NUUS VANAF DIE SINODALE KANTOOR - ngkhoeveld.co.za vanaf Hovel… · God. Of Job as hy met God op...

12
www.kerkweb.org https://www.facebook.com/SinodeHoeveld/ NUUSBRIEF # 21 9 JUNIE 2016 1 NUUS VANAF DIE SINODALE KANTOOR Hiermee ʼn herinnering aan die volgende sperdatums: Indiening van Vorm 15 30 Junie 2016 Jaarboek veranderinge (Rondte 1) 30 Junie 2016 Wanneer ons oor Gemeentes ernstig is! In ons land met al die onrustige omstandighede en kwessies kan mense maklik in ʼn negatiewe gemoedstemming raak. Dit kan ook met gemeentes gebeur. Daar word dan ook meermale gepraat van “depressiewe gemeentes” en “neerslagtige gemeentes”. Dit hang waarskynlik saam met soveel veranderings en verskuiwings wat in die kerk en samelewing in ons tyd, in ons land plaasvind, dat kerklike gemeenskappe somber en bedruk raak. Benaderingswyses wat tevore geslaag het, maak nie meer sin nie. Maar gemeentes se vasval, kan ook saamhang met die gevaar dat gemeentes hulle roeping en die doel van hulle bestaan nie duidelik verstaan nie. Die Brugbediening wil gemeentes help om die veranderinge en effek daarvan op die gemeentelike lewe beter te hanteer en opnuut te leer verstaan wat kerk-wees beteken. Gemeentes wat voel dat hulle vasval en geen hoop meer het nie se welsyn word bedreig. Daarom word daar eersdaags weer opleiding in Brugbediening aan predikante gebied sodat gemeentes gehelp kan word om meer gesond en lewenskragtig te kan funksioneer. Dit gaan nie om die Brugbediening wat gemeentes kan verander nie maar om God se werking deur sy Gees. Die interimbediening is ʼn bepaalde dienslewering en dimensie van kerk-wees wat nuwe moontlikhede bied. Predikante wat opgelei word hoef nie noodwendig as brugpredikante in gemeentes op te tree nie. Die insigte en vaardighede tydens die opleiding opgedoen, is waardevol vir die “gewone” gemeente. Maar gemeentes kan voordeel trek veral tydens predikantsvakatures wanneer opgeleide brugpredikante hulle op ʼn tydelike basis kan begelei om beter hulle roeping en taak as gemeente van Christus opnuut te verstaan en met vreugde kan vervul. In Pretoria vind die opleiding op 29 Augustus tot 1 September 2016 (Week 1) en 7 tot 10 November 2016 (Week 2) plaas. Die Brugbedieningskursus in Pretoria word vanjaar in sy geheel opnuut deurdink en vars aangebied. Vir meer inligting kan direk met Stephan de Beer of met Malan Nel geskakel word: [email protected] en [email protected] of [email protected] onderskeidelik. Jy kan ook die webblad besoek by: www.ccm.up.ac.za. Howard du Toit

Transcript of NUUS VANAF DIE SINODALE KANTOOR - ngkhoeveld.co.za vanaf Hovel… · God. Of Job as hy met God op...

Page 1: NUUS VANAF DIE SINODALE KANTOOR - ngkhoeveld.co.za vanaf Hovel… · God. Of Job as hy met God op die ashoop stoei. So is jou eerlike gesprek met God dalk die groot verskil in jou

www.kerkweb.org https://www.facebook.com/SinodeHoeveld/

NUUSBRIEF # 21

9 JUNIE 2016

1

NUUS VANAF DIE SINODALE KANTOOR

Hiermee ʼn herinnering aan die volgende sperdatums:

Indiening van Vorm 15 – 30 Junie 2016

Jaarboek veranderinge (Rondte 1) – 30 Junie 2016

Wanneer ons oor Gemeentes ernstig is!

