NW Graad 8 Hersieningsvraestelle Boekie Junie 2020

37
Copyright reserved Please turn over GRAAD 8 NATUURWETENSKAPPE HERSIENINGSBOEKIE (2020) VRAESTEL A – Bladsy 1 VRAESTEL B – Bladsy 9 VRAESTEL C – Bladsy 17 MEMORANDUM A – Bladsy 26 MEMORANDUM B – Bladsy 29 MEMORANDUM C – Bladsy 33 INHOUD LEWE EN LEWENDE DINGE (Kwartaal 1) MATERIE EN MATERIALE (Kwartaal 2)

Transcript of NW Graad 8 Hersieningsvraestelle Boekie Junie 2020

Page 1: NW Graad 8 Hersieningsvraestelle Boekie Junie 2020

Copyright reserved Please turn over

GRAAD 8

NATUURWETENSKAPPE

HERSIENINGSBOEKIE (2020)

VRAESTEL A – Bladsy 1 VRAESTEL B – Bladsy 9

VRAESTEL C – Bladsy 17

MEMORANDUM A – Bladsy 26 MEMORANDUM B – Bladsy 29 MEMORANDUM C – Bladsy 33

INHOUD

LEWE EN LEWENDE DINGE (Kwartaal 1)

MATERIE EN MATERIALE (Kwartaal 2)

Page 2: NW Graad 8 Hersieningsvraestelle Boekie Junie 2020

Natuurwetenskappe Graad 8 1 Hersieningsboekie Kwartaal 1 en 2

HERSIENINGSVRAESTEL A

AFDELING A

VRAAG 1

1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde gegee vir die volgende vrae. Kies

die antwoord en skryf slegs die letter (A - D) langs die vraagnommer (1.1.1 –

1.1.10) neer.

1.1.1 Tydens die toets vir stysel, word ‘n groen blaar in kokende alkohol geplaas om ….

A die selwande te breek.

B om die chlorofil te onttrek.

C om die stysel te verwyder.

D metaboliese prosesse te stop. (1)

1.1.2 Watter een van die volgende is van die grootste na die kleinste gerangskik?

A Populasie, gemeenskap, ekostelsel, biosfeer.

B Ekostelsel, biosfeer, gemeenskap, populasie.

C Biosfeer, ekostelsel, gemeenskap, populasie.

D Biosfeer, ekostelsel, populasie, gemeenskap. (1)

Vrae 1.1.3 en 1.1.4 is gebaseer op die diagram van die voedselketting hieronder.

Bestudeer dit en beantwoord die vrae.

gras sprinkaan padda slang

1.1.3 Wat dui die pyltjies in die voedselketting hierbo aan?

A Trofiese vlakke.

B Wie verbruik/eet wie.

C Vloei van energie.

D ‘n Eenvoudige voedselketting. (1)

1.1.4 Watter organisme is die outotroof in die voedselketting hierbo?

A Slang

B Sprinkaan

C Padda

D Gras (1)

Page 3: NW Graad 8 Hersieningsvraestelle Boekie Junie 2020

Natuurwetenskappe Graad 8 2 Hersieningsboekie Kwartaal 1 en 2

1.1.5 Watter een van die volgende veroorsaak malaria in die mens?

A Protista.

B Fungi.

C Bakterieë.

D Virusse. (1)

1.1.6 Wat word die horisontale rye op die Periodieke Tabel genoem?

A Groepe

B Kolomme

C Families

D Periodes (1)

1.1.7 Indien ‘n atoom 12 protone in die kern het, dan moet dit ook ... hê om

neutraal te wees.

A 12 protone om die kern

B 12 neutrone in die kern

C 12 elektrone om die kern

D 12 elektrone in die kern (1)

1.1.8 Watter van die volgende is ‘n eienskap van ‘n vastestof?

A Dit is vloeibaar.

B Die deeltjies gly oor mekaar.

C Dit ondergaan ‘n faseverandering.

D Dit het ‘n vaste vorm. (1)

1.1.9 Smelting is die verandering in toestand van ‘n …

A vloeistof na ‘n vastestof.

B vloeistof na ‘n gas.

C vastestof na ‘n gas.

D vastestof na ‘n vloeistof. (1)

1.1.10 Water is verskillend van ander stowwe, want dit is …

A meer dig in sy vastestofvorm as in sy vloeistofvorm.

B minder dig in sy vastestofvorm as in sy vloeistofvorm.

C meer dig in sy vastestofvorm as in sy gasvorm.

D minder dig in sy vastestofvorm as in sy gasvorm. (1)

[10]

Page 4: NW Graad 8 Hersieningsvraestelle Boekie Junie 2020

Natuurwetenskappe Graad 8 3 Hersieningsboekie Kwartaal 1 en 2

1.2 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende stellings. Skryf slegs die

woord/term langs die vraagnommer neer.

1.2.1 ‘n Sub-atomiese deeltjie met ‘n positiewe lading. (1)

1.2.2 Die spontane verspreiding van deeltjies vanaf ‘n omgewing met hoë

konsentrasie na ‘n omgewing met lae konsentrasie. (1)

1.2.3 Die hoeveelheid massa per volume eenheid. (1)

1.2.4 ‘n Stof wat nie deur chemiese metodes in eenvoudiger stowwe afgebreek kan word nie. (1)

1.2.5 Materie wat vloeibaar is en nie ‘n spesifieke vorm het nie. (1) [5]

AFDELING A: [15] AFDELING B

VRAAG 2

2.1 Die diagram hieronder illustreer die apparaat wat tydens ‘n eksperiment gebruik word.

2.1.1 Identifiseer die eksperiment wat deur die diagramme geïllustreer word. (1)

2.1.2 Skryf ‘n hipotese vir die eksperiment neer. (2)

2.1.3 Identifiseer die onafhanklike veranderlike. (1)

Page 5: NW Graad 8 Hersieningsvraestelle Boekie Junie 2020

Natuurwetenskappe Graad 8 4 Hersieningsboekie Kwartaal 1 en 2

2.1.4 Identifiseer die afhanklike veranderlike. (1)

2.1.5 Verduidelik wat die resultaat van die jodium aandui. (2) [7] VRAAG 3

3.1 Die volgende voedselweb toon die voedingsverwantskappe tussen organismes in ‘n Savanna-ekosisteem. Beantwoord die vrae wat volg.

