Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika SINODALE...

16
Met hierdie inligtingstuk gee ons graag besonderhede oor die sinodale- en spesiale deuroffers wat deur gemeentes opgeneem word. Die dokument is so opgestel dat die betrokke deuroffers se beskrywing net so in ’n gemeente se weeklikse aankondigings oorgedra kan word. Die deuroffers word in drie groepe georganiseer. Sien A tot C hier onder. A. Verpligte Sinodale Deuroffers Daar is dertien verpligte sinodale deuroffers. Slegs die Sinode kan besluit watter deuroffers verpligte deuroffers is. Vroeër jare het die “kollektes” aan hierdie instansies vir die gemeente se eweredige bydrae getel. Met die omskakel van die eweredige bydraes na sinodale aandeel moes die “verpligte deuroffers” ’n mate van finansiële beskerming aan hierdie instansies bied. 1. Arbeidsbediening 2. BADISA 3. Bediening aan die Dowes 4. Bediening aan die Jode 5. Gemeentebediening 6. Gemeentehulpfonds 7. Gemeente-ontwikkeling 8. Hospitaalbearbeiding 9. Instituut vir Dowes 10. Jeugwerk 11. Studentebearbeiding 12. Teologiese Kweekskool 13. Zimbabwe/Malawi/Mosambiek Onderskei asseblief duidelik tussen die deuroffer vir die “Bediening” aan die Dowes en die “Insti- tuut” vir Dowes. Die deuroffer vir die Bediening aan die Dowes gaan vir die twee gemeentes wat met Dowes werk (Sien A.3 hier onder). Die Instituut vir Dowes gaan vir die NID se werksaamhede soos in A.9 hier onder verduidelik. B. Vrywillige sinodale offers. Gemeentes kan self besluit vir watter sinodale werksaamhede hulle ’n deuroffer wil opneem. Gemeentes is nie verplig om vir elkeen van hierdie instansies ’n deuroffer op te neem nie. Saam met die sinodale werksaamhede is daar ook instansies wat ’n noue band met die NG Kerk het (Bybelgenootskap, Christelike Lektuurfonds, VCSV, ensovoorts). Gemeentes kan deuroffers weekliks DIREK aan hierdie instansies (Groep B) stuur – of dit maandeliks aan die NG Kerk in Suid-Afrika stuur (saam met die “Sinodale aandeel en Deuroffervorm”). Die sinodale kantoor dra dan maandeliks die deuroffers aan hierdie instansies oor. Let op: Indien die gemeente ’n offergawe vir “Kinderhuise” opneem, gee die sinodale kantoor dit vir BADISA. Gemeentes sou kon kies om ’n direkte deuroffer vir ’n spesifieke kinderhuis (dalk in hulle eie omgewing) op te neem en dit direk (self) aan die spesifieke kinderhuis oor te betaal. Barmhartigheid 1. Alta du Toit Nasorg (Bellville) 2. Alta du Toit-skool (Kuilsrivier) 3. Eljada Nasorg (Oudtshoorn) 4. Hoop en Versoening Trust 5. Hugenote Kollege 6. Instituut vir Blindes 7. Jan Kriel Instituut 8. Kinderhuise (Algemeen) Durbanville Kinderhuis Herberg Kinderhuis (Robertson) 9. Magdalenahuis 10. Ramot Communitas 1. Predikantebegeleiding 2. Vrouebegeleiding Getuienis 1. Biblia / Evangelie aan die Seelui 2. RCA Kaapstad (Living Waters) 3. Straatwerk 4. TMB (Toerusting vir Missionêre Bedieninge) 5. Getuienis. Binneland: Makhathini, Msinga, Oos-Kaap Getuienis. Buiteland: Kenia, Nigerië, Japan, Indië Onafhanklike Organisasies 1. Bybelgenootskap 2. Christelike Lektuurfonds (CLF) 3. MES Kaapstad 4. Radiokansel 5. VCSV Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika SINODALE EN SPESIALE DEUROFFERS

Transcript of Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika SINODALE...

Page 1: Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika SINODALE ...kaapkerkadmin.co.za/doks/2014Deuroffers.pdfVCSV Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika SINODALE EN SPESIALE DEUROFFERS

Met hierdie inligtingstuk gee ons graag besonderhede oor die sinodale- en spesiale deuroffers wat deur gemeentes opgeneem word. Die dokument is so opgestel dat die betrokke deuroffers se beskrywing net so in ’n gemeente se weeklikse aankondigings oorgedra kan word. Die deuroffers word in drie groepe georganiseer. Sien A tot C hier onder.

A. Verpligte Sinodale Deuroffers Daar is dertien verpligte sinodale deuroffers. Slegs die Sinode kan besluit watter deuroffers verpligte deuroffers is. Vroeër jare het die “kollektes” aan hierdie instansies vir die gemeente se eweredige bydrae getel. Met die omskakel van die eweredige bydraes na sinodale aandeel moes die “verpligte deuroffers” ’n mate van finansiële beskerming aan hierdie instansies bied.

1. Arbeidsbediening 2. BADISA 3. Bediening aan die Dowes 4. Bediening aan die Jode 5. Gemeentebediening 6. Gemeentehulpfonds 7. Gemeente-ontwikkeling

8. Hospitaalbearbeiding 9. Instituut vir Dowes 10. Jeugwerk 11. Studentebearbeiding 12. Teologiese Kweekskool 13. Zimbabwe/Malawi/Mosambiek

Onderskei asseblief duidelik tussen die deuroffer vir die “Bediening” aan die Dowes en die “Insti-tuut” vir Dowes. Die deuroffer vir die Bediening aan die Dowes gaan vir die twee gemeentes wat met Dowes werk (Sien A.3 hier onder). Die Instituut vir Dowes gaan vir die NID se werksaamhede soos in A.9 hier onder verduidelik.

B. Vrywillige sinodale offers. Gemeentes kan self besluit vir watter sinodale werksaamhede hulle ’n deuroffer wil opneem. Gemeentes is nie verplig om vir elkeen van hierdie instansies ’n deuroffer op te neem nie. Saam met die sinodale werksaamhede is daar ook instansies wat ’n noue band met die NG Kerk het (Bybelgenootskap, Christelike Lektuurfonds, VCSV, ensovoorts). Gemeentes kan deuroffers weekliks DIREK aan hierdie instansies (Groep B) stuur – of dit maandeliks aan die NG Kerk in Suid-Afrika stuur (saam met die “Sinodale aandeel en Deuroffervorm”). Die sinodale kantoor dra dan maandeliks die deuroffers aan hierdie instansies oor. Let op: Indien die gemeente ’n offergawe vir “Kinderhuise” opneem, gee die sinodale kantoor dit vir BADISA. Gemeentes sou kon kies om ’n direkte deuroffer vir ’n spesifieke kinderhuis (dalk in hulle eie omgewing) op te neem en dit direk (self) aan die spesifieke kinderhuis oor te betaal.

Barmhartigheid 1. Alta du Toit Nasorg (Bellville) 2. Alta du Toit-skool (Kuilsrivier) 3. Eljada Nasorg (Oudtshoorn) 4. Hoop en Versoening Trust 5. Hugenote Kollege 6. Instituut vir Blindes 7. Jan Kriel Instituut 8. Kinderhuise (Algemeen)

Durbanville Kinderhuis Herberg Kinderhuis (Robertson)

9. Magdalenahuis 10. Ramot

Communitas 1. Predikantebegeleiding 2. Vrouebegeleiding

Getuienis 1. Biblia / Evangelie aan die Seelui 2. RCA Kaapstad (Living Waters) 3. Straatwerk 4. TMB (Toerusting vir Missionêre

Bedieninge) 5. Getuienis. Binneland: Makhathini,

Msinga, Oos-Kaap Getuienis. Buiteland: Kenia, Nigerië, Japan, Indië

Onafhanklike Organisasies 1. Bybelgenootskap 2. Christelike Lektuurfonds (CLF) 3. MES Kaapstad 4. Radiokansel 5. VCSV

Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika

SINODALE EN SPESIALE DEUROFFERS

Page 2: Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika SINODALE ...kaapkerkadmin.co.za/doks/2014Deuroffers.pdfVCSV Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika SINODALE EN SPESIALE DEUROFFERS

2

C. Gemeente-eie deuroffers In baie gemeentes is daar verdienstelike sake waarvoor die gemeente ’n deuroffer wil opneem. Gemeentes besluit self oor hierdie deuroffers en betaal self die deuroffer aan hierdie instansies oor. Moet asseblief nie gemeente-eie deuroffers aan die Sinode stuur nie. Ons weet nie aan wie om die geld oor te betaal nie! Die Sinode hef boonop ’n 2% administrasiefooi. Moet dus asseblief nie deuroffers aan ons stuur wat nie op die “Sinodale aandeel en Deuroffervorm” (p 16) verskyn nie.

