Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan. 5,1-2 en 7,28-29...1 En dan gaan ons kyk na die...

18
Mattheus 5:1-2 & 7:28-29 Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan. Januarie 2018 Ps 145: 1, 5, 6, 7 – vooraf Ps 103: 1, 10, 11 – lofpsalm Ps 79: 5, 6 – na wet Ps 119: 7 – as antwoord op die Woord Ps 34: 1, 2, 3 – tydens Barmhartigheidsdiens Ps 72: 1, 2, 4 – slotpsalm Lees: Mat 4:23-5:2 en Mat 7:28-39 Skrifverklaring. Inleiding. Geliefdes ons gaan nou as-ie HERE wil vir ‘n paar maande in Jesus se Bergpredikasie stilstaan. Hoekom? Wel omda-dit so belangrik is. Verduidelik 1 I Dis belangrik want Jesus preek oor wie in-ie Koninkryk van God is en daarom werklik salig is. En hoe ons deel van hulle kan wees. II Maar Jesus preek ook oor ons nuwe lewe in-ie Koninkryk. Dis ‘n radikaal nuwe lewe vir God vir mekaar en vir ons naaste. Toepassing 2 En dis so belangrik. Want buite God se Koninkryk bly daar uiteindelik niks anders oor as hel nie. En daarby: ‘n Nuwe lewe in-ie Koninkryk vir God en ons naaste is regtig die enigste manier hoe ek en jy God kan verheerlik kan groot maak vir ons naaste kan wys dat God die belangrikste is en hulle vir Jesus kan wen. En dis waarvoor God ons geskep het en ook verlos. Dis om Hom te verheerlik Hom groot te maak. 3 So hierdie preek van Jesus sy Bergpredikasie in Mat 5-7 is regtig net so so belangrik. Dis hoekom ons vir-ie volgende paar maande hier deur gaan werk. En dan gaan ons vandag begin met ‘n oorsig. Dis ook ons tema. Jesus se Bergpredikasie: En ons oorsig daaroor. 1 Vgl Lloyd-Jones, Studies in the Sermon 0nthe mount, bl 533-534 2 Vgl Macarthur se Mat komm bl 135 3 Jes 43:8; Rom 11:36

Transcript of Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan. 5,1-2 en 7,28-29...1 En dan gaan ons kyk na die...

Page 1: Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan. 5,1-2 en 7,28-29...1 En dan gaan ons kyk na die Bergpredikasie I se konteks II en inhoud III Ons gaan stil staan by Jesus wat hier preek

Mattheus 5:1-2 & 7:28-29

Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan. Januarie 2018 Ps 145: 1, 5, 6, 7 – vooraf

Ps 103: 1, 10, 11 – lofpsalm Ps 79: 5, 6 – na wet Ps 119: 7 – as antwoord op die Woord

Ps 34: 1, 2, 3 – tydens Barmhartigheidsdiens

Ps 72: 1, 2, 4 – slotpsalm

Lees: Mat 4:23-5:2 en Mat 7:28-39

Skrifverklaring. Inleiding.

Geliefdes ons gaan nou as-ie HERE wil

vir ‘n paar maande in Jesus se Bergpredikasie stilstaan. Hoekom?

Wel omda-dit so belangrik is.

Verduidelik1 I Dis belangrik want Jesus preek

oor wie in-ie Koninkryk van God is en daarom werklik salig is. En hoe ons deel van hulle kan wees.

II Maar Jesus preek ook oor ons nuwe lewe in-ie Koninkryk.

Dis ‘n radikaal nuwe lewe vir God vir mekaar en vir ons naaste.

Toepassing2 En dis so belangrik. Want buite God se Koninkryk bly daar uiteindelik niks anders oor as hel nie.

En daarby: ‘n Nuwe lewe in-ie Koninkryk vir God en ons naaste

is regtig die enigste manier

hoe ek en jy God kan verheerlik kan groot maak vir ons naaste kan wys

dat God die belangrikste is en hulle vir Jesus kan wen.

En dis waarvoor God ons geskep het en ook verlos.

Dis om Hom te verheerlik Hom groot te maak.3

So hierdie preek van Jesus sy Bergpredikasie in Mat 5-7

is regtig net so so belangrik.

Dis hoekom ons vir-ie volgende paar maande hier deur gaan werk.

En dan gaan ons vandag begin met ‘n oorsig.

Dis ook ons tema.

Jesus se Bergpredikasie: En ons oorsig daaroor.

1 Vgl Lloyd-Jones, Studies in the Sermon 0nthe mount, bl 533-534 2 Vgl Macarthur se Mat komm bl 135 3 Jes 43:8; Rom 11:36

Page 2: Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan. 5,1-2 en 7,28-29...1 En dan gaan ons kyk na die Bergpredikasie I se konteks II en inhoud III Ons gaan stil staan by Jesus wat hier preek

1

En dan gaan ons kyk na die Bergpredikasie

I se konteks

II en inhoud

III Ons gaan stil staan by Jesus wat hier preek

IV en by ons reaksie op hierdie preek.

1. So kom ons begin by-ie Konteks van Jesus se preek.

A. En dis ook belangrik.

Verduidelik4 Want as ons-ie Bergpredikasie uit sy konteks uit haal

kan ons baie daarmee maak

wat Jesus net nooit daarmee bedoel het nie.

Het julle-it al beleef?