3.1.1 Verduidelik in jou eie woorde wat ‘n ekosisteem is. (2)

3.1.2 Waarom is dit belangrik dat ‘n dier aanpas by sy omgewing? (1)

3.1.3 Hoe is die luiperd aangepas by sy omgewing? (2)

3.1.4 In ‘n gebalanseerde ekosisteem is daar meer rooibokke as luiperds. Verduidelik hoekom dit so is. (2)

3.1.5 As gevolg van veldbrande word ‘n groot hoeveelheid struike, bome en

grasland, wat deel uitmaak van die bogenoemde ekosisteem, vernietig.

Verduidelik hoe hierdie vernietiging die ekosisteem sal beïnvloed. (2)

Page 6: NW Graad 8 Hersieningsvraestelle Boekie Junie 2020

Natuurwetenskappe Graad 8 5 Hersieningsboekie Kwartaal 1 en 2

3.2 Die bygaande diagram stel ‘n ekologiese piramiede in ‘n sekere voedselketting in

die natuur voor.

3.2.1 Watter LETTER verteenwoordig die produsente? Wat is die hoofrol van die

produsente in die voedselketting? (2)

3.2.2 Hoekom is daar gewoonlik net ‘n paar organismes aan die bopunt van ‘n

ekologiese piramiede? (2)

3.2.3 Watter tipe verbruiker word deur die letter C voorgestel? (1)

3.2.4 Watter TWEE letters stel karnivore voor? (2)

3.2.5 Watter tipe organisme word nie in die diagram aangedui nie? (1) [17]

AFDELING C

VRAAG 4

4.1 Maak gebruik van die Periodieke Tabel van elemente wat voorsien word en skryf

die NAAM van die element wat:

4.1.1 ‘n nie-metaal in Groep 1 is. (1)

4.1.2 deur die simbool Na verteenwoordig word. (1)

4.1.3 ses protone in die kern van die atoom het. (1)

4.1.4 ‘n edelgas in periode 2 is. (1)

4.1.5 in Groep 2, Periode 3 is. (1)

A

B

C

D

Page 7: NW Graad 8 Hersieningsvraestelle Boekie Junie 2020

Natuurwetenskappe Graad 8 6 Hersieningsboekie Kwartaal 1 en 2

4.2 Marius het seewater naby die strand versamel. Die seewater was souterig en

was vol fyn sand. Hy het die sand van die seewater geskei deur gebruik te maak

van die apparaat soos hieronder aangedui.

4.2.1 Benoem die apparaat wat M gemerk is. (1)

4.2.2 Benoem die metode wat gebruik word om die sand van die seewater te skei. (1)

4.2.3 Stof L was teruggehou deur die filtreerpapier. Gee die naam van die stof. (1)

4.2.4 Stof N het deur die filtreerpapier gevloei. Noem een bestanddeel van stof N. (1)

[9]

VRAAG 5

5.1 Die deeltjiemodel van materie kan gebruik word om verskillende stowwe voor te stel .

A B C

Seewater

Apparaat wat gebruik is om die sand van die seewater te skei

M

L

N

Page 8: NW Graad 8 Hersieningsvraestelle Boekie Junie 2020

Natuurwetenskappe Graad 8 7 Hersieningsboekie Kwartaal 1 en 2

5.1.1 Watter diagram, A, B of C stel ‘n diatomiese molekuul voor? Verskaf ‘n

rede vir jou antwoord. (2)

5.1.2 Vergelyk die drie fases van materie ten opsigte van die kragte tussen die

deeltjies. (3)

5.1.3 Hoeveel tipes molekules word in diagram C aangetref? (1)

5.1.4 Watter diagram verteenwoordig deeltjies met die hoogste gemiddelde kinetiese energie? Verduidelik jou antwoord in terme van die deeltjiemodel van materie. (2)

5.1.5 Waarom vind diffusie nie in B plaas nie? (2)

5.2 ‘n Leerder stel die apparaat op soos hieronder aangedui om die volume van ‘n staalbal te meet. Bestudeer die diagramme en beantwoord die vrae wat volg.

5.2.1 Gee die naam van die apparaat hierbo wat gebruik word om die volume

van die staalbal te meet. (1) 5.2.2 Wanneer die staalbal versigtig in apparaat A geplaas word, styg die water tot ‘n nuwe volume soos aangedui in B. Skryf die nuwe lesing van die water in apparaat B neer. (1) 5.2.3 Bereken die volume van die staalbal vanaf die inligting hierbo. Toon alle

berekeninge. (2) 5.2.4 Verduidelik hoekom die staalbal tot op die bodem sink. (1)

[15]

Lesing

Page 9: NW Graad 8 Hersieningsvraestelle Boekie Junie 2020

Natuurwetenskappe Graad 8 8 Hersieningsboekie Kwartaal 1 en 2

VRAAG 6

‘n Chemiese reaksie word deur die volgende diagram voorgestel:

6.1 Skryf die naam van die produk(te) vir die reaksie neer. (1) 6.2 Beskryf op watter wyse die atome in hierdie reaksie dieselfde is voor en

na die reaksie plaasgevind het. (2) 6.3 Beskryf op watter manier die atome in hierdie reaksie voor en na die die reaksie plaasgevind het, verskil. (2) 6.4 In watter fase kom die produk voor? Gee ‘n rede vir jou antwoord wat

sigbaar in die diagram is. (2) [7]

AFDELING B EN C: 55

GROOTTOTAAL: 70

Page 10: NW Graad 8 Hersieningsvraestelle Boekie Junie 2020

Natuurwetenskappe Graad 8 9 Hersieningsboekie Kwartaal 1 en 2

HERSIENINGSVRAESTEL B

AFDELING A

VRAAG 1

1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae verskaf.

Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (1.1.1

– 1.1.10) neer.

1.1.1 Die belangrikste bron van lig en hitte op Aarde is ...

A olie.

B elektrisiteit.

C die Son.

D vulkane. (1)

1.1.2 Die produkte van fotosintese is ...

A glukose en suurstof.

B koolstofdioksied en water.

C glukose en koolstofdioksied.