D. Wysigings vanaf vorige jare Let asseblief daarop dat enkele deuroffers van die lys verwyder is. Met die nagaan van die bestaande lys van deuroffers is ons meegedeel dat sommige instansies (soos Paarlskool en die Eljada-skool) nie meer ’n BADISA-program is wat finansieël deur gemeentes ondersteun hoef te word nie. CAD is op versoek van Armoede en Sorg van die lys geskrap. Ondersteun asseblief u plaaslike CAD-tak direk. So ook met Mfesane. Let ook op dat TIW nou TMB (Toerusting vir Missionêre Bedieninge) is. Werkverskaffing en Onderwys is nou deel van die nuwe deuroffer: Hoop en Versoening Trust.

A. VERPLIGTE SINODALE DEUROFFERS

A.1 Arbeidsbediening Ons kerklike Arbeidsbediening word in die Wes-Kaap, Suid-Kaap en ’n deel van die Noord-Wes Kaap onderneem, vanaf die Kaapse metropool tot by Springbok aan die Weskus oor Beaufort-Wes tot by Plettenbergbaai aan die Suidkus. Reeds sedert die 1880’s bedien aangestelde geestelike werkers en vrywilligers in plaaslike aksies die werkplek met die Evangelie van Jesus Christus. Die fokusareas is: Bediening binne die Handel en Nywerheid; Transnetbediening; Visserbediening en Bediening aan die Seelui (Biblia). Die belangrikheid van deurlopende ontwikkeling en welstand van werknemers in die werkplek word toenemend erken. ’n Tevrede werker wat geleenthede kry om persoonlik te groei, werk harder en meer effektief in ’n span. Ten einde te help om hierdie doel te verwesenlik, rus ons werkgewers en werknemers toe met Christelike waardes wat van toepassing is in die werkplek en persoonlike verhoudings. In samewerking met gemeentes ondersteun ons Woordbediening, pastorale sorg, maatskaplike hulpverlening en die verskaffing van toepaslike geestelike literatuur aan werkende Christene om geloofsgetrou te werk. Ons Arbeidsbediening aksies bereik jaarliks meer as 400 000 werkende mense binne die wêreld van werk.

Me Carin Brink | 083-651-9515 | [email protected] | www.arbeidsbediening.co.za

A.2 BADISA BADISA beteken BArmhartigheid (NGK se omgee uitreik) en DIakonale dienste (VGK se omgee uitreik) wat SAam funksioneer. Hierdie gesamentlike aksies van ons kerke bied maatskaplike dienste en versorging vir alle soorte mense met ongeveer alle soorte behoeftes. Dit is tot ons elkeen se beskikking. BADISA is ’n geregistreerde NPO (011-891) en PBO (93000 6348) wat die barmhartig-heidsbediening van die NG Kerk in die Wes-Kaap en die VGK (Kaapland) organiseer en koördineer. BADISA fokus op die volgende terreine: Aanneming en swangerskapberading; Bekamping van middel-afhanklikheid; Bemagtiging van vroue; Dienste aan ouer persone; Gestremdesorg; Jeugontwikkeling; Kinder- en Jeugsorgsentrums; Kinderbeskermingsdienste; Voorskoolse kinderontwikkeling en nasorg; Werkskepping en armoedeverligting. BADISA se totale inkomste – soos op 31 Maart 2013 – was R400 491 568. Die VG en NG Kerk se bydraes is slegs 0,89% (R3 576 500) hiervan – maar dit bly ’n onmisbare R3 miljoen. BADISA se verskillende programme word deur 1 023 beheerraadlede bestuur. Hierdie programme het 2 379 voltydse werknemers en 321 deeltydse werknemers. ’n Verdere 3 350 vrywilligers is ook by hierdie programme betrokke. Die programme behels onder andere 47 maatskaplikewerk-kantore, 48 tehuise vir bejaardes, 23 dienssentrums, 26 kleuterskole en nasorgsentrums, 6 kinderhuise, 2 sentrums vir middelafhanklikheid en ’n swangerskaps- en beradingsentrum. Hierdie werksaamhede word deur ’n hoof uitvoerende beampte (ds Averell Rust), ’n direkteur en 12 BMD’s (Bestuurders Maatskaplikdiensprogramme), 3 koördineerders en ’n aantal administratiewe beamptes (personeel, finansies, sekretarieel) oorhoofs gekoördineer en ondersteun. Die deuroffer vir BADISA is hoofsaaklik vir hierdie oorhoofse werksaamhede.

Ds Averell Rust | 021-957-7130 | [email protected] | www.badisa.org.za

Page 3: Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika SINODALE ...kaapkerkadmin.co.za/doks/2014Deuroffers.pdfVCSV Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika SINODALE EN SPESIALE DEUROFFERS

3

A.3 Bediening aan die Dowes

Onderskei asseblief tussen die deuroffer vir die “bediening” aan die Dowes en “instituut” vir Dowes. Die “bediening” vir die Dowes is die twee gemeentes wat met Dowes werk. Die “instituut” vir Dowes (sien A.9 hier onder) is die NID se werksaamhede soos in A.9 verduidelik.

Dowes word bedien deur twee gemeentes: De la Batgemeente vir Dowes in Bellville en Worcester-De la Bat in Worcester. Worcester-De la Bat bedien ook dowes by die De la Bat-skool en die Nuwe Hoop-sentrum vir gehoorgestremdes. De la Bat Bellville bedien onder andere die Rusoord-tehuis vir bejaarde-, fisies-, doof-blinde en meervoudig-gestremde Dowes. Saam bedien beide gemeentes ongeveer 1 200 Dowes woonagtig in die Suid-Westelike deel van die land. Met bedieningspunte in Bellville, Strand, Wellington-Paarl, Atlantis, Malmesbury, Moorreesburg, Worcester en uitreike na Ceres en George word ongeveer 600 dowe kinders, 56 meervoudig-gestremde Dowes, 70 bejaarde Dowes en ook 60 Dowe studente (NID-kollege) geestelik bedien. Die gemeentes doen baan-brekerswerk in die ontwikkeling van kategese materiaal vir Dowes, ontwikkeling van ’n liturgie vir dowes, “sang”, en die aanwending van die nuutste tegnologie vir die bediening aan Dowes. Bid vir die werk en die voortgang daarvan totdat elke Dowe kan bely: “Jesus is die Here”.

Dr Jan Nieder-Heitmann | 021-913-2899 | 081 2705330 | [email protected] Ds Andri Eloff | 023-342-8590 | 083-654-3939

www.nid.org.za/congregations/worcester/contact.html

A.4 Bediening aan die Jode Bid asseblief vir ds Francois Wessels en me Cecilia Burger wat na Jode uitreik met die Evangelie, asook vir die Messiaans-Joodse gemeente Beit Ariel in Kaapstad. Messiaanse Jode is Jode wat glo dat Jesus die Messias en Here is. Hulle is Christen-Jode. Beit Ariel hou eredienste, vier Joodse feeste en leef hulle geloof uit vanuit die perspektief dat die Messias reeds gekom het en weer kom. Bid ook vir hulle uitreik na Joodse Christene wat nie lidmate van Beit Ariel is nie en na Jode wat nie glo dat Jesus die Messias is nie.

