God in jou midde

41
God in jou midde . . . Kom laat ons optrek na die berg van die Here, na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons Sy wee kan leer & ons in Sy paaie kan wandel. . .

description

 

Transcript of God in jou midde

God in jou midde . . .

Kom laat ons optrek na die berg van die Here, na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons Sy wee kan leer & ons in Sy paaie kan wandel. . .

–Jesaja 2:3

In jou stiltetyd met God is die begeerte & verlange om‘n ontmoeting met God die Almagtige te he . . .

Verlede week het ons van God bevel gekry om elke oggend & aand getrou stiltetyd te hou om sodoende ons geestelike kos

in die vorm van manna & kwartels bymekaar te maak . . .

God wil graag met jou ontmoet, omdat Hy jou liefhet & omdat daar soveel wysheid & kennis is wat Hy met Sy kinders wil deel . . .

Maar God is Heilig & daarom moet jy besef dat jy sekere voorskrifte moet nakom voordat jy ‘n ontmoeting met God in jou stiltetyd sal he . . .

Die Here se vir Moses: Klim op die berg na My toe & vertoef daar . . .

Toe Moses die berg opklim het ‘n wolk die berg oordek . . .

Die Heerlikheid van die Here het op die berg Sinai gebly & die verskyning van die Here se Heerlikheid was in die oe van die kinders

van Israel soos ‘n verterende vuur op die top van die berg . . .

Moses het binne in die wolk ingegaan & die berg opgeklim& Moses vertoef in die teenwoordigheid van die Here veertig dae & veertig nagte . . .

Toe het die Here met Moses gespreek & gese . . .

God beveel Moses om ‘n offergawe by die volk in te versamel sodat daar ‘n Heiligdom vir Hom opgerig kan word om in die volk se midde te woon . . .

Daarop wys God aan Moses Sy woonplek in die hemel & beveel dat die Tabernakel volgens die voorbeeld van God se Hemelse Heiligdom ingerig moet word - Exodus 24: 9

Spesifieke voorskrifte word gegee vir die vervaardiging van, die versoendeksel & Gerubs

Maak ‘n Ark van Akasia hout . . . Twee & ‘n half el in lengte & ander half el in breedte & hoogte

Trek dit oor met suiwer goud . . . - Exodus 25:10-22‘n V

erbo

nds

Ark

Jy moet ook ‘n altaar maak om reukwerk te brand, vierkantig moet dit wees & jy moet dit met suiwer goud oortrek . . .

Julle mag daarop geen vreemde reukwerk of brandoffer of spysoffer bring nie … julle mag ook geen drankoffer daarop uitgiet nie . . .

Aaron moet eenmaal in die jaar aan die horings daarvan vir die geslagteversoening doen met die bloed van die sondoffer,. . .

Hoogheilig is dit aan die Here – Exodus 30:1-10Reuk

offer

alta

ar .

. .

Maak ook ‘n tafel van akasia hout volgens die voorskrifte . . .

Op die tafel moet jy altyddeur toonbrood voor My aangesig neersit . . . - Exodus 25:23-30Ta

fel v

an d

ie T

oonb

rode

Maak ‘n Kandelaar van Suiwer Goud . . .

Kyk dat jy dit maak volgens die voorbeeld daarvan wat jou op die

berg getoon is . . . - Exodus 26:40

Gou

e Ka

ndel

aar .

. .

Jy moet die kinders van Israel beveel dat hulle vir jou suiwer uitgestampte olyfolie vir die kandelaar bring … om gedurigdeur ‘n brandende lamp van die

aand tot die more voor die aangesig van die Here te he – Exodus 27:9-21

Die Tabernakel moet jy van tien tentdoeke maak, van fyn dubbeldraad-linne & pers, purperrooi & bloedrooi stowwe. . .

Die

Tab

erna

kel &

die

Ten

t . .

.

Die lengte van elke tentdoek & die breedte moet volgens voorskrif weesAl die tentdoeke moet een maat he. . . Exodus 26:1-14

Verder moet jy ‘n voorhangsel maak van pers & purperrooi & bloedrooi stowwe & fyn dubbeldraad-linne. . .

as kunstige werk moet jy dit maak, met Gerubs - Exodus 26:1-37Die

Voo

rhan

gsel

& d

ie d

eur .