In ons land met al die onrustige omstandighede en kwessies kan mense maklik in ʼn negatiewe

gemoedstemming raak. Dit kan ook met gemeentes gebeur. Daar word dan ook meermale

gepraat van “depressiewe gemeentes” en “neerslagtige gemeentes”. Dit hang waarskynlik

saam met soveel veranderings en verskuiwings wat in die kerk en samelewing in ons tyd, in

ons land plaasvind, dat kerklike gemeenskappe somber en bedruk raak. Benaderingswyses wat

tevore geslaag het, maak nie meer sin nie. Maar gemeentes se vasval, kan ook saamhang met

die gevaar dat gemeentes hulle roeping en die doel van hulle bestaan nie duidelik verstaan nie.

Die Brugbediening wil gemeentes help om die veranderinge en effek daarvan op die

gemeentelike lewe beter te hanteer en opnuut te leer verstaan wat kerk-wees beteken.

Gemeentes wat voel dat hulle vasval en geen hoop meer het nie se welsyn word bedreig.

Daarom word daar eersdaags weer opleiding in Brugbediening aan predikante gebied sodat

gemeentes gehelp kan word om meer gesond en lewenskragtig te kan funksioneer. Dit gaan

nie om die Brugbediening wat gemeentes kan verander nie maar om God se werking deur sy

Gees. Die interimbediening is ʼn bepaalde dienslewering en dimensie van kerk-wees wat nuwe

moontlikhede bied.

Predikante wat opgelei word hoef nie noodwendig as brugpredikante in gemeentes op te tree

nie. Die insigte en vaardighede tydens die opleiding opgedoen, is waardevol vir die “gewone”

gemeente. Maar gemeentes kan voordeel trek veral tydens predikantsvakatures wanneer

opgeleide brugpredikante hulle op ʼn tydelike basis kan begelei om beter hulle roeping en taak

as gemeente van Christus opnuut te verstaan en met vreugde kan vervul.

In Pretoria vind die opleiding op 29 Augustus tot 1 September 2016 (Week 1) en 7 tot 10

November 2016 (Week 2) plaas. Die Brugbedieningskursus in Pretoria word vanjaar in sy

geheel opnuut deurdink en vars aangebied.

Vir meer inligting kan direk met Stephan de Beer of met Malan Nel geskakel word:

[email protected] en [email protected] of [email protected] onderskeidelik.

Jy kan ook die webblad besoek by: www.ccm.up.ac.za.

Howard du Toit

Page 2: NUUS VANAF DIE SINODALE KANTOOR - ngkhoeveld.co.za vanaf Hovel… · God. Of Job as hy met God op die ashoop stoei. So is jou eerlike gesprek met God dalk die groot verskil in jou

www.kerkweb.org https://www.facebook.com/SinodeHoeveld/

NUUSBRIEF # 21

9 JUNIE 2016

2

NUUS VANAF GEMEENTES, CMR’E EN TUISTES

Page 3: NUUS VANAF DIE SINODALE KANTOOR - ngkhoeveld.co.za vanaf Hovel… · God. Of Job as hy met God op die ashoop stoei. So is jou eerlike gesprek met God dalk die groot verskil in jou

www.kerkweb.org https://www.facebook.com/SinodeHoeveld/

NUUSBRIEF # 21

9 JUNIE 2016

3

Page 4: NUUS VANAF DIE SINODALE KANTOOR - ngkhoeveld.co.za vanaf Hovel… · God. Of Job as hy met God op die ashoop stoei. So is jou eerlike gesprek met God dalk die groot verskil in jou

www.kerkweb.org https://www.facebook.com/SinodeHoeveld/

NUUSBRIEF # 21

9 JUNIE 2016

4

Page 5: NUUS VANAF DIE SINODALE KANTOOR - ngkhoeveld.co.za vanaf Hovel… · God. Of Job as hy met God op die ashoop stoei. So is jou eerlike gesprek met God dalk die groot verskil in jou

www.kerkweb.org https://www.facebook.com/SinodeHoeveld/

NUUSBRIEF # 21

9 JUNIE 2016

5

Page 6: NUUS VANAF DIE SINODALE KANTOOR - ngkhoeveld.co.za vanaf Hovel… · God. Of Job as hy met God op die ashoop stoei. So is jou eerlike gesprek met God dalk die groot verskil in jou

www.kerkweb.org https://www.facebook.com/SinodeHoeveld/

NUUSBRIEF # 21

9 JUNIE 2016

6

ANDER NUUSBRIEWE

Lees MES Nasionaal se nuutste nuusbrief.