Iemand vat jou woorde

en vertel-it heeltemal buite konteks oor.

Op-ie ou-end al het daai ou presies jou woorde gebruik

verdraai hy helemal wat jy gesê het. Dis erg. Dit maak mens kwaad.

Dis hoekom konteks so belangrik is.

Ook by Jesus se bergpredikasie.

As jy hiredie preek van Jesus uit sy konteks uithaal

kan jy allerhande goed daarmee aanvang waarvoor Jesus-it net nooit bedoel het nie.

Voorbeelde I Party ouens dink ons kry hier wonderlike idees

oor hoe ons op ons eie van-ie wêreld ‘n beter plek kan maak.

Veral as jy by Jesus se Bergpredikasie so bietjie Nelson Mandela en Mahatma Gandi byvoeg.

Dan word Jesus saam met Mandela en Gandi ouens

wat regtig sommer ‘n groot bydra lewer tot ‘n beter wêreld.

II Of nog ander ouens sal sê

dat Jesus in sy Bergpredikasie sy wette waarmee jy as jy-it doen

self op jou eie regverdig voor God kan wees.

Nou dis natuurlik dwaal-leer.

Want ons kan alleen uit genade

deur-ie geloof in Jesus voor God regverdig wees. En ons wat verlore en totaal verdorwe is

kan met die beste wette en idees

selfs uit Jesus se Bergpredikasie

nie van-ie wêreld ‘n beter plek maak nie.5

Maar nou-sie vraag: Hoekom werk ouens so verkeerd met Jesus se Bergpredikasie?

4 Vgl Ridderbos. De Komst van het Koninkrijk, bl 217-218; Groendewald, Oorvloediger Geregtigheid, bl 12-15 5 Vgl. DL 3/4:5

Page 3: Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan. 5,1-2 en 7,28-29...1 En dan gaan ons kyk na die Bergpredikasie I se konteks II en inhoud III Ons gaan stil staan by Jesus wat hier preek

2

Wel een van-ie redes

is omdat hulle nie werk met die Bergpredikasie se Konteks nie.

B. En hierdie Konteks is Jesus se verkondiging

van-ie Evangelie van-ie Konikryk van God.

Opmerking So kom ons gaan daarop in.

Mat 5:1 begin-it vir ons wys.

Kyk daar staan:

“En toe Hy (Jesus6) die skare sien, het Hy op die berg geklim ...”

Opmerking En dan-sit van-aai berg af dat Jesus sy preek gee

wat ons die Bergpredikasie noem.

Maar sien jullu wanneer gebeur-it?

Dis toe Jesus die skares gesien het. Of net nadat Jesus die skares gesien het.7

So wie’s hierdie skares?

Verduidelik8 Wel-ie vorige vers vertel ons. Mat 4:25.

Want daar lees ons dat “groot menigtes

die Griekse woord is οχλοι presies-ie selfde een

as wat ons met skares vertaal in Mat 5:1 Hom gevolg het van Galiléa en Dekápolis en Jerusalem en Judéa en van oorkant die Jordaan af.”

Opmerking9 Julle kan kyk in-ie Basuin is-aar ‘n kaart

wat wys waar “Galiléa en Dekápolis en Jerusalem en Judéa en oorkant die Jordaan” of ‘Peria’ was.

Dis eintlik alles gebiede

wat in-ie OT deel was van Israel se beloofde land.

So op-ie oomblik is hier hierdie groot skares uit Issrael

wat wat vir Jesus volg.

En dan as Jesus hulle sien sê Mat 5:1 dat Jesus “op die berg geklim het” . En dan begin Jesus sy Bergpredikasie.

* * * * *

6 1a – Die naaste antesedant wat in getal ooreenstem met die 3de ev subjek van ανεβη en dan ook aaneneem word deur

ιδων is ‘Jesus’ in Mat 4:23, net in die vorige perikoop (vgl. Morris se Mat komm. bl. 90; Turnur se Mat komm. bl. 138; Grosheide se Mat komm. bl. 44).

7 1a – Die aor part frase ιδων δε τους οχλους sê vir ons wat net voor die hoof-ww gebeur het (vgl Greek Grammar beyond basics bl 624).

8 Vgl Morris se Mat komm bl 93; Ridderbos se Mat komm bl 90; Grosheide se Mat komm bl 44; France se Mat komm bl 156; Turnur se Mat komm bl 140; Van Bruggen se komm bl 81.

9 Vgl Bybelse Ensiklopedie bl 112, 164; Grosheide se Mat komm bl 44; Turnur se Mat komm bl 140; Nolland se Mat komm bl 185; Van Bruggen se Mat komm bl 20-21, 79, 80-81; France se Mat komm bl 152.

Page 4: Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan. 5,1-2 en 7,28-29...1 En dan gaan ons kyk na die Bergpredikasie I se konteks II en inhoud III Ons gaan stil staan by Jesus wat hier preek

3

C. Maar waarom volg hierdie groot skares vir Jesus?

Wel ons moet net so bietjie terug-lees na Mat 4:23-24

dan gaan ons-ie antwoord kry.10

Verduidelik Mat 4:23 sê dat “Jesus deur die hele Galiléa rondgegaan en in hulle sinagoges geleer en die evangelie van die koninkryk verkondig het ...” Mat 4:23 sê ook dat Jesus wonderwerke gedoen het.

Of Wonder-genesings.

