Granaat volume 9

40
Die Dameskring KWEEK HARTSGESINNE VOL 9 • NOVEMBER 2015 Emile MINNIE ONS PRAAT MET… Gesonde grense! Kweek h rtsgesinne Wanneer ‘n geliefde sterf...

description

Die Dameskring Granaat - Volume 9

Transcript of Granaat volume 9

Page 1: Granaat volume 9

Die Dameskring

KWEEK HARTSGESINNE VOL 9 • NOVEMBER 2015

EmileMINNIE

ONS PRAAT MET… Gesondegrense!

Kweek h rtsgesinne Wanneer ‘n

geliefde sterf...

Page 2: Granaat volume 9

HOOFKANTOORTel.: 011 782 4496Faks: 086 550 3968E-pos: [email protected]: www.dameskring.co.za

BANKBESONDERHEDEABSA AucklandparkTakkode: 632 005Rekeningnaam: Die DameskringRek. Nr.: 284 075 0062

POSADRESPosbus 91834Aucklandpark2006

Die Dameskring

VOORBLADFOTO: Sarina Engelbrecht

Inhoudsopgawe

Oranje Print & Packaging 2015 (058 481 2105) 137538

Brief van die redakteur 3

Uit die pen van die President 4

Ons praat met Emile Minnie 5

November Sielskos: Wagtyd 6

November Gespreksdokument: Die gawe van disleksie 8

Desember Sielskos: Die Advent-Tydperk 13

Desember Gespreksdokument: Op Reis 16

TAKNUUS 20

Januarie Sielskos: Nuwe jaar, ou baadjie 23

Januarie Gespreksdokument: Persoonlike groei: Gesonde grense 25

Februarie Sielskos: Kweek Hartsgesinne 30

Februarie Gespreksdokument: Wanneer ‘n geliefde sterf 33

Maria 38

Lewer ‘n bydrae 39

Agterblad: Westfalia Resep 40

2

Page 3: Granaat volume 9

BRIEF VAN DIE REDAKTEUR

Hoe dikwels oordeel ons nie op grond van voorkoms nie! Elkeen van ons het waarskynlik al in die slaggat getrap om iemand heeltemal verkeerd op te

som deur hom op sy baadjie te takseer!

Almal het ‘n unieke storie en daarom lyk ons soos ons lyk, tree ons op soos ons doen, het ons selfs unieke plooie op ons gesig!

Marthie Maré verwys nie verniet na die plooie op jou gesig as die “padkaart van jou siel nie”. Deur God se genade is ons almal se stories verskillend. Ook maar goed so, want ek hou eerder my eie “smartpakkie” as wat ek met iemand anders ruil. Hoe waar is die woorde dan nie dat God niks oor jou pad sal laat kom wat jy nie kan hanteer nie!

Ons gesin het die afgelope tyd geworstel met baie mediese uitdagings. Ons storie vertel van skoonpa wat met 9% nierfunksie geduldig wag op toestemming vir ‘n nieroorplanting. Wanneer hy ‘n geskikte skenker kry, word sy gesondheidstorie onvermydelik deel van iemand anders se storie... Sy toekoms-storie gaan heeltemal verskil van die beperkte kwaliteit lewe tans! Na ‘n skielike beroerte verander die storie van ‘n oud Dk-lid se lewe binne minute van onafhanklik, na afhanklik. Skielik word frustrasie weens fisiese en geestelike beperkinge onlosmaaklik deel van haar storie.

Die verskillende stories waarmee ek gekonfronteer word, laat my besef dat ek die kwaliteit van my lewenservarings wil verhoog. Ek is nog gesond genoeg om voluit te kan lewe in alle opsigte, met hope seëninge! Ek gaan meer

bewustelik my storie probeer vaslê in foto’s, DVD’s, dagboek-inskrywings en die skep van mooi herinneringe. ‘n Skatkis van my lewensstorie wat vir my kinders en hartsmense bewaar kan word lank na ek nie meer my eie storie kan vertel nie.

Ek daag jou uit om in hierdie aan-die-einde-van-die-jaar ruskansie wat vir ons almal wag jóú storie te deel. Dalk oor ‘n koppie tee met jou kinders, kleinkinders of ‘n vriendin. Skep iets tasbaars wat sal verseker dat jou storie bewaar word vir jou nageslag. Laat neem gesinsfoto’s, maak ‘n foto-album en skep doelbewus geleenthede waar herinneringe bymekaar gemaak word.

“Om te weet waar jy vandaan kom, wie jou voorgeslag is, wat hulle gedoen het, is ‘n fassinerende storie – maak nie saak hoe oud jy is nie. Deur só ‘n geskiedenis van jou mense saam te stel, skep jy ‘n erfstuk vir die toekoms én dit kan dalk net help om die familie byeen te bring.” Idees Tydskrif, Augustus 2015 uitgawe.

Gesondheid op die lewe, op jou unieke storie en op spesiale oomblikke wat herinneringe word!

Fluit-fluit my storie is uit tot 2016!

Karoo-groeteIzienne van Jaarsveld (Redakteur)

lank, lank gelede…” “Eendag

3

Page 4: Granaat volume 9

Ek sit hierdie stukkie en skryf op die vooraand van Noordkaap se Gebiedskonferensie wat vanjaar in Kimberley gehou gaan word. Dit sal die agste Konferensie wees wat ek DV sal bywoon.

Ek het gereis na Witrivier, Pretoria, Durbanville, PE, Potgietersrus, Potchefstroom en Bethlehem. Ek het die enersheid, maar ook die

andersheid van elke Gebied beleef. Hierdie reis het my nie net deur al die mooi dele van ons land geneem nie, dit het my ook deur ‘die hart’ van elke DK-lid geneem.

Wat ‘n ongelooflike voorreg! Ek sal die ervaring vir altyd in my hart bêre. Ek was bevoorreg om ons land se uitsoekvroue te ontmoet, vroue met warm hartlikheid, met ‘n passie vir dit wat saak maak in die lewe, vroue wat gee en gee en gee…vroue wat nie omgee om ‘n ekstra myl te loop nie. Vroue wat ingelig leef en werklik ‘n verskil maak. Vroue wie se ‘hart’ nog warm klop vir Dameskring en die uitdagings wat dit aan haar stel aangryp. Vroue wat jou toevou, jou koester, jou bemoedig, jou troos…

Ek is ontsteld as ‘n DK-vriendin my een oggend vra: “Wat gaan julle doen om Dameskring te red?” Miskien was dit nodig dat ek met so ‘n vraag gekonfronteer moes word. Wanneer ‘n mens se hart ophou klop gaan jy dood.

PresidentUit die pen van die

BRIEF VAN DIE PRESIDENT

Ek het gedurende hierdie reis die ‘hart’ van Dameskring sien klop, hoor klop! Ek het die bruisende entoesiasme vir ‘n saak gesien…ek het dit beleef!

En, soos ek vir die vriendin gesê het, ek is bekommerd oor lede wat bedank, oor die eise van ons tyd,oor die onbetrokkenheid van mense in die algemeen, maar vir die nou en die huidige het ek en jy ons verbind tot ‘n roeping…’n uitleef van Godgegewe gawes. Al verander die wêreld om ons, ons mag nie aan dié wêreld gelyk word nie. Dit is ‘n Goddelike opdrag en dit geld vir my en jou wat graag loop waar ons Vader ons lei. Hy HET met my, en jou ‘n doel op aarde en ek leef daardie doel uit deur my betrokkenheid by ‘n organisasie waar ek vroue vind wie se hartklop dieselfde is as myne.

Ek weet verseker, ek is presies op die plek waar God my wil gebruik. Ek gaan my dus nie bekommer oor gister nie, die dag is immers verby en ook nie oor môre nie, want môre met al sy uitdagings is in God se hande. Ek kyk VANDAG in die ‘oë’…en vertrou die Here. Doen jy ook?

Mag jy elke dag voluit leef! Mag die komende Feestyd jou weer opnuut bewus maak van die voorreg om op aarde in God se diens te staan, deur Hom gebruik te word, Sy eer te verkondig en ‘n verskil te leef omdat ons die Grootste Geskenk van lewe deur God se Seun, Jesus ontvang het.

4

Page 5: Granaat volume 9

Hoe oud was jy toe jy begin sing het? Ek het op laerskool begin sing in kunswedstryde, en liedjies opgemaak

terwyl ek in die bad lê.Was daar enige aanmoediging van jou familie om jou talente te bevorder?Absoluut. My ouers het my van dag een af aangemoedig om te doen wat my gelukkig maak. Ek sal hulle ewig dankbaar wees daarvoor. Wanneer het jy besluit op sang as ‘n loopbaan keuse?Aanvanklik wou ek ‘n klassieke klarinetspeler word. Die sang-gogga het egter behoorlik bytplek gekry op universiteit toe ek begin om my eerste ‘shows’ te doen.Vertel van hoogtepunte in jou loopbaan, insluitende toekennings wat jy ontvang het.Toekennings wat uitstaan is ‘n Kanna nominasie, ‘n SAMA nominasie en ‘n Huisgenoot Tempo toekenning. Hoogtepunte is ‘n optrede saam met die Kaapse filharmoniese orkes en ‘n Dameskring-optrede in Rietbron.Indien sang nie jou loopbaan-keuse was nie, wat sou jou tweede keuse van beroep gewees het?‘n Sielkundige.

Waar kry jy jou inspirasie vir jou lirieke/liedjies wat jy skryf?Ek skryf oor my lewe. My ondervindinge en wedervaringe word my liedjies.Is daar ander kunstenaars wat gebruik maak van jou lirieke?Laurika Rauch het drie van my liedjies al opgeneem.Na watter tipe musiek luister jy graag?Enige musiek met ‘n mooi melodie en slim woorde.Watter musiek-instrumente bespeel jy?Klarinet en klavier. Eendag gaan ek nog tjello leer speel.Ons jaar-tema is “kweek hartsgesinne”.  Wat beteken die term ‘gesin’ vir jou?Ondersteunings-netwerk en plek van rus.Waar het jou inspirasie vir jou album ‘Wagtende nasie’ vandaan gekom?Ek wou hulde bring aan Suid-Afrikaners wat my al inspireer het. Toe skop ek af met Wolraad Woltemade en eindig met Evita.Werk jy tans aan ‘n nuwe projek/album?Soos meeste Afrikaanse sangers bring ek ook elke halfuur ‘n nuwe CD uit. Die nuwe album heet “Donker Liefde” en gaan oor ons hunkering na liefde.Wie is Emile Minnie as hy nie op die verhoog is nie?Swemmer en drawwer. 

EmileMINNIE

ONS PRAAT MET…

Bydrae: Salomè Engelbrecht

5

Page 6: Granaat volume 9

SIELSKOS: NOVEMBER

Daar is duisende wagtye in elkeen van ons se lewe, daardie ongeduld om dinge te verkry of af te handel kan ‘n mens soms

sake in eie hande laat neem. Heel dikwels met pynlike gevolge.

Dawid het ‘n wagtyd beleef. Vier jaar het verloop nadat hy Goliat in die Dal van die Terpentynboom verslaan het voordat hy as koning gesalf is.

Maar nog was sy wagtyd om die troon as koning te bestyg, nie verby nie. Nou eers het die ergste gevolg, want… nou word hy soos ‘n wilde dier deur Saul gejag om doodgemaak te word.

Saul het geweet Dawid is die uitsoekkoning van God se volk, en nie sy seun, Jonatan nie!! Van die een plek na die ander, van die een grot na die ander,

vlug Dawid vir sy lewe… wag, wag hy op God se tyd! Hoe lank nog? Moet hy dit alles maar gelate verduur? Nee, sou ons onmiddellike reaksie wees! Doen iets! Kom in opstand! Dawid, jy wat Goliat verslaan het, maak ‘n einde aan daardie besete mens! Wag nie langer nie - genoeg is genoeg!

Ons beleef ook baie dikwels `n “wagtyd” soos Dawid beleef het! ‘n Tyd waarin ons voel dat onreg ons aangedoen word: hetsy deur mense, of deur God as beproewing tot ons geestelike groei. Kom ons kyk na sommige wagtye in ons lewens: • Ons werksituasie is onbevredigend,

geen bevordering. Dit is wagtyd… moeilike tyd in jou lewe.

• Geen vrede in die land nie - dit is “moedhou-tyd”.