Kerkbode se e-koerant, propvol nuwe artikels, rubrieke en briewe. Kliek hier vir e-Kerkbode.

NUUT OP DIE BOEKRAKKE

NG Gemeente Brakpan-Oos verkoop hierdie boekie, geskryf deur hul eie leraar, dr. Fanie Rudolph.

SSaaaamm mmeett GGoodd oomm ddiiee KKaammppvvuuuurr (Boekie oor gebed) Gewone mense in gewone gesprekke met die buitengewone God.

Ons beoefen dit meer as wat ons dink. Jy is besig met ʼn gesprek met God wanneer jy in jou binnekamer sit, besig om Bybel te lees of te bid; wanneer jy hardop na God uitroep in jou nood; wanneer jy net stil in jou gedagtes met God besig raak; wanneer jy agter die stuurwiel sit en in jou kop iets met die Here uitklaar. Ons maak heeltemal te veel van formele gebede. Ons probeer gesprekke met God in formules en resepte uitdruk, kry kernpunte wat gebede suksesvol maak, of wat gebede laat faal. Dit terwyl Jesus se voorbeeld in Matteus 6 ʼn eenvoudige, openlike, eksistensiële gesprek met die Here is. God is nie so ingestel op ons goeie gebedstaal, ons korrekte gebedswoorde, ons goedontwikkelde teologies redenasies nie. Hy soek ons eerlike en openhartige gesprekke met Hom, self in informele en ongewone ruimtes. Soos wat Abraham om die kampvuur saam met God doen. Of Henog in sy wandel saam met God. Of Job as hy met God op die ashoop stoei. So is jou eerlike gesprek met God dalk die groot verskil in jou eie gebedslewe. Mag hierdie boekie jou help om te sien hoe mense in die Bybel met God in gesprek verkeer het. En hoe dit jou dalk kan help om groter rustigheid te kry oor jou eie gesprekke met God. Prys: R100-00

Bestellings kan by die kerkkantoor geplaas word: [email protected]

Page 7: NUUS VANAF DIE SINODALE KANTOOR - ngkhoeveld.co.za vanaf Hovel… · God. Of Job as hy met God op die ashoop stoei. So is jou eerlike gesprek met God dalk die groot verskil in jou

www.kerkweb.org https://www.facebook.com/SinodeHoeveld/

NUUSBRIEF # 21

9 JUNIE 2016

7

GELOOFSGROEI VIR DIE KINDERS VAN AFRIKA

Is julle gemeente ʼn missionêre gemeente met ʼn hart vir kinders, wat daadwerklik ʼn diep geestelike impak in ons samelewing wil maak?

Christelike Lektuurfonds (CLF) het Afrika se noodkreet vir hoop en geestelike leiding gehoor en die

kosbare Vertel, vertel! geloofsgroei reeks vir jeug tussen 8-16 jaar in 6 inheemse tale ontwikkel. Hierdie unieke reeks is goed nagevors met behoeftes en uitdagings in betrokke taalgroepe en kultuurkontekste van ons land in gedagte. Daarom is die fokus op die “oral learning” beginsel om nie net te luister nie, maar ook om verhale weer oor te vertel. So word kinders op ʼn reis deur die Bybel geneem en toegerus om daagliks met vrymoedigheid God se liefde met ander te deel.

Vertel, vertel! is geskik vir ʼn verskeidenheid kontekste, maar veral in landelike of armer gemeenskappe, waar allerlei tegniese hulpmiddele nie beskikbaar is nie en ouers of gemeentes nie jaarliks vir elke kind ʼn nuwe boek kan koop nie. Jou gemeente kan ʼn verskil maak. Die reeks, bestaande uit 5 boeke, is beskikbaar @ R70 per boek en is

dus ʼn bekostigbare hulpmiddel om ʼn minderbevoorregte gemeente of selfs ʼn gesin mee te seën.

Vir meer inligting of om te bestel, skakel 021 873 6964 of epos aan [email protected]

Hierdie kosbare Christelike Lektuurfonds (CLF) publikasie vertel die storie van Maria en Braam as deel van God se blouoog en bruinoog kinders. Dit is ʼn storie wat ons help om te verstaan dat al verskil ons van mekaar, ons almal deel is van God se storie.