D koolstofdioksied en suurstof. (1)

1.1.3 Ekologie is ...

A ‘n kombinasie van alle ekosisteme.

B die studie van die interaksies van organismes met mekaar en met die

fisiese en chemiese omgewing

C ‘n gemeenskap van diere, plante en mense.

D ‘n groep mense wat saam in een plek woon en wat ‘n spesifieke

eienskap in gemeen het. (1)

1.1.4 Die volgende is ‘n voorbeeld van ‘n biotiese komponent van ‘n ekosisteem.

A ‘n Skoon sementdam wat slegs water bevat.

B Die wind.

C Hitte.

D ‘n Grasland. (1)

1.1.5 Die volgende is NIE ‘n voorbeeld van ‘n mikro-organisme nie.

A Virus.

B Sampioen.

C Bakterie.

D Protista. (1)

Page 11: NW Graad 8 Hersieningsvraestelle Boekie Junie 2020

Natuurwetenskappe Graad 8 10 Hersieningsboekie Kwartaal 1 en 2

1.1.6 Atome bestaan uit ...

A elemente en verbindings.

B neutrone, elektrone en verbindings.

C protone, elektrone en neutrone.

D elemente, verbindings, neutrone, elektrone en protone. (1)

1.1.7 Die volgende deeltjies kom in die kern van ‘n atoom voor.

A Neutrone en elektrone.

B Neutrone, elemente en elektrone.

C Protone en neutrone.

D Protone, elektrone en neutrone. (1)

1.1.8 Die smeltpunt van element X is 25°C. Die kookpunt van dieselfde element

is 70°C. By 30°C is die element ’n ...

A vastestof.

B vloeistof.

C gas.

D damp. (1)

1.1.9 In watter een van die volgende stowwe sal die afstande tussen die deeltjies

binne-in die stof die grootste wees? Al die stowwe wat getoon word, het dieselfde volume.

(1)

Page 12: NW Graad 8 Hersieningsvraestelle Boekie Junie 2020

Natuurwetenskappe Graad 8 11 Hersieningsboekie Kwartaal 1 en 2

1.1.10 Die reaktante in ‘n chemiese reaksie is ...

A al die stowwe wat in die vastestoffase voorkom.

B die nuwe stowwe wat gevorm word.

C al die stowwe wat betrokke is.

D al die stowwe wat met mekaar reageer. (1)

[10]

1.2 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende stellings. Skryf die woord/term

langs die vraagnommer neer.

1.2.1 Die proses waartydens energie uit voedsel vrygestel word deur ‘n reeks chemiese reaksies. (1)

1.2.2 Die term wat gebruik word vir die verskillende stadiums in die voedselketting. (1)

1.2.3 Lewende voorwerpe wat te klein is om met die blote oog te sien en slegs onder ‘n mikroskoop waargeneem kan word. (1)

1.2.4 Positief gelaaide deeltjies in die kern van die atoom. (1)

1.2.5 Die naam van die wetenskaplike teorie wat verduidelik dat alle materie (vastestowwe, vloeistowwe en gasse) uit deeltjies bestaan. (1)

[5] TOTAAL AFDELING A: 15

Page 13: NW Graad 8 Hersieningsvraestelle Boekie Junie 2020

Natuurwetenskappe Graad 8 12 Hersieningsboekie Kwartaal 1 en 2

AFDELING B

VRAAG 2 Die volgende diagram illustreer twee lewensonderhoudende prosesse. Beantwoord die vrae wat volg.

2.1. Beskryf die proses van fotosintese. (2)

2.2 Skryf neer die woordvergelyking vir respirasie neer. (2) 2.3 Watter proses sal in die volgende organismes plaasvind? Skryf SLEGS

FOTOSINTESE of RESPIRASIE of BEIDE. 2.3.1 Diere (1)

2.3.2 Plante (1)

2.4 Verduidelik die verwantskap tussen glukose en stysel. (1) [7]

Fotosintese

Respirasie

Page 14: NW Graad 8 Hersieningsvraestelle Boekie Junie 2020

Natuurwetenskappe Graad 8 13 Hersieningsboekie Kwartaal 1 en 2

VRAAG 3 3.1 Verduidelik die verskil tussen vervaardigers en verbruikers in ‘n voedselweb.(2) 3.2 Bestudeer die diagram van ‘n voedselweb.

Gee ‘n voorbeeld vir elk van die volgende vanuit die voedselweb: 3.2.1 ’n Produsent. (1) 3.2.2 ’n Tersiêre verbruiker. (1) 3.2.3 ’n Insektivoor. (1) 3.2.4 ’n Roofdier. (1) 3.3 Verduidelik die impak op die voedselweb as die valk uit die voedselweb

verwyder word. (3)

Page 15: NW Graad 8 Hersieningsvraestelle Boekie Junie 2020

Natuurwetenskappe Graad 8 14 Hersieningsboekie Kwartaal 1 en 2

3.4 Hieronder word drie tipes aanpassings gelys.

Gebruik die lys en identifiseer die tipe aanpassing in elk van die volgende gevalle: 3.4.1 Die kakebeen van ‘n haas is aangepas vir ‘n herbivoor-diëet. (1)

3.4.2 Muise se pelse groei vinnig as hulle na kouer dele verhuis. (1)

3.4.3 Valke het krom snawels wat ontwerp is om vleis af te skeur. (1)

3.4.4 Sampioene vergroot die oppervlak van die spoorplaatjies onder hulle hoede om meer spore te produseer. (1) 3.5 Verduidelik hoekom dit belangrik is dat organismes kan aanpas. (2)

[15] VRAAG 4

Gee ‘n VOORBEELD vir elk van die volgende:

4.1 ’n Virus wat VIGS veroorsaak. (1)

4.2 Voedsel wat met behulp van mikro-organismes vervaardig word. (1)

4.3 Medisyne wat met behulp van mikro-organismes vervaardig word. (1)

4.4 Die naam van ’n wetenskaplike wat ‘n metode ontwikkel het waarvolgens bakterieë verwyder word deur vloeistowwe te kook en af te koel. (1)

[4] AFDELING C

VRAAG 5

5.1 Verskillende soorte stowwe word in die diagramme hieronder voorgestel. Beantwoord die vrae wat volg:

Skryf die LETTER neer van die diagram wat die volgende voorstel:

5.1.1 ‘n Element wat uit enkel atome bestaan. (1)

5.1.2 ‘n Element wat uit diatomiese molekule bestaan. (1)

5.1.3 ‘n Verbinding. (1)

5.1.4 ‘n Mengsel van elemente. (1)

Struktureel

Funksioneel

Gedrag

Page 16: NW Graad 8 Hersieningsvraestelle Boekie Junie 2020

Natuurwetenskappe Graad 8 15 Hersieningsboekie Kwartaal 1 en 2

5.2 Beskou die drie fases van materie wat in die onderstaande diagram geïllustreer

word.