Dr Francois Wessels | 083-232-0960 Me Cecilia Burger | 083-232-0628 | [email protected]

A.5 Gemeentebediening Die Taakspan vir Gemeentebegeleiding (voorheen: Gemeentebediening) glo dat gemeentes God se geskenk is aan die wêreld. Ons glo dat gemeentes vandag opnuut geroep word om deel te neem aan die inbraak van die Koninkryk. Ons begelei gemeentes in geloofsonderskeidende prosesse om hulle roeping te ontdek in die gemeenskap waar die Here hulle geplaas het en om die verskillende aspekte van hulle bediening in lyn daarmee aan te pas en te vernuwe. Die proses word die Communitas Reis in Geloofsonderskeiding genoem, wat ’n omvattende proses vir ’n gemeente is. Die Taakspan lei begeleiers op en ontwikkel prosesse en materiaal wat gemeentes in die verskillende streke en ringe hierin begelei.

Dr Frederick Marais | [email protected] | 021-808-3265 Me Divine Robertson | [email protected] | 021-808-3265 | www.communitas.co.za

A.6 Gemeentehulpfonds

Die Gemeentehulpfonds verleen ondersteuning aan hulpbehoewende gemeentes wat vanweë verminderde lidmaattalle, natuurrampe, ontvolking en swak sosio-ekonomiese toestande nie meer hulle begrotings kan laat klop nie. Die fonds is bedoel om die geestelike bediening in stand te hou en nie vir kapitale werke of instandhouding van fisiese fasiliteite nie.

Die Saakgelastigde (ds Bossie Minnaar) | 021-957-7104 | [email protected]

Page 4: Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika SINODALE ...kaapkerkadmin.co.za/doks/2014Deuroffers.pdfVCSV Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika SINODALE EN SPESIALE DEUROFFERS

4

A.7 Gemeente-ontwikkeling Die Raad vir Gemeente-ontwikkeling en Kerklike Samewerking is ’n gesamentlike werksaamheid van die NGK en VGK wat fokus op kerkplanting as belangrike wyse van evangelisasie in nuwe stadsgebiede maar ook in gebiede waar plaaslike geloofsgemeenskappe nie die kapasiteit het om hierdie uitdaging alleen te hanteer nie. Dit wil die missionêre uitdagings wat ’n nuwe Suid-Afrika aan ons stel op konkrete wyse hanteer deur nuut te dink oor die kerk, wat die klassieke Evangelie op ’n vars manier kan laat leef, ook in die mees armoedige konteks.

Ds Philip Botha | [email protected] | 021-808-9060

A.8 Hospitaalbearbeiding Hospitaalbearbeiding versorg gemeentes se lidmate en hulle familie tydens ernstige krisisse – medies en emosioneel – in die hospitale en in spreekkamers in die Kaapse Skiereiland en in George en Mosselbaai. Aangesien hospitale se rekenaarinligting meestal nie pasiënte se kerkverband aantoon nie, word gemeentelede vriendelik versoek om hospitaalleraars van pasiënte te laat weet. Hulle sal hierdie lidmate bystaan en op ’n pad van oorwinning begelei. Die hospitaalleraars het in die vorige finansiële jaar 3 963 pasiënte besoek en 562 families ondersteun. In die pastorale spreekkamer is daar met 1 147 mense onderhoude gevoer. Saam met die hulpwerkers en studente is 17 279 pasiënte in hospitale besoek. Bid asseblief vir die hospitaalleraars, asook vir die pastorale hulpberaders, sowel as ons vele vrywillige pastorale hulpwerkers. Mag God hul daagliks sterk en bemagtig om Sy troos en liefde aan lidmate in hul nood oor te dra. Lidmate kan ook betrokke raak deur self van ons kursusse by te woon en hulle dienste aan te bied.

Alle hospitale in die Kaapse Skiereiland | Dr Koos van der Vyver | 083-357-5166 Spreekkamer in die Kaapse Skiereiland | Dr Deon Bruwer | 083-232-5532

George | Dr Frederik Nel | 083-254-7499 Mosselbaai | Dr Christa van den Berg | 076-680-6259 Tygerberg Hospitaal | Ds Gerald Louw | 079-771-3129

Tygerberg Hospitaal | Lize du Toit | 082-929-5907 Groote Schuur Hospitaal | Me Hester Heunis | 082-803-0159

Durbanville- en Cape Gate Medi-Clinic | Dr Francois Swart | 082-781-6854 Kuilsrivier Medi-Clinic | Ds Jannie du Plessis | 083-443-2153

Christiaan Barnard Gedenkhospitaal | Ds Hendrik Scott | 083-740-6412 Vergelegen Medi-Clinic | Me Marietjie Muller | 083-356-1404

A.9 Instituut vir Dowes Die Nasionale Instituut vir Dowes is in 1881 deur die kerk tot stand gebring om vir Dowes taal te gee, sodat hulle ook die boodskap van Jesus Christus kon ontvang. Tans word Dowes ook as predikante en pastore opgelei by Deaf Christian Ministry Africa by NID om die meer as 400 000 onbereikte Dowes in

Suid-Afrika te bedien met die Woord. Volwasse meervoudig-gestremde Dowes ontvang vaardig-heidsontwikkeling in residensiële sorg en beskermde werkswinkels binne ’n terapeutiese omgee-gemeenskap. Twee tehuise vir bejaardes op Worcester en in Bellville skep ’n veilige gemaklike omgewing vir Dowes asook liggaamlik gestremde Dowes en Doof-blinde persone. Die NID Akademie bied multidissiplinêre steundienste waaronder maatskaplike en terapeutiese ondersteuning aan persone met gehoorverlies. NID Kollege bied geakkrediteerde beroepsopleidingsprogramme vir dowe studente aan. Twee skole, De la Bat en Nuwe Hoop sorg vir

dowe kinders se opleiding. Bid dat al die Dowes in Suid-Afrika ook die geleentheid sal kry om die boodskap van verlossing in hul eie taal, Gebaretaal, te ontvang.

Mnr Deon de Villiers | (023) 342-5555 | [email protected] | www.nid.org.za

A.10 Jeugwerk Die visie van die Taakspan vir Jeug en Familie is om vir alle generasies ruimte te maak binne die kerk. Daarvoor doen ons navorsing, fasiliteer gesprekke en ontwerp prosesse wat gemeentes self kan gebruik om in hulle eie konteks hierdie uitdaging die hoof te bied. Die Taakspan ondersteun dit met materiaal wat ontwikkel word en kursusse wat aangebied word.

Page 5: Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika SINODALE ...kaapkerkadmin.co.za/doks/2014Deuroffers.pdfVCSV Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika SINODALE EN SPESIALE DEUROFFERS

5

Voorbeelde hiervan is KiX-bediening (Kinderkrans), Padlangs ouerskap en Kontak Kategese, die gemeente-pakket en die twee reuse tiener feeste van 2014 (#imagine). By die Vennootskap vir Familiebediening dink gemeentes saam oor hoe hulle familiaal kan werk. Kontak gerus die Jeugkantoor met jeug- en familieverwante sake.

Jeugkantoor (me Sharon Naudé) | 021-808-9050 | [email protected] www.communitas.co.za | www.kontak.org.za

A.11 Studentebearbeiding

Bediening aan studente is vir die kerk van die uiterste belang, want dit is ’n belegging in die geestelike vorming van môre se leiers. Die fondse wat hiervoor ingesamel word, word gegee vir bediening van studente op verskillende plekke. Die grootste gedeelte van fondse gaan na Stellenbosch se Kruiskerk en Wellington Moedergemeente. Ander kampusse wat bedien word, is Tygerberg en Kaapstad.

Jeugkantoor (me Sharon Naudé) | 021-808-9050 | [email protected] | www.communitas.co.za

A.12 Teologiese Kweekskool Die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Stellenbosch bied onder andere opleiding vir studente van verskillende kerke met die oog op die bediening as predikant en jeugwerkers. Die uitdrukking Teologiese Kweekskool dui op daardie afdeling/skool in die Fakulteit Teologie van die Universiteit wat predikante vir die bediening in die NG Kerk oplei. Predikante van die NG Kerk-familie word sedert 1859 hier opgelei. U voorbidding vir beide die bedienings- en akademiese vorming van al die studente, die Dekaan, dosente en al die personeel word gevra.