Vriendinne! Om te wag is seker vir ons een van die moeilikste dinge! Sommige vind dit makliker as ander - hulle is begenadig met meer geduld en kan die wagtyd makliker verduur… maar vir alle mense is dit steeds ‘n aaklige beproewing!

WagtydBydrae: Izienne van Jaarsveld

6

Page 7: Granaat volume 9

• Waarom raak ons nie swanger nie?• Waarom kry ek nie werk nie?• Siekte…waarom maak die Here dan

nie gesond nie? Waarom wag Hy? Hy kan mos! Waarom stel Hy uit?

• En die ouderdom: dit is wagtyd op God!

Het jy geweet dat beproewing in jou lewe altyd wagtyd op God se liefdevolle genade is? Vir Dawid het sy wagtyd vir hom gelyk asof daar net negatiewe dinge met hom gebeur. Daarom was hy moeilik en vol opstand en worsteling en ja … lelike verwyte.

Dat die Gees in Dawid gewerk het in daardie tyd van smart word baie duidelik gesien in die feit dat Dawid nie vir Saul doodgemaak het nie. Hy kon baie maklik - dink maar net aan Goliat.

Hoe kry ons dit reg om die wagtyd te aanvaar en enduit te volhard?

Die Gees leer my om met God se oog na die gebeure in my lewe te kyk, om te besef dat dit nie vir my moontlik is om alles wat in my lewe gebeur te verstaan nie.

Dawid het nie geweet waarom God so ‘n lang en moeilike pad met hom loop nie. Maar God het ‘n plan gehad. Hy berei Dawid voor om koning van sy volk te wees. En as die Gees my leer dat ek nie nou alles sal verstaan nie, maar dat die Almagtige dit verstaan en dat sy werke altyd goed is, dan kan ek wag! My lewe en my toekoms is in sy hand - Hy sal voorsien.

Moenie aan jou wagtyd begin torring nie, probeer om nie heeltyd te kla en dwase dinge te doen om God se werk in jou lewe te probeer verkort nie.

Die Heilige Gees leer ons vier dinge:1. Dat ek nie alles wat met my gebeur

kan verstaan nie! * Waarom moet my kind in ‘n

motorongeluk sterf?

* Waarom moet ek aan ‘n ongeneeslike siekte ly? Waarom moet ek al my besittings verloor en van vooraf begin?

* Waarom is my huwelik ongelukkig…daardie ander man?

* Waarom is ek arm? God weet alles! Hy weet waarom. Hy verstaan alles en Hy weet wat goed is vir jou.

2. Dat God ook tydens my wagtyd met ander mense besig is!

Daardie bevordering wat ek nie gekry het nie… waar die ander persoon in jou oë waarskynlik nie die regte persoon was nie, was God se werk om deur jou wagtyd vir iemand anders vreugde te bring! Dus word daar ook deur jou wagtyd met jou medemens gewerk.

3. Dat God sy eie tyd het! Dawid moes leer dat God ook ‘n “tyd-

skaal”, ‘n tydsverloop het, waartydens sy planne in vervulling gaan. Niks sal dit verander nie. Dawid sal koning word op God se tyd. Dawid moet ook nie probeer om God te manipuleer om sy planne ten uitvoer te bring deur Saul dood te maak en so sy wagtyd te verkort nie! Ons moet tog begryp en aanvaar dat God nie die hulp van mense nodig het nie. Hy bepaal alles self.

4. En laastens: dat ek nie so belangrik is nie!

Die korrekte hantering van ons “wagtyd” is om geduldig te wees, tot-dat God oor my lewe besluit. Wat n geloofsinspuiting is dit nie vir ‘n mens as jy iemand onder lyding en smart nog kan hoor lag en moedig sy laste sien dra nie… Wonderlike genade!

Mag elkeen van ons DK-vriendinne nou anders na WAGtye in ons lewens kyk. Mag jy in afwagting en totale vertroue en Hoop wag op sy woord!

7

Page 8: Granaat volume 9

D isleksielyers se onvermoë om te lees en spel word dikwels verkeerdelik toegeskryf aan onder-

gemiddelde intelligensie.

Wat is disleksie?Die twee vernaamste bousteen-prosesse wat ‘n kind se sukses in sy skoolloopbaan en dus sy toekoms bepaal, is die lees- en leerproses. Eerstens leer ons om te lees;

DAN lees ons om te leer. Daarom is die leesproses van uiterste belang in die opvoedkundige ontwikkeling van ‘n kind. Swak leesvaardighede, en dus swak leervaardighede, is vandag ‘n realiteit vir ‘n kommerwekkende aantal kinders.

Oor dekades heen bevraagteken professionele persone die verskynsel van ‘n skolier wat, ten spyte van normale sensoriese, perseptuele, kognitiewe en motoriese vaardighede en ‘n normale

GESPREKSDOKUMENT: NOVEMBER

“Ek het altyd gedink ek is dom. Op skool het ek altyd my leesgestremdheid probeer verberg en dit geheim gehou. Ek het myself akademies afgesloof, maar het niks bereik daardeur nie. Almal het eventueel gedink ek is ‘stadig’ en het my as ‘stadig’ behandel.” (Disleksielyer)

Disleksie

DIE GAWE VAN

Bydrae: Belinda Campher (Arbeidsterapeut)

8

Page 9: Granaat volume 9

intelligensiekwosiënt, nog steeds sukkel om die geskrewe taal te ontleed en ontsyfer. Ouers van hierdie skoolkinders is bewus van hul kinders se intellektuele vermoëns en daarom bly die onvermoë van hulle kinders om te lees, skryf en spel steeds ‘n raaisel.

Hierdie paradoksale verskynsel staan bekend as DISLEKSIE. Disleksie is ‘n neurologies-funksionele probleem weens ‘n minimale breindisfunksie en/of differensiële breinfunksie wat as ‘n spesifieke leesversteuring manifesteer in die gebrekkige vermoë om te lees, spel en skryf. Disleksie affekteer een uit elke vyf kinders.

Die sielkundige effek van disleksie op die mens...Disleksie word dikwels as baie verwarrend en frustrerend beleef. Die lyer kan hoogs intelligent wees en vakinhoude ten volle verstaan, maar vanweë die versteuring nie in staat wees om toetse en eksamens te slaag nie. Soms is onderwysers nie opgelei om hierdie spesifieke tekortkoming te identifiseer en hanteer nie. Dit gebeur dus dat die disleksielyer binne die skoolstelsel gespot en verneder word. Dit veroorsaak angs, wat kan lei tot onttrekking aan hierdie situasies, of oorkompensasie op ander gebiede.

Hulle vind dit ook moeilik om te kommunikeer en voel afgesonder en alleen. Kinders wat aan disleksie ly, het baie aanmoediging en ondersteuning nodig en is baie afhanklik van goedkeuring en aanvaarding. Die negatiewe ondervindings waaraan hulle blootgestel word kan verreikende gevolge hê op hulle lewe. Die versteuring kan ‘n swak selfbeeld veroorsaak tesame met gevoelens van mislukking, nutteloosheid en depressie. Hierdie gevoelens manifesteer dikwels

in gedragsprobleme wat aggressiewe optrede, bakleiery, vandalisme, ontwrigting van die klas, vyandigheid jeens onderwysers en so meer insluit.

Identifisering...Die vroeë identifisering en diagnosering van disleksie stel jong leerders in staat om hulle volle potensiaal te ontdek. Sekondêre emosionele probleme kom aansienlik minder voor by disleksiese persone wat reeds op skool bewus was van die aard en omvang van hulle leergestremdheid.

Daar is verskeie faktore wat kan veroorsaak dat ‘n leesagterstand ontstaan naamlik lae intelligensie, opvoedkundige/sosiokulturele deprivasie, emosionele probleme, aandagafleibaarheid, swak motivering, asook sensoriese- of perseptuele wanfunksies. Daarom is ‘n multi-dissiplinêre benadering deur verskeie professies belangrik in die ondersoek na ‘n leesonvermoë.

Disleksie word vermoed indien al bogenoemde faktore uitgeskakel is en daar STEEDS ‘n beduidende verskil tussen die individu se leesvermoë en sy intellektuele potensiaal bestaan.

Die volgende tekens kom dikwels in disleksie na vore en kan aanduidend wees dat disleksie moontlik teenwoordig is en die kind verwys moet word vir verdere evaluasie en diagnose:

- Omkerings van letters/syfers.- Uitlating van letters in ‘n woord.- Stadige en huiwerige leesvermoë.- Verloor plek in ‘n sin tydens lees en skryf.- Laat woorde en gedeeltes van

woorde uit.- Spreek woorde verkeerd uit.- Lettervolgorde van ‘n woord is foutief.- Spel woorde soos dit klink.- Lees met swak begrip.

9

Page 10: Granaat volume 9

- Swak of stadige handskrif, wat dikwels onleesbaar is.

- Familiegeskiedenis van leesprobleme.- Swak koördinasie en probleme met

links-/regs dominansie.- Swak korttermyngeheue.- Hou nie van skool, baie gefrustreerd

met lees, tuiswerk en toetse.- Swak selfbeeld en min selfvertroue.- Sukkel om tyd te bestuur, kom laat of

verloor tred met tyd.- Dikwels meegaande

konsentrasieprobleme soos dagdromery en afleibaarheid.

- Sukkel om opeenvolgende stappe te leer of take stapsgewys uit te voer.

Diagnosering...Vir baie jare was daar slegs andertalige (o.a. Spaans, Engels & Frans) evalueringstoetse waarmee disleksie gediagnoseer kon word. Die behoefte vir ‘n AFRIKAANSE disleksie meetinstrument het gevolglik ‘n baie dringende behoefte geword.

Sandra Stark is ‘n pediatriese optometris en die stigter van RADA (Red Apple Dyslexic Association). RADA is die eerste en enigste nie-winsgewende organisasie in Suid-Afrika wat hulle beywer vir die belange van disleksielyers. Hulle hoofdoel is om bewustheid in Suid-Afrika te skep en op hierdie wyse misopvattings oor disleksie, asook gevoelens van minderwaardigheid en frustrasie wat disleksielyers beleef, teen te werk. RADA voorsien ‘n platform vanwaar gestreef word om die nodige vrystellings vir disleksielyers in Suid-Afrikaanse skole te wettig.

Die ontslape Dr. John Griffin van Kalifornië het oor die afgelope 40 jaar ekstensiewe navorsing gedoen aangaande disleksie. Hy het ook verskeie Engelse disleksietoetse ontwikkel. In samewerking met en

met toestemming van Dr Griffin het het Sandra Stark die Stark-Griffin Toets ontwikkel is wat beskikbaar is in Engels en in Afrikaans.

Die instrument bestaan uit twee toetse. Beide toetse, naamlik die Disleksie Sifting Toets (DST) en die Disleksie Beslissing Toets (DBT) is ontwikkel vir skoliere van graad 3 tot graad 12. Dit kan ‘n onderskeid tref tussen die skolier wat disleksies is of die kind wat bloot net ‘n agterstand het met lees, skryf en spel.

Daar word onderskei tussen drie hooftipes disleksie wat in verskillende kombinasies met gemengde patrone voorkom. Dit het in totaal sewe tipes disleksie tot gevolg. Hierdie toets is ‘n praktiese prosedure wat deur professionele persone gebruik kan word om die spesifieke tipe disleksie, asook die ernstigheidsgraad daarvan te diagnoseer en te behandel.

Omdat die DBT ‘n geldige, gestandaardiseerde kliniese toets is, kan die resultate baie suksesvol gebruik word as motivering wanneer aansoek gedoen word by die Departement van Onderwys vir bepaalde vrystellings/vergunnings in toetse en eksamens.

10

Page 11: Granaat volume 9

Behandeling...Sodra dit duidelik is watter tipe disleksie teenwoordig is, asook die ernstigheids-graad daarvan kan toepaslike terapie begin. ‘n Gespesialiseerde opvoedkundige benadering moet verkieslik so gou moontlik in die laer grade reeds toegepas word. Dit is belangrik dat altyd eers op die individu se sterk punte gefokus word alvorens klem verskuif word na die probleemareas in ‘n poging om die beskikbare potensiaal te ontgin.

Disleksie kan nie “genees” word nie. Anders gestel: Ons kan nie die brein “herbedraad” nie, maar ons kan die brein afrig om bepaalde vaardighede te bemeester. Deur die regte terapeutiese ingrepe kan die meeste disleksiese persone verbeter in terme van lees-, skryf- en spelvaardighede.

