spreek van ‘n legendariese aand agter die rug. Die Holi-fees webtuiste – en hiermee ook my artikel oor HFD’13 – sluit af met die volgende stelling: “Die gees van Holi moedig ‘n gevoel van broederskap (susterskap!!) aan, en selfs vyande verander op die dag in vriende. Mense van alle gemeenskappe en gelowe kan deel wees van die vreugde van hierdie kleurvolle fees…” HFD’13 – ‘n wonderlike bymekaarkoms en opbou van die Minerva-susterskap.

Bron: http://www.holifestival.org/holi-festival.html

Holi Huisfondsdans!Minerva vier fees in kleur en geur

Deur: Suné Vosloo

Nesta Malan: “Die feit dat pre-drinks vir almal saam was het sommer al vroeg ‘n lekker vibe geskep. Toe die verf eers gegooi word het die kind in ons almal wakker geskrik en begin dans en lag. Vir my part kon ons heel aand na pan flutes geluister het, ek sou dit nogsteeds gelove het!”

Jeannique Booysen: “Dit was baie rustiger as verlede jaar.”

Ninien Breytenbach: “Die tema het die dans baie gemak-lik en jolig gemaak. Die saal was baie cool opgemaak en die prys lekker cheap vir als wat ons gekry het! Die musiek was lekker en dit is baie goed gereël.”

Page 20: Pallas Uitgawe 2 2013
Page 21: Pallas Uitgawe 2 2013
Page 22: Pallas Uitgawe 2 2013

of the monthemployee

Na ‘n deeglike kruisverhoor is die Fedics-bestuur uiteindelik seker dat ons onderhoud met die gaafste tannie agter Minerva se kos-toonbank regtig bloot is om te gesels.

Haarnette is verskaf – as jy in ‘n kombuis is, dra jy ’n net. Tannie Florence lei ons egter na die eetsaal waar ons

gemaklik sit en luister na haar stories.deur Karin Hammond en Unika Schonken.

Dit kom na vore dat Tannie Florrie se hart al op ‘n vroeë ouderdom

deur Stellenbosch gesteel is. Haar ma is oorlede toe sy baie jonk was, daarom het sy die meerderheid van haar kinderjare onder haar tannie se voogdyskap deurgebring. Sy was in Rhyns Laerskool en bly nou in Andringa straat in die dorp. Haar twee kinders, ‘n dogter (34) en seun (30), en drie pragtige kleinkinders bly tans by haar.

Uit interessantheid probeer ons vis wat Florence se gunsteling Fedics ete is. Sy hou die meeste van die hoendergereg met rys onder, maar reken dat die hoenderburger met koeskoes die Minervianers se geliefkoosde opsie is.

Met goeie herinneringe en baie stories vertel sy hoe sy voorheen by Loulourai in die Ou Neelsie gewerk het en later verskuif is toe die Neelsie sy nuwe vorm aangeneem het. Sy onthou nog goed hoe die Ou Neelsie gewerk het en dink graag terug aan die ander werkers en jongmense wat sy daar ontmoet het. Sy het daarna by onder andere Eendrag, Lydia en Nerina agter die kospotte uitgehelp. Hier het

sy haar liefde vir deelwees van die koshuislewe ontdek.

Florence sê dat sy al die posisie as kok aangebied is, maar het dit van die hand gewys aangesien sy veel eerder ‘n invloed op die studente wou hê. Sy vertel hoe sy probeer om studente in hul studies te motiveer deur aan mismoedige eters ‘n paar aansporende woorde te gee.

Op die vraag oor wat sy sou wou word indien sy geen beperkings gehad het nie, is haar eenvoudige antwoord dat sy al menigde male daaroor gewonder het, maar nog nooit heeltemal kon besluit nie. Sy weet egter dat sy daarvan sou hou om mense met hul persoonlike finansies te help, aangesien sy self soveel ervaring in hierdie gebied het.

Sy onthou nog goed hoe sy in 1996 die besluit geneem het om haar eie huis te koop, ongeag die feit dat sy net 93c ‘n maand na die afbetaling sou uitkry.

Sy het doodeenvoudig vas-gebyt om die wa deur die drif te trek en dis vandag (met rede) haar grootste trots.

Florence se gunsteling musiek

is Gospel, en sy is ‘n lidmaat van die Rooms-Katolieke kerk. Sy geniet om saam met die jonger mense na aandkerke se tonele en “praise and worship” te gaan om te deel in die atmosfeer. Haar gunsteling sport is stoei. Sy en haar gesin kyk graag dit, asook “The Bold” and the beautiful, Generations, Ikhazi, “Days” of our Lives en die 7de Laan omnibus op ‘n luilekker Sondagmiddag. Sy lees ook graag die Kuier-tydskrif.

Wat is haar grootste vrees? Na talle kyke vol vraagtekens deel Florence haar grootste vrees: muise. Sy vertel van hoe daar altyd muise in haar tannie se huis ingekruip het en die vreesaanjaende geluide van hierdie indringers wat haar nagte lank wakker gehou het. Sy sê sy het altyd op haar bed gespring en daar gebly tot dit weer veilig was.

Na afloop van hierdie onderhoud het ons, met haarnette op ons koppe en al, besef wat ‘n merkwaardige vrou Florence werklik is. Sy moedig Minervianers aan om, wanneer sy kos inskep, breed te glimlag en haar te vertel van die dag, want sy is werklik hier vir elkeen van ons.

Page 23: Pallas Uitgawe 2 2013
Page 24: Pallas Uitgawe 2 2013

Dis wanneer die bome in Victoria Straat goudbruin verkleur en stuk-stuk die takke as blote geraamtes agterlaat, wat elke student in Stellenbosch ‘n drastiese kopskuif moet maak en hulle aande in die Bib moet afsluit met die closing time liedjie, eerder as ‘n “hang-aan-jou-vriende”-Piano Man in Tollies.

Met die sogenaamde “Bib-rush” is daar egter ‘n paar logistieke aspekte wat eers

in ag geneem moet word. Ons hier op die Pallas redaksie het besluit om julle die moeite te spaar en self ondersoek in te stel.

Presies wat ons ondersoek het, klink miskien nog bietjie vaag, maar kom ons skets vir julle die situasie: Dis oggend, miskien so bietjie mistig (net vir “ambience”… soos kerslig jy weet, net meer natuurlik) en jy moet by die Bib kom voor die window-seats op die onderste vloer, waar daar nog sein vir jou foon is, almal beset is. Wat doen jy? Watter vervoer middel kry jou die vinnigste by die Bib? En ook, gaan verseker dat jy nogsteeds regtig cool lyk in die proses. Met ander woorde, op ‘n skaal van Dora the Explorer tot Eminem, hoe “bad-ass” lyk jy?

Natuurlik moet daar kriteria aan die ondersoek verbonde wees. Die verskillende aspekte waarop ons die onderskeie vervoermiddels beoordel

het is: tyd wat dit neem om van die koshuis tot by die Bib te kom, hoe cool jy lyk gemeet soos bo genoem, hoe gemaklik die middel van vervoer is tydens jou gebruik daarvan op ‘n skaal van 1-10, die veiligheid van die vervoer middel op ‘n skaal van 1-10 en ook hoeveel tyd jy langs die pad mors deur bekendes raak te loop en met hulle te gesels, van die minste na die meeste.

Dan, laastens, die vervoer finaliste, die hoofrolle van die ondersoek. ‘n Fiets, Lize Maree se bruin Toyota bakkie (meer bekend as Tjokkie), Rinette Biesenbach se meer moderne Volkswagen Polo (naamloos op tyd van publisering) en die baie mainstream benadering tot kampus vervoer, stap (hierna sal daarna verwys word as voete-bikes.)

Hier volg die baie verbruikersvriendelike opsomming van resultate. Ekstra verduidelikings word gegee waar van toepassing, en sal gemerk wees met ‘n asterisks (dis nou die sterretjies wat 14-jariges agter aan facebook wallposts voeg.)

Page 25: Pallas Uitgawe 2 2013

Dis wanneer die bome in Victoria Straat goudbruin verkleur en stuk-stuk die takke as blote geraamtes agterlaat, wat elke student in Stellenbosch ‘n drastiese kopskuif moet maak en hulle aande in die Bib moet afsluit met die closing time liedjie, eerder as ‘n “hang-aan-jou-vriende”-Piano Man in Tollies.

Met die sogenaamde “Bib-rush” is daar egter ‘n paar logistieke aspekte wat eers in ag geneem moet word. Ons hier op die Pallas redaksie het besluit om julle die moeite te spaar en self ondersoek in te stel.

Presies wat ons ondersoek het klink miskien nog bietjie vaag, maar kom ons skets vir julle die situasie: Dis oggend, miskien so bietjie mistig (net vir “ambience”… soos kerslig jy weet, net meer natuurlik) en jy moet by die Bib kom voor die window-seats op die onderste vloer, waar daar nog sein vir jou foon is, almal beset is. Wat doen jy? Watter vervoer middel kry jou die vinnigste by die Bib? En ook, gaan verseker dat jy nogsteeds regtig cool lyk in die proses. Met ander woorde, op ‘n skaal van Dora the Explorer tot Eminem, hoe “bad-ass” lyk jy?

Natuurlik moet daar kriteria aan die ondersoek verbonde wees. Die verskillende aspekte waarop ons die onderskeie vervoermiddels beoordel het is: tyd wat dit neem om van die koshuis tot by die Bib te kom, hoe cool jy lyk gemeet soos bo genoem, hoe gemaklik die middel van vervoer is tydens jou gebruik daarvan op ‘n skaal van 1-10, die veiligheid van die vervoer middel op ‘n skaal van 1-10 en ook hoeveel tyd jy langs die pad mors deur bekendes raak te loop en met hulle te gesels, van die minste na die meeste.

Dan, laastens, die vervoer finaliste, die hoofrolle van die ondersoek. ‘n Fiets, Lize Maree se bruin Toyota bakkie (meer bekend as Tjokkie), Rinette Biesenbach se meer moderne Volkswagen Polo (naamloos op tyd van publisering) en die baie mainstream benadering tot kampus vervoer, stap (hierna sal daarna verwys word as voete-bikes.)

Hier volg die baie verbruikersvriendelike opsomming van resultate. Ekstra verduidelikings word gegee waar van toepassing, en sal gemerk wees met ‘n asterisks (dis nou die sterretjies wat 14-jariges agter aan facebook wallposts voeg.)

Tjokkie VW Polo Fiets Voete-bikes Tyd 2min 18s 2min 20s 3min 36s 8min 49s Coolgeid Eminem* Nicki Minaj** Dora the Explorer Hannah Montana Gemaklikheid 6 10 2 3 Veiligheid 5 8 4 6*** Tyd gemors 2de minste**** Minste 2de meeste Meeste

*ons het nog nie eers in die kar geklim nie, toe stop daar al iemand langs ons wat baie graag vir Tjokkie wou koop.

**die kar het ‘n “special feature”: as jy die kar in reverse sit, gaan die musiek outomaties af. Heel oulik en beter vir die konsentrasie van die bestuurder.

***slegs van toepassing as daar in groepe van 3 of meer gestap word.

****die kar ruk graag dood, en trek ook natuurlik baie aandag vanweë die unieke kleur.

*ons het nog nie eers in die kar geklim nie, toe stop daar al iemand langs ons wat baie graag vir Tjokkie wou koop. **die kar het ‘n “special feature”: as jy die kar in reverse sit, gaan die musiek outomaties af. Heel oulik en beter vir die konsentrasie van die bestuurder.***slegs van toepassing as daar in groepe van 3 of meer gestap word.****die kar ruk graag dood, en trek ook natuurlik baie aandag vanweë die unieke kleur.

Ons gevolgtrekking is dus gegrond op die resultate, en in ware Top Gear styl, is die uitkoms van die ondersoek grootliks afhanklik van persoonlike oortuiging en voorkeur. Die Jeremy Clarksons van die wêreld sal vir seker gaan vir die meer moderne Polo, of miskien is jy ‘n Richard Hammond aanhanger en raak jy dus ‘n voorstaander van die fiets. Vir die “Captain Slows” is daar die voete-bikes opsie (miskien is jy nog nie klaar geprocrastinate nie, en met stap mors mens lekker baie tyd) maar ons, naamlik die Jacaranda Koningin en die Gelukkige Lemoen, verkies die wind in ons hare en die street credit wat ons kry deur met ‘n ou studente staatmaker soos ‘n vervalle Toyota bakkie met roes op die handvatsels, tussen koshuis en Bib te pendel.

Deur Hanri Ferreira & Sulizma Schultz

Page 26: Pallas Uitgawe 2 2013

diversiteitsweek

So, waaroor gaan diversiteit nou eintlik? Is dit die feit dat ons almal verskillende rasse is (die bekende “Reënboognasie”) of verskillende omstandighede of verskillende wêreldbeelde het?

Ja, ek glo dit sluit meeste van hierdie dinge in, maar diversiteit vereis meer as om net hierdie variasie te sien, dit gaan daaroor om hierdie variasie te verstaan. Harper Lee het in haar boek, To Kill a Mockingbird, dit goed opgesom met die volgende gedeelte:

“You never really understand a person until you consider

things from his point of view... Until you climb inside of his skin and walk around in it.”

Ons moes almal vir ‘n week lank iemand anders se skoene aantrek en daarin loop. En was dit nou vir jou ‘n Diverse storie!

Dinsdagaand was daar ‘n leierskapskursus in die Thomsaal waar Anna-Marie Müller, ‘n verteenwoordiger van die FVZS insituut, met toekomstige leiers van

Minerva kom praat het. Sy het ons uitgedaag om meer oopkop te wees in terme van die konsep van leierskap. Ons moet besef dat leierskap meer is as net mense in outoriteitsposisies (bv.’ HK- of mentorlid). Leierskap beteken dat jy mense mobiliseer om uit hul omgewings te beweeg en ‘n “changemaker” te wees.

Woensdagaand was dit tyd vir Minerva se tweede Masterchef. Die tema was ‘kulture van die wêreld’ en daar was seksies wat alles van Suid-Afrika tot Mexico en Griekeland verteenwoordig het. Daar was 45 minute toegestaan aan kooktyd

deur Katrien Smuts

Page 27: Pallas Uitgawe 2 2013

en sommige spanne het gespartel om klaar te kry. Die beoordeelaars – Sucelle

Olivier, Cornell Steyn(SR voog), Kirsty Garson(VicMeyer klustersameroeper en Luan Le Roux(President van Helderberg) - moes elke gereg proe en ‘n punt uit 40 gee. Minerva het hul kooktalente behoorlik ten toon gestel: gekarameliseerde p a n n e k o e k e , nachos met hoender, tamatie-pasta en Griekse mezze is van die geregte wat op die verskeie s p y s k a a r t e verskyn het.

Na afloop van al die verigtinge en ‘n spannings-volle gewag, was dit tyd vir die aankondig-ing van die wen-ners...In die derde plek was seksie 10 en 2, tweede was seksie 7 en in die eerste plek...drumroll... seksie 5!

Die laaste aand van Diver-siteitsweek was dit tyd vir Triv-ia. Seksie 1 stap weg as die wenners na almal suf gedink was van al die algemene ken-nis vrae. Dit was waarlik pret gewees.

Die middagetes van Fed-ics was tydens hierdie week ook opgedra aan Diversiteits-week. Elke dag se standaar-dopsie was ‘n ander land se kenmerkende dis. Maandag

was dit China en biefroerbraai is bedien, Dinsdag was dit ‘n Meditareense dis en Woens-dag was Amerika aan die beurt met hoenderrepies en tjips. Donderdag was Suid-Afrikaanse quisine en Vrydag Portugees. Saam met die ete is ‘n slideshow met interes-sante feite oor die verskeie lande gespeel.

Tydens diversiteitsweek kon ons almal ‘n bietjie in iemand anders se vel rondloop. Ons is uitgedaag om te lei, dink en selfs te eet buite ons eie kul-tuur. Dus gaan Minerva se di-versiteitsweek daaroor dat ons net bietjie uit ons gemaksones

beweeg en bietjie bewus raak van dinge wat ron-dom ons gebeur. Al het jy nie aan een aktiwiteit deelgeneem nie, daag ek jou nog-steeds uit om jou in iemand anders se skoene te plaas sodat ons uiteindelik me-kaar beter kan verstaan en lief-hê...

Dankie, Mer-cí, Asante Sana, Thank you, спасибо, grazie aan almal wat bygedra het tot Diversitei-tsweek. Ons wêreld is verg-root en gevolglik ons liefde vir daardie wêreld.

“You never really understand a

person until you consider things from his point of view... Until you climb inside of

his skin and walk around in it.”

- Harper Lee

Page 28: Pallas Uitgawe 2 2013

What do you get when you get a bunch of cool people, add some food and drinks, some arts and crafts, a potjiekos competition…AND a live reggae band? Well, you get a Culture Fest! On the 1st of May, that’s exactly what Dagbreek and Minerva did: in partnership with the VicMeyr cluster, we hosted a, hopefully now annual, festival that celebrated all that is diverse.

A general misconception with regards to diversity, is that it creates a rift between people, that it separates people along race, culture, religion and other characteristics. Coxstone Jones, music producer from the Small Axe group said that reggae is the beat that brings people together. So isn’t it perfect to use reggae as a combining agent? We were proud to host The Rivertones, Cape Town based reggae band, at Dagbreek. Creating the perfect atmosphere with their cool, calm beats, bringing honour to Mr. Marley, The Wailers, UB40 and all other followers of the Rasta/reggae movement, The Rivertones set the mood for the festivities. Several entrepreneurial Minervianers made good use of the opportunity and sold their handmade merchandise: from jewellery, to clothing, to décor, customers could pick and choose from various bargains. Pizza and popcorn too, was at the order of the day. While all of this was going on, the men from Dagbreek were participating in a very gruelling potjiekos competition.

Let’s get this straight: there was a live reggae band, food, drinks, representatives from all resses from the cluster AND it was all for free…sounds like a pretty amazing event, right? So then what explains the fact that so few people showed up? A song by one of my favourite reggae bands, Mishka, goes something like

this: “I gave dat girl everything she asked for, and I gave it for free. So why did she go and walk on?” (Then follows an amazing bass solo) All I’m trying to say, is that I’m confused. You get a couple of guys together, give them a ball, call it rugby, and people show up by the 1000’s – so why not the same support for something cultural? Is it that people are too sceptical or scared to try something new? Or is it that people are just too lazy? Maybe I’m exaggerating or too sensitive, because maybe it truly is merely due to the fact that people are too busy, which, in itself, is a tragedy.

So let’s end this off nicely, by giving some advice: yes, we are all busy, yes, tests and projects and essays and their various deadlines weigh heavy on our shoulders, BUT dear fellow students (emphasis on STUDENTS i.e. young folk) never let life pass you by! Do at least ONE thing different, exciting, cultural, out of your comfort zone, relaxing once a week, to escape the mundaneness of everyday routine and responsibilities. You’ve heard how the older generation react when they talk to us: “Oh, how I long for my student years!” or “Stellenbosch, man, those were the days!”. Yes, we’ve heard the same tired mantra repeated time and time again, therefore, do not fall into the same trap – do not let youth be wasted on you, young ones.

Peter Tosh, member of the legendary Wailers, once said the following: “Soon the earth will soon tilt on its axis and begin to dance to the reggae beat accompanying an earthquake, and who can resist the dance of the earthquake, mon?” Don’t resist life! Feel the rhythm, feel the vibe, come on y’all, it’s cultural living time!

CULTURE VULTURESNadia Gava

Page 29: Pallas Uitgawe 2 2013

Nadia Gava

Page 30: Pallas Uitgawe 2 2013

Kaas & wyn

My gunsteling dag van die jaar. Dis hoe iemand die Kaasfees wat jaarliks by Sandringham gehou word, beskryf. Dis letterlik ’n fees van kaas (en wyn). Vir ’n hele dag lank, wel van 10 to 6, kan jy aan enige kaas en wyn wat uitgestal word, fees. En enigiets wat jou smaakkliere se belangsteling dan prikkel, kan jy teen ’n fraksie van normale handelspryse aanskaf. Vir feesbywoning is die belangrikste ding om jou hande betyds op ’n kaartjie te lê. ’n Gebeurtenis soos dié gebeur nie elke dag nie, en as dit slegs ’n klipgooi weg is van die hartjie van studentewêreld, kan jy weet dat vraag en aanbod nie noodwendig so mooi gaan balanseer nie.Teen die Woensdag voor die fees, was die 10 000 kaartjies beskikbaar, uitverkoop. Meteens het mens se Facebook-feed in ’n bedelbladsy verander, met almal wat ‘seblief tog net ’n kaartjie wil hê.Les 1: Koop jou kaartjie betyds! As jy net dink daaraan om te gaan, koop hom suster. As jou planne dalk verander, sal jy jou dan altyd na ’n aktiewe tweedehandse mark kan wend!En dan sommer in dieselfde asem:Les 2: Begroot. Behalwe as jy ’n borg van ’n soort het, is April nogal vieslik met jou geldsake. Dit was vakansie, dit is nodig om na elke toets bietjie uit te gaan en dan moet jy nog Paaseiers ook koop. Plus daar gebeur goed soos Huisfondsdans en wintersklere-shopping. En dan lekker op die einde van die maand tref Kaas en Wyn. (Slim begrotingstegniek is dus om al in die middel van die maand kaartjie te koop!)Hoe ookal, die kaartjie is beslis sy prys in goud(a) werd. En dan, het ek sowaar ’n mylpaal in my lewe tot die aanloop van die fees bereik: Ek, ’n plaasmeisie wat Khayelitsa en Kombi’s saam groepeer en dan sidder van vrees, het ’n taxi gereël. Hoe reël ’n

stommerik wat oortuig daarvan is dat sy ontvoer sal word as sy dit naby die rank sal waag, ’n taxi?Skoonmakers. As jong kind het ek al agter gekom, dat diegene wat jou vloere was en in jou tuin spit, baie meer is as net dit. Hulle weet van alles en almal. En het ook vreeslik baie familie en bure. My kontak gee toe vir my haar buurman se nommer. Hy het ’n taxi. Ek bel heeldag lank vir Herman. Hy antwoord nie. Ek bel na ses. Hy sal terugbel. Hy bel nie terug nie, eers twee uur die aand en toe antwoord ek beslis nie. Die volgende dag kom vertel sy vir my, ja, hy het sy taxi gewas en net na my oproep laat val hy toe sy foon in die emmer water.Ek laat vaar toe maar vir Herman en wend my na John, wat die skoonmaker in die Ingenieursfakulteit se broer is wat ses taxi’s op die pad het. John antwoord dadelik. Ja. Als reg. Kry julle 11h Saterdag. 11h Saterdag kom en gaan en ’n woedende vervoerkontrakteur (die uwe) bel vir John. Nee, die fanbelt het gebreek, maar wag net. Les 3: Jy vergeet nooit jou eerste taxi nie.Ons het wel gearriveer op Sandringham. En dit was heerlik. Tienduisend mense is baie, en uit tienduisend mense is die kans dat jy ’n bekende raakloop GROOT. Dit is heerlik. Alhoewel ek nou nie in die persoon wat ek die graagste daar wou raakloop gewaar het nie (Nataniel is my hero) maak al die bekende gesigte tog soortvan op. En lank lewe die melkkoei, wat vereer is met ’n standbeeld by die ingang. Soos om die rugbykaptein van jou skool raak te loop wat nou help kaasmaak. Soos om ‘n splinternuwe 2013-slukkie van jou oom se parstyd-moeite te proe. Die res van die dag kan kortliks beskryf word: eet en drink. En nie net kaas en wyn nie. Fynproewers kon weglê aan doopsouse, jogurt van bokmelk, toffies, brownies, vodka-skuim, biltong, balsemasyn (sewentien soorte geure), oesters, beskuitjies en en en en . . . . Te veel van ’n goeie ding is beslis uitstekend.

Mari van Deventer

Page 31: Pallas Uitgawe 2 2013
Page 32: Pallas Uitgawe 2 2013

domesticGODDESS:French ToastDoes 5 minute-French toast in a coffee cup sound too good to be true? Just one way to find out!by Celia Brink

MICROWAVE MEALS

Ingredients:• Butter/Margarine• 2 Slices of bread (any kind)• ½-1 Egg• 3 tbsp. Milk• A sprinkle of cinnamon• A drop of vanilla (optional)• Maple syrup

Directions:1. Cube your bread and butter the inside of a coffee cup –

either rub a piece of butter around or melt the butter in a microwave and swirl it around.

2. Place the cubes of bread inside the coffee cup.3. In a separate cup, mix the egg, milk, cinnamon and vanilla.4. Mix it all together with a fork and pour it into the cup with

the bread cubes.5. Press the contents down a little and give it a minute to

soak.6. Place the cup in the microwave for 1½ minute or until the

egg is not runny anymore.7. Top it off with maple syrup.

Bon Appetite!

Page 33: Pallas Uitgawe 2 2013

the

wheel again

“...Can you hear the water flow outside our

home? Can you feel the company? We’re not

alone, we’re not alone here...”

deur Celia Brink

Page 34: Pallas Uitgawe 2 2013

Dit is moeilik om te glo dat hierdie talentvolle manne wie se sielvolle optrede by Minerva almal in rep en roer gehad het, eers onlangs hul debuut in die musiekbedryf gemaak het na hulle genader is om die opening-act vir die Dans Dans Lisa-toer te wees.

Q: Hoe en wanneer het jul band ontstaan?

A: “Ons het as eerstejaars in Majuba gereeld by klein geleenthede opgetree en almal geïrriteer deur in die gange te sing. Ons het mekaar dus as musikante leer ken en goeie vriende geword. So het die droom van ’n loopbaan in musiek geleidelik gegroei en dit groei steeds.”

Q: Waar kom die band se naam vandaan?

A: “Die naam speel met die idee dat niks wat ons as kunstenaars doen heeltemal nuut sal wees nie. Daar is een Skepper en basies ‘herontwerp ons die wiel’ op ons manier.”

Q: Hoe sal julle jul musiek beskryf en hoekom het julle hierdie styl gekies?

A: “Ons musiek word hoofsaaklik gedryf deur ritmiese kitaar en stemme. As ons dit moet klassifiseer sal dit seker val onder “Indie/Folk”. Die lirieke is alles in Engels. Ons het al in Afrikaans geskryf, maar die Engelse songs het die beste gepas by die klank wat ons wou hê en ons het toe besluit om voluit in een rigting te beweeg, eerder as om vasgevang te wees tussen twee idees.”

Q: Wie is julle musikale rolmodelle en hoekom?

A: “Die musiek wat jy geniet en na luister het dikwels ʼn groter invloed op jou styl as wat jy besef. Dus is daar so baie kunstenaars wat as ʼn “invloed” op ons bestempel kan word. Die kunstenaars wat ons waarskynlik die meeste beïnvloed het is Ben Howard, Mumford and Sons en Angus and Julia Stone. Maar weereens, daar is heeltemal te veel om te kan opnoem.”

Q: Vertel ons van julle liedjieskryfproses?

A: “Omdat ons lirieke baie persoonlik is, skryf ons byna altyd op ons eie en bring dan ’n volledige song na oefeninge toe sodat die hele groep dit hul eie kan maak. Die feit dat ons almal basies in een huis bly help baie met die praktiese aspekte wat oefentye betref.”

Q: Waar het julle al opgetree?

A: “Soos ons nou hierdie vraag

Naam & Van: Otto BamRol in die band: Vocals, Kitaar en DrommeKursus: BA Taal en KultuurVerjaarsdag: 04/05/1993Tuisdorp: BloemfonteinIn vyf woorde: Die ou met geen snor

Naam & Van: Stephen MurdochRol in die band: Vocals en KitaarKursus: BA Taal en KultuurVerjaarsdag: 14/09/1993Tuisdorp: GariepdamIn vyf woorde: Die ou met die snor

Page 35: Pallas Uitgawe 2 2013

beantwoord is die band basies twee weke aan die gang. Ons het ons eerste en enigste vier optredes sover saam met Dans Dans Lisa by verskillende koshuise in Stellenbosch gedoen. Dit was ’n ongelooflike ervaring en leerproses om tyd te spandeer saam Bouwer en Deon wat baie ervaring in die bedryf het. Ons kon nie vir ’n beter begin gevra het nie.

Q: Wat het julle op die oomblik in die pyplyn?

A: “Ons het pas ons eerste opname gedoen wat binnekort verniet beskikbaar sal wees.

Ons is baie opgewonde oor wat ons kon uitrig en dankbaar vir hoe vinnig alles gebeur het. Ons beoog om binnekort weer in Stellenbosch en ook in die Kaapstad area op te tree – dit gaan afhang van hoe suksesvol die single gaan wees. Ons hoop nadat mense ons opname gehoor het hulle aangespoor sal wees om ons in lewende lywe te sien.”

Q: Waar sien julle jul band oor 5 jaar?

A: “In hierdie bedryf is dit moeilik om te voorspel wat sal gebeur. Ons vat dit vir nou maar dag vir dag en fokus daarop om nou ’n goeie produk uit te kry wat mense saam ons kan geniet. Natuurlik droom

ons groot en hoop om die land deur te toer, selfs die wêreld, maar vir nou is ons dankbaar vir elke geleentheid om ons musiek en harte met mense te deel.”

Q: Waar kan ons die band se doen en late dophou?

A: “Alles wat belangrik is word vir nou op Facebook en Twitter deurgegee.”

Q: Hoe het julle die atmosfeer by die Dans Dans Lisa-show by Minerva ervaar?

A: “Vir ons was die Minerva show ’n spesiale een omdat ons baie goeie vriendskappe met dames van Minerva het. Baie van ons Majuba vriende was ook daar en die feit dat dit ons eerste optrede was het die oomblik net soveel groter gemaak vir ons.”

Die Pallas wens The Wheel Again alle voorspoed toe. P.S. A word of advice aan alle lesers: “Watch this space!”

Dit is moeilik om ’n hoogtepunt uit ons optredes saam Dans Dans Lisa te kies. Die hele toer sal altyd vir ons ’n goeie herinnering wees.”

Naam & Van: Wesley van der WesthuizenRol in die band: KeysKursus: BScVerjaarsdag: 20/06/1993Tuisdorp: PretoriaIn vyf woorde: Die ou met geen baard

Naam & Van: Stephen MurdochRol in die band: Vocals en KitaarKursus: BA Taal en KultuurVerjaarsdag: 14/09/1993Tuisdorp: GariepdamIn vyf woorde: Die ou met die snor

Page 36: Pallas Uitgawe 2 2013

Mad2 Bal 2013 en Uitslae

Op Dinsdag, 9 April, was dit weer tyd vir die jaarlikse MAD2 bal waar die Huiskomitees van al die koshuise weer bietjie met mekaar kon opcatch en bymekaarkom om uiteindelik die MAD2 uitslae van 2013 te kon hoor. Ons almal het met groot opgewondenheid reggemaak die middag en vooraf ‘n glasie sjampanje in Helderberg se legendariese OMK gaan geniet, voor almal vertrek het na die Stadsaal waar die dans gehou was met ‘n “New York affair with Disney” tema. Hierdie was ‘n aand van lekker eet, saam kuier, celebrate en selfs ‘n bietjie “photobombing” (dankie Liezl). Ons almal het geweet Minerva het hulself oortref met baie van die jool geleenthede die jaar, maar selfs ons was nie voorbereid gewees op hoe goed die uitslae werklik sou wees nie. Minerva en Helderberg se name was talle kere genoem en het omtrent voorgekom in elke Top5, hierdie was natuurlike elkeen baie trotse oomblikke vir ons en die Helderberg ouens. Hieronder volg die wenners van al die kategorieë en ook Minerva en Helderberg se posisies in die kategorieë waarin ons onder die Top5 verskyn het(wat amper elke kategorie was):

Minerva & Helderberg uitslae:Groen- 5deMarch for Madness (gees)- 2deMarch for Madness- 2deRandbeker- 4deVeiligheid- 4deBondelsport smoeg- 2deVensters- 2deAlgehele gees- 2de

Rinette Biesenbach

Page 37: Pallas Uitgawe 2 2013

En dan DIE belangrikste een van almal…Minerva en Helderberg ontvang 3de algehele plek vir MAD2 2013! Wat ‘n trotse oomblik vir Minerva en Helderberg, en wat ‘n lekker manier om ‘n ongelooflike MAD2 af te sluit met ons gunsteling manskoshuis. Ongelooflik baie dankie aan elke huiskomitee-lid en elke Minervianer wat bygedra het tot die groot sukses van MAD2 hierdie

Page 38: Pallas Uitgawe 2 2013

Antwoord:

HUIS 1 2 3 4 5 KLEUR Geel Blou Rooi Groen Wit NAAM Philip Kobus Johan Pieter Danie MOTOR Toyota Volkswagen Mercedes Audi BMW

KOELDRANK Sprite Fanta Coke Cream Soda

Schwepps

TROETELDIER Kat Hamster Papegaai Goudvis Hond

BREIN PYN antwoord