Dit leer kinders van God, waar ons vandaan kom en waarheen ons oppad is en dat elkeen van ons ʼn stukkie van God se storie elke dag kan vertel. Die verhaal bring die moontlikheid van ’n gelukkige, samehorige reënboognasie na vore en leer kinders om

met verdraagsaamheid en liefde na die ander om ons te kyk.

Hier by CLF is daar vir ons geen groter droom as dat ons almal in vrede kan saamleef, soos God dit bedoel het. Daarom wil ons graag vir kinders nou reeds leer van saam-wees in hulle anders-wees. Help ons om aan die kinders van Suid-Afrika hierdie boek te gee. Seën ’n kind met die pragtige storie – iemand na aan jou of

Page 8: NUUS VANAF DIE SINODALE KANTOOR - ngkhoeveld.co.za vanaf Hovel… · God. Of Job as hy met God op die ashoop stoei. So is jou eerlike gesprek met God dalk die groot verskil in jou

www.kerkweb.org https://www.facebook.com/SinodeHoeveld/

NUUSBRIEF # 21

9 JUNIE 2016

8

dalk ’n kind wat dit andersins nie sou bekostig nie. Teen R90 per kopie (Posgeld uitgesluit) en beskikbaar in Afrikaans, Engels, Xhosa, Sotho en Zulu kan hierdie boek ʼn groot rol speel om ons land te help verenig. Vir navrae, skakel 021 864 3707 of e-pos na [email protected]

Kry die Junie-uitgawe van

die Leef-tydskrif! ʼn Artikel oor die NG Delmas Moedergemeente, en hul pastoriepaar, dr. Ben van Tonder en sy vrou, Sanet, is te lese in die Junie-uitgawe van die Leef-tydskrif!

Die artikel handel oor die plek van kuns in die kerk, en hoe

die Evangelie in allerlei kunsvorme verpak kan word om

mense te bereik en die gemeenskap sinvol te betrek.

Dit vertel spesifiek wat in NG Delmas Moedergemeente en

in ons bediening gebeur, asook hoe die Here in en deur hul

lewens werk.

Hierdie publikasie word ondersteun deur

Page 9: NUUS VANAF DIE SINODALE KANTOOR - ngkhoeveld.co.za vanaf Hovel… · God. Of Job as hy met God op die ashoop stoei. So is jou eerlike gesprek met God dalk die groot verskil in jou

www.kerkweb.org https://www.facebook.com/SinodeHoeveld/

NUUSBRIEF # 21

9 JUNIE 2016

9

Hierdie week is die fokus op die jongste Kerkbode en twee unieke

Bybelkor-publikasies.

Inligting, Navrae en Diensverskaffing:

Skakel 0860 26 33 42 óf 021 864 8210

Of stuur jou bestelling per e-pos na: [email protected]

Of koop direk met jou kredietkaart op die webtuiste: www.bybelmedia.co.za

LLeeeess iinn ddiiee KKeerrkkbbooddee vvaann 33 JJuunniiee ......

...die getuienis van ds Chris Barnardo wat ʼn slagoffer was van die Kerkstraatbom. In ʼn tyd waar versoening hoog op die kerk se agenda is, is dit iets om te lees. Daar is ook verhale oor:

... kokke wat, as deel van die omvattende fokus op vroeë kinderontwikkeling, leer om kos vir kleuterskole voor te berei;

... oor “tydelike” ma’s wat onontbeerlike koestering bied vir babatjies wat wag op aanneming;

... oor hoe die mense van Mes in Johannesburg hulself gee vir die armstes van die armes;

... en oor ʼn familieboerdery in KwaZulu-Natal waar geloof met Woord en daad uitkring.

Die sanger Jan de Wet, een van die pioniers van ʼn musiekbedieing, gesels onder meer oor die slaggate van so ʼn bediening. In die jongste aflewering van die gay-debat word daar aandag gegee aan die verhouding tussen die wet en die liefde en in die kunsrubriek kom ʼn skildery van Andy Warhol aan die beurt.