Etiket om die nek... ?Die woord “disleksie” kom weens jarelange onkunde en wanopvattings steeds swaar oor baie mense se lippe. Selfs onderwysers en terapeute is soms huiwerig om die “probleem” ‘n “naam” te gee. Even Rosenthal het baie jare gelede bewys dat die selfbeeld van ‘n groep disleksiese seuns wie bewus was van hulle diagnose betekenisvol beter was as die kontrole groep van disleksiese

seuns wat nie insig in hulle probleem gehad het nie.

‘n Diagnose van disleksie het baie beslis ‘n positiewe effek op beide ouer en kind. Dit beëindig ouers se eindelose soeke na ‘n verduideliking hoekom hulle kind sukkel om te lees, skryf en spel en verseker dat hulle die hulp en ondersteuning ontvang wat hulle verdien en so nodig het. Om te weet dat disleksie ‘n neurologiese versteuring is en dikwels oorerflik is, stel die disleksielyer gerus dat sy/haar brein slegs anders “bedraad” is. Die gawe van disleksie...Alle disleksiese persone ontwikkel nie noodwendig dieselfde gawes en talente nie, maar sekere opvallende kognitiewe funksies kom oor die algemeen voor in persone met disleksie, naamlik:

- Kognitiewe vermoë om persepsies te wysig of nuwes te skep.

- Intense bewustheid van die omgewing.

- Bogemiddelde leergierigheid.- Denke is in terme van prentjies in

plaas van woorde en/of simbole.- Disleksiese persone is intuïtief en

insigryk.- Perseptuele waarnemings en denke is

multidimensioneel. Alle sintuie word perseptueel gebruik.

11

Page 12: Granaat volume 9

- Gedagtes word realisties ervaar.- Geweldige verbeeldingsvermoë.Indien bogenoemde vaardighede aldus talente nie onderdruk, geïgnoreer of vernietig word deur ouers en/of opvoedkundige stelsels nie, sal twee besondere kenmerke oorheersend wees, naamlik:1) Bo-gemiddelde intelligensie; en2) Buitengewone kreatiwiteit.

Hierdie begaafdheid maak van disleksiese persone meesters op hulle gebied. Albert Einstein was ‘n fisika-genie en Walt Disney word as een van diè kreatiefste kunstenaars in eeue beskou.

Ander bekende disleksielyers:- Pablo Picasso (kontroversiële en

byderwetse kuns ikoon)- Tom Cruise (suksesvolle akteur)- Richard Branson (stigter en voorsitter

van die Londense Virgin Groep)- Leonardo Da Vinci (internasionaal

bekende wetenskaplike, ingenieur, argitek, skilder, beeldhouer, musikant, wiskundige, sterrekundige, bioloog, geoloog en filosoof).

- Thomas Edison (briljante uitvinder en wetenskaplike)

- Whoopi Goldberg (suksesvolle film- en televisiester)

Disleksie is inderdaad die resultaat van multidimensionele perseptuele talent.

Besprekingsvrae:1. Waarom is die vroeë identifise-

ring van disleksie so belangrik?2. Wanneer is ‘n diagnose van

disleksie moontlik?3. Dink julle dat ‘n diagnose van

disleksie ‘n etiket om ‘n kind se nek hang? Of stem julle saam met die stelling in die artikel dat ‘n diagnose verligting bied?

4. Hoe kan ons ‘n organisasie soos RADA ondersteun?

5. Hoe kan ons ‘n bydrae lewer om die samelewing meer toeganklik te maak vir volwasse disleksielyers?

6. Ken jy iemand wat disleksie het, maar buitengewoon talentvol/kreatief of suksesvol is?

Bronverwysings: www.disleksie.co.za; Stark-Griffin Toets; SGDT Konferensie handleiding

12

Page 13: Granaat volume 9

SIELSKOS: DESEMBER

skep betekenisvolle herrinneringeHartsgesinne

D ie Advent-tydperk strek vanaf 1 Desember – 24 Desember en word gekenmerk deur kosbare simboliek. Laasgenoemde kan met min moeite deur gelowige gesinne gebruik word om die geboorte van

Jesus te herdenk op ‘n wyse wat gesinslede intens bewus sal maak van die dieper waarheid waarin ons glo – ‘n boodskap wat soms geminimaliseer en op die agtergrond gestoot word deur betekenislose deuntjies en blink liggies.

Die woord Advent is afgelei van die Latynse woord adventus wat KOMS beteken. Dit verwys na Christus se KOMS en sy WEDERKOMS. Gedurende hierdie tyd vier ons God se ingryping in die geskiedenis deur die geboorte van Christus. Ons vertrou dat God dit wat begin is met Christus se EERSTE KOMS sal voltooi met Christus se WEDERKOMS.

Waar “om te wag” in ons gejaagde, moderne samelewing geassosieer word met tydvermorsing, wil Advent ons leer om geduldig te wag op die Here. Om te wag word ‘n kuns waarin geleer word dat, net soos in die geval van swangerskap, niks van waarde kan kom sonder ‘n tyd van stille ontwikkeling nie.

Advent begin op die vierde Sondag voor Kersfees en duur tot en met Oukersaand.

Advent is deel van die Kerssiklus en ook die begin van die Kerkjaar. Die Kerssiklus begin met Advent (hoop en afwagting), loop uit op Kersfees (vreugde) en sluit af met epifanie (God se verskyning in die wêreld).

SIMBOLE EN KLEURDaar is verskeie simbole wat met Advent verbind word, maar die gewildstes is seker die Adventkrans en die Adventkalender.

Nog ‘n jaar is amper verby en stadig maar seker begin ons in ons gedagtes beplan vir die komende Kersseisoen. Om ons huis te versier met betekenisvolle simbole is ‘n familiegewoonte wat geloof laat groei en ‘n hegte band tussen gesinslede bevorder.

13

Page 14: Granaat volume 9

Die Adventkrans word gevleg of gevorm uit groen blare en take.In die sirkel van die krans word vier kerse geplaas met ‘n vyfde in die middel.Die lig van die kerse: Simboliseer die Lig van God wat na die wêreld toe gekom het. Die vier buitenste kerse: Simboliseer die vier weke van afwagting voor Kersfees, maar

ook die vier eeue van afwagting tussen Maleagi en Christus se koms.

Drie van die kerse is pers: Simboliseer koninklikheid wat verwys na die majesteit van die Seun van God.

‘n Pienk/ligroos kers: Simboliseer vreugde.Die wit kers in die middel: Word die Christus–kers genoem en simboliseer reinheid

en heiligheid.

Die Adventkalender help ons om die dae af te tel na Kersfees toe. Dit bring dus ook iets tuis van afwagting en ‘n geduldige wag waarvan Advent die betekenis dra.

HOE VIER ONS ADVENT?Deur op elke Adventsondag ‘n kers aan te steek, kan dit bydra tot die gevoel van afwagting. Die gebruik is om elke Sondag ‘n kers aan te steek, terwyl die vorige kerse wat reeds aangesteek was, ook weer brand wanneer die volgende kers aangesteek word. So brand al vier die kerse op die vierde Sondag, terwyl die groot wit Christus-kers in die middel op Kersdag aangesteek word.

Die pienk/rooskleur kers, wat juis ‘n kontras vorm met die ander kerse, word gewoonlik op die derde Sondag aangesteek, deurdat hierdie Sondag se kers geassosieer word met die vreugde wat tiperend is van ons Adventvieringe.

Vir kinders is dit ‘n uitstekende manier om die betekenis van “om te wag” oor die vier weke tot en met Kersdag tuis te bring.

KERSTYD (25 Desember–5 Januarie )Kersfees begin reeds die aand na sonsondergang op 24 Desember en duur vir twaalf dae tot die fees van Epifanie op 6 Januarie.

Vir Christene is Kersfees die viering van Christus se geboorte. God het mens geword en onder ons kom woon om vir alle mense die hoop van ewige redding te bring. Ons aanbid ‘n lewende God wat omgee en wat bemoeienis maak met Sy kinders in hulle alledaagse lewe. Met Kerstyd vier ons die wonder van God wat Homself kom bekendmaak aan die mensdom.

Die kleure in Kerstyd is wit en goud, wat dui op feesviering en vreugde. Die krip en die Betlehem-

14

Page 15: Granaat volume 9

ster is die vernaamste simbole wat die Kersverhaal weerspieël, so ook engele en herders. Kerse is ‘n voortsetting van die fees van Advent, maar nou is dit nog meer ‘n herinnering aan Christus as Lig van die wêreld.

EPIFANIE (6 Januarie 2016)Die woord Epifanie beteken verskyning of openbaarmaking en word in die kerkjaar gebruik om te verwys na God se verskyning in die wêreld met die geboorte van Jesus.

Die besoek van die drie wyse manne en die geskenke wat hulle saamgebring het word met Epifanie in verband gebring, omdat die wyse manne deur hulle optrede Jesus as God erken het.

Die kleure vir Epifanie is ook wit en goud, soos vir Kersfees. Die simbole vir Epifanie is die Betlehemster, kerse en ‘n doopfont.

Bronverwysings: Kerklike jaar (www.albertonsuid.com); Kerkjaaruiteensetting (Mariette Steyn –www.communitas.co.za)Die siklus van die Kerklike jaar (ngmtonoos.co.za); www.heuning.co.za; https://conflitmandial.files.wordpress.com; Leefstyl-Bybel vir Vroue

KersboodskapSy het bekend gestaan as die skip van

drome. Sy was agt honderd en vyftig voet lank. Veertien duisend mense het aan haar gebou. Die anker het vyftien en ‘n halwe ton geweeg en is deur twintig perde van

die fabriek af tot by die skip getrek. Die binnekant van hierdie skip het tien maande geneem om te voltooi, altesaam ‘n paar miljoen ure se werk aan Louis Quinze, Klassieke Versailles en Victoriaanse versierings, Crown Berger skilderye en Turkse baddens om maar net ‘n paar op te noem. In ‘n koerant in 1912 word berig dat selfs God haar nie kan sink nie.

Maar op Sondagaand 12 April 1912 sink die Titanic binne twee ure en neem 1500 lewens saam na haar watergraf…

Daar was te min reddingsbote. Die rykes en vernames het gesorg dat hulle eerste plek kry. Later het die Kaptein oor sy megafoon afgekondig dat net vrouens met babatjies plek op die reddingsbote mag kry. ‘n Man met ‘n babatjie in sy arms het verby ‘n vrou gehardloop wat nie ‘n kind gehad het nie. Vir haar was die afkondiging ‘n doodsvonnis. Skielik het haar situasie verander toe die man sy kind in haar arms sit en sê: Hy is joune…. Hardloop vir jou plek op die reddingsboot!

Wat is jou grootste Kersgeskenk? Met Kersfees kom sit God opnuut weer sy kind in jou arms en sê: Hy is joune...hardloop na My Reddingsboot.

Sonder Jesus is ‘n vyftien en ‘n half ton anker te lig en 70 000 oorvol skip te swaar.

Neem vandag jou plek op God se reddingsboot in. Mag ons as DK-vroue in 2016 passievol daarna streef om die Baba Jesus neer te lê in die arms van mense wat oopoë besig is om te sink. Dit is tog na alles waaroor Kersfees regtig gaan.

15

Page 16: Granaat volume 9

Wanneer ‘n mens op reis gaan, pak jy jou tas gepas vir die eindbestemming. Dit wat jy inpak is tog ‘n aanduiding

van waarheen jy oppad is! Die sukses van enige reis hang tot ‘n groot mate af van hoe noukeurig jy seker gemaak het dat jy alles inpak wat jy vir die spesifieke reis gaan nodig kry.

Die meeste van ons dra elke dag ‘n handsak met ons saam. Party is groot, party is klein. Party is georganiseerd, party is deurmekaar. Ons laai elke dag ons handsakke vol met diè dinge wat ons dink ons gaan nodig kry: ‘n selfoon, beursie, huissleutels, ‘n pakkie sneesdoekies en lipstiffie. Partykeer nog pleisters, ekstra grimering en hoofpynpille ook! Slaggereed vir wat ookal die dag mag oplewer.

