Granaat volume 7

32
Die Dameskring KWEEK HARTSGESINNE VOL 7 • MAART 2015 Ons gesels met Hettie Brittz Paasfees is Christusfees Misdaad in Suid-Afrika WAT SÊ DIE WET?

description

Die Dameskring Granaat - Volume 7

Transcript of Granaat volume 7

Page 1: Granaat volume 7

Die Dameskring

KWEEK HARTSGESINNE VOL 7 • MAART 2015

Ons gesels met

HettieBrittz

Paasfees isChristusfees

Misdaad in Suid-Afrika

WAT SÊ DIE WET?

Page 2: Granaat volume 7

Brief van Redakteur 3 Uit die pen van die President 4Ons praat met Hettie Brittz 5Gedig: “Toe en Nou”...deur Elzabe Berling 7

MAART SIELSKOS: Gelukkige families het gesonde waardes 8MAART GESPREKSDOKUMENT: Familiegewoontes wat geloof laat groei! 11

Die FAK trap splinternuwe spore! 14

APRIL SIELSKOS: Paasfees! 15Taknuus 18

APRIL GESPREKSDOKUMENT: Hoe veilig is jy? 20

MEI GESPREKSDOKUMENT: Konflikhantering 22 MEI SIELSKOS: Gelukkige gesinne spandeer TYD saam! 24

Beursfondsbegunstigdes 26

JUNIE SIELSKOS: Ons leuse is DK! 27JUNIE GESPREKSDOKUMENT: Die Giant “Flag” 28Ons groet vir Elsa in die kantoor! 30Lewer ‘n Bydrae vir die Granaat 31

Agterblad: Westfalia Resep

Inhoudsopgawe

HOOFKANTOORTel.: 011 782 4496Faks: 086 550 3968E-pos: [email protected]: www.dameskring.co.zaBANKBESONDERHEDEABSA AucklandparkTakkode: 632 005Rekeningnaam: Die DameskringRek. Nr.: 284 075 0062

POSADRESPosbus 91834Aucklandpark2006

Die Dameskring

VOORBLADFOTO: Grafiac

2

Page 3: Granaat volume 7

O ns is ‘n nuwe Granaatspan en is baie opgewonde oor hierdie eerste uitgawe! Ons wil julle graag deel maak van die opwinding! Ons sal jul eerlike, opbouende terugvoer verwelkom…

Onthou: ons streef daarna om aan ons lede se behoeftes te voldoen, natuurlik sover ons kan! Hou in gedagte dat ons nie een skrywers is, of vir hierdie uitdaging formele onderrig ontvang het nie. Ons doen dit omdat ons wil, omdat ons ‘n passie het vir ons organisasie en ‘n verskil wil maak!

Ons besef hoe ‘n belangrike deel godsdiens- en besprekingsartikels van maandelikse takbyeenkomste uitmaak. Daarom gaan julle die inligting op ‘n effense aangepaste manier “verpak” kry in 2015!

Die Granaat gaan steeds drie keer per jaar aan elke lid gestuur word, maar die takvoorsitter gaan ook maandeliks ‘n addisionele artikel kry wat aanpas by die lusmaker besprekingsartikels (maandeliks ingedeel) in die Granaat. Die Voorsitter verskaf hierdie addisionele artikel slegs aan die maand se “gasvrou(ens)” wat die bespreking van die vergadering gaan lei. Op so ‘n manier bring die gasvrouens nuwe inligting na die vergadering om met die res van die tak te deel, maar almal het vooraf ‘n aanduider van die gesprekstema gehad en kon bietjie daaraan“kou”. Almal gaan dus ter voorbereiding van die maandbyeenkoms die lusmaker-artikel in die Granaat kan lees.

Mag ons voortbou op die Granaat-‘baba’ van die vorige Granaatspan en hul ook trots maak!

Ons Dameskring jaartema is: Kweek Hartsgesinne. Hierby sluit ons enige denkbare soort gesin in! Tradisionele gesinne, enkel-ouer gesinne, enkellopendes binne hulle unieke raamwerk van vriendskaps- en/of werksgesinne, leë-nes gesinne en geloofs-gesinne. Dit sal ‘n deurlopende fokus in al ons 2015 Granaat-artikels wees. Hierdie tema lê ons almal na aan die hart en ons kan nie wag om die maandelikse artikels aan elke tak te stuur nie.

Weet ons nie maar al te goed dat elke huis sy eie kruis het nie… en daarom hoop ons om elke Dameskringvrou te inspireer en te bemagtig om haar vele rolle suksesvol en gelukkig te kan vertolk.

Hierdie Granaat kom uit ons harte uit, spesiaal vir jou. Ons koester jou - Mamma, Ouma, Tannie, Vriendin, Sielsgenoot!

Liefdegroete

Izienne

‘n Hartlike welkom aan al die

Dameskring-lesers!

BRIEF VAN DIE REDAKTEUR

3

Page 4: Granaat volume 7

Ek het gewoonlik nie ‘n keuse nie. As dit dorpdag is, is dit dorpdag. Dan moet alles gedoen word, of dit Vrydag is of nie. So bevind

ek my dus midde-in die ‘miernes’. In ons bekende kettingwinkel op die dorp wemel dit van mense wat koop, die gangetjies is oorvol en ‘n mens sukkel om jou trollie gestoot te kry.

So amper aan die einde van hierdie uitdaging, stoot ek my trollie geduldig in die laaste ry toe dit skielik gebeur. Onverwags tussen die gedruk en geskuifel deur groet ‘n ouerige man met ‘n Sotho-hoed op sy kop my baie vriendelik – net hier en daar ‘n tand sigbaar deur sy breë glimlag. Ek groet vriendelik terug en om myself bietjie te oriënteer oor wie hy is, vra ek uit oor reën in sy wêreld.

“Nee, die reent was voor Christmas, net biki,” maar voordat ek iets verder kan sê, vervolg hy met: “God is good – Hys groot! Hys goet...” en hy lag van oor tot oor. Ek beaam met ‘n “Amen” en ons stamp ons regterhande teen mekaar in die lug. Daar gebeur iets tussen ons.

Iets spesiaals. Ek raak saggies aan sy skouer met ‘n seëngroet en hy antwoord met: “Ons moenie worry nie – die Groot Man laat die reent val by Mpumalanga en Gauteng en Hy is possible – Hy sal ons reent bring – Hys possible!!” En ons twee staan in die pad van haastiges, en ons groet…

Ek voel geseënd. Ek stap daar uit met ‘n lied in my hart en so dra ek dié vriendelike gesig heeldag met my saam en ek wonder…en bid: “Hoe wonderlik sal Suid-Afrika nie wees nie as ons almal so kan oopmaak vir mekaar?” En dan wéét ek: DK-vroue kán die verskil maak want ons wéét ons God is “possible”. Dié teksvers lees ek later die dag: “Moenie dat liefde en trou by jou ontbreek nie; leef daarmee saam, maak dit ‘n deel van jou lewe.” Spreuke 3:3

Liewe DK-vriendin, moenie vergeet waarom jy ‘geroep’ is nie!

Marda

PresidentIn ons dorp is Vrydag ‘n miernes van bedrywighede. Die meeste inwoners vermy dit om op ‘n Vrydag enige inkopies te gaan doen weens die oorvol winkels.

Uit die pen van die

BRIEF VAN DIE PRESIDENT

4

Page 5: Granaat volume 7

Hettie, dit is so duidelik dat kinders en gesinne jou baie na aan die hart lê. Het jou eie kinderjare iets hiermee te doen?My herinneringe aan my kinderjare is baie positief! Ek het wonderlike, liefdevolle, ouers wat albei nog leef. Ek het grootgeword met ‘n tweelingboetie, ‘n ouer boetie en ‘n jonger boetie! My pa het die Pretoria-kinderkoor en Tukkie-universiteitskoor afgerig. Ek onthou wonderlike vakansies en vreugdevolle kersfeeskonserte. Van my gelukkigste dae was op kampterreine, in konsertsale of onder my pa se vleuelklavier terwyl hy koormusiekstukke inoefen. Ek het beskermd, gelukkig en gekoester grootgeword.

Watter familietradisie uit jou kinderjare is oorgedra na jou eie gesin?My ma was ‘n vreeslike bederfmens. Sy het altyd gesorg vir briefies om te bemoedig en pryse vir die een wat eerste die see of die eerste leeu in die wildtuin raaksien! Ons verjaardae is ook altyd baie spesiaal gemaak. Ons probeer om in ons gesin ook moeite met mekaar te doen. Ons poog om regtig fees te vier met elke goeie gebeurtenis - al is dit ook iets so alledaags soos die wissel van ‘n tand, eerste droog deurslaap, of om vir die eerste keer verlief te wees.

Vertel vir ons iets meer oor die Brittz-gesin?Ek en Louis is nou twee-en twintig jaar getroud! Ons het drie kinders. Idalise, Pero en Simone is onderskeidelik sestien, dertien en agt jaar oud. Ons vyf is ongelooflik verskillend!! Vir ons, om as gesin by mekaar te bly, kos dus intensionele harde werk! Maandagaande is my en Louis se aand. Woensdae-aande is gesinsaand. Ons maak seker dat hierdie saamweestye realiseer selfs ten midde van ons besige programme deur dit fisies so in ons dagboeke te skeduleer. Ek onderrig ons kinders tuis. Verder is ons Brittze baie lief vir donker sjokolade! Ons ideale vakansie is beslis om te kampeer by die see! Ons is nie baie aktief nie….., maar ons kan vreeslik lekker kuier en speletjies speel en mekaar geniet.