OOoopp vviirr ddiiee OOoommbblliikk Nader aan die hier en nou met die Here – Willem Nicol Praktiese handleiding met ʼn aanvullende 10-weke-Bybelstudie Oop vir die oomblik laat ontvou die geloofsgewoonte van teenwoordig-leef en wys watter waardevolle bydrae dit tot ons daaglikse lewe-met-die-Here kan maak. Dit is op die oomblik gewild om aandag te gee aan wat deur die loop van die dag in ons bewussyn gebeur. Ons vra ons af hoe afwesig of hoe teenwoordig ons vir die hier en nou is. Ons praat oor “leef in die oomblik”, “leef bewustelik”, teenwoordigheid, awareness of mindfulness. Om teenwoordig te leef word egter dikwels sonder enige godsdienstige verbande beoefen. Dit is ongelukkig ’n vervlakking van hierdie besonderse ervaring. Daarom skryf Willem Nicol vanuit die Christelike geloof en die Bybel oor hierdie geloofs-gewoonte. Vir hom is dit die deurslaggewende grondslag vir hoe hy teenwoordigheid ervaar en hanteer. In Oop vir die oomblik kom die teorie en praktyk van “leef in die oomblik” saam om jou te help om in die hier en nou met die Here te leef en dit deel van jou leefwyse te maak. Daarom word jy in elke hoofstuk ook genooi om oefeninge te doen.

Page 10: NUUS VANAF DIE SINODALE KANTOOR - ngkhoeveld.co.za vanaf Hovel… · God. Of Job as hy met God op die ashoop stoei. So is jou eerlike gesprek met God dalk die groot verskil in jou

www.kerkweb.org https://www.facebook.com/SinodeHoeveld/

NUUSBRIEF # 21

9 JUNIE 2016

10

Ook beskikbaar om saam met hierdie boek te gebruik: Oop vir die oomblik Bybelstudie – Willem Nicol

Prys: Handleiding – R210,00 (BTW en posgeld ingesluit). 10-week-Bybelstudie – R60,00 (BTW en posgeld ingesluit).

LiG Julie-uitgawe In die Julie-uitgawe van LiG vertel Hanna Grobler hoe sy God se hart vir swaarkrymense wys. En Sorina Erasmus glimlag trots oor haar babadogtertjie in ʼn eksklusiewe reeks foto’s vir LiG. Kom ontdek saam hoekom ons God as Vader, Seun en Heilige Gees aanbid. En stap saam op ʼn man se ontdekkingstog van God se genade ná sy kankerdiagnose. Te koop vanaf 13 Junie 2016.

VAKATURES

Die Bybel-Media Groep stel die vakante pos van Uitvoerende Hoof by die

Bybel-Media kantoor bekend.

Die Uitvoerende Hoof rapporteer aan die direksie en is verantwoordelik

vir die strategiese en operasionele bestuur van dié multimedia-groep.

Die klem is op transformasie om BM optimaal toekomsgerig te bly

posisioneer. Lees meer…

Page 11: NUUS VANAF DIE SINODALE KANTOOR - ngkhoeveld.co.za vanaf Hovel… · God. Of Job as hy met God op die ashoop stoei. So is jou eerlike gesprek met God dalk die groot verskil in jou

www.kerkweb.org https://www.facebook.com/SinodeHoeveld/

NUUSBRIEF # 21

9 JUNIE 2016

11

NG Kerk Nooitgedacht (Bronkhorstspruit) – Voltydse leraar

NG Kerk Brackenhurst – Gemeenteleraar (twee poste)

NG Kerk Universiteitsoord – Medeleraar

NG Kerk Tygerpoort – Leraar

Magalieskruin Dutch Reformed Congregation – English youthworker

Vir meer inligting oor die bogenoemde vakatures, kliek hier.

NG Boksburg-Wes – Kantoordame / Saakgelastigde

Aansoeke sluit 10 Junie 2016. Navrae kan gerig word aan Jannie Van Eeden by 082 564 7386 of Ds Adriaan Van der Colf 082 836 9468 of kerkkantoor 011 826 3830.