* Me Dawida du Plessis | 021-887-6819 | [email protected]

A.13 Zimbabwe/Malawi/Mosambiek Ons kerkfamilie het in 1891 met werk in die suide van Zimbabwe begin. Die Reformed Church in Zimbabwe se hoofkantoor is op Masvingo. Ons ondersteun veral teologiese opleiding, mediese dienste by hospitale en klinieke asook literatuur ontwikkeling. By die Kweekskool op Morgenster doen Henry Murray (dosent en vise-rektor) en sy vrou, Susan, saam met ander dosente, kosbare werk. In Harare is Gerard Breytenbach die bestuurder van CAVA (Christelike Oudiovisuele Aksie) wat Christelike lektuur ontwikkel en versprei. Die gemeentes in Zimbabwe is versorgende en getuigende geloofsgemeenskappe wat te midde van moeilike ekonomiese en politieke omstandighede, hulle lig vir Christus laat skyn. Ons kerkverband het in 1889 met werk in Malawi begin. In 1924 het die CCAP (Church in Central Africa Presbyterian) ontstaan. Die huidige regering geniet breë steun, maar voer ’n opdraande stryd teen korrupsie en ’n sukkelende ekonomie. Die CCAP-leierskap speel ’n positiewe rol om gemeenskappe op te bou. Die CCAP Nkhoma-sinode het 162 gemeentes met 184 leraars. In vennootskap met die CCAP ondersteun ons, as NG Kerkfamilie, tans die voortgesette teologiese opleiding, mediese dienste, verpleging, die omgewingsdepartement wat boomplanting bevorder, weeshuise vir vigswesies en jeugwerk. Ons kerkfamilie se werk in Mosambiek (1908-1923; 1973-1980 en weer vanaf 1991) is telkens onderbreek deur regeringsteenkanting en burgeroorlog. Daar is vandag 100 000 lidmate in die Igreja Reformada em Mozambique (IRM). Die drie sinodes Novo (in die suide om Maputo), Tumbine (veral om Milanje en van die Zambesi-rivier noord tot Tanzanië-grens) en Mphatso (noordwes en sentrale streke in Tete en Manica provinsies) het in 2004 ’n algemene sinode gestig. Die IRM reik self ook na nuwe gebiede uit. HEFSIBA, 'n Christelike Hoër Onderwys-instituut op Vila Ulongue bied verskeie grade en diplomas in Teologie en Sielkunde aan en het onlangs ook met 'n kursusse in Besigheidbestuur en Rekeningkunde begin. Kruger du Preez (dosent) en Antoinette, sy vrou, lewer werk van onskatbare waarde.

Dr Kobus Odendaal | 021-957-7179 | [email protected]

Page 6: Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika SINODALE ...kaapkerkadmin.co.za/doks/2014Deuroffers.pdfVCSV Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika SINODALE EN SPESIALE DEUROFFERS

6

B. VRYWILLIGE SINODALE EN SPESIALE DEUROFFERS Barmhartigheid

1. Alta du Toit Nasorgsentrum (Bellville)

Onderskei asseblief duidelik tussen die deuroffer vir die skool (kinders) in Kuilsrivier en die nasorg-sentrum (volwassenes) in Bellville.

Die Alta du Toit Nasorgsentrum (AdTN) in Bellville maak voorsiening vir volwassenes (18 jaar en ouer) wat intellektueel gestremd is. Hulle vaardighede word optimaal ontwikkel met die hulp van professionele opleidings- en ontwikkelingsprogramme. Die hantering van kliënte word bestuur deur ’n multidissiplinêre span, wat persoonlike versorgers, verpleegpersoneel, toesighouers in die werksareas, arbeidsterapeute, asook die maatskaplike werker insluit. Toegewyde personeel sorg dat AdTN vir die kliënte ’n veilige tuiste is om in te woon en te werk. Met die nodige liefde en onder-steuning word verseker dat ons kliënte eerstens goed versorg word, maar word daar ook omgesien na hul fisiese, emosionele en geestelike behoeftes. Ons huisves 174 kliënte in vier koshuise, en ontvang ook op weeksdae 59 dagsorg-kliënte in ons werks- en terapeutiese areas. Die jongste kliënt is 18 jaar oud en die oudste is ’n dame van 75 jaar. Ons kliënte bly by AdTN tot hul afsterwe. Dit veroorsaak ernstige finansiële verpligtinge wat nie voldoende deur die Staat verlig word nie. Ons kliënte is spieëltjies waarin ons elke dag kan sien en bewus word van hoe groot ons dankbaarheid moet wees vir die wonderlike talente en gawes wat ons uit die Vaderhand ontvang. Gemeentes se ondersteuning word opreg waardeer en dra ongelooflik by tot die volhoubaarheid van ons sentrum.

Mnr George Gordon | 021-913-2106 | [email protected] | www.altasorg.co.za

2. Alta du Toit Skool (Kuilsrivier) Die Alta du Toit-skool in Kuilsrivier gee onderrig aan leerders (ouderdom 6 tot 18 jaar) wat intellektueel erg gestremd is en nie in hoofstroomonderwys met akademiese vakke kan aanpas nie. Die skool bied aan leerders uit alle kulture die beste geleentheid om volgens hulle eie vermoë en tempo te ontwikkel. Die fokus van die kurrikulum is aangepas en konsentreer op vaardighede soos selfversorging, kommunikasie, uitvoering van huishoudelike take, sinvolle tydsbesteding, arbeidgerigte-vaardighede (koekbak, mandjievleg, brei, mosaïek, sement en tuinwerk), asook eenvoudige begrip van godsdiens. Vir leerders wat wel daartoe in staat is, word funksioneel-skolastiese vaardighede soos lees, skryf en getalbegrip aangeleer om hulle te help om in die alledaagse lewe oor die weg te kom (tydlees, hantering van geld en uitken van name van Banke en Winkels). Daar is drie koshuise vir leerders wat ver woon en bussies wat dagskoliere vervoer. Gemeentes se ondersteuning dra daartoe by dat leerders ’n vol lewe kan geniet in ’n skool waar daar spesiaal na hulle unieke behoeftes omgesien word.

Die Bestuurder (Me H van Niekerk) | 021-903-7744 | [email protected] www.altadutoit.com

3. Eljada Nasorg (Oudtshoorn) Eljada Nasorg in Oudtshoorn voorsien residensiële versorgings- en ontwikkelingsdienste aan 98 volwasse persone met intellektuele gestremdhede en dagsorgdienste aan 14 volwasse persone met intellektuele gestremdhede wat in die gemeenskap woon. Dienslewering fokus op ’n holistiese benadering waar inwoners liefdevolle versorging en ondersteuning ontvang. ʼn Groot verskeidenheid projekte en aktiwiteite word aangebied, naamlik perdry-terapie, kognitiewe ontwikkeling, lewensoriëntering, leerwerk, kers- en matmakery, vervaardiging van draadhangers, naald-, krale- en weefwerk, hulp in die tuin en wassery, skoonheidsklasse, Bybelklasse, danse, uitstappies, koorsang by gemeentes, jaarlikse melodrama, swem, toutrek, fietsry, gimnasiumoefeninge en stap. Eljada se versorging van inwoners sluit handhawing van persoonlike higiëne, voorsiening van maaltye en verversings, handhawing van dissipline, kleding, netheid van kamers, voorsiening van ʼn veilige omgewing, mediese sorg (medikasie, verpleging en verwysings).

Page 7: Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika SINODALE ...kaapkerkadmin.co.za/doks/2014Deuroffers.pdfVCSV Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika SINODALE EN SPESIALE DEUROFFERS

7

NUUT

Dienslewering fokus dus op die bevordering en handhawing van inwoners en dagsorgkliënte se volle potensiaal, sodat hulle selfstandige en volwaardige lede van die samelewing kan wees.

Me Wilma Lemmer | 044-279-1740 | [email protected] | www.eljada.co.za

4. Hoop en Versoening Trust Die Moderamen het in Februarie 2013 ’n Hoop en Versoening Trust goedgekeur. Die hoofdoel van die Trust sal wees om aan individue en organisasies die geleentheid te gee om uit dankbaarheid mee te werk aan die opbou van Suid-Afrika. Die Trust sal fokus op Vroeë Kinderontwikkeling en Landelike Ontwikkeling. Die trust sal ook, wat operasionele bedrywighede betref, binne die beskermde ruimte van die NGK en die VGK opereer wat daaraan ’n bepaalde kredietwaardigheid en integriteit gee. Die raad van trustees gee aan die Trust ’n objektiewe onafhanklikheid met opdrag om die belange van alle inwoners van ons land voor oë te bly hou. Die Trustees is: Braam Hanekom, Sam Dandala, Herman Bailey, Bossie Minnaar, Stef Coetzee, Ritzema de la Bat (jnr) en Christo van der Rheede.

Dr Braam Hanekom | 021-957-7117 | 083-302-8639 | [email protected]

5. Hugenote Kollege Die Hugenote Kollege is ’n privaat opleidingsinstansie wat studente vanuit die Christelike geloof en waardestelsel oplei om maatskaplike- en kerklike dienswerk te kan beoefen. Tans bied die Kollege sertifikaatkursusse in Maatskaplike Hulpwerk, Gemeenskapsontwikkeling, Vroeë Kind Ontwikkeling, Kinder- en Jeugsorg asook Teologie en Bediening aan. Die Kollege bied ook kortkursusse aan vir gemeentes en lidmate wat hulle kan help om hulle dienswerk in die Koninkryk van God nog beter te kan doen.

Uitvoerende Hoof | 021-873-1181 | [email protected] | www.hugenote.com

6. Instituut vir Blindes Die Instituut vir Blindes is in 1881 deur die NG Kerk gestig en streef vandag daarna om persone wat blind, swaksiende, doofblind en siggestremd met bykomende gestremdhede is, deur opleiding, ontwikkeling en versorging tot ’n vervulde lewe en volle burgerskap te bemagtig. U voorbidding word gevra vir die werk wat hier gedoen word. U kan help deur ’n siggestremde in diens te neem en deur van ons selfvervaardigde produkte (beddens, matrasse, rottang items) te koop.

023-347-2745 | [email protected] | www.blind-institute.org.za/

7. Jan Kriel Instituut (Kuilsrivier) Jan Kriel Instituut bestuur die deernis en omgee van die Kerk (en ander persone) by Jan Krielskool, waar leerders met spesiale onderwysbehoeftes gehelp word. Vyfhonderd-en-tagtig (580) kinders van Graad R tot Matriek, wat moet saam leef met verskeie gestremdhede – onder andere weens disleksie, epilepsie, siektes, ongelukke en spesiale leerbehoeftes – kry hier spesialis onderwys. Gemeentes en gelowiges se liefdegawes, donasies en borgskappe word deur die Instituut bymekaar gemaak en verantwoordelik aangewend. Die Vader se Voorsienigheid, Jesus se liefde vir kinders en gestremdes, die Gees se vorming en ons voorgeslagte se ywer (sedert 1937) is ons inspirasie. Kom leef ons leuse en “Gee ʼn Kind ʼn Kans”.

Dr Fanie Herholdt | 021-903-0434 | 082-380-3505 | [email protected] | www.jankriel.org.za

Page 8: Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika SINODALE ...kaapkerkadmin.co.za/doks/2014Deuroffers.pdfVCSV Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika SINODALE EN SPESIALE DEUROFFERS

8

8. Kinderhuise Verskeie kinderhuise in ons sinodale streek bied beveiliging vir sorgbehoewende kinders. Kinderhuise bied ’n terapeutiese program wat ontwerp is vir die residensiële versorging van kinders buite die gesinsomgewing. Die programme is daarop gefokus om die kind te beskerm, te versorg en te ontwikkel binne ’n terapeutiese omgewing. Die kinders is fisies en/of emosioneel mishandel en die pad na herstel is moeilik en langsaam. Die gesin of familie van die kind word gesien as deel van die behandelingsplan van die kind. Die deskundige spanne bestaan uit maatskaplike werkers, verpleegkundiges, opvoedkundiges, versorgers wat 24 uur beskikbaar is en vrywilligers. Donateurs en vrywilligers word vir ondersteuning gevra aangesien die diens intensief en duur is. Bid asseblief vir die kinders en hul families en ook vir die personeel en vrywilligers vir elkeen se rol. BADISA bedryf 6 kinderhuise waarvan die besonderhede hieronder verskyn.

Durbanville Kinderhuis (Durbanville) Rudolf Bezuidenhout | 021-975-6822 | [email protected]

www.durbanvillekinderhuis.org.za

Herberg Kinderhuis (Robertson) Lettie Visser | 023-626-3140 | [email protected]

Huis van Heerde (Moorreesburg) Kobus Smith | 022-433-1042 | [email protected]

Bright Lights Kinderhuis (Pofadder) André Vries | 054-933-0060 | [email protected]

Huis Andrew Murray (Wellington) Johan von Wielligh | 021-873-3834/5 | [email protected]

www.andrewmurray.org.za

Steinthal Kinderhuis (Tulbagh) Robin Furness | 023-230-1031 | [email protected]

9. Magdalenahuis Die Magdalenahuis Beradingsentrum is al meer as ’n eeu oud en fokus op drie diensterreine naamlik swangerskapsberading, aanneming en herkomsnavrae. ’n Veilige hawe word geskep vir swanger getraumatiseerde meisies/vroue deur middel van inwoning en inskakeling by ’n omvattende ontwikkelingsgerigte program. Dit sluit in mediese versorging, individuele/groeps-berading, ontwikkeling van lewens- en entrepreneurs vaardighede en pastorale sorg. Persone kan, indien verkies, ook op buite-pasiënte basis inskakel. ’n Groot aantal inwoners kom vanuit swak maatskaplike omstandighede en het nie ondersteuningstelsels nie. Die sentrum is grotendeels afhanklik van bydraes van gemeentes.

Mev S du Plessis | 021-948-3637 | [email protected]

10. Ramot Ramot is ’n behandelingsentrum vir alkohol- en ander dwelmverslawing en bestaan reeds vir 43 jaar. Gedurende hierdie tyd het meer as 160 000 mense met ’n verslawingsprobleem direk of indirek hulp ontvang. Alkohol bly steeds die grootste probleem. Verslawing beteken om oorgegee te wees aan ’n mag buite jouself met rampspoedige gevolge. Verslaafdes is om verstaanbare redes nie welkom in die samelewing nie. Niemand wil hulle hê nie en die wêreld verwerp hulle grootliks. Maar mag ons as Christene dieselfde doen? Help ons asseblief om Christus se hande en voete te wees vir die verslaafde. Elke pasiënt ontvang intensiewe persoonlike aandag. Die kerk kan trots wees op Ramot. Bid asseblief vir genade en wysheid om meer mense te help teen bekostigbare pryse.

| 021-939-2033 | [email protected] | www.ramot.co.za

Page 9: Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika SINODALE ...kaapkerkadmin.co.za/doks/2014Deuroffers.pdfVCSV Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika SINODALE EN SPESIALE DEUROFFERS

9

Communitas

1. Predikantebegeleiding Die Taakspan vir Predikante Begeleiding vorm deel van die Diensgroep vir Gemeentes. Die Diensgroep vir Gemeentes (Communitas) se doel is om aan die gemeentes, predikante en lidmate van die NG Kerk in SA en die VG Kerk Kaapland diens te lewer. Die Taakspan vir Predikante Begeleiding se fokus is diens aan die predikante van die kerke. Predikante is dissipels van Jesus Christus wat geroep is om ’n verskil in die wêreld te maak, met die spesifieke opdrag om hul roeping in gemeentes of verwante werksaamhede uit te leef. Predikante moet geloofonderskeidend leef om self en saam met ander mense te kan sien waar God aan die werk is sodat almal in die beweging van die Gees van God kan speel en werk en leef. Die “werkplek” van die dominee kan soms baie veeleisend wees en dit vra van die persoon om emosioneel intelligent en geestelik volwasse te wees. Die volgende word aangebied:

Sentrum vir Predikante Begeleiding

Geloofsvormende en –versterkende retraites en geloofsreise

Tyd van Verposing en die voorkoming van Uitbranding

Persoonlike- en pastorale gespreksgeleenthede, Bevestiging en herontdekking van jou Roeping

Begeleiding in die hantering van Konfliksituasies in die gemeente (spanbou)

Brugpastoraat, Induksie, Standplaasverwisseling en Mentorskap

Dr Pierre Goosen | [email protected] Mev Joanie Batt | 021-808-3382 | [email protected] | www.communitas.co.za

2. Vrouebegeleiding (voorheen Vrouediens / Vrouebediening)

Moedersdag is ’n geleentheid om vroue te waardeer en hulle uniekheid te bevestig. Ons rig dus ’n vriendelike versoek aan gemeentes om, indien moontlik, die Vrouebegeleiding se jaarlikse deuroffer op Moedersdag in te samel.

Die Taakspan vir Vrouebegeleiding het nuut begin dink oor God se roeping vir vroue. In hierdie geloofsonderskeidende proses is Vroue met Vlerke gebore. Tydens die geloofsreis help ons vroue om weer opnuut na God se stem te luister. Hierdie reis sluit aan by Communitas se geloofsreis. Ons taakspan is dankbaar vir die seën wat vroue ervaar in hul deelname aan die reis, asook die seën wat dit in gemeentes bring. Ons is dankbaar vir u finansiële ondersteuning. Die fondse wat ons insamel stel ons in staat om vroue verder te begelei in die geloofsreis.

Mev Antoinette Muller | 073-252-8072 | [email protected] Mev Esther Blackaller | 021-808-9060 | [email protected] | www.vroueweskaap.co.za

Page 10: Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika SINODALE ...kaapkerkadmin.co.za/doks/2014Deuroffers.pdfVCSV Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika SINODALE EN SPESIALE DEUROFFERS

10

Getuienis 1. BIBLIA / Bediening aan Seelui / Hawesending

Bykans 30 000 seevaarders uit meer as 70 lande besoek jaarliks die hawe van Kaapstad. Dié buitelandse sendinggeleentheid is letterlik op ons voorstoep. Die bediening van die Christus evangelie aan ons besoekers – deur skeepsbesoeke, persoonlike gesprekke, vriendskaps–evangelisasie en sosiale hulpverlening, word sedert die 1940’s in die Kaapstad hawe onderneem, het 'n ekumeniese uitreikaksie geword en het uitgebrei na die Saldanha hawe. Bediening onder die Vissergemeenskap het hieruit gegroei, is in 1984 in Houtbaai begin en word tans ook in Kalkbaai, Saldanha en Mosselbaai onderneem.

Me Carin Brink | 083-651-9515 | [email protected] | www.arbeidsbediening.co.za

2. RCA Kaapstad / Living Waters gemeente In die 1960’s is die gemeente Sunthosham as werkkring in Kaapstad gevestig binne die Rylands woongebied. Tans fokus dié gemeente as Living Waters hulle energie veral in die Cravenby woongebied met die aangee van die Christus evangelie aan ons Moslem en Hindoe naastes deur middel van vriendskapsevangelisasie, gemeenskapsbetrokkenheid en diens. Dit is ’n baie moeilike arbeidsveld en vrug op die bediening is skaars. Maar, heel onlangs is 'n moeder en vader uit die Hindoeïsme bekeer, gekatkiseer en met groot blydskap saam met twee klein kindertjies gedoop. Die gemeente is klein en maak vir hulle bediening in die Skiereiland besonder staat op die aktiewe meelewing, voorbidding en finansiële ondersteuning uit ons NG Familiekring.

KGA | 021-957 7184 | [email protected] | www.kga.org.za

3. Straatwerk Straatwerk is ’n Christen organisasie wat uitreik na mense in nood in en om die kom van Kaapstad. Ons reik onder andere uit na: vroue vasgevang in prostitusie (en hulle kinders), hawelose mense en diegene wat betrokke is in die nagklubkultuur van ons stad (dwelmhandelaars, mans betrokke in prostitusie, nagklubgangers, ens). Ons hoofdoel is om die Goeie Nuus van Jesus Christus met hulle te deel en om hulle te help hoe dit ook al moontlik is (voedsel, klere, basiese mediese hulp, krisis-verblyf) Met Projek OPHELP / Jesus Saves word hawelose mense ’n geleentheid gebied om ‘kontant in die hand’ te verdien en met die Waardevol vir Jesus Veldtog is ons poging om voorkomend op te tree teen prostitusie, pornografie en misbruik.

Ds Fourie Truter | 021-930-8055 | [email protected] | www.straatwerk.org.za

4. Toerusting vir Missionêre Bedieninge (TMB) Die program Toerusting vir Missionêre Bedieninge (voorheen TIW) aan die Hugenote Kollege rus lidmate en gemeentes toe vir interkulturele diens en getuienis. Gestuurdes van die Here wat kulturele grense oorsteek vind baat by kort kursusse wat sake aanspreek soos byvoorbeeld interkulturele kommunikasie, dienslewering en samewerking in onbekende gemeenskappe, die kruiskulturele verkondiging van die evangelie en bedieninge in informele nedersettings. Die toerusting word saam met gemeentes beplan en neem die spesifieke behoeftes, situasie en verwagte uitkomste van die betrokke gemeentes of lidmate in ag.

Dr Ryk van Velden | 082-857-4368 | [email protected]

Page 11: Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika SINODALE ...kaapkerkadmin.co.za/doks/2014Deuroffers.pdfVCSV Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika SINODALE EN SPESIALE DEUROFFERS

11

5. Getuienis

Zimbawe/Malawi/Mosambiek is die “verpligte” deuroffer vir getuienis. Gemeentes kan drie afsonderlike deuroffers vir elke land opneem, of dit saam opneem. Die sinodale kantoor deel dit dan in drie. Daar is egter ook heelwat ander “nie-verpligte” werkplekke in Afrika en die res van die wêreld, waarvoor gemeentes deuroffers vrywillig kan opneem. Kontak die Getuieniskantoor vir meer besonderhede. Op die deuroffervorm kan u spesifiseer vir watter van die volgende werkgebiede of lande u ’n vrywillige deuroffer opgeneem het.

5.1 Getuienis: Binneland [Die syfers dui die ligging op die kaart aan]

Makhathini (1) Makhathini, net Suid van die grens met Mosambiek, is besonder warm en onherbergsaam. Arm, dikwels ongeletterde mense vorm hier ’n besondere gemeente. Die werk dateer van voor 1923. Die gemeente het sowat 700 lidmate wat by 22 preekpunte bedien word. Evangelisasie veldtogte, sewe kleuterskole, naaldwerkopleiding, ’n baie geslaagde mangoboomprojek en ’n bloekomplantasie kry gefokusde aandag. Die begroting van sowat R900 000 per jaar wat tans sewe werkkragte en van die projekte bekostig, word geheel en al van vrywillige bydraes en geloofsgelofteoffers verhaal. ’n Mooi getal gemeentes en instansies vorm saam met die Diensgroep vir Getuienis die Makhathini vennoot-skap wat die besoeke en uitreikwerk koördineer en bystand verleen.

KGA | 021-957 7184 | [email protected] | www.kga.org.za

Msinga (2) Die VGK gemeente Msinga is geleë in die bergagtige streek tussen Ladysmith, Grey Town en Dundee in KwaZulu-Natal. Dis ’n moeilike arbeidsveld maar die werkkragte hou goeie moed en werk met groot ywer. Mense woon meestal in primitiewe omstandighede, dikwels sonder elektrisiteit en ver van water af. Die gemeente bestaan sedert 1961 en vanaf 1980 ondersteun gelowiges uit die Wes- en Suid-Kaap die werk deur gebede, uitreikaksies en finansiële bydraes. Die Msinga Vennootskap bestaan uit die plaaslike kerkraad saam met gemeentes en instansies uit Kaapland en KZN wat die plaaslike gemeente bystaan met die bekostiging van hul werkkragte en met allerlei gemeenskaps-projekte soos evangelisasie uitreike, bouwerk, kleuterskole en die ontwikkeling van hand-vaardighede.

KGA | 021-957 7184 | [email protected] | www.kga.org.za

Oos-Kaap Getuienis (3) Verskeie werkpunte van die VGKSA in die Oos-Kaap gaan gebuk onder finansiële tekorte en ’n groot behoefte aan toerusting en skoling. Van hierdie werkpunte word reeds aktief ondersteun deur gereelde besoeke en werkerspanne van gemeentes en gelowiges uit die Wes- en Suid-Kaap. Saam met verteenwoordigers van die 10 ringe in die Oos-Kaap bedieningskomitee koördineer KGA die ontwik-keling van vennootskappe tussen gemeentes, instansies en individue om bystand en hulp te verleen in die voormalige Transkei en Ciskei met byvoorbeeld leierskapsontwikkeling, armoedeverligting, evangelisasie, vaardigheidsontwikkeling, entrepeneurskap en die sorg vir kinders en gestremdes.

KGA | 021-957 7184 | [email protected] | www.kga.org.za

Page 12: Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika SINODALE ...kaapkerkadmin.co.za/doks/2014Deuroffers.pdfVCSV Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika SINODALE EN SPESIALE DEUROFFERS

12

5.2 Getuienis: Buiteland

Sien A.13 hier bo vir Zimbabwe, Malawi en Mosambiek.

Kenia

In 1902-1908 het talle SA boere na Oos-Afrika getrek op uitnodiging van die Kenia regering. Die dorp Eldoret is aangelê en ’n NG gemeente gevestig. Uitreike is onder die plaaslike bevolking onderneem. Die Reformed Church in East Africa (RCEA) is in 1963 gestig. Dié kerk bedien lidmate uit al die bevolkingsgroepe van Kenia. Die RCEA konsentreer sterk in die landelike gebiede, maar het ’n groeiende stadsbediening in Nairobi. Die RCEA se teologiese skool te Eldoret lei die kerk se leraars op. Hoewel die kerk dit nie breed het nie, staan hulle moedig met hulle diens en getuienistaak. Hulle maak op ons voorbidding en bystand staat.

KGA | 021-957 7184 | [email protected] | www.kga.org.za

Nigerië Sendelinge uit ons kerkverband het die evangelie reeds in 1911 na die Tiv sprekende mense van Nigerië in Wes-Afrika geneem deur prediking, Bybelvertaling, onderwys, mediese dienste en landbou. In 1957 het ons susterkerk onder die Tiv (NKST) selfstandig geword. Vandag tel hulle bykans 1 miljoen lidmate en aanhangers. In die 1960’s moes ons werkkragte onder andere vanweë die druk teen apartheid uit Nigerië onttrek. Sedert 2004 ontwikkel ons as kerke weer ’n sterk vennootskaplike verband. Ons soek saam na die beste weg om met die liefdes-evangelie van Christus in Afrika en in die wêreld om ons uit te reik. In die afgelope jaar het die NKST hulle naam verander na Die Kerk van Christus, Gereformeerd en Universeel. 15 Nuwe gemeentes is vanjaar gestig, en die NKST reik self toenemend met die evangelie uit na gebiede en lande om die Benue Staat in Nigerië waar die NKST oorspronklik gevestig is.

KGA | 021-957 7184 | [email protected] | www.kga.org.za

Japan KGA en verskeie gemeentes uit ons gebied is vennote in Missie Japan wat ons kerkfamilie se uitreike en die ondersteuning van ons sendelinge daar saam met die “Reformed Church in Japan” koördineer en stuur. Die RCJ nooi Missie Japan uit om in groter mate en langtermyn betrokke te raak by werk op die eiland Shikoku. Dit word beskou as ’n bakermat vir klassieke Boeddhisme. Vroeër was Tobie en Annalie de Wet (vir geruime tyd) asook Theo en Marlene Badenhorst (vir 'n korter periode) by gemeentes en uitreikbedieninge hier betrokke. Tans is Stéphan en Carina van der Watt as leraarspaar met aksies vanaf Tokushima op die eiland Shikoko by 19 gemeentes/ sendingposte betrokke en is Gys en Linda (Olivier), hul onderwyser kollegas werksaam in Kochi.

KGA | 021-957 7184 | [email protected] | www.kga.org.za

Indië Gemeentes, groepe en individue uit ons sinodale gebied ondersteun reeds geruime tyd uitreike en toerustingsaksies in en na Indië. Hierdie land (bykans 80% Hindoes, 12% Moslems en 2,4% Christene) wat Suid-Asië met sy 1,2 miljard inwoners en toenemend kragtige ekonomie domineer, is besonder honger vir die evangelie van Christus. KGA sterk daarom huidig as ’n vennoot die hande van gemeentes en groepe wat die evangelie in en vanuit Indië verkondig.

KGA | 021-957 7184 | [email protected] | www.kga.org.za

Page 13: Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika SINODALE ...kaapkerkadmin.co.za/doks/2014Deuroffers.pdfVCSV Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika SINODALE EN SPESIALE DEUROFFERS

13

Onafhanklike organisasies 1. Bybelgenootskap van Suid-Afrika

Die Algemene Sinode het versoek dat gemeentes dit moet oorweeg om gedurende Pinkster ’n deuroffer vir Bybelverspreiding op te neem en tydens Bybelsondag (laaste Sondag in Augustus) ’n deuroffer vir Bybelvertaling. Albei deuroffers gaan vir die Bybelgenootskap.

Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika se doel is om vir elke mens in sy eie taal ’n bekostigbare Bybel beskikbaar te stel. Hulle doen dit deur Bybels te vertaal en te versprei. Hulle verrig werk wat kerke en gemeentes nie op hul eie kan doen nie. Die Bybelgenootskap staan in diens van die Christelike kerke van Suid-Afrika en die NG Kerk is sy belangrikste en grootste vennoot. Die Bybelgenootskap is die enigste organisasie wat namens die NG Kerk Bybels kan vertaal en ook Bybels versprei. Hulle lewer verslag aan die Algemene Sinode deur die Algemene Taakspan van Bybelvertaling en verspreiding. Die NG Kerk dien ook op die Algemene Jaarvergadering en Direksie van die Bybel-genootskap. Alle donasies van individue, organisasies en gemeentes word uitsluitlik vir Bybel-vertaling en verspreiding aangewend. Die Bybelgenootskap se Bybelverkope finansier personeel en bedryfskoste.

Dr Quintus Heine | 021-910-8781 | [email protected] | www.bybelgenootskap.co.za

2. Christelike Lektuurfonds (CLF) Die Christelike Lektuurfonds voorsien sedert 1957 gratis en bekostigbare lektuur aan mense om die Boodskap van die Bybel aan hul te bring in hul eie taal. Lektuur, in pamfletvorm, dek verskillende temas soos geloofsekerheid, maar spreek ook sosiale kwessies soos dwelm- en alkoholmisbruik aan, asook mishandeling en geweld. Ander temas word omsluit in pamflette oor huweliksverryking, lewenskeuses, depressie, selfmoord, hoe om die dood van ’n geliefde te verwerk en nog vele meer. Hierdie is ’n kragtige evangelisasie instrument vir gemeentes, instansies en individue. CLF beskik ook oor ʼn reeks boeke, onder meer materiaal vir geloofsvorming, bedieningsmateriaal en liedboeke.

Me Driekie Beukes | 021-873-6964 | [email protected] | www.clf.co.za

3. MES Kaapstad Metro Evangeliese Sorg (MES) Kaapstad is ’n Christelike sosiale ontwikkelings-organisasie wat professionele dienste bied vir straatmense, vroue vasgevang in prostitusie en werkloses. MES volg ’n holistiese diensmodel wat hulpbehoewendes rehabiliteer en bemagtig sodat hulle op ’n volhoubare basis onafhanklike lewens kan lei. Die holistiese diensmodel bestaan uit drie dienseenhede: “prevention and intake” (uitreike, basiese behoeftes, voedingskemas); “intervention” (ontwikkeling van vaardighede, akademiese onderrig) en “sustainable exit” (werksgeleenthede, behuising, opvolg). MES glo dat elke persoon uniek is en daarom ontwikkel ons individuele bevorderingsplanne vir elke persoon wat ons help. Lees gerus meer van ons projekte op ons webblad.

Me Ilse Els | 021-949-8736 | [email protected] | www.mes.org.za

4. Radiokansel (Radio Kaapse Kansel) Radiokansel en Radio Kaapse Kansel is ’n onafhanklike, transkerklike en transkulturele Christelike multimedia organisasie met die Goddelike opdrag om die evangelie van Jesus Christus hoofsaaklik aan alle Suid-Afrikaners te verkondig by wyse van hoë kwaliteit radio- en televisieprogramme, publikasies, die elektroniese media en uitreikaksies, met die doel om ongelowiges vir Christus te wen en gelowiges in hul Christelike geloof op te bou. Radiokansel kan ook op DSTV Audiokanaal 882 geluister word asook op www.radiokansel.co.za, www.kaapsekansel.co.za en www.capepulpit.co.za

Mnr Kosie Burger | 021-917-7000 | [email protected] | www.radiokansel.co.za

Page 14: Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika SINODALE ...kaapkerkadmin.co.za/doks/2014Deuroffers.pdfVCSV Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika SINODALE EN SPESIALE DEUROFFERS

14

5. Verenigende Christen-Studentevereniging (VCSV) Dit is die VCSV se roeping om kinders en jongmense te help om teen hedendaagse probleme en Godloosheid bestand te wees sodat hulle as jong Christene uitstaan in ’n wêreld waar geloof en toe-wyding voortdurend uitgejaag en afgebreek word. Die VCSV is benewens die VCSV-takke in skole ook betrokke by jeugkampe, uitreike, stranddienswerk, avontuurbediening en lewensvaardigheidspro-gramme. Die Bybel en die bestudering daarvan, gebed en die soeke na die wil van God staan sentraal in die werk van die VCSV. Die VCSV is ’n geloofsorganisasie wat volledig op die voorsiening van die Here vertrou vir vrywillige hulp en finansiële ondersteuning. Vir verdere inligting oor die VCSV kan u ons webblad besoek of gesels met ons op ons “facebook” blad. Baie dankie vir u ondersteuning en gebede.

Me Colleen Harmse | 021-887-0212 | [email protected] | www.vcsv.co.za | Facebook: vcsv/ucsa

Algemene Navrae Beplan gerus die deuroffers rondom erkende feesdae en spesiale Sondae. Dowes, Blindes, Jeug, Jode en ander het almal spesiale dae. Dan is daar spesiale versoeke soos die Bybelgenootskap wat vra dat daar tydens Pinkster en by Bybelsondag (31 Augustus 2013) vir hulle ’n deuroffer sal wees. Vrouebegeleiding vra dit op Moedersdag (11 Mei 2014) sal wees. Sien volgende bladsy vir 2014 se datums – let wel: dit is geen voorskrif nie, dit is ’n wenk. Algemene navrae oor die lys van verpligte en vrywillige sinodale offers kan aan die Saakgelastigde (ds Bossie Minnaar) gerig word by [email protected] of telefoon 021-957-7104. Tegniese navrae oor betalings en vorms word direk aan mev Hannelie Strydom gerig by [email protected] of telefoon 021-957-7111. Taal- en spelreëls: Elke paragraaf is deur ’n verteenwoordiger van die betrokke ontvanger van die deuroffer geskryf. Aanvaar dus asseblief dat “Dowes” met ’n hoofletter geskryf word en “blindes” met ’n kleinletter. Dit is hoe die spesifieke instansies dit wil hê. En jeug se “#imagine” word só geskryf!

Page 15: Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika SINODALE ...kaapkerkadmin.co.za/doks/2014Deuroffers.pdfVCSV Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika SINODALE EN SPESIALE DEUROFFERS

15

Vakansie- en Kerklike Feesdae en Biddae – 2014

Nuwejaarsdag 1 Januarie

Week van Gebed begin 6 Januarie

Biddag vir Opvoeding en Onderwys 9 Februarie

Lydensweke begin 2 Maart

Aswoensdag 5 Maart

Wêreldbiddag vir Mans 1 Maart

Wêreldbiddag vir Vroue 7 Maart

Menseregtedag 21 Maart

Dag van Danksegging en Verootmoediging 6 April

Goeie Vrydag 18 April

Paasfees 20 April

Gesinsdag 21 April

Vryheidsdag 27 April

Openbare vakansiedag 28 April

Skole vakansiedag 29 April

Skole vakansiedag 30 April

Werkersdag 1 Mei

Skole vakansiedag 2 Mei

Arbeidsondag 4 Mei

Moedersdag 11 Mei

Hemelvaart 29 Mei

Biddag vir die Ekologie 1 Junie

Pinksterfees 8 Junie

Biddag vir Jeug en Kategese 8 Junie

Vadersdag 15 Junie

Jeugdag 16 Junie

Nasionale Biddag vir Blindes 15 Junie

Nasionale Vrouedag 9 Augustus

Bybelsondag 31 Augustus

Nasionale Biddag vir Dowes 7 September

Leprosesondag (Melaatse) 14 September

Toerustingsondag 14 September

Erfenisdag 24 September

Biddag vir Bejaardes 5 Oktober

Bediening aan die Jode 5 Oktober

Biddag vir Gesondheidsdienste 19 Oktober

Hervormingsfees 26 Oktober

Biddag vir Beskermingsdienste 16 November

Biddag in aansluiting by Wêreldvigsdag 30 November

Wêreldvigsdag 1 Desember

Versoeningsdag 16 Desember

Kersfees 25 Desember

Welwillendheidsdag 26 Desember

Page 16: Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika SINODALE ...kaapkerkadmin.co.za/doks/2014Deuroffers.pdfVCSV Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika SINODALE EN SPESIALE DEUROFFERS

16

Datum inbetaal:

Rek nr Bedrag

SINODALE AANDEEL 0

* = 1100/AI/ Rek nr Bedrag

Arbeidbediening */D06/069

BADISA V10101 Rek nr Bedrag

Bediening aan die Dowes V10102 Alta du Toit Nasorg (Bellville) V14150

Bediening aan die Jode */D03/021 Alta du Toit-skool (Kuilsrivier) V14100

Gemeentebediening */D01/033 Eljada Nasorg (Oudtshoorn) V14181

Gemeentehulpfonds */D05/020 Hoop en Versoening Trust

Gemeente-ontwikkeling */D01/025/P25300 Hugenote Kollege V10136

Hospitaalbearbeiding */D02/314 Instituut vir Blindes V10122

Instituut vir Dowes V10124 Jan Kriel Instituut (Kuilsrivier) V10126

Jeugwerk */D01/061 Kinderhuise (Algemeen) /R14170

Studentebearbeiding */D01/062 Durbanville Kinderhuis V10117

Teologiese Kweekskool */D04/024 Herberg Kinderhuis V10118

Zimbabwe/Malawi/Mosambiek */D03/115 Magdalenahuis V10130

Ramot V14179

Predikantebegeleiding */D01/034

Vrouebegeleiding */D01/030

Rek nr Bedrag Biblia / Hawesending / Seelui */D06/070

Bybelgenootskap V10106 Indiërsending / RCA */D03/017

CLF V10112 Straatwerk V10104

MES Kaapstad V14180 TMB (Toerusting Missionêr) */D03/115/P15605

Radiokansel V10140 Makhathini */D03/66

VCSV V10114 Msinga /R15206

Oos-Kaap *D03/115/P15601

Kenia *D03/115/P15603

Nigerië *D03/115/P15602

Japan *D03/115/P15604

VBO (R1 200,00 per jaar per leraar)* Indië *D03/115/P15604

Maak asseblief seker dat die gemeente se naam en kode ingevul is voordat u hierdie vorm aan die sinodale kantoor faks / e-pos.

SINODALE AANDEEL

SINODALE deuroffers (Verpligtend)

Kantoorgebruik :

Kwitansienommer:

NG Gemeente:

Gemeentekode:

BESONDERHEDE VAN OORBETALING

Aantal leraars @ R1 200,00 Totale bedrag oorbetaal: -R

SPESIALE deuroffers (vrywillig) - vervolg

ONAFHANKLIK

SPESIALE deuroffers (vrywillig)

BARMHARTIGHEID

*Bes lui t 23 (Sinode 2011) vra dat die VBO-heffing in Maart betaal moet word.

COMMUNITAS

GETUIENIS

SINODALE AANDEEL en DEUROFFERS 2014/5

BETALINGS AAN: NG Kerk in SAABSA Bellville - takkode: 632-005

Rekeningnr: 360-000-451

Stuur hierdie vorm en betalingsbewys asseblief aan

Hannelie Strydom by:

Faks: 086-524-7116 of 021 -957 -7101

E-pos: [email protected]

Pos: Privaatsak X8, Bellville, 7535

Navrae - Tel: 021-957-7111 of 021-957-7104

Spesiale deuroffers wat nie hier gelys word nie, moet

asseblief direk aan die betrokke instansie oorbetaal word.

Moenie dit asseblief nie aan die Sinode stuur nie.

Voorbeeld van die Sinodale Aandeel en Deuroffervorm (Slegs ter illustrasie – moenie hierdie vorm gebruik nie)