As ons met soveel noukeurigheid seker maak dat ons elke moontlike ding wat ons gaan benodig op enige gegewe dag byderhand het, is die vraag:

Met hoeveel erns pak ons in vir ons LEWENSREIS?Hoe goed is ons toegerus vir storms, reën, koue-fronte, slegte paaie, padverleggings, verdwaal, pap wiele of verkeersopeenhopings? Of jy nou die rol van ma, ouma, huweliksmaat, vriendin, kollega (of dalk almal!) moet vervul, daar is sekere dinge waarsonder jy liefs nie die lewensreis moet aanpak nie...

Sonbril...Wat is jou prentjie van God? En wat is jou prentjie van jouself...? Die prentjie wat jy van God het, beïnvloed die prentjie wat jy van jouself het. So word jou identiteit gevorm. Kyk jy na God deur ‘n Ou Testamentiese lens en sien ‘n kwaai, onverbiddellike God wat links en regs veroordeel en oortredinge straf? Of kyk jy al deur ‘n Jesus-lens van onvoorwaardelike liefde en vergifnis? Kyk jy na jouself deur die kritiese lens van die wêreld wat fokus op uiterlike skoonheid en verganklike kwaliteite? Of kyk jy na jouself soos God na jou kyk?

OpReis...Die uurglas vir 2015 is besig om leeg te loop. Kersfees is op hande en oral begin gesinne reisplanne maak vir die lekker lang somervakansie!

GESPREKSDOKUMENT: DESEMBER

Bydrae: Belinda Campher

16

Page 17: Granaat volume 9

Die Nuwe testament vir meisies se weergawe van Mat 10:29 sê: “God is gelukkig nie kwaai nie, nee, Hy is baie lief vir julle! Kyk net hoe goed is Hy! Hy gee selfs om vir die mossies wat elke dag rondom julle vlieg! En hulle is nie veel werd nie. Julle is ‘n MILJOEN maal meer werd as mossies. Julle is so belangrik vir God dat Hy die tyd maak om elke haar op julle kop te tel...”

In Sefanja staan daar... Hy is stil tevrede in Sy liefde. Hy jubel en Hy juig oor JOU! Jy is “amazing” vir God. Nie eers as jy bietjie mooier, maerder, meer suksesvol, ryker, kreatiewer of slimmer is nie! NET SOOS JY IS.

Kragprop...Waar kry jy jou krag? Die krag wat ons nodig het om daagliks, te midde van al die uitdagings gehoorsaam aan God te wees, kan ons NET kry van die Heilige Gees. Behalwe dat ons by die kragbron ingeprop sal bly, is dit ook belangrik dat ons ‘n goeie ritme tussen werk en rus handhaaf. In Markus lees ons van so baie mense wat gedurig gekom en gegaan het, sodat Jesus en Sy dissipels selfs nie kans gehad het om iets te eet nie, en toe sê Jesus vir hulle: “Kom julle alleen saam na ‘n stil plek toe en rus ‘n bietjie...”

Niemand het nog ooit ‘n groter werk gedoen of was nog ooit besiger as Jesus nie! MAAR: Jesus het die balans tussen werk en rus verstaan. Dit is waarom Hy SOVEEL kon regkry in so ‘n kort tydjie.

Ons elkeen se lewe is soos ‘n bladsy met ‘n kantlyn. Jou kantlynspasie verteenwoordig die ruimte wat jy nodig het om mens te wees – om jou geestes- en sielsmens te voed sodat die gevaar van “leeggesuig” word, vermy kan word. Die grootte van die kantlyn verskil volgens elkeen se geaardheid. Dit is nodig om jou eie kantlynspasie te ontdek en daaraan getrou te wees!! As jy ‘n “groter as

normaal“ kantlynspasie het wat vra vir meer stilte, stilwees, nadenke, diep kuiers met God en jouself, moet daar minder inskrywings in jou dagboek wees!

Anders brand jy uit en beteken jy niks vir enige iemand in jou lewe nie!. DIT was NOOIT God se wil nie.

Legkaart...Waar pas jy in die Liggaam Christus...? Elkeen van ons het ‘n unieke rol om te speel en God het dit reeds voor ons geboorte bepaal! Daar is net een van jou! Jou legkaartstukkie bestaan uit ‘n hele klomp fassette wat uiteindelik dan die somtotaal is van wie jy IS!

As jy wil verstaan, wil hoor waar God jou wil gebruik, moet jy die moeite doen om agter te kom hoe God jou aanmekaar gesit het, wat Hy alles ingebou het in jou diepste wese!♥♥ Wat is jou gawes en talente? Daardie

ongelooflike geskenke uit Sy Hand. Gebruik jy dit al?

♥♥ Wat is jou waardes? Kernwaardes is dit waarvoor jy staan. Dit wat vir jou belangrik is. Dit wat bepaal wie jy is wanneer niemand jou sien nie!

♥♥ Wat is jou visie? ‘n Visie is wat jy wil bereik. Waardes is waarom jy dit wil bereik, met ander woorde, dit wat jou dryf/motiveer.

♥♥ Wat is jou temperament? Hettie Britz, bekende skrywer van die boek “Kweek kinders met karakter” beskryf temperament as die aangebore geneigdheid om op ‘n bepaalde manier te ontwikkel. Dit bepaal onder andere die persoon se waarskynlike gerigtheid op mense of take, sy of haar ontplooiing as introvert of ekstrovert, pessimis of optimis, denker of prater, toeskouer of deelnemer, leier of volgeling, enkelloper of groep-mens, agent van verandering of verdediger van die

17

Page 18: Granaat volume 9

status quo, bakleier of vredemaker en selfs elkeen se hantering van stres en perspektief op sukses.

♥♥ Wat is jou liefdestaal? Ervaar jy liefde as iemand dit vir jou sê in woorde? Of eerder as jy bederf word met ‘n geskenk? Dalk is jou liefdestaal dienslewering? Of het jy ‘n behoefte aan gereelde fisiese aanraking?

Horlosie...Hoe kan jy jou tyd en geld aanwend tot die verheerliking en uitbouing van God se Koninkryk? Ons tyd en geld is Genade alleen, daarom is dit ons verantwoordelikheid om ook daarvan goeie rentmeesters te wees.

Dit beteken dat ons graag beide ons tyd en ons geld so sal aanwend dat God sigbaar sal wees in ons lewens.

Hart...Waar het jy heling nodig? Ons moet Jesus toelaat om ons te genees sodat ons in HEELHEID kan leef.

Ons moet tot verhaal kom met die verlede, sodat dit tot seën kan wees vir ons toekoms.

Miskien beteken dit dat jy jou bagasie met erns sal bejeën. Dalk is dit nodig dat jy sekere goed moet bely, of dat jy iemand moet vryspreek en vergewe.Ons lewe in ‘n gebroke wêreld. Dit is ‘n feit. Maar Jesus het aan die kruis gesterf sodat ek en jy nie gebroke hoef te wees nie, maar HEEL.

Boom...Hoe maak jy jou omgewing ‘n beter plek? Is jy nog bewus van jou omgewing? Maak jy ‘n bydrae tot die bewaring en instandhouding daarvan? Is jy betrokke in jou gemeenskap?

Betrokkenheid en waarneming is die enigste rigtingwysers vir geleenthede

waar God jou wil gebruik om ‘n bydrae te maak.

Sirkel...Wie sluit jy in? Ons wil Jesus ONTDEK en LEEF en daarom wil ons graag mensgemaakte grense oorsteek! Omdat God se Koninkryk inklusief is, beteken dit dat ons ook inklusief behoort te leef in ons verhoudings! Dit beteken dat ons sal poog om versoenend te leef met alle mense. Dat ons ons vooroordele opsy sal skuif en ruimte sal laat vir ander se kultuur, gewoontes en opinies wat van ons s’n mag verskil. Selfs ook vir diegene wat anders as ons glo en aanbid.

Brood en Wyn...Wie sit saam met jou aan tafel? Ons sluit almal in die sirkel van ons liefde en aanvaarding in, ons leef versoenend met mense van alle rasse, tale, kulture en gelowe, MAAR: NIE ALMAL SIT AAN MY TAFEL NIE!

Die mense wat ek om my tafel vergader, die mense met wie ek die brood breek en die wyn drink, moet dié wees wat in opregtheid saam met my bid: Laat U wil geskied, Laat U Koninkryk kom... Ek moet hulle kan vertrou om my verantwoordbaar te hou, om my te bemoedig as die storms kom, en om my te help remtrap as voorspoed my afdraaipaaie wil laat kies.

Kies die mense wat by jou tafel aansit. Nie met hoogmoed

of met vooroordeel nie, maar met wysheid.

Hoe vol is jou tas?Ons dra almal bagasie saam. Dit maak jou wie en wat jy is. Bagasie kom van jare se leef. Daar is die lekker onthou-bagasie wat ons met vreugde saamdra.

18

Page 19: Granaat volume 9

Die mense en gebeure langs jou pad wat jou aangeraak het, selfs deur negatiewe gebeure, dra by tot jou vorming. Dit is vormings-bagasie.Maar dan is daar ook swaardra-bagasie, goed wat pla. Hierdie bagasie kom in bultende, verslonsde tasse wat swaarder word soos wat jy vorder op jou reis.

Dawid het hierdie ontdekking self ook deurgegaan toe hy in Psalm 38:5 uitgeroep het: “...my ongeregtighede het my oorweldig soos ‘n las wat te swaar is vir my.” In hierdie Psalm leer ons hoe Dawid se skuldgevoelens so fel geraak het, dat dit hom fisies en emosioneel siek begin maak het, hom van ander mense in sy lewe en uiteindelik ook van God vervreem het – dit het hom totaal eensaam gelaat.

As jou hart se koffer te vol is, klim jy baie swaar aan die stelle trappe van

die lewe. Hoe swaarder jou tas is, hoe stadiger loop jy. Hoe moeër jy word, hoe minder is jy in staat om die reis te geniet. Wanneer jy nulpunt bereik, sak jy inmekaar op die trap, nie in staat om die bestemming waarheen jy op pad was, te bereik nie. Voordat ek en jy nie ontslae raak van die swaardra-bagasie van die verlede nie, sal daar nie plek in ons koffers wees vir die dinge wat ons reis makliker, aangenamer, ligter en die moeite werd kan maak nie.

God sê in Sy Woord vir ons dat ons nie bagasie nodig het vir waarheen ons op pad is nie! (Hebr 12: 1-3) Ons kan elke las afgooi en ons lewensreis geniet SONDER bagasie. Golgota het gebeur sodat ek my bagasie daar kan neersit. As ek hardkoppig aanhou om die oorvol, heeltemal te swaar koffer saam te sleep, sê ek eintlik dat Jesus verniet gesterf het.

Besprekingsvrae:- Gesels informeel oor hoe julle oor die

jare geleer het om slim te pak vir ‘n vakansie/reis en deel nuttige wenke om ligter te reis!

- Watter rol dink julle speel die lens waardeur ons kyk in die emosionele ervaring van ons lewensreis van dag tot dag?

- Deel met mekaar watter uitdagings julle ervaar in ons besige samelewing om ingeprop te bly by die kragbron, asook om ‘n balans tussen werk en rus te handhaaf.

- Hoe belangrik dink julle is dit om myself goed te ken, te weet hoe my legkaartstukkie aanmekaar gesit is?

- Gesels oor die struikelblokke wat julle ervaar om julle tyd op so ‘n wyse te bestuur dat God ook daardeur verheerlik word?

- Hoe voel julle oor die stelling wat in die artikel gemaak word dat ek almal moet insluit in die sirkel van my liefde en aanvaarding, maar nie noodwendig saam met almal om die tafel sit wanneer ek die Brood en die Wyn geniet nie?

Gaan jy alles wat vandag in jou koffer is nodig kry by jou

eindbestemming? Of dra jy ‘n klomp onnodige

goed saam net vir ingeval?

(Bronne: Die Gereformeerde Vroueblad – Augustus 2013; “My tas raak te swaar” (Dr Amanda du Plessis); www.pvr.co.za – Pierre van Ryneveld (Ritmes vir die lewensreis); “Bagasie” – Elmarie Swanepoel; “Maak jou las ligter” - Dr Trudie Grobbelaar; “Tel jou pakkies” – Jo van Rooyen)

Vind vreugde in jou lewensreis.Raak ontslae van die oortollige

bagasie. Los jou laste by die voet van die kruis. Bely sondes waarin jy

verstrengel geraak het. Vandag nog.

19

Page 20: Granaat volume 9

Semi-Soet TakVan April tot Junie het die dames van die Semi-soet tak ‘n insameling vir Save a Pet gedoen!