. .

Deur na Tent van samekoms. . .

Deur na Tabernakel (skei tent van samekoms & Tabernakel (Heilige)

Verskillende deure na die Tent & Tabernakel . . .

VoorhangselSkei Heilige & Allerheiligste

Maak die altaar van akasia hout, jy moet dit met koper oortrek . . .

Maak ook die potte om die as te verwyder, ook sy skoppe & komme & vurke & vuurpanne. Al die gereedskap moet jy van koper maak – Exodus 27:1-10

Dit is wat jy op die altaar moet berei: Twee jaaroud lammers gereeld elke dag. Een Lam moet jy in die more berei, die ander Lam moet jy teen die aand berei . . . Dit moet ‘n voortdurende brandoffer wees by die ingang van die Tent van Samekoms, voor die aangesig van die Here… waar Ek met julle sal saamkom om daar met jou te spreek . . . - Exodus 29:38-46

Brandoffer altaar . . .

Jy moet die voorhof van die Tabernakel maak volgens die voorskrifte . . .

Voor

hof v

an d

ie T

aber

nake

l . .

.

Daar sal Ek met die kinders van Israel saamkom & die tent sal deur My heerlikheid geheilig word. Ek sal onder die kinders van Israel

woon & vir hulle ‘n God wees . . .

Indien jy‘n ontmoeting met God wil he, moet jy net soos Moses gehoorsaam wees aan die voorskrifte van God . . .

Die God van Abraham, Isak & Jacob wat met MosesOp die berg van Sinai ontmoet het, is vandag nog dieselfde God

Die Tabernakel van Moses wat in die natuurlike wereld uitgebeeld is, verwys na die hemelse woonplek van God wat in die geesteswereld is . . .

In Exodus 25:9 se God aan Moses dat die volk vir Hom ‘n Heiligdom moet maak, volgens alles wat God vir Moses in die hemel laat sien (die voorbeeld van die

tabernakel & die voorbeeld van alles wat daarby behoort) so moes hulle dit maak

Net soos die aarde waarop ons woon is die Hemel ook ‘n letterlike plek . . .

Daar is berge

Sagaria 6:1 Ek het weer my oe opgeslaan & kyk, daar was vier strydwaens wat tussen die twee berge uit te voorskyn kom & die berge was berge van koper . . .

Daar is Riviere

Openbaring 22:1 Hy het my getoon ‘n suiwer rivier van die water van die lewe, helder soos kristal, wat uitstroom uit die troon van God & van die Lam

Daar is bome

Sagaria 4:3 Twee olyfbome langs die kandelaar, een aan die regterkant van die oliekan & een aan die linkerkant

Daar is huise

Johannes 14:2 In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie; sou Ek dit vir julle gese het.

Daar is musiekinstrumente

In die hemel woon God op die Heilige Berg

Esegiel 28:16 vertel dat God vir Satan as onheilige van die godeberg afgedrywe & hom tussen die vurige gesteentes uit vernietig het . . .

In Jesaja 14:13 word vertel dat Satan wou opklim in die hemel, sy troon verhef bo die sterre van God & sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die

Noorde. . .

God se Tempel is op die Heilige berg in die hemel . . .

Hebreers 12: 22 Julle het gekom by :(1) die berg Sion (2) & die stad van die lewende God, (3) die hemelse Jerusalem (4) & tienduisende engele, (5) by die feestelike vergadering (6) & die gemeente van die eersgeborenes

wat in die hemel opgeskrywe is (7) & by God, die Regter van almal, (8) & by die geeste van die volmaakte

regverdiges (9) & by Jesus Christus, die Middelaar van

die nuwe testament (10)& die bloed van die besprenkeling wat

van beter dinge spreek as Abel . . .

Openbaring 14:17 ‘n Ander Engel het uitgekom uit die tempel wat in die hemel is . . .

Wat is in die hemel . . .

Hoe lyk hierdie tempel van God wat in die hemel is?