Beskryf volledig die rangskikking en gedrag van die deeltjies in ‘n gas. (4) 5.3 Wanneer jy by ‘n bakkery verbyloop, ruik jy die vars brood wat besig is om te bak. Dit is moontlik as gevolg van die diffusie van gasse. 5.3.1 Verduidelik wat diffusie is. (2) 5.3.2 Hoe vergelyk diffusie wat in vloeistowwe plaasvind met diffusie in

gasse? (1) 5.3.3 Verduidelik waarom diffusie NIE in vaste stowwe plaasvind nie. (2)

[13] VRAAG 6

6.1 Wanneer sand en ys by ‘n glas water gevoeg word, sink die sand tot op die bodem van die glas en die ys dryf op die water soos in die skets getoon.

6.1.1 Skryf ‘n definisie vir digtheid neer. (2)

6.1.2 Skryf die drie stowwe (water, sand en ys) neer in orde van TOENEMENDE digtheid. (3)

Ys

Water

Sand

Vloeistof Vaste stof

Page 17: NW Graad 8 Hersieningsvraestelle Boekie Junie 2020

Natuurwetenskappe Graad 8 16 Hersieningsboekie Kwartaal 1 en 2

6.2 Beskou die prentjie van ‘n skip wat op die see vaar.

6.2.1 Watter een van water en yster het die grootste digtheid? (1)

6.2.2 Verduidelik, deur na digtheid te verwys, hoekom ‘n skip op water kan dryf. (2)

6.3 Bestudeer die volgende diagram. ‘n Leë verfblik met ‘n deksel op, is vol lug.

Wanneer nog meer lug in die verfblik ingepomp word, skiet die deksel op ‘n stadium af.

Verduidelik waarom die deksel afskiet wanneer meer lug in die blik ingepomp word. (3) [11]

VRAAG 7

7.1 Atome van suurstof, waterstof en koolstof word deur die volgende simbole voorgestel.

Gebruik die simbole hierbo om die volgende te teken:

7.1.1 Een watermolekuul (2) 7.1.2 Koolstof + suurstofgas koolstofdioksied (3) [5]

TOTAAL AFDELING C: [29] GROOTTOTAAL: [70]

Suurstof Waterstof Koolstof

Page 18: NW Graad 8 Hersieningsvraestelle Boekie Junie 2020

Natuurwetenskappe Graad 8 17 Hersieningsboekie Kwartaal 1 en 2

HERSIENINGSVRAESTEL C

AFDELING A

VRAAG 1 1.1 Vier opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae voorsien. Elke vraag het slegs EEN korrekte antwoord. Kies 'n antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (1.1 – 1.10) neer. 1.1.1 Wat is die vyf vlakke waarin die omgewing georganiseer word, van die

eenvoudigste tot die mees komplekse?

A Biosfeer, Ekosisteem, Gemeenskap, Bevolking, Organisme

B Ekosisteem, Bevolking, Organisme, Gemeenskap, Biosfeer

C Biosfeer, Gemeenskap, Bevolking, Organisme, Ekosisteem

D Organisme, Bevolking, Gemeenskap, Ekosisteem, Biosfeer (1)

1.1.2 Die rede waarom 'n groen blaar in alkohol gekook word gedurende die toets

vir stysel is om die ...

A selwande af te breek. B chlorofil te onttrek.

C stysel te verwyder. D metaboliese prosesse in die blaar te stop. (1)

1.1.3 'n Sekere plant het vog, suurstof, koolstofdioksied, lig en minerale nodig

om te oorleef. Hierdie stelling toon dat lewende organismes afhanklik is van ...

A biotiese komponente. B abiotiese komponente.

C simbiotiese verhoudings.

D karnivoor-herbivoor verhoudings. (1)

1.1.4 Die volgende is NIE 'n voorbeeld van 'n mikroörganisme nie.

A Virus. B Sampioen. C Bakterie. D Protist. (1)

1.1.5 Watter een van die volgende stellings is VALS? A Malaria word deur bakterieë veroorsaak. B Mikroörganismes kan nie met die blote oog gesien word nie. C 'n Voorbeeld van 'n water-oordraagbare siekte is cholera.

D Hande was en sterilisasie kan die verspreiding van siektes voorkom. (1)

Page 19: NW Graad 8 Hersieningsvraestelle Boekie Junie 2020

Natuurwetenskappe Graad 8 18 Hersieningsboekie Kwartaal 1 en 2

1.1.6 Jade wil toets of die gas wat gedurende 'n eksperiment gevorm word

koolstofdioksiedgas is. Watter een van die volgende reaktante kan Jade gebruik om vir die teenwoordigheid van koolstofdioksiedgas te toets?

A Koperhidroksied. B Melkerige wit kalkwater. C Helder kalkwater. D Jodiumoplossing. (1) 1.1.7 Watter een van die volgende simbole verteenwoordig waterstof?

A Hg B He C Hy D H (1) 1.1.8 Protone en neutrone is verantwoordelik vir die ... van 'n atoom. A massa B volume C digtheid D grootte (1) 1.1.9 Watter een van die volgende is NIE 'n voorbeeld van 'n verbinding nie? A H2O B O2 C CuCl2 D CO2 (1) 1.1.10 Seewater is 'n voorbeeld van 'n ... A atoom. B verbinding. C mengsel. D element. (1) [10] VRAAG 2

2.1 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die korrekte woord/term langs die vraagnommer (2.1.1 – 2.1.5) in jou ANTWOORDBOEK neer.

2.1.1 Wanneer al die individue van 'n spesie uitsterf. (1) 2.1.2 'n Tipe voedselsuiker, geproduseer deur plante gedurende fotosintese. (1) 2.1.3 Liggaamsbedekking wat dit moeilik maak om 'n dier raak te sien. (1) 2.1.4 'n Lewendige dier wat gejag word. (1) 2.1.5 Die teenwoordigheid van 'n stof wat kan bydra tot 'n versteuring in 'n ekosisteem. (1)

[5]

Page 20: NW Graad 8 Hersieningsvraestelle Boekie Junie 2020

Natuurwetenskappe Graad 8 19 Hersieningsboekie Kwartaal 1 en 2

VRAAG 3 3.1 Kies die beskrywing in KOLOM B wat die beste pas by die item in KOLOM A.

Skryf slegs die letter (A - I) langs die korrekte vraagnommer (3.1.1 – 3.1.5) in jou ANTWOORDBOEK neer, bv. 3.1.6 J.

KOLOM A KOLOM B

3.1.1. Proton A. Verbinding

3.1.2. Atoom B. Negatief gelaaide sub-atomiese deeltjie

3.1.3. Elektron C. Positief gelaaide sub-atomiese deeltjie

3.1.4. Molekule D. Sub-atomiese deeltjie met geen lading

3.1.5. Digtheid E. Twee of meer atome wat chemies gebind is

F. Kleinste bousteen van materie

G. Element

H Massa per eenheid-volume

I Gemeet in gram per cm2

[5] TOTAAL AFDELING A: 20

Page 21: NW Graad 8 Hersieningsvraestelle Boekie Junie 2020

Natuurwetenskappe Graad 8 20 Hersieningsboekie Kwartaal 1 en 2

AFDELING B VRAAG 4 Die grafiek hieronder toon die aantal Tuberkulose (TB) pasiënte met 'n bekende MIV-status in Suid-Afrika vir die periode 2004 tot 2006. Die siektes genoem, word deur mikroörganismes veroorsaak. Bestudeer die grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

4.1 Wat was die TOTALE aantal pasiënte met Tuberkulose (TB) in die

jaar 2006? (1) 4.2 Hoeveel TB-pasiënte was in 2006 as MIV-positief gediagnoseer? (1) 4.3 Is die voorkoms van TB-pasiënte wat positief met MIV gediagnoseer is,

besig om toe te neem of af te neem? Verduidelik jou antwoord deur die data in die grafiek vir die jare 2004, 2005 en 2006 te vergelyk. (2)

4.4 VIGS en TB word deur skadelike mikroörganismes veroorsaak. Identifiseer

die tipe mikroörganisme wat die volgende veroorsaak: 4.4.1 VIGS (1) 4.4.2 TB (1)

4.5 Sommige mikroörganismes word as bruikbaar vir die mens geklassifiseer.

Noem TWEE maniere waarop hulle tot ons voordeel gebruik word. (2) 4.6 Noem TWEE maniere waarop die verspreiding van VIGS beperk of

voorkom kan word. (2) [10]

Aantal TB-pasiënte met positiewe MIV-status

Aantal TB-pasiënte met negatiewe MIV-status

Kalender-jaar

Aa

nta

l p

asi

ën

te i

n D

UIS

EN

DE

Page 22: NW Graad 8 Hersieningsvraestelle Boekie Junie 2020

Natuurwetenskappe Graad 8 21 Hersieningsboekie Kwartaal 1 en 2

VRAAG 5

Die diagram hieronder toon belangrike sellulêre prosesse wat in groen plante

plaasvind. Voltooi die tabel deur die nommer en die korrekte antwoord neer te skryf.

STELLING PROSES A PROSES B

Benoem proses B. Fotosintese 5.1

Noem die belangrike gasse wat in elk van die

prosesse benodig word. 5.2 5.3

Noem die gas wat deur elke proses vrygestel

word. 5.4 5.5

Noem die belangrikste bruikbare produk wat

in elke proses gevorm word. 5.6 5.7

[7]

Water + Gas ………. + Gas

energie

(sonlig) PROSES A

PROSES B energie

Page 23: NW Graad 8 Hersieningsvraestelle Boekie Junie 2020

Natuurwetenskappe Graad 8 22 Hersieningsboekie Kwartaal 1 en 2

VRAAG 6 Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

6.1 Skryf die naam van een herbivoor neer wat in die diagram voorkom. (1) 6.2 Skryf die naam van 'n ontbinder neer wat in die diagram gevind kan word. (1) 6.3 Skryf 'n voedselketting neer wat uit vyf verskillende organismes bestaan

wat in die diagram voorkom. Moenie die sketse oorteken nie. Gebruik die woorde wat in die diagram gegee word. (3)

6.4 Is plante of diere die beter bron van energie vir die mens? Verduidelik jou keuse deur na die trofiese vlakke te verwys waarin plante en diere voorkom. (3)

[8] VRAAG 7 7.1 Skryf die simbool vir elk van die volgende elemente neer:

7.1.1 Suurstof (1)

7.1.2 Stikstof (1) 7.2 Klassifiseer elk van die volgende stowwe (A, B, C en D) as of 'n mengsel, of 'n

element of 'n verbinding. (4) 7.3 Gebruik die deeltjiemodel van materie om die gedrag van waterdeeltjies te verduidelik wanneer water verhit word en van 'n VLOEISTOF na 'n GAS

verander. Verwys in jou antwoord na die beweging van die deeltjies, die oop spasies tussen die deeltjies, die kinetiese energie van die deeltjies asook en die kragte wat tussen die deeltjies bestaan.

(4)

sprinkaan arend

voëltjie

sampioen

Son

Page 24: NW Graad 8 Hersieningsvraestelle Boekie Junie 2020

Natuurwetenskappe Graad 8 23 Hersieningsboekie Kwartaal 1 en 2

[10] VRAAG 8 Phakisi en Tristan wil bepaal wat die effek van 'n elektriese stroom op 'n blou kopersulfaat-oplossing sal wees. Phakisi voorspel dat die elektriese stroom die koperchloried in koper en chloor sal opbreek.

8.1 Skryf 'n ondersoekvraag neer vir die eksperiment hierbo. (2) 8.2. Definieer die term elektrolise. (2) 8.3 Beskryf jou waarnemings by die positiewe elektrode (anode). (2) 8.4 Skryf die formule vir chloorgas neer. (1) 8.5 Beskryf die energie-omskakeling wat gedurende die proses hierbo

plaasvind. (2) 8.6 Is die blou koperchloried-oplossing 'n voorbeeld van 'n ATOOM of

'n VERBINDING of 'n MENGSEL? Skryf die korrekte opsie in jou antwoordboek neer. (1)

[10]

Koperchloried-

oplossing

Page 25: NW Graad 8 Hersieningsvraestelle Boekie Junie 2020

Natuurwetenskappe Graad 8 24 Hersieningsboekie Kwartaal 1 en 2

VRAAG 9 'n Dame bestel 'n drankie in 'n restaurant. Wanneer die kelner haar drankie bring, besef sy dat sy drie verskillende lae vloeistowwe kan waarneem, soos in die diagram getoon. Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg. 9.1. Definieer die term digtheid. (2) 9.2 Sal die digtheid van materie toeneem of afneem wanneer dit verhit word?

Verduidelik jou antwoord deur na die definisie van digtheid te verwys. (2) 9.3. Watter een van die drie lae in die diagram het die grootste digtheid? (1) [5] TOTAAL AFDELING B: 50 GROOTTOTAAL: 70

Granaatsap

Lemoensap

Wit druiwesap

Page 26: NW Graad 8 Hersieningsvraestelle Boekie Junie 2020

Natuurwetenskappe Graad 8 25 Hersieningsboekie Kwartaal 1 en 2

INLIGTINGSBLAD:

Page 27: NW Graad 8 Hersieningsvraestelle Boekie Junie 2020

Natuurwetenskappe Graad 8 26 Hersieningsboekie Kwartaal 1 en 2

MEMORANDUM HERSIENINGSVRAESTEL A AFDELING A

VRAAG 1

1.1.1 B�

1.1.2 C�

1.1.3 C�

1.1.4 D�

1.1.5 A�

1.1.6 D�

1.1.7 C�

1.1.8 D�

1.1.9 D�

1.1.10 B�

[10]

1.2.1 proton�

1.2.2 diffusie�

1.2.3 digtheid �

1.2.4 element�

1.2.5 vloeistof �

[5]

Afdeling A: [15] AFDELING B VRAAG 2 2.1.1 Die eksperiment bepaal of ‘n groen blaar� stysel sal vervaardig gedurende fotosintese. � (1) 2.1.2 ‘n groen blaar� wat aan sonlig blootgestel was sal stysel bevat. � OF ‘n Groen blaar� wat aan sonlig blootgestel was sal positief toets vir stysel.� (2) 2.1.3 Chlorofil in die blaar. � (1)

2.1.4 Stysel is teenwoordig in die blaar. � (1)

2.1.5 Die jodium verander van bruinerig – oranje tot donker – blouswart wat ‘n aanduiding is dat die blaar of ‘n ander gedeelte van die plant stysel bevat en moes gefotosinteer het. (2)

[7]

Page 28: NW Graad 8 Hersieningsvraestelle Boekie Junie 2020

Natuurwetenskappe Graad 8 27 Hersieningsboekie Kwartaal 1 en 2

VRAAG 3 3.1.1 ‘n Ekosisteem bestaan uit die ekologiese gemeenskap wat alle lewende organismes insluit soos plante en diere, � met die nie – lewende omgewing soos temperatuur, wind, water, in ‘n wisselwerkende sisteem. (2)

3.1.2 Die omgewing verander gedurig OF as die organismes nie aanpas met die veranderings nie sal hulle uitsterf. � (1) 3.1.3 Die luiperd is gekamoefleer as gevolg van hul kleur en kolle. Dit help om hulle onsigbaar vir hul prooi te wees om so naby moontlik te kom voordat

dit gejag word. Die luiperd is aangepas om vinnig oor kort afstande te hardloop om hul prooi te vang. Hy het ‘n ligte, vaartbelynde liggaam en sterk bene. Dit het ‘n stert wat help met balans wanneer daar om skerp hoeke gedraai moet word. (enige 2 relevante antwoorde) (2)

3.1.4 Die impalas is primêre verbruikers en gebruik ongeveer 90% van die energie wat hul van die gras kry, en ongeveer 10% word aan die luiperds oorgedra vir gebruik. Daar moet dus meer impalas as luiperds wees om te verseker dat die luiperds ondersteun word in terme van voedsel.� Ook om te verseker/ voorkom dat die luiperds nie al die impalas opvreet en die impala bevolking uitsterf nie.� (2)

3.1.5 As die meeste gras en groot bome deur ‘n veldbrand vernietig word, sal al die diere daardeur ly/swaarkry. Daar sal nie voedsel vir die primêre verbruikers wees nie en kan tot uitsterwing lei. �

Die sekondêre en tersiêre verbruikers sal ook hierdeur geaffekteer word.�(2) 3.2.1 D, � die produseerders kan hul eie organies voedsel vervaardig gedurende fotosintese. � (2) 3.2.2 Die organismes op elke trofiese vlak gebruik meeste van die energie (90%)

vir hul eie lewensprosesse. �Die verbruikers aan die punt van die voedsel piramiede het baie minder energie beskikbaar vir hulself en vir ‘n paar ander verbruikers wat ondersteun kan word.� (2)

3.2.3 Primere verbruikers OF herbivore OF omnivore � (1) 3.2.4 A� en B.� (2) 3.2.5 Ontbinder(s) � (1) [17]

Afdeling B = [24] AFDELING C

VRAAG 4

4.1.1 Waterstof� (1)

4.1.2 Natrium� (1)

4.1.3 Koolstof� (1)

4.1.4 Neon � (1)

4.1.5 Magnesium � (1)

Page 29: NW Graad 8 Hersieningsvraestelle Boekie Junie 2020

Natuurwetenskappe Graad 8 28 Hersieningsboekie Kwartaal 1 en 2

4.2.1 Tregter � (1)

4.2.2 Filtrasie � (1)

4.2.3 Filtraat � (1)

4.2.4 Water OF sout � (1)

[9]

VRAAG 5

5.1.1 A Bestaan uit 2 atome. (2)

5.1.2 Die kragte tussen deeltjies van vastestowwe is die sterkste. Kragte tussen Gas deeltjies is baie swak. Terwyl kragte tussen vloeistowwe sterker is as die van gasse, maar swakker as die van vastestowwe. (3)

5.1.3 Twee Tipes (1)

5.1.4 ASpasies tussen deeltjies van ‘n gas is die grootste of die aantrekkingskragte is die kleinste en die deeltjies kan vrylik beweeg. (2)

5.1.5 Deeltjies in vastestowwe beweeg nie� vry rond nie, hulle vibreer slegs in ‘n vaste posisie. Daarom is dit onmoontlik vir die deeltjies om te beweeg van ‘n posisie van hoër konsentrasie na ‘n posisie van laer konsentrasie.� (2)

5.2.1 Maatsilinder (1)

5.2.2 60 cm (1)

5.2.3 60 – 40 = 20 cm (3)

[15]

VRAAG 6

6.1 Magnesiumoksied� (1)

6.2 Die aantal atome is dieselfde, voor en na die reaksie plaasgevind het (2)

6.3 Voor die reaksie, was al die magnesium atome verbind aan mekaar en die suurstof atome verbind met mekaar. Na die reaksie het die magnesium atome met die suurstof atome verbind.(verbinding is gevorm) (2)

6.4 Vastestof-fase Deeltjies is na aan mekaar (in ‘n vaste patroon OF rooster)(2) [7] Afdeling A en B: [55] GROOTTOTAAL: [70]

Page 30: NW Graad 8 Hersieningsvraestelle Boekie Junie 2020

Natuurwetenskappe Graad 8 29 Hersieningsboekie Kwartaal 1 en 2

MEMORANDUM HERSIENINGSVRAESTEL B AFDELING A

VRAAG 1.1

1.1.1 C�

1.1.2 A�

1.1.3 B�

1.1.4 D�

1.1.5 B�

1.1.6 C�

1.1.7 C�

1.1.8 B�

1.1.9 C�

1.1.10 D� [10]

VRAAG 1.2

1.2.1 Respirasie�

1.2.2 Trofiese vlak(ke)�

1.2.3 Mikro-organisme(s)�

1.2.4 Proton(e)�

1.2.5 Deeltjiemodel van materie� [5]

TOTAAL AFDELING A: 15

Page 31: NW Graad 8 Hersieningsvraestelle Boekie Junie 2020

Natuurwetenskappe Graad 8 30 Hersieningsboekie Kwartaal 1 en 2

AFDELING B

VRAAG 2

2.1 Plante (groen / bevat chlorofil) gebruik koolstofdioksied (uit die lug), water (uit die grond) en energie van die son� (in ‘n reeks chemiese reaksies) om glukose (voedsel / kos) te produseer. � (2)

2.2 glukose + suurstof� energie + koolstofdioksied + water� (2) 2.3.1 Respirasie� (1) 2.3.2 Beide� (1) 2.4 Plante verander glukose in stysel.� OF Stysel is meer kompleks as glukose.�OF Baie glukose molekules vorm ‘n styselmolekule.� (1)

[7] VRAAG 3

3.1 Produseerders maak hulle eie kos / produseer hulle eie voedsel.� Verbruikers verkry voedsel van plante,� òf direk (herbivore) òf indirek

(karnivore). (2) 3.2.1 Gras OF Bossies� (1) 3.2.2 Valk OF Jakkals� (1) 3.2.3 Sproei � (1)

3.2.4 Valk OF Jakkals OF Mol� (1) 3.3 Die prooi-populasie sal ontplof.� Wanneer prooi skaarser word, sal die

roofdier-populasie afneem totdat die prooi-populasie weer meer volop is. � Daarom balanseer die twee mekaar.�

OF As die valk verwyder word, sal die getal voëls, hase, eekhorings en muise toeneem.� Dit sal veroorsaak dat die getal ruspes afneem sowel as die hoeveelheid gras en bossies.� As daar nie voedsel vir die primêre

verbruikers is nie, sal hulle hongerly en moontlik uitsterf.� (3) 3.4.1 Struktureel� (1)

3.4.2 Funksioneel OF Struktureel� (1)

3.4.3 Struktureel� (1)

3.4.4 Funksioneel� (1)

3.5 Die omgewing verander gedurig� en indien organismes nie by die veranderings kan aanpas nie, sal hulle uitsterf.� (2)

[15]

Page 32: NW Graad 8 Hersieningsvraestelle Boekie Junie 2020

Natuurwetenskappe Graad 8 31 Hersieningsboekie Kwartaal 1 en 2

VRAAG 4

4.1 MIV OF MI-virus OF Menslike Immuniteitsgebrekvirus� (1)

4.2 jogurt / kaas / brood / bier� (1)

4.3 penisillien� (1)

4.4 Louis Pasteur� (1)

[4]

TOTAAL AFDELING B: 26

AFDELING C

VRAAG 5 5.1.1 C� (1)

5.1.2 A� (1)

5.1.3 D� (1)

5.1.4. E� (1)

5.2 In ‘n gas …

het die deeltjies nie ‘n vaste rangskikking nie.�

beweeg die deeltjies baie vinnig.�

is daar baie swak kragte tussen die deeltjies.�

is daar baie groot spasies tussen die deeltjies� (in vergelyking

met die van vaste stowwe en vloeistowwe). (4)

5.3.1 Diffusie is ‘n proses waar die deeltjies in vloeistowwe en gasse beweeg (versprei) van ‘n hoë konsentrasie-gebied� na ‘n lae konsentrasie-gebied van daardie spesifieke deeltjies.� (2)

5.3.2 Diffusie in vloeistowwe vind stadiger plaas as in gasse.� OF Diffusie in gasse vind vinniger plaas as in vloeistowwe.� (1) 5.3.3 Deeltjies in vaste stowwe beweeg nie rond nie; hulle vibreer net in een

posisie.� Dus is dit nie moontlik dat deeltjies van ‘n hoë konsentrasie na ‘n laer konsentrasie kan beweeg nie.� (2)

[13]

Page 33: NW Graad 8 Hersieningsvraestelle Boekie Junie 2020

Natuurwetenskappe Graad 8 32 Hersieningsboekie Kwartaal 1 en 2

VRAAG 6

6.1.1 Die digtheid van ‘n materiaal word beskryf as die hoeveelheid massa� in ‘n gegewe volume van die materiaal.� (2)

6.1.2 ys� water� sand � ( MOET in hierdie volgorde wees) (3)

6.2.1 Yster� (1)

6.2.2 Die skip is met lug gevul.� Die (gemiddelde) digtheid van die skip is laer as die digtheid van die water� en kan op die water dryf. (2)

6.3 Meer lugdeeltjies word in die blik ingepomp� wat meer botsings� met die

deksel en die kante van die blik veroorsaak. Dus neem die druk in die blik toe� en die deksel skiet af. (3)

[11] VRAAG 7

7.1.1 Een suurstof atoom�

Twee waterstof atome� (2)

7.1.2 � + � � (3) [5}

TOTAAL AFDELING C: 29 GROOTTOTAAL: 70

Page 34: NW Graad 8 Hersieningsvraestelle Boekie Junie 2020

Natuurwetenskappe Graad 8 33 Hersieningsboekie Kwartaal 1 en 2

MEMORANDUM HERSIENINGSVRAESTEL C AFDELING A VRAAG 1 1.1.1 D�

1.1.2 B�

1.1.3 B�

1.1.4 B�

1.1.5 A�

1.1.6 C�

1.1.7 D�

1.1.8 A�

1.1.9 B�

1.1.10 C� [10] VRAAG 2 2.2.1 Uitwissing�

2.2.2 Glukose�

2.2.3 Kamoeflering�

2.2.4 Prooi�

2.2.5 Besoedeling� [5] VRAAG 3 3.1.1 C�

3.1.2 F�

3.1.3 B�

3.1.4 E�

3.1.5 H� [5]

TOTAAL AFDELING A: 20

Page 35: NW Graad 8 Hersieningsvraestelle Boekie Junie 2020

Natuurwetenskappe Graad 8 34 Hersieningsboekie Kwartaal 1 en 2

AFDELING B

VRAAG 4

4.1 750 000 + 250 000 = 1000 000� (1)

4.2 250 000� (1)

4.3 'n Algemene toename� van TB pasiënte wat met MIV gediagnoseer is,

Kan waargeneem word, maar die toename neem geleidelik af.�

2004 2005 toename was 100 000 pasiënte, terwyl in die periode

2005 2006 was die toename 50 000 pasiënte. (2)

4.4.1 VIGS - Virus � (1)

4.4.2 TB - Bakterie � (1)

4.5 Ontbinders is bruikbare mikroörganismes wat 'n belangrike rol in die

Ekosisteem speel omdat dit dooie plant- en diermateriaal afbreek. �

Mense gebruik mikroörganismes in die fermentasie- / gistingsproses om melkprodukte (jogurt, kaas) te maak asook vir brou van bier, maak van wyn of bak van brood.� Sommige mikroörganismes word gebruik vir die maak van medisyne, bv.

penisillien. � (Enige twee voordele) (2)

4.6 Gebruik kondome gedurende geslagsomgang.� Moenie naalde deel nie.� Indien jy MIV-positief is, praat met jou gesondheidsdiens-verskaffer oor die neem van ARV's / antiretrovirale middels.� Beskerm snye, oop sere asook oë en mond teen kontak met bloed.� (Enige twee) (2) [10]

VRAAG 5 5.1 respirasie�

5.2 koolstofdioksied�

5.3 suurstof�

5.4 suurstof �

5.5 koolstofdioksied�

5.6 glukose�

5.7 energie� [7]

Page 36: NW Graad 8 Hersieningsvraestelle Boekie Junie 2020

Natuurwetenskappe Graad 8 35 Hersieningsboekie Kwartaal 1 en 2

VRAAG 6

6.1 sprinkaan � (1)

6.2 sampioene � (1)

6.3 gras → sprinkaan → voëltjie → arend → sampioen

Gras eerste�

Sampioen laaste�

Al die ander in die regte volgorde. � (3)

6.4 Plante / gras.� Plante is in 'n laer trofiese vlak as diere. Energie, direk

van die son, word deur plante geabsorbeer.� Die energie word dan deur

diere verbruik en die grootste deel van die energie word vir lewensprosesse

gebruik. Daarom, indien jy diere verbruik, sal jy minder energie verkry as

wanneer jy dieselfde hoeveelheid plante verbruik. � (3)

[8]

VRAAG 7 7.1.1 O� (Aanvaar: O2) (1) 7.1.2 N� (Aanvaar: N2) (1) 7.2 A – Verbinding� B – Mengsel� C – Element� D - Verbinding� (4) 7.3 Die kinetiese energie van die waterdeeltjies neem toe� wanneer water

Verhit word. Die deeltjies beweeg vinniger en oor groter afstande.� Die oop spasies tussen die deeltjies word groter� en die kragte tussen die deeltjies word swakker / minder effektief� wanneer die water van die vloeistoffase na die gasfase verander. (4)

[10]

Page 37: NW Graad 8 Hersieningsvraestelle Boekie Junie 2020

Natuurwetenskappe Graad 8 36 Hersieningsboekie Kwartaal 1 en 2

VRAAG 8 8.1 Watter effek sal 'n elektriese stroom� op 'n koperchloried-oplossing hê?� (2) 8.2 Elektrolise is die ontbinding (afbreek) van 'n verbinding� in elemente

deur 'n elektriese stroom.� (2) 8.3 Gas/Cl2/Chloor� borrels� word gevorm/vrygestel. OF Chloorgas� kan geruik word.� OF Geel-groen� gas� kan gesien word. (2) 8.4 Cl2 of Cℓ2� (Cl word nie aanvaar nie) (1)

8.5 Elektriese energie� word omgeskakel na chemiese energie.� (2) 8.6 Mengsel.� (1) [10] VRAAG 9 9.1 Digtheid word gedefinieer as die massa� per eenheid-volume� van

'n stof. OF Digtheid is die hoeveelheid massa� in 'n gegewe volume. � (2) 9.2 Afneem.�

Wanneer verhit, sal die volume van die stof toeneem terwyl die massa konstant bly.� Omdat Digtheid = massa / volume, sal die digtheid afneem. (2)

9.3 Wit druiwesap.� (1) [5] TOTAAL AFDELING B: 50 GROOTTOTAAL: 70