En daarmee het Jesus die goeie nuus

van-ie Evangelie van-ie Koninkryk van God net nog verder met hierdie wonderwerk-dade verkondig.11

En dan? Wel Jesus word bekend. Sommer baie.12

Dis hoekom Mat 4:24 sê:

“En die gerug (Of dit wat vertel is13) aangaande Hom is versprei oor die hele Sírië ...”

Verduidelik14 En Sirië is Noord-oos van Galilea. Dis-ie OT Aram.

Dis heeltemal buite Galilea en Israel.

Dit kan ook wees dat Mattheus hier praat oor Sirië as-ie Romeinse profinsie Sirië.

En al-ie plekke wat in Mat 4:25 genoem word

“Galiléa en Dekápolis en Jerusalem en Judéa en oorkant die Jordaan” plus-ie Sirië of Aram

soos-it in-ie OT genoem is was deel van-ie profinsie Sirië.

Hoe ook al as Mat 4:24 sê dat “die gerug aangaande (Jesus) versprei is oor die hele Sírië” dan sê-it vir ons

dat Jesus met sy verkondiging van-ie Koninkryk van God

en sy wonderwerke daarmee saam

regtig ver en wyd tot ver buite Galilea bekend geword het.

En dan?

Wel van-ie gevolg15 van Jesus se bekendheid

hoor ons verder aan in Mat 4:24

“en hulle het na Hom gebring almal wat ongesteld was, wat gekwel was deur allerhande siektes en pyne en wat van duiwels besete was, en maansiekes en verlamdes; en Hy het hulle gesond gemaak.”

10 Vgl Turnur se Mat komm bl 140; Hendriksen se Mat komm bl 251; Ridderbos se Mat komm bl 85. 11 Vgl. Ridderbos, De Komst van het Koninkrijk, bl. 72-74, 112 12 Vgl France se Mat komm bl 151; Van Bruggen se Mat komm bl 79; Morris se Mat komm bl 89 13 Mat 4:24a – Die Griekse tek sê: η ακοη αυτου. Hierdie is ‘n objek-gen konstruk wat ons kan verstaan as ‘wat oor Hom

oorvertel is’ (vgl Greek Grammar beyond basics bl 116-117; Grosheide se Mat komm bl 43; Turnur se Mat komm bl 140; Ridderbos bl 84).

14 Vgl Nolland se Mat komm bl 183; Turnur se Mat komm bl 140; Morris se Mat komm bl 89; France se Mat komm bl 151 15 Vgl. Turnur se Mat komm. bl. 140; Hendriksen se Mat komm. bl. 251

Page 5: Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan. 5,1-2 en 7,28-29...1 En dan gaan ons kyk na die Bergpredikasie I se konteks II en inhoud III Ons gaan stil staan by Jesus wat hier preek

4

En dit maak Jesus net nog meer bekend.16

Daarom17 dat Mat 4:25 sê:

“En groot menigtes het Hom gevolg van Galiléa en Dekápolis en Jerusalem en Judéa en van oorkant die Jordaan af.” En toe? Wel Mat 5:1 sê:

“En toe (Jesus) die skare sien, het Hy op die berg geklim ...” En dan begin Jesus met sy Bergpredikasie.

Oorgang So sien julle?

Die konteks van Jesus se Bergpredikasie is Jesus wat die Koninkryk van God verkondig.

Ook met sy Wonderwerke.

As Jesus nie daarmee besig was-ie

sou-aar nie hierdie groot skares gewees het nie.

Dan sou Mat 5:1 ook-ie vertel het van Jesus wat hierdie skares gesien het en toe na hierdie berg toe gegan het

waar Hy sy Bergpredikasie gegee het nie.

So dis belangrik.

Jesus se Bergpredikasie kan jy nie losmaak

van Jesus se verkondiging van-ie Evangelie van-ie Koninkryk van God nie. * * * * *

So wat’s hierdie Evangelie hierdie goeie-nuue oor-ie Koninkryk van God.

Wel dis net wonderlik.

En as ons-it begin verstaan dan help-it ons ook

om Jesus se Bergpredikasie beter te verstaan.

2. So kom ons gaan hierop in. Op-ie betekenis van-ie Evangelie van-ie Koninkryk van God.

En dis nog steeds deel van-ie baie belangrike Konteks

van Jesus se Bergpredikasie.

A. Nou baie belangrik is-at

as Jesus oor-ie Koninkryk praat Hy nie verduidelik wat dit is nie.18

Bewys Byvoorbeeld in Mat 4:17 sal Jesus net sê:

“Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele (of van God19) het naby gekom.”

Nêrens verduidelik Jesus of Mattheus

wat hierdie Koninkryk van God beteken nie.

So hoekom nie?

16 Vgl Ridderbos se Mat komm bl 85; Van Bruggen se Mat komm bl 79. 17 Vgl Grosheide se Mat komm bl 44; Ridderbos se Mat komm bl 85; Morris se Mat komm bl 90; France se Mat komm bl 152 18 Vgl Ridderbos, De Komst van het Koninkrijk, bl. 24 19 Vgl Luk 15:18 wat wys dat Hemele ‘n manier is om te praat van God (Ladd, A Theology of the New Testament, bl 64).