Daar is ‘n Verbondsark

Openbaring 11;19 Die Tempel van God het in die hemel oopgegaan & Sy verbondsark is in Sy Tempel gesien . . .

In die hemel sit God op ‘n troon. Die Verbondsark is ‘n voorstel van presies hoe die troon van God lyk. Esegiel 1:5 -28

Die vier lewende wesens dra die troon van God op hulle skouers, soos die priesters die ark van die verbond op hul skouers dra. Esegiel 1 & 10

Eenkeer ‘n jaar is die bloed van ‘n Lam sewe keer aan die oostekant van die Verbondsark gesprinkel . . . Dit is genoem die genadetroon van God.

Daar is Goue Kandelare

Openbaring 1:12 Toe draai ek my om, om te sien watter stem met my gespreek het & toe ek my omdraai sien ek sewe goue kandelaars

In die hemel is:

Reukoffer altaar wat ons gebede opvang. Openbaring 8: 3 ‘n Engel het gekom & met ‘n goue wierookbak by die altaar gaan staan & baie reukwerk is aan hom gegee om dit met die gebede van al die heiliges op die goue altaar voor die troon te le . . .

Daar is boeke

Openbaring 20:12 Ek het die dod, klein & groot voor God sien staan & die boeke is geopen . . .

In die hemel is daar nie ‘n brandoffer altaar nie . . .

Jesus is een maal geoffer, geen offers van diere of mense is meer nodig

In die hemel is daar nie:Altaar van toonbrode: Johannes 6:41 Jesus is die brood van die leweTabernakel deure : Johannes 10:1-10 Jesus is die deur tot GodKoper waskom: Jesus se bloed reinig ons van alle sonde

Toegang tot God se Troonkamer in die Allerheiligste van Sy Tabernakel . . .Is Jesus Christus .. Die Bloedoffer wat God self vir die redding van Sy Kinders se

siele aan die kruis bewerk het . . .

Niemand kan toegang tot God kry sonder om deur die deur van die Tabernakel te kom . . .Jesus die Christus is daardie deur . . . Tot God direk in jou midde . . .

Nadat jy die Ewige Lewe deur Jesus Christus ontvang het, wil God jou na die beeld van Sy Seun Jeshua vorm . . .

Hierdie “transformasie” staan bekend as Geestelike Groei of Heiligmaking . . .

God die Vader heg besondere waarde aan Geestelike Groei . . .

Hierdie kennis & ondervinding van God word opgedoen deur SELF getrou die Bybel te lees

& te bestudeer . . .

. . . daar is GEEN ander manier . . .

Alles wat jy van God die Vader, die Seun & die Heilige Gees te wete wil & kan kom, is in die Bybel opgeteken . . .

Die proses van Heiligmaking vind slegs plaas wanneer jou kennis & ondervinding van God die Vader, God die Seun & God die Heilige Gees toeneem . . .

Daar is niks so waardevol soos om die Kennis & Opinie van God na te speur oor die aktiwiteite & omstandighede wat jou lewenspad kruis nie. . .

Kennis & Wysheid van God is beter as al die materie van hierdie wereld!

Spreuke 3:13 “ Gelukkig die mens wat wysheid gevind het & die mens wat verstand verkry, want die verkryging daarvan is beter as die van silwer & die verwerwing daarvan beter as van goud. Dit is kosteliker as korale & al jou kleinode kan daar nie mee vergelyk word nie . . .

Spreuke 20:15 Daar is goud & ‘n menigte korale, maar ‘n kosbare sieraad is die lippe van kennis . . .

Spreuke 16: 16 Hoeveel beter is dit om wysheid van God te verkry as goud & verkiesliker om verstand te verwerf as silwer

Hoekom is wysheid van God soveel werd?

Spreuke 24:3 Deur wysheid word ‘n huis gebou, deur verstand word dit bevestig & deur kennis word die kamers gevul met allerhande kosbare & lieflike goed

Wysheid is die vermoe om die regte keuse uit te oefen nadat jy die kennis ontvang het om te onderskei tussen dit wat Lewe bied & dit wat die Ewige dood tot gevolg het . . .