Hettie BrittzONS PRAAT MET…

5

Page 6: Granaat volume 7

Watter gesinsreëls is vir jou ononderhandelbaar?Elkeen moet sy kant bring. Ons besluit elke vakansie op ‘n nuwe vaardigheid wat ons kinders moet leer, om dinge in en om die huis onafhanklik te kan doen. Ons glo dat ‘n kind wat deelneem aan die ekonomie van ‘n huishouding, respek sal hê vir die ouers, belangrike vaardighede leer, ‘n gevoel van behoort ervaar en dit verseker dat die kind ‘n produktiewe lid van die samelewing word.

Beskryf jouself in 5 woorde?Gedrewe, hoopvol, passievol, hardwerkend en rusteloos

Wat beskou jy as jou gawes/talente?Ek het ‘n gawe met woorde. Ek kan iets skryf op ‘n ander manier as wat mense gewoond is om te hoor en dan is dit nie noodwendig aardskuddend nuut of oorspronklik nie, maar net gesê op ‘n manier wat in mense se harte vasslaan. Ek kan glad nie kosmaak nie, maar ek verbeel my ek kan kook met woorde!

Wat is jou swakste eienskap?Ek aanvaar moeilik dat iets goed genoeg is en wil altyd nog verbeter, nog leer. Dit is iets wat my al baie moeg gemaak het in myself.

Hoe ontspan jy dan?Moeilik! Ledigheid maak my gespanne! Ek lees veel eerder om iets te leer as vir ontspanning. Ek swem graag die Midmar Myl en het gevind dat swem my wel laat ontspan. Daarom is dit dan ook my manier van oefen. Ek geniet dit om te gaan jag!! Een keer ‘n jaar se jag doen vir my wat draf vir ander doen en dit hou my die hele jaar!!

Wat beskou jy as die belangrikste ankers binne enige gesin?Respek vir mekaar (streef om mekaar te verstaan eerder as te verander);

Kommunikasie (maniere om eerlik, maar liefdevol en sensitief te sê hoe ons voel, wat ons behoeftes is en ook waar ons grense lê – hart-tot-hart kommunikasie, nie net mond-tot-mond!); en dan glo ek ook daaraan dat ‘n mens aktief en geskeduleerd tyd moet maak vir mekaar.

In jou opinie – Hoe handhaaf Suid-Afrikaanse ouers balans tussen veiligheid en oorbeskerming, binne die situasie van geweld in ons land?Ek glo dat kinders weerbaar gemaak moet word. Weerbaarheid vir my is praktiese afrigting waar jy vir ‘n kind leer waarom mens nee sê, hoe om nee te sê, en ook tipe situasies waarteen jy jouself moet beskerm. Dit kan so eenvoudig wees soos die ken van telefoonnommers van mense wat jou sal kan help, tot by geestelike weerbaarheid wat daaroor gaan om ‘n standpunt in te neem selfs wanneer jy nie uit ‘n situasie kan kom nie. Die vaardigheid om ten spyte van wat met jou gebeur, jou gees en jou hart te beskerm.

Wat is jou opinie oor die toekoms van ons taal, kultuur en Godsdiens??Ek dink ‘n mens wat sy taal praat, wat in sy taal grappies maak, wat in sy taal bid en in sy taal droom… Iemand wat sy kultuur geniet, daarvolgens feesvier en daarvolgens rou.. Iemand wat sy Godsdiens lewe, dit nie preek of opdring of afdwing nie, maar daarin die sin vir sy bestaan vind en in ‘n lewende verhouding met God lewe, se taal, kultuur en godsdiens sal nooit sterf nie…

6

Page 7: Granaat volume 7

T oe ek jonk was, gaan hou ons vakansie by die see, Noudat ek oud is, gaan ek saam met ander op vreemde weë. Toe neem ek slegs sonrokke en 4 paar shorts, Nou is ek maar versigtig vir gevaarlike sports.

Toe pak ek in ‘n oogwink die minimum in my tas Nou beplan ek lank vooruit, neem sykouse en ‘n jas. Toe neem ek slegs hoesmedisyne vir die kinders saam, Nou neem ek pille vir bloeddruk en my dokter se naam. Toe baljaar ek in die see dat die water spat,Nou moet ek oppas of my kuite word nat!Toe lê ek vir ure in die son met suntan lotion,Nou soek ek na die skadu met oumens motion.Toe stap ek heeldag met hoëhakskoene,Nou dra ek Kliniks so rond soos lemoene.Toe swem ek ten spyte van ‘n yskoue luggie,Nou hanteer ek versigtig my oumens kuggie.Toe knipoog die jonkmans en probeer my te kus,Nou stap hul verby en laat my met rus.Toe kyk die mans om en vra: “What is your name?”Nou stap hul verby en sê net: “Ag shame…”Toe fluit die manswolwe en noem my “Honey”Nou dra hul my pakkies en noem my “Tannie”.Toe swaai ek my heupe en loop met trippeldraf,Nou is dit, om ver te loop, net een groot straf.Toe kon ek vinnig trappies bestyg,Nou klim ek maar stadig en my asem hyg.Spoedig vlieg die jare verby en word ons oud,Die vlees word al swakker, maar ‘n gesonde gees is ons behoud.Ons treë word al stadiger, en ons hare word grys,Ons gedagtes word traag, maar ons raad is wys!

Elzabe Berling – 06/01/2015

TOE &

NOU

7

Page 8: Granaat volume 7

Chris Jones skryf in sy boek “God se waardes vir die lewe” dat gesonde waardes voordelig is vir die persoon wat dit beoefen, sowel as vir die

persoon teenoor wie dit beoefen word. Dit verbeter die welstand van ander, voorkom leed – of dit doen albei. So baie het vandag te doen met die vraag, “Wat kan ek hieruit kry?” Dit is egter wie ons is en wat ons gee, eerder as wat ons besit, wat ons diepste karakter bepaal.

Een van die dinge wat bydra tot die gesonde hartklop van ‘n gesin is ‘n gesamentlike visie wat gesinslede saambind tot ‘n unieke eenheid. Wanneer ‘n gesin ‘n visie formuleer, definieer hulle in werklikheid hulle drome en ideale en dit help gesinslede om te fokus, koers te hou, hulle drome na te streef en hulle roeping te leef! Ons gesins-/familievisie word tot ‘n baie groot mate bepaal deur ons waardesisteem.

Ralph Waldo Emerson skryf die volgende oor gesonde waardes en geluk binne die gesin:

“Oorsaak en gevolg...saad en vrug, kan nie geskei word nie; want diegevolg blom alreeds in die oorsaak, die end bestaan reeds in die begin en die vrug is in die saad.”

Die implikasie van sy woorde strek ver en wyd. Dit impliseer dat die vrug van vervulling en basiese geluk in die verhouding tussen man en vrou, ouers en kinders, broers en susters, kleinkinders en grootouers, nie moontlik is sonder die saad van duidelike, sterk, gesonde waardes nie. Die een kan nie sonder die ander nie! Ons is geskep as verhoudingsmense. Ware vervulling in ons lewe is direk gekoppel aan die verhoudings wat ons met ander mense het. Binne ‘n familie vind ‘n mens die mees basiese verhouding van menswees en dit is bepalend van alle ander verhoudings in ons lewens.

MAART - SIELSKOS

Gelukkige familieshet Gesonde waardes...

BYDRAE: Belinda Campher • Taalversorging: Karen Hauman

8

Page 9: Granaat volume 7

Waardes oor wie ons IS... Wat sê God se woord? Stof tot nadenke ...

1. Eerlikheid- Om nie leuens te vertel nie,

maar altyd die waarheid te praat

- Om ook in my optrede eerlik en opreg te wees en ander nie te mislei nie.

Efesiërs 4:25-32,Spreuke 6:16-19,Johannes 8:44-47,Handelinge 5:1-11

- Hoekom is eerlikheid so belangrik?

- Watter uitdagings bied ons samelewing vandag ten opsigte van hierdie waarde?

2. Moed- Moed het te doen met

heldhaftige dade, maar veral met die gesindheid van heldhaftige mense!

- Dit wat ons motiveer om heldhaftig op te tree.

Psalm 18: 1-3, Josua 1:1-9,2 Kronieke 32:1-81Korintiërs16:13

- Moed hang nou saam met geloof. Waarom raak ons dan soms bang?

- Waarna dink jy verwys “morele moed” en waarom is dit so ‘n moeilike waarde om uit te leef?

3. Vredeliewendheid- Kalmte, geduld, rustigheid- Die vermoë om te

akkommodeer en te probeer verstaan eerder as te argumenteer

- Om nie woede of frustrasie te ignoreer nie, maar te bestuur en beheer

Matteus 5:9, Fillipense 4:6-7,Efesiërs 4:26-27

- Kommer is ‘n onsigbare dief wat elke huis, kantoor en skool binnegedring het! En sy vriende? Woede en frustrasie!

- Waarvan beroof hierdie dinge jou?

- Wat is die beste manier om te keer dat ek my woede op ander uithaal?

4. Verantwoordelikheid- Om die gevolge van my

optrede te dra en nie ander te blameer nie.

- Om my potensiaal (my unieke gawes) te ontwikkel

1 Korintiërs 11:11 Tessalonisense 1: 4-8

- Wat dink jy is die potensiaal wat GOD wil hê ons moet verwesenlik?