Die twee lede van die tak is, Mariska links op die foto en Chantel regs. 

Kimberley TakDie dames van die Kimberley tak vereer elke 2de maand ‘n persoon in Kimberley wat puik diens in Afrikaans aan klante gee. Tot op hede is daar ses sertifikate toegeken!

Twee van die toekennings is oorhandig aan:1.   Chris van der Linde – Musica2.   Olwethu Simango – Solo skoene

Links: Die Heuwelsig DK-span wat die Oranje Rapportryerskorps van Bloemfontein se jaarlikse vasvrae tussen kultuurorganisasies op 3 September 2015 vir die tweede agtereenvolgende jaar gewen het. Van links na regs staan Magdaleen Schoch, Gertraud Groenewald, Hanna Robb en Magda Frey.

Heuwelsig TakTaknuus

20

Page 21: Granaat volume 9

Die Saldanha-tak het vir Mandela-dag besluit om ‘n parkie in samewerking met die munisipaliteit op te gradeer. Hier is hulle hard aan die werk.

Vlnr: Elize Marx, Sonja Hurter, Davelina Nelson en Erna du Plessis.

Saldanha-tak

SekelbostakAs deel van hulle Mandela-dag

projek besoek die dames van die Sekelbostak in Augustus 2015 die Inkazimulo

speelskool (naam beteken Enlightment) in die nabygeleë Katjibane.  Hier word tot 40 kleintjies tussen 1 en 4 jaar versorg deur die skoolhoof me Margaret Nkosi en 2 assistente.  Die Skooltjie bestaan uit ‘n sinkgeboutjie met geen tafeltjies en stoele nie.  Tak skenk aan die skool 40 hout-bordjies wat aan die een kant

met swartbordverf geverf is en aan die ander kant glad is om met klei te kan speel, wit en gekleurde bordkryt, plastiese houers met tuisgemaakte klei, ou tydskrifte, 2 kareebome, 1 olienboom en een lemoenboom om op die terrein te plant. Hulle skenk ook die res van die swartbordverf waarmee ‘n muur geverf kan word vir verdere skryfplek vir die leerders.  Daarna bedien die tak groentesop en broodjies aan die leerders en personeel. 

BO: Vlnr Ansie Pretorius (Voorsitter), Ellen Swart, Elizada van Baalen, Linda van Heerden, Jolanda Pretorius en Reinie van der WaltLINKS: Inkazimulo  speelskool

REGS: Praktiese geskenke tot

voordeel van die leerders

21

Page 22: Granaat volume 9

Ida van der Merwe en Chrissie Naude word vriendelik ontvang by die werkswinkel vir gestremdes.

Centurion Karee

Koraal TakKoraaltak fondsinsamling met Emile Minnie op 28 Augustus 2015. Fondse is aangewend om ‘n matriekdogter van Hoërskool Rob Ferreira se matriekdroom te bewaarheid. Genoeg geld is ingesamel om haar hare te versorg, grimering te doen, naels mooi te maak en vir haar ‘n droommooi rok te borg. Sy het behoorlik gestraal op hierdie spesiale dag!

Koraaltak vat hande met Legogote Villagers Hardloopklub en blikkieskos word ingesamel vir die CMR Witrivier. Klublede het nie net blikkies ingesamel nie, maar self ook deelgeneem en trots met hulle medaljes gespog!

Twee ure vir Nelson Mandeladag

22

Page 23: Granaat volume 9

Nuwe jaar, ou baadjie

D aar’s ‘n sekere tyd in `n mens se lewe dat die een jaar min of meer

begin lyk soos die vorige en ‘n nuwe dag ook maar lyk soos al die wat reeds verby is. Jy gaan nie meer vir die eerste keer skool toe nie en jy behaal ook nie meer kwalifikasies vir die toekoms nie. Jy begin bietjie soos die Prediker van ouds te klink: “Daar’s niks nuut onder die son nie. Wat is, was alreeds gewees.” (Is die lewe werklik net ‘n herhaling van vervelige siklusse?)

Ek lees soms weer deur die confetti van nuwejaarswense wat vriende en bekendes oor ons gestrooi het. Soos sneeuvlokkies is die unieke woorde wat spesiaal vir my bedoel was en soos lang linte tooi die ander se string-boodskappe die atmosfeer met oulike prentjies en gevatte gesegdes.

Soveel goeie wense. Sê nou net alles word waar, giggel ek verbouereerd. Ek begin wonder of ek die pas sal kan volhou! Ek begin soek na my eie opgewondenheid oor nog ‘n nuwe jaar, maar ek voel nie juis aangeraak deur ander se voornemens en vreugdesvure nie. Tweede vraag: “Wat’s fout met my?”

Ek blaai deur my gedagtes. Daar’s bladsye wat oopvou soos die advertensies in glanstydskrifte: skielik word die prentjie groter.

Ek voel glad nie verveeld met die siklusse van die lewe nie. Dis vir my mooi. Ek sien geboorte, groei, ontwikkeling, sukses, maar ook siekte, teleurstelling en dood. Ek sien droogte en reën, tekorte

SIELSKOS: JANUARIE

Bydrae: Christa van Wyngaardt

23

Page 24: Granaat volume 9

en seën, jubeling en geween... Ek vind daarin ‘n balans. Die swaar leer my om die goeie te waardeer. Waarom teug ek dan so half apaties aan ‘n Nuwejaars-vonkelwyn?

Is dit dalk omdat die jaar reeds vir my begin met Advent? Of is dit omdat ek die afgelope jare die Genade van elke nuwe dag aangryp...

Ek luister met baie groot deernis wanneer mense vertel van die laagtepunte in hul lewe. Ek let veral op dat daar bepalende oomblikke is waarin sekere gebeurtenisse en kennis mense vir ewig verander. Hulle sukkel om die wantroue, vooroordeel en subjektiwiteit te “ontleer” wat egskeiding, insolvensie, alkoholisme, molestering of ander trauma hulle geleer het. Dit verbaas my hoe geneig ons is om die lewe toe te laat om ons een les te leer, net om ons daarna af te sluit vir die volgende les wat ons het om te leer.

‘n Jong vrou wat onlangs gekaap is, het daarin geslaag om weg te jaag en letterlik die kaper van haar voertuig “af te skud”. Sy het alleen teruggery huis toe nadat sy haar ma in die hospitaal besoek het. Ja, sy het geleer dat sy selfs nie eens in ‘n ander se nood haar eie veiligheid op die spel kan plaas nie, maar sy het ook geleer dat sy kan terugbaklei. Sy het geleer dat boosheid in enige iemand kan skuil, en so ook die goedheid in toeskouers wat haar te hulp gesnel het en toe verder saam met haar huis toe gery het. Sy het geleer dat sy deur die “dal van doodskadu” sal gaan en dat God met haar bly terwyl sy hierdie mossienes van nuwe emosies verwerk.

Hoe verwerk mens al hierdie dinge, sonder dat dit die hoop, vrede, vreugde en liefde wat ons tydens Kersfees ervaar, verdun? Hoe gaan mens voort met jou lewe en waarmee pantser jy jouself teen hierdie bose aanslae....

Gaan skryf 2 Korinthiërs 4 op jou voorkop en op jou deurkosyne:“Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig” .... “Om hierdie rede word ons nie moedeloos nie. Al is ons uiterlik besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe.” Openbaring 19:7“Laat ons bly wees en juig en aan Hom die eer gee, want die bruilof van die Lam het aangebreek, en sy bruid het haar daarvoor gereed gemaak.”

As verlostes, (Sy bruid) maak ons nie net opnuut gereed vir ‘n nuwe jaar nie, maar berei ons ook voor vir Sy Wederkoms. Ons het elke dag ‘n blye vooruitsig dat daardie Dag sal kom en terwyl ons wag, moet ons besig wees met Sy dinge. (Nie met die doemlesse van die wêreld nie!) As Hy dan kom om ons te roep hoef ons nie eers “klaar te maak” nie, ons kan gaan, net soos ons is.

Wanneer ons dus tyd spandeer aan onsself, ons voorkoms en wie ons is, doen ons dit nie meer SODAT ons raakgesien kan word, of SODAT ons goed genoeg sal wees, of om te LYK SOOS ‘n gelowige nie... Nee! Ons trek reeds ons nuwe kleed van Oorwinning aan wanneer ons elke dag bid: “Laat U Koninkryk kom”.

Ek maak met nuwe oë my klerekas se deure oop. Van vandag af wil ek my “bruilofsklere” aantrek, ‘n blom in my hare sit... en ‘n stringetjie pêrels wat sê: “Ja kom Here, kom gou!”

24

Page 25: Granaat volume 9

I n ons alledaagse lewe is grense veronderstel om ons te help om slegte dinge af te weer en die goeie te vermenigvuldig. Grense help om ons van ander mense te

differensieer, om onsself veilig te hou en om beter na onsself om te sien. Grense hou goeie aspekte binne en ongesonde aspekte buite. Daarom behoort dit op emosionele, fisieke, psigologiese én geestelike gebied, sowel as binne verhoudings, gestel te word.

Wat vir my van belang is, gaan nie noodwendig vir jou ook so belangrik wees nie. Jou waardes en passie sal bepaal wat vir jou as individu reg of verkeerd gaan wees. Jy is die enigste

mens wat regtig verantwoordelik kan wees vir die keuses wat jy uitoefen en in hoe ‘n mate jy ander mense toelaat om jou lewe te beïnvloed.

Wanneer jy die mag om keuses uit te oefen aan ander dinge of mense oorgee, verloor jy persoonlike grondgebied en gee jy gedeeltelike beheer van jou lewe aan iets of iemand anders oor. Jy ontmagtig jouself en stel jouself bloot om misbruik te word.

Gesonde verhoudings is afhanklik van gesonde grense.

Wanneer jou grense té nougeset is, word dit letterlik soos mure tussen jou

GESPREKSDOKUMENT: JANUARIE

PERSOONLIKE GROEI

Gesondegrense!Die meeste huise is met ses meter hoë mure, elektriese heinings en alarmstelsels omring... Die oomblik as ‘n indringer deur daardie grens breek, word hy vinnig bewus van die feit dat hy nie welkom is nie!

Soos in die geval van ‘n fisieke grens, skep persoonlike grense vir jou ‘n besliste idee van wie jy is en waarheen jy op pad is.

Bydrae: Belinda Campher

25

Page 26: Granaat volume 9

en ander mense. As jy iewers ‘n paar blou kolle en emosionele wonde in jou verlede opgedoen het, bou jy mure wat jou gekweste hart so toebou, dat jy niemand naby toelaat nie en jouself ook nie oopstel om ander binne te laat nie. Dit kan egter ook wees dat jy sonder grense leef en mense so probeer plesier en tegemoetkom, dat daar nie ‘n einde is aan wat jy aan boord neem nie. Alles laat jou dan skuldig voel. Wanneer jou grense te wyd gestel is, of dalk heeltemal ontbreek, word dit vir ander maklik om jou te misbruik.

Ek ALLEEN is daarvoor verantwoordelik om te bepaal watter

dinge MINDER in my lewe moet gebeur en watter dinge

MEER DIKWELS toegelaat kan word.

As ek gesonde grense het is dit moontlik om nee te sê sonder om skuldig of verantwoordelik te voel vir die ander party se teleurstelling. Die proses verg dikwels dat jy sterk moet staan, standpunt moet inneem en vrede moet maak met die feit dat ander nie noodwendig tevrede gaan wees met wat vir jou belangrik is nie. Dit is egter makliker gesê as gedaan!

GRENSE EN GODDie konsep van grense ontstaan vanuit die diepste wese van God. Hy definieer en neem verantwoordelikheid vir Sy persoonlikheid deur in sy Woord vir ons te sê wat Hy dink, voel, beplan, toelaat, verbied, waarvan Hy hou en waarvan Hy nie hou nie. Hy definieer Homself ook as ‘n aparte wese – apart van die Skepping en van ons. Hy stel dit duidelik wie Hy is en wie Hy NIE is nie. Hy het ook grense binne die Drie-Eenheid. Die Vader, Die Seun en Die Heilige Gees is een, maar terselfdertyd drie persone

met elk eie grense, persoonlikhede en verantwoordelikhede.

GRENSE EN MY GESINJou vader/moeder/ouers kan jou lewe besit. Dit is verkeerd en ‘n seker teken van ‘n grensprobleem. Dit sal jou nuwe gesin negatief beinvloed.

Wanneer een huweliksmaat voel dat hy/sy altyd die oorskiet van die ander maat ontvang en dat die ander persoon se lojaliteit by die familie van oorsprong lê, is daar ‘n grensprobleem.

Ons moet daarvan bewus wees dat verkeerde persepsies wat tydens ons vormingsjare vasgelê word sal voortduur tot in die volwasse lewe tensy ons dit kan identifiseer en daarvan wegdraai.

Wysheid word benodig ten einde in staat te wees om binne die grense van jou eie situasie en bronne te kan gee. Jy moet jou eie identiteit vorm – jou eie waardes, oortuigings en insigte – jy is jou eie persoon. Jou gesin kan steeds jou vriende wees, maar jy moet opgroei tot ‘n volwassene-tot-volwassene verhouding.

GRENSE IN ‘N ROMANTIESE VERHOUDINGOm veilige grense te stel in romantiese verhoudings is van die uiterste belang. ‘n Romantiese verhouding is van nature riskant. Dit geld vir nuwe verhoudings en romanse in enige lewensfase.

In enige romantiese verhouding is die doel van uitgaan om te oefen en te eksperimenteer. Die eintlike mikpunt is dan om een of ander tyd te besluit of jy met hierdie persoon wil trou, of nie. Wanneer ons gedurende die uitgaan periode uitvind dat dit nie werk nie, het ons die vryheid om die verhouding te kan beëindig.

Om onvolwasse, onontwikkelde aspekte van ons karakters in ‘n volwasse

26

Page 27: Granaat volume 9

romantiese verhouding te bring, is gevaarlik. Ons kan nie veiligheid, samebinding en vastigheid vir ons pyn soek op hierdie gebied van beperkte toewyding nie.

Uitgaan is nie die plek waar jou beseerde siel genesing gaan vind nie. Jy kan slegs genesing vind deur in te skakel by ondersteuningsgroepe of professionele berading te ondergaan of deur betekenisvolle vriendskapsverhoudings met persone van dieselfde geslag te vestig.

GRENSE EN JOU HUWELIKSMAATDie huweliksverhouding is ‘n weerspieëling van Christus se verhouding met Sy Kerk. Net soos Christus die Enigste is wat kon sterf vir die wêreld en die Kerk Hom moet verteenwoordig hier op aarde, net so, in die huwelik, verloor die huweliksmaats nie hulle identiteit nie.

Die gebied waar grense verwarrend kan word is in die elemente van die siel wanneer die een oortree op die gebied van die ander se persoonlikheid en probeer om die gevoelens, gesindhede, gedrag, keuses en waardes van die ander maat te beheer. Dit is ‘n oortreding van iemand se persoonlike grense.

Enige verhouding bevat die beginsel-element van gee en neem. Ons moet gee soos ons onsself in die hart voorneem en waaksaam wees dat ons nie toegee verby die punt van liefde nie. 2 Kor. 9:7: “Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het ‘n blymoedige gewer lief.”

Wedersydse respek speel ‘n groot rol in die huwelik, dus ook wedersydse respek vir mekaar se grense. Die mikpunt van grense is om in staat te wees om in vryheid en verantwoordelikheid lief te hê. Wanneer ons in beheer van onsself is kan ons gee en opoffer vir ander op ‘n behulpsame manier, in plaas van om toe te laat dat hul afbrekende gedrag, selfgesentreerdheid en selfregverdiging ons seermaak of vernietig.

Dan kan ons die vryheid hê om te gee op ‘n wyse wat vrug produseer. Indien goed gedefinieerde grense in plek is binne die huwelik, kan dit tot baie groter intimiteit lei.

GRENSE EN ONS KINDERSVerantwoordelikheid is een van daardie onontbeerlike gawes wat ‘n

27

Page 28: Granaat volume 9

ouer aan ‘n kind kan gee. Kinders moet reeds baie vroeg al leer wat hul verantwoordelikhede is en wat nie, selfs om in staat te wees om te weet wanneer hulle mag “nee” sê en hoe om “nee” te aanvaar wanneer dit van iemand anders se kant kom.

Die een komponent van eksterne begrensing wat ontwerp is om interne grense by ‘n kind te ontwikkel is dissipline. Die begrensing wat deur dissipline geskep word, help ‘n kind om eienaarskap en verantwoordelikheid vir sy eie behoeftes te neem.

Ouers het ‘n ontsaglike verantwoor-delikheid om hulle kinders te leer om ‘n innerlike sin vir grense te skep en terselfdertyd die grense van ander te respekteer.

GRENSE EN DIE EIE EKOns is liggaam, siel en gees. Die Woord sê dat ons na die Gees moet wandel, nie na die vlees nie. Dit beteken dat elkeen persoonlike, innerlike grense moet hê.

Daar is ‘n algemene geneigdheid van die vleeslike self wat buite-beheer-areas in ons siel kan uitwys:- Vraatsug: Vraatsug in vele vorme lei

tot skaamte en selfhaat in ‘n persoon. Dit het sonder uitsondering ‘n baie nadelige effek op beide die betrokke persoon en sy/haar verhoudingslewe.

- Geld: Wanneer ons in die strik getrap het van meer te spandeer as wat ons inkomste is en dit ‘n leefstyl begin word het, is dit ‘n teken van ‘n grensprobleem binne onsself.

- Tyd: Mense wat gedurig teen tyd hardloop het ‘n selfbegrensingsprob-leem. Hulle sukkel om verantwoor-delikheid te neem vir hulle eie tyd, sowel as diè van ander.

- Tong: Met ons tonge kan ons beide seën of vervloek. Ons moet oefen om die tong te beheer deur grense

te stel. Ons moet in beheer van ons woorde wees en nie andersom nie.

- Seks: ‘n Persoon vasgevang in ‘n onbeheersde seksuele gedragsiklus word geïsoleer en die gebrek aan grense op hierdie gebied veroorsaak skaamte en eensaamheid.

- Misbruik van middels en verslawing: Die afhanklikheid van een of ander middel en die misbruik daarvan, skep chaos in mense se lewens met die gevolglike vrugte van vernietiging, naamlik: gebroke verhoudings/gesinne, ouer/kind disfunksies, egskeiding, mislukkings in werksopset, finansiële mislukkings, gesondheidsprobleme, ongelukke en selfs ontydige dood.

ONTWIKKEL GESONDE GRENSEDie implementering, vestiging en on-derhouding van grense in ons lewens is geen maklike saak nie. Dit kos harde werk, eerlikheid, nederigheid, dissipline en motivering. Ons moet die feit erken dat ons gesonde grense benodig dwars-deur ons lewens te alle tye en nie net daarna soek wanneer ons pyn ervaar nie.

Hoe meer ons groei en soos Jesus word, hoe meer sal ons bewus wees van Sy werking binne ons – herwinning van ons grense.

Vergifinis is ‘n daad wat handel met die verlede. Grense en versoening het te doen met die toekoms.

Stel vas wie of wat jou “Isak” is wat op die altaar gelê moet word. Laat gaan alles, en wees bereid om gewilliglik deur die stappe van rou te gaan. Dan sal jy in staat wees om aan te beweeg, nuwe grondgebied in besit te neem en ware grense vas te stel in enige bestaande of nuwe verhouding.

28

Page 29: Granaat volume 9

Besprekingsvrae:

1. “Die konsep van grense ontstaan vanuit die diepste wese van God”.Het hierdie stelling jou op ‘n ander wyse na die stel van persoonlike grense laat kyk as voorheen?

2. Grense..:a) dui aan waar jou belange begin

en eindig.b) definieer wie jy is in God en help

jou om dit te beskerm.c) wys waarvoor ek verantwoordelik is

en waarvoor nie.d) is daar om die goeie binne te hou

en die vyand of slegte buite te hou.

Gesels met mekaar en deel jou mening oor elkeen van bogenoemde stellings.

3. Gesels met mekaar en deel persoonlike sienings oor die volgende tipe grense:

a) Selfoneb) Digitale grensec) Grense vir mensed) Grense vir jouself

4. Waarom dink julle lei gebrek aan gesonde grense tot: Depressie, misnoë, uitbarstings, obsessief-kompulsiewe simptome en gebrek aan energie?

5. Laastens, deel eerlik met mekaar hoe julle dit beleef wanneer julle voor die grense van ander te staan kom. Voel jy soms te na gekom? Hoe hanteer jy die grense wat jou kinders of werknemers stel?

Onthou dat die eerste stap in die vassteling van grense die moeilikste gaan wees. Onthou verder dat die vasstelling van ‘n grens die begin van die stryd is, nie die einde nie! Neem in aanmerking dat jy sterk sal moet staan om ook die gevolge te hanteer voordat jy die grense stel.

Onthou veral dat God al die pad met jou is om te help en te bemoedig, aan jou die wysheid te gee om jou grense af te dwing en jou te lei om Sy vrugte te dra!

Bronverwysings: http://m24lbarg01.naspers.com/argief/berigte/landbouweekblad/2009/10/16/LB/59/01.html;Goddelike grense in verhoudings (http://www.kanaanministries.org/Downloads/.../GodGrense);Boundaries - Dr. John Townsend and Dr. Henry Cloud (www.BoundariesBooks.com)

29

Page 30: Granaat volume 9

Kweek: Die figuurlike betekenis van die werk-woord “kweek” is om te laat ontstaan, te koester, te versorg. Om te kweek dui

daarop om op te voed en groot te maak. Dit is ‘n opdrag in hierdie geval.

Hart: Hierdie woord omvat ons hele gevoelslewe! Die mensehart is die tempel van die Heilige Gees wat in elkeen van ons woon! Wat ‘n wonderlike genade!

Figuurlik gesproke is die hart die setel van die mens se gevoelens, die innerlike aard, wese en binneste. Dit is waar ons ons geloof en liefde koester – innig, opreg, ongedwonge, gul…

1 Kron 28:9; Rom12:10; 1 Kor 6:19 is maar enkele verse in die Woord waar ons meer lees oor die hart van die mens.

Gesinne: ‘n Groep ouers en kinders wat in dieselfde huis woon. ‘n Gesin is

ook‘n groep verwante persone wat in dieselfde huis woon; nie noodwendig bloedverwante persone nie.

Die begrip “gesin” behels egter ‘n wêreld op sigself. Dis ‘n begrip waarvan elkeen van ons deel is en waarmee ons elke dag te make het, hetsy deur ons eie gesin of deur dié van iemand ander.

Wat is ons opdrag in die tema “Kweek Hartsgesinne”?Dit nodig om ‘n bietjie dieper te kyk na hierdie tema, na wat die Woord vir ons voorhou aangaande die gesin en gesinslewe.

Die gesin is ‘n instelling van God en is die kerneenheid van God se verbond. Die eerste gesin het reeds in die tuin van Eden ontstaan, naamlik Adam en Eva en hulle twee seuns, Kain en Abel. Hiervan lees ons in Gen 2: 18-24 en in Gen 4:1 en 2. In Gen 17:7 sê God dat Hy óns God en ook die God van ons nageslag sal wees. Dit

Om hierdie treffende tema van Die Dameskring te laat lééf, is dit nodig om dieper te kyk na die betekenis van die opdrag...

SIELSKOS: FEBRUARIE

Kweek h rtsgesinne

Bydrae: Corrie NieuwoudtBaakensvallei-tak

30

Page 31: Granaat volume 9

sluit uiteraard vir ons en ons gesinne in.In die Bybel sien ons talle geslags-

registers; bykans elke afstammeling het ook weer ‘n eie gesin. Jesus se geslags-register is opgeneem op twee plekke in die Bybel: Matt 1:1-7 en Luk 3:23-28.

Ons lees in Matt 13: 53 -58 van Jesus se gesin: Josef die Timmerman, sy moeder, Maria, sy broers Jakobus, Josef, Simon en Judas en ook van Sy susters. Jesus was ‘n lid van hierdie gewone gesin en het saam met hulle in Nasaret gewoon totdat Hy met Sy openbare bediening begin het.

Hoe lyk ons gesinne vandag?Die samelewing het die afgelope twee dekades geweldig verander en daarmee saam ook die mens se verwagtinge. ‘n Nuwe Wêreldorde, menseregte, vroueregte, asook kinderregte, plaas toenemend druk op die gesin en in besonder op die samestelling en funksionering van die gesin. Die verval van morele waardes in die algemeen het ook ‘n negatiewe uitwerking op die gesinslewe, wat dit ál moeiliker maak om God se skeppingsdoel uit te leef.

Kom ons dink prakties oor die samestelling van gesinne in elkeen van ons se leefwêreld soos dit vandag lyk:

Ons elkeen neem denkbeeldig foto’s van ‘n paar gesinne in ons omgewing en hou ‘n kamma-uitstalling van ons eie gesinsfoto’s en ook dié van ander gesinne. Ons foto-uitstalling gaan moontlik só lyk:• Tradisionele foto’s met Oupa- en

Oumagrootjie met ‘n span kinders, wat ons weer van ‘n foto in die gang afgeneem het.

• Ons eie gesin saam met ons ouers en broers en susters, wat ons uit‘n album geleen het.

• Ons gesinne soos dit nou is, met ek en my man en ons kinders.

• As ons ouer is, met kleinkinders by. • Daar gaan foto’s wees van ‘n enkelpa

of -ma met kinders.• Oupas en oumas of nét oumas met

kleiner kinders.• Pleegouers met een of meer kinders

by hulle..• Ons gaan kyk na ‘n ouer broer of

suster met jonger kinders wat saam om ‘n leë tafel sit, met net ‘n kort kersie wat brand.

• Daar gaan op party foto’s nét kinders met groot, leë oë wees.

• Ons gaan, soos die nuwe foto-neiging is, net die hele gesin se voete bymekaar sien…

Hierdie denkbeeldige foto’s vestig die aandag op elkeen van ons se gróót taak t.o.v. die tema KWEEK HARTSGESINNE.

Eerstens moet elkeen, met wie dit goed gaan in ‘n gewone, gelukkige gesin, ons Hemelse Vader loof en dank vir soveel gróót genade. Ons kan net ons gesinne gesond en gelukkig hou met God se daaglikse teenwoordigheid in ons harte en ons huise.

Sommige van ons met wie die lewe dalk ‘n ander pad gestap het, moet bly glo en op ons Hemelse Vader vertrou om ons te help om elke besluit in Sy naam te neem. Sommige paaie wat ons moet stap, is meestal net ‘n ompad waarop ons Hemelse Vader ons tree vir tree met liefde vashou en lei.

Waar gaan ek riglyne kry om van my eie, of dalk my familie of bure of vriende se óngewone gesinne, hártsgesinne te maak?

Die antwoord: Volg Jesus se voorbeeld!Jesus was deel van ‘n gewone gesin totdat Hy ongeveer dertig jaar oud was. Daarvandaan het Hy saam met die twaalf Apostels, wat uit verskillende agtergronde gekom het, begin werk:

h rtsgesinne

31

Page 32: Granaat volume 9

• Simon Petrus ‘n ongeleerde, eenvoudige visser.

• Andreas - broer van Petrus en ook ‘n visser.

• Jakobus neef van Jesus en ook ‘n visser, met ‘n vurige geaardheid.

• Johannes neef van Jesus en ook ‘n visser, ook met ‘n vurige geaardheid.

• Filippus visser van beroep.• Bartolomeus ‘n man sonder bedrog.• Tomas ongelowig, sukkel om te glo

Jesus het opgestaan uit die dood.• Matteus, ‘n tollenaar, verag deur

die Jode.• Jakobus seun van Alfeus, min is oor

hom bekend.• Taddeus min oor hom bekend.• Simon die Kananeër fanatieke

politieke Joodse opsteker.• Judas Iskariot tesourier, dief

en verraaier.

Hierdie twaalf, met uiteenlopende agtergrond en verskillende persoonlikhede, het Jesus se óngewone gesin gevorm. Hy was voltyds saam met hulle. Hulle het meningsverskille gehad, net soos ons in ons gesinne. Hulle het egter deur dik en dun bymekaar gestaan en al moes Jesus hulle dikwels teregwys, het Hy hulle oneindig lief gekry.

Die liefde wat Jesus vir hierdie twaalf “ongewone gesinslede” gehad het, asook hulle liefde vir mekaar, word só mooi duidelik in Joh 13:31-35. Jesus se heengaan was naby en toe Judas uit was, noem Jesus hierdie ongewone gesinslede van Hom “My kinders”. Wat ‘n ongelooflike voorbeeld! Omgee en liefde vir “‘n vreemdeling” in my gesin is harde werk, maar as ons Jesus se voorbeeld volg en ons elkeen ons “eie ek” begrawe, kan ons dalk ál makliker praat van “my kinders” en “my kleinkinders”.

Ook in Johannes 13:1-17 lees ons hoe Jesus sy dissipels se voete was. Deur in

ongewone gesinne net mekaar se voete figuurlik te was kan ons al klaar berge versit ten opsigte van goeie verhoudings.

Wees‘n goeie skoonma en ouma vir die bykomende persone en kinders in die ongewone gesinsituasie. Help die enkel-ma of -pa in die buurt deur net rukkies na die klein kinders om te sien terwyl hy of sy iewers heen móét gaan. Neem ietsie te ete as die jong enkelpa donker saans by die huis kom. Stuur jou tuinman oor om gou die enkelma se motor te was of haar gras ook te sny. Gaan vra of die kinders ‘n bietjie kan oorkom en lees vir hulle opbouende stories, terwyl sy dringende, dubbele take moet verrig.

As elkeen van ons die klein wéreldjie om ons ‘n beter plek help maak, noem Jesus ons met groot Liefde “My kinders!”en só help ons as Dameskringlede om HARTSGESINNE te KWEEK. . .

Bronverwysing: Die Bybel in Praktyk en Die HAT

32

Page 33: Granaat volume 9

Om ‘n gebroke kind in die oë te kyk is seker een van die moeilikste dinge waarmee enige volwassene gekonfronteer

kan word,ongeag wat jou verbintenis met die kind is. Of jy die ouer van die kind, die grootouer, die familielid, onderwyser of terapeut is....’n kind wat treur, laat niemand onaangeraak nie. Hoe praat ek met ‘n kind oor die dood? Hoe beantwoord ek al die vrae? Hoe hanteer ek al die emosies?

Om die dood te verstaan is ‘n lewenslange proses...Die ideaal is dat ons kinders oor die dood opgevoed word, voordat hulle self met die dood van ‘n geliefde gekonfronteer word. Ongelukkig is die woord “dood” in baie van ons se woordeskat nog een van die “taboe”-woorde. Iets waaroor ons eers praat as ons geen keuse gelaat word nie.

GESPREKSDOKUMENT: FEBRUARIE

Bydrae: Belinda Campher (Arbeidsterapeut)

Wanneer ‘n geliefde sterf...

Die dood is onlosmaaklik deel van die lewenssiklus...Selfs op ‘n baie jong ouderdom word kinders dikwels reeds met die dood gekonfronteer. Daardie onvermydelike oomblik wat lewe nie meer bestaan nie.

33

Page 34: Granaat volume 9

Waneer die verlies jou persoonlik raak...

“Sorrow makes us all children again.” – Emerson

Gun jouself om te rou. Aanvaar die fisiese en emosionele gevol-ge wat met die verlies van ‘n geliefde gepaard gaan. Die pyn van verlies is die duur prys wat ons vir liefde betaal.

Aanvaar jou gevoelens. Moenie ‘n masker dra nie. Huil wanneer jy moet huil en lag wanneer jy kan. Wees geduldig met jouself. Die trauma van verlies het ook ‘n groot impak op die menslike liggaam. Daarom is dit baie belangrik dat jy na jou gesondheid omsien, ook in die moeilike tyd na die afsterwe van ‘n geliefde.

Vermy die misbruik van alkohol of dwelmmiddels. Die normale rouproses behels die belewing van ‘n verskeidenheid van geregverdigde emosies. Wanneer hierdie emosies onderdruk word, word die rouproses gekompliseer.

Deel jou pyn. Moenie onttrek van mense wat omgee nie. Maak gebruik van ‘n vriend of vriendin se gewillige oor en ondersteuning. Dit is ook waardevol om jou pyn te deel met ‘n professionele persoon wat ‘n objektiewe pad van genesing saam met jou kan stap. Doen wat gedoen moet word, maar vermy om groot besluite te neem. Besluit doelbewus dat jy weer gaan lewe. Dat die sterre in jou hemelruim weer sal skitter.

Tree vir tree, een dag op ‘n slag. Die verstand, liggaam en siel het tyd nodig om weer heel te word.

Aanpassing en genesing gebeur nie oornag nie.

Hoeveel kan kinders van die dood verstaan?Die voorskoolse kind verstaan dikwels nie dat die dood finaal is nie. Hulle begrip van tyd is ook beperk. Die dood beteken baie keer vir hulle net ‘n bietjie minder lewendig. In hulle verwysings-raamwerk staan karakters in strokies-prente op wonderbaarlike wyse op nadat ‘n vragmotor bo-oor hulle gery het!Kinders tussen die ouderdom van vyf en nege jaar is beter in staat om die betekenis van die dood te begin verstaan. Kinders in hierdie ouderdomsgroep baat die meeste by eenvoudige, eerlike en akkurate inligting. Hierdie kinders verstaan dat die dood bestaan en dat die dood finaal is, maar hulle dink nie dat dit met hulle kan gebeur nie – hulle het baie maal nog die idee dat net mense wat baie oud is, doodgaan. Die kind ouer as tien jaar is in staat om ‘n meer realistiese konsep van die dood te formuleer. Hulle kan verstaan dat die dood finaal en universeel is. Die dood is onvermydelik en gebeur met almal. Die wyse waarop familie en vriende na die kind uitreik na die verlies van ‘n geliefde, bepaal tot ‘n groot mate die wyse waarop die kind deur die rouproses werk. Hoe meer hulle aangemoedig word om hulle pyn te deel, hoe beter is die kans dat hulle in staat sal wees om aan te pas by die verlies.

Wees eerlik oor die dood...Vermyding veroorsaak net meer ang-stigheid. Oningeligtheid oor die dood kan vreesaanjaend en ontwrigtend wees. Selfs die mees ontstellende realiteit is beter as onsekerheid. Wanneer ons die dood konfronteer, kan ons die werklik-heid daarvan in die oë kyk. Wanneer

34

Page 35: Granaat volume 9

verlies erken word, kan kinders sowel as volwassenes troos vind by mekaar.

Die dood is ’n onvermydelike proses wat mense van alle ouderdomme raak. Kinders is ook mense en verdien ons respek en openlikheid. Hulle grootste behoefte is vertroue en waarheid.(“trust” and “truth”)

Hoe begin ek om die dood te verduidelik?Filosofiese interpretasies, asook verduidelikings gebaseer op geloof of teologie is baie abstrak om te begryp. Die dood moet altyd sagkens, indirek en met groot deernis benader word. Ons kan dikwels voorbeelde uit die natuur baie suksesvol gebruik om die siklus van lewe en dood tuis te bring. Bome groei, blare is groen in die somer, later as dit herfs word verkleur die blare en teen die winter val dit af. Die blare wat afval gaan dood en kan nooit weer groen word nie. Die stadiums van wurm (aardse bestaan van eet en oorleef), papie (liggaam in die kis wat dan verander na iets heeltemal anders) en die skoenlapper (siel wat wegvlieg na ‘n heeltemal ander bestaan) kan ‘n betekenisvolle verduideliking bied. Die dood van ‘n troeteldier bied ook ’n goeie leergeleentheid.

Maak ‘n kind bewus daarvan dat ’n mens of dier wat doodgaan se hart ophou klop. Die asemhaling stop. Daar is geen beweging meer nie. Die liggaam van die dier of persoon lê doodstil, rustig en tevrede. Dit is goed om met nie-bedreigende voorbeelde te begin en dan stap vir stap verder te gaan soos wat die kind gereed is daarvoor.

Ons as gelowiges weet en glo dat God ons oneindig liefhet. Hy het ons gemaak, ons is Sy eiendom. God weet altyd die beste.Op die oomblik wat jou hart ophou klop, neem God jou hemel toe. In die hemel kry ons ‘n nuwe lyf, ons is gesond en kan geen pyn of lyding meer voel nie.

Wanneer ons dus die begrafnis/verassing verduidelik, is dit belangrik om die kind deurgaans daarvan bewus te maak dat die persoon (ouma/oupa of wie ookal oorlede is) reeds in die hemel is en dat dit slegs die aardse liggaam is wat begrawe/veras word.

Dood en siekteDit kan gebeur dat iemand ernstig siek word en doodgaan. Maar die meeste mense word een of ander tyd siek, ont-vang behandeling en word weer gesond! Dit is belangrik dat ‘n mens hierdie

35

Page 36: Granaat volume 9

aspek baie mooi aan kinders verduidelik. Hulle het nodig om verseker te word dat mense nie sommer net doodgaan van enige siekte nie. Kinders kan maklik ver-algemeen en dan angstig word oor enige fisiese simptome wat hulle self ervaar of by geliefdes waarneem. (Bv. hoofpyn, verkoue, griep, ens.)

Hoe verduidelik ek die Ewige Lewe?Om vir kinders te sê dat God ‘n geliefde kom haal het omdat Hy hom nodig het in die hemel, of dat God altyd die mooiste blomme eerste pluk, ens., kan lei tot verwarring en vyandigheid teenoor God. Verder ontken hierdie stellings die realiteit dat die dood onvermydelik is vir ALMAL – goed en sleg. Die dood en lyding moet nooit gekoppel word aan sonde, straf of beloning van enige aard nie.

Die Bybel leer ons dat daar ‘n tyd is vir alles. Daar is ‘n tyd om gebore te word, en daar is ‘n tyd om te sterf. Daar is ‘n tyd om te huil en ‘n tyd om weer te lag.

Omdat gelowiges glo aan ‘n lewe na die dood, bied dit die troos aan volwassenes sowel as kinders dat ons uiteindelik weer met ons geliefdes herenig sal word.

“Life has no opposite. The opposite of death is birth.

Life is eternal.” Eckhart Tolle

Help dit om die dood met ‘n diep slaap te vergelyk?Die dood en slaap mag baie dieselfde lyk vir die kind, maar om te sê dat iemand wat gesterf het slaap, is nie die waarheid nie en skep verwarring.

Iemand wat slaap se hart klop en die persoon haal asem. Iemand wat dood is se hart het ophou klop en hy haal nie meer asem nie.

Dood en slaap is nie dieselfde nie. Dood is die einde van lewe, skeiding is hartseer, pynlik en die verlies is vir altyd.

Verstaan die emosies- Ontkenning is ’n natuurlike reaksie op

verlies en kan in verskillende vorme manifesteer. Ontkenning word aan-gemoedig deur geheimsinnig te wees en te vermy om oor die dood te praat

- Om te treur/rou oor ‘n geliefde is ‘n eg menslike en toepaslike emosie. By kinders word daar dikwels drie fases in die rouproses waargeneem. Aanvanklik protesteer hulle, hulle kan nie regtig glo dat die persoon dood is nie en probeer (dikwels kwaad) om die persoon terug te kry.

Wanneer die kind begin besef dat die persoon regtig dood is volg pyn, wanhoop en disorganisasie. Uiteinde-lik is daar dan weer hoop wanneer die kind sy/haar lewe kon herorganiseer sonder die geliefde wat dood is.

Die respons op verlies verskil van kind tot kind. Ontwikkelingsvlak, temperament, die kind se konsep van die dood, asook die aard van die verhouding wat die kind met die persoon gehad het, speel ‘n rol.

Kinders moet gegun word om te treur. Net soos wat ons met ons kinders vreugde en blydskap deel, moet ons hulle ook toelaat om saam met ons te treur en hartseer te wees.

- Om te huil of hartseer te wees is ‘n natuurlike emosie. Dikwels stuur mense ‘n gesprek weg van die verlies omdat hulle bang is vir die emosies wat ontlok mag word. Moenie bang wees om trane te veroorsaak nie. Trane is ‘n veiligheidsklep. Dit is ’n normale manier om uiting te gee aan die pyn van die verlies en bied verligting. Kinders (ongeag geslag) moet nooit gemaan word om dapper te wees en nie te huil nie!

- Aggressie is ‘n normale deel van die rouproses. Moet nooit op woede of aggressie by die kind reageer deur te dreig of te straf nie. Benader die

36

Page 37: Granaat volume 9

kind met geduld, deernis en respek. Moenie die kind veroordeel of skaam laat voel oor die emosies wat hy/sy ervaar nie. Luister na die kind se vrese, asook waaroor daar woede ervaar word. Help die kind om van woede en aggressie ontslae te raak op aanvaarbare, gesonde wyses. Wanneer aggressie onderdruk word lei dit tot spanning, angstigheid en uiteindelik depressie.

- Daar is altyd ‘n mate van skuld of skuldgevoelens teenwoordig by die verlies van ‘n geliefde. Dit is menslik om jouself te blameer vir die foute wat jy in die verlede gemaak het. Kinders is gewoond dat iets slegs gebeur as hulle stout was.

Maak seker die kind verstaan dat niks wat hy/sy gesê of gedoen het die dood van iemand kan veroorsaak nie. Selfs al was hy/sy stout of dalk by ‘n vorige geleentheid, selfs kort voordat die persoon dood is,lelik met die persoon wat oorlede is.

Ons almal probeer om die regte ding te doen, gehoorsaam te wees aan reëls, nie ander seer te maak nie. Ongelukkig is ons almal maar net mense en maak almal foute.

Wees eerlik oor jou eie beperkingeOm te erken dat jy nie al die antwoorde het nie is belangrik. Volwassenes is nie almagtig en alwetend nie. Dit is volwasse en eerlik wanneer jy kan erken dat jy onseker is oor iets.

Dit is baie gesonder vir jou en die kind om saam na antwoorde te soek, saam te probeer verstaan as om halwe waarhede op te dis. Mense het verskillende opinies oor die dood. Niemand het regtig ‘n finale antwoord nie. Deel jou persoonlike opinie met die kind, maar vra ook die kind se opinie.

Kinders se direkte en eerlike twyfel en onsekerhede dwing dikwels die volwassene om ook sy of haar eie gedagtes en gevoelens te ondersoek en beter te verstaan. Nie alle vrae het antwoorde nie. Onbeantwoorde probleme is deel van die lewe.

“Life is but a luminous pause between two great mysteries

which yet are one” (Rilke)

Bronneverwysings:Talking about Death: A Dialogue between Parent and Child – Earl A Grollman; Hantering van verlies – Yolandi Heyns (Kliniese Sielkundige); Lida van Zyl -Kliniese sielkundige

Vrae vir Bespreking:1 Hoe gemaklik is julle om met

mekaar oor die dood te praat?2. Hoe gemaklik is julle om met

kinders na aan julle oor die dood te praat?

3. Deel met mekaar julle eie ervarings van verlies, mense se hantering daarvan, julle menings oor dit wat julle as waardevol ervaar het in ‘n tyd van verlies, asook waar die goeie bedoelings van ander die pyn van die verlies vererger het.

4. Hoe ingelig dink julle is die gemiddelde persoon oor die hantering van verlies en die

normale verloop van die rouproses in volwassenes en kinders?

5. Maak die feit dat ons as gelowiges glo aan lewe na die dood die hantering van verlies vir ons makliker?

6. Na die behandeling van hierdie artikel – deel met mekaar julle menings rondom die belang van opvoeding oor die dood as ‘n realiteit.

37

Page 38: Granaat volume 9

‘n Engel het dit self gebring,die vreugde-boodskap – en jy het‘n lofsang tot Gods eer gesing.Maria, nooi uit Nasaret!

Maar toe Josef van jou wou skeien bure-agterdogtig jou pla,het jy kon dink, eenmaal sou Hydie hele wêreldskande dra?

Toe jy soms met ‘n glimlag langsjou liggaam stryk… die stilte instaar…wis jy met hoeveel liefde en angssou Hy sy hellevaart aanvaar?

Die nag daar in die stal – geeneenom in jou nood by jou te staan -het jy geweet dat Hy alleenGetsémané sou binnegaan?

Toe vorste uit die Ooste komom nederig hulde te betoon,wis jy hoe die soldate Homtot koning van die volk sou kroon?

En toe Hy in jou arms lê,sy mondjie teen jou volle borshet jy geweet dat Hy sou sê,toe dit te laat was: Ek het dors!

*Toe dit verby was, en jy metsy vriend Johannes huis toe gaan –Maria, vrou van smarte, hetjy toe die boodskap goed verstaan? Elizabeth Eybers

MariaMaria

38

Page 39: Granaat volume 9

DIE SPANIzienne van Jaarsveld Belinda CampherSalome Engelbrecht

Lewer ‘n bydrae vir die Granaat

Taalversorging gedoen deur Karen Hauman en Marda Oosthuysen

Liewe DK-vriendin

Indien jy graag enige bydrae vir ons tydskrif “Granaat” wil instuur, let asseblief daarop dat dit aan sekere vereistes moet voldoen en dat die Tydskrifkomitee die reg voorbehou

om die bydrae te plaas (dadelik of in ‘n latere uitgawe). Skryfstukke wat uit eie ervaring/belewenis spruit, sal voorkeur geniet. Plagiaat is strafbaar in Suid-Afrika, daarom is dit noodsaaklik dat die vrywaringsklousule ingesluit is.

Bydraes vir die Granaat moet in ‘n spesiale formaat aangebied word. Die dokument hiervoor kan afgelaai word van die webblad by www.dameskring.co.za (onder die dokumente afdeling) of u kan direk met my skakel by [email protected] om dit via e-pos te ontvang.

Foto’s: • ‘n Maksimum van 3 x hoë resolusie

foto’s (300dpi) JPEGS kan die berig vergesel (indien nodig, bv. by Takprojekte of –funksies, ens.) Vir die middelbladprojekte kan meer foto’s gestuur word, of ‘dropbox’ kan gebruik word.

• Indien jy nie self die foto’s geneem het nie, maak seker dat jy die toestemming van die fotograaf verkry en gee erkenning vir die gebruik daarvan.

• Die foto’s moet ten minste 2MB groot wees. Hoe weet mens? Regs kliek op die foto en kliek dan op ‘properties’, wat vir jou die grootte sal aandui. Selfoonfoto’s is ook welkom, maak asb net weereens seker dat die kwaliteit van ‘n hoë standaard is en stuur dit asb as die “actual size” of “original size”.

• Maak asseblief seker wanneer jy die foto’s per e-pos stuur, dat jou program dit nie outomaties verklein nie – kies die “original size” foto en e-pos dit. Let daarop dat meeste e-pos adresse net 3MB aanhangsels kan ontvang. Dit sal dus beter wees om slegs een foto per e-pos te stuur.

Ek sal ontvangs erken van alle bydraes. Indien u dus geen reaksie van my ontvang nie, e-pos asb weer. E-pos asseblief die voltooide Granaatbydrae, sowel as jou foto’s aan: [email protected]

GroeteIzienne van JaarsveldRedakteur vir die Uitgawe

39

Page 40: Granaat volume 9

GEROOSTERDE

1. Vervang die hoenderstukke met varkworsies.2. Bedien die gereg met couscous of polenta. 3. Vervang die Knoffel-gegeur Avokado olie met Westfalia se

Suurlemoen-gegeurde, of Gemengde Kruie-gegeurde Avokado olie vir ‘n smaaklike afwisseling.

& groente Hoender

Bestanddele• 60 ml (¼ k) Westfalia Knoffel-gegeurde Avokado olie• 125 ml (½ k) wit wyn of Rooibostee• 60 ml (¼ k) vars origanum blaartjies• Sout en peper na smaak• 8 hoenderporsies (dye of boudjies)• 2 uie in kwarte gesny• 4 – 6 groot bruin sampioene in kwarte gesny• 6 – 8 babamurg van groente (baby marrow) in die lengte gesny• 250 g kersietamaties• ‘n Handvol vars roketblare en ander vars kruie

1. Voorverhit oond tot 180 °C. 2. Meng die olie, wyn/tee met die origanum in

‘n groot mengbak en geur met sout en peper.3. Bedek die hoenderporsies en groente met

die oliemengsel.4. Skep die hoenderporsies en groente

(behalwe kersietamaties) in ‘n groot oondbak en bedek met foelie.

5. Rooster die gereg vir 30 minute en verwyder die foelie.

6. Roer die gereg deur sodat alles weer met die pansappe bedek word en voeg die kersietamaties by.

7. Plaas die gereg – sonder bedekking – terug in die oond en verleng die rooster- tyd met nog 20 – 30 minute totdat die hoenderporsies verbruin.

8. Bedien die gereg met die vars gekapte kruie as bolaag.

MET

OD

E

WEN

KE

MET WESTFALIA AVOKADO-OLIE