Wanneer jy erken dat jy verlore is & Jesus Christus as Verlosser uit die dood aanneem word jou gees deur die Heilige Gees tot die Ewige Lewe opgewek. Hierdie opwekking van jou siel vanuit die dood tot die lewe, word in ons teksvers vergelyk met ‘n huis wat tot stand kom.

Deur te verstaan wat geestelik met jou gebeur het word die geboorte van jou siel ‘n vaste wete wat onwankelbaar is . . .

Soos wat jy toeneem in kennis van God & Sy Woord , word die lee kamers van jou siel wat verlang na God ryklik gevul met lieflike waarhede & kosbare ondervindings van ons Liefdevolle Skepper . . .

Die Woord van die Here leer dat daar ‘n proses is wat gevolg moet word indien dit jou behoefte is om kennis van God te verkry . . .

“As jy My woorde aanneem & My gebooie by jou bewaar, sodat jy jou oor laat luisterna wysheid, jou hart neig tot verstand, ja, as jy na die insig roep, na die verstand jou stem

verhef, as jy daarna soek soos na silwer & dit naspeur soos verborge skatte, dan sal jy die vrees van die Here verstaan & die kennis van God vind .

Want die Here gee wysheid, uit Sy mond kom kennis & verstand . . .” - Spreuke 2:1-6

Respek vir die Here is die beginsel vir Geestelike Kennis & Wysheid. . .

Spreuke 1:7 Die vrees vir die Here is die beginsel van die kennis . . .

Spreuke 9:10 Die beginsel van die wysheid is die vrees van die Here & kennis van die Heilige is verstand . . .

Vrees vir die Here beteken dat jy uiters respekvol teenoor God & al Sy wee handel & jou daarvan weerhou om moedswillig te sondig. . .

Spreuke 16:6 Deur liefde & trou word die skuld versoen & deur die vrees van die Here wyk ‘n mens af van die kwaad

God maak praktiese kennis aan jou bekend oor spesifieke gebeure & omstandighede in jou lewe . . .

God voorsien verder die vermoe om die kennis wat aan jou oorgedra is tenvolle te verstaan. Wanneer jy nie die kennis begryp nie is dit onmoontlik om dit in jou lewens omstandighede toe te pas. . .

Dan sal God Sy werk voltooi deur te verseker dat jy die nodige wysheid het om in staat te wees om die kennis toe te pas in jou lewe. . .

Kennis, begrip & Wysheid van God

Wysheid is die vermoe om Boek Kennis te verstaan & dit prakties uit te leef. . .

God & Jesus Christus is die bron van alle Goddelike Kennis & Wysheid…

Kollosense 2:2 vertel dat die kosbare skatte van wysheid & kennis in God & Jesus Christus versteek is. God vergelyk kennis & wysheid met skatte… Hierdie geestelike rykdom is in God self versteek…Romeine 11:33, 36Spreuke 2:6 Daniel 2:20Job 11:7

Alle kennis & wysheid kom direk van God & Jesus Christus

Jeremia 33:3Mattheus 13:11Efesiers 1:17Amos 3:7Daniel 2:28Johannes 8:31

God wil graag Sy kennis met jou deel, as jy Hom daaromtrent vra

As jy gewillig is om die Bybel, wat die Woord van God is, te ondersoek met die doel om te verstaan wat jy lees, sal jy die nodige kennis & waarheid bekom aangaande ‘n verskeidenheid onderwerpe & aangeleenthede wat betrekking het op jou lewe.

Hierdie goddelike waarheid sal jou vry maak omdat jy nie langer gebind sal wees met beperkte & verkeerde gedagtes & besluit nie. . .

Om “by die reels te hou” behels dat jy bereid moet wees om goeie, gereelde & kwaliteit tyd te spandeer om die Woord van God vir jouself te lees. . .

God deel Sy kennis & wysheid met die wat Hom gehoorsaam & respekteer . . .

Jy moet self die Skrif ondersoek om dit te verstaan & self verseker dat jy hierdie waarhede in jou eie lewe toepas.

God & Jesus Christus het ‘n magdom van kennis wat hulle albei graag met jou wil deel, as jy net bereid is om jou deel te doen & self daarna te soek in die Bybel. . .