5. Dissipline- Om die gevaar van

ekstreme, ongebalanseerde optrede te vermy.

- Balans tussen selfbeheersing en spontaneïteit.

1 Korintiërs 14:401 Timoteus 4:7

- Volgens Henry Adams, bekende Amerikaanse Baptiste predikant, is dissipline ‘n Goddelike reël wat die lewe ten grondslag lê. Hy glo dat niks op aarde doeltreffend sonder grense kan funksioneer nie. Stem jy saam?

6. Kuisheid/getrouheid- Getrouheid binne die

huwelik- Weerhouding van seks voor

die huwelik

Spreuke 5Spreuke 6: 25-29, 32-331Tessalonisense 4:3-5,7Psalm 51 en 103

- Hoe leef ‘n mens seksueel suiwer in ‘n besoedelde wêreld?

- Kan ek vergifnis ontvang vir seksuele sonde en weer oor begin?

Dink na oor waardes in jou stiltetyd

9

Page 10: Granaat volume 7

Waardes oor wat ons GEE Wat sê God se Woord? Stof tot nadenke...1. Lojaliteit- Om getrou te wees aan ‘n

saak of persoon waaraan ‘n mens jou verbind het.

Markus 14: 27-31, 43-52

- Dink na oor jou eie lojaliteit teenoor die mense in jou lewe.

- Belê jy tyd en energie in ware- of mooi- weersvriendskappe?

2. Respek- Agting, waardering en

ontsag vir God asook vir die posisie, regte, eiendom en gevoelens van ander mense.

- Selfrespek

1 Korintiërs 12:261 Petrus 2:17Eksodus 20:12Kolossense 3-20,21

- Dink na oor die stelling: “’n Mens kan nie deur die lewe gaan sonder respek vir jouself en ander nie – dit is die basis van veiligheid en beskawing.” Hoe vaar ons in Suid-Afrika in hierdie verband?

3. Liefde- Innerlike warmte, omgee,

onvoorwaardelike begrip en aanvaarding

1 Korintiërs 13Lukas 6 27-36

- Dink na oor die verskil tussen “liefde ondanks” en “liefde omdat”. Watter een sou jy sê is duursame liefde en watter een is wêrelds? Hoekom?

4. Onselfsugtigheid- Sensitiwiteit en empatie

met ander- Om nie selfgesentreerd te

leef nie, maar na buite

Lukas 6: 27-36Matteus 7:12Johannes 13:1-17

- Behandel ek die mense in my lewe soos wat ek graag behandel wil word?

5. Vriendelikheid/Beleefdheid

- Om met goeie maniere en ‘n sagtheid van gees teenoor ander op te tree

Galasiërs 5: 16-261 Korintiërs 13: 41 Petrus 3: 8, Fillipense 4: 4-5

- Waarmee hang vriendelikheid saam en waarmee nie?

6. Regverdigheid & Vergewensgesindheid

- Om alle mense eenders te behandel

Romeine 2: 1-11Matteus 19:30 – 20:16Kolossense 3: 5-17

- Wat behoort die kenmerke van ‘n“nuwe mens” te wees? Wat sê dit by implikasie oor regverdigheid?

Bronverwysings: God se Waardes vir die lewe – Chris Jones; Mannatydskrif (5 Oktober 2010)

Sterk families maak sterk gemeentes,sterk gemeentes, maak ‘n sterk gemeenskap.

Ons het sterk gemeenskappe nodig om ‘n positieweverskil in ons land en in die wêreld te maak...

Dink na oor waardes in jou stiltetyd...

10

Page 11: Granaat volume 7

Ons staan aan die begin van ‘n splinternuwe jaar! Die sentrale tema waarop ons as DK-vriendinne in 2015 gaan fokus is die gesin.

Hierdie studiestuk laat ruimte vir voorraadopname:

• Waarom is daar vandag al hoe meer gebroke gesinne?

• Kweek ons as ouers in ons besige programme nog familiegewoontes wat ons nader aan God en aan mekaar laat groei?

• Of jaag ons net voort van dag tot dag sonder om aan die eenheid, weerbaarheid en behoud van ons gesin aandag te gee?

Die Buro vir Voortgesette Teologiese Opleiding en Navorsing bied ‘n praktiese belewingsgerigte kursus aan, wat daarop fokus om families te help om die Here in hulle alledaagse lewe te kan dien. Die kursus is in 1999 saamgestel deur Frederick Marais en Nico Simpson en in 2003 hersien en aangevul deur Ewald van Rensburg.

Die sentrale uitgangspunt van hierdie kursus is dat daar agt basiese gewoontes binne elke gesin/familie ingeoefen kan word om die betrokke individue, maar ook die gesin as entiteit, toe te rus met die gereedskap wat hulle nodig het vir positiewe geloofsgroei. Op hierdie wyse help ouers en kinders mekaar dus om te glo en hulle geloof in die praktyk uit te leef. Wanneer ons nader aan God groei, groei ons ook nader aan mekaar.

Hierdie studiestuk bied ‘n kort oorsig oor die inhoud van die kursus. Wanneer gesinne hierdie kursus deurloop word

MAART GESPREKSDOKUMENT

BYDRAE: Belinda Campher

laat groeiFamiliegewoontes

wat geloof

Taalversorging: Karen Hauman

11

Page 12: Granaat volume 7

elk van hierdie gewoontes prakties ingeoefen deur ‘n verskeidenheid van aktiwiteite soos deur kursusaanbieders bepaal. Onthou dat grootouers ook ‘n belangrike rol kan speel om hulle volwasse kinders te lei en bewus te maak van hierdie verrykende waarhede.

Gewoonte 1: Ons vertel vir mekaar stories…Stories is ‘n belangrike deel van familielewe. Dit bring‘n hegter eenheid en gevoel van uniekheid in die familie. Wanneer ons die verlede onthou deur gereeld die stories met mekaar te deel, herinner dit ons aan die pad wat God met ons loop – so leer ons Hom ken en verstaan ons onsself en mekaar beter. Dit is geloofsversterkend en help ons om in krisisse op God te vertrou wanneer ons ook die moeilike tye - en hoe God ons daardeur gedra het - onthou! Soos wat ons die storie van Jesus Christus in die kerklike jaar herdenk, is ons familierituele ook verbind aan die stories van ons lewens. Daarom is dit so belangrik om op belangrike dae soos ‘n huweliksherdenking of verjaardag weer die storie te vertel.

Gewoonte 2: Ons waardeer mekaar…Families wat vir mekaar wys hoe spesiaal elkeen is, groei nader aan mekaar en aan God. Dit herinner ons dat ons niks gedoen het om God se onvoorwaardelike liefde te verdien nie. Wanneer ons binne die mure van ons huis op daaglikse basis blootgestel word aan Jesus se tipe liefde, begin ons ook met ander oë na die wêreld daar buite

kyk. Ons begin anders dink oor mense. Ons begin soek na die goeie in ander wanneer ons bewustelik iets moet vind waarvoor ons waardering kan betoon.

Gewoonte 3: Ons droom…Elke familie het sy eie storie en is uniek. Daarom het elke familie ook unieke ideale van waarheen hulle op pad is. Families wat duidelikheid het oor watter soort familie hulle wil wees, vorm geloof. Hierdie gewoonte help ons verstaan dat ons as familie anders is en nie soos ander hoef te wees nie. Dit maak ons as gesin ook sensitief vir ons roeping, waar ons ‘n verskil moet maak en die werking van die Heilige Gees. Om te droom is om weer die opstanding te onthou. So onthou ons dat dinge, ook in ons familie, anders kan wees. Wanneer ons drome vir ons familie gedefinieer word, help dit ons om te fokus en koers te hou! Dit bevorder dissipline en help ons om konflik op te los. ‘n Mens kan basies met twee stelle vrae leef: die vrae van die “ratrace” en die vrae van jou “roeping”. As ons leef vanuit ons droom, beantwoord ons lewe die tweede stel vrae: Wat is die goed waarvoor ek geroep is en waarvoor ek lewe?

Gewoonte 4: Ons maak tyd vir mekaar…Families kry reg om die ander gewoontes uit te leef, wanneer hulle hulle lewens en tyd effektief bestuur en beplan. Hierdie gewoonte leer ons om ons lewens in te rig aan die hand van

12

Page 13: Granaat volume 7

geloofsprioriteite (Mat 6:33). Dit help ons om “nee” te sê vir aansprake op ons tyd en energie wat nie opbouend is nie. Dit maak dat ons as verbondsgesin tyd het om aan mekaar te spandeer en om te kan leef wat ons bely. Dit bring balans en heelheid in ons gejaagde lewe….

Gewoonte 5: Ons versier ons huis met betekenisvolle simbole…God is groter as ons begrip. Simbole help ons om reg deur die jaar te onthou wat God vir ons gedoen het. Die simbole van die kerkjaar kan baie sinvol aangewend word om hierdie gewoonte binne die familie in te oefen en ons terselfdertyd op konkrete wyse te herinner aan die seisoen van die kerkjaar. Die verskillende seisoene fokus op verskillende kante van ons geloof. Gewoonte 6: Ons vier fees…Feeste is geleenthede waartydens ons terugdink. Dit laat dankbaarheid en vreugde groei in ons lewe en bind die familie saam. Viering van familiefeeste bevestig familiebande. Viering van kerkfeeste bevestig ons band met ons geestelike familie. Viering van persoonlike feeste soos verjaardae, belydenisaflegging, graadkry, nuwe werk, aftrede, ensovoorts, help mense om lewensfases af te sluit en gereed te wees vir die volgende fase. Dit laat ons terugdink aan die goeie dinge wat God al in ons familie se lewe gedoen het en vul ons met hoop vir die pad vorentoe.