MES Kempton Park - Takhoof

Opwindende geleentheid om ʼn span te lei in die ontwikkeling van ʼn dinamiese tak van ʼn gevestigde Christelike gemeenskapsontwikkelingsorganisasie.

As jy bewese ervaring het in die suksesvolle lei van spanne in gemeenskapsontwikkeling, ʼn relevant kwalifikasie het en ʼn selflose passie het vir die armes besoek dan www.mes.org.za en kontak ons vir ʼn aansoekvorm by [email protected]

MES Moulds, Empowers and Serves the urban poor by changing the heart of the city.

______________________________________________________________________________

datumlys

ʼn Volledige datumlys, met die portefeuljeleiers se

beplanning en belangrike sperdatums, is hier beskikbaar.

Ringsittings 2016

Naam van Ring Ringsitting Alberton 30 Julie 2016 Benoni 31 Julie 2016 Birchleigh 20 Augustus 2016 Boksburg 19-20 September 2016 Brakpan 14-15 Augustus 2016 Delmas 20 Junie 2016 Evander 26 Junie 2016 Germiston 13 Augustus 2016 Heidelberg 31 Julie 2016

Page 12: NUUS VANAF DIE SINODALE KANTOOR - ngkhoeveld.co.za vanaf Hovel… · God. Of Job as hy met God op die ashoop stoei. So is jou eerlike gesprek met God dalk die groot verskil in jou

www.kerkweb.org https://www.facebook.com/SinodeHoeveld/

NUUSBRIEF # 21

9 JUNIE 2016

12

Johannesburg 22 Junie 2016 Kempton Park 6-7 Junie 2016 Linden 13-14 Junie 2016 Standerton 12 Junie 2016 Turffontein 22 Junie 2016

AFLOSPREDIKANTE

Klik hier vir ʼn lys van aflospredikante.

Ons is op soek na ENIGE interessante nuusbrokkies!

Ons wil ook baie graag inligting van ons leraars in die

nuusbrief plaas.

Laat weet ons asseblief wanneer daar nuwe leraars by

jul gemeentes is, of bevestig word, emeriteer en selfs

na ander Sinodes verhuis. Enige nuus is welkom!

BESOEK ONS OOK OP FACEBOOK www.facebook.com/SinodeHoeveld

VRYWARING

Die inligting wat voorsien word en standpunte wat gehuldig word in die NUUS VANAF HOËVELD SINODE behels, het geen verifiëring van bevindinge, gevolgtrekkings en opinies deur die NG Kerk van Suid-Transvaal [NG Sinode Hoëveld] nie. Dus weerspieël die inligting en standpunte wat in die NUUS VANAF HOËVELD SINODE gehuldig word nie noodwendig die van die NG Sinode Hoëveld of sy personeel en lede nie. Menings, afleidings en ander inligting in hierdie boodskap wat nie verband hou met die amptelike werksaamhede van die NG Sinode Hoëveld nie, verteenwoordig nie die amptelike standpunt(e) van die NG Sinode Hoëveld nie.

NUUS VANAF HOËVELD SINODE plaas slegs nuus en inligting vanaf die sinodale, rings- of gemeentelike verband.

Die NG Sinode Hoëveld aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige benadeling en/of skade aan persone of eiendom as gevolg van produk-aanspreeklikheid, waninligting verskaf, nalatigheid of die gebruik van enige metodes, produkte, instruksies of idees wat vervat is in die materiaal soos opgeneem in die NUUS VANAF HOËVELD SINODE nie. Die inligting en advies is beskikbaar gestel in goeder trou en is afgelei van die inligting verskaf deur die betrokke organisasie/persoon en word voorgehou as betroubaar en akkuraat ten tye van die bekendstelling daarvan. Dit is die verantwoordelikheid van die gebruiker om sy of haar eie besluite te neem oor die akkuraatheid, geldigheid, betroubaarheid en korrektheid van die inligting. Dit beteken dat die instansie en/of die betrokke persoon wat die plasing in die NUUS VANAF HOËVELD SINODE versoek, dan volle verantwoordelikheid vir die gebeure of inligting aanvaar.

Vir enige navrae in verband met hierdie Nuusbrief skakel gerus me N Marais by 011- 975 8220.