Page 6: Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan. 5,1-2 en 7,28-29...1 En dan gaan ons kyk na die Bergpredikasie I se konteks II en inhoud III Ons gaan stil staan by Jesus wat hier preek

5

Verduidelik20 Wel omdat die Israeliete

aan wie Jesus-ie Evangelie van-ie Koninkryk verkondig weet

waarvan Hy praat.

Jesus hoef-it nie te verduidelik nie.

Oukei so hoe weet die Israeliete van-ie Koninkryk

en wat dit beteken?

Verduidelik21 Wel vanuit die OT.

I Die OT leer-at die Koninkryk van God die HERE se soewerein-almagtige regering oor alles is.

Ps 103:19 byvoorbeeld sê:

“Die HERE het sy troon in die hemel gevestig, en sy koninkryk heers oor alles.”

II Maar dan verkondig-ie OT ook dat die HERE sy Koningsheerskappy laat kom.

Dis altyd oor alles.

Maar-it kom ook soewerein-almagtige

in hierdie stukkende wêreld vol sonde en dood en Goddeloosheid.

Die HERE laat dit kom in oordeel om so al wat Goddeloos en boos is uit te roei tot in-ie hel.

Maar dan laat die HERE sy Koningsheerskappy ook kom in verlossing

vir elkeen van sy gelowige dissipels.

Bewys22 Hoor hoe praat die HERE hieroor byvoorbeeld deur sy profeet Jesaja. In Jes 40:9-10 staan daar:

“o Jerusalem, verkondiger van goeie boodskap, hef jou stem op met mag ... Sê aan die stede van Juda: Hier is julle God! Kyk, die Here HERE sal kom as ‘n Sterke, en sy arm sal heers ...”

III Dis dan dat die HERE se nuwe-tyd

of sy nuwe bedeling van sy vrede-ryk

sonder sonde sonder Satan sonder dood sal aanbreek.

Bewys Miga vertel in Miga 4:3

dat wanneer-ie HERE sy koningsheerskappy laat kom

dan sal die volke “van hul swaarde pikke smee

20 Vgl Ridderbos, De Komst van het Koninkrijk, bl. 24 21 Vgl Ridderbos, De Komst van het Koninkrijk, bl. 24-27 22 Hoor hoe praat Sef 3:14-15 hieroor: “Jubel, o dogter van Sion, juig, o Israel! Verheug jou en jubel van ganser harte, o

dogter van Jerusalem! Die HERE het jou oordele opgehef, jou vyand weggeveeg; die koning van Israel, die HERE is by jou, jy sal geen kwaad meer vrees nie.”

Page 7: Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan. 5,1-2 en 7,28-29...1 En dan gaan ons kyk na die Bergpredikasie I se konteks II en inhoud III Ons gaan stil staan by Jesus wat hier preek

6

en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie.”

Jes 25:8 sê

dat die HERE dan “die dood vir ewig sal vernietig, en die Here HERE sal die trane van alle aangesigte afvee ...”

Dis dan

dat die HERE “’n nuwe hemele en ‘n nuwe aarde sal skep ...” Jes 65:17 vertel ons daarvan.

Opmerking Is-it nie wonderlke nie!!

IV Wat nog baie belangrik is

is-at die HERE sy Koninkryk sy Koningsheerskappy laat kom

deur sy Messias.

Ps 2 byvoorbeeld vertel daarvan.

Ook Ps 45 en Ps 72 en Ps 110.

Bewys Hoor hoe praat Jesaja daaroor in Jes 9:5-6.

“Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors— tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid ...”

So die HERE laat sy Heerskappy kom deur sy Messias wat tegelyk God is en uit die geslag van Dawid kom.

In Jes 61:1-2 gaan dit ook daaroor.

Daar praat die Messias profeties deur Jesaja.

En dan sê Hy:

“Die Gees van die Here HERE is op My, omdat die HERE My gesalf het om ‘n blye boodskap te bring aan die ootmoediges” “Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes ‘n vrylating uit te roep ... om uit te roep ‘n jaar van die welbehae van die HERE en ‘n dag van die wraak van onse God; om al die treurendes te troos.”

Page 8: Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan. 5,1-2 en 7,28-29...1 En dan gaan ons kyk na die Bergpredikasie I se konteks II en inhoud III Ons gaan stil staan by Jesus wat hier preek

7

En dis-e Evangelie van die Koninkryk

wat Jesus leer en verkondig as Mat 4:23 sê:

“En Jesus het deur die hele Galiléa rondgegaan en in hulle sinagoges geleer en die evangelie van die koninkryk verkondig ...”

Bewys23 In Luk 4 kry ons ‘n mooi voorbeeld hiervan.

Hoor wat staan daar in Luk 4:16-21:

“Toe kom (Jesus) in Násaret ... en soos Hy gewoond was, gaan Hy op die sabbatdag in die sinagoge en staan op om te lees.” “En die boek van die profeet Jesaja is aan Hom oorhandig; en toe Hy die boek oopmaak, kry Hy die plek waar geskrywe is: Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees; om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur ...” “En nadat Hy die boek toegemaak ... het, gaan Hy sit, en die oë van almal in die sinagoge was op Hom gevestig. Toe begin Hy vir hulle te sê: Vandag is hierdie Skrif in julle ore vervul.”

Verduidelik Sien julle hoe leer en verkondig Jesus

die Evangelie van-ie Koninkryk van God.

Hy doen-it uit die OT.

En Hy verkondig

dat Hy die Gesalfde Messias van-ie HERE is wat die Koninkryk laat kom.

* * * * *

B. Maar nou-saar nog iets.

En dis-at die Koninkryk van God in sy volheid

soos-ie OT-profete daaroor verkondig het

sal kom as Jesus weer kom. Maar maar en dis belangrik.

In Jesus is-ie Koningkryk van God nou al reeds ‘n werklikheid.

Verduidelik24 So-ie Koninkryk van God het hierdie twee goed.

23 Vgl TDNT vol 2 bl 139-141; Van Bruggen se Mat komm bl 78; Grosheide se Mat komm bl 43; Turnur se Mat komm bl 139;

France se Mat komm bl 150. 24 Vgl Ridderbos, De Komst van het Koninkrijk, bl. 60-62; Ladd, A Theology of the New Testament, bl 64-65

Page 9: Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan. 5,1-2 en 7,28-29...1 En dan gaan ons kyk na die Bergpredikasie I se konteks II en inhoud III Ons gaan stil staan by Jesus wat hier preek

8

Dis reeds en nog nie.

In Jesus het die Koningsheerskappy van-ie HERE

al reeds kargatig in hierdie sondige stukkende wêreld

onder-ie slawe-mag van Satan en sonde en dood ingebreek.

Die volheid daarvan is op pad.

Bewys Ons sien-it mooi daar in Luk 4

as Jesus in Nasaret se Sinagoge uit Jes 61:1-2 preek.

En dan sê:

“Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees; om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur ...”

En dan verder praat en sê:

“Vandag is hierdie Skrif in julle ore vervul.” Sien julle?

Die Koninkryk van God is reeds ‘n werklikheid. Want Jesus sê:

“Vandag is hierdie Skrif in julle ore vervul.”

Jesus is-aai Messias

wat met die Heilige Gees gesalf is

wat die nuwe tyd van God se Koninkryk bring.

En dan’s Jesus hier. Hy’s ‘n werklikheid by ons.

So daarom he-die koninkrik in Hom reeds gekom.

Toepassing En dis wonderlik.

En ons sal van volgende week af in Jesus se Bergpredikasie meer leer oor wat dit vir ons elke-dag-se-lewe prakties beteken.

Maar vir nou moet ons-it net raaksien.

Deel van Jesus se Evangelie van-ie Koninkryk van God

is-at hierdie Koninkryk in Hom reeds

in sy gelowige-dissipels en in-ie wêreld ‘n werklikheid begin word.

By sy wederkoms sal-it heeltemal volkome wees.

* * * * *

C. Jesus wys-it ook met sy wonderwerke.

Verduidelik25 Die profete verkondig

dat as-ie HERE sy Koningsheerskappy in hierdie stukkende wêreld

25 Vgl Ridderbos, De Komst van het Koninkrijk, bl. 64-66; Ladd, A Theology of the New Testament, bl 64-65

Page 10: Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan. 5,1-2 en 7,28-29...1 En dan gaan ons kyk na die Bergpredikasie I se konteks II en inhoud III Ons gaan stil staan by Jesus wat hier preek

9

in-ie mag van Satan en sonde en dood laat inbreek deur sy Messias

“Dan sal die oë van die blindes geopen en die ore van die dowes ontsluit word. Dan sal die lamme spring soos ‘n takbok, en die tong van die stomme sal jubel ...” Jes 35:5-6

dan word die “blye boodskap (ge)bring aan die ootmoediges ... die gebrokenes van hart word verbind ... vir die gevangenes word ‘n vrylating uit (ge)roep ...” Jes 61:1.

En dan? Wel in Mat 11 is-aar volgelinge van Johannes-ie doper

wat vir Jesus kom vra: “Is U die (Messias) wat sou kom, of moet ons ‘n ander een verwag?”26

En dan? Wel hoor wat sê Jesus vir hulle:

“En Jesus het geantwoord en vir hulle gesê: Gaan vertel aan Johannes wat julle hoor en sien: blindes sien weer en kreupeles loop, melaatses word gereinig en dowes hoor, dooies word opgewek en aan armes word die evangelie verkondig.”27

* * * * *

Sien julle?

Die HERE se koningsheerskappy het reeds werklikheid geword

want Jesus doen dan-ie wonders

waaroor die profete geprofeteer het.

Die wonders wat sal gebeur as-ie Koninkryk van God kragtig in hierdie wêreld inbreek.

En dan daarmee saam wys Jesus met sy wonders

hoe sy hele skepping

en elkeen van sy gelowige dissipels bevry sal wees

van-ie slawerny van sonde en dood en Satan uiteindelik in-ie volheid van die Koninkryk.28

Bevinding Is-it nie wonderlik nie!!

Oorgang Nou dis-ie Evangelie van-ie Koninkryk wat Jesus verkondig.

En dan volg hierdie groot skares Hom sê Mat 4:25.

En dan sê Mat 5:1

“En toe Hy die skare sien, het Hy op die berg geklim ...”

26 Mat 11:3 27 Mat 11:4-5 28 Jes 33:24

Page 11: Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan. 5,1-2 en 7,28-29...1 En dan gaan ons kyk na die Bergpredikasie I se konteks II en inhoud III Ons gaan stil staan by Jesus wat hier preek

10

En dan?

Wel kyk verder in Mat 5:1&2

“en nadat Hy gaan sit het, het sy dissipels na Hom gekom; en Hy het sy mond geopen en hulle geleer ...”

Verduidelik29 En as vers 2 sê

dat Jesus “sy mond geopen en hulle geleer het” dan sê-it vir ons net een ding.

En dis-at Jesus in-ie Bergpredikasie weer besig gaan wees

om-ie Evangelie van-ie Koninkryk van God te verkondig.

Net soos Hy nog-ie heeltyd doen. Soos Mat 4:23-25 ons daarvan vertel.

Toepassing So sien julle?

Jesus se Bergpredikasie is-ie iets

wat jy kan los maak van sy verkondiging van-ie Evangelie van-ie Koninkryk van God nie.

Allermins!

Nee Jesus se Bergpredikasie is juis deel van sy verkondiging

van-ie Evangelie van-ie Koninkryk.

As Mat 5:1-2 sê:

“En toe (Jesus) die skare sien, het Hy op die berg geklim; en nadat Hy gaan sit het, het sy dissipels na Hom gekom; en Hy het sy mond geopen en hulle geleer ...”

dan gaan Jesus in sy Berpredikasie weereens lering gee oor-ie Koninkryk van God.

En dis waar ons vir-ie volgende paar maande gaan wees.

In Jesus se Bergpredikasie

waar Hy vir ons meer gaan leer oor-ie Koninkryk van God.

* * * * * 3. Maar kom ons kry vir nou net eers ‘n lekker oorsig

oor-ie Inhoud van Jesus se preek.

Opmerking En ek dink daar’s drie hoofpunte

in hierdie preek van Jesus.30

A. In sy eerste punt leer Jesus ons

van-ie wonderlike seën en geluk

29 Vgl Ridderbos se Mat komm bl 85-86; Nolland se Mat komm bl 190, 193; France se Mat komm bl 153; Turnur se Mat

komm bl 142 30 Vgl Lloyd-Jones, Studies in the Sermon on the Mount, bl 184, 212, 533-534; Turnur se Mat komm bl 146-147, 193; France

se Mat komm bl 155, 188-191; Green se Mat komm bl 89, 91; Ridderbos se Mat komm bl 92, 98, 103, 125-126, 139, 146; Nolland se Mat komm bl 196-197, 211-212, 232; Van Bruggen se Mat komm bl 85, 115; Macarthur se Mat komm bl 351; Groenewald, Oorvlodiger Geregtigheid, bl 23.

Page 12: Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan. 5,1-2 en 7,28-29...1 En dan gaan ons kyk na die Bergpredikasie I se konteks II en inhoud III Ons gaan stil staan by Jesus wat hier preek

11

wat dit vir jou inhou nou al reeds en uiteindelik in volheid

as jy ‘n burger van-ie Koninkryk is.

Daarby wys Jesus ons

wie hierdie burgers is hoe hulle is hoe jy hulle kan uitken

en hoe ek en jy ook ‘n burger van God se Koninkryk kan wees.

Dis Mat 5:3-12.

B. Jesus se tweede punt gaan

oor sy gelowige-dissipels as burgers van God se Koninkryk

se absoluut radikaal nuwe-lewe hier in ‘n ou-wêreld.

Verduidelik I Dis ‘n radikaal nuwe lewe waarin ons nie onttrek uit hierdie ou-wêreld nie.

Maar juis hier in leef en-it beïnvloed.

Dis Mat 5:13-16.

II Dis ‘n radikaal nuwe lewe

waarin ons radikaal bekeer weg van ons ou-oppervlakkige-Fariseër-manier

van om die HERE se wet na te kom

na ‘n nuwe lewe

waarin ons besef: Ons sonde kom uit ons harte

en weet: Ware wet-nakoming kom uit nuwe harte

vol liefde vir God en ons naaste.

Dis Mat 5:17-48.

III Dis ‘n radikaal nuwe lewe

waarin ons radikaal bekeer

weg van ‘n lewe van Ek in die middelpunt

na Godgesentreerdheid toe. Dis Mat 6:1-18.

IV Dis ‘n radikaal nuwe lewe

waarin ons radikaal bekeer

weg van ‘n lewe

waarin geld en goed my lewe beheers na Godgesentreerdheid.

Dis Mat 6:19-24.

V Dis ‘n radikaal nuwe lewe

waarin ons radikaal bekeer

weg van ‘n lewe waarin bekommernis my lewe beheers

na Godgesentreerdheid.

Dis Mat 6:25-34.

VI Dis ‘n radikaal nuwe lewe

waarin ek dink wat goed is vir my en dit dan aan my naaste doen

sonder om iets terug te verwag.

Dis Mat 7:1-12.

Page 13: Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan. 5,1-2 en 7,28-29...1 En dan gaan ons kyk na die Bergpredikasie I se konteks II en inhoud III Ons gaan stil staan by Jesus wat hier preek

12

C. En dan kom Jesus by sy derde punt.

Die slot van sy preek in Mat 7:13-27.

En dan-sie groot ding van Jesus se slot sy oproep: “Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan.”

“Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.”

Verduidelik31 En dan-saai nou-poort en-ie smal-weg

Jesus se manier van praat oor sy preek.

Sy preek waarin Jesus ons gewys het

wie waarlik Koninkryksburgers is

en hoe geseënd hulle is en hoe ons ook Koninkryksburgers kan word.

Sy preek waarin Jesus ons gewys het op-ie radikaal nuwe lewe

wat burgers van-ie Koninkryk onder Jesus se Koningsheerskappy

in hierdie wêreld moet leef.

En dan roep Jesus ons aan-ie einde van sy preek

met Goddelike helige liefdevolle erns op:

‘Neem hierdie Woord van My aan.

Glo-it! Leef-it! Doen-it!’

‘Want hierdie preek van My is-ie enigste pad

wat jou in die Konikryk bring en by die uiteindelike volheid daarvan.’

‘Enige iets anders

is-ie breë poort en die wye pad wat na die verderf lei.’

Oorgang So hierdie preek van Jesus op-ie berg

is net so ontsettend belangrik.

En dan word hierdie belangrikheid van Jesus se preek

net nog meer belangrik as ons fokus op Jesus wat hier preek.

4. So kom ons gaan terug na Mat 5:1-2

en dan fokus ons op die Jesus wat hier preek.

A. Mat 5:1 sê: “En toe Hy die skare sien, het Hy op die berg geklim; en nadat Hy gaan sit het, het sy dissipels na Hom gekom.”

31 Vgl Ridderbos se Mat komm bl 152; Lioyd-Jones, Studies in the Sermon on the Mount, bl 533-536

Page 14: Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan. 5,1-2 en 7,28-29...1 En dan gaan ons kyk na die Bergpredikasie I se konteks II en inhoud III Ons gaan stil staan by Jesus wat hier preek

13

Verduidelik32 Nou as hier staan

dat Jesus op die berg gaan sit het

dan-sit ‘n manier om vir ons te wys

dat Hy ‘n Leraar is.

Want dis hoe ‘n Leraar in daardie tyd onderrig gegee het.

Hy-t gaan sit.

En dan sê vers 2:

“en Hy het sy mond geopen en hulle geleer ...”

Verduidelik33 So Mattheus sê nie net

dat Jesus hull geleer het nie.

Nee Matthes skryf

dat Jesus het sy mond geopen het, en hulle geleer het. En dis in-ie Bybel ‘n manier om te sê:

‘Luister hier kom nou iets baie belangriks.’

Gesagvol gaan Jesus nou as ons Leraar preek.

En hierdie preek is baie belangrik.

En nou moet ons-it raaksien.

Jesus is hier ons Leraar wat met gesag hierdie belangrike boodskap

oor-ie Koninkryk van God vir ons bring.

B. Ons sien-it ook raak aan-ie einde van Jesus se preek.

Kyk in Mat 7:28-29.34 Daar staan:

“En toe Jesus hierdie woorde geëindig het, was die skare verslae oor sy leer; want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het, en nie soos die skrifgeleerdes nie.”

Verduidelik35 So Jesus is-ie gesagvolle Leraar.

So anders as-ie Skrifgeleerdes. Hule het die heeltyd vasgeklou aan hulle self-uitgedinkte tradissies.

Hulle het hulle lering die heeltyd daarop gebasseer.

Opmerking Ons sal in Jesus se Bergpredikasie nog weer hierby uitkom.

Maar Jesus is anders.

Hy leer soos Een wat gesag het.

32 Vgl TDNT vol 3 bl 443; NIDNTT vol 3 bl 588-589; Turnur se Mat komm bl 149; Nolland se Mat komm bl 193; France se

Mat komm bl 157-158 33 Vgl TDNT vol 7 bl 699; Ridderbos se Mat komm bl 91; Morris se Mat komm bl 94; France se Mat komm bl 158 34 Vgl. France se Mat komm. bl. 158 35 Vgl NIDNTT vol 2 bl 607, 610; Ridderbos se Mat komm bl 159; Morris se Mat komm bl 184; France se Mat komm bl 299;

Ladd, A Theology of the New Testament, bl 125

Page 15: Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan. 5,1-2 en 7,28-29...1 En dan gaan ons kyk na die Bergpredikasie I se konteks II en inhoud III Ons gaan stil staan by Jesus wat hier preek

14

Bewys Ons sien-it saam met die skare

baie duidelik in Jesus se Bergpredikasie.

Die OT-profete het altyd gesê:

‘So spreek die HERE’. Jesus sê die heeltyd hier in-ie Bergpredikasie:

“Ek sê vir julle” .

En dan kan-ie skare en ons nie anders nie.

Ons sien Jesus se gesag skitter.

Jesus is-ie Leraar met gesag.

* * * * * En Jesus het werklik gesag.

Want Jesus is-ie Seun van God.

Jesus is-ie Gesalfde Messias.

Met die Heilige Gees gesalf deur God self.

Jesus is-ie Seun van-ie mens

uit die geslag van Dawid en Abraham.

Die Een oor wie Dan 7:14 sê:

“En aan Hom is gegee heerskappy en eer en koningskap ...” Ja Jesus is-ie Seun van God.

Tegelyk ook-ie Seun van die Mens. Die Gesalfde Messias

wat met gesag ook ons hoogste Profeet en Leraar is.

Die Een oor wie Moses in Deut 18:18-29 geprofeteer het:

“Die Here julle God sal vir julle ‘n Profeet verwek uit julle broeders net soos ek is; na Hom moet julle luister volgens alles wat Hy met julle sal spreek. En elke siel wat nie na dié Profeet luister nie, sal uit die volk uitgeroei word.” 36

Toepassing Sien julle hoekom dit so belangrik is om hierdie Bergprdikasie-preek van Jesus aan te neem?

Dit te glo? Dit te doen?

Jesus sê dis-ie enigste pad in-ie Koninkryk in.

Jesus leer dis-ie enigste pad

na die volheid van die Koninkryk toe.

En Jesus sê-it met gesag.

Jesus sê-it as-ie Messias.

Jesus sê-it as ons Hoogste Profeet en Leraar.

5. So wat gaan ek en jy maak met hierdie preek van Jesus in-ie maande wat kom?

Wat gaan ons Reaksie daarop wees?

36 Soos Petrus dit aanhaal in Hand 3:22-23

Page 16: Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan. 5,1-2 en 7,28-29...1 En dan gaan ons kyk na die Bergpredikasie I se konteks II en inhoud III Ons gaan stil staan by Jesus wat hier preek

15

Kom ons sluit hiermee af.

* * * * *

Ja wat moet ons reaksie wees op hierdie preek van Jesus?

Wel Neem dit aan! Ons moet. Dis so belangrik.

Daar mag nie ‘n ander reaksie wees nie. Dis net so so belangrik.

Hier het ons Jesus se smal pad wat na die lewe lei.

So Neem dit aan! Glo dit! Leef dit.

* * * * *

Maar weet julle:

Ons gaan-it nog sien soos ons deur Jesus se Bergpredikasie gaan werk.

Jesus gaan ons baie maal by die punt bring

waar ons gaan sê:

‘Here ek wil U Woord aanneem. Ek glo daarin.

Maar om-it te doen. Here ek kry-it nie reg nie. U pad word te smal vir my.’

Ja baie maal gaan ons soos Petrus-hulle in Mat 19:25 vir Jesus sê:

“Wie kan dan gered word?”

En dan-sit juis dan dat ons nie Mat 5:1 hier net voor Jesus se Bergpredikasie moet vergeet nie.

Kyk weer wat staan daar:

“En toe (Jesus) die skare sien, het Hy op die berg geklim; en nadat Hy gaan sit het, het sy dissipels na Hom gekom.”

Verduidelik37 Sien julle?

Die skare staan weg van Jesus af.

Dissipels is by Jesus.

En dissipels is ouens

wat Jesus se Bergpredikasie aanneem. Hulle glo-it. Hulle wil-it doen.

Maar daar’s nog iets van dissipels.

Jy neem nooit net Jesus se woord aan nie.

Nee as jy Jesus se Woord aanneem

dan neem jy Hom ook aan. Jy word sy dissipel. Jy kom na Hom toe. Jy volg Hom.

Bewys Hoor hoe praat Jesus hieroor in Joh 10:27.

Hy sê: “My skape (of My dissipels) luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My.”

37 Vgl Vna Bruggen se Mat komm bl 82.

Page 17: Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan. 5,1-2 en 7,28-29...1 En dan gaan ons kyk na die Bergpredikasie I se konteks II en inhoud III Ons gaan stil staan by Jesus wat hier preek

16

Toepassing38 En dan terwyl jy by Jesus is en Hom volg

en na sy stem luister ook hier in die Bergpredikasie

dan stop jy Hom en sê vir Hom:

‘Maar hoe Here? Ek kan nie. U pad raak vir my te smal.’

En dan-saar troos.

Want as ons by Jesus is dan-s ons by die Leraar

wat nie maar net praat nie.

Nee ons is by ons Hoogste Profeet en Leraar met gesag.

Ons is by Jesus die Messias

wat die HERE se Koningsheerskappy laat kom en dit nou al reeds werklikheid maak.

Nie net om jou nie. Nee ook in jou.

Bewys Want as Jesus God se Koninkryk nou al reeds hier in die wêreld en in jou werklikheid maak

dan’s Hy ook die Een wat die tyd laat aanbreek

waaroor byvoorbeeld Eseg 36:25-27 profeteer.

Daar waar die HERE sê: “Dan sal Ek skoon water op julle giet, sodat julle rein kan word ...” “En Ek sal julle ‘n nuwe hart gee en ‘n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ‘n hart van vlees gee.” “En Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen.”

En as ek en jy dan daar by Jesus is

ook met ons krisis van: ‘ek kan nie Here’ dan moet ons weet:

Jesus het ons klip-harte verander.

Hy’s besig in ons.

Hy lei ons op die smal pad.

Hy laat sy Koninkryk in ons kom

sodat ons al meer radikaal nuut kan leef

op pad na die volheid van die Koninkryk.

Slot

So waar is ek en jy as Jesus preek? Die skare staan ver.

Al waarby hulle uitkom is om te sê:

38 Vgl Ridderbos, De komste van het Koninkrijk, bl 217-229; Ladd, A Theology of the New Testament, bl 120-131

Page 18: Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan. 5,1-2 en 7,28-29...1 En dan gaan ons kyk na die Bergpredikasie I se konteks II en inhoud III Ons gaan stil staan by Jesus wat hier preek

17

‘Wow het julle gehoor hoe diep Jesus preek?

Het julle gehoor met hoeveel gesag Jesus preek?’.

Ouens vir wie Jesus regtig aangegryp en bekeer

neem Jesus se preek aan en vir Jesus.

Ons gaan na Hom toe. Hy word ons Koning. En Hy lei ons in die volheid van die Koninkryk in.

Amen.