Gewoonte 7: Ons ontmoet God…Ons ontdek nuwe kante van geloof en van die werklikheid as mense van verskillende ouderdomme saam stilraak voor God. Wanneer ons as familie saam stilraak, oefen ons ‘n geestelike dissipline waardeur God inspraak kan hê in ons gesinslewe. Hierdie gewoonte brei ‘n familie se Bybelkennis uit. Geen familie kan die werk van die Gees beter verstaan as hulle nie kennis van die Bybel het nie. Wanneer ons saam stilraak, leer ons ‘n geloofstaal aan. Ons deel begrippe en stories wat almal binne ons familiekring dan ken en verstaan. So word die eenheid tussen ons weereens versterk.

Gewoonte 8: Ons help mense in nood…Families het ander gelowiges nodig om hulle roeping uit te leef. Ons verstaan God beter en ons geloof word gevorm as ons ons verbind om as familie na ander uit te reik, liefde te betoon en hulp te verleen waar ons kan. Ons word veral geroep om ‘n verskil te maak aan ander se nood deur ons unieke gawes te gebruik. Die uitleef van ‘n roeping help al die lede om hulle lewe as ‘n “reis” te verstaan eerder as ‘n “bestemming”. Families kan mekaar help om sensitief te raak vir die nood van ander.

Bronverwysings:- www.sun.ac.za/buvton/tuisblad- www.sagemeente.com- ngmtonoos.co.za- Spesiale erkenning: Frederick Marais,

Nico Simpson, Ewald van Rensburg

13

Page 14: Granaat volume 7

Die belangrikste kultuurvraag in die tweede dekade van die een-en-twintigste eeu volgens Dr Danie Langner (besturende direkteur van die FAK),

is nie meer wie Afrikaners is en of die Afrikaanse taal en kultuur ‘n plek in Afrika het nie. Afrikanerkultuurorganisasies het hul aanpasbaarheid en lewenskragtigheid oor en oor aan hulself en ander bewys. Die belangrikste kultuurvraag is: Hoe kan Afrikanerkultuurorganisasies soos die FAK, Afrikaners se kulturele erfenis bevestig, maar ook terselfdertyd nuwe spore trap?

Een van die wyses waarop die FAK aktief poog om die kulturele erfenis te bewaar, is die vestiging van die Afrikaanse Liedjietuin. Tydens die samestelling van die FAK Sangbundel Volume II is verskeie Afrikaanse kunstenaars soos Christa Steyn (wat aanvanklik verantwoordelik was vir die Kleinkuns-rubriek), Lucas Maree en Louis van Rensburg oorlede. Die gedagte is geopper dat daar nêrens ’n plek is waar Afrikaanse kunstenaars onthou word vir die reusebydrae wat hulle lewer ten opsigte van die uitbou en ontwikkeling van Afrikaans nie. Die behoefte om aan Afrikaanse musieklegendes erkenning te gee, het daartoe gelei dat die FAK by hulle kantore op die Voortrekkermonumentterrein ’n Afrikaanse liedjietuin uitgelê het. Immergroen Afrikaanse liedere is op granietplate verewig. Gedenkplate is opgerig vir Afrikaanse sangers wat ’n reuserol gespeel het. Tweehonderd naamrose wat vernoem is na Afrikaanse kunstenaars, sangers, dorpe en liedjies is aangeplant.

Op 10 Oktober 2013 het die FAK die Afrikaanse liedjietuin aan die

(Inligting voorsien deur Hannie Boshoff – Kommunikasiebestuurder: FAK)

publiek bekendgestel. Liewe Heksie het seremonieel namens Verna Vels ’n toekenning vir Besondere Kultuurdiens aan die Afrikaanse kind ontvang. Van die gaste wat by die opening was, is onder andere Mimi Coertse, Rina Hugo, Johan van Rensburg, Anneli van Rooyen, Lance James en Karla du Plessis.

In Maart 2014 het Chris Chameleon, bekende musiekkunstenaar en akteur die benoeming as nuwe beskermheer van die FAK-liedjietuin

aanvaar. Die Afrikaanse liedjietuin is met die hulp van SANLAM uitgebrei deur ook voorsiening te maak vir ’n Afrikaanse Kinderliedjietuin met ’n speelpark. Bekende kinderliedjies soos “Liewe Heksie”, “Trompie”, “Jan Pierewiet”, “Sprokie vir ’n stadskind”, “Kinders van die wind”, “Pampoen”, “Suikerbossie” en “Dappermuis” is op granietplate aangebring. Die tuin kan besoek word en is beskikbaar vir enige kinderpartytjie, intieme funksies soos verjaardagpartytjies en huwelikbevestigings, damestees en kultuurorganisasies vir jaareindfunksies en skemerkelkies.

Die tuin spog tans ook met ’n buitelug-verhoog wat deur opkomende kunstenaars gebruik kan word ter bevordering van die Afrikaanse musiekwêreld. Navrae oor die fasiliteite kan gerig word aan Samantha by [email protected] en u kan gerus www.fak.org.za besoek vir meer inligting oor die FAK en hulle bydrae tot die Afrikaanse taal, kultuur en geskiedenis.

Die FAK trap splinternuwe

spore...

14

Page 15: Granaat volume 7

Paasfees is

P aasfees vind plaas dieselfde tyd wat die Jode die Pasga vier (“Pesach” in Hebreeus en “passover” in Engels). Tydens diè fees herdenk die Jode die

feit dat God die Israeliete van slawerny in Egipte bevry het. In die boek Eksodus lees ons dat God die kinders van Israel gehelp het deur die tien plae oor die Farao en die Egiptenare te stuur. God het die tien plae gebruik om te bewys dat Hy alleen in beheer is oor die natuur en die fisiese wêreld en dat niks buite Sy mag en beheer val nie.

Die tiende en laaste plaag was die dood van die eersgebore seuns. Waar geen van die ander plae die Israeliete en hul lewende hawe geraak het nie, kon hierdie plaag hulle egter tref indien hul nie op God vertrou het nie. Die enigste

beskerming wat hulle gehad het, was om die bloed van ‘n geslagte lammetjie aan die lintel en kosyne van hulle deure te smeer. Wanneer die engel van God die bloed gesien het, het hy verby die huis beweeg en vandaar die naam van die fees (Eks 12:23 in die NLT vertaling: “For the LORD will pass through the land to strike down the Egyptians. But when He sees the blood on the top and sides of the doorframe, the LORD will pass over your home. He will not permit His death angel to enter your house and strike you down.”)

Tydens Paasfees kyk ons, as Christene, dan terug na Jesus se kruisdood, waar ons losgekoop is, deurdat Sy bloed vir ons gevloei het en hy drie dae later uit die dood opgestaan het. Jesus is die Lam wat vir ons geslag is, bestem deur die Vader

“Tetelesthai – Dit is volbring!” (Joh 19:30)BYDRAE: Belinda Campher • Taalversorging: Karen Hauman

APRIL - SIELSKOS

Christusfees...

15

Page 16: Granaat volume 7

God vir LIG en LEWE!Paassiklus Wanneer Simbole/Rituele Simboliek7 Lydensweke

Begin op As-Woensdag (18 Februarie 2015)

- Donkergrys- Kruis- Doringkroon- Spykers

- Simbolies van routyd wat voorlê

Lydenstyd 6 Sondae na As-Woensdag

- Donker aardse kleure- Donkerpers- Liturgiese ruimte somber

en sonder enige blomme of versierings

- Simbolies van routyd- Stilte, afsondering &

skuldbelydenis- Ritueel: Vas as

teken van bereidheid om op te offer vir die evangelie en hertoewyding.

Palm-Sondag Sondag voor Goeie Vrydag(29 Maart 2015)

- Dieprooi/Maroen- Palmtakke

- Dieprooi kleur simbolies van Jesus se bloed.

- Palmtakke simbolies van Jesus se intog in Jerusalem

Wit/Heilige Donderdag

2 April 2015 - Dieprooi/Maroen- Brood en Wyn

- Simbolies van die laaste Avondmaaltyd

- Ritueel: Gebruik van die Nagmaal

Goeie Vrydag 3 April 2015 Swart - Ritueel: Stilte & diep bepeinsing

- Simbolies van Jesus se lyding aan die kruis en dood

Paasfees/ OpstandingSondag

5 April 2015 - Wit, Goud, Vrolike kleure- Lig – Son /kerse- Lofliedere en

trompetgeskal- In kontras met vas van

Lydenstyd word Paasfees gekenmerk deur aller-hande lekkernye

- Kleure simboliseer vreugde en oorwinning

- Son/Kerse simboliseer die lig wat donker oorwin: Christus se oorwinning oor die dood

Paastyd-Sondae

5 Sondae voor Pinkster

- Wit, Goud, Vrolike kleure- Baie blomme in ons Kerk

en huise- Musiek en lofprysing

- Vreugdevolle feesvieringe simboliseer die kontras met Lydenstyd

16

Page 17: Granaat volume 7

God vir LIG en LEWE!Paassiklus Wanneer Simbole/Rituele Simboliek7 Lydensweke

Begin op As-Woensdag (18 Februarie 2015)

- Donkergrys- Kruis- Doringkroon- Spykers

- Simbolies van routyd wat voorlê

Lydenstyd 6 Sondae na As-Woensdag

- Donker aardse kleure- Donkerpers- Liturgiese ruimte somber

en sonder enige blomme of versierings

- Simbolies van routyd- Stilte, afsondering &

skuldbelydenis- Ritueel: Vas as

teken van bereidheid om op te offer vir die evangelie en hertoewyding.

