Onse Kaptein aan die woord · Onse Kaptein aan die woord ... Deur die genade van die Hemelse Vader...

26
Onse Kaptein aan die woord ... Deur die genade van die Hemelse Vader gaan dit baie goed met die Olifante. Ons het ‘n baie lekker kamp gehad by Nkwe, dit was ‘n lekker kuier kamp Vrydag aand het die kampkomon- dante ons verras met lekker hoender kerrie en rys. Saterdag aand het die reën gesorg dat ons die pap moes laat oorstaan vir Son- dag, ons het lekker gaan uit eet. November se kers- kamp was net so ‘n groot sukses. Dit was so lekker tot Kers- vader het kom kuier en almal het ‘n per- sentjie gekry (Lyk my al die Olifante was soet die jaar en nie net die voorsitter nie). Baie dankie aan almal wat bygedra het om dit ‘n sukses te maak. Na die besonderse Kers boodskap moes ons die tafels wat gekreun het onder die gewig van die kos leeg kry. Soos gewoonlik het ons baie lekker geëet en gekuier die Sater- dag aand. Januarie ontspan ons by De- voetpad kloof wat altyd ‘n lekker kuier naweek is. Ek vra ook dat soveel as moontlik sal probeer om die Presidente by te woon. Dit word by Klipdraai (naby Meyer- ton) gehou en vir ons is dit baie nader as Potch. Dit is gedurende die Paas naweek. (Einde Maart tot begin April) Die Olifante is ook gevra om weer pap en kai- ings te maak. Graag wil ek en Helen van hierdie geleet- heid gebruik maak om vir almal ‘n baie ge- seënde feestyd en ‘n voorspoedige nuwe- jaar toe te wens. Die wat gelukkig is om op verlof te gaan, julle moet lekker rus en veilig ry. Ons het ‘n groot taak wat voorlê naamlik ons verjaars- dag, ons moet nog baie fondse insamel om dit ‘n spesiale ge- leentheid te kan maak. Daar is van die Oli- fante wat nie gesond is nie en wat ‘n opera- sie moet ondergaan en ondergaan het. Mag die Heer met jul almal wees, julle gesond maak en Sy hand oor ons almal hou. Olifant groete Jan de Wet Wysheid vir die weg … Christus se vrede - my erfporsie! Lees Johannes 14:25-31 “Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie onsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie” (Joh 14:27) Hierdie erflating is bestem vir Chris- tus se volgelinge deur die eeue heen. Die wêreld se vrede is maar ‘n flou weerkaatsing van dit wat God vir sy gelowige kinders toesê. Om hierdie nalatenskap te kan opeis, moet ons eers in die regte familieverhouding tot die erflating staan. Ons moet sy kinders word deur Hom in die geloof aan te neem as Vader. Ons moet sy heerskappy in ons lewe hartlik begeer en toelaat. Dan moet ons sy volmaak - te wil vir ons lewe soek, dit aanvaar, ons daarby aanpas en Hom gehoor- saam. (Vgl Luk.22:42). Die vrede van God is die hoogste vrede denk- baar; dit stel ons in staat om in vrede met God, met onsself en met ons medemens te leef. Christus se vrede het ook die hoogste onder- skeiding. Dis volkome en nie gedeeltelik nie. Dit oorspan ons totale lewe op al sy terreine. Die vrede van Christus is konstand en wissel nie met ons veranderde gemoedstemminge nie. Dis eg en nie die soort vrede wat ons soos ‘n lug- spieëling in die woestyn bedrieg nie. Daar is hoë eise wat gestel word voor- dat on deel kan hê aan die vrede wat Christus gee. Dit verbied bekom- mernis, want dit is die sabotasie waar- mee die duiwel ons vrede ondermyn. Dit verbied vrees, want vrees is die vyand van vrede. Dit alles vereis ‘n vaste geloof in Jesus Christus, die bron van hierdie erflating. Olifantsrivierstreek Volume 4 Nkwe Naweek 2-5 Seekoeigat (Kersnaweek) 6-15 Verjaarsdae, Huwelike 15-16 Belangrike Da- tums 17 Skoene van Gister 17 Oli-bol-tjol 20-21 Geestelik 22-23 Resepte 25-26 In hierdie uitgawe

Transcript of Onse Kaptein aan die woord · Onse Kaptein aan die woord ... Deur die genade van die Hemelse Vader...

Page 1: Onse Kaptein aan die woord · Onse Kaptein aan die woord ... Deur die genade van die Hemelse Vader gaan dit baie goed met die Olifante. Ons het ‘n baie lekker kamp gehad by Nkwe,

Onse Kaptein aan die woord ... Deur die genade van die Hemelse Vader gaan dit baie goed met die Olifante.

Ons het ‘n baie lekker kamp gehad by Nkwe, dit was ‘n lekker kuier kamp Vrydag aand het die kampkomon-dante ons verras met lekker hoender kerrie en rys. Saterdag aand het die reën gesorg dat ons die pap moes laat oorstaan vir Son-dag, ons het lekker gaan uit eet.

November se kers- kamp was net so ‘n groot sukses. Dit was so lekker tot Kers-vader het kom kuier en almal het ‘n per-sentjie gekry (Lyk my al die Olifante was soet die jaar en nie net die voorsitter nie). Baie dankie aan almal wat bygedra het om dit ‘n sukses te maak. Na die besonderse Kers

boodskap moes ons die tafels wat gekreun het onder die gewig van die kos leeg kry. Soos gewoonlik het ons baie lekker geëet en gekuier die Sater-dag aand. Januarie ontspan ons by De-voetpad kloof wat altyd ‘n lekker kuier naweek is. Ek vra ook dat soveel as moontlik sal probeer om die Presidente by te woon. Dit word by Klipdraai (naby Meyer-ton) gehou en vir ons is dit baie nader as Potch. Dit is gedurende die Paas naweek. (Einde Maart tot begin April) Die Olifante is ook gevra om weer pap en kai-ings te maak.

Graag wil ek en Helen van hierdie geleet- heid gebruik maak om vir almal ‘n baie ge-seënde feestyd en ‘n voorspoedige nuwe-

jaar toe te wens. Die wat gelukkig is om op verlof te gaan, julle moet lekker rus en veilig ry. Ons het ‘n groot taak wat voorlê naamlik ons verjaars-dag, ons moet nog baie fondse insamel om dit ‘n spesiale ge-leentheid te kan maak. Daar is van die Oli-fante wat nie gesond is nie en wat ‘n opera-sie moet ondergaan en ondergaan het. Mag die Heer met jul almal wees, julle gesond maak en Sy hand oor ons almal hou. Olifant groete Jan de Wet

Wysheid vir die weg … Christus se vrede - my erfporsie! Lees Johannes 14:25-31

“Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie onsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie” (Joh 14:27)

Hierdie erflating is bestem vir Chris-tus se volgelinge deur die eeue heen. Die wêreld se vrede is maar ‘n flou weerkaatsing van dit wat God vir sy gelowige kinders toesê. Om hierdie nalatenskap te kan opeis, moet ons eers in die regte familieverhouding tot die erflating staan. Ons moet sy

kinders word deur Hom in die geloof aan te neem as Vader. Ons moet sy heerskappy in ons lewe hartlik begeer en toelaat. Dan moet ons sy volmaak- te wil vir ons lewe soek, dit aanvaar, ons daarby aanpas en Hom gehoor-saam. (Vgl Luk.22:42). Die vrede van God is die hoogste vrede denk-baar; dit stel ons in staat om in vrede met God, met onsself en met ons medemens te leef. Christus se vrede het ook die hoogste onder-skeiding. Dis volkome en nie gedeeltelik nie. Dit oorspan ons

totale lewe op al sy terreine. Die vrede van Christus is konstand en wissel nie met ons veranderde gemoedstemminge nie. Dis eg en nie die soort vrede wat ons soos ‘n lug-spieëling in die woestyn bedrieg nie. Daar is hoë eise wat gestel word voor-dat on deel kan hê aan die vrede wat Christus gee. Dit verbied bekom-mernis, want dit is die sabotasie waar-mee die duiwel ons vrede ondermyn. Dit verbied vrees, want vrees is die vyand van vrede. Dit alles vereis ‘n vaste geloof in Jesus Christus, die bron van hierdie erflating.

Olifantsrivierstreek Volume 4

Nkwe Naweek 2-5

Seekoeigat (Kersnaweek)

6-15

Verjaarsdae, Huwelike

15-16

Belangrike Da- tums

17

Skoene van Gister

17

Oli-bol-tjol 20-21

Geestelik 22-23

Resepte 25-26

In hierdie uitgawe

Page 2: Onse Kaptein aan die woord · Onse Kaptein aan die woord ... Deur die genade van die Hemelse Vader gaan dit baie goed met die Olifante. Ons het ‘n baie lekker kamp gehad by Nkwe,

Die eerste kamp na die Kongres en was dit nie lekker nie ! Jan-neman en Tessa was ons een voor en het al vroeër begin kamp. Leonie en Nico het ook al van Donderdag af gekamp.

Daar was sewe waens vir die lekker kamp. Vrydagaand na boekevat ,het ons kerrie-hoender en rys gehad om te eet wat deur die kampkomman-dante voorgesit was. Almal het geëet en weer geëet!!!

Saterdag oggend na boekevat was die gesamentlike onbyt ‘n groot lekkerte, alweer geëet! Twee uur was dit Komman-

dante tee en koek, en was dit lekker!

So het ons weer gekuier en hier by agt uur sak daar ‘n by reën uit en ons laat besluit om “Die Dros “ te gaan opsoek want die WP het die Currie beker na jare weer gewen!! PJ en Elsa (besoekers) het saam gegaan en na die ete het ons gou by hulle gaan koffie drink. Het laat in die bed gekom .

Sondag oggend het ons na ‘n erediens geluister en na die di-ens het ons die trofees uit-gedeel. Die voorsitter was die trotse eieinaar van die nuwe

bollie” mascot”.

Met die vure wat moes regkom vir die braai ,het die kampkom-mandante vir ons arbeie en room/roomys gegee! Na die braai het ons maar treurig begin kamp afslaan en een vir een be-gin weg ry.

Lekker sleep, sien julle die Kersnaweek by Seekoeie gat!

Olifant Groete

Hennie Cilliers

Page 2

NKWE 26-27 Oktober 2012 Nuusbrief

Trompetter

Soos alle ander naweke was die een nie anders nie, dit was net EET,

EET en nogmaals EET!

Lieflike staanplekke en die groot eet en kuier begin!

Page 3: Onse Kaptein aan die woord · Onse Kaptein aan die woord ... Deur die genade van die Hemelse Vader gaan dit baie goed met die Olifante. Ons het ‘n baie lekker kamp gehad by Nkwe,

Volume 4 Page 3

En die groot eet begin …...

“Pedicure” was aan die orde van die dag!

Drie dassies in die son!

Page 4: Onse Kaptein aan die woord · Onse Kaptein aan die woord ... Deur die genade van die Hemelse Vader gaan dit baie goed met die Olifante. Ons het ‘n baie lekker kamp gehad by Nkwe,

Page 4 Trompetter

L

E

K

K

E

R

K

U I E R

!

Wat is die fout Jan?

Toesighouding is soms ‘n goeie ding!

Page 5: Onse Kaptein aan die woord · Onse Kaptein aan die woord ... Deur die genade van die Hemelse Vader gaan dit baie goed met die Olifante. Ons het ‘n baie lekker kamp gehad by Nkwe,

Volume 4 Page 5

Olifant - Hennie & Judith

Trompettertjie - Enrico

Sportsman - Johnny

Bolliemaker - Jan

Kampkommandante

van links

Johan, Annemarie, Judith, Hennie en

Onse Kaptein

Page 6: Onse Kaptein aan die woord · Onse Kaptein aan die woord ... Deur die genade van die Hemelse Vader gaan dit baie goed met die Olifante. Ons het ‘n baie lekker kamp gehad by Nkwe,

Page 6 Trompetter

NESSKROP

Page 7: Onse Kaptein aan die woord · Onse Kaptein aan die woord ... Deur die genade van die Hemelse Vader gaan dit baie goed met die Olifante. Ons het ‘n baie lekker kamp gehad by Nkwe,

Volume 4 Page 13

Naweek Oorsig - Olifantsrivier Kersboom Kamp by Seekoeigat Kyk hoe mooi groen is dit langs die rivier, waar kry ‘n mens nog so ‘n rustige plek?.

Nege waens het Vrydag by die rustige plek bymekaar gekom om die Olifante se laaste kamp van 2012 met ‘n kersboom te kan afsluit. Bestuur het vir ons lekker worsbroodjies gemaak wat almal geniet het, veral met daardie ekstra lang broodjies en wors. Die aand is afgesluit met sagte reën.

Saterdag oggend het Johan, Annemarie, Tannie Charlotte, Mina, Danie en ..........by ons aangesluit vir die kersboom. Almal het die rustigheid van Seekoeiegat, deur die ligte reen wat so nou en dan geval het, geniet. Dit het darem die dag se temperatuur leefbaar gehou. Die Cilliers familie het die lapa opgetooi met helder liggies en kersboom vir die middag se kersboom verrigtinge. Elkeen het ‘n gedeelte uit die Bybel gelees wat betrekking het oor die geboorte van ons Verlosser, Jesus. Daar is ook lekker Kers- liedere saam gesing en geskenke is deur kersvader uitgedeel aan elke een. Ja, toe ge-beur dit weer, net soos die Olifante dit kan doen, kos en lekkernye is uitgepak op die toonbank en almal het weereens baie lekker ge eet en gekuier.

Johan het skielik begin sleg voel en is na Johnny se woonwa geneem, om daar te gaan lê. Hy het nog nie sy tent opgeslaan nie en is toe deur Johnny en Esme gehuisves vir die aand. Na ‘n ondersoek is gevind dat Annemarie vir Johan ‘n “Voltaren” ingegee het vir sy nek wat in spierspasma was. Johan het Sondag oggend weer heeltemal goed gevoel, al-hoewel sy nek nog seer was. Annemarie het weer vir Johan ‘n “Voltaren” gegee en voor die oggend se kerk diens het Johan weer begin sleg voel en agter in sy bakkie gaan le.

Die Olifante is baie geseënd, Pastoor van der Vlies van Volle Evangelie Kerk, Witbank het ook die naweek die rustigheid kom opsoek en is toe ingespan om vir ons die diens te hou. Ek dink almal van ons het die boodskap van Pastoor van der Vlies diep ter harte geneem en is weer met nuwe moed en krag gevul.

Trofees en bedankings is uitgedeel deur die voorsitter, nadat daar gekoukus en ‘n ooreenkoms bereik is wie watter trofee moet kry. Die Olifant bollie trofee, wat nie-mand graag wil he nie, is toe vir Judith gegee, almal weet hoekom. Tiaan het die sports trofee gekry vir sy aanhoudende poging om die vissies in die rivier te terg.

Weereens het ons die naweek afgesluit met ‘n lekker ete, warm vleis en koue slaaie. So is elkeen weer op hulle eietyd terug huis toe.

Annemarie het later uitgevind dat sy nie gekyk het of dit “Voltaren” is wat sy vir Johan gegee het nie, dit was toe nooit “Voltaren” nie, maar slaap pille. Waarskuwing!! Wees baie versigtig as julle enige pille drink, veral as Annemarie dit vir jou gee.

Geseënde Kersfees en voorspoedige nuwe jaar word u toege-wens tot die volgende kamp.

Manie

Page 8: Onse Kaptein aan die woord · Onse Kaptein aan die woord ... Deur die genade van die Hemelse Vader gaan dit baie goed met die Olifante. Ons het ‘n baie lekker kamp gehad by Nkwe,

Page 14 Trompetter

Ilze-Marie nms Aneke - Trompettertjie

T

Eenoog monster - nee! Bolliemaker - Judith

Wie se bors is grootste? Ons Sportsman Tiaan

Naweek wenners

Page 9: Onse Kaptein aan die woord · Onse Kaptein aan die woord ... Deur die genade van die Hemelse Vader gaan dit baie goed met die Olifante. Ons het ‘n baie lekker kamp gehad by Nkwe,

Volume 4 Page 15

Olifant - Hennie & Judith K

am

pko

man

da

nte

— V

an

Lin

ks

Leo

ni

& N

ico,

Hen

nie

& J

ud

ith

, Pie

rre

& S

usa

n,

Hel

en &

Ja

n, B

obby

& A

nel

yn

n

Streek en algemene kamptoekennings

Nico en Leoni - Streek 100 - Algemeen 100

Jan & Helen - Streek 40 - Algemeen 75

Johnny - Streek - Streek 20

Hennie & Judith - Streek 10

Page 10: Onse Kaptein aan die woord · Onse Kaptein aan die woord ... Deur die genade van die Hemelse Vader gaan dit baie goed met die Olifante. Ons het ‘n baie lekker kamp gehad by Nkwe,

Page 16 Trompetter

Annemarie Bronkhorst 4 September

Hennie Cilliers 6 September

Esther Grobler 18 September

Antonie Venter 27 September

Carl Fischer 29 September

Helen de Wet 2 Oktober

Frik van der Merwe 22 Oktober

Charlotte Venter 1 November

Jan de Wet 2 November

Elize van der Merwe 22 November

Tessa de Bruin 1 Desember

Page 11: Onse Kaptein aan die woord · Onse Kaptein aan die woord ... Deur die genade van die Hemelse Vader gaan dit baie goed met die Olifante. Ons het ‘n baie lekker kamp gehad by Nkwe,

Volume 4 Page 17

Huweliksherdenkings

Chris & Susan Liebenberg 4 September

Manie & Elize van der Merwe 8 Oktober

Jan & Tessa de Bruin 14 Oktober

Jan en Helen de Wet 23 Oktober

Frik en Driekie van der Merwe 23 Oktober

Johan en Annemarie Bronkhorst 14 November

Nico en Leoni 2 Desember

Vossie en Hannetjie Vosloo 13 Desember

Page 12: Onse Kaptein aan die woord · Onse Kaptein aan die woord ... Deur die genade van die Hemelse Vader gaan dit baie goed met die Olifante. Ons het ‘n baie lekker kamp gehad by Nkwe,

Page 18 Trompetter

Belangrike Datums Kampe 2013

Page 13: Onse Kaptein aan die woord · Onse Kaptein aan die woord ... Deur die genade van die Hemelse Vader gaan dit baie goed met die Olifante. Ons het ‘n baie lekker kamp gehad by Nkwe,

Volume 4 Page 19

SKOENE VAN GISTER Al is jou spore vergete, al is jou sole verslete,al is die pad lank en swaar die skoene moet jy dra jou verlede klou verbete aan die veters van jou gewete. Maak jouself los van jou GISTERS dis verby. LEEF vir van-dag want dis al wat jy het Hoe dikwels klou ek en jy nie nog aan die veters van gister vas nie, oor dit wat ons moes of nie moes doen nie. As die lewe of mense jou al onderste... bo gestamp het sal jy weet hoe moeilik dit is om jou ou skoene van gister uit te trek en met nu-wes verder te stap. Die skoene van GISTER is mos lekker sag en ge-maklik en uitgetrap terwyl die NUWES jou druk en knyp. Vader help my om los te kom van al my gisters, sodat ek my môres kan leef.

Suid-Afrika in Jesus se hande….

‘n Pa wou graag die koerant in vrede lees, maar is kort kort deur sy klein dogtertjie gepla. Sy wou weet hoe SA lyk. Uit moedeloosheid skeur hy ‘n kaart van SA uit een van sy nuwe tydskrifte. Hy skeur die kaart in klein stukkies, gee dit vir haar. Gaan na jou kamer en kyk of jy dit weer aanmekaar kan sit. As jy dit reg aanmekaar sit, sal dit jou wys hoe SA lyk.

Na ‘n paar minute is sy terug met die kaart wat sy 100% reg aanmekaar geplak het. Haar pa was baie verbaas! Hoe het jy dit so vinnig reggekry? “O” sê sy: “Aan die agterkant van die kaart was ‘n foto van Jesus, toe ek vir Jesus weer mooi aanmekaar gesit het was SA weer soos dit was voor-dat Pappa dit geskeur het.”

Hou aan glo en bid en vertrou soos ‘n kind en al lyk dit hoe onmoont-lik self SA kan weer aanmekaar gesit word met Jesus aan die stuur!

Page 14: Onse Kaptein aan die woord · Onse Kaptein aan die woord ... Deur die genade van die Hemelse Vader gaan dit baie goed met die Olifante. Ons het ‘n baie lekker kamp gehad by Nkwe,

Page 20 Trompetter

Twee Netbalspanne Twee netbalspanne, die een vol blondines, die ander een net bruinkoppe—huur ‘n dub-beldekkerbus vir ‘n toernooi in ‘n ander stad. Die blondines reis op die bodek, die bruin-koppe onder.

Die bruinkoppe het ‘n fees van ‘n tyd op die onderdek, toe een besluit sy wil gaan loer hoe dit met die blondines op die bodek gaan.

Toe sy daarkom, sien sy hulle sit met verstarde oë besig om die sitplekke voor hulle met wit kneukles vas te gryp.

“Wat gaan hier aan? “vra sy. “Ons is besig om ons gate uit te geniet op die onderste dek!”

“Ja” antwoord een van die blondines. “Maar onthou, julle het ‘n busbestuurder!”

Wie se idée was dit om “Frosty” saam te nooi vir ‘n warm bad?

Hey, dink jy wat ek dink?

Oli-bol-tjol

Page 15: Onse Kaptein aan die woord · Onse Kaptein aan die woord ... Deur die genade van die Hemelse Vader gaan dit baie goed met die Olifante. Ons het ‘n baie lekker kamp gehad by Nkwe,

Volume 4 Page 21

Hi julle ouens, ek dink dit is tyd om terug te keer na die werklikheid! Kersfees

is verby!

GEBED VAN ‘N BOER

‘n Boer raak vreeslik kwaad vir een van sy werkers. Hy sê vir sy vrou hy is sommer lus en klap hom onder-stebo.

Sy vrou sê hy moet hom nie so ver-erg vir die werker nie, hy moet eerder oor die saak bid.

Die aand loop sy vrou verby hulle kamer, en hoor hoe die boer bid: “…….Vader, en in verband met Jo-hannes, gaan U hom kom haal, of moet ek hom vir U stuur?

Het jou gesê sigare is nie goed vir jou nie!!

Om kwaad te word bring jou niks in die sak nie. Rig net meer skade aan!

Page 16: Onse Kaptein aan die woord · Onse Kaptein aan die woord ... Deur die genade van die Hemelse Vader gaan dit baie goed met die Olifante. Ons het ‘n baie lekker kamp gehad by Nkwe,

Page 22 Trompetter

'n Gebed is nie soos 'n "spaarwiel" wat 'n mens slegs gebruik wanneer Jy in die Moeilikheid is nie; dit is jou "stuurwiel" wat jou deur jou lewe in Die rigting op die Regte pad stuur. Het jy al gedink hoekom het 'n voertuig so groot WINDSKERM en slegs 'n Klein truspieël? Omdat jou VERLEDE nie so belangrik is as jou TOEKOMS nie. So Kyk vorentoe en beweeg aan. Vriendskap is soos 'n BOEK. Dit neem 'n paar sekondes om 'n boek te Verbrand, Maar dit neem jare om dit te skryf. Alle dinge in die lewe is TYDELIK. Wanneer dit goed gaan, geniet dit. Dit gaan nie vir ewig aanhou nie. Wanneer dit sleg gaan, moenie Bekommer nie want dit sal ook nie vir ewig aanhou nie. Ou vriende is soos GOUD! Nuwe vriende is diamante! Wanneer jy 'n diamant kry,moenie die goud vergeet nie! Diamante het altyd goud nodig om te set. Soms wanneer 'n mens hoop verloor dink jy dit is die einde, GOD glimlag Dan daar Bo en sê, "Kalmeer, my geliefde, Dis slegs 'n draai in die pad en nie die einde van die pad nie!" Wanneer GOD jou probleme oplos, het jy geloof in sy bekwame vermoë; Wanneer GOD nie jou probleme oplos nie het HY vertroue in jou bekwaam-heid. 'n Blinde vra op 'n dag vir Paulus "Is daar iets erger as om jou sig te verloor?" Paulus Antwoord "Ja, om jou visie in die lewe te verloor." Wanneer jy vir ander bid, luister GOD na jou en seën hulle! Soms wanneer jy veilig en gelukkig is, onthou dat iemand Anders vir jou gebid het. Bekommernisse neem nie die moeilikhede van môre weg nie; Dit neem die vrede van vandag weg.

Page 17: Onse Kaptein aan die woord · Onse Kaptein aan die woord ... Deur die genade van die Hemelse Vader gaan dit baie goed met die Olifante. Ons het ‘n baie lekker kamp gehad by Nkwe,

Volume 4 Page 23

Lees (Mattues 6:33) Nee, beywer julle allereers vir die koningkryk van God en vir die wil van God , dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee. Liewe Vader

Ek het vandag opgestaan met die sinkende gevoel dat dit net nog 'n dag is in my lewe ... Hoe gaan ek vandag deur hierdie lang dag kom, my gemoed is beswaard ek het U nodig?

Hoe gaan ek al my paaiemente betaal kry, hoe gaan ek my familie versorg met kos en klere ?

Gaan ons veilig wees deur die dag sonder moorde en skelms, gaan ek my werk kan behou vandag?

Gaan ek en my gesin gesond wees en vry van siektes en peste, gaan geen slegte tydings ons tref nie?

Liewe Vader ek het opgestaan met soveel emosies en stres, ek het met swaarheid besef dis dieselfde ding elke dag!.

Liewe Vader ek besef vandag ek het myself met ander mense vergelyk, en dit was my

grootste fout. Ek het so geredeneer ek drink mos baie minder as my drinke-broers, ek kan maar nog biet-

jie saam drink. Ek eet tog minder as die ander mense met ‘n braai en ‘n funksies, ek kan maar nog bietjie

opskep en eet. Ek het gedink ek vloek nie so baie en so gruwelik lelik soos die ander mense nie, ek is nog

beter gemanierd. Ek het geredeneer dat ek nie gaan rond slaap en geld mors soos my maats nie en dat ek bi-

etjie stout kan wees. Ek behandel my vrou en kinders beter as ander mense, ek dink ek is nog op die regte pad,

ek sal ok wees in die lewe. Ek lieg en steel tog nie soos die mense waarmee ek meng nie, ek doen dit nie so gereeld

soos hulle dit doen nie ek is ok. Liewe Vader ek het in trane uitgebars vandag want ek het vergeet waar my versorging van-

daan kom, van U af my God. Vader ek het my met ander mense vergelyk en hulle lewens, en ek het elke keer beter uit-

gestaan, behalwe vir een ding? Ek het myself nie met hulle geestelike verhouding met U vergelyk nie, ek sou gesien het

waarom ek nie soos hulle moet wees nie. Hulle het nie met U ‘n goeie verhouding nie, en hulle respekteer U nie, en ek het toegelaat

dat ek ook na hulle standaarde afdaal. U is altyd daar om uitkomste te gee aan my probleme, en my te help met my bekom-

mernisse en om my lei deur my lewe. Liewe Vader ek vra U nou om vergifnis dat ek getwyfel het vroeg vanoggend toe ek my

dag begin het, U versorg ons altyd. Liewe Vader ek vra U nou vergifnis dat ek soos ‘n skaap agter ander aangeloop het en my

met hulle vergelyk het, en nie besef het hulle ken U nie. Liewe Vader dankie dat U altyd tyd het vir my en dat U vir my sondes aan die kruis gesterf

het AS EK, en begrawe is AS EK, opgestaan het AS EK, en sit in Hemelse plekke AS EK, saam in Jesus Christus.

Amen.

Page 18: Onse Kaptein aan die woord · Onse Kaptein aan die woord ... Deur die genade van die Hemelse Vader gaan dit baie goed met die Olifante. Ons het ‘n baie lekker kamp gehad by Nkwe,

Page 24 Trompetter

Ons Streek Olifantsrivier - Bestuur vir 2013 SEKRETARIS

Hannetjie Vosloo Posbus 3165 Middelburg 1050

Tel: 083 462 3180

ONDER-VOORSITTER

Hennie Cilliers Posbus 13294 Leraatsfontein 1038

Tel: 082 570 7681

VOORSITTER

Jan de Wet Posbus 12355 Leraatsfontein 1038

Tel: 082 822 2428

SKAKELBEAMPTE

Leonie de Jager Posbus Middelburg 1050

Tel: 083 297 7753

PENNINGMEESTER

Vossie Vosloo Posbus 3165 Middelburg 1050

Tel: 083 462 3225

REDAKTEUR

Judith Cilliers Posbus 13294 Leraatsfontein 1038

Tel: 083 610 2939

VOOG - Charlotte Venter - 079 969 3953

C Fisher - 082 393 2922 M de Waal - 013 697 2138

JJ de Jonge - 013 245 3449 MP van Niekerk

VOOG - Hennie & Judith—082 570 7681

J de Wet - 082 822 2428 M van der Merwe—082 923 4245

J Botha - 013 647 6914 J Bronkhorst - 013 692 3884

F van der Merwe - 082 464 0345 H Grobler - 013 697 4444

VOOG - Leonie & Nico - 013 245 3514

JH van der Walt - 017 634 6612 HJ van Tonder - 013 234 5293

JL Kruger - 083 250 5938 C Mans - 082 963 6008

JH Stoforth - 013 247 2616

VOOG - Bobby & Anelynn Korff

T Venter - 082 8914807 FWJ Lombard - 013 684 4054

GJ Steyn - 013 579 1193

VOOG - Vossie & Hannatjie - 083 462 3225

DCP Badenhorst - 013 246 7760 T Booysen - 013 245 1749

CJ Liebenberg - 013 282 6819 G Wolmarans - 083 282 1415

VOOG - Pierre & Susan - 083 654 7265

JD de Buin - 013 692 7557 K Prinsloo - 013 697 1643 PJ Minnie - 013 296 1109 W Cloete - 082 900 5086

VOOG - Jan & Helen - 013 697 2428

S Wilsenach - 083 654 7265 V Vosloo - 013 243 3372 C Venter - 013 650 0367 L de Jager - 013 245 3514 H Cilliers - 082 570 7681 B Korff - 079 035 9346

VOORRAADBEAMPTE

Susan Wilsenach Posbus Leraatsfontein 1038

Tel: 083 654 7265

SENIOR BURGERS

Charlotte Venter Posbus Leraatsfontein 1038

Tel 079 969 3953

Voogdelys Streek Olifantsrivier - 2013

Page 19: Onse Kaptein aan die woord · Onse Kaptein aan die woord ... Deur die genade van die Hemelse Vader gaan dit baie goed met die Olifante. Ons het ‘n baie lekker kamp gehad by Nkwe,

Energiewekker Smoothie

Bedien 3

10ml Turbo Vite (energieversterker) 200g Spanspek 3 Kiwi-vurgte 200g Pynappel 80ml Pynappelsap 160g Fyngemaakte ys Meng al die bestandele, behalwe die ys, in ‘n vermenger tot glad. Gooi oor die fyngemaakte ys en roer. Bedien koud.

Begin die dag reg smoothie

Bedien 2

130g Aarbeie 130g Papaja 1 Groot Piesang 80ml Muesli 200ml Gewone Lae-vet Jogurt 150ml Granaatsap

Meng al die bestandele in ‘n vermenger tot glad Bedien Koud.

Koel en verfris smoothie

Bedien 4

100g Rooi druiwe, Pit loos 300g Waatlemoen 200ml Gewone Jogurt 120ml Vanielje Yogurt 50ml Appelsap 150g Fyngemaakte ys

Meng al die bestandele in vermenger tot glad en bedien koud.

HEERLIKE SMOOTHIE’S

Page 20: Onse Kaptein aan die woord · Onse Kaptein aan die woord ... Deur die genade van die Hemelse Vader gaan dit baie goed met die Olifante. Ons het ‘n baie lekker kamp gehad by Nkwe,

24 Wit knopie sampioene

24 repies spek (Sny lank genoeg om on die sampioen te draai)

24 geweekte tandestokkies

Goeie “bargeque” sous

Metode:

Draai elke sampioen in spek toe en steek vas met tandestokkie.

Doop in “barbeque” sous vir paar minute en sit op vuur. Braai totdat spek bros gebraai is.

Bedien warm.

2 Blikkies Kondensmelk

Gemaalde Kaneel

Half bottle bodka

Metode:

Maak kondensmelk oop. Gooi die inhoud in die Vodka bottel “and shake it up to the beat of your favourite song”. Plaas in yskas totdat dit dik en stroperig is.

Gooi in “Shooter” glasies, sprinkle kaneel oor en geniet ‘n heerlike “Melktert!”

Sampioene in Spek

Suid-Afrikaanse-Woonwa-Assosiasie EREKODE

Hiermee verbind ek myself en my gesin tot die Grondwet, asook die Reëls en die Gedragskode van die S.A.W.A.

Verder verbind ek myself tot die volgende:

1. Ek sal strewe om die Christelike grondslag van SAWA te bewaar en uit te lewe;

2. Ek sal SAWA dien sovêr ek kan en alles in my vermoë doen om ons Assosiasie uit te brei;

3. Ek sal ons geliefde land se natuurskoon en sy fauna en flora beskerm en bewaar;

4. Ek sal poog om alle openbare geriewe en fasiliteite tot my beskikking so te benut dat ander gaste dit sonder ongerief kan gebruik;

5. Ek sal poog om in alles opsigte hoflik te wees, beleefd op te tree en be-dagsaam te handel teenoor alle padgebruikers;

6. Ek sal daarop let om nie deur my gedrag die eer van SAWA te skend nie, maar sal poog om die agting van almal met wie ek in aan-

raking kom af te dwing.

SAWA is die leier in woonwa-kampering

MISSIE

�� Vir Afrikaans-georiënteerde kampeerders ‘n tuiste te bied waar hulle binne ‘n Christelike konteks hul beginsels en kultuur kan uitleef;

�� Vir kampeerders die geleentheid te bied om saam met geesgenote so bekostigbaar as moontlik te kampeer;

�� Die belange van SAWA-lede te bevorder deur onderhandeling en samewerking met ander instansies;

�� Die balans tussen die belange van die mens en die natuur te handhaaf;

�� In alles die hand van die Skepper te sien en Hom daarvoor te huldig.

WAARDES

* Christenskap * Lojaliteit * Verantwoordelikheid * Integriteit * Eerlikheid

* Diensbaarheid * Verdraagsaamheid * Respek

Melktert “Shooter”

Page 21: Onse Kaptein aan die woord · Onse Kaptein aan die woord ... Deur die genade van die Hemelse Vader gaan dit baie goed met die Olifante. Ons het ‘n baie lekker kamp gehad by Nkwe,

Volume 4 Page 7

GESAMENTLIKE ONTBYT

Page 22: Onse Kaptein aan die woord · Onse Kaptein aan die woord ... Deur die genade van die Hemelse Vader gaan dit baie goed met die Olifante. Ons het ‘n baie lekker kamp gehad by Nkwe,

Page 8 Trompetter

Page 23: Onse Kaptein aan die woord · Onse Kaptein aan die woord ... Deur die genade van die Hemelse Vader gaan dit baie goed met die Olifante. Ons het ‘n baie lekker kamp gehad by Nkwe,

Volume 4 Page 9

Page 24: Onse Kaptein aan die woord · Onse Kaptein aan die woord ... Deur die genade van die Hemelse Vader gaan dit baie goed met die Olifante. Ons het ‘n baie lekker kamp gehad by Nkwe,

Page 10 Trompetter

Pret saam met...

Page 25: Onse Kaptein aan die woord · Onse Kaptein aan die woord ... Deur die genade van die Hemelse Vader gaan dit baie goed met die Olifante. Ons het ‘n baie lekker kamp gehad by Nkwe,

Volume 4 Page 11

…. Kersvader ...

Page 26: Onse Kaptein aan die woord · Onse Kaptein aan die woord ... Deur die genade van die Hemelse Vader gaan dit baie goed met die Olifante. Ons het ‘n baie lekker kamp gehad by Nkwe,

Page 12 Trompetter

... nog meer pret ...