Palm-Sondag Sondag voor Goeie Vrydag(29 Maart 2015)

- Dieprooi/Maroen- Palmtakke

- Dieprooi kleur simbolies van Jesus se bloed.

- Palmtakke simbolies van Jesus se intog in Jerusalem

Wit/Heilige Donderdag

2 April 2015 - Dieprooi/Maroen- Brood en Wyn

- Simbolies van die laaste Avondmaaltyd

- Ritueel: Gebruik van die Nagmaal

Goeie Vrydag 3 April 2015 Swart - Ritueel: Stilte & diep bepeinsing

- Simbolies van Jesus se lyding aan die kruis en dood

Paasfees/ OpstandingSondag

5 April 2015 - Wit, Goud, Vrolike kleure- Lig – Son /kerse- Lofliedere en

trompetgeskal- In kontras met vas van

Lydenstyd word Paasfees gekenmerk deur aller-hande lekkernye

- Kleure simboliseer vreugde en oorwinning

- Son/Kerse simboliseer die lig wat donker oorwin: Christus se oorwinning oor die dood

Paastyd-Sondae

5 Sondae voor Pinkster

- Wit, Goud, Vrolike kleure- Baie blomme in ons Kerk

en huise- Musiek en lofprysing

- Vreugdevolle feesvieringe simboliseer die kontras met Lydenstyd

om te gebeur in die tyd wat die Jode die Pasga in Jerusalem gevier het. Die Skrif bevestig dit ook in 1 Korintiërs 5:7:

“Ons paaslam is immers geslag: dit is Christus.”

Jesus se lewe is nie GENEEM nie... Hy het Sy lewe AFGELê. Jesus het ons tot die uiterste liefgehad. Om Sy dissipels se voete te was, was nie vir Jesus slawe-werk nie, maar ‘n manier om Sy onvoorwaardelike liefde nie net met woorde nie, maar ook met dade te betoon.

Wat ‘n fenomenale verskil sal dit nie in die hart van ons families en gesinne maak as ons met hierdie voete-was-gesindheid van ons Koning begin leef nie! Paasnaweek word so dikwels net nog ‘n plesierige langnaweek.

Mag Paasfees in 2015 konkreet gestalte aanneem in jou huis.

Skep spesiale geleenthede en vul julle tuiste met betekenisvolle rituele en simbole. Was mekaar se voete. Offer iets soos ‘n geliefkoosde gereg of aktiwiteit op en vas as herbevestiging van julle geloofstoewyding. Dek ‘n nagmaalstafel en vier saam die laaste Avondmaal. Bring Goeie Vrydag deur in stilte. Trek swart aan of dek die etenstafel met swart tafellinne. Vertel of lees weer die verhaal van die kruisiging en treur saam oor Jesus se lyding aan die kruis. Deurnag onder die sterre en kyk saam hoe die son opkom op Paassondag. Sing bekende lofliedere en vier uitbundig fees om ‘n vrolike ontbyttafel. Pluk veldblomme of maak vrolike rangskikkings uit julle blomtuin. Versier julle tuiste met die kinders of kleinkinders se vrolike blomprente! Steek kerse aan, braai malvalekkers en vier Jesus se soete oorwinning oor duisternis en dood. Kniel saam en dank God vir LIG & LEWE!

Bronverwysings: Kerklike jaar (www.albertonsuid.com); Kerkjaaruiteensetting (Mariette Steyn – www.communitas.co.za)Lydingstyd (www.communitas.co.za); Paaswandeltuinwoorde (ngmtonoos.co.za); Die siklus van die Kerklike jaar (ngmtonoos.co.za); Die ware betekenis van Paasfees (www.bergsigdv.co.za)

Here,dis lydingstyd, dis swaar tyd

ons voete sleep deur die modder van moedeloosheid en ons harte is stil-seer

U ken hierdie pad so goed daarom vra ons:Terwyl ons so diep in die oë van

verwoesting kykskeld ons vry van verwyte

terwyl die skadu van die dood oor ons lêskenk ons ‘n nuwe deernis

terwyl ons geen antwoorde het nielaat ons teenwoordigheid hoop bring

terwyl die wonde diep en rou lêlaat rein, vars lewende water daaruit vloeiterwyl die gevoel van verlies ons verlam

laat daar ‘n nuwe menslikheid in ons ontwaak

maak ons hande instrumente van genesingen ons voete draers van vrede

gee ons die genade om altyd die lig ook te sien en laat ons harte vol uitrys deur u

suurdeegliefdedat ons ander kan voorsien met die

brood van die leweverander water soms weer in wyn

sodat ons weer in U teenwoordigheiddie kosbaarheid van die lewe kan vier

en laat deur ons aanraking weer die vonkevan geloof, hoop en liefde vlamvat

ons vra:Laat daar lig wees, Here!!

Christo van Heerden

17

Page 18: Granaat volume 7

Bergsig Bergsig-tak hou Beraad en LEEF! ‘n Paar wyse woorde van die Bergsig-tak “Ons kan nie sout wees as ons gedurig ander peper oor hul foute nie!!”

Dameskring

Na ‘n jaar se harde werk het die Bergsig-tak te Altydgedacht, Durbanville ‘n ontbyt gehou en die jaar afgesluit met ‘n terugblik na al die gebeurtenisse van die jaar!

Hul tema het afgeskop met ‘Sout vir die aarde’. Verlede jaar het die taklede Ouma’s en Mammas geword. Hulle raak vriendinne ryker en verarm met ‘n ‘Ligbringer’. Die tak het saam gekuier oor Rympies, Rose en Romanse met Koos van der Merwe.

Takleuse vir 2014: “Ons hande seën ander, want ons word dan geseën”!

Hannatjie Lammers en Vriendinne,Namens die bestuur en inwoners van Huis Jabes word julle hartlik bedank vir die skenking van linne wat onlangs ontvang is. Verder baie dankie vir die liefde en omgee wat hierin omvat is.Julle bydrae maak dit vir hierdie gemeenskapsprojek moontlik om voort te duur en sodoende bied dit vir slagoffers van gesinsgeweld ‘n kans op genesing en geluk.Adri Klindt, Bestuur en Inwoners van Huis Jabes.

Bergsig-tak het die volgende briefie van waardering ontvang wat ons graag met julle deel:

TAK-NUUS

18

Page 19: Granaat volume 7

Stella TAK-NUUS

FynbosVrouedag-uitreikHierdie projek het toe ‘n HEEL JAAR-projek geword!Vier van ons lede, Brenda en Heléne by Graad 6 en Elsabë en Annatjie by Graad 4, het elke week by die Attie van Wyk plaasskool net buite Durbanville, vir leerders van die betrokke klasse gaan stories voorlees! Verskillende leestegnieke is dan ook toegepas. Ons kon werklik so ons tema, LEEF!, uitleef.

Vir die leerders van die plaasskool was dit ‘n belewenes en ons is altyd met groot entoesiasme ontvang.

Op 20 Augustus 2014 het Stella DK-tak ‘n baie geslaagde Lente-tee gehou. Ongeveer 110 persone het die geleentheid bygewoon. Die funksie is in samewerking met Starke Ayres en Afriforum gehou. Lourens van der Colf het “Die Donkerman”

van Ingrid Jonker, met ‘n rangskikking uitgebeeld.

Fondse wat ingesamel is, is gegee vir kankerpasiënte van hul dorp. Daar was ses uitstallers en die Annalize Lazenby-dansskool het met 2 Tap-items luister verleen aan die geleentheid.

Regs bo: Graad 4 leerders saam met Annatjie, Elsabé en die klasonderwyseres

Regs middel: Brenda saam met die Gr 6 leerders

Regs onder: Fynbos se betrokkenheid by Durbanville Kinderhuis:

TAK-NUUS

19

Page 20: Granaat volume 7

Misdaad in Suid-Afrika is ‘n werklikheid, het geen respek vir ouderdom, geslag, sosiale status

of ras nie – dit is nie-diskriminerend! Juis in hierdie lig is dit belangrik dat veral Suid-Afrikaanse vrouens hulself bemagtig om ten minste die basiese inligting rakende vuurwapenbesit en die riglyne vir die hantering van ‘n vuurwapen onder oë te neem.

Ek is seker almal het op een of ander manier blootstelling gehad aan die Oscar Pistorius hofsaak. En dalk was jy net soos ek baie nuuskierig oor die uitkoms van dié saak…

En toe kom die uitslag: Pistorius is gevonnis tot 5 jaar tronkstraf en slegs skuldig bevind aan strafbare manslag en daarom die appèl.

Die doel is glad nie om te debatteer oor of Oscar skuldig is, al dan nie, of Regter Masipa se uitspraak jou goedkeuring wegdra of nie, maar liewer om te kyk na die wetlike aspekte rondom vuurwapenbesit en -hantering.

Kragtens wet kan die staat net op regsgronde appelleer en nie op feitelike gronde nie.

Volgens Prof. James Grant, strafregspesialis van die Universiteit van die Witwatersrand, is daar minstens vier regsgronde waarop hierdie betrokke appèl gebaseer is, soos verslag gelewer deur Marida Fitzpatrick op Dinsdag 28 Oktober 2014 op News24:1. Masipa se vertolking van die wet oor

die besit van ammunisie. 2. Masipa se vertolking en toepassing

van die regsbeginsel van dolus eventualis: die bewustheid van die moontlike uitkoms van ‘n aksie.

3. Masipa se toepassing van dolus eventualis spesifiek met betrekking tot die regsbeginsel van error in objecto (wanneer jy ’n aanval op iemand rig en jy ’n ander slagoffer tref).

4. Haar formulering van putatiewe noodweer (wanneer jy iemand doodmaak omdat jy verkeerdelik onder die indruk verkeer dat die persoon jou lewe bedreig.)

Wanneer enigiemand hul reg tot selfverdediging toepas, is daar sekere grondwetlike vereistes naamlik die reg tot lewe, almal is onskuldig tot skuldig

Hoe veilig is jy?– Raak ingelig en gesels saam!

GESPREKSDOKUMENT: APRIL

BYDRAE: Izienne van Jaarsveld • Taalversorging: Karen Hauman

20

Page 21: Granaat volume 7

bewys, menswaardigheid, gelykheid, vryheid en die reg tot eiendom.

Volgens wet mag ‘n persoon slegs met dodelike geweld optree in die volgende gevalle:- Daar moet ‘n aanval op jou, of

‘n derde party wees wie jy moet beskerm teen ‘n aanval, en so ‘n aanval moet teen die wet wees;

- Die aanval moet teen ‘n persoon wees, m.a.w. daar moet gevrees word vir lewe en nie vir die verlies aan eiendom nie;

- Die aanval moet besig wees om te begin of reeds aan die gang wees.

Die toets wat die hof toepas is: Sou ‘n redelike persoon wat in dieselfde of ‘n

soortgelyke situasie was op dieselfde of soortgelyke wyse opgetree het?

Ons is almal weer opnuut bewus daarvan om verantwoordelike persone te wees ten alle tye, selfs as jou lewe in die gevaar blyk te wees!

Bronne geraadpleeg:- Official traning manual of the Firearm

Control Act 60/2000): Knowledge of the Firearms Control Act 60/2000.

- Official traning manual of the Firearm Control Act 60/2000): Handle and use a handgun.

- Internet: http://www.netwerk24.com/nuus/2014-10-28-4-regsgronde-vir-staat-se-appl-teen-oscar-pistorius

- Internet: http://www.grafika24.com/opsomming-van-sa-misdaadsyfers/

21

Page 22: Granaat volume 7

Op ‘n warm somermiddag vroeg in die jaar kom vat my getroue tuinier my ferm aan die arm waar ek in my kantoor agter my rekenaar

sit. Hy lei my na die hoek van ons erf waar al die vullisdromme en sakke vol tuinvullis gebêre word. Net daar, op die kaal sement tussen al die vuilgoed lê vyf pasgebore baba katjies.

My moed sak DIEP in my skoene. Daar is weinig dinge waarin my dierbare man ‘n renons het, maar in ons vyftien jaar van getroude lewe het geen kat nog ooit oor ons drumpel gestap sonder om in lewensgevaar te verkeer nie. Toe ek omdraai, vind ek agter my drie paar kinderogies: skitterblink van afwagting. My moed sak verder.

Laataand, toe die huis stil en donker is, sluip ek suutjies na die donkerste hoekie van die motorhuis waar die katjies knus lê en slaap in hulle kartondoosbedjie. Ek oortuig myself dat ons net tydelik optree as barmhartige samaritane. Net totdat die kleintjies

sterk genoeg is om weer stil-stil saam met hulle mamma te verkas.

Elke oggend douvoordag sluip drie paar voetjies voor ons kamerdeur verby om te gaan môre sê en laataand verdwyn hulle ewe stil om vir oulaas in te loer en stry-stry drukkies en soentjies uit te deel…

Een vir een begin die kat-babas se ogies oopgaan en ek weet dat hulle nie meer vir lank by ons gaan wees nie. Baie vroeg een Sondagoggend word ek dan ook wakker van ons middelste dogtertjie se hartstogtelike snikke. Ek sluip in my nagklere tot by die wegsteekslaapplek en vind haar huilend op die vloer langs die leë kartondoos. In haar handjies hou sy een piepklein swart- en-wit katlyfie – die mamma en vier ander babas is nêrens te sien nie.

Die uur van waarheid het aangebreek. Pappa is min beïndruk en staan onbeholpe rond met onweerswolke op sy gesig. Ooglopend omgekrap wend hy ‘n halfhartige poging aan om die huilende kinders tot bedaring te bring en

MEI - SIELSKOS

GELUKKIGE GESINNEspandeer saamTyd

“Alles gebeur op ‘n bepaalde tyd. Alles in die lewe is vooraf bepaal…”(Lees Prediker 3:1–9)

BYDRAE: Belinda Campher • Taalversorging: Karen Hauman

22

Page 23: Granaat volume 7

beloof teësinnig om na kerk met ‘n plan vorendag te kom.

En so, weens ‘n gebrek aan opsies, kreatiewe idees of vriende wat ons lief genoeg het om die wesie aan te neem, word Mila deel van die Campher-gesin.

In die dae wat volg besef ek dat God self met ons ‘n afspraak gemaak het. Ek staan diep skuldig wanneer die Vader my geestesoë aanraak en my laat sien hoe min van die gesonde balans wat ons eens in ons gesin gehandhaaf het, oorgebly het te midde van die dolle gejaag… Ons het gebuig voor die tydgod. Ons het onthou van TYD, maar nie van “PRIORI-TYD” nie. Dit was nooit God se bedoeling toe Hy tyd geskep het nie!

In ‘n reeds oorvol dagboek word tyd ingeruim om die wesie elke vier uur te voed! Vir die eerste keer in ses jaar sit ek en my man drie-uur in die oggend by dowwe lig en tee drink terwyl ons die eens onwelkome nuweling voed, vertroetel en fluisterend gesels oor die dag se gebeure. Weke aaneen vergader die hele gesin op ons dubbelbed en is daar weer tyd om met mekaar te praat, te lag, te stry en stoei, terwyl Mila salig onbewus van alles gulsig suip.

Haar kattekwaad en manewales laat ons uitasem van al die lag. So stuk-stuk saam met al die lekker lag asem ons gesin die gejaagdheid waarin ons verval het uit. Elke nuwe asemteug vul ons met dankbaarheid, nuwe krag, geloof, hoop en liefde vir mekaar en vir ons Skepper.

Gesinne het nodig om TYD saam te spandeer. SPEELTYD waarin ons kan ontspan en stories vertel, lag en droom en feesvier. GESINSTYD om die mooi in mekaar weer te kan waardeer en om herinneringe te skep. BEDIENTYD om ‘n positiewe verskil in ander se lewens te maak. STILTETYD om saam God se aangesig te soek..

Stof tot nadenke...1. God het tyd geskep! Die vraag is:

Wat maak jy daarmee??2. Is daar ‘n tyd om te werk, maar ook

om te rus?3. Is daar ‘n tyd om vir werk NEE te sê

en vir jou gesin JA?4. Is daar tyd vir vriende, maar ook tyd

vir jouself?5. Is daar tyd vir laat werk, maar ook vir

lag- en speeltyd?6. Word julle as gesin dikwels genoeg

stil by God se voete sodat julle Sy Stem kan hoor en julle

roeping kan leef?

“As jy hegte verhoudings met jou man en kinders begeer, spandeer twee maal soveel tyd op hulle en die helfte van die geld...” Anoniem Bronverwysings: www.heuning.co.za; www.sagemeente.com

23

Page 24: Granaat volume 7

Konflik kom van baie ver af. In die eerste gesinne waarvan die Bybel ons vertel, het Kain sy broer doodgemaak. Die wêreldgeskiedenis is besaai met konflik en ons ervaar dit daagliks in verhoudings.

Konflik in ‘n verhouding kan egter ook positief wees, want konflik kan lei tot groei in ‘n verhouding. In ‘n gesin waar konflik reg hanteer word, word kinders toegerus om konflik, wat hy sekerlik in sy latere lewe gaan ervaar, te hanteer. As die kind geleer word om konflik op ‘n opbouende wyse te ervaar, te hanteer en te verwerk, rus dit hom toe. Die oplossing lê in hoe ouers kinders leer om konflik op te los, selfkennis in die hantering van konflik te bekom en hoe om hanteringstrategieë aan te leer. DEFINISIEKonflik is ‘n emosionele botsing of spanning weens een of ander moeilike gebeure of saak in jou en jou kind se interaksie, omdat julle twee verskillende mense is. Mense in verhoudings se verwagtinge, behoeftes en waardes verskil. Die wyse van doelwitbereiking kan ook verskil en dit ontlok negatiewe gevoelens en/of aggressie. Botsing en stryd is die gevolg.

STYLE VAN KONFLIKHANTERINGWanneer konflik in verhoudings voorkom, benader mense dit vanuit ‘n taakgerigte of mensgerigte oogpunt. Vergelyk die twee style, let op die verskil in gedrag en leer jou eie styl van konflikhantering ken.

Hoe hanteer jy konflik in verhoudings?

GESPREKSDOKUMENT: MEI

BYDRAE: Letitia Boshoff • Taalversorging: Karen Hauman

24

Page 25: Granaat volume 7

TAAKGERIGTEVan kardinale belang om die taak te voltooi.

Die Haai- Sien elke verskil

as ‘n uitdaging om ten alle koste te wen.

- Kommunikeer in ‘n aanvallende styl, kritiseer en beskuldig.

- Soms gaan aggressie verder as woorde!- Val aan en breek selfs af.- Is intens betrokke, maar op ‘n

negatiewe manier.

MENSGERIGTE Ander se gevoelens is belangrik. Die Skilpad - Wil nie ander

seermaak nie. - Ontken konflik - Onttrek op ‘n stadium.

Dink die bedreiging is afgeweer as jy jou kop intrek.

- Dit is ‘n onbetrokke styl en lei tot die frustrasie en onopgeloste konflik

Die Jakkals- Maak gebruik van

manipulasie, skuldgevoel, vergelding om eensydige uitslag in jou guns af te dwing.

- Doen niks verniet nie en baie min vir ‘n trippens.

Die Teddiebeer - Probeer om almal

tevrede te stel. - Is oordrewe inskiklik- Onderdruk sy mening en

onopgeloste konflik bou op.- Is nie tevrede met die uitslag nie,

maar bly stil.

en die goue middeweg... Die Uil- Onderhandel tot ‘n uitkoms bereik word wat vir beide

partye aanvaarbaar is. - Die uil luister fyn (teddiebeer en skilpad), maar het ook ‘n mond/

opinie (haai en jakkals.) - Die uil soek die wen-wen uitkoms!

Besprekingsvrae:1. Kan jy jouself herken in een van die bogenoemde konflikstyle?2. Hoe beïnvloed hierdie verskillende konflikstyle konflikhantering in die

gesin/verhoudings?3. Is konflik altyd negatief? Hoekom dink jy so?4. Wat is die waarde van kennis van verskillende konflikstyle in ‘n huwelik/

verhouding?5. Wat is my verantwoordelikheid, met my spesifieke konflikstyl t.o.v die

mense om my?

BRONNE Ouerverrykingskursus Pretoria kinder-en gesinsorg verenigingBybelse Ouerskap roetegids. 1995. BORGProgram Skrywer Uitgewers.

25

Page 26: Granaat volume 7

Annatjie KleingeldAnnatjie gaan B.ED Honneurs studeer by die Noord-Wes Universiteit. “Duisend dankies vir die wonderlike geskenk wat my gaan help om my drome en passie te verwesenlik!”

Reinald LiebenbergReinald gaan Meganiese Ingenieurswese by die Universiteit van Pretoria studeer. “Dit is ‘n stap nader om my droom ‘n werklikheid te maak en sonder julle goedhartigheid sou dit nie moontlik gewees het nie. Ek sal julle nie in die steek laat nie, weereens baie dankie.”

Michelle OelofseMichelle gaan B. Com. Regte studeer by die Universiteit van Pretoria. “Die beurs gee my die geleentheid om nie net vir myself ‘n toekoms te skep nie, maar ook om te help bou aan Suid-Afrika s’n. Ek is baie opgewonde om ‘n sukses van my eerste jaar te maak!”

Anelize StokesAnelize gaan Onderwys-Grondslagfase deur UNISA studeer. “Dameskring gee vir my die vryheid om te kan lewe sonder om elke sent drie keer om te draai. Hulle gee my die kans om my droomberoep te studeer sonder om gebuk te gaan onder finansies. Ek is dankbaar God het die Dameskring op my pad gebring.”

Alle seën met julle studies!! Ons weet julle gaan DK se naam hoog hou!!

Beursbegunstigdes!Ons stel graag die Dameskring se Beursbegunstigdes aan julle bekend!! Baie dankie aan elke tak of individu wat in 2014 bydraes gemaak het vir die DK beursfonds! Te danke aan almal se bydraes kon daar ‘n totaal van R76 000 uitbetaal word aan die volgende vier persone:

26

Page 27: Granaat volume 7

Dameskring se leuse is: Waak en Werk. As ons verlede jaar se ‘LEEF’ daarby las, kry ons ‘n inspirerende boodskap vir 2015.

Ons waak oor mekaar se belange en deel in mekaar se vreugde en leed. Dit beteken dat ons mekaar

onvoorwaardelik as ‘n gawe van God sal aanvaar en dat ons mekaar sal liefhê ten spyte van, en nie as gevolg van nie.

Dit beteken ook dat ons opbouende woorde sal spreek (Ef 4:29), dat ons mekaar sal troos en help waar ons kan (Job 16:5), vriendelik sal wees (Gen 50:2) en alles moontlik sal doen om ons naaste weer sterk te maak. Om oor ‘n vriendin se belange te waak, beteken ook dat ons die probleem, en nie die persoon aanval nie. Ons is nie mekaar se probleem nie, ons is mekaar se geesgenote.

Selwyn Hughes het gesê: ”Ons werk nie vir God sodat ons gered kan word nie, maar omdat ons gered is.” Dit is mos uit dankbare erkentenis teenoor ons Hemelse Vader dat ons in DK werk om ‘n verskil in alle sfere van die samelewing te maak!

Moeder Theresa het gesê: ”Dit is nie die soort werk wat jy doen wat jou gelukkig maak nie, maar die hoeveelheid liefde waarmee jy dit doen.”

Leacock het gesê dat mens altyd dink jy sal begin leef sodra jy ‘n probleem opgelos het, maar die volgende dag

sê jy dit maar weer. So leer ons eers wanneer dit te laat is dat die lewe in elke klein veseltjie van elke doodgewone dag, van elke onuitsonderlike uurring ingeweef is. Die lewe kom nie eendag nie; dit is nou hier om geleef te word.

Gryp elke oomblik! Koester jou gesin, familie en vriende. Dring aan op ‘ek-tyd’ en kyk na jouself deur gereeld te oefen en jouself te versorg. Loof ons Groot Meester vir Sy goedheid en genade.

Kom ons maak 2015 ons Jubel-Gesinsjaar!

Ek sluit af met pragtige seëngebed soos geskryf in Éva het haar toonnaels rooi geverf deur Amanda L du Plessis.

Mag die Here jou seën met ongemak oor maklike antwoorde, halwe waarhede en oppervlakkige verhoudings, sodat jy uit die diepte van jou hart mag leef.

Mag die Here jou seën met woede oor onreg, onderdrukking en die uitbuiting van mense, sodat jy kan werk vir Geregtigheid, Vrede en Vryheid.

Mag die Here jou seën met trane om te stort vir mense wat pyn, verwerping, honger en oorlog ervaar, sodat jy ‘n hand kan uitreik en hulle pyn in blydskap kan help verander.

En mag God jou seën met genoeg dwaasheid om te glo dat jy ‘n verskil kan maak in hierdie wêreld, sodat jy ‘n verskil kan doen wat ander mense dink nie gedoen kan word nie.

Ons leuse is DK!

BYDRAE: Letitia Boshoff • Taalversorging: Marda Oosthuysen

SIELSKOS: JUNIE

27

Page 28: Granaat volume 7

Stel jou hierdie mensgemaakte fenomeen voor, en ‘n wêreld-eerste vir Suid-Afrika, in die Karoo, by die 4de oudste dorp in Suid-Afrika, naamlik Graaff-

Reinet: ‘n R170-miljoen landsvlag-projek waarvoor fondse genereer word deur bydraes van gewone mense soos ek en jy (crowd funding)!

Die “Giant Flag” is ‘n 66 hektaar Suid-Afrikaanse vlag wat uit 2,5 miljoen gekleurde woestynplante en ‘n vier megawatt sonkragpanele veld sal bestaan. Dit sal selfs van die maan sigbaar wees, maar ons aardgebonde wesens sal dit vanuit ‘n vliegtuig besigtig wanneer ons oor die Karoo vlieg. Die projek is die idee van die kreatiewe Guy Lieberman wat die opgewondenheid rondom die Suid-Afrikaanse vlag wou laat voortleef ná die Sokker Wêreldbeker wat in 2010 in Suid-Afrika aangebied is.

Die rooi, blou, groen en geel dele

van die vlag sal bestaan uit plante, terwyl die swart gedeelte ‘n sonpaneel-veld sal wees wat onder andere ‘n konferensie sentrum, ‘n boetiek hotel, ‘n kwekery en ‘n onderwater opgaardam van reënwater sal huisves. Die water wat op die sonpanele val sal gekanaliseer word na ‘n ondergrondse opgaardam waar die water gestoor sal word vir die plante.

Die groot vlag sal 1 kilometer lank wees aan elke kant en sal ‘n hoogte van 0,6 kilometer bo seespieël wees. Dit sal bestaan uit kleurvolle woestynplante wat langs ‘n wit pad geplant is en ‘n blok sonpanele wat die swart deel verteenwoordig, alles om saam die “reënboog”vlag voor te stel.

Guy noem dat die vlag so uniek sal wees soos ons land en dat dit simbolies sal wees van wat moontlik is in Suid-Afrika. Dit is interessant om te weet dat die Suid-Afrikaanse vlag die derde mees herkende vlag in die wêreld is!

Elke kleur van die 66-hektaar vlag sal bestaan uit:Rooi – Meksikaanse Vuur-vaatjie

BYDRAE: Izienne van Jaarsveld • Taalversorging: Karen HaumanFoto verkry van www.sagoodnews.co.za

“Giant Flag” ProjekDie

kaktusplant. Hierdie wilde kaktus is bekend vir sy briljante rooi bloeisel wat selfs helderder voorkom wanneer dit nat is. Die dorings voorsien skaduwee en kanaliseer reënwater wat dit droogtebestand en perfek maak vir die Karoo.Groen–Spekboom plant. Hierdie inheemse vetplant beskik oor die uitsonderlike vermoë om koolstofdioksied te absorbeer- dit kan

GESPREKSDOKUMENT: JUNIE

28

Page 29: Granaat volume 7

vier ton koolstof per hektaar per jaar absorbeer! Blou- Die Blou dun Skoenlapper vetplantagtige plant sal vir die blou gebruik word. Die plant het ‘n uitsonderlike blou-grys skakering en het die vermoë om te kan groei in droë omgewings, wat dit ‘n effektiewe bio-energie gewas maak. Geel –Die Goue Vaatjie kaktusplant sal vir die geel gebruik word. Dit is beter bekend as “Skoonma se kussing”, wat dit ‘n populêre plant maak in moderne landskap-ontwerp! Alhoewel dié plant sonnige areas verkies, kan dit ook vir lang periodes in die donker oorleef. Wit – pad van gruis waarop geloop kan wordSwart – 6,6 hektaar van sonkrag-panele wat die kapasiteit sal hê om 4 000 huise van elektrisiteit te kan voorsien.

Die “Giant Flag” is ‘n trots Suid-Afrikaanse inisiatief deur Guy Lieberman. Enigiemand kan die projek se “crowdfunding” veldtog ondersteun deur ‘n plant of sonkragpaneel van die vlag aan te koop teen ‘n bedrag van so min as R111 (gemiddelde plantprys) tot R2 780,00 (gemiddelde prys van ‘n sonpaneel). ‘n Aandeel in die wit gruispad kan teen ‘n koste van ongeveer R 1 000 aangekoop word. Dit word beoog om die projek in 2016 te voltooi. Koop aanlyn ‘n deel van die vlag en sodoende kan jy jou eie kleurblokkie van die vlag besit. Wanneer jy aanlyn die aankoop doen, word daar aan jou ‘n koördinaat gegee sodat jy jou bydrae kan naspoor.

Besprekingsvrae: • Na jou mening: is hierdie projek uitvoerbaar, gaan daar genoeg befondsing binne die beplande tydsraamwerk gegenereer word? • Is Suid-Afrikaners bewus van die konsep “crowdfunding”?

• Wat is jou gevoel oor die tipe plante wat die verskillende kleure van die vlag gaan verteenwoordig? • Sou jy eerder ander inheemse plante kon voorstel wat aan die klimaatsvereistes sou kon voldoen? (Hou net in gedagte dat die voorgestelde plant regdeur die jaar sy spesifieke kleur moet behou.)• Was jy ook deel van die opgewondenheid oor ons landsvlag met die vorige Sokkerwêreldbeker? Het jy nog enige praktiese voorstelle hoe ons as individue (gesinne?) die vlag kan gebruik om nasietrots aan te wakker?

Bronne geraadpleeg: www.dailymaverick.co.za; www.southafrica.net/blog/giant-flag-project; www.travelground.com/blog/giant-flag-project/; www.sagoodnews.co.za

29

Page 30: Granaat volume 7

N a vyftien jaar is dit nou tyd om vir Elsa “koebaai” te sê... Ons kan dit skaars glo! Wanneer sy vir oulaas by die Dameskring

se kantoor uitstap sal daar ongetwyfeld ‘n ry diep spore agter haar bly lê. Sy het nie net spore in ons organisasie en administrasie getrap nie, maar ook in ons harte.

Elsa som haarself op as hardwerkend (ons weet sy IS!), lojaal, geduldig, behulpsaam en “sê maar vriendelik”! Op die laaste vier beskrywende woorde kan ons maar net dankbaar “Amen!” sê. Elsa is trots daarop dat DK, nou meer as ooit tevore, die vroue van die samelewing koester en bemagtig. Vir haar is die belangrikste gesinswaarde dat God die eerste plek moet beklee en dat daar liefde, begrip en tyd aan almal in die gesin gegee moet word.

Elsa, dankie dat jou lig vir Jesus skyn, waar jy ookal is. Jy leef voorwaar jou lewensleuse uit en het met jou wyse

woorde en ooreenstemmende dade vir ons ‘n wonderlike voorbeeld gestel wat ons in ons eie lewens kan nastreef. Al het jy nog geen definitiewe planne vir jou aftrede nie, is jy reeds in ons gedagtes en gebede vir die aanpassing by hierdie nuwe fase in jou lewe. Ons sal veral aan jou dink wanneer jy na Nystroom verhuis.

Soos in Ria Venter se mooi gedig, hoop ons dat die frustrasies van inligting wat jou laat bereik en al die ander klein jakkalsies waarmee jy daagliks moes deel gou vir jou geheue verlore sal wees! Dat net die lekker en die mooi sal oorbly om te onthou en dat jy dit in jou hart sal koester met liefde en mymering...

Ons gaan jou mis Elsa… jou sagte, tog ferme, weldeurdagte opinie, jou taakgedrewenheid, jou omgee, jou regop postuur en sagte glimlag met oë wat blou skitter, jou omgee hart… Alle seën op jou toekomspad, nou en in die dae wat kom!

Ons sê totsiens aan Elsa in die kantoor

Vir oulaas sal jy vir ons waai‘n Tyd om te sê koebaaiEn op ‘n dag, lê agter jou ‘n ry sporewat sal agterbly, vir jou geheue verloreMaar in jou hart sal voortleef herinneringwat jy sal koester met  liefde en mymering(Gedeeltes uit die gedig van Ria Venter genaamd Om Totsiens te sê)

Om totsiens te sê

30

Page 31: Granaat volume 7

Liewe DK-vriendin

Indien jy graag enige bydrae vir ons tydskrif “Granaat” wil instuur, let asseblief daarop dat dit aan sekere vereistes moet voldoen en dat die Tydskrifkomitee die reg voorbehou om die bydrae

te plaas (dadelik of in ‘n latere uitgawe).Skryfstukke wat uit eie ervaring/belewenis spruit, sal voorkeur geniet. Plagiaat is strafbaar in Suid-Afrika, daarom is dit noodsaaklik dat die vrywaringsklousule ingesluit is.

Bydraes vir die Granaat moet in ‘n spesiale formaat aangebied word. Die dokument hiervoor kan afgelaai word van die webblad by www.dameskring.co.za (onder die dokumente afdeling) of u kan direk met my skakel by [email protected] om dit via e-pos te ontvang.

Foto’s: ‘n Maksimum van 3 x hoë resolusie foto’s (300dpi) JPEGS kan die berig vergesel (indien nodig, bv. by Takprojekte of –funksies, ens.) Vir die middelbladprojekte kan meer foto’s gestuur word, of ‘dropbox’ kan gebruik word.

Indien jy nie self die foto’s geneem het nie, maak seker dat jy die toestemming van die fotograaf verkry en gee erkenning vir die gebruik daarvan.

Die foto’s moet ten minste 2MB groot wees. Hoe weet mens? Regs kliek op die foto en kliek dan op ‘properties’, wat vir jou die grootte sal aandui. Selfoonfoto’s is ook welkom, maak asb net weereens seker dat die kwaliteit van ‘n hoë standaard is en stuur dit asb as die “actual size” of “original size”.

Maak asseblief seker wanneer jy die foto’s per e-pos stuur, dat jou program dit nie outomaties verklein nie – kies die “original size” foto en e-pos dit. Let daarop dat meeste e-posaddresse net 3MB aanhangsels kan ontvang. Dit sal dus beter wees om slegs een foto per e-pos te stuur.

Ek sal ontvangs erken van alle bydraes. Indien u dus geen reaksie van my ontvang nie, e-pos asb weer.

E-pos asseblief die voltooide Granaatbydrae, sowel as jou foto’s aan: [email protected]

GroeteIzienne van JaarsveldRedakteur vir die Uitgawe

Lewer ‘n bydrae vir die Granaat

DIE SPAN

Izienne van Jaarsveld Belinda CampherLetitia Boshoff

31

Page 32: Granaat volume 7

Bestanddele:100 ml Westfalia Suurlemoen- gegeurde avokado-olie4 eiers180 ml suiker200 ml bruismeel100 ml gemaalde amandelsversiersuiker om oor te sif

Metode:1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer

‘n 1,5 liter-brood-pan en smeer met suurlemoen-gegeurde olie.

2. Plaas olie, eiers en suiker in ’n groot mengbak en klits met ‘n elektriese klitser vir 3-5 minute of tot lig, donsig en liggeel. Vir die beste resultate, maak seker dat die suiker opgelos is.

3. Sif die meel in ‘n aparte bak en meng met die amandels. Vou die meelmengsel versigtig by die eiermengsel, maar moenie te veel meng nie.

4. Skep beslag in die broodpan en bak vir 40-45 minute of tot die toetspen skoon uitkom. Laat 1-2 minute in die pan staan. Keer uit op ‘n afkoelrakkie en laat afkoel.

5. Sif versiersuiker oor en sit voor.

Westfalia SUURLEMOEN TEEBROODJIEmet Avokado-olie

Wenke:1. Bedien die koek as

nagereg en sit voor met vars aarbeie en lepelsvol Griekse jogurt. Bloubessies en frambose sal ook lekker wees.

2. Die koek sal ‘n paar dae in ’n lugdigte houer vars bly, sonder om uit te droog.

3. Die koek is ook lekker in ’n koekstruif - plaas koek in lae met vrugte, jogurt, neute en gekapte